Kathu bulletin 18 sept 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

19 SEPTEMBER 2013

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Silent victims Christo van Staden

PEOPLE should look at vultures, “the silent victims of poaching”, with different eyes, Beryl Wilson, head of the zoology department at the McGregor Museum, recently told the tenth annual Kimberley Biodiversity Research Symposium (KBRS) at the McGregor Museum in Kimberley. Wilson explained to the audience the value of projects in the Northern Cape to help determine the impact of recent massive poisonings of vultures in neighbouring countries. Wilson referred to vultures as the silent victims of poaching. She explained that it was much harder to make “nonboutique” species interesting to the public, and to create the same outcry against the killing of vultures as is the case with rhino poaching. She told the audience how she had noticed a sudden, noticeable drop in the number of birds feeding at the Dronfield Vulture Restaurant near Kimberley during July. This was initially attributed to drought conditions in the North-West resulting in a plentiful supply of carcasses. Then, at the beginning of August, the news came of the poisoning of up to 600 vultures in the Caprivi. These vultures were deliberately poisoned by poachers us-

ing a laced elephant carcass, simply because the circling activities by the vultures in the air reveal the activities of the poachers. After this incident, two other instances in Namibia and Botswana came to light. Researchers suspect that around a 1 000 vultures, mostly white-backed vultures, have been killed in the past year alone. “Exact remaining numbers

of this species in our region are difficult to determine, but may be as low as 10 000. The loss of so many birds is equivalent to about one tenth of the total Southern African population.” Wilson explained that the task of cleaning up carcasses in the veld by these birds is immensely valuable, and helps protect the environment from the spread of diseases like rabies and anthrax. The widescale spread of these and other diseases in the livestock and game industry has the potential of costing South Africa billions of rands. “From an ecological point of view, vultures are irreplaceable, as no other species are capable of providing the same services. “The Endangered Wildlife Trust is assisting in coordinating the establishment of new legislation to protect vultures across the borders of countries in Southern Africa.” Wilson pleaded that the countries in the region buy in and help protect these invaluable birds. Patrick Mabilo, Northern Cape MEC for Environment and Nature Conservation, and the head of the department, Denver van Heerden, promised to take the matter further. Wilson also asked that the public report dead or marked animals, because the information that could be gained is extremely valuable. ) Read more on p 8.

A WHITE­BACK VULTURE at Dronfield. Researchers suspect that 1 000 of these invaluable birds could have been killed in poisoning incidents in neighbouring countries thus far this year.Left: Beryl Wilson doing field­work in a tree at Dronfield. Photos: Emile Hendricks


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

WBV ontvang stootskraper Benneli Olivier van der Walt VERLEDE week het Kumba Iron Ore se Sishen-myn en Barloworld Kathu ’n stootskraper aan die Winton-boerevereniging (WBV) geskenk. Mashilo Mokotong, hoof van Gemeenskapsprojekte by Kumba, het die oorhandigingsplegtigheid op Barloworld se sakeperseel gelei. “Dit is belangrik dat die verskillende bedrywe ’n goeie verhouding met mekaar het. Die verskeie sakesektore moet mekaar bystaan waar dit moontlik is. Al die diverse ondernemings kan ’n uitdaging gesamentlik oplos as daar genoeg samewerking is,” het Mokotong gesê. Kumba se mynbestuurder, Hannes Cronjé, het gesê die myn en die gemeenskap kan saamwerk om omstandighede te verbeter. Werner Badenhorst, senior ingenieur van die Kumba-Sishen-myn, het genoem die myn het dit eers oorweeg om ’n gebruikte mynstootskraper vir die WBV te gee, maar het daarteen besluit. Die onderhoudskoste sou te veel gewees het. Die myn het daarna ’n gebruikte stootskraper by Barloworld op Kathu as ’n beter opsie vir die WBV se doel geïdentifiseer. Barloworld borg die helfte van die stootskraper se koste. Die borgskap bevoordeel die gemeenskap as ’n geheel deurdat die paaie veiliger gemaak word. “Dit is ’n wen-wensituasie vir al die betrokkenes. Dit is ’n positiewe stap vir die WBV. Ons is trots om deel te wees van die projek,” het Alex Caldwell, Barloworld se operasiebestuurder, gesê. “Ons gaan opleiding aan die operateurs van die stootskraper verskaf.” Hermie Spangenberg van die Sishen-myn het op die oorhandigingsplegtigheid bedankings gedoen. Na afloop van die verrigtinge het André Engelbreght amptelik die sleutels van die stootskraper van Mashilo Mokotong ontvang.

VAN links is Alex Caldwell van Barloword, André Engelbrecht van WBV en Werner Badenhorst van Kumba voor die stootskraper wat aan die boere geskenk is. Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

MASHILO MOKOTONG van Kumba toetsbestuur die nuwe stootskraper wat die WBV ontvang het..

ANDRÉ ENGELBRECHT (links) skud hand met Mashilo Mokotong, hoof van Gemeenskapsprojekte by Kumba.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

3

Maatskappy vier opening Benneli Olivier van der Walt VERLEDE week het Alert Plumbing Supplies op Kathu die opening van sy nuwe vertoonlokaal gevier. Die onderneming het ook onlangs van perseel verskuif. Op die openingsgeleentheid het Willie Mentz, direkteur van Alert Plumbing Supplies, die bedankings vir die aand gedoen en Debbie Loots (takbestuurder) het die puik verkoopspan vir hul bydraes tot die onderneming se uitstekende dienslewering bedank. Die bekende sanger Dewald Dippenaar het die vermaak verskaf en Café @Tshimo het die heerlike kos vir die aand voorsien. “ ’n Suksesvolle maatskappy word op sekere belangrike konsepte gebou. Die maatskappy se dienslewering moet uitstekend wees en ook moet die pryse van die produkte billik DIE eienaar van Alert Plumbing Supplies, Hannes Pretorius (links), en Willie Ments (direkteur Foto’s: Benneli Olivier van der Walt wees,” het Hannes van Alert Plumbing Supplies). Pretorius, eienaar van Alert Plumbing Supplies, gesê. derde prys ’n Samsung Galaxy 2-ta- Alert-staal besluit om slegs op staal en “Ons hou streng by die waardes in blet. Die vierde prys was ’n Weber- staalverwante produkte te fokus. ons daaglikse dienslewering aan kliskottelbraaier. Die huidige aandeelhouers en voorente.” Die besigheid het ook ’n afsonderli- malige Alert-staal-werknemers het die Alert Plumbing Supplies het ook ke kompetisie gehou vir die Laerskool besigheid uit die groep gekoop. onlangs ’n kompetisie gehou waartyKathu, waar die wenner ’n Xbox 360 Sedertdien is daar takke in Pretoria, dens lede van die publiek ’n inskrykon wen. op Burgersfort en Kathu geopen. wingsvorm kon invul en by die winDié maatskappy bestaan reeds meer Die nuwe winkel op Kathu het in 2012 kel ingee. Die eerste prys was ’n LG as tien jaar en was voorheen deel van oopgemaak. Alert Plumbing Supplies 42” HD-televisie, die tweede prys was die Alert-staal-groep, ’n maatskappy spesialiseer in alle loodgietersware en ’n Canon Complete Kit-kamera en die wat op die JSE genoteer is. In 2010 het sanitêre ware.

