Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
14 NOVEMBER 2013
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
SÓ gaan die Heritage Square lyk wanneer die bouwerk voltooi is.
GRATIS
Foto’s: Verskaf
Sentrum bevorder erfenis Benneli Olivier van der Walt
DIE nuwe winkelkompleks wat aan die oostekant van Kathu naby die dorp se hoofingang van die N14 af opgerig word, kan ’n groot verskil aan inwoners se leefwyse en inkopiekeuses maak. Volgens Charl-Pierre Celliers, argitek van Cube-argitekte van Bloemfontein, sal die ankerhuurder van die nuwe Heritage Square-sentrum Pick n Pay wees. Planne bestaan ook om ’n nasio-
nale gimnasiumgroep na dié sentrum van 17 000 vierkante meter te lok. Volgens Celliers word ook gekyk na die moontlikheid om ’n nasionale motorhandelaar in die sentrum te vestig. “Die ontwikkeling se naam en tema gee erkenning aan die kultuurhistoriese erfenis van die streek met heelwat artefakte van kultuurhistoriese belang van die omgewing,” het Celliers verduidelik. Ook die sentrum se logo sluit hier-
by aan. ’n Skryfbehoeftewinkel, Waltons, en ’n winkel van Wildman Hunting & Outdoor, wat op liefhebbers van die buitelewe gemik is, open hier. Verder kry Kathu ook nou ’n Mugg & Bean-restaurant waar mense saam sal kan kuier. Volgens Celliers word vir genoeg parkeerplekke voorsiening gemaak, terwyl die sentrum ook toeganklik vir die publiek sal wees. As alles mooi uitwerk, kan Kat-
hu selfs ’n eie rolprentteater of ses kry. Celliers het die publiek namens die ontwikkelaars en argitekte gevra om deel te neem aan ’n veldtog om Ster Kinekor na Kathu te bring. Die plan is dat daar ses kleiner teaters sal wees. Versoeke en motiverings wat die veldtog kan help, kan na jbotha@broll.co.za gestuur word. Die sentrum sal amptelik in September 2014 open.
DIE kenteken van die Heritage Squa re.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Polisie lê op drank beslag Ilse Watson
DIE polisie op Deben het verlede Vrydag op ’n groot hoeveelheid drank beslag gelê. “Ons het ’n vermoede gehad daar gaan op die sportterrein onwettige handel met drank plaasvind, aangesien die beskuldigde ’n week tevore by ons om ’n tydelike dranklisensie aansoek gedoen het,” sê Sers. Henriëtte du Plessis. Die polisie het aan die beskuldigde verduidelik dat hy moes twee weke voor enige
geleentheid aansoek doen om ’n tydelike dranklisensie soos deur die Noord-Kaapse drankwet gestipuleer word. Hy was nie daarmee tevrede nie. Die polisie het omstreeks 19:30 daardie aand die sportterrein besoek en gevind groot hoeveelhede drank word van ’n bakkie afgelaai. Beslag is op die drank gelê en die beskuldigde is volgens die Noord-Kaapse drankwet aangekla. Hy verskyn op 11 November in die hof.
EEN van die Sishenmyn se splinternuwe lokomotiewe.
Foto: Verskaf
Sishen-myn spog met nuwe lokomotiewe André Botha
SERSANT HENRIËTTE DU PLESSIS en Sersant Gregory Nyl by die drank waarop die polisie van Deben beslag gelê het. Foto: Verskaf
KUMBA IRON ORE het ses nuwe lokomotiewe vir gebruik by die Sishen-ysterertsmyn gekoop. Die bestaande lokomotiewe, wat lankal hul stoom verloor het, moes vervang word. Die lokomotiewe is deur General Electric gebou en is vroeër die week afgelewer. “Lokomotiewe is die eerste keer in 1978 by die Sishen-myn gebruik,” sê Gert Schoeman, kom-
munikasiehoof van Kumba. Die bestaande lokomotiewe het hul leeftyd reeds met sewe jaar oorskry en moes daarom dringend vervang word. Dit het moeilik geraak om onderdele te kry en die huidige tegnologie werk ook nie vir dié lokomotiewe nie. Die onderhoudkoste het ook toegeneem, omdat ouer tegnologie vervang moes word. Die nuwe C30-ACi GE-lokomotiewe sal dit moontlik maak om produksieteikens te haal. Voorheen was twee lokomotiewe
nodig om ’n trein met 114 trokke te trek, terwyl net een van die nuwe lokomotiewe dieselfde werk kan doen. Dit beteken ’n aansienlike besparing vir die myn. Lokomotiewe moes voorheen gehuur word om die van Sishen aan te vul wat nou nie meer nodig sal wees nie. “Die nuwe lokomotiewe is ’n belangrike mylpaal vir Sishen. Dit kan 35 jaar gebruik word, wat beteken dit hoef nie in die verwagte leeftyd van die myn vervang te word nie,” vervolg Schoeman.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Meubels wys sy trots Benneli Olivier Van der Walt IZAK JOUBERT van Deben ken van houtwerk. Sy meubels is baie gewild op die dorp. Izak en sy vrou, Annemarie, besit die Mooigoed-geskenkwinkel op Kathu. Hulle is oorspronklik van Plettenbergbaai, maar woon die afgelope agt jaar op Deben. Hulle het na die Kalahari verhuis om aan hul dogter se huis te help bou. Stadig maar seker het Izak vir homself naam in die houtwerkbedryf begin maak. Hy het die onderneming Kalahari Kaste begin. Die onderneming spesialiseer in houtkaste van ’n hoë gehalte. Die gesinsaak word nou deur Izak se seun, Morné, bedryf. Hoewel Izak vyf maande gelede by die onder-
neming uitgetree het, is hy nog lank nie klaar met meubels maak nie. Sy werkwinkel is op Deben. Daar maak hy allerlei soorte houtmeubelstukke. Een van sy spesialiteite is lime wash-kombuiskaste en -meubels Alle meubels word volgens die kliënt se spesifikasies gemaak en daarna word dit na Mooigoed gebring. Wanneer die kliënt tevrede is, word die meubels persoonlik by sy of haar huis afgelewer. “Dit is die persoonlike diens, billike pryse en die gehalte van die produk wat die meubels so gesog gemaak. Kliëntediens en gehalte-meubels is belangrik. Elke stuk wat ek maak, maak ek met trots,” sê hy. Rig navrae aan Izak by 082-494-0586.
