Kathu
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
7 NOVEMBER 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
In vervoering Ilse Watson DIE afgelope Sondag is ’n verootmoedigingsaamtrek vir Christene op Kuruman se skouterrein gehou.
Mense van so ver as Postmasburg, Hotazel en Kathu het dié spesiale aand bygewoon. “Want daar was ’n houtkruis en daarom sal ek sing; Ek onthou vir Dawid, voor die ark het hy gedans en gejuig. Daar was ’n hout-
kruis, ’n redder aan die houtkruis. O ja daar was ’n houtkruis en daarom sal ek sing.” ) Lees nog ’n berig op bl. 2. Besoek die webblad by www.kalaharibulletin.co.za om na die liedjie Houtkruis te luister.
CHRISTENE in aanbidding op die spesiale diens wat die gospelsanger en prediker Danie Botha die afgelope Sondag op Kuruman se skouterrein gehou het. Inlas: Botha het almal met sy sang en sy blye boodskappe van hoop geboei. Foto’s: Ilse Watson
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Botha inspireer op saamtrek
Skerpdraai kry beter sanitasie
Ilse Watson
Benneli Olivier Van der Walt
SOOS ’n baie bedrywige byekorf. Dít is hoe Kuruman se skouterrein die afgelope Sondag gelyk het. Die verootmoediging-saamtrek vir Christene met Danie Botha as gasspreker was beplan vir 17:00. Reeds van 16:00 af het mense van oral in die omgewing hier opgedaag. Op 26 November 1993 om 12:00 in Stephanstraat, Pretoria, het Botha tot bekering gekom. “Die Here het my geroep om Sy naam te besing. Ek het nie mooi geweet hoekom Hy dit vir my sê nie, maar toe ek dit eers begin doen het, het ek verstaan. Hy het my geroep om ’n evangelis te wees,” vertel Botha. In daardie stadium in sy lewe het hy reeds vyf goue plate agter sy naam gehad. Maar die dringendheid van die roeping het sy lewe in ’n heel ander rigting gestuur. Een van die boodskappe wat hy tydens die diens gelewer het, was Weet die Here van my?” Hy het gepraat oor mense wat dalk skuld het, kinders wat by dwelms betrokke is of mense wat dalk moed in die lewe verloor het. Die boodskap wat hy oorgedra het, was: “Ja, die Here weet van jou. Hy is lief vir jou en dit sal nooit verander nie”. Botha het ook vir reën in die droogtegeteisterde land gebid. Hy het ook ’n liedjie gesing wat so lui: Want daar was ’n houtkruis en daarom sal ek sing. Ek onthou vir Dawid voor die ark, hy het gedans en gejuig. Daar was ’n houtkruis, ’n redder aan die houtkruis. O ja daar was ’n houtkruis en daarom sal ek sing. Gaan luister dié liedjie by www.kalaharibulletin.co.za.
VERLEDE week het Assmang Iron Ore se Khumani-myn die Skerpdraai-gemeenskapsprojek by Olifantshoek op ’n oorhandigingsgeleentheid aan die Gamagara-munisipaliteit oorhandig. Die projek het wateraansluitings en toiletgeriewe aan 92 erwe in die Skerpdraai-gebied aangebring. Die projek beoog om dieselfde geriewe by nog erwe in die Gamagara- munisipale gebied aan te bring. “Die projek se doel is om ’n beter omgewing, lewensomstandighede en standaarde vir die mense van Skerpdraai te gee,” sê Elizna Badenhorst van die Khumani-myn se departement vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling. Raadslid Dineo Moyo van die Gamagara-munisipaliteit het die amptelike sertifikaat van oorhandiging saam met Marius Burger, die bestuurder van tegniese dienste van die Khumani-myn, onderteken en ontvang. Moyo het gesê dat sanitasie regstreeks tot menswaardigheid bydra. Sy het die betrokke maatskappye bedank en gesê dat hulle deel is van die algehele oplossing van Suid-Afrika se probleme. Verskeie maatskappye het saam met Khumani en die Gamagara-munisipaliteit aan die projek gewerk. Basil Fergusson van CoLab was die projekbestuurder en Warren Liebenberg die administrateur. Herman Schmidt van WorleyParsons het Assmang bedank vir die finansiering van die projek. Die belegging tussen die Gamagara-munisipaliteit en al die betrokke partye het in 2011 begin. Weens die oproerighede in die omgewing is die projek ongelukkig vir ’n jaar tot stilstand gebring. “Hoewel die infrastruktuur nie bo die grond sigbaar is nie, verskaf dit skoon water en geriewe aan die eienaars.” Daar is meer as 2 km se waterpype en ongeveer 1, 4 km se rioolpype aangelê. Die bestaande toilette is ook verbeter en
Regstelling IN die Kalahari Bulletin-uitgawes van 24 en 31 Oktober is daar verkeerdelik na die Dieresorgvereniging op Kuruman as die DBV verwys. Daar is nie ’n geregistreerde DBV op Kuruman of Kathu nie. Daar is wel só ’n organisasie op Upington. Ons vra om verskoning vir die fout.
MARIUS BURGER van die Khumani-myn en Dineo Moyo van die Gamagara-munisipaliteit - hier staan hulle by een van die opgeknapte toilette. Foto: Benneli Olivier Van der Walt watermeters is by die erwe geïnstalleer. Dawie Snyman van NMC North het gesê dat hulle trots is om by die projek betrokke te wees. “Dit was ’n plesier om te sien hoe die mense van die gemeenskap dadelik van die geriewe gebruik kon maak. Ons het in hul vreugde gedeel.” Hy het ook sy span en die Gamagaramunisipaliteit bedank wat saam met sy maatskappy aan die projek gewerk het. Maria Dala van Skerpdraai is een van die mense wat regstreeks by die projek baat gevind het.
Die oorhandigingsgeleentheid het by haar huis plaasgevind. “My huis en erf was baie vuil van die riool, maar Dawie het gekom en dinge reggemaak. Baie dankie vir almal wat ons gehelp het en mag die Here julle seën,” het sy gesê. Sy het al die ander betrokke partye ook hartlik bedank. Twee behoeftige lede van die Skerphoek-gemeenskap het bykomende geskenke ontvang. Daniel Witbooi, wat ’n sigprobleem het, het ’n nuwe sigkierie gekry en Sanna Human het ’n rolstoel van Colab ontvang.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Mathys Roets kuier die Kalahari deur Benneli Olivier Van der Walt MATHYS ROETS het verlede week die NG kerk Kathu besoek. Hy het ’n konsert ten bate van die kerk se uitreik-aksie na Indië gehou. Sy musiektoer het hom oor die Kalahari heen geneem. Hy het onder meer konserte op Kathu, Kuruman en Postmasburg gehou. “Kathu se mense is baie vriendelik en ongelooflik gasvry. Ek het só baie aanhangers in die Noord-Kaap,” vertel Roets. “Ek wens ek kon langer hier in die streek vertoef.” Een van sy tydverdrywe is fotografie en hy beskryf die Kalahari as ’n fotoparadys. Roets is oorspronklik van Reitz in die Vrystaat. Hy het sy musiekloopbaan in die 1980’s begin deur in winkelsentrums in Pretoria kitaar te speel en te sing. Hy het in 1996 ’n naam vir homself begin maak met sy debuut-optrede op die Klein Karoo- Nasionale Kunstefees (KKNK). Roets sing graag die musiek van Koos du Plessis, Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. “Ek sing musiek wat my inspireer en ’n boodskap het,” sê hy. Met sy musiek bring hy twee wêrelde bymekaar: die een voor sy ongeluk en die een daarna. Op 6 April 2009, op pad na die KKNK op Oudtshoorn, het hy met sy motorfiets van die pad af gery en is weens die ongeluk verlam. Maar hy het nie laat dit hom onderkry nie. “Voorheen was ek baie keer onseker oor myself, veral wanneer ek in ’n moeilike situasie beland het of ’n krisis moes hanteer. Noudat ek vierkant daarmee gekonfronteer word, is dit vir my lekker om te weet ek het nie moed opgegee nie.” Hy sal nooit spyt wees oor sy motorfiets nie. Uit die oue kom die nuwe, sê hy.
