KalahariBulletinUpington 18-04-13.pdf

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Postmasburg

18 APRIL 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

ALICÉ MARITZ is gekies om as deel van ’n nasionale span in Zambië te gaan swem. Sy is die enigste Noord­Kapenaar wat gekies is.

TEL. 054­331­3482

Foto: Verskaf

‘Swem, Alicé, swem’ Lizette Slabber ALICÉ MARITZ (14), ’n leerling aan die Hoërskool Upington, is gekies om van 25 tot 28 April as deel van ’n nasionale swemspan in Zambië te gaan swem. Op die vlak 2-swemgala wat in Kimberley plaasgevind het en waaraan swemmers van oor Suid-Afrika heen deelgeneem het, is slegs 12 meisies en 12 seuns gekies om aan die

CANA-swemkampioenskappe (sone drie en vier) in Lusaka deel te neem. Alicé is die enigste swemmer van die Noord-Kaap wat gekies is om deel van dié nasionale span te wees. Volgens Willie du Plessis, haar afrigter, is slegs swemmers gekies wat in al die swemstyle uitblink. Alicé het op die gala in Kimberley in tien eindafstande geswem en agt medaljes gewen.

Du Plessis sê verder die doel van die Zambië-byeenkoms is om aan ontluikende swemmers ondervinding te gee om hulle só te ontwikkel dat hulle eendag vir Suid-Afrika kan swem. Alicé kan self nie uitsonder in watter swemstyl sy die beste is of van watter swemstyl sy die meeste hou nie. “Ek hou van alles behalwe die borsslag.” Sy verkies die langer wedlope

en hou veral van die 400 m. want “dan kan ek my eie pas aangee”. Wat Alicé se prestasie so besonders maak, is dat die winter en gebrek aan geriewe op Upington veroorsaak dat swemmers slegs ses maande van die jaar kan oefen. Op ander plekke kan swemmers tot 11 maande van die jaar oefen. Alicé swem in die somer tussen een en twee uur per dag,

ses dae van die week. Volgens Du Plessis is dit Alicé se doelgerigtheid wat van haar so ’n besonderse swemmer maak. “Sy vra nie vrae nie, doen net wat ek sê. Jy sien nie as sy af is nie. Sy is altyd vrolik en gelukkig en vra as sy sukkel met iets of ’n probleem het.” En haar antwoord op die vraag wie haar gunsteling-swemmer is . . . Chad le Clos.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Famsa leer oor brande Skryf kleingoed vir dié babafotokompetisie in REE BOTHA is een van die inskrywings wat vir die Jogébed­ babafotokompetisie ontvang is. Die kom­ petisie se sluitings­ datum is verleng tot 11 Mei. Die kroning sal op 18 Mei plaas­ vind. Inskrywing kos R100. Babas kan in vier kategorieë inge­ skryf word; babas jonger as twee jaar, babas twee tot drie jaar, Pa of Ma saam met die baba en Ou­ ma of Oupa saam met die baba. In die laaste twee katego­ rieë moet die klein­ goed jonger as vyf jaar wees. Inskry­ wings moet by Cool Babies gedoen word. Rig navrae aan Fran­ solien du Plessis by 082­472­2377 of aan Linda Louw by 072­ 379­6064.

FAMILIES SUID-AFRIKA (Famsa) en Nicdam bied opleiding in basiese brandbestryding aan. Die doel van die opleiding is om aan mense vaardighede te verskaf om die geskikte brandbestrydingstoerusting te gebruik om vure in die werkplek te beheer of te blus. Die opleidingsprogram gaan fokus op die prosedure wat gevolg moet word om ’n vuur in die werkplek te hanteer, asook die verskillende soorte vuur en die geskikte brandbestrydingsprosedure om al die verskillende soorte vuur te blus.

Daar sal ook gekyk word na brandbestryding- en veiligheidstoerusting, basiese brandbestrydingsprosedure, onderhoud en bestuur van ’n brandgebied. Die voordele van die opleiding is die vermindering van risiko’s by die werk, ’n sertifikaat wat drie jaar geldig is en die nakoming van gesondheids- en veiligheidswetgewing. Die opleiding duur een dag en kos R550 per persoon. Rig navrae aan Nelia van Deventer by 054-331-3307.

Jy kan met dié wiele wegry

Foto: Verskaf

9/24

9/25

9/26

S­10

SO­5

N­5

DIÉ splinternuwe Su­ zuki Hayabusa 1300 kan op die Gemsbok Rally wat van 26 tot 28 Julie op die skou­ terrein op Upington plaasvind, gewen word. Kaartjies om die motorfiets te wen kos R225 en sluit die toegangsgeld na die saamtrek vir die hele naweek en die kwart­ myl wat Saterdag plaasvind, in. Kaart­ jies is op die Wild Bulls se webtuiste, www.wildbullsmcc. co.za, en by Pick n Pay beskikbaar. Rig navrae aan Pieter Maass by 083­261­ 5811 of aan Henk van der Merwe by 082­491­0406. Foto: Anena Burger


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

3

Juffrou afgedank; wou nie oneerlik wees Joanie Bergh

OUMA ELLA BOLTON (83) met haar pampoen.

Foto: Joanie Bergh

Mannetjiesplant dra toe pampoen Joanie Bergh

KAALVOET met haar kierie hardloop sy oor die erf. Oor die skerp klippies en gruis onder haar voete skeel sy haar min. Sy móét by die huis kom. “Stompie!” roep sy. Die hoenders wat nog eenkant gestaan en pronk het, spaander in alle rigtings soos wat sy haar na die stoep haas. “Stompie,waar’s jy?” roep sy weer. Met die hulp van haar houtkierie trotseer sy die stoeptrappies een vir een. Toe Stompie wat saam met haar bly, verskrik op die stoep uitgehardloop kom, gryp ouma Ella haar aan die arm en sê: “Kom kyk, kom kyk my pampoen.” Die 83-jarige ouma Ella Bolton het nog nooit so ’n groot pampoen gesien nie. En dié een het jou waarlik in haar eie tuin gegroei. Onder haar neus sonder dat sy dit eens raakgesien het. Sy het in haar tuin rondgeloop toe sy dié

enorme pampoen tussen ’n boom se takke sien rus. “Ek het nog altyd gedink dit is ’n mannetjiesplant,” het sy vir Stompie gesê. “Hy het net blomme gedra”. “En kyk nou vir jou,” sê sy trots. Die pampoenplant het tussen ’n boom se takke deur gerank. En daar, onder die blik van nuuskieriges uit, het ’n pampoen wat 20 kg weeg, gegroei. En het hom op niks meer as die badwater wat op hom uitgeloop het, gevoed nie. Wat beplan sy om met die enorme pampoen te maak? “Ek gaan hom eet, natuurlik,” sê sy laggend. “Stukkie vir stukkie. Ek gaan hom gaarmaak en met suiker, botter en kaneel eet. Enigeen kan kom saam eet,” sê sy en vou haar arms om haar vonds. ) Ouma Ella het haar stukkie grond van die afgelope 53 jaar vandeesweek verlaat om haar tuiste nou in die Mimosa-ouetehuis te maak. Sy het die pampoen saamgeneem.