IZAK JOUBERT by een van sy houttafels. Dié blad is meer as 200 jaar oud. Die blad is van ’n ou houtdeur gemaak. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Lesers skryf ook LESERS in die Kalahari Bulletin se verspreidingsgebied (Kathu, Olifantshoek, Postmasburg en Deben) word genooi om hul nuus, sport (met of sonder foto’s) na ons te stuur. Skryf aan die redakteur, Benneli Olivier Van der Walt, by benneli.vdwalt@volksblad. com of bel haar by 079-864-5799. Om advertensies in die koerant te plaas kontak Madri Scheepers: madri.scheepers@volksblad.com of 083-5787198. Lesers kan ook deel van die koerant word deur self vir die koerant te skryf. Kyk op die koerant se webblad, volg die maklike stappe om jou te registreer en stuur só jou eie stories.
) KURUMAN KANSA gaan weer stap. Kom stap saam op 16 November om 06:30. Die staptog word op die plaas Hartland (op die Kathu-pad uit) gehou. Dit kos R20 per persoon vir die 5 kmof 10 km-staproete. Alle geld wat ingesamel word, gaan vir die Kansa Relay in 2014 aangewend word. Dit vind op 22 Februarie plaas. Bel Riana Poolman by 082-308-2067 of Lelani van Straten by 072-401-8437 vir meer inligting en aanwysings. ) Op 16 November word ’n Kersmark ten bate van Kathu Kansa aangebied. Die mark word in die Tshimo-kwekery gehou. Dit kos R150 per stalletjie vir uitstallers. Kontak Malinda Roux by 082-876-6802 vir verdere inligting.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Mense hoef nie alles te weet MOET mense alles weet wat by ’n moord gebeur het en moet daar berig word oor iemand wat sy eie lewe geneem het? Het die publiek ’n reg om te weet of gee dit net vir die mense iets om oor te praat? In onlangse berigte in ons moederkoerant, Volksblad, is verslag gedoen oor ’n regter wat toestemming aan die media verleen het om teenwoordig te wees wanneer daar getuienis oor sensitiewe sake, onder meer seks-wandade, gelewer word. By dié groot hofsaak, waar mense van moord aangekla word, het die nuusmedia toestemming verkry om die verhore (wat in camera geskied) by te woon. Daar is natuurlik sekere voorwaardes aan die media gestel. In hierdie geval het die algemene publiek nie toegang tot die hof nie en hulle steun daarom op die media om namens hulle daar te wees. Die onus rus dus nou op die media om op ’n sensitiewe manier en met goeie diskresie verslag te doen oor die gebeure in die hof en moet hulle natuurlik die regter se instruksies gehoorsaam. Op ’n ander dorp het iemand sy eie lewe geneem. Daaroor is op ’n sensitiewe manier verslag ge-
doen en die berig is met diskresie geskryf, omdat die familie gevra het sekere inligting moenie aan die publiek beskikbaar gestel word nie. Aangesien die persoon wat sy eie lewe geneem het ’n bekende is, sak ander media soos valke toe en doen navraag oor die storie. Want hulle wil die storie agter die storie weet. Dit klink asof hulle net sensasie soek. Dít is die tye wanneer ’n verslaggewer vir sy eie regte en die regte van die familie moet opstaan. Dít is die tye wanneer daar duidelik “nee” gesê moet word. Hoekom moet die hele wêreld weet waarom die mens sy lewe geneem het? Watter verskil gaan dit enigsins maak aan die feit dat hynie meer daar is nie? Nee, al wat dit sal veroorsaak, is ’n landwye geskinder en die enigste mense wat daardeur seergemaak gaan word, is die familie en kinders wat agtergebly het. Die media speel ’n baie belangrike rol om die publiek in te lig oor gebeure in ons land. Dit is egter ook die media se rol om met diskresie en waardigheid verslag te doen oor sensitiewe gebeure.
Om dankbaar te wees verander jou lewe Ds Christo Jonck LUKAS 18: 9-14 Die Bybel leer ons dat drie dinge in die lewe nodig is om gelukkig te lewe en te sterf. Jy moet eerstens jou sonde ken en tweedens weet dat net Jesus jou daarvan kan verlos en dan moet jy derdens ’n dankbare lewe lei. Is jou lewe ’n lewe van dankbaarheid? Onthou dankbaarheid verander jou lewe. Dit laat jou anders dink. Daar is ’n aanhaling wat sê, “Waaroor jy dink en dank, is wat jy meebring.’’ Die dankbare ingesteldheid het ’n ongelooflike sterk invloed in jou lewe. Om op dankbaarheid te fokus verander jou lewe. Waarvoor is ’n mens dankbaar? Eerstens natuurlik vir wat die Here God in jou en my lewe gedoen het en nog elke dag doen. Alles begin immers daar. Dit maak dat jy gelukkig kan lewe en kan sterwe. Waarvoor is jy nog dankbaar? Baie praktiese raad is om ’n dankbaarheidsdagboek te maak. Neem elke dag tyd en skryf ’n paar dinge neer waaroor jy vandag dankbaar kan wees. Begin by iets makliks soos “ek is dankbaar vir die sonskyn”, “ek is
dankbaar vir werk”, “ek is dankbaar vir my gesondheid”, “ek is dankbaar vir my familie” en binnekort sal jy diep kan delf en jou daaglikse lys sal al hoe langer word. Jy sien, die tollenaar het geweet dat sonder genade jy niks het om voor dankbaar te wees nie. Daarom sy gebed: Wees my arme sondaar genadig. Die Fariseer het weer gedink hy is beter as ander omdat hy meer gehad het. Hy verstaan nie wat genade beteken nie. Vandag om 18:00 gaan ons ook by die Oog-kerk bid dat die Here ons genadig sal wees en vir ons reën stuur. Hoe sal dit ons nie laat dankie sing nie. Ek bid dat die Here God elkeen van ons se lewe sal vul met dankbaarheid. Sien raak hoeveel oorvloedig genade in my en jou lewe aan ons gegee word. Waarvoor is jy vandag dankbaar?
