Kathu bulletin 13 jun 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

13 JUNIE 2013

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Bewaring kritiek Ilse Watson

’n BLEEKSINGVALK.

Foto: Ronelle Visagie

KRAGLYNE is nuttig en noodsaaklik, maar nie almal is bewus van die impak daarvan op die omgewing en veral bedreigde voëlspesies nie. Ronelle Visagie, ’n verteenwoordiger van die Roofvoëlwerkgroep, besoek plase oor die land heen om juis dit te ondersoek, en was pas op Postmasburg om die situasie hier onder oë te neem. “Ek werk al die afgelope agt jaar met die rehabilitering van bedreigde spesies,” vertel sy. Die meeste gebruikers van elektrisiteit kan hul lewe nie daarsonder voorstel nie. Die kraglyne, wat ’n kosbare hulpbron is, is egter dodelik vir sekere diere en voëls. Verder kos kragonderbrekings wat deur diere veroorsaak word, veral voëls wat in kraglyne vasvlieg, Eskom jaarliks duisende rande. Voëls soos breëkop-arende, kransaasvoëls en poue word ernstig deur die kraglyne benadeel. Onder meer loop die lelkraanvoël die gevaar om uit te sterf. Weens die ernstige gevolge vir die natuurlewe en ook die behoefte om ’n betroubare diens aan elektrisiteitsgebruikers te verskaf, het Eskom en die Trust vir Bedreig-

de Natuurlewe in 1996 kragte saamgesnoer om die negatiewe wisselwerking tussen voels en kraglyne te verminder. “Gompoue en ook die bleeksingvalke gaan sit op ongeïsoleerde kragpale of vlieg daarin vas en só vrek hulle,” vervolg Visagie. Oor die algemeen gebruik voëls sekere vlugroetes wanneer hulle van hul slaapplek na hul weidingsgebiede vlieg. Die groot transmissielyne is op dieselfde hoogte waarop hierdie groot voëls vlieg en al sien hulle die kragkabels en vlieg bo-oor, bots hulle teen die aarddraad. Omdat hulle groot en swaar is, kan hulle nie vinnig genoeg swenk om die lyne te vermy nie. Hulle het nie die vermoë om vinnig van koers te verander nie. “Gompoue is van die wêreld se swaarste vlieënde voëls en vlieg nie so maklik en vinnig soos byvoorbeeld Ludwigse poue nie. Voëls kyk ook uit ’n sekere hoek en dit kan ’n rede wees waarom hulle nie die lyne raaksien nie,” verduidelik Visagie verder. Eskom se Omgewingsakeafdeling probeer om lyne te beveilig en so te help om bedreigde voëlspesies te bewaar. Kraglyne word met isolasiemateriaal en spesiale merkers beveilig. Die publiek kan van hulp wees deur insidente van dooie voëls aan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe te rapporteer. Die trust se webtuiste is www.ewt.org.za. ) Sien nog foto’s op bl. 3.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

SMULLEKKER eetgoed is op die openingsgeleentheid bedien.

DIE vooraansig van die nuwe hotel.

Foto’s: Ilse Watson

DIE interessante venster-detail van die nuwe hotel se moderne gebou.

GASTE kuier gesellig saam op die openingsgeleentheid.

Nuwe hotel bied nodige verblyf Ilse Watson DIE groep Urban Hotels het ’n splinternuwe hotel op Kathu bekend gestel. Dié konsep is die geesteskind van Beyers Myburgh, die uitvoerende hoof van die groep. Verskeie Urban-hotelle is reeds oor SuidAfrika heen geopen.

Sakekliënte kan in ’n kamer met lugversorging en DStv-ontvangs bly. ’n Kontinentale ontbyt word soggens bedien en daar is ook ’n kroeg vir gesellige saamkuier beskikbaar. Die hotel beskik ook oor ’n swembad vir gebruik en lafenis in die warm somer. Die Urban-hotelgroep het besef daar is ’n geweldige tekort aan behuising op Kathu en het daarom besluit om ook op die mooi Kala-

hari-dorp ’n hotel te bou. Dit moes geskik én bekostigbaar vir sakekliënte en besoekers aan die gebied wees. Die hotel spog met ’n kontemporêre ontwerp. Dit atmosfeer spreek van gesofistikeerdheid, maar is steeds baie ontspannend. Die diens is van die hoogste gehalte. Die hotel is digby die Kathu Village Mall geleë en is ook net ’n paar kilometer weg van

die omliggende myne. Dit maak gebruik van die diens van plaaslike verskaffers soos bakkerye en wasserye. Dit verskaf ook werkgeleenthede aan mense van die plaaslike gemeenskap. Die hotel is op Maandag 10 Junie amptelik deur Conway Molusi, voorsitter van die Sishen Iron Ore-gemeenskapsontwikkelingtrust, en Beyers Myburgh geopen.

ONS wil graag hê lesers moet deel van die koerant wees. Stuur asseblief enige stories, nuusgebeure, foto’s en skrywe oor die Kalahari aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com of bel 079-831-5579.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

KRAGLYNE met isolasie wat voëls beskerm. Foto: Ilse Watson

3

DIE onbedekte kraglyne hou ’n groot gevaar vir bedreigde voëls in. Foto: Ilse Watson

Voëlvrektes skok Ilse Watson

RONELLE VISAGIE, ’n verteenwoordiger van die Roofvoëlwerkgroep, besoek plase oor die land heen om kraglyne se veiligheid te ondersoek en probleme aan te meld. Met ’n onlangse besoek aan ’n plaas buite Postmasburg het sy dooie gompoue, ’n bedreigde spesie, se karkasse en vere rondom kragpale ontdek. Gompoue en bleeksingvalke is dikwels die slagoffers van ongeïsoleerde kragdrade.

