Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
31 OKTOBER 2013
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Huispryse ‘binne perke’ Benneli Olivier Van der Walt
EIENDOM is altyd ’n goeie belegging. Maar hoe vergelyk die huispryse op Kathu met die res van die Noord-Kaap? Hoewel die huispryse op Kathu duurder as in omliggende gebiede is, is dit nie bo markwaarde nie. ’n Huis se prys hang regstreeks van ’n bank se waardasie af. Huise se pryse word nie deur eiendomsagente bepaal nie. Volgens Madeleine de Waal van REMAX Kalahari hang ’n huis se prys af van die vraag en aanbod in die huismark. Op die oomblik is die vraag na huise groter as wat op Kathu beskikbaar is. Daarom styg huispryse noodwendig. ’n Huis se prys word ook beïnvloed deur die woonbuurt waarin die huis geleë is. Dit hang ook af of dit ’n nuwe huis of ’n ou een is. ’n Gemiddelde huisprys op Kathu is op die oomblik tussen R800 000 en R1,2 miljoen. Die huis het dan gewoonlik drie slaapkamers, twee badkamers en ’n dubbelmotorhuis. Meeste huise verkoop In Bestwood, ’n nuwe woonbuurt op Kathu, verkoop ’n tweeslaapkamerhuis met een badkamer vir ongeveer R400 000. Dit is ook op die oomblik die woonbuurt waarin die meeste huise verkoop word. Daar is ongeveer 15 gastehuise op Kathu. Kontrakteurs wat op die omliggende myne werk, bly gewoonlik in dié gastehuise. Hoewel strenger kriteria deesdae deur finansiële instansies gestel word, sal die meeste potensiële “eerstekeer”-huiskopers die nodige navorsing doen oor huispryse en spaar om ’n deposito vir ’n huis bymekaar te maak. Die gemiddelde ouderdom van hedendaagse huiskopers wissel tussen 31 en 45 jaar. Dié mense is gewoonlik gevestig in hul loopba-
DIE vraag na huise op Kathu is hoog, maar huispryse hier is nie bo markwaarde nie. ne en kan die deposito en paaiemente van ’n huis bekostig. Ongelukkig is dit nie vir almal moontlik om die beleggingsgeleenthede te gebruik nie. Volgens Johan van der Schyff van Era Kathu is daar op die oomblik op Kathu meer huurders as huiseienaars. Die mense wat nie kwalifiseer
vir ’n huislening nie, moet noodwendig eerder die huis huur. Terwyl hedendaagse toestande ideaal is om eiendom te koop sukkel die meeste van Suid-Afrika se potensiële huiskopers om die geleenthede te benut. “Dit is veral die jonger geslag wat sukkel om in die eiendomsmark in
te koop,” sê Adrian Goslett, uitvoerende direkteur van REMAX SuiderAfrika. Volgens die resultate van ’n onlangse nasionale opname deur Better Homes and Gardens Real Estate beskou baie mense tussen 18 en 35 oud eiendom as ’n bewys van sukses. Statistieke toon 75%van mense sal
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
eerder ’n huis koop voordat hulle geld aan ’n nuwe motor of ’n duur vakansie bestee. Dit is nie ’n korttermynbelegging nie. ’n Huiseienaar sal eers ’n wins maak as die huis oor twintig jaar verkoop word, maar dit is die moeite werd om vir die regte prys te wag.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Moontlike twis verwag by stembus André Botha ’n HEWIGE stryd tussen die ANC en die DA kan verwag word wanneer kiesers in Wyk 4 van die Gamagaramunisipaliteit op 27 November stembus toe gaan. Die vakature het ontstaan toe Maria Diniza, wyksraadslid en burgemeester van Gamagara, sowat vyf weke gelede oorlede is. Dit was minder as ’n week voordat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, bevind het onder Diniza se leiding was daar “sistematiese regeringsmislukkings” en “sistematiese oortredings van die wet” in die munisipaliteit. Die wyk bestaan uit Olifantshoek, waar onluste verlede jaar die grootste gedeelte van die jaar kort-kort opgevlam het en meegebring het dat drie skole op die dorp vir ses maande gesluit was. Dit het veroorsaak dat dié skole se leerlinge almal ’n jaar skool moes herhaal. Inwoners het met die onluste gedreig om Diniza se huis op Olifantshoek af te brand. Van die klagtes teen haar, wat Madonsela bevind het geldig is, is dat haar man op gemeenskapsgrond geboer en sy ’n munisipale vragmotor gebruik het om haar ouers se meubels te vervoer. Madonsela het Olifantshoek as ’n “hartseerstorie” van mislukte leierskap op verskeie regeringsvlakke beskryf. Die ANC kan dus ’n opdraande stryd in die wyk voer as hy kiesers
Madonsela het Olifantshoek as ’n “hartseerstorie” van mislukte leierskap op verskeie regerings vlakke beskryf. nie kan oortuig dat hy ’n raadslid beskikbaar stel wat beter na hulle sal omsien as Diniza nie. Die DA sal weer heelwat munt uit die situasie kan slaan. In 2011 se munisipale verkiesing het Diniza 978 stemme behaal. Dit het haar ’n stewige voorsprong oor Cope (437 stemme) en die DA (418 stemme) gegee. Dit was egter net 53% van al die stemme. Wat Cope-kiesers in die afwesigheid van ’n Cope-kandidaat gaan doen, kan deurslaggewend wees. Beheer oor die munisipaliteit kan daarby op die spel wees. Die ANC het in 2011 ses setels gewen teenoor die DA se drie en Cope se een. Swaai Wyk 4 na die DA is die telling in die raad gelykop met vyf vir die ANC en vyf vir die opposisie. Die ANC sal dan tegnies danksy die burgemeester se beslissende stem beheer behou, maar in ’n kwesbare posisie wees.
DIE Gamagara-munisipaliteit se werkers trotseer die hitte om die dorp se strate skoon te vee. Van links is Kedibone Mthombeni, Itemogeng Seikaneng, Thekegelo Esau en Kegomoditswe Tabakeng. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Skoon strate is hul missie Benneli Olivier Van der Walt WERKERS van die Gamagaramunisipaliteit het verlede week die strate van Kathu skoongevee. Volgens ’n woordvoerder van die munisipaliteit is die skoon-
maakaksie deel van sy personeel se normale dienslewering. Die onlangse wind wat die dorp geteister het, het baie takke en grond in die strate laat ophoop. Die algemene werkers van die munisipaliteit vee nou die strate skoon om die paaie veiliger te pro-
beer maak. Hulle beplan om die hele dorp se strate skoon te maak. Die munisipaliteit het wel ’n tekort aan algemene werkers, maar hulle het onderneem om so vinnig moontlik van al die gemors ontslae te raak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Musiek op Kathu groei Benneli Olivier Van der Walt KATHU gaan nog die kultuurmekka van die Noord-Kaap word. Marelize Poolman bied al die afgelope twee jaar musieklesse hier aan. Dié musiekjuffrou het egter groot planne vir dié dorp. Marelize het van kindsbeen af musiek in haar bloed. Sy het in Bloemfontein grootgeword en daar begin om musieklesse te neem. Sy was betrokke by die Musicon en het ook in die Vrystaatse jeugsimfonieorkes gespeel. Sy het verder in die Bloemfonteinse Kinderkoor (wat in 1994 Engeland, Switserland en Oostenryk besoek het) gesing. Daarna is sy Paarl toe waar sy in 1999 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle gematrikuleer het. Sy het in die skoolkoor gesing en in die orkes gespeel. Marelize het haar BMus-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en het in viool en sang gespesialiseer. Sy het in die internasionaal bekroonde koor van die Universiteit van Stellenbosch ook gesing en in hul orkes (USSO) gespeel. Tydens haar studie op Stellenbosch het sy aan die Laerskool Jamestown musieklesse vir minder bevoorregte kinders gegee. “Musiek is belangrik vir jou menswees. ’n Liefde vir musiek maak jou ’n voller en veelsydiger mens. Ek gee graag deur my musiek terug aan die gemeenskap.” Nadat sy haar studie voltooi het, het sy na Laingsburg verhuis waar sy verder musieklesse aangebied het. Sy het in Januarie 2010 na Kathu verhuis. Hier het sy haar man ontmoet en hulle is in April 2012 getroud. Sy het weer begin om haar passie vir musiek uit te leef. Verlede jaar het sy begin om Engels en kuns en kultuur aan die Hoërskool Kathu aan te bied. Marelize het die hoërskool se 2011- en 2013-skouspele help reël en toe by Kathu se onafhanklike Christelike onderwysskole betrokke geraak. In 2010 en 2012 het sy aan die Luxor- Christelike Akademie ’n klein sanggroepie afgerig en verlede jaar by die RehobothChristelike Skool betrokke geraak. Albei die sanggroepe het op die Afrika-studentekonvensie 70% behaal. Nou gee Marelize private musieklesse. Haar studente is tussen ses en 50 jaar oud. Sy bied viool-, klavier-, blokfluit- en sanglesse aan. Die meeste van haar studente het geen musikale blootstelling gehad voordat hulle by haar begin les neem het nie. Tog het hulle verlede jaar ’n suksesvolle konsert in die Mongoose-gastehuis op Kathu gehou. Die volgende konsert vind in Desember plaas. Verlede jaar het van haar studente aan die voortreflike Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) op Upington ’n eksamen gaan aflê. Dit is ’n wêreldwye erkende kwalifika-
OP 3 en 4 November bied Kumba Iron Ore ’n volle nag van musiek en vermaak aan – die aande word ten bate van Kathu Kansa se Relay for Life gehou. Dit vind op die Kathu-rugbyveld plaas en duur van 18:00 tot 07:00. Daar sal 24 stalletjies wees en van die kunstenaars wat sal optree, sluit in Andriëtte Norman, Hendrik Spangenberg en Marius Annandale. Die toegangsgeld is R10 per persoon. Wees sonslim en dra geel vir die geleentheid.