MARELIZE POOLMAN van die Destiny Music Academy en Renske van der Walt het die leerlinge vir hul musiek-eksamens voorberei. Van links is, voor: Claudia van Wyk en Izelle Hanekom; agter: Annine Pretorius, Marelize Poolman (onderwyser), Anita Steyn, Hester Kruger, Bianca Barnard en Renske van der Walt (onderwyser). Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Musiek blom op Kathu Benneli Olivier Van der Walt
MATHYS ROETS wat onlangs op Kathu opgetree het. Besoek die webblad by www.kalaharibulletin.co.za om na een van Roets se liedjies te luister. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
KATHU kan trots op sy klassieke-musiektalent wees. Sewe leerlinge het op 12 Augustus die eksamen van die Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) afgelê. Al dié leerlinge het hul onderskeie musiek-eksamens geslaag. Die studente is deur Marelize Poolman van die Destiny Music Academy en Renske van der Walt vir hul eksamens voorberei. Annine Pretorius het onder leiding van Renske haar gr. 4-klaviereksamen geslaag. Die ander prestasies wat behaal is, is soos volg:
) Izelle Hanekom (gr. 1, viool, onderskeiding); ) Bianca Barnard (gr. 1, sang, onderskeiding); ) Hester Kruger (gr. 2, sang, onderskeiding); ) Claudia van Wyk (gr. 3, viool, slaag); ) Anita Steyn (gr. 4, sang, meriete); en ) Luzahne Kay Burger (gr. 1, viool, slaag). Poolman sê dié musiek-eksamens is baie kompleks en dit sit nie in enigeen se broek om dit te slaag nie. Neil Page, die eksaminator, is ’n bekroonde musikant wat net die hoogste standaarde verwag. Hy het musiek aan die Universiteit van
Durham in Brittanje gestudeer. Hy het ook optredediplomas in sang, klavier en orrel van die Royal Acadamy of Music, die Royal College of Organists en Trinity College London ontvang. Die ABRSM-eksamen is ’n internasionaal erkende kwalifikasie. Die 2012-eksamen het op Upington plaasgevind. Dit is die eerste keer dat daar genoeg plaaslike studente was vir die ABRSM-eksaminator om die eksamens op Kathu te kon modereer. Rig navrae aan Marelize Poolman by 072602-4461 of Renske van der Walt by 084-7011860.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Dienste op dorp kritiek nodig “ONTHOU jy nog Rietfontein se stofstrate?” sal dit eendag om ’n kampvuur opklink wanneer mense van dié eens slapende dorp met die kleinste munisipaliteit in die grootste munisipale gebied van Suid-Afrika praat. Wanneer reisigers deesdae dié dorpie binnery, word hulle begroet deur advertensieborde wat projek op projek uitbasuin. Rietfontein ontwaak stadig maar seker uit ’n proses van algehele stagnering. Volgens Meris Kocks, ’n inwoner van Rietfontein en ’n onderwyser aan die Gekombineerde Skool Rietfontein, word die betrokkenheid van die regering by die gemeenskap – al is dit bietjie vir bietjie – gewaardeer. “Ná soveel jare se versugtinge is die teerpad in 2008 voltooi en word van die strate in die Mier-gebied geplavei. “Ongeag die verbeterings is daar egter vrae oor die projekte,” sê Kocks. Hy wys ’n paar dinge uit. Destyds is die Heropbou-en-ontwikkelingsprogram- (HOP) huise opgerig wat weens swak vakmanskap verbrokkel het. Dit moes weer herstel word en het die regering miljoene rande gekos. Op ’n onlangse gemeenskapsvergadering waarop die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) bespreek is, is gemeld dat 40 huise eersdaags in die Miergebied gebou sal word. Die hoop is dat die geskiedenis hom nie met die bou van die huise sal herhaal nie. Kocks meen die vinger moet ook na begunstigdes van huise gewys word wat die huise ontvang en nie daarna omgesien het nie. “Deur hul traak-my-nie-agtige houding moet die mense langer op die waglys vir ’n huis bly.” Oor die straatligte wat onlangs op Rietfontein aangebring is, bestaan gemengde gevoelens by die inwoners. Op Rietfontein bly inwoners wat net kan droom van die gerief
wat elektrisiteit in hul lewe kan beteken. “Die inwoners leef nie uit vrye wil nog in oer-omstandighede nie, maar moet selfs hoor hulle moet dalk tot 2015 of 2016 vir elektrisiteitstoevoer wag wanneer die beplande substasie daargestel sal word,” sê Kocks. Tot dan sal die elektriese toestelle in hul verpakkings lê. Kocks sê volgens die munisipaliteit en Eskom is daar te min elektrisiteit in die bestaande netwerk om nog huishoudings by die netwerk te voeg. “Indien enige waarheid in dié bewering steek, van waar gaan die elektrisiteit kom vir die straatligte wat op die dorp aangebring is? “Of gaan dit wit olifante word wat op die beplande substasie gaan wag?” vra Kocks. Die paar straatligte wat wel hier aangebring is en werk, is volgens Kocks nie juis ’n aanwins of hulp vir die lede van die polisiediens wanneer hulle saans patrolliewerk in die woonbuurte moet doen nie. Hy sê as behoorlike stelsels soos hoëmasbeligting werk, kan nog ’n tragedie soos die grumoord op die 10-jarige Nomsa Willemse in 2009 voorkom gewees het. Haar moordenaar is steeds nie vasgetrek nie, omdat daar nie behoorlike bewyse of getuienis was nie. Die oë van die wêreld sal ook binnekort op dié dorp gerig wees wanneer die landspoedrekord op Hakskeenpan deur die Bloodhound SCC-span aangedurf gaan word. Kocks sê: “As ons volhoubare waarde vir die toekoms uit die waardevolle geleenthede wat na ons gebring word, wil put, maak die lewering van basiese dienste wat daargestel moet word daadwerklik saak.” Soos Kocks sê: “Rietfontein se mense wil nie ’n onooglikheid op die wêreldverhoog wees wanneer al die kameras op die groot wêreldgeleentheid gefokus is nie.”
Vind in God jou doel Ds. Philip van Vuuren HET jy al gewonder wie jy is? Waar jy as mens vandaan kom? Wat sal met jou gebeur? Is die mens maar net ’n produk uit modder of grond geskep om eendag net weer daarna terug te keer? Daar word mos gesê stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Elke mens behoort ’n doel te hê waarom hy lewe. Die vraag is: Waarom is ons hier op aarde, waarheen gaan ons? Eerstens is jy na God se beeld en Sy gelykenis geskape. Jy is ’n geskape wese met ’n innerlike wese (gees) met ’n siel en ’n liggaam. Psalm 8:5 tot 7 het die antwoord: Wat is die mens dat U aan Hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met heerlikheid en eer gekroon. 2 Korintiërs 6:18: Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir my seuns en dogters wees, spreek die
DAAR is min dinge wat die landskap van die Groen Kalahari, Boesmanland tot in die Karoo, so goed beskryf soos die nederige polle boesmangras wat wiegend in die briese of kruiswinde waai. Tussen Kakamas en Pofadder vorm dié savanna ’n oseaan van golwe ná ’n goeie reënseisoen. Foto: Anena Burger
Dankie vir die ondersteuning KURUMAN-DIERESORGVERENIGING, Kuruman: DIE Dieresorgvereniging (DSV) het onlangs ’n gholfdag op die Kuruman-gholfbaan aangebied. Die DSV wil die volgende borge vir hul bydraes en ondersteuning bedank: ) KFC ) Trent en Jeppe ) Stef’s Auto ) M.I Motors ) Wildene’s Nails ) Mr Video ) Pick ’n Pay ) Barlo World ) Spar ) Boa Fe
12/33
15/31
OSO 5.0 Kalm
14/31 OSO 5.0
) Oasis-water ) Amonate ) Belladona Beauty Relaxation ) Marianne van Rooyen ) N.C. Signs ) Bella Grazia
Dankie vir hulp met video HENDRIK SPANGENBERG, Kathu: GRAAG wil ek almal wat deel was van die produksie van my musiekvideo bedank.
Stefan Louw van KoringKriekproduksies (video en fotografie) en Robert Maynard Rootman vir al sy hulp. Riaan en Jeanny-Lee vir hul rolle en fantastiese akteursvermoë. My pa en ma vir hul ondersteuning. Dankie aan die Kalahari Bulletin wat gereeld oor my bedrywighede skryf. Dankie ook aan Charlene en Paul Hibbert van die Mongoosegastehuis, Paul en Zelda van Namakwari Lodge, Marius Nel, die Hoërskool Kathu, Rene van Lilies & Lavender-bloemiste, Waldo Visser van Megasound, Edia de Beer en DTL-lugdiens vir Jenny-Lee se vlugte en al die lede wat bereid was om in die musiekvideo te speel. Ek is opreg dankbaar vir almal se bydraes en hulp.
12/34
15/34
14/32
13/34
O 5.0
Kalm
OSO 5.0
W 10
14/32
14/32
WSW 10 SW 5
Dié is stories wat vertel móét word Here, die Almagtige. Dít is wie ons is, aanbidders, ons is seuns en dogters van God. Ons is Sy familie. Dit gee ons ’n reg om met Hom te gesels. Ons hartsbegeertes voor Hom uit te stort. As dié aardse woning dan eendag afgebreek word, sal ons Hom sien en vir ewig by Hom wees. 2 Korintiërs 5:1: Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. Nou het ek nie ’n identiteitskrisis nie, ek weet wie ek is in Christus Jesus. Sy seun en dogter. Ja, deur Sy heerskappy is ek in beheer van my lewe. Mag jy ook ontdek wie jy is in die oë van die Almagtige Skepper.
