Kalahari upington bulletin 01 10 2014

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

2 OKTOBER 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Blye weersiens ná 20 jaar

DIE 1994-matriekklas van die Hoërskool Keimoes het die naweek sy 20-jaarreünie gehou en het Saterdagaand vir ’n skemerkelkie op Tierberg buite Keimoes bymekaargekom. Die groep oudleerlinge het al sedert die Vrydagaand die ou dae herdenk en sommer net lekker in die Ou Skool-gastehuis in Neilersdrift saamgekuier. Foto: Anena Burger


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Tot ramkat geniet die spoedpan Pieter Steyn

Agter in haar Volkswagen Caddy is ’n dubbelbedmatras en haar twee katte, Victoria en Pikkewyn, haar kinders. “Ek is lief vir alle diere, maar die afgelope vyf jaar was die twee katte my kinders.” As sy met hulle praat, praat sy ook van Boetie en Sussie.

HIER byt almal in die stof, letterlik. Behalwe as jy John Block of een van sy vriende is. Soos ’n wafferse oliesjeik het dié Noord-Kaapse LUR vir finansies, ekonomie en toerisme sy markiestent hier op dié warm, winderige pan opgeslaan. Hier kuier hy en sy kamerade, vriende en sakekennisse dag en nag om. Die eerste paar dae was Block nie self teenwoordig by die Kalahari Speedweek nie, maar dit het die partytjiegangers nie gekeer nie. ’n Besoek aan die tent onthul dit is toegerus met baie gerieflike rusbanke, ’n eie kroeg tjok en blok gestop met duur drank soos Johnny Walker Blue Lable, ’n eie kosopskep-gedeelte vér weg van die gepeupel s’n en boksvrieskaste vol . . . wel, niemand weet van wat nie, maar beslis vol dinge om die 45 grade Celsius draagliker te maak. Deurnagkrag Al dié dinge word aangedryf deur ’n reuse-kragopwekker, gemonteer op ’n sleepwa, wat deurnag dreun. Die ligte word soggens kort voor 03:00 afgesit wanneer die klipharde musiek stotterend en struikelend tot ’n einde stu. Die Porsche Panamera waarmee hy en van sy vriende laatmiddag op die baan jaag, kos meer as R1 miljoen, maar dit behoort glo nie aan Block nie. Op een van Block se wegspringe het hy oor die eerste kilometer ’n skaflike 240 km/h behaal, maar teen die einde, waar die snelheid deur ’n spoedkamera gemeet word, is sy amptelike snelheid 83 km/h,

IN die dansende hitte van Hakskeenpan, diep in die Kalahari en digby die Namibiese grens, is die afgelope weke gejaag dat die stof staan. En enige ryding, solank dit wiele het, was welkom. Oud, nuut, vinnig, stadig, petrol, diesel of trap, was welkom om hul snelheid oor 5 km op dié pan te toets. Foto: Verskaf word in die kuiertent van die gepeupel geskinder. Maar aan Block en sy vriende se manewales steur die meeste van die petrolkoppe, soos Speedweek-renjaers hulself noem, hulle glad nie. Van heinde en ver, van Witbank tot Durban, van Kaapstad tot Kroonstad, Viljoenskroon en Welkom, bring die mense hul rygoed.

Grant Ensor-Smith van Witbank en sy vriende se karre is almal koningsblou en dié karre se enjins is almal warm gemaak. Met sy eie Chevrolet Lumina SS, met die nommerplaat “Kiss my SS”, het hy Vrydag twee keer gegly en nie neus eerste oor die eindstreep gegaan nie, maar oorgeskuur met sy twee linkerwiele – in die breedte – en dít teen

187 km/h. “Kyk hoe bewe my hande,” het hy gesê toe hy uitklim. Sy bewerigheid het hom egter nie gekeer om ’n hele paar “nollies” (doughnuts) op die pan te gooi nie. Nog iemand wat dit geniet het, is Joey Gouws, ’n verpleegsuster van Mosselbaai, wat die 1 300 km tot op die pan “kuier-kuier” afgelê het.

Rammetjie- en ooikat? Sy wil haar doodlag vir die plaaslike kinders wat haar vra of dit ’n “rammetjie- en ’n ooitjiekat” is. Dié katte het geen hondelewe by Joey nie. Elkeen het ’n paar spesiale uitrustings vir Speedweek gekry. Victoria het ’n verskeidenheid hooftooisels – van ’n gehekelde breërandhoed tot ’n pienk pet – albei het gate in waar haar oortjies uitsteek. Dan het sy nog ’n tabberd van materiaal met ’n blommotief en dit word afgerond met ’n modieuse sonbril, spesiaal ingevoer van Amerika – spesiale kat-sonbrille. Wanneer sy, aangetrek en opgetof, uitgestrek op die kampstoel lê, herinner sy aan ’n waardige ou dame. Pikkewyn is min gepla met die wêreld om hom – kyk net op wanneer een van die monsterkarre brom. Vir hom het Joey ’n spesiale pet, das en ’n hempie, afgerond met die sonbril. Hy verkies om in sy spesiaal ingevoerde stootwaentjie sy tyd op die pan te verwyl. “Ek kan my aan mense verkyk wat hulle verkyk aan my katte,” lag Joey. “Almal hier op die pan vra my of ek hulle iets ingee om hulle rustig te hou, maar al wat ek gee, is liefde en aandag.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

3

ONS MENSE

Twee vroue leef só liefde vir bak uit Lecrecia Prins ’n REËNBOOGKOEK, Ferrero-kolwyntjie of koeklollie. Maak nie saak wat jou smaakkliere begeer nie, die vroue van Taste Buds kan hierdie behoefte bevredig. As jy dink jy wil eerder nie eet nie, kan jy ook maar net kyk. Cindy Victor en Ann-Jolene Fourie het ’n eetgoed-stalletjie op vanjaar se skou in die dorp gehad. Al twee is lief vir bak en het daaraan gedink om hul eie onderneming te begin. Sowat drie weke voor die skou het hulle besluit om Kuruman se mark te toets. Dit is waar die idee vandaan gekom het om ’n stalletjie op die skou te beman. Dit was die beste geleentheid om te sien hoe mense op hul eetgoed reageer. Die toetslopie het goeie reaksie ontlok en Taste Buds was tweede in die kategorie vir beste kosstalletjie. “Ons het baie komplimente gekry. Baie mense het gevra hoekom maak ons nie ’n winkel oop nie,” vertel Victor. Daar het baie beplanning in die voorbereiding vir die skou gegaan. Victor en Fourie moes beplan hoe hulle hul produkte vars gaan hou. Hulle moes elke dag die koeke na die skouterrein vervoer en in die aande weer oppak. Hulle het 300