’n DOOIE gompou. “Gompoue en ook die bleeksingvalke op die plaas gaan sit op die ongeïsoleerde kragpale, of vlieg daarin vas, en so vrek hulle,” verduidelik Ronelle Visagie, ’n verteenwoordiger van die Roofvoëlwerkgroep. Foto: Ronelle Visagie

RONELLE VISAGIE inspekteer die kraglyne. Foto: Ilse Watson


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Snelskryf-styl net pure luiheid AFRIKAANS is ’n taal waarin enigiets gedoen kan word wat taal- en letterkundig moontlik is. Afrikaanse prosa, skrywes en gedigte is uiters suksesvol. Maar in die hedendaagse lewe het mense (volwassenes en tieners) ’n baie slegte gewoonte met skryfwyses op hul selfone ontwikkel. Die SMS-taal wat gebruik word, is vir die meeste mense Grieks. Dit word beweer dat mense nie tyd het om ordentlike sinne op hul selfone te tik nie. Kommas en punte en ander leestekens word ook weggelaat. Soms is sulke boodskappe so slordig en onduidelik dat geen mens eintlik kop of stert kan uitmaak van wat nou eintlik in die boodskap staan nie. Die gebruik van die SMStaal is eintlik net ’n geval van “baie lui” wees. Niemand gaan jou vir ete nooi as jy slordig eet en morsig is nie. Hoekom is dit dan aanvaarbaar om slordig te skryf en te praat? Waarom word Afrikaans ook vermeng met allerhande slengwoorde terwyl mense nie in Engels hul taal so

vermeng nie? Die media is streng daarop ingestel om korrekte Afrikaans te skryf. Koerante gebruik wel deesdae ’n bietjie Engelse woorde in hul berigte, byvoorbeeld: “Joe was nog altyd die performer” of “ek kan nie ophou smile nie”, sê Piet. Dit is deesdae aanvaarbaarder om so in koerante (en stories vir boeke) te skryf, maar dit is beslis nie die norm nie. Taalkundige sorgeloosheid en verwaarlosing neem astronomies toe en koerante (en ander media) moet maatreëls in plek stel om die probleem aan te pak. Korrekte taalgebruik en spelling moet afgedwing word. Op sosiale media soos Facebook is daar ook ’n neiging by sommige mense om in swak Afrikaans, of SMS-taal, te skryf. Enigiemand wat taalbewus is en ingestel is op korrekte Afrikaans skryf, sal doodeenvoudig gril van irritasie as hulle dit raaksien. Skryf soos jy wil skryf, niemand kan dit van jou wegvat nie.

’n Aansteeklike positiwiteit is nodig André de Villiers ALLE bekende godsdienste is duidelik daaroor dat mense in vrede en harmonie met mekaar moet saamleef. Hulle moet ’n gemeenskap vorm waarbinne die een die ander help om ’n beter individu te word. Só help hulle ook die groep om ’n beter gemeenskap te wees. Daar is dus ’n wederkerige effek van hulpverlening en opbou. Dit is vandag moeilik om mense te motiveer om in die gemeenskap betrokke te wees. Mense is geneig om meer individualisties te leef en verkies dit om hul eie dinge te doen. Daar is baie redes hiervoor: ) Mense leef met die spanning van werkdruk. Hulle werk lang ure en het min tyd om buite die huis deur te bring. ) Mense is bang. Hulle is bang vir moontlike verwerping as hulle hul teen die gedrag van ander mense sou uitspreek. ) Mense het nie die emosionele energie om meer aan te pak as wat hulle reeds hanteer nie. Die druk om hul eie huishoudings se probleme te hanteer is groot, hulle kan nie nog ander s’n ook hanteer nie. Waar laat dit ’n mens? Kan elkeen maar sy eie ding te doen? Ek dink nie so nie. Mense moet te alle tye hul persoonlike lewe en hul gemeenskapslewe met mekaar in balans hou. Hulle moet verder as hul persoonlike sake kyk en die dinge raaksien wat in die gemeenskap gebeur, want daardie sake word eindelik ook hul sake. Wanneer hulle toelaat dat sake in die gemeenskap handuit ruk, is dit hulle wat daaronder gaan ly. Die eenvoudige boodskap van die Bybel is dat mense geskep is om in gemeenskap met ander te leef en dat hulle hul lewensdoel in en deur ander vind. God het die vrou geskep toe Hy sien dat dit nie goed is dat die man alleen is nie (Gen 2). Mense is van die begin af

bedoel om spanspelers te wees. Hulle het die verantwoordelikheid om aktiewer in hul gemeenskap te leef. Hulle moet meer betrokke wees: ) In die politiek. Hulle moet konstruktief oplossings soek vir sake wat in die land verkeerd loop. Hulle moet konstruktief deelneem, nie baklei nie. ) By die beskerming van hul planeet. Almal is groen mense. ) In skole en in die gemeenskap. Skole kry swaar, omdat ouers die verantwoordelikheid aan onderwysers en staatsdepartemente oorlaat. Mense moet die oueraande en ouerverenigings ondersteun. Hulle moet meer betrokke wees by gemeenskap-aksies wat tot voordeel en opbou is van almal wat in hul gebied woon. ) In families. Gesinne kry swaar, omdat daar nie meer genoeg tyd met mekaar deurgebring word nie. Gesinne stort in duie wanneer elkeen sy eie ding doen en mekaar se behoeftes nie in ag neem nie. Dit beteken dat hulle meer moet doen as om net te kla oor wat verkeerd is. Meer klagtes lei tot meer negatiwiteit en dit het mense nie nodig nie. Positiewe mense is nodig wat gereed is om positiewe dade te doen wat die gehalte van die lewe verbeter. Is dit moontlik? Is dit moeilik? Ja, dit is moontlik. Nee, dit is nie so moeilik nie. Met hoeveel mense kom jy daagliks in kontak? Is dit 10, 20, selfs 30? As ek en jy begin om net teenoor hulle positief op te tree en hulle op ’n positiewe manier beïnvloed, sal hulle dit oordra na die mense met wie hulle in kontak kom. Positiwiteit is aansteeklik. Wees jy daardie mens wat vandag die wêreld rondom jou positief verander. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar van die NG kerk op Kathu.

Groet die dag DIE pragsonsondergang is naby Askham vasgevang.

Foto: Vincent Ward

Groot dinge gebeur by dié koerant Lizette Slabber DIT is altyd lekker om aan iets te werk wat heeltyd al hoe beter word. Vir my is dit sieldodend om oor en oor dieselfde ding te doen en nooit voor die uitdaging van ’n nuwigheid te staan nie. Die mengsel van bang vir die onbekende gemeng met die vrees dat dit dalk nie kan werk nie, asook die opgewondenheid dat dit dalk op iets groots kan uitloop, was nog altyd ’n gevoel waaroor ek mal was. Hier by die Kalahari Bulletin staan ons weer voor só ’n uitdaging in ons strewe om altyd iets nuuts aan ons lesers te bied. Die vernuwing van ons hoofartikelblad, ons groeiende gedrukte koerant en ons groterwordende betrokkenheid in die kuberruimte hou ons beslis op ons tone. Dit is egter ’n lekker tone-

trap, want met dié dat ons almal nou op ons tone is, sien en reik ons nou baie verder. Eerstens reik ons nou verder, want ons versprei die afgelope tyd ’n allemintige 28 000 koerante. Nie sleg vir ’n koerantjie wat in 2011 slegs 10 000 koerante versprei het nie. Daarby gaan ons van 20 Junie af nie net ’n webtuiste en ’n Facebook-blad hê nie, maar ook ’n mobi-site. Ja, van 20 Junie af kan alle lesers die Kalahari Bulletin sommer op hul selfone ook lees. Vanweë ons groter internetvoetspoor begin ons ook met ’n internetrubriek op ons hoofartikelblad. Daar kan lesers meer

uitvind oor ons internet-voetspoor en kommentaar lewer oor wat op hul dorp aan die gebeur is. Ons nooi dus almal om oor alles en nog wat op www.kalaharibulletin.co.za en op ons Facebook-blad kommentaar te lewer. Ons wil graag oor die goed en sleg van ons dorp saamgesels en sommer net lekker in die kuberruimte kuier. En hou jou oog op die gedrukte koerant ook, want dié Kalahari Bulletin gaan in die laaste ses maande van 2013 net nog groter gaan.

