Kathu bulletin 25 julie 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 JULIE 2013

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Die opgewonde gesiggies van leerlinge aan die Laerskool Maikaelelo.

Dankie, Madiba Ilse Watson DIE Khumani-myn het op Nelson Mandela se verjaardag ’n prettige projek by die Laerskool Maikaelelo op Olifantshoek aangepak. Personeellede van die myn het die oggend geesdriftig ingeval en hulle het klaskamers skoongemaak, die mure en vensterruite gewas en skryfborde geverf. Lede van die Lohatla-weermagbasis het gehelp om die skoolterrein van alle rommel skoon te maak. “Ons het gekyk na minder bevoorregte skole in die omgewing en het besluit om Maikaelelo by te staan. Dié skool is een van die mees minder bevoorregte skole in die omgewing en ons wil graag ’n verskil maak,” het kapt. Thembinkosi Fono van die 101 Veldwerkplaas, Lothatla, gesê. “Ons oorhandig ook vandag ’n geskenkpakkie aan 54 gr. O-leerlinge. In die pakkie is ’n skooluniform, skoene en ’n legkaart,” vertel Elizna Bezuidenhout van die Khumani-myn.

Foto: Ilse Watson

Na afloop van die oggend se verrigtinge is daar aan die 557 leerlinge van die skool warm worsbroodjies en ’n koeldrank oorhandig. Die lede van die weermag het ook ’n warm beker sop verskaf.

GRATIS


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

VAN links is Mpho Mogolegeng, Ursula Douw, Johannes Matobako, Jorge Santos, Sylvester Horn en Dezlinn Balie. Personeellede van die Khumani-myn met die geskenkpakkies wat aan al die gr. O-leerlinge van die skool oorhandig is. Foto’s: Ilse Watson

67 minute vir ander Ilse Watson

PRET en plesier by die Laerskool Maikaelelo op Olifantshoek. Vlytige personeellede het hard gewerk om klaskamers op te knap. Sien nog foto’s in die galery op die webblad: www.kalaharibulletin.co.za

PERSONEELLEDE was speelgoed in die klaskamers. Van links is Phetogo Molathlhegi, Felicity Gaobodiwe, Desmond Verryn, Ayanda Mahote, Irene Dhlomo, Princess Twhala, Freddy Seely en David van der Westhuizen. EEN van die klaskamers lyk sommer stukke beter nadat die speelgoed gewas, die borde geverf en alles netjies terug op hul plekke is.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

LEDE van die 101 Veldwerkplaas van die Lohatlha-weermagbasis het gister, in samewerking met die Khumani-myn, hul deel vir die Mandeladag-vieringe gedoen. Dié groep mans en vroue het die sport- en skoolterrein van die Laerskool Maikaelelo op Olifantshoek skoongemaak. Hulle het ook gehelp met die was van klaskamervensterruite. Ná die oggend se “projek skoonmaak” het die weermag ’n warm beker sop aan elke leerling gegee. Foto: Ilse watson

Much more mall for Kathu Ilse Watson

THE Kathu Village Mall, solely owned by the JSE listed Resilient Property Income Fund, will soon see much more retail added to this already thriving mall. The mall opened in late November 2008 and has since become the favourite shopping destination for local residents. The mall is currently anchored by Super Spar and Edgars and also houses an array of national retailers such as Truworths, Foschini and the Mr Price Group amongst many others. The extension of the Kathu Village Mall, anchored by Game, will increase the size of the mall by 7 500 m², bringing the total size to approximately 25 900 m². This will comprise a total retail component of close to 80 stores. Other tenancies will include that of

Foschini @ Home, Sportscene, Trappers, Studio88, Skipper Bar, Fragrance Boutique, NWJ, African Bank, Discount Fashion, Nedbank, Vodacom, Verimark, Franco Cecatto, Eyecatchers and Mr Price Home, to mention but a few. Additional parking will be catered for and access and egress will be facilitated from the Deben Road to ensure the easy flow of traffic. Building on its trading success, the mall expansion aims to meet retail demand and add value to the customer experience. Riekie Terblanche, centre manager of the Kathu Village Mall, confirmed that the opening of phase two is scheduled for 26 September and that the Kathu Village Mall will be offering its shoppers the very best in retail and the ultimate in convenience.

AN aerial view of the Kathu Village Mall.

