Verspre
Kakamas en Groblershoop 18 APRIL
idingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes,
2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
TEL. 0537121472
Verandering
Gemeenskap
Fokus
Maak ’n glimlag reg
Help dié winter die DSV
Lyke praat nie terug nie
bl. 12
bl. 10
bl. 11
Geldsake ’n gemors Joanie Bergh “DIE Ga-Segonyana-munisipaliteit is in ’n finansiële gemors. Daar is nie geld nie.” Só sê Wesley Martin, organiseerder van AfriForum in die NoordKaap. Dié munisipaliteit is in die spervuur nadat verskeie finansiële ongerymdhede in die onlangse verslag van die ouditeur-generaal (OG) aan die lig gekom het. AfriForum het versoek dat deskundiges die verslag ontleed en kommentaar lewer om die erns en omvang daarvan te bepaal. Luidens die verslag is die munisipaliteit onder meer skuldig aan foutiewe tenderprosedures, gevolg deur die betaling van uitgawes van meer as R28 miljoen, asook die verhuring van munisipale grond van bykans R2 miljoen, maar waarvan die geld nêrens opgespoor kan word nie. “Grootmaataankope van R41 533 132 kon ook nie bevestig word nie,” sê Martin. Daarbenewens is die uitstaande skuld van die munisipaliteit miljoene rande. (Sien berig op bl. 2.) Floors Byleveld, DA-wykraadslid, sê daar is baie vrae wat tereg gevra moet word, soos waarheen die belastingbetaler se geld gaan en waarom dit nie vir die regte redes gebruik
word nie. Byleveld het heftig gereageer toe die bevindinge bekend gemaak is. “Die munisipale administrasie is in ’n gemors. Mense beklee poste, maar kan nie die werk doen nie,” sê hy. Die wyse waarop die munisipaliteit die mense se geld hanteer, is verkeerd en hulle is al daaroor gemaan.” Nico Erasmus van AfriForum op Kuruman het bevestig ’n saak van bedrog is voorheen teen die Ga-Segonyana-munisipaliteit by die Valke gemaak, maar dit het doodgeloop. “Wat nou in die munisipaliteit gebeur, gebeur al die afgelope ses jaar,” sê Erasmus. “Die basis van goeie dienslewering begin by rekenkundige konsekwentheid en goeie begrotingsbestuur,” sê Martin. Volgens hom gaan Kuruman se dienslewering ook ooglopend agteruit en belastingbetalers se regte word geskend. “Indien bedrog in die munisipaliteit gepleeg is, sal AfriForum al die hulpbronne tot sy beskikking inspan om seker te maak die skuldiges sal aanspreeklik gehou word.” AfriForum is in die proses om met die munisipaliteit te vergader om die ongerymdhede te bespreek. ) David Mabudi, munisipale woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Oes ’n ‘properse’ pampoen OUMA ELLA BOLTON (83) het dié groot pampoen in haar tuin gekweek sonder dat sy daarvan geweet het. Lees die berig op bl. 3. Foto: Joanie Bergh
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
17 April: Die KurumanVLV hou ’n algemene vergadering oor onder meer persoonlike finansies en testamente deur die Openbare Sakegroep. Dit vind om 15:00 in die Gereformeerde kerk in Breëstraat plaas. 26 April: Die Hoërskool Kathu hou karnaval. 27 April: ’n Interskolebyeenkoms word tussen die Hoërskool Kalahari en
die Hoërskool Kathu gehou. 27 April: Mark in die park word van 08:00 tot 14:00 in die Mini Giant Zoo in Poolstraat gehou. Bel Michelle by 084-5534674 om ’n stalletjie te bespreek.
Vir enige nuuswenke en die plasing van berigte kontak Joanie Bergh by 053-7121472 of stuur ’n e-pos na joanie.bergh@volksblad.com.
Trollie nodig vir al dié dagvaardings Charné Kemp DIE Kuruman-balju moes ’n trollie inspan om 84 lywige dagvaardings vir skuld van ongeveer R22 miljoen aan die Ga-Segonyanamunisipaliteit te beteken. Die munisipaliteit skuld glo dié miljoene vir uitsettingsbevele aan die Welkomse prokureursfirma Peyper & Sesele Ingelyf. Die bevele moes drie jaar gelede teen plakkers in Mothibistad gekry word. Verdere skuld is vir verwante regswerk aangeteken. Hannes Peyper van dié prokureursfirma en die munisipale bestuurder, Edward Ntefang, het onlangs vergader om ’n skikking te probeer bereik. Peyper het gesê sy firma en die munisipaliteit onderhandel reeds lank oor die skuld. Hy moes egter al die dagvaardings nou aan die munisipaliteit laat beteken voordat die eise verjaar. “Ek is aanvanklik opdrag gegee om uitsettingsbevele teen die inwoners van onwettige strukture in Mothibistad in die hooggeregshof te kry. “Dit sou ook die afbreek van die strukture en ’n kostebevel teen hulle (die plakkers) insluit. “Die munisipale raad het egter besluit om dié planne weens politieke inmenging te staak. Dit is reeds drie jaar sedert die aangeleentheid afgehandel is. “Die munisipaliteit het ook geld verloor omdat ons in die middel van die proses gestop is. Daar is nou nie meer sprake van ’n kostebevel teen die huidige bewoners nie. “Ek sal onderhandel oor die uitstaande bedrag en die munisipaliteit ook, maar ons het nog nie op ’n bedrag ooreengekom nie.” David Mabudi, munisipale woordvoerder, het gesê hy kan nie nou kommentaar lewer nie.Die rede daarvoor is omdat die saak sub judice is. “Ons sal eers die onderhandelings afhandel.”
JACO MOORCROFT, die balju, loop met die trollie vol dagvaardings wat hy aan die munisipaliteit op Kuruman beteken het. Sy assistent het ook ’n boks vol dokumente gedra. Foto: Nico Erasmus
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
3
Juffrou afgedank; wou nie oneerlik wees Joanie Bergh
OUMA ELLA BOLTON (83) met haar pampoen.
Foto: Joanie Bergh
Mannetjiesplant dra toe pampoen Joanie Bergh
KAALVOET met haar kierie hardloop sy oor die erf. Oor die skerp klippies en gruis onder haar voete skeel sy haar min. Sy móét by die huis kom. “Stompie!” roep sy. Die hoenders wat nog eenkant gestaan en pronk het, spaander in alle rigtings soos wat sy haar na die stoep haas. “Stompie,waar’s jy?” roep sy weer. Met die hulp van haar houtkierie trotseer sy die stoeptrappies een vir een. Toe Stompie wat saam met haar bly, verskrik op die stoep uitgehardloop kom, gryp ouma Ella haar aan die arm en sê: “Kom kyk, kom kyk my pampoen.” Die 83-jarige ouma Ella Bolton het nog nooit so ’n groot pampoen gesien nie. En dié een het jou waarlik in haar eie tuin gegroei. Onder haar neus sonder dat sy dit eens raakgesien het. Sy het in haar tuin rondgeloop toe sy dié
enorme pampoen tussen ’n boom se takke sien rus. “Ek het nog altyd gedink dit is ’n mannetjiesplant,” het sy vir Stompie gesê. “Hy het net blomme gedra”. “En kyk nou vir jou,” sê sy trots. Die pampoenplant het tussen ’n boom se takke deur gerank. En daar, onder die blik van nuuskieriges uit, het ’n pampoen wat 20 kg weeg, gegroei. En het hom op niks meer as die badwater wat op hom uitgeloop het, gevoed nie. Wat beplan sy om met die enorme pampoen te maak? “Ek gaan hom eet, natuurlik,” sê sy laggend. “Stukkie vir stukkie. Ek gaan hom gaarmaak en met suiker, botter en kaneel eet. Enigeen kan kom saam eet,” sê sy en vou haar arms om haar vonds. ) Ouma Ella het haar stukkie grond van die afgelope 53 jaar vandeesweek verlaat om haar tuiste nou in die Mimosa-ouetehuis te maak. Sy het die pampoen saamgeneem.