DIE eienaar en direkteur van Alert Plumbing Supplies saam met gaste. Van links is Willie Ments, Nico van Zyl, Hannes Pretorius en Dawie van der Berg.

DIE sanger Dewald Dippenaar wat op die geselligheid opgetree en gaste vermaak het.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Pasiënte sal self besluit DIE koerante is deesdae vol berigte van mense wat beweer hulle is van kanker (en ander siektes) genees deur van holistiese of alternatiewe behandelingsmetodes gebruik te maak. Maar is dit regtig waar of vertel hulle vir ons (en dalk hulself) leuens? Onlangs is iemand met rumatoïde artritis gediagnoseer. Die behandeling is ingewikkeld en die tydperk wat dit sou duur om enigsins beter te voel is lank. Iemand beveel toe aan dat die pasiënt die siekte op ’n holistiese manier aanpak, want, sê hulle: “Ons is genees daarvan”. Die betrokke pasiënt het egter, ’n wyse besluit geneem en die opsie van holistiese behandeling met die dokter bespreek. Só word daar uitgevind dat die dokter se behandelings (wat chemoterapie insluit) die siekte heeltemal kan stop. Daar is aan die pasiënt verduidelik sy sou in remissie gaan. Sou sy kies om holistiese behandelings te volg sou sy binne ’n kort tyd in ’n rolstoel wees. En dan was die situasie nie meer te redde nie.

Dít is finaal. Luidens die onlangse berigte in verskeie koerante betaal pasiënte astronomiese bedrae vir holistiese behandelings. Gewoonlik word die behandelings nie deur siekefondse gedek nie. Hoekom doen mense dit dan? Daar is dan juis intensiewe navorsing wat gedoen is en voortdurend gedoen word om elke moontlike siekte te kan beveg. Hoekom sal enigeen holistiese behandeling oorweeg? Miskien verkies pasiënte holistiese behandeling omdat chemoterapie ’n mens so siek maak, of miskien omdat dit ’n vinniger oplossing vir die siekte meebring. Maar die vraag is, gaan die holistiese behandeling op die lang duur doeltreffend wees of gaan die pasiënt weer siek word? Dit sal seker vir ewig ’n kwessie bly – holistiese behandeling of mediese behandeling. Sekerlik kan net die pasiënt die gewigtige besluite neem. Wat ook al die besluit, pasiënte moet hul navorsing doen en alle moontlikhede moet baie deeglik oorweeg word.

Don’t forget who and what you must be Chris van Staden TO bless or to curse. You will never amount to anything, you are stupid, you are dumb, he will never understand he is just too stupid, it is your fault that your mom and I are divorcing, if you would not have been born we would not be in this position. You might have heard this and much worse that have been said to children and for the most part we as peers or parents do not have an idea what the outcome of these words will be in the lives of those it has been spoken. This is the tragedy of our modern world: We forget who and what we are supposed to be, we that have been placed in a position of authority in the lives of children and others are agents that have the task to confirm their identity as to who God say they are. In doing that we become agents of blessing that confirms their identity as to be good enough end special. Unfortunately we so often become the agent of Satan when we say stuff over the lives of others that do not confirm the identity God has given them but

Rustige Kalahari HIERDIE pragtige natuurfoto wat eie is aan die Kalahari is naby Askham geneem.

Total Prestige is tops! MURIEL STEENKAMP, Upington: EK wil graag my dank uitspreek vir die diens wat ek gereeld by Total Prestige se Upington-tak ontvang. Dit is voorwaar ’n plesier om daar te stop en die ywerigheid van die mense te beleef. Ek het onlangs ’n groot probleem met my motor gehad. Ek het weer daar gestop sodat hulle die probleem kon oplos. My batteryliggie het gebrand en ek het hulle daaroor gevra. Hulle het dadelik na die batterywater gekyk. Alles was reg. Die liggie het egter steeds gebrand. Daarna het een van die mans wat daar werk, gesien dat die waaierband aan stukke was.

Foto: Riaan Britz

Waardeer hulp DUPIE DU PLESSIS, Kuruman: Hy het my gerus gestel en gesê dat daar geen rede tot kommer is nie. Hulle sal gou die probleem regstel. Ek het hulpeloos gesit en wag dat een van die mans die band gaan haal. ’n Man met die naam Morné het geensins gehuiwer om te help nie en het die band met moeite opgesit. Hy het my op my gemak gestel en verseker dat alles gou sal regkom. Binne ’n paar minute was ek aan die gang en weer op die pad. Ek wil graag vir Morné bedank vir sy passie waarmee hy sy werk doen en vir sy omgee vir die publiek. My dankbaarheid kan nie in woorde omskryf word nie. Ek sal vir seker weer daar stop om van hul dienste gebruik te maak.

it confirms what Satan wants to say about them. Is it not true that children and even grownups become what are said about them. One of the reasons we will be an agent that curses is that we tend to fuse together identity and behavior so we speak over that person according to his behavior and not according to what his identity is. Now God is the One that wants to bless everyone and when He looks at the human race He does not see a bad identity, just bad behavior. As agents we are called to confirm the identity of our children as a blessing and not to curse their identity by agreeing with what Satan wants to say about your children and others. Are you an agent of blessing or are you an agent that curses the identity of your children and others? ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

tuinmaakboeke en -tydskrifte. Kennis is mag en ek sal met boekekennis my swart vingers smaraggroen maak. Ek het die winter al die harde tuinuitleg soos die van die paadjies gedoen en ’n braaiplek laat

bou en daarna saad gesaai, plante geplant, steggies gemaak en irisse verdeel. Die saad het fantasties opgekom en ’n magdom kleur aan die tuin verskaf. Die steggies lyk ’n bietjie verlep, maar ek hoop . . . Van al die plante wat ek geplant het, is nog net ses agapanthusse en een gaura dood. Hierop is ek werklik trots, want my tuinierbuurvrou het so ses jaar gelede langs my in my tuin gestaan en staar na drie dooie gauras en gesê: “Ek het was seker nie eens