Gesels só saam ENIGE van die vorige uitgawes van die Kalahari Bulletin misgeloop? Lees die koerant op www.kalaharibulletin.co.za. Besoek gerus ook die koerant se Facebook-blad by www.facebook.com/ kbulletin. Ons het ook ’n SMS-lyn. Pla enigiets op jou dorp jou? Is daar iets wat jy onder die koerant se aandag wil bring? Stuur gerus ’n SMS en ons kontak jou.
Marelize Poolman in aksie met haar viool. sie. Die eksaminator kom van Engeland af om die eksamen te moduleer en Kathu het vanjaar genoeg musiekstudente gehad sodat die eksaminator van die ABRSM hierheen gekom het. “Dit was ’n eerste vir Kathu, maar hopelik nie die laaste nie,” sê Marelize. Marelize het groot vooruitsigte vir Kathu. Volgende jaar wil sy ’n vroeë ontwikkelingsprogram vir jong kinders begin. Die klasse sal vir babas en kleuters wees. Hier sal hulle van vroeg af ritme en liedjies leer. Later sal hulle leer om instrumente te bespeel. Haar groot droom is om ’n musiekskool op Kathu te begin.
“Die skool sal poog om talentvolle minder bevoorregte kinders te identifiseer en hulle die geleentheid te bied om daardie talent te ontwikkel. Dit moenie net ’n eksklusiewe skool wees nie, maar oop wees vir enigiemand wat graag ’n instrument wil aanleer.” Sy wil ook in die nabye toekoms ’n gemeenskapskoor op die been bring. “Ek is nie net hier om musiek by een plek aan te bied nie. Ek is hier vir die hele dorp. My passie is musiek en ek hoop om daardie passie aan die gemeenskap oor te dra.” Vir meer inligting oor klasse kontak Marelize by 072-602-4461 of marelize.kok@gmail.com.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Betyds wees dui op respek OM betyds te wees vir ’n afspraak is goeie maniere. Om nie betyds te wees nie en ook nie te laat weet ’n mens gaan laat wees nie is ’n teken van uiters swak maniere. Deesdae is almal baie bedrywig en tyd is kosbaar. Daar is net soveel uur in ’n dag beskikbaar om al jou doelwitte en mikpunte te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat goeie en doeltreffende tydsbestuur toegepas moet word. Binnekort volg tussenverkiesings in sekere dele van die Noord-Kaap. As ’n lid van die gemeenskap graag wil stem vir sy gekose persoon en party wil hy sekerlik stem vir ’n persoon wat betyds vir sy afsprake is. Maar hoe stem ’n mens vir iemand wat vyf uur laat vir ’n afspraak opdaag? Hoe regverdig is dit dat die media, plaaslike inwoners en eregaste vyf uur aan ’n lyntjie gehou word, want die gekose belangrike persoon is blykbaar op pad. So staan die media, die eregaste en lede van die gemeenskap rond in die warm Kalahari-son en -wind en wag vir iemand om op te daag. Hulle eet rooi Kalahari-sand soos die wind waai. Hulle kry warm. Hulle is moeg en dors. Maar hulle moet wag. Party mense vertrek later huis toe, want hulle is moeg gewag vir
die belangrike persoon wat blykbaar nie goeie tydsbeplanning kan doen nie. So ook het ’n hele plaaslike gemeenskap in die gemeenskapsaal van hul dorp gewag vir die president om sy opwagting te maak. Hulle het al sedert 07:00 by die saal saamgedrom. Opgewonde om die belangrike persoon te sien en om te luister na sy boodskap vir die toekoms. Later die middag het baie van die gemeenskapslede vertrek. Dit is heeltemal te verstane. ’n Mens kan ook net soveel uur vir iemand wag. Natuurlik gebeur daar soms onverwagse dinge en ’n mens se tydsbeplanning en skedule loop dalk heeltemal deurmekaar. Dan is dit nodig om die mense wat vir jou wag daarvan in kennis te stel en te laat weet jy gaan vir jou afspraak laat wees. Jou laat wees beteken verskeie mense se dag word omvergewerp en verskeie mense moet alternatiewe planne maak om die dag se take afgehandel te kry. Om laat te wees vir ’n afspraak beteken jy het nie respek vir die ander mense wat vir jou wag se tyd nie. Dit beteken ook jy ag hulle nie belangrik nie. Dit beteken ook jy het geen respek vir hulle nie.
Die Here gee vrede en gemoedsrus
John Clarke IN vandag se lewe met al die politieke woelinge, die swakker wordende rand en met die afsterwe van geliefdes of selfs wanneer ons in die liefde teleurgestel word, voel dit soms of die lewe jou onderkry. Jy begin wonder: ) Sal ek nog brood op die tafel vir my gesin kan sit? ) Soms steel hierdie dinge ons gemoedsrus en jy het geen vrede meer nie. ) Soms het jy so seer dat jy net nie vertroosting kan vind nie. In Psalm 23:4 sê koning Dawid: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee sal ek geen onheil vrees nie. Dit is ’n baie sterk stelling. Koning Dawid kom uit ’n agtergrond van skaapwagters en omdat hy self ’n herder was, merk hy sekere ooreenkomste tussen ’n herder met sy skape en ons wandel met die Here. Drie dinge staan hier uit: 1. Die Here vertroos ons deur sy voorsiening. Hy laat my neerlê in groen weivelde . 2. Die Here gee ons gemoedsrus of hy gee ons vrede. Hy lei my na waters waar daar rus is. 3.Hy verstaan my seerkry in die lewe. Hy vertroos my siel.
Die dinge het Dawid wat ’n koning was so vertroos dat hy tot die slotsom gekom het dat al gaan ons deur ’n dal van doodskaduwee ons geen onheil hoef te vrees nie. 1. Onder ons eerste punt die Here vertroos deur sy voor siening. Visualiseer die prentjie wat dit skilder van skape wat ’n oorvloed van weiding het en dat hulle nie bang hoef te wees nie. Want sien, enigiets kan vandag gebeur. Een dag is ons sterk en gesond en die volgende dag word ons dalk met kanker of ’n ander ernstige siekte gediagnoseer. Sal ons steeds in die behoeftes van ons familie kan voorsien? As ons ons hoop op God se Skrif plaas, sal hy ons neerlê in groen weivelde. 2. God gee ons gemoedsrus. Ons worstel dalk met die doen en late van ons eggenote of voel verontrus oor ’n kind wat nie rigting in sy of haar lewe vind nie. Ons slaap dalk sleg weens te veel spanning. Plaas jou bekommernisse in God se hande en laat Hy jou gerusstel, want die Skrif sê as ons wat sleg is weet om goeie dinge vir ons kinders te doen hoeveel te meer weet ons Hemelse Vader. 3. Hy verstaan jou seerkry. Miskien is ons in liefde teleurgestel. Ons ervaar die verwerping, die vernedering en die seer. Toe Jesus daar aan die kruis hang, het Hy dieselfde gevoelens ervaar. Soveel so dat hy geroep het: “My Vader, My Vader hoekom het U my verlaat?” Hy verstaan ons seer en hy wil ons troos. Mag ons vandag sy vertroosting ervaar en ook kan sê: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. ) Clarke is ’n pastoor by die Kuruman-Christengemeente.
