Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg
18 JULIE 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington GRATIS
TEL. 0543313482
Groot eer vir kelder
Sy wit muskadel een van die toptien in die wêreld DIE Orange River Cellars 2012 Wit Muskadel is pas in die jaarlikse Muscat du Monde-kompetisie as een van die toptien muskaatwyne ter wêreld aangewys. Dié kompetisie is die wêreld se voorste kompetisie vir muskaatwyne wat jaarliks in Frankryk gehou word. Die Orange River Cellars se wit muskadel het 230 ander inskrywings van 24 lande uitgestof om sy plek onder die toptien muskaatwyne los te slaan. Daarby is die Orange River Cellars een van slegs twee Suid-Afrikaanse wyne wat ’n goue medalje in dié kompetisie kon wen. Koos Visser, bemarkingsbestuurder van die Orange River Cellars, sê dit is werklik ’n riem onder die hart om te sien een van die wêreld se mees afgeleë wynstreke kan in die kollig staan. “Ons lê 900 km van die Kaapse wynlande af en nog veel verder van die Franse wynkompetisie se uitblinkers. Dit is dus ’n geweldige eer vir ons om internasionale erkenning te kry deur onder die top-muskaatwyne van Frankryk, Spanje, Portugal en ander bekende wynlande gereken te word.” Die wenwyn is ’n versnit van wyne afkomstig van vier van die vyf kelders, naamlik Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop, en is nou in die mark beskikbaar. Volgens Visser is dit die standaard- wit muskadel.
“Wat goed genoeg vir die publiek en ons muskadel-liefhebbers is, is oënskynlik goed genoeg vir die internasionale beoordelaars van die Muscat du Monde.” Visser sê voorts: “Hoewel die Orange River Cellars deesdae ook op die produksie van natuurlike tafelwyne soos chenin blanc, pinotage, merlot, tanat, cabernet sauvignon, shiraz en chardonnay fokus, bly ons vanweë die klimaat wat vrugtegeure verseker, getrou aan die produksie van gefortifiseerde wyne van topgehalte.” “Ons wit muskadel is vir geslagte Suid-Afrikaners wat deur Upington na die Kalaharijagvelde reis sinoniem met hul uitstappies. Dit is dus goeie nuus dat die jagters oor die jare heen sulke goeie smaak vir goue wyne gehad het.” ) Die Orange River Cellars se rooi muskadel was op die Suid-Afrikaanse muskadel-eerbewysgeleentheid die algehele wenner en sy wit muskadel het ’n goue medalje losgeslaan. ) Sien op bl. 3 hoe jy met Kalahari Bulletin se nuwe mobi site ’n kis van dié wen- wit muskadel kan wen.
DIE Orange River Cellars 2012 Wit Muskadel is as een van die toptien muskaatwyne in die jaarlikse Mus cats du Mondekompetisie in Fran kryk aangewys. Van links is Koos Visser (bemarkingsbestuurder) en Chris Venter (produksiebestuur der: wyn) wat ’n glasie van die goudkleurige wenner klink. Foto: Lizette Slabber
KALAHARI BULLETIN vier vandag sy splinternuwe mobisite en herontwerpte webtuiste. Lees op bl. 3 van die nuwighede en hoe jy lekker pryse kan wen met die nuwe mobi-site.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Staan tyd af vir Madiba VANDAG vier die hele wêreld saam met Suid-Afrika Nelson Mandela-dag. Dié dag het in 2010 sy oorsprong gekry toe die algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) Mandela se verjaardag, 18 Julie, gekies het om ’n dag aan menseregte, konflikoplossing en versoening te wy. Mandela-dag is begin om mense te inspireer om die waardes van demokrasie aan te gryp en om by te dra tot die ideale om ’n regverdige en billike gemeenskap te verseker. Mense word aangemoedig om 67 minute van hul tyd af te staan om ’n gekose liefdadigheidsprojek te ondersteun of om hul plaaslike gemeenskap in die 67 minute te dien. Dié 67 minute simboliseer die 67 jaar wat Mandela opgeoffer het om van Suid-Afrika ’n beter land te maak. Vanjaar word Mandela 95 jaar oud en die tema vir 2013 is Neem aksie, inspireer verandering en maak elke dag ’n Mandela-dag.
Bid vir spoedige herstel
2
DIE Laerskool Sentraal op Kakamas wou graag eer aan Nelson Mandela bring en hom sterkte met sy siekte toewens en bid dat hy spoedig sal herstel. Hy word vir sy positiewe ingesteldheid en naasteliefde wat hy sy lewe deur aan almal in SuidAfrika betoon het, vereer. Hier wens die leerlingraad hom alle sterkte toe. Van links is, voor: Kyla Swiegers, Shania Koortzen, Niel Becker, Mea Swart, Juline van Zyl en Jeanne Dykman; middel: Leyellen Lodewyk, Micke Engelbrecht, Carmi Victor en Franco Rossouw; agter: Miké Bothma en Nina Ackerman. Foto: Verskaf
Elke dag Mandela-dag
3/20
2/19
3/21
W-5
S-5
N)-5
EEN van die perfekte maniere om vandag jou 67 minute vir Madiba te gee is om bloed te gaan skenk. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wil die publiek aanmoedig om van vandag af meer by bloedskenking betrokke te raak. Die bloedvoorraad is nou op ’n kritieke vlak en insameling is ook laag weens die skoolvakansies en koue winter. Daar is slegs 1,7 dae se voorraad
beskikbaar, wat aansienlik minder is as die vyf dae voorraad wat benodig word om te verseker dat daar aan die land se behoeftes aan veilige bloed voldoen. Die SANBD moet daagliks 3 000 eenhede bloed insamel en sedert die begin van die wintervakansie word die doelwit nie bereik nie. Hy vra dat die publiek elke dag as Mandela-dag sal beskou en gereelde bloedskenkers sal word.
Een mens se bloed kan tot drie lewens red en skenkers kan elke 56 dae in plaas van slegs een dag per jaar ’n verskil maak. Skenkers se bloed is noodsaaklik om te help om die lewe te verander van dié wat op bloedoortappings staatmaak om te oorleef. Om te skenk moet jy tussen 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, goeie gesondheid hê en ’n veilige seksuele leefstyl lei.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
‘Bulletin’ bied nou nog meer Nico Gous DIE Kalahari Bulletin gaan van vandag af sy digitale voetspoor vergroot en nuus op ’n opwindende interaktiewe manier aan lesers bied. Van vandag het die Kalahari Bulletin sy eie mobi site om só meer lesers te bereik en seker te maak dat hulle hul eksemplaar onder oë kry selfs al is hulle aan die beweeg. Alle plaaslike media verbonde aan Volksblad kry eersdaags ’n mobi site en die Kalahari Bulletin s’n is nou beskikbaar. Mobi sites, kort vir mobile sites, is spesifiek vir jou selfoon geskep. Wanneer jy die Kalahari Bulletin aanlyn met jou selfoon besoek, is die teks te klein, nè? Waarom? Wat jy sien, is die webwerf gebou vir jou rekenaarskerm wat op daardie ou skermpie ingedruk word. Mobi-sites pas die inhoud vir jou selfoonskerm aan en bied jou die beste leeservaring. Jou gemeenskap en sy nuus is van vandag af in jou sak. Hoe nou gemaak? Die stappe bly presies dieselfde: ) Maak jou foon se webblaaier oop. ) Tik in kalaharibulletin.mobi. ) Voila! Wees ’n burgerjoernalis Droom jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Kalahari Bulletin is een van Volksblad se plaaslike koerante wat vandeesweek ’n nuwe blaadjie omgeslaan het met ’n nuwe webontwerp wat jou die kans bied om ’n burgerjoernalis (citizen journalist) te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensomeer, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat lesers se harte vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. Aan die web is
GAAN na kalaharibulletin.mobi om van van dag jou koerant op jou selfoon te lees. daar egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is eerste. Jy sal nie hoef te soek vir die nuutste nuus uit jou kontrei nie. Soek jy eiendom? Wil jy huur of koop? Die nuwe webontwerp bevat ’n eiendomsafdeling waar jy ’n woonplekkie in jou gebied kan soek. Dié verandering kom saam met die bekendstelling van die Kalahari Bulletin se mobi site wat jou toegang tot jou koerant op jou selfoon gee. Besoek die nuwe webwerf vandag by http://www.kalaharibulletin.co.za/ of op jou foon by kalaharibulletin.mobi.