GOD het my gekies om hierdie moeilike pad te stap. Op dié pad het Hy ongelooflike mense gestuur om my te help. Dankie aan Alexa en Hulde wat drie keer met my Rosepark en Vryburg toe gery het tydens en ná my operasies. Dankie ook aan dr. Troskie en die verpleegpersoneel van Rosepark. Ook aan my familie en vriende wat van ver af kom kuier het en my help versorg het. Dankie, vriende en vriendinne, vir besoeke, oproepe, blomme, etes, SMS’e en gebede. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat so baie mense vir my bid. Saam met hulle glo ek dat, met die hulp en krag van Bo, ek volkome sal herstel. Elke dag ontvang ek krag en genade uit God se hand, en het ek baie om voor dankbaar te wees. Ek sien dit raak en waardeer dit.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Hande in die hare oor hand met ’n plant Lizette Slabber EK het beslis nie ’n hand met ’n plant nie, of het nie “groen vingers” nie, soos algemeen gepraat word; eerder pikswart. Die meeste van die plante wat ek al in my lewe geplant het, het ek binne ses maande “vermoor”. Maar ek het verlede jaar al besluit ek gaan hard daaraan werk om ’n mooi tuin te hê. Ek is mal oor mooi tuine en wil ook een hê. Sedertdien verslind ek alle

jy kan ’n gaura doodmaak nie.” My irisse is egter my trots. Ek het die verdeelde plante as geskenk gekry en langs my braaiplek geplant. In my toekomsvisie sal dit voel asof jy in ’n blomtuin sit elke keer as jy by ons kom braai. Van klein, sukkelende plantjies het trotse plante herrys en elke keer wanneer ons braai, droom ek van al die kleure irisse wat my braaiplek gaan verfraai. Sondag ná ons middagslapie

loop my man rek-rek deur toe en spring weg in ’n vaart met ’n nie só ’n mooi woord nie wat agterna trek. Ek hardloop saam uit en sien hoe die irisbedding se deklaag lekker brand van die braai se kole wat daarin gewaai het. Ná vele emmers water en my irisse wat in sulke sieklike groen hopies lê, draai my man na my en sê: “Ten minste het jy nie meer swart vingers nie, maar rooies. “Dít is darem nader aan groen.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

5

Skanskopeiland vier 75 jaar Lizette Slabber

DIE naweek van 13 en 14 September het die inwoners van Skanskopeiland die 75ste bestaansjaar van dié eiland gevier en só dankie gesê aan die pioniers wat die eiland met harde hande-arbeid ontwikkel het. Op Vrydag 13 September is ’n aangename program vir die plaaswerkers en gesinne van Skanskopeiland aangebied waarna die Saterdag opsy gesit is vir lekker saamkuier deur die inwoners, oudinwoners en nageslagte van die oorspronklike pioniers. Die lekker saamkuier het gelei tot ’n vragmotor- en waentjierit na die Blaasbalkbome waar ’n gedenksteen onthul is voordat almal ’n eilandtoer onderneem het. Dié Blaasbalk het ’n groot rol in die geskiedenis van Skanskopeiland. Die eerste 64 pioniers wat hulle op Skanskopeiland gevestig het, het op 3 Januarie 1938 onder die twee groot kameeldoringbome waar die grofsmid, Marthiens Erasmus, se opelug-werkwinkel was, hul eerste genotuleerde vergadering gehou. Die bome staan vandag nog as die Blaasbalkbome bekend. Skanskopeiland is in die 1930’s ontwikkel as ’n manier om die Armblankevraagstuk aan te pak. Suid-Afrika het in dié jare ’n erge ekonomiese depressie ervaar en vele ontwikkelings is rondom die Oranjerivier getakel om die armoede, werkloosheid en probleme van die tyd aan te pak. Volgens die boek Skans-

kopeiland 1938-2013, saamgestel deur Karen Visser, is die Rooikopeiland-kanaal tussen 1935 en 1936 versterk en verbeter om só ook water aan Skanskopeiland te verskaf. In Visser se boek skryf sy erwe is in 1937 in die Staatskoerant vir tussen 53 en 152 pond verkoop en die koopsom was terugbetaalbaar oor 25 jaar. Die nedersetters moes self die erf aanlê, onderhou, besproeiingswerk vestig en die landbougrond gelykmaak. Aansoekers is volgens betroubaarheid, bereidwilligheid om te werk, geesdrif en selfstandige denke gekeur en elke aansoeker moes ’n span donkies hê. In die boek vertel Hannie Venter haar pa, Dawid Kruger, het 180 km per fiets van Boegoeberg af gery om die grond te besigtig en aansoek om ’n erf te doen. Met die trek na Skanskopeiland het haar pa sy vragmotorenjin verkoop en ’n span donkies gekoop. Hy het die bak van die vragmotor in ’n wa omgeskep om al die huisraad, die hoenderhok, sy familie en die kajuitgedeelte van die vragmotor te vervoer. Hannie en haar suster moes die bokke aanjaag. Volgens die boek het die meeste gesinne in opslaanhuisies of riethuise gebly, terwyl ander slegs sakskuilings gehad het. Die bou van kanale het aanvanklik alle aandag geverg omdat dit ’n belangrike deel van die voorbereiding vir landbouproduksie was. Die nedersetters het niks anders as osse, muile of donkies, pikke en grawe, bakskrapers en plankskrapers en

60 arbeiders wat deur die departement van arbeid voorsien is, gehad nie. Dit was rugbreekwerk om die kanaal te grawe, want op sommige erwe het die !khommklipbanke die werk feitlik onmoontlik gemaak. Dié kanale is teen Augustus 1939 voltooi. Met die kanale klaar, is die erwe deur spoelwerk en sleepwerk vir beplanting voorberei. In haar boek vertel Visser: “In die aand het die mans vinnig en in stilte geëet, hul gelaatstrekke stroef van ’n inherente moegheid. Daar is vroeg in die bed gekruip, want teen skemermôre was dit weer invaltyd. Tog het die pioniers elke dag in volle afhanklikheid van die Skepper geleef”. Mettertyd is wisselbou geleidelik met wingerde vervang en het die harde werk van die pioniers vooruitgang en sukses vir die grondeienaars gebring. In die voorwoord van die gedenkblad sê Charl du Plessis, voorsitter van die Skanskopeiland-nedersettingsbestuursraad, die geskiedenis van Skanskopeiland is ’n erfenis vir die volgende geslag wat moet weet waar hulle vandaan kom, want dit is juis die geheue wat van ons mense maak. ) Skanskopeiland strek ongeveer 8 km van oos na wes tussen die hoofstroom en ’n systroom van die Oranjerivier. Dit beslaan ’n besproeibare oppervlak van 468 ha. Hy kry vermoedelik sy naam van die klipkop Skanskop op die plaas Koms suid van Skanskopeiland.

