16 AUGUSTUS 2012
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
TEL. 0543313482
Wuif vrolik op kinderfees DIE Kai!Garibkinderbelangegroep op Keimoes het die afgelo pe naweek ’n kinderfees ten bate van die Mispakinderhuis aangebied. Hier waai die kinders vrolik op een van die sierwa ens wat van Donderdag tot Saterdag elke dag die strate van Keimoes deur gekronkel het. Die Mispakinderhuis huisves 28 kinders, maar sy verblyf is te min. Mense wat wil help, kan Nico Titus by 0729350223 bel. Foto: Lizette Slabber
Nel-biltong koning in NK Lizette Slabber EBEN NEL is die amptelike vleiskoning en dit is nou maar wors. Nie net is hy in die jare negentig van die vorige eeu as boereworskoning gekroon nie, maar hy is pas as ’n bekende Engelse landboutydskrif se beste biltongmaker in die NoordKaap aangewys. Daarby is sy bekende Upington-gunsteling, Eben se Wenwors, ook deur lesers en toeriste as een van die tydskrif Weg se topboereworse in die land benoem.
Volgens die landboutydskrif se kompetisie kon biltongmakers van oor die land heen ’n stukkie beesbiltong inskryf. Nel se biltong is as die beste in die Noord-Kaap aangewys en op 15 Desember gaan die nege provinsiale wenners in die Kaap om die titel as biltongkoning van Suid-Afrika meeding. Dié biltongresep is een van die Nel-familie se geheime. Eben is die derdegeslag-slaghuiseienaar en het dit in 1982 by sy pa oorgeneem. Sy
pa het toe al 43 jaar lank ’n bekende slaghuis op Upington besit. Nel het egter aan die ou familieresep geskaaf en het byvoorbeeld besluit om slegs sout van ’n spesifieke pan in die Kalahari te gebruik. ’n Duitser wat op ’n keer die sout op die verskillende soutpanne in die omgewing getoets het, het aan hom gesê dié sout is perfek en alles in die sout is in perfekte balans. Dit is waaraan Nel ook glo. “Dit is maklik om vleis sterk te kruie, maar om die perfekte balans
te vind sodat die smaak van die vleis en die kruie na vore kom – dit is moeilik.” Hy het dieselfde resep gebruik toe hy in die jare negentig as die nasionale wenner van die Santam Bank se boereworskompetisie aangewys is. Nel glo vleis moet goed begin. Dan sal dit goed klaar bewerk eindig. ’n Mens kan net met goeie snitte die perfekte biltong en wors maak. Hy gebruik ook net medium-
skaapderms om sy wors te stop, want die mense van die omgewing verkies dit so. Op die vraag of hy hom ooit vir Checkers se boereworskompetisie sal inskryf, sê hy: “Hulle bel my gereeld en sê as ek dan so goed is, moet ek my vir hul kompetisie inskryf. Hulle gebruik egter net jou resep en enigiemand kan dit maak en dit sal na niks proe nie. “Hoe weet ek hulle sal met die regte, goeie snitte en die perfekte bestanddele werk?”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
Fees kóók die naweek AUGUSTUS 16: Die Stigtingsvergadering van die OudUppie-bond vind om 17:30 in die Hoërskool Upington se klubhuis plaas. Alle oudskoliere word vriendelik uitgenooi. 18: Die Upington-Rotariërs bied weer hul jaarlikse kleiduifskietkompetisie op Oranjerus aan. Vyf lede per span kan hulle vir die kompetisie inskryf. Bring gerus die hele gesin op die dag saam. Bel Conrad Geldenhuys by 082-926-3578 vir meer inligting en om jou in te skryf. 18 – 19: Die NG gemeente Keimoes bied sy jaarlikse Wild-en-avontuurfees by Kalahari-waters aan. Aktiwiteite sal van 08:00 af plaasvind. 25: Die NG kerk Louisvaleweg hou van 10:00 af basaar. Daar sal braaivleis, rou vleis, poeding, pannekoek, kindertafels en speletjies wees. 30: Jakkie Louw tree in die Voorbereidingskool Fanie Malan se saal op. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Rig navrae aan 054-332-4937. SEPTEMBER 1: Die NED- Hervormde kerk bied om 09:00 ’n Lente-talent-en-kunstedag by die NG kerk Noord se saal aan. Mej. en Mnr. Lente gaan gekroon word. Inskrywings kan by die El Shaddai Coffee Shop gedoen word. Rig navrae aan 072-2798016. 27 tot 29: Die Kalahari-kuierfees. . Stuur ’n e-pos aan Lizette.Slabber@volksblad.com om geleenthede in die dagboek te plaas.