Photo: Supplied

PERSONEEL van Kumba Iron Ore het op die IABC Africa Quill Awards eerbewyse vir uitmuntende prestasies in kommunikasie ontvang. Van links is Tanya Aucamp, Nelmarie Schutte, Mooketsi Mocumi, Matilo Keaobaka, Norman Mbazima, Ghrethna Kruger, George Benjamin, Carla Pattison en Gert Schoeman. Foto: Verskaf

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig om ou wonde oop te krap? HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar ná sy dood weer van wedstrydknoeiery in Indië aangekla. In 2000 het die wedstrydknoeiery die krieketwêreld geskud nadat dit aan die lug gekom het dat krieketspelers geld ontvang het van beroepswedders om wedstryde in ’n sekere rigting te stuur. In daardie stadium was Hansie Cronjé die krieketheld van talle Suid-Afrikaanse krieketliefhebbers en veral ook van ’n magdom jong krieketspelers wat na dié held opgekyk het. Die King-kommissie het gewys dié held het egter voete van klei. Sy dood in 2002 het sy beeld in ’n mate herstel, soveel so dat mense gerieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voortreflike krieket terwyl hulle sy rol in die wedstrydknoeiery doelbewus miskyk. Nou kan gevra word hoekom dit nodig is om ná 13 jaar weer die wonde oop te maak en ou koeie uit die sloot te skop. Daar kan egter met reg gesê word dat die gevoel is dat die volle waarheid nie met die King-kommissie uitgekom het nie. Daar is nie volle rekenskap oor al die geld en al die betrokkenheid gegee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar die goeie herinneringe wat nog aan Hansie kleef te verswart. Wat sê jy? Gaan lewer kommentaar oor die nuwe aanklag teen Hansie by www.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oor dade aan medemens André de Villiers LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas 10:25-37 Om vir ander mense lief te wees blyk een van die moeilikste opdragte op aarde te wees. Ons kan vir ons familie lief wees (ook nie eens altyd nie), ons kan vir ons kinders lief wees (die naaste wat ons waarskynlik aan opofferende liefde kom), maar om vir mense lief te wees wat baie anders as ons is, is bykans onmoontlik. Dit was van die vroegste tye af so. Miskien daarom dat God so baie klem daarop gelê het in sy reëlings wat Hy met die volk Israel (en ons daarna) getref het. In die verhaal vra ’n wetsgeleerde, wat veronderstel was om die antwoord te ken, vir Jesus hoe hy die ewige, ware, volle lewe kan verkry. Jesus het hom daarop gewys dat hy gewoon moet lees wat die wet voorskryf (as wetsgeleerde sou hy dié antwoord uit sy kop ken). Met sy hele wese vir God en sy naaste lief moet wees. So eenvoudig soos dit. Die probleem word dan duidelik: Hy wéét wat om te doen, maar is nie gereed om tot die daad oor te gaan nie. Hy probeer nog uitkom deur te kyk of hy nie die naaste kan definieer nie. Dalk net is daar “kategorieë” van mense by wie hy nie betrokke hoef te raak nie. Dan kom die gelykenis waarin Jesus duidelik maak dat dit glad nie kan gebeur nie. Die voorbeelde wat Jesus in die gelykenis gebruik, is soos volg: Die Leviet en priester was “kerkmense” wie ons sou verwag dat hulle sou help. Tog doen hulle dit nie, moontlik met goeie redes wat hulle betref. Die priester kon bv. onrein word as hy aan ’n (moontlik) dooie mens raak en dan kon hy volgens wet nie die gemeente gaan bedien

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand-natuurreservaat, ’n mooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema and Mugabe alike VINCENT WARD, Kuruman:

nie. Dan kom die Samaritaan, die een van wie ons die minste sou verwag om te help. Die twee volksgroepe het mekaar nie in die oë gekyk nie. Tog stop hy, help hy en doen selfs meer: Hy laat die man verder versorg word en betaal vir sy rekening, beloof om nog uitgawes te betaal indien dit nodig sou wees. Hy loop die ekstra myl, hy gee die onderkleed as die persoon die bokleed vra. Met die voorbeeld sou die wetgeleerde hom kon verbind. Hy sou die gelykenis nie kon misverstaan nie. Maar dan kom die verrassende teenvraag: Wie het ’n naaste geword van die man wat beseer was? (Nie: “Wie is my naaste?” nie, maar: “Vir wie kan ek ’n naaste wees?”.) Die wetgeleerde moet kies om ’n naaste te word en meelewend te raak. Ware liefde vir God gaan oor dade van liefde teenoor ons medemens. Ons “sien”, maar ons kry nie meer innig jammer nie. Dit roer nie ons hart nie. Die Samaritaan kry dit reg om sy vooroordele te laat staan. Hy suspendeer al sy oortuigings oor hoe die verhouding tussen Jode en Samaritane behoort te werk, hy skuif dit uit die pad, ignoreer dit, gaan daarby verby en word ’n medemens en help ’n medemens. Hier is selfs ’n waarskuwing: As jy nie oorgaan tot dade nie, sal jy die wonderlike lewe nie kry (ervaar) nie. Ons probleem is dikwels dat ons nie die nood raaksien nie, of dat die omvang van die nood ons oorweldig. Begin klein, doen net dit wat jy kan. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar aan die NG kerk op Kathu.