’n WISKUNDE- en wetenskaponderwyser aan die Hoërskool Kakamas is na bewering onregmatig afgedank nadat sy glo geweier het om die skoolhoof se seun se punte aan te pas. ’n Saak hieroor dien nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die skoolhoof wou by navraag nie kommentaar lewer nie. Die saak kom nadat Arlene Nel, wat ’n tydelike departementele pos by die skool beklee het, glo per SMS deur die skoolhoof, Karel Afrikaner, in kennis gestel is dat die skool nie meer van haar dienste gebruik gaan maak nie. Ondanks Arlene se kontrak wat reeds verlede jaar hernu is, is sy afgedank. Die skool se beheerliggaam het skynbaar nie van Nel se afdanking geweet nie. Nel, wat in daardie stadium swanger was, sê sy is onregmatig behandel net omdat sy nie oneerlik wou wees nie. Die afdanking kom nadat Afrikaner glo vir Nel gevra het om sy gr. 11-seun se lewenswetenskappunt só aan te pas dat hy eindelik die vak sou slaag. Sy moes die seun glo kans gee om al sy take vir die jaar weer oor te doen. Volgens Nel het die seun 28% vir die vak gekry. “Vir hom om die vak enigsins te kon slaag moes hy minstens 100% vir al sy take kry,” sê sy. Benewens dié vak het die seun ook wiskunde (14%) en fisiese wetenskappe (24%) gedruip. Adéle Liebenberg, woordvoerder van Solidariteit, sê nadat hulle met die departement van onderwys vergader het om die afdanking te verhoed en die partye nie tot ’n beslissing kon kom nie, is die saak na die KVBA geneem. Die saak word weer op 23 April voortgesit. “Dit is onaanvaarbaar dat werknemers

afgedank word omdat hulle nie oneerlik wil optree nie. Die geloofwaardigheid van die land se onderwysstelsel sal aangetas word as leerlinge se punte na willekeur aangepas word sodat hulle kan slaag,” sê sy. Sidney Stander, onderwyswoordvoerder, het by navraag gesê as ’n onderwyser tydelik aangestel is en die skool van mening is dat hulle nie meer van die leerkrag se dienste gebruik wil maak nie, mag die skool daardie leerkrag se dienste beëindig. Afrikaner wou nie kommentaar lewer nie, maar sê ’n paar onwaarhede is kwyt geraak en alles sal by die KVBA aan die lig kom.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Waar gaan geld heen? WAT word van die belastingbetaler se geld? Dít is die een vraag waarop niemand ’n antwoord kan kry nie. En heel waarskynlik nooit sal nie. Elke dag hoor en lees almal in die media van staatsamptenare wat Jan Alleman se belastinggeld gebruik om te betaal vir luukse vakansies in Switserland of Parys en op plekke waarvan jy net kan droom. Enorme huise van etlike verdiepings hoog word gebou en in lang, swart, blink motors word die dorpe deur gery. Ja, almal word sekerlik ’n goeie salaris van so ’n paar honderdduisend rand per jaar betaal. ’n Salaris wat verdien moet word. En of die meerderheid amptenare hul deel tot ’n beter Suid-Afrika bydra . . . daaroor kan vir lank met mekaar geredekawel word. Terwyl die room van die koek afgeëet word en sekeres in weelde lewe, ignoreer hulle die mense wat nog nooit water uit ’n

kraan sien loop het nie. Die mense wat nog van gate gebruik maak, want “wat is die nut van ’n spoeltoilet as daar nie water is nie?”. Daarbenewens dra swak bestuur grootliks tot die verdwyning van geld by. Munisipaliteite wat bankrot speel, aangekla word vir onreëlmatighede of deur die owerhede ondersoek word, is ’n gegewe vir Suid-Afrikaners. Ons hoor ’n nuusflits op die radio, staan ’n oomblik stil om te hoor watter munisipaliteit het nou weer drooggemaak. Miljoene rande wat ongesiens in die grond wegsypel. Gemeenskappe kan hulle gelukkig aan dié gedagte troos as dan aan niks anders nie: dat daar belanghebbendes in die land is wat daarteen veg. En dit ook regkry om ’n paar van die skuldiges in die hof te kry. Hoewel hulle nie altyd suksesvol is nie, veg hulle onverpoos voort met die hoop op verandering en verbetering.

Bou aan huwelik Christo Jonck MANS, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Efesiërs 5:25 ’n Rukkie terug was daar ’n beriggie in Volksblad met die volgende opskrif: Verneukery in Rosestad onder oë. Dit het my laat dink. Baie min mense trou met die idee dat alles net oor hulself sal gaan en dat hulle hul huweliksmaat gaan verneuk. Die liefde wat tussen ’n paartjie bestaan, maak dat hulle mekaar se behoeftes graag wil bevredig, mekaar graag wil gelukkig maak. Solank as wat getroudes dit dan ook vir mekaar doen, bly hulle lief vir mekaar en voel hulle goed oor die verhouding en die huwelik. Maar as een of albei se behoeftes nie bevredig word nie, kom daar frustrasie en negatiewe gevoelens. Willard Harley het hieroor ’n boek geskryf na aanleiding van jare se ondervinding as huweliksterapeut. Oor die jare heen het hy by duisende egpare wie se huwelike skeefgeloop het ’n opname gedoen oor wat hul behoeftes in die huwelik is. Hy wys daarop dat daar nogal ’n groot verskil bestaan tussen mans en vrouens se behoeftes, en daarom noem hy sy boek: His needs, her needs: building an affair-proof marriage. Wanneer huweliksmaats mekaar se behoeftes bevredig, soek hulle nie

buite die huwelik na iemand anders wat hulle gelief sal laat voel nie. Die mees algemene behoeftes wat vrouens in die huwelik het, is die volgende: 1. Liefde – die ervaring dat my man my liefhet en dit vir my wys of sê. 2. Iemand om op ’n diep vlak mee te gesels, wat na my sal luister en regtig in my belang stel. 3. ’n Man wat oop en eerlik met my is en wat ek kan vertrou. 4. ’n Versorger wat vir my en die gesin finansiële sekuriteit gee. 5. ’n Goeie pa vir ons kinders en ’n man wat homself aan die gesin verbind het. Die behoeftes wat die meeste by mans voorkom, is die volgende: 1. ’n Maat saam met wie hy seksuele vervulling beleef. 2. ’n Maat wat sy vrye tyd, sport en ontspanning met hom sal deel. 3. ’n Aantreklike vrou wat haarself goed versorg. 4. ’n Vrou wat die huis ’n veilige, aangename plek maak. 5. ’n Vrou wat trots is op hom en vir hom erkenning gee. Mans, vrouens ook, fokus op jou huweliksmaat se behoeftes en bou aan ’n wonderlike huwelik. ) Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG Oog-gemeente.

’n KALAHARI­SONSONDERGANG bly maar een van die mooiste verskynsels in ons land. Die sonsonder­ gang is op die pad tussen Daniëlskuil en Kuruman vasgevang. Foto: Joanie Bergh

Só sal Mier net agterbly MERIS KOCKS, Mier: DAAR was ’n groeiende opgewondenheid voelbaaar toe dit rugbaar geword het die Noord-Kaapkabinet sou die Mier-gebied van 21 tot 23 Maart besoek. Met die besoek is gehoop tradisionele gemeenskapsvergaderings sou gehou word waar die mense hul lofprysinge kon sing en aan kwellings kon uiting gee. Vader Gift van Staden, uitvoerende burgemeester van die Siyanda-distriksmunisipaliteit, het die borrel vinnig laat bars deur aan te kondig die wetgewer sal slegs tien huisgesinne per dorp besoek. Die rede is die “gemeenskapsprokureurs” ruk na sulke vergaderings op en maak dit onregeerbaar en diegene wat die moed het om op sulke vergaderings te praat sal dus ’n geleentheid ontneem word. Die “gemeenskapsprokureurs”, vol-

gens afleiding, is diegene wat denkend en rasioneel hul kritiek lewer oor hoe die openbaar verkose verteenwoordigers met die mandaat omgaan wat hulle by die massas gekry het. Groot ontevredenheid het geheers oor die samestelling van die “kastige” steekproef en dit kan nie as ’n refleksie van die denkwêreld van al die inwoners dien nie. Die Noord-Kaap-kabinet kan hom nie daarop roem dat hy die mense ontmoet het nie. Sake waaroor die mense van Mier ontevrede is, sluit in: ) Die moontlike inlywing van die Mier-munisipaliteit by ’n groter munisipaliteit en die implikasies daarvan. ) Die volhoubaarheid van die reddingsplan vir die Mier-munisipaliteit tot 2016 wat deur die provinsie, Gogstha- en Siyanda-distriksmuni-

sipaliteit gedra gaan word. ) Die chaotiese aanstellings in die Mier-munisipaliteit. ) Die verbrokkeling van die “nuwe” teerpad tussen die Rietfonteingrenspos en Hakskeenpan. Die teerpad is in 2008 met groot fanfaredeur die agbare Elizabeth Dipou Peters geopen. Gaan die teerpad ook opgeknap word? Wat gaan aan die haglike gruispaaie in die Miergebied gedoen word waaroor jare gekla word? ) Die daadwerklike takeling van die behuisingsnood in die gebied. ) Die verwarring oor die Bloodhound-projek. ) Die tallose hofsake waarby die Mier-munisipaliteit betrokke is. ) Aan sommige leerlinge is studiebeurse belowe. In die breë gesien was die besoek van die Noord-Kaap-wetgewer aan die Mier-gebied ’n vermorsing van tyd en belastinggeld. Miskien was dit ook ’n simboliese aanduiding hoe oor die Mier-gebied gevoel word, en ’n verdoemenis tot verdere agtergeblewenheid.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.