’n BEESWAGTER en sy honde jaag hul beeste kraal toe deur die stof en sand wat oor die vlaktes buite Upington waai. In die verte begin die Kalahari brul en stoot die eerste somerreëns nader. Foto: Anena Burger
Omgekrap oor swak diens JOAN VAN WYK, Wrenchville: EK is baie ontsteld omdat die gemeenskapsaal in Wrenchville nie meer tafels vir gesellighede beskikbaar het nie. Ek het onlangs die saal vir ’n kleuterskoolgeselligheid gehuur en met die opsigter gepraat om uit te vind of daar genoeg tafels beskikbaar sal wees. Hy het ons meegedeel dat daar slegs vier tafels beskikbaar is en dat ons verder by die munisipaliteit moet navraag doen. Ek het na die kantoor van die saal gegaan om verder uit te vind oor tafels en die vroue daar het my meegedeel dat die Ga-Segonyana-munisipaliteit nie meer tafels het nie. Ek wou by hulle weet hoe hulle ’n saal kan verhuur sonder tafels en daar is vir
17/24 S/10.0
9/25 ESE/15.0
10/28 E/10.0
le se mense daarvan beskuldig word dat die tafels in hul besit is.
my gesê ek moet self ekstra tafels huur. ’n Ander vrou in die kantoor het my meegedeel dat “Wrenchville se mense” die tafels het. Wat ek wil weet, is: Hoe seker is hulle daarvan dat die tafels wel by Wrenchville se mense is? En as dit die geval is, hoekom bel hulle nie die polisie om te gaan ondersoek instel nie? Die tafels behoort nie aan die algemene gemeenskap nie, dit is die eiendom van die gemeenskapsaal. Dit is geen diens om ’n saal uit te verhuur sonder tafels en stoele nie. Die opsigter het ook belowe hy sal nog stoele bring, maar ons wag steeds daarvoor. Ek is regtig omgekrap oor hierdie swak diens en ook omdat Wrenchvil-
6/22
7/25
S/10.0
ESE/15.0 E/5.0
8/26
Die peper is in die neus Anena Burger DIT is nou maar eenmaal so dat die liewe Heer vroue geskape het om moeders te wees en mans . . . wel, mans om Saterdae die gras te sny en rugby te kyk. Ek is ’n moderne vrou in ’n moderne wêreld met ’n tikkie aardsheid wat my so ’n bietjie anders as die res maak. Ek het nie tyd in my dag om grimering te dra nie en sommige mense sê selfs dit is afskeep, maar ek het meer in die lewe om op te konsentreer as die weelde van kamoeflering. Ja, ek werk hard, soos die meeste van ons moderne vroue vandag doen. Die week was geensins anders nie. Dit was net besonder uitputtend en ek was pootuit. Gelukkig is my beter helfte ’n moderne man en neem hy darem ongeag sy eie moegheid gewoonlik net mooi in die stadium die teuels oor. Ek is in die opsig seker geseënder as die meeste vroue en moeders, want
my jaarmodel- man het ’n bonuswerking. Hy kán kook, kán skottelgoed was, kán kinders vermaak en kán die leiding neem. Wat sy handleiding egter vergeet het om te meld is dat sy kán die leiding neem-werking onder streng toesig van die verbruiker van die jaarmodel moet geskied. En dat dié werking, sonder toesig, dalk nie gekombineer moet word met die mediese versorging van kleuters nie. So gebeur dit dan dat ek myself soos ’n ou lappieskombers oor die rusbank drapeer en insluimer. My dogtertjie het ’n nare verkoue en het ’n toe neusie. Sy lê op die ander bank en kyk televisie. Ek skrik wakker van ’n hartstogtelike gehuil en kom half bedremmeld regop. My kleinding is in trane en langs haar, op sy knieë, sit die beter-
Kleuterskool baie dankbaar STERRETJIE-KLEUTERSKOOL, Kuruman: ONS kleuterskool het in April na ’n nuwe perseel verskuif. Hopelik is dit die begin van ’n splinternuwe, voorspoedige era. Ons wil graag Kumba Iron Ore vir die omheining van die skool bedank. Barlows het ons atletiekdag geborg en Pep Stores het aan ons tien komberse geskenk. Mag die genoemde instansies van krag tot krag gaan, want om ’n kind te help, glo ek, tel baie in God se oë. Sterre-dankies.
8/26 S/10
11/28 SO/10
12/31 Kalm
halfjaarmodel verbouereerd en probeer troos. Deur die waas van slaap sien ek hoe hoe hy sagkens haar neusie afvee en ek vra moederlik wat fout is. Die antwoorde wat volg, is nie wat ek verwag het nie. Al wat Sus uitkry, is: “My neusie is seer”. Sy vryf vir al wat sy werd is. Die jaarmodel, nou self ontsteld, verduidelik: “Ek kan dit nie verstaan nie man, dit is tog net peper.” Nou, kiertsregop, dink ek stil: Kophou . . . kophou, moenie nou raas nie, sy hardeskyf mag net oppak en dan is daar groter probleme. “Hoe het jy dit in haar neusie gekry en waarom?” vra ek. “Ek het dit in my vingers gehou en gesê sy moet snuif. Ek verstaan nie . . . dit het dan so goed met my gewerk. Ek wou net hê sy moes nies sodat haar neusie kan oopgaan.” Ai, Jaarmodel, wat sê ek dan vir jou met ’n treurende kleuter op my skoot? En daar raak ek histeries aan die lag. “As jy enigeen hiervan vertel, sal ek jou nooit vergewe nie,” kom dit knorrend van sy kant af. Maar die koeël is deur die kerk, of sal ek sê die peper is reeds in die neus?
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
5
Nicole finalis in kompetisie NICOLE SMALL (6) is aangewys as een van 27 finaliste in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie. Nicole is die dogter van Nicky en Tanya Small van Kathu. Dié kompetisie, vir meisies van vier tot agt jaar, word jaarliks saam met die Little Miss South Africa-kompetisie,vir meisies van nege tot 12 jaar oud deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association for Talent, Modelling and Entertainment – SAATME) aangebied. Nicole is ’n gr. O-leerling aan die Laerskool Cum Laude op Grootdrink en woon by haar oupa en ouma, Neels en Magda Small. Dit is juis haar ouma wat haar inskryf en ondersteun om aan skoonheidskompetisies deel te neem en om so haar selfvertroue en lewensvaardighede op te bou. Little Miss South Africa is nie die eerste skoonheidskompetisie waaraan Nicole deelneem nie. Sy was ’n finalis in die plaaslike skoonheidskompetisies, Miss Little Me (2011) en Miss Twinkle Star (2012), wat
deur Fransolien du Plessis aangebied is. In 2011 en 2012 was sy ook ’n finalis in die Mej. Roosknoppie-kompetisie wat deur Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, aangebied word. Nicole sê sy is baie lief vir blomme en doen graag pragtige rangskikkings. Nicole sal die naweek van 8 en 9 November in Pretoria aan die finale beoordeling en kroningsgeleentheid deelneem. Die beoordelaars sal met al die finaliste onderhoude voer en hulle sal die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken. Elke finalis moet vir elke ander finalis ’n klein geskenk saambring. ’n Prys word aan die finalis toegeken wat die kreatiefste geskenkies gee. Die naweek beloof om vol pret en plesier te wees, met hope geleentheid om nuwe vriende te maak en vaardighede te ontwikkel. Die kompetisie gaan nie net oor die pryse wat gewen kan word, soos juweliersware, haarprodukte en tasstelle nie, maar oor die skep van geleenthede om te groei en oor die pragtige herinnerings wat die meisies en hul gesinne nog lank sal bybly.