TANNIE ELLA VISSER en oom Hannes Smit sny die spesiale koek wat gebak is om Skanskopei­ land se 75ste bestaansjaar mee te vier. Tannie Ella en oom Hannes is die oudste inwoners van Skanskopeiland. Foto: Lizette Slabber

OOM JAPIE POOL en tannie Joey Booysen onthul die gedenksteen onder die Blaasbalkbome. Oom Japie en tannie Joey was die eerste seun en meisie wat op die eiland gebore is. Foto: Verskaf

Vereniging help NK-talentvolles

OLGA MALAN van Upington is in Augustus deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association of Talent, Modelling and Entertainment – S.A.A.T.M.E.) as sy Noord-Kaapse direkteur aangestel. Dié vereniging, wat reeds sedert 1997 bestaan, beywer hom vir die ontwikkeling van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Malan beplan dat Noord-Kapenaars voortaan die geleentheid sal hê om te deel in al die geleenthede wat deur die S.A.A.T.M.E. daargestel word. Verskeie kompetisies en kampioenskapsbyeenkomste word aangebied om aan skoonhede en uitvoe-

rende kunstenaars van alle ouderdomme ’n manier te bied om hul talente ten toon te stel en hul vaardighede te ontwikkel. Die eerste kompetisie wat aangebied word, is die gekombineerde Little Miss Petite South Africa- en Little Miss South Africa-kompetisie. Die kompetisie word aangebied vir meisies in die ouderdomsgroepe 4 tot 8 jaar en 9 tot 12 jaar. Dit is nie net ’n skoonheidskompetisie nie, maar is daarop gemik om natuurlike, spontane, energieke jong meisies wat met selfvertroue voor ’n gehoor kan optree, te identifiseer. Inskrywings sluit op 30 September. Die Suid-Afrikaanse Kampioen-

skappe vir Uitvoerende Kunste word in April op Rustenburg aangebied. Die geleentheid bied ’n manier vir alle modelle, sangers, akteurs, dansers en musikante van 5 jaar en ouer om in ’n wye verskeidenheid van style mee te ding. ’n Provinsiale span sal vir die Noord-Kaap op twee oudisie-geleenthede gekies word. Die eerste geleentheid sal op 30 November op Upington gehou word en die tweede geleentheid op 18 Januarie 2014 in Kimberley. Die span wat tydens die oudisies gekies word, sal dan op Rustenburg gaan meeding om medaljes en eerbewyse in die onderskeie afdelings en ouderdomsgroepe.

Inskrywing sluit twee weke voor elke streeksuitdunronde. Die S.A.A.T.M.E. bied ook ’n Spelling Bee-kompetisie aan. Leerlinge tussen 7 en 18 jaar oud wat by ’n staatskool, private skool of tuisonderriginstansie geregistreer is, kan hulle vir die Spelling Beekompetisie inskryf. Prysgeld van R50 000, sowel as verskeie beurse, is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2014. Nog twee skoonheidskompetisies, die Miss T.E.E.N.- en die Miss PreTeen-kompetisie, word ook jaarliks deur die S.A.A.T.M.E. aangebied. Rig navrae aan olgamalan@gmail.com, of bel haar tussen 09:00 en 14:00 by 082-973-1731.

OLGA MALAN

Foto: Verskaf


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Hasies voer Rooikappie met ’n kinkel op Lizette Slabber

DIE Hasie Kalbassie-klassie van die Hoërskool Oranje-Noord het op Donderdag 12 September sy jaar-

likse konsert en diplomaplegtigheid aangebied. Al die klein hasies van dié voorskoolse klassie gaan almal volgende jaar na gr. O.

DIE seremoniemeesters, Evan Janse van Rensburg (links) en Drihan Venter, het die mammas en pappas baie mooi welkom geheet op die groot aand. Foto’s: Lizette Slabber

Hulle het die bekende verhaal van Rooikappie en Wolf met ’n paar skreeusnaakse kinkels, liedjies en gediggies vir al die trotse mammas en pappas

DIE nare ou wolf, Evan Janse van Rensburg, het vir arme ouma, Nicke van Rooyen, uit die bed geskop, haar kappie gesteel en wag nou om vir Rooikappie op te eet.

DIE twee houtkappers Siya Mosimanegape (links) en Luan Olivier moes saam met die ander dopper houtkappers vir Rooikappie en haar ouma teen die nare wolf beskerm.

DIE onderwyser van die Hasie Kalbassie­klas, Elsabé Coetzee, saam met die wolf, Evan Janse van Rensburg, en die hasies. Die hasies is van links, voor: Corné van der Westhuizen, Geoffrey Kotzé en Dun­ can Geldenhuys; agter: Jean Burger, Reinhardt Jordaan en Drihan Venter.

opgevoer. Selfs die seremoniemeesters van die aand was bekkige kleingoed wat omtrent op die verhoog geskitter het.

Elsabé Coetzee, onderwyser van die Hasie Kalbassie-klassie, het met die hulp van die gr. O-onderwysers werklik ’n aand om te onthou aangebied.

“EN . . . daar was drie op die bed.” Reinhardt Jordaan sing uit volle bors saam met die an­ der hasies.

DIÉ by, Christo Louwrens, en dié blommetjie, Maria Spangenberg, sing grootmond saam met die ander kleingoed hul skoollied.

“MOET my nie seermaak nie, ek belowe ek sal ’n vegetariër word.” Evan Janse van Rensburg, die wolf, smeek vir sy lewe aan die einde van die konsert. Die houtkappers is van links Francois Rossouw, WJ Boshoff en Luan Olivier.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Exciting News!

We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.

Opens 26 Sept 2013

Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!

KATHU VILLAGE KATHU VILLAGE MALL

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Voortrekkers voltooi kursus Ilse Watson

DIE VOORTREKKERS van Kathu het verlede Vrydag ’n verdere les in landskap-fotografie gehad. Die lesse is

deur Susan Myburgh, ’n professionele fotograaf van Kathu, aangebied. Dié Voortrekkers doen ’n fotografie-kenteken as deel van hul opleiding.

Al Die Voortrekkers wat aan die sessie deelgeneem het, is tussen 15 en 17 jaar oud. Die les is op die pragtige Sishen-gholfbaan aangebied.

’n PRAGTIGE landskapfoto van die Kalahari.

SURITA VAN DER MERWE soek die perfekte foto.

