Kathu bulletin 28 aug 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

29 AUGUSTUS 2013

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Pak kanker in styl Vroue byeen op Kansa se spog-teeparty Ilse Watson “EK weet nie hoe ’n mens staande bly wanneer jou kind siek is met kanker sonder die Here nie,” is van die getuienis wat deur Erica Malan van Kathu gelewer is. Verlede Saterdag het Kansa op Kathu ’n teeparty by die Kalahari-buiteklub aangebied. Een van die gassprekers, Jana du Plessis van Bloemfontein, het ook haar uitsonderlike sto-

MARIE DU PLESSIS, die pasiëntkoördineerder van Kansa op Kathu, het pragtig in haar wit hoed en mooi handskoene gelyk. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

rie met die gaste gedeel. Vroue wat die teeparty bygewoon het, was swierig en mooi geklee vir die spoggerige geleentheid. Die dansgroep El Shmmach, wat beteken “om geluk te bring”, het almal met hul danspassies en musiek vermaak. ) Lees meer oor die Kansa-teeparty en die gassprekers Jana du Plessis en Erica Malan se inspirerende stories op bll. 2 en 3.

GETOOI vir die belangrike teeparty van Kansa. Hier is Marietjie Bam, die voorsitter van Kansa op Kathu.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

‘God gee sleutels van hoop’ Ilse Watson “AARDETYD is genadetyd. Dit is geleende tyd vir my en vir jou,” het Jana du Plessis gesê op die Kansa-teeparty vir vroue toe sy haar besonderse storie met hulle gedeel het. Du Plessis het reeds een en ’n halfjaar kanker gehad, maar het dit nie geweet nie. Ná ’n sportbesering het sy ’n knop in haar enkel ontwikkel, maar het haar lank nie juis aan die knop gesteur nie. “Die dokters het vir my gesê hulle sal my been moet amputeer.

EEN van die gassprekers, Jana du Plessis, wat almal met haar ongelooflike storie geïnspireer het. Foto: Ilse Watson

“God weet wat elke mens kan hanteer. Hy sal nooit vir jou méér gee as wat jy kan hanteer nie.” – Jana du Plessis “Hulle het ook vir my gesê die kanker is so erg is dat ek nie my dogtertjie een jaar oud sal sien word nie,” vertel Du Plessis. “Voordat ek die teater ingestoot is, het ek vir my man gesê ek gaan nie dieselfde mens wees as ek uitkom nie. “Hy het gesê jy gaan nie dieselfde lyk nie, maar jy gaan nog dieselfde Jana wees.” Du Plessis het ook verder vertel van die tyd toe “kankerkolle” op haar longe gevind is. En van haar vriende wat buite die deur van die sonarkamer vir haar gebid het. Sy moes ook ’n swangerskap laat aborteer weens die kanker in haar longe. “God weet wat elke mens kan hanteer. Hy sal nooit vir jou méér gee as wat jy kan hanteer nie.” Du Plessis het haar getuienis afgesluit met dié inspirerende woorde: “God maak ’n mens sterker en beter. “God gee sleutels tot hoop. Jou grootste behoud, as jy so siek is, is positiewe denke. Dit wat jy dink, is wat jy glo. “Dit is jou plig as Christen om positief te wees. Gee jou probleme onvoorwaardelik vir God. Moenie probeer om beheer daaroor te hê nie. Gee dit regtig alles vir Hom. “Jy moet nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. “Nie jou eie gesondheid nie, en ook nie die gesondheid van jou kinders nie. Jou lewe kan in ’n oogwink verander.”

PRAGTIG getooi vir die geleentheid. Karien Odendaal (links) en Salomé van Niekerk.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

VAN links is Danele du Plessis, Liezl Hanekom en haar dogter Izell. Almal is vir die oggend uitgevat. Foto: Benneli Oliver Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Geloof help in moeilike tye Ilse Watson “DIT is okay om te sê Here, ek kan nie meer nie, ek het nie meer krag nie,” het Erica Malan gesê toe sy die storie van haar tienjarige seun, Joshua, vertel het. Joshua is op driejarige ouderdom met beenmurgkanker gediagnoseer. Sy ouers het nie ’n siekefonds gehad nie en het op die Here vertrou om die nodige geld vir sy behandelings te voorsien. Ná ’n paar maande van behandeling was hy in remissie. Hy het egter weer siek geword en het drie jaar aggressiewe kankerbehandeling ontvang. “Dit was ’n geweldig moeilike tyd vir ons,” vervolg Malan. Toe hy die derde keer met leukemie gediagnoseer is, het die dokters gesê Joshua moes ’n beenmurgoorplanting kry. Die hele gesin is getoets om te probeer uitvind of iemand aan hom die regte beenmurg

ERICA MALAN (links) en Chrizel Kruger.

kon skenk. Hulle het kort voor sy operasie gehoor sy suster, Carla, se beenmurg is 100% versoenbaar met Joshua s’n. “Met beenmurg-oorplanting kan verskeie komplikasies voorkom en hoewel die operasie suksesvol was, het Joshua diarree gekry,” vertel Malan. Sy vertel sy moes hom vir maande in isolasie versorg. “Daar was tye dat ek so kwaad was en so magteloos gevoel het. Maar Joshua het nooit gekla nie. Hy het nooit moed opgegee nie.” Malan vertel sy het meer gefokus op haar kind wat aan die sterf was, maar het toe ’n boodskap ontvang dat sy eerder op die Here moet fokus. En dit is wat sy gedoen het. Sy het haar fokus ook na familie, vriende en haar man se ondersteuning verplaas. Joshua het gesond geword en is steeds in remissie. “My boodskap aan julle vandag is: Gee jou probleme vir die Here. Hy maak dit beter.”

Foto: Ilse Watson

3

Madonsela besoek hospitaal Ilse Watson VERLEDE WEEK het die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, en haar span die hospitaal op Postmasburg besoek. “Die hospitaal is een van die swakstes wat ons nog besoek het. Die hospitaal het uitstekende personeellede wat omgee vir die mense wat hulle versorg, maar die toestand van die hospitaal is teleurstellend,” het sy gesê. Madonsela was op ’n toer in die NoordKaap om met die onderskeie gemeenskappe oor gesondheid, armoede en algemene probleme met dienslewering op die onderskeie dorpe in die provinsie te praat. Sy het sporadies klagtes van dokters ontvang oor die probleme wat in hospitale ondervind word. Die probleem-aangeleenthede wat sy ondersoek, is onder meer die hoë getal sterftes van pasgebore babas, die bestuur van hospitale en klinieke, die gehalte van dienslewering aan pasiënte en ook die omstandighede waarin personeellede van hospitale en klinieke moet werk. Met haar aankoms by die hospitaal het sy die hospitaalbestuurder, Chocky Rakumakoe, ontmoet en aan

DR. CHIKE EZULU, die enigste dokter van die hospitaal, besoek saam met adv. Thuli Madonsela ’n kamer in die kraamsaal. Foto: Ilse Watson hom verduidelik wat die doel van haar besoek is. Sy het versoek om die kraamafdeling te besoek, aangesien babasterftes hoog op haar voorkeurlys is. Rakumakoe het gesê daar is slegs een dokter en sewe provinsiale susters in die hospitaal. Op nagskof is net een suster vir die kraamafdeling beskikbaar.