DIE Mispa-kinderhuis het ’n skenking van Tops at Spar ontvang. Hier is Mark Robinson, besturende direkteur van Tops at Spar, Deon en Hester Niewoudt van die Mispa-kinderhuis en Herman Cruywagen van die Orange River Cellars. Foto: Retha-Marie Hall
Kinderhuis verbeter met geldskenking Anena Burger
NICOLE SMALL van Grootdrink gaan eersdaags aan die Little Miss Petite South Africa-kompetisie waarin sy as ’n finalis is, deelneem. Foto: Verskaf
DIE jaarlikse Tops-Orange River Cellars-wynkompetisie is op 23 Oktober aangebied. Elke jaar kies Tops at Spar ’n instansie wat die onderneming geldelik ondersteun. Die Mispa-kinderhuis op Keimoes het vanjaar ’n skenking van dié groep ontvang. Die skenking van R50 000 sal die kinderhuis, wat geen staatsubsidie ontvang nie, help om verskeie verbeterings aan te bring om die lewensgehalte van die kinders te verbeter. Verskeie kinders in die Mispakinderhuis is MIV-positief en ontvang daagliks medisyne. Die kinderhuis neem ook kinders in sy sorg wat mishandel is. Van die kinders is so erg mishandel
dat hulle bedlêend is. Die jongste seuntjie wat ingeneem is, was net drie maande oud toe hy op straat gevind is. Hy is nou ’n gelukkige tweejarige kind. Deon en Hester Niewoudt, eienaars, werk onverpoos om die lewe van dié kinders te verryk. Die Nieuwoudts sê hulle wil die skenking gebruik om badkamers vir die nuwe vleuel van die kinderhuis te bou. Dié vleuel is deur die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) moontlik gemaak. Hulle beplan ook om ’n kliniek in die gemeenskap op te rig vir kinders wat MIV-positief is. Daar is nuwe regulasies in die Kinderwet waaraan die kinderhuis teen 2015 moet voldoen en hulle wil van die geld daarvoor gebruik.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Stuur jou koerantfoto’s só
DIE NG Moedergemeente Kuruman (op die hoek van Kerk- en Acaciastraat) hou op 1 en 2 November ’n Kersmark. Die tye vir 1 November is van 17:00 tot 20:00. Die tye vir 2 November is van 09:00 tot 14:00. Daar is nog stalletjies beskikbaar. Skakel 071-1263523 vir meer inligting.
DIE Kalahari Bulletin het sekere voorwaardes vir wanneer die koerant foto’s gebruik. Die koerant ondervind egter baie probleme met skole en instansies wat foto’s stuur. Hier is die riglyne: ) As daar meer as 15 mense op ’n foto verskyn, benodig ons nie die name en vanne van elkeen nie. ) As daar minder as 15 mense op die foto verskyn, benodig die koerant elkeen se naam en van (verkieslik nie net die voorletter nie). Ons gebruik nie mnr. of mev. nie – ons gebruik net titels soos adv., ds. en dr. (wanneer van toepassing). ) Wanneer die name verskaf word, moet dit vir die koerant gestuur word soos die mense op die foto van links af verskyn en die koerant benodig Piet Pompies, Jannie van der Walt en Saartjie Claassen. Mnr. Pompies is verkeerd. ) As daar meer as een ry mense is, moet die voorste ry eerste en van links aangedui word, dan die middelste ry en dan die agterste ry. ) Foto’s moet ook verkieslik 1 MB of groter wees. Stuur jou foto’s aan die verskillende kantore soos volg: Upington: Anena Burger staan in vir Lizette Slabber tot die einde van die jaar. Stuur ’n e-pos aan lizette.slabber@volksblad.com; Benneli Olivier van der Walt is in die Kathu-omgewing en haar e-pos-adres is benneli.vdw@volksblad.com en vir die Kuruman-omgewing se nuus skryf aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com.
KLEIN Lisa Lee (5) neem foto’s vir die Kalahari Bulletin. Sy gaan seker maak dat sy almal se name en vanne (korrek gespel) vir die Kalahari Bulletin kry en stuur. Sy weet ook dat almal op die foto in fokus moet wees en dat sy onnodige agtergrond-gemors moet uitskakel. Foto: Anena Burger
Naam vir aandkleur Anena Burger
Sterkte, matrieks DIE Kalahari Bulletin wens al die 2013-matrieks ’n suksesvolle eindeksamen toe. Voorspoed met dié belangrike eksamen. Lekker leer en lekker skryf.
HET jy al ooit gewonder oor ons pragtige pienk en blou kleurskema op die horison in die Kalahari wanneer die son sak? Dit het in der waarheid ’n naam. Prof. Anne Rasa van Kalahari Trails sowat 35 km van die Kgalagadi-oorgrenspark verduidelik: “Die wonderlike verskynsel kan jy die beste sien oor plat landskappe. “Kyk teen sononder na die ooste en sien die bande van kleur in die lug. Dit word Venus se gordel genoem. “Die donkerblou band aan die onderkant is die skaduwee van die aarde teen die laer atmosfeer. “Die pienk groep daar bo is die laaste strale van die on-
VENUS SE GORDEL soos waargeneem in die Kalahari deur prof. Anne Rasa van Kalahari Trails. Foto: Prof. Anne Rasa dergaande son wat teen die boonste atmosfeer reflekteer. “Bo dít is die lug in ligblou
getooi.” Hierdie verskynsel word die beste in die Kalahari en Noord-Kaap waargeneem.
Wees ons oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Die Kalahari Bulletin se nuwe webwerfontwerp bied geleenthede vir iedereen om ’n burgerjoernalis te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, nuuswenke, misdaadvoorvalle en ander nuus op die webwerf te laai. Burgerjoernaliste se oë en ore is waar verslaggewers nie altyd kan wees nie én hulle weet wat lesers se harte vinniger laat klop. Daar is net beperkte plek in die gedrukte koerant vir nuus, daarom is al die nuus nie altyd in die gedrukte koerant nie. Aan die web is egter geen einde nie. Alle gemeenskaps-
nuus kan hier gelees word, met foto’s, video’s en interaktiewe meningspeilings. Op die nuwe webwerf sal die nuutste storie eerste verskyn. Vir diegene wat eiendom wil huur of koop het die nuwe webwerf ’n eiendomsafdeling. Verder gee die Kalahari Bulletin se mobisite toegang tot die koerant op ’n selfoon. Besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of op ’n selfoon by kalaharibulletin.mobi.
BMW 3 Series 316i
www.bmw.co.za/ 316i
ACCELERATE YOUR DRIVING EXPERIENCE. Experience the true driving pleasure of the BMW 316i sooner than you think. The smooth 8-speed automatic transmission delivers all the performance of the powerful four-cylinder BMW TwinPower Turbo engine, effortlessly. Step into a world of exhilaration and efficiency today. For more information go to www.bmw.co.za/316i or contact your BMW dealership.
DRIVE A NEW BMW 316i AUTOMATIC FROM ONLY R4 999 PER MONTH WITH NO DEPOSIT. 5.8 l/100 km 100 kW
IRELAND/DAVENPORT 73946
BMW 316i Automatic Monthly payment
R4 999
No. of installments
59
Total cost to customer (Excl. all fees)
R442 515
Interest rate
5.60%
Customer deposit
R0
Balloon payment (40%)
R147 574
This offer is available through BMW Financial Services South Africa (Pty) Ltd, an authorised financial services and registered credit provider NCRCP2341. Valid until 30 November 2013, subject to availability. 59 installments and a balloon payment linked to the prime rate of 8.5% at a total cost of R442 515. Excludes initiation fee and monthly service fee. Rate may vary if price differs from example shown in the table. Terms and conditions apply. BMW 3 Series with optional Sport Line shown.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Leerlinge toon hul tennistalent DIE Laerskool Op die Voorpos se interskole-tennistoernooi het van 17 tot 19 Oktober plaasgevind. Die toernooi het baie talentvolle spelers van oor die provinsie heen gelok.
Die Laerskool Oranje-Noord, die Laerskool Kathu, die Laerskool Sentraal op Kakamas, die Laerskool De Aar en ook die Laerskool Op die Voorpos het aan die toernooi deelgeneem.