’n WISKUNDE- en wetenskaponderwyser aan die Hoërskool Kakamas is na bewering onregmatig afgedank nadat sy glo geweier het om die skoolhoof se seun se punte aan te pas. ’n Saak hieroor dien nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die skoolhoof wou by navraag nie kommentaar lewer nie. Die saak kom nadat Arlene Nel, wat ’n tydelike departementele pos by die skool beklee het, glo per SMS deur die skoolhoof, Karel Afrikaner, in kennis gestel is dat die skool nie meer van haar dienste gebruik gaan maak nie. Ondanks Arlene se kontrak wat reeds verlede jaar hernu is, is sy afgedank. Die skool se beheerliggaam het skynbaar nie van Nel se afdanking geweet nie. Nel, wat in daardie stadium swanger was, sê sy is onregmatig behandel net omdat sy nie oneerlik wou wees nie. Die afdanking kom nadat Afrikaner glo vir Nel gevra het om sy gr. 11-seun se lewenswetenskappunt só aan te pas dat hy eindelik die vak sou slaag. Sy moes die seun glo kans gee om al sy take vir die jaar weer oor te doen. Volgens Nel het die seun 28% vir die vak gekry. “Vir hom om die vak enigsins te kon slaag moes hy minstens 100% vir al sy take kry,” sê sy. Benewens dié vak het die seun ook wiskunde (14%) en fisiese wetenskappe (24%) gedruip. Adéle Liebenberg, woordvoerder van Solidariteit, sê nadat hulle met die departement van onderwys vergader het om die afdanking te verhoed en die partye nie tot ’n beslissing kon kom nie, is die saak na die KVBA geneem. Die saak word weer op 23 April voortgesit. “Dit is onaanvaarbaar dat werknemers
afgedank word omdat hulle nie oneerlik wil optree nie. Die geloofwaardigheid van die land se onderwysstelsel sal aangetas word as leerlinge se punte na willekeur aangepas word sodat hulle kan slaag,” sê sy. Sidney Stander, onderwyswoordvoerder, het by navraag gesê as ’n onderwyser tydelik aangestel is en die skool van mening is dat hulle nie meer van die leerkrag se dienste gebruik wil maak nie, mag die skool daardie leerkrag se dienste beëindig. Afrikaner wou nie kommentaar lewer nie, maar sê ’n paar onwaarhede is kwyt geraak en alles sal by die KVBA aan die lig kom.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Waar gaan geld heen? WAT word van die belastingbetaler se geld? Dít is die een vraag waarop niemand ’n antwoord kan kry nie. En heel waarskynlik nooit sal nie. Elke dag hoor en lees almal in die media van staatsamptenare wat Jan Alleman se belastinggeld gebruik om te betaal vir luukse vakansies in Switserland of Parys en op plekke waarvan jy net kan droom. Enorme huise van etlike verdiepings hoog word gebou en in lang, swart, blink motors word die dorpe deur gery. Ja, almal word sekerlik ’n goeie salaris van so ’n paar honderdduisend rand per jaar betaal. ’n Salaris wat verdien moet word. En of die meerderheid amptenare hul deel tot ’n beter Suid-Afrika bydra . . . daaroor kan vir lank met mekaar geredekawel word. Terwyl die room van die koek afgeëet word en sekeres in weelde lewe, ignoreer hulle die mense wat nog nooit water uit ’n
kraan sien loop het nie. Die mense wat nog van gate gebruik maak, want “wat is die nut van ’n spoeltoilet as daar nie water is nie?”. Daarbenewens dra swak bestuur grootliks tot die verdwyning van geld by. Munisipaliteite wat bankrot speel, aangekla word vir onreëlmatighede of deur die owerhede ondersoek word, is ’n gegewe vir Suid-Afrikaners. Ons hoor ’n nuusflits op die radio, staan ’n oomblik stil om te hoor watter munisipaliteit het nou weer drooggemaak. Miljoene rande wat ongesiens in die grond wegsypel. Gemeenskappe kan hulle gelukkig aan dié gedagte troos as dan aan niks anders nie: dat daar belanghebbendes in die land is wat daarteen veg. En dit ook regkry om ’n paar van die skuldiges in die hof te kry. Hoewel hulle nie altyd suksesvol is nie, veg hulle onverpoos voort met die hoop op verandering en verbetering.
Bou aan huwelik Christo Jonck MANS, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Efesiërs 5:25 ’n Rukkie terug was daar ’n beriggie in Volksblad met die volgende opskrif: Verneukery in Rosestad onder oë. Dit het my laat dink. Baie min mense trou met die idee dat alles net oor hulself sal gaan en dat hulle hul huweliksmaat gaan verneuk. Die liefde wat tussen ’n paartjie bestaan, maak dat hulle mekaar se behoeftes graag wil bevredig, mekaar graag wil gelukkig maak. Solank as wat getroudes dit dan ook vir mekaar doen, bly hulle lief vir mekaar en voel hulle goed oor die verhouding en die huwelik. Maar as een of albei se behoeftes nie bevredig word nie, kom daar frustrasie en negatiewe gevoelens. Willard Harley het hieroor ’n boek geskryf na aanleiding van jare se ondervinding as huweliksterapeut. Oor die jare heen het hy by duisende egpare wie se huwelike skeefgeloop het ’n opname gedoen oor wat hul behoeftes in die huwelik is. Hy wys daarop dat daar nogal ’n groot verskil bestaan tussen mans en vrouens se behoeftes, en daarom noem hy sy boek: His needs, her needs: building an affair-proof marriage. Wanneer huweliksmaats mekaar se behoeftes bevredig, soek hulle nie
buite die huwelik na iemand anders wat hulle gelief sal laat voel nie. Die mees algemene behoeftes wat vrouens in die huwelik het, is die volgende: 1. Liefde – die ervaring dat my man my liefhet en dit vir my wys of sê. 2. Iemand om op ’n diep vlak mee te gesels, wat na my sal luister en regtig in my belang stel. 3. ’n Man wat oop en eerlik met my is en wat ek kan vertrou. 4. ’n Versorger wat vir my en die gesin finansiële sekuriteit gee. 5. ’n Goeie pa vir ons kinders en ’n man wat homself aan die gesin verbind het. Die behoeftes wat die meeste by mans voorkom, is die volgende: 1. ’n Maat saam met wie hy seksuele vervulling beleef. 2. ’n Maat wat sy vrye tyd, sport en ontspanning met hom sal deel. 3. ’n Aantreklike vrou wat haarself goed versorg. 4. ’n Vrou wat die huis ’n veilige, aangename plek maak. 5. ’n Vrou wat trots is op hom en vir hom erkenning gee. Mans, vrouens ook, fokus op jou huweliksmaat se behoeftes en bou aan ’n wonderlike huwelik. ) Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG Oog-gemeente.