Pragkalender vir 2014 nou beskikbaar
’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontreikiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs
DIE Maartbladsy van Volksblad se 2014kalender. 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.
MET die droogte wat al geruime tyd in die Kalahari heers, is hierdie ’n gesig wat ’n mens beslis nie wil sien nie. Hierdie foto is verlede Vrydag geneem toe die Billy Duvenhagewildkamp net buite Kuruman weer gebrand het. Ons nooi lesers om hul foto’s van die Kalahari vir ons te stuur. Ons sal dit graag plaas. Foto’s moet 1 MB of groter wees. Stuur dit aan die redakteur, Ilse Watson, by ilse.watson@volksblad.com.
Foto: Johan van Wyk
Ma Ousus vier haar 80ste jaar van genade
JAN BUYS, KURUMAN ONS moeder (Ousus) maak 80 jaar oud môre. Wat ’n genade-voorreg uit die hand van God. Op die foto staan sy langs haar fiets op pad na die Kalahari-hostel waar sy vir baie jare as ’n kok gewerk het. Die foto is jare gelede in Wrenchville geneem en baie van die grootmense van vroeër jare het Wrenchville as Vaaldraai geken. My moeder se ouers was Voortrekkers, Johannes Petrus Dawid (oupa Jan) Esterhuizen en Christina Maria Esterhuizen (ouma Non) wat uit die Koegas/ Prieska-omgewing hul oorsprong het.
Die dag toe hulle in Vaaldraai op die Witkol waar die windpomp en dam was, aankom, was daar net ’n gebulk van beeste. My moeder en haar broers was op hul perde besig om die beeste aan te keer. As jong meisie ontmoet sy vir Gert Buys, die welbekende verwer in die Kuruman-omgewing, en tien kinders (vyf dogters en vyf seuns) is uit die huwelik gebore. My moeder het as huisvrou swaar gekry en so haar man ondersteun dat hy vir al sy kinders geleerdheid kon gee. Vandag kan ons met waardering en trots terugkyk op ons ouers se lewe en ná ’n huwelik van 58 jaar is hulle steeds saam. Ons sê baie geluk vir ons moeder met haar verjaardag.
OUSUS BUYS
Foto: Verskaf
23/35
21/29
19/30
14/30
12/27
11/28
15/30
13/29
14/31
NW
W
NW
NNO-5
SSW-5
SSO-5
W-10
WSW-10
SW-5
Verruil joernalistiek vir niks Anena Burger JOERNALISTIEK is volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek: “Die skrywe vir koerante en gewone tydskrifte, dagbladskrywery; die beroep van ’n joernalis. 2 Dagbladwese.” Ja, dit is my beroep. Op Wikipedia, wat ek nie noodwendig as die betroubaarste bron beskou nie, tref ek ook die volgende aan: “Joernalistiek as loopbaan word gekenmerk deur lang en ongereelde ure, werkspanning, swak besoldiging en ooreising. Aan die pluskant ervaar joernaliste byna daaglikse bevrediging wanneer hul werk uitgesaai of gepubliseer word. Joernaliste kry die bykomende bevrediging dat hulle kan meehelp om die openbare mening te vorm. Veral weens die swak besoldiging verlaat baie joernaliste eindelik die beroep vir meer lonende werk . . . ” Wel, ek het jare gewag en nooit kon
droom ek sou die geleentheid gegun word om ’n beroep as joernalis te beoefen nie. Ink is in my gene en daarom was dit seker bedoel om oor my pad te kom. Maar ek is nie net ’n joernalis nie. Ek is ’n vryskutfotojoernalis vir Volksblad en die Kalahari Bulletin en ek is in 2011 aan die oewer van die Oranjerivier, kamera in die hand, deur ’n bobaasjoernalis gevang en grootgemaak om die onselfsugtige beroep passievol uit te leef. Die joernalistiek is nie vir almal nie. Dit is nie ’n beroep wat jý noodwendig wil kies nie, maar ’n beroep wat jou kom haal. Om dit te beoefen moet jy hare op jou tande hê en emmers vol passie in jou hart dra. Dit is ’n wêreld van inligting en
emosie waarin nie een dag ooit dieselfde kán wees as die vorige nie. Die adrenalien wat elke storie, klein of groot, bring, is iets wat net ’n joernalis kan verstaan. En, ja, dit is nie noodwendig ’n beroep wat goue muntstukke in jou sak gaan sit nie, maar dit bring vir jou as mens waarde wat geen geld kan koop nie. Ek ag my een van die gelukkigste joernaliste in Suid-Afrika. Daar is joernaliste wat net daarvan kan droom om die stories van die Kalahari en sy mense te vertel. In my tyd hier het ek die voorreg gehad om nuus uit elke oord te dek. Sommige stories is ontstellend, ander laat my krul van die lag en ander is sommer net interessant. Maar dit is die mense en omstandighede van elke liewe storie wat ek wegbêre en koester. Ek sal nooit die beroep verlaat nie, maak nie saak hoeveel ek verdien nie. Geld is nie die doelwit nie. Dit is hoe jy dit ervaar en uitleef wat van jou ’n joernalis maak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kies die regte drink-smaakgenoot vir die Kersmaal Emile Joubert MET die feestyd wat wink, word gereeld gevra: Watter wyne moet vir dié feesdae gekies word? Dié vraag help die Orange River Cellars om een van sy grootste bates, veelsydigheid, te illustreer. Met so ’n omvattende wynreeks hoef die wynliefhebber voor, tydens en ná die Kersmaal net een wynnaam te soek en dit is Orange River Cellars. Kersoggend – darem laterig in die oggend wanneer die son al goed op is – kan een van die Orange River Cellars se vonkelwyne nadergetrek word. Trek die bolkurk met ’n aanloklike pop en skink jou vonkelwynglas half vol. Maak net seker die vonkelwyn is yskoud. Sit dit
sommer die vorige aand al in die yskas. Die half vol glas word nou volgemaak met lemoensap en daar sit jy met die allerheerlikste manier om die feesdag in te wy. Hulle noem die mengsel van sap en vonkelwyn ’n Bucks Fizz, maar hy is sommer net lekker. Teen die tyd begin die reuke van die Kersmaal deur die huis trek. Of dalk word vanjaar buite vleis gebraai en staan die vleis en pluimvee en dalk vis in skottels en wag om die kole te groet. Een van die Orange River Cellars se wit wyne sal dié lekkerte op ’n gepaste manier inwy. Die twee staatmakers is chenin blanc en colombard. Al twee is fris, vrugtige, droë, wit wyne met die colombard wat so effe voller in die mond lê.