kolwyntjies van verskillende soorte gehad. Daar was Rolo-koekies, truffels en koeklollies, daar was selfs ’n reënboogkoek (wit buite en verskillende kleure binne) en swartwoudkoek. “Die reaksie van Kuruman het ons wildste verwagtinge oortref,” sê Victor. “Bak was nog altyd vir my ’n stokperdjie. Ek het nie geweet ek kon dit doen nie, ek het nie eens huishoudkunde op skool gehad nie. Ek het nooit geweet dit is my talent nie, ek het net geweet ek kan iets met my hande doen.” Victor sê nie alles verloop altyd seepglad nie. “Daar was al baie flops, maar ’n mens leer daaruit.” Haar inspirasie kry sy van prentjies af, dit is amper soos ’n afkyk-talent. “Dit wat die oë sien, kan die hande vorm. Jy kan die prent sien, maar jy moet steeds die resep self maak.” Fourie bak ook, maar is baie beskeie oor haar skeppings. Sy beskou haar as die bemarker van Taste Buds en nie as bakster nie hoewel sy ook help om te bak. Vir haar is Victor haar inspirasie. “As ek nie iets kan bak nie, vra ek Cindy om my te help. Maar ek verkies eerder die bemarking as die

bak. Ek en Cindy werk lekker saam. Daar is altyd ’n vrolikheid en gelag in die kombuis as ons saam bak, maar alles word steeds in rekordtyd gedoen met die foute ingesluit. As iets nie reg gebak is nie sal Cindy dit oor bak. Sy sal dit oor doen totdat sy tevrede is met die produk. Dit moes alles van die hoogste gehalte wees. Die vroue van Taste Buds se toekoms lê oop voor hulle. Daar is nog baie marknavorsing wat gedoen moet word om die perfekte plek vir die onderneming te kry. Hulle beplan om dit soos ’n deli te bedryf waar kliënte nie verplig is om te sit en koffie drink saam met hul koek nie. Daar kan wel gesit en gekuier word oor ’n sny koek. Hulle streef daarna om eetgoed te maak wat nie in winkels verkoop word nie en wil uniek wees op ’n kreatiewe manier.

TASTE BUDS se eet- en drinkgoed is nie net lekker nie, dit lyk ook te pragtig. Foto: Ilse Watson DIE reënboogkoek van Taste Buds. Foto: Ann-Jolene Fourie

‘Dit wat die oë sien, kan die hande vorm. Jy kan die prent sien, maar jy moet steeds die resep self maak.’ – Cindy Victor

TASTE BUDS se uitstallings van hul produkte is so aanloklik en dit maak ’n mens net lus om te eet. Foto: Ilse Watson

DIE twee vroue van Taste Buds wat verantwoordelik is vir die heerlikste eetgoed en koeke (hulle bak ook nou troukoeke) is Ann-Jolene Fourie (links) en Cindy Victor. Foto: Verskaf


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Regering moet ingryp MOORD en gewapende rooftogte, huisinbrake, verkragting en vele ander vorms van misdaad vier al jare hoogty in Suid-Afrika. Dié hoë misdaadsyfers skep ’n wanopvatting by oorsese inwoners, maar daar is tog nog veilige gebiede om te besoek. Hoewel Suid-Afrika steeds ’n stewige toerismevloei beleef, is daar baie mense wat weens die hoë misdaadsyfers weier om Suid-Afrika te besoek. Oorsese toeriste se juwele word sommer van hul nek af gegryp. Handsakke word gesteel en oral word by motors ingebreek. Booswigte dink allerhande nuwe truuks uit om te roof. Is jy veiliger deur ’n vuurwapen te besit? Hieroor is daar verskeie menings, maar dit wil voorkom dat dit beter is om nie een te hê nie. Inwoners van Suid-Afrika woon in “tronke”: staaldeure en diefwering voor die vensters, asook ’n alarmstelsel. Maar dit blyk ook nie ’n afskrikmiddel vir booswigte te wees nie. Hulle storm net in, beveel jou om te maak soos hulle sê of jy word geskiet. Só word mense se kluise beroof en juwele gesteel.

Kosbare besittings is daarmee heen. Dit laat ’n wrang smaak in ’n mens se mond. Die wrede verskynsel van verkragting, selfs van baie jong kinders, in Suid-Afrika is ontstellend en dit vul ’n mens met skok en vrees. Geweld word as ’n noodsaaklike manier beskou om konflik mee op te los. Werklose mense steek vragmotors aan die brand om dit onder die aandag van die regering te bring dat hulle werkloos is. Die strafregstelsel van Suid-Afrika blyk vol korrupsie en ander probleme te wees. Individue en groepe pas misdaad toe om hul saak te stel of om net kos vir hul gesinne te verkry. Mans, vroue en kinders word wreed verkrag. Jong mense is kwesbaar en sommige word deur onbevoegde ouers grootgemaak en is deel van ’n swak samelewing. Weens armoede, onstabiele lewensomstandighede en teenstrydige opvoeding word kinders aan misdaad en gewelddadige optrede blootgestel. Die ontstellend hoë syfers vereis intrede van politieke partye en die regering. Daarsonder sal die omstandighede nooit verbeter nie.

Samekoms in kerk dien as kragbron Ds. Christo Jonck VRA net een ding – een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef: om my lewe lank in die huis van die Here te woon. (Ps. 27:4 ’n direkte vertaling) As ’n mens sê, “daar is een ding wat ek baie graag wil doen,” beteken dit dat daardie ding wat jy wil doen vir jou baie belangrik is – dit kry voorkeur. Dawid sê: Een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef. Om een ding na te jaag beteken dat jy jou volle aandag daaraan gee en jy dit met alles wat jy het, probeer bereik. Wat is die ding wat vir Dawid so belangrik is? Om sy lewe lank in die huis van die Here te woon. Om in die Here se huis te woon beteken om in sy teenwoordigheid te lewe. Ja, hy is altyd oral, want Hy is mos alomteenwoordig. Dawid weet egter die Here is altyd by hom, daarom gaan dit vir hom hier oor iets meer. In Matt. 18:20 sê die Here: “Waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Die Here sê Hy is op ’n besondere manier by die amptelike samekomste van sy kinders teenwoordig. In Rom. 10:14 sê Paulus: Hoe kan

jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? Dit gaan oor amptelike samekomste waar die Here se Woord verkondig word. Die Hebreërskrywer waarsku: Ons moenie van die samekomste van die gemeente wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien naderkom (Heb. 10:25). Om in die Here se huis te woon, beteken dan om Hom gereeld saam met jou medegelowiges, wat ook kinders van God is, in die erediens te ontmoet. Kyk wat sê Dawid nou verder. Wat doen hy daar in die Here se teenwoordigheid? Hy beleef die goedheid van die Here en hy dink na oor sy goedheid. Dit beteken om dit wat jy in die teenwoordigheid van die Here Jesus beleef ook prakties in jou lewe toe te pas. Ons moet gereeld die Here in die erediens ontmoet om die krag van die Heilige Gees te ontvang.

