Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
20 JUNIE 2013
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
VAN links is Fergus Sampson, uitvoerende hoof: Media24 Nuus, Madri Scheepers, advertensiekonsultant, Wilhelm Jooste, hoofbestuurder: Paarl Coldset in Bloemfontein, Tanya Aucamp, bestuurder: kommunikasie: Sishenmyn, Johanna van Eeden, redakteur Volksblad, Ina Knott, hoofbestuurder van die Volksbladgroep, en Ilse Watson, joernalis. Foto: Christo van Staden
Eie koerant vir Kathu André Botha
NÁ die sukses van die Kalahari Bulletin op Upington en Kuruman was ’n volgende logiese stap om nog ’n uitgawe van die koerant op Kathu te vestig. “Kathu is lankal nie meer een van daardie plekke waardeur jy ry op pad iewers heen nie. Kathu is nie meer net deel van ’n reis nie, dit het ’n bestemming geword,” het Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, op 13 Junie op die bekendstellingsgeselligheid vir die Kathu-uitgawe van die Kalahari Bulletin gesê. Groot opgewondenheid heers in die Volksblad-groep oor die sukses wat behaal is met die Kalahari Bulletin, die jongste koerant in dié groep waarna ook as die Jong Leeu
verwys word. Die Kalahari Bulletin op Kuruman is sedert 2007 een van Volksblad se plaaslike koerante in Sentraal-Suid-Afrika. Dit was voorheen die Kuruman Bulletin en is as ’n belegging in die bloeiende Kuruman-Kathu-omgewing deur die groep gekoop. Die koerant is, onder leiding van Annerie Louw, die eerste redakteur, en die verkoopspan in ’n interessante, kleurryke en genotvolle plaaslike koerant omvorm. In 2010 is die uitgawe op Upington begin om ook in lesers en adverteerders van daardie omgewing se behoeftes te voldoen. En nou het dié spogkoerant ook ’n Kathu-uitgawe, die 13de plaaslike koerant van die Volksbladgroep.
Volgens Christo van Staden, assistent-redakteur van Volksblad verantwoordelik vir die groep se plaaslike koerante, volg die uitbreiding op Kathu op die groot sukses wat met die bestaande twee uitgawes van die Bulletin behaal is. “Ons is bewus van die behoefte van gemeenskappe soos Kathu aan ’n plaaslike koerant wat in daardie inwoners se behoefte aan plaaslike nuus voorsien. “Ons voorsien ook in ’n belangrike behoefte van adverteerders wat nou blootstelling in al drie omgewings kry, omdat die advertensies in ’n groot mate deurgaans dieselfde in al drie die uitgawes is. “Ons sien uit daarna om ’n sterk nuuskoerant vir die mense van Kathu en omgewing uit te gee wat as hoofnuusbron en hoofadverten-
siebron vir die inwoners kan dien.” Die Kalahari Bulletin se Upington-uitgawe het reeds verskeie mylpale behaal. Dit is vroeër vanjaar op die Sanlam-eerbewysaand vir gemeenskapskoerante as een van die drie beste plaaslike koerante in die land aangewys. Die koerant is met die koms van die Kathu-uitgawe nou amptelik die grootste koerant in die Noord-Kaap met ’n drukoplaag van 28 000. Kalahari Bulletin Kathu en die Volksblad-groep wil deel van die storie van Kathu wees, veral om die stories van die mense te vertel. “Want dit is wat ons doen – ons lê die geskiedenis vas, ons vermaak, voed op, speel die waghondrol en word ’n stem vir die gemeenskap. Ons bied ook adverteerders
die geleentheid om met daardie gemeenskap te kommunikeer,” het Van Eeden gesê. Sy het die span van Kalahari Bulletin Kathu aan sakelui en belanghebbendes wat die geselligheid bygewoon het, voorgestel. Aan die advertensiekant is daar Madri Scheepers, ’n ervare advertensiekonsultant wat van Volksblad se kantoor in Bloemfontein oorgeplaas is. Sy word redaksioneel bygestaan deur Ilse Watson, die storieverteller en ’n kind van die Kalahari. Ilse het op Sishen grootgeword en sy het ’n passie vir die streek en sy mense. ) Kyk ons webblad www.kalaharibulletin.co.za vir meer foto’s en ’n video van die redakteur se toespraak.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
TRANSNETWERKERS en kontrakteurs loop met gesigmaskers op die terrein op Postmasburg wat met asbesvesels besmet is.