’n KALAHARI-SONSONDERGANG bly maar een van die mooiste verskynsels in ons land. Die sonsondergang is op die pad tussen Daniëlskuil en Kuruman vasgevang. Foto: Joanie Bergh
Só sal Mier net agterbly MERIS KOCKS, Mier: DAAR was ’n groeiende opgewondenheid voelbaaar toe dit rugbaar geword het die Noord-Kaapkabinet sou die Mier-gebied van 21 tot 23 Maart besoek. Met die besoek is gehoop tradisionele gemeenskapsvergaderings sou gehou word waar die mense hul lofprysinge kon sing en aan kwellings kon uiting gee. Vader Gift van Staden, uitvoerende burgemeester van die Siyanda-distriksmunisipaliteit, het die borrel vinnig laat bars deur aan te kondig die wetgewer sal slegs tien huisgesinne per dorp besoek. Die rede is die “gemeenskapsprokureurs” ruk na sulke vergaderings op en maak dit onregeerbaar en diegene wat die moed het om op sulke vergaderings te praat sal dus ’n geleentheid ontneem word. Die “gemeenskapsprokureurs”, vol-
gens afleiding, is diegene wat denkend en rasioneel hul kritiek lewer oor hoe die openbaar verkose verteenwoordigers met die mandaat omgaan wat hulle by die massas gekry het. Groot ontevredenheid het geheers oor die samestelling van die “kastige” steekproef en dit kan nie as ’n refleksie van die denkwêreld van al die inwoners dien nie. Die Noord-Kaap-kabinet kan hom nie daarop roem dat hy die mense ontmoet het nie. Sake waaroor die mense van Mier ontevrede is, sluit in: ) Die moontlike inlywing van die Mier-munisipaliteit by ’n groter munisipaliteit en die implikasies daarvan. ) Die volhoubaarheid van die reddingsplan vir die Mier-munisipaliteit tot 2016 wat deur die provinsie, Gogstha- en Siyanda-distriksmuni-
sipaliteit gedra gaan word. ) Die chaotiese aanstellings in die Mier-munisipaliteit. ) Die verbrokkeling van die “nuwe” teerpad tussen die Rietfonteingrenspos en Hakskeenpan. Die teerpad is in 2008 met groot fanfaredeur die agbare Elizabeth Dipou Peters geopen. Gaan die teerpad ook opgeknap word? Wat gaan aan die haglike gruispaaie in die Miergebied gedoen word waaroor jare gekla word? ) Die daadwerklike takeling van die behuisingsnood in die gebied. ) Die verwarring oor die Bloodhound-projek. ) Die tallose hofsake waarby die Mier-munisipaliteit betrokke is. ) Aan sommige leerlinge is studiebeurse belowe. In die breë gesien was die besoek van die Noord-Kaap-wetgewer aan die Mier-gebied ’n vermorsing van tyd en belastinggeld. Miskien was dit ook ’n simboliese aanduiding hoe oor die Mier-gebied gevoel word, en ’n verdoemenis tot verdere agtergeblewenheid.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per epos ontvang word, sal voorkeur geniet.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
Besoekers se kuier in die vreemde gans te gou verby Annerie Louw EK en Skoonseun klim uit die trem op Amstel-stasie. Ons gaan besoekers van Suid-Afrika af daar ontmoet en my hart klop in my keel. Ons het nog laas in Suid-Afrika gepraat en reëlings vir die ontmoeting getref. “Van watter kant af gaan hulle kom?” wil Skoonseun nog weet toe ek hulle sien. Twee aantreklike manne op soek na bekendes. Wat ’n lekker gevoel om bekendes te sien nadat ek reeds drie weke in Europa
is en al na Suid-Afrika verlang. Dit is koud op die stasie, maar die oor-en-weer-groetery is warm en hartlik. Ons ruil vrae oor mekaar se welstand uit terwyl ons lekker in die warm trem sit en broei in ons dikste wintersklere. By Mooiste-hulle se huis drink ons warm koffie met broodjies en bespreek die toerplan van die dag. Ons klim af op Rembrandt-plein en poseer vir foto’s tussen beelde wat Die Nagwag uitbeeld. Die koue wind sny van voor, maar ons is avontuurlustig en opgewonde oor
die vreemde stad. Voorgenome besoeke aan die museums realiseer ongelukkig nie, want voorbereidings aan die Rijksmuseum word vir die inhuldiging van die koning aan die einde van die maand gedoen. Ons eerste rus is hot chocolate en latté in die Hard Rock Café op pad na Leidse Plein en ons kry ’n kansie om te kuier.
Ons stap oor die gragte verby die fietse en skewe geboue en verlustig ons in die erfenis van die stad wat ’n toeristemekka is. Die yslike Big Wheel voor die koningin se paleis en die hele mallemeule wat op Damplein opgeslaan is, grief my omdat dit die atmosfeer wat daar altyd is, bederf. Die besoek aan die Rooilig-distrik is flussies verby. Al is dit oggend is die meisies in die vensters in hul bikini’s pragtig en beskikbaar. Dit is die advertensies en uitbeeldings aan die mure wat ons verleë maak
en Skoonseun knip die besoek aan Walletjiestraat kort met net twee strate. Ons sluit die dagtoer om 17:00 met ’n bier in Vondelpark af. Die tyd het heeltemal te gou verbygevlieg toe ons teen 18:00 die trem huis toe haal. Ek wil die Suid-Afrikaners ’n bietjie langer by ons hou. Kan dit dalk wees omdat ek na Suid-Afrika verlang? Nie heeltemal nie, dit is omdat dit besonderse mense is vir wie ek graag wou trakteer. Iemand (en sy seun) vir wie ek omgee omdat hy my goed ken en vertrou.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
OWK dra tot program by André Botha ’n SKEUTJIE van die beste Noord-Kaapse wyn het menige gereg opgekikker in ’n nuwe kosprogram wat verlede week op kykNET begin het. Vir sowel die deelnemers as die beoordelaars was ’n glasie wyn van die OranjerivierWynkelder (OWK) ook tydens die verfilming van die reeks beskikbaar. Die OWK is die amptelike wynborg van die reeks Kokkedoor. Die program, wat om 20:00 uitgesaai is, is die eerste werklikheidskookprogram in Afrikaans. Altesaam 20 deelnemers het meegeding om die lekkerste geregte voor te berei. Die reeks is op Prins Albert in die Karoo verfilm.
Die kokke bestaan uit twee groepe. Die onthoukokke is mense wat van nature hul storie in ’n kombuis ken. Hulle kook uit hul hart en met ’n passie wat kom uit jare se ondervinding. Dié groep het nie formele opleiding gehad nie, maar kom gewapen met hul oumas, ma’s en familielede se resepte wat vir niks skrik nie, lui die bekendstelling van die program op kykNET se webtuiste. Die tweede groep is die kinkelkokke, almal óf professionele sjefs, óf wat formele opleiding in ’n kombuis gekry het. Die beoordelaars is Hetta van DeventerTerblanche, ’n koskultuurkenner, en die bekroonde Kaapse sjef Nic van Wyk. Die aanbieder is die bekende Mariëtta Kruger. Koos Visser, bemarkingsbestuurder van
die OWK, sê die benadering tot kos en kook in die program is iets waarmee die mense van die Oranjerivier-wynstreek vertroud is en een wat bydra tot die beeld van die streek wat dit ’n gewilde toeristebestemming maak. “En dan sien ons ook uit na die moderne kookkinkels wat dié kokke in hul geregte na vore bring.” Hy sê die OWK is veral verheug dat die vervaardigers die belang van wyn as aanvulling tot goeie kos besef. “Veral omdat die program so ’n sterk klem op kos as kultuur lê, is dit belangrik om vir die kykers te wys daar is ook ’n Suid-Afrikaanse wynkultuur wat hand aan hand met die koskultuur loop en wat mekaar eeue lank reeds aanvul.”
