Kathu bulletin 30 mei 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

30 MEI 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Raadop met rommel Ilse Watson “DIE vieslike rioolwater loop in ons boorgate in en die vullis lê die hele dorp vol,” sê George Viljoen, inwoner van Deben. Eienaars van huise op Deben kla dat hierdie gemors nou al meer as twee maande duur. Hulle moet self koste aangaan om hul dreine, wat inmekaartuimel, te herstel. “Die Gamagara-munisipaliteit lewer net nie die dienste waarvoor ons betaal nie,” vertel Viljoen. As ’n mens deur die strate op die dorp loop, is dit verstommend om te sien hoe netjies die mense se huise en tuine onderhou word. Maar voor baie van dié huise lê ’n hoop rommel van tuinvullis en ander materiale. Dit lyk nie asof die munisipaliteit binnekort iets daaraan gaan doen nie. Eienaars moet gedwonge hul eie vullis verwyder, maar nie almal kan dit bekostig om ’n voertuig te huur om die gemors weg te ry nie. Die ou koshuis van die Hoërskool Deben word deur ’n private maatskappy besit. Die koshuis word deur werkers van die Moolman-myngroep bewoon. Die voorkant en tuine van die gebou is netjies, maar aan die agterkant van die gebou is dit ’n heel ander storie. Net neffens die draadheinings lê vullis die wêreld vol. Die koshuisbestuur is moedeloos. Hulle het ’n spesiale deel waar hul vullissakke gebêre word, maar straatkinders klim oor die heinings, gryp die sakke en skeur dit oop aan die anderkant van die heining. Dit lei daartoe dat die hele gedeelte agter die koshuis (en aan die voorkant van die begraafplaas) met maande oue rommel bestrooi lê. Die stank is onuithoudbaar. “Plaasdiere loop hier rond en hulle eet daarvan. Boere gaan hul vee weens die gemors verloor,” sê

Viljoen. Volgens ’n amptenaar van die Gamagara-munisipaliteit, wat anoniem wil bly, beskik hulle oor drie vragmotors wat die riool-verwydering moet hanteer, maar twee van die voertuie is buite werking. Een voertuig is onlangs herstel en hulle het nou begin om die vullis te verwyder en die riool uit te suig. Dit sal egter ’n hele ruk neem om maande se gemors op te ruim. Baie inwoners van Deben beskik oor boorgate en hulle is ontevrede oor die hele gemors aangesien die vuil rioolwater in hul boorgate loop. Dit besoedel hul drinkwater en hulle vrees dat die water siektes kan veroorsaak. Die inwoners van Deben betaal hul maandelikse dienstegeld, maar daar word nie dienste gelewer nie. Inwoners het ’n beswaarskrif opgestel wat al deur verskeie inwoners onderteken is. Die begraafplaas is skoon en netjies, totdat jy na die heinings se kant toe kyk. Die wind het papiere en ander rommel teen die heinings vasgewaai. Aan die agterkant van die dorp word nuwe rioolplase gebou, maar wanneer die projek voltooi gaan word, is onbekend. “Om te help om dinge op Deben en omgewing te verbeter het ons as myngroep begin om die skouers van die paaie te skraap. Ons doen baie dinge om die gemors te probeer verbeter, maar dit is nie ons werk om dit te doen nie. “As ons rioolverwydering privaat laat doen, kos dit ons amper R20 000 om ’n private maatskappy vir die werk te huur. Dit is ongehoord dat ons betaal vir dienste, maar dat die Gamagara-munisipaliteit nie die nodige dienste lewer nie,” verduidelik Stephan Griessel, woordvoerder van die Moolman-myngroep.

VULLIS agter die skoolkoshuis.

Foto: Ilse Watson

VULLIS bemors die hele dorp.

Foto: Ilse Watson


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Myn ontvang 20 nuwe huise Ilse Watson

TWINTIG nuwe topbestuurhuise is op 15 Mei aan die Sishen-myn geskenk. Die huise is almal in Kelkiewynstraat en is deel van die bestuurshuise-projek. As deel van die projek is daar ook 44 middelbestuurshuise in Onderwyserspark gebou wat reeds in 2012 oorhandig is. Die kontrakteur wat die huise gebou het, was Stefanutti Stocks Housing en dit was ’n gesamentlike poging tussen TWP en die KumbaSishen-myn. Al die huise is in Mei suksesvol klaar gebou. Die huise bestaan uit vier slaapkamers, twee badkamers, ’n dubbelmotorhuis en ’n eenheid vir ’n huishulp. Die huise het ook almal sonkraggeisers, lugversorgers en koopkrag-elektrisiteit. “Daar is ’n groot tekort aan behuising op Kathu vir al ons werkers en die projek het daarin geslaag om gehaltebehuising aan ons werknemers te verskaf,” het Susan Bezuidenhout, bestuurder van menslike hulpbronne van die Sishenmyn, gesê. Die projek is suksesvol afgehandel met slegs drie klein insidente en geen skade aan enige eiendomme nie. Tydens die projek is die bekende kameeldoringbome van die Kalahari ook veilig bewaar.

VAN links is Paul Dykes (Stefanutti Stocks Housing), Ben Nel, Raymond Wium (TWP), Susan Bezuidenhout en Jimmy Walker. Foto’s: Verskaf REGS: Ben Nel (projekbestuurder) oorhandig ’n simboliese sleutel aan Susan Bezuidenhout (mensebestuurder) tydens die verrigtinge.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Regstelling DIE Kalahari Bulletin het verlede week verkeerdelik berig dat Elanie Brand ’n leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan is. Sy is ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas.

DIE Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie gemeenskapskoerante in die land aangewys. Hier is al die finaliste van die Volksblad-groep se plaaslike koerante op Sanlam se MDDA-toekenningsgeleentheid. Van links is Christo van Staden (assistent-redakteur: Volksblad), Susan Maré (Vrystaat), Lynda Greyling (Maluti) en Lizette Slabber (Kalahari Bulletin). Foto: Verskaf

‘Bulletin’ een van voorste drie DIE Kalahari Bulletin is Vrydagaand op ’n glansgeleentheid in Johannesburg as een van die drie voorste plaaslike koerante in Suid-Afrika aangewys. Die Sanlam MDDA Awards gee reeds die afgelope 22 jaar erkenning aan uitnemendheid in plaaslike koerante en radiostasies. Dit sluit klein kommersiële koerante en radiostasies in sowel as koerante en radiostasies wat

deur groot maatskappye besit word. Die Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie koerante in die kategorie vir gratis koerante aangewys. Die kriteria waarvolgens koerante in dié kategorie beoordeel is, sluit in die verskeidenheid en gehalte van plaaslike stories, die gehalte van foto’s, sowel as tipografie, uitleg, drukwerk, produksie en die gehalte van die adverten-

sies. Daar was meer as 150 inskrywings in die kategorie beste koerant. Ainsley Moos, hoof van kommunikasie: Sanlam-groep, sê dit is wonderlik om te sien dat ongeag die moeiliker omstandighede waarin plaaslike koerante werk, baie goeie werk deur alle sektore gedoen word. Volksblad besit 13 plaaslike koerante waarvan die Kalahari Bulletin, Vrystaat en Maluti onder die topdrie in hul