Rou asbes kwel inwoners Charné Kemp
POSTMASBURG se sakekamer het op die aand van 12 Junie die dringende kwessie van die ontblote asbesvesels op Transnet se lokomotief-rangeerwerf bespreek. Verskeie inwoners was geskok om te hoor dat dié gevaarlike asbesvesels moontlik hul gesondheid bedreig. Die inaseming van asbesvesels veroorsaak siektes soos mesotelioom, asbestose, longkanker en verdikking van die longwand. Volksblad, moederkoerant van Kalahari Bulletin, het verskeie briewe van bekommerde mense en ingeligtes ontvang oor die rou asbes wat glo al maande ontbloot op die rangeerwerf lê. Transnet is in April deur die departement van arbeid aangespreek oor die situasie waarin inwoners en Transnet-personeel aan die dodelike asbesvesels blootgestel kan word. ’n Ingeligte wat anoniem wil bly en wie se eggenoot by Transnet werk, sê die asbes lê sedert Januarie op die terrein. Slegs ’n gedeelte van die asbes is in sakke gesit en die res op hope geskraap. “Daar is glo nie geld om die res weg te neem nie. Die hoeveelhede is glo te veel, wat dit duur maak. Onafhanklike konsultante het bevind dit is ’n groot gevaar vir die personeel en inwoners. Die inwoners weet nie hiervan nie.” ’n Ander ingeligte beweer in ’n brief dat die spoorlyn tussen Hotazel en Kimberley derduisende tonne asbes bevat. “Transnet kan nie bewys dat hy voorheen veilige prosesse gevolg het om die asbes te verwyder nie. Transnet tree nou skielik op omdat die Sishen- en Assmang-ysterertsmyne wil uitbrei en hul personeel het die asbes by die spoorlyne ontdek. Andersins sou niemand ooit iets hieroor gesê het nie.
’n BESTUURDER van ’n fabriek wat anoniem wil bly, sê die dorp is nou ’n stowwerige en ongesonde plek. “Personeel het oor die laaste dekades selde beskermende klere gedra en gevaarlike gebiede is nooit afgesper nie. Baie van die gebiede is baie naby aan woongebiede.” ’n Bestuurder van ’n onderneming langs die Transnet-terrein was geskok oor die ontblote asbes waarvan hy nie bewus was nie. “Ons is nou baie bekommerd. Dit is veral my werkers wat heeldag buite werk wat my kwel. Hulle het nie die soort siekefonds wat siektes soos asbestose sal dek nie.” ) Lees nog ’n berig op bl. 3.
Die feit staan só IN Kalahari Bulletin Kathu van 13 Junie is in “SENDING: Groep oorsee” verkeerdelik berig oor die uitreikgroep wat oorsee gaan. Eerder dat mense gekies word om te gaan, soos berig is, sluit mense wat hulle geroepe voel hulle by die groep aan. Die groep is interkerklik, dieselfde mense gaan nie elke keer nie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
3
Asbes wek vrees op dorp Charné Kemp POSTMASBURG. – ’n Skadu van vrees hang oor die dorp nadat die departement van arbeid ’n waarskuwing aan Transnet uitgereik het oor rou asbes wat ontbloot op die rangeerwerf aan die buitewyke van die dorp lê. Dit volg op die herrie op De Aar waar inwoners heftig kapsie maak teen Transnet se planne om 560 000 ton asbes in twee leengroewe langs die dorp te stort en te verseël. Dié asbes kom van verskeie Transnetwerwe in die land. Dit sal in die groewe verseël word indien hulle ’n lisensie van die departement van omgewingsake verkry. Die departement van arbeid het van die asbes bewus geword nadat klagtes by sy hoofkantoor aangemeld is, sê Mothusi Legwale, departementele woordvoerder. “Ons het die klagtes na ons Postmasburg-kantoor verwys. Hulle het die werf in April besoek en alle werk gestaak totdat beroepsgesondheidsmaatreëls deur ’n goedgekeurde inspeksie-owerheid ingestel is. “Transnet het die gebied afgesper en die asbes in sakke verpak. Die kennisgewing is in Mei teruggetrek sodat spoorvragwerk kan voortgaan met die voorwaarde dat dit gerehabiliteer kan word. Ons het ook die departement van omgewingsake gevra om in te gryp.” Mike Asefovitz, woordvoerder van Transnet, sê hulle volg die wetsvoorskrifte presies. “Transnet sal niks onverantwoordeliks doen as dit by die gesondheid van mense kom nie. Daarsonder sal ons nie ’n afvalbestuurslisensie kan kry nie. Die asbes op ons rangeerwerwe is juis die rede om veilig daarvan ontslae te raak deur dit in die leengroewe te verseël.” Die asbes op die Postmasburg-rangeerwerf by ingang nr. 36 is in April deur ’n beroepsveiligheidsmaatskappy ondersoek. Daar is bevind die asbes is tot so diep soos 350 mm onder as en grond begrawe. Die maatskappy waarsku Transnet in ’n brief sterk winde en reën kan die asbes versprei, wat die hele omgewing, personeel en inwoners ernstig kan bedreig.