Dag glip oor Oranjerivier heen die nag in DIE perfekte sonsondergang oor die Oranjerivier. Die kleure van Sondagaand se sonsondergang was beslis iets om te aanskou. Foto: Anena Burger

’n Holte vir die voet Benneli Olivier Van der Walt KATHU het die laaste paar jaar ’n metamorfose ondergaan. Dit is lank nie meer net ’n dorpie aan die N14 op pad na êrens anders nie. Ek en my gesin is die maand al drie jaar inwoners van Kathu. Ons het van Pretoria af na Kathu verhuis en die aanpassing was nie maklik nie. Eers was daar nie baie liefde tussen my en die stil, rustige dorp verlore nie. “Hier is dan nie eens ’n McDonalds nie,” het ek altyd verontwaardig gesê. Nou ja, drie jaar later en ek kan eerlik sê die plattelandse lewe het beslis ’n besonderse aantrekkingskrag vir my gekry. In my dorp voel ek veilig. Ek weet daar is doemprofete wat sê die dorp het in Sodom en Gomorra verander, maar mense kan nog elke aand op hul stoep sit en hulle aan die sonsondergang verkyk – en dit sonder vrees. Spitsverkeer hier is ’n mite. Dié dorp is vol interessante mense en vanweë die mynboube-

8/26

10/27

11/26

drywighede in die gebied kry ons gereeld nuwe intrekkers van elders oor die land heen. Die kans is selfs goed dat ’n mens iemand van jou verlede en van ander plekke hier gaan raakloop. Ek hou daarvan dat die mense by die vulstasie my naam ken en altyd vir my glimlag. Dit geld ook die slaghuis, inkopiesentrum, apteek en my gunsteling-restaurante. Hier groet mense mekaar nog op straat. Sommer maar net. In die dorp vra mense mekaar nog om verskoning wanneer met trollies in die winkels teen mekaar vasgeloop word. Plaaslike sportklubs word nog met groot entoesiasme ondersteun. ’n Dorpsfees is regtig ’n dorpsfees waarop almal bymekaarkom om lekker saam te kuier. Ek ken my bure. Ons sien na mekaar se erwe en belange om en groet mekaar elke oggend by die

9/27

10/27

9/27

hek. Hier kan ’n mens pannekoek by vriendelike ou mense koop en tussendeur ’n geselsie aanknoop. In Kathu het ek die eerste keer in ’n lang tyd mense ontmoet saam met wie ek op ’n Saterdag kan vleis braai en kuier. Regte vriende saam met wie ek kan lag en op wie ’n mens in ’n noodgeval nog kan reken. Kathu het ’n kameeldoringwoud, asook een van die mooiste gholfklubs waarby ’n mens weer ’n bietjie rustigheid kan vind. Hier kan jy nog met jou honde gaan stap. Ek kan my seun met ’n geruste hart by sy kleuterskool aflaai, want ek weet die onderwysers gee om. Die Noord-Kaap met sy besonderse landskap het in my hart gekruip. ’n Dorp en sy mense is wat ’n mens self daarvan maak. Vriendelikheid kos niks nie. Haal die negatiewe oogklappe af en sien ’n slag die goeie raak. Dankie tog hier is nie ’n MacDonalds nie – ek eet nou veel eerder ’n burger van die kafee net om die hoek.

11/29

11/30

14/31


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Bloedskenkers dringend benodig DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig dringend nuwe bloedskenkers. Alle inwoners word aangemoedig om bloed te kom skenk. Skenkers kan Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook

Vrydae van 09:00 tot 17:00 in die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture. Om ’n bloedskenker te word moet jy tussen 16 en 65 jaar oud wees en ’n veilige seksuele leefstyl lei. Skakel 082-305-4249.

Slaag grade JANRI VAN STADEN (links) en Jana Victor van die Hoërskool Upington het die Royal Schools of Music-eksamen afgelê. Janri het gr. 2-viool met lof geslaag en Jana het gr. 4-viool geslaag. Foto: Verskaf

5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Finaliste in blommefoto-afdeling

6

ABRIE VAN NIEKERK het dié besonderse foto gestuur. Lizette Slabber HIER is die finaliste in die Kalahari Bulletin se blommefotokompetisie. Die vyf finaliste in die kompetisie is deur Donovon Eva van Donovon Eva-fotografie gekies.

Gaan kyk op die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za watter foto’s die kortlys gehaal het en maak seker jy stem vir jou gunsteling-foto op Facebook deur die foto te like. Stuur ook jou pragtigste foto’s van mensgemaakte strukture na lizette.slabber@volksblad.com.

ALFRED THORPE het die besonderse foto geneem.

HENK DE KLERK het die pragtige foto van proteas ingeskryf.

MARIA BOTHA het die kleurige foto geneem.

CHRISTINE LUBBE het die pragtige bloeisels op film vasgevang.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