3
Wen lekker pryse OM die nuwe mobi site van die Kalahari Bulletin te vier begin die koerant vandag ’n lekker kompetisie met sy nuwe mobi site. En om dinge nog lekkerder te maak is daar ’n besonderse kompetisie vir elkeen van ons besonderse uitgawes. Dus kan mense op Kuruman, Kathu en Upington elkeen aan hul eie kompetisie deelneem en hul eie pryse wen. Mense wat nie op een van dié dorpe woon nie, moet besluit watter prys die lekkerste lyk en aan daardie streek se kompetisie deelneem. Vir die mense van Kathu en Kuruman is daar ’n geskenkbewys by Buco op Kathu om te wen, terwyl die mense van Upington ’n kis van die Orange River Cellars 2012 Wit Muskadel kan wen wat in Frankryk as een van die toptien muskaatwyne ter wêreld aangewys is. Om jou te registreer op kalaharibulletin.mobi volg die stappe: 1) Kliek “Register”. 2) Vul jou nodige besonderhede in. 3) Aktiveer jou rekening. 4) Begin lees. Om jou dan in te skryf vir die kompetisie op kalaharibulletin.mobi volg die stappe: 1) Teken in op jou rekening. 2) Kliek “Competitions”. 3) Kliek op die kompetisie van jou streek. Elke streek het sy eie prys en vraag wat beantwoord moet word. Die antwoord op die vraag sal in ’n berig in die gedrukte koerant, op die webtuiste en op die mobi site wees. 4) Voer die korrekte antwoord in. 5) En hoop vir die beste. Drie mense sal elkeen ’n prys wen. Hou die koerant dop vir die wenners.
Loer in by webwerf DIE Kalahari Bulletin se webtuiste spog met ’n splinternuwe voorkoms en opwindende nu wighede. Besoek www.kalaharibulletin.co.za vandag nog. Foto: verskaf
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Riglyne oor netwerke SOSIALE netwerke dien as ’n platform om sosiale verhoudings tussen mense te bou. Hulle deel stokperdjies, aktiwiteite, agtergronde en geskiedenis. Dit is ook ’n manier vir families wat oor die wêreld heen bly om met mekaar kontak te behou. Hulle deel foto’s en kan aanlyn met mekaar kommunikeer. Die meeste sosiale netwerke is op die web gegrond. Facebook is een van hierdie baie bekende en gewilde sosiale netwerke. Besighede en organisasies gebruik dit ook om hul produkte of dienste te adverteer. Kalahari Bulletin en Volksblad het ook hul eie unieke bladsye op Facebook en dit stel belangstellendes en lesers in staat om op die hoogte van nuusgebeure te bly. Skole gebruik ook Facebook om aankondigings te maak aangaande sportgebeure of leerlinge se prestasies. Dit is ook ’n uitstekende manier vir oud-leerlinge om hul skoolvriende op te spoor. ’n Sosiale netwerk het natuurlik ook sy nadele en dit kan allerlei gevare vir mense inhou. Veral skoolkinders is uiters kwesbaar en moet deeglik bewus wees van die gevare wat ’n sosiale netwerk kan inhou. Dit is belangrik dat ouers hierdie gevare aan hul kinders uitwys. Hul profiel moet privaat wees en slegs mense wat hulle ken, mag van hulle vriendekring op hierdie sosiale netwerk deel word. Jong kinders kan ook
verslaaf word aan die verskillende speletjies wat op hierdie netwerke beskikbaar is. Kinders moet duidelike riglyne hê oor hoeveel tyd hulle op ’n sosiale netwerk mag deurbring. Hulle moet ook bewus wees daarvan dat mense hulself voordoen as “vriendelik”, maar eintlik is dit pedofiele wat hul probeer uitlok na privaat ontmoetings. Sien ’n mens werklik die “regte” persoon wat jy dink jy op Facebook ken? Plaas jou vriende nie net ’n klomp mooi woordjies en prentjies daarop nie? Is dit die plek om iemand aan te val? Soveel keer sien ’n mens op Facebook dat iemand noem dat hulle nou moeg is daarvan om net mooi prentjies en versies op ’n vriend se profiel te lees. Hulle vra dat mense tog iets van hulself moet deel! Of die persoon dit gaan doen, is ’n ander saak. Daar is ’n geneigdheid onder die meeste mense om ’n “skoon blaadjie” op Facebook voor te hou. Dit is selde dat iemand regtig die moed het om sy ware kleure te wys. En as dit gebeur dat iemand wel waaghalsig genoeg is om sy sê te sê, dan is daar ’n klomp vriende wat hul neus daarvoor optrek. Facebook en ander sosiale netwerke is ’n plek vir kuier saam met jou familie en vriende. ’n Plek waar jy jou foto’s en interessante dinge wat jy doen kan deel. Wat jy daar skryf, is jou saak.
Boom slinger oom Schalk Theart OOR die kroondenneboom op ons plaas is daar baie stories om te vertel. Alles wat hoog was, is so met die oog gemeet vyftig of honderd voet. Die waterval by Nieuwoudtville, die NG kerktoring en die ou kroondenneboom was ongeveer honderd voet. Dennenaalde kon die heerlike vars water van die weiveld onbruikbaar maak. Pa het ’n plan gesoek, want een van die boom se takke het later in die klipkas gehang. Die fontein kon nie verlê word of toegebou word nie. Oom Piet, ’n reus van ’n mens en so sterk soos ’n bees, het ingewillig om te help. Ou gebruikte ploegskare het ’n lekker skerp punt gehad en gate waarmee die skaar aan die ploeg geheg was. Behendig is die ploegskare so twee trappe uit mekaar in die boomstam ingeslaan. ’n Staaldraad as vashouplek is deur die gate geryg. Die staaldraad is met ’n dubbelslag in die mik van die boom vasgemaak. Oom Piet is met sy bruin laphoedjie op sy kop en die treksaag die hoogtes in. Pa en oom Frikkie het van onder af alles gade geslaan. Oom Piet het stadig begin saag aan die reusetak wat omtrent soos ’n groot boomstomp gelyk het. Met die breek van die tak het die reuse-boom hom orent geruk. Die grote Piet van Rhyn is soos ’n veertjie die lug ingeslinger. As ek as kind dit moes aanskou, sou ek net my oë toegedruk het en geglo het niks ergers kan gebeur nie.
Oom Piet met sy laphoedjie op sy kop is tussen twee takke wat oorkruis hang, ingeslinger. Daar het hy gehang behoorlik tussen hemel en aarde met die treksaag nog in sy hand. Pa en oom Frikkie het dadelik besef lank sal swaer Piet nie so kan hang nie. Hy is tien teen een bewusteloos van die slag teen sy kop. ’n Val van daardie hoogte af kan katastrofies wees. Dink net wat moet hulle vir sus Alie vertel. Gelukkig het oom Piet nie geskree nie, anders sou sy gehoor het. Oor hoe Pa en oom Frikkie teen die boom opgekom het en oom Piet ongedeerd op die grond gekry het, het hulle geswyg. Blykbaar was dit die skok. Oom Piet het geleef en van sy kinders oorleef sodat hy sy kleinkinders leer ken het. As ons hom uitvra oor die dag het hy altyd na die ou boom verwys as die boom van die lewe. Hy het vas geglo dit is die boom waarvan in Genesis gelees word waarvan God verhinder het dat Adam en Eva eet deur hulle die duisternis in te jaag. Ons het oom Piet ná sy 80ste jaar in die familiekerkhof begrawe. Die teks was die dag Johannes 11:25: Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe al sterwe hy ook. Dit is ook oupa Daantjie en ouma Lettie se grafopskrif. ) Ds. Schalk Theart is ’n leraar aan die NG kerk op Daniëlskuil.