ONS KERKIE is een van Nicolene Jordaan se skilderye wat van 15 Augustus tot 8 September by Maud’s Place uitgestal sal word. Foto: verskaf
Simplistiese werke op pad NICOLENE JORDAAN, wat van 15 Augustus tot 8 September van haar kunswerke in Maud’s Place in Schröderstraat uitstal, se ryk atmosfeer-belaaide skilderye word met treffende eenvoud uitgevoer. Haar uitstalling, Aardse Skatte, verbeeld die afwagting en hoop voor ’n storm, die blywees van blommetyd en die stilwees van die gees, ervarings wat vir Jordaan van die grootste skatte is. Met die eerste oogopslag is ’n mens bewus van die wye ruimtes in haar werke wat deur oop velde met voorwerpe soos kerke en windpompe in
die verte gedefinieer word. Vir Jordaan is haar skilderye soos aardse skatte, wat die onbekombare pot goud aan die einde van die reënboog vervang en ons daardie selfde gevoel van tevredenheid kan gee. Sy beskou haar werk as simplisties en nie moeilik om te verstaan nie. Sy skilder “eenvoudig genoeg” sodat enigiemand haar kuns kan geniet, verstaan en waardeer. ’n Gedeelte van die verkope op die uitstalling gaan na die Dierebeskermingsvereniging (DBV). Rig navrae aan Jordaan by 082-747-3301 of Amanda Reyneke van den Berg by 072-210-8640.
KEIMOES kóók weer dié naweek op sy jaarlikse Wild-enavontuurfees wat Saterdag en Sondag by die Kalahari-waters plaasvind. ’n Groot verskeidenheid aktiwiteite word dié naweek deur die NG kerk Keimoes, organiseerder van die fees, beplan. Saterdag se heerlike avontuurbedrywighede begin om 09:00. Inskrywings teen R40 kan van 08:00 af gedoen word en elke deelnemer ontvang ’n verrassingspakkie. Die avontuurbedrywighede waarvan gekies kan word, sluit in ’n tweekampnommer wat uit ’n 8 km-draf-, 26 km-bergfiets- en weer ’n 2 km-drafafstand bestaan. Vir die minder fluks en fikses is daar nog vele om van te kies. Vir die stappers is daar ’n 2 km-, 5 km- en 8 km-roete. Die drawwers kan kies uit ’n 2 km-, 5 km-, 8 km-, 16 km- en halfmarathonroete. En dan is daar nog ’n springkasteel en verfbal-teikenskietkompetisie vir die kleingoed. Al die avontuurbedrywighede gaan tussen die rantjies en op die eilande langs die Oranjeri-
vier in een van die weinige bewarea-gebiede van die NoordKaap plaasvind. Die bergfietsryers gaan selfs hul trap moet ken wanneer hul roete hulle teen Tierberg op gaan neem. Inskrywings vind van 08:00 by die Kalahari-waters se kantoor plaas. Die 2 km- en 5 km-pretstap kos slegs R20 en sluit geen verrassingspakkie in nie. Die Wildsfeesopening en verkope begin om 10:00. Daar word die heerlikste wildsprodukte, rou en gaar, aangebied. Sien uit na heerlike sosaties, salami, cordon bleu, schnitzel, kaaswors, pasteie, wors, biltong en nog vele meer. Buiten vir die pannekoek, jafels, koffie, proestalletjie, deliprodukte en speserye wat verkoop word, kan selfs aan ’n verskeidenheid potjiekosgeregte weggelê word. Die naweek word om 10:00 met ’n opelug-erediens in die Blocuso-duinebraaigebied afgesluit. Die pad na Blocuso kan met enige voertuig gery word. Ná die erediens kan ’n ete genuttig word. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Vir meer inligting bel Dirk Malan by 082-495-7999.