Spelers is vir hul goeie spangees en deursettingsvermoë beloon. Albert Van Niekerk het die seun van die toernooi-prys gewen vir Op die Voorpos se span en Elana Badenhorst die meisieprys. Elke span kon ’n seun en meisie aanwys wat in hul span aan die vereiste voldoen het.
HIER is Albert van Niekerk wat die seun van die toernooi-prys vir op die Voorpos gewen het, saam met Gerrit Brand.
MIEKE ENGELBRECHT van die Laerskool Sentraal op Kakamas het die meisie van die toernooi-prys vir haar span verower. Gerrit Brand van BB Spares, een van die hoofborge, oorhandig hier haar prys.
DIE Laerskool De Aar het met die louere weggestap. Hier is Louis van der Walt, die spanbestuurder, met die wisseltrofee by Annalisa Nieuwoudt. Foto’s: Verskaf
Inwoners kan deel van video wees Ilse Watson HENDRIK SPANGENBERG, ’n plaaslike sanger van Kathu, gaan eerskomende naweek sy eerste musiekvideo vir sy album Sal jou onthou! opneem. Die snit waarvoor die musiekvideo gemaak word, is deur hom en Pierre Rossouw van Die Sanger geskryf. Die liedjie se naam is Solank jy myne bly wat reeds gewild op die radio is. Stefan Louw van Koringkriekproduksies is die vervaardiger en gaan die man agter die kamera wees. Louw het al saam met kunstenaars soos Elizma Theron, Gerhard Steyn, Oros in ’n Lang Glas en Ricus Engelbrecht gewerk.
SO lyk die nuwe CD. Foto: Verskaf Wanneer die video klaar vervaardig is, gaan dit na kykNET Musiek en JukeBox, ’n musiekvideoprogram van dié kanaal, gestuur word. Spangenberg nooi inwoners van Kathu en belangstellendes van omliggende dorpe om deel te wees van hierdie projek.
Dit gaan op Sondag 3 November om 19:00 op die Hoërskool Kathu se rugbyveld plaasvind. Belangstellendes moet reeds om 18:00 daar wees. Hulle kan ’n kombers, stoel of kussing saambring en ’n piekniekmandjie met eet- en drinkgoed. Die volgende streng reëls geld: ) Geen vergoeding word aan kykers aangebied nie. ) Almal moet asseblief self tot by die veld kom. ) Geen videokameras word toegelaat nie. ) Geen klankgrepe of foto’s mag tydens die verfilming geneem word nie. ) Persone betree die eiendom op eie risiko en is vir hul eie koste verantwoordelik.
Leerlinge onderneem hul laaste laerskooltoer Ilse Watson DIE gr. 7-leerlinge van die Laerskool Seodin het vir oulaas, voordat hulle die hoërskoollewe aanpak, lekker saamgekuier. Hulle het ’n agt dae lange toer na onder meer Oudtshoorn, Hermanus en Kaapstad gehad. Eerste op hul besoek was die Kango-grotte. Daarna het hulle na Hermanus vertrek waar hulle na walvisse gekyk het en ook op Santos-strand geswem het. Hulle het ook die ou hawe op Hermanus besoek.
DIE huis in Kokerboomstraat op Kathu waar ingebreek is.
Hulle het die pragtige Kaapstad van hoek tot kant besoek. Hoogtepunte was Tafelberg, die akwarium en die planetarium. Opgehoopte energie het verdwyn met besoeke aan plekke soos Cool Runnings en ’n inkopie-uitstappie na die Tygervallei-sentrum. Nog ’n groot hoogtepunt was die busrit op Kaapstad se topless-busse en hulle het ook rugby op Nuweland gaan kyk. Die leerlinge is dit almal eens dit was ’n onvergeetlike toer.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Diewe hou glo vrou dop, slaan toe Benneli Olivier Van der Walt ESTELLE JANSE VAN RENSBURG van Kathu het Maandag ’n nare verrassing gekry nadat sy haar kinders
by die skool afgelaai het. Omstreeks 07:00 is in haar huis in Kokerboomstraat op Kathu ingebreek. Sy het dié ontdekking gemaak nadat sy van die skool af teruggekeer het. “Ek vermoed dat die boos-
wigte my dopgehou het toe ek skool toe gery het. “Hulle het toegang tot die huis verkry deur die skuifdeur in die hoofslaapkamer oop te breek,” vertel Janse van Rensburg. ’n Skootrekenaar, twee
tablette en DVD-spelers is gesteel. Hulle het ook juweliersware, ’n videokamera en twee digitale kameras gebuit. ’n Saak van huisbraak is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Kathu geopen.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
DIE Hoërskool Duineveld en die Serfonteintennisakademie sal op 9 en 10 November aan die Kloppers Masters Cup-toernooi in Bloemfontein deelneem. Hier is van links Ané Dippenaar, Tiaan Serfontein (afrigter) en Duncan McGregor. Foto: Verskaf
Tennis hier só ontwikkel ’n JAARLIKSE ontwikkelingstennistoernooi is verlede Vrydag by die Hoërskool Duineveld gehou. Die toernooi is deur Tiaan Serfontein van die plaaslike Serfontein-tennisakademie aangebied. Die deelnemers was Marisa van Heerden, Liamie Smith, Jane Knoesen, Michane Lombard, Janel van der Merwe, FP Smit, Juan Pretorius, Cobus van Zyl, Calvin Rheeder, Theo Visser en Gerbe Becker.
Presteer op proewe WILLERS VENTER het gesamentlik derde in die Noord-Kaapse skaakproewe in die o.20-afdeling geeïndig. Hy is ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Duineveld. Foto: Verskaf
DIE Maart-bladsy van Volksblad se 2014-kalender.
Pragkalender te kry ’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Perdeskou vir welsyn gehou Anena Burger GELD is vanjaar weer op die jaarlikse Upington-saalperdseksieskou vir liefdadigheid ingesamel. In die Charity fun run kan ruiters op enige perd ry en dit hoef nie noodwendig ’n saalperd te wees nie. Ruiters moet met hul perde aan ’n verskeidenheid nommers, byvoorbeeld musical chairs, deelneem. Sou ’n ruiter by ’n nommer uitval, kan hulle hul plek in die kom-
petisie terugkoop. Die toeskouers raak deel van die verrigtinge wanneer die ruiters hulle betrek deur ’n ieder en ’n elk vir ’n bydrae te vra sodat hulle terug in die kompetisie kan kom. Attie Koen van Clarens bied die afgelope paar jaar hierdie geleentheid met groot sukses aan. Dié ruiter het verlede jaar met sy entoesiasme en liefde vir perde het ’n bedrag van R5 000 ingesamel. Die bedrag is vanjaar voor die afskop van die Charity fun run aan
die Oranjehof-ACVV-ouetehuis oorhandig. Vorige jare is die geld aan die Kestell-kinderhuis geskenk, maar sedert 2012 word alle donasies aan die plaaslike instansies geskenk. Vanjaar is altesaam R9 300 ingesamel. Tydens die Upington-saalperdseksie se jaarvergadering in November sal besluit word aan watter instansie die geld geskenk gaan word. Die geld sal op die volgende skou oorhandig word.
TANNIE MAGRIET is 102 jaar oud en die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Hier is sy saam met Marica Loots, die hoofmeisie, en die onderhoofseun, Darryl de Wee. Agter haar is Vollie Vollgraaf. Foto: Verskaf
Op 102 oudste oudleerling TANNIE MAGRIET LUBBE, gebore op 30 September 1911, is ’n hele 102 jaar oud en is ook die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Daarom het die skool besluit om haar op haar verjaardag te verras en met so ’n groot mylpaal geluk te wens. Op 11 Oktober het die hoofmeisie, Marica Loots, en die onderhoofseun, Darryl de Wee, namens die skool en leerlinge ’n ruiker aan haar oorhandig. Verskeie van die Oranjehof-ouetehuis se inwoners, asook tannie Magriet se dogter Marietjie Ehlers, en Vollie Vollgraaff, wie se idee dit was, was met die gelukwensing teenwoordig.