Besoekers se kuier in die vreemde gans te gou verby Annerie Louw EK en Skoonseun klim uit die trem op Amstel-stasie. Ons gaan besoekers van Suid-Afrika af daar ontmoet en my hart klop in my keel. Ons het nog laas in Suid-Afrika gepraat en reëlings vir die ontmoeting getref. “Van watter kant af gaan hulle kom?” wil Skoonseun nog weet toe ek hulle sien. Twee aantreklike manne op soek na bekendes. Wat ’n lekker gevoel om bekendes te sien nadat ek reeds drie weke in Europa

is en al na Suid-Afrika verlang. Dit is koud op die stasie, maar die oor-en-weer-groetery is warm en hartlik. Ons ruil vrae oor mekaar se welstand uit terwyl ons lekker in die warm trem sit en broei in ons dikste wintersklere. By Mooiste-hulle se huis drink ons warm koffie met broodjies en bespreek die toerplan van die dag. Ons klim af op Rembrandt-plein en poseer vir foto’s tussen beelde wat Die Nagwag uitbeeld. Die koue wind sny van voor, maar ons is avontuurlustig en opgewonde oor

die vreemde stad. Voorgenome besoeke aan die museums realiseer ongelukkig nie, want voorbereidings aan die Rijksmuseum word vir die inhuldiging van die koning aan die einde van die maand gedoen. Ons eerste rus is hot chocolate en latté in die Hard Rock Café op pad na Leidse Plein en ons kry ’n kansie om te kuier.

Ons stap oor die gragte verby die fietse en skewe geboue en verlustig ons in die erfenis van die stad wat ’n toeristemekka is. Die yslike Big Wheel voor die koningin se paleis en die hele mallemeule wat op Damplein opgeslaan is, grief my omdat dit die atmosfeer wat daar altyd is, bederf. Die besoek aan die Rooilig-distrik is flussies verby. Al is dit oggend is die meisies in die vensters in hul bikini’s pragtig en beskikbaar. Dit is die advertensies en uitbeeldings aan die mure wat ons verleë maak

en Skoonseun knip die besoek aan Walletjiestraat kort met net twee strate. Ons sluit die dagtoer om 17:00 met ’n bier in Vondelpark af. Die tyd het heeltemal te gou verbygevlieg toe ons teen 18:00 die trem huis toe haal. Ek wil die Suid-Afrikaners ’n bietjie langer by ons hou. Kan dit dalk wees omdat ek na Suid-Afrika verlang? Nie heeltemal nie, dit is omdat dit besonderse mense is vir wie ek graag wou trakteer. Iemand (en sy seun) vir wie ek omgee omdat hy my goed ken en vertrou.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

OWK dra tot program by André Botha ’n SKEUTJIE van die beste Noord-Kaapse wyn het menige gereg opgekikker in ’n nuwe kosprogram wat verlede week op kykNET begin het. Vir sowel die deelnemers as die beoordelaars was ’n glasie wyn van die OranjerivierWynkelder (OWK) ook tydens die verfilming van die reeks beskikbaar. Die OWK is die amptelike wynborg van die reeks Kokkedoor. Die program, wat om 20:00 uitgesaai is, is die eerste werklikheidskookprogram in Afrikaans. Altesaam 20 deelnemers het meegeding om die lekkerste geregte voor te berei. Die reeks is op Prins Albert in die Karoo verfilm.

Die kokke bestaan uit twee groepe. Die onthoukokke is mense wat van nature hul storie in ’n kombuis ken. Hulle kook uit hul hart en met ’n passie wat kom uit jare se ondervinding. Dié groep het nie formele opleiding gehad nie, maar kom gewapen met hul oumas, ma’s en familielede se resepte wat vir niks skrik nie, lui die bekendstelling van die program op kykNET se webtuiste. Die tweede groep is die kinkelkokke, almal óf professionele sjefs, óf wat formele opleiding in ’n kombuis gekry het. Die beoordelaars is Hetta van DeventerTerblanche, ’n koskultuurkenner, en die bekroonde Kaapse sjef Nic van Wyk. Die aanbieder is die bekende Mariëtta Kruger. Koos Visser, bemarkingsbestuurder van

die OWK, sê die benadering tot kos en kook in die program is iets waarmee die mense van die Oranjerivier-wynstreek vertroud is en een wat bydra tot die beeld van die streek wat dit ’n gewilde toeristebestemming maak. “En dan sien ons ook uit na die moderne kookkinkels wat dié kokke in hul geregte na vore bring.” Hy sê die OWK is veral verheug dat die vervaardigers die belang van wyn as aanvulling tot goeie kos besef. “Veral omdat die program so ’n sterk klem op kos as kultuur lê, is dit belangrik om vir die kykers te wys daar is ook ’n Suid-Afrikaanse wynkultuur wat hand aan hand met die koskultuur loop en wat mekaar eeue lank reeds aanvul.”

MARLÉ NEL (middel), bemarkingsassistent van die Oranjerivier­Wynkelder (OWK), saam met die twee beoordelaars van die kykNET­ program Kokkedoor. Links is Nic van Wyk en regs Hetta van Deventer­Terblanche. Foto: Verskaf

CALLING ALL ENTREPRENEURS

GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. LL CELL C POSTPAID SE TO R LE EA D A S SIGN UP A ES, DUCTS AND SERVIC O R P ID A EP R P R /O AND : AND BENEFIT FROM le for resa C products purchased ll Ce l al on ts un co is •D • Annuity income

JHB 41206/R

APPLICANTS MUST: th Cell C s to sign a contract wi es fie fi ali qu at th y tit en expenses • Be a legal tment and operating es inv l tia ini e th r ve e to co ncce an fina • Have the fin

CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000

5

Isaac op pad na Amerika ISAAC MAAS­ DORP, ’n gr. 11­ leerling aan die Hoërskool Uping­ ton, is gekies om in 2013 die Global Yo­ ung Leaders Con­ ference in Amerika by te woon. Dié konferensie vir jong leiers begin op 1 Julie in die Shera­ ton Pentagon City­ hotel in Washing­ ton DC en eindig op 10 Julie by die St. Johns­universiteit in New York. Foto: Verskaf


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Party sal werwing nie duld André Botha ’n DA-WETGEWERLID op Groblershoop wil dié week in die voorste ry sit om seker te maak die LUR vir gesondheid se besoek aan die dorp word nie gebruik om stemme vir die ANC te werf nie. Karen de Kock sê dit is vreemd dat die aangewese premier, Sylvia Lucas, en verteenwoordigers van verskeie departemente die afgelope weke die dorp in die aanloop tot ’n tussenverkiesing hier besoek het. Kiesers van wyk 3 in die !Kheis-munisipaliteit gaan op 24 April stembus toe in ’n deurslaggewende tussenverkiesing wat sal bepaal wie die munisipaliteit sal beheer. Paul Vries, voorheen ANC-raadslid vir die wyk, staan as onafhanklike kandidaat met opposisie-

steun teen die ANC in die tussenverkiesing. Wen hy, neem die opposisie beheer oor die munisipaliteit oor. De Kock sê as Mxolisa Sokatsha, LUR vir gesondheid, sy besoek aan die dorp gebruik om stemme vir die ANC te werf gaan sy dit nie daar laat nie. Sy sê in die tussenverkiesing op Strydenburg in 2011 het provinsiale departemente ook veldtogte misbruik om stemme vir die ANC te werf. Johannes Joseph, DA-raadslid, het in ’n verklaring gesê munisipale amptenare word gebruik om stemme te werf. “Die munisipaliteit is gereeld soos ’n begraafplaas. Daar is niemand nie. “Van die amptenare wat die werwingswerk doen, is ook in hoëprofielposte.”

