Kalahari bulletin 4 julie 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

4 JULIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington GRATIS

TEL. 054­331­3482

Dis nou ZF Mgcawu

Siyanda-distriksmunisipaliteit kry ook nuwe logo, missie Lizette Slabber

DIE Siyanda-distriksmunisipaliteit se naam is nou amptelik die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit.

Dié naamsverandering is amptelik op Donderdag 27 Junie deur die raadslede van die nuwe ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit gevier en die naamsverandering moet van 1 Julie af toegepas word.

Die naamsverandering het ook gelei na ’n hersiening van die distriksmunisipaliteit se visie en missie en die logo van die distriksmunisipaliteit is ook aangepas.

Daar is al in 2009 besluit om die naam van die distriksmunisipaliteit te verander. Volgens Gift van Staden, burgemeester van dié distriksmunisipaliteit, was dit vir hulle belang-

DIE nuwe logo van die ZF Mgcawu­distriksmunisipaliteit is verlede Donderdag onthul. Van 1 Julie is die Siyanda­distriksmunisipaliteit amptelik bekend as die ZF Mgcawu­distriksmunisipaliteit. Van links is Getty Xabendlini (suster van ZF Mgcawu), Gift van Staden (burgemeester van die distriksmunisipaliteit) en Zelna Mjila (speaker van die distriksmunisipaliteit). Foto: Colette Botha

rik om die distrik te noem na iemand wat ’n wesenlike rol in die politieke verandering gespeel het. “Die belangrikste doelwit van die herbenamingsproses is versoening. Suid-Afrika behoort aan almal en daarom moet elke dorp en stad se strate en strukture reflekteer dat Suid-Afrika aan almal behoort.” Volgens Van Staden moet elke dorp ’n Pres. Steynstraat hê, maar elke dorp moet ook ’n Nelson Mandelastraat hê. “Dit is belangrik dat die geskiedenis van al die nasies en volke wat saam in Suid-Afrika woon, verteenwoordig moet wees en dit is net so belangrik dat ons die balans regkry sodat alle leiers erkenning kan kry.” Van Staden sê Zwelentlanga Fatman (ZF) Mgcawu was ’n natuurlike keuse toe die besluit geneem is om iemand van die streek te vernoem. “Hy was ’n leier in die deel van die provinsie. Daarom moet ons eer aan die nalatenskap van so ’n groot leier betoon.” Mgcawu was die eerste swart burgemeester van die //Khara Hais-munisipaliteit ná die eerste demokratiese munisipale verkiesings in 2006. Die nuwe visie van die distriksmunisipaliteit is nou Quality support to deliver quality services en die nuwe logo is deur Johan Vogess van Webateljee ontwerp. Die logo het die lettertipe en familie van die ou logo behou. Die gebalde vuis verwys na die stryd teen apartheid. Die man verteenwoordig mense wat hul stem laat hoor en die rivier van kleure verwys na die vakbond en party waaraan Mgcawu verbonde was.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Geniet sonskyn in die winter DIE middel van die winter is op ons, maar met gematigde, warm middae het die twee glas­ ogies nie die kans laat verbygaan om in die laatmiddagson in ’n waterplas te baljaar en te bad nie. Foto: Anena Burger

Pa ná jaar vrygespreek Anena Burger ’n BEKENDE polisiebeampte van die dorp is Woensdag ná ’n jaar lange stryd op ’n aanklag van die seksuele aanranding van sy minderjarige dogter vrygespreek. In ’n roerende onderhoud met Volksblad het hy deur sy trane gesê: “Dit is ’n verligting, maar die hartseer en skeuring in my familie is steeds groot.” Die man is in April verlede jaar voor sy gesin in hegtenis geneem en moes ’n naweek in die selle van die Upington-polisiekantoor deurbring. Hy sê dit was ’n geweldige skok en ’n groot vernedering, omdat nie hy of sy vrou so iets van hul dogter verwag het nie. Hy sê hy is nie meer kwaad nie. “Ek is vir niemand kwaad nie en ek het vergewe,” sê hy. Hy vertel hoe die aangeleentheid hom en sy familie geraak het. “Baie vriende het verdwyn en mense wat

ek nie geweet het vriende is nie, het vriende geraak.” Vir hom was die ergste hoe sy vrou en ander twee kinders moes voel en die trauma waardeur hulle moes gaan. Hy sê die ervaring om gebrandmerk te word as ’n monster is iets verskrikliks. “Mense is bang vir jou. As jy by ’n winkel instap, is dit asof mense met hul trollies in hul spore vasslaan en omdraai om van jou af weg te kom.” Hy sê hy was gelukkig dat hy nie geskors is nie. Die aangeleentheid het egter sy werk as ’n polisieman regstreeks geraak. “Die dinge laat jou twee keer oor alles dink. Dit laat jou ook twee keer dink wanneer jy saam met vroulike kollegas werk. ’n Gang waardeur jy vantevore sou stap en verby ’n vrouekollega moes skuur, raak skielik baie nou.” Hy sê die gebeure wat hy moes deurmaak, laat ’n vrees by hom. Die man vertel

4/23

5/25

5/25

NNW-10

NNW-15

NNW-5

hy en sy vrou is streng, maar is nie ontoeganklike ouers nie. “Dit is asof kinders deesdae dié ernstige klagte gebruik om uit hul ouers se dissipline en hul huise te ontsnap. “Ná my het ek van nog agt soortgelyke klagte gehoor,” sê hy terwyl hy weer die trane wegvee. Tog is hy nie kwaad vir sy dogter nie. Hy wil net hê sy gesin moet genees. “Ek is ongelukkig en ek is seergemaak, maar sy blý my kind en ek is nie kwaad vir haar nie.” Hy voel steeds sy dogter besef nie die erns en die impak van die klag wat sy teen hom ingedien het nie. Oor wat hom deur die tyd gedra het, sê hy: “Lees jou Bybel en ken jou God. Leer om te vergewe. As dit nie vir my kollegas, vriende, my vrou en my kinders was wat onvoorwaardelik in my geglo het nie, sou ek dit nie deur die ding gemaak het nie.”

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

DIE luiperd is deur ’n veldwagter afgeneem.

Foto: verskaf

DIE erdwolf kamoefleer hom uitstekend tussen die graspolle wat feitlik dieselfde kleur as sy pels is.

Skaars diere kom wys gesig in park IN Mei en Junie is drie baie skaars wildsoorte in die Augrabies- Nasionale Park opgemerk. Dié drie is nie net baie skaars nie, maar ook baie moeilik om raak te sien weens hul sku geaardheid. Ná 16 jaar as veldgids en veldwagter bly dit steeds ongelooflik vir Mario Titus om skaars nagdiere soos ’n luiperd, aardwolf of erdvark te sien en boonop foto’s daarvan te kan neem. Titus, wat al sy hele loopbaan in die Augrabies- Nasionale Park (13 jaar as veldwagter) werk, sê dié diere is maar skugter en goed gekamoefleer. “Wat dit so spesiaal maak, is dat ons nou ’n kamera gekry het om foto’s te neem. Ons het kameras van die SANParke-forum ontvang. Dit is ’n interne forum waarin mense inligting uitruil. “Die park is baie rotsagtig. Jy sal nie sommer ’n luiperd sien nie, veral nie in die nag nie. Hulle kan ook net in die flitslig se straal gesien word. Dit is daarom wonderlik om een te sien. Ek het vanjaar nog net twee gesien en slegs een verlede jaar. Ons vermoed hier is twee in die gebied by die Oranjekom waar ek die jong wyfie op 25 Mei gesien het. Sy was nie skaam nie en ons kon haar mooi bewonder. Ons het haar gesien skaars ’n halfuur nadat ek die