Met Volksblad, moederkoerant van Kalahari Bulletin, se besoek was daar een hoop geel sakke met asbes en daar was twee hope grond wat met plastiek bedek was. Rou asbesvesels is op die terrein gesien. Die asbes was nie natgemaak nie. Daar was nie sigbare waarskuwingste kens nie en die gebied was ook nie afgesper nie.
WERKERS en inwoners van Postmasburg voel bedreig deur hope ontblote asbes op die Trans netrangeerwerf. Foto’s: Emile Hendricks Hulle beveel onmiddellike regstellende aksie aan om die ontblote asbes te stabiliseer. Die besmette grond moet verwyder word. Tot dan moet die ontblote asbes natgehou en met plastiek bedek wees. Met Volksblad, moederkoerant van Kalahari Bulletin, se besoek verlede Donderdag was daar een hoop geel sakke met asbes en daar was twee hope grond wat met plastiek bedek was. Rou asbesvesels is op die terrein gesien. Die asbes was nie natgemaak nie. Daar was nie sigbare waarskuwingstekens nie en die gebied was ook nie afgesper nie.
Verskeie werkers van fabrieke rondom die rangeerwerf was onbewus van en geskok oor van die ontblote asbes op die Transnetwerf. Volgens een fabriekbestuurder maak die asbes die dorp net ongesonder vir inwoners. “Die gehug het in elk geval nou, met die ontploffing van mynbou, in ’n ongesonde, stowwerige ou myndorp ontaard.” Die inaseming van asbesvesels veroorsaak siektes soos mesotelioom, asbestose, longkanker en verdikking van die longwand.
SOMMIGE van die hope asbes is met plastiek bedek. Die terrein tussen die hope asbes en verpakte asbeshope is ook met vesels bedek.
STUKKE blou asbes is sigbaar op die hope grond langs die Transnetspoorlyne waar langs asbes dekades gelede van myne af ver voer is. Werkers en inwoners van Postmas burg voel bedreig deur hope ontblote asbes op die Transnetrangeerwerf. Sommige van die hope asbes is met plastiek bedek. Die ter rein tussen die hope asbes en verpakte as beshope is ook met vesels bedek.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
VANDEESWEEK ondersoek ons die woord Grasweduwee. Dit beteken ’n vrou wie se man tydelik weg is. Waar kom dit vandaan? Dié uitdrukking het oorspronklik verwys na ’n ongetroude vrou wat meer as een man intiem onthaal. Die vermoede is dat dit buite in die gras was eerder as in die wettige huweliksbed. Maar die eintlike bedoeling was dat sy ’n kind buite die huwelik gehad het. ’n Ander bron verklaar met groot oortuiging dat die uitdrukking oorspronklik uit Brits-Indië gekom het waar die vroue en kinders vir die versengende dae van die somer na die bergstreke gestuur is. Daar was dit nie net koeler nie, maar daar was ook gras – geskei van hul mans was hulle dus grasweduwees. Na die voorbeeld het daar ook later graswewenaars ontstaan. In Amerika het daar ’n ander verklaring ontstaan: Tydens die
goudstormloop in Kalifornië het die man dikwels vrou en kinders by familie laat loseer terwyl hy gaan goud grawe het. In Amerikaans het dit bekend gestaan as putting a wife to grass – ’n uitdrukking wat eintlik gebruik is vir ’n perd wat te oud was om te werk. Die tydelike skeiding sou dan van die vrou ’n grasweduwee maak. Dit is alles gissings. Die oorspronklike woord wat later grass in Engels geword het, was grace. Die vrou was ’n grace widow. Dit het verwys na die grace, die grasie of genade wat die vrou van die pous ontvang het om haar man te skei – ’n toegewing wat in die vroeë dae slegs deur die Katolieke Kerk toegestaan kon word. Dié verklaring word gestaaf deur die Franse benaming veuve de grâce (genadeweduwee) en die Latynse viduca de gratia. (Vandag noem die Franse dié soort voëlvrye vrou ’n halfweduwee.) Omdat die Franse woord grâce amper soos die Engels grass klink, was dit voorspelbaar dat die oorspronklike betekenis verlore sou raak. ) Met erkenning aan Maroela Media).
Enige van ons vorige uitgawes gemis? Gaan kyk gerus na ons webblad by www.kalaharibulletin.co.za – kliek op Kalahari Bulletin Kathu.