Foto: Carla Mostert

Foto: Verskaf

DIE Kalahari is bekend vir sy ongelooflike sonsondergange. Hier is ’n pragtige voorbeeld daarvan. Foto: Marisce Fleming

DIT was hul laaste les en Die Voortrekkers was omtrent vrolik. Van links is Jannes Fleming, Monsoné Kernekamp, Marisce Fleming, Reghart Hager, Magiel van der Merwe, Surita van der Merwe, Xanri Prinsloo en Carla Mostert. Foto: Hugo Myburgh

’n UITSTEKENDE voorbeeld van ’n perfekte landskapfoto – alle elemente in die foto is gebalan­ seerd. Foto: Susan Myburgh


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Exciting News!

We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.

Opens 26 Sept 2013

Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!

UPINGTON

KALAHARI MALL

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Skool kry Bybels Ilse Watson GROOT was die opwinding by die Laerskool Lime Acres toe Torrietjie Elliot en haar span verlede week Bybels by die skool uitgedeel het. Die skool se hoof, Leodhene Appolis, het leerlinge van dié skool aangemoedig om by die spesiale projek, Koop ’n Bybel – Borg ’n Bybel, betrokke te

raak. Leerlinge moes geld insamel en sodoende het hulle geleer om geld te spaar. Met die aankoop van Bybels het hulle ook geleer om in die lewe van minder bevoorregte kinders ’n verskil te maak. Pryse is vir die klas en die betrokke onderwyser wat die meeste geld inge-

TORRIETJIE ELLIOTT lees vir die leerlinge uit die Bybel voor.

LESHEA LAUBSCHER met haar Bybel wat sy ontvang het.

samel het, uitgedeel. Die wenklas van dié prys was die gr. 3A-klas. Hulle het die meeste geld vir die projek ingesamel. Enige skole wat by die projek betrokke wil raak, kan Torrietjie Elliott by 061-307-3012 of 079-064-9467 bel. Stuur ook ’n e-pos aan torrietjie.elliott@gmail.com vir meer inligting.

Foto’s: Verskaf

DIE skoolhoof, Leodhene Appolis, ontvang ’n geskenk vir haar bydraes van Torrietjie Elliott.

TORRIETJIE ELLIOTT oorhandig aan Angelo Aasvoël sy Bybel.

KURUMAN-INWONERS en lesers in die omgewing kan binnekort vir Ilse Watson kontak as hulle nuus in die Kalahari Bulletin Kuruman wil hê. Ilse neem op Maandag 30 September die leisels by Joanie Bergh oor. Lesers van Kalahari Bulletin Kathu en sy omliggende dorpe kan steeds vir Ilse kontak oor nuusgebeure op en om Kathu. Kontak Ilse by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-8315579.

PHATSIMO SELEKE ontvang sy Bybel van Torrietjie Elliott.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Mooi goed vir huis Benneli Olivier Van der Walt DIE Mooigoed-geskenkewinkel op Kathu is ’n weggesteekte skat vir die kunsliefhebber. Daar is ook wonderlike artikels as geskenke te koop en mooi idees om jou huis mee op te tower. Die winkel is by die Zanry-motorperseel, reg langs Kalahari-kaste. Die eienaar, Annemarie Joubert,

het in Augustus 2012 haar winkel se deure vir die publiek oopgemaak. Sy en haar man, Isak Joubert, bly op Deben, maar is oorspronklik van Plettenbergbaai. Hulle het begin met houtkruise, harte en fotorame. En natuurlik die lime wash-meubels. Die meubels word alles deur Isak met die hand gemaak. Isak se passie is houtwerk en dit is in sy bloed. Hierdie lime wash-

meubels is besonders gewild. Die unieke meubels word ook op bestelling vir die publiek gemaak. By hierdie pragtige winkel word sake nog op die ou manier gedoen. Die atmosfeer is dié van vriendelikheid en hulpvaardigheid. Waarlik ’n aanwins vir dié met ’n kunssinnige oog vir die huis. Besoek gerus die winkel. Kontak Annemarie by 083-752-9447.

PRAGTIGE artikels te kies en te keur.

MOOI goed vir geskenke of vir jou huis.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

EIENAAR, Annemarie Joubert.

Kultuurtrots in kollig Benneli Olivier van der Walt DIE Goue Gerwe het verlede week by die NG kerk Kathu bymekaargekom om ’n vroeë Erfenisdag te vier. Lottie Burden, die voorsitter van dié groep senior burgers, het heerlike, tradisionele kos as verversings verskaf. Die kos het ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse kulture verteenwoordig. Daar was pampoen met mieliemeel en gestoomde brood met ta-

PIET RAS was die gasspreker vir die dag op die byeenkoms van die Goue Gerwe.

matiesmoor van die Zoeloe-kultuur. Stampmielies met bone en vleis van die Xhosa-kultuur was ook deel van die spyskaart. Die poetoepap en amasi is van die Sothokultuur. Laastens was daar ’n geurige bak met fynvleis, ’n gereg van die Tswana-kultuur. Die verrigtinge is gelei deur Piet Ras, ’n plaaslike Afrikaanse kultuurkenner. Nadat hy geopen het met gebed het hy ’n insiggewende praatjie oor

die evolusie van kultuur in Suid-Afrika gelewer. Hy het ook die Bome van die Jaar 2013 bespreek. Die bome is die keurboom, die kruisbessieen die poeierkwasboom. Die keurboom het pienk en pers blommetjies en aard goed in die omgewing. “Dit is belangrik om trots op jou eie kultuur te wees. Dit maak nie saak van watter kultuur ’n mens is nie, die wysheid van die grysheid moet benut word,” het Ras gesê.

PETRU SACHSO bedien die heerlike gestoomde brood met tamatiesmoor.

Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Juanita tree op GEDIG deur Totius. (Vergewe en vergeet) Daar het ’n doringboompie vlak by die pad gestaan, waar lange ossespanne met sware vragte gaan. Een eendag kom daarlanges ’n ossewa verby, wat met sy sware wiele dwars-oor die boompie ry. “Jy het mos, doringstruikie, my ander dag gekrap; en daarom het my wiele jou kroontjie plat getrap.” Die ossewa verdwyn weer agter ’n heuweltop, en langsaam buig die boompie sy stammetjie weer op. Sy skoonheid was geskonde; sy bassies was geskeur; op een plek was die stammetjie so amper middeldeur. Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom, want oor sy wonde druppel die salf van eie gom. Ook het die loop van jare die wonde weggewis net een plek bly teken wat onuitwisbaar is. Die wonde word gesond weer as jare kom en gaan, maar daardie merk word groter en groei maar aldeur aan.

OP 26 September tree Juanita du Plessis by die Kalahari-buiteklub op. Die hekke maak om 18:00 oop en die vertoning begin om 19:00. Daar sal verver-

sings wees om te koop. Die kaartjiepryse is soos volg: laerskoolkinders – R50, volwassenes – R100, eerste drie rye – R150. Kry jou kaartjies by Suré van Zyl by 083-276-1304.

GROET die Grotman.