SAVE 3.50

22

90 Each

JAYGé CARSTENS

SAVE R4

23

90

Foto: Verskaf

Woorde is Jaygé se passie

SAVE R10 SAVE R10

52

R

Benneli Olivier Van der Walt “WOORDE is nog altyd my passie.” Só sê Jaygé Carstens, plaaslike skrywer en motiveringspreker. Carstens is 1989 in die Wes-Kaap gebore en het in 1996 saam met sy ouers na Kathu verhuis. Hy het op sewejarige ouderdom sy liefde vir skryf ontdek. “Ek is lief vir geskiedenis, maar het gesukkel om al die inligting te onthou. Toe begin ek gedigte skryf om my te help om te onthou en het van daar af het ek nie weer die pen neergesit nie.” Elizabeth Ras het Carstens op 11-jarige ouderdom aangemoedig om hom vir die ATKV se Woordwoekers met sy kortverhaal Verbode Liefde in te skryf. Hy het sy tienerjare deur aanhou skryf en in 2007 in die Wes-Kaap aan sy eerste vollengteboek begin werk. In November 2008 het Die Teerpad Opsoek Na My Siel . . . op die rakke verskyn en is in 2011 met Die Teerpad Opsoek Na My Vryheid . . . en Die Teerpad Opsoek Na My Vrede . . . opgevolg. In 2010 op Carstens se 21ste verjaardag is sy dig- en kortverhaalbundel, Mondigwording Van My Siel, as ’n klein oplaag uitgereik. Die oplaag is binne drie maande uitverkoop nadat Carstens dit as sy biografie in digvorm beskryf het. Die boek bevat foto’s van sy geboorte tot sy 21ste verjaardag, onder meer foto’s van Kathu en die dorp se mense. Van 2010 tot 2012 was Carstens die redakteur van die e-tydskrif Inspirasie voordat hy aan die begin van 2012 op ’n sabbatsreis vertrek het. “Ek moes my siel gaan vind. Ek het my eerste selfhelpboek beplan en moes myself eers help voordat ek ander mense met vertroue kon help.” In Mei 2014 het Carstens sy terugkeer na die skrywerswêreld gemaak en sy ou tuiste in Kathu die eerste keer in bykans sewe jaar besoek. Sy eerste selfhelpboek, Ek Stap Die Teerpad Self!, is bekend gestel en die resensies lyk almal positief. Talle pastorale beraders, sielkundiges en proeflesers was by die projek betrokke. Ds. André de Villiers van Kathu was een van die proeflesers. Hy sê dit is nie net vir vroue bedoel nie, maar vir elke mens. Terselfdertyd het Carstens die Teerpadreeks in omnibusvorm uitgereik. Hierin stel die werklike Annarien (van Kathu) haarself bekend. Sy sê Carstens se boeke is grotendeels op ware gebeure gegrond. In 2014 is Carstens as een van die 50 beste digters in Afrikaans aangewys en sal in November in Die Groot Afrikaanse Liefdesbundel saam met baie ander digters, insluitend Ingrid Jonker, se werk te sien wees. Hy het die redakteurskap van Inspirasie hervat en dit in ’n gepubliseerde, driemaandelikse bundel verander. Daar verskyn 20 skrywers per bundel. Die eerste bundel is pas uitgereik. Hy woon tydelik in Kathu terwyl hy motiveringspraatjies vir liefdadigheid in die Noord-Kaap aanbied voordat hy volgende jaar om Suid-Afrika se kuslyn gaan toer. Hy werk aan ’n nuwe selfhelpboek wat laat 2015 beskikbaar sal wees. Hy het onlangs sy eerste Engelse digbundel voltooi wat binnekort in Suid-Afrika en die buiteland beskikbaar sal wees. Die Teerpad-omnibus en Ek Stap Die Teerpad Self! sal na verwagting in 2015 in Engels beskikbaar wees. ) Op 11 Oktober om 10:00 word ’n lenteteeparty met Carstens by die Hoërskool Kathu aangebied. Die kaartjies kos R50 per persoon en is by die Kansa-kantoor (Tshimo Gardens) of die Kathu-boeksentrum te koop.

59

90

Nescafe Classic Dawn Jar 200g

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Breast Fillets 1.5kg

PnP Fresh Chicken Braaipak

Clover Full Cream or 2% Low Fat Ultra Pasteurised Milk 2 Litre

34

90

Each

SAVE R3

SAVE 10.95

SAVE R15

23

75

35

R

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

Flora Light or Regular Medium Fat Spread 1kg Tub

SAVE R26

Per kg

39

90

Each

FRESH Selati White Sugar 2.5kg

19

90

Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg

69

90

PnP Extra Virgin Olive Oil 1 Litre

13

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s

90

Coca-Cola Regular 2 Litre

SAVE R8

69

R

Per kg

Bulk T-Bone & Club Steak Mix Pack

PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s

72

90

PnP Strawberries 800g

SAVE R6

74

R

SAVE R5

29

95

Per kg

PnP Baby Potatoes 1kg

Bulk Braai Pack (Consists of: Tenderised Steak, Lamb Braai Chops and Wors)

Selected products on this page have been styled for photography

9

95

We shop around, so you don’t have to.

HOW IT WORKS:

STEP 1: Each week, we check the prices of one thousand branded products against other supermarkets. Even when they’re on special.

STEP 2: We compare the total cost of the price-checked products in your *basket against those other supermarkets to see if they would have cost less. *Purchase 10 different barcoded items to qualify. STEP 3: If the total cost of those price-checked products would have been less at the time of the price check, we’ll instantly give you a cash-off coupon** for the difference to use on your next shop. **Max value R50.

See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch Se

PRICES VALID 30 SEPTEMBER - 5 OCTOBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS ONLY

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho, Northam Local store and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1187015_390x198

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

DIE lede van die Uppies-dramagroep is van links Xayaan Maasdorp, Mari Minnaar, Andisiwe Cetyiwe, Elvanrich van Wyk, Charlton Basson, Sue-Ellen Pretorius, Samantha Jansen, Dennis Hoft, Lynette Engelbrecht, Jana Lategan, Janhé Goussard, Reuben Murphy, Zaskia Pain, Hesna Theron, Chantill Willemse, Sunell Mostert en Kaelene Hendricks. Foto: Verskaf

Uppies maak toneel-geskiedenis DIE toneelgeselskap van die Hoërskool Upington het toneelgeskiedenis in die jaarlikse ATKV-tienertoneelkompetisie gemaak. Die drie Uppie-produksies – Kringloop,

Genade en Mutatis Muthandis – is al drie gekies om in die vyf topproduksies op te tree. Vanjaar het 27 produksies aan die streekuitdunrondes in Pretoria deelge-

neem en Upington is die eerste skool wat drie produksies in die streekeindronde gehad het. Boonop is Kringloop gekies as een van die tien topproduksies wat op die Clover-

Aardklop-feesprogram ingesluit sal word. Kringloop gaan op 8 en 9 Oktober as deel van die Groep 5-tienertoneeleindronde by die Hoër Tegniese Skool in Potchefstroom opgevoer word.

Jou koekies kan wen KERSFEES is om die draai. Beplan jy om smullekker koekies vir jou gesin en familie vir die feestyd te bak? Die Kalahari Bulletin wil jou koekieresepte hê en bied ook ’n kompetisie vir jou resepte aan. Die reëls is soos volg: ) Stuur jou resep (met ’n foto) aan ilse.watson@volksblad.com. ) Stuur jou naam en selfoonnommer en die naam van jou dorp saam met jou resep. ) Die resep hoef nie spesifiek vir Kersfees-koekies te wees nie – dit kan vir enige van jou gunstelingkoekieresepte wees. ) Die 30ste resep wat ontvang word, wen die boek ’n Liefde vir Bak. ) Om in aanmerking vir die boek te kom gaan na die Facebook-blad van die Kalahari Bulletin – www.facebook.com/kbulletin – like die blad en volg die skakel na gepubliseerde resepte. ) Die wenner van die boek sal in die Kalahari Bulletin se uitgawe van 4 Desember aangekondig word.