Ilse Watson MY werk as verslaggewer vir ’n plaaslike koerant plaas my elke dag in unieke situasies. Dit gee my die geleentheid om oor enigiets te skryf harde nuus (meestal nogal negatiewe onderwerpe), sagter, mooier stories, skolenuus en ook skryf ek oor sport. Een onderwerp waaroor ek (gelukkig) nie hoef te skryf nie, is politiek. Maar so ontmoet ek baie uiteenlopende mense terwyl ek werk aan baie uiteenlopende stories. Een ding staan soos ’n paal bo water - ek is verslaaf aan skryf. Sedert my jong dae is dit ’n passie. G’n mens weet wat ek met myself en my tyd sal doen in Desember wanneer ons vir die feestyd toemaak nie. Maar wag, ek dwaal van die onderwerp af. Ek moet bieg, harde nuus is my
kos. Dit gaan nie oor sensasie nie - dit is die weergee van feite, gebeure en ja, dit is dalk ’n negatiewe storie, maar dit is ’n storie wat vertel moet word. Die afgelope tyd het ek weer intens bewus geword van die boodskap van die Bybel en die krag van God se woord. Dit is so ongelooflik inspirerend om met diep gelowiges te praat. Hul passievolle, onwrikbare geloof laat ’n mens voel jy is nie regtig ’n gelowige nie. Maar soos Danie Botha verlede Sondag gesê het, dit maak nie saak wie of wat jy is nie, jy kan niks wees nie, maar die Here is daar vir jou. Hy
is onvoorwaardelik lief vir ’n mens en Hy sal jou nie los nie. Maar dan doen ’n mens weer ’n storie oor iemand wat sy eie lewe geneem het. En as joernalis weet jy jy moet die afstand behou, jy moet nie emosioneel betrokke raak nie. Dit is normaalweg wat ek regkry om te doen. Maar hierdie keer het hierdie hardenuusstorie selfs hierdie verslaggewer in trane gehad. Want die mense wat agterbly, sit met smart en diepe hartseer en ook baie vrae. Die mense wat agterbly, voel dalk ook skuldig. Die mense wat agterbly, moet die wêreld in die oë kyk. Al wat ’n mens vir hulle kan sê, is: “Die Here is met jou – Hy sal jou nie los nie”. En jy hoop dat hierdie woorde hulle sal dra in dié moeilike tyd.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
VAN links is Hendrik Spangenberg, Robert Maynard Rootman, Jeanny-Lee Matthee (hoofrol), Riaan Roestorf (hoofrol), Stefan Louw (vervaardiger en eienaar van die KoringKriek-produkies. Foto: Verskaf
Video ’n 1ste vir dorp Ilse Watson SONDAGAAND is geskiedenis op Kathu gemaak. Hendrik Spangenberg het ’n musiekvideo hier opgeneem. Dit was die eerste keer dat so iets op Kathu gebeur het. Die musiekvideo is vir die liedjie Solank Jy Myne Bly! gemaak. Stefan Louw, vervaardiger en eienaar van die KoringKriek-produksies, en Robert Maynardt Rootman het die musiekvideo op band vasgelê. Riaan Roestorf en Jeanny-Lee Matthee, vriende van Spangenberg, het die hoofrolle vertolk in die storielyn wat deur Spangenberg self, Louw, Roestorf en Rootman geskryf is. “Ek kon nie glo hoe ongelooflik goed hulle die rolle vertolk het en so goed
saamgewerk het nie. “Ons het regtig hard en lang ure gewerk. Met geduld en baie verfilming wat gedoen is, het ons die mooiste prentjies vasgelê,” vertel Spangenberg. “Ek kan nie wag op die eindproduk te sien nie.” Kathu Kansa se Relay For Life is op 2 November gehou en Spangenberg moes ook daar optree. “Ons het baie goeie beplanning gedoen, maar ons het vele kere op die laaste nippertjie ewe skielik ’n nuwe idee gekry en dit ingewerk – dit het toe alles baie mooi uitgewerk.” Spangenberg vertel verder dit baie aangenaam en ook dat dit ’n ongelooflike ervaring was om saam met Stefan Louw te kon werk.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
FOKUS OP MOTORS Motorinspeksie DIE tasse is gepak. Het jou motor die nodige aandag gekry om jou veilig van en na jou vakansiebestemming te kry? Kyk na: ) ruitveërs se toestand, ) remme, ) waaierband se toestand, ) bande: korrekte banddruk, kyk vir krake en snye of enige artikels soos spykers wat soms in ’n band weggesteek is, loopvlak, noodwiel se banddruk en toestand, ) toestand van stuurstelsel (lekkasies op byvoorbeeld die kragstuur en stuurkasrubbers), ) toets al die ligte, ) batterytoets, ) alle olievlakke moet nagegaan word (ratkas, enjin en ewenaar), )suspensie-toestand: gaan alle skokbrekers na, rubberkoppelings en rubberbuste na, en ) die verkoelingstelsel.
Ry stadig, spaar brandstof Willem Fritz MET die onlangse brandstofprysstyging trek die strop om motoriste se nek al hoe nouer. Dit is egter nie nodig om in algehele vrees vir die brandstofpomp te leef nie. Hieronder is ’n paar maklike wenke om die knyp uit die brandstofprys te haal. ) Pas jou bestuurtegnieke aan. Probeer om die verkeer ’n ent voor jou dop te hou en vergroot jou volgafstand sodat dit nie nodig is om gedurig te rem en weer te versnel en sodoende onnodige brandstof te verbruik nie. ) Hou by die snelheidsperk. Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof verbruik jou motor. As bonus sal jy ook geld aan boetekaartjies spaar. ) Gaan jou motor se banddruk gereeld na. As die banddruk te laag is lei dit tot groter weerstand met die pad en gevolglik hoër brandstofverbruik. ) Hou die windweerstand so laag moontlik. Haal die dakrelings af as jy dit nie gebruik nie. Hou die ruite teen hoë snelhede ook liewer toe. Gebruik dan liewer die lugversorging. Hoe meer aërodinamies jou motor is, hoe laer is die brandstofverbruik. ) Beplan jou roetes vooruit. Kies die roetes met die minste verkeersligte, stopstrate en verkeer. ) Vermy spitsverkeer indien moontlik, al beteken dit dat jy ’n halfuur vroeër werk toe moet ry of ’n halfuur later vertrek. ) Beplan jou ritte vooruit. Probeer soveel
HOE vinniger jy ry, hoe meer brandstof verbruik jy. moontlik van jou take in een rit kombineer of maak van ’n saamryklub gebruik. ) Hou die enjin altyd in ’n goeie toestand. ’n Enjin wat verkeerd ingestel is of ’n vuil lugfil-
Foto: Anena Burger
ter kan beteken dat die enjin nie optimaal funksioneer nie en kan tot hoër brandstofverbruik lei. ) Beplan mooi en spaar brandstof.
Steek vragmotors só verby WEES versigtig vir swaarvoertuie. Vragmotors is soms ’n groot irritasie op die pad en lei dikwels tot botsings reg van voor as ongeduldige bestuurders ’n vragmotor onverskillig verbysteek. Hier is ’n paar wenke: ) Vragmotors het groot en diep blinde kolle aan weerskante en reg agter die voertuig. Dit is belangrik om genoeg ruimte tussen jou voer-
tuig en die vragmotor te laat. ) Hoe langer die vragmotor is, hoe meer tyd gaan jy nodig hê om dit verby te steek. Steek dit net verby as jy seker is die ruimte is groot genoeg. ) Steek dit verby van waar die vragmotorbestuurder jou kan sien en nie van reg agter die vragmotor nie. ) Moet verkieslik nie ’n vragmotor in nat toestande verbysteek nie. Die kombinasie van
sproei, lugturbulensie van die vragmotor, swakker beheer oor ’n voertuig op ’n nat pad en slegte sigbaarheid maak dit baie gevaarlik. As jy dit verbysteek, maak seker jou hoofligte en ruitveërs is aangeskakel. ) Moet nooit reg voor ’n vragmotor insny nie. ’n Vragmotor het ’n veel groter afstand as ’n gewone motor nodig om tot stilstand te kom.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Kleuterskool hou sy Kersafsluiting Lynn-Mari Olivier
VAN links is Koelie Tau, baba Julie Tau en Johanna Koerant, lid van die GPF van Deben wat met die geboorte van die baba gehelp het. Foto: Verskaf
GPF-lid gryp in Ilse Watson SATERDAG om 01:50 het Johanna Koerant van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Deben ’n jong vrou van Newstands, Deben, met die geboorte van haar eersgeborene gehelp. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Deben het Vrydag omstreeks 21:00 ’n oproep van die vrou wat in kraam was, ontvang. Die polisie het die ambulans ontbied. Die ambulans het egter omstreeks 01:30 nog nie sy opwagting gemaak nie. Koerant was dié aand saam met die SAPD van Deben werksaam. Toe die ambulans nie opdaag nie, het sy besluit om te gaan kyk wat gebeur. Koerant moes noodgedwonge met die kraamgeval help. Koelie Tau het aan ’n gesonde dogtertjie wat sy Julie gaan noem, geboorte geskenk. Sy het by geboorte 3,150 kg geweeg. Die tekort aan ambulanse in die gebied is ’n ernstige probleem, aangesien net een ambulans die hele streek van Kuruman tot Olifantshoek moet bedien.