Die hospitaal het net 30 beddens, terwyl 100 pasiënte versorg moet word. Ernstige gevalle word na Kimberley verwys. Hy het ook gesê die toerusting in die hospitaal is baie oud en daar is geen sprake van funksionele toerusting in die teater nie. Vir die kraamafdeling benodig hulle

noodtoerusting soos broeikaste en sonarmasjiene. “Ons sukkel om dokters in diens te hou, want ons het baie probleme met verblyf vir die personeellede. Verblyf is baie duur weens al die mynbedrywighede in die omgewing,” het dr. Chike Ezulu, die enigste dokter van die hospitaal, gesê. “Junie en Julie was die ergste maande wat ek nog by die hospitaal beleef het. Maar ek staan elke oggend op en doen my werk, want ons is almal passievol oor ons beroep.” Ná die hospitaalbesoek het Madonsela en haar span na die Postmasburgse stadsaal vertrek. Op dié openbare vergadering het sy algemene klagtes van die gemeenskap aangehoor.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Daar is lewe ná kanker “MOET nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Nie jou gesondheid nie en ook nie die gesondheid van jou kinders nie. Kanker kan jou lewe in ’n oogwink verander.” Dit was die woorde van Jana du Plessis (van Bloemfontein) toe sy onlangs op ’n Kansa-oggendteeparty gepraat het. As ’n mens na kanker-oorlewendes se stories luister, gebeur daar ’n paar dinge met jou. ’n Mens besef maar net weer hoe jy alles as vanselfsprekend aanvaar en jy word deur hul woorde tot in jou tone toe geruk. Jy besef ook dat jy uiters ondankbaar kan wees met tye en sommer net kla oor nonsens. Hoe maklik doen ons dit nie om net deur die lewe te gaan en te dink alles is goed en wel en niks kan skeefloop nie? Al het ’n mens dalk finansiële probleme of huweliksprobleme, niemand dink regtig daaraan dat kanker die lewe drasties gaan verander nie. Want kanker bekruip jou stilstil.

Dit tref jou wanneer jy dit die minste verwag. En elke kanker-oorlewende wat praat oor sy ervaring vertel dat hulle dit nooit sou oorleef het sonder die hulp en ondersteuning van vriende en familie nie. Maar belangrikste van alles, hulle sou dit nooit oorleef het sonder God in hul lewe nie. Daar is hoop. Daar is lewe ná kanker. Met ’n sprankel in die oog en ’n groot glimlag op hul gesig vertel hulle vir jou om nooit moed op te gee nie. Dit is sekerlik ’n boodskap wat ’n mens kan onthou in enige moeilike situasie waarmee jy sit. Positiewe denke is nog ’n aspek van hul gesprekke. Wat jy dink, is wat jy glo. Makliker gesê as gedaan, veral as jy in ’n groot krisissituasie is. Maar dit is belangrik om positief te wees en te bly. ’n Positiewe gesindheid het al menigmale moeilike situasies makliker gemaak. En onthou: Daar is altyd hoop. En die genade van Bo.

God wil oral gedien word Schalk Theart DAAR is ’n mylpaal wat bereik moet word. Die een of ander tyd gaan die lint gebreek word. Dít is wanneer die laaste wedloop voltooi is. Dan sal alles onder een naam verenig word: Christus. Die profeet Sagaria sien iets hiervan raak. In 520 v.C. lê die tempel en die stad Jerusalem in puin. Die volk Israel is in ballingskap weggevoer. Die jakkalse speel saans tussen die bouvalle. Die Persiese koning het toestemming gegee dat die stad en tempel herbou kan word. Niks is so aansienlik soos Salomo se tempel nie. Dit wat herbou word, word ook vir die Here gedoen. Op die tulband van die priester moet staan: Heilig aan die Here. Sagaria sien iets besonders raak. Hy bring ’n boodskap bloot deur Sy naam. Hoor hoe het hy al gesê: “Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees sê die Here van die

leërskare.” Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Hy sien Jesus Jerusalem binnery op ’n donkie. Hy sien die wonde aan sy Heiland se hande. Die Herder word geslaan en Sy skape verstooi. Die dag sal aanbreek dat elke duimbreedte van die hele aarde aan die Here gewy sal wees. Hy sê verder: “Selfs die potte in die huis van die Here sal soos die offerkomme by die altaar wees.” Dit is die Woord van God: Dat elke mens, elke plek, elke taak, elke dier – alles op die aarde aan God behoort. God wil oral geken, gedien, vereer en geprys word. Jesus het ’n bloedspoor oor die hele aarde kom trap. ) Ds. Schalk Theart is ’n leraar aan die NG kerk op Daniëlskuil.

Kalahari se trots DIE trots van die Kalahari bly maar die pragtige eland. Die foto is by Dithaba Lodge geneem.

Foto: Vincent Ward

Opvoeding van publiek nodig MARIUS VAN DER MERWE, Kathu: EK kan nie meer saamstem met Theuns Coetzee in die Kalahari Bulletin van 15 Augustus nie. Ek bly nou twee jaar op Kathu en kan weekliks sien hoe die dorp agteruitgaan. Ek neem kennis van Coetzee se siening dat die inwoners moet betrokke raak, maar ek sien dit in ’n effens ander lig as hy. Dit is goed om ’n voorbeeld te stel deur skoonmaaksessies te reël en so aan, maar die permanente oplossing is om rommelstrooiery te stop eerder as om elke keer maar weer skoon te maak. ’n Munisipale amptenaar het voorheen in een van die koerante genoem dat die probleem by die publiek lê wat rommel strooi. Hy het egter nie gesê wat die munisipaliteit se strategie rondom die opvoeding van die publiek in hierdie verband is nie. Daar is byvoorbeeld geen advertensies in hierdie verband op die dorp te be-