toeriste op die nagrit geneem het. Ek was, soos altyd, nog meer opgewonde as die mense in die voertuig. “Daar is nog ander luiperds elders in die park. Ons sien net hul spore. Die plan is om ’n kamera by die spore op te rig om hulle te kan afneem. Ons sal dalk kan sien hoeveel daar is. “Die erdvark is ook maar skaars. Ek het hom verlede Maandag naby Moonrock gesien. Hy is kleiner en kom net snags uit. Ek het nog net vier erdvarke in my hele lewe gesien. Dit was dus ’n wonderlike oomblik toe ek dié een gewaar het. Die dier vreet hoofsaaklik net termiete wat hy met sy lang tong uit mierneste lek. Hy is ook bekend vir die groot gate wat hy grawe. Een van die forum-lede op ons voertuig het toe die foto geneem. “Die aardwolf, wat ek op 19 Junie naby Black Ridge afgeneem het, was maar sku. In my loopbaan het ek die meeste van hulle in die winter gesien. Die dier vreet ook graag insekte en termiete. Dit was slegs die tweede een wat ek vanjaar gesien het.” ) Watter interessante diere het jy in die Augrabies- Nasionale Park gesien? Laat weet ons by www.kalaharibulletin.co.za of by www.facebook.co.za/kbulletin.

Foto: verskaf

3

DIE erdvark is deur Matthew Schurch by die Maanrots gesien.

Foto: Matthew Schurch


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Is erkenning belangrik? DIE afgelope tyd staan die hele wêreld met opgehoue asem en wonder hoe dit met Madiba gaan. Die geliefde vader van die Suid-Afrikaanse nasie is baie siek en almal wonder hoe lank hy nog gaan leef en of hy van dié tydjie in die hospitaal gaan herstel. Orals waarheen ’n mens gaan, praat mense oor hom en sy nalatenskap en dit is asof, naas Madiba, die woord nalatenskap die een is wat die meeste geuiter word die afgelope paar weke. Op twee afsonderlike geleenthede, op twee opeenvolgende dae, het twee verskillende sprekers die belangrikheid van sy nalatenskap, asook ander mense se nalatenskap, na vore gebring. In die een geval het die spreker gevra as ’n mens so na sy nalatenskap, nie net as politikus nie, maar veral ook as mens, kyk, laat dit jou ook kyk na die soort nalatenskap wat jy agterlaat. Die ander spreker het weer die belangrikheid beklemtoon dat

ons die nalatenskap van alle mense moet erken en dit ook moet vereer. Aan die een kant word ’n beroep gedoen om elke dag só te lewe dat jy ’n positiewe impak op die mense rondom jou sal hê en aan die ander kant is ’n beroep gedoen dat ons mense moet vereer wat ’n positiewe nalatenskap agterlaat. Die vraag is nou . . . as jy lewe volgens die voorbeeld wat Madiba gestel het en ’n positiewe invloed op die mense rondom jou probeer hê en jou 67 minute vir Madiba doen, jou medemens onselfsugtig help en altyd eerlik en nederig is soos hy, sal erkenning en verering dan nog vir jou belangrik wees? Doen mense goeie dinge omdat hulle wil of omdat ander mense kyk? Doen hulle dit uit die goedheid van hul hart of omdat hulle na die erkenning smag? Wil jy ’n verskil maak of wil jy jou naam net in die koerante hê?

Vertroetel geloof Philip van Vuuren LIEWE leser. Is daar nog goeie nuus in hierdie dae? Wat jy hoor, sien en dink, bepaal jou hele emosionele lewe. Vele van ons is die prooi van al die negatiewe wat rondom ons gebeur. Ongeloof gryp ons vas, en soms is dit moeilik om nog te bly glo. Hiermee wil ek jou bemoedig om jou geloof op te pas en as’t ware te vertroetel. As jy eers aan jou geloof skipbreuk ly, dan het die geestesvyand ver gewen. Sedert die sondeval probeer die aardsvyand om die mens in ongeloof te dompel. Hy wil hê ons moet geloof in God verloor. Toe die eerste mens eers God se Woorde in twyfel trek, toe het hulle ongehoorsaam geword aan God se bevele. Hebreers 11:1 gee ’n duidelike definisie van wat geloof is: Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Die ongelowige Thomas wou net sien en was eers tevrede toe hy Jesus se wonde in sy hand sien. Voordat hy nie gesien het nie, wou hy nie glo nie. Johannes 20:29: Jesus het vir Thomas vermaan en vir hom gesê: “Salig is die wat nie gesien

het nie, en tog glo”. Ons kan nie die antwoorde op ons gebede altyd dadelik sien nie, maar, as ons terugkyk op ons lewenspad, dan staan ons verbaas oor hoe die Here ons gehelp het. Hoe meer ons met negatiewe mense omgaan, hoe swakker word ons geloof. Omring jou met mense wat glo, wat staan by God se Woord en jou geloof sal behoue bly. Dit roer die hart van die Here as ons ons geloof en vertroue in Hom stel. Heb. 11:6: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag, want Hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en Beloner is van die wat Hom soek. Maak u geloof vas in God en Sy Woord. Spreek die regte woorde. Moenie toelaat dat negatiewe uitsprake jou beroof van jou geloof nie. Die Here God sal ons nooit in die steek laat nie. Maar op die regte tyd sal Hy uitkoms gee. (Pastoor Philip van Vuuren is ’n leraar van die Oasis-gemeente op Kuruman).

OUD en nuut langs mekaar in die Kalahari.

Hulproep is vir oues CHRIS NEL, Kuruman: GRAAG wil ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi van die dokterskwessie. As ons na die dokters se praktyke kyk, sal ons ruiterlik moet erken dat al ons dokters meer werk per dag het as wat hulle amper kan doen. Ons dorp bars uit sy nate en hulle moet maar gedwee almal met hul kwale spreek en behandel. Na so ’n dag gun ’n mens hulle ’n blaaskans en verstaan ek heeltemal dr. Odendaal se standpunt en wat hy sê, is alles

waar. Ek wil egter die probleem wat ons hier by die aftree-oord en Mimosahof het, vir al die dokters in die dorp skets en vra: “Hoe nou en hoe kan ons saam ’n oplossing kry?” ’n Oom en tannie is gevorder in ouderdom – 75, 80, 85 en meer jaar oud – en is moontlik lankal langer as 50 jaar getroud en nou kry een van hulle ’n probleem. Hulle het hulp nodig. Baiekeer is hulle so verskrik dat hulle nie eens die moderne selfoon kan gebruik nie en die bure is darem daar om te help. Maar nou kom die probleem. Waar kry hulle mediese hulp? Hul eie dokter is nie op roep nie,