’n FEESTELIKE afsluiting word op 21 November vir die Miekie en Mieniekleuterskool beplan. Die geleentheid behels ’n kort Kersspel soos deur kinders ervaar. Daar sal ’n Kersboom wees waaronder talle geskenke sal wag. Dié geskenke sal deur die Miekie en Mienie-personeellede aan die kleuters oorhandig word. Die personeellede en kleuters nooi almal om deel aan dié aand te hê. Toegang is gratis en kerrie-en-rys sal teen ’n billike prys te koop aangebied word. Ten einde van die aand ’n groot sukses te maak, word belangstellendes versoek om die kleuterskool by 082-737-2107 of 082-418-7999 te kontak sodat ’n beraming gedoen en mooi beplan kan word vir die aand se gebeure. Die aand sal dien as ’n behoorlike afsluitingsgeselligheid vir die Miekie en Mienie-kleuterskool se bedrywighede oor die afgelope jaar heen. Dié aand sluit ’n era vir van die leerlinge af en die Miekie en Mienie-kleuterskool sien uit daarna om almal daardie Donderdag om 18:00 by die Laerskool Seodin se skoolsaal te verwelkom. Die bestuur en personeel van die Miekie en Mienie-skool groet die gemeenskap en bedank almal vir hul ondersteuning, bydraes en lojaliteit.
Stuur inligting DIE Kalahari Bulletin Kuruman beplan ’n reeks rubrieke oor die geskiedenis van Kuruman. Ons benodig egter die hulp van die gemeenskap – enigeen wat kan help met inligting (en foto’s) oor Kuruman se geskiedenis word versoek om met die redakteur, Ilse Watson, in verbinding te tree. Kontak haar by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Rou riool ’n gevaar Ilse Watson
SKAARS 100 m van die naaste huis af is ’n riooldam. Dít is waarmee huiseienaars in Fouriestraat op Kuruman te doen het. Die rou riool, wat al ’n ruk dié gebied invloei, het nou dié dam gevorm. “As dit nie rou riool was nie, sou dit ’n mooi uitsig gewees het,” sê Nico Erasmus, voorsitter van AfriForum Kuruman. Huiseienaars in die omgewing het nie munisipale water nie en die meeste van hulle gebruik water van boorgate. Daar is reeds ’n pompstasie hier gebou, maar geen pompe of elektrisiteitstoevoer is aangebring nie. AfriForum beplan om die departement van waterwese en die departement van gesondheid se hulp in te roep om dié aangeleentheid op te los. “Monsters van die water moet onder meer geneem en getoets word. Die damme is gevaarlik. ’n Kind kan maklik hierin verdrink. Dit lyk aanloklik vir kinders om in te speel. Aangesien dit rou riool is, hou dit ’n groot gesondheidsgevaar in.”
DIT is die dam wat weens die rou riool wat hier inloop, gevorm het. Net duskant dié bome (maar nie sigbaar op die foto nie) is die pompstasie gebou. Dié pompstasie is nie in ’n werkende toestand nie, aangesien dit nie ’n pomp of elektrisiteitstoevoer het nie. Foto: Ilse Watson
Hof wys Bozwana-aansoek teen AfriForum van die hand Ilse Watson DIE Noord-Gautengse hooggeregshof het ’n dringende aansoek van die omstrede sakeman Wandile Bozwana teen AfriForum met koste van die hand gewys. Dit volg op ’n vroeëre nuusverklaring deur Wesley Martin, AfriForum se organiseerder in die Noord-Kaapstreek, rakende Bozwana se twyfelagtige tendertransaksies. AfriForum is namens sy Kuruman-tak be-
trokke by ’n afsonderlike regstryd om die betaling van meer as R4 miljoen se belastinggeld aan Bozwana se maatskappy, TEB Properties, te verhoed. AfriForum het in sy nuusverklarings kommentaar gelewer op sekere sakepraktyke van Bozwana en sy talle maatskappye wat al meer as twee jaar in die nuus is. Volgens ’n vorige berig in ’n ander koerant het ’n voormalige kollega van Bozwana aangevoer dat Bozwana op ’n onwettige manier ten-
derdokumentasie bekom het. Verder is beweer Bozwana het tenders verkry terwyl hy oor geen infrastruktuur beskik of die nodige kundigheid en ervaring het nie. Volgens AfriForum is TEB Properties en sy direkteur, Bozwana, reeds bekend vir kooptransaksies en tenders wat skeefloop en eise vir vergoeding wat daarna ingestel word. Die burgerregte-organisasie sê dit lyk asof dit ’n patroon geword het. “AfriForum verwelkom die bevel en gaan
voort om in die openbare belang op te tree en glo verder dat tendertransaksies tussen private maatskappye en munisipaliteite beslis in die openbare belang is,” het Werner Human, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê. AfriForum se hersieningsaansoek in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley om ’n resolusie van die raad tersyde te stel wat ’n betaling van R4,25 miljoen aan Bozwana goedgekeur het, word op 5 Desember in dié hof aangehoor.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
9
Long-service workers awarded Ilse Watson AT a gala dinner earlier this week the Finsch Diamond Mine recognised a group of its employees for their long service to the company. Of the group 27 employees received their 25-year service award and one employee received his 40-year service award. Speaking at the event Luctor Roode, the general manager, said: “Please continue to share your knowledge with your peers. With your wisdom and knowledge, we can build Finsch Mine to even greater heights. Your input into
the future of our mine is critical.” The 2013 long-service recipients included Sam Assegai, Isaac Boyce, Lebereki Diphaha, Andy Douglas, Jan Erasmus, Malefetsane Goeieman, Keith Haai, Kaelo Karudi, Johan Kennedy, Pinaetsuile Letselebe, Leonard Lewis, Mohau Maieane, Mbulelo Malusi, Jack Mancwe, Bassie Mapulane, Gaobepe Mereyotlhe, Keletsmaile Mogabeng, Meschack Mokgothu, Ikanyeng Motsamai, Aobakwe Motsehela, Fikile Phillips, Phyllisa Rose, Daantjie Scheepers, Otlhotse Seleoge, Owen Smith (40 years), Gcinikhaya Tayi, Paul Thipe and Petrus van Jaarsveldt.
Roei misdaad met wortel en tak uit
THE 2013 long-service recipients.
Photo: Provided
DIE Kalahari Bulletin Kuruman het onlangs verslag gedoen oor die afsaag van seringbome by die vierrigtingstop (inkomende van Kathu) om die gebied te beveilig en hopelik die misdaad wat hier plaasvind te verminder. Daar is ook verslag gedoen dat die straatligte en ligte in Wilgerpark herstel is. Al die verbeterings is nou nog ’n stappie verder geneem. ’n Private kontrakteur, Pieter Beukes, het verlede week die oorhangende takke van bome in Wilgerpark afgesaag. Dit sal dié hele gebied nog verder beveilig en booswigte keer om agter of onder bome weg te kruip. Die afgesaagde takke is deur die Ga-Segonyana-munisipaliteit verwyder. Die gemeenskap van Kuruman het die private kontrakteur aangestel en betaal om die werk te doen. Daar word ook beplan om twee groot spreiligte aan te bring wat die park saans goed sal verlig. Foto: Ilse Watson
Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
General Engineering Superintendent (GES): Mechanical/Electrical (Ref. GES (M/E) 115481)
The incumbent will be responsible for maintaining mine infrastructure by means of applying and executing the Company Asset Management Strategy and Maintenance Plan and ensuring plant availability and throughput by means of applying relevant engineering and SHEQ practice and effective Human Resource Management. Key performance areas include, inter alia: • Managing activities, ensuring effective control of manpower and resource utilisation • Conduct root cause failure analysis (RCFA), understand the process and advantages • Assisting management in compiling operational strategy and setting of achievable production targets • Ensuring adherence to the Mine Health and Safety Act, other applicable regulatory requirements, Company/Mine SHEQ standards and procedures to ensure the safety of personnel and equipment in your area of responsibility • Managing contractor performance against service level agreements • Analysing production and asset performance trends against set operational targets • Compiling and monitoring annual labour and maintenance budgets within span of control • Supervision and training of staff within span of control • Maintaining a high standard of teamwork • Performing ad hoc duties as instructed by your supervisor. Requirements: • Qualified artisan (Red Seal) • Grade 12 and a minimum of N6 or equivalent qualification • Sound working knowledge of Maintenance Management System • Minimum of 5 years Previous experience as multi discipline supervisor • Beneficiation plants experience (Jaw and Cone Crushers, Conveyors, Screens, Pumps, Dust Suppression Systems, Rapid Train Loading and Rail Systems) • Contractor management experience • Sound SHEQ systems knowledge • Sound knowledge of Asset/Maintenance Management Systems • Ability to work accurately under pressure • Proven managerial skills and computer literacy • Fluency in both English and Afrikaans • Valid code B/EB driver’s licence. The successful incumbent will be appointed subject to being certified medically fit as per the Mine Health and Safety Act 29/1996 and meeting the requirements of the Company’s Code of Practice – Medical Fitness to work on a Mine. He/she may also be required to undergo a psychometric evaluation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 22 November 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115481
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
DIE spore van voertuie wat op die krieketkolfblad van die Laerskool Kuruman rondgery het en só baie skade aangerig het. Foto: Ilse Watson
Help keer skade aan kolfblad Ilse Watson DIE krieketkolfblad op die sportterrein van die Laerskool Kuruman word voortdurend beskadig. Booswigte ry met óf bakkies, óf klein voertuie daarop en die hele blad word beskadig. Daar is heinings en hekke reg rondom die sportterrein, maar die slotte van die hekke word voortdurend afgeknip en dan word net op die krieketkolfblad gebaljaar. Die drade en pallisades van die heinings word ook beskadig en verwyder en sodoende kry die booswigte toegang tot die sportterrein.