OP 23 Maart is Ben Eiman en Ismarelda Pienaar op Carnarvon in die huwelik bevestig. Albei woon op Kuruman.

Foto: Verskaf

Pak misdaad saam aan Joanie Bergh DIE maandelikse sektorvergadering wat onlangs op Kuruman gehou is, word as een van die suksesvolste nog beskou. Ansie Cilliers van die buurtwag sê voortslepende probleme is onder die munisipaliteit en polisie se aandag gebring en daadwerklike optrede deur elke faksie kan binnekort verwag word. Benewens die buurtwag en die raadslid van wyk 1 bestaan die vergadering uit onder andere verteenwoordigers van die polisie, verkeersdepartement, welsynsorganisasies en die gevangenisdiens. “Die sektorvergadering dra die gemeenskap se belange en bekommernisse op die hart,” sê Cilliers. Kwessies wat tydens die vergadering aan die lig gekom het – en as voorkeursake vir die Ga-Segonyanamunisipaliteit beskou word – is on-

der meer strate wat steeds sonder straatligte is, ’n ompad wat gebou moet word om swaar voertuie van Mothibistad om die dorp te lei en parke wat gerehabiliteer moet word. Floors Byleveld, die DA-raadslid van wyk 1, doen ’n beroep op die gemeenskap om geduldig met die werksaamhede van die munisipaliteit te wees. “Ons werk aan die dorp se infrastruktuur. In die meeste gevalle is die gereedskap wat ons benodig reeds bestel en ons wag net vir aflewering. Dit vat tyd,” sê hy. Volgens kol. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder, het die misdaadsyfer met 26% teenoor verlede jaar se syfer gedaal. “Ons tree strenger teen dwelmhandelaars en werk daaraan om hul aktiwiteite te strem. “Verder probeer ons om aktiwiteite in mensehandel op Kuruman te bekamp.”

Koopman het die gemeenskap gevra om die polisie te ondersteun en om hulle in te lig van enige misdrywe wat in hul gebied gepleeg is. “Alle inligting sal as hoogs vertroulik gesien word,” het hy benadruk. Cilliers het gesê die publiek moet meer paraat optree aangesien huisinbrake toeneem. “Gevalle waar hekkontroles gebruik word om die sein van ’n motor se alarmtoestel te versteur sodat daar by die motor ingebreek kan word, neem ook toe,” sê sy. Floors en Cilliers moedig inwoners aan om hulle by ’n sekuriteitsmaatskappy aan te sluit en om “hul bure te leer ken”. “Ons ken nie die mense wat om ons bly nie,” sê Floors. “Leer jou buurman ken sodat hy kan weet wanneer daar by jou huis fout is, sodat ons saam misdaad kan bestry.”

Kansa bied hulpmiddels KANSA probeer om op elke dorp ’n bergplek van hulpmiddels beskikbaar te hê vir gratis gebruik deur kankerpasiënte wat by die vereniging geregistreer is. Die hulpmiddels sluit duur artikels soos hospitaalbeddens, eierdopmatrasse, rolstoele, looprame, bedpanne, ensovoorts, in wat die terminaal siek pasiënt se lewe baie geriefliker kan maak. Hulpmiddels word deur die Kansa-verteenwoordiger op elke dorp aan die pasiënte geleen in die tydperk wanneer dit nodig is. Sulke hulpmiddels is op Upington, Kathu, Olifantshoek, Postmasburg en Kuruman beskikbaar. Vir meer inligting bel die streekkantoor op Upington by 054-332-4937 of die satellietkantoor op Kathu by 053-723-1326.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS Product has been styled for photography

per kg

Bulk Stewing Beef (Bone in)

1679

PnP no nameTM Viennas (Chicken, Red or Smoked) 500g

1049 Each

Each

Nola Lite Dressing 780g or Mayonnaise 750g

Each

PnP no nameTM Large Eggs 18s

1895

Each

1399

1799

4499

Glenryck Pilchards Assorted 400g/425g

Brookes Oros Orange Squash 2 litre

124

99 per pack

Pampers Active Baby Value Pack Disposable Nappies Mini 72s, Midi 62s, Maxi 54s, Maxi Plus 48s, Junior 44s or Extra Large 40s

ND AY 2 D BIRTH

13999 Each

Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml

75

99 Each

Wellington VO Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the A Age off 18 18. D Drink Responsibly.

GET DOUBLE POINTS

ON YOUR WHOLE SHOP ON BOTH 20TH & 21ST APRIL. Print your voucher at the kiosk

Always there for you PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177064B_E

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Duo deel insigte deur hul kuns KAREN VISSER en Sylvera Engelbrecht wil graag met hul duo-kunsuitstalling hul uitsigte en insigte deur hul skilderye deel. Hul duo-uitstalling van kunswerke, uitgevoer in klassieke palette en semi-ekspressionistiese benadering, verbeeld dit wat tot hulle spreek in konteks en in konsep, terwyl die sterk, individualistiese karakter van elke kunstenaar behoue bly. Die kunswerke word in Maud’s Place in Schröderstraat uitgestal. Die uitstalling het Maandag begin en duur nog tot 11 Mei. Visser bly al 33 jaar op Keimoes. Haar man is ’n druiweboer. In die tydperk het sy ook as onderwyser aan die plaaslike hoërskool afgelos. Tans is sy ’n tuisteskepper, ouma van ’n pragtige kleinseun en weer student, want sy doen ’n nagraadse studie in geskiedenis aan die Noordwes-universiteit (NWU). Visser skilder al 29 jaar en het in die tyd gereeld kunsklasse by Lida Eksteen gevolg. Op ’n kunswerksessie in 1989, aangebied deur Richard Rennie, het sy nuwe vaardighede bygeleer. Haar kunsklasse het haar geleer om anders na die wêreld om haar te kyk, sê sy. Sy vind vreugde in die vasvang van lig in skilderye. Dinge wat sy uitbeeld, is dit wat in haar hart is, wat haar hart warm laat voel en laat klop. Dit is ook haar leefwêreld en haar loopveld. Dikwels tref ’n gesig of ’n landskap haar oog, of lig wat op ’n ui val en dit laat haar na die kwas gryp.

KAREN VISSER Lig en lyne is twee baie belangrike elemente in haar werk. Huise, landskappe, straattonele, vrugte en gesigstudies bied die geleentheid om met lig en lyne op ’n semi-ekspressionistiese wyse te eksperimenteer. Ryk, aardse kleure is altyd deel van haar palet. Haar skilderwerk is presies dit waarvan haar hart vol is, sê sy. Sylvera Engelbrecht skilder ongeveer 17 jaar al en geniet dit steeds. Sy het ook soos Visser klas by Lida Eksteen en noem dat Eksteen ’n groot bydrae tot kuns in die omgewing gelewer het. Sy het 13 jaar waterverfwerk gedoen, meestal van blomme en Bybelverhale. Die afgelope aantal jare spits sy haar toe op

SYLVERA ENGELBRECHT

DIE kunswerk Huisie op vlaktes, geskilder deur Karen Visser.