Foto: Ilse Watson

sy selfoon is af en daar is niemand anders na wie hulle kan gaan nie, want die ander dokters is ook nie beskikbaar nie. Daar is tog nog dokters op ons dorp wat wel uitkom, mits hulle die pasiënt ken. My pleidooi is nie kritiek nie, maar ’n hulproep om die getraumatiseerde ou mense te help. Kan daar tussen die dokters nie ’n plan beraam word om sulke noodgevalle te hanteer en hulle te help nie? Ons moet onthou dat baie van die inwoners hier nie die geld het om na Kathu te gaan nie. Baie weet nie eens hoe en waar om ’n ambulans in die hande te kry nie. Soos genoem is die Kurumanhospitaal nie ’n uitweg nie. My versoek gevul met deernis.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Mooie kameeldorings soms stekelrig Annerie Louw AS iemand wat hier groot geword het en in my kinderjare baie kaalvoetspore in die Kalahari getrap het, ken ek van kameeldorings. Die pragtige kameeldoringbome van die omgewing se dorings lê mos wyd onder die boom versprei en, as jy nie heeltyd versigtig is nie, steek een van daardie dorings jou pynlik in die voet. Nie net as jy kaalvoet is nie. Daardie lang, venynige pendorings dring sommer deur jou skoen om meestal in die sagte

waai van jou voet sy rus te vind. Dit is nie ’n brandpyn wat net ’n kort rukkie duur nie. So ’n klein wondjie kan ontsteek as die giftige doring nie dadelik verwyder word nie. So herinner ek my aan Middelkind wat op Blackrock van ’n doring in sy voet gekla het. Ek is knap met dorings uithaal en het versigtig begin grawe. Ek voel nou nog sleg as ek dink hoe ek hom van kleinserigheid beskuldig het, want daardie einste doring is die volgende dag deur die besoekende dokter uitgehaal – ’n 5 mmdoringpunt wat hy lank daarna

gehou het as bewys dat hy nie kleinserig was nie. Net so wreed soos die dorings kan wees, so mooi kan hulle op ’n etenstafel lyk. Nataniël sal seker nie met so ’n primitiewe idee saamstem nie – totdat hy dit gesien het. In die lente is die doringbosse oortrek van die spierwit pendorings met hul ekstra lang punte

en kan ’n mens nie anders nie as om ’n werk vir hulle te soek. Iemand het eenkeer die dorings gepluk, ontsmet deur die buitenste lagie af te trek en toe vrugtestokkies daarmee gemaak – te pragtig. As ’n mens die hele doringtakkie met ’n paar mooi dorings aan met swart verf spuit, kan jy enige kleur lintjie of balletjie aan die punte sit en dit lyk baie mooi op ’n gedekte tafel. Soos die kameeldoring kry ’n mens ook mos mense wat baie kwaai lyk, maar eintlik dierbaar is, of mense wat mooi kan lyk

met ’n bietjie aandag. En soos die kameeldoring kry jy ook diegene wat daarvan hou om met hul skerp tonge en lelike woorde ander seer te maak. Daardie skerp dorings kan tot diep in jou hart steek en ’n seer wond laat. Gelukkig woon ons in kameeldoringwêreld en weet ons om elke dag vir gevaarlike dorings uit te kyk. Wat maak dan nou ’n mooier prentjie as ’n doudruppel wat vroegoggend aan die skerp punt van ’n kameeldoring hang met die son se strale wat daarin weerkaats?


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

5

BOSELE HOUSE, the new hostel for orphans in the Mosha­ weng Valley near Laxey. Photos: Supplied

‘ . . . so the children will see that people care and will look after them, but that they must work hard to make the most of what has been given to them.’ – Ruth Mokgeledi, principal of the local Bojelakgomo Primary School THE committee with representatives of the Education Department are from the left Maphorte Mrubarta, Kunene Fume­ la, Ruth Mokgeledi, Vuyani Teise, Penelope McEniry, Cornelia Kamole, Poppy Molefi, Diana Patterson, Michael Matla­ hare, Johann van Vuuren (project manager) and Nelly Papier.

Sun rising for Laxey orphans Annerie Louw

A NEW weekly boarding house for impoverished orphans and learners in Laxey, a small village in the Moshaweng Valley, is currently under construction. Named Bosele House, the principal of the local Bojelakgomo Primary School, Ruth Mokgeledi, explained that the name had been chosen to reflect the opportunity provided to the orphans, that the sun shines on them after the darker days in their life, “so the children will see that people care and will look after them, but that they must work hard to make the most of what has been given to them”. The project is a joint partnership between the local Laxey community and the international group, Kalahari Education Experience Trust, who has been working with schools to improve education in the valley for over two decades. The idea of building a weekly boarding house took hold in 2009 when Mokgeledi shared her dream to assist the orphaned learners in

her school with Australians Penelope McEniry and Diana Patterson. “We were then assisting her with maintenance work in the classrooms,” said Patterson. Over the past four years the two women have focused on fundraising efforts and have received ongoing support for the Australian Alice O’Brien Foundation from the learners and educators of the United World College, Singapore, and from their own families and friends. In early 2012 the project received a donation from its first South African company, Johannesburgbased Scorpion Mineral Processing (SMP). This began another partnership and SMP assisted by providing a water purification plant at the weekly boarding house which is due to be installed by mid July. McEniry said the provision of the plant would be a major benefit due to the scarcity of water in this dry area. The boarding house is being built by a team of builders from

Kuruman together with six local workers from Laxey under the direction of Johann van Vuuren, the project manager. “All materials are being sourced locally and the support from local businesses is greatly appreciated,” said Van Vuuren. The next challenge for the Australians is to raise funds to complete the building and to furnish it ready for occupation by the learners at the start of the 2014 school year. The first priority is funds for a security fence and then for furniture, kitchen appliances and general items to operate the house. The Bosele management committee is currently completing all the necessary protocols to ensure the house operates effectively. The two women from Australia, McEniry and Patterson, who put their hearts and time into fundraising and supporting the project, can be contacted at diana.patterson@bigpond.com or pmceniry@bigpond.com.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Bed natmaak kan beheer word KINDERS wat steeds die bed natmaak ongeag dat hulle reeds van die doeke af is, kan ’n stresvolle situasie vir sowel ouer as kind wees. Die mediese term is enurese en as dit spesifiek net snags gebeur, noem ons dit enuresis nocturnal. Die term verwys na die herhaaldelike onvermoë van die kind om urinering te beheer. Daar word twee soorte geklassifiseer: Tipe 1 kom voor wanneer kinders nog nooit ten volle suksesvol geleer is om urinering te beheer nie. Tipe 2 kom voor wanneer daar ’n tyd was toe die kind ‘droog’ was en dan skielik weer begin om die bed nat te maak. Kleingoed wat snags die bed natmaak, is

geneig om fisiek en emosioneel stabiel te wees. Daar is verskeie redes waarom hulle steeds snags die bed natmaak. Dit sluit in ’n klein blaaskapasiteit en lang slaapperiodes. Die liggaam se alarms wat die kleinding in kennis moet stel dat hy/sy moet gaan urineer, kan onderontwikkel wees. Meer uriene word snags geproduseer weens hormone wat snags te min afgeskei word. Indien die kleinding ’n tydperk van sewe maande droog was en dan snags begin urineer, kan dit moontlik aan angs of vrees toegeskryf word. Dit kan insluit die geboorte van ’n boetie of sussie, verandering in sosiale omgewing, byvoorbeeld die trek na ’n nuwe omgewing, verskuiwing na ’n nuwe skool of konflik in die

kleinding se omgewing. Studies het wel getoon daar is ’n sterk voorkoms in die familie. As Ma of Pa aan dieselfde toestand gely het, is die kanse goed dat kleinding dit ook sal doen. Behandeling kan insluit ’n sterretjiekaart of beloningstelsel. Indien daar ooreengekom word met die kind dat hy/sy ’n sekere aantal nagte ‘droog’ is, verdien hy/sy ’n sterretjie op ’n kaart teen ’n yskas. Ná ’n sekere aantal sterretjies kan daar ’n beloning aan gekoppel word. Blaasoefening: In plaas van om kleinding elke dan en wan te laat urineer, laat die blaas vol word en hou dit ’n rukkie so. Sodoende word die blaas se kapasiteit om uriene te hanteer vergroot.