Wêreld is vrot van kreatiewe troetelname WANNEER dit by troetelname vir geliefdes kom, is oor die wêreld heen beslis nie ’n tekort aan kreatiwiteit nie. Wat sou jy dink as jou geliefde jou “vlooi”, “my baba-olifantjie” of selfs “my blomkooltjie” noem? Wel, bogenoemde is bekende troetelname in ander tale, volgens ’n BBC-artikel. ’n Bekende troetelnaam in Japanees is “tamago gata no kao” wat letterlik beteken “ ’n eier met oë”. Wanneer dit by komplimente kom, is dié een van die mooistes wat jy kan kry, omdat ’n ovaalvormige gesig as aantreklik in die Japanse kultuur beskou word. As bogenoemde jou nie aanstaan nie, kan jy die Franse troetelnaam “ma
puce”, wat my vlooi beteken, oorweeg. Die troetelnaam het waarskynlikvanweë die verhouding tussen die mens en die vlooi sy oorsprong . Voorheen is die een-tot-eenversorgingsaktiwiteit om vlooie van mekaar se lyf af te verwyder as ’n baie intieme en genotvolle aktiwiteit beskou. “Chang noi” beteken my klein olifantjie en is ’n gewilde troetelnaam onder Thaise mense. Olifante, veral wit olifante, is ’n teken van geluk en een van die geliefste diere in Thailand. My blomkooltjie (petit chou) in Frans en my pampoentjie (chuchuzinho) in Portugees is ook volgens die talekenner Paul Noble gewild en gelykstaande aan “my liefling” en “my skat”.
3/22
2/21
-1/20
NW-15
NW-5
NW-5
7
IS daar enigiets op jou dorp wat jou pla? Te veel slaggate? Te veel rommel wat rondlê? Stuur vir ons jou briewe, ons plaas dit met graagte. Het jy iets gelees in ons koerant waarop jy kommentaar wil lewer? Skryf aan ilse.watson@volksblad.com.
Verdagtes vasgetrek Ilse Watson DIE polisie op Deben het onlangs inligting ontvang oor ’n Nigeriese man wat dwelms in sy besit het. Konstabels Dirkie Bok en Gregory Nyl het op die inligting gereageer en die verdagte, Samuel Nsude (25), is agtervolg. Hulle het na ’n huis in Colored Village, Deben, gegaan en die perseel deursoek. ’n Swart plastieksak is gevind en daarbinne was ’n ryspakkie vol van die dwelm tik weggesteek. Die verdagte het aan die polisie verduidelik dat hy niks van die dwelms in die pakkie weet nie. Hy is in hegtenis geneem en aangekla. Nsude het op 31 Mei in die hof verskyn waartydens hy aansoek om borgtog gedoen het. Die aanklaer het dit geweier en Nsude sal weer op 16 Julie in die hof verskyn. ) Die sonkragaanleg wat gebou word ongeveer 5 km buitekant Deben, op die plaas Bethel, het reeds verskeie probleme vir die Deben-polisie veroorsaak. Koperkabels word gesteel en drie gevalle is reeds aangemeld. Die geldelike verlies is reeds R200 000. Enigeen met meer inligting in verband met die steel van koperkabels word versoek om die Debenpolisie by 053-791-9200 te bel. ) Die winkel Ietsie van Alles op Deben was ook die teiken van diewe. Die beskuldigde, Patrick Matlankanyane, het ’n pak hoender gesteel. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en het op 7 Junie in die hof op Kathu verskyn. Die landdroshof het hom skuldig bevind en Matlankanyane moes erkenning van skuld betaal.
The t n e d n e indep e h t f voice o y t i c r e Riv
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Brandbestryders kry opleiding Ilse Watson VERSKEIE lede van Sishenvliegveld se redding- en brandbestrydingsdiens, Ezekiel Mokoa, brandweerhoof, en brandweerman Mac Witbooi het die brandbestrydingsopleiding Hot Zone Practical Fire Fighting Training in Johannesburg bygewoon. Kollegas van Tommy’s Field Airport van Postmasburg het ook aan die opleiding deelgeneem. Die doel van die opleidingsessies was om personeel aan die gepaste reaksie op vliegtuie wat aan die brand slaan bekend te stel. Die hewigheid van hierdie soort brande mag verskil afhan-
gende van die hoeveelheid petrol wat in die vliegtuig teenwoordig is wanneer die ongeluk plaasvind. Vliegtuigpetrol kan temperature van tussen 1 000°C en 2 000°C bereik. Die brandweermanne is ook geleer om die hitte van brandende petrol te verstaan en te weet hoe om dit te hanteer. Hulle moes leer om die korrekte veiligheidsmaatreëls in plek te stel en ook om passasiers en kajuitlede vinnig en doeltreffend van die vliegtuig te verwyder. Saam met genoemde opleiding het die brandweermanne ook geleer om brande rondom vliegtuigenjins en wiele te hanteer.