Die Laerskool Kuruman benodig die hulp van die gemeenskap om te probeer om die kwaaddoeners vas te trek. Enigiemand met enige inligting oor die oortredings kan die skoolhoof, Floyd Turner, by 082-380-2204 bel. Die skool rig ook ’n waarskuwing aan enigiemand wat die terrein onwettig en sonder toestemming betree. Skriftelike toestemming word benodig om die terrein te betree. Inligting hieromtrent kan ook anonieme aan die redakteur van die Kalahari Bulletin Kuruman, Ilse Watson, gestuur word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
DIE Kathu-Kuruman-balletskool se span wat deelgeneem het.
Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
MARIETJIE BAM en Yvette Reinders van Kansa op Kathu. BO: Mashilo Mokotong, hoof van gemeenskapsprojekte van Kumba Iron Ore se Sishen-myn, het die gemeenskap vir sy betrokkenheid by Kansa op Kathu bedank.
REGS: Die kankeroorwinnaars het ’n ererondte gestap. Van links is, voor: Petru van der Walt en Ludwig Olivier; agter: Christine de Vos en Hannelie Piek.
Gemeenskap staan saam teen kanker Benneli Olivier Van der Walt KANSA op Kathu het verlede naweek sy jaarlikse Relay for Life gehou. Mashilo Mokotong, die hoof van gemeenskapsprojekte van Kumba Iron Ore se Sishen-myn, het die gemeenskap vir sy betrokkenheid by Kansa bedank en die kankeroorwinnaars geluk en sterkte vir die pad vorentoe toegewens. “Die stryd teen kanker hou nooit op nie. Dit is belangrik dat ’n mens kennis oor en bewustheid van kanker het,” het Dineo Moyo, ’n raads-
lid van die Gamagara-munisipaliteit, gesê. Christa Lubbe en Joshua Malan, albei kankeroorwinnaars, het vir die gehoor van hul stryd teen kanker vertel. Ds. André de Villiers het die organiseerders en borge vir hul bydrae tot die sukses van die aand bedank. Kathu se kankeroorwinnaars het ’n ererondte om die baan gestap. Later die aand is die luminariasakkies se kerse aangesteek. Die sakkies is ter herinnering aan dié wat die stryd teen kanker verloor het, dié wat nog teen die siekte veg
en dié wat die stryd gewen het. Oor die aand heen het verskeie kunstenaars die deelnemers en gehoor vermaak. Onder meer die Kuruman-veldorkes en die Kathu-Kuruman-balletskool het opgetree. Marius Annandale en Hendrik Spangenberg het ook op dié spesiale geleentheid opgetree. Die Kansa Relay for Life verenig kankeroorwinnaars, hul versorgers en die gemeenskap in die stryd teen die siekte. Dit gee ’n geleentheid aan oud en jonk om aan die stryd teen kanker deel te neem.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Bokveld wink op Merweville
DIE leerlinge van die Bana- Vroeë Kinderontwikkeling-sentrum het die ouers op die ope dag met ’n impromptu flash mob vermaak. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Ope dag ’n groot sukses Benneli Olivier Van der Walt
DIE Bana- Vroeë Kinderontwikkeling-sentrum het verlede week ’n spoggerige ope dag gehou. Die ouers van potensiële nuwe leerlinge het vroeg al voor die sentrum se hek tougestaan. Die dag was vol pret en plesier vir die nuwe kinders en hul ouers. Renske van der Walt het al die ouers en betrokke partye bedank vir hul bydraes tot die suksesvolle dag. Daar was ’n blitsprystrekking waar gelukkige wenners pryse soos selfone, ’n braaistel en vliegkaartjies kon wen. Die sentrum het van die geleentheid gebruik gemaak om al die ekstra dienste wat by die sentrum beskikbaar is, ten toon te stel. Die leerlinge van Bana het die ouers vermaak met ’n impromptu flash mob waar hulle almal saam gedans het. Daar was ook stalletjies waarby meer inligting oor kinders se gesondheid beskikbaar gestel is. Ewald Hattingh, ’n plaaslike spesialis in kinderkinetika, het ook ’n stalletjie gehad. Die vriendelike tandarts van Dental Joy, dr. Heinrich Boock, was tuis vir ’n kindervriendelike atmosfeer.
MERWEVILLE – dít is nou ’n veilige en rustige Karoo-dorp. Hulle ken nog nie die woord misdaad nie, dink die Duitsers sukkel nog in Duits-Wes om die land oor te neem en hul ligging is veilig, want hulle lê ver genoeg van enige plek in die wêreld sodat geen missiel hulle kan tref nie. Op ’n kaart sal jy moet soek tussen die Wes-, Noord- en OosKaap. Ons is uit die Swartland-ring vir spanbou en rus daarheen op pad. Kallie ken die pad en ons volg net sy stofstreep. Toe sy remligte flits, stop ons ook en wil weet: “Waar is ons nou?”. Dit is Merweville. Ons stel ondersoek in oor die lê-, sit- en braaiplek en toe ken ons die hele dorp. Ons sal iets vir die naweek moet beplan as hier iets moet gebeur. Katrein bak die heerlikste roosterkoeke. Dít met sagte vet en stroop vul nie net die tyd nie, maar ook die hol kol op die maag. Katrein laat my verstaan sy is eintlik deel van ’n nasionale werkskeppingsprogram. Sy wag nog vir die “pampiere” en dan kan sy aansoek om ’n subsidie doen. Sy is nie seker of die “pampiere” van Kimberley, Kaapstad of Bisho gaan kom nie. Vir veiligheid het sy sommer haar donkiekar drie verskillende nommerplate opgesit – Vasvatnoordkaap, Remeneerleweskaap en Hokkaaiooskaap. Voor die donkies se koppe hang sy net ’n rooi, groen en oranje lig. Dit is die enigste verkeerslig op die dorp. As ek so na die wrakke onder die afdakke kyk, is dit dalk ook die enigste bewegende voertuig op die dorp. Vir “pampiere” kan ons nou nie wag nie. Ek onderhandel met Katrein vir ’n enkelvoertuigresies. Haar ses donkies is goed vleis, want hulle wei in die hele distrik – Vlakhaas, Koesie, Koffiekan, Moerjy, Geelbek en Duiker is die volle span. Sy skud net ’n paar klippies in ’n oop katot dan kom hulle aangehol. Elkeen kry dan ’n paar mieliepitte en dan is hulle hondmak of donkiegevrek. Dit is ’n dubbelas-wa wat sowat 14 passasiers kan dra saam met die drywer en sy assistent. Twee pond tien ’n kop maak sommer ’n goeie wegtrek vir die werkskeppingsprogram. Katrein gee as toegif vir die vol wa ’n roosterbroodjie met katvet en heuning gemeng. Met die vang en inspan van die donkies moes sy seker agtergekom het ek het dit al gedoen. Sy vertrou my met die hele gedoente. Die tuie se uitgooi was ’n krisis. Die helfte van wat nodig was, was nie daar nie.
Ek deel so dat die twee voordonkies darem trense aankry. Dit is veilig vir koershou en oë op die pad. Nie een tuig het ’n buikgord nie. Dit maak die span ’n bietjie los. Die swingels is van “teerdroppers” met redelike sonbrand. Die stange is van toegekapte visblikke. Wat die tuie aanmekaarhou, wissel van ou osrieme, bloudraad, rooi tou en plastieksakke. Die passasiers is ywerig vir die rit. Voordat ek klaar ingespan het, sit die bus vol. Ek onderhandel met die eienaar dat ons net in die bo-dorp ry om die hoofstraat te vermy. Katrein wil niks daarvan weet nie, want dink net aan die advertensiewaarde al in die hoofstraat af. Ek probeer nog met Kallie argumenteer oor die toestand van die tuie, maar Katrein is haastig dat die nooiensvaart moet begin: Netnou trek ons kop uit, dan is ’n groot inkomste na die maai. Ek vat die leisels en Katrein kruip onder my blad in om die roete aan te dui. Die donkies vat verbasend gelyk. Op ’n draffie maak ons die bo-dorp klaar. Ek sien daar is nie keer nie, nou hoofstraat toe. Katrein rammel die name af. Sy roep hulle op hul name soos hulle ingespan is: Vlakhaas en Koesie, hot en haar voor, Duiker en Geelbek in die middel en Koffiekan en Moerjy hot en haar agter. Maar asof hulle geleer is, die hoofstraat is hul kos. Hulle lê rieme neer. Dit gaan net te lekker. Wat Katrein se klonkie besiel het, weet geen mens nie. Hy spring in die ry af en hardloop so vinnig soos sy bene hom kan dra voor die twee voordonkies in. Nou is die duiwel los. Die donkies gee net ’n snork en saai uit die pad uit en vat die breë watervoor. Toe help ’n gefluit en gehokaai niks nie. Ek sien die span is nou op pad na die afleipyp. Die een se naam is nie verniet Koesie nie. Hulle gaan hulle nou vrek hardloop teen die kolwer. Ek begin om hulle in te katrol soos die gevaar nader. Jy sien net stukke rieme, draad, rooi tou en plastiek trek soos die tuie disintegreer. Toe ek die gevaarte tot stilstand het, staan die twee voordonkies op hul knieë voor die kolwer met hul gatte in die lug, want Duiker en Geelbek het onder hulle ingeskuif. Moerjy en Koffiekan het by die voordonkies verby gehol en bo-op die kolwer gespring. Van die passasiers is dit net ek en my mededrywer nog op die wa. Die ander staan in die hoofstraat, asvaal geskrik en skaterlag. Katrein het net gesê: “Maar so ’n moerskoi van ’n jongetjiemens; amper het ons nou ons gat gesien.”