DIE boek ’n Liefde vir Bak kan deur ’n leser van die Kalahari Bulletin vir sy of haar koekieresep gewen word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

9

Bloedvoorraad kritiek DIE Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ondervind ’n moeilike tydperk wat bloedinsameling betref. Amper 40% van bloed word by skole en universiteite ingesamel en in die eksamen kan die bloedskenkklinieke nie plaasvind nie. “Die SANBS moet te alle tye ’n bloedvoorraad van vyf dae handhaaf deur 3 000 eenhede bloed per dag in te samel om aan die behoefte te voldoen van duisende pasiënte wat op bloedoortappings staat maak vir hul oorlewing en die SANBS het net 1,5 dae se voorraad,” sê Hendrieka Beukes,

skakelbeampte van die SANBS in Upington. Bloedskenkers moet: ) minstens 50 kg weeg; ) tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar wees; ) ’n veilige seksuele leefstyl hê; ) goeie gesondheid geniet en iets voor skenking eet en ) hul bloed as veilig vir oortapping aan ’n pasiënt beskou. Besoek die Upington-bloedskenksentrum in Dr. Nelson Mandela-rylaan van Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:00 en Woensdae van 10:00 tot 19:00. Rig navrae aan Beukes by 054-331-1247.

DIE matrieknooiwenners saam met Rolene Strauss is van links Elandie Hanekom (tweede prinses), Leatitia Strauss (eerste prinses), Anneri Louw (matrieknooi 2014), Riaan Kotze (skoolhoof) en Rolene Strauss. Foto’s: Verskaf

Mej. SA motiveer Uppies Sy het hulle gemotiveer om groot te droom al kom hulle van ’n klein dorpie af. Die oggend is met Riaan Kotzé, skoolhoof, se ALS Ice-bucket-uitdaging afgesluit. Rolene het ’n emmer vol ys op sy kop omgekeer terwyl al die Uppies toegekyk het.

DIE bliksemstrale het behoorlik Dinsdagaand oor Raaswater en Kanoneiland geslaan. Die storm is voorafgegaan deur ’n sterk stofstorm wat die dorp en omliggende dele asvaal gelaat het. Die foto is net ná sonsondergang geneem. Dit het Dinsdagaand sowat 6 mm in die Upington-omgewing gereën. Foto: Anena Burger

DIE organiseerders is van links Francolien du Plessis, Rolene en Liesel Giliomee.

MetropolitanRepublic/15427/E

ROLENE STRAUSS, Mej. Suid-Afrika, het die Hoërskool Upington op 12 September vir ’n vrouegeselligheid besoek. Dié geselligheid het in die klubhuis onder die vaandel Matrieknooi 2014 plaasgevind. Rolene het ’n pragtige, inspirerende boodskap met die vroue gedeel. Ná die geselligheid het sy die Uppies verras. Tydens die ontmoetingsessie het sy ’n inspirerende boodskap met al die Uppies gedeel.

Stay in touch

no matter where you are, day or night, with the MTN network.

HUAWEI E3531 Modem

R79

PMx24 on an MTN 1GIG Internet package

1GIG Internet bundle

FREE SIM & CONNECTION

Just when you thought your Internet experience couldn’t get any better, MTN has a superfast 3G network in the Northern Cape. So you can stay in touch with your loved ones, near and far, day or night with MTN Night Express. Find your nearest MTN store.

MTN Direct

Top Features • HSPA + (900/2100 MHz); GSM (900/1800 MHz) • 3G HSPA+– up to 21 Mbps • microSD Support

+ 1GIG Night Express

To get these, or any other deals, call MTN Direct on 083 123 3667 or go to http://shop.mtn.co.za

Visit these MTN stores for this great offer and many more. MTN Kathu – Shoprite Centre 6, MTNStore0631@mtn.co.za 0838691983. MTN Kathu Village – Kathu Village Mall 4, MTNStore0632@mtn.co.za 0838691985. MTN Kuruman – Spar Centre 9, MTNStore0634@mtn.co.za 0838691989. MTN Postmasburg – Sibilo Shopping Centre C02 + C03, MTNStore0637@mtn.co.za 0838691991. MTN Upington – Kalahari Mall 68, mtn.kalahari@urb.co.za 0838691680. MTN Upington – Schroder Street 34, mtn_upt@urb.co.za 0838691979.

Prices & values include VAT. MTN & MTN Direct Terms and Conditions apply – see www.mtn.co.za. Offers valid 01/10/2014 − 31/10/2014 or while stocks last. Device colours may vary from those illustrated. All deals subject to 24-month contract, device and SIM stock availability, RICA registration and successful credit vetting. Subscription cost valid for 24 months and billed monthly, in advance. Calling Line Identity @ R8.00 pm included in subscription. Offers are only available to valid credit card and bank account holders with a valid South African ID. When ordering, please have your credit card or bank account details available. MasterCard, Visa, Diners and American Express cards accepted. Remember your ID and proof of residence, or affidavit thereof, to register for RICA. E&OE. MTN Night Express offer valid 01/10/2014 – 31/10/2014. Offer available on selected MTN Contracts and My MTNChoice packages only. Night Express value valid for 1 month and received monthly for the duration of the contract period. Unused Night Express value does not carry-over. Upon Night Express value being depleted, lowest/best out-of-bundle rate applies. See www.mtn.co.za for full Terms and Conditions. E&OE.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

CARLA UYS wys skaam die pragtige speelding wat sy by een van die talle stalletjies gekoop het.

KLEIN Jordan (links) en Cle-Sade Brown drink ietsie om in die warm weer af te koel. Die koeldrank het behoorlik gevloei om almal te red van die warm son.

OUD en jonk het beslis vanjaar die Kalahari-kuierfees geniet. Dié pappa moes sy lang bene in ’n klein treintjie inwikkel sodat sy dogtertjie die rit kon geniet. Leandi en Helmie Uys het die pretritte behoorlik geniet. Foto’s: Lizette Slabber

Kuier lekker op die fees WIUM STRYDOM kan skaars oor die groot liewenheersbesies sien, maar hy geniet elke oomblik van die rit terdeë.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

11

Feesjolyt

DIE Sonstraaltjies-kleuterskool in Kalksloot het lekker op die Kalahari-kuierfees kom kuier. Hier speel hulle by die pretritte saam met hul onderwysers, Jerina Brandt (links agter) en Evelyn Isaks. Foto’s: Lizette Slabber LINKS: Hierdie drie poppies het elkeen ’n vingerpop in die Pick ’n Pay-kindertent gemaak. Van links is Zanélle Brink, Zandri Brink en Nina Barnard. REGS: Van links is Adriaan Padmaker, Mackzain Berends en Shaldene Malala. Hulle kan nie meer wag vir die pret om in die kindertent te begin nie.