Hoe ook al, wanneer almal tafel toe skuif, hoort daar twee of drie van die wyne op die tafel te wees. Voorgeregte kan wissel van garnaalkelkie, vleisslaai, koue hoender of miskien ’n sop. Maar wees verseker die chenin blanc of colombard sal ’n heerlike aanvulling tot die huiskok se harde werk wees. Die fris, suiwer, wit wyne kry ook sommer jou maagsappe aan die gang wat help dat die kos beter verteer word. Een van die grootste voordele van die Orange River Cellars se wyne is dit is van nature laag in alkohol. Waar normale wit wyne tussen
13% en 14% alkohol bevat, staan die Orange River Cellars se wyne in die omgewing van 12%. Waaruit sal die hoofgereg vanjaar bestaan? Kalkoen, skaapboud, beestong of miskien ’n lekker gerookte ham? Kalkoen mag ’n wit soort vleis wees, en, ja, dit sal voortreflik smaak saam met een van die bogenoemde wyne, maar moenie bang wees om te eksperimenteer en jou kalkoen te nuttig saam met ’n glasie van die Orange River Cellars Pinotage wat so effe koud in die yskas gemaak is nie. Vir die lam is daar niks beter as een van die Orange River Cellars se klassieke rooi wyne nie – cabernet sauvignon of shiraz. Die sagte vrug en volrondheid van die twee staatmakers sal
behoorlik geregtigheid laat geskied aan die harde werk wat die kok gedoen het om die meesterstuk na die tafel te bring. Ham en beestong het ’n speserygeur danksy die naeltjies wat tradi- sioneel in die ham is en die tong se mosterdsousie. Wel, kry vir jou ’n yskoue bottel van die Orange River Cellars Rosé. Die sonnige vrugtegeure van die wyn is ’n perfekte smaakgenoot vir die ham of tong en boonop is die pienk kleur sommer heerlik feestelik. Vir die soetigheid om die maal af te sluit het die Orange River Cellars ook net die regte ding: muskadel. Wit of rooi, effe koud gemaak in die yskas. Daardie Kerspoeding, koekstruif of roomys gaan hande klap vir die wyn.
Eiendom, los bates opgeveil VERSKEIE eiendomme, erwe, voertuie, sleepwaens, gereedskap en ander los bates op Dealesville en Postmasburg kom volgende week as een opdrag onder SA Auction Group se hamer. Die veiling begin op Woensdag 20 November op Dealesville waar agt leë erwe opgeveil sal word, sowel as ’n kommersiële eiendom met ’n werkwinkel van 285 m² en ’n werkerswoonhuis. Diegene wat daarin belangstel om eiendom op Dealesville te koop kan ook op ’n residensiële woning bie, maar die eiendom wat heelwat aandag lok, is ’n kommersiële eiendom in die dorp se hoofstraat wat ’n gewil-
de restaurant huisves. Dit word as ’n winsgewende lopende saak opgeveil. Op 22 November sal die veiling op Postmasburg voortgesit word waar twee netjiese residensiële eiendomme verkoop sal word. Die eiendom in Camstraat sluit ’n werkwinkel van 60 m² en ’n lapa van 26 m² in. Nog ’n residensiële eiendom, ’n drieslaapkamerwoning, sal in Evkomstraat opgeveil word. Bel Marna Bester, die besigheidsontwikkelingskonsultant van die SA Auction Group, by 079-339-5915 vir meer inligting oor enige van die eiendomme, of besoek gerus www.saauctiongroup.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
SOME of the dishes served by DNL Foods at the Sishen Mine’s kiosk. Photo: Provided
DNL Foods to feed Sishen Mine THE Anglo Zimele-funded enterprise, DNL Foods, has recently been awarded the tender to run the admin and plant kiosks at the Sishen Mine. DNL Foods is owned by Danny and Nelly Leibrandt who have been entrepreneurs for about ten years. The Leibrandts started their first business, Butterfield Bakery, in 2004 which has since become a household name in local communities around Kathu. Danny said the Kumba Sishen Mine had advertised a tender a few months ago for the kiosk, and he had seen this as a wonderful opportunity. This was how DNL Foods was born. He secured a three-year contract to run the plant and admin kiosk. Their services include serving food to Sishen Mine employees for breakfast and lunch. The business created employment for 29 people who are all from local communities in the Gamaraga Municipality. Danny said that with the assistance of Anglo Zimele, Anglo American’s funding company, they had managed to buy equipment and stock for the bakery. Danny, a former production manager for a steel company, and his wife, Nelly, used to run a mini-catering business from home. They credit their success to hard work and dedication. “Hard work, long hours, commitment and patience is what you need to run a successful business,” he said. DNL Foods will open two more shops in the near future, which also form part of the tender at the Life of Mine and at Sishen’s new boarding centre. “We, as sustainable development and Kumba at large, are committed to making small business become sustainable and successful,” said Sishen mine LED practitioner John Seretse. “The awarding of the tender to DNL Foods demonstrates that Anglo-American Kumba Iron Ore lives its values by empowering local entrepreneurs. Such ventures truly support local economic development.”
Verdagtes gesoek DIE Bothithong-polisie digby Kuruman is op soek na verdagtes ná die moord op ’n 81-jarige vrou. Volgens lt. Olebogeng Tawana is Gadifele Mokae deur ’n familielid dood in haar huis gekry. Mokae het alleen gebly. Die familielid het haar besoek toe hulle op die wrede toneel afkom. Tawana sê Mokae se huis is geplunder en haar lyk het halfnaak op die grond gelê. Die voorval het vermoedelik verlede Woensdag in die vroeë oggendure plaasgevind. Daar is ’n moontlikheid dat Mokae verkrag is, maar ’n lykskouing moet nog gehou word om dit te bevestig. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie vra dat enigeen met inligting die Bothithong-polisie by 053-773-1148 of ao. Moleko Reuben by 082-373-7095 bel.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
DIE venster van die Santamkantoor wat in die ongeluk beskadig is. Foto’s: Ilse Watson
OP die onderste verdieping van Santam se kantoor – stukke van die motor lê op die vloer.
