4 OKTOBER 2012
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
Fees bars uit sy nate Nuwighede lok besoekers Lizette Slabber DIE Kalahari-kuierfees het Saterdag uit sy nate gebars. Maklik 10 000 mense, maar dit kon net sowel 20 000 gewees het, het die fees bygewoon. Só sê Marlé Nel, woordvoerder van die Kalahari-kuierfees. Volgens Nel het die verminderde prys Donderdag, sowel as om R100 vir onbeperkte ritte op die pretritte te betaal, asook optredes deur bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, ook ’n groot bydrae gelewer om meer mense dié dag op die kuierfees te verwelkom. In 2011 het redelik min mense die Donderdag die fees bygewoon, maar vanjaar was veral meer jong mense en gesinne op die fees. Die komitee wat die fees vanjaar gereël het, het uit baie nuwe lede bestaan en hulle het verskeie nuwighede na die fees gebring. Nel sê die hengelkompetisie, die instelling van ’n nuwe bergfietswedren en ’n rolbalkompetisie is baie goed deur die publiek ondersteun. “Veral die bergfietswedren was gewild en ons gaan dit ’n instelling maak.” Daar is ook die eerste keer ’n kinderteaterproduksie op die fees. Volgens Nel was Lollos 4 al twee weke vooraf uitverkoop en die kinders het dit verskrikliklik baie geniet. “Ons sal beslis in die toekoms daarna kyk om meer kinderteaterproduksies aan te bied of om meer as een vertoning te skeduleer.” Volgens Nel was Holmakiesie, ’n vertoning deur Marion Holm, ook baie gewild en optredes deur kunstenaars soos Elizma Theron, Nicholis Louw, Emo Adams en Theuns Jordaan het groot byval by die gehore gevind. Die kosdemonstrasie Karoo ontmoet Kalahari van die Sarie-Kos-span, Barbara Joubert en Herman Lensing, was ook heeltemal uitverkoop en veral Herman, ’n oud-Upingtonner, het mense lekker laat lag. Sy sê die stalletjies het ’n groot verskeidenheid verkoop wat iets vir almal gebied het. Die groot wenner was egter die Onthoukuieroggend saam met Penny Kriel. Foto’s en staaltjies oor die beginjare van Upington tot nou is deur bekende Upingtonners onder leiding van Kriel aangebied. “Dit het Donderdag om 10:00 begin en die laaste van die ouer garde is eers 14:00 daar weg,” het Nel vertel.
DIE pretritte het op Donderdag slegs R100 gekos en dan kon kinders soveel ry as wat hulle wil. Dit het vanjaar meer mense Donderdag na die fees gelok. Johané Botha was een van die magdom kinders wat dié pretritte terdeë geniet het. Foto: Lizette Slabber
TEL. 0543313482
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Oos, wes, dié wyn bes DIE Oranjerivier-wynkelder (OWK) het ses goue medaljes op vanjaar se China Wine Awards, die enigste kompetisie wat wyne beoordeel wat spesifiek vir die Chinese mark bestem is, losgeslaan. Die OWK het goue medaljes ontvang vir sy Cabernet Sauvignon, droë rooi, Pinotage, Ruby Cabernet en Shiraz – almal van die 2011-oesjaar – asook vir Lyra, ’n versnit in die Bordeauxstyl. Meer as 2 000 wyne van 35 lande is vanjaar vir die China Wine Awards ingeskryf. Die ses goue medaljes van die OWK is van die 37 goue medaljes wat SuidAfrika hier verower het. “Met die toenemende belangrikheid van die Chinese wynmark is dit een van die heel belangrikste kompetisies vir enigeen wat wyn in China wil verkoop,” sê Koos Visser, bemarkingsbestuurder van die OWK. “Wanneer ’n mens China en Hongkong bymekaarvoeg, is in 2011 altesaam 1,8 miljard bottels wyn gedrink, ’n toename van
33% op die vorige jaar. Die toename toon geen tekens van vermindering nie. Dus is die ontvang van ses goue medaljes, beoordeel spesifiek met die eiesoortige Chinese verbruiker in gedagte, ’n reuse-prestasie vir die OWK en behoort dit verder te help om die streek as een van Suid-Afrika se opwindendste wyngebiede te vestig.” Visser, wat China al besoek het om ervaring van die mark op te doen, sê die Chinese toon ’n voorkeur vir vruggedrewe wyne. “Die kos is divers en voorberei met verskillende grade van speserysterkte,” sê hy. “ ’n Wyn moet dus by ’n wye verskeidenheid kossoorte aanpas, aangesien die mense nie een of twee geregte eet nie, maar aan ’n spektrum van geure voorkeur gee. “Sagte, vrugtige wyne kry voorkeur. En met die OWK wat spesialiseer in wyne wat maklik drink en vol vrugtegeure is, kan die OWK wyne voorsien wat aan die verbruikers se smaak voldoen.”