DIE pretritte en die kleurvolle stalletjies is alles deel van die lekker kuier op die kuierfees.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

NIKS kom by stokbrood oor die kole nie, hoewel die meeste kinders van kop tot tone met meel en deeg besmeer was. Van links is Minché van der Westhuizen, Hugo Swartz en Elana Booysen. Elana het 45 keer diens by Huis Klein Duin gedoen. Foto’s: Lizette Slabber

Lede braai te lekker Lizette Slabber

DIE ATKV-jeugtak van die Hoërskool Duineveld kon al op Maandag 22 September Erfenisdag met ’n heerlike braai vier danksy die Ariamsvlei-ATKV-tak. Die Ariamsvlei-ATKV-tak het vir die kinders in Huis Klein Duin en die lede van die jeugtak ’n skaap geskenk om te braai om hulle só geluk te wens met hul ATKV-eerbewys wat hulle gewen het. Die jeugtak-lede help die laerskoolkinders in Huis Klein Duin elke middag met hul huiswerk as deel van hul ATKV-projek. Dié projek is bekroon as die beste projek in die Noord-Kaap en Namibië. Die jeugtaklede en die laerskoolkinders wat elke middag gehelp is, het heerlik aan stokbrode en braaivleis gesmul en dié braai is natuurlik afgesluit met taai, stroopsoet malvalekkers wat oor die kole gebraai is.

VAN die laerskoolleerlinge wat in die middae met hul huiswerk gehelp is. Van links is, voor: Daleen Burger, Marlet Coetzee en Ragel Maritz; agter: Paula Bur­ ger, Chanel Brand en Brenda du Toit.

VAN die jeugtaklede wat diens gedoen het by Huis Klein Duin. Van links is, voor: Mari­Lee Mueller en Berlicia Burger; agter: Marlé Coetzee (projekvoorsitter) en Jo­Marie Goussard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

13

Oudmatrieks hervat hegte bande Lynn-mari Olivier DIE afgelope naweek het die 1994-matriekklas van die Hoërskool Kalahari reünie gehou. Die oudleerlinge het Vrydagaand by die Kuruman-rugbyklub vir drankies bymekaargekom en daar is ou bande weer herstel. Saterdagoggend is worsbroodjies geëet en die aand is ’n bring-en-braai-geselligheid gehou waar almal lekker saamgekuier het. Die organiseerders, Marelize du Plessis, Madelein Cloete, Magda Klindt en Freek Granville, het selfs vermaak vir die kinders gereël. Die kinders kon hulle op ’n springkasteel vermaak en die giggelende kinders het tot die heerlike luim bygedra. Ou tye is herleef en geselsies oor die verlede het glimlagge op die reünie-gangers se gesigte gelaat. Die aand se oomblikke is met ’n prettige foto-hoekie op kamera vasgevang en almal kon hulle met iets snaaks optooi om die foto meer karakter te gee. Al was die opkoms nie soos verwag nie, het die oudmatrieks wat wel aan die naweek se verrigtinge deelgeneem het, die naweek op ’n hoë noot afgesluit en is ou hegte bande hervat. “Baie dankie vir dié wat dit gereël het. Die kuier was net so warm soos die vuur en die hele naweek was ’n sweet walk down memory lane,” het Lida van Heerden gesê.

LINKS: Van die 1994-matrikulante van die Hoërskool Kalahari wat die afgelope naweek reünie gehou het, is van links, voor: Riebeeck Olivier, Gielie Myburgh en Freek Granville; agter: Kobus Beukes, Christo Lerm en Jason Whitehead. Afwesig: Gert Olivier.

Ganyesa .BJO 3PBE )$%

BO: Oudmatrikulante van die Hoërskool Kalahari (1994) het die naweek reünie gehou. Van links is, voor: Pia de Jonge, Rina Albutt, Lida van Heerden, Minette Nel en Neldi Steyn; agter: Madelein Cloete, Marelize du Plessis en Magda Klindt. Hulle was mooi getooi vir hul spesiale reünie-naweek. Foto’s: Lynn-mari Olivier

(BOZFTB $PNQMFY

Kuruman $PSOFS #FO .BMBO 5TFOJOH "WFOVFT ,VSVNBO OFYU UP 'SVJU 7FH Mothibistad .5 5MIBCBOF 3PBE .PUIJCJTUBE OFYU UP .FUSP Vryburg Central .BSLFU 4USFFU 7SZCVSH OFYU UP 4UFFST

LOWEST PRICES ON QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE ROOFING

TRADING HOURS: Mon - Fri: 7:00 - 18:00 4BU t 4VO

CEMENT

TIMBER SABS TIMBER

Cashbuild guarantees lowest prices on double roman concrete roof tiles, check your local store or the Cashbuild website for prices.

(per length)

38 x 38 t

4,6

29.95 Y

4,6

t

74.95 Y

DOUBLE ROMAN CONCRETE ROOF TILES

3FE t #MBDL t 5FSSBDPUUB t #SPXO Direct & Yard SKU: Various

4,6

HARVEY ROOF TILES Various Colours

CORRUGATED IRON SHEETS

79.95

(per sheet)

;

SKU: various

*42

N

t

SKU: 2277

#&*(& ."3#-&

POLYSTYRENE CORNICE

Per Length

99.95

$MBTTJD t Y Y

POLYSTYRENE CEILING TILE

#&*(& "("5& SKU:

Per N 2 PBDL

99.95

STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF MORE THAN

RWORTH 100 000 OF AIRTIME

N

Dependable Quality From Trusted Brands Cashbuild Guarantees Lowest Prices On Cement! Check Your Local Store For Price.

87.95

3PNBO t %. Y 75 Y

'MPXFS t Y Y

49.95

Cashbuild guarantees lowest prices on bricks, check your local store or the Cashbuild website for prices.

Per Length 3PNBO t Y Y

4,6

4,6

BRICKS

POLYURETHANE CORNICE

4,6

54.95

We’re giving away more than R 100 000 worth of instant airtime between July and October. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters.

DOORS

SKU:

Per N 2 PBDL

N

74.95

NN

DECORATIVE CEILING POLYSTYRENE CEILING TILE

t

UMOYA

N

139.95 4,6

139.95

HARDBOARD WOOD DOOR SKU: 212

179.95

PINE F&L OB “C” GRADE DOOR SKU: 210

399.95

MD CONSUL ENTRANCE WOOD DOOR SKU:

409.95

MD PARKLANE WOOD DOOR

HARDWOOD CRAFT DOOR ELEPHANT ELEGANCE

409.95

1 389.95

SKU: 21510

SKU:

CEMENT STOCK BRICK

(Direct) SKU: 1009515 (Yard) 4,6

CORNGOLD SATIN

(Direct) SKU: 109895 (Yard) SKU: 1099007

Minimum order quantities apply to direct bricks and blocks - enquire in store for details. Cement and brick prices may vary from store to store.