Paar weke oor tot Spontaan DAAR is nog net ’n paar weke oor vir alle sangers om nader te staan om aan Spontaan, Volksblad se Plaaslike Koerante-groep se groot sangkompetisie, deel te neem. Vanjaar vind die Kalahari Bulletin se uitdunrondes vir die Spontaan-kompetisie op 20 Junie op Kuruman plaas. Daar is weer heerlike pryse wat gewen kan word: SpecSavers: Agt Infinitysonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die totale waarde is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n

CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Totale waarde vir al die finaliste is R40 000. PwC: gee vir die wenner: R1000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2000. Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. PCB Productions: ’n

Fotografie-sessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke deelnemer. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathukantoor by 079-831-5579.

onderskeie afdelings geëindig het. Susan Maré van Vrystaat het een van die drie topmensestories geskryf en Lynda Greyling van Maluti is as een van die drie topfotograwe vereer. ) Radio Riverside is as die beste gemeenskapsradiostasie op Sanlam se MDDA-toekenningsgeleentheid aangewys en het ’n tweede plek behaal in die kategorie vir indiepte-dekking van aktuele sake.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Op spoed om by te bly GLOBALISERING is ’n werklikheid wat elke mens op hierdie aarde raak. Dit is ’n verskynsel wat voor die 20ste eeu as byna onmoontlik beskou is. Maar, namate tegnologie gegroei het en die grense van kommunikasie verval het, het die wêreld as’t ware kleiner geword. Kleiner in dié sin dat alles vir enige mens oor die wêreld heen maklik bekombaar is, ongeag waar hy homself bevind. Handel van een land met ’n ander verloop seepglad, produksiebane oor die wêreld heen is gevestig, internasionale betrekkinge word aangeknoop, kommunikasie tussen kontinente vind onmiddellik plaas en die wêreld word ’n “global village.” Sommige meen dié verskynsel maak van die individu nie meer ’n landsburger van sy eie tuisland as sodanig nie, maar verander hom in ’n wêreldburger. En met die ontwikkeling van die internet en die koms van sosiale media soos Facebook en Twitter word nuus in ’n enkele sekonde oor die wêreld heen versprei en woed globalisering onverpoos voort. Maar is globalisering so voordelig soos die skyn wat dit voorsit? Of loop elke kultuur die gevaar om ’n nabootsing van die Westerse lande te word en alle individue ge-

sigloos en eenvormig? Almal dink tog af en toe terug toe die wêreld nog eenvoud geken het. Toe gesinne om ’n tafel kon sit en eet sonder ’n selfoon of iPad naby. Die tyd toe poskaarte en briewe aan elke familielid gestuur is wanneer vakansies kaalvoet op die strand deurgebring is. Toe ’n oproep van twee minute gou van ’n tiekieboks na geliefdes gemaak is. Die tyd toe daar meer stilte was. Hierdie nuwe era is egter onvermydelik en hoewel dit in baie opsigte ’n persoon se doen en late baie makliker maak, soos om ’n tou in die bank vry te spring deur gebruik te maak van internet-bankdienste, wonder ’n mens soms of die resies wat almal geforseer word om te hardloop, die moeite werd is. Want ’n gesprek met ’n geliefde word nou maklik vir ’n virtuele gesprek verruil. Daar is wel ’n tydelike oplossing voordat dié resies die wêreld weer in ’n heel ander rigting stuur. Dat die individu bewustelik, vrywillig en versigtig in ’n verhouding met globalisering staan – op eie terme. Sodat die mens self beheer daaroor kan uitoefen en self die uitkoms daarvan bepaal. En intussen hou almal net aan hardloop – net om by te bly.

Elke seisoen het doel Christo Jonck SES dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus. Eksodus 34:21 Ons lewe, soos alle lewe, is onderhewig aan seisoene. Tans is die herfs omtrent verby en is die winter besig om al nader te kom. Buite is die mooiste herfskleure sigbaar. So weet ons watter seisoen dit is. Maar in watter seisoen is jou lewe? As jy die fase of seisoen waarin jou lewe is, kan raaksien, word ons lewe meer betekenisvol en kan ons met groter doelgerigtheid leef. Daar is sekerlik ook ’n stuk wysheid in die begrip vir hoe seisoene werk. Dit help ons dikwels om ons lewe beter te begryp. In die natuur is daar: Lente – die seisoen van verandering en voorbereiding vanweë verbeterende omstandighede. Somer – die seisoen van voordelige omstandighede lei tot produktiwiteit en groei. Herfs – die seisoen van inkrimping en verlies weens omstandighede wat verswak. Winter – die seisoen van lae pro-

duktiwiteit weens moeilike omstandighede en min geleenthede. Kan jy ’n gevoel kry van jou huidige seisoen of fase in jou lewe en dalk daarvoor ’n naam gee? Onthou, elke seisoen het sy doel. In die natuur is daar ’n seisoen vir groei en produksie, maar daar is ook ’n seisoen van rus. Tog is elke seisoen nodig, want die een dra tot die volgende by. Ons kan nie net produseer nie. Grond moet dikwels rus om weer goed te kan produseer. Werk en produksie moet afgewissel word met meer rus en herstel as wat jy dink. Jy sal heel waarskynlik stadiger moet leef. Kan jy glo dat die Here met jou in jou seisoen is? Hy het ’n doel met jou. Hy is besig met jou, al voel jy ook jy is tussen seisoene. Leef die seisoen waarin jy is. Doen wat dit van jou vra. En as die seisoen niks van jou vra nie, los dan die doenery. Laat gaan. ) Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG Oog-gemeente.

DIÉ pragtige sonsondergang is sowat 30 km uit Kuruman op die Vryburgpad vasgevang.

Foto: Vincent Ward

Derduisende plaatjies ontvang DUIWEL EN RIEN BARNARD, Kuruman: DANKIE. Dit is ’n klein woordjie, maar kan so baie sê en beteken net soos ons dankbaarheid teenoor al die mense op Kuruman, in Wrenchville en op Kathu vir die bymekaarmaak

van broodplaatjies (breadtags). Dit klink ’n onbegonne taak te wees, maar ons is nader aan ’n byna onmoontlike taak, naamlik

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per epos ontvang word, sal voorkeur geniet.

dat ons nou reeds 70 kg broodplaatjies weggestuur het. Sou u wonder hoeveel is 70 kg se plaatjies? Dit is ongeveer 231 000 plaatjies wat die gemeenskap van Kuruman bymekaargemaak het. Nogmaals dankie vir almal se ondersteuning en geesdrif.