4/18
8/26
9/26
NO20
NW20
NW35
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
Duineveld ryg eerbewyse op Klawer-kunstefees in OP die Klawer-kunstefees het die Hoërskool Duineveld agt goue, sewe silwer- en een bronseerbewys losgeslaan. Van die agt goue eerbewyse was vier dubbelgoud, wat beteken die deelnemers het meer as 90% behaal. Coenrath Classens (sang), Brendon van Zyl (voordrag), Lucinda Deacon (voordrag) en Joline Human (Engelse monoloog) het almal dubbelgoud ontvang. Joline het die hoogste punt, 93%, behaal.
Joline Human (tweespraak en Engelse gedig), Chantelle Scheepers (Engelse gedig) en Daniëlla Fouché (voordrag) het almal goue eerbewyse ontvang. Elzaan Olivier (voordrag), Daniëlla Fouché (voordrag), Francisca Meynhardt (sang), Chantelle Scheepers (Engelse prosa), Christopher Payne (voordrag), Leon Holtzhausen (voordrag) en Zandelie Kruger (sang) het almal silwereerbewyse ontvang. Die Klawer-kunstefees is ’n jaarlikse eisteddfod wat by die Olifantsrivier aangebied word.
Vanjaar het 3 000 deelnemers van hoofsaaklik Wes-Kaapse skole dié driedaagse fees bygewoon. Duineveld het vanjaar die eerste keer aan dié fees deelgeneem. Op die fees is leerlinge se kunsprojekte in die gange uitgestal. Volgende jaar word die uitstalling uitgebrei om ’n fotografie-afdeling in te sluit. Op dié fees vier kultuur die botoon tot in die restaurant waar slagspreuke en bekende tekste die tafelmatjies versier.
The Industrial Development Corporation provided finance for
IDC finances industrial capacity development. For example,
Woon vergadering by
the development of innovative renewable energy industries.
the IDC Gro-e-Scheme provides funding for projects at
MARIANKE MAY, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Upington, het die Afrikaanse Taalen Kultuurvereniging (ATKV) se jaarvergadering op Buffelspoort bygewoon. Aktuele sake is bespreek en Marianke het ook bekendes soos Riaan Cruywagen, Amanda Strydom en Derick Gardiner ontmoet. Volgens haar was dit ’n besonderse tyd vol nuwe ondervindings waartydens sy heelwat nuwe mense ontmoet het.
Natural waste from animals is used to create electricity
prime less 3% for up to five years. to ensure there is enough power to keep our country
If you have the true entrepreneurial spirit and a project that
going. This happens in anaerobic digestion projects
can help to create jobs and build South Africa’s industrial
where methane gas is produced from livestock manure
capacity, visit www.idc.co.za to find out how the IDC can
and converted to electricity.
help you to establish innovative projects.
This is the tale of a new source of energy
Behaal tweede plek
Chillibush7462IDC
GERALENE SPANGENBERG, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Upington, het 73% op die rekeningkunde-olimpiade van die SuidAfrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters behaal. Dié prestasie het haar ’n gesamentlike tweede plek, saam met nog ’n leerling, laat behaal.
Vaar goed in kompetisie BURGER BECKER van die Hoërskool Duineveld het 85% in die geskrewe afdeling van die nasionale Mintek Minquiz-kompetisie in Gauteng behaal. Die punte het aan hom ’n tweede plek nasionaal besorg. Foto: Megan Loots
Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
Koeke vir VCSV versier DIE Hoërskool Blinkklip het die Verenigde Christenstudentevereniging (VCSV) se 116de bestaansjaar luisterryk deur ’n koek in die vorm van ’n Bybel te bak en dit saam met die personeellede van die skool te geniet. Blinkklip is een van verskeie skole wat aan die VCSV se verjaardagkoekkompetisie deelneem. Elke skool versier ’n koek volgens die VSCV se jaartema, Uitnemendheid, en stuur dan ’n foto daarvan na die VSCV se hoofkantoor. Van al die foto’s word ’n nasionale wenner gekies. Die koek self is deel van die verjaardagvieringe en die tak kan dit daar en dan geniet. Sommige skole veil egter hul koeke op om geld in te samel, of hulle skenk hul koeke aan liefdadigheidsorganisasies.