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Kosbare tyd snel vinnig verby Lizette Slabber DIT was met skok dat ek besef het dit is al die 33ste koerant vir 2013 wat uitgereik word. Dit beteken slegs 17 koerante is vir die jaar oor, wat natuurlik ook beteken dit is net 17 weke tot Kersfees. Waarheen het 2013 verdwyn? Die een oomblik het ons nog met die uitslae van die 2012-matriekeksamen gestoei en die volgende oomblik is die opening van die Kalahari Mall net ’n maand weg. Ek onthou nog goed die opgewondenheid oor die sonparke en die vraag oor watter inkopiesentrum eerste klaar sou wees. Vroeër vanjaar was ons seker die Kgalagadi Mall gaan eerste oopmaak en nou ry ons

daagliks verby die Kalahari Mall en sien hoe die werkers al verf. Toe ek jonger was, het dit vir my gevoel asof elke jaar só stadig verbygaan. Ek het eens trots vertel ek is al sewe en ’n half; nou wil ek my kinders styf vashou om te keer dat hulle langer, groter en ouer word. Daagliks stel ek ’n lysie op van al die dinge wat ek die dag móét doen. Bel my suster, koop vitamiene, gaan ’n naweek weg, bederf my ma . . . en

speur nie. Die SAPD behoort ook hier ’n rol te speel, want soos ek dit het, is rommelstrooiery onwettig. Groot myngroepe soos Anglo American, ARM en BHP Billiton belê groot bedrae geld op Kathu vir werknemerbehuising en ek glo die rede waarom water- en elektrisiteitvoorsiening nog goed is, is toe te skryf aan die insette van Anglo American (Kumba). Hierdie mynhuise moet egter hul invloed gebruik om te verseker dat die Gamagara-munisipaliteit belastinggeld in belang van die dorp bestee, ook in terme van die skoonhou van die dorp. Waar is ons politieke partye en belastingbetalersvereniging? Dit is organisasies wat saam met die bekommerde inwoners die munisipaliteit op

die werklikheid is week ná week gaan verby waar ’n mens eerder werkdinge as hartsdinge doen. Die jaar het nog net 17 weke oor en die hartseer is dat daar selfs nog minder tyd gaan wees vir die lekker en belangrike dinge in die lewe. Want dié tyd van die jaar neem alles in spoed toe. Ons versnel ons pas en voordat ons ons oë uitvee, tel ons die minute na 2014 toe af. Ek smag na meer ure in ’n dag, meer tyd saam met geliefdes, minder jaag na geleenthede; veral na meer tyd vir stil wees, koffie drink op die stoep, laat slaap en om sommer net saam met die kinders op ’n bank te sit en na ’n komedie kyk.

hul tone moet hou. ’n Ander baie groot probleem op Kathu is die verkeer. Waar is Kathu se verkeersbeamptes? Ek het in my twee jaar as inwoner nog nie een keer ’n verkeersbeampte ’n boete sien uitskryf nie of selfs net gesien nie! Die verkeer is chaoties. Elke Maandag is daar minder verkeerstekens en straatligte op Kathu. As ons gelukkig is, verwyder die munisipaliteit die beskadigde artikels ná ’n baie lang tyd, maar ek het nog weinig gesien wat herstel of vervang is. Hoe bestee die munisipaliteit sy geld? Miskien is dit tyd dat die begroting en besteding in die plaaslike koerante gepubliseer word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Gemeenskap se hulp dra gesin Ilse Watson KLEIN Jean-Pierre de Villiers is met ’n gesplete verhemelte en lip gebore en is ook met Golden Har-sindroom gediagnoseer. Hy is slegs een van sewe kinders in Suid-Afrika wat met dié sindroom gediagnoseer is. Hy is ook met net een oor gebore. “Ek en twee ander vriende het besluit om in Julie 2014 Kilimandjaro te gaan uitklim om geld vir die Smile Foundation in te samel. “Daar is baie mense wat nie die nodige geld het om ’n gesplete verhemelte te herstel nie. “Ons wil met die projek R250 000 insamel en dit vir die Smile Foundation gee sodat ons ander kan help,” vertel Jean-Pierre se pa, Pierre de Villiers. Op vyf maande oud het Jean-Pierre sy eerste operasie gehad om die gesplete verhemelte en lip te herstel en twee maande later het hy nog ’n operasie ondergaan. “Ons het wel ’n siekefonds gehad, maar daar was soveel uitgawes waarby ons nie kon uitkom nie. ’n Barmhartige Samari-

taan (ons weet tot vandag toe nie wie dit was nie) het die ekstra geld betaal en iemand anders het ook vir ons ’n bykomende voertuig gegee. Jean-Pierre het só baie longinfeksies ná die operasies ontwikkel en iemand van Kuruman het ons huis se dak geïsoleer. Dit het baie gehelp,” vertel de Villiers. “Sonder die ondersteuning van familielede, vriende en sulke ongelooflike mense wat op jou pad kom, sal ’n mens nooit so iets kan oorleef nie. Ons het ook altyd geglo dat God sal voorsien wanneer dit nodig is en dat Hy ons deur die moeilike tye sal dra.” Om geld in te samel gaan ons binnekort op die Kuruman-skou ’n boereworsstalletjie hê. Ons beplan ook om lootjies te verkoop waartydens baie oulike pryse gewen kan word. “My dogtertjie, Jané, se gr. 3-klassie van die Laerskool Kathu het gehelp om plakkate te maak sodat ons ons stalletjie op die skou daarmee kan verfraai,” vervolg De Villiers. “Ons is ’n baie hegte gesin en ons het mekaar deur die moeilike tye gedra en ons sal aanhou om dit te doen. Sonder die ondersteuning van my vrou en kinders sou ek nie die Kilimandjaro-projek kon aanpak nie.” Hulle beplan ook ’n uithouwedren vir motorfietse en ander viertrekvoertuie. Hulle wil ook graag betrokke raak by die opkomende Kumba-fietsrydag wat op 21 September plaasvind. Verskeie ander mini-projekte word ook nog beplan. Enigiemand wat betrokke wil raak by die besondere projek kan De Villiers by 078-793-1684 bel of e-pos stuur aan pwb.devilliers@gmail.com of Ilse Watson by 079-831-5579 bel of e-pos aan haar stuur by ilse.watson@volksblad.com.

PIERRE DE VILLIERS saam met sy seuntjie, Jean-Pierre.

Foto: Ilse Watson

DIE amptelike logo vir die Kilimandjaro-ekspedisie wat vir 2014 beplan word. Foto: Verskaf

’n PRAGTIGE plakkaat wat deur Jané, sussie van Jean-Pierre, en haar gr. 3-klasmaats van die Laerskool Kathu gemaak is. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

9

Oorwinnaars se lewe gevier KANSA op Upington bied vanjaar weer ’n Oorwinnaarsteeparty op die Kalahari-kuierfees aan. Die geselligheid vind vanjaar op Donderdag 26 September om 10:00 in die Meerkatgat plaas. Kansa en die kuierfees wil graag alle kankeroorwinaars nooi om op dié geselligheid oorwinnaars te vereer. Hannes van Wyk gaan as die gasspreker optree en Nadia Louw as sanger. Nooi mede-oorwinnaars saam en kom geniet die oggend saam met Kansa. Antwoord by Joey van der Merwe by Kansa by 054-332-4937. Toegang is gratis.