Kuier saam in die kuberruim KALAHARI BULLETIN is nou ook op Facebook. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Li­ ke die blad om jou opinie te lug en vir meer nuus wat saak maak.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Amsterdammers begin al bekend lyk Annerie Louw MY kuier raak nou so lank dat die mense al vir my bekend begin lyk. En die kuier is so kort dat ek nie weet waar ek genoeg tyd sal kry vir als wat ek nog hier wou doen nie. Die lank en die kort is dat ek nog ’n wonderlike tyd in Amsterdam beleef. Dierbaarste en ek kom nou terug van ’n staptog van so 3 km na die Amstelpark al met die Amstelrivier langs. Ons kon die interessante boothuise op die rivier bekyk wat gesellig in die middagson lyk

en oral stap of draf mense om die lekker weer te geniet. Besoeke aan die parke is altyd ’n geestelike verkwikking wanneer jy die groen grasperke, bome en pragtige blomakkers kan indrink. Daar is voetpaaie, fietspaaie, kunsuitstallings, speelparke, restaurante en baie mense wat dit geniet. Die groen van nuwe groei lyk byna onnatuurlik mooi. Ons geniet dit, want ons weet in die Kalahari sal die groen al plek gemaak het vir die winter se wit. Ek en Dierbaarste het verlede week die trem na Museumplein gevat om die bekende Rijksmuseum

te besoek. Ons was so nuuskierig om te sien waarvoor die R4 miljard wat op verbeterings aan dié museum bestee is, aangewend is dat ons kans gesien het vir alleen reis op openbare vervoer. Mooiste het mooi verduidelik watter trem ons waar moet kry en waar ons moet afklim, maar soos alle mense wat ’n pad verduidelik, het sy ’n klein din-

getjie uitgelaat en ons klim toe twee stoppe te ver af. Die probleem was darem nie so groot soos die skrik en die onsekerheid nie. Dit het maar net ’n entjie se stap gekos en ons kán die oefening bekostig. Maar die reënweer met een sambreel was nie pret nie. Dit was op dié tog, langs ’n eksklusiewe kunswinkel, dat ek dog ek vir George Clooney sien. Ek merk teenoor Dierbaarste op die ou met die “attitude” dink natuurlik hy is Clooney. Tuis reken Mooiste dit kón hy gewees het, want dele van die fliek Oceans 12 is in Amsterdam geskiet.

Toe Mooiste sien ons kom reg met die trems, koop sy vir ons geskenkbewyse vir ’n spa-behandeling by ’n salon by die Rembrandtplein. Die behandeling behels toe ’n geknibbel van vissies aan die dooie velle van ons voete en enkels – wat ’n ervaring. Ons hande en voete is behandel en ons kon 20 minute in ’n masseerstoel sit om die spasmas uit die rug, nek en bene te verwyder – spasmas wat ontstaan het van baba sus, peuter in die speelpark laat swaai en gly en jou lyf gereeld moet oprol om tee in Prinses se klein tentjie te drink.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

‘Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom.’ – Floyd Turner, nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman.

DIE nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman, Floyd Turner.

Foto: Joanie Bergh

Hoof tuis in NK Joanie Bergh

DIE Laerskool Kuruman het onlangs ’n nuwe skoolhoof aangestel om dié skool verder van krag tot krag te laat groei. Floyd Turner (49) is egter geen vreemdeling vir die meer as 800 kinders en die leerkragte nie. Verlede jaar is hy as die nuwe natuurwetenskaponderwyser aangestel. Dit is ’n vakgebied wat vir hom geweldig interessant en belangrik in die kurrikulum is. Met die intrapslag het 2013 vir hom ’n persoonlike hoogtepunt geword toe hy eers die pos as adjunkhoof beklee het en later eindelik as skoolhoof. “Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom,” sê hy. “Maar ek het altyd stilweg ver-

troue binne myself gehad dat ek eendag daartoe in staat sal wees om ’n pos as skoolhoof doeltreffend te kan uitvoer,” sê hy. Vir Turner en sy vrou, Irene, ’n leerareabestuurder in wetenskap aan die departement van onderwys, en hul seun, Luke (4), was die skuif Kuruman toe een wat beslis die moeite werd was. Nadat hy sy graad in onderwys behaal het, het Turner in 1985 sy eerste pos as leerkrag aan die Laerskool Roodepan begin waar hy sy liefde vir biologie met leerlinge kon begin deel. Ná 14 jaar was hy eers by die St. Patrick-kollege in Kimberley voordat hy in ’n noord-westelike rigting gemik het en Kuruman toe verhuis het. Hy is by die Hoërskool Wrenchville en daarna die Hoërskool Gamaga-

ra op Deben aangestel voordat hy by die Laerskool Kuruman wortel geskiet het. En die trots wat Turner vir dié skool het wat reeds 105 jaar ’n opvoeding vir duisende kinders op Kuruman bied, is duidelik sigbaar. “Die skool vaar baie goed op akademiese, sport- en kultuurgebied en ek gaan probeer om die prestasies saam met my personeel verder uit te bou,” sê hy. Die skool het in 1996 dubbelmedium-onderrig begin nastreef en bly danksy die volgehoue ondersteuning van sy borge en ouers ’n veilige hawe vir kinders van alle rasse. Turner glo met sterk Goddelike beginsels en sy toegewyde personeellede “wat altyd die ekstra myl sal loop vir ’n kind”, die skool nie anders sal kan as om verder uit te styg nie.

Building, Painting or DIY - with

Cashbuild you can!

QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE

197 stores and expanding throughout southern Africa Geyser

PAINT

TILING

DURAM WHITE ACRYLIC PVA

MELODY PVA

153.95

554.95

Burgundy 5 Litres

SKU: Various

43.95

SKU: 645057

136.95

5 Litres + Free Membrane

126.95

68.95 per m

PoWerTooLs from

1 330.70

6-PC BATH SUITE WITH PLASTIC CISTERN COMPRISING: WHITE SKU PRICE BATH 1,7 • With handles

5250

CISTERN PLASTIC ECOLUX

5328

P- PAN LL RAPIDO

5370

COURIER BASIN

5392

PEDESTAL FULL

5344

TOILET SEAT CONTRACT ELF 82

592101

569.95 186.95 118.95 188.95 208.95 56.95

2

MUKWA WOOD SKIL JIG SAW BOW HANDLE

6 PIECE BATH SUITE • White with Plastic Cistern

Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2 SKU: 301734

4003AA • 380W

69.95 per m

2

SKU: 972103

SKIL ANGLE GRINDER

267.95

9030AA • 600W

SKU: 972103

267.95

For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453) THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 23 JUNE 2013

Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2

FREE Membrane

SKU: Various

bAThroom SKU: Various

MARULA BROWN

MEDAL WATERPROOF

Various Colours 1 Litre

FREE Membrane

SKU: 301730

SKU: 301732

DURAM FLEXIKOTE

2 189.95 2 039.95

MOPANE PEACH

SKU: 300002

SKU: 301224

SKU: 512633

SKU: 301731

20 Litres

20 Litres

SKU: 512632

MARULA MARBLE

49.95

179.95

150 Litres

SKU: 301726

SKU: 301331

SKU: 301223

FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER

MOPANE MARBLE

White 5 Litres

White 5 Litres

100 Litres

www.cashbuild.co.za

57554 WK48 REDWORKS

SKIL IMPACT DRILL

SKIL 6002CA • 500W • Keyed Chuck ORBITAL SANDER 7003AA SKU: 972107 • 145W • Keyed Chuck

267.95

SKU: 972107

267.95

TYLON TILE ADHESIVE 20kg WB9

SKU: 628205

39.95

TYLON GROUT

5kg • White • Dove Grey & Light Grey SKU:628552/628560/628566

47.95

Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. RSA

E & O E. All prices include 14% VAT

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

SÓ moet ’n wen-muskadel smaak, sê Francois van Niekerk, depotbestuurder van Oranjerivier-wynkelders. Dié wyn het ’n platinum- en ’n goue oorkonde vir sy wit en rooi muskadel op Muskadel SA se 11de prysuitdelingsaand in die Paarl verower. Foto: Emile Hendricks

Platinum vir NK-wyn Charné Kemp

DIE Oranjerivier-wynkelders in die Noord-Kaap het gisteraand twee oorkondes op die 11de prysuitdelingsaand van Muskadel Suid-Afrika vir sy muskadelwyn verower. Muskadel SA, geborg deur Enartis SA, het die gala-aand in die Paarl aangebied. Die Oranjerivier-wynkelders het uit 26 inskrywings die enigste platinumeerbewys ontvang vir sy Rooi Muskadel 2012, asook ’n goue eerbewys vir sy Wit Muskadel 2012. Yolandi de Wet van Yolandi de Wet PR sê in ’n verklaring die Breederiviervallei-streek het ook sy reputasie as muskadel-kontrei gestand gedoen en drie goue medaljes ingeoes met die Rooiberg-wynkelder se Rooi

Muskadel 2012, Mooiuitsig-wynkelder se Oude Rust Rooi Muskadel 2012 en Du Toitskloof-kelder se Rooi Muskadel 2012. Volgens Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA en wynmaker in die Breederiviervallei, verkies muskadelwyne droë en warm weerstoestande, maar ook genoeg water. “Dit lei tot ’n hoë suikerinhoud en lae pH-vlakke wat die sukses van ’n muskadel bepaal. Suid-Afrikaanse produsente is baie toegewyd en probeer altyd om die beste gehalte te lewer.” Die wyne word blind geproe en volgens ’n beproefde puntestelsel beoordeel. Die uniekheid van die verpakking speel ook ’n rol in die puntetoekenning. Die wenwyne kan in

winkels uitgeken word aan die Muskadel SA-plakker wat op die bottel aangebring word. “Vanjaar se inskrywings is besonder goed, met goeie kompleksiteit en diepte van geur,” sê Dave Biggs, beoordelaar en wynkenner. Enartis SA is reeds ses jaar by dié muskadelvereniging betrokke. “Muskadel is een van die beste wyne wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf jaarliks oplewer en die beste oor die wêreld heen. Die stigma dat muskadel net ’n soetwyn en ’n winterwyn is, is iets van die verlede. Enartis SA, in samewerking met Muskadel SA, het dit verander en sal in die toekoms daarop voortbou,” sê Steven Baard, verkoopsbestuurder van Enartis SA.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Wegkomkans in die Kalahari Ilse Watson WULPSE rooi duine bespikkel met groen kolle, die bekende kameeldoringbome van die Kalahari. Bokant die rooi, dartelende bolle wit wolke teen die blou lug. ’n Mens hoef nie Indië toe te gaan om jouself te vind nie. Jy kan dit alles in die Groen Kalahari van Suid-Afrika doen. Vrylinckspan is ’n plaas ongeveer 135 km van Kuruman (ry met die Hotazel-pad van Kuruman, rigting

Vanzylsrus) af. Die plaas word gereeld deur 4x4-geesdriftiges besoek wat op die groot, rooi duine wil speel. Daar is ’n basiese kampgebied met ’n stort in die bos (koue water) en ’n toilet wat net soms spoel. Maak jou tent staande onder die groot halfmaan-houtlapa en pak al jou ander goed uit onder die groot, skuinsgewaaide boom. Daar is ’n opwasbak en ’n groot braaigebied. ’n Mens moet egter heeltemal selfversorgend wees en alles saamneem wat jy benodig, ook jou eie drinkwater. Terwyl die aand sy aankoms aankondig met vuurwarm, rooi strepe agter die wolke word vuur gemaak

en almal ontspan met ’n yskoue enetjie om die knetterende vuur. Jy kan heelnag na niks luister. Die stilte is sielsverkwikkend. In die verte bulk ’n bees naby die plaashuis en jy hoor die jakkalse roep. Iemand vra benoud of daar enige leeus op die plaas is. Nee, glad nie, kom die vertroostende woorde. Saterdagoggend word ’n mens wakker gemaak deur kwetterende middernagblou voëltjies. ’n Beker warm boeretroos en ’n lekker ontbyt kry ’n mens aan die gang vir die dag. Daarna vertrek sommige om op die duine te gaan ry (onthou om jou wiele af te blaas!) en ander verkies om onder die groot boom ’n boek te lees. Heeldag speel viertrekvoertuie en motorfietse op die

duine. Sommige gly agteruit en dan probeer hulle weer. Kinders gly af op die duine, al jillende van lekkerkry. Dan word daar weer deur die dik sand gestoei om bo te kom. Die sand kielie jou tone in jou skoene, maar niemand gee om nie. As die skaduwees lank raak, verskyn die allermooiste sonsondergang so tussendeur die wolke. Die vure knetter en ’n potjie word gemaak vir aandete. Die koue lug knyp jou en warm baadjies word aangetrek. Laatnag verskyn die ongelooflikste skitterblink sterrehemel en in die verte flits daar witwarm blitse. Die skape blêr benoud. Die vure word heelnag

gestook, net vir ingeval daar ’n ongenooide besoeker opdaag. Sondagoggend word ’n mens luilui wakker. Sommige mense pak dadelik op ná ontbyt en ander vertoef nog ’n rukkie om net nog een keer op die duine te speel. So ’n wegbreeknaweek in die mooiste Groen Kalahari verkwik en vernuwe ’n mens se siel. Dit is net jy en die natuur. Dit gee ’n mens die geleentheid om van alles te vergeet en net een te word met die natuur.