MARLÉ NEL (middel), bemarkingsassistent van die Oranjerivier-Wynkelder (OWK), saam met die twee beoordelaars van die kykNETprogram Kokkedoor. Links is Nic van Wyk en regs Hetta van Deventer-Terblanche. Foto: Verskaf
CALLING ALL ENTREPRENEURS
GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. LL CELL C POSTPAID SE TO R LE EA D A S SIGN UP A ES, DUCTS AND SERVIC O R P ID A EP R P R /O AND : AND BENEFIT FROM le for resa C products purchased ll Ce l al on ts un co is •D • Annuity income
JHB 41206/R
APPLICANTS MUST: th Cell C s to sign a contract wi es fie fi ali qu at th y tit en expenses • Be a legal tment and operating es inv l tia ini e th r ve e to co ncce an fina • Have the fin
CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000
5
Isaac op pad na Amerika ISAAC MAASDORP, ’n gr. 11leerling aan die Hoërskool Upington, is gekies om in 2013 die Global Young Leaders Conference in Amerika by te woon. Dié konferensie vir jong leiers begin op 1 Julie in die Sheraton Pentagon Cityhotel in Washington DC en eindig op 10 Julie by die St. Johns-universiteit in New York. Foto: Verskaf
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Party sal werwing nie duld André Botha ’n DA-WETGEWERLID op Groblershoop wil dié week in die voorste ry sit om seker te maak die LUR vir gesondheid se besoek aan die dorp word nie gebruik om stemme vir die ANC te werf nie. Karen de Kock sê dit is vreemd dat die aangewese premier, Sylvia Lucas, en verteenwoordigers van verskeie departemente die afgelope weke die dorp in die aanloop tot ’n tussenverkiesing hier besoek het. Kiesers van wyk 3 in die !Kheis-munisipaliteit gaan op 24 April stembus toe in ’n deurslaggewende tussenverkiesing wat sal bepaal wie die munisipaliteit sal beheer. Paul Vries, voorheen ANC-raadslid vir die wyk, staan as onafhanklike kandidaat met opposisie-
steun teen die ANC in die tussenverkiesing. Wen hy, neem die opposisie beheer oor die munisipaliteit oor. De Kock sê as Mxolisa Sokatsha, LUR vir gesondheid, sy besoek aan die dorp gebruik om stemme vir die ANC te werf gaan sy dit nie daar laat nie. Sy sê in die tussenverkiesing op Strydenburg in 2011 het provinsiale departemente ook veldtogte misbruik om stemme vir die ANC te werf. Johannes Joseph, DA-raadslid, het in ’n verklaring gesê munisipale amptenare word gebruik om stemme te werf. “Die munisipaliteit is gereeld soos ’n begraafplaas. Daar is niemand nie. “Van die amptenare wat die werwingswerk doen, is ook in hoëprofielposte.”
OP 23 Maart is Ben Eiman en Ismarelda Pienaar op Carnarvon in die huwelik bevestig. Albei woon op Kuruman.
Foto: Verskaf
Pak misdaad saam aan Joanie Bergh DIE maandelikse sektorvergadering wat onlangs op Kuruman gehou is, word as een van die suksesvolste nog beskou. Ansie Cilliers van die buurtwag sê voortslepende probleme is onder die munisipaliteit en polisie se aandag gebring en daadwerklike optrede deur elke faksie kan binnekort verwag word. Benewens die buurtwag en die raadslid van wyk 1 bestaan die vergadering uit onder andere verteenwoordigers van die polisie, verkeersdepartement, welsynsorganisasies en die gevangenisdiens. “Die sektorvergadering dra die gemeenskap se belange en bekommernisse op die hart,” sê Cilliers. Kwessies wat tydens die vergadering aan die lig gekom het – en as voorkeursake vir die Ga-Segonyanamunisipaliteit beskou word – is on-
der meer strate wat steeds sonder straatligte is, ’n ompad wat gebou moet word om swaar voertuie van Mothibistad om die dorp te lei en parke wat gerehabiliteer moet word. Floors Byleveld, die DA-raadslid van wyk 1, doen ’n beroep op die gemeenskap om geduldig met die werksaamhede van die munisipaliteit te wees. “Ons werk aan die dorp se infrastruktuur. In die meeste gevalle is die gereedskap wat ons benodig reeds bestel en ons wag net vir aflewering. Dit vat tyd,” sê hy. Volgens kol. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder, het die misdaadsyfer met 26% teenoor verlede jaar se syfer gedaal. “Ons tree strenger teen dwelmhandelaars en werk daaraan om hul aktiwiteite te strem. “Verder probeer ons om aktiwiteite in mensehandel op Kuruman te bekamp.”
Koopman het die gemeenskap gevra om die polisie te ondersteun en om hulle in te lig van enige misdrywe wat in hul gebied gepleeg is. “Alle inligting sal as hoogs vertroulik gesien word,” het hy benadruk. Cilliers het gesê die publiek moet meer paraat optree aangesien huisinbrake toeneem. “Gevalle waar hekkontroles gebruik word om die sein van ’n motor se alarmtoestel te versteur sodat daar by die motor ingebreek kan word, neem ook toe,” sê sy. Floors en Cilliers moedig inwoners aan om hulle by ’n sekuriteitsmaatskappy aan te sluit en om “hul bure te leer ken”. “Ons ken nie die mense wat om ons bly nie,” sê Floors. “Leer jou buurman ken sodat hy kan weet wanneer daar by jou huis fout is, sodat ons saam misdaad kan bestry.”
Kansa bied hulpmiddels KANSA probeer om op elke dorp ’n bergplek van hulpmiddels beskikbaar te hê vir gratis gebruik deur kankerpasiënte wat by die vereniging geregistreer is. Die hulpmiddels sluit duur artikels soos hospitaalbeddens, eierdopmatrasse, rolstoele, looprame, bedpanne, ensovoorts, in wat die terminaal siek pasiënt se lewe baie geriefliker kan maak. Hulpmiddels word deur die Kansa-verteenwoordiger op elke dorp aan die pasiënte geleen in die tydperk wanneer dit nodig is. Sulke hulpmiddels is op Upington, Kathu, Olifantshoek, Postmasburg en Kuruman beskikbaar. Vir meer inligting bel die streekkantoor op Upington by 054-332-4937 of die satellietkantoor op Kathu by 053-723-1326.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS Product has been styled for photography
per kg
Bulk Stewing Beef (Bone in)
1679
PnP no nameTM Viennas (Chicken, Red or Smoked) 500g
1049 Each
Each
Nola Lite Dressing 780g or Mayonnaise 750g
Each
PnP no nameTM Large Eggs 18s
1895
Each
1399
1799
4499
Glenryck Pilchards Assorted 400g/425g
Brookes Oros Orange Squash 2 litre
124
99 per pack
Pampers Active Baby Value Pack Disposable Nappies Mini 72s, Midi 62s, Maxi 54s, Maxi Plus 48s, Junior 44s or Extra Large 40s
ND AY 2 D BIRTH
13999 Each
Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml
75
99 Each
Wellington VO Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the A Age off 18 18. D Drink Responsibly.
GET DOUBLE POINTS
ON YOUR WHOLE SHOP ON BOTH 20TH & 21ST APRIL. Print your voucher at the kiosk
Always there for you PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1177064B_E
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Duo deel insigte deur hul kuns KAREN VISSER en Sylvera Engelbrecht wil graag met hul duo-kunsuitstalling hul uitsigte en insigte deur hul skilderye deel. Hul duo-uitstalling van kunswerke, uitgevoer in klassieke palette en semi-ekspressionistiese benadering, verbeeld dit wat tot hulle spreek in konteks en in konsep, terwyl die sterk, individualistiese karakter van elke kunstenaar behoue bly. Die kunswerke word in Maud’s Place in Schröderstraat uitgestal. Die uitstalling het Maandag begin en duur nog tot 11 Mei. Visser bly al 33 jaar op Keimoes. Haar man is ’n druiweboer. In die tydperk het sy ook as onderwyser aan die plaaslike hoërskool afgelos. Tans is sy ’n tuisteskepper, ouma van ’n pragtige kleinseun en weer student, want sy doen ’n nagraadse studie in geskiedenis aan die Noordwes-universiteit (NWU). Visser skilder al 29 jaar en het in die tyd gereeld kunsklasse by Lida Eksteen gevolg. Op ’n kunswerksessie in 1989, aangebied deur Richard Rennie, het sy nuwe vaardighede bygeleer. Haar kunsklasse het haar geleer om anders na die wêreld om haar te kyk, sê sy. Sy vind vreugde in die vasvang van lig in skilderye. Dinge wat sy uitbeeld, is dit wat in haar hart is, wat haar hart warm laat voel en laat klop. Dit is ook haar leefwêreld en haar loopveld. Dikwels tref ’n gesig of ’n landskap haar oog, of lig wat op ’n ui val en dit laat haar na die kwas gryp.