Foto: Verskaf

Vertoning op Kathu JUANITA DU PLESSIS

Foto: Verskaf

GROET die Grotman is op 3 Oktober op Kathu. Die optrede vind by die Hoërskool Kathu plaas en dit begin om 18:30.

In nood? Skakel die volgende nommers MEDICLINIC KATHU: 053-723-3231. Kathu se SAPD: 053-723-3111/053-729-3121 Noodnommer: 10111 Kathu-speurdiens: 053-723-1152 Stasiebevelvoerder, Cecilia Kgobe: 082-545-3784 Seksuele-misdryfeenheid: 079-697-9494

SAPS Crime Stop: 08600-10111 Vroue-mishandeling-hulplyn: 080-015-0150 Kinderlyn: 080-005-5555 Vigs-hulplyn: 080-001-2322 Anonieme nommer om te skakel vir enige misdaad: 32211.

Die koste van kaartjies is R100 per persoon. Kry jou kaartjies by Carolene by 082-449-7707, Carin 083-554-7707 en by Kansa Kathu by 082-226-1239.

HET jy ’n mooi foto erens in die Kalahari geneem? Ons plaas elke week ’n Kalahari-foto en lesersbydraes is welkom! Stuur gerus vir ons jou foto’s na ilse.watson@volksblad.com


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Die nuwe fase is hier Ilse Watson

DIE Kathu Village Mall maak volgende week die gedeelte van die tweede fase oop. Die Kathu Village Mall word net deur die maatskappy Resilient Property Income Fund besit. Die eerste fase van die winkelsentrum het in November 2008 geopen. Met die nuwe uitbreiding word die grootte van die sentrum met 7 500 m² vergroot en die algehele grootte van die hele sentrum sal dan 25 900 m² beslaan. Winkels in die tweede fase sluit in: Game, Nedbank, African Bank, Verimark, Vodacom, Skipper Bar, Sportscene, Discount Fashion, Fragrance Boutique, NWJ, Franco Ceccato, Eyecatchers, Mr. Price Home, Studio 88, @home, Trappers en verskeie banktellermasjiene. Verimark verskuif na die tweede fase en Cell C sal in die eerste fase oopmaak. Benewens die tweede fase is die Colorado Spur onlangs vergroot en bied nou meer tafels aan sy kliënte.

RIEKIE TERBLANCHE (links), die sentrumbestuurder, saam met Shireez Adams, die bedryfsbestuurder.

pers

Foto: Madri Schee-

13

Die restaurant Panarotti’s het ook onlangs hier oopgemaak. Op die openingsdag sal Game verseker dat kliënte op ’n georganiseerde manier die winkel kan ingaan en net ’n sekere getal mense sal op ’n keer toegelaat word. Game sal ook van die openingsdag af en die daaropvolgende drie dae spesiale aanbiedinge aan kliënte bied. Die nuwe fase is noukeurig beplan. Daar is onder meer ook laer wasbakke vir kinders in die badkamers. Daar is ook skerp op groen-tegnologie in die nuwe winkels gekonsentreer. Die sekuriteit is ook verbeter en meer kameras is in die sentrum aangebring. Die nuwe parkeerterrein is saans goed belig en die parkering bly steeds gratis. Daar is ook ’n nuwe ingang op die Deben-pad. Die amptelike opening vind op Donderdag 26 September om 08:45 plaas en alle winkels sal om 09:00 vir die publiek oopmaak.

GEBEUR interessante dinge by jou skool, werkplek, instansie of is jy deel van ’n interessante klub? Nuusgebeure van Deben, Postmasburg, Kathu en Olifantshoek kan aan ilse.watson@volksblad.com gestuur word of bel haar by 079-831-5579. Om advertensies in die koerant te plaas kontak Madri Scheepers by madri.scheepers@volksblad.com of bel haar by 083-578-7198.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

SAPS go big on Casual Day ON National Casual Day the SAPS in Kathu gathered at the Sivos Sport Grounds to celebrate Casual Day and raise awareness for persons with disabilities. Members of the Deben SAPS also joined in the fun. As the Casual Day cam-

paign invites all South Africans to dress Go Big for the day and have fun, the Kathu police also took initiative in preparing for a fun day whereby the members dressed in the funniest costumes and indigenous games like kgati, marandas and skopas were

played. This day was also a platform to socialize, to strengthen the staff moral and most of all to encourage teamwork with the colleagues in fighting crime. The day was ended with a relaxing braai.

Dit is heerlike lente en dié pragtige seisoen bied nou baie fotogeleenthede vir fotograwe. Vat gerus jou kamera en loer in jou tuin – daar wag dalk iets moois om gekiek te word.

Bytjie alte bezzzzig

DRESSED for the occasion. Various members of the police dressed in their big hats and funny costumes. Photo: Supplied

Kumba Classic Saterdag gehou SATERDAG is dit die groot dag vir die Kumba Classic50 km- en moordende 100 kmfietsren wat om 06:30 by die Kalahari-buiteklub begin.

Hoe gaan die weer wees? Volgens die weerburo gaan dit ’n lekker sonnige dag wees met ’n temperatuur van 20ºC. Geen sterk wind word voor-

spel nie. Sit jou sonskerm aan en bring die hele gesin vir ’n heerlike dag vol vermaak en sport op Kathu.

’n BY wat ’n blommetjie besoek – hier het bye nes gemaak in ’n ou melkkan waarin mooi lenteblomme geplant is. Foto: Susan Myburgh


KALAHARI MALL

WE’RE MOVING OPENING 26 SEPT 2013

Woolworths Upington is on the move. Our new location at the new Kalahari Mall is not only more convenient (with tons of parking), it’s twice as big too, so we can offer you more of the Woolies quality you love. More up-to-the-minute fashion, more menswear both casual and formal, more kidswear from tots to tweens, plus a wider selection of homeware from beautiful basics to gorgeous decor pieces. WOOLWORTHS KALAHARI MALL: Shop 28 Kalahari Mall, Cnr Malherbe & Van Riebeeck Rd, Upington WE’RE OPEN: Mon to Thurs 9am - 6pm; Fri 9am - 7pm; Sat 9am - 5pm; Sun & Public Holidays 9am - 3pm

THE DIFFERENCE IS ABOUT SAVING AS YOU SHOP… Swipe your card upfront to save from 10% instantly on over 1000 items. Over 2 million WREWARDS members think that makes all the difference.

15 WW9868/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

CHANTÉ HERBST (Mej. Persoonlik­ heid).

MORNÉ VOSTER en Tuané Welgemoed.

CALLEN GREENAN (Mnr. Galant).

17

BIANCA VON WINSON (Mej. Foto­ genies).