Foto: Ilse Watson

Sishen-groep bekoor gehoor Ilse Watson ’n GROEP leerlinge van Aanlegopleiding van die Sishenmyn is deur Talent Management, met sy hoofkantoor in Centurion, uitgenooi om op die jaarlikse prysuitdelingsgeselligheid vir beursstudente op te tree. Die leerlinge het hul opleiding onder die wakende oog van Kobus Venter ontvang. Op die geselligheid het die gehoor ook tot siens gesê vir Christo van Loggerenberg, die uitvoerende hoof van tegniese dienste. Vir verskeie van die leerlinge was hul reis na die

groot stad ’n eerste en hulle het dit terdeë geniet. Die groep het die gehoor vermaak met gumboot-danse, sang en drama-optredes. Hul optredes het die gehoor gefassineer. “Hul energie, passie en talent verbaas my altyd,” sê Venter.

VAN links is, voor: Anne-Mari Opperman, Entonny Liets en Kgotso Sfonjane; agter: Leonard Poho, Eunice Thupaemang, Thabang Letlhaku, Bruce Rolsen, Collin Oor, Rodriquez Mosala en Kobus Venter.

Foto: verskaf

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

SAKENUUS

Atlas Copco oorhandig klere Ilse Watson “ONS wil die ontwikkeling van opkomende rugbyspelers in die Noord-Kaap bevorder,” sê Willem Botha van die Atlas Copco ADS-afdeling. Die oorhandiging van nuwe rugby-uitrustings het op 14 Mei by die Kalaharibuiteklub op Kathu plaasgevind. Atlas Copco verskaf hoofsaaklik boortoerusting, kompressors en oppervlakboortoerusting aan die Kumba-Sishen-ysterertsmyn. Die Sishen-myn het die grootste vloot van Atlas Copco se PV351D RCS-oppervlak-boortoerusting. “Ons wil die span die volgende drie jaar met geldelike ondersteuning bystaan en wil ook die rugbyspan verder ontwikkel en hulle help om groter

‘Dit is vir ons ‘n groot eer om betrokke te wees by hierdie jong rugbyspelers en ons sal hul vordering aandagtig dophou,’ – Willem Botha. hoogtes te bereik. “Dit is vir ons ’n groot eer om betrokke te wees by hierdie jong rugbyspelers en ons sal hul vordering aandagtig dophou,” vervolg Botha. Solly Mathiba, die sportbestuurder van die Kalaharibuiteklub, is baie opgewonde oor die aandeel wat Atlas Copco in die ontwikkeling van die span gaan hê. “Atlas Copco is ’n baie belangrike element in die ontwikkeling van hierdie span en ons wil hul kennis en ervaring gebruik om die rugbyspan verder te ontgin en te ontwikkel.”

VAN links is Willem Botha van Atlas Copco, Solly Mathiba (sportbestuurder van die Kalahari-buiteklub), Donovan Coetzer (kaptein van die tweede rugbyspan), Hannie Wessels (ondervoorsitter), Nico Fleming (speler), Greg Jennings (Kalahari-buiteklubbestuurder), Peter Cloete (afrigter), Jan Enslin (bestuurder/afrigter van die Sishen-rugbyklub) en Jarques Scholtz (speler). Foto: Ilse Watson

Wenners bekend gemaak Ilse Watson IN Mei het die Kathu Village Mall ’n Moedersdagkompetisie aangebied. Op Vrydag 17 Mei het Rudi Bothma van die Kathu Superspar en Erika Viljoen van Viljoen-prokureurs in Kathu die gelukstrekking gedoen. Thomas Fry was die wenner met sy aankope op 7 Mei by Pep. “Ek en my metgesel is baie opgewonde oor die bootrit van vyf dae op die MSC Opera wat ons gewen het. Ons glo dit gaan ’n wonderlike vakansie in November wees,” het Fry gesê.

VAN links is Erika Viljoen, (Viljoen-Prokureurs), Rudi Bothma, (Kathu Superspar) en Shireez Adams (Kathu Village Mall).Foto’s: Verskaf

LINKS: Thomas Fry (wenner) en Riekie Terblanche (Kathu Village Mall se sentrumbestuurder).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

1 JUNIE: DIE Hervormde kerk op Kathu bied die Kameeldoringkarnaval aan. Pieter Koen is een van die kunstenaars en daar sal verskeie stalletjies met onder meer heerlike kos wees. Die hekke open om 09:00. Toegang is R20 vir volwassenes, R10 vir leerlinge en voorskoolse kinders kan dit gratis bywoon. Bel ds. Annalize Rossouw by 073-272-4018 ) Om enige dagboekgebeure in die Kalahari Bulletin te plaas kontak Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com of skakel 079-831-5579.

NK moet deelneem

“WAT dink jy van die dienslewering op jou dorp?” Só vra die burgerregte-organisasie AfriForum, wat pas sy Gradeer-joudorp-veldtog in die Noord-Kaap begin het. Luidens ’n verklaring is die veldtog se oogmerk om gemeenskappe te help om die gehalte van dienslewering in hul dorpe en stede te bepaal. AfriForum sal die uitslag van die evaluering in die vorm van ’n sertifikaat aan munisipale bestuurders beskikbaar stel. Dit sal hulle bewus maak van gemeenskappe se waarnemings en

ondervinding oor dienslewering op hul onderskeie dorpe. “Ons wil hê munisipaliteite moet weet wat hul inwoners van hulle dink, of dit nou goed of sleg is. Sodra ons die besonderhede het, kan ons kwessies wat aandag verdien, evalueer en prioritiseer. Ons sal dit dan met die bepaalde owerhede bespreek,” sê Ivan Herselman, adjunkhoof van plaaslike regeringsake by AfriForum. Die organisasie moedig alle NoordKapenaars aan om hul veldtog te ondersteun deur die kort elektroniese meningsopname by www.gradeerjoudorp.co.za af te laai en in te

Ons mooiste taal Afrikaans is soos ’n lemoen My sê is in ’n lemoen Pittig, sappig, stropig soet Surig, happig wanneer dit moet Keurig, kleurig, stroop af die skil Druk dit uit nes jy wil Wys my ’n taal waarin Jy jouself so soet, so

pittig, hittig, keurig, humeurig Outyds, nou-tyds, liefies Laffies, simplisties, humoristies Happig en sappig kan uitdruk Afrikaans – net een taal is so rond in die mond (digter onbekend)

4/25

5/23

3/21

NO-5

NNW-5

NW-10

‘Pak die bul by horings’ WOORD van die week: Volstruispolitiek. Dit beteken ’n beleid waarby groot of lastige vrae nie veel aandag geniet nie. Die woord “volstruispolitiek” het sy voete gevind nadat mense die foutiewe opvatting gemaak het dat die volstruis sy kop in die sand steek as daar ’n situasie is waarvoor hy glad nie lus het nie. Dit is egter nie die waarheid nie. Wanneer daar gevaar dreig, sit die volstruis sy kop (en nek) op die grond neer en luister met volle aandag. Met ander woorde, moet nie jou kop in die sand druk en dink jy gaan ontslae raak van jou moeilike situasie nie – pak eerder die bul by die horings en hanteer die netelige kwessie.

vul. Inwoners kan ook die voltooide vorm na ’n e-posadres stuur, indien verkies. “AfriForum sal seker maak jou stem word gehoor. Dit sal AfriForum die geleentheid gee om te bepaal waar ingryping nodig is. Hoe meer mense aan die veldtog deelneem, hoe beter is dit vir jou dorp omdat daar ’n omvattende prent geskep sal word,” sê Wesley Martin, AfriForum se organiseerder vir die Noord-Kaap. AfriForum sal seker maak jou stem word gehoor.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

VAN links is Anton Swanepoel (goud), Allen Large en Barend Coetzee (silwer).