IN die gat in het die Golf 5 gery en hieronder te lande gekom.
die mense in die motor moontlik onder die invloed van drank was. Volgens omstanders is drie mense oorlede en die vierde een is in die Kuruman-hospitaal opgeneem. ’n Werknemer van Santam, Hulde Morrison, is erg omgekrap oor dié ongeluk. “My selfoonnommer staan groot op die deur van die kantoor.
teit rig om spoedwalle in die pad aan te bring. “Dit is nou al die derde ongeluk waarin voertuie in ons gebou injaag. So kan dit nie aangaan nie,” sê Morrison. Sy kon ook eers na 11:00 sekuriteitswagte in die hande kry om die kantoorgebou op te pas. Die gebreekte ruite van die gebou sou eers Maandag herstel kon word.
Drie dood, een beseer toe Golf in gebou beland Ilse Watson SONDAG in die vroeë oggendure het die bestuurder van ’n Golf 5 met nog drie passasiers glo beheer oor die motor verloor en in die Santam-gebou (digby die Wimpy) ingejaag. Die motor het onder op die grondverdieping te lande gekom. Op die ongelukstoneel lê onoopgemaakte blikkies bier – ’n aanduiding dat
“Die polisie het my nie eens gebel om my in te lig dat daar ’n ongeluk by ons kantoor was nie. “Ek het eers ná 06:00 daarvan gehoor. Tussen 04:00 en 06:20 kon enigiemand by die kantoor ingekom het en al ons rekenaars en toerusting gesteel het.” Morrison sê die eienaar van die gebou gaan ’n versoek aan die Ga-Segonyana-munisipali-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
9
Kore vermaak op aand Ilse Watson DIE Laerskool Kathu het verlede week aan die kultuuraand van die Laerskool Kuruman deelgeneem. Die tema was An adventure in music. Dit was ’n besonderse aand van sang en gedigte.
Die skoolkoor van Lareng Primêr en die Kagung-jeugkoor was ook deel van die optrede. Oudleerlinge van Kuruman Primêr, Janli Roodt en Tshidiso Molema, het die gehoor met hul pragtige sang vermaak. Die twee meisies is nou albei leerlinge aan die Hoërskool Kalahari.
FROM the left are Shaunette Heyns, Brumilda Jacobs, Sania Jacobs, Francis Jacobs, Mar che Adams, Tabita Jacobs and Jestien Fredericks. Photo: Supplied
Hephzibah worship team launches debut album Ilse Watson THE Hephzibah Postmasburg worship team recently launched its debut album. The CD was officialy launched by Elroy Phete, the mayor of the Tsantsabane Municipality. The launch took place at the civic hall and people from as far as Upington and Olifantshoek attended. This project was started in July 2011 with the establishing of the Hephzibah Church in Postmasburg. As part of the normal church activities a worship team was esta-
blished that conducted worship and praise activities at events. In June 2013 Hephzibah Postmasburg decided to launch the CD project to fund social programmes driven through the Tsantsabane Centre of Hope, a non-governmental organisation that assists in youth development. Hephzibah Postmasburg believes that music is a very influential medium of communication. The CD, titled The indespensable song, is a must for everyone to sing and listen to. The message of the CD is: Nothing is impossible.
DIE Laerskool Kathu se koor het alte mooi gesing en fraai in hul uniforms vertoon. Ilse Watson
Foto:
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Leerlinge vereer Benneli Olivier Van der Walt DIE Laerskool Kathu het verlede week sy prysuitdeling vir seniors gehou. Die skool het op die spoggerige geleentheid erkenning aan die leerlinge vir hul harde werk oor die jaar heen gegee. Die verrigtinge is deur ds. Heinrich Viljoen geopen. “Wees vriendelik met mekaar. Moenie dit vir mense moeilik maak om vir jou lief te wees nie,” het hy gesê. Esmé Reyneke het die eerbewyse aan die gr. 4en gr. 5-leerlinge oorhandig. Carel Reyneke het die eerbewyse aan die gr. 6- en gr. 7-leerlinge oorhanding. Die toptien in gr. 4 is Jacobus Solomon, Ronald Capes, Jana Gouws, Anika Gerber, El-Chané Lombaard, Louisa Thompson, Cherwin Brown, Karlene Ludik, Janeske de Klerk en Karla Lötz. Rudi Botma het die eerbewyse aan die toptien-leerlinge van die skool oorhandig. Die toptien in gr. 5 is Deoné Goussard, Kalinka Botma, Kaylee Stonestreet, Adina van Wyk, Charl Coetzer, Rohan Combrinck, Amonique
Isaacs, Michelle Breedt, Kimberleigh Kwela en Nadia Greef. Die toptien in gr. 6 is Carla Cronjé, Talana Rossouw, Chané Gricius, Rowan Wolstenholme, Lehandra Smit, Marissa Lötter, Lambert Kock, Santie Vermaak, Jacobus Cronjé en Bianca Barnard. Die toptien in gr. 7 is Mariné Vos, Elizna Reyneke, Farron Eland, Hein van Wyk, Christo Breedt, George Rademeyer, Lisa Coetzee, Aldo Jensch, Danelle Venter en Herman van Niekerk. Die dux-leerling vir 2013 is Mariné Vos. Die veelsydigste gr. 7-leerling vir 2013 is Elizna Reyneke. Die veelsydigste sportvrou is Chané Gricius. Die sportman vir 2013 is Herman van Niekerk. Die nuwe leerlingraad vir 2014 is ook aangekondig. Die nuwe hoofseun, SP Griessel, het in ’n roerende toespraak die skool bedank vir die vertroue wat in hom en die res van die leerlingraadslede gestel is. Die gr. 7-leerlinge het met ’n lied van die skool afskeid geneem.
MARINÉ VOS is die duxleerling en sportvrou vir 2013. Sy het ook verskeie ander eerbewyse ontvang. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
DIE gr. 7leerlinge het met die sing van ’n lied van die skool afskeid geneem. ELIZNA VAN NIEKERK is die veelsydigste gr. 7leerling vir 2013.