MEESTER. ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé. Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

5

Hou by dié reëls

AKTEURS in die toneelstuk Kinders van stilte, Zane Meas en Vicki Fourie.

Foto: Verskaf

Top-toneel op Vryfees Braam Muller

DIE Vryfees, wat van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaasvind, se toneel-afdeling het vanjaar meer Engelse werk – onder meer ’n nuwe stuk deur Mike van Graan. Gaan kyk gerus na Gerben Kamper se opvoering van die Adam Small-stuk Kanna hy kò hystoe met June von Merch. ’n Ander nuwigheid is Kinders van stilte, ’n vertaling van die gewilde Children of a lesser god, waarin Vicki Fourie, ’n Mej. Dowe Suid-Afrika, saam met Zane Meas en Antoinette Louw speel. Wil jy graag sien hoe SuidAfrikaanse toneelstukke met dié van oorsee vergelyk? Kyk uit vir Die Leo’s, Die monster in die gang en Die melktrein stop nie meer hier nie. En kies dan sommer

ook The three little pigs, ’n Suid-Afrikaanse stuk met tuisspelers wat op sy “wêreldtoer” van Australië na Europa in Bloemfontein aandoen. Bekende name op die verhoog sluit in Elsabe Daneel, Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Antoinette Kellerman, Rob van Vuuren, Johann Nel, Marion Holm, Gys de Villiers en die egpare Wilson Dunster en Elize Cawood en Johan en Lida Botha. Dit is waarskynlik die jong rebelle wat gaan ontstel – maar wat is ’n fees nou sonder ’n skok. Wees dus maar bedag op Woza Andries?, VREK en Tjop en dop. Voeg hierby die gebruiklike kindertoneel, die Reza de Wet-toneelfees vir tieners, al die eetplekke en stalletjies met allerhande snuisterye en seldsame winskopies en Vryfees 2013 is daar net vir jou.

OP 20 Junie vind die oudisies vir Spontaan, Volksblad se plaaslike koerantegroep se groot sangkompetisie, op Kuruman plaas. Alle aspirant-sangers kan van 15:00 af by die Laerskool Kuruman se skoolsaal aan die oudisies vir die Spontaan-kompetisie deelneem. Reëls vir deelname: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om te kan deelneem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kuruman, Kroonstad en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Die kompetisie is slegs vir soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streekoudisies verskaf. ) Spontaan sal die klank vir die eindronde verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie.

) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou deur R20 te betaal. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathu-kantoor by 079-8315579.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

VADERSDAG

Pa-seun-verhouding kosbaar OUERSKAP is seker een van die grootste voorregte. Die rol van ’n vaderfiguur roep die beeld op van ’n paar groot skoene wat volgestaan moet word. Die groei van ’n doodgewone outjie na ’n groot, sterk pa is lewensveranderend. Lynn-Mari Olivier het gaan hoor wat drie manne van mekaar sê. Willie Strydom en die verhouding met sy twee seuns gee betekenis aan die band tussen pa en seun. Willie (senior) Wat was ’n kosbare oomblik jou seuns? Ek kan met eerlikheid sê dat ek nooit ’n rugbywedstryd misgeloop het nie. Ek was altyd langs die veld, ongeag of die wedstryd plaaslik of ver was. Ek moet ook ons hengel-uitstappies uitsonder. Deel jy en jou seuns eienskappe of verskil julle? Ons is baie dieselfde. Ons het beslis spontane geaardhede en is baie aanpasbaar. Vanweë

dié eienskappe skakel ons baie maklik by verskeie soorte geselskap in. Wat bewonder jy van jou seuns? Pierre ken ons as ouers in alles. Voordat hy ’n besluit neem, sal hy ons altyd in die saak ken en ons ouerlike raad vra. Ongeag die raad wat ons gee, sal hy steeds sy eie besluit neem. Willie is weer ’n baie nederige kind. Hy het ontsaglike respek vir ons as ouers, en dít bewonder ek. Ek moet byvoeg dat die broederlike liefde tussen my seuns ’n riem onder die hart is. Wat het ouerskap jou geleer? Jou kinders moet in ’n mate soos vriende wees. Daar moet beslis nog wedersydse respek wees, maar jy moet jou in hul skoene kan plaas en probeer verstaan waarmee hulle worstel of wat hulle bly maak. Kinders is immers God se juwele, hanteer hulle so.

DIE Strydom-mans is van links Willie (senior), Pierre en Willie (junior).

Pierre (22) Watter eienskap van jou pa bewonder jy? My pa was nog altyd ’n baie betrokke ouer. Ek kan nie aan een enkele rugbywedstryd dink wat hy nie bygewoon het nie. Wat is die belangrikste ding wat jy by jou pa geleer het? Om te probeer om wys op te tree. Bekyk die situasie, neem jou besluit en staan daarby. Beskryf jou pa in een sin. Hy is baie liefdevol, geestelik wys en baie betroubaar. Is daar ’n eienskap wat jy by jou pa geërf het? Die beginsel van vergewe en vergeet. Willie (junior, 20) Wat maak julle verhouding besonders?