JULIUS MALEMA born, trained, used in the ANC and now sponsored by the ANC in his new political debacle. How does the ANC sponsor the chief in command as Julius calls himself now? The language that he is using and the ridiculous political ideas we all have heard long time ago, are the words of Robert Mugabe. Mugabe is his political father and mentor in how to become a dictator and claiming the land for yourself. Not so long ago the ANC wrote of almost R600 million on fuel delivered to Robert Mugabe that he could

not pay. So far the ANC government is donating millions and millions to Mugabe for every election that is taking place even if Mugabe is the only party taking part in the election. Recently R1 milliard was donated to Robert Mugabe for the up-coming elections that will take place. Now the question is: Where do you think Julius Malema is going to get sponsors from to help him? The answer is right in front of our eyes. Robert Mugabe is going to sponsor him, because the two share the same ideas and political views. Who is looking like a bunch of fools? Our own ANC government.

They have created their own enemy in Julius Malema and they cannot see that by donating to Robert Mugabe. They are creating a political environment for Julius Malema to give them a run for their money in the up-coming elections.

Dankie vir goeie diens PIETER VAN ZYL, Kuruman: IN ’n tyd van swak dienslewering wil ek die werkers van die Ga-Segonyana-munisipaliteit, wat ná ure noodherstelwerk aan kragdrade gedoen het, bedank. Wanneer ons kla dat ons in die donker moet sit, moet julle die koue trotseer en reël dat daar weer lig in ons lewe is. Dankie dat julle dit so vinnig doen.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste ’n PAAR jaar gelede terwyl ek my graad aan ’n (nie-so-goedkoop) universiteit voltooi het, het ek ontdek dat my ma se maandelikse salaris direk in ’n afsonderlike rekening gedeponeer word. Hierdie rekening was net geskep om vir my onderrig te betaal, vir niks anders nie. Die vier jaar dat ek op universiteit was, was ek egter salig onbewus hiervan. Ek het nooit daarvan geweet nie, want ek het met behulp van ’n studielening gestudeer en die aanvanklike plan was om dié groot bedrag terug te betaal die oomblik dat die dekaan my met daardie stokkie op die skouer geslaan het en ek my graad in die hand het. Op daardie dag, in my finale jaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toe ek moes hoor dié enorme rekening is reeds vereffen. Vir ’n oomblik het ek eers onwaardig gevoel dat so ’n groot geskenk aan my gegee is en daarna was ek so verstom dat dit so stilletjies gedoen is. Geen trompette het geblaas nie. Geen bohaai is daaroor gemaak nie. Geen kyk-watter-goeie-ma-is-eksoeke vir erkenning nie. Net my ma wat elke dag by die werk opdaag sodat ek universiteit toe kon gaan. En toe ek haar daaroor uitvra, antwoord sy: “Dit is wat ma’s vir hul kinders doen.” Net dit. Terwyl sy in die kombuis staan en kosmaak. Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, en veral – dat dit so ongesiens en stilletjies aan my gegee is. Ek het nog nie kinders nie, maar ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nog nooit iets so onselfsugtigs vir iemand gedoen het nie. Gewoonlik wanneer ’n mens iets doen, soek ’n mens erkenning daarvoor. Ek, soos baie ander mense, is bang om onsigbaar te wees. Dit is snaaks hoe ’n mens so aan jou grootste vrese vasklou dat jy dit begin uitleef en jy jou eie werklikheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versigtig met mense omgaan, konflik ten alle koste vermy net sodat ek op niemand se tone trap nie, sodat ek nooit in die kollig beland en te veel ruimte inneem nie. En dan is daar oomblikke, seker wanneer ek te moeg is om so stil te wees, dat ek luidrugtig wíl wees, net sodat iemand my hoor. Ons almal het ’n storie. Om eerlik te wees, ek wou nog altyd hê my storie moet ’n bietjie raserig wees. Dat dit nie te stil en ongesiens verbygaan nie. Maar as ek dink aan my ma en honderde ander se stil, mooi, eenvoudige en onsigbare stories kan ek nie anders as om te besef nie: ’n Stil storie is nie ’n slegte storie nie.