5/22
6/28
12/32
SW20
SW20
NW20
Feëdroom word waar Anena Burger ’n ASPOESTERTJIEVERHAAL het hom verlede week hier afgespeel toe ’n groep goeie feë van die polisiekantoor op Upington hul hande diep in hul sakke gesteek het om ’n matriekleerling, Corine Matthys (19), se matriekafskeidsprokie te verwesenlik. Corine, ’n leerling aan die Hoërskool S.C. Kearns op Upington, was in die sewende hemel toe sy die eerste keer haar rok gesien het. “Ek het my reggemaak dat ek nie na die matriekafskeidgeselligheid sal kan gaan nie. Ons het nie die geld nie,” het sy gesê en haar handsakkie voor haar gesig gehou. Corine woon in die Danie Kuysplakkerskamp en hulle het nie krag of water nie. Dat sy ongeag haar omstandighede bo al die struikelblokke in haar pad uitgestyg het om haar matriekjaar te voltooi is ’n wonderwerk op sy eie. Dit is dié deursettingsvermoë wat die gemeenskap en polisielede van Upington laat besluit het om die tenger meisie te help. Ragel Freeman, ’n kleremaker
AO. MARCELUS RAJAP maak die deur van die blink “koets” vir Corine Matthys en haar metgesel, Ashley Fryer, oop. Foto: Anena Burger wat al die meisies van die Louisvalegemeenskap se rokke maak, het aangebied om Corine se rok gratis te maak. “Sy is die enigste leerling van Danie Kuys wat vanjaar matriek voltooi. Sy wys die ander kinders hulle kan ook bo hul omstandighede uitstyg,” het Freeman gesê. Haar hare en grimering is deur die polisievroue van Upington geborg. Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder van die Upington-polisiekantoor, is vir Corine ’n kan-
DIE eerste Speedweek is die afgelope week op Hakskeenpan in die Kalahari gehou. Dit was ’n reuse-sukses. Werner Hartzenberg van Pretoria het ook met sy geliefde 1960-Porsche 356B kom wys hoe hy op Hakskeenpan stof kan opskop. Sy vinnigste spoed tot dusver was 159 km/h. Hartzenberg sê hy het slegs ’n week voor Speedweek die motor se enjin vervang, maar is baie tevrede met die resultaat. Net om die eerste Speedweek-byeenkoms te kon bywoon was reeds vir hom ’n belewenis wat hy vir niks sou verruil nie. Foto: Anena Burger
toor ingerig in die polisie se hondeeenheidkantoor op Louisvale waar sy vir haar matriekeksamen kan studeer. Die sprokie het nie daar geëindig nie. Groot was Corine se verbasing toe haar metgesel, Ashley Fryer, in die Mercedes-Benz van brig. Paul Cengcane opgedaag het om haar te kom oplaai. Met die brigadier as chauffeur en kindertjies wat agter die blink ‘koets’ aandraf deur die stofstrate van Louisvale is Corine na haar sprokiesparty.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
3
Afrikaanse rolprent in distrik verfilm Lizette Slabber ’n AFRIKAANSE aksierolprent genaamd Verlore is die afgelope drie weke in die Siyanda-distrik verfilm. Die laaste tonele van dié rolprent deur Andrus Strauss is Woensdag van 19:00 tot 21:00 in die begraafplaas in Hillstraat verfilm. Volgens Strauss, vervaardiger en regisseur, is dit ’n tipiese chick-fliek, maar die aksietonele sal darem vermaak vir kykers van die manlike geslag ook bied.
Die rolprent sal ’n Christelike inslag hê, want volgens Strauss wil hy die man op straat wat nooit in die kerk kom nie, bereik. Verlore sal na verwagting in April 2013 op DVD uitgereik word. Die première van die rolprent sal volgens Strauss op Upington plaasvind. Verfilming het van Groblershoop tot op Upington en omgewing plaasgevind en daar is ook van die tonele in die Hoërskool Duineveld verflim.
Sowat 15 leerlinge van Duineveld is as ekstras en akteurs in die tonele gebruik. Selfs een van die Duineveld-onderwysers, Olga Malan, het ’n klein rolletjie vertolk. Dillon Vorster, een van Duineveld se leerlinge, het die hoofkarakter se vriend gespeel en moes tydens verfilming seker maak die bleeksiel bly van die gewilde meisie weg. Volgens Vorster was dit ’n wonderlike ondervinding en toneelspeel ná die ondervin-
DIE rolprentspan maak gereed om die laaste toneel van die rolprent Verlore te skiet. Andrus Strauss, vervaardiger en regisseur, staan en kyk hoe Bianca Hesheumstadt een van die hoofkarakters, Elicia Grobbelaar, grimeer. Voor sit lede van die tegniese span. Foto: Anena Burger
Veelsydige Annake blink uit Lizette Slabber ANNAKE HORN, ’n gr. 12leerling aan die Hoërskool Upington, is as een van die 25 semi-finaliste in die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Volksblad se Matrikulant van die Jaar-kompetisie aangewys. Die kriteria van die kompetisie is veelsydigheid en prestasies op akademiese, leierskap-, kultuur- en sportgebied. Annake voldoen volkome aan dié kriteria. Sy is nommer een in gr. 12 op akademiese gebied. Sy het al in vele produksies goue eerbewyse vir haar toneelspel ontvang. Sy is al twee keer gekies om in professionele produksies as aktrise op te tree; een keer op die KKNK en een keer op die Suid-Oosterfees.
ANNAKE HORN van die Hoërskool Upington is as een van die 25 semi-finaliste in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie aangewys. Foto: Lizette Slabber Sy was al vier keer in die provinsiale eindronde van die ATKV se redenaarskompetisie. Sy het baie goed gepresteer in die Taalbond-kompetisie en taal-
olimpiades. Sy was agtste in die Taalbond-kompetisie en eerste in die provinsie in die Afrikaans-olimpiade. Volgens Annake kry die akademie by haar voorkeur, maar haar groot liefde is toneelspeel. “Ek het netbal vir drama gelos,” het sy aan die Kalahari Bulletin gesê. Sy neem aan vasvrakompetisies, atletiek en skaak deel en was ook die Uppies se onderhoofmeisie en tweede in die Matrieknooikompetisie. Haar onderwysers het haar aangemoedig om haar vir die Matrikulant van die Jaar-kompetisie in te skryf. Sy beplan om volgende jaar argitektuur aan die UV te studeer, want argitektuur is ’n kursus wat vereis dat “ ’n mens akademies en kreatief moet wees”.