Foto: Verskaf

Barend oorkom terugslae Ilse Watson AANHOUER WEN, is Barend Coetzee se leuse. Daarom kon hy twee tragedies in sy lewe oorkom, eers ’n ongeluk wat hom verlam gelaat het net tien dae nadat hy aan die Comrades-ultramarathon deelgeneem het, toe die dood van sy seun. Hy het onlangs ’n silwermedalje op die Suid-Afrikaanse nasionale parafietsrykampioenskappe op Oudtshoorn verower. Met ’n tyd van 2:35:00 het hy goud met twee sekondes misgeloop. Ons gesels in sy ouerhuis op Kathu waar hy die afgelope 13 jaar woon. Hy is ’n boorling van Kathu en het aan die Laerskool F.J. van Niekerk op Sishen en die Hoërskool Kathu skoolgegaan. Ná skool het hy ’n ketelmaker by Yskor (nou Kumba) geword. In 1986 is hy na Vanderbiljpark verplaas. Hy vertel glimlaggend dat hy te veel na die Kalahari verlang het. Daarom het hy in 1989 teruggekeer. Sprake van afskalings by die myn het hom egter laat besluit om sy droom uit te leef om opleiding te gee. Hy het na Pretoria verhuis en was daar met sweisopleiding behulpsaam. Sy verhuising na Pretoria het egter ’n groot omwenteling in sy lewe beteken. In 1999 is hy ná ’n motorongeluk verlam. Hy het ses maande in die hospitaal deurgebring en is in 2000 amptelik op mediese pensioen geplaas.

Hy het na Kathu teruggekom. “Ek was geseënd,” vertel hy, “want ek het ’n pos as lektor by SIVOS (die opleidingsentrum van die myn) gekry.” Daarna het hy verder gestudeer en sy nasionale provisionele onderwysdiploma aan die Noordwes-Universiteit verwerf, asook ’n gevorderde onderwyssertifikaat. Barend was voor sy ongeluk altyd ’n sportman en ’n presteerder. Hy het op ’n plaas by sy oupa en ouma grootgeword en het perd gery vandat hy kon loop. In 1985 is hy vir die GriekwalandWesse perde-uithouritspan gekies en het op Fauresmith aan die nasionale uithourit deelgeneem. Die uithourit was oor drie dae en ’n afstand van 210 km is afgelê. Hy het ook aan padwedlope deelgeneem en in 1990 sy eerste Kalahari-marathon op Kathu voltooi. Hy het ook aan vyf ander marathons deelgeneem en in 1991 die Twee Oseaneultramarathon in Kaapstad voltooi. Op 16 Junie 1999 het hy sy eerste en laaste Comrades-ultramarathon in ’n tyd van 10:14:30 voltooi. Tien dae ná die Comrades is hy ná ’n

motorongeluk verlam gelaat en dit het sy hele lewe verander. ’n Paar maande nadat hy ná die ongeluk na Kathu teruggekeer het, het hy sy eerste sportstoel (dis soos ’n gewone rolstoel) gekoop sodat hy weer aan padwedlope kon deelneem. Aanvanklik kon hy nie veel verder as 2,5 km ry nie. “Dit het gevoel asof ek wil omval,” beskryf hy dit. Met sy deursettingsvermoë en wilskrag het hy aangehou oefen en skaars ’n jaar ná die ongeluk het hy aan ’n 10 km-wedloop in Kimberley deelgeneem. In Januarie 2012 het hy en sy gesin nog ’n terugslag beleef toe sy oudste seun, TC, in ’n motorfietsongeluk dood is. Ook dié treurspel het hom nie ondergekry nie. Hy het met mening geoefen, aan verskeie marathons deelgeneem en eindelik het sy groot deurbraak op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Maart 2012 gekom toe hy sy eerste bronsmedalje verwerf het. Barend volg ’n baie streng oefenprogram wat spesiaal vir hom ontwikkel is.

‘Ek wil goud hê, dis wat my dryf. Daardie agterstand van twee sekondes motiveer my.’ – Barend Coetzee

Stof tot nadenke

Sy vordering word ook deur Carla van der Merwe van die Noordwes-Universiteit gemonitor. Hy oefen elke dag behalwe Sondae gemiddeld twee uur, maar op ’n Saterdag ry hy maklik 80 km. Hy oefen ook elke dag in die gimnasium om krag op te bou en sy bolyf sterk te maak. Hy vertel laggend van die ander manne met hul erg gespierde arms wat deelneem. “Ek is mos maer, dis hoekom ek so hard moet oefen, want ek moet by daardie manne verbykom.” Hy behoort aan die Kumba-fietsryklub op Kathu. Die Komatsu-myn het sy nuwe handfiets (’n fiets met ratte soos ’n gewone fiets) geborg. Hy neem elke maand aan ’n wedren (wat landwyd plaasvind) deel, maar het ’n probleem om borge vir al sy koste te kry. Op ’n vraag of hy ooit lui is om te oefen, antwoord hy: “Natuurlik. Ek staan op en dink, ag nee, ek is lui, maar dan gaan ek uit en oefen en as ek terugkom, is ek bly ek het dit gedoen. Ek wil goud hê, dis wat my dryf. Daardie agterstand van twee sekondes motiveer my.” Dit is ook sy droom (en nog ’n motiveringsfaktor) om saam met die nie-gestremde fietsryers van Kathu te kan oefen en in hul kategorieë mee te ding. “Ek kan saam met hulle oefen, maar ek hou die mense terug omdat my tyd nog te stadig is en dit laat my nie lekker voel nie,” sê hy.