LEDE van die redding en brandbestrydingsdiens van Sishen se vliegveld in aksie tydens die opleiding.
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Windpompe oral Ilse Watson STAP langs die stofstrate van Deben en verstom jou oor die aantal windpompe wat op erwe staan. Deben is ’n nedersetting in die Noord-Kaap, ongeveer 26 km noordoos van Kathu en geleë aan die oewer van die Ga-Mogararivier. Die dorp het in 1907 ontstaan toe trekboere van die suidelike Vrystaat hulle
hier gevestig het. Die eerste munisipaliteit het in 1951 beheer oor die dorp verkry. Die naam Deben beteken “die plek van die put” en is afgelei van die Tswana-woord deben. Die ekonomie is grootliks op beesboerdery gegrond en elke inwoner moet sy eie water voorsien. Daarom is daar so baie windpompe op die dorp. Met die swak ekonomiese omstandighede van die laaste klompie jare het verskeie inwoners egter hul windpompe afgebreek om vir dompelpompe plek te maak. (Alle foto’s deur Ilse Watson).
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Vryfees is uniek in land Marietjie Gericke
DRIE besonderse aspekte laat die Vryfees bo ander kunstefeeste in die land uittroon, sê Roxanne Konco, bemarkingsbestuurder van die Vryfees. Sy sê: Dit is die enigste kunstefees in die land waarop produksies in toegeruste teaters aangebied word (nie in skoolsale nie). Vanjaar word ál die produksies op die Kovsie-kampus aangebied wat beteken ál die teaters is binne loopafstand van mekaar. Jy kan dus jou motor gratis parkeer en dit eers weer aanskakel nadat jy ’n hele dag lank alles gesien het wat jy wou. Die Vryfees is die enigste kunstefees waar jy nie toegangsgeld moet betaal om tussen die stalletjies op die kunstemarkterrein rond te drentel nie. Vir dié wat nie weet nie: Op ander feeste moet jy betaal om by die kos- en produkstalletjies te kom waar jy weer geld moet uithaal as jy wil koop en eet. Nuut op die fees Onder die nuwighede op vanjaar se Vryfees is die Township Arts Experience en ’n ware burlesk-produksie deur ’n SuidAfrikaanse geselskap wat ook internasionaal optree. Dié Big Top Burlesque toon met sang, musiek en dans die kuns van subtiele humor en prikkeling – dit is sensueel, vermaaklik, snaaks en baie sexy. Hoogtepunte Om hoogtepunte uit te lig bly ’n tameletjie, want soveel hoofde, soveel sinne. Maar ’n produksie wat op die KKNK die toets met ’n triomfantlike gejuig deurstaan het, is Laurika, Dorothy & Zoid: Liedjie vir jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke. Behalwe die drie sangers is daar Antjie Krog as teksskrywer, Anna-Mart van der Merwe as stemkunstenaar en
’n PRODUKSIE wat op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die toets met ’n triomfantelike gejuig deurstaan het, is Laurika, Dorothy en Zoid in Liedjie vir Jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke.Foto: Verskaf
die instrumentaliste Melissa van der Spuy, Schalk van der Merwe en Henry Steel. Die produksie is ’n viering van Dorothy Masuka wat oor 60 jaar haar spoor in ons musiek-erfenis gelaat het. Ander beproefde hoogtepunte is die dansproduksie Spectacular Spectacular met onder andere
Shaleen Surtie-Richards (ja, jy lees reg), Droomland met Chris Chameleon en die Bloemfonteinse Kinderkoor en Steve Hofmeyr met sy beste liedjies die afgelope 25 jaar. Onder die dramas skop die varke modder in almal se gesigte. The three little pigs het pas die prys vir die beste drama op die
Woordfees ontvang, is gekeur vir die Edinburg-fees in Skotland en is vir verskeie pryse op die KKNK en Grahamstad-fees benoem. Maak ook regmerkies by Die Leo’s (met Sandra Prinsloo en Tobie Cronjé), Kanna hy kô hystoe (Adam Small se trefferstuk), Kinders van stilte (vertaling van Children of a lesser god) en Vrek (onkonvensionele teater oor hidrobreking, oftewel fracking). Musiekliefhebbers kan vanjaar met ’n geruste gemoed toe-oë kies. Of dit klassiek, kabaret of musiekteater is, dit beloof iets besonders, hoewel ’n Tas vol Lloyd Webber deur die Bloemfonteinse Stadsorkes dalk ’n ekstra regmerkie moet kry, omdat dit ’n klank- én visuele skouspel gaan wees. Elke liefhebber van
Ons gaan weer lag DIT is al oor en oor bewys: Komedies is die stapelvoedsel van Afrikaanse kunstefeeste en dit is te verstane, want wie wil huil as jy eerder kan lag? Jy sal nie ’n fout maak met enige van die 13 komedies op vanjaar se Vryfees nie. Elize Cawood en Wilson Dunster se eerste Vryfees-optrede gaan oor twee ou getroudes wat ’n krisis beleef. Hulle weet vandag is baie belangrik, maar nie een kan onthou wat die dessitse datum so belangrik maak nie. Ilne Fourie het die-hoe-se-wat-se-wienou-weer? vir dié teater-egpaar geskryf.