ding beslis iets wat hy as ’n toekomstige loopbaan sal oorweeg. Hoewel sommige van die meisies wat as ekstras in die rolprent opgetree het, die verfilming tydsaam en vervelig gevind het, kon Vorster
nie glo verfilming kan so vinnig plaasvind nie. Die rolprentspan was van 07:30 tot 11:00 by Duineveld. Die ekstras was almal deel van die skool se dramagroep en van hul vriende. Vorster is dié oggend uit die groep ge-
kies om die hoofkarakter se vriend te vertolk. Strauss was in die HTS Kimberley, waarna hy by Brümilda van Rensburg en Jacques Gombalt opleiding ontvang het.Verlore is sy eerste vollengte-rolprent.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Vader Tyd wag op niemand DIE jaar snel verby. Die Kalahari-kuierfees is pas verby en die omgewing se feeste ook. Al die hoërskole op Upington het hul ope dae gehou om voornemende leerlinge te lok. Albei hoërskole se matriekafskeidgesellighede is ook al verby. Al die beplanning vir die perfekte rok, motor, grimering en haarstyl is gedoen en afgehandel. Die laerskole se ope dae word nou geadverteer en gr. O-ouers en voorskoolse maatjies moet nou besluit in watter skool hulle gaan leer lees en skryf. Die rugby-, netbal- en hokkiewedstryde, -proewe en provinsiale wedstryde is gespeel en afgehandel en krieket en tennis versier nou die koerante se agterblaaie. Elke dag word uitnodigings afgelewer om jaareindgesellighede by te woon en pryse vir goeie werk deur die jaar gelewer gaan binnekort uitgedeel word. Skole maak gereed vir leerlingraadverkiesings en
prysuitdelingsgesellighede. Winkels begin gereed maak om Kersversierings uit te haal. Dit is Oktober, nog net drie maande van 2012 is oor en dan begin die 13de jaar van die 21ste eeu. Tyd vlieg al vinniger. Dit voel soos gister dat almal asem opgehou het vir die nuwe millennium wat gaan kom, met vliegtuie wat gaan val en alle data wat weens Y2K uitgewis gaan word. Nou staan daardie vrese al amper 13 jaar agter ons. Soms voel dit asof ’n mens net aan tyd moet vasklou en dit op ’n manier moet kry om stil te staan. Daardie pap babatjie wat net gister sy eerste tand gesny het, gaan volgende jaar skool toe, hoërskool toe, universiteit toe, trou of verwag sy eersteling in 2013. Waar is al die jare tussen in heen? Haal asem en geniet die laaste drie maande van 2012, want binne ’n oogwink gaan dit ook verby wees.
Dra die naam as Christen met trots André de Villiers VANOGGEND het ek ’n doopdiens bygewoon en toe tref dit my wat mense se name beteken en watter rol dit in ons lewe kan (dalk moet?) speel. My gedagtes het weggedwaal van die dominee se boodskap toe ek dink aan Abram en Sarai. God het hul name verander nadat Hy beloftes aan hulle gemaak het. Hulle nuwe name het nuwe betekenis gekry en dit moes hulle voortdurend herinner aan die rol wat God in hul lewe sou speel. Anders gestel, hulle sou nooit weer vergeet wat God se plan met hul lewe was nie, want elke keer as God met hulle of hul vriende gepraat het, is hulle met die uitspreek van hul naam aan God se plan herinner. God het aan Abram verskyn en vir hom belowe om sy God te wees en dat hy ’n groot nageslag sal hê. God het ook sy naam verander na Abraham en sy vrou se naam van Sarai na Sara. Daarmee het God gesê wat dit vir hulle gaan beteken dat hy hul God is. Abraham beteken “vader van vele” en Sara “prinses”. Hiermee doen God die volgende: Hy herinner hulle gereeld aan Sy beloftes. Wanneer God met Abraham praat en hom op sy naam noem, onthou Abraham wat God se plan met hom is. So ook Sara. God wil hê hulle moet as’t ware daagliks besef dat hulle vir iets groots bestem is. Hoe het jou ouers jou naam gekies? Miskien is jou naam ’n familienaam en dit help jou nou om aan jou voorgeslagte verbind
te voel. Weet jy wat jou naam beteken? Vind uit en jy word dalk aangenaam verras. Johan, John, Jan, ensovoorts, beteken “begenadig deur God”. Elizabeth, Elize, Lize, Lizette, Liezl, Beth en dies meer beteken “God se belofte”. Kyk gerus wat jou naam beteken by www.behindthename.com. As jy nie jou naam se betekenis kry nie, dink aan liefdesname en byname wat ons vir mekaar gee. Omdat mense vir mekaar lief is, noem hulle mekaar op ’n ander naam soos Liefie. As iemand slim is, noem ons hom Slimjan. Baie sakeondernemings het ’n visie- of missiestelling wat die werknemers en die publiek op ’n spesifieke wyse moet laat dink en voel. Dit is soos ’n motivering wat daagliks gesien en gelees word. Gee ag op wat jou naam beteken en besef dat mense dit tientalle kere per dag oor jou uitspreek. As jou naam by jou pas, leef daardie betekenis ten volle uit. As jy voel dit pas nie by jou nie, onthou dat daar ook oor my en jou die naam Christen uitgespreek is. Ons is dit omdat Christus hom met jou en my vereenselwig het. Leef die naam Christen met oortuiging uit en word verander om al hoe meer die beeld van Christus te vertoon. . Ds. André de Villiers is leraar van die NG-kerk Kathu.
SONSONDERGANG op die plaas Vredepan, ongeveer 25 km buite Kuruman in Kathu se rigting. Foto: Jackie Markram
Geselligheid ’n teleurstelling ONTSTOKE OUER, Wrenchville: OP Vrydag 28 September was dit die afskeidgeselligheid waarna elke matrikulant van die Hoërskool Wrenchville uitgesien het. Die kinders het pragtig gelyk en jy kon die trots op hul ouers se gesigte sien. Teleurstellend was die opkoms van die onderwysers, veral die gr. 12-onderwysers. Slegs twee was die hele aand sigbaar. Nie eens die waarnemende hoof was daar nie. Dit is vir die ouers ’n duidelike teken dat die leerkragte geen belangstelling in hul leerlinge het nie. Die tema was Night under the Stars en die versiering van die saal het geen teken van die tema weerspieël nie. Die kos was pateties onaantreklik vir die R240 per persoon wat die ouers moes opdok. Kos is telkemale teruggestuur omdat dit koud was en die nagereg was ’n ramp! Die spyseniers en geleentheidsbeplanners was van Kimberley en het afskeepwerk gedoen. Ek as ouer doen ’n beroep op die skoolbeheerliggaam om in die toekoms plaaslike spyseniers te gebruik wat weet wat die behoeftes van ons mense op ’n geselligheid soos hierdie is. Die aand was regtig nie “wow” nie.