HIERDIE pragtige sonsondergang is op die plaas Rietfontein naby Kenhardt vasgevang. Foto: Hannetjie Kruger
Lesers sê hul sê op FB-blad DIE Kalahari Bulletin se Facebook-blad is aan die groei. Met 235 aanhangers is sy digitale teenwoordigheid stadig maar seker aan die uitbrei. Die Kalahari Bulletin se webblad het verlede week ’n nuwe jassie aangetrek. Die week stel die Kalahari Bulletin sy mobi site bekend wat die jongste nuus op mense se fone beskikbaar stel. Volgens Yahoo News het Facebook teen Maart vanjaar 1,1 miljard aktiewe gebruikers gehad. Dít maak Facebook die grootste sosiale netwerk en wanneer ’n mens na die opsies van Facebook kyk, is dit verstaanbaar. Met die Facebook-blad probeer die koeramt die leser bereik op ’n sosiale netwerk waar jy maklik regstreeks terugvoer kan gee. Deur gedagtes, stories en terugvoer met die koerant te deel, weet
hy wat jý wil hê. Die persoonlike verhouding via Facebook laat mense toe om hul sê te sê. Sluit dus aan en neem deel aan die gesprek by https://www.facebook.com/kbulletin. Kalahari Bulletin se Facebookbesoekers sê hul sê oor die Kalahari Bulletin se Kathu-uitgawe: Marleen Boshoff Zandberg: Ek hou nie van jul nuwe idee om ons ou Bulletin te verander nie. My rede is dat dit voel asof ons van ons buurdorpe afgesny is. Ek bly nou op Kuruman, maar kom oorspronklik van Kathu af. Ek het ook familie en vriende op Oli-
fantshoek en Upington. Dit was lekker om nuus van al vier plekke in een koerant te lees. Daar is nog mense wat so voel. Nou sal julle seker sê kyk op die internet. Wat van mense wat dit nie het nie? Die Bulletin is die hoogtepunt van ons week. Hoop julle kan dit weer na die ou koerant verander met al die omgewing se nuus. Op die vraag watter grootte skoen hulle dra, het lesers gesê: Donnagene Jacobs: Interessante vraag. Ek dra ’n nr. 5 of nr. 6. (hang af van vervaardiger), my dogter dra ’n nr. 6. My jongste seun dra ’n nr. 8, my oudste seun ’n nr. 9 of nr. 10 (hang af van skoenbreedte) en laastens dra Pappa ’n nr. 11-skoen. Gerald Harrison: 13 en sukkel my vrek om te kry. Bertie Agenbag: ’n Nr. 10, maar hy stink al soos ’n 14.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
Maak verskil met 67 min. Lizette Slabber
VANDAG, 18 Julie, is dit weer Madiba-dag. Die dag waarop die hele wêreld 67 minute van hul tyd aan hul medemens moet bestee. Dié 67 minute is gekies om die 67 jaar wat oudpresident Nelson Mandela aan sy medemens geskenk het, mee te herdenk. Dis ’n wonderlike idee, want dit gebeur so baie dat ons dink ons moet iets vir iemand of iets of ’n organisasie doen, maar as jy jou oë uitvee, het nog ’n jaar verbygevlieg. Nou is daar ’n spesifieke dag waarop jy wel iets kan doen. Daarby is 67 minute regtig nie verskriklik baie nie, dis slegs sewe minute langer as een uur en wat is een uur nou eintlik? Jy kan nie eens jou hare binne een uur laat sny en blaas nie en ’n lekker stuk koek saam met ’n vrien-
din in ’n koffiewinkel neem ongeveer een uur. As jy al die tye wat jy agter kinders en hul buitemuurse aktiwiteite rondry, bymekaar tel, sal jy by meer as een uur uitkom. Dit is dus ’n maklik hanteerbare tydsduur. Daarby vra Madiba nie dat jy ’n spesifieke organisasie moet oormerk nie, jy moet net 67 minute van jou tyd gee. Of jy nou die ou oom af in die straat help om sy motor te was en sy gras te sny of 67 kolwyntjies by die outehuis gaan uitdeel, jy kan kies. Dis jou 67 minute. Gebruik dit waar jy voel jy dit die graagste wil aanwend. En die laaste wonderlike ding
van Madiba-dag is dat dit geen geld kos nie. Dis nie “gee net R2 vir honger kinders of R100 vir komberse nie”. Almal kan hul tyd gee, want almal kan een uur afknyp as hulle regtig wil. Nou wat gaan ek met my 67 minute vir Madiba doen? Om eerlik te wees, weet ek nie. Hopelik teen die tyd wat die koerant uitkom, het ek al besluit, want Madiba-dag vang my altyd onkant. Ek het altyd in Januarie uitstekende planne wat ek eers op 17 Julie onthou. En dan is dit te laat om alles georganiseer te kry voor 18 Julie. Maar soos ek hier sit en tik, het ek darem nog drie dae om ’n plan te maak. Wat gaan jy doen? Kom vertel ons op Facebook/kbulletin en hou www.kalaharibulletin.co.za dop om te sien wat die mense van ons streek alles gedoen het.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
GAAN kyk na video’s van die Spontaanfinaliste se optredes in die eindronde by www.kalaharibulletin.co.za
DIE Spontaanwen ners is van links Eben von Gericke (derde, Welkom), Christiaan van Zyl (wenner, Bethlehem) en Chris Pretorius (tweede, Bloemfon tein). Foto: Marguerite Vermeulen
LINKS: Werner Louw saam met die sanger Charlize Berg wat die program gelei het. Foto: Jens Friis
REGS: Kalahari Bulletin se finalis, Wer ner Louw.
Spontaan kry baas SOOS elke jaar was vanjaar se Spontaan-sangkompetisie uit die boonste rakke en is net die beste talent uit agt verskillende streke byeengebring. Die sangkompetisie, aangebied deur Volksblad se plaaslike
Gaan loer gerus na die Kalahari Bulletin se facebookblad
koerante, onder meer die Kalahari Bulletin, lewer elke jaar groot pryse vir die wenners en is vir die gehoor ’n heerlike geleentheid om by te woon. Die Kalahari Bulletin se finalis, Werner Louw, het teen sewe ander
finaliste om die titel as Spontaan se wenner vir 2013 meegeding. Die wenners is Christiaan van Zyl (wenner; Bethlehem), Chris Pretorius (tweede; Bloemfontein) en Eben von Gericke (derde; Welkom).
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Leef groener en spaar Marietjie Gericke MENSE hoort die son meer vir energie in te span en moet nooit meer van die aarde se hulpbronne in die omgewing gebruik as wat nodig is nie. Só sê prof. Jeffrey Ramsdell, ’n professor en direkteur van die Appalachianenergiesentrum van die Appalachianstaatsuniversiteit in Amerika, Hy sê geboue en huise moet liefs ook volgens sekere kodes gebou word om energiebesparend te wees, aangesien geboue 40% van die energie van ’n land opgebruik. “Verseker volhoubaarheid in die omgewing sodat genoeg nagelaat kan word vir die toekomstige bewoners van die aarde. Gebruik net jou regmatige deel en niks meer nie.” Ramsdell en sy vrou, prof. Carla Ramsdell, sê energie behoort doeltreffender gebruik te word. “Energie kom in Suid-Afrika meestal van steenkool, hidrokrag, kernkrag, gas
en olie. Verreweg die meeste van die Suid-Afrikaanse energie kom van steenkool wat ook uitgevoer word. Gas en olie vir energie word weer ingevoer. “Al die energiebronne beskadig die omgewing en veroorsaak dat minder van die pragtige natuur vir die nageslag behoue bly.” Hy sê dit is daarom baie beter om die son vir energie te gebruik. Dit kan die direkte son wees wat gebruik kan word om water op huise se dakke met sonpanele te verhit, maar die warmwatertoestel moet nie op die dak gesit word soos die meeste Suid-Afrikaners doen nie. Die toestel moet in die huis wees. “Organiese materiaal wat deur die son vervaardig is en wat in die grond begrawe lê, kan ook uitgehaal word om energie te vervaardig. Dit is ‘gister se son’,” het Ramsdell gesê. Sy vrou, Carla, het gesê: “Son is ’n goeie geleier. Van die sonlig wat die aarde tref, word gereflekteer en word hitte.