Dat ek alles met my pa kan deel. Watter belangrike les het jy by jou pa geleer? Daar is soveel situasies waarin jy as mens benadeel kan word, maar my pa het my geleer dat die ondervinding wat jy uit die situasies leer, blywend is. Watter soort pa is hy? My pa is ’n model-pa. Hy is voorwaar ’n pa om na op te sien en om by te leer. Hy het vir my en Pierre soveel geestelike leiding gegee. Leiding wat ons daagliks in ons lewe kan toepas.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

7

Skoon-asem Afrikaans SKOON-ASEM Afrikaans. Die taal waarin ons geskiedenis dans. Helder soos die môrelug, Skoon veldblom wat son toe kop-lig. In die taal, doen Mamma haar ding, Skryf ons gedigte en leer ons sing. Afrikaans maak die hart so vol, en soet dan oor my lippe rol! Moedertaal waarin kennis verbreed raak. Met kospotte en wyn ’n heerlik smaak. Kuier saam in woorde wat ons duidelik verstaan. Soete klank van liefde vind onder volle maan. (Gedig deur Manie Jackson)

Afrikaans my taal

ONS ondersoek die idioom “iets doodluiters doen”. Dit beteken iets kalm doen asof geen risiko daaraan verbonde is nie. Dit beteken ook “ongeërg, oënskynlik onskuldig”. Met ander woorde, jy kan doodluiters in die straat afstap en natuurlik hoop dat ’n bus jou nie gaan raakry nie. Die woord: Skorriemorrie. Dit beteken ’n skurk of die gespuis. Die woord: Vloermoer. ’n Uitstekende woord vir

AFRIKAANS my taal, my dierbare taal Kom hier dat ek jou toevou in watte En vasknoop met ouma se pienk sakdoekie Mag jou lyfie uitswel en groei Tot die boontjierank waarvoor jy bedoel is Mag jou takkies die wolke kielie En jou groot blare jou sinne afkoel Mag die groot suidooster nie jou takke buig nie En jou wortels net sterker aan die aarde gordel Afrikaans my taal, my dierbare taal Staan sterk, moenie buig, moenie knak Laat nuwe lote voorspruit Afrikaans, jy is my houtlepel waarmee ek smaak en kleur in my lewe in roer. (Gedig deur Magrietatjie)

die Engelse tantrum. Die kind gooi ’n vloermoer in die supermark, want hy wil sjokolade hê. Ons weet natuurlik almal wat om te doen as ’n kind ’n lekker vloermoer gooi. Draai net om, stap weg en maak asof dit nie jou kind is nie. Wat is jou gunsteling-idioom, -gesegde of -woord in Afrikaans? ) Deel dit gerus met ons. Stuur ’n e-pos hieroor aan ilse.watson@volksblad.com.

0/21

0/20

NW-5

NW-5

NW-5

DIE Kathu-Voortrekkers hou op 19 en 20 Julie ’n dansmarathon. Almal is wel-

kom. Elke verkenner het ’n borgvorm waarmee soveel moontlik borge verkry moet word. Hoërskoolleerlinge word aangemoedig om deel te neem en

die Voortrekkers te help met hul geldinsameling om behoeftes in die gemeenskap aan te pak. Kontak Xanri Prinsloo by prinsloox@gmail.com.

The IDC is the biggest supporter of tenders awarded in the

Over the next five years, the IDC will make available R25 billion

Department of Energy’s Renewable Energy Independent

to fund projects related to green industries.

Power Producers (REIPP) programme. The IDC is identifying and providing funding for many projects In the first round of REIPP tenders, the IDC participated in

that will contribute to building South Africa’s industrial capacity

twelve successful bids, and seven more in the second round.

and creating jobs. Visit www.idc.co.za to find out more.

The green energy bids include wind power, concentrated solar power, photovoltaic and small hydro projects.

Sending: Groep oorsee

The power behind renewable energy

Ilse Watson

’n GROEPIE “uitreikers” van Kathu vertrek binnekort oorsee om geestelike werk in ’n “geslote land” te gaan doen. Hierdie uitreik-aksie vind net elke twee jaar plaas omdat intense geestelike voorbereiding uiters noodsaaklik vir dié soort werk is. Die span het intensiewe opleiding van die Uitreikorganisasie se hoofkantoor ontvang. Hulle het ook ’n naweek in ’n grot op ’n plaas buite Kathu deurgebring. Die doel daarvan was om hulself af te sonder en te luister na wat God vir hulle wil sê. Mense wat gekies word vir hierdie uitreikdienste is interkerklik en dieselfde groep mense word nie meer as een keer gestuur nie. “Die spangees tussen ons is ongelooflik. Die span is gereed om die Groot Opdrag van God, soos dit staan in Matt. 9:36, uit te voer,” sê Zilian Enslin, woordvoerder van die groep. Die groep ontvang geldelike ondersteuning en het “gebedsvriende” wat hulle aanmoedig en ondersteun. “Sonder almal se ondersteuning sou ons dit nooit kon aanpak nie,” vervolg Enslin. “Bid vir ons sodat die Woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word. Indien die Here dit op jou hart lê om deel te wees van ’n uitreikprogram (internasionaal of plaaslik), moenie wag nie, doen dit!” sê Enslin.

Chillibush8166IDC

Toets sportkennis HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer rondom vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Hier is ’n paar interessante sportfeite: ) Daryll Cullinan sal altyd onthou word as Shane Warne se bunny deurdat die draaier hom 12 keer uitgehaal het. Die rekord word egter deur Mike Atherton van Engeland en die Aussie Glen McGrath gehou. McGrath kan met reg Atherton se nemesis genoem word, aangesien hy hom 19 keer uitgehaal het. ) Die heel eerste internasionale krieketwedstryd is deur twee lande gespeel wat ’n mens glad nie met die spel verbind nie. Dit was in 1844 tussen Kanada en Amerika. ) Frans Steyn (20 jaar en 159 dae) was wel die jongste speler om in ’n seëvierende Wêreldbekerspan te speel, maar die Kiwi Jonah Lomu hou die rekord vir die jongste speler om ooit in ’n Wêreldbeker-eindstryd te speel. Hy was 20 jaar en 43 dae oud toe hy in 1995 teen die Springbokke in die eindstryd gespeel het. ) Die voormalige kaptein van die Engelse rugbyspan Lawrence Dallaglio het in die koor van Tina Turner se liedjie We don’t need another hero gesing.