Tannie Magriet het haar skoolloopbaan in 1931 aan die Hoërskool Upington begin en in 1932 hier gematrikuleer. Sy het verskeie interessante staaltjies vertel oor haar tyd by haar alma mater en so ook oor haar koshuisdae. S.C.J. van Niekerk was die skoolhoof toe sy in die skool was. Tannie Magriet onthou veral een van haar klasmaats, Ella Steenkamp. Sy het tydens haar skoolloopbaan aan tennis en “basketbal” (netbal) deelgeneem. Ná skool het sy haar as onderwyser bekwaam en het onder meer op Garies en Vollgraaffsig skoolgehou. Die Uppies-familie salueer tannie Magriet – ’n goeie vrug van die 1932boom.
ARMAND “Die singende cowboy”, Pet Taljaard, Michael van der Westhuizen(voorsitter van die Upington-saalperdseksie) en Marie Crafford (Oranjehof-ACVV-ouetehuis) Foto: Verskaf
Tennisspan eindig met silwer VYF seuns en vyf meisies van die Hoërskool Upington se eerste tennisspan het aan die WintershoekWild-Diamantveld-uitnodigingstoernooi in Kimberley deelgeneem. Die seuns (wat die verdedigende kampioene was) het hulle baie goed van hul taak gekwyt en kon daarin slaag om al hul uitspeelwedstryde te wen. Hulle het bo in hul groep geëindig. Daarna het hulle teen die Hoërskool Duineveld gespeel en met hul oorwinning ’n plek in die eindronde verseker. Die opponente, die Hoërskool Noord-Kaap, het dit egter geklop en Uppies het ’n silwermedalje vir die tweede beste span op die toernooi gewen. Die meisies het teen die Hoërskool Duineveld gewen en sodoende in die sewende plek geëindig.
Van links is, voor: Rozelle van Niekerk, Jana Becker, Christine Becker en Salomé Hanekom; middel: Piet van Rensburg, Gustav Loots, Gert Rupping, Francois Joubert en Johann Joubert; agter: JB Giliomee en J-Ell Slabbert.
Vyf Uppies kolf vir Griekwaspanne VYF van die Hoërskool Upington se krieketspelers is vir verskillende Griekwaspanne gekies. Franco Swart is gekies vir die o.19-Griekwakrieketspan wat in Desember aan die Coke-week in Durban gaan deelneem.
Rikus Pretorius, Johan van der Ryst, Mario Zacharia en Shaquille Cloete is vir die o.15- Griekwakrieketspan gekies en sal in die Desembervakansie aan Krieket Suid Afrika se o.15-kriekettoernooi in Johannesburg deelneem.
RIKUS PRETORIUS, Shaquille Cloete, Johan Van der Ryst en Mario Zacharia.
Foto’s: Verskaf
Spel ’n derde plek los in spelfees ELANI STRYDOM (gr. 9) en Lara Barnard (gr. 8) het op Saterdag 19 Oktober aan die Woorde Open Wêrelde- (WOW) spelfees se nasionale kampioenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch (US) deelgeneem. Leerlinge van oor die land heen van gr. 1 tot gr. 10 het spelsake uitgespook. Elani het eindelik die derde plek in die gr. 9-afdeling landwyd behaal.
FRANCO SWART
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Simulator training used to make mine safer THERE are the normal operating procedures at a mine designed to get everyone home safely every day. Then there are the everyday incidents that remind miners of the possible dangers that they face if the rules are not followed. For instance, a driver descending an incline in the wrong gear puts stress on the braking system which could result in a brake failure. Or rain could make controlling a front-end loader difficult and dangerous. Anglo American’s Kumba Iron Ore Sishen operation has been making operations at the mine safer by using simulators to train their operators to deal with real-life work situations like these. Simulators have helped to bridge the gap between theory and best practice equipment operations. The simulators are not just computer programmes, but hyper realistic systems and modelled vehicles that operate in a 3D-world emulating the Sishen Mine operations. Wynand de Klerk, Sishen’s senior training officer, say that simulator technology enables his trainees to learn, practise and repeat procedures as often as necessary in order to correct mistakes, fine-tune their skills and optimise outcomes. De Klerk believes that Sishen’s safety record, lost time injury frequency rate (LTIFR) of 0,10 per 200 000 hours worked, is down to the fact that operators can develop and refine their skills without compromising the safety at the mine. The Sishen’s training facility also allows Kumba Iron Ore employees to be trained to react safely and efficiently to emergency situations like a brake failure or engine fire. Novice operators are given at least three months’ training on a simulator before they are allowed to go near an actual piece of heavy machinery. This training programme, says De Klerk, allows the company to see benefits in three different areas: safety, productivity and best practice machine use. “By the time a new operator takes control he has been trained to standards that make operations safer and more efficient. He is trained in best practice for equipment use
and simulators mean we don’t have to impede operations by taking real machinery out of production during training.” The simulators at Sishen allow instructors to set standard exercises and then inject different hazards into each scenario. The advanced computing system allows instructors to monitor real-time operations and measure them against the student’s historical performance. It also allows instructors to replay each simulation with the trainee to help identify and work on shortcomings. The simulators – a tracked bulldozer, a wheeled bulldozer, and excavator, surface drill rig, haul truck, face shovel and frontend loader – cover the four critical mining processes: hauling, drilling, digging and loading. Training in these skills is also an ongoing process. Follow-up testing in the simulators is conducted after the first three months on the job. “We run refresher courses for every operator every year. With the simulator we are able to test theoretical and practical knowledge,” adds De Klerk. Linda Sambu, Kumba Iron Ore’s chief safety officer, concludes that the value of simulator training has been a boon for Sishen’s operations. “Simulators allow us excellent integration between training and operations and ensure the best possible operating standards. In line with Anglo American’s vision to achieve Zero Harm, we regard employee safety as our number-one priority and simulator-based training is one of the key contributors to achieving our goal.”
Samel geld met dansparty in Benneli Olivier Van der Walt
ANNEMIE VAN HUYSSTEEN en Frans van Schalkwyk het lekker op die boere-opskop op Kathu gekuier. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
VERLEDE naweek het Annemie van Huyssteen ’n regte boere-opskop by die Kalahari-buiteklub aangebied. Die dansparty is gehou om geld as deel van haar liefdadigheidswerk in te samel . Annemie is ’n finalis in die Mev. Verenigde Nasies 2013-kompetisie. Frans van Schalkwyk het die gehoor met sy kitaar en sang vermaak. Frans is ’n plaaslike kunstenaar wat sy eie lirieke skryf en uitvoer. Van Huyssteen het self ook ’n liedjie vir die gehoor gesing.
Kinders leer meer oor gesonde kos Benneli Olivier Van der Walt
DIE gr. 0-leerlinge van Pikkie Pret het Kathu Spar verlede week besoek. Rudi Botma, bestuurder van die Spar, het die kinders by die ingang van die winkel ontmoet. Die uitstappie se tema was Gesonde kos is ook lekker. Christelle Peens en Ylandri Peens het kospakkies aan die kinders uitgedeel. Die kinders het hul kospakkies self betaal. So het hulle geleer hoe om met regte geld in ’n winkel te betaal.
YLANDRI PEENS en Christelle Peens het die kospakkies aan die gr. 0-leerlinge van Pikkie Pret uitgedeel toe hulle die Spar op Kathu besoek het.
Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
GROOT gesperde ogies en opgewonde gesiggies – die gr. 0-leerlinge ontvang hul kospakkies.
QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE DULUX BERGERMASTER NUKOTE PVA
DURAM WALL & CEILING PVA
PAINT
124.95
184.95
White 20 Litres
20 Litres Various Colours
SKU: 5063
SKU: Various
379.95
599.95
Black, Grey, Red 1 Litre SKU: 301910/2/4
PAINTING TIP
99.95 5 Litres
20 litres PVA will paint a 60m 2 room on a double coat, or 160m 2 surface area on a single coat
SKU: 301911/3/5
408.95
PAINT CUB BRUSH SET
SKU: 5062
SKU: Various
TILING
PAINT PRODUCTS
White 5 Litres
5 Litres Various Colours
DURAM NS4
3pc
SKU: 301788
BEE PAINT BRUSH SET
40.95
ALOE RANGE FLOOR TILE Cotta
Ceramic 35 x 35 • 2m 2 Cotta, Bone, Grey
Bone
SKU: 300326/7/8 Price per m 2
Grey
3pc 25+38+50mm
SKU: 301813
62.95
CLIVIA RANGE WALL TILE
35.95
Ceramic Wall Tile 20 x 25 • 2m 2 Beige, Grey
Grey
SKU: 300228/9 Price per m 2
Beige
64.95
SHOWERS
GARDEN TOOLS
PIVOT SHOWER DOOR WHITE
TAPS
Clear Glass 900 SKU: 628552
POLY WHEELBARROW SKU: 300133
519.95
1 174.95
Excluding drip tray & side panel
LE ISCA LERATO PILLAR TAP 15mm BLUE
174.95
SKU: 302009
ISCA LERATO LE SINK MIXER Wall Type SABS SKU: 302006
LASHER DIGGING SPADE SKU: 880
119.95
LASHER ROUND NOSE SHOVEL SKU: 880
149.95
LASHER GARDEN FORK SKU: 883
199.95
TRIMATIC SHOWER DOOR
LASHER CONCRETE WHEELBARROW SKU: 914
459.95
Obscure Glass 900 NAT SKU: 101113
1000 NAT SKU: 101114
VALID UNTIL SUNDAY 24 NOVEMBER 2013 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453) 62102 WK18 • REDWORKS
11
1 334.95
552.95
ISCA LERATO LE BATH MIXER Wall Type 15mm SKU: 302005
1 549.95
203
824.95
STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Kies blomme vir ’n kleurryke tuin
DIE zoemlens is veelsydig en kan gebruik word om velde en beelde af te neem.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Benneli Olivier Van der Walt DIE somer is hier en dit is tyd vir tuinmaak. ’n Maklike manier om aan jou tuin kleur te gee ná die kleurlose winter is om blomme in die leë beddings te plant. ’n Paar kleurryke blombosse om te oorweeg is die bougainvillia, swaardlelies, madeliefies en mandevillas. Die bougainvillia lewer ’n groot bos blomme en kom in ’n wye verskeidenheid kleure voor. Vir ’n spoggerige blom in jou voortuin plant swaardlelies (Iris germanica) in die koelte. Madeliefies (Argyranthemum-spesie) kan enige plek geplant word en hulle kom in verskeie kleure voor. Vir ’n bloedrooi bedding is mandevillas ’n goeie plan.
DIE madeliefieblom kom in ’n verskeidenheid kleure voor. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
Vier soorte lense Benneli Olivier Van der Walt
DIE bougainvillia lewer ’n groot bos blomme in verskillende kleure.
’n DIGITALE kamera se lens is noodsaaklik wanneer dit by digitale fotografie kom. Dit bepaal die hoeveelheid lig wat die kamera vasvang en stoor. Die lens word ook gebruik om die beeld in fokus te bring. ’n Beeld moet in skerp fokus wees, want dít bepaal die beeld se samestelling en perspektief. Die meeste digitale kameras se lense het ’n outomatiesefokus-funksie. Dit beteken die lens sal outomaties op die voorwerp wat jy wil afneem, fokus. Afhangende van die kamera is daar vier soorte lense wat vir verskillende fokusdieptes gebruik kan word. ’n Standaardlens bied ’n beeld wat dieselfde is as wat jou oog sien. ’n Wyehoeklens lewer ’n breër uitsig. Dit
beteken voorwerpe sal kleiner voorkom as wat dit werklik is. Die soort lens is goed om landskappe en geboue mee af te neem. ’n Wyehoeklens verleen ’n dramatiese effek aan die foto. Telefoto-lense het ’n groter fokusdiepte. Dus sal die voorwerp in die foto nader lyk as wat dit werklik is. Kort telefotolense werk goed vir natuurlike voorwerpe, byvoorbeeld iemand se gesig. Langer telefotolense werk weer goed vir sport- en natuurlewefoto’s. Zoemlense is ’n kombinasie van dié twee lense. Dié veelsydige lens is geskik vir verskillende soort foto’’s. ) Volgende week kyk ons na kamerafone. ) Bron: Die geïllustreerde digitale kamerahandboek. Die algemene redakteur is Nigel Atherton.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
MEDIESE NUUS
Tandartse open splinternuwe praktyk op Kathu Ilse Watson DENTAL JOY is ’n splinternuwe tandartspraktyk wat op 1 November sy deure op Kathu gaan oopmaak. Dié praktyk gaan in die Insinda-gebou (langs Build-it) wees. Die twee eienaars wil seker maak al hul kliente het mooi glimlagge - omdat hulle mooi tande het én omdat hulle tevrede is. Die twee passievolle tandartse, dr. James Walker en dr. Heinrich Boock, en hul knap assistent, Alona Deubern, gaan professionele en bekostigbare diens lewer wat op wetenskaplik bewese tandheelkunde gegrond is. Dít boonop tussen vriendelike mense. Dental Joy gaan ’n groot verskeidenheid tandheelkundige dienste bied. Dit sluit porseleinkrone, verstandtandverwydering, wortelkanaal-behandelings, kunstande, implantate, gevorderde herstellings en behandelings om tande te bleik in. Dit en nog vele meer sal elke kliënt selfvertroue gee om die lewe tromp-op te loop. Albei tandartse is by die wêreldbekende Universiteit van Wes-Kaapland gekwalifiseer en wil persoonlike diens van hoë gehalte lewer. Hulle streef daarna om nuwe en moderne tegnieke, produkte en toerusting te gebruik, sodat hulle die hoë standaarde van die SuidAfrikaanse Tandheelkundige Vereniging (Sada) en die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) kan oortref.
Dental Joy bied nóg meer. ’n Gespesialiseerde ortodontis, die bekende Bloemfonteiner dr. Elwin Mussmann, sal by dié gerief pasiënte bedien. Die groter deel van die bedrag-struktuur word op siekefondstariewe geskoei, maar sekere bedrae word op ’n vaste tarief gegrond. Dit kan verskil van die bedrag wat die siekefonds uitbetaal. Dental Joy sal vir die gerief van sy kliënte korrespondensie met siekefondse behartig. Noodbedrae vir dienste wat ná ure gelewer is, word aangepas vir die verskillende dienste. Albei die tandartse het ná hul studies hul gemeenskapsjare in Lohathla gedoen. Hulle het daar besluit om na die Kalahari te verhuis. Walker het op Kathu grootgeword en het aan die Hoërskool Kathu gematrikuleer. Hy wil hier wees omdat hy lief is vir die Kalahari-mense. Boock, ’n natuurliefhebber van die Paarl, het sy hart op die Kalahari verloor en glo sy energieke lewenstyl sal hier aard. ) Dental Joy is oop vir volwassenes en kinders vanaf Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 17:00. Op Saterdae is die praktyk vanaf 09:00 tot 12:00 oop. Hulle kan by 053-723-1975 gebel word. Vir erge tandpyn ná ure, naweke en op openbare vakansiedae kan kliënte die noodnommer 071-904-4265 skakel.
Beskerm jou vel dié somer Yolandi van Deventer MET die somer en son wat weer in die warm Kalahari-streek onderweg is, kruip al wat ’n mens is uit en slurp die son op. Ná die koue probeer almal hul hart en siel ontvries. Mense geniet ook die lieflike braaidae en somerson vir kaskenades. Hoewel sonlig goed vir die liggaam en gees is, moet mense waak teen te veel son. Dit sluit aan by vandag se onderwerp: melanoom, of beter bekend as velkanker. Melanoom is ’n minder algemene soort velkanker, maar dit is baie gevaarliker, veral wanneer dit nie vroeg opgespoor word nie. In vroue kom melanoon algemener op hul bene voor, terwyl dit by mans eerder op die rug voorkom. Suid-Afrika het ’n hoë melanoomsyfer en dit hou regstreeks daarmee verband dat ons land se mense gereeld aan skadelike UV-strale blootgestel word. Dit is weens die warm klimaat. Melanoom kan behandel word deur die chirurgiese verwydering van die gewasse, chemoterapie en/of bestraling. Wat die gepaste behandeling is, hang van die omvang van die kwaadaardigheid af en of dit reeds versprei het. Wanneer melanoom betyds opgespoor word, bestaan daar gelukkig goeie kanse dat dit volkome sal herstel. Gevaartekens sluit die volgende in: ) Die verandering in die vorm of kleur van bestaande moesies (vel verkleuring). ) In later stadiums van die siekte kan moesies jeuk of bloei. Vroeë tekens van melanoom kan só uitgeken word: A vir a-simmetrie: die een helfte van die moesie lyk nie dieselfde as die ander helfte nie. B vir border of grens: die moesie het oneweredige kante. C vir colour of kleur: daar is kleur verskille op die moesie. D vir diameter of omtrek: die moesie is te groot wanneer die deursnee meer as 6 mm is. E vir evolving of verander: indien die moesie se voorkoms oor tyd verander.