Facilities an urgent matter JEFFREY, Mothibistad: IT is with great concern that I write about this small issue that might grow into a big issue tomorrow, because like the old people say: One stitch in time saves nine. Behind the Shoprite Complex there are no toilet facilities and the issue has been registered with the Gasegonyana Municipality, but no one wants to listen to this outcry. Maybe they will understand when the community starts to act physically. Instead of this problem being addressed by the said entity the police are sent to guard against those people who will be responding to the call of nature overlooking the fact that it is them that are leading the communities to such acts of indecency. I do not blame them as it is now, because it cannot be expected of them to run for 3 km to 4 km to help themselves when
nature calls and come back to continue with their shopping. None of the shop owners are prepared to assist the public with the toilets in their shops. Instead they say it is for staff only, as if it is the staff that keep their shopping facilities viable on a daily basis. No one seems to care for the shoppers around Kuruman, because if you go as far as Kathu, you will find that there has been looked into the wellbeing of clients and toilet facilities are available for them. But in Kuruman there are no such facilities – nothing but nothing. Even if the facilities could be available with payment it would be nothing, because people are now used to paying for everything they use. Rather than to harass the poor people by calling in the police, make them pay money for helping themselves. Taking out unwanted water from your body is nothing that one can avoid. Toilet facilities at the taxi rank are also far for the shoppers. Please, those who are responsible for the Shoprite Complex, do something about this issue, because failing to do so might lead to facing something more serious than just a concern.
Skaatsplankpret nié vir oueres Annerie Louw MY eerste reaksie was om te giggel toe Tanya my en Manlief na die Maloofding op Kimberley nooi. Ouderdom is relatief, maak ek myself wys toe ek bevestigend op die uitnodiging antwoord en ek raak opgewonde oor die vooruitsig. Ek oorweeg ’n tydelike tatoe vir die geleentheid, maar tussen die matriekafskeidspartye en revue deur was daar net nie tyd nie. Ons hoef gelukkig net jeans en T-hemde na al die byeenkomste te dra. Dus, behalwe vir die koue, is daar eintlik niks om oor bekommerd te wees nie – ons kan dit net gaan beleef. En het ons nie. Saterdagmiddag bevind ek en Manlief ons in ’n vreemde kultuur. Tussen vrolike, tevrede mense het ons eintlik ’n bietjie anders gevoel sonder ’n enkele tatoe. Nie dat dit hulle enigsins gepla het dat ons anders lyk nie. Die dele van die seningrige lywe wat uitgesteek het, was versier met allerhande prentjies wat pynlik op die vel uitgekerf is. Sommige prente het sentimen-
tele waarde, ander dra ’n boodskap uit en ander maak my bang. Die hare was óf baie onversorg, óf spesiaal in ’n punkstyl vir die spesiale geleentheid gedoen. Gepluisde rastahare, aan die kant kaal geskeer met ’n Mohawk in die middel, of meestal lank en slierterig. Op die besonderse gedoende hare sit partykeer nog ’n vreemde hoofbedekking of ’n petpunt wat wys net waarheen hy wil. Wat ons regtig ongewoon gevind het, was die juweliersware van horing of been of silwer wat deur die ore gedra word. Verweerde denimbroeke wat laag en sakkerig aan die skraal lywe gehang het met ewe verweerde, wye oorhang-T-hemde was die kleredrag vir elke dag. Die gemoedelikheid tussen die skare mense en skaatsers was op-
vallend. Elke ou het sy ding gedoen en gelyk nes hy wou. Ek moet erken dat ek op ’n manier bevry van enige inhibisies begin voel het. Ek sit die skaatsers en dophou en ys elke keer wanneer hulle val dat hulle dalk ’n paar tande kan verloor. Maar hulle val so maklik dat dit lyk asof hulle dit aspris doen. In elk geval is die sportsoort vir hulle baie belangriker as ’n paar tande of selfs bene, lyk dit vir my. Die Kimberley-son brand die ondersteuners op die paviljoene se koppe en die rapper herhaal ritmies en voluit sy liedjie se woorde met die dringendheid van ’n lekeprediker. Ek voel later self soos een wat gehipnotiseerd en bedwelmd is van die musiek met die skaatsers en die hele prentjie. Die harde musiek maak hom moeg, sê Manlief en ek besef: Al probeer ons hoe hard, ons kan nie die ongewone sportsoort waarmee ons nie grootgeword het nie te lank beleef nie, maar ons kan die waaghalsigheid en moeilikheidsgraad daarvan darem beslis na behore waardeer.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Skaatsplankryers wys Kby vir wêreld DIE Maloof-organiseerders, die borg Kumba Iron Ore, die Noord-Kaapse regering en die Noord-Kaapse Toerismeagentskap is almal tevrede met die sukses van die tweede Maloof Money Cupkampioenskapsbyeenkoms wat die afgelope naweek in Kimberley aangebied is. Charné Kemp berig: Tim McFarren, uitvoerende hoof van Maloof, sê die kampioenskappe, die enigste buite Amerika, is nou wêreldbekend. “Ons gaan Woensdag ’n lokprent in sowat 800 teaters oor Amerika heen vertoon. Ons het ook ’n hele advertensieveldtog in Amerika om die geleentheid en die NoordKaap as ’n bestemming vir ekstreme sportsoorte te bemark. “Ons is steeds mal oor Noord-Kapenaars en hul passie vir die provinsie en om die Maloof Cup hier aan te bied.” Yvonne Mfolo, die hoof van openbare betrekkinge van Kumba Iron Ore, sê haar maatskappy sal volgende jaar ook die Maloof Cup borg. “Ons wil graag ’n bydrae tot die provinsie se internasionale toerisme-aansien maak. Dit is wonderlik om deel te wees van ’n projek waarby jong mense baat vind. Skaatsplankry bied ’n geleentheid aan kinders om besig te bly en nie by die misbruik van drank en dwelms betrokke te raak nie. Karel Phentala, voorsitter van Noord-Kaapse Toerisme, sê die geleentheid is nou wêreldbekend. “Ons het pas die Speed Week op Hakskeenpan afgesluit en volgende jaar gaan die Bloodhound-motor
Verseker vooraf die opwinding
EEN van die deelnemers in die vertikale afdeling draai by die hoogste punt van die opgang om ’n sierlike boog teen die blou lug as agtergrond te maak. Foto: Annerie Louw op die pan aankom vir toetse om die wêreldlandspoedrekord in 2014 te probeer verbeter.” Patrick Seboko, departementshoof van ekonomiese ontwikkeling, het gesê die stad het ’n ekonomiese inspuiting gekry. Maloof het verlede jaar gesê baie lande het al gevra om die byeenkoms aan te bied, maar hy is hoogs beïndruk met die land se gasvryheid. “Die Noord-Kaap het ons die kans gegee om groter te dink en meer vryheid gegee om die geleentheid uit te bou. En ons besef watter positiewe impak dit op die jong mense
hier kan hê.” Die skatryk Maloof-familie, met beleggings in sportspanne soos die basketbalspan Sacramento Kings en casino’s in Las Vegas en met die verspreidingsregte op biere soos Heineken en Guinness, borg die kompetisie reeds sedert 2008. Dit is die tweede jaar dat die beker buite Amerika – in Kimberley – gehou word. Die prysgeld is meer as R4 miljoen. Die straatafdeling is deur Luan Oliveira van Brasilië gewen en die vertikale afdeling deur Pierre Luc Gagon (PLG) van Kanada.