1/21

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Verbreek die reël en speel met sonlig Igno van Niekerk JARE gelede het Kodak ’n pamfletjie met wenke vir fotograwe uitgereik. Dit was in die tyd van film en eerder as om te eksperimenteer het ’n mens getrou die pamfletjie se instruksies gevolg, want elke foto wat geneem is, het jou beursie effens dunner gelaat. Een van die wenke wat gegee is, was dat ’n mens verkieslik die son agter jou moet hê wanneer jy foto’s neem. Dit verklaar baie van die ouer foto’s waar die fotograaf se skaduwee in die foto val terwyl die modelle hul bes doen om nie hul oë op te klein skrefies te trek omdat hulle regstreeks in die son staar nie. Ek wil julle aanmoedig om daardie reël te breek. Veral in die laatherfs en die winter is die son nie so ongenadig skerp nie en kan ’n mens juis foto’s neem waar die son agter jou model is. Die son gee ’n lekker sagte raameffek om die model en as jy die model op die regte plek kan laat staan, kan die son ook sommer haar/sy hare lekker verlig en sommer baie lewe aan die portret gee. Die belangrike ding om te onthou is dat ’n mens net die kamera se flits moet gebruik om die model se gesig te verlig, anders gaan jou foto net die verligte hare en ’n onderbeligte gesig wys. Om die foto nog beter te laat werk is dit ideaal as ’n mens ’n eksterne flits het en dit vanuit ’n ander hoek die lig op die model kan laat val. Die spel tussen lig en skaduwee bring ongelooflike moontlikhede vir besonderse foto’s. En wanneer jy jou flits van die kamera kan afhaal, het

SÓ pragtig lyk ’n foto wat ’n mens in die herfs, wanneer die lig sagter is, teen die son in neem. Foto: Igno van Niekerk jy nog meer geleenthede om die spel tot jou voordeel aan te wend. Wanneer jy teen die son in foto’s neem, maak die tyd van die dag ’n reuse-verskil. Jy gaan dit dalk ook nodig kry om jou model se skaduwee te gebruik om te keer dat regstreekse sonlig nie op jou lens val nie. Dit is nou as jy nie dalk van regstreekse sonlig gebruik wil maak om ’n sonstreep in die foto te laat verskyn nie. ’n Ander moontlikheid is om die lig agter die model te gebruik en ’n silhoeët-foto te neem waar jy nie van ’n flits gebruik maak nie. Ont-

hou gerus wanneer jy ’n silhoeët neem om die mense iets te laat doen wat hulle teen die agtergrond laat uitstaan. As die mens stil gaan staan, gaan dit soos ’n bondeltjie donkerte lyk wat voor die lig staan. As die mens se bene en arms egter in aksie uitgesprei is, help dit om die storie te vertel en die buitelyne te onderskei. Onthou ook gerus dat ’n mens redelik laag moet sak om te verseker dat die mens nie teen die onderste deel van die horison verdwyn nie. ) Vir meer inligting oor fotografie besoek gerus www.fotoskool.co.za.

Annemie het hart vir ander Ilse Watson “EK wil ’n paar doelwitte met my verkiesing as finalis in die Mev. Verenigde Nasies SuidAfrika- (VN SA) kompetisie bereik. Ek wil onder meer ’n verskil in die gemeenskappe van die Noord-Kaap maak en sodoende ook die verskil wees,” sê Annemie van Huyssteen van Kathu. “Ek weet daar is baie potensiaal in die gemeenskap se mense, maar soms het hulle iemand nodig om hul potensiaal te ontgin,” vervolg Van Huyssteen. Sy is in die Noord-Kaap gebore en het in Bloemfontein skoolgegaan, maar die verlange na die grasvlaktes van die Kalahari het haar na Kathu teruggebring. Mev. VN SA is een van die grootste kompetisies vir getroude vroue in Suid-Afrika. Die kompetisie is daarop gemik om nie net die skoonheid van die vrou raak te sien nie, maar ook om haar as moeder, eggenoot en werker te ondersteun. In die kompetisie word veral gekyk na vroue wat ’n balans kan handhaaf, goeie Christelike waardes het en dit ook uitleef. Hulle fokus ook op vroue wat mense kan motiveer om sterker te staan in hul eie lewe en in hul gemeenskappe. “Ek glo in myself en ek streef na sukses. Ek weet daar is so baie wat ’n mens vir ander mense kan doen en ek hoop ander mense van Kathu en omgewing sal ook by die projekte betrokke raak. “Ek is so geëerd om die

Noord-Kaap te kan verteenwoordig,” sê Van Huyssteen. Sy beplan om kinderhuise in en om die Noord-Kaap in hul behoeftes te ondersteun en sy beplan ook prethardloopgeleenthede vir verskeie welsynsorganisasies. Sy wil ook ’n Drive for Change-projek begin. Enigiemand wat Annemie in haar groot taak wil ondersteun, kan haar by 081-468-4887 bel.

ANNEMIE VAN HUYSSTEEN

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Musiek is sy lewe Ilse Watson “EK is versot op musiek en baie lief daarvoor om met jong mense te werk,” sê Joe Maroro van die groep Blue Chili. Kingsley Johane Maroro, of soos hy oor die algemeen bekend staan, Joe, is ’n boorling van Kuruman, maar het sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Kathu voltooi. Sedert sy kinderdae was hy nog altyd die performer in sy familie en op skool. “My rolmodel op skool was Michael Jackson. Ek het altyd sy danspassies geoefen. Op skool het die onderwysers besef ek kan sing en ek moes altyd op die skool se jaarlikse skouspel optree,” vertel hy. Maroro het vroeg in sy lewe besef dat God vir hom ’n spesifieke pad beplan het. As tiener het hy op Kathu by ’n jeuggroep, Solution, aangesluit. Hy het diep persoonlike groei beleef en vinnig ’n leierskaprol in die groep beklee. “Ek hou daarvan om ’n verskil in ander mense se lewe te maak. Dit is vir my lekker om jong mense te motiveer en aan te moedig.” Ná skool het hy besluit om teologie te studeer en hy het onlangs ’n BAgraad in teologie verwerf. Hy het ook verdere kwalifikasies in Christelike berading. Hy het die groep Blue Chili gestig, ’n selfonderhoudende onderneming wat fokus om jong mense van drama, dans, media, musiek en fotografie te leer. Blue Chili tree gereeld op by sakegeleenthede en hulle verskaf ook klank en beligting, fotografie en video-opnames aan maatskappye. Hulle gee ook lesse in kitaar, klavier en trom-instrumente. Dié nie-winsgewende organisasie word deur maatskappye soos Famsa & Hope, die polisie, die Gamagaraontwikkelingsforum en die Assmang-myngroep ondersteun. “Ek doen meestal gemeenskapswerk onder minder bevoorregte jong mense in die gemeenskappe en skole rondom Kuruman en Kathu. Die beginsels bly dieselfde. Ek monitor en leer jong mense van die kunste en skep vir hulle ’n platform om hul talente uit te oefen,” vertel Maroro. Hy lei ook ’n program Mayi-

JOE MARORO van die groep Blue Chili. buye wat beteken “Bring back the spirit of art”. Sy persoonlike doelwitte vir hierdie jaar is om verder in musiekpro-