PAINT MELODY PVA White 5 Litres SKU:

52.95 20 Litres 4,6

169.95

8,

t 3&%803,4

CHAMPION EXTRA THICK PVA White 5 Litres

SKU: 5002

DURAM ACRYLIC PVA Various 5 Litres

SKU: Various

DURAM WALL & CEILING Various 5 Litres

SKU: Various

76.95

114.95

184.95

SKU: 5001

SKU: Various

SKU: Various

20 Litres

239.95

4FMFDUFE QSPEVDUT NBZ OPU CF BWBJMBCMF JO BMM TUPSFT

20 Litres

395.95

20 Litres

659.95

PRICES VALID UNTIL SUNDAY 19 OCTOBER 2014

For any queries, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0860 100 582 (Sharecall Number)

E & O E. All prices include 14% VAT

DURAM FLEXIWALL

DURAM ROOFKOTE

SKU: Various

20 Litres

Various 5 Litres

Various

FYDM (SFFO

194.95

SKU: Various

699.95

20 Litres

SKU: Various

669.95 218

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

ZONE 34A


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Ooreenkoms steun opleiding DIE Private Sekuriteitsowerheid van Suid-Afrika (PSIRA) en die Opleidingsowerheid vir Veiligheid en Sekuriteit (Sasseta) sluit nou ’n ooreenkoms met opleidingsinstansies, aangesien die sekerheidsbedryf aan minimum opleidingstandaarde moet voldoen. Die bestaande PSIRA-kurrikulum het geen opleidingstandaarde nie. PSIRA meen dit is nou die tyd vir verandering. Die siening oor die PSIRA-opleiding was dit was van ’n baie swak gehalte. Dus het Sasseta die opleiding oorgeneem om dit volgens die departement se vereistes en standaarde uit te voer. Daar is twee prosesse wat gevolg kan word: ) Indien die beamptes reeds by PSIRA geregistreer is, kan hulle erkenning vir

afgehandelde studie (recognition of prior learning) kry. Dit is ’n effens goedkoper proses. Studente hoef nie heeltyds klasse by te woon nie – hulle onderneem ’n assesseringsproses. ) Nuwe studente en mense wat nog nie PSIRA-geregistreer is nie, moet die vaardigheidsopleiding van Sasseta voltooi en waneer Sasseta hulle gesertifiseer het, kan hulle by PSIRA om registrasie aansoek doen. Finansiering vir opleiding werk soos volg: ) Die werkgewer kan twee keer per jaar vir ’n gratis opleidingtoelaag na goeddunke (discretionary grant) by Sasseta aansoek doen. Net werkgewers wat voor 30 April vanjaar ’n werkplek-vaardighedeplan ingehandig het, kwalifiseer vir finansiering. ) Die tweede keuse is dat die werkgewer

KOOS VAN DER MERWE, skrywer, sanger en predikant van George – en ook voorheen deel van die groep Prophet – het op Erfenisdag in Kuruman opgetree. Die optrede was ten bate van die Magojaneng-kerk. Lees die volledige berig hieroor op www.kalaharibulletin.co.za en kyk ook op die webwerf na sy video waarin hy Houtkruis sing. Foto: Verskaf

(die werkgewer moes ’n werkplek-vaardighedeplan ingehandig het) kwartaalliks 20% van sy Skills Development Levy (SDL) ontvang wat vir die jaar aan hulle terugbetaal word. Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling vereis dat alle werkgewers hul personeellede moet oplei. Die geld wat hulle van die Seta af terugkry, word vir die opleiding aangewend. ) Die derde keuse is waar die werkgewer sy werkers vir selfbetaalde opleiding inskryf. Hy betaal self vir die opleiding en dan kan hy ’n R30 000-belastingkorting per student op sy inkomstebelasting kry. Sars sal die wergewer nie R30 000 per student terugbetaal nie; dit verminder net sy belastingbetaling. Enige opleiding dien in ’n onderneming as ’n uitgawe.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

EIENDOMME

BETREKKINGS

BETREKKINGS 3600

WOONSTELLE TE HUUR

BEGRAFNISDIENSTE

ADMINISTRATIEF 3250

1025

EENMANWOONSTEL te huur: Baie sentraal geleë. Sluit water en ligte in. R3 500 p.m. Skakel 084 800 7779.

3605

ADMIN DATA CAPTURERS needed. For info e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMEEN 3680

ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

KURUMAN: 1-slaapkamer-woonstel te huur. R3 200 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 079 563 9103.

TE HUUR 3205

300 JOBS & APPRENTICE MINER @ DMT TRAINING Be our student!! Welding R 3 800, Boilermaker R 5 900 4 weeks. Forklift R 700 - 5 Days Dumptruck R 3 800 Accomodation avail. www.diemnyandoros.co.za Tel: 016 422 4264 whatsup 072 954 7705 "Mnr" van Voeren/ Victor HUISWERKER BENODIG: Moet goed kan klere stryk. Skakel 083 310 0256. TUINWERKER BENODIG: Skakel 082 339 5524.

TE KOOP

SEKURITEIT 3750

VACANT POSITIONS exist for ops. managers and senior supervisors at a well-known security company in the following areas: Vryburg, Kuruman and Kathu. Requirements: C Grade and valid driver's licence. Fax CVs to 086 715 9484 or e-mail to: hennie@fidelitysecurity.co.za

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

PC Vorster In die boedel van wyle Petrus Coenraad Vorster, identiteitsnommer 470221 5004 083, wat woonagtig was te Bosmanstraat 21, Kuruman en nagelate gade Alida Jacoba Vorster, identiteitsnommer 460212 0019 087, met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud was. Boedelnommer: 000709/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 3 Oktober 2014. JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Kuruman 8460 renate@jorman.co.za

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

PJE de Bruin In die boedel van wyle Phillipus Jeremia Rudolf de Bruin, identiteitsnommer 690828 5030 084 en nagelate gade Lorraine de Bruin, identiteitsnommer 700405 0172 084 met wie hy binne gemeenskap van goed getroud was, woonagtig te plaas Leerdoos, Vanzylsrus. Boedelnommer: 2943/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 3 Oktober 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

ALLERLEI 1655

LUSERN TE KOOP: R1 600/ton of R45/baal (klein, reghoekig), gelaai op plaas naby Groblershoop, NoordKaap. Bergingsfasiliteite beskikbaar. Langtermynleweringskontrakte welkom (word verkies). Skakel Henning 082 824 4941 of henning@owk.co.za

TE KOOP 3201

DRANKLISENSIES 4035

NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 20 OF THE ACT FOR A LICENCE (Reg.4(1)) NORTHERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 Notice is hereby given that it is the intention to lodge the abovementioned application, particulars of which appear hereunder, with the Northern Cape Liquor Board. 1. Municipality: Joe Morolong Local Municipality. 2. Full name, street and postal address of applicant : Raymond Gabotwaele Motsemme, 1541 Pieter Mokhaba Street, Maropeng, PO Box 4001, Batlharos 8460 3. Kind of licence applied for: Liquor store licence 4. Kind of liquor to be sold: All kinds of liquor. 5. Name under which business is to be conducted and full address of premises: Formular 3 (F3) Liquor Store, Metsimantse, Wyk 3. 6. Extra items to be sold (Section 4(5)(a) and (b): Soft drinks and cigarettes.