‘Skryf’ met kleingeld DIE gr. R-leerlinge van die Preprimêre Skool Pikkie Pret op Kathu het geld vir hul skool ingesamel. Die leerlinge moes almal soveel kleingeld moontlik saambring en daarna het hulle die woord “Pikkie” met al die munte op die grond gespel. Hier is van links, voor: Henrico Pretorius en Leonardo de Take; agter: Sheldon Milford en Zandré Marcus. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Osteoporose: Eet jou bene gesonder Yolandi van Deventer DIE woord osteoporose is afgelei van die Griekse woorde ostoun wat been en poros wat poreus beteken. Osteoporose is ’n siekte waartydens beendigtheid en beenmassa verminder. ’n Lyer sal dan ’n groter kans hê om frakture op te doen, selfs in groter bene soos die rug en heupe. Hoewel dié toestand geen waarneembare simptome het nie, kan ’n fraktuur wat voorkom waar ’n gesonde mens nie ’n fraktuur sou gehad het nie, ’n gevaarteken wees. Afhangend van hoe ernstig die toestand is, kan ’n lyer deur net te nies ’n ribbebeen breek. Vroue het ’n groter kans om osteoporose te kry as mans. Sowat een uit elke twee vroue ouer as 50 jaar sal ’n been weens osteoporose breek. ’n Vrou se risiko om haar heup te breek is dieselfde as die gesamentlike risiko vir ’n vrou om bors-, uterus (baarmoeder) én ovarium- (eierstok) kanker te kry. Die rede vir die verhoogde kans in vroue om osteoporose te kry is moontlik omdat vroue in die algemeen korter en dunner bene as mans het. Estrogeen, ’n hormoon in die vroulike liggaam wat been beskerm, word baie minder wanneer vroue hul menopouse (oorgangsjare) betree. Dit kan beendigtheid verminder. Tussen die ouderdom van 20 en 80 jaar verloor vroue ’n derde van die beenmineraaldigtheid in hul heupe, maar dit kan nie deurgaans met osteoporose in verband gebring word nie. Hoewel riglyne nie osteoporose kan genees nie, kan dit bene se gesondheid verbeter. Hier is ’n paar riglyne: Kalsium-inname: Dit kan verhoog word deur spesiale aanvullings te gebruik, maar
slim voedselkeuses kan ook help: kies suiwelprodukte soos melk, kaas en joghurt, eiers, geblikte vis (met beentjies in) soos sardientjies, groen blaargroentes soos spinasie en neute Vitamien D-inname: Dit help die liggaam om kalsium op te neem. ’n Mens se vel vervaardig vitamien D, maar dit kom ook in olierige vis soos salm, asook in eiers en lewer, voor. Gesonder eetgewoontes: Buiten kalsium en vitamien D is laevet- of vetvrye melk of joghurt, kaas, vleis en ander bronne van proteïene soos soja ook belangrik. Genoeg vrugte en rou groente sal ook ’n mens se algemene eetgewoontes verbeter. Fisieke oefening: Dit versterk bene en spiere. Dit kan ’n osteoporoselyer se kanse verminder om te val en ’n been te breek. Wanneer iemand ’n familiegeskiedenis van osteoporose het en oor liggaamlike beenpyn kla, hormoonvervangingsterapie gebruik of frakture het wat nie deur trauma verklaar kan word nie, moet hulle ’n geneesheer besoek. ’n Ondersoek en moontlik ’n beendigtheidstoets kan nodig wees. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.
DIE gehalte van ’n selfoonkamera is deesdae byna net so goed soos dié van ’n digitale kamera. Jy kan byvoorbeeld ’n mooi foto van jou kat neem. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Selfone kán mooi foto’s neem Benneli Olivier Van der Walt DIT is deesdae standaard dat ’n selfoon ’n ingeboude digitale kamera het. Vroeër modelle se kameragehalte was swak, maar deesdae is die gehalte omtrent net so goed soos die van sommige digitale kameras. Een van die voordele van die selfoonkamera is die meeste mense dra omtrent altyd hul selfone by hulle. Dit maak die manier waarop ’n mens visueel met mekaar kommunikeer makliker en vinniger. Dit is met die druk van ’n paar knoppies moontlik om ’n foto dadelik na Facebook of Twitter te stuur. Dieselfde kan gesê word van die video-gehalte van die soort fone. Danksy die neiging is die ontwikkeling
van die gehalte van selfoonkameras voortdurend aan die verbeter. Daar is egter nog die probleem van die stabilisering van kamerafone se foto’s. Baie foto’s wat met ’n kamerafoon geneem word, word bederf deur byvoorbeeld ’n bewerige hand of ’n winderige dag. Dit kan daardie spesiale foto bederf. Gelukkig is die groot selfoonmaatskappye hard aan die werk om die probleem so vinnig moontlik op te los. Een van die dae sal die selfoonkamera-stabiliseringprobleem uit die weg geruim wees. Dit maak egter nie saak of jy ’n digitale kamera of ’n selfoonkamera verkies nie. Dieselfde reëls sal altyd ’n goeie foto geld. Volgende week word die estetiese gehalte van ’n foto bespreek.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Skool spog met kuns Benneli Olivier Van der Walt DIE Preprimêre skool Pikkie Pret het ’n spogkunsaand gehou. Die leerlinge se trotse ouers het hul kinders se selfportrette bewonder. Die skoolhoof, Lizel Steyn, en haar onderwyseresse het die ouers verwelkom. Steyn het vir die ouers ’n “dankbaarheidslysie” voorgelees. “Wees dankbaar en trots op jou kind, en onthou hierdie tye wanneer hulle groter is.” Dit was harde werk om die vrolike, unieke skildery te maak. Sy het almal bedank wat skenkings gedoen het.
Plaaslike talent ‘opstêrs’ Benneli Olivier van der Walt DIE Laerskool Kathu het verlede week behoorlik met sy kultuurtalent tydens sy jaarlikse konsert gespog. Die tema van die konsert was Ons is Opstêrs!
Die leerlinge het ook ’n kans gehad om hul kunstalent met ’n kunsuitstalling te vertoon. Twee kunstenaars het die gehoor voor die konsert met hul gebarespel vermaak. Die konsert was twee dae op die planke. Riana Slabbert en Lindie Vries het die konsert gereël.
DIE skoolhoof van die Preprimêreskool Pikkie Pret, Lizel Steyn, by haar leerlinge se pragtige selfportrette.
Foto’s: Benneli Olivier van der Walt
KUDU SMIT het die gehoor met sy gebarespel vermaak.
Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
PRAGTIGE kuns wat deur die leerlinge uitgestal is.
DIÉ groepie het almal met hul sang en dans tydens die skoolkonsert vermaak.
Kry R2 000 en rekenaars Benneli Olivier Van der Walt DIE Luxor-akademie op Kathu het verlede week ’n besoek van Annemie van Huyssteen, ’n finalis in die Mev. Verenigde Nasies 2103-kompetisie, ontvang. Sy het R2 000 en vier rekenaars aan die skool geskenk.
Yolandé van der Merwe, hoof van dié skool, het die rekenaars en geld namens die skool ontvang. Die leerlinge en ouers van die Luxor-akademie het ou klere en nie-bederfbare kos aan Van Huyssteen vir haar liefdadigheidsprojekte gegee.