“Dit laat suurstof deur plante en bome vry wat in die son gedy, asook ander gasse wat die aarde warm hou. “Ons gebruik meer van die groen gasse as wat ons nodig het. Wanneer ’n lig, verwarmer of motor weer aangeskakel word, leef daardie skadelike gasse meer as 100 jaar in die atmosfeer. “Mense veroorsaak self aardverhitting. “Die vraag is nou hoe bestuur jy die omgewing om volhoubaarder vir die nageslag te word. “Die belangrikste is om die baie mense wat die aarde bewoon te leer om energie spaarsamig te gebruik. Skakel byvoorbeeld die lig af as jy die kamer verlaat.” Ramsdell het gesê geboue gebruik sowat 40% van die energie. Daarom moet, wanneer geboue opgerig word, dit met sulke materiale gedoen word dat dit direkte son sal gelei sodat dit vir almal tot voordeel kan wees. Materiale soos houtrame en ander wat goed energie (sonkrag) gelei, kan in mure gebruik word pleks van bakstene en sement sodat huise natuurlik deur die son verhit word. Die aanbring van glasveselkomberse in houtrame vir huise en geboue wanneer dit opgerig word, verseker dat baie natuurlike hitte gelei word en so word die aarde beskerm as verwarmers nie gebruik hoef te word nie. Nog ’n manier van bou is met twee lae bakstene met ’n gleuf in die middel om die effek te verkry. Dit geld ook glas wat so in geboue en in huise gebruik kan word dat dit in die winter meehelp om te verhit en in die somer weer die geboue koeler kan maak,
afhangende van die kante van die huis of gebou wat hiermee bedek word. Ramsdell het gesê mense moet ook bedags in kantore en klaskamers eerder natuurlike lig as die elektriese lig gebruik. Elektriese lig maak die geboue warm en dan moet die lugversorger harder werk om dit te verkoel. Hy het ook gesê hy werk nou met die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die regering aan ’n projek vir HOP-huise en waar ’n materiaal wat isolering bied bo die solder gebruik word. “ ’n Mens kan ook met vooraf vervaardigde betonpanele huise en geboue bou wat sal veroorsaak dat die gebou warmer binne sal wees, veral as polistireen ook in mure gebruik word. “Die uitdaging is om huise te bou wat geen energie gebruik nie.” Ramsdell is ’n materiaal-wetenskaplike met ’n MBA-graad en nywerheidsondervinding in navorsing, ontwikkeling en prosesingenieurswese. Hy is ook ’n projekbestuurder. Ramsdell gee klas in materiaal-wetenskap en gee bouwetenskapsklasse op voorgraadse en nagraadse vlak. Hy is ook ’n kenner op die gebied van die vervaardiging van nuwe energie en hoe om energie doeltreffend te gebruik, asook aanverwante sake. Hy het ook internasionale somer-kursusse in Latyns-Amerikaanse lande ontwikkel met ’n fokus op konstruksie en energieproduksie wat volhoubaar is. Die vervaardiging van alternatiewe brandstof vir Noord-Carolina was ook deel van sy en sy studente se navorsing.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
7
Vra vorige eienaar vrae oor nuwe huis VREEMD soos dit mag klink, is die beste manier om meer oor jou nuwe huis uit te vind om die vorige eienaar te vra. Maar eers nadat jy die koop-ooreenkoms onderteken het en die oordragproses begin het. Braam de Jager, nasionale bedryfsbestuurder van Aïda SuidAfrika, sê: “Daar is ’n groot verskil tussen die koop van ’n vooraf bewoonde huis en ’n splinternuwe huis wat met talle waarborge ver-
koop word. “Met ’n nuwe huis, ongeag of jy dit self laat bou het of klaar gebou van ’n ontwikkelaar gekoop het, is dit relatief maklik om te kyk of alle toebehore en afwerkings volgens die aanvanklike spesifikasies aangebring is en dat enige foute reggestel is. “In die algemeen sal jy ook ruim kans kry om uit te vind hoe nuwe toerusting en toebehore werk voor-
dat jy intrek.” Maar as jy ’n vooraf bewoonde huis koop, kry jy dit gewoonlik in die toestand waarin dit was toe jy dit besigtig het en selfs indien dit ’n noukeurige inspeksie met vlieende vaandels geslaag het, gaan dit waarskynlik ’n paar weke duur voordat jy weet waar alles is en hoe dit werk. “Jy kan egter kortpad kies deur net die agent wat die transaksie ge-
hanteer het, te vra om ’n oorhandigingsontmoeting met die vorige eienaar te reël op die dag wanneer jy intrek. “Omdat elke huis eiesoortig is, sal so ’n byeenkoms jou die kans gee om byvoorbeeld uit te vind presies hoe die alarmstelsel, die swembad- en boorgatpompe, of die tydskakelaar vir die besproeiingstelsel werk. Jy sal die vorige eienaar kan vra waar die watermeter is, of
miskien net watter sleutels pas in watter slotte, en waar om die buiteligte aan te skakel.” Hy sê die meeste verkopers sal heel inskiklik wees – veral as jy dit duidelik stel dat jy nie die ontmoeting as ’n geleentheid beskou om fout te vind of om van voor af oor die prys te kibbel nie. “Dit is waarom die ontmoeting eers gereël moet word wanneer die oordragproses aan die gang is.”
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Klub hou aand
Ridders tot DSV se redding DIE Kalahari–Demons-motorfietsklub het Kuruman behoorlik laat gons toe dié groep die publiek om skenkings ten bate van die Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman genader het. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die Kalahari-Demons die projek aanpak en nadat hulle met dié tog meer as R14 800 ingesamel het, lyk dit of dit ’n jaarlikse instelling gaan word. “Ons het die DSV se nood raakgesien en besluit ons wil die publiek daarvan bewus maak,” sê Henk Vermeulen, president van die klub.
Die groep van sowat 52 motorfietsryers van Kuruman en die omliggende gebiede, het van die Oog af vertrek en by verskillende punte gestop waar hulle die publiek genader het. Ronel de Bruyn, voorsitter van Kuruman DSV, sê dit is wonderlik om te weet daar is liggame wat hulself daarop toespits om hulle (DSV) by te staan. “Ons gaan die skenking gebruik om honde- en katkos te koop wat in hierdie stadium ons grootste behoefte is. Ons is ontsettend dankbaar vir almal wat daartoe bygedra het.”
LEDE van die KlahariDemonsmotorfietsryklub en die DSV.
DIE KalahariDemons het na verskeie punte op Kuruman gery om skenkings in te vorder. Foto’s: Verskaf
DIE ATKV-Kalahari-tak op Kuruman bied elke jaar ’n Taalaand vir die gemeenskap aan. Vanjaar vind dit op 14 Augustus om 18:00 by die Laerskool Seodin, Kuruman, plaas. Die aand behels onder meer optredes, opvoerings, sang, musiek, orkes, voorlesings, kooroptredes en voordragte. Verder word op dieselfde dag van 14:00 tot 17:00 ’n skryfskool vir slegs 15 mense deur prof. Hans du Plessis aangebied. Die koste hiervan sal later bekend gemaak word. Verder nooi die ATKV alle skole om hom te kontak om hulle by te staan met die voorsiening van Afrikaans Eerste en Tweede Taal-sertifikate vir hul jaarlikse prysuitdelingsgeleenthede, veral skole van Daniëlskuil, Die Kuil, Hotazel, Bankgara en Wrenchville. Die Kalahari-tak is in Augustus 1999 net ná die Kathutak gestig en word deur ’n klein, aktiewe groepie mense bedryf wat probeer om godsdiens, taal en kultuur onder alle bevolkingsgroepe aan te moedig omdat die ATKV se vooruitgang is om “sonder grense te opereer”. Die tak vergader elke maand vir geselsies, vleisbraaiery, musiek en sop-enstorie-vertel, asook om reëlings vir die jaarlikse projekte te tref en om by bestaande projekte in die gemeenskap betrokke te raak. Belangstellendes in die skryfskool – daar is net 15 plekke– of mense wat hulle by die tak wil aansluit, kan Susan Joubert, voorsitter van die Kalahari-tak, by 082–832–7226 ná 16:00 bedags of Francisca Einkamerer, ondervoorsitter, by 082–573–2670 bel.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Blomme steek vroeër kop uit André Botha NAMAKWALAND se eerste blomme vir die seisoen het reeds begin kop uitsteek nadat vroeë reën in die gebied geval het. Die verwagting is die blomme sal teen dié week reeds in groot plate in die streek staan. Bernard van Lente, bestuurder van die Namakwa- Nasionale Park, sê goeie, vroeë reën het in Maart en April geval. ’n Droë Mei is daarna beleef. Dit is nie duidelik hoe die blomme daardeur beïnvloed sal word nie. Dit lyk egter asof die blomme vroeër as gewoonlik is. Daar is reeds verrassend baie blomme in die Skilpad-deel van die park. Dit is veral oranje madeliefies, sporries, surings en pietsnot wat reeds gesig wys. Die pad van Garies na Groenrivier het heelwat teebossies. “Ons hoop nou vir goeie opvolgreën,” het hy gesê. Marcwill Williams van ’n gastehuis op Springbok sê daar is al blomme op en om die dorp. Hy sal mense egter aanraai om oor ’n anderhalwe week in Namakwaland se rigting te kom kuier om te kom blomme kyk. “Dit behoort dan redelik toegepak te wees.” Sophia Niewoudt van ’n gastehuis op Garies sê die afgelope week kon dag vir dag gesien word hoe die blomme meer word. Lekker sonskyndae word nou in die streek beleef. As dit egter nie reën nie, kan dit ’n kort seisoen wees.