VANJAAR is Hannes van Wyk die gasspreker op Kansa se Oorwinnaarsteeparty wat op Donderdag 26 September op die Kalahari-kuierfees plaasvind. Foto: Verskaf

Kry kaartjies vir skatersnaakse komedie DIE enigste teaterproduksie wat vanjaar op die Kalahari-kuierfees gaan wys, is Titaniek, ’n skreeusnaakse komedie met Jodie Abrahams en Christo Davids van 7de Laan. Dit gaan oor Boetie Durrie wat moet bewys sy groot-oupagrootjie was op die RMS Titanic voordat hy sy erfporsie kan kry. Die kaartjies vir dié vertoning, Tjif en Tjaf, Sarie Kos en die ander vertonings kan van Maandag 2 September af by die feeskantoor gekoop word. Foto: Liza van Deventer

Kuierfees gaan kook HERMAN LENSING en Barbara Joubert van Sarie Kos tree twee keer op die Kalahari-kuierfees op. Foto: Verskaf

HERMAN LENSING, oudUpingtonner en kosredakteur van Sarie Kos, gaan weer vanjaar die Kalahari-kuierfees met sy kosdemonstrasies opvrolik. Hy en Barbara Joubert, redakteur van Sarie Kos, gaan op Vrydag 27 September om 14:00 en op Saterdag 28 September om 12:00 optree.

Hulle het spesiaal vir die 21ste bestaansjaar van die Kalahari-kuierfees op ’n vars benadering tot “onthou-kos” gefokus. Vanjaar tree hulle in die Meerkatgat op. Kaartjies kos R150 wat die Eiland-dagkaartjie insluit. Kaartjies sal van Maandag 2 September af by die feeskan-

toor beskikbaar wees. Rig verdere navrae aan die feeskantoor by 054-332-1100 of besoek die kuierfees se webwerf by www.kuierfees.co.za. Maak ook gerus ’n draai op die kuierfees se Facebookblad. Kaartjies sal ook by die Meerkatgat se ingang beskikbaar wees.

FREE LOCAL DELIVERY Handling fee applies to bricks and cement.

Enquire in-store for details.

QUALITY BUILDING MATERIALS, PAINT, TOOLS AND HARDWARE

PAINT

TILING

PAINT ACCESSORIES

DURAM WALL & CEILING

DURAM FLEXIWALL

Various 5 Litres

Various 5 Litres

184.95

167.95

SKU: Various FROM

Q IN ONE

SKU: Various FROM

20 Litres

20 Litres

SKU: Various FROM

SKU: Various FROM

599.95

642.95

Drip Oil • 100ml

DURAM FLEXIKOTE

FREE MEMBRANE

SKU: 301866

Q20

Q10

Multipurpose Lubricant 300g

Penetrating Fluid 150g

51.95

31.95

Various Colours 5 Litres + Free Membrane SKU: Various

SKU: 301865

133.95

MARULA MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

SKU: 301864

51.95

SKU: 301731 Price per m 2

MARULA BROWN

69.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2 SKU: 301732 Price per m 2

BATH SUITES

LADDERS

69.95 MOPANE MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

6 PIECE BATH SUITE White with Plastic Cistern SKU: Various

1 313.70

A-FRAME LADDER

COMPRISING OF:

SKU

UNIT PRICE

SKU: 302438

Bath 1,7 (With Handles)

5250

Cistern Plastic Ecolux

5328

P- Pan LL Rapido

5370

Courier Basin

5392

Pedestal Full

5344

Toilet Seat Contract Elf 82

592101

SKU: 301726 Price per m 2

6 Step • 1,8m

MOPANE PEACH

569.95 186.95 118.95

599.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

EXTENSION LADDER

188.95 208.95

3m - 6m

69.95

SKU: 301730 Price per m 2

SKU: 302432

1 429.95

39.95

SKU: 628253

TYLON GROUT 5kg • White 5kg • Dove Grey

SKU: 628560

PREPAID HOME ACCOUNT

4728

VALID ONLY IN SOUTH AFRICA

RSA • WK09 • 190x260 VALID UNTIL SUNDAY 22 SEPTEMBER 2013

PLEASE NOTE THAT SELECTED PRODUCTS MAY NOT BE AVAILABLE IN ALL STORES, OR COULD DIFFER SLIGHTLY FROM PRODUCT IMAGE SHOWN.

201

E & O E. ALL PRICES INCLUDE 14% VAT

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

TYLON TILE ADHESIVE 5kg

SKU: 628552

www.cashbuild.co.za • 0861 CASHBUILD (227 428 453)

69.95

5kg • Light Grey

26.95 20kg • WB9

SKU: 628205

39.95

SKU: 628566

47.95 59988 REDWORKS


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Toneelaand groot sukses Lizette Slabber

DIE Hoërskool Duineveld het op 23 Augustus ’n ATKV-toneelaand aangebied. Dié aand is aangebied met die samewerking van die ATKV-jeugtak van Duineveld en die ATKV-Rooiduintak op Upington. Dié toneelaand het die jaar se uitstekende prestasie op die Namakwaland-toneelfees op Springbok, die Logan-toneelfees op Fraserburg en die

ATKV-tienertoneelkompetisie in Bloemfontein ten toon gestel met die opvoering van die bekroonde toneelproduksies Pille en Die Fynproewer. Dié twee produksies het die gehoor in vervoering gehad met die gehalte van die toneelspel, beligting, dekor en verhooggrimering. Tussen die opvoering van die twee produksies het die dramagroep van Duineveld ook gewys waarom hy so goed in die kykNET-toneelkompetisie, op die Klawer-kunstefees en op

die Calvinia-eisteddfod gevaar het. Floris Thirion, Joline Human, Coerath Claassens, Lucinda Deacon, ’n mimiekgroep, en Chrisna Opperman het die gehoor met ’n groot verskeidenheid individuele nommers vermaak. Een van die hoogtepunte van die aand was beslis ’n duet van Coenrath en sy oupa, Dave Möller. Coenrath het die kitaar en sy oupa die trekklavier bespeel.

MARITÉ DU PLESSIS (links) vertolk die rol van Anja en Annemie Myburgh die rol van Martie in Pille. Foto’s: Lizette Slabber

DAWIE VAN HEERDEN speel die rol van Herman en Erina Kruger is sy sekretaresse, Vanessa.

DIE grimerig op Dawie van Heerden se gesig verander hom gemaklik in ’n middeljarige man, perfek vir die rol wat hy in Pille vertolk. Die karakters se grimering is deur Olga Malan gedoen wat verantwoordelik is vir die teks, regie en afrigting van die kinders.

JOLINE HUMAN speel die rol van Madelein en Franco Harmse die rol van Janus wat enigiets sal doen om as rugbyspeler te presteer.

BRENDAN VAN ZYL speel die rol van ’n gas in ’n restaurant wat met alles fout vind en ’n geheime agenda het. Hier bestel hy ’n bottel wyn by Nadine van Zyl wat die rol van die wynkelner vertolk.