Ploeg ondervinding terug by skool
Die VCSV is al sedert 28 Julie 1896 betrokke in laerskole, hoërskole en tersiêre instansies van oor die land heen. In die Noord-Kaap is die Hoërskool Kathu, die Hoërskool Keimoes en die Hoërskool Kalahari enkele voorbeelde van skole wat VCSV-takke het. Lidmaatskap is vrywillig en byeenkomste vind nie in onderrigtyd plaas nie. Tog is daar talle leerlinge wat vir niks in die wêreld ’n byeenkoms sal misloop nie. Daar is elke Saterdag en Donderdag ’n program oor die VCSV se werksaamhede op Kruiskyk. Kyk gerus Saterdae om 09:30 of Donderdae om 12:30 daarna om meer uit te vind oor wat in die vereniging gebeur en staaltjies oor kampe en jeugfeeste van toeka se dae te hoor.
DIE Hoërskool Upington het drie nuwe afrigters aangestel om hul senior hokkiespanne af te rig. Wat dié aanstellings besonders maak, is al drie afrigters is oud-Uppies wat nie kan wag om hul ondervinding by hul alma mater terug te ploeg nie. Van links is Jannie van den Heever (afrigter), Chris-Johan Engelbrecht (kaptein), Gawin Mocke (afrigter), Frédérique de Bruin (kaptein), Ruben Nel (afrigter) en Elda Fouché (organiseerder). Foto: Verskaf
Leerlinge geniet boeresportdag DIE Private Skool Cum Laude het ’n heerlike kaskarkaskenade-en-boeresport op sy terrein, wat op die NG kerk Grootdrink se perseel geleë is, aangebied. Die skooltjie bestaan uit 21 leerlinge van gr. O tot gr. 7 en is dus te klein om regtig sport in spanne teenoor mekaar te beoefen. Daarom is die dag saam met ander klein skole en tuisonderrigsentrums van Marydale, Augrabies en Upington aangebied om die kinders lekker te laat speel en sosiaal te laat verkeer saam met ander kinders.
Die kaskarkaskenades was vir seker die hoogtepunt van die dag. Almal het ’n beurt gekry om drywer te wees terwyl die ander kinders stoot. Die baan was ’n groot uitdaging en die outjies wat moes stoot se tonge het gou uitgehang. Daar was drie karre, ’n rooie (Massey Ferguson), ’n bloue (Ford) en ’n groene (John Deere). Die kinders het heeldag op die karre gebaljaar, maar net die John Deere het tot die einde heel gebly. Ná die kaskarkaskenades is die kinders besig gehou met
lekker sport soos baksteenloop, ver-spoeg, driebeenresies, sakresies, eierloop en gooi, ballon stukkend druk, gewigstoot, bal gooi uit verskillende posisies en laastens was daar ook toutrek. Almal het geskaterlag van plesier of hul nou deel was van die aksie of net gekyk het. So tussen deur was daar verskeie stalletjies om te besoek en by te koop. Dit het lekker atmosfeer en kleur aan die dag gegee. Elkeen kon met ’n aandenking van die dag en ’n maag vol lekkernye wegstap.