DIE eerste blomme in Namakwaland het reeds hul opwagting gemaak nadat vroeë reën in die streek geval het. Dié foto is in die Skilpadgebied in die Namakwa Nasionale Park geneem. Foto: Bernard van Lente
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Nóg ’n rekord wink Elsabé Brits
’n MENS moet nederig wees wanneer jy fisikawette uitdaag. Só het sir Richard Noble, hoof van die Bloodhound-projek, gesê. “Ons is die mees ervare landspoedrekordspan nog en hou dié rekord al die afgelope 30 jaar, maar dit maak ons nie selfvoldaan nie. Eintlik die teenoorgestelde – ons weet beter as enigiemand anders hoe ongelooflik moeilik dit is,” het hy gesê. Andy Green, Britse lugmag-vleuelbevelvoerder en sedert 1997 die houer van die landspoed-wêreldre-
kord van 1 228 km/h, beoog om in die Bloodhound SSC op Hakskeenpan in die Noord-Kaap nog ’n wêreldrekord daar te stel. Hy wil 16 km in 100 sekondes aflê en hoop om minstens 1 600 km/h te haal en sodoende ’n rekord daar te stel. Volgende jaar wil hulle eers weer deur die klankgrens bars (1 300 km/h). In 2015 sal hulle die groot een aanpak – 1 600 km/h of 1,6 km in net 3,6 sekondes. Noble het pas aangekondig hulle gaan die motor teen middel 2015 gereed hê. Daarna sal hulle in die derde kwartaal van 2015 die rekord kom verbeter. Die enigste ander voertuie wat al meer as 1 600 km/h gehaal het, was vegvliegtuie, en hulle neem sowat tien jaar met behulp van miljarde dollars en duisende mense om te ontwerp. Bloodhound se kernspan bestaan uit 34 mense met ’n begroting van 6 700 keer minder as dié van ’n vegvliegtuig, het Noble gesê.
Die motor met sy 3 000 afsonderlike onderdele is reeds in aanbou in die span se nuwe tegniese sentrum in Avonmouth, Bristol. ) Die motor sal binne ’n sekonde oor vier en ’n halwe rugbyvelde jaag. ) Dit sal vinniger as ’n Magnum .357-rewolwerkoeël beweeg. ) Dit sal sy eie lengte (13 m) in minder as ’n drie honderdstes van ’n sekonde dek. ) Die metaalwiele draai teen 10 000 opm. ) Die ontwerpspoed is 1 689 km/h (Mach 1,4). )Intussen is aangekondig die motorfiets-landspoedrekord gaan in September 2014 op die Bonneville-soutpan in Utah met die 52 Express Streamliner aangedurf word. James Toseland wil die rekord van 601 km/h tot 640 km/h verbeter, het JC Classics, wat by die poging betrokke is, gesê.
DIT is pas aangekondig die landspoedrekordpoging wat op Hakskeenpan gaan plaasvind, gaan eers teen middel 2015 aangepak word. Foto: Verskaf
Lesers help met begrafnis Anena Burger WAS dit nie vir die groot harte van Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, se lesers nie, was klein Pieter Vaalbooi (12) seker nog nie begrawe nie. Pieter se tragiese verhaal het menige leser se hart aangeraak nadat hy op 19 Junie sy lewe geneem het weens ’n gebroke hart ná die dood van sy ma en sy bababoetie. Sy ma, Hannah Vaalbooi, was baie siek en is weens geboortekomplikasies oorlede. Haar babaseun, wat op sewe maande prematuur gebore is, is ’n paar dae later dood. Pieter kon nie die verlies hanteer nie en het homself buite sy oupa, Andries Bok, se huis aan ’n wasgoedpaal opgehang terwyl sy grootouers geslaap het. Die begrafnisse van sy ma en boetie het die familie finansieel uitgeput en sy oupa, Petrus Vaalbooi, leier van die Khomani-San, was met sy hande in die hare. Vaalbooi het R2 000 nodig gehad om Pieter op hul plaas, Scotty’s Fort No. 2, by sy ma te kon begrawe. Vaalbooi het gister sy opregte dank aan Volksblad se lesers uitgespreek wat met meer as R1 000 gehelp het. “Ek is opreg dankbaar. Julle het my hoop en vertroue in Suid-Afrikaners herstel,” het hy gesê. “Dit is ’n riem onder my hart om te weet dat mense nog so baie vir die Khomani-San omgee. Ek het dit nie verwag nie,” het Vaalbooi met ’n bewende stem gesê. Hy het ook sy dank teenoor Magrieta Eymann, burgemeester van Mier, en Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, uitgespreek. “Hul ondersteuning en hulp het dit moontlik gemaak dat ons Pieter toe op 30 Junie kon begrawe.” Vaalbooi sê hulle kon ongelukkig nie die springbokke vir die begrafnis kry nie. Hy sê: “Die Jirre se genade is groot. Almal het ’n handjie bygesit en oupa Andries Bok kon toe twee slaggoed gee sodat almal darem ietsie kon eet. “Pieter rus nou by sy mamma. Hier by ons.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
KOM kyk in die kindertent op die Kalaharikuierfees hoe die drie varkies vir Dolf Wolf ore aansit.
SPEKTRUMKINDERTEATER gaan vanjaar twee opvoedkundige produksies in die Pick n Paykindertent opvoer. Hansie en Grietjie ver tel die eeue oue verhaal met ’n lekker moderne kinkel. Foto: verskaf
MIKA en Lara gaan vanjaar weer die kinders laat skaterlag in die Pick ’n Paykindertent op die Eilandfeesterrein. Foto: Verskaf
Hope pret vir kinders
DIE Kalahari-kuierfees gaan vanjaar weer hope pret en vermaak aan al die kinders, kleuters en kleingoed van Upington in die Pick n Pay-kindertent bied. Spektrum-kinderteater gaan vanjaar twee geliefde sprokies in die kindertent opvoer, terwyl Mika en haar pop, Lara, weer vanjaar die kleingoed gaan laat skaterlag met al Lara se buiksang en buikpraatjies. Toegang tot die kindertent is vanjaar weer gratis. Slegs die ingangsgeld na die Eiland-feesterrein moet betaal word. Spektrum-kinderteater is bekend vir sy vermaaklike produksies wat van hoogstaande gehalte is en al sy opvoerings het ’n opvoedkundige grondslag. Die twee immergroen sprokies wat vanjaar opgevoer word, is: Dolf Wolf en die drie varkies Net soos in die ou verhaal is die drie varkies van plan om elkeen hul eie huisie te bou. Nie net kry die arme drie varkies verskriklike slegte raad nie, maar Dolf die nare wolf is ook gou op hul spoor om hul huisies om te blaas. Die gehoor gaan moet help om die drie varkies teen Dolf se longkapasiteit te beskerm en so te keer dat Dolf van die drie varkies ’n sappige middagmaal maak. Hansie en Grietjie In die groot, wrede bos word arme Hansie en Grietjie deur hul nare stiefma gelos sodat hulle nooit ooit weer by die huis kan uitkom nie. Wat gaan die arme weeskinders doen? Gelukkig ontdek hulle ’n huisie van Smarties, Tinkies en versiersuiker, maar daarin skuil ook gevaar vir die boetie en sussie. Dié kilojoule-belaaide huisie behoort aan ’n heks, maar gelukkig kom help faktotum Visagie die twee om uit die heks se kloue te ontsnap en sommer om allerhande nodige werkies in dié towerwêreld te doen. Mika en Lara Lara is ’n pop waarmee Mika buiksang doen, maar Lara sing sommer enigiets net wanneer sy so voel en verras gereeld die gehoor met haar ongewone sangtegnieke.