IN Die fynproewer speel Leoné du Preez die rol van die kelner en Zandri du Plessis is die hoofdame.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Foto’s: Ilse Watson

Die lente is weer hier. . .

DIS heerlike lente, die winter’s verby; weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o! Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.

Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

) Kalahari Bulletin Kathu wens al sy lesers ’n genotvolle Lentedag Sondag toe.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kalaharibulletin.co.za

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Nog plek vir uitreik DIE 10/40-Nooduitreikgroep van Kathu vertrek in Oktober na Rusland en die doel van hul besoek is om die Kalmykia-mense deur gebed te dien. Die Kalmykias is ’n onbereikte groep mense in die suide van Rusland. Hul geloof is Tibettaanse Boeddhisme. Kathu-uitreik het tans ses mense wat aangedui het dat hulle die reis wil meemaak. Daar is nog geleentheid vir mense om deel te wees van die span. Die beplande datums van die besoek is 30 September tot 16 Oktober. Enigiemand wat geroepe voel om saam te gaan kan vir Susan van der Berg by 084-701-0894 bel of ’n e-pos stuur aan kathuuitreik@gmail.com.

Kathu se Hendrik vermaak op fees HENDRIK SPANGENBERG van Kathu tree op 30 en 31 Augustus op die Gariep Kunstefees in Kimberley op. Sy nuwe CD, Sal jou onthou, sal ná elke vertoning beskikbaar wees. Tien van die liedjies op die CD is oorspronklik geskryf en die liedjie Solank jy myne bly vaar baie goed. Kaartjies is by Computicket of die hekke van die fees beskikbaar. Besoek gerus Hendrik se Facebook-bladsy by www.facebook.com/ hendrik.offcial. Jy kan ook meer oor Hendrik se loopbaan lees op sy webblad by www.hendrikspangenberg.co.za. Lees meer oor die Gariep Kunstefees by www.gariepfees.co.za.

Three celebrities to join cycling race Ilse Watson NEXT MONTH sees cyclists and spectators from across the Northern Cape descend on Kathu for the Kumba Iron Ore Classic, one of the most popular cycling challenges across the country. This year, to add to the excitement of this highly-anticipated race, three major celebrities will be joining the race, offering the public the once-in-a-lifetime opportunity to ride with them. The Kumba Iron Ore Classic Cycle Race will take place on Saturday, 21 September, kicking off at the Kalahari Country Club in Kathu. The race, which is a seeding event for both the National Classic and Cape Argus Pick n Pay Cycle Tour, provides entrants with an opportunity to compete in either a 50 km or a gruelling 105 km race. Local radio presenter Boitumelo Korogo, singer Izak Davel and renowned model and international movie star Vanessa Haywood

will all be taking part in the 50 km race, testing their pedalling skills against some of the country’s leading amateur and professional cyclists. Further to this, this celebrity team will have a number of wildcard spots which will be open to the public, allowing avid cyclists the opportunity to ride with their favourite personality. “We are really excited to have the ambassadors on board and look forward to welcoming them to Kathu,” comments Tanya Aucamp, Communications manager at Kumba’s Sishen Mine. “We are also delighted to give cycling fans the chance to ride with these celebrities, and join the Kumba Iron Ore team.” To enter the race or for more information visit www.cycleevents.co.za/road-event.

VANESSA HAYWOOD who will participate in the race. Photo: Supplied

Laat speke sing vir dowe mense DEAFNET hou ’n fietstoer in die NoordKaap om geld vir dowe mense in te samel. Die toer begin op 31 Augustus en eindig op 6 September. Die toer begin in Kimberley en verskeie dorpe in die Noord-Kaap soos Daniëlskuil, Kuruman, Kathu, Olifantshoek en Upington word besoek. Kyk uit vir die fietsryers en help ondersteun hulle in hul goeie saak.

Kry nuus só in koerant VIR enige nuusgebeure, briewe of inligting oor gebeure by jou skool of klub, skryf gerus aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-8315579. Vir die plasing van enige advertensies in die koerant kontak die advertensiekonsultant Madri Scheepers by madri.scheepers@volksblad.com of bel haar by 083-578-7198. Absorbeer elke oomblik en geniet elke geur Geniet elke soet klankie, en ook elke kleur. Kom laat ons almal die wonder van lente waardeer.

TER viering van die lente plaas ons hierdie week gedigte oor dié wonderlike en pragtige seisoen. Gedig deur Sakkie van Tonder: Lente is Pragtig, en ag tog so mooi. Wonderbaarlik is ons landskap met vreugdevolle kleure getooi. Dis blou, dis pienk, dis groen en dis rooi, Mens maar die wêreld is met prag bestrooi. Die lied wat ek so uit my hart sing Dis die Liefde en vreugdes wat die Liewe Vader ons bring Maak oop jou ore en hoor die voëls sing. Dis beloftes van somer wat die lente ons bring. Maak oop jou hart, en maak oop jou deur.

Kyk, dis September weer, deur CGS de Villiers: Kyk, dis September weer; laat al die vure brand! Dan hou ons weer ’n keer braaivleis doer by die strand. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby. Lente is oral weer, blou branders aan die strand, velde vol blommefleur; knoop nou die liefdesband. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Bome dra tot beter toekoms by SUID-AFRIKA vier van 1 tot 7 September vanjaar Nasionale Boomplantweek. Boomplantweek fokus op die plant en versorging van bome, veral in agtergeblewe gemeenskappe. Dié veldtog, wat deur die departement van landbou, bosbou en visserye aangebied word, wil hierdeur die waarde van bome en hul aandeel in die handhawing van die mens se bestaan herbevestig. Vanjaar se boomplantveldtog sal die tema Ons woude – ons toekoms hê. Bosbouplantasies, inheemse woude en natuurlike boomveld is ’n integrale deel van wêreldwye volhoubare ontwikkeling en daarom word die aanplant van inheemse bome, vrugtebome en bome wat vir die plaaslike omgewing geskik is, aangemoedig. Nasionale Boomplantweek wil die volgende bereik: ) verbeter kennis van inheemse bome; ) beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan dat almal tot die vergroening van Suid-Afrika moet bydra; ) beklemtoon die ekologiese bydrae van bome in die omgewing; ) dra by tot ’n groen, waardige en gesonde omgewing; en ) moedig die jeug aan om aan boomplantaktiwiteite deel te neem. In Suid-Afrika is die aanplant van bome van groot belang om die lewensgehalte van die bevolking te verbeter en die boomlose stedelike woonbuurte en die HOP-huise te verfraai.

PLANT bome - dit gee lewe.