Iemand wat Strip! met Waldemar Schultz en Johann Nel op die KKNK gesien het, sê dit het baie meer gebied as wat hy verwag het. Dieselfde word van Tjop en dop gesê, ’n satire oor jonkwees en grootword, en ook van Die monster in die gang, ’n Hennie van Greunen-vertaling oor “daai vreemde mense wat daarop aandring dat hulle jou familie is”. Gys de Villiers-aanhangers kan dié akteur in sy solostuk Wit manne se wapens sien. Marion Holm bied haar sketse in HOLM: geMARIONneer, en Lida en Johan Botha is te sien in Ouma en oupa op toer.
Vir ’n local-is-lekker-geur, maak ’n regmerkie by Nico Luwes se Buite-egtelike oupa en Ilne Fourie se ValenPYNsdag, waarin sy self die oujongnooi Freda Fourie speel. Platform 9 gaan oor twee vriende, gespeel deur Theodore Jantjies en Maurice Page, se waarneming van “interessante karakters” op ’n stasie. Laastens is daar twee komedies wat nie misgeloop mag word nie: Woza Andries? en Rekmerke. Rekmerke oor die puik akteurs Stian Bam en Nicole Holm en Woza Andries? omdat dit ’n uit-die-boks-, anderste, aweregse komedie is.
’n TONEEL uit Rekmerke
KINDERS van die Stilte. kontemporêre musiek sal sy gunsteling-kunstenaar in die program vind en as daar nie ’n komedie is wat jou ten minste gaan laat giggel nie, kan jy jou geld terugvra. Fliekvlooie het vanjaar ’n fees van kortes en langes, oues en nuwes, in Afrikaans, Engels en vreemde tale, en alles ’n keur van die bestes uit onder meer die Silwerskerm- en die Kaapse Wynlandfees. Feesgangers op soek na ernstige pitkos sal dit in die boekbesprekings en diskoers-reeks vind, terwyl dié met ’n aanvoeling vir die visuele kunste vermoedelik dubbel bevredig sal word deur die Her-verbeelding van die Anglo-Boereoorlog in die Stegmann-galery.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
15
Skool ontvang skootlessenaars Ilse Watson TALLE kinders in klaskamers oor die wêreld heen het nie lessenaars waarby hulle kan sit en werk nie. Net in Suid-Afrika is na raming ’n tekort van ongeveer 3,6 miljoen lessenaars. ’n Tutudesk is ’n gerieflike hulpmiddel wat ’n kind kan gebruik om op te skryf. ’n Skryf-oppervlak is uiters belangrik vir ’n kind se geletterdheidsontwikkeling en sy basiese onderrig. Kumba in samewerking met Media24 het 500 van die Tutudesks laat maak en dit word nou aan laerskoolkinders oor die NoordKaap uitgedeel.
Dié soort hulpmiddel gaan ’n groot verskil in kinders se lewe maak. Die lessenaars word aan die volgende primêre skole versprei: Relikile, Mapoteng, Vlakfontein, AB Kolwane, Maikaelelo, Lareng, March, Maipeing, Boitshireletso, Makolokomeng, Tsoe, Bojeklakgoma, Hotazel, Gamasego en Manyeding.