LEERLINGE van die Hoërskool Blinkklip met hul VCSV-koek in die vorm van ’n Bybel. Hiermee het hulle die VCSV se 116de bestaansjaar gevier. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
Leer oor kanker se voorkoming DIE Vaal-universiteit van Tegnologie (VUT) se Upington-kampus het saam met Kansa internasionale Kankerbewusmakingsweek gevier. Al die eersteen tweedejaarstudente is oor die voorkoming van kanker ingelig en daar is spesifiek met hulle oor die gevaar van rook en waterpype (hubbly) gepraat. Hier kyk die tweedejaarstudente in toerisme na die werking van ’n gesonde long en dié van ’n long met kanker. Foto: Verskaf
Dramaklub van skool is al goed op dreef DIE Hoërskool Upington se dramabedrywighede is al klaar in volle gang. Tydens die afgelope skoolvakansie het die groep leerlinge wat deel vorm van die dramaklub reeds aan die skool se twee produksies, Die Donohue Susters en die Rekenmeester, begin oefen. Tydens die laaste week van die vakansie het die drie akteurs wat die hoofrolle in Die Donohue Susters speel, Zoë Wells, Anré le Grange en Annake Horn, na Bloemfontein vir die Reza
de Wet-tienertoneelfees getoer. Dié toneelfees vorm deel van die Vryfees. Die meisies het die mense in die gehoor behoorlik na hul asem laat snak. Lede van die gehoor het beskrywings soos “skokkend”, “briljant” en “onverwags” gebruik om hul teaterervaring te verwoord. Besoek die Hoërskool Upington se dramaklub se Facebook-blad om op die hoogte van al sy doen en late te bly.
VAN links is Zoë Wells, Annake Horn en Anré le Grange.
Foto: Verskaf
Loslitdag wink om die draai OP 7 September word Loslitdag gevier om só geld vir mense met gestremdhede in te samel. Dié dag om op uitbundig te wees, pret te hê en om volgens die tema aan te trek is jaarliks ’n vrolike dag by talle sakeondernemings en skole. Loslitdag het 18 jaar gelede ontstaan en ’n oudmaatskaplike werker, Annalize de Jager, en haar span, hanteer die jaarlikse projek wat oor die hele Suid-Afrika heen strek van Centurion af. Dit gee deelnemende nie-regeringsorganisasies die geleentheid om broodnodige geld in te samel en só bewusmaking vir mense met gestremdhede te doen. Die Vereniging vir Persone met Gestremdheid (VPG) op Upington is ’n plaaslike welsynsorganisasie wat gratis maatskaplike dienste in Siyanda lewer. Die personeel bestaan uit twee maatskaplike werkers en ’n ontwikkelingswerker. Dit is die kantoor se visie om mense met gestremdhede aan te
moedig om so onafhanklik moontlik te funksioneer en ten volle deel van hul onderskeie gemeenskappe te wees. Slegs met die ondersteuning van die publiek is die dienste moontlik. Die kantoor bedryf ’n beskermende werkwinkel waarin volwasse mense handvaardighede aanleer. The Mill ondersteun die VPG deur van die produkte te verkoop. Hulle bied ook ’n “Daila-Ride”- toeganklike vervoerdiens aan vir mense met gestremdhede wat in ’n rolstoel is en ’n afspraak op Upington moet nakom. Die VPG kan ook vir alle rolstoelbehoeftes en die herstel daarvan gekontak word . Die kantoor verkoop inkontinentale weggooidoeke van ’n goeie gehalte teen billike pryse. Ondersteun die VPG deur ’n R10-plakker vir Loslitdag te koop. Mense word versoek om Loslitdag uit dankbaarheid vir hul eie gesondheid en met deernis teenoor almal wat gestremd is te vier.
11
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
19
Spanne van die beste DIE Hoërskool Upington se o.17- en o.15-netbalspanne het albei op die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe in Boksburg onder die 20 topspanne geëindig. Die o.15-span was 19de en die
o.17-span 14de in die kampioenskappe. Albei dié spanne het in die uitspeelwedstryde van dié kampioenskappe eerste in die Noord-Kaap geëindig.