Mynvragmotors spuit paaie nat. Foto: verskaf

Ilse Watson

STOF is een van die grootste gesondheidsprobleme in die mynbedryf. Die term stof verwys na enige iets wat jy kan inasem en wat skadelik kan wees vir jou asemhalingstelsel. Gesondheidsprobleme weens stof is dus vir enige myn ’n groot bron van kommer. Die gehalte van die lug wat ons inasem, speel ’n groot rol in ons gesondheid. Die gevaarlike stukkies materiaal wat ons kan inasem, soos sweis- en silikonafval, kan diep in die longe gaan setel wat verskeie longsiektes kan veroorsaak. Dit kan ook in jou bloedstroom beland wat dan tot ander siektes lei. Dit is gewoonlik die stofmateriale wat nie sigbaar is nie, wat so skadelik is. Kumba se Sishen-ysterertsmyn het besluit dat Mei verklaar word as Wees bewus van stofmaand sodat die publiek meer bewus sal wees van die gevare van stof. Kyk uit vir goedere wat stof genereer en as

jy voel dit is skadelik vir jou, meld dit aan. Die gebied kan ondersoek en gemonitor word. Maak ook seker jy dra die korrekte beskermende toerusting wanneer jy in gebiede werk waar baie stof teenwoordig is. Die Sishen-myn streef daarna om die werkgebiede van hul werknemers vry van gevaarlike stofmateriale te hou. Personeel word op-

gelei om beter ingelig te wees en om die korrekte beskermende klere te dra. Paaie word nat gehou om sodoende die stof in die lug te verminder. In die prosesseringsgebied van die myn word stofonderdrukkingstelsels gebruik. As almal hul samewerking gee, sal daar ’n groot vermindering wees in die gevare van stofprodukte wat ingeasem word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

1,2-m-MIELIERESTEBALE beskikbaar. R120 per baal. Schweizer-Reneke-/ Wolmaransstad-distrik. Louis 083 225 8815/Tom 083 656 2330.

NUTSMAN: Alle herstelwerke in en om die huis. Loodgieters-, staal-, elektriese en houtwerk, teëls, plaveisel, ens. Skakel 082 752 1600.

BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

PARKERING TE HUUR: Vervoer u personeel van Kuruman na hul werksplekke en is op soek na parkering vir hul voertuie? Ons bied 'n oplaai-/aflaaipunt met veilige parkering en sekuriteit. Skakel 082 948 2017.

KAMER BESKIKBAAR IN meenthuis: R3 000 p.m. Skakel Francois 072 156 8035. VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

CORSA 1700, 2001: R25 500. 1997 Hilux 2400, rails: R48 500. Phone 071 967 0285.

ASTRA 1400, 1995: R21 500. 1987 Conquest: R16 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. FORD FIESTA: 1998. R22 500. Uno 2000: Excellent. R19 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. JETTA 1.6: 1988. R9 500. 1980 Ford Granada 2.0: R13 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. JETTA 3 1600, 1996: R22 000. 1988 Corolla 1300: R20 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TAZZ 1600i 16V, 2002 Twin Cam, mags, CD: R28 500. NOT neg. Phone 072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

2-SLAAPKAMER-HUIS te huur, R9 000. Skakel 082 376 1091. KURUMAN: 3 slk, badk, sitk, eetk, kombuis, toegeboude stoep met wasarea, garage, buitek met toilet en 'n afdak. Koopkrag en waterheffing uitgesluit, teen R9 000. 084 209 5536.

KURUMAN Te huur Meenthuis 2 slaapkamers Enkelbadkamer R6 600 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 – R11 500 Baie netjies Huise 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 3 slaapkamers 3 badkamers Dubbelmotorhuis R14 850 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

1-SLAAPKAMER- WOONSTEL met kombuis en badkamer. R3 500 p.m. W en l ingesluit, met DStv. Skakel 083 784 7629. BACHELOR FLAT, brand new. R3 500 p.m. No smokers and kids, please! Phone 072 492 4144. EENMANWOONSTEL: Gemeubileerd, DStv, lugreĂŤling, onderdak-parkering, koopkrag. Beskikbaar 1 Junie 2013. Skakel 072 634 6880 EENMANWOONSTEL te huur. Krag en water ingesluit. R2 500 p.m. Tel. 084 651 3000. WENDY-HUIS TE HUUR in Wrenchville, krag en water ingesluit, R2 500 p.m. Skakel Penny 083 366 9473 of Brian 084 245 1782. WOONSTEL TE HUUR vanaf 1/06/2013. Kuruman. Skakel Nico 072 537 2449.

AIDA KURUMAN: HUISE 1. 3 slk, 2 badk, 1-slk- woonstel en swembad. R2 505 000. 2. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TVkamer, kantoor. R1 350 000. TE HUUR 4 slk, 2 badk. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422.

KURUMAN: 2-slaapkamermeenthuis. Oopplan, 2 badk, ingeboude braai. Enkelm/h. Slegs 4 eenhede in kompleks. Eie tuin. Alarmstelsel en outomatiese sprinkelbesproeiing. Skakel 082 923 8165.

RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0612 now to arrange a personal interview. SOEK NA EERLIKE EN BETROUBARE kantoordame met glas- en windskermondervinding. Faks CV na 086 524 8534. Teach English in Thailand.Relocation cost apply.linda@teachnet.co.za TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life.

M.J.P. Louwrens

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Matines Jacobus Petrus Louwrens, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2615/2011 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 31 Mei 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8300 S.R. Oats

In the estate of the late SR Oats, identity number 410423 0261 089 of House G338, Itereleng Street, Magojaneng Village. Estate number: 3461/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 31 May 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and

the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

FYNGESLYP met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse top-kunstenaars onder hande geneem is, is een van vele kontemporêre musiekkonserte wat op die Vryfees aangebied gaan word. Foto: Verskaf

Fees bied iets vir elke kunssmaak Braam Muller

DIE Vryfees vind vanjaar van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaas en bied weer ’n verskeidenheid van toptoneel- en -musiekproduksies aan. Onder die 12 kabaret-, musiekteater en klassieke musiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania wat gehore gaan bekend stel aan die muse met die mes: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot klank aan die musiek van Andrew Lloyd Webber verleen; en vir die manne is daar ware burlesk-poppies wat in Big Top Burlesque sing en dans. Luister jy fyner is daar Zorada Temmingh se orrelspel, André van Daalen se hobo, Magdalene Minnaar en Zanne Stapelberg se sopraanstemme en Charl du Plessis se Bachjazz. Heeltemal anders – in die trant van mu-

sikale, pittige Victor Borge – skerts die Australiese pianis David Scheel. Die kontemporêre musiekprogram bied nuutjies soos Chris Chameleon saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor, Fyngeslyp met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse top-kunstenaars onder hande geneem is vir ’n konsert aan, die feestreffer en gala-openingskonsert Liedjie vir jou met onder andere Laurika Rauch, die 78-jarige Dorothy Masuka en Karen Zoid, Steve Hofmeyr kom vier 25 jaar op die verhoog in die Callie Humansentrum en Dana Snyman kom saam met musiek stories vertel. Bekendes wat weer terug is, is Mathys Roetz, Lize Beekman, Jak de Priester, Kurt Darren, Romanz en Nianell saam, Ses Snare, Sarah Theron, Radio Kalahari Orkes, Koos Kombuis en Piet Botha.