Trouens, dit mag net dalk die beste storie in die boek wees. Daar is mense wat nooit vir erkenning vra nie, wat nooit hul naam in neonligte wil sien flikker of in hoofopskrifte wil raaklees nie. Hulle daag net elke dag op om hul individuele stories te skep en doen wat reg is – dade van moed en liefde, sigbaar of nie. Daar is helde in my storie, helde in hul eie storie en helde in die groter Storie wat geskryf word, al kyk niemand. Dan begin jy kyk vir daardie mense wat ’n stil lewe lei terwyl hulle pragtige stories skryf. En dan gebeur die vreemde ding as ’n mens hulle begin raaksien: Jy is nie meer bang om self onsigbaar te wees nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 DIE dramaleerlinge wat aan die Reza de Wet-tienertoneelfees in Bloemfontein deelgeneem het, is van links Zaskia Pain, Dennis Hoft, Samantha Jansen, Reuben Murphy, SZ Minnaar, Jana Lategan en Sue-Ellen Pretorius. Foto: Verskaf

Vertonings vaar goed op fees DIE Hoërskool Upington se twee dramaproduksies van 2013, Grens en Kliek, het hul debuut op die Reza de Wet-tienertoneelfees op die Vryfees in Bloemfontein gemaak. Dié tienertoneelfees is die eerste dramafees waaraan Upington vanjaar deelgeneem het. Sowel Grens as Kliek het goeie repliek van die beoordelaars ontvang. Grens het tweede geëindig en Reu-

ben Murphy is as die belowendste akteur op die fees vir sy vertolking van die karakter Samuel aangewys. SZ Minnaar is as die beste akteur op die fees vir sy rol as David aangewys. Albei leerlinge speel in die produksie Grens. Kliek gee ’n deurdringende kykie na die digitale wêreld waarin vandag se tieners hulle bevind. ’n Wreed ontnugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop. Grens is die verhaal van David en Samuel, twee seuns wat aan verskillende kante van die apartheidsregime grootword. Hartverskeurende, intieme teater op sy beste. albei dié dramas sal weer aan die Upington-gemeenskap vertoon word. Hou Upington se Facebook-blad, die Kalahari Bulletin en reklameborde vir dié vertonings dop.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Deben se betekenis(se) JAN COETZER, inwoner en gewese stadsklerk van Deben: IN die Kalahari Bulletin van 20 Junie in die artikel oor Deben se windpompe word na die herkoms van die naam van die dorp verwys. Dit is so dat die tradisionele verklaring vir die naam Deben wel “eerste drinkplek” beteken. Die naam dateer van die dae toe Eerwaarde Moffat op Kuruman gewoon het en in sy weswaartse togte die eerste water by die huidige Deben se destydse standhoudende fontein kon bekom. Wat wel ’n kommer is, is dat die Tswana-benaminge van “Deben”, “Dibeng”en “Dedeben”

glad nie meer in die Setswanawoordeboek voorkom nie. Die afleiding wat noodwendig gemaak kan word, is dat die woord óf in onbruik geraak het, óf nooit bestaan het nie. Wanneer in Setswana na water, waterbronne, fonteine of putte verwys word, word deurgaans na die stamwoord “metsi” verwys. Volgens die internet kom die woord “Deben” tans net voor waar dit verwys na ’n rivier in Engeland, as ’n Belgiese familienaam, as ’n Egiptiese gewigsmaat en ’n Oosterse blom.

In ’n soeke na ’n moontlike verklaring van dié taalfenomeen wil ek die volgende stukkie “spekulering” ter tafel lê: Van 1896 het ’n Engelse landmeter in diens van die destydse Rhodesian Railways plase in die huidige Kuruman-Deben-distrik opgemeet. Wat my laat wonder of die naam Deben nie ’n Engelse oorsprong het nie en dalk geen Setswanakonnotasie het nie. Ek wonder of Setswana-taalkenners of historici nie dalk vir ons lig op die onderwerp kan bied nie? ) Wat sê jy? Ons nooi graag lesers om deel te neem en hieroor aan die Kalahari Bulletin te skryf. Stuur briewe aan ilse.watson@volksblad.com.

Ligloop vir diabetes ONTHOU om die Kathu Mall se bruidskou vandag, môre en Saterdag te besoek. Daar sal uitstallings wees van dekor-kunstenaars, mense/maatskappye wat al jou kos vir jou troue kan voorberei, bloemiste, fotograwe en nog vele meer! Die tye van die bruidskou is: Donderdag 25 Julie vanaf 09:00 – 18:00; Vrydag 26 Julie vanaf 09:00 – 18:00 en Saterdag 27 Julie vanaf 09:00 – 15:00.