YOLANDÉ VAN DER MERWE (links) van die Luxor-akademie op Kathu ontvang hier vier rekenaars en R2 000 van Annemie van Huyssteen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
Wil weet – is verkeersbeamptes bo die wet? NIEKIE STAPELBERG, Kuruman: DAAR is altyd ’n gesukkel met voertuie wat voor ons besigheid, Gamohaan-motors, stop en ons kry ook geen samewerking van die verkeersdepartement nie. Op Woensdag 30 Oktober om 12:00 het ek gesien dat daar ’n verkeersvoertuig op die rooi streep voor die ingang van my vulstasie staan. Die bestuurder van die voertuig was nie daar nie en ek het vir hom by sy motor gewag. Ná ’n hele rukkie het ander verkeersbeamptes daar gestop en ek het hulle gevra om my te help om die eienaar van die geparkeerde voertuig op te spoor. Hulle het my net aangekyk en weer gery. My kliënte kon nie in en uit by die vulstasie nie. Later het die bestuurder van die voertuig opgedaag en ek het hom gevra of hy bewus is daarvan dat hy nie op ’n rooi streep mag stop nie. Hy het my óók net aangekyk en weggery. Nou wil ek weet – is verkeersreëls slegs van toepassing op die publiek en nie op verkeersbeamptes nie?
Aand wonderlik JULIANA JANSE VAN VUUREN, Kuruman: WAT ’n belewenis. Elkeen wat Sondagaand op die Kuruman-skouterrein was waar Danie Botha opgetree het, sal terdeë daarmee saamstem dat dit wonderlik was. Dankie aan Marianne van Niekerk wat aan die Here se opdrag gehoorsaam was om die gesamentlike byeenkoms van al die verskillende dominasies die kans te gee om te sing en so die Here te loof en te prys. Dankie aan elkeen wat ietsie gedoen het om die aand moontlik te maak. Dit sal so lekker wees as ons meermale sulke geleenthede kan hê. Al die lof en eer aan Hom wat was, is en sal kom.
KURUMAN KANSA gaan stap. Kom stap saam op 16 November om 06:30. Dié staptog word op die plaas Hartland (op die Kathu-pad uit) gehou. Dit kos R20 per persoon vir die 5 km- of 10 km-staproete. Alle geld wat ingesamel word, gaan vir die Kansa Relay in 2014 aangewend word wat op 22 Februarie plaasvind. Bel Riana Poolman by 082-308-2067 of Lelani van Straten by 072-401-8437 vir meer inligting en aanwysings.
JAYD VAN ZYL van die Hoërskool Duineveld is vir die Griqua-Diamonds se o.19-krieketspan gekies. Die span gaan van 16 tot 20 Desember aan die Coca-Cola-Khaya Majola-krieketweek vir 0.19’s in Durban deelneem. Twee interprovinsiale opwarmingswedstryde – die een was op 3 November teen Noord-Wes op Klerksdorp en die ander een is op 16 November teen die Vrystaat in Kimberley. Foto: Verskaf
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
TE KOOP
VOERTUIE
WERK
BOEDELKENNISGEWINGS
ALLERLEI
MOTORS TE KOOP
ADMINISTRATIEF
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
1655
KOELKAMER: 2,4 x 2,4. Rustlermotorfiets 260. Houtsaag met petrolmotor. Skakel 071 129 7670.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
3025
TOYOTA STALLION (1991) met kappie, R44 990. 1982 Ford Cortina 2.0 GL, R29 990 Slegs een eienaar, versamelstuk. 2004 Volkswagen City 1.4i. R45 000. Skakel 083 390 2776.
VOERTUIE TE KOOP ONDER R50 000
SKOONMAAKDIENSTE
3065 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse.072 747 1991 of 073 558 4705. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991 of 073 558 4705.
VOLWASSENES
CARS AND BAKKIES wanted for cash. R20 000 - R40 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. CORSA 140i, 2002, 140 000 km, mags, CD, excellent, R33 500. Phone 072 472 8686. CORSA, 140i, 2002, excellent. R35 000. 2001 Tazz 1.3, excellent, R35 000. Phone 071 967 0285. CORSA, 1999, canopy, R38 500. Rustler, 1999, canopy, R32 500. Phone 071 967 0285. FORD LASER, 1994, excellent, R23 500. 2004 Audi A4 fullhouse, R45 000. Phone 072 472 8686. MAZDA 2.2 diesel, 1994, R29 500. 1980 Datsun 720, 1-tonner, R14 500. Phone 071 967 0285.
PRIVAAT 2015
WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.
SENTRA 1.6, 1996, R22 500. Uno, 1995, red, lady owner, R19 500. Phone 071 967 0285.
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.
SAKE
3250
TE HUUR 3205
WRENCHVILLE: 3-slk-/1-badk, kombuis, sitk, woonstel teen R5 000 p.m. Skakel 073 230 5503 of 078 178 6332. WRENCHVILLE: 2-slk-huis, badk, kombuis, sitk teen R3 500 p.m. 073 230 5503 of 072 178 6332.
TE KOOP TE KOOP
3201 2405
HUISE TE HUUR 3270
3-SLAAPKAMER-huis met 2,5 badkamers, 1 motorhuis. Groot erf. R8 500 p.m. Skakel 083 378 8177, J.J. van der Poel
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal geleë. 021 887 1583.
BETREKKINGS GESOEK 3670
Admin Data Capturing / Listing Workers needed for info. SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com PET/HOUSE SITTER wanted for month of December 2013. Preferably live in. Phone 072 183 3916. Poste beskikbaar: Sekuriteits/kleinhandelindustrie: CCTV operateurs, voorraadbeheer. Wagte, toesighouers. PSIRA-sertifikaat hoogs voordelig. Poste in Upington,Postmasburg, Kuruman. De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag: Francois.
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS
4010
WOONSTELLE TE HUUR
2210
ADMIN DATA CAPTURING/listing workers needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com
ALGEMENE KENNISGEWINGS
EIENDOMME
EENSLAAPKAMERWOONSTEL te huur, R3 500 p.m. Mimosalaan 7. Water en krag ingesluit. Deposito betaalbaar, R3 500. Onmiddellik beskikbaar. Rika 071 543 0773.
LANDBOU
3605
In die boedel van wyle Jeanetta Jacoba van der Poel wat woonagtig was by Cowburnstraat 2, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 990/2012 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 8 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
SOEK, KOOP, VERKOOP
Flotank/DJ Pearson t/a Digby Dienste KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die Distrik van Atlantis gehou by Atlantis. Saaknommer: 87/2013 In die saak tussen: FLOTANK TRANSPORT EDMS. BPK. Eiser en DJ PEARSON t/a DIGBY DIENSTE Verweerder Kragtens 'n uitspraak van die Hof van die Landdros Kimberley op 15 Maart 2013 en Lasbrief tot geregtelike verkoping sal die ondergemelde goedere op 29 November 2013 om 09:30 voor die kantore van die Balju, Skoolstraat 46, Kuruman verkoop word aan die persoon wat die hoogste aanbod maak, naamlik: 1 drie-as-leunwa, registrasienr. CCA 6367. Die goedere word voetstoots verkoop aan die hoogste bieder in kontant of per bankgewaarborgde tjek. Die Balju sal die verdere voorwaardes afkondig op die dag van die veiling. VAN DE WALL & VENNOTE Prokureur vir Eiser Van de Wallgebou Southeystraat Kimberley (S. ADDINALL/Amanda/M04214)..
4201
J.J.A. du Plooy In die boedel van wyle Johannes Jurie Antonie du Plooy, wat woonagtig was op plaas Kammaskroon, Kuruman-distrik. Boedelnommer: 2397/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 8 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460 M.S. Fourie In die boedel van wyle Magritha Susanna Fourie, identiteitsnommer 331011 0037 082, van die plaas Lincoln, Kuruman. Boedelnommer 1857/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde bodel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 November 2013. Eksekuteur: Jan Daniël Fourie Agent vir Eksekuteur: Johannes Lodewikus Fourie Hanmar-gebou, Stewartstraat 32, Posbus 91, Kuruman.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
19
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM), is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Supervisor Operations Mamatwan Mine
Ref: 363404 In this role, you will monitor the daily mining operations and supervise the safe and efficient execution of drilling, blasting, loading and hauling activities. Furthermore, you will support the project environment and activities to deliver project management objectives, drive business improvement initiatives, manage the monthly, weekly and daily planning schedules, and perform one-to-one, on-the-job training and coaching. To be successful, you will need a Grade 12 plus a Blasting Certificate (Opencast), as well as some 3 years’ opencast mining experience, including at least 1 year in a supervisory position. An action orientation together with a result-focused attitude will stand you in good stead. Computer literacy, SAP knowledge and a Code 08 driver’s licence are essential and you must be medically fit.
Auto Electrician Mamatwan Mine
Ref: 763394 The successful candidate will safely inspect, maintain and repair trackless mobile machines (TMM) and light motor vehicles. Further role focuses include monitoring of safety and housekeeping, maintenance planning, conducting routine machine inspections and maintaining mobile equipment on a regular basis. To be considered, you will need an N2 qualification plus an Auto Electrician Trade Test Certificate and at least 2 years’ experience, including knowledge of and experience on the following: Toyota Hilux, Nissan Navara, Nissan Hardbody, Ford, Atlas Copco Lighting Plants, Atlas Copco Compressors, New Holland Tractors, JCB Back Actors, Skisteers, Manitou Forklift and Telescopic Handlers, Toyota Forklifts, Liebehr Mobile Cranes and CAT Machines. Knowledge of SAP will be advantageous while a Code 08 driver’s licence is essential and you must be medically fit.