Skenk bloed Anmi Honiball JUNIE is beslis ’n maand om klere laag op laag aan te trek. Maar dit is ook ’n maand van moue oprol, want Junie 2013 is nasionale Bloedskenkmaand. Wêreldbloedskenkdag word op 14 Junie die tiende jaar gevier met die slagspreuk Gee die geskenk van lewe: Skenk bloed. Vanessa Raju, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se kommunikasiebestuurder, meen die klem moet nie net op die een spesifieke dag val nie, maar eerder op die maand in geheel. “Ons beleef nou ’n krisis en Junie is juis ’n swak maand wat bloedskenking betref,” het Raju gesê. “Leerlinge en studente wat met vakansie is, sowel as die koue, dra grootliks tot die afname in bloedskenking by.” Die Mediclinic Kathu (tel. 053-7233231) sal op 24 Junie sy geriewe vir bloed skenk aan die SANDB beskikbaar stel. Ou en nuwe bloedskenkers word versoek om te kom skenk. Enigiemand wat graag wil bloed skenk, kan die hospitaal tussen 09:00 en 16:00 besoek. Jou bloed kan ’n lewe red.

Foto: Ilse Watson

duksie en -tegnieke te studeer. Enige iemand wat by sy projekte betrokke wil raak, kan hom kontak by jonanem3@gmail.com

VLV-vroue verryk lewe deur hul werk Ilse Watson KOOK, naaldwerk, handwerk en breiwerk – dít is take wat gewild onder Suid-Afrikaanse vroue is en word dikwels met vroue wat hul sout werd is, verbind. Die vroue van die VroueLandbouvereniging (VLV) op Postmasburg neem dit egter ’n stappie verder deur vroue op te hef en te bemagtig deur die aanleer van vaardighede soos kook, bak, naaldwerk, borduurwerk en kunswerk. Hulle kompeteer boonop met die pragprodukte van hulle teen mekaar op die jaarlikse takskou. Die VLV-tak Postmasburg het hom egter vanjaar op armoedeverligting, in samewerking met die Laerskool Postmasburg, toegespits. ’n Kaalvoetdag is op 3 Mei

gehou. Dié dag behels dat almal kaalvoet skool toe gaan (tot groot plesier van die kleingoed) en gebruikte skoene vir minderbevoorregtes skenk. Die kinders het fluks saamgewerk en het sommer gou baie gebruikte skoene ingesamel om die naderende winterkoue vir minder bevoorregtes draagliker te maak. Die lede van die VLV is vrywilligers en bied maandeliks nuwe programme aan, hetsy gemeenskapsgeoriënteerd of met spesifieke temas soos landbou, tuinbou, gesondheid, tegnologie, leefstyl of opvoedkunde. Die VLV-tak Postmasburg spog selfs met twee erelede. Hulle is Cielie Pretorius en Mollie Venter, wat reeds meer as 50 jaar lid van die tak is.

Vuilspel op die veld só herken Ruan Bruwer WAT is vuilspel en wat behels dit? Skerp jou rugbykennis hier op. Definisie van vuilspel: Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die speelperk doen wat teen die letter en gees van die reëls van die spel is. Dit sluit obstruksie, onregverdige spel, herhaalde oortredings, gevaarlike spel en wangedrag wat tot nadeel van die spel strek in. Gevaarlike spel en wangedrag: (a) Vuisslaan of slaan: ’n Speler moet nie ’n teenstander met die vuis of arm, insluitende die elmboog, skou-

er, kop of knie(ë), stamp of slaan nie. (b) Stamp of trap: ’n Speler moet nie ’n teenstander stamp of op hom trap nie. (c) Skop: ’n Speler moet nie ’n teenstander skop nie. (d) Pootjie: ’n Speler moet nie ’n teenstander met die been of voet pootjie nie. (e) Gevaarlike doodvat: ’n Speler mag nie ’n teenstander vroeg, laat of gevaarlik doodvat nie. ) ’n Speler mag nie ’n teenstander doodvat (of probeer doodvat) bokant sy skouerlyn nie, selfs al het die doodvat onder die skouerlyn begin. ’n Doodvat om ’n speler se nek of kop

is gevaarlik. ) ’n Stywe-armdoodvat is gevaarlike spel. ’n Speler voer ’n stywe-armdoodvat uit wanneer ’n stywe arm gebruik word om ’n teenstander mee te slaan. ) Dit is gevaarlike spel om ’n teenstander sonder die bal te speel. ) ’n Speler mag nie ’n teenstander doodvat wie se voete nie op die grond is nie. ) ’n Teenstander sonder die bal speel: Behalwe in ’n skrum, losskrum of losgemaal moet ’n speler wat nie in besit van die bal is nie, nie ’n teenstander wat nie die baldraer is, vashou, stoot of pla nie.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Werksessie pak kraaiprobleem Lecrecia Prins DIE Noord-Kaapse Roofvoëlbewaringsforum beplan op 30 Julie ’n werksessie om boere in te lig oor die skade wat witborskraaie in die boerdery- en natuurgebiede aanrig en hoe om dit te hanteer. Volgens Ronelle Visagie, ’n roofvoëlkenner en een van die forum se lede, het die witborskraaie se getalle die afgelope tyd baie toegeneem. Die witborskraaie is opportunistiese vreters en pas maklik by ’n veranderende omgewing aan. Alle inheemse diere, insluitend die kraaie, word in die Noord-Kaap onder die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet van 2009 beskerm en dus mag hulle nie

sonder die nodige permitte gejag word nie. Visagie sê mense word ontmoedig om gif uit te plaas, want afgesien daarvan dat dit onwettig is, word ander onskuldige spesies soos roofvoëls en klein soogdiere ook hierdeur uitgewis. “Die afgelope tyd word toenemend probleme met kraaie ondervind. Hulle pas op dorpe aan en skeur selfs vullissakke op soek na kos oop. “Daar is ook verskeie grondeienaars wat kla dat kraaie hul ooie pla wat lam of dat hulle lammers se oë uitpik. “Hulle verjaag ook groot arende en vreet die eiers of klein kuikens in die neste.” Voedselbronne vir kraaie bestaan uit ’n wye verskeidenheid, naamlik vullisho-

pe, plekke waar slagplase afval gooi, diere wat doodgery is, asblikke langs paaie, dooie diere in die veld, turksvye en hulle vreet selfs mielies en grondboontjies. Daar bestaan ook rekords van 160 klein skilpaddoppe wat in een broeiseisoen onder een kraaines opgetel is en pekanneutboere het waargeneem dat die kraaie selfs die neute vreet. Die meeste soorte roofvoëls vreet aas en sal aan ’n dooie lam of ander karkas vreet. Indien daar gif in so ’n karkas is, sal die roofvoëls ook daarvan vrek. Grondeienaars gebruik soms kraaie om diere wat in die veld dood is op te spoor, want waar ’n kraai opvlieg, is heel moontlik ’n dooie dier waarop

hulle aas. Kraaie broei op ’n verskeidenheid strukture soos telefoonpale, kommunikasiestrukture, windpompe, kragpale en bome. Hulle gebruik benewens stokke ook draad en ander soorte materiaal soos baaltou. Indien neste uitgegooi word, moet daarop gelet word dat kraaie turkooiskleurige eiers het. Indien die eiers wit of bruin is, is dit eiers van ’n rooivalk of ander spesie wat daarin broei. Probeer om die nes te behou, aangesien verskeie valkspesies dit benut, sê Visagie. Geen neste mag verwyder word sonder permitte van die departement van omgewingsake en natuurbewaring nie.