Hou streng by ’n vogroetine. Ná 18:00 moet geen vog ingeneem word nie Toiletsessies: As kleinding vroeg gaan slaap, kan Ma of Pa hom/haar net voordat hulle gaan slaap wakker maak en aansê om toilet toe te gaan. Dit moet ’n bewustelike poging wees deur die kind om self toilet toe te stap. Ouers moenie die slapende kind op die toilet gaan neersit nie. Medisyne vir die toestand is op die mark beskikbaar. Indien al die bogenoemde stappe onsuksesvol was, bespreek dit gerus met u huisdokter vir moontlike ander opsies wat medisyne betref. ) Gesondheidsnuus verskaf deur Mediclinic Kathu

DIE giftande van die sypikslang.

DIE sypikslang.

Foto’s: Johan Marais

Werker deur slang gebyt Ilse Watson OP 21 Junie het ’n sypikslang (stiletto snake) ’n konstruksiewerker van NMC-North gebyt terwyl hy konstruksiemateriaal gelaai het. Die werker moes die slang gepla het terwyl hy geslaap het. Johan Marais van die Afrika-slangbytinstituut verskaf die volgende inligting oor sypikslange: Van die 169 slangspesies in Suid-Afrika is net 10% giftig, maar verskeie nie-giftige slangbyte kan ’n mens in die hospitaal laat beland. Die sypikslang (Atractaspis bibronii) leef in ondergrondse tonnels en voed op kleiner slange en akkedisse. Die sypikslang wat in die Noord-Kaap gevind word, is bruin tot donkerbruin met ’n witterige maag. Baie mense verwar dié slang met ’n molslang.

Die sypikslang kan nie met veiligheid gehanteer word nie, omdat dit groot is en sy giftande na agter toe wys en dit ’n mate van rotasie het wat dit moontlik maak vir die slang om ’n mens van alle kante af aan te val. Dit kan ook nie agter die kop vasgehou word nie. Die slang draai net sy kop skuins. Die gif van die slang vernietig ’n mens se selle en veroorsaak swelling en pyn. As dit jou op jou vinger gebyt het, kan jy jou vinger verloor. Daar is nie teengif teen die sypikslang se byt beskikbaar nie. Pasiënte word gewoonlik met kortisoon, antibiotika en anti-histamien behandel. As die slang jou byt, verander die kleur van van die vel binne ’n dag of twee en blase mag op die plek verskyn. Die blase moet nie stukkend gesteek word nie en pasiënte word aangeraai om die nodige medisyne te gebruik.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Kuierfees bied genot

TJIF EN TJAF tree op Vrydag 27 September in die Meerkatgat op. Kaartjies kos R40 en is van 2 September af by die Kalahari­kuierfeeskantoor beskikbaar. Foto: Verskaf

Tweeling loer in TJIF EN TJAF, die tweelingboeties met hul groen lywe en pienk wangetjies, kom kuier ’n bietjie op Upington. Dié tweeling is mal oor avontuur en gaan kom kyk wat op die Kalaharikuierfees gebeur. Op Vrydag 27 September tree dié twee en hul maatjie Mimi in die Meerkatgat op. Die Tjif- en Tjaf-karaktertjies van die gewilde kinderprogram wat

weekdae op kykNET se Koowee-kinderkanaal uitgesaai word, gaan kleingoed op die kuierfees kom vermaak. Die liewe groen outjies was al op baie uitstappies en nooi almal om van hul avonture deel te word. Hulle is mal oor speletjies en verrassings waarvan ’n paar in die vertoning. Die kleingoed en hul ouers sal lekker saam kan sing wanneer Tjif en

Tjaf liedjies uit hul gewilde kinderreeks sing. Met al dié verrassings, liedjies om mee saam te sing en musiek om op te dans beloof die teaterproduksie om ’n groot sukses onder die jonger kuierfees-gehoor te wees. Dean van Ventel, Hein Poole en Annemarie Hatting bring die karaktertjies tot lewe. Kaartjies kos R40 en is van 2 September af by die kuierfeeskantoor beskikbaar.

TE midde van inflasie, ’n resessie en pryse wat oral die hoogte inskiet, bly die ingangsgeld van die Kalahari-kuierfees vanjaar presies dieselde. Net soos verlede jaar gaan kinders slegs R20 en volwassenes slegs R50 betaal om op Donderdag 26 September die fees te besoek. Op Vrydag kos ingangskaartjies vir kinders R30 en vir volwassenes R60.

Op Saterdag kos ingangskaartjies vir kinders ook R30 en vir volwassenes R70. Die ingangskaartjies vir die Oranjerivier-kuiertent is op Donderdag R50 per kind en R100 per volwassene, op Vrydag R110 per volwassene en R50 per kind en op Saterdag R120 per volwassene en R50 per kind. T-hemde kos R80 per volwassene en R60 per kind.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Aansoek geweier André Botha DIE bedingingsraad vir munisipale owerhede het ’n aansoek van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) van die hand gewys om die !Kheis-munisipaliteit (Groblershoop) se munisipale bestuurder te skors. Samwu het in sy aansoek beweer Thereza Scheepers is korrup en het munisipale geld wanbestuur. Scheepers het sowat drie jaar as munisipale bestuurder waargeneem. Sy is heeltyds aangestel nadat ’n koalisie van Cope, die DA en Paul Vries, burgemeester en onafhanklike raadslid, beheer oor die munisipaliteit geneem het. Dit was juis die aanstelling van ’n munisipale bestuurder wat

daartoe gelei het dat Vries as ANC-raadslid bedank en toe in sy vorige wyk in ’n tussenverkiesing as onafhanklike raadslid herkies is. Ronnie van der Westhuizen, wat as munisipale bestuurder aangestel is terwyl die ANC nog in beheer was, se aanstelling is met ’n hofbevel ter syde gestel. Die aansoek het gekom nadat Samwu ’n griefskrif oorhandig het waarin Scheepers se skorsing geëis is. Vries het egter geweier om haar te skors. Die bedingingsraad se beslissing is dat Samwu se eis, dat Scheepers geskors moet word, nie as van gemeenskaplike belang beskou kan word nie. Die raad het nie die jurisdiksie om oor die kwessie te beslis nie.

LEDE van die vrouediensbediening van die VGK Rietfontein en personeellede van die Rietfontein­kliniek met die nuwe beddegoed. Foto: Meris Kocks

Vrouediens skenk nuwe beddegoed Meris Kocks DIE vrouediensbediening van die VGK Rietfontein het beddegoed aan die Rietfontein-kliniek geskenk. SL Cupido, leier van die vrouediensbediening, het ’n ruk gelede

besef die kliniek het ’n behoefte aan nuwe beddegoed en het die lede van die vrouediens genader om geld in te samel om beddegoed mee aan te koop. Op 13 Junie is die beddegoed aan suster Beukes oorhandig. Volgens Beukes maak die bedde-

goed die kliniek meer pasiëntvriendelik en sal dit die koue vir die mense wat gehospitaliseer word, verdryf. Die vrouediens het die beddegoed geskenk in ’n poging om die lewe vir die pasiënte gemakliker en draagsamer te maak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Geen geld vir kis Anena Burger