HERMAN VAN NIEKERK is die sportman vir 2013.
DIE nuwe hoofseun, SP Griessel, was aangedaan toe hy sy eerste toespraak as hoofseun gelewer het.
DIE nuwe leerlingraad vir 2014.
DIE hoofleiers vir 2014 is van links Carla Cronjé (onderhoofmeisie), SP Griessel (hoofseun), Talana Rossouw (hoofmeisie) en Kevin Hirst (onderhoofseun).
Maak maklik tuinkompos Benneli Olivier van der Walt TUINMAAKTYD is hier. Die maak en gebruik van kompos is die hoeksteen van ’n goeie organiese tuin. Dit geld jou tuin se blomme en jou groentetuin. Kompos word van herbenutte tuin- en kombuisafval gemaak en kan ook papier-produkte insluit. Kompos word gebruik om die tuin se grond te voed en om potplantgrondmengsels te maak. Wanneer jou kompos reg is om in die tuin te gebruik sal dit ’n ryk, donker kleur hê met ’n soet reuk en krummelrige tekstuur. Dit is glad nie moeilik om jou eie kompos te maak nie. Jy moet net die regte bestanddele gebruik en die natuur toelaat om sy gang te gaan. Hier volg ’n paar wenke om jou met die maak van tuisgemaakte kompos te help. Die komposhouer Jy kan jou kompos in enige groterige houer maak. Die ideale komposhouer moet op ’n plek in jou tuin staan waar jy dit maklik kan bereik. Dit moenie gate aan die kante hê nie. Jy kan jou houer met karton insuleer. Die houer moet ’n deksel hê. Plaas jou komposhouer in halfskadu. Sit die komposhouer reg op die grond neer, nie op sement of bakstene nie. Maak ook seker jou komposhouer is nie naby ’n waterpunt nie. Waarvan kan jy kompos maak? Jy kan kompos maak van enigiets wat voorheen gelewe het. Daar is egter sekere produkte wat liewer vermy moet word. Vleis, suiwelprodukte en gekookte kos kan ongediertes lok en moenie in die komposmengsel gebruik word nie. ’n Goeie komposmengsel bestaan uit “groen” en “bruin” bestanddele. Die groen bestanddele is stikstofryke materiale. Voorbeelde van groen bestanddele sluit in brandnetels, gesnyde gras, rou groenteskille, teesakkies en koffie-aftreksels, jong, groen onkruid (vermy onkruid met sade) en herbivooren voëlmis. Party groen bestanddele soos gesnyde gras en onkruid raak vinnig verrot. Hulle dien dus as “opwekkers” vir die komposmengsel. Moenie die gesnyde gras en onkruid op hul eie laat verrot nie, want dit sal net begin stink. Die “bruin”bestanddele bestaan uit koolstofryke materiale en verrot stadig. Voorbeelde van bruin bestanddele is: kartonbokse (eierhouers en ontbytgraanbokse), koerantpapier, ou tydskrifte, strooi, houtkrulle, heiningknipsels, ou beddingplante en herfsblare. Ou plante en rowwe plantmateriaal verrot stadiger, maar verleen massa aan die komposmengsel. Houtprodukte verrot nog stadiger en moet eerder in klein stukkies opgekap word. Ander materiale wat vir jou kompos-mengsel gepas is, is die as van die braaivleisvuur (nie te veel nie), eierdoppe en katoen. Wat mag nie in die mengsel wees nie? Materiale wat glad nie in jou komposmengsel hoort nie, is alle soorte vleis, vis, gekookte kos, steenkool, katsand, hondemis of babadoeke. Volgende week kyk ons na hoe om jou komposhoop te begin en na die verskillende tegnieke wat die beste kompos lewer.
Hou swembad veilig Benneli Olivier Van der Walt DIE somer is hier, en dit beteken almal wil tyd in die swembad bestee. Hier volg tien waardevolle wenke wat jy kan volg om die kinders veilig in die swembad te hou. 1. Maak seker daar is altyd ’n verantwoordelike ouer by die swembad. Self die sterkste swemmer kan in die moeilikheid beland. 2. ’n Klein swembad kan net so gevaarlik soos ’n groot een wees. Dit word streng aanbeveel dat dieselfde heinings en bedekkings by sowel klein as groot swembaddens gebruik word. 3. Maak seker die kinders swem nie naby die swembad se dreineringspype nie. 4. Moenie om die swembad hardloop nie. Gladde oppervlakke om of naby die swembad is gevaarlik en kan tot beserings lei. 5. Beskerm jou kinders teen die Kalahari se son. Maak seker jou kinders dra die regte sonskerm. 6. Onthou, dit verg net ’n oomblik vir iets om in die water verkeerd te gaan. Wees deurentyd bewus van wat by die swembad gebeur. 7. Maak seker jy het altyd ’n noodhulptassie gereed. 8. Wees die “grootmens”. Stel reëls op en verduidelik aan die kinders dat dit daar is om hulle te beskerm. 9. Bly altyd uit die swembad wanner die weer swaar is. 10. Wanneer die kinders moeg raak, is dit tyd om uit die swembad te klim.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Verminder só stres Yolandi van Deventer DIE woord stres het sy afkoms van die ou Latynse woord stringere wat beteken om styf te span. Dit was in daardie jare meer van toepassing op fisika, maar dit het in die 1930’s die betekenis bygekry om te verwys na die fisieke en psigiese aspek. Ons gebruik soveel maal die woord stres, maar besef nie altyd wat dit is nie; ook nie die gevolge daarvan op die liggaam en die emosionele welstand nie. Stres verwys na die mens se reaksie op ’n stressor, soos ’n omgewingstoestand of stimulus. Dit is die liggaam se manier om op uitdagings te reageer. Dit kan positiewe of negatiewe stres wees. Wanneer verwys word na positiewe stres beteken dit sommige mense kan meer gefokus in stresvolle omstandighede wees en gevolglik produktiewer wees. Negatiewe stres is wanneer die liggaam negatief op stres reageer en dan verlaag produktiwiteit. Kortom: Stres is alomteenwoordig in ons daaglikse lewe. Tekens van kognitiewe stres is byvoorbeeld konsentrasie en geheue wat ingekort is, asook konstante bekommernis, emosies soos irritasie, vinnige humeur, depressie, ge-
voelens van isolasie of oorweldiging, fisieke ongesteldheid (pyne en skete, diarree of hardlywigheid, hartkloppings, swak spysvertering) of gedragsimptome (angstige gewoontes soos naels byt en om alkohol, medisyne of sigarette te gebruik om te ontspan). Die blootstelling aan langtermyn-, konstante stres kan liggaamlike siektetoestande tot gevolg hê soos maagsere, verhoogde bloeddruk, versnelde verouderingsproses, lae immuniteit en verswakte wondgenesing. Wanneer ’n mens ’n baie stresvolle tyd beleef, sal die volgende nuttig wees om te doen: ) Probeer genoeg rus en slaap kry. ) Doen oefening soos byvoorbeeld joga. ) Volg ’n gesonde, gebalanseerde dieet. ) Voldoende beplanning en tydbestuur. ) Fokus op ’n positiewe uitkoms. ) Diep asemhalingsoefeninge. ) Leer uit vorige foute en besluit om dit nie te herhaal nie. Wanneer ’n mens voel jy kan dit nie meer uithou nie, of die fisieke en emosionele simptome raak te erg, is dit wys om ’n geneesheer te gaan spreek. ) Gesondheidswenke verskaf deur die Mediclinic Kathu.