Skool kroon mooistes

VAN links is, voor: Joseph Beaton, Morné Voster en Jason Pieterse; agter: Mari Coetzee (tweede prinses), Tuané Welgemoed (Miss DK High) en Mandré Arendse (eerste prinses). Foto’s: Adele Smith

10010886JB/E

DIE Hoërskool Daniëlskuil het onlangs sy jaarlikse Hitricon Miss DK High-geleentheid gehou. Altesaam 19 van die Hoërskool Daniëlskuil se mooistes het aan die glansgeleentheid deelgeneem met hul metgeselle aan hul sy. Die pragtige Tuané Welgemoed is as Miss DK High 2013 gekroon met Mandré Arendse as eerste prinses en Mari Coetzee as tweede prinses. Bianca von Winson is as Mej. Fotogenies aangewys en Chanté Herbst as Mej. Persoonlikheid. Die manne het nie op die agtergrond gebly nie. Callen Greenan is as Mnr. Galant aangewys en Wikus Hendriks as Mister Cool.

I did my tax easily with eFiling Prince Mulaudzi, Construction Business Owner

Tax season is in full swing and Prince submitted his tax return from the comfort of his own home. And if he can do it, you can do it. It’s faster than going into a SARS branch and it’s easier than you think. With our helpful tools you can do it easily, honestly and on time. Visit sars.gov.za for more information.


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

in hierdie verband gewaarborg nie.

ABJ Nel DONDERDAG 'LIVE MUSIC' met Jaap Maritz, "Elvis"@ PALERMO'S. Gaskunstenaars: 12/9/2013 - Rudi 19/09/2013 - Werner Tyd: van 18:30 - 20:00.

NOORD-KAAP EIENDOMME BK

PERDRYLESSE (Kuruman, langs Mini Zoo), driekwartierlesse, x 4. Teorie en prakties, R400 per maand. Besprekings: Theresa 071 353 4124

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir Proffesionele geakrediteerde installasies. Francios 072 156 4035 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker:082 829 0292 NASKOOLSORG: GR 1 - 5. R550/kind p.m. in Seodin. In-gesluit: Middagete. 1 per week perdryrit en 2 x per week rekenaarklas. Theresa 071 353 4124.

Nedbank Beperk/ I. Mopalami/M.M. Mopalami

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

HUISE TE HUUR Nuut gebou (R15 500 p.m.) 3-slaapkamerhuis Dubbelmotorhuis

In die boedel van wyle AnnaBianca Jacqueline Nel, voorheen woonagtig by Hoofstraat 11, Kuruman 8460. Boedelnommer 573/2013. Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 19 September 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091

R13 500 p.m. Meenthuise 3 x 3-slaapkamerhuise Enkelmotorhuis R11 000 2-slaapkamerhuis Enkelmotorhuis TE KOOP R1,7 miljoen onderhandelbaar 4-slaapkamerhuis (poten aal) 2 badkamers Swembad Vele meer is beskikbaar. Groot, nuwe projekte in komplekse. Binnekort beskikbaar om te koop. Skakel vir meer inligting Lizette Barnard 083 273 3852 Albert Erasmus 083 412 6218 Nicolette Eberson 082 826 6670

In die Hoë Hof van SuidAfrika (Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley) Saak Nr: 1562/2006 In die saak tussen: NEDBANK BEPERK Eiser en ISAAC MOPALAMI 1ste Verweerder en MAKARABO MARTHA MOPALAMI 2de Verweerder Ingevolge 'n Vonnis van die Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Hof, Kimberley) gedateer 26 Oktober 2007 sal die ondervermelde eiendom/me geregtelik verkoop word aan die hoogste bieder by die Landdroshof Kathu op Vrydag, 04 Oktober 2013 om 11h00: SEKERE: Erf 537, Dibeng GELEË: In die Deben Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Rd, Noord-Kaap Provinsie GROOT: 311 Vierkante Meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T.1451/2001 (ook bekend as Huis 537, Dibeng) Die verbeterings op die eiendom bestaan uit:-

'n Losstaande woning/s met buitegeboue, maar niks word

Tien persent van die koopprys met Belasting op Toegevoegde Waarde daarop, indien van toepassing en Afslaersgelde tesame met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige Afslaersgelde betaalbaar in kontant op die datum van die verkoping; die balans met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige balans waar van toepassing teen transport verseker te word deur 'n aanvaarbare waarborg. Die Voorwaardes van Verkoping mag nagesien word gedurende kantoorure by die kantoor van die Balju vir Kathu en sal uitgelees word onmiddellik voor die verkoping.

NEEM VERDER KENNIS DAT:

Dit 'n verkoping in eksekusie op grand van 'n vonnis in die bogenoemde Hof, die reëls van die veiling beskikbaar is 24 uur voorafgaande is die verkoop by die kantoor van die Balju van die Hooggeregshof KATHU, Provinsie van die NoordKaap. Registrasie as 'n koper, onderworpe aan sekere voorwaardes, naamlik: 1. Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (verkrygbaar by URLhttp://www.iknfo.gov.z a/view/DownloadFileAction ?id=99961 van). 2. FICA-wetgewing ten opsigte van identiteit en adres besonderhede 3. Betaling van registrasie gelde. 4. Registrasie voorwaardes Gedateer te Kimberley hierdie 29ste dag van Augustus 2013.

DUNCAN & ROTHMAN

Eiser se Prokureurs Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 Kimberley, 8301. VERW: A. Boonzaier/dr/N.260232.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583 EENSLAAPKAMER-woonstel te huur teen R4 000 p.m. W en l ingesluit. Dep. R2 000. Skakel 083 448 9124/5. 2001 ISUZU 2.5D, Canopy R49 500, 1997 Hi-Lux 1.8 R43 500. 071 967 0285

RUIM 1-SLK-woonstel in veilige omgewing. Skakel Hannes: 083 267 0003. R4500 W en l uigesl. Kuruman.

2004 Condor 2.4D,R75 000 2002 Toyota KZTE,3.40D R75 000 skakel:071 967 0285 2001 Coldt 2.4, 16v R43 500 1995 Mazda 2.5d, R32 500 Skakel:071 967 0285 2001 POLO 1.6 , R33 500 1999 Tazz R29 500 1997 Astra 1.6 R28 500 Skakel:071 967 0285 1992 Corolla 1.6 R23 500 1991 Golf 1.6 R19 500 1984 Ford 1.6 R14 500 skakel:071 9670285 Cash For Your Car or bakkie R10 000- R25 000 071 967 0285 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336.

AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888. OPSOEK NA BETROUBARE Bediende wat kan inslaap. Kontak:082 449 7405

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.