GROOT hartseer heers in die huis van oupa Petrus Vaalbooi, leier van die Khomani-san, omdat hy weens geldelike nood nie sy kleinseun, Pieter Vaalbooi (12), kan begrawe nie. Pieter het verlede Woensdag selfmoord gepleeg ná die dood van sy ma, Hanna Vaalbooi. Hanna is weens komplikasies met die geboorte van haar jongste seun oorlede. Die seuntjie is op sewe maande vroeggebore. Ma en baba is twee weke gelede in die Kalahari op Andriesvale begrawe. Oupa Petrus sê goedgunstige boere van die omgewing het hom geldelik bygestaan met die begrafnis van sy dogter en haar baba. Nou, met Pieter se dood, is daar nie hulp nie. Volgens oupa Petrus kon klein Pieter nie die dood van sy ma verwerk nie. Hy het homself buite sy oupa, Andries Bok, se huis opgehang terwyl sy grootouers ’n middagslapie geniet het. Vaalbooi was in daardie stadium op pad na Kaapstad vir besprekings in die parlement oor die Wet op Naturellegrond toe hy die nuus per SMS ontvang het. “Dit is vir my die swaarste ding. Ek wil nie eens daaroor praat nie,” sê hy van sy geliefde kleinseun. Aan sy jakkalsvelsak hang ’n sleutelhouertjie met ’n foto van Pieter wat breed glimlag. Beter dae. Die sleutelhouertjie het Vaalbooi met riempies aan die sakkie vasgewerk. Hy dra dit deurentyd by hom, selfs daar waar hy buite aan sy huis probeer werskaf. Vaalbooi woon op die plaas Scottysfort no. 2, sowat 4 km buite Andriesvale, in ’n massiewe siersteenhuis wat verval omdat daar geen hulp van die staat kom om die huis in stand te hou nie. “Ons gaan vir Pieter hier begrawe. Net hier op die plaas waar ons naby hom kan wees,” sê Vaalbooi. Dit gaan maar swaar op Scottysfort no. 2. Daar is nie ’n druppel water nie. Die watertenks staan leeg. “Ons benodig R2 000 om vir Pieter ’n kis te kan koop. Kapt. Martiens de Wee het aangebied om sy liggaam vir ons van Upington af te bring,” het Vaalbooi gister moedeloos gesê.

’n YSBREKER is vroeg die aand aangebied wat die gehoor behoorlik laat lag het. Hier word op die maat van musiek gewys hoe die verskillende sportsoorte gespeel word. Van links is Gerhardus Baise, Christopher Gundry, Lungi Kakuiyu, John Christiaans en Truitjie Christoffel.

Dag met opvoerings gevier Lizette Slabber

DIE Resilia-kliniek het op 26 Junie Internasionale Dwelmvrye Dag gevier. Dié dag word elke jaar op 26 Junie gevier om bewusmaking van dwelmmisbruik en dwelmhandel te bevorder. Daarby is die doel van dié dag ook om mense wat in die kloue van dwelmmisbruik is, aan te moedig om om hulp aan te klop. Volgens Verna Pugin, direkteur van Resilia, is dit belangrik dat alle regerings-, media- en private instansies dié dag met erns bejeën, aangesien Suid-Afrika en die res van die wêreldonder dwelmmisbruik en -handel gebukkend gaan. Pugin sê dat Suid-Afrika se vryheidsmanifes op 26 Junie 1955 geskryf is en dat Jeugdag op 16 Junie gevier word, moet aansluit by die Internasionale Dwelmvrye Dag sodat veral jong mense uit die kloue van dwelmmisbruik bevry kan word. Volgens Pugin het pres. Jacob Zuma juis gesê die jong mense van vandag se grootste geveg is teen alkohol- en dwelmmisbruik. Wilméne Niemand, programbestuurder, het gesê vier miljoen Suid-Afrikaners sal in ’n stadium in hul lewe afhanklik wees van drank of dwelms en dat slegs 15% van dié vier miljoen om hulp sal vra. Daarom is dit onaanvaarbaar dat die wêreld slegs een dag van die jaar gebruik om mense bewus te maak van dwelmmisbruik en

’n ROERENDE lag­met­’n­traan­toneelopvoering geskryf deur Ben Opperman is opgevoer om die impak van alkoholmisbruik op die gesin te demonstreerl. Van links is Truitjie Christoffel (die ma), Jone Davids (die maatskaplike werker), Marvin van Wyk (een van die kinders), Opperman (die pa) en Malvin Beukes (die ander seun). Foto’s: Lizette Slabber -handel. “In Suid-Afrika het die dwelmprobleem buite beheer geraak en daarom moet ons elke dag van die jaar werk aan die dwelmprobleem en nie net op een dag nie.” Vanjaar is die tema vir die Internasionale Dwelmvrye Dag Maak gesondheid jou nuwe hoogtepunt, nie dwelms nie. Volgens Niemand begin ’n gesonde lewenstyl by die huis en is dit ’n basiese behoefte van elke

kind, maar ouers het dubbele standaarde oor gesondheid vir hulle en hul kinders. “Dit is so maklik vir ons om ’n pil of ’n drankie te gebruik as ’n vinnige oplossing vir ons druk lewe, maar ons plaas net soveel druk op ons kinders en hulle sien raak hoe ons na ’n vinnige oplossing soek.” Die pasiënte van die Resilia-kliniek het prettige toneelopvoerings aangebied om die impak van alko-

holmisbruik op die gesin uit te beeld. Hulle het ook in hul tyd in Resilia twee komberse gebrei en gehekel wat aan ’n bejaarde en gestremde mens oorhandig is. Volgens Niemand doen die pasiënte dit om só iets aan die gemeenskap terug te gee. Daar is ook sertifikate oorhandig aan dié pasiënte wat hul rehabilitasiekursusse suksesvol voltooi het.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013 RUBEN CLOETE wys die jong sokker­ spelers van Paballe­ lo ’n paar sokkerpas­ sies.

RUBEN CLOETE speel saam met ’n jong span van Pabal­ lelo sokker.

RUBEN CLOETE gesels oor die dinge wat vir hom saak maak. Sy boodskap aan die jeug van Upington is om nie op te hou droom nie: “Want as ek dit kon doen dan kan julle ook”.

RUBEN CLOETE, Upington se eie sokker­ held, bly terugkeer na sy tuisdorp om jong mense aan te moedig en te inspireer om na hul drome te reik.

Foto’s: Anena Burger

Ruben ploeg terug op tuisdorp Anena Burger UPINGTON se eie en alombekende sokkerheld, Ruben Cloete, hou hom nie skaars op sy geliefde tuisdorp nie. As hy hom nie op die sokkerveld bevind nie, sal jy hom tussen die jong mense van Upington opspoor: vurig aan die werk onder hulle en hulle aan die aanspoor om te reik na hul wildste drome. “Want as ek dit kon regkry, kan julle ook,” sê Cloete. Cloete het tien jaar gelede sy debuut op die sokkerveld vir die sokkerklub Santos gemaak. Daarna was die sterre nooit te ver om na te reik nie vir die ambisieuse jong man wat nooit die mense van sy tuisdorp vergeet het nie. Cloete het ook vir die senior Suid-Afrikaanse span, die Bafana Bafana, gespeel.