KAREN VISSER Lig en lyne is twee baie belangrike elemente in haar werk. Huise, landskappe, straattonele, vrugte en gesigstudies bied die geleentheid om met lig en lyne op ’n semi-ekspressionistiese wyse te eksperimenteer. Ryk, aardse kleure is altyd deel van haar palet. Haar skilderwerk is presies dit waarvan haar hart vol is, sê sy. Sylvera Engelbrecht skilder ongeveer 17 jaar al en geniet dit steeds. Sy het ook soos Visser klas by Lida Eksteen en noem dat Eksteen ’n groot bydrae tot kuns in die omgewing gelewer het. Sy het 13 jaar waterverfwerk gedoen, meestal van blomme en Bybelverhale. Die afgelope aantal jare spits sy haar toe op
SYLVERA ENGELBRECHT
DIE kunswerk Huisie op vlaktes, geskilder deur Karen Visser.
Foto’s: Verskaf
‘Daar is geen beter terapie as om agter verf en kwas weg te raak nie.’ – Sylvera Engelbrecht die skilder van vetplante en veral aalwyne, uitgevoer in akriel en olieverf. “Daar is geen beter terapie as om agter verf en kwas weg te raak nie,” sê sy. Engelbrecht is baie lief vir die natuur en aalwyne en vetplante spreek tot haar. Hulle gedy in die moeilikste omstandighede – ontvang so min, het ’n stryd om te oorleef in die natuur, maar op ’n dag is daar die mooiste blomme denkbaar te
sien en meestal op lang stele wat sê ons moet ons nie deur swaarkry laat onderkry nie, maar steeds blom. Sy raak liries oor die skeppingswerk van God en probeer dit op ’n eenvoudige manier so realisties moontlik weer te gee. Kom geniet koffie en quiche saam met hulle op die informele openingsgeleentheid Saterdag van 09:00 tot 12:00 in Maud’s Place. Rig navrae aan Elaine Vivier by 073-735-4772.
EEN van Sylvera Engelbrecht se skilderye wat op die kunsuitstalling te sien sal wees.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
DIERESORGVERENIGING
‘Gee my tog ’n huis’ Joanie Bergh
Help só
NEEM ’n kat of ’n hond aan om deel van jou gesin te word. Pryse wissel tussen R400 en R750 en sluit die sterilisering en inenting van die dier in. Rig enige navrae om die organisasie by te staan aan Ronel by 073-256-2059 of 053-712-0248.
“HULLE het die perd doodgeslaan. Hy was só uitgeput en verwaarloos soos hy die karretjie getrek het, toe slaan hulle hom dood.” Só sê Ronel de Beer, voorsitter van die Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman. Dit is ’n voorval wat haar sal bybly. De Beer het al die lelike deel van die mensdom gesien. Die mens wat katte by motors se vensters uitgooi, honde mishandel dat hul bene breek, diere wat so uitgehonger word dat hulle skaars kan loop en eindelik vir dood gelos word. “Ons sien dit so baie. Amper elke dag,” sê sy. Die DSV bestaan al sowat 25 jaar op Kuruman. Die organisasie beywer hom vir die veiligheid van diere en red dié wat in aaklige omstandighede probeer oorleef. Maar, soos enige nie-winsgewende organisasie, hang die DSV se voortbestaan van die gemeenskap af. “Daar is ’n handjie vol mense wat ons nog al die jare met skenkings ondersteun,” sê De Beer.
“Mense dink ons kry finansiering van die staat. Maar in werklikheid sal ons – as die publiek ons nie ondersteun nie – genoodsaak word om te sluit. “Die DSV sien nou na 40 hawelose katte en 45 honde om. “Personeellede gaan stap elke dag met die diere, hulle word uitgeborsel en gevoer. “Diere van oor die Noord-Kaap heen word hier afgelaai. “Ons hou nie daarvan om die diere uit te sit nie. En ons probeer dit so ver moontlik nie doen nie. Maar as niemand hulle kom aanneem nie, soos met die meerderheid katte, het ons geen ander keuse nie,” sê sy. De Beer het nog altyd ’n liefde vir diere gehad en probeer mense inlig om beter na hul diere om te sien. En nou met die winter wat om die draai is, het die vereniging die gemeenskap se hulp éérs nodig. “Ons sal enige ou komberse waardeer wat die diere in hul hokke warm sal hou.” Lede van die publiek kan ook honde- of katkos by die DSV kom aflaai. “Die Bybel leer ’n mens om na die diere om jou om te sien. Hulle is onder ons sorg geplaas,” sê sy.
KLOKSGEWYS van bo: By die DSV is verskeie klein katjies te kry. Van die grootste verskeidenheid weggooikatte kan hier aangeneem word. Van die pragtigste honde word hiér afgelaai. Die DSV huisves sowat 40 katte. Die meeste van hulle word vir oorlewing in oop velde afgelaai.
Foto’s: Joanie Bergh
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
JAN KGETHANG (links) en Frans Loloani maak ’n kis toe van iemand wat die volgende dag begrawe gaan word.
11
RAGEL JACOBS maak seker die lyk vertoon op sy beste.