SOEK, KOOP, VERKOOP

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

DIE fotokompetisiewenners is van links Elandie Hanekom, Laetitia Strauss, Francis van der Ryst (algehele wenner), Ciske van Niekerk, Liné du Plessis, Alyssa Ekkerd, TC Lamprecht en Ulrich Lategan. Foto: Verskaf

Uppies speel in Afrikaans DIE Hoërskool Upington se ATKV-tak het met ’n kultuuraand van sing, klavierspel, gesels en foto’s Arikaans nadergehark, gelag, geëet en gespeel. Die dramagroep het ’n vermaaklike opvoering gelewer met hul “amperse kabaret” waarin Rooikappie en Kasoepie van Niekerk die gaste teruggevat het na die dae toe Namibië nog Suid-Wes was. Die sertifikate wat oor die jaar heen verower

is, is uitgedeel. Die pryswenners van die ATKV-fotokompetisie is ook aangekondig. Donovon Eva het die foto’s beoordeel en vir die pryswenners groot pryse uitgedeel. Afrikaans het op die aand geseëvier en selfs die kos was Afrikaans. Koeksisters, melktertjies, ystervarkies, pannekoek, kondensmelk en koffie het ’n besonderse aand perfek afgerond.

DIE Uppie­dramagroep wat “ ’n amperse kabaret” opgevoer het, is van links Samantha Jansen, Reuben Murphy, Zaskia Pain, Dennis Hoft, Hesna Theron en Sunel Mostert. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

23

ATTENDING the simposium were from left Beryl Wilson, head of the Zoology Department at the McGregor Museum in Kimberley, Patrick Mabilo, MEC for Environment and Nature Conservation, Christine Kraft of the department, and Denver van Heerden, head of this department. Photo: Christo van Staden

A vulture chick in its nest at Dronfield.

VULTURES feeding at the Dronfield captured by a trap camera. The bird with the yellow tag, W216, that was marked at Dronfield in October last year, was poisoned in the Caprivi Strip in July.

Work saves vultures Christo van Staden FOR a number of years Beryl Wilson, head of the Zoology Department at the McGregor Museum in Kimberley, has been climbing thorn trees ringing endangered white-backed vulture chicks as part of a project now in its 21st year. After the recent deliberate poisoning of nearly 600 vultures in the Caprivi Strip in Namibia by poachers, she for the first time now really understands and knows the importance of the work of this long-term project. Wilson recently told the tenth annual Kimberley Biodiversity Research Symposium (KBRS) at the McGregor Museum how valuable the research and fieldwork over the past two decades have proven to be. If it had not been for the work of a number of dedicated volunteers annually assisting with the marking of birds, the massive impact of the poisoning of vultures in the Caprivi Strip might never have been known. Part of the project was the more recent placing of a trail camera at the vulture hide in the Dronfield Nature Reserve north of Kimberley. And thanks to the work that is being done to mark vultures at Dronfield and the Mokala National Park south of Kimberley and elsewhere in Southern Africa, it was established that at least two of the poisoned vultures came from the Northern Cape. Unfortunately the majority of the carcasses was burnt resulting in the plastic wing markers being destroyed and it was fortunate that evidence of these two birds was obtained, Wilson said. It was also established that the one bird was ringed at Dronfield in October last year whilst the second tagged bird was ringed just days earlier in Mokala.

Both were last photographed at Dronfield in February this year. “What was especially remarkable was the distances that both these young birds had travelled, approximately 1 200 km in the period between February and the time of the poisoning event in early July. “We did not realise how many of our birds go that far; 500 - 600 km we knew about, but we did not realise the scale.” Wilson told the audience about the camera trapping work that was underway at the vulture restaurant and hide at Dronfield. The aim is to create a feeding site where the birds are supplied with a supplementary, safe source of good and clean, drug-free and lead-free food. Carcasses range in size from duikers to buffalo with even the occasional sable and natural-mortality rhinoceros carcass on the menu. “In 2012 five tons of meat was supplied, and up to date in 2013 more than six tons. “With as many as 150 vultures present during a feeding event, a spin-off is that Cape vultures from as far as Limpopo and Magaliesburg now often frequent the restaurant.” In January 2012 a single trail camera donated by the UK Hawk Conservancy Trust was placed at the restaurant. It was set to record still images in one minute intervals. The mischievous Cape vultures, however, could not leave the trap alone and after six months actually tampered with the camera until it had to be replaced and positioned so that they no longer could access it. Some 20 000 photographs have since been downloaded from the camera, from which the clearly visible wing-tagged birds could be seen and recorded. In addition, other information from the camera also recorded vultures feeding in the dark and in low temperatures of up to -7°C

Photo: Emile Hendricks


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

VERLEDE week het die tennisspan van die Hoërskool Kathu na Sun City vertrek om aan die Wilson Cup-toernooi deel te neem. Die span is deur Monty Maritz, Marina Reyneke en Riana Rautenbach vergesel. Die skool se tennisspan bestaan uit Kyla Gricius, Chantè Combrink, NaLeth van Niekerk, Marga Boshoff, Henry Wolstenholme, Altus van Blerk, Carlyle Beukes, Martin van Schalkwyk en Waldo Wessels.

Sportklubs en skole van Deben, Postmasburg, Olifantshoek en Kathu kan hul sportnuus en foto’s aan ilse.watson@volksblad.com stuur of haar by 079 831 5579 bel.

VAN links is, voor: Waldo Wessels, Na­Leth van Niekerk, Chante Beukes, Kyla Gricius en Marga Boshoff; agter: Monty Maritz, Henry Wolstenholme, Altus van Blerk, Carlyle Beukes, Martin van Schalkwyk en Marina Reyneke. Foto: Benneli Olivier van der Walt

VERLEDE Saterdag het ’n groep jong rugbyspelers van Hoërskool Postmasburg, Hoërskool Daniëlskuil en Hoërskool Blinkklip aan die Griekwaland-Wesse proewe (o. 15) deelgeneem. Die proewe is op Upington gehou. Teen druktyd van die koerant was die skole nog nie in kennis gestel van watter spelers vir die Griekwaland-Wesse span gekeur is nie.

DIÉ leerlinge aan die Hoërskole Daniëlskuil en Postmasburg is deel van die Van Druten­rugby­ span (o.15). Van links is, voor: Hermin Lamprechts (Postmasburg), Bronwyn Beukes (Daniëlskuil), Chris Cloete (Daniëlskuil), Massimo Diergaardt (Daniëlskuil), Wilmar Esterhuizen (Daniël­ skuil),Ken Rades (Postmasburg) en Danto du Toit (Daniëlskuil); agter: Marius van Wyngaardt (Daniëlskuil), Geraldo Burger (Daniëlskuil), Duncan Malgas (Daniëlskuil) en Kathlego Booysen (Daniëlskuil). Foto: Zelda Malan


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.