Jong sakelui wys hul slag DIE Laerskool Kathu het verlede week ’n entrepreneursdag gehou. Die jong sakemense het allerhande interessante ware te koop aangebied. Op die dag het die leerlinge ook ’n “gewone klere-dag” gehad. Die tema was Kersfees!
RIKUS VAN ZYL se Smulhoekie het roomys en worsies op ’n stokkie verkoop.
DIHANDA ROUX het lekkers en verrassings pakkies verkoop.
FRANCO EN DANDRÉ LABUSCHAGNE het ’n Soek die prysstalletjie gehad.
Die leerlinge van Laerskool Kathu het ’n Kersfeeskleredag gehou.
Foto’s: Benneli Olivier van der Walt
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
13
Sluit jaar plegtig af Ilse Watson KATHU se Voortrekkers het verlede Vrydagaand hul jaarlikse afsluitingsgeselligheid gehou. Die geleentheid is amptelik met die sing van die volkslied geopen. Elke groep van Die Voortrekkers is na vore geroep en al die kinders het die sertifikate, waarvoor hulle oor die afgelope jaar heen hard gewerk het, ontvang. Die aand is met ’n ete en gesellige kuier afgesluit.
HIER is neef Dawid van den Berg (middel) met Leon Bezui denhout (links) en Paul Bester. Albei is gr. 5leerlinge.
DIE gr. 4leerlinge. Van links is nig Susan van der Berg by Simone Widd, Inge Kruger en Jeanne Kruger.
GR. 6LEERLINGE wat onder meer die kommando, ge bieds en meerkatkampe bygewoon het. Hier is Zanzel Prins loo (links) en MarieLouise Steyn. VAN links is Junior Hager, Elizna Reyneke, Cheree van Wyk, Danel Ven ter, Anria Wolstenhome, Johane Steyn en nig Jeanne Louw – die gr. 7’s wat verlede Vrydag hul sertifikate ontvang het. Foto’s: Ilse Watson
VAN link is Janco Liebenberg, nig Santie van der Merwe en Michiel van der Merwe (gr. 9).
VAN links is: Marisce Flemming (Jeugleier vir 2013), Anine Botha, nig Santie van der Merwe, HansJurie Swanepoel en Reghardt Hager (Jeug leier vir 2014) almal gr.10 leerlinge.
DIE gr.11 Voortrekkers. Van links is Zanri Prinsloo, Jannes Flemming, nig Rita van Vuuren, Carla Mostert en Surita van der Merwe.
GR. 1LEERLINGE op die afsluitingsaand. Van links is Marius Dippenaar, Frans Bezuidenhout, nig Annamarie Mostert, Jorina Mostert en Abigail Smit.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
ALGEMENE KENNISGEWINGS
SLEEPWAENS
WERK 3040
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
The Rainman: Bennie. Huise en besigheidsbesproeiing, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
'BACHELOR'-WOONSTEL, gemeubileer of ongemeubileer. Krag ingesluit. Privaat en veilig. R2 900. Skakel 084 651 3000.
TE HUUR 3205
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN DATA CAPTURING/listing workers needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com
BETREKKINGS GESOEK 3670
Admin Data Capturing / Listing Workers needed for info. SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com Poste beskikbaar: Sekuriteits/kleinhandelindustrie: CCTV operateurs, voorraadbeheer. Wagte, toesighouers. PSIRA-sertifikaat hoogs voordelig. Poste in Upington,Postmasburg, Kuruman. De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag: Francois.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
A.C.W. Cloete In die boedel van wyle Anna Catharina Wilhelmina Cloete, weduwee, woonagtig te Plaas Lymington, Dibeng, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1962/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 15 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
VOLWASSENES
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
PRIVAAT
4205
S. Coetzee 2015
In die insolvente boedel van Stefan Coetzee. Meester se verwysing: K35/2008 Ingevolge Artikel 108(2) van die Insolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936, soos gewysig, word hierby kennis gegee dat die likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae van skuldeisers en kontributante sal lê vir 14 dae vanaf 15 November 2013 in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman. G.J.S. VAN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Hoofstraat Kuruman 8460
WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.
VAKATURES 2020
Survey Assistants: Needed in your area. Company expanding. R4 000 advance payment to active assistants plus commision.Send short CV hr@tissa.co.za or call 0110839919
VOERTUIE
4×4’s 3035
NISSAN NAVARA, 2008, D/C, 4x4, outomaties, kappie, trekstang, lugr. 177 500 km. Prys: R195 000. Skakel 083 310 0272 alle ure.