Hy is ’n speler vir die sokkerklub Orlando Pirates, maar speel ’n jaar vir Maritzburg United. Die afgelope paar jaar het Cloete hom beywer om die jeug van die Noord-Kaap te bemoedig en te inspireer. Hy is betrokke by talle organisasies om ontwikkeling onder die jeug en die gemeenskap te bevorder – ’n saak wat hom na aan die hart lê. Cloete self het in geweldig arm omstandighede in Paballelo op Upington grootgeword. Hy het besluit om bo sy omstandighede uit te styg en kyk slegs terug wanneer dit tyd is om huis toe te gaan en weer by die jonges betrokke te raak. Hy het die Ruben Cloete-sokkerakademie gestig en hou elke jaar ’n toernooi waar jong spelers hul talente ten toon kan stel. Spelers wat dan hier gekies word, word ge-

help sodat hulle aan uitdunrondes by die groter klubs oor die land heen kan gaan deelneem. Hy is ook nou betrokke by die departement vir korrektiewe dienste op Upington waar hy gereeld die gevangenes besoek en motiveringspraatjies lewer. Onderwys en opvoeding lê Cloete na aan die hart en die onderwyskrisis in die Noord-Kaap is ’n saak waaroor hy baie sterk voel. Daar is ook ’n boodskap wat hy vanjaar aan die jeug wil oordra. “Een van die eerste dinge wat ek vir jeugdiges wil sê, is dat dit nie reg is om ander te boelie nie. Ons almal verdien dit om ’n wonderlike skoolloopbaan te hê en nie in vrees te lewe nie.” Wanneer dit by sport en onderwys kom, sê Cloete: “Neem deel aan enige sport waarvan jy hou. Dit help jou om uit die moeilikheid te

bly en gefokus te wees. “Moet nie jou skoolwerk nalaat nie, want dit is die belegging wat jy vir jou toekoms maak. Jy het dit nodig.” Dan praat hy ook oor die gevare van dwelms en alkohol en sê: “Dwelms en alkohol is ’n euwel. Dit vernietig belowende jong mense se lewe. Dit dompel nie net jou lewe in donkerte nie, maar ook die toekoms van jou familie en hul lewe.” Een van sy sterkste boodskappe kom oor MIV en vigs. “Ons moet ophou om die twee woorde as vanselfsprekend te aanvaar. Ons moet ophou om oor die siekte te praat asof dit ’n grap is. Jong mense moet verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar en die gevolge daarvan dra. “As ’n gemeenskap moet hande vat en die verskriklike siekte beveg,” sê Cloete.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

GRATIS: Christelike DVD's. Leer u Bybel opnuut ken. SMS u naam en posadres na 081 591 3957 of stuur e-pos aan pierre@dievyeboom.co.za vur gratus DVD's.

MOTORS OF BAKKIES GESOEK vir kontant. Skakel Muriel 082 068 0929.

MIDDELJARIGE, PROFESSIONELE MAN, nuut in Kuruman, soek damesgeselskap (45 - 65 jaar). Skakel 082 791 4249.

F.J. VOERE: Gesifte braaikuikenmis beskikbaar in 40-kg-sakke of los. 24 - 26% proteïnwaarde. Gratis aflewering in Vryburg, Kuruman en Hotazel- omgewing ingesl. Skakel Johan 071 2911 281 of Frans 073 316 9296.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Groot afslag op die African Wagon-reeks-beessleepwaens (15%). Beskikbaar in 3 en 4 meter. Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

MIS TE KOOP: Kuruman Skouterrein. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievrag. Skakel Albie 083 440 1355.

BUL-HONDJIES TE KOOP 1 teef en 2 reuns teen R3 500 elk. Skakel 082 098 7101

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

WINDHONDJIES 6 weke oud. Skakel 072 317 6814 saans.

AIDA EIENDOMME BESIGHEIDSGEBOU Perseel en gebou in industriële gebied. R1,950 m. Ons help graag as u huise/woonstelle te koop of te huur het. Skakel ons gerus. Annatjie 076 395 9422.

1-SLAAPKAMER- gemeubileerde woonstel te huur. Gediens. Onderdakparkering. DStv en wasgoed op aanvraag. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 490 4896. WRENCHVILLE: Woonstel te huur. R2 000 p.m. Skakel 083 366 9473.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

Veritas Eiendomme TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 174 - 5 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, dubbelm/h, nuwe area. Kuruman R1 550 000 311 - 4 slk, 3 badk, kombuis, sitkamer, eetkamer, dubbelm/h, swembad. R1 680 000. 318 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sit/eetkamer, dubbelm/h, nuwe area. Kuruman R1 550 000 321 – 3-slk-huis in Kathu in nuwe uitbreiding. R850 000. 320 - 3 slk, 2 badk, sit/eetkamer, TV-kamer, kombuis, swembad. R930 000. TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 Dringend op soek na erwe en huise om te verkoop. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomm e.co.za Vir enige eiendomsbehoeftes. ‘Ons help graag’.

BENODIG INSLAAPHUISHULP. Salaris R3 000. Verwysings van vorige werk 'n vereiste. Skakel 071 361 2527. OPSOEK NA BETROUBARE inslaap huishulp. Skakel 082 449 7405. Pest Control TechnicianUpington Presentable & well-spoken with a P Registration & a min of 5 yrs working experience. Contact Kim 083 260 1595 or kim@personneltouch.co.za PROJECT ADMINISTRATOR * Minumum of 2 years' experience * Must be fluent in English * Must have a Level 5 English pass (60%) * E-mail CV to nephat.mineiseducation@g mail.com Phone 073 156 1832/083 178 9080 Closing date: 8/7/2013. TOONBANKVERKOPE: Rekenaarvaardig. STOOR/DRYWER: Rekenaarvaardig. Kode 10. Indien jy vriendelik, noukeurig en oplettend is, het ons vir jou geleenthede. Faks volledige CV na 086 692 8385 of handig in by Elektro Vroomen, Kathukantoor. Indien u geen terugvoer ontvang binne 30 dae nie, aanvaar u aansoek was onsuksesvol.

GOLF 1.6: 1993. R22 500. 1990 VW Fox 1.4: R19 500. Phone 072 472 8686. OPEL 1.6: 1987. R9 900. 1985 Datsun 1.8, 4-door sedan: R9 900. 072 472 8686.

Alkantpan, a division of Armscor Research and Development (R&D) Department, is an all-purpose ballistic test range in the central part of South Africa and is involved with the testing of, for instance, gun systems. Alkantpan is located in the Northern Cape, 300km from Kimberley. Applications are invited from persons meeting the qualification and experience requirements to become part of Alkantpan Qualified Personnel, who form a multidisciplinary team, a factor that contributes to the success of the division.

Technical Officer: Weapons

(Ref. 9911907)

Paterson Grading: C2

The successful candidate will maintain, repair, prepare and operate weapon systems for test-related requirements according to client specifications and manufacture hardware according to the requirements and specifications of internal and external clients. Responsibilities: • Ensure that the maintenance of weapon systems is carried out by weapon personnel to ensure reliable systems for conducting tests • Prepare and erect targets • Maintain tools and equipment • Safely operate weapons systems • Train Weapon Assistants and Weapon Operators in the safe handling of weapons and equipment • Conduct safety inspections • Assist clients during the import and export of weapons systems • Draft Balanced Scorecards for subordinates • Manufacture the hardware for projects. Requirements: • An N4 Technical in the field of Weapon Systems • 4-6 years’ experience in the maintenance and/or operation of infantry, armour or artillery weapon systems • Qualified as a Fitter and Turner • Good interpersonal, communication, planning and organising skills. To apply for this position, please e-mail a detailed CV to careers@armscor.co.za stating clearly the reference number and the position you are applying for in the subject heading.

COURIER: 1998. Diesel, long base, R39 500. 1997 Isuzu: Diesel. R39 500. Phone 072 472 8686. HARDBODY 1800:1995. Canopy. R25 500. 1987 Isuzu: Diesel, rails. R23 500. Phone 072 472 8686.