Foto: Ilse Watson

Loop só lig vir TB Yolandi van Deventer TUBERKULOSE of TB is ’n infektiewe siekte wat deur ’n groep organismes, Mycobacterium Tuberculosis, veroorsaak word. TB-organismes val gewoonlik die longe aan, maar kan enige deel van die liggaam aantas. Dit word deur druppels versprei deurdat ’n geïnfekteerde mens byvoorbeeld hoes of nies en iemand anders dit dan inasem. Simptome wissel, maar van die vroeë simptome wat kan voorkom, is: ) koors; ) nagsweet; ) gewigsverlies; en ) hoes langer as twee weke. Simptome wat later kan voorkom, is: ) bloed in die sputum; en ) longontsteking wat nie opklaar nie. TB is ’n behandelbare en geneesbare siekte, mits die medisyne wat voorgeskryf word heeltemal korrek toegedien word. Die groot gevaar van TB-medisy-

ne wat nie geneem word nie, is dat die pasiënt weerstandig raak teen die medisyne en gevolglik intensiewe behandeling moet ondergaan wat oor ’n langer tydperk geskied. Die diagnose van TB kan gemaak word deurdat die geneesheer ’n sputummonster na ’n laboratorium stuur, asook deur X-straalfoto’s van die borskas te neem en bloedtoetse te doen. TB is ’n aanmeldbare siekte en betrokkenes word dus deur wetgewing verplig om gevalle aan te meld ten einde die siekte te beheer en te bestuur. Indien die pasiënt MIV-positief is, is die kanse ook hoër dat hy/sy met TB besmet kan word, omdat die immuniteit reeds verlaag is en die pasiënt ontvankliker vir infeksie is. Kort ná geboorte word babas teen TB ingeënt. Dit word gewoonlik voor ontslag reeds in die hospitaal gedoen. Die inenting behels dat ’n inspuiting (BCGinenting) in die baba se arm gegee word, net onder die vel.

Die newe-effekte van die inenting sluit in: ) ’n “knop” onder die vel; ) die knop kan soos ’n puisie raak met vog wat dreineer; en ) sodra die “roof” afval, vorm dit ’n letsel. Dit is baie belangrik dat die plek waar die inspuiting toegedien is, geensins “behandel” moet word deur salf aan te smeer of daaraan te druk nie. Dié inenting is verpligtend in SuidAfrika en is deel van die verpligte inentingskedule vir babas. Indien jy in regstreekse kontak met ’n TB-geïnfekteerde mens was, maak seker jy noem dit aan jou geneesheer waar daar veral by kinders profilaktiese medisyne gegee kan word om besmetting te keer. Wanneer jy in kontak was met ’n TB-geïnfekteerde en jy simptome toon, gaan na jou naaste kliniek of dokter. ) Gesondswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Klip word kuns in hul hande Benneli Olivier Van der Walt

DIEP in die hart van Kathu se nywerheidsgebied is die Zonke Stone Art-werkswinkel. Wannop Dehwe is ’n meester-klipbeeldhouer wat nou sy kennis aan sy vier studente oordra – daar word daagliks kliphard gewerk. Wannop is oorspronklik van Harare in Zimbabwe. Hy het in 1980 na Suid-Afrika gekom. Hy het sy talent verder ontwikkel by die Retumileng Cultural Village in Mafikeng. Daarna het hy aan die Internasionale Skool, ook in Mafikeng, klas gegee. In 2002 het Wannop na die Noord-Kaap verhuis waar hy sy beeldhouwerk op ’n nuwe vlak begin beoefen het. Hy het in 2008 geld van die Gamagara-munisipaliteit ontvang om sy besigheid te begin en opleiding te gee. In 2011 het die Assmang Khumani-myn vir hom die

geleentheid gegee om Zonke Stone Art op die been te bring. Nou lei hy ander op in die kuns van klipbeeldhouwerk. Zonke Stone Art is deesdae ’n suksesvolle plaaslike onderneming. Klipbeelde word op die perseel verkoop. Die soort klip wat gebruik word, word “wonder stone” genoem. Dié klip kom al die pad van Ottosdal af. Zonke Stone Art het onlangs ’n uitstalling in Johannesburg by die deftige Gallagher Convention Centre in Midrand bygewoon. Die kunswerke is ook die komende naweek op die Gariep Kunstefees in Kimberley te sien. Die uitstallings word moontlik gemaak deur Assmang Khumani Mine en Aurecon. Belangstellendes is altyd welkom om by die werkswinkel ’n draai te maak en self te sien hoe die beelde met die hand gemaak word.

LINKS: Wannop Dehwe aan die werk. Regs: Een van Wannop se pragtige klipbeelde. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Groep leer nuwe kunstegniek flink aan Benneli Olivier Van der Walt VERLEDE week het die Goue Gerwe van Kathu weer bymekaargekom om iets nuuts te leer. Malinda Roux van die Artistica-kuns-en-geskenkewinkel, het die groep mense ’n nuwe kunstegniek geleer. Die sessie is begin met ’n opening deur Lottie Burden, voorsitter van die Goue Gerwe. Die verversings is deur die vrouelede van die groep verskaf. Die groep was vuur en vlam om te begin leer en doen. Theodora Tsalao van die Kathu-biblioteek het ook die byeenkoms bygewoon met boeke vir die groep om te leen. Die groep het geleer hoe om te modge podge. Modge podge is ’n kunstegniek waar servette, papier of selfs materiaal op ’n voorwerp met ’n spesiale modge podge-gom vasgeplak word. Dié tegniek kan gebruik word om enige vaal huishoudelike artikel mee te verfraai. Potplantpotjies, glasbottels en houtrakkies is ideale voorwerpe om te modge podge. Om ’n voorwerp te podge verf jy die gom op die voorwerp en plak dan die prentjie vas. Daarna verf jy omtrent drie ekstra lae podgegom op die voorwerp. Dit verseker dat die prentjie mooi op die voorwerp vasplak en met ’n mooi glans droog word. Om ’n houtvoorwerp te podge, moet die hout eers met akrielverf ’n neutrale kleur geverf word. Alle modge podge-benodigdhede en -produkte is by die Artistica-kuns-en-geskenkewinkel beskikbaar. Die groep is elke Vrydag voor Shoprite waar

hulle pannekoek en worsbroodjies vir geldinsameling verkoop. Die Goue Gerwe kom elke Dinsdag om 10:00 in die NG kerk se saal op Kathu bymekaar vir verskillende aktiwiteite. Hulle nooi voornemende nuwe lede om hulle gerus te kom vergewis van wat op die vergaderings gebeur. Op 10 September gaan die Goue Gerwe ’n Erfenisaand hou waarop kos van verskillende kulture voorgesit sal word. Vir enige navrae, kontak Lottie Burden by 072-085-5272.

ANNTJIE COETZEE doenig met die fyn uitknipwerk.

VOORBEELDE van modge podge-werke.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

15

VIER krieketspelers van die Laerskool Kuruman is in die Kalahari-streekspan ingesluit wat die naweek aan die Griekwaland-Wesse plattelandproewe op Upington gaan deelneem. Van links is Gareth Blake (o.11), Henrico Theron (o.13), Eaghan Coetzee (o.13) en Rohan Theron (o.11).