’n VOORAF bekendstelling van 2012 se Maloof Money Cupskaatsplankwêreldkampioenskapstoernooi, Skateboarding for Hope, is op 21 en 22 September deur Kumba op Kathu en Postmasburg aangebied. Professionele skaatsplankryers van Amerika, Lizard King en Brian Herman, het die gehore op die klinieke en demonstrasies met hul wonderlike toertjies vol bewondering gelaat. Talentvolle plaaslike skaatsplankryers is geïdentifiseer en 22 skaatsplanke is onder Kathu-skaatsplankryers en 20 aan skaatsplankryers op Postmasburg uitgedeel. Foto: Verskaf
Making building
affordable
QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE
TRADING HOURS:
Mon - Fri: 7:00 - 18:00 Saturday: 7:00 - 15:00 Sunday: 8:00 - 13:00
and easy for you.
192 stores and expanding throughout southern Africa COMPLETE POWERTOOL STARTUP SET PAINT THE EXTERIOR OF A HOUSE CHAMPION EXTRA THICK PVA White • 20 Litres
SKU: 5001
204.95
x1 204.95
White • 10 Litres
SKU: 5037
CHAMPION EXTRA THICK PVA
116.95
x1 116.95
5 Piece
SKU: 634109
ECOMAN PAINT BRUSH SET
19.95
x2
225mm Complete
SKU: 632404
100m2 surface area requirements
SKIL IMPACT DRILL
6002AA • 500W Keyed Chuck
It is recommended to thoroughly wash the walls before painting, this will help the paint stick to the walls. A 20 Litre can of PVA paint will cover approximately 80m2 with a double coat.
SKU: 972107
x2
9030AA • 600W SKU: 972103
39.90 41.90
x4 111.80
750ml
SKU: 67705
SKIL CIRCULAR SAW 5003AC • 1200W
MASKING TAPE 36mm x 40m
SKU: 672103
x3
Exterior • 2kg
SKU: 621805
POLYFILLA
59.95
x1
35mm
SKU: 905295
SCRAPER
16.95
SUGAR SOAP 500g
23.95
SKIL JIGSAW
x4 111.80
22.95
x1
SKU: 621904
x2
4003AA • 380W • Bow Handle SKU: 972111
68.85
SKU: 952687
820.95
THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 21 OCTOBER 2012
76.95
GRAND TOTAL
16.95
GRAND TOTAL
229.95
BOSCH MASONRY 5-PIECE DRILL SET
59.95
47.90
659.95
SKU: 972608
MEDAL MINERAL TURPENTINE
27.95
38.95
SKU: 974249
SKU: 67707
27.95
229.95
BOSCH SCREWDRIVER SET
MEDAL LACQUER THINNERS
750ml
229.95
SKIL ANGLE GRINDER
MOCK MOHAIR PAINT ROLLER
20.95
www.cashbuild.co.za
Replace the Champion PVA with a Medal Texture Coat for an additional 1 154.00
MEDAL TEXTURE COAT
White • 20 Litres
737.95
SKU: 300101
x2
1 475.90
1 349.80 For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453)
520 WK14 CODE RED COMMUNICATIONS • Redworks
RSA
Large range of power tools and accessories
Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. E & O E. All prices include 14% VAT
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Loslitdag gevier LOSLITDAG is die grootste geldinsamelingsprojek vir mense met gestremdhede. Om die sukses van Loslitdag 2012 te vier het die Vereniging vir Persone met Gestremdhede op Upington 57 mense met gestremdhede op ’n rit op Sakkie se Arkie bederf. Kliënte van maatskaplike werkers en leerlinge van SKOG en Oasis het die rit meegemaak. Daar was hope vermaak, roomys om aan weg te lê en ’n lekker vleisbraaigeselligheid aan boord van Sakkie se Arkie. Die vereniging vra sakeondernemings om hul Loslitdagfoto’s na apdupt@mweb.co.za te stuur. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
JAY-CEE SCANLEN (links) en Gustav Myburgh het die pretritte op die Kalahari-kuierfees getrotseer. Foto’s: Lizette Slabber
7
DIE straatkarnaval van die Kalahari-kuierfees was vanjaar ten bate van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington. Sakeondernemings kon trollies soos diere versier. Die hoender van die JDM Crew moes beslis ’n prys wen. By hul spoedhoender staan van links Marques Strauss, Whitney Orange en Dylan Jansen.
SOOS elke jaar was daar weer kosstalletjies met heerlike etes en interessante kunsstalletjies op die Kalahari-kuierfees. Willem Collen en sy twee seuns Freddie (links) en Eddie het ’n heerlike middagete geniet voordat hulle weer al die pret aangepak het.