LEERLINGE van die gr.Oklas van die Primê re Skool Mapoteng ontvang skootlessenaars van Oduetse Kolberg, praktisyn vir plaaslike gemeenskapsontwikkeling: Kumba Sishen myn, en Thobega Mmasabata, departe mentshoof van die skool, deel lessenaars aan die leerlinge uit. Foto: Ilse Watson
REGS: Leerlinge van die Hoërskool Uping ton is van links, voor: Shahiema Engel brecht, Marika Coet zee en Chante Sim boya ; agter: Cobus Wiese en Heinrich Jaar. Foto: Verskaf
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year’ With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Control Room Operator (Technical and Operational) (Ref. CRO(TO) 112951)
Patterson Grade C Lower based on previous experience
LEERLINGE van die Hoërskool NoordKaap saam met die span van die Sishenmyn. Van links is, voor: Dudeetsang Moholoeng, Nomathemba Dilodilo, Papadi Kwatwe en Tsholofelo Dipone; tweede ry: Boitshepo Seinolo, Maggie Moitse, Domonique Roux (Sishenmyn) en Elsie Kgaje; derde ry: Angel Thetele, Alicia Cloete en Ezekiel Masilo (almal van die Sishen myn); agter: Faith Mazabane (Sishenmyn), Reaobaka Mooketsi, Maetsego Tlhaganyane, Tlotlo Bogodile en Elsa van Wyk (Sishenmyn). Foto: Verskaf
Sishen slyp jonges Ilse Watson IN 2012 het die departement van transformasie en nakoming ’n projek begin om aan jong hoërskoolmeisies die geleentheid te bied om loopbane in die mynbedryf na te streef. Die span van die Sishen-myn het aan die departement van volhoubare ontwikkeling opleiding ontvang. Rina Botha van die Sishen-myn het voorgestel dat hulle op die John Taolo Gaetsewe-distrik en die //Khara Haismunisipaliteit fokus. Die idee agter die projek was om te verseker dat myningenieurs, -tegnici en -spesialiste opgelei sal word sodat hulle in die toekoms posisies in die mynbedryf ten volle toegerus kan beklee. Die projek het ’n groot verskil in die mynbedryf, asook in die lewe van die jong leerlinge, gemaak. Hulle het goeie sekondêre opleiding ontvang deurdat hulle in verskeie topskole in die Noord-Kaap geplaas is. Gr. 9- en gr. 10-leerlinge is aan wiskunde
en wetenskap as spesialisvakke blootgestel. Hulle moes ook psigometriese toetse ondergaan. Altesaam 15 leerlinge was suksesvol in hul aansoeke om aan die spesiale opleiding deel te neem. Die leerlinge is in die Hoërskool NoordKaap in Kimberley en die Hoërskool Upington geplaas. Hulle is van skooluniforms, skryfbehoeftes, boeke, ’n skooltas en sakgeld voorsien en hul reiskoste is ook deur die projek ingesluit. Daar was ook ’n toesighouer-onderwyser by elke skool betrokke. Die akademiese vordering van die leerlinge word dopgehou en eindelik sal hulle om Kumba-universiteitsbeurse kan aansoek doen. “Daar is dinge in die lewe wat ’n mens snags lekker laat slaap. Die projek is een van daardie dinge. “Dit is ongelooflik om deel van so ’n formidabele span te wees,” sê Faith Mazabane, een van die leerlinge.
The Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control and monitoring of the Process Plant through the control room control and management systems and to coordinate the general Mine situation as may be required. Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of production circuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/or Operators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects by allocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Room area • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintain and operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilization of relevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area match the requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoring it within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct procedures are followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify and communicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safety awareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at the end of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents, instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur • Changing tasks and machine settings on the shift to minimize the effect of unexpected problems • Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment • Enter job requests into the “KARABO” maintenance system. Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimum of 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specific computer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degree of numeracy. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and application of relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge • Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge of relevant legislation.
Receptionist (Ref. R 112951) Patterson Level B Lower The incumbent will be responsible for providing secretarial, clerical and administrative support in order to ensure that UMK services are provided in an effective and efficient manner. Responsibilities: • Provide office support services to the Head of Department in order to ensure efficiency and effectiveness within the UMK administration building • Receive, direct and relay telephonic messages and fax messages • Greet, assist and/or direct visitors • Receive mail and distribute to the relevant staff member • Maintain the general filing system and file all correspondence • Assist in the planning and preparation of meetings, conferences and conference telephonic calls • Make preparations for UMK management meetings • Respond to immediate community inquiries • Provide word-processing and secretarial support to UMK management • Monitor the use of supplies and equipment in the UMK office complex • Coordinate the repair and maintenance of office equipment • Perform receptionist functions • Assist UMK management and other staff as requested • Perform other related duties as required. Minimum requirements: • Matric with 3 years’ relevant experience in office administration or as a receptionist • Analytical, problem solving and decision making skills • Computer skills including the ability to use spreadsheet and word processing programs at a highly proficient level • Stress management skills • Time management skills • Ability to handle more than one request at a time • Effective verbal and listening communication skills. Key attributes (amongst others): • Computer literacy with Microsoft Excel, Word, Power Point, Outlook and Internet • Mining system knowledge • Data analysis and trend reporting • Measurable value adding initiatives • Demonstrate sound work ethics • Possess cultural awareness and sensitivity. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 5 July 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.
www.ayandambanga.co.za 112951
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Vuilspel op rugbyveld word só gedefinieer Sportredaksie REËL 10: Vuilspel Definisie van vuilspel: Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die speelperk doen wat teen die letter en gees van die reëls van die spel is. Dit sluit obstruksie, onregverdige spel, herhaalde oortredings, gevaarlike spel en wangedrag in wat tot nadeel van die spel strek.