Foto’s: Verskaf

‘Daar is geen beter terapie as om agter verf en kwas weg te raak nie.’ – Sylvera Engelbrecht die skilder van vetplante en veral aalwyne, uitgevoer in akriel en olieverf. “Daar is geen beter terapie as om agter verf en kwas weg te raak nie,” sê sy. Engelbrecht is baie lief vir die natuur en aalwyne en vetplante spreek tot haar. Hulle gedy in die moeilikste omstandighede – ontvang so min, het ’n stryd om te oorleef in die natuur, maar op ’n dag is daar die mooiste blomme denkbaar te

sien en meestal op lang stele wat sê ons moet ons nie deur swaarkry laat onderkry nie, maar steeds blom. Sy raak liries oor die skeppingswerk van God en probeer dit op ’n eenvoudige manier so realisties moontlik weer te gee. Kom geniet koffie en quiche saam met hulle op die informele openingsgeleentheid Saterdag van 09:00 tot 12:00 in Maud’s Place. Rig navrae aan Elaine Vivier by 073-735-4772.

EEN van Sylvera Engelbrecht se skilderye wat op die kunsuit­ stalling te sien sal wees.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Vroue bederf VANJAAR bied die Upington-landbou-ekspo ’n spesiale reeks gesellighede spesiaal vir vroue in die Max Minnaarsaal (Karakoelsaal) aan. Die ekspo, wat vanjaar van 2 tot 4 Mei plaasvind, wil graag met dié gesellighede aan elke vrou die geleentheid bied om elke oggend in die Max Minnaarsaal met ’n lekker koppie koffie en iets te ete te kom ontspan terwyl die mans tyd saam met die kinders bestee. Die gesellighede sal elke dag om 10:00 plaasvind en op elke geselligheid sal ’n gasspreker ’n interessante praatjie lewer. Drie baie bekende sprekers sal elke oggend optree. Op Donderdag 2 Mei begin Gretha Wiid die reeks gesellighede met haar baie bekende praatjies oor die huwelik. Die tema vir Donderdag se praatjie is Ken jou man se boksiesbrein. Op Vrydag 3 Mei gaan Hannes van Wyk, bekende akteur van Egoli en nou ook die aanbieder van die program Bravo op kykNET, ’n praatjie met die tema Wat elke ma moet weet lewer. Op Saterdag 4 Mei gaan Allison Botha haar dramatiese ervarings wat sy in 1994 moes deurmaak met almal deel. Die toegangsgeld vir elke geselligheid is R90 en sluit toegang tot die skou vir die hele dag in, asook vir die volledige program in die saal. Kaartjies is reeds by Web-ateljee, Mauds Place en Coffee4u beskikbaar. ) Kaartjies kan nie gekoop word net vir die verrigtinge in die saal nie. Mense wat net toegangskaartjies vir die skou wil koop, sal dan nie die saalverrigtinge kan bywoon nie.

GRETA WIID tree Donderdag op die eerste vrouegeselligheid op. Kaartjies is reeds by Web­ateljee, Maud’s Place en Coffe4U beskik­ baar. Foto’s: Verskaf ALISON BOTHA, wat in 1994 wreed aangeval is, gaan op Saterdag 4 Mei om 10:00 in die Max Min­ naarsaal op die Upington­lanbou­ek spo optree. Kaartjies vir dié vrouegesellig­ hede kos R90.

HANNES VAN WYK, bekende aanbieder en akteur, tree Donderdag­ aand as seremoniemeester op die kroningsgeleentheid van die skou­ koningin op en lewer Vrydagoggend ’n praatjie op een van die vroue­ gesellighede in die Max Minnaarsaal.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

11

Besoekers sal só ingelig bly DIE Midas-woonwa gaan vanjaar van 2 Mei tot 4 Mei op die Upington-landbouekspo uitsendings van die hoofarena van die skouterrein af, reg voor die hoofpaviljoen, doen. Die skoukomitee het die uitsendings ingestel weens ’n leemte die afgelope paar jaar rondom die afkondigings van die borge en die program van die dag. Daar word beplan om luidsprekers oor die skouterrein heen aan te bring. Die luidsprekers sal agter die Lionstent, by die deurloop van die motorhandelaars se uitstalling, die kostalletjies, die Toyota-verhoog, die gang agter die

paviljoen, agter die uitstallersaal en op die hoofarena tot by die diere se afdeling geplaas word. Baie aandag sal aan die borge gegee word. Die skoukomitee versoek borge dat hulle soveel moontlik inligting moet verskaf sodat hul advertensies en spesiale aanbiedings van die dag sinvol weergegee kan word. Die borge sal ook heeldag hul name hoor met bedankings vir hul bydraes tot die skou en dit sal elke dag van 10:00 tot 18:00 plaasvind. Die Midas-woonwa sal ook nood-afkondigings, soos byvoorbeeld oor kinders wat op die skouterrein verlore raak, doen.

ARMAND, die singende cowboy, gaan vanjaar elke dag op die Upington­lanbou­ekspo optree.

Foto: Verskaf

Armand elke dag hier ARMAND, die singende cowboy, gaan van Donderdag 2 Mei tot Saterdag 4 Mei op die Upington-landbou-ekspo optree. Armand en sy perd se optrede was verlede jaar só ’n sukses dat hy vanjaar elke dag van die ekspo gaan optree. Armand is ’n boorling van Bela Bela, maar Rustenburg is eintlik sy hart se woonplek. Die mooi Afrikaanse taal en countrymusiek was die rede dat Armand die twee liefdes kombineer. Vandag is Armand en

Stoei op Upington­ekspo SHAUN KOEN en sy AWA/AWF­stoeiers gaan op Vrydag 3 Mei en Saterdag 4 Mei in die hoofarena voor die paviljoen op die Upington­landbou­ekspo optree. Foto: Verskaf

Kom ook vermaak CARIEN OOSTHUIZEN, bekende sanger van Upington, gaan op die Upington­landbou­ ekspo in die Lions­tent optree. Besoekers kan Vrydag­ en Saterdagaand hier na haar gaan luister. Foto: Verskaf

Al 25 jaar vol grappies PUDDLES die nar gaan van Donderdag 2 Mei tot Saterdag 4 Mei op die Upington­landbou­ ekspo kinders van alle ouderdomme ver­ maak. Puddles tree al 25 jaar as ’n professio­ nele nar op. Hy is in Amerika as nar opgelei en kan toertjies doen, met vuur werk en ver­ skillende soorte fietse ry. Foto: Verskaf

sy dansende perd ’n sangsensasie. Country-musiek is egter nie die enigste genre wat tot Armand spreek nie. Hy is ’n veelsydige kunstenaar. Sy geloof vorm ’n integrale deel van sy lewe en dit is vir hom wonderlik om sy Godgegewe talente tot eer van die Here te kan aanwend. Armand se vertoning sal in almal se smaak val en hy en sy perd is ’n wenkombinasie wat almal wat sy vertoning op die ekspo kom bywoon, se harte sal verower.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Elsabé Brits ’n HIDRO-ELEKTRIESE aanleg in die AugrabiesNasionale Park kan selfs toerisme na die streek verhoog. Die Augrabies- Nasionale Park, waarin die Augrabies-waterval geleë is, het in 2010 en 2011, toe die Oranjerivier goed geloop het, tussen 83 000 en 84 000 besoekers gehad. Die meeste van hulle was Suid-Afrikaners. Hydro Suid-Afrika beplan om aanstaande jaar ’n voorlegging aan die regering te doen om die Riemvasmaak-hidro-elektriese projek etlike kilometer van die waterval te bou. Die kragsentrale en die pypleiding (van 5 km) sal ondergronds aangebring word indien die plan goedgekeur word. Volgens ’n opsomming van die voorlopige impakstudie wat deur Aurecon gedoen is, kan die projek self toeriste soontoe lok, soos in die buiteland die geval is. Dit sal die geval wees, ongeag of die aanleg bo- of ondergronds gebou word, omdat besoekers aan die projek ook van die ander toerismeplekke in die omgewing sal besoek. ) Die potensiële invloed van die voorgestelde ontwikkeling op die vloei van water oor die Augrabies-waterval sal in alle waarskynlikheid die opvatting van ’n beperkte aantal mense wees, net omdat hulle weet die projek is daar. “Daar is ander faktore wat die vloei van water kan beïnvloed soos lae reënval en die weglei van water hoër op en wat nie aan die voorgestelde projekte verwant is nie,” lui die verslag. Die minimum omgewingsvloei oor die waterval sal vooraf met SANParke ooreengekom word. ) Die visuele impak sal ook net negatief wees ten tyde van die konstruksie wat sowat twee jaar sal duur. Daarom word aanbeveel dat soveel moontlik van die strukture ondergronds gebou moet word. Net die elektriese substasie langs die kragsentrale sal bogronds wees.