Skep ’n mistige sprokiestoneel Lizette Slabber DIE koue het die Kalahari-mense die afgelope week behoorlik laat bibber. Koue oggende wat mense lank in baadjies en jasse gehou het, was ’n skok ná die ongekende warm weer van Mei. Die koue wat die mis oor die Oranjerivier laat lê het, het egter ’n pragtige fotogeleentheid geskep. Foto: Wollie Burger

ZERO TOLERANCE TO FRAUD AND CORRUPTION The Northern Cape Department of Social Development adopts a “zero tolerance” to fraud and corruption and declares its intention to service the Northern Cape without compromise.

BLOW THE WHISTLE ON FRAUD AND CORRUPTION and PROMOTE ZERO TOLERANCE ON FRAUD. WHAT IS YOUR RESPONSIBILITYAS AN EMPLOYEE? In terms of the code of conduct of the public service, chapter 2 of the public service regulations, you are prohibited from using your official position to get benefits and favours.

WHY SHOULD OUR SERVICE PROVIDERS CARE ABOUT FRAUD AND CORRUPTION? A service provider found guilty of dealing in tender corruption can be listed on the register for tender defaulters at National Treasury. This means that you will be banned from doing business with government for between 5 and 10 years. This register is also open to the public. Example: Corruption with service providers is where a person pays a bribe or requests a bribe to be awarded/to award a contract. The gratification is money or gifts received entertainment, loans, employment or any other benefit.

If you offer a bribe you are already guilty of corruption!

In light of the above, the Department of Social Development hereby request members of the public who suspects fraud and corruption, should contact National Anti-Corruption hotline at 0800 701 701 and Presidential hotline at 17737.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

11


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. TROUROK TE KOOP: R6 000. Grootte 34. Skakel Nicolene 082 782 2957/ 079 508 8028.

YORKTESES (YORKSHIRE EN MALTESE). Pragtig, slim, verloor nie hare nie. 7 weke, gespuit en ontwurm. Skakel Marinda 082 559 9455.

BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

12

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

HILUX 2.4D, 1996: Long base, rails. R45 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Artisan Millwright Mamatwan Mine

Ref. 758441 In this role, you will be expected to inspect, replace and maintain mechanical and electrical equipment in a safe and efficient manner. You’ll provide technical support, perform maintenance planning, undertake plant inspections and take part in mechanical installation work. Mechanical and equipment maintenance (including the conveyor), general rigging, electrical construction, installations, faultfinding and repair, and maintenance and inspection on lifting machinery and equipment are further focuses. You’ll also undertake welding and work with mobile equipment. Business improvement will be an important aspect of the role. To apply, you need a Grade 12 or equivalent qualification, a valid Trade Certificate (Millwright – Electrical/Fitting) and 3-5 years’ work experience, preferably in an underground mining environment. SAP experience would be advantageous. A valid Code 08/EB driver’s licence is essential. The role furthermore requires technical knowledge, planning and organising as well as familiarity with task reporting. We will expect you to pass the preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to: Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 24 May 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 98777


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

BOMBARDIER DS 650: 2006 model, trailer included. R38 000. Phone Xavier 082 783 1462 Kuruman.

KANTOOR TE HUUR IN HOOFSTRAAT KURUMAN. 3 Kantore en ontvangs. Parkering beskikbaar. Skakel 053 - 723 3085.

Table Charm:If u want to sell and make more money. SMS your name & address to: 073 701 5214

COROLLA 1.3 12V: Red. R17 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 1.6 16V: 1994. Carburettor. R26 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 160i, 16V Twin Cam, 1995 model. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

Veritas Eiendomme

FIAT STRADA EL 1.2, canopy, a/c, p/s, MP3 player, 2007 model. Phone 076 244 9298. Mazda 626 16V 200e lopende toestand teen R10000.Skakel.Oom Willem by 054 339 2139 QUANTUM SESFIKILE 2.7: 2012 model. Phone 079 525 4566. TAZZ 160i, 2002: Mags, CD. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

KURUMAN TE HUUR Woonstel Eenmanwoonstel R3 300 p.m. Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Enkelmotorhuis R9 900 – R11 500 Huise 3 x slaapkamer 2 x badkamer R12 100 – R14 850 p.m. 4 slaapkamers 2 badkamers Swembad 3 motorhuise R16 500 p.m. TE KOOP 3 slaapkamers Dubbelgeriewe R930 000 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852

AIDA KURUMAN Woonstel: 1-slk, koopkrag. R4 100 p.m. 1-slk-w/stel, w en l ingesluit. R4 450 p.m. HUIS: 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R15 000. Huis te koop: 3 slk, 2 badk, 1slk-woonstel en swembad. R2 050 000. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R1 350 000 Skakel Annatjie 076 395 9422. KURUMAN: Netjiese 4slaapkamerwoonhuis te huur. Geen agente. Keuring voorbehou. Skakel 071 764 1429. REIVILO: 3-slk-woonhuis met groot erf en water ingesluit. 1 garage, afdak vir waentjie. 1 badkamer met aparte toilet. Huis binne en buite nuutgeverf. R1 500 per maand. Skakel Gert 082 449 3774 of 082 092 3909.

RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0162 now to arrange a personal interview.