VAN links is Hannes Cronjé (hoofbestuurder van die Sishenmyn), Hendrik Boshoff (sportster van die jaar), Anita Meyer (klub van die jaar), Francina Rown (sportvrou van die jaar), Greg Jennings (Kalahari Buiteklubbestuurder) en Bruce Fordyce (gasspreker). Foto: Verskaf
Klub vereer sy presteerders Ilse Watson DIE Kalahari Buiteklub het sy jaarlikse spoggeleentheid gehou waarop topsportpresteerders vir hul sportprestasies vereer is. Die tema was Sofiatown en die 160 gaste is deur die seremoniemeester, Natasha Mashoeu, en die groep Obsession Live vermaak. Die gasspreker was Bruce Fordyce. Hy hou die rekord vir die meeste oorwinnings in die Comrades-ultramarathon. Uit die nege keer dat hy deelgeneem en gewen het, was agt keer agtereenvolgens. Sportklubs van Kathu verskaf deurlopend oor die jaar heen hul benoemings van hul onderskeie presteerders aan die Kalahari Buiteklub en dan het die groep beoordelaars die moeilike taak om die wenners in die verskillende kategorieë te kies. Die volgende wenners is op die spoggeleentheid aangekondig: Vir sy deurbraak in sport, Pieter Benjamin Meyer van die Perderuiterklub.
Okker de Klerk vir langafstand-skiet is die sportman van die jaar en Boeta Wessels en Regard Dreyer (rugby) is as die afrigters van die jaar aangewys. Die eerste rugbyspan van die Kathu-sportklub het met die span van die jaar-eerbewys weggestap. Die lewenslange prestasie-eerbewys is aan Pieter Pretorius vir karate oorhandig. Francina Rown (jukskei) is as die sportvrou van die jaar aangewys. Die sportgeleentheid van die jaar is aan die internasionale uithourit van die Perderuitersklub toegeken. Johannes Hager (skiet) is as die junior sportman van die jaar aangewys. Alwyn Lubbe (swem) is vir sy terugkeer na sport beloon en hy het ook met die Spiriteerbewys weggestap. Die sportster van die jaar-eerbewys is aan Hendrik Boshoff (rolbal) oorhandig. Llewellyn Jenner (golf) is met die voorsitterseerbewys vereer. Die Perderuitersklub het met die klub van die jaar-eerbewys weggestap.
Gevaarlike spel en wangedrag (vervolg van verlede week): (g) Gevaarlike stormloop: ’n Speler mag nie ’n teenstander wat die bal dra, stormloop of platloop sonder om te probeer om so ’n speler vas te vat nie. (h) ’n Speler mag nie in ’n losskrum of losgemaal instorm nie. Instorm sluit in enige kontak gemaak sonder gebruik van die arms, of sonder om ’n speler vas te vat. (i) ’n Springer in die lug doodvat: ’n Spe-
ler mag nie ’n teenstander wat in ’n lynstaan of in algemene spel in die lug spring om die bal te vang se voete onder hom uitpluk of hom stamp of doodvat nie. (j) Deur ’n speler op te lig en daardie speler dan te laat val of af te dryf grond toe terwyl daardie speler se voete nog van die grond af is, op so ’n wyse dat die speler se kop en/of bolyf met die grond kontak maak, is gevaarlike spel. (k) Gevaarlike spel in ’n skrum, losskrum of losgemaal: Voorryspelers mag mekaar nie storm in ’n skrum nie. ) Spelers in die voorry mag nie hul teenstanders opsetlik van hul voete lig, of opwaarts uit die skrum druk nie. ) Spelers mag nie in ’n losskrum of losgemaal instorm sonder om te bind aan ’n ander speler in die losskrum of losgemaal nie. ) Spelers mag nie opsetlik ’n skrum, losskrum of losgemaal laat ineenstort nie. Dié reël word volgende keer verder bespreek.
Sishen maak skoonskip Ilse Watson DIE Sishen-rugbyklub het sy wedstryd teen Kimberley-Polisie met ’n eindtelling
van 39-12 gewen. In die o.15-sokkerliga het die span van Sesheng United sy wedstryd teen Madrid United met ’n telling van 5-4 gewen.