Koerant wag jou stories in INWONERS van die verspreidingsgebied (Kathu, Olifantshoek, Postmasburg, Dingleton en Deben) kan die redaksie vir interessante nuusgebeure, stories oor mense of enige probleme op hul dorp kontak. Skryf aan ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579. Om advertensies te plaas in die koerant skryf aan Madri Scheepers by madri.scheepers@volksblad.com of bel haar by 083-578-7198.

ONGEVEER 366 miljoen mense is in 2011 deur diabetes geaffekteer. Daar word beraam dat teen 2030 ongeveer 552 miljoen mense aan diabetes gaan ly. Diabetes Melitus of suikersiekte is ’n chroniese siektetoestand wat voorkom as die liggaam nie genoeg insulien produseer om die bloedsuiker (glukose) effektiewelik te kan verlaag nie. Hoë vlakke van glukose is toksies en kan erge orgaan-beskadiging veroorsaak. Gesonde vlakke van insulien help om glukose van voedsel in energie om te skakel. Tekens en simptome: ) Meer gereelde urinering met uitermatige dors; ) Erge graad van moegheid en tekort aan energie; ) Chroniese honger. ) Skielike gewigsverlies of gewigtoename; ) Wonde wat stadig genees; ) Herhaaldelike infeksies; ) Dowwe visie, ) Voete wat brand; ) Seksuele probleme. Verskillende soorte diabetes kom voor, soos tipe 1, tipe 2 en diabetes in swangerskap. Met tipe 1-diabetes vervaardig die liggaam geen insulien nie. Die toestand kan nie genees word nie, maar dit kan beheer word deur daaglikse insulien-inspuitings vir die res van jou lewe te neem. Tipe 2-diabetes is die soort wat die mees algemeen voorkom. Die

liggaam produseer te min insulien of gebruik nie die insulien wat vervaardig is effektief nie. Dit kom meestal voor in volwassenes, maar toenemend in kinders en adolessente. Risiko-faktore sluit ’n familie-geskiedenis van diabetes, oorgewig, slegte dieet en te min fisieke oefening in. Diabetes tydens swangerskap gaan gewoonlik ná die geboorte weg, hoewel die moeder, sowel as die baba, die risiko loop om diabetes later in hul lewe te ontwikkel. Aanhoudende verhoogde bloedglukosevlakke kan ’n ernstige impak op die hart, bloedvate, oë, niere en senuwees hê. Diabetes is die hoofoorsaak van blindheid, nierversaking en onderste ledemaat-amputasie. Daar is ook ’n verhoogde risiko om infeksies te ontwikkel. Deur ’n gesonde lewenstyl aan te neem en gereelde oefening is dit moontlik om ’n lewe van goeie gehalte te lei. Hoe om gesond te bly: Eet gesond deur maer vleis en baie groente en vrugte te eet, oefen gereeld (ongeveer 30 minute, 5 dae per week), hou bloedglukose tussen 3,5 en 6,2 ml per liter, monitor die bloeddruk, beheer cholesterolvlakke, moenie rook nie, gebruik alkohol in matige hoeveelhede. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Samel geld vir fonds in DIE leerlingraad van die Hoërskool Kathu het die afgelope Saterdag in die Spur op Kathu gewerk om geld vir die matriekfonds in te samel. Van links is, voor: Thabisa Mpixa, Jenene Thirion, Vernique Rabie (hoofmeisie), Miché Joseph, Vladimir Mokgosi, Tamzyn van Wyk en Kashieta Louw (bestuurder: Spur); agter: Moses Jamangile (bestuurder: Spur), Jolane Mitchell, Dalise van Niekerk, Mauritz Niemand (hoofseun), Juvan Dreyer, Christo Botes, Robin van Wyk, Elsa van Blerk en Jan Smit. Foto: Ilse Watson

Club members do well in dance Ilse Watson MEMBERS from the Sesheng Dance Club took part in the Future Dance Stars Festival at Carnival City’s Top Arena in Johannesburg. The competi- tion was held on 13 July. The categories they participated in were ballroom, Latin and belly dance. The girls won first and second places respectively in the beginners section.