Hidro-kragstasie by Augrabies beplan Hydro SA het dié plan op die tafel om teen R700 miljoen en ’n hidroelektriese aanleg van 19,9 MW in die Oranjerivier in die Augrabies- Nasionale Park en op Riemvasmaak-trustgrond te bou. Die bod word in Augustus 2014 ingedien by die departement van energie. Indien suksesvol sal konstruksie in 2015 begin en elektrisiteit teen Mei 2017 gelewer word.

Die kragsentrale waarin die elektrisiteit opgewek sal word, sal ondergronds in ‘n skag gebou word. Die elektriese substasie (op private grond) sal wel sigbaar wees.

Oranje riv

ier

Kan ook toeriste lok

’n Ondergrondse pypleiding van 2,5 m in deursnee sal onder ’n bestaande gruispad gebou word om die impak op die omgewing te beperk. Die pad sal daarna herstel word.

Water loop hier terug in die rivier.

Hier sal die hidrokragstasie en pypleiding gebou word.

Die elektriese kabel wat die krag dra, loop saam met die pypleiding ondergronds in die park, en daarna bogronds tot by Kakamas.

Augrabieswaterval

Oranjerivie r

’n Stuwal van 2,5 m hoog keer van die water af na die pypleiding.

Bron: Hydro SA

THEUNS KRUGER, Grafika24

Kragsentrale beplan

Augrabies-waterval deel van nuwe projek Elsabé Brits ’n HIDROËLEKTRIESE kragsentrale word naby die gewilde Augrabies-waterval in die NoordKaap beplan. Só sê Niel Theron, direkteur van Hydro SA. Belanghebbendes word reeds genader. ’n Voorlegging om die projek van R700 miljoen aan te pak gaan in Augustus 2014 aan die regering gedoen word. Die beplande projek sal onder meer bestaan uit ’n stuwal en ’n ondergrondse pypleiding wat water uit die Oranjerivier na ’n hidroëlektriese kragsentrale op grond van SANParke en die Riemvasmaak-trust sal lei. Die plan is om die hidro-ëlektriese kragsentra-

le diep onder die grond in ’n kloof naby Riemvasmaak te bou sodat die water eindelik 100 m tot by die turbines kan val. Die water loop ’n ent verder terug in die Oranjerivier. Dié Riemvasmaak- hidro-ëlektriese projek sal 19,9 MW opwek. Saam met ’n ander projek kan die Neusberg-projek waarvan die konstruksie aanstaande maand begin (lees bygaande berig), aan die hele Kakamas elektrisiteit verskaf. Die laagste wat die rivier oor die Augrabieswaterval vloei, is 30 tot 35 kumek (m3/sek), het Theron gesê. “Ons neem eers water (18,5 kumek) ná dié hoeveelheid en daarna kry die waterval weer alles.

“Almal sê ons gaan ’n dam voor die val bou, maar dit is nie waar nie. Ons gaan nie die waterval wegvat nie. Dit is ook nie ’n nywerheid wat ons gaan oprig nie.” ’n Stuwal van 2,5 m hoog sal ver bokant die waterval in die rivier gebou word. “Dit sal altyd onder die water wees, tensy daar ’n groot droogte is,” het Theron gesê. “Die stuwal is nodig om water af te keer na die pypleiding wat die kragsentrale moet bedien. “Al wat mense sal kan sien, is ’n substasie.” Toeriste by die waterval sal dit egter nie kan sien nie, luidens ’n inligtingstuk. Die bod vir die projek sal in Augustus 2014 by die departement van energiesake ingedien word.

Nuwe kragprojek beplan in NK Elsabé Brits BENEWENS die beplande Augrabies-hidrokragsentrale, begin bouwerk aan ’n nuwe hidro-elektriese projek van R500 miljoen tussen Kakamas en Keimoes in die NoordKaap reeds in Mei. Die aanleg is op die plaas Zwartboisberg, maar die projek staan bekend as die Neusberg-hidro-elektriese projek, omdat die bestaande stuwal in die Oranjerivier Neusberg genoem word. Dié wal keer wa-

ter in kanale vir besproeiing af. Niel Theron, direkteur van Hydro Suid-Afrika wat die aanleg gaan bou, het gesê die kanaal sal 2,5 km lank wees en sal bogronds gebou word. “Ons sal nie water uit die bestaande kanaal neem wat vir die boere bestem is nie. “Hulle kry steeds alles wat hulle nou kry.” Die tender om 10 MW aan Eskom te lewer is deur die departement van energiesake aan Hydro SA toe-

geken. Dit is deel van die regering se plan om meer hernubare energie daar te stel. Die water sal aan die eindpunt van die kanaal sowat 18 m ver in ’n skag na die kragsentrale se turbines val om die elektrisiteit op te wek. Theron het gesê ’n val van meer as 5 m is nodig om die projek lewensvatbaar te maak. ’n Ent ná die kragsentrale loop die water weer terug in die Oranjerivier.

Van die kragsentrale sal die elektrisiteit sowat 22 km ver na die Taaiputs-substasie by Kakamas geneem word. “Ons reken dit sal sowat 50% van die elektrisiteit lewer wat Kakamas benodig,” het hy gesê. In tye van erge droogtes sal daar kort tye wees dat die kragsentrale dalk nie elektrisiteit kan opwek nie. Sowat 171 werkgeleenthede sal met die projek geskep word. Theron het gesê hulle sal teen Januarie 2015 elektrisiteit kan lewer.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

13

Ken jy dié oud­Uppies? KEN jy dalk die oud­Uppies op die rugbyfoto? Die Hoërskool Upington hou op Vrydag 26 April om 17:30 ’n skemerkelkgeselligheid in sy klub­ huis. As jy al die name van die spelers op die foto kan verskaf, wen jy ’n jaar gratis lidmaatskap van die bond. Rig navrae aan 054­332­ 1491. Foto: Verskaf

Kies self wie of wat jy wil help DIE eerste keer nog het Suid-Afrika ’n geldinsamelingsprojek waar die mense self kan kies wie by hul skenking baatvind. Daar sal vyf verskillende plakkers wees (selfs een vir jou selfoon) en jy kan besluit waar jou hart lê, hetsy dit diere, bejaardes, kinders, mense met gestremdhede of dalk selfs onderwys en opleiding is. Jy kan kies: ) Allerhande diere. ) Basiese gemeenskapsdiens. ) Koel kinders. ) Dienslewering aan mense met gestremdhede. ) Noodsaaklike onderwys. Nou kan jy gee waar jou hart lê . . . en dit hoef nie net vir een van die afdelings te wees nie. Tekkie Tax is ’n jaarlikse geldinsamelingsprojek vir ’n groot verskeidenheid van ons land se grootste, kleinste en betroubaarste welsynsor-

ganisasies. Die projek (en sy bankrekening) word nie deur net een welsynsorganisasie beheer nie en elkeen van die deelnemende organisasies sal deel in die opbrengs en sukses van die projek hê. Annelise de Jager, projekorganiseerder, sê: “Daar is te veel voorbeelde van welsynsorganisasies wat groot bedrae geld verloor het in onsuksesvolle pogings om geld in te samel. “Die Tekkie Tax-veldtog gee ’n geleentheid aan selfs die kleinste organisasie in die land om deel te wees van