KLEIN Jannay Isaacs van Fruit Bear Buddies het al dié pryse in die Kindertent gewen, want sy kon die meeste borrels op een slag blaas.
DIE Volksblad, Kalahari Bulletin se moederkoerant, het die borgegeselligheid geborg. Van links is Christo van Staden (waarnemende redakteur: Volksblad), Limakatso Koloi (burgemeester://Khara Hais) en Danie Bruwer (voorsitter: Kalahari-kuierfees).
IN die week voor die Kalahari-kuierfees het die poppe van Splash Out Production en Rooikappie en die Wolf verskeie skole op en om Upington besoek. Hulle het ook ’n draai in van die gemeenskapsale gemaak. Die kinders het baie oulike opvoedkundige stories gehoor. Hier tel een van die Groot Bere vir Mianka Burger van die Laerskool OranjeNoord op.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Deelnemers vier erfenis met oorgawe DIE //Khara Hais-munisipaliteit het op Erfenisdag sy jaarlikse potjiekoskompetisie gehou. Die potjiekoskompetisie word deur //Khara Hais aangebied om eerstens Erfenisdag te vier, maar ook om sy Toerismemaandviering mee te begin. Vanjaar was die tema waarvolgens die spanne moes kook Groen Toerisme.
Spanne is nie net volgens die smaak van hul potte beoordeel nie, maar ook hoe hul werkstasies versier is en hoe hulle by die tema aangepas het. Die span beoordelaars het van afvalpotte tot beesstert-, skaap-, bees-, groente- en hoenderpotte geproe, terwyl al die spanne en hul ondersteuners heerlik in die straat voor die munisipaliteit gekuier het.
PRISCILLA SILVER (links) en Juanita Peterson van die departement van onderwys by hul pragtig versierde werkstasie tydens //Khara Hais se potjiekoskompetisie.
DIE HELE NAG-SPAN het van kop tot tone uitgestaan as die bes geklede span van die kompetisie. Van links is Amelia Medican, Regina Maluleka, Katrina Titus, Sylvia Flippus en Benita Honey. Foto’s: Cindy Theron
WOMEN ON THE MOVE was die naam van die polisie se stalletjie. Van links is, voor: Eunice Riddles en Raychell Jacobs; agter: Ursula Collins, Limakatso Koloi (burgemeester), Anna van Dyk en Mariaan Hender.
DIE span van BB Spares is van links Gladys Kholi, Constance Wiso, Fransis Snyders, Emeline Matshimo en Moonisah Sulliman.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Kort hulp vir skut van DBV DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington het vanjaar ’n pannekoekstalletjie op die Kalahari-kuierfees gehad. Hiermee is broodnodige geld ingesamel om die diere van Upington te help. Die DBV het ook nog hulp nodig om sy doelwit, ’n DBV-skut op Upington, te behaal. Hier staan Lientjie Joubert (links) en Sharon Minders agter die pannekoekpanne. Foto: Lizette Slabber
DBV stel sy klubkaart bekend
Staan spaargeld af CHRIZELLE STRYDOM (10) van die Laerskool Oranje-Noord is baie lief vir diere en het haar spaargeld gebruik om eiers vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington te koop. Chrizelle het gehoor die DBV het bestanddele nodig vir sy stalletjie op die Kalahari-kuierfees. Sy het ekstra take in die huis gedoen en haar spaargeld gebruik om 150 eiers aan te koop om aan die DBV vir hul pannekoekstalletjie te skenk. Hier oorhandig Chrizelle die eiers aan Sharon Minders van die DBV. Foto: Verskaf
DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington het onlangs sy Upington-DBVbuddies-klubkaart bekend gestel. Die doel van die klubkaart is eerstens om diereliefhebbers in ’n plaaslike klub te verenig en om noodsaaklike geld in te samel deur ’n bydrae van tussen R80 en R220 te vra. Die klubkaart is ook om vir ondersteuners van die DBV vir al hul ondersteuning, bydraes en hulp dankie te sê. Dié dankie kry klubkaarthouers in die vorm van korting in ’n verskeidenheid ondernemings, winkels en diensverskaffers op Upington. Dié Buddies-klubvennote het hul entoesiasme en liefde vir diere in korting omgeskakel wat verkry word wanneer klubkaarthouers by hulle hul aankope doen. Ondernemings, winkels en diensverskaffers kan hul enige tyd by die DBV as Buddies-vennote aansluit deur enige transaksie of korting wat hulle kan aanbied en wat aanloklik kan wees vir Buddies-kaarthouers aan te bied. Bel Evelyne van Zyl by 083-383-8288 vir verdere inligting oor die klubkaart of om as vennoot te registreer.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012 K.H. Mereeotlhe
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Kagiso Hunter Mereeotlhe, distrik Kuruman Boedelnommer 4130/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lĂŞ by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 5 Oktober 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460 M.M.Merahe
In the estate late of M.M. Merahe, identity number 321105 0292 08 5 ,of House No E19, Ward 8, Gasehunelo Village, estate number 3728/2011 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will
be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 05 October 2012 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
VERKOPING
Noordkaap Steenwerke BK/R. Erasmus/Kuruman Sandman
KENNISGEWING VAN
In die Landdroshof vir die Distrik van Vryburg, gehou te Vryburg. Saak Nr: 1561/11 In die saak tussen: NOORDKAAP STEENWERKE BK Eiser en RASSIE ERASMUS h/a KURUMAN SANDMAN Verweerder Ter uitvoering van die
Vonnis van die bogemelde Hof sal die ondergenoemde roerende goedere per publieke veiling verkoop word deur die Balju Kuruman te Skoolstraat 46, Kuruman op 27 Oktober 2012 om 09:30 1 VW Jetta 1.8 CXS (Reg No: BHH 566 NC) Gedateer te Vryburg op 14
September 2012. ABEL BESTER INGELYF De Kockstraat 25 Posbus 1693 Vryburg 8600 Tel: 053 927 5773/4 Faks: 053 927 5012
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer
11
uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
13
Upgrading of Bankhara - BodUlong BUlk water infrastrUctUre
BETREKKINGS
Bid no. 09/2012
The Ga-Segonyana Municipality invites prospective bidders to bid for the civil engineering construction of:
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Tender Name & Number
Description
Location
Closing Date & Time
BID NO 09/2012 : Upgrading of Bankhara – Bodulong bulk water infrastructure.