FROM the left are Boitshoko Maine, Sheila Rebang (first), Isago Mogadiele and Tshidi Gabotswe (second). Photo: Supplied


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Horison máák foto SO af en toe loer ek na die kommentaar wat op die fotoskool-webwerf gelewer word. Een aspek van foto’s waaroor gereeld kommentaar gelewer word, is die horisonlyn. Hier is inligting wat kan help: Die horisonlyn wat deur die foto strek, is ongelooflik belangrik wat die komposisie van die foto betref. In die eerste plek probeer fotograwe gewoonlik om nie die horisonlyn reg deur die middel van die foto te laat strek nie. Dit deel die foto in twee dele en plaas die een wat daarna kyk in vertwyfeling oor watter deel die belangrikste is. Dit werk soms, soos in die geval van weerkaatsings, maar in die meeste gevalle is dit ’n waagstuk. Veral met landskappe geld die beginsel dat ’n mens die foto in twee dele opdeel waarvan die dramatieser gedeelte twee derdes van die foto in beslag neem en die ander deel een derde. Dit is natuurlik wonderlik as ’n mens drama in die landskap en die wolke kry. Ongelukkig haak baie mense by die een-derde-twee-derdes-beginsel vas. En so dikwels veroorsaak dit ’n probleem, veral wanneer ’n mens mense in ’n landskap afneem. Dink aan troufoto’s. Die egpaar trou in ’n pragtige omgewing en die omgewing moet deel van die foto’s wees. Tog, as jy die egpaar afneem sonder om jou hoek te verander loop die horisonlyn dikwels steurend deur die foto. Die egpaar se nekke word geïsoleer danksy die bergreeks op die agtergrond wat skouerhoogte deur die foto sny. Of die egpaar raak verlore, omdat hulle nie heeltemal teen die agtergrond uitstaan nie. Dit is uiters belangrik om jou

’n TROUFOTO met ’n horisontale lyn. Die fotograaf moet plat op sy maag lê om die horisonlyn so laag moontlik te hou en te verseker dat die paartjie uitstaan. Hier vorm die wolke ’n belangrike agtergrond ten einde die foto’s dramatieser te maak. Foto: Igno van Niekerk hoek te verander ten einde die egpaar te beklemtoon. Kyk na die foto van die paartjie hierby. Ek moes plat op my maag lê om die horisonlyn in die foto laer af te laat wees ten einde die paartjie teen die agtergrond te laat uitstaan .

Nie net is die hoogte van die horisonlyn in die foto’s uiters belangrik nie, die horisonlyn moet ook verkieslik reguit loop – anders sit die mens wat na die foto kyk later soos ’n skewekop-papegaai en wonder wanneer die modelle teen die horison gaan afgly.

Kyk gerus na die plasing en die hoek van die horisonlyne in jou foto’s. Goeie gebruik van horisonlyne onderskei dikwels ’n uitnemende foto van ’n middelmatige foto. ) Igno van Niekerk is ’n bekende Bloemfonteinse fotograaf wat graag sy fotografiekennis deel.

Lesers kan só wen KALAHARI BULLETIN het op 18 Julie sy nuwe mobi site bekend gestel. Met dié bekendstelling is ook ’n kompetisie vir elkeen van die drie uitgawes begin. Lesers van Kuruman, Kathu en Upington kan elkeen aan die kompetisie deelneem en pryse wen. Vir lesers wat nie in die genoemde dorpe woon nie – besluit watter kompetisie lok jou die meeste en skryf jou vir daardie een in. Vir lesers van Kathu en Kuruman is ’n geskenkbewys van Buco op Kathu en vir die lesers van Upington is daar ’n kis van die Orange River Cellars se 2012- wit muskadel. Dié muskadel is onlangs as een van die tien topmuskaatwyne in die wêreld aangewys. Om jou te registreer op kalaharibulletin.mobi doen die volgende: 1. Kliek “Register”. 2. Vul jou besonderhede in. 3. Aktiveer jou rekening. 4. Begin lees. Om jou in te skryf, kliek op “Competitions” en kliek dan op die kompetisie van jou streek. Elke streek het sy eie prys en vraag wat beantwoord moet word. Die antwoord sal in ’n berig in die gedrukte koerant, op die webtuise en op die mobisite wees. Voer die korrekte antwoord in en wag vir die beste. Drie lesers sal elk ’n prys wen. Hou die koerant van 1 Augustus dop vir die wenners.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Geplunder Ilse Watson DIE skouterrein se geboue op Olifantshoek word willens en wetens geplunder. In die vroeër jare is die geboue gebruik vir die jaarlikse skou en daar is ook baie troues gehou. Nou is daar amper niks meer oor van die destydse pragtige geboue nie. Die stowe is uit die kombuise gesteel en van die vensters is daar niks meer oor nie. Die staal van die dakke word weggedra en dit is basies net die raamwerk wat nog staande is. In 1973 het die Beeshoekmyn die paviljoen opgerig. Die saal is deur die boerevereniging in 1960 gebou en in 1980 het Abri Maritz en Bart Zaayman die nuwe saal opgerig. Die plundery geskied al die afgelope jaar.