VAN links is, voor: Jana Becker, Raynardt Stasch, Joané Steenkamp, Pieter Smith, Christine Becker en Jan-Hendrik Boshoff; agter: Jandré Steenkamp, Michael Becker, Derik Steenkamp en Harm Janse van Rensburg. Foto: Verskaf
DIE o.17-netbalspanspelers van die Hoërskool Upington is van links, voor: Dionne Visser, Jennifer Steenkamp, Sue-Ann Titus en Kyla Coetsee; middel: Marica Loots, Mitzico September, Elmarie Carsten, Esmarie Ferreira en Leatitia Strauss; agter: Marna Loots. Foto: Verskaf
Upington-skuts tref kol DIE Hoërskool Upington se skuts het in die laaste provinsiale skietkompetisie op Douglas uitgeblink. In die o.16-veergeweerafdeling het Christine Becker in die drieposisie ’n silwer- en in die staanposisie ’n bronsmedalje losgeskiet. Ulrich Lategan het ’n brons in die
drieposisie-veergeweer gewen. Verskeie skuts is ook vir die Noord-Kaapse span wat in September aan die Suid-Afrikaanse kompetisie in Kaapstad gaan deelneem, gekies. Michael Becker en Jana Becker is vir die A-span-sportergeweer gekies. Christine Becker en Ray-
nardt Stasch is vir die A-span-veergeweer gekies. Jandré Steenkamp, Derik Steenkamp, Pieter Smith en Joané Steenkamp is vir die B-span-sportergeweer gekies. Jan-Hendrik Boshoff en Harm Janse van Rensburg is vir die B-span-veergeweer gekies.
Maak Duineveld bly
DIE o.15-netbalspanlede van die Hoërskool Upington is van links, voor: Simoné Nickel, Heidi-Jane de Wee, Lali Lamprecht en Ray-Ann Snyders; agter: Mariandré Williams, Elmi Teessen, Elso-Maré van Wyk en Beaumieze Ndhlovu. Foto: Verskaf
ATTIE BRITS (links) en Coenie Lamprecht van die Hoërskool Duineveld is albei gekies om hul skool in rugby in die buiteland te verteenwoordig. Attie is vir die Suid-Afrikaanse o.19-Bokkie-rugbyspan, wat in September in Argentinië gaan speel, gekies. Coenie is vir die Suid-Afrikaanse o.16-Bokkie-rugbyspan, wat in September in Mauritius gaan speel, gekies. Foto: Megan Loots
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2012
Puik skaak verwag
VERSKEIE rugbyspelers en -afrigters van die Hoërskool Duineveld het die NoordKaap in die skoolvakansie verteenwoordig.
ssllaagg l l u u h h s W Wyys gbbyyvveelldd oopp rruug
DIE spelers wat die Griekwa-Platteland-Cravenweek (o.18) bygewoon het, is van links Dolf Burden (onderkaptein), Hanro Visagie, Michael Pretorius, Jan-Hendrik van Wyk, Jacobus Conradie (kaptein) en Johan Lamprecht.
DIE spelers wat die Griekwa-Platteland-Valkeweek (o.16) bygewoon het, is van links CJ Conradie, Jurie Burger, Barend Geldenhuys, Ryno Karstens (kaptein), Nihan Bouwer, Willem Steyn en David du Toit.
DIE spelers wat die Griekwa-Platteland-akademieweek (o.18) bygewoon het, is van links Cobus van Niekerk, Rayno Nel, Marno Bester, Junior Burger, Elro Hough en Corné Nieuwoudt (kaptein).
Foto’s: Megan Loots
BAREND GROENEWALD (links) is gekies om as afrigter op die Pukkeweek op te tree. Fillip Venter het as afrigter op die Cravenweek opgetree en Doretha Joubert was een van die fisioterapeute op die Cravenweek.
GIDEON COETZEE (links) en Niel du Plessis het die o.19-Pukkeweek bygewoon.
NOORD-KAAP SKAAK bied op Vrydag en Saterdag ’n skaaktoernooi in die meisiekoshuis van die Hoërskool Duineveld aan. Die toernooi sal oor ses rondes beslis word waarvan twee rondes Vrydagmiddag en die oorblywende vier rondes Saterdag gespeel sal word. Die speeltempo per ronde is 60/60, wat beteken elke speler het 60 minute. Spelers ding in hul ouderdomsgroepe, o.8, o.10, o.12, o.14, o.16, o.18, o.20 en volwassenes, mee. Pryse sal aan die eerste drie plekke per ouderdomsgroep toegeken word. Lekker eet- en drinkgoed sal verkoop word. Vir meer inligting besoek Noord-Kaap Skaak se webtuiste noordkaapskaak. wordpress.com of bel Pieter Malan by 082-773-7787. Deelnemers moet hulle vooraf vir die toernooi inskryf. Kliek op die webtuiste op Online entry form en voltooi dan die vorm.