11
Foto’s: Verskaf
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Snoeityd langs die rivier DIE son het Saterdagoggend stadig oor dié blok hanepoot opgekom. Oral is boere langs die Oranjerivier besig om wingerde te snoei ter voorbereiding van die nuwe seisoen. Dié blok hanepoot gaan binne kort sy welig boskasie verloor. Foto: Lizette Slabber
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
Jaartal wys siel van wyn DAAR kom ’n tyd in enige wynliefhebber se lewe wanneer met meer as verbygaande belangstelling na die jaartal op die wynbottel gekyk word. Wanneer ’n mens besef daardie oesjaar speel nie net in die woordeskat van wynwysneuse en pretensiesnobs ’n rol nie, maar is as’t ware die sleutel tot die siel van daardie wyn. Die oesjaar is een van die vernaamste faktore wat wyn – met verskoning aan Ernest Hemingway – die mees beskaafde ding op aarde maak. Ja, daardie jaartal verklap die wyn se ouderdom. Met trots. Met ’n gewaagde gepronk. Handig vir die verbruiker wie se palet ’n ou cabernet sauvignon of jong sauvignon blanc verkies. Dié jaartal is egter van veel, veel groter belang. Want wyn is ’n uitdrukking van natuur. En spesifiek die uitdrukking van die natuur se jaarlikse veranderlikes. Soos met enige lewende wese die geval is, is elke jaar in die lewe van ’n wingerdstok gewis nie dieselfde nie. Die herfs kan vroeg en koud of laat en onseisoenaal warm wees. Wanneer die winter kom en die stok ná die uitbundige somergroeifase moet rus, slaap, afsluit, mag dit dalk ’n bietjie koud of ’n bietjie warm, ’n bietjie nat of ’n bietjie droog wees. Die wakkerword-lente maak sy verskyning. Vroeg of laat. Nat of droog. En as die wingerd blom en die korrels set, kan ’n geniepsige wind of onverwagte bui alles beduiwel. Of, natuurlik, kan alles net reg verloop. Jou winter is koud. Jou lente helder. Die wind waai reg in die blomtyd. En die erge hitte verwyl in die somer sy tyd op ’n ander plek en in die koeler weer word die klein korrels blootgestel aan ’n lang en uitgerekte en rustige rypwordingproses waarin die spesifieke wyndruif elke molekule geur uit die ideale weersomstandighede trek. Dan praat jy van ’n groot oesjaar. Of soos Jan Boland Coetzee sal sê: “ ’n Jaar
waarin nie eers die vrotste wynmaker nie ’n goeie wyn kan opfoeter nie.” Dus, daardie oesjaar vul miskien ’n klein deel van die ruimte op die wynetiket. Maar dit spreek boekdele, aangesien dit die storie van een spesifieke jaar in die lewe van ’n wingerdstok vertel. En as dit ’n goeie, gelukkige jaar was, gaan dit in die wyn geproe word. Of andersom. Trouens, as die jaar swak is, sal kelders met ’n eer om te beskerm nie die jaar se wyn onder sy etiket bekend stel nie. Ou wyne, veral, illustreer duidelik en onomwonde die verskil wat in verskeie oesjare opgesluit lê. Proe byvoorbeeld ’n cabernet sauvignon uit die 1974-oesjaar teenoor ’n wyn tien jaar jonger. Die kans is die 1974, afkomstig uit ’n jaar alombekend as een van die beste oesjare in die SuidAfrikaanse geskiedenis, is ’n beter, varser en meer afgeronde wyn as sy jonger maat. Om geen ander rede nie as dat alles wat in die natuur in 1974 gebeur het net beter vir die wynstok was as die meeste ander jare. (Die wynmanne meen 2009 is omtrent net só ’n groot jaar.) Wyn hou ook nie van veralgemenings nie. Diegene wat reken ’n pinotage van Orange River Cellars is op sy beste as hy agt tot tien jaar oud is, sal deur die natuur en die oesjaar tot ander insigte gebring word. Want sê nou maar die somer is bogemiddeld warm en die druiwe word vinniger ryper? Dan kan ’n drie, vier jaar oue wyn makliker voller en meer beleë op die tong val as een van nege jaar oud wat in ’n koue, nat seisoen gemaak is. Die oesjaar is die onlosmaaklike deel van die genieting van goeie wyn. ’n Bietjie studie oor die afgelope dekade se oesjare en wat die wynmakers daaroor sê, sal ’n nuwe wêreld in die waardering van wyn open. Elke jaar mag nou nie ’n goeie een wees nie. Maar daardie een fantastiese jaar vergoed vir die res. Tyd is immers die mens genadig.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
13
Jonge blink in mini-reeks uit LIHANN NIEUWOUDT, ’n gr. 7-leerling aan die Primêre Skool Op die Voorpos, het op 11 en 12 Julie in die winterskoolvakansie aan Tennis Suid-Afrika se mini-reeks deelgeneem.
Die mini-reeks het op Graaff-Reinet plaasgevind en Lihann het vierde in die o.14-afdeling geëindig. In die o.14-afdeling het 16 tennisspelers dit uitgespook waarvan vele reeds in hoërskole is.
DIE Serfonteintennisakademie het op 11 en 12 Julie ’n tennisoefenkamp vir tennisspelers van die ZF Mgcawu distrik aangebied. Foto: Verskaf
Duinevelder knap op toernooi DUNCAN MCGREGOR van die Hoërskool Duineveld het in die skoolvakansie aan die Kloppers-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Duncan het in die o.16seunsafdeling deelgeneem en het algeheel vierde in die enkelspelstryd geëindig en in die dubbelspelstryd was hy algeheel tweede.
DUNCAN MCGREGOR LIHANN NIEUWOUDT
Foto: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.
ALLE NAALDWERKvoorraad en -masjiene (industrieel) te koop. Materiaal, gare, rek, kant, lint en baie meer. Ohb. Skakel Yvonne 081 505 4040. F.J. VOERE: Gesifte braaikuikenmis beskikbaar in 40-kg-sakke of los. 24 - 26% proteïnwaarde. Gratis aflewering in Vryburg, Kuruman en Hotazel- omgewing ingesl. Skakel Johan 071 2911 281 of Frans 073 316 9296. MIS TE KOOP: Kuruman Skouterrein. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievrag. Skakel Albie 083 440 1355.
TE HUUR Woonstelle 2-slaapkamer, R5 700 – R6 600. Meenthuise 3 slaapkamers, 2 badkamers, enkelmotorhuis, R8 800 – R9 900.
YORKIE-REUNTJIES te koop. Reg om te gaan. Skakel 082 819 0767.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
Huise 3 slaapkamers, 2 badkamers, R12 000 – R16 500.
4 slaapkamers, 2 badkamers, swembad, baie luuks, R18 000. TE KOOP Mothibistad-huis te koop, R430 000. Skakel Elretha 083 561 6705. 053 712 3123.
VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.
2006 ISUZU KB 250D: R69 500. 1996 Isuzu KB 250D: R36 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
HONDA, 1995: R22 500. 1997 Golf 3: R19 500. 1999 Uno: R18 500. 072 472 8686. OPEL 1600, 1990: R17 000. 1990 Mazda 1600: R16 500. 1989 Sierra: R12 000. Phone 072 472 8686. TOYOTA CRESSIDA, 1989, 2.4 GLE automaties - nog in uitstekende toestand R25 000 ohb. Skakel 073 234 0983.
Adwear Bee/J. Skead h/a Precision Engineering PERK
AIDA EIENDOMME BESIGHEIDSGEBOU Perseel en gebou in industriële gebied. R1,950 m. Ons help graag as u huise/woonstelle te koop of te huur het. Skakel ons gerus. Annatjie 076 395 9422.
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
In die Landdroshof vir die Distrik Kuruman gehou op Kuruman. Saak No: 311/2013 In die saak tussen: ADWEAR BEE (PTY) LTD Eksekusieskuldeiser en J. SKEAD H/A PRECISION ENGINEERIHNG Identiteitsnommer onbekend Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 7 Mei 2013, in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop by Precision Engineering, Voortrekkerstraat 2, Industriële gebied, Kuruman, op 7 Augustus 2013 om 09:30 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 1 x 3,5-m-draaibank Gedateer op Kuruman op 2 Julie 2013 GJS VAN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat Prokmed Sentrum, Kuruman 8460. Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: ADW1/0001/MJJ. Mnr Bindeman/Piet Pretorius
4 slaapkamers, 2 badkamers, R14 000 . 4 slaapkamers, 2 badkamers, swembad, 3 motorhuise, R16 500.