’n nasionale geldinsamelingsprojek met 0%-risiko en maksimum voordele. Die geheel is groter as die som van die dele – ek glo as ’n span kan welsynsorganisasies in Suid-Afrika veel meer vermag as elkeen se individuele pogings saamgevoeg.” Die publiek kan natuurlik ook betrokke raak. Die bemarkingspan is op soek na ’n kontakpersoon in elke maatskappy in Suid-Afrika, ongeag hoe groot of klein die maatskappy. Individue word genooi om hulle te registreer op die Tekkie Tax-webtuiste waar hulle ’n vorm kan invul om seker te maak hul maatskappy sal deel van die dag wees. So, waar jy ook al is, maak ’n nota in jou dagboek van Tekkie Tax wat op Vrydag 31 Mei sal plaasvind. Vir meer inligting skakel 012-6638181 of besoek www.tekkietax.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

MAZDA B1600, 1995: R29 500. 2002 Bantam 1300, canopy: R30 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. MATTE SKILLS TRAINING Dump Truck Drilling LHD Scooptrum Excavator Mobile Crane Tower Crane TLB Time Rock Free accommodation, etc. Phone 014 592 8429 or 072 226 0725.

AUDI A4 1.8T (B8), 2008, Attraction, Multitronic. 113 000 km, silwer, soos nuut. R185 000 (nie ohb), boekwaarde R228 000. Skakel Christo 083 255 4701. BMW 318i, 1990, fullhouse: R19 500. 1990 Golf 2, mags: R19 500. Phone 072 472 8686

PLATINUM TRAINING PTY. REG 2012/202008/07. Excavator, dump truck, mobile crane. LHD Scoop. Drill rig. Front-end loader. Overhead crane roller, blasting, boilermaker, job assistence available. Utility vehicles. Phone 083 314 3397 or 014 784 4425 Kuruman and Rustenburg. Free accommodation and transport.

2-SLK-woonstel met sitk, kombuis en eie badkamer, onderdakparkering. R7 800 water, krag en DStv ingesluit. Skakel 084 552 9161 of 082856 1216. WOONSTEL te huur: R4 300 p.m. krag en DStv ingesluit. Sentraal geleë en loopafstand van dorp. Skakel 084 800 7779.

BMW 325i, 1997: R28 500. 1997 Tazz 1300: R28 500. Tel. 072 472 8686. CORSA: 2-DOOR, 2004: R29 500. 1998 Corsa: 4-door, excellent, R29 500. Phone 072 472 8686. HYUNDAI 1.3, 1999 fullhouse: R16 500. 1992 Jetta 2 1600: R19 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409. JETTA 3 1600, 1996: R25 000. 1999 Golf 1600: R25 000. Phone 072 472 8686. KIA SORENTO 2.5 CRDi, 4x4, 2007, silver, grey leather. Chrome nudge and side bar, T/B. 130 000 km, FSH. Excellent condition. R154 000. Phone Christo 083 255 4701.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.

HONDEJASSIES vir die winter. Skakel 072 341 4407.

KONTANTKOPER soek 3slaapkamer-huis in Kuruman. Skakel 083 524 4995.

SKOTSE TERRIëRbabahondjies. Skakel 082 920 0857

GANSE TE KOOP @ R50 stuk. Skakel 082 824 6281.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

DEBONAIRS KURUMAN looking for casual drivers for delivery and casual cashiers.

3 SLAAPKAMERS, 2 badkamers teen R14 000 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. House to rent in Kuruman 3-bedr house, 2 bathr, 1 garage, 3 carports and an established garden with automated sprinkling system to rent for R10 500, neg. Please phone 082 776 4945 or 082 332 4788 Huis te huur in Kuruman vanaf 1 Mei 2013. 3 slk met 2 badk, sitk, eetk, TV-k, kom-buis, opwaskamer met swembad en lapa - R11 000 p.m. Skakel 076 703 3675 COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

14

Doen draadwerk afbreek en opbou en nuwe lyne Kontak 072 381 9030 Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse.Aubrey 072 747 1991 Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991

KURUMAN: 3 slk, 1 badk, sitk, kombuis, eetk, enkelm/h, afdak en buitekamer met toilet. Skakel 082 522 6865 vir verdere inligting.

MEENTHUIS: 2 slaapkamers. Water en krag ingesluit. R6 600 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123.

EXPERIENCE SALESMAN for a spares shop required - experience in Motor Spares & Accessories will be beneficial. Market related salary & benefit's incl. To start immediately. Fax CV to 086 654 5919.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

MEENTHUIS: 2 slaapkamers, enkel- m/h. Sekuriteitskompleks. Baie ruim. R8 800 - R9 900 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. MEENTHUIS: 2-slaap-kamer (water ingesluit) teen R5 700 p.m. Skakel Elretha 083 561 6705 of 053 712 3123. MEENTHUIS: 3 slaapkamers, 2 badkamers, R12 100 p.m. Skakel 083 561 6705 of 053 712 3123.

DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.

BANTAM 1600 XLT, 2003, canopy, R42 500. Bantam 1300, 2004, canopy, R37 500. Phone 072 472 8686. HILUX 3000 KZTE Raider R/B, 2001. White, rails, rollbar, nudgebar, towbar. 180 000 km. Exceptional condition, serviced. Very popular, scarce. R99 500 (not negotiable). Tel. Christo 083 255 4701. ISUZU KB250, 1995: R35 500. 1994 Isuzu KB250: R35 000. Phone Thinus 072 472 8686. ISUZU KB300 D-TEQ E/Cab, 4 x 4, 2008. Canopy, white, 117 000 km, FSH. Very neat. Once-in-a-lifetime offer! R187 500. Tel. Christo 083 255 4701. MAZDA 250D, 1998, R39 500. Toyota 1800, 1996, long base, R39 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Boedel Wyle ANN LINKS. Adres:Angelierstraat 1 Postdene,Postmasburg Boedelnommer 1625/2004 Geboortedatum 16/03/1952 Identiteitsnommer:52031600 07089 Datum oorlede:13/12/2003 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf.Datum: 19 April 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende.Geteken te Kuruman op die 8ste dag van April 2013. KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

B E T R E K K I N G S

Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is located in the town Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.

Senior Safety Officer The successful candidate will be responsible for monitoring and evaluating safety trends and providing training and coaching services to legal appointees at Petra Diamonds – Finsch Diamond Mine. He/she will initiate, implement, improve and maintain Finsch Mine Safety Management Systems as guided by OSHAS18001:2007 Principles. Tasks and responsibilities: • Carry out inspections as per regulations 2.17.1 of the MHSA and make recommendations on routine inspections concerning Health and Safety • Review all incident reports, compile and analyse monthly statistics. Minimum requirements: • Grade 12 • National Diploma in Safety Management (NADSAM) or equivalent in Occupational Health & Safety • COMSOC 1 and 2 • Blasting Certificate • Valid Code 08 driver’s licence • Registered as a Safety Professional by IOSM • Valid Certificate of Fitness or fit enough to obtain one • Good verbal and written communication in English • Knowledge of and experience in incident/accident investigation • Knowledge of risk assessments methodology system. Other skills/competencies: • 5 years’ practical knowledge of and experience in daily safety and health management systems, preferably underground and/or in the metallurgy plant or as Technical Supervisor in a mining environment • Knowledge of the Mine Health and Safety Act (Act 29 of 1996) and other related legislation applicable to a mining environment • Competency in MS Office suite • Ability to function as a team member • Strong interpersonal communications, tact, good judgement and analytical skills • Familiarity with Finsch Mine safety programmes will be an advantage. (Ref. FINSCH066) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 24 April 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 97949