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks a specialist to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Maintenance Fitter (Ref. MF 112614)

The incumbent will be responsible for executing maintenance activities within the Engineering Maintenance section. Responsibilities: • Maintaining conveyors, crushers, vibrating screens and feeders and slurry pumps • Performing any other reasonable ad hoc duties as and when requested from time to time • Adhering to SHEQ and legal standards and procedures within the relevant section and assisting line management in the maintenance and improvement thereof • Managing spares and performing cleaning and good housekeeping duties in the department • Conducting root cause analysis, identifying corrective action, implementing corrective action within span of control and reporting appropriate corrective and/or improvement actions • Managing the performance of the work team to achieve specific asset care objectives, including effective communication of job status and team needs • Operating and maintaining fixed and mobile maintenance equipment and tools, according to procedures and standards • Applicants for this position must be prepared to work shifts, overtime and be on standby as and when required. Minimum requirements: • Grade 12/Matric • Trade certificate as Fitter and Turner • A minimum of NTC2 • Three to five years’ relevant post-qualifying operational experience in plant maintenance • A high sense of responsibility • A valid Code B/EB driver’s licence • A certificate in Basic Rigging will be an added advantage • System orientated (procedures, etc.) • Fit and healthy – prepared to undergo physical examination by medical practitioner. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHEQ knowledge • Administration skills • Statutory knowledge of relevant legislation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 14 June 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 112614


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Sokkerliga bekend gestel Ilse Watson DIE o-15-sokkerliga is op 11 Mei by die Kalahari-buiteklub bekend gestel. Die geselligheid is op Sivos se sportterrein gehou en is deur Hugo Schreuder geopen. Ongeveer 216 sokkerspelers van 11 spanne soos die Blue Birds FC, Bodulong Celtics FC, Kathu-o.15-FC en Super Eagles het deelge-

neem. Een van die hoogtepunte van die dag was die Maradona- o.15-span wat met 6-3 teen Bodulong Celtics gewen het. Die Kalahari-buiteklub se o.15-sokkerliga is deel van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) en Safa se John Taolo Gaetsewe-distrik (Safa JTG) se nasionale o.15-sokkerliga.

HUGO SCHREUDER van die Sishenmyn en die verteenwoordiger van die Kalahari-buiteklub het die dag geopen. Foto’s: Verskaf

SPANLEDE sing die volkslied.

Kathu kry swaar teen Lanties Hannes Nienaber DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Kathu het die naweek swaargekry teen die sterk span van die Hoërskool Landboudal net buite Jacobsdal. Kathu het in ’n wegwedstryd op Landboupark die onderspit met 1073 gedelf. Lanties het ook in sy vorige wedstryd teen Fichardtpark gewys dat sy seisoen momentum opbou. Die span se veelsydige agterspeler Morris Rossouw het 23 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se 11 drieë gedruk en ook nege van die drieë verdoel. Die blitsige JD Mans is die enigste speler wat twee keer vir Lanties gaan druk het.

. Diamantveld (Kimberley) het hom net buite Cradock in ’n begeesterde Marlow-landbouskool vasgeloop en met 5-58 verloor. Die Wolramme het tien drieë gedruk waarvan sy losskakel, Heini Brümm, slegs vier verdoel het. . Louis Botha (Bloemfontein) se vleuel Sheldon Fortuin was met ’n driekuns drieë aan die spits van sy span se belangrike liga-oorwinning van 32-28 oor Jim Fouché (Bloemfontein). Louis Botha is met die oorwinning nou die vroeë gunsteling om as kampioen van die Vrystaatse A1-liga gekroon te word. Die kampioen van dié liga verteenwoordig die Vrystaat in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir medium skole). Volks-

blad, moederkoerant van die Bulletin, is ’n medeborg. Die wenspan se Suid-Afrikaanse Skole-stut, Ox Nche, het weer ’n kragtige vertoning gelewer. . Zastron is steeds onoorwonne in die Vrystaatse B1-liga nadat hy Pres. Steyn (Bloemfontein) met 33-9 getroef het. Die wenspan se losskakel, Nakkie Naudé, het sy skopskoen aangehad. Hy het al drie sy spanne se drieë verdoel, twee strafdoele en twee skepdoele tussen die pale vir ’n 100%-slaagsyfer gejaag. . Brandfort het die Hoërskool Bloemfontein in hul kragmeting met 66-13 ore aangesit. Die span se agtsteman, Jan Serfontein, behoort een van die Kiewiete se staatmakers op die Reitzweek te wees.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Klub presteer in Dbn Ilse Watson DIE Kuyukai-karateklub van die Intermediêre Skool Sesheng op Kathu het agt medaljes in ’n internasionale toernooi in Durban gewen. Onder die leiding van sensei Vuyokazi Nontso, ’n senior ingenieur van die Sishen-myn, het die span aan die internasionale Kanazawa-bekerkompetisie deelgeneem. Nontso het ses karatestudente van onder meer die Intermediêre Skool Sesheng, Laerskool Kathu, die Rehobothskool en die Hoërskool Kathu na die toernooi geneem. Hulle het teen spanne van Kameroen, Mauritius en Japan deelgeneem. Dit was hul heel eerste deelname aan so ’n groot toernooi. Nontso het ook vir die eerste keer in die swartgordel-kategorie deelgeneem. Hulle het een goue medalje, twee silwer- en vyf bronsmedaljes verower. Nontso het twee bronsmedaljes vir haar prestasies ontvang. “Die studente was ongelooflik. Hulle het deelgeneem asof hulle dit al jare doen. Die medaljes is net weer bewys van hul toewyding en deursettingsvermoë. Ek is so trots op hulle,” het Nontso gesê. “Ek is baie lief vir reis en karate gee my die geleenthede om oorsee deel te neem. Ek het al in Portugal en Japan ook deelgeneem. Ek wil graag dieselfde geleenthede vir my studente gee.” Die Kuyukai-karateklub is ’n private sportklub, maar enigeen is welkom om by die klub aan te sluit. Navrae kan aan Nontso by 083-797-1462 gerig word.

VAN links is Lindokuhle Ngogodo van die Hoërskool Kathu (silwer en brons), Fhatuwani Luvhengo van die Intermediêre Skool Sesheng, Omega Nontso van die Rehoboth-skool (goud), Vuyokazi Nontso (die afrigter), Yambeka Nontso van die Laerskool Kathu (brons) en Karabo Agus van die Intermediêre Skool Sesheng (silwer en brons). Foto: verskaf

Vir die plasing van berigte, briewe en nuus bel Ilse Watson by 079-831-557 of e-pos ilse.watson@volksblad.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.