Installation of bulk pipeline ranging from 110mm to 315mm diameter, installation of communal pre-paid stand pipes.
The location of the Works will be in Bankhara Bodulong villages approximately 9km North West of Kuruman Town as shown in the location plan.
26 October 2012 at 12h00.
Bidders should have a CIDB contractor grading designation of 6CE or higher. Potentially emerging enterprises who satisfy criteria stated in the Tender Data may submit tender offers, provided they have a CIDB grading designation of 5CE PE. A compulsory site inspection meeting with representatives of the Employer shall be held in the Bankquette Hall at Ga-Segonyana Municipal offices in Kuruman starting punctually at 11:00 on Wednesday, 10 October 2012. Bid documents are obtainable from the Ga-Segonyana Municipality Technical Department, corner Voortrekker & School streets, Kuruman, from 8h30 on 05 October 2012 upon non-refundable cash fee of R500.00 per document. Please note, cheques are not allowed.
Finsch Mine is located in the town of Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Shift Boss: LHD Production Applications are invited from suitably qualified applicants who will be appointed in the Mining Department as Shift Boss: LHD Production. The successful candidate will be responsible for the achievement of production targets, budget and cost control, as well as safety and risk assessment audits, evaluations and reports. Tasks and responsibilities: • Liaise with a multidisciplinary team to achieve set targets • Production planning • Manage fleet utilisation and cave management compliance • Manage costs, ordering of items and time keeping • Ensure that crew members adhere to security and SHE policies and procedures • Train and develop subordinates • Work overtime, be on standby and be available for call-outs when required.
BIDDERS SHALL TAKE NOTE OF THE FOLLOWING BID CONDITIONS: • The Ga-Segonyana Municipality Supply Chain Management Policy and all other regulations of Supply chain Management will apply • The Ga-Segonyana Municipality does not bind itself to accept the lowest bid or any other bid and reserves the right to accept the whole or part of the bid • Bids which are late, incomplete, unsigned or submitted by facsimile or electronically, will not be accepted • Bids’ validity period will be taken as 90 days • All contractors including sub-contractors must be registered with the Construction Industry Development Board (CIDB). Technical Enquiries should be addressed to Mr GT Roodie of WorleyParsons (Pty) Ltd on Telephone No. (053) 831 4199 or Facsimile No. (053) 832 2497 or by e-mail to: gershan.roodie@worleyparson.com and Technical Department of Ga-Segonyana, and enquiries to Ms Maletsatsi Manhe at Telephone No. (053) 712 9300. Bids in clearly marked and sealed envelopes endorsed “Bid No 09/2012 The Upgrading of Bankhara – Bodulong bulk water infrastructure” must be deposited in the Bid Box, at the offices of the Ga-Sgonyana Municipality, Corner Voortrekker & School streets, Kuruman, not later than 12h00 on 26 October 2012 at which time the bids will be opened in public. Mr. G E NTEFANG - MUNICIPAL MANAGER - GA-SEGONYANA MUNICIPALITY
Minimum requirements: • Grade 12 or NQF Level 3 (relevant to position) • Valid Permanent Blasting Certificate • Code 08 driver’s licence • 4 years’ underground experience as a Miner • Computer literacy in MS Office Suite • Production loading experience will be an advantage • Completion of a Supervisory Development Programme will be an advantage.
Building a world-class diamond group
Other skills/competencies: • Be independent, a proactive thinker and have the ability to do own job planning and make decisions • Supervisory/people management skills • Good communication skills. The incumbent will be required to work shifts. (Ref. FINSCH041) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please send your résumé, with copies of qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334.
Kimberley Underground Mines JV
Kimberley Underground Mines JV is situated in the town of Kimberley in the Northern Cape. The Mine consists of 3 conventional slushier drift block cave mines.
Rigger/Ropesman
Closing date: 12 October 2012. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. www.humanjobs.co.za
Human Communications 92144
PROJECTS DIRECTOR A seasoned, business minded programme manager to lead in excess of 100 complex projects, 85% in Northern Cape and 15% in Limpopo · Our client, is a PBO with a profit making investment company. Investments are made on behalf of defined communities. Five local trusts were established for the communities associated with the Sishen Iron Ore Company’s mines. The investment strategy is designed to ensure that the beneficiary communities will thrive beyond the life span of the current mining operations. · Key inputs: a relevant degree with a project management qualification, 7-10 years experience in successfully leading and managing project teams, and minimum 3years leading or 2IC of the Project/ Programme Management function in a medium sized organisation. Strong communication and interpersonal skills, the ability to lead and influence people directly and indirectly, the ability to apply structured business and corporate experience in a rapidly evolving and growing organisation, and a sound understanding of
project and finance management, are all important requirements. An understanding of the Public Benefit Organisations Act, sector and related industries experience, and a willingness to relocate to the Northern Cape, is ideal. · Reporting to the EXCO on a monthly basis, and the Board on a quarterly basis, key outputs are to: support the CEO in achieving the Stakeholder mandate in becoming the leading national community development organisation; developing and implementing the strategic plan for the Projects Division in line with the Trust’s 2030 vision; leading and managing on time projects within budget and at high quality standards, in line with best practice; ensuring the sustainability of projects; ensuring the empowerment and development of local community capacity in terms of project execution; develop
excellent stakeholder relations with communities, local and provincial government, and private sector players; ensure compliance and governance requirements are met; analyse project management trends sharing key learnings with the different beneficiary trusts; ensuring continuous improvement of quality and project governance. Key attributes: a meticulous, assertive and confident professional who is diplomatic and disciplined. An intrepreneurial, adaptable, self starter who is able to mobilise project teams directly and indirectly, and influence all stakeholders. A resilient leader who works well under pressure, with strong conflict management skills, who has a hardcore delivery focus. A personable, high integrity, ‘hands on’ team player who develops trust, confidence, and is committed to ‘making a difference’.