MOTORS TE KOOP
S Coetzee
TE KOOP 3201
In the Insolvent Estate of Stefan Coetzee. Master's Reference No. K35/2008 Pursuant to Section 108(2) of the Insolvency Act, Act No. 24 of 1936, as amended, notice is hereby given that the liquidation account and plans of distribution or contribution in the abovementioned estate will lie open for inspection by creditors or contributories for 14 days from 15 November 2013, at the office of the Master of the Supreme Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. GJS VAN ZYL C/o DUVENHAGE & VAN DER MERWE P.O. Box 63 Main street Kuruman 8460
3025
BANTAM, 1999, R34 500. Rustler, 1999, R32 500. Nissan 1400, 1996, R28 500. Phone 071 967 0285. CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 071 967 0285. SMS or WhatsApp. GOLF 1.3, 1996, goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. JETTA 3, 1999, R32 500. Corolla, 1994, R27 500. Sentra, 1995, R22 000. Phone 071 967 0285. OPEL, 1990, R15 500. Uno, 1995, R15 500. BMW, 318i, 1997, R19 500. Phone 072 472 8686. RANGER, 2002, R42 500. Colt, 1997, R37 500. Isuzu, 1997, R38 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. YARIS, 2007, R49 500. Golf, 2007, R49 500. Corolla 160i, 2001, R39 500. Phone 071 967 0285.
SOEK, KOOP, VERKOOP
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
K E N N I S G E W I N G S
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Hand aan hand op gereelde wandeling ONTMOET vir Vera Titus en haar Tiger. Baie verknog aan me kaar loop hulle sog gens hand aan hand – of is dit nou poot aan hand – in die strate van Paballelo vir ’n bietjie oefening. Tiger is net te tevrede daar mee om op sy agter pote saam met sy nooi te loop. Sover soos die twee stap, hoor jy net hoe die in woners van Paballelo groet: “Moooorrrre eee, Tiger. Môre, Ve ra”. Foto’s: Anena Burger
VERA TITUS en Tiger stap in die strate van Paballelo.
DIT is tog lekker om klein te wees. Klein Lisa Lee (5) en Lourens de Jager (6) speel te lekker in die koelte uit die warm middagson. Foto: Anena Burger
Lekker om klein te wees AS ek eendag groot is, bou ek vir my ’n huis met plek vir al die diere, van ’n olifant tot ’n muis.
In elkeen van die slaapkamers hou ek ’n beertjie aan, en weet jy, in die voor-
huis, daar woon die bobbejaan. – Met dank aan www.kinderwerf.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
19
Gholfklub hou jaareindpartytjie Benneli Olivier Van der Walt DIE Sishen-gholfklub op Kathu het verlede Vrydag sy jaareindgeselligheid gehou. Die klub het ook pryse en meriete-eerbewyse aan die topspelers vir 2012 en 2013 oorhandig. Japie van Dyk, klubbestuurder, was die seremoniemeester op die geleentheid. Hy het al die spelers vir hul betrokkenheid oor die jaar heen bedank. Die jaarlikse meriete-eerbewyse vir 2012 is deur Greg Jennings van die Sishen-gholfklub oorhandig. Die meriete-manswenner vir 2012 is Wouter de Klerk. Die 2012-meriete-vrouewenner is Petra Oosthuizen. Op die aand is die junior pryse vir 2013 ook aan die klub se jong gholfspelers oorhandig. Die beste junior mansgholfspeler vir 2013 is Juran Dreyer. Die beste junior vrouegholfspeler is Angelique Swanepoel. Lyle Pedro is die junior gholfspeler wat die beste vordering in 2013 getoon het. Die junior gholfspan se bestuurder, Rias Rabie, het die pryse oorhandig. Die junior gholfspan word deur Maurice Prinsloo, ’n professionele gholfspeler, afgerig. Die aand se vermaak is deur Fanie Oosthuizen van Tool Equip and Allied verskaf. Die Sishen-gholfklub is as die Noord-Kaap en Vrystaat se beste klub vir 2013 aangewys. Dit is die eerste keer dat twee vroue van die klub provinsiale kleure vir 2013 verwerf het.
DIE groep junior gholfspelers het sertifikate vir uitstekende prestasies ontvang. Van links is, voor: Ramon Rabie, Francois Gouws en Charl Olivier; agter: Chante de Lange, Angelique Swanepoel, Leon van Jaarsveld en Juran Dreyer. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
RIAS RABIE (links) oorhandig sy trofee aan Juran Dreyer wat as die beste junior mansgholfspeler vir 2013 aangewys is.
FANIE OOSTHUIZEN het die aand se vermaak verskaf.
RIAS RABIE (links) wens Angelique Swane poel geluk. Sy is die beste junior vrouegholf speler vir 2013.
WOUTER DE KLERK (links) het die merieteprys vir beste speler in 2012 van Greg Jennings van die Sishengholfklub ontvang.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
‘Wêreld’ ding by skool mee Benneli Olivier Van der Walt
DIE Laerskool Kathu het ’n wêreldbekerkrieket-en-netbaldag gehou. Die krieket- en netbalspanne het verskillende voorste sportnasies verteenwoordig. Die o.11- en o.13-krieketspanne het in drie afdelings gespeel. Die o.11-bekerwenner was die Wes-Indiese span. Die plaatwenner was die Britse span. Die klerewenner (die span wat die meeste soos die ware span gelyk het) was die Australiese span. Die o.13-bekerwenner was die Nieu-Seelandse span. Die plaatwenner was die Wes-Indiese span. Die klerewenner was die Bangladesjiese span.
AUSTRALIË was die netbal naaswenner. Van links is Liché Prinsloo, Marilaan Liebenberg, Abigail Bloem, Inge Gerber, Bi anca du Preez, Alicia Peacock, Christel van Rensburg en Ber nice Boorman.
DIE wenner in die netbal is NieuSeeland. Van links is Farren Eland, Janel du Plessis, Anika van der Walt, Shané Gricius, Nadia Greeff, Leané Redelinghuys, Lorainne Strauss en Kutlwano Windwaai. Foto’s: Verskaf
DIE o.13krieketspan van NieuSeeland het die beker gewen. Van links is Aljeano Strauss, Landon Gordon, Jacques Koekemoer, Gionanni Ro sant, Herman van Niekerk (kaptein) en Henri Kock.
DIE o.13klerewenner was Bangladesh. Van links is Rudolf Lombaard, JoDean Faro, SJ Voster, Warren Horn, Leon Steyn en Erik Rademeyer (kaptein).