DIE Wrenchville-span is van links, voor: Eaghan Coetzee, Russel Keet, JP Minaar (kaptein) en Werner Buys; agter: Daryll Peacock, Jeffrey van Wyk, Edwin Coetzee, Neville Bridges, Ayrton Heyns, Rick Fortuin en Henry Conner.

Wrenchville trek haas uit die hoed DIE Wrenchville-krieketspan het onlangs kragte in twee vriendskaplike wedstryde met die Apex–span van Upington gemeet. Met heelwat sleutel-spelers wat beseer is en ’n ongewone kolfblad het die span van Wrenchville eers gesukkel, maar op die tweede dag van die wedstryd het hulle ’n hele paar hase uit die hoed getrek. Met ’n kolfblad wat aansienlik stadiger vertoon het, het die kaptein, JP Minnaar, besluit om die boulaanslag te begin met die draaibal-boulers. Die draaibalboulers het die lopies ingekort en sodoende die druk vierkantig op die kolfspan geplaas. Hierna het Minnaar die vinnige boulers laat boul en die paaltjies het op reëlmaat gekantel danksy uitstekende veldwerk deur die hele span. Die uitblinker-boulers was Daryll Peacock

met 4 vir 18 lopies, Ayrton Heyns en Claud Viret met 2 paaltjies elk. Jeffrey van Wyk en Edwin Coetzee het elkeen een paaltjie geneem. Apex was almal uit vir 114 lopies. Wrenchville was vroeg in sy kolfbeurt in die moeilikheid met 25 lopies vir die verlies van 2 paaltjies, maar hierna was dit nag vir die span van Apex met Edwin Coetzee en Jeffrey van Wyk voor die penne met goed berekende krieket. Hulle het onderskeidelik 30 n.u.n. en 57 n.u.n. aangeteken. Wrenchville het met agt paaltjies gewen. Jeffrey van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Wrenchville-span wil ook die Apex-span bedank vir die goeie gees waarin die wedstryde gespeel is.

Haal SA se B-span MAGDALEEN DU PREEZ, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, het die afgelope naweek ’n derde plek in die windbuksskietkompetisie op Upington behaal. Met die prestasie is sy in die Suid-Afrikaanse B-span ingesluit wat op 23 en 24 September in Johannesburg gaan deelneem.

THE senior choir of the Kuruman Primary School was invited to perform at the official opening of the nine new Early Childhood Development Centres funded by Kumba at the Lareng Primary School. The conductor is Meldine Mackriel.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

CONTRACTORS or private bakkie to cart your goods. Anywhere, anytime. Phone 072 492 4144. DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

RETIRED PRINCIPALS/ Deputies and HODs required for a project in the Kuruman (JTG) area. Project involves facilitation and montoring. Applicants must satisfy the following requirements: * Facilitation and school management experience * Valid driver's licence and own car * Computer literate (Word and Excel) * Have own laptop * Prepare to work on weekends Interested applicants to email their CVs to: igugu@telkomsa.net by 5 September 2013.

OPSAAG VAN SKAAP, bewerk van vleis. Lekkerste biltong, droëwors en chilli bites. Wors, maalvleis, troeteldiermaalvleis op bestelling. Agter- en voorkwarte teen billike pryse. Skakel Arno 082 706 8166.

AANDAG

AKRIELNAELS: R180 vir 'n vol stel. Ek kom doen jou naels by jou huis as jy nie na my toe kan kom nie. Skakel Elize 078 783 8263.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

FORTUNER 3.0 D4D: 4x4, 2012. Outo, wit. 14 000 km. R390 000. Skakel Michelle (053 712 1014/0626 HILUX 1.8: 1997. R45 000. 1996 Isuzu 250: R33 500. Phone 071 967 0285.

SMALLS NOTICE

HILUX 2.4: 2003. Tralies. R79 500. 2000 Hilux 2.4D: R69 500. Phone 071 967 0285.

C.J. Kgatlhane

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089, met nagelate eggenote Kesalamang Flora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083, in lewe van Huis A35, Tzaneen, Wyk 13, Distrik Kuruman. Boedelnommer 1714/2012. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 30 Augustus 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

2005 NISSAN CABSTAR TRUCK, 2-ton, R85 000 neg. 2001 Uno 1.1, R21 000. 1992 Corolla 1.3, R18 000. Phone 073 259 8703. HYUNDAI GETZ, 2005: R55 000. 2005 Corsa R34 500. Phone 071 967 0285. RENAULT: 1985. R9 500. 1985 Cortina: R10 000. 1990 Opel: R16 500. Phone 071 967 0285. SENTRA 1996: R24 500. 1995 Sentra: R22 500. 1995 Mazda: R22 500. Phone 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS 071 967 0285.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. DUNLOP SUV-BANDE: 4 x 255 x 70 xR16. Tans op Pajero. +- 15 000 km se loopvlak nog oor - goeie toestand. R160/band kontant. Skakel 073 293 9637.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

LOST SAMSUNG TABLET: R500 reward for information or recovery. Phone Meshack 072 457 6102.

GROOT 4 SLPK huis met 2 badk, garage, waskamer. Beskikbaar einde Augustus. Skakel Mnr Fourie 082 490 1606.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

PROKMED SENTRUM Hoofstraat, Kuruman. Kantore te Prokmed Sentrum, 1ste Vloer met veiligheidshek. Beskikbaar 1 September 2013. Een jaar huurkontrak minimum. Skakel Phillip van der Merwe 083 287 7377 / 079 548 5000.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

VEILINGS

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

BETREKKINGS Bereik die boonste sport saam met die Shoprite Groep van Maatskappye in hierdie Bestuursposte!

Die Shoprite Groep bied tans hierdie leiersposte in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes provinsies, aan toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone wat graag saam met Afrika se voorste supermark-kleinhandelaar wil groei – want by Shoprite verander ons geleenthede in langtermynberoepe!

Takbestuurders

Met Graad 12 of gelykwaardig, ’n bewese prestasierekord, verkieslik in kleinhandelbestuur, en die vermoë om mense en prosesse te bestuur, asook goeie kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans, sal u volle verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tak aanvaar.

Assistentbestuurders

(Verkope & Administrasie)

Suksesvolle kandidate moet bereid wees om saans, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk en gewillig wees om te hervestig, en in ruil vir u bydrae, bied die maatskappy markverwante vergoedingspakkette, ’n standvastige werksomgewing en die geleentheid tot deurlopende beroepsontwikkeling.

Aanstelling in hierdie poste verg Graad 12 of gelykwaardig en ervaring in ’n kleinhandel- of diensteomgewing. Verdere voorvereistes is effektiewe probleemoplossingsvaardighede, en ’n ingesteldheid op klante en personeel. U moet ’n lewendige belangstelling toon in kleinhandelbestuur en Engels en Afrikaans goed magtig wees.