J.S. PLUMBING: Vir al jou nuwe installasies en herstelwerk. Geisers, gebarste pype, riole. Skakel Johanco Slabbert 073 082 7840.
TWO-BEDROOM townhouse with own garden for a pet. Set in a beautiful surroundings. R8 500 p.m. Phone 072 492 4144.
GEBOU TE HUUR OF TE KOOP: Industriële area. Skakel Johan 082 572 9995.
KURUMAN
Te Koop:Etosha Houtskool stukke (Nie Charcole Briquettes)Te koop @ R120.00/sak verpak in± 20kg sakke.Beperke voorraad beskikbaar.Kontaknr 083 633 3817
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
14
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
In die Landdroshof vir die distrik Kuruman gehou op Kuruman Saak No: 73/2013 In die saak tussen: MNR BINDEMAN Eksekusieskuldeiser en PIET PRETORIUS Identiteitsnommer onbekend Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 20ste dag van Maart 2013, in die KURUMAN Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop by Seodinweg 104, Kuruman, op 7 Augustus 2013 om 15:00 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 1 Park Home- tipe karavaan Gedateer op Kuruman op 2 Julie 2013. GJS VAN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-Pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: BIN5/0001/MJJ.
Properties to let available
• 5-bedr family home, double garage, near schools. • Large 4-bedr house, double garage. • 2-and 3-bedr townhouses available. • 3-bedroom home with flat for your income. Luxury homes for sale.
Call Susan 082 423 6311
Standard Bank/Lukas M. Brits/S.A. Brits
KENNISGEWING VAN EKSEKUSIE- VERKOPING
Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley, Republiek van SuidAfrika. Saaknommer: 463/2010 In die saak tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BE-
Eiser en LUKAS MARTHINUS BRITS ID 620526 5007 087 Eerste Verweerder en SUSANNA CATHARINA BRITS ID 550323 0034 082 Tweede Verweerder INGEVOLGE 'n Vonnis van die Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley, in bogemelde saak, sal 'n eksekusieverkoping met/sonder 'n reserweprys plaasvind by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Skoolstraat 46, Kuruman, Noord-Kaap Provinsie op Donderdag 8 Augustus 2013 om 10:00 van die vaste eiendom van die Verweerders soos hier onder uiteengesit op die voorwaardes wat uitgelees sal word deur die Afslaer tydens die verkoping, welke voorwaardes ter insae sal wees by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Skoolstraat 46, KURUMAN, Noord-Kaap Provinsie, voor die veiling: ERF 13, Kuruman. GELEË: In die Munisipaliteit Ga-Segonyana, Afdeling Kuruman, Provinsie NoordKaap. GROOT: 5,9093 (vyf komma nege nul nege drie) hektaar GEHOU: Kragtens Akte van Transport T175/2006 onderhewig aan die voorwaardes daarin vervat. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks, bestaande uit: Sitkamer, eetkamer, kombuis, 4 slaapkamers, 1 studeerkamer, 4 badkamers, huishulpkamer, 4 motorhuise en geleë by Thompsonstraat 13, Kuruman. TERME: TIEN (10%) persent van die koopprys en die Afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30 000,00 of deel daarvan, 3,5% op die balans onderworpe aan 'n maksimum van R9 655,00 plus BTW met 'n minimum van R485,00 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport, wat verseker moet word deur 'n bank, bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg
wat binne 14 (VEERTIEN) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word.
Neem verder kennis dat:
1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof; 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju vir die Hoogeregshof, Skoolstraat 46, Kuruman, Noord-Kaap Provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a. 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 (URLhttp://www.info.gov.za /view/DownloadFileAction? id=99961) 3.2 FICA-wetgewing m.b.t. identiteits- en adresbesonderhede 3.3 betaling van registrasiegeld 3.4 registrasievoorwaardes 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, KURUMAN, met afslaer J.J. Moorcroft. 5. Advertensiegeld teen heersende publikasietariewe en verkopingskoste volgens Hofreëls, geld. D.A HONEBALL (NS642M) Prokureur vir Eiser p/a Matsepes Ingelyf Aliwalstraat 26/28 Bloemfontein Tel. 051 448 3145/6/7
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Auto Electricians Mamatwan Mine
Ref. 760422 This role will see you safely inspect, maintain and repair Trackless Mobile Machines (TMM) and light motor vehicles. Safety and good housekeeping are important. You will need an N2, an Auto Electrician Trade Test Certificate and at least 2 years’ experience. Knowledge of and experience in the following are also needed: Toyota Hilux; Nissan Navara; Nissan Hardbody; Ford; Atlas Copco lighting plants; Atlas Copco Compressors; New Holland Tractors; JCB Back Actors; Skisteers; Manitou Forklift and Telescopic Handlers; Toyota Forklifts; Liebehr Mobile Cranes; and CAT Machines. Knowledge of SAP will be advantageous. You’ll also require a Code 08 driver’s licence and must be medically fit. Please forward your CV (max 3 pages) to Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com Applications close 26 July 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 100765
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Building a world-class diamond group Koffiefontein Mine Joint Venture
Koffiefontein Mine JV is located 100km from Kimberley and 136km from Bloemfontein, Free State.
Senior Surveyor The incumbent will be required to provide efficient and effective underground and surface survey, monitoring, control and information. Tasks and responsibilities: • Provide designs and layouts for surface and underground • Conduct dump and pit surveys • Install pegs on surface and underground • Update all statutory plans • Ensure personal and co-workers’ adherence to and compliance with security and the company’s SHE objectives • Work according to the Mine’s Code of Practice, and report any observations of this not being done. Minimum requirements: • Grade 12 • Advanced Mine Surveying Certificate of Competency • 5 years’ experience after obtaining the Advanced Survey Certificate of Competency • Valid Code 08 driver’s licence • Good computer skills – knowledge of the following will be an advantage: MicroStation, SURPAC, Lynx Survey Office and Excel. Other skills/competencies: • Good communication skills (written and verbal) in English and Afrikaans • Be independent, a proactive thinker and have the ability to do own job planning. (Ref. KOFF021) Koffiefontein Mine JV is an equal opportunity employer and reserves the right to appoint. Preference will be given to EE applicants. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearances form part of the minimum requirement and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to passing on-mine induction and the aforementioned criteria. Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442 on or before 26 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 100756
BETREKKINGS
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Finsch Diamond Mine is located in the town of Lime Acres, which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Metallurgist The incumbent will be responsible for the quality assurance of the diamond winning process and provide service and support to the treatment section to ensure efficiency in the treatment process. Tasks and responsibilities: • Investigate deviations and problems in the treatment process to improve recovery • Analyse data and statistics from the processes and identify incongruences or potential problem areas • Keep abreast of metallurgical developments and make recommendations to resolve problems • Initiate and coordinate steps to resolve treatment process problems • Take cognisance of, adhere to and promote Company policies and procedures relating to Health, Safety, Security and Environmental issues • Decide and conduct metallurgical test work on plant equipment to ensure optimum efficiency. These decisions are based on own initiative and the discernment of available literature • Test new products/equipment and determine, where applicable, the economic and process advantages over existing products/equipment • Assist with the commissioning of new plant and advise/assist operating personnel on best operating method • Write up results of test work in the form of a formal report • Report regularly to the plant superintendent regarding the status of each project and to discuss new projects/products/company research • Liaise with engineering and maintenance staff as required • Participate in the development, implementation and management of safety targets. Minimum requirements: • Higher National Diploma, BTech in Metallurgy or Chemical Engineering • Grade 12 • Minimum of 1 year’s experience as a Metallurgist • Driver’s licence (Code 08/EB) • Good verbal and written communication skills in English • Proficiency in MS Office. Other skills/competencies: • Ability to work under pressure and meet strict deadlines • Self-motivated, results-driven professional as well as a team player • Compliance with policies, procedures and work standards. (Ref. FIN082) Applications: E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442
Stores Controller The successful candidate will be responsible for coordinating the receiving/dispatch functions in the designated sections of Supply Chain. Tasks and responsibilities: • Monitor the loading and off-loading of vehicles, taking cognisance of vehicle load capacities and safe practices • Schedule the delivery of goods to the sub-stores and/or user departments • Investigate and resolve any damages to goods or discrepancies on delivery notes • Investigate and resolve queries • Monitor hazardous material handling and report deviations or discrepancies to the Senior Stores Controller • Check input documentation, verifying and signing off daily transaction update reports • Comply with all Company policies, procedures and working standards which includes Security, Safety, Health and Environmental. Minimum requirements: • Grade 12 • Certificate or Diploma in Purchasing/Materials Management • 3 years’ experience in a Stores/Supply Chain environment of which 1 year should have been at a Supervisory level • Computer literacy – MS Office Suite • Valid Code 08 driver’s licence • Good verbal and written communication in English. Other skills/competencies: • Decision making • Planning/organising/coordinating/ controlling • Problem solving • Knowledge of Supply Chain process • Business/client focus • Team management. (Ref. FIN081) Applications: E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442 Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearances form part of the minimum requirement and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidates is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to the e-mail address and fax number indicated at each post on or before 26 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 100754
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Slaan ’n kishou met nuwe balle DIE Annalise Nieuwoudt-tennisakademie (Anta) het van 3 tot 5 Julie ’n oefenkamp aangebied. Die doel van die oefenkamp was om die nuwe Play and Stay- sillabus aan spelers bekend te stel. In dié sillabus moet tennisspelers met drie verskillende soorte balle speel om taktiese houe mee in te oefen.