Lykbesorger Werk ’n ‘roeping’ Joanie Bergh “EK hou daarvan om met lyke te werk. Ek was hul hare en maak hulle mooi. Hulle praat nooit terug nie . . . ek hou daarvan,” sê Ragel Jacobs. Jacobs werk al ses jaar by ’n begrafnisonderneming op Kuruman en help met die voorbereiding van lyke vir begrafnisse. Die meeste mense sien ’n lykswa in die straat afry of sien hulle in die begraafplaas wanneer ’n geliefde se lyk in ’n kis in die grond laat sak word. Maar min stel werklik belang in wát ’n begrafnisondernemer se werk presies behels. “Ons word gesien as geldwolwe en baie mense kyk op ons neer,” sê Edward le Grange, bestuurder van die International Funeral Society & Undertakers. “My werk is moeilik, want ek werk soms met lyke wat nie eens ’n kop het nie,” sê hy. “Maar, ek wéét dit is my roeping.” Le Grange is al 24 jaar ’n ondernemer. Op die ouderdom van 26 jaar het hy sy eerste lyk gesien. “Ek was besig met opleiding in Bloemfontein toe hulle my na die verkoelingskamer geneem het waar ’n wit vrou, wat in die 70 was, gelê het. Sy was met plastiek bedek.” Le Grange kon dit maklik verwerk en het kans gesien om dié beroep soos enige ander te volg. En, sê hy, hy het beroepsbevrediging. “Jy moet natuurlik ’n talent daarvoor hê om met lyke te werk. Maar die vervulling kom daarin om die familie deur hul hartseer by te staan,” sê hy. Die belangrikheid van die begrafnisondernemer se werk word baie onderskat, want dit is presies die soort beroep waarvoor niemand kans sien nie, maar wat almal nodig gaan kry. “Ek sien ’n lyk as iemand wat slaap. Hulle kan niks aan jou doen nie.” Edward en sy span is 24 uur van ’n dag beskikbaar. As sy foon lui, weet hy dat hy ’n lyk moet gaan haal. “As ons by die lyk kom, maak ons eers seker die mens is werklik dood.” Hulle voel die pols- en die nekslag en lig die ooglede op om die waserige oë te
sien. Daarna word die lyk in die lykswa gelaai. By die lykshuis word die lyk op ’n draagbaar op ’n lêpan neergelê en eindelik in ’n koelkamer ingestoot. Tot ses lyke kan so in ’n koelkamer lê. “Ons sit ’n stut onder die lyk se nek om te verhoed dat die bloed na sy kop loop.” Die koelkamer is tussen 0 °C en 3 °C koud. “Die lyk kan nie te koud wees nie, anders kan dit so verstyf dat ons dit nie kan beweeg nie,” sê hy. Dan word die begrafnis gereël; dit waarvoor baie families nie kans sien nie, maar wat sy werk is om te doen. “Ons reël onder meer die dominee, blomme en programme.” Die begrafnisondernemer bespreek ook ’n graf by die munisipaliteit. Die standaardgrootte is 2,1 m x 70 cm. Die dag voor die begrafnis word die lyk uit die verkoelingkamer gehaal en word in die klere wat die familie gekies het, aangetrek. “Ons het respek vir die dood,” sê Le Grange. “My vroulike personeellede werk met vroue en mans werk met mans.” Enigiets van brille, oorbelle, haarknippies en kouse word aangetrek. Jacobs sê: “Dit is vir my baie lekker om die lyke mooi te maak. Hul hare te blow dry, rooi lipstiffie op te sit of hul naels te verf as die familie dit wil hê.” So, wat kan verkeerd loop in ’n begrafnisondernemer se werk? “Sjoe, die lykswa kan ’n pap band kry of in die middel van ’n stoet sonder petrol gaan staan of die gat waarin die kis ingesak moet word, is te klein,” sê Le Grange. “In my beroep is die ergste wanneer ek ’n kind of ’n babatjie moet gaan haal. Dit voel onregverdig. Daardie persoon het nog nie ’n behoorlike kans op lewe gehad nie. Ek sal nooit daaraan gewoond raak nie.” Terwyl baie mense bang is vir die dood aanvaar Le Grange en sy familie die werklikheid daarvan. “Die dood is ’n werklikheid en jy moet daarvoor gereed wees wanneer dit jou beurt is. “Jy moet net weet waarnatoe jy gaan.”
‘My werk is moei lik . . . Maar, ek wéét dit is my roeping.’
EDWARD LE GRANGE staan by die verkoelingskamer waarin die lyk gehou word.
Foto’s: Joanie Bergh
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Fliek keer op keer gewild Carika Smit RISE OF THE GUARDIANS is ’n lekker animasierolprent vir jonk en oud. Dit handel oor al die sprokieskarakters met wie ons grootgeword het en wat nou al generasies aan ons en ons kinders oorgedra word. Die Tooth Fairy, Paashaas, Kersvader, Klaas Vakie (Sandman) en dan, natuurlik, die hoofkarakter, Jack Frost, die seun wat sneeu en die koue bring. Dit gaan alles oor kinders se verbeeldingswêreld. Hoe meer kinders in die karakters glo, hoe duideliker word hulle sigbaar. Hoe sigbaarder hulle raak, hoe meer kan kinders met die karakters speel en in hul wêreld deel. Moenie van die Boogeyman wat nagmerries en vrees bring, vergeet nie. Die Boogeyman probeer om al die kinders na sy wêreld te ontvoer en daar is ’n vete tussen hom en Klaas Vakie.
So het die Boogeyman vrees onder die kinders veroorsaak nadat hy Klaas Vakie gevang het en al die sprokieskarakters begin kwyn het. Totdat die Maan een aand vir Kersvader gesê het dat hulle nog ’n bewaker moet kry – Jack Frost. Jack Frost, ’n stoute seun, neem die hele gesin op ’n ongelooflike avontuur terwyl hy Klaas Vakie probeer red. Ek het twee seuns, onderskeidelik ses en drie jaar oud. Hulle kyk herhaaldelik Rise of the Guardians en geniet dit elke keer terdeë. Om Rise of the Guardians te sien gaan na Mr Video of skakel 053712-3939. ) Carika Smit is ’n advertensiekonsultant van die Kalahari Bulletin.
Operation Smile comes Kies só skool to offer help in the NC Petro Spangenberg
OPERATION SMILE is an international children’s medical humanitarian charity with a presence in more than 60 countries. This organisation provides free, safe reconstructive surgery for children and young adults born with a cleft lip, cleft palate and other facial deformities. And they are coming to your area. The organisation is dedicated to helping improve the health and lives of children and young adults. According to Themba Mzondi, spokesperson of Operation Smile, somewhere in the world a child is born with a cleft lip and cleft palate every three minutes. They are often unable to eat, speak, socialise or smile. Today, tens of thousands of the children born each year with a cleft lip and/or cleft palate remain untreated. According to research, 1 in 10 children born with a cleft will die before their first birthday. Operation Smile has provided over 200 000 free surgeries for children and young adults born with facial deformities such as cleft lips, cleft palates and burn patients. Operation Smile South Africa
will be visiting the Northern Cape from 20 May to 24 May to conduct a pre-screening mission which will give them an indication of how many people in the province are in need of corrective surgery. Pre-mission assessments are also an indication of how many people are expected at the South Africa Medical Mission, which will take place in November this year. During a surgical mission a team of medical and non-medical volunteers provide free surgeries to anyone born with a cleft lip or cleft palate. The venue for the surgery is still to be confirmed. Operation South Africa wants to reach as many people as possible. Conducting pre-mission assessments gives them a good indication of the need in the area and allows them to reach the people who need their assistance the most. Operation Smile South Africa will be at the Kuruman Hospital on 22 May between 08:00 to 10:00 and in Upington from 14:00 to 16:00. Call 021-447-3608 for more information and to book a pre-screening session.
TEBATSO MAGORO (4) was born with a cleft lip.
AFTER surgery by Operation Smile South Africa, Tebatso’s lip was reconstructed and she could enjoy a normal childhood.
DIE Vroue-Landbou-vereniging op Kuruman vra: Private of staatskole? Tydens die opvoeding-en-kultuurvergadering het sameroeper RethaJane Buys vir Deirdré Nieuwoudt, hoof van die Kuruman Christian Academy (KCA), gevra om oor private skole in Suid-Afrika te praat. Volgens Nieuwoudt kom die meeste ouers of grootouers wat erns wil maak van hul kinders se opvoeding te staan voor die keuse tussen staats- en private onderrig. Suid-Afrikaanse wetgewing maak voorsiening vir onafhanklike onderrig wat Christelike, semiprivate en private skole insluit. Dié skole mag hul eie etos bepaal, maar alle skole in Suid-Afrika moet aan die minimum uitkomste en standaarde van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NCS) voldoen. Hoewel die Grondwet godsdiensvryheid toelaat, het baie staatskole nie-godsdienstig geraak om alle gelowe te akkommodeer. Dit lei dikwels tot konflik tussen die kind se geloof en wat by die skool gebeur. ’n Kind gaan sowat 18 000 uur van sy 5de tot sy 18de jaar skool. Dit bly egter die ouers se keuse wie die meeste invloed op sy kinders gaan hê. Die kennis, houding, waardes en vaardighede wat ’n kind in die onderwysstelsel leer, word van die wê-
reldbeskouing van die onderwyser of skool vasgelê. Die meeste private skole is Christelike skole waar die kurrikulum rondom God gebou word. Kleiner klasse, ’n holistiese benadering, goeie dissipline en ’n goeie akademiese standaard is ’n paar voordele van dié soort onderrig. Niewoudt sê sy glo Christelike onderrig is bedoel om ’n hulpbron vir die wêreld en nie ’n ontvlugting van die wêreld te wees nie. Die meeste private skole is duurder as hul staatseweknieë, maar die akademiese aandag kan nie in geldwaarde gemeet word nie. Die menslike faktor bly die deurslaggewende een en elke kind bly almal se verantwoordelikheid.