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Ruiters beïndruk

TOP die nasionale arabierperdkampioenskapsbyeenkoms wat van 19 tot 23 Maart op Parys plaasgevind het, het Leandri du Toit, Dioné Cilliers en Karla van Zyl besonder goed gevaar. Leandri het ’n derde plek in die topvyf in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir junior Westerse plesierperd met Jaudimey Nadirah behaal. In die senior country-plesierklas, merries en reunperde, het sy ’n vierde plasing verower en in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap countryplesier- senior perde ’n vierde plek

LEANDRI DU TOIT op Jaudimey Nadira. REGS BO: Karla van Zyl op FS Seno­ ra Tango. Foto’s: Verskaf

LINKS: Dioné Cilliers op Karana Antya.

in die topvyf met EKS Integrity behaal. In die senior merries en reuns, kostuumperd, het sy ’n eerste plek behaal. Dionè het met Karana Antya ’n vierde plasing vir die Suid-Afrikaanse nasionale junior ruiter ontvang en ’n vierde plasing in die Suid-Afrikaanse nasionale kostuumklas vir junior ruiters, asook ’n derde plasing in die Suid-Afrikaanse nasionale Hunter Pleasure junior ruiters, verwerf. Karla van Zyl het in vier verskillende klasse met FS Senora

Tango, ’n jong merrieperd, deelgeneem. Ruiter en perd het die eerste keer aan ’n skou deelgeneem en hulle baie goed van hul taak gekwyt. Janien Strauss, wat al drie die ruiters afrig, is baie beïndruk met hoe die drie jong ruiters die druk van so ’n groot en belangrike skou teen baie ervare ruiters gehanteer het. Nou sien hulle baie uit na hul komende deelname aan die NoordKaap-kampioenskapsbyeenkoms van 2 tot 7 Mei op die Upington-ekspo op Upington.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

19

Kliniek ’n reuse-sukses DIE spelers van die eerste rugbyspan van die Hoërskool Upington is van links, voor: Darryl de Wee, Janse van der Ryst (afrigter), Jasper Wiese (onderkaptein), Johan Truter (afrigter), Johnathan Steenkamp (kaptein), Altus van den Heever (afrigter) en DJ Dry; middel: Haketi du Plessis, Gert Rupping, Alvin Steenkamp, Franklin Botha, DJ van den Heever, Sergio Boer, Chevee Nieuwenhuizen, Bryan van der Merwe, Roché Naude, Junior van der Merwe en John­ Michael Hayes; agter: Louw Scholtz, Willem Koeglenberg, Lewies Karsten, Tapelo Masenge, Eduard Killian, Albert Richter en Gert Nel. Foto: Verskaf

Spanne woon rugbyweek by

DIE o.19A- en die o.16A-span van die Hoërskool Upington het die vakansie onderskeie rugbytoere onderneem. Die o.19-span het die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal se 34ste rugbyweek bygewoon. Van so ver soos Pietersburg het 30 rugbyspanne aan die week deelgeneem. Uppies het met 17-21 teen die Hoërskool Hermanus verloor, maar daarna teen die Hoërskool Bellville met 24-22 gewen.

Hulle het teen die Hoërskool Montagu met 6-10 verloor. Uppies se agtsteman en onderkaptein is as die beste agtsteman van die week aangewys. Die o.16-span het aan die Jeppe Boys’ High rugbyweek in Johannesburg deelgeneem. Die span het teen Pretoria Boys’ High met 12-20 verloor, maar teen Park Town Boys’ High met 24-10 en teen die King Edward School van Johannesburg met 24-17 gewen.

VAN links is, voor: Alicé Maritz, Suezette Steenkamp en Lize­Marie Groenewald; agter: Jandré Steenkamp en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf

Uppies bo in bad

OP die vlak 2-swemkampioenskapsbyeenkoms wat in Kimberley plaasgevind het, het die Hoërskool Upington se swemmers uitstekend gevaar. Alicé Maritz het in 10 eindlopies geswem waarin sy drie goue, drie silweren twee bronsmedaljes gewen het. Derik Steenkamp het in vyf eindlopies

geswem en een goue, een silwer- en een bronsmedalje gewen. Jandré Steenkamp het in ses eindlopies geswem en een bronsmedalje gewen. Suezette Steenkamp het in vyf eindafstande geswem en twee silwer- en twee bronsmedaljes gewen. Lize-Marie Groenewald het in drie eindlopies geswem.

Spelers skiet doel ná doel

DIE o.16­span se spelers spog met hul goue medaljes.

Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Upington se o.18- en o.16-netbalspanne het die vakansie aan die Sun City-netbaltoernooi deelgeneem. Die o.16-span het die toernooi gewen en die o.18-span het in die toptien geëindig. Die o.16-span het al sy wedstryde gewen. In die halfeindstryd het hy Curro Durbanville met 32-14 geklop en in die eindstryd teen Durbanville het hy met 25-12 geklop. Die o.18-span het vier van sy sewe wedstryde gewen. Hy het die Hoërskool Pietersburg, die Hoërskool Die Anker, die Hoërskool Warmbad en die Hoërskool Heuwelkruin geklop.

DIE hokkiekliniek wat deur Elsie Coetzer op die Hoërskool Upington se velde tydens die vakansie aangebied is, was ’n reuse-sukses. Altesaam 154 hokkiespelers van die Noord-Kaap het die kursus bygewoon. Op die laaste dag is twee spanne van 11 elk gekies wat as die beste spelers van die naweek aangewys is. Tien van Uppies se spelers is vir hierdie spanne gekies: Harm Janse van Rensburg, Baré Vorster, Veronique Vorster, Racquelle Steenkamp, Guanita Bok, Ciske van Niekerk, Liané van Niekerk, Duncan Silwana, Bea Strauss en Spannie Boshoff. Harm is ook as beste doelwagter van die naweek aangewys terwyl Duncan

Silwana as beste voorspeler aangewys is. Jannie van den Heever en Gavin Mocke, afrigters van die Uppies o.19-spanne, asook Elrieta Crous wat by die o.14-seuns betrokke is, het ook die kursus bygewoon. Die geleentheid is deur ’n komitee onder leiding van Bea Swart aangebied en dit het ’n unieke geleentheid geskep waartydens die Hoërskool Duineveld en Uppies kon saamwerk om hokkie in die streek te bevorder. Elsie beplan om voort te gaan met haar afrigting op Upington en daar kan met verwagting gekyk word na die ontwikkeling wat sy beplan om na die streek te bring.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 APRIL 2013

Atleet beleef spogjaar

Swaai die raket flink DUNCAN MCGREGOR en Ané Dippenaar, leerlinge aan die Hoërskool Duineveld, het van 4 tot 6 April aan die Kloppers-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem.

GERRIT WICKENS, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Upington, het ’n sewende plek in die 100 m vir seuns o.17 op die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms behaal. Gerrit het vanjaar ’n uitsonderlike atletiekjaar nadat hy drie jaar deur beserings geteister is. Hy het op Uppies se kleure-atletiekbyeenkoms ’n rekord wat al 26 jaar staan, verbeter. Daarna is hy op die Noord-Kaapse atletiekbyeenkoms gekies om aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms deel te neem. Hy het ook die Atletiek Suid-Afrika-byeenkoms in Pretoria bygewoon en hier tot in die halfeindronde gevorder.

Ané het die o.16-enkelspel- en -dubbelspeltitel gewen en Duncan het in die o.16-enkelspel derde en in die dubbelspel vierde geëindig.

DUNCAN MCGREGOR slaan die bal terug na sy teenstander.

ANÉ DIPPENAAR in aksie op die tennisbaan.

Foto’s: Verskaf

GERRIT WICKENS in die 100 m op die Suid­Afrikaanse atletiekbyeen­ koms. Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.