TROETELDIERE 1660

LABRADOR-HONDJIES te koop: R950. Klaar ingeënt. Skakel 084 651 3000.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. Talana: 073 558 4705. Aubrey: 072 747 1991/076 182 2773. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Skakel Talana by 073 558 4705/072 747 1991 of Aubrey by 076 182 2773.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR 3305

ONS IS OP SOEK NA HUURHUISE: 3 slaapkamers, tussen R10 000 en R13 000. Skakel Elretha 083 561 6705. Remax 053 712 3123.

KAMERS TE HUUR DSTV/TV/DVD DIENSTE

3315 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

NETJIESE EN SUITE-KAMER met 'n bed, klein kombuis, yskas en mikrogolf, braaiarea en afdakke te huur 18 km van Hotazel op plaas. Veilig en stil. Ideaal vir kontrakteurs. Skakel 076 805 4557.

A. Jacobs In die boedel van wyle A. Jacobs, identiteitsnommer 540519 5722 083 en nagelate eggenote Dede Marie Jacobs, identiteitsnommer 591223 0265 085, in lewe van Dahliastraat 8, Kuilsville, Daniëlskuil, distrik Postmasburg. Boedelnommer: 687/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 3 Oktober 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8450.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Sales Representative

Isando branch

Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za and click on careers. Have Ref. No. WURTH-HL03 handy. Closing date: 16 October 2014.

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Verkoop watertandlekker-eetgoed

DIE gr. 6-klas van die Laerskool Sentraal in Kakamas het op 19 September sy markdag gehou.Nie eens die koue kon die opgewondenheid keer nie. Franzelle Loubser (links) en Ellie Britz het Amerikaanse s’mores verkoop.

TIAAN VIVIERS se malvalekker-shooters het soos soetkoek verkoop.

TRISTAN VAN DER MERWE (links) en Jaco Marais het die lekkerste fudge en oliebolle verkoop.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

’n PIENK tent om die droë rivierloop ’n bietjie mee te verhelder. Dié meisies het in hul pienk tent gaan rus. Hulle is van links Carli van Zyl, Franzelle Loubser,Janica Smit, Dianri Gagiano en Elanie Brand. Foto’s: Verskaf

19

EVANDER KASIMBINQUE (links) en GT Geldenhuys geniet ’n blaaskans op die staproete.

LSK-klub span op plaas uit

DIE Laerskool Sentraal in Kakamas se LSK-klub het op 5 en 6 September hul jaarlikse LSK-klubkamp gehou. Vanjaar het die klublede die plaas Tierkop besoek. Die pret het al vroegmiddag begin toe die ongeveer 100 klublede met vrag- motors na die wildkamp op die plaas aangery is. Almal het eers saam op die wildsbesigtigingsroete gery waarna hulle in die droë rivierloop tent opgeslaan het.

OP die kamp is tyd gemaak om meer oor God te leer en dit is hoekom almal so graag saam wil kampeer.

DIE staproete agterom en bo-oor Tierkop was vir oud en jonk ’n uitdaging.

DIE wildsbesigtigingsrit was ’n hoogtepunt vir al die klublede.

’n Gesellige kampvuurkonsert is gehou, stokbrode is gebraai en die aand is met ’n nagmars afgesluit. Saterdag het die klublede vroegoggend die staproete agterom en bo-oor Tierkop aangedurf. Dié staproete was ’n belewenis en die kinders kon sien en ervaar hoe groot God is. Die LSK-klub gebruik aangename geleenthede soos die uitstappies om die Here te dien.


Twee speel oorsee TWEE rugbyspelers van die Hoërskool Upington is gekies om as deel van ’n toerspan in Oktober oorsee rugby te gaan speel. Iwan Lombaard is vir die o.16-presidentspan gekies. Hy het gister na Georgië vertrek en keer weer op 12 Oktober terug. Sy span gaan op die toer vier wedstryde teen plaaslike spanne in Tibilisi speel. Benna Nieuwoudt is vir die o.19nasionale span gekies wat in Rusland gaan speel. Benna vertrek op 5 Oktober na St. Petersburg en keer weer op 15 Oktober terug. Sy span gaan ook vier wedstryde speel waarvan twee teen die Russiese o.19- nasionale span sal wees.

IWAN LOMBAARD (links) en Benna Nieuwoudt.

Foto: verskaf

Na kampioenskap Wen op tennistoernooi TENNISSPELERS aan die Laerskool Sentraal in Kakamas het aan die STA-tennistoernooi in Upington deelgeneem. Le Roux de Vos (links) was die wenner in die groep vir gr. 5 tot gr. 7 en DJ Wandrag was die wenner in die groep vir gr. 1 tot gr. 4. Foto: Verskaf

ROBERT BESTER van die Hoërskool Duineveld gaan op 24 Oktober as lid van die ZF Mgcawu-span aan die Noord-Kaap-landloopkampioenskap deelneem. Hy het ook op 13 September as lid van die NoordwesKaap-span aan Atletiek Suid-Afrika se kompetisie in George deelgeneem. Hier het hy ’n tyd van 21:35 in die 6 km vir seuns o.17 opgestel.

Protea help met afrigting VANES-MARI DU TOIT, ’n Protea-netbalspeler, gaan van November haar by die Hoërskool Upington se netbalafrigtingspan aansluit. Du Toit is al die afgelope vier jaar ’n Protea-netbalspeler en sy gaan by kondisionering, talent-identifisering en baanspel betrokke raak. Sy gaan ook op verskeie Uppies-netbalgeleenthede in 2015 optree. Sy speel al van haar o.17-jaar vir Suid-Afrika netbal en het dus tien jaar se internasionale kennis om met die Uppies te deel. Sy was die eerste SuidAfrikaner wat genooi is om in Australië by ’n professionele netbalklub te oefen en te speel. Sy het al 38 internasionale en 21 Fast5-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. In 2013 is sy as die Universiteit van Pretoria se sportvrou van die jaar aangewys en as speler van die toernooi op die 2013Afrika-Spele. Tans neem sy aan Tukkies se Varsity Cup deel.

VANES-MARI DU TOIT, Protea-netbalspeler, gaan haar in November by die Hoërskool Upington se netbalafrigtingspan aansluit. Foto: Verskaf

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan na

www.kalaharibulletin.co.za

en blaai deur die digitale weergawes.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.