11

Short-listed candidates will be subjected to psychometric assessment, an appropriate reference check, verification of the applicant’s personal data and security clearance as part of the selection process. WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

Should you not hear from us within a month of forwarding your CV, consider your application unsuccessful. Please note that appointment to this position is subject to obtaining/maintaining a positive security clearance. In line with Armscor’s commitment to compliance with the Employment Equity Act, preference will be given to suitable candidates from designated groups. People with disabilities are encouraged to apply. The closing date for applications is 10 July 2013. Late applications will not be considered. Correspondence will be limited to shortlisted candidates only. www.humanjobs.co.za

Human Communications 100418


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

G E K L A S S I F I S E E R D

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

BETREKKINGS

KENNISGEWING MET BETREKKING TOT DIE WYSIGINGS TOT DIE OMGEWINGSBEMAGTIGING VIR DIE ARRIESFONTEIN FOTOVOLTARIESE SONKRAG AANLEG - FASE 1 EN FASE 2 FASE 1 - DOS REF Nr: 12/12/20/2647 en Bemagtigingsregistrasie Nr 14/12/16/3/3/2/251 FASE 2 - DOS REF Nr: 12/12/20/2649 en Bemagtigingsregistrasie Nr 14/12/16/3/3/2/253 Hiermee word kennis gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskyn in die Staatskoerant No. R543 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) asook die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (Wet Nr. 59 van 2008), van die wysigings tot die bogenoemde projek.

Loopbaangeleenthede Clicks verlang die dienste van Apteekbestuurders, Aptekers en Apteekassistente (Gekwalifiseerd Na-basies) in Upington. Buigsame kontrakte 25, 27, 30, 32.5, 40 and 45 ure per week. Afgetrede aptekers welkom: aftree-ouderdom verlengbaar na 67, in geval van permanente kontrak.

Per Faksimilee: Per Pos:

• Geleentheid

Per hand:

Sindiswa Ndlomo Departement van Omgewingsake 012 320 7561; Privaatsak X447 Pretoria 0001; of 2de Vloer, Fedsure Gebou, Noord Toring, h/v. Lillian Ngoyi (Van der Walt) en Pretorius Straat, Pretoria

Aandag: Per Faksimilee: Per Pos: Per hand:

Francois Humphries Omgewingsimpak Praktisyn 012 745 2001 Posbus 22, Menlyn Pretoria 0063; of WorleyParsons RSA h/v Corobay & Aramist Lane, Waterkloof Glen, Pretoria

Indien daar enige navrae is in verband met die wysigings voorgestel vir die bogenoemde projek, kan WorleyParsons RSA gekontak word. PH44585

• Passie

In die toekoems, sal die projek ook as die “Wilger PV Power Project” bekend staan.

Aandag:

Vereistes • Toepaslike B.Pharm-graad of -diploma • Registrasie by die SAAR noodsaaklik • Goeie kommunikasievaardighede • ’n Passie vir kliëntesorg

• Mense

Gedurende die gedetaileerde ontwerp fase was die nodigheid bepaal om wysigings aan die uitleg van die fasiliteit te maak, deur Fase 1 en 2 saam te smelt tot ‘n enkele fasiliteit van 300 Ha. Die fasiliteit sal slegs ‘n energie opwekkingskapasiteit van 75 MW besit. Gevolglik word die impakte van die ontwikkeling verminder, aangesien SolarReserve SA slegs een (1) van die fases wil ontwikkel in plaas van die voorgestelde twee (2) fases. Partye wat kommentaar op die wysigings tot die projek wil lewer, mag so doen in terme van Hoofstuk 4 van Staatskoerant No 543, onderhewig aan die kondisies van Hoofstuk 6 van Staatskoerant No 543. Alle kommentaar moet binne 30 dae van die kennisgewing ingedien word by die volgende persone:

Ons bied • Mededingende salarisse • Professionele werksomstandighede • Rapporteer aan Apteker-leierskapspan • Loopbaan-ontwikkelingsgeleenthede: sterk fokus op interne bevordering

Kontak: Willie Smal by Tel: (021) 460 1287 of E-pos: ws8@clicks.co.za of besoek www.careers.clicksgroup.co.za vir meer inligting.

Die Departement van Omgewingsake (DOS) het ‘n positiewe Omgewingsbemagtiging vir die bogenoemde Fotovoltariese Projek op 1 Februarie 2013, uitgereik.

WorleyParsons RSA Mnr. Francois Humphries Posbus 22 Menlyn 0063 Telefoon: 012 745 2000 Faks: 012 745 2001 E-pos: francois.humphries@worleyparsons.com 7681

K E N N I S G E W I N G S

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

THE entrepreneurs at the workshop presented by the John Taolo Gaetsewe Developmental Trust in partnership with SIOC­cdt and Anglo American Zimele. Photo: Supplied

Entrepreneurs helped ON 27 June the John Taolo Gaetsewe (JTG) Developmental Trust, in partnership with SIOC-cdt and Anglo American Zimele, conducted a workshop for emerging and existing entrepreneurs in the JTG District. The workshop, which was held in the Ga-Segonyana Municipality banquet hall, drew emerging and existing entrepreneurs from all over the district. The objective of the workshop was to explain to entrepreneurs procedures on how to access a loan funding from Anglo Zimele. The loan funding discussed goes up to R1 000 000 with a fixed interest rate at 6% and repayment is only 3 to 36 months. The workshop was facilitated by Kealeboga Pilane of Anglo Zimele, who explained matters at length to entrepreneurs who were paying attention to the presentation of steps to access the loan funding. One entrepreneur, Zamile Mbilase of Café Del Afro, mentioned: “This was an

informative workshop which I think emerging entrepreneurs needed. I am very grateful to the trust for improving the quality of life and self-reliance of communities through supportive socio-economic activities. I now understand the loan funding better and I encourage other entrepreneurs who need funds to come forward and access this loan funding.” In his opening remark Tumelo Mpolokeng, the CEO for the JTG Developmental Trust, highlighted the fact that emerging entrepreneurs must grab hold of every opportunity to better their lives. He encouraged all entrepreneurs to shift away from a dependency syndrome and evolve to creating sustainable businesses to curb the high rate of unemployment in the district. He also noted to the entrepreneurs that the loan funding comes from the JTG Developmental Trust and Anglo Zimele would only be responsible for administration.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Krieket was eintlik eerste liefde Lizette Slabber WAT min mense van Janse van der Ryst, rugby-afrigter aan die Hoërskool Upington, weet, is dat dié kranige rugby-afrigter op sy dag vir Boland krieket gespeel het. Hoewel Van der Ryst al gekies is om as hulp-afrigter die Suid-Afrikaanse skolerugbyspan af te rig was krieket dié openingsbouler se eerste liefde. “As speler het ek baie meer van krieket gehou, maar in ons skoolkultuur was rugby so groot dat daar meer lekker dinge rondom rugby plaasgevind het. “Tipies van die skole waar ek was, is meer energie en aandag aan rugby gegee. Maar nie dat dit moeilik is nie, want die liefde vir rugby is beslis daar.” Van der Ryst het aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch ’n onderwysgraad behaal. Daarna het hy sy honneursgraad in menslike bewegingskunde aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal. Hy is reeds van 2001 op Upington by rugbyafrigting betrokke en het hom in 2011 by die Hoërskool Upington aangesluit. Van der Ryst beskryf homself as ’n spansportman en die Kalahari Bulletin het aan hom ’n paar vrae aangaande die stand van rugby-afrigting op skoolvlak gevra: Op watter vlak van afrigting is jy en wat behels die Internasionale Rugbyraad (IRR) se afrigtingsvlakke? Ek doen tans met die IRR se vlakdrie-afrigtingskursus. Ek het verlede jaar die eerste fase voltooi en gaan binnekort met die tweede fase begin. Ek glo egter hoewel die kursusse noodsaaklik is, die 20 tot 30 jaar wat jy as afrigter langs die baan deurgebring het, soveel meer tel. Jy leer uit elke nederlaag, nie daaruit die feit dat jy die kursus gedoen het nie. Wat Upington se rugby so sterk maak, is ons afrigters het tussen ons ongeveer 30 Cravenweke bygewoon en daardie ondervinding leer jou hoe om planne te maak en verryk jou as afrigter. Hoekom geniet jy dit om rugby af te rig? Van kleins af het ek ’n liefde vir die spel gehad. Maak nie saak wie speel nie, ek het gekyk. Dis deel van ons psige. Daar is ’n mate van romantiek aan die spel verbonde. En daardie gevoel as die spelers fisiek en emosioneel reg is en hul vaardigheidsvlakke is reg en al die komponente van die spel val reg en ons speel die perfekte wedstryde – niks kom by daardie gevoel nie. En jy ervaar dit miskien een of twee keer in ’n seisoen en selfs partykeer nie eens een