Stuur asseblief u CV aan 051 410 7704 OF 051 410 7705. Sluitingsdatum: 10 September 2013 Kandidate wat nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Die Shoprite Groep onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie die poste te vul nie.

Leerlingbestuurders

Hierdie geleentheid sal deure vir jou oopmaak om as leier te groei en jou passie vir die kleinhandel uit te leef. En wat meer is, jy sal verdien terwyl jy leer! Jy moet in besit wees van ’n Senior Sertifikaat of ’n Diploma in Kleinhandelbestuur. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Besigheidsbestuur sal in aansoekers se guns tel.

113928

www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Nuwe terrein ingewy DIE Gariep-perdesportklub het vanjaar sy 50ste bestaansjaar met ’n splinternuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif gevier.

Die viering het dié klub as een van die oudstes in die Noord-Kaap laat uittroon. Die klub moes noodgedwonge vanjaar ’n nuwe terrein skep, omdat die ou terrein nie meer in die toekoms beskikbaar sal wees nie. Die eerste byeenkoms was op Saterdag 19 Augustus op die nuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif en as die bywoning van die publiek en die deelname van die perderuiters as ’n maatstaf van die voortbestaan van die klub moet dien, dan is die klub nog in sy kinderskoene. Die groot belangstelling onder veral die jong mense en kinders in die sport het opgeval en volgens lede van die bestuur was daar ’n verdubbeling van inskrywings. Daar was ongeveer 60 perde op die terrein. Die plaaslike gemeenskap het ook die geleentheid besonder goed ondersteun.

ELA ARNON neem aan een van die nommers deel.

WALDO NEL het die jong ruiters ’n ding of twee gewys. Foto’s: Wollie Burger

TAL ARNON konsentreer hard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

23

New vehicles lighten load A NEW addition to the Finch Diamond Mine’s underground fleet of development vehicles arrived last week. The Load Haul Dumper (LHD) will be utilized in the underground expansion project which has just entered its second year of development. The vehicle is one of two that was purchased to replace the older LHD’s that have been used in the Block 4 development some years ago. These new vehicles will help to achieve the required development targets in order to achieve the first tons from the new production area (Block 5 SLC) in 2015. It is also anticipated that the new vehicles will assist in cutting down on development delays due to avoiding vehicle breakdowns on the older machines.

MEMBERS of the Finch Diamond Mine management and production teams, as well as the development contractors, with the new Sandvik LH514 load haul dumper (LHD) machine that arrived last week. Photo: Supplied

Kumba builds new foundations through ECD SOUTH AFRICA continues to have one of the most unequal societies in the world, with rampant poverty proving to be a serious obstacle to social upliftment and economic development. In fact, according to a study by The Presidency (Office of the Rights of the Child), children raised in poor families are most at risk of infant death, low birth-weight, stunted growth, poor adjustment to school, increased repetition of grades and school dropout. The report further states that timely and appropriate interventions are required to reverse the effects of early deprivation and maximise the development of potential, which is why access to Early Childhood Development (ECD) by children between the ages of 0 and 5 needs to be increased. Heeding government’s call for corporate participation, Kumba Iron Ore Limited, a business unit of Anglo American, focuses its community development strategy on the importance of education and community upliftment. This year, in partnership with the Northern Cape Department of Education (NCDoE), Kumba continued its good work in the sphere of ECD. Since 2011 Kumba has funded the construction of nine ECD centres at a total investment of R32 million. These centres are located in Kagung, Magojaneng, Seoding, Batlharos, Mothibistad, Dithakong, Glen Red, Cassel and Ban-

khara Bodulong. These centres were officially handed over to the NCDoE at a community event at the Lareng Primary School in Seoding, one of the centres constructed as part of this initiative. Grizelda Cjiekella, the MEC of Education in the Northern Cape, remarked on the strategic importance of tri-sectoral partnerships between government, the private sector and civil society as one of the best ways to ensure effective access to services, especially for the poorest sections of society. “These remarkable developments and substantial contributions by Kumba Iron Ore since 2011 is indicative of the visionary and proactive leadership of all stakeholders involved. This has resulted in the dynamic and enduring partnership that has developed between the people, the department and Kumba Iron Ore. “This bears testimony to the power and achievements of constructive partnerships among the various sectors of society. “The onus is upon us to continue to use these ECD centres to plant the seeds of tomorrow and to take charge of our lives and our province as proud, confident and united stakeholders in the education of our nation – the architects of a new and better future. “We are grateful as government that Kumba Iron Ore has been so insightful to honour our women by making a tangible and potentially

life changing contribution to the future of our province and our country through this thoughtful donation of ECD centres and equipment to the neediest of our learners. “We hope the communities will demonstrate their appreciation of this investment by ensuring the safety of the equipment, and by utilising the resources and services offered by to improve their lives and help to fight poverty and its dire consequences. “Kumba Iron Ore remains an inspiration because of what the company stands for - a business sector that aggressively protects our nation’s most vulnerable citizens - the poor, the young, the marginalised and the previously disadvantaged majority. “Indeed the Setswana adage that counsels, Lore lo ojwa lo sa le metsi, is well heeded; it shall always be expedient to bend the twig when it is still wet – when those early beginnings will make great endings.” Kumba’s initiative goes beyond just the construction and equipping of new centres. Through the ECD Learnership Programme,

six passionate local women will now be trained as educators. Norman Mbazima, CEO of Kumba Iron Ore, adds that the company considers the programme an investment in the present and the future. “If we want to attract and retain the most skilled employees, and live up to Anglo American’s ambition of being the employer of choice, we need to make our people’s environment as welcoming as possible. Importantly, if they have children, it is our duty to ensure that they have the best access to education possible.” Kumba believes that the company’s continued growth is linked not only to their business operations but also on delivering on its social and environmental responsibilities. “We strive to transform the communities we partner with. We understand that real transformation begins with education, which is why we support such important educational programmes such as ECD,” Mbazima concludes.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Balle, rande rol putjie ná putjie in Ilse Watson

KANSA op Kathu het verlede Saterdag ’n gholfdag ten bate van Kansa se Relay for Life gehou. Dit was by die Kalahari-buiteklub en spelers het om 12:00 op putjies een en tien afgeslaan. Elke span moes R500 betaal. Die wenners is: Naaste aan die pen: Wilhelm Kruger en Shaun Changuion. Verste dryf: Johan van Rensburg. Eerste plek: Rikus Terblanche en Johan Gerber. Tweede plek: Christian Voigt en Keenan Aysen. Derde plek: Dolf Viljoen en Johan Fourie.

VAN links is Dean Schonegevel, Hermus Venter, Christian Voigt en Keenan Aysen.

HIER is, voor: Rudi Besselaar; van links agter: Ruaan Hattingh, Tommie Pearson, Henno Besselaar en Bennie Botes.

Foto’s: Ilse Watson


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.