DEIRDRÉ NIEUWOUDT, hoof van die KCA. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
13
Ken jy dié oud-Uppies? KEN jy dalk die oud-Uppies op die rugbyfoto? Die Hoërskool Upington hou op Vrydag 26 April om 17:30 ’n skemerkelkgeselligheid in sy klubhuis. As jy al die name van die spelers op die foto kan verskaf, wen jy ’n jaar gratis lidmaatskap van die bond. Rig navrae aan 054-3321491. Foto: Verskaf
Kies self wie of wat jy wil help DIE eerste keer nog het Suid-Afrika ’n geldinsamelingsprojek waar die mense self kan kies wie by hul skenking baatvind. Daar sal vyf verskillende plakkers wees (selfs een vir jou selfoon) en jy kan besluit waar jou hart lê, hetsy dit diere, bejaardes, kinders, mense met gestremdhede of dalk selfs onderwys en opleiding is. Jy kan kies: ) Allerhande diere. ) Basiese gemeenskapsdiens. ) Koel kinders. ) Dienslewering aan mense met gestremdhede. ) Noodsaaklike onderwys. Nou kan jy gee waar jou hart lê . . . en dit hoef nie net vir een van die afdelings te wees nie. Tekkie Tax is ’n jaarlikse geldinsamelingsprojek vir ’n groot verskeidenheid van ons land se grootste, kleinste en betroubaarste welsynsor-
ganisasies. Die projek (en sy bankrekening) word nie deur net een welsynsorganisasie beheer nie en elkeen van die deelnemende organisasies sal deel in die opbrengs en sukses van die projek hê. Annelise de Jager, projekorganiseerder, sê: “Daar is te veel voorbeelde van welsynsorganisasies wat groot bedrae geld verloor het in onsuksesvolle pogings om geld in te samel. “Die Tekkie Tax-veldtog gee ’n geleentheid aan selfs die kleinste organisasie in die land om deel te wees van
’n nasionale geldinsamelingsprojek met 0%-risiko en maksimum voordele. Die geheel is groter as die som van die dele – ek glo as ’n span kan welsynsorganisasies in Suid-Afrika veel meer vermag as elkeen se individuele pogings saamgevoeg.” Die publiek kan natuurlik ook betrokke raak. Die bemarkingspan is op soek na ’n kontakpersoon in elke maatskappy in Suid-Afrika, ongeag hoe groot of klein die maatskappy. Individue word genooi om hulle te registreer op die Tekkie Tax-webtuiste waar hulle ’n vorm kan invul om seker te maak hul maatskappy sal deel van die dag wees. So, waar jy ook al is, maak ’n nota in jou dagboek van Tekkie Tax wat op Vrydag 31 Mei sal plaasvind. Vir meer inligting skakel 012-6638181 of besoek www.tekkietax.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
MAZDA B1600, 1995: R29 500. 2002 Bantam 1300, canopy: R30 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. MATTE SKILLS TRAINING Dump Truck Drilling LHD Scooptrum Excavator Mobile Crane Tower Crane TLB Time Rock Free accommodation, etc. Phone 014 592 8429 or 072 226 0725.
AUDI A4 1.8T (B8), 2008, Attraction, Multitronic. 113 000 km, silwer, soos nuut. R185 000 (nie ohb), boekwaarde R228 000. Skakel Christo 083 255 4701. BMW 318i, 1990, fullhouse: R19 500. 1990 Golf 2, mags: R19 500. Phone 072 472 8686
PLATINUM TRAINING PTY. REG 2012/202008/07. Excavator, dump truck, mobile crane. LHD Scoop. Drill rig. Front-end loader. Overhead crane roller, blasting, boilermaker, job assistence available. Utility vehicles. Phone 083 314 3397 or 014 784 4425 Kuruman and Rustenburg. Free accommodation and transport.
2-SLK-woonstel met sitk, kombuis en eie badkamer, onderdakparkering. R7 800 water, krag en DStv ingesluit. Skakel 084 552 9161 of 082856 1216. WOONSTEL te huur: R4 300 p.m. krag en DStv ingesluit. Sentraal geleë en loopafstand van dorp. Skakel 084 800 7779.
BMW 325i, 1997: R28 500. 1997 Tazz 1300: R28 500. Tel. 072 472 8686. CORSA: 2-DOOR, 2004: R29 500. 1998 Corsa: 4-door, excellent, R29 500. Phone 072 472 8686. HYUNDAI 1.3, 1999 fullhouse: R16 500. 1992 Jetta 2 1600: R19 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409. JETTA 3 1600, 1996: R25 000. 1999 Golf 1600: R25 000. Phone 072 472 8686. KIA SORENTO 2.5 CRDi, 4x4, 2007, silver, grey leather. Chrome nudge and side bar, T/B. 130 000 km, FSH. Excellent condition. R154 000. Phone Christo 083 255 4701.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.
HONDEJASSIES vir die winter. Skakel 072 341 4407.
KONTANTKOPER soek 3slaapkamer-huis in Kuruman. Skakel 083 524 4995.
SKOTSE TERRIëRbabahondjies. Skakel 082 920 0857
GANSE TE KOOP @ R50 stuk. Skakel 082 824 6281.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
DEBONAIRS KURUMAN looking for casual drivers for delivery and casual cashiers.
3 SLAAPKAMERS, 2 badkamers teen R14 000 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. House to rent in Kuruman 3-bedr house, 2 bathr, 1 garage, 3 carports and an established garden with automated sprinkling system to rent for R10 500, neg. Please phone 082 776 4945 or 082 332 4788 Huis te huur in Kuruman vanaf 1 Mei 2013. 3 slk met 2 badk, sitk, eetk, TV-k, kom-buis, opwaskamer met swembad en lapa - R11 000 p.m. Skakel 076 703 3675 COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
14
Doen draadwerk afbreek en opbou en nuwe lyne Kontak 072 381 9030 Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse.Aubrey 072 747 1991 Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991
KURUMAN: 3 slk, 1 badk, sitk, kombuis, eetk, enkelm/h, afdak en buitekamer met toilet. Skakel 082 522 6865 vir verdere inligting.
MEENTHUIS: 2 slaapkamers. Water en krag ingesluit. R6 600 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123.
EXPERIENCE SALESMAN for a spares shop required - experience in Motor Spares & Accessories will be beneficial. Market related salary & benefit's incl. To start immediately. Fax CV to 086 654 5919.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
MEENTHUIS: 2 slaapkamers, enkel- m/h. Sekuriteitskompleks. Baie ruim. R8 800 - R9 900 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. MEENTHUIS: 2-slaap-kamer (water ingesluit) teen R5 700 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. MEENTHUIS: 3 slaapkamers, 2 badkamers, R12 100 p.m. Skakel 083 561 6705 of 053 712 3123.
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
BANTAM 1600 XLT, 2003, canopy, R42 500. Bantam 1300, 2004, canopy, R37 500. Phone 072 472 8686. HILUX 3000 KZTE Raider R/B, 2001. White, rails, rollbar, nudgebar, towbar. 180 000 km. Exceptional condition, serviced. Very popular, scarce. R99 500 (not negotiable). Tel. Christo 083 255 4701. ISUZU KB250, 1995: R35 500. 1994 Isuzu KB250: R35 000. Phone Thinus 072 472 8686. ISUZU KB300 D-TEQ E/Cab, 4 x 4, 2008. Canopy, white, 117 000 km, FSH. Very neat. Once-in-a-lifetime offer! R187 500. Tel. Christo 083 255 4701. MAZDA 250D, 1998, R39 500. Toyota 1800, 1996, long base, R39 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409.