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 289: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R1 050 000. 313: 3 slk, 2 badk, kombuis, sit-/eet-/ TV-kamer met binnebraai en jaccuzi. R1 350 000. 317: Klein hoewe: 5 slk, 3 badk, sit-/eet, kombuis, afdak en woonstel. R3 500 000. 318: 3 slk, 2 badk, sit/eetk/oopplankombuis, D/M/H. R1 650 000. 311: 4 slk, 3 badk, kombuis, sit-/eetkamer, sewmbad, D/M/H. R1 680 000. TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 H31: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sitkamer, kombuis, buitebraai. R12 650 p.m. H66: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sit/eetkamer, E/M/H. R12 000 p.m. H77: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis. R8 800 p.m. H96: Groot gebou vir besigheid. R33 000 p.m. H98: 3 slk, 1 badk, kombuis, sit-/eetkamer, buitekamer, e/m/h. R8 800 p.m. H102: 3 slk, 2 badk, oopplansitkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R14 000 p.m. H105: 2 slk, oopplansitk met kombuis en afdak, R4 950 p.m. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendom me.co.za Skakel ons gerus vir enige eiendomsbehoeftes. ‘Ons help graag’.

FRANS BADENHORSTREKENMEESTERS: Aansoeke word ingewag vir 'n Rekeningkundige klerk. Die minimum vereistes is: Beskik oor goeie Rekeningkundige agtergrond Rekenaarvaardig wees, met Pastel-, Word- en Excel- ondervinding. Moet Afrikaans magtig wees. Beskik oor goeie kliënteverhoudings en telefoonetiket. Pos u CV na Posbus 526, Kuruman 8460 of faks dit na 086 608 9888. Aansoeke sluit op 20 Junie 2013. Indien u geen terugvoer ontvang teen 27 Junie 2013 nie, was u aansoek onsuksesvol. POS BESKIKBAAR vir manspersoon met 'n bakkie. Skakel 076 605 7447.

TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life. VAKANTE BETREKKING BY CONWAY JOHNSON INTERNE VERKOPE Moet 3 tot 5 jaar ondervinding hê van verkope. Moet goeie menseverhouding kan handhaaf, moet met syfers kan werk, goeie gesondheid geniet en onder druk kan werk. As jy nie van ons hoor voor 14 Junie 2013 nie, moet jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was. Handig CV in by Ronel of Cynthia by Conway Johnson, h/v Produkte- en Voortrekkerstraat, Kuruman.

13

K.J. Gasemokwena

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Khuwajane John Gasemokwena, identiteitsnommer 260616 5284 086, met nagelate eggenote Matogomane Elsie Gasemokwena, identiteitsnommer 300704 0434 088, in lewe van Huis No D470, Selosesha Seksie, Morokweng, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 379/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460. K.L.Mathidibe

D.J. Eilers

In die boedel van wyle Dawid Johannes Eilers, identiteitsnommer 361112 5097 080 ,van Gousblomstraat 117, Wrenchville. Boedelnommer: 1216/2012. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

In the estate of the late Kesentsekgotla Lucas Mathidibe, identity number 611126 5810 084, of House No 406E, Loopeng Village. Estate number: 3358/2012. All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 14 June 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460. P.J. Khokhong

G.P. Rossouw

SYMINGTON & DE KOK ATTORNEYS • PROKUREURS • BABUELEDI In die boedel van wyle Gert Petrus Rossouw, identiteitsnommer 501003 5023 088, van Silwerboomstraat 18, Kathu. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken vanaf 14 Junie 2013. EE POHL SYMINGTON & DE KOK Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHR0084). J.C. van Rooyen

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen en nagelate gade Maria Susanna van Rooyen, met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud was en wat woonagtig was by Springbokstraat 2, Kuruman, distrik Kuruman. Boedelnommer: 816/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

In die boedel van wyle Pitso Jackson Khokhong, identiteitsnommer 560105 5889 083 ,van House No A143, Churchill Village 8474. Boedelnommer: 3281/2013. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

HIER is Charles (links) en Manny Shepherd. Hulle is twee broers wat die Van Druten-skeidsregters in die Griekwaland-Wesse panele verteenwoordig.

Foto’s: verskaf

FRANCOIS SMIT (links, besturende direkteur van SAACOSH) en Manny Shepherd (sekretaris van die Van Druten-skeidsregtersvereniging) met die nuwe geborgde truie vir skeidsregters.

Skeidsregters ontvang truie Ilse Watson DIE Van Druten-skeidsregtersvereniging het ’n geborgde rugbytrui aan Francois Smit, be-

sturende direkteur van die SuidAfrikaanse Akademie vir Beroepsveiligheid en Gesondheid (SAACOSH) oorhandig. SAACOSH het die afgelope

paar jaar in die Noord-Kaap met veiligheidsopleiding en strategiebeplanning begin. Smit het gemeen hy wil ook by die rugbyspanne van klubs en skole in die omgewing be-

trokke raak en het dus die nodige rugby-uitrustings aan skeidsregters verskaf. Die Van Druten-skeidsregtersvereniging is hoofsaaklik van gunstes en gawes van maatskap-

pye in die Noord-Kaap afhanklik en hulle is geweldig dankbaar vir die bydraes wat deur SAACOSH, Poort Beton en Strauss Siviel gelewer is.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Leerlinge draf vir provinsie uit Ilse Watson LEERLINGE van die Hoërkool Postmasburg presteer in hul onderskeie sportspanne en is in verskeie provinsiale spanne ingesluit. In die Julie-skoolvakansie sal hulle aan provinsiale wedstryde deelneem.

Rune van der Merwe, Masego Pitso en Vicole Renoster speel hokkie vir die Griekwaland-Wesse Plattelandspan. Vernon Witbooi en Rhyno Etchell is deel van die Van Drutenspan. Gerno Coffee en Tiaan Dippenaar van die o.18-span het aan die o.19-Pukke-week deelgeneem.

WP ELS, flank van die eerste span.

Foto’s: Anell Smith

VAN links is Rune van der Merwe, Masego Pitso en Vicole Renoster.

Foto’s: Anell Smith

Soet én sout vir spelers Ilse Watson DIE rugbyspelers van die Hoërskool Postmasburg was verlede jaar die kampioene van die mediumskole-B-liga, maar vanjaar moes hulle van hul matriekmaats afskeid neem. Nou gaan dit nog so ’n bietjie sukkel-sukkel

VAN links is Vernon Witbooi, Gerno Coffee, Tiaan Dippenaar en WP Els.

RHYNO ETCHELL is in die Van Druten-span ingesluit.

NOBUNHLE MKHIZE is in die o.13-Robynespan ingesluit.

DANNY SMITH, afrigter van die eerste rugbyspan.

met die spanne, want die manne is nog jonk. Hulle het onlangs oorwinnings in die liga teen Douglas en Blinkklip behaal. Die rugbyspanne het net-net hul wedstryde teen Kakamas en Daniëlskuil verloor. Hulle is baie opgewonde oor hul wedstryde teen Prieska wat volgende kwartaal voorlê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.