Electrician
Hotazel (Maintenance Workshop)
Ref: 763392 In this role, you will inspect, replace and maintain electrical equipment in a safe and efficient manner. Focus areas include electrical construction, electrical installations and inspections as well as faultfinding. To qualify for appointment, you will need an Electrical Trade Test Certificate plus an N3 Electrical, a Wireman’s Licence, a qualification in High Voltage Switching and a driver’s licence. This must be supported by 3 years as an Electrician in a mining town or similar environment and you will be required to pass a pre-employment medical examination. Knowledge of and experience in domestic and industrial installations as well as computer literacy (MS Office, MS Projects, SAP) would be advantageous.
Diesel Mechanic
Hotazel (Maintenance Workshop)
Ref: 763395 Here you will be responsible for the planning of maintenance task lists and you must inspect, maintain and repair machinery as required. As such, your duties will include performing routine machine inspections to identify nonconformances, maintaining all mobile equipment, LDVs, cars and minibuses as well as all utilities such as trailers and lawnmowers, and repairing municipal equipment such as sewerage pump stations, freshwater pumps and tanks. What will you need? A valid Trade Test, at least 1 year’s experience, a valid Code 08/EB driver’s licence and computer literacy (MS Office and SAP would be advantageous). You will be required to pass the pre-employment medical examination in line with the inherent requirements of the job. A strong detail orientation is required, together with good communication, organising and technical skills.
Artisan Assistant Ref: 763408
Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will assist artisans with daily maintenance and inspection duties, keep mobile equipment clean and in a good condition at all times and apply health, safety and housekeeping standards on a continuous basis. Compliance with all applicable protocols and procedures is essential. You must have a Grade 12 Certificate and at least 1 year’s experience in a similar maintenance position. A valid driver’s licence, medical fitness and knowledge of the basic use of hand tools are vital in this role, while basic autoelectrical and mechanical knowledge would be considered advantageous. Please forward your CV (max 3 pages) to manganese.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 15 November 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 104132
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
EK is mooi, ek is mooi, ek is o so mooi . . . ’n Mossie verkyk hom aan homself in ’n motor se spieëltjie buite die Kalahari Bulletin se kantoor. Foto: Anena Burger
‘Spieëltjie, spieëltjie, wie’s die mooiste in die land?’ Anena Burger “EK is mooi, ek is mooi, ek is o so mooi.” ’n Mossie is Vrydagoggend op heterdaad buite die Kalahari Bulletin en Volksblad se kantoor op Upington betrap waar hy homself omtrént in ’n motor se kantspieëltjie bewonder het. Hy was so beïndruk deur sy eie afbeelding dat hy nie eens die fotograaf gesien het wat hom bekruip het nie. So het die spelery omtrent 15 minute aangehou voordat ons geveerde vriend eindelik besef het hy word deur die paparazzi afgeloer.
Die Kalahari Bulletin nooi sy lesers om vir ons kiekies van vreemde dieremaniere of foto’s van vreemde of jul geliefde troeteldiere te stuur. Ons wil graag sien en saamgiggel oor die kaperjolle en gedoentes wat die viervoetiges of geveerdes aanvang. Stuur gerus jou foto, nie kleiner as 1 MB nie, ’n kort beskrywing, die naam van jou lojale vriend (waar van toepassing) en ook jou naam en van na lizette.slabber@volksblad.com by die Upington-kantoor, ilse.watson@volksblad.com by die Kuruman-kantoor of na benneli.vdwalt@volksblad.com.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
OP 16 November word ’n Kersmark by die Tshimo-kwekery aangebied. Dit sal om 09:00 begin. Uitstallers wat stalletjies wil bekom, moet Malinda Roux by 082-876-6802 bel. Stalletjies kos R150.
Sishen-rugbyklub hou 60-jaar-reünie Benneli Olivier Van der Walt DIE afgelope naweek het die Sishen-rugbyklub sy 60-jaar-reünie gevier. Die spoggeleentheid is by die Sishen-golfklub gehou. Manie Kitching, ’n eertydse omroeper van die Ofm-radiostasie, was die seremoniemeester. Hy het die aand se borge en al die betrokkenes vir hul bydraes bedank. Die Sishen-rugbyklub is in 1953 gestig. Die klub het nog altyd goed in Griekwaland-Wes-rugby gepresteer. In die afgelope dertig jaar het die klub verskeie spelers opgelewer wat vir die Griekwas gekies is. ’n Woordvoerder van die klub sê die klub se visie is om een van die beste klubs in Suid-Afrikaanse klubrugby te word. Die Sishen-rugbyklub is ook nou by die ontwikkeling van agtergeblewenes van die gemeenskap, skole op Kathu en die omliggende gebiede betrokke. Die klub is die Van Druten-ligawenner vir 2013. Die aand se eregaste het ’n hele paar bekende persoonlikhede ingesluit soos Naas Botha wat vir die destydse NoordTransvaal en die Springbokke op losskakel uitgedraf het en deesdae ’n rugbykommentator op SuperSport is. Die voormalige Springbokrugbyspelers Gysie Pienaar en Boeta Wessels, die bokser Kallie Knoetze en die alombekende sportkommentator Hugh Bladen het ook die aand bygewoon. Dewald Dippenaar het die aand se vermaak verskaf. Die reünie het met ’n gholfdag begin waarop lede van die publiek saam met die eregaste kon gholf speel. Op ’n prysuitdelingplegtigheid later die dag is die wenners aangewys. Die aand kon gaste op verskeie rugby-memorabilia bie. Gaste het ná die formele ete die geleentheid gekry om vrae aan die eregaste te stel. Boeta Wessels het gesê klubrugby is belangrik in die Noord-Kaap en dat dit nodig is om terug te ploeg in die gemeenskap. Naas Botha het genoem dat span-afrigters hul spanne moet lei en nie vasgevang raak in ou afrigtingspatrone nie.
DEWALD DIPPENAAR van Kathu het die gaste behoorlik met sy sang betower. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
23
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013
DIE spelers van die Wrenchville-krieketspan wat verlede week gewen het, is van links, voor: JP Minnaar, Werner Buys, Russel Keet, Len Badenhorst en Ayrton Heyns; agter: Ronaldo Lockey, Rick Fortuin, Jeffrey van Wyk, Breyten Buys (kaptein), Edwin Coetzee en Jovandre Moorcroft. Foto: Verskaf
Wrenchvillers gee skool se span ’n krieketles Ilse Watson DIE Wrenchville-krieketspan het onlangs kragte met die span van Hoërskool Postmasburg gemeet. Die Hoërskool Postmasburg het die loot gewen en Wrenchville gestuur om te kolf. Met ’n kolforde wat heelwat rondgeskommel was, het Wrenchville stadig begin. Die lopies het egter met
die bestendige kolfwerk van Breyten Buys (47) en Werner Buys (32) begin vloei . Jeffrey van Wyk het ’n vinnige 22 lopies gekry. Russel Keet het 21 lopies bygevoeg en Rick Fortuin was ’n anker in die kolfbeurt met 34 lopies. Fortuin was rotsvas en by twee groot vennootskappe betrokke. Die span het altesaam 234 lopies aangeteken. Die Hoërskool Postmas-
burg was almal vir 89 uitgeboul. Die paaltjievraat Breyten Bous het 4/27 in nege beurte gekry. Ronaldo Lockey was ook baie akkuraat en het 4/18 in net drie beurte gekry en Ayrton Heyns het 1/31 in nege beurte behaal. Wrenchville het met 145 lopies gewen en Rick Fortuin is as die speler van die wedstryd vir sy goeie kolfwerk en sy goeie bydraes agter die paaltjies aangewys.
VAN links is Dawie van der Westhuizen, Smartryk Visser, Nicki Stapelberg en Philip Jacobs – almal van Recon Engineering – wat aan die gholfdag deelgeneem het.
DSV hou gholfdag Ilse Watson DIE Kuruman-dieresorgvereniging (DSV) het onlangs ’n gholfdag op die Kuruman-gholfbaan aangebied. Altesaam 13 spanne het deelgeneem en ses van die putjies was deur sakeondernemings van Kuruman geborg. Die koel weer was perfek vir gholf speel en het bygedra tot ’n aangename dag.
Die spelers het toebroodjies en ’n bottel water ontvang voordat hulle begin speel het. Die nat gat op die vierde putjie is fluks deur die spanne besoek. Die DSV-lede wat die putjie beman het, moes net koes vir die balle wat eerder die bakkie as die gaatjie getref het. Die manne van Barlo World het by die sewende putjie worsbroodjies gemaak. Braaipakke en slaai is aan die einde van die dag aan die spelers oorhandig.
Stuur sportnuus VIR sportnuus (met of sonder foto’s, of net foto’s), kontak die redakteur, Benneli Olivier Van der Walt, by benneli.vdwalt@volksblad.com of by 079-864-5799. Die Kalahari Bulletin plaas graag sportnuus van skole en sportklubs. Onthou om name by die foto’s te verskaf. Die name moet volledig met die elkeen op die foto se naam en van daarby gestuur word.