DIE groep tennisspelers wat aan die Antaoefenkamp deelgeneem het, is van links, voor: Gerhard van der Merwe, Jorja Kotze, Gert Kotze, Owen Loxton en Wynand Theron; tweede ry: Danielle Hanekom, Ru an Kuhn, Kelitha Scholtz, Jesse Wessels, Annika Husselman en Jo lize Swanepoel; derde ry: CP van der Merwe, Philip Venter, Elmé Slabber en Juan Swanepoel; vierde ry: Stephne Zealand, Jodine Strauss en Lihann Nieuwoudt; ag ter: Reza Kuhn, Anneme Hanekom, Chané Luttig, Carli Thomas en Zoë Strauss. Foto’s: Verskaf
RUAN KUHN het die oranje balle soos ’n meester beheer.
DIE drie afrigters wat op die Anta oefenkamp die tennisspelers tou wys gemaak het, is van links Jean Marie Bergh, Loupie Nieuwoudt en Annalise Nieuwoudt.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
ANNALISE NIEUWOUDT saam met die tennisspan van die Hoërskool Upington wat verlede jaar die Volvo Sentrale SuidAfrikaanse Tennistoernooi aangebied en die Hoërskool Diamant veld gewen het. Al dié spelers het van kleins af by haar tennis leer speel en die spel leer liefkry. Foto: Verskaf
Tennisafrigter geliefd in NK Lizette Slabber
ANNALISE NIEUWOUDT, bekende tennisafrigter van die Primêre Skool Op die Voorpos, het kleintyd net strandtennis gespeel en eerder geswem voordat sy ’n raket sou optel. Tog is dié geliefde tennisafrigter deesdae die bestuurder van die Noord-Kaapse junior tennisspan, afrigter aan Op die Voorpos en eienaar van die Annalise Nieuwoudt-tennisakademie (Anta). Sy glo ’n mens het volharding nodig om in sport en in die lewe te kan presteer want “dit kweek goeie beginsels”. Die Kalahari Bulletin het by haar gaan uitvind hoe sy die pad van strandtennis speel tot by gesoute tennisafrigter geloop het. Waar het jou belangstelling in en liefde vir tennis begin? Ek het eers begin tennis speel toe ek in 1988 op Upington gekom het en my man leer ken het. Hy was ’n baie goeie tennisspeler wat op kollege vir Boland gespeel het. Toe het die gogga my gebyt en het ek besef ek wil ook Saterdae deel van dié pret wees. Aan watter sportsoorte het jy op skool deelgeneem? Op skool het ek geswem en koor gesing. Ek het in die Tygerbergse Kinderkoor en die Universiteit van Stellenbosch se koor gesing. Speel jy self nog tennis? Ek speel self Saterdae tennis en wil volgende jaar vir die Noord-Kaap-veterane speel. Dit is net moeilik om by my eie tennis uit te kom as ek afrig ook en die bestuur van die Noord-Kaapse junior tennisspan hou my ook besig. Maar ek beplan om my volgende jaar van sommige pligte los te maak en meer op my eie tennis te konsentreer. Wanneer het jy begin tennis afrig? Ek het tennis begin afrig toe ek onder Gerrie Berner ’n kursus op Stellenbosch gedoen het. Daarna het ek in 2000 begin afrig. Daarna het ek weer ’n kursus in 2005, 2006 en 2008 gedoen. Wat sal jy as ’n hoogtepunt in jou loopbaan as tennisafrigter uitsonder?
’n Hoogtepunt is beslis die aantal spelers wat meer word danksy groter belangstelling en die kinders van die streek wat in NoordKaap-spanne ingesluit word. Natuurlik ook Anta se groei. Vanjaar het Carla Scholtz wat aan die Voorbereidingskool Fanie Malan skoolhou haar by ons aangesluit. En dan om die kleintjies wat ek afgerig het steeds tennis te sien speel wanneer hulle in die hoërskool is en te sien dat hulle groot hoogtes bereik. Dit is baie bevredigend. Hoe het tennis as skoolsport oor die jare verander? Tennis is basies nog dieselfde maar ons geriewe gaan vinnig agteruit en dit is baie sleg, omdat dit nou onmoontlik is vir Upington om toernooie aan te bied. Dit rem ook die groei van die dorp, omdat toernooi baie mense lok. Wat is vir jou ’n belangrike eienskap waaroor tennissplers moet beskik om suksesvol te kan wees? Ek beskou tennis of sport nie as ’n geïsoleerde ding nie. Dit is ’n manier om lewenservaring op te doen en om sekere vaardighede te ontwikkel wat in die lewe tel. Deursettingsvermoë is van kernbelang in sport en in die lewe. Iemand wat onderskei word, is iemand wat die vrugte van die Gees te alle tye in sy tennis toepas. Ek beskou my tennis as ’n roeping van Bo wat deur Sy genade aan die gang gesit is en gehou word. Hy is my Leidsman in alles wat ek aanpak. Die sukses wat ek behaal, is genade van Bo. Word tennis afgeskeep wat betref borgskappe en ondersteuning, veral in vergelyking met sportsoorte soos rugby en netbal? As ’n mens kyk na hoe geriewe agteruitgaan en hoe mens sukkel om borgskappe te kry is tennis beslis ’n agterspeen-sportsoort en omdat dit nie ’n spansportsoort is nie sukkel ons nog meer om borgskappe te kry. Is daar nog iets wat jy as afrigter graag sal wil bereik? Dit sal lekker wees as Anta so groei dat ek net die ander afrigters kan organiseer en dan meer tyd kan vind om self tennis te speel.
ANNALISE NIEUWOUDT sê haar seuns was 12 jaar gelede haar inspirasie om te begin afrig. Hier is sy saam met Lihann (links) en Loupie. Al twee seuns het vanjaar die NoordKaap verteenwoordig. Haar oudste seun, Rico, het verlede jaar vir die Maties gespeel, maar sy ingenieursgraad hou hom vanjaar te besig. Haar doel is om ’n liefde vir die spel te kweek, want tennis is ’n spel wat ’n mens kan speel totdat jy 80 jaar oud is. Foto: Verskaf
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
SAPD-week skop af DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nasionale Rugbyweek het vandeesweek met die eerste wedstryd tussen Noord-Kaap en Noordwes afgeskop. ’n Baie sterk wind het deurgaans gewaai. Noord-Kaap het in die eer-
VIER skeidsregters van die Griekwas neem ook aan die toernooi deel. Van links is, voor: Wally Crause, Sampie Koopman (as skeidsregter, afrig ter en evalueerder) en Marco Titus; agter: Francois de Bruin.
DIE twee spanne meet kragte.
ste helfte saam met die wind gespeel en baie druk op die span van Noordwes uitgeoefen. Hoewel die span teen rustyd met 15-3 voorgeloop het, het hy nie al sy geleenthede gebruik nie. Die span het in die tweede helfte, teen die wind, beter
gespeel en eindelik met 26-13 gewen. Die kaptein, Horris Burden, asook Nardus Swartz, het ’n groot impak op die wedstryd gehad. Swartz is as agterspeler van die dag aangewys.
Foto’s: Sampie Koopman