“Die skouterrein was altyd deel van die gemeenskap. Hierdie geboue was die bymekaarkomplek vir die hele gemeenskap. Ons het sulke goeie herinneringe van spesiale tye saam met ons vriende hierso,” vertel Thomas Collen, ’n inwoner van Olifantshoek. Volgens Collen is die afbreek van hierdie geboue al verskeie kere by die polisie van Olifantshoek aangemeld. Die polisie het al wel die plunderaars in hegtenis geneem, maar hulle beweer dat hulle nie veel kan doen as daar nie ’n formele klag teen die plunderaars ingedien word nie. Olifantshoek se polisie beweer dat die Gamagara-munisipaliteit na vore moet tree en amptelike klagte moet indien. Die Gamagara-munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.

DIE eens pragtige geboue op die skouterrein.

Department

of

economic Development, environment, conservation

anD

tourism

Bid Invitation

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providers who have rendered services in similar fields to deal with the following projects: Bid No

Description

Evaluation Criteria

Compulsory Briefing Session

Closing Date

Enquiries

NWDEDECT 1/13/14

Security Services at Taung Skull World Heritage Site

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 1 August 2013 at 10:00 at Taung Heritage Skull Site

27 August 2013

Technical information: Mr Swayi Mokoena, tel. (018) 387-7877 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 2/13/14

Security Services at: • Rustenburg Regional Offices • Lotlamoreng Dam • Industrial Site, Mafikeng • NWDC building at Head Office

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 27 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 10:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical information: Mr Swayi Mokoena, tel. (018) 387-7877 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 3/13/14

Supply and Delivery of Furniture

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 28 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 12:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical Information: Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 4/13/14

Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 6 August 2013 at 12:00, at Vredefort Dome, Potchefstroom

Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 5/13/14

Maintenance and Data Management of Seven Provincial Air Quality Monitoring Stations

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 28 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 14:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical Information: Ms Thokozile Ramoroa, tel. (018) 389-5952 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 6/13/14

Impact Heritage Assessment for Taung World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 1 August 2013 at 14:00 at Taung Heritage Skull Site

Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

29 August 2013

29 August 2013

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders do not bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part. Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, Office Numbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30 from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document. Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding company not be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid. Kone Solutions K21008

Foto: Ilse Watson

Wat sê jy hieroor? Stuur ’n sms na 45333. Kostes beloop R1.50 per sms. Begin jou sms met kaskougronde en lewer jou kommentaar.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MEV MARI OLIVIER (LOCKE) , skakel asseblief vir Barbara Bouwer by 011 825 3655/ 6/7/8 i.v.m. Carel Marais. 2013SPILPUN Tmielierest ebale, plus minus 180 kg. R160 per baal. Met netomhul sel. Bloemfon teinomgewin g. Skakel Fourie 083 309 3 008. AANDA G: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in

winkel beskikbaa r. Kontantaf slag gewaarbo rg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouh emde R100 Kortbroek e - R150 The NuShop, Palm Gatesentrum, Hoofstraa t, Kuruman. Tel. 053 712 1 264.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TE KOOP: Kuruman Skouterre in. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievra g. Skakel Albie 083 440 1 355.

fessionele geakredit eerde installasies. Skakel Francois 072 156 4 035. HEKMO TOR HERSTE OPREGT L E EN LABRAD INSTALL ORASIES. hondjies Geakredit te koop. eerde 8 weke installeer oud en ders. ingeĂŤnt. Skakel R990 elk. Okker 082 829 0 Skakel 292. 084 651 3 000. YORKIE- AUBREY REUNTJI 'S INDUST ES te koop.Kan AANDAG KUSA ALLE registreer. ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter "A", leestekens soos "!"

Skakel 082 819 0 767.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

ELEKTR IESE HEININ GS Beveilig u eiendom. Vir pro-

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

SMALLS NOTICE

RIAL SERVICE & PROJEC TS CC Your homemaintena nce problems solved. Specialisi ng in: New buildings, renovatio ns, painting, paving, tiling, plastering , roofing and ceilings. FREE QUOTAT ION Aubrey 071 926 5 455 or 082 063 0 281. Joseph 071 094 8 677. 3242


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDE SONTERMIESE KRAG AANLEG. DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskyn in Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek. Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het die Departement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘n Kopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, is verkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsienings van Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne 20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van die onderstaande metodes: Faks:

012 320 7561;

Pos:

Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and Pretorius Strate, Pretoria Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek. WorleyParsons RSA Mr. Francois Humphries Posbus 22 Menlyn, 0063 Telefoon: 012 745 2090 Faks: 012 745 2001 E-pos: francois.humphries@worleyparsons.com


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

15

Jonges speel kookwaterrugby, -netbal DIE Laerskool Seodin het onlangs die jaarlikse Van Druten-rugby- en -netbaleindstryde op Seodinpark aangebied. Altesaam 18 rugby- en 20 netbalspanne van oor die streek heen het aan die eindstryde deelgeneem. Al die spelers het hul talent ten toon gestel en rugby en netbal van hoogstaande gehalte is gespeel. Dié dag was ’n reusesukses. Elke speler het ná elke wedstryd ’n medalje ontvang en die wenspan het ’n skild gekry. Living Ball, ’n organisasie wat die Woord onder sportmanne en -vroue versprei, het ekstra kleur aan die eindrondes gegee. Daar is ook in die eindstryde geskiedenis gemaak. Die eerste keer in Van Druten-laerskole se geskiedenis het ’n laerskole-meisiehokkiewedstryd plaasgevind. Die eerste spanne van Seodin en Kathu het teen mekaar kragte gemeet en Seodin het dié geskiedkundige wedstryd met 2-1 gewen. Ná die wedstryd het die Laerskool Seodin, namens Suid-Afri-

VAN links is Marietjie Bam (Kansa), Hendrik Spangenberg (eienaar: Kathu Spur), Marie du Plessis, Annemie van Huyssteen en Hannes van Biljon. Foto: Verskaf

Hul dankbaarheid bring knop in keel Ilse Watson OP ’n koue en winderige wintersoggend in die Kalahari het Annemie van Huyssteen (’n finalis in die Mev. Verenigde Nasies SA-kompetisie) kankeroorwinnaars op Kathu toegespreek. Op ’n gesellige kuier-en-ontbytgeleentheid in die Spur op Kathu het sy oor Een lewe, ’n gehaltelewe gepraat. Ds. André de Villiers van Kathu het die ontbyt met gebed geopen.

“Toe ek die kankeroorwinnaars ontmoet het, het ek so ’n knop in my keel gekry, want die mense sprankel en lag. Ons wat gesond is, vergeet so maklik om dankbaar te wees vir alles wat ons in die lewe het,” vertel Van Huyssteen. “Dit was ’n voorreg om saam met hulle te kan kuier en vir hulle te vertel dat ons ’n verskil in ander mense se lewe kan maak. Dit was ’n belewenis om soveel positiewe mense te ontmoet. Dit is ’n ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie,” sê sy.

HIER speel die Laerskole Seodin en Kathu se eerste rugbyspanne teen mekaar.

Foto: Joanie Bergh

kaanse hokkie, ’n sak met hokkietoerusting aan die Laerskool Kathu oorhandig. Ná die dag se wedstryde het die eregaste en beamptes saam in die skoolsaal gekuier.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Sportfees gesien in eindstryde

DIE Laerskool Seodin het onlangs die jaarlikse Van Druten- rugby- en -netbaleindstryde op Seodinpark aangebied. Altesaam 18 rugby- en 20 netbalspanne van oor die streek heen het aan die eindstryde deelgeneem. Al die spelers het hul talent ten toon gestel en rugby en netbal van hoogstaande

gehalte is gespeel. Dié dag was ’n reuse-sukses.Elke speler het ná elke wedstryd ’n medalje ontvang en die wenspan het ’n skild gekry. Living Ball, ’n organisasie wat die Woord onder sportmanne en -vroue versprei, het ekstra kleur aan die eindrondes gegee.Daar is ook in die eindstryde geskiedenis gemaak. Die eerste keer in Van Druten-laerskole se geskiedenis het ’n laerskolemeisiehokkiewedst ryd plaasgevind. Die eerste spanne van Seodin en Kathu het teen mekaar kragte gemeet en Seodin het dié geskiedkundige wedstryd met 2-1 gewen. Ná die wedstryd het die Laerskool Seodin, namens SuidAfrikaanse hokkie, ’n sak met hokkietoerusting aan die Laerskool Kathu oorhandig. Ná die dag se wedstryde het die eregaste en beamptes saam in die skoolsaal gekuier.Hier volg die dag se uitslae:Rugby: Aliga:o.9: Seodin 7 – Kathu 0o.11: Seodin 20 – Kathu

DIE eerste netbalspanne van die Laerskole Seodin en Kathu het ’n spanningsvolle wedstryd opgelewer. Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die Laerskole Seodin en Kathu se eerste rugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die Laerskool Kathu met 10-5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.