SOEK, KOOP, VERKOOP
Boedel Wyle ANN LINKS. Adres:Angelierstraat 1 Postdene,Postmasburg Boedelnommer 1625/2004 Geboortedatum 16/03/1952 Identiteitsnommer:52031600 07089 Datum oorlede:13/12/2003 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf.Datum: 19 April 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende.Geteken te Kuruman op die 8ste dag van April 2013. KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
B E T R E K K I N G S
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Finsch Diamond Mine is located in the town Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Senior Safety Officer The successful candidate will be responsible for monitoring and evaluating safety trends and providing training and coaching services to legal appointees at Petra Diamonds – Finsch Diamond Mine. He/she will initiate, implement, improve and maintain Finsch Mine Safety Management Systems as guided by OSHAS18001:2007 Principles. Tasks and responsibilities: • Carry out inspections as per regulations 2.17.1 of the MHSA and make recommendations on routine inspections concerning Health and Safety • Review all incident reports, compile and analyse monthly statistics. Minimum requirements: • Grade 12 • National Diploma in Safety Management (NADSAM) or equivalent in Occupational Health & Safety • COMSOC 1 and 2 • Blasting Certificate • Valid Code 08 driver’s licence • Registered as a Safety Professional by IOSM • Valid Certificate of Fitness or fit enough to obtain one • Good verbal and written communication in English • Knowledge of and experience in incident/accident investigation • Knowledge of risk assessments methodology system. Other skills/competencies: • 5 years’ practical knowledge of and experience in daily safety and health management systems, preferably underground and/or in the metallurgy plant or as Technical Supervisor in a mining environment • Knowledge of the Mine Health and Safety Act (Act 29 of 1996) and other related legislation applicable to a mining environment • Competency in MS Office suite • Ability to function as a team member • Strong interpersonal communications, tact, good judgement and analytical skills • Familiarity with Finsch Mine safety programmes will be an advantage. (Ref. FINSCH066) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 24 April 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 97949
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Ruiters beïndruk
TOP die nasionale arabierperdkampioenskapsbyeenkoms wat van 19 tot 23 Maart op Parys plaasgevind het, het Leandri du Toit, Dioné Cilliers en Karla van Zyl besonder goed gevaar. Leandri het ’n derde plek in die topvyf in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir junior Westerse plesierperd met Jaudimey Nadirah behaal. In die senior country-plesierklas, merries en reunperde, het sy ’n vierde plasing verower en in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap countryplesier- senior perde ’n vierde plek
LEANDRI DU TOIT op Jaudimey Nadira. REGS BO: Karla van Zyl op FS Senora Tango. Foto’s: Verskaf
LINKS: Dioné Cilliers op Karana Antya.
in die topvyf met EKS Integrity behaal. In die senior merries en reuns, kostuumperd, het sy ’n eerste plek behaal. Dionè het met Karana Antya ’n vierde plasing vir die Suid-Afrikaanse nasionale junior ruiter ontvang en ’n vierde plasing in die Suid-Afrikaanse nasionale kostuumklas vir junior ruiters, asook ’n derde plasing in die Suid-Afrikaanse nasionale Hunter Pleasure junior ruiters, verwerf. Karla van Zyl het in vier verskillende klasse met FS Senora
Tango, ’n jong merrieperd, deelgeneem. Ruiter en perd het die eerste keer aan ’n skou deelgeneem en hulle baie goed van hul taak gekwyt. Janien Strauss, wat al drie die ruiters afrig, is baie beïndruk met hoe die drie jong ruiters die druk van so ’n groot en belangrike skou teen baie ervare ruiters gehanteer het. Nou sien hulle baie uit na hul komende deelname aan die NoordKaap-kampioenskapsbyeenkoms van 2 tot 7 Mei op die Upington-ekspo op Upington.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
19
Borg span se truie DIE Hoërskool Kalahari het onlangs sy nuwe borg op ’n geselligheid vereer. Kobus Botes, eienaar van Blue Chip Mining, is vanjaar as die nuwe borg vir die eerste rugbyspanspelers se truie aangewys. Benewens die klere en vervoer wat Botes gaan borg, gee hy ook R5 000 se prysgeld vir die wenspan op die interskolebyeenkoms. Hy borg ook die Blue Chip Mining-trofeë. Van links is Kobus en Mariëta Botes, Andrew Brundyn (afrigter) en Johan Jonker (skoolhoof).
Wedstryde eindig baie gelykop DIE rugbyklubs van Kuruman en Sishen het met twee spanne teen mekaar op Kuruman se velde meegeding. Die klubs se tweede spanne het in die Van Druten-streek se tweede liga teen mekaar meegeding. Hulle het elk met ’n telling van 19 geëindig. Spelers wat in die Sishen-span uitgestaan het, is die stut PG Scholtz en die flank Mario Mnguni van die Kuruman-span. Mnguni is ook as speler van die wedstryd
uitgewys. Die eerste spanne van die klubs het nie teruggestaan nie en in ’n naelskraapse wedstryd het Sishen 1 met 29-28 geseëvier. Hoewel die rustydtelling 21-14 in Sishen se guns was, het Kuruman teruggeveg en minute voor die einde van die wedstryd nog met 28-26 voorgeloop. Kuruman het egter in die laaste minuut gefouteer en Sishen se losskakel het die spyker in Kuruman se doodskis geslaan.
Ry na Mosselbaai DIE Kalahari-Kwaggas-motorfietsryers het onlangs ’n reis na Mosselbaai meegemaak om aan die Buffalo Rally deel te neem. Die uitstappie was besonders en die motorfietsryers het die wêreld platge-
ry. Sowat 14 000 motorfietsryers het deelgeneem met van die mooiste motorfietse in die land. Om deel van die klub te wees kontak Pieter Cordier by 083-660-0372.
LEERLINGE aan die Verenigende Christen-studentevereniging (VCSV) aan die Hoërskool Kalahari het onlangs die Nasionale VCSV–kamp op Tulbach bygewoon. In die Kaapse natuurskoon het hulle aan allerlei aktiwiteite deelgeneem wat die kamp vir hulle ’n onvergeetlike ervaring gemaak het. Hier is die groep VCSV-leerlinge net voor hul vertrek.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013
Design helmet for fastest man
THE Bloodhound SSC Project invites learners in the Northern Cape to participate in a competition to design artwork for a helmet for Andy Green, the fastest man on earth. Andy is the current holder of the world land-speed record and will also be in the cockpit of the Bloodhound supersonic car. This very special and extremely fast car will attempt to break the world land-speed record in 2014 and reach 1 600 km per hour in 2015. These supersonic runs will take place at Hakskeenpan, a large, flat dry lake bed near Groot Mier in the Northern Cape. Andy’s helmet will be seen around the globe when the car runs on Hakskeenpan – so this is a unique opportunity for a young artist from the Northern Cape to achieve worldwide visibility. You can see what the car will look like by visiting the project website at www.bloodhoundssc.com. “We encourage the young designers to work with the blue and orange colours of Bloodhound SSC, as well as to represent South Africa and the Northern Cape in the design,” advises Wendy Maxwell, education officer for the project. Learners must use the official competition template (A3 size) and must ask their teacher and head teacher to sign their work. All entries must reach the William Humphreys Art Gallery (PO Box 885, Kimberley 8301) by 3 May at the latest. The competition is supported by the Northern Cape Department of Education, the William Humphreys Art Gallery, Xerox and the Bloodhound Education Programme. If you have access to the
internet and an A3 printer, you can download the competition template at http://www.bloodhoundssc.com/helmetdesign. You can also get hold of a template by sending your name and postal address to Wendy at sabloodhound@gmail.com.
ANDY GREEN (left) and Richard Noble (project director) with a scale model of the Bloodhound supersonic car. RIGHT: A template to use when designing the artwork for Andy’s helmet.