Our Client is an Employment Equity employer who gives preference to suitable candidates who add to the cultural and gender diversity of the organisation
A competitive package of around R1million will be negotiated Reference: APO550NC Submit a detailed C.V. (no certificates or references) to our office NB: Please provide your confidential e-mail
P.O. Box 78343 Sandton 2146 Fax: 0866 938 555 Email: company3@mp-a.co.za
www.mp-a.co.za
Closing date: 12 October 2012
6799
The successful candidate will perform all activities necessary to accomplish the effective, safe and reliable lifting and rigging of heavy loads, and will maintain and inspect all rigging equipment and overhead cranes in the area of responsibility. Duties and responsibilities: • Verify tasks and plan equipment requirements to facilitate efficient and effective job completion to lift loads and rig into position • Perform equipment/ machine over-inspections and diagnose and identify problems • Replace overhead and mobile crane ropes as and when required • Manage spares requirements of rigging equipment to ensure availability • Assist engineering teams when setting up project plans • Perform rigging on major jobs • Comply with legal and mine safety standards and procedures in all work performed according to the Mine Health and Safety Act, in particular Mine Winder Ropes and Attachments-related legal obligations • Conduct regular safety inspections and initiate corrective action if necessary • Prioritise and supervise the tasks of subordinates in the area of responsibility • Assist with the recovery of broken down or redundant mining machinery and equipment from the mine face • Work overtime and be on standby when required • Work at elevated heights. Minimum requirements: • A Grade 12/N3 • Qualified as a Rigger with a Trade Certificate from a recognised/accredited institution • 3 years’ post-apprenticeship experience in a shaft environment • A Code 08 driver’s licence • Mechanical knowledge of overhead cranes and winders. Other skills/competencies: • Good written and verbal communication skills in English • The ability to work in a team • Independent, proactive thinker with the ability to do own job planning. Basic computer literacy and crane driving skills would be advantageous. (Ref. KUMJV014) Kimberley Underground Mines JV is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Shortlisted candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Please send your résumé, quoting relevant reference, with copies of qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442. Closing date: 12 October 2012 If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. www.humanjobs.co.za
Human Communications 92079
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
RICHARD PIENAAR voor die gebou nadat dit geverf is.
Foto’s: Verskaf
Pienaar wys ander hoe Annerie Louw ’n WELDOENER van Wrenchville, Richard Pienaar, en sy helpers het die taxistaanplek in Wrenchville skoongemaak en geverf. Nou was hulle daar motors vir ’n inkomste vir minder bevoorregte kinders. Pienaar sê hy wil enige misverstande uit die weg ruim. Enigiemand wat die terrein wil gebruik, is welkom. Hulle moet net die Ga-Segonyana-munisipaliteit se toestemming daarvoor kry. Pienaar, wat sê hy gebruik geen alkohol nie, nooi enigeen wat wil help om die omgewing ’n mooier plek te maak om hom te kontak. As pa van ’n pasgebore baba doen hy ’n beroep op alle pa’s om ’n voorbeeld vir hul kind te wees.
DIE geboutjie vol lelike woorde beskryf by die taxistaanplek is nuut geverf en skoongemaak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
15
Hasies hou konsert Lizette Slabber DIE Hasies van Hasie Kalbassie, die voorskoolse klas van die Laerskool Oranje-Noord, het hul jaarlikse skoolkonsert en gradeplegtigheid gehou. Op dié konsert het Karlientjie na ’n nuwe speelding gesoek. Met lekker liedjies het die speelgoedwinkel se eie-
DIÉ volstruis met haar lang, lang nek is Shari Olivier.
naar haar aan beertjies, narre, ballerinas en selfs hasies voorgestel, maar Karlientjie kon net nie ’n speelding kry wat haar hart kon steel nie. Toe besef sy haar ou lappop kan weer nuwe sprankel kry met ’n nuwe rokkie en dat sy eintlik nog baie lief vir haar ou speelgoed is. Die konsert is deur ’n pragtige fotovertoning opgevolg wat die hoogtepunte van die jaar se uitstappies en werk uitgelig het. Daarna was dit tyd om vir die maatjies wat volgende jaar na gr. O gaan tot siens te sê.
PIETER (LINKS) EN PIERRE DU PLESSIS het al die gaste op die konsert verwelkom en programme uitgedeel. Foto’s: Lizette Slabber COSETTE BRONKHORST was een van die narpoppe.
TWEE van die ballerinas is Milan van den Berg (links) en Martelise Fourie.
DIE bere is Drihan Venter (links) en Wilbur Nieuwoudt.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
Tennisspelers haal span VERSKEIE spelers van die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington het aan die Albert Luthuli-spele-tennisproewe vir o.17spelers deelgeneem. Dit is provinsiale proewe wat deur die departement van sport, kuns en kultuur gehou word om die agt topseuns en -meisies in die provinsie te identifiseer. Dié spelers word dan in ’n hoëprestasiespan ingesluit wat aan die 2013 se Jeugolimpiade gaan deelneem. Loupie Nieuwoudt (Upington) was eerste, Jay-D van Zyl (Duineveld) derde, Gert Rupping (Upington) vierde en Nicholas McGregor (Duineveld) sesde. Esmarie Ferreira (Upington) was tweede, Salome Hanekom (Upington) derde en Elmone Botha (Duineveld) vyfde.
LOUPIE NIEUWOUDT (links) het Henry Wolstenholme met 6 – 1 geklop.
Verower silwermedalje in tennistoernooi DIE Primêre Skool Op die Voorpos het ’n silwermedalje op die Laerskool Newton se o.10-tennistoernooi in Kimberley verower. Op die Voorpos was tweede in die toernooi nadat hy die Laerskool Eureka (Kimberley), die Laerskool Kathu en die Laerskool Stellaland (Vryburg) geklop het. Die tennisspelers met hul silwermedaljes is van links Ona Lamprecht, Berna Killian, Nina Slabbert en Jolize Swanepoel. Foto: Verskaf
VAN links is Salome Hanekom, Elmone Botha en Esmarie Ferreira.
Foto’s: Verskaf