‘‘Jy leer uit elke nederlaag, nie daaruit dat jy die kursus gedoen het nie.” – Janse van der Ryst JANSE VAN DER RYST

Foto: Colette Botha

keer in ’n jaar nie. Dit is deel van my menswees om altyd beter te doen en as opvoeder – onderwyser en afrigter – is ek altyd ingestel daarop om die kind te help om ’n beter sportman en mens te word. Watter eienskappe maak van ’n skoolseun ’n uitstekende rugbyspeler? Hy moet ’n liefde vir die spel hê, hy moet bereidwillig wees om te leer. Hy moet die vermoë hê om hard te werk en te kan aanhou. Maar die belangrikste is dat hy altyd bereid sal wees om die span voor homself te stel. Wat was vir jou ’n hoogtepunt in jou loopbaan as afrigter? Om as hulp-afrigter van die Suid-Afrikaanse skolerugbyspan aangestel te word. As kind is dit mos altyd die hoogste droom om by Springbokrugby betrokke te wees, so dít was ’n absolute hoogtepunt. En dan natuurlik bly elke oefening en elke span ’n hoogtepunt, want om rugby af te rig is nooit vir my sleg nie. Selfs die spantye waar dit moeilik gegaan het, is soms lekker-

der as ’n oorwinning. Hoe hanteer julle die groeiende druk wat op skole en spelers geplaas word om te wen? Ons skool benader rugby op ’n baie volwasse wyse. Ons probeer soveel moontlik die druk van die kinders wegvat, want dan presteer hulle beter. Ons glo daar is ’n optimale punt waar stres jou laat presteer. As jy die punt verbysteek, presteer jy nie. Daarby moet die liefde vir die spel ’n speler dryf, nie die vrees vir verloor nie. En ek dink die verhouding met ander skole is soos ’n huwelik tussen ’n man en ’n vrou. Jy lieg nie vir mekaar nie en jy rokkel nie mekaar se kinders af nie en as die verhouding versuur, is dit sleg vir albei partye. Dis in elk geval snert dat skole glo hulle mag nie verloor nie. Waarna streef jy? Ek wil graag hê dat elke span wat op die veld draf, goed voorbereid moet wees, want onvoorbereide spanne word verneder, kry seer en dit wil ek nooit hê nie.

Building a world-class diamond group

Building a world-class diamond group

Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is located in the town of Lime Acres, which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.

Finsch Diamond Mine is situated in the town of Lime Acres 165km west of Kimberley in the Northern Cape. The Mine is currently mining at a depth of 630 meters using mechanised trackless block-cave mining.

Mechanic (Underground Expansion) The successful candidate will be required to perform service maintenance and repairs on equipment/machinery according to sound engineering practices and equipment specifications. Tasks and responsibilities: • Investigate, diagnose and perform trade-related maintenance and repair of equipment and machinery according to the maintenance requirements • Perform inspections in accordance with the Mine Health and Safety Act regulations, manufacturing and company standards • Report all defects and breakdowns on equipment and machinery to the Foreman • Develop, modify, construct and install related equipment required for the safe operation of all engineering equipment • Identify spares requirements and order according to departmental procedure • Communicate with clients and supervisors to inform on maintenance activities performed and restart of equipment • Create and maintain job cards • Supervise Engineering Aides • Work overtime, be on standby and be available for callouts when required. Minimum requirements: • A Grade 12/N3 plus Diesel Mechanic Trade Certificate • A recognised apprenticeship • A Code EB driver’s licence • 2 years’ postapprenticeship experience • Earthmoving machinery experience • Good verbal and written communication skills in English.

Plater – Plant The successful candidate will be required to develop, fabricate and maintain equipment according to sound engineering practices and equipment specifications in their area of responsibility. Tasks and responsibilities: • Investigate, diagnose and perform trade-related maintenance and repair of equipment and machinery according to the maintenance requirements • Perform inspections in accordance with the Mine Health and Safety Act regulations, manufacturing and company standards • Report all defects and breakdowns on equipment and machinery to the Foreman • Develop, modify, construct and install related equipment required for the safe operation of all engineering equipment • Identify spares requirements and order according to departmental procedure • Communicate with clients and supervisors to inform on maintenance activities performed and re-start of equipment • Create and maintain job cards • Undertake maintenance repairs, fabrication and installation work on all plant equipment • Work overtime, be on standby and be available for call-outs should the need arise. Minimum requirements: • Grade 12/N2 • Plater/Boilermaker Trade Certificate • Recognised apprenticeship • 2 years’ post-apprenticeship experience • Code 08 driver’s licence.

Other skills/competencies: • Independent, proactive thinker • The ability to do own job planning. (Ref. FINSCH079)

Other skills/competencies: • Be independent, a proactive thinker and have the ability to do own job planning • Good communication skills • Previous plant maintenance experience will be advantageous. (Ref. FINSCH080)

Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Shortlisted candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested).

Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested).

Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward this, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334 before or on 10 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered.

Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334 before or on 12 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered.

If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful.

If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful.

http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 100239

http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 100308

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 JULIE 2013

Gekies vir Robynespan Annerie Louw NETBALSPELERS van die omgewing is onlangs vir die Noord-Kaapse Robynespanne gekies. Vir die o.12-span is Chané Williams (Seodin) en Roxeanne Pietersen (Lime Acres) gekies. In die o.13-span is Lounari Lamprecht (Seodin) en Bianca Britz (Seodin). Vir die o.14span is Jonelle Mohr (Kalahari), vir die o.16-span Lerisa-lee van Rooyen en vir die o.17-span is Wourine Jones en Kyla Horn (albei van Kalahari) gekies. Leoné van Rooyen (Kalahari) is vir die o.19-span gekies.

DIE Noord­Kaapse o.15­ Robynespan wat vandees­ week aan die nasionale Alle Ouderdomme­toernooi op Margate deelneem, is van links, voor: Na­Leth van Niekerk (Kathu), Tuane Welgemoed (Daniëlskuil), Aureliga Pieterse (Uping­ ton, kaptein), Lezaan van Rooyen (Kalahari) en Jac­ kie Kuhn (Duineveld); agter: Anje Jacobs (Martin Oost­ huizen), Sharon Melamu (Kalahari), Candice Esau (Upington), Chrisna Opper­ man (Duineveld) en Lesedi Kaotsane (Kalahari). Foto: Ruan Bruwer

JOHAN JONKER swaai terug vir ’n voorhandbou.

Foto: Verskaf

Johan gekies vir Noord-Kaap-span JOHAN JONKER, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, is gekies om die Noord-Kaap se o.19-tennisspan in ’n interpro-

vinsiale toernooi teen Oostelike Provinsie te verteenwoordig. Die toernooi is op 10 Julie op Graaff-Reinet.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.