Gevaarliker soorte melanoom kan: E vir elevated: die moesie kan uitstaan en nie gelyk wees met die vel oppervlak nie. F vir firm of ferm: die moesie kan ferm voel teenoor die ander wat sag voel. G vir growing of groei: die moesie sal groter word. Voorkom dit liewer Melanoom kan voorkom word deur nie in die son te lê nie en op die manier UV-bestraling te verminder. Mense moet probeer om sonbeddens te vermy, om daagliks sonbrandroom aan te wend en sonbeskermende klere (soos byvoorbeeld ’n hoed en langmouklere) te dra. As algemene riglyn moet mense liewer tussen 09:00 en 15:00 uit die son probeer bly. Skole kan betrokke raak deur meer bome op speelterreine aan te plant en skadunette op te rig wat leerlinge pouses teen gevaarlike UV-strale kan beskerm. Wanneer ’n mens enige veranderinge aan ’n bestaande moesie agterkom of nuwe velletsels opmerk waarvan die oorsprong onseker is, moet hulle dat ’n geneesheer dit dadelik ondersoek. ) Gesondheidsnuus word verskaf deur die Mediclinic Kathu.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Man arrested for possession of dagga THE South African Police Service (SAPS) in Kathu is investigating a dealing in dagga case after WO Alan Dalton followed up information of dagga being sold in Mapoteng. On 23 October at about 13:00 he detected a suspect at a gazebo
selling chips next to the road in Mapoteng. He kept him under surveillance and allegedly saw the man walking with a blue plastic bag from the gazebo to the other side of the road where he then dropped the bag in the veld.
The man then went back to the other guy at the gazebo where Dalton approached them and asked the suspect to show him what he dumped in the veld. Dagga of 0,560 g was found in the bag. The suspect was then arrested.
WO ALAN DALTON with the dagga that was found under surveillance.
Motorbike rider killed on N14 The SAPD Kathu is investigating a culpable homicide case after an accident occurred on the N14 road on 18 October at approximately 20:30 in which JG Viljoen passed away. Allegedly a truck was turning off from the N14 to the right-hand side of the road.
Half of the trailer was still on the road when the driver of the motorbike, Viljoen, came from the direction of Kathu and allegedly wanted to pass the truck at the rear-end side and hit the wheel of the truck on the left side. Viljoen passed away on the scene.
Suspects quickly arrested ON 21 October a housebreaking case was reported on Kathu. The information was followed up and a suspect was arrested. After further investigation another suspect was arrested for possession of stolen goods when he was found in possession of some of the stolen goods of the housebreaking case. When the suspect was searched at the police station, drugs and dagga was also found on top of his head underneath his hat. The members who were responsible for the arrest was Serg. Vincent Maribe, Const. Meshak Mosesane, Const. Tebogo Molale, Const. Reetsang Lesetedi and Const. Roselyn Smous.
SAPS need information THE Kathu SAPS is investigating a culpable homicide case after a pedestrian was hit by a car on 19 October at approximately 05:30. This incident happened on the N14 route. Allegedly the deceased, Carlo Raymond Conley was found lying next to the road by a truck driver passing by. The investigation is still ongoing. Anyone with information can contact the investigation officer, Const. Patience Morubisi, on 053-723-9125.
SAPS need his help with robbery case
THE man who possibly can help the SAPD Kathu with more information.
Photo: Supplied
THE Kathu SAPD is investigating a robbery case which took place on 1 August at approximately 20:00 on the Kathu-Deben main road. Allegedly the complainant, Frans Cronje, was on his way from Postmasburg to Deben to visit his sister. When a taxi stopped in Kathu, the complainant took his bags
and got off the taxi. He was then allegedly robbed from his Blackberry and Samsung cellphones. The SAPD Kathu is looking for a black male who can assist with the investigation and anyone with information can contact the investiga- tion officer, WO Johan Rossouw, om 053-723-9125.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Oorgewig: Dit ís toe in jou gene Madelein Venter TERWYL ons almal weet dat die kleur van jou oë, die vorm van jou mond en die lengte van jou bene deur jou gene bepaal word, is nie almal bewus van die rol wat jou gene in jou eetgewoontes speel nie. Onlangse studies het gevind dat jou gene ’n rol speel in watter kossoorte jy kies om te eet, hoeveel en ook hoe gereeld. ’n Nuwe studieveld genaamd voedinggenomika maak tans opslae in die wêreld van voeding. Voedinggenomika is die studie van die interaksie tussen genetika, dieet en leefstyl in die handhawing van ’n gesonde gewig. Volgens Helen Wessels, ’n dieetkundige van Bloemfontein, speel jou DNS inderdaad ’n rol in smaak en versadigingsperspektief en is die studie van DNS in voeding ’n opwindende, ontluikende veld. “DNS is soos ’n vingerafdruk: Van ver af lyk almal min of meer dieselfde, maar by nadere ondersoek is elkeen uniek,” sê Wessels. “Op dieselfde manier wat jou oogen haarkleur deur jou gene bepaal word, so ook jou individuele reaksie op kos,” sê Yael Joffe, ’n dieetkundige en spesialis in die veld van voedinggenomika. Bevestig hierdie studieveld dan as ’t ware wat mense al jare lank sê: “Ek kan nie help nie, dis in my gene”? “In ’n sekere mate is dit waar,” sê Joffe, direkteur van DNAlysis Biotechnology. Maar sy waarsku dat dit nie so eenvoudig is dat jy ’n “vet” of “maer” geen geërf het nie. Wessels maan ook dat die baba nie saam met die badwater uitgegooi moet word nie. “Genetiese profilering is ’n lekker manier om jouself beter te leer ken, aangesien ’n mens verwag om dalk beter vordering te toon indien jy jou onderliggende swak en goeie punte verstaan. Dit moet egter tesame met die groter kliniese prentjie in ’n praktiese, volhoubare en gesonde program ingesluit word.” Volgens Joffe word die genetika van gewig deur meer as 300 gene bepaal. Hierdie gene sluit dié in wat jou metaboliese tempo, vetopname en reaksie op oefening bepaal, asook nuutontdekte gene-stelle wat smaak, hongerte en versadigheid bepaal. “Ons aanvaar dat kos vir almal dieselfde smaak, maar dis bloot nie waar nie,” sê Joffe. Volgens haar kan mense in twee groepe ingedeel word, dié sogenaamde “high tasters” en “low tasters”. “ ‘High tasters’ ervaar kossmake as baie sterk, terwyl ‘low tasters’ smake as flouer ervaar. Aangesien ‘high tasters’ die volle smaak van kos ervaar, is hulle geneig om minder te eet as ‘low tasters’ voordat hulle dieselfde vlak van bevrediging ervaar. “Daarom wys navorsing dat laasgenoemde geneig is om ’n hoër liggaamsmassa te hê,” sê Joffe. Smaaksensitiwiteit word hoofsaaklik bepaal deur die digtheid van jou smaaktepeltjies, wat waarskynlik geneties bepaal word. Binne-in elke smaaksensasie is daar ook gene wat bepaal hoe dit vir iemand smaak. “Party mense het byvoorbeeld ’n verhoogde persepsie van bitter smake, terwyl ander weer makliker soet smake proe,” sê Joffe. Dit kan tot gevolg hê dat diegene wat meer sensitief vir bitter smake is, veral groente met ander meer energieryke kosse vervang wat tot ’n groter liggaams-massa kan aanleiding gee. Mense wat sensitief is vir soet smake, sal hulle weer nie sommer aan lekkergoed ooreet nie. “Jou smaak verander jou individuele smaakervaring, wat ’n gevolg op jou voedselkeuses en kalorie-inname het,” sê Joffe. Afgesien van smaak, word jou ervaring van hongerte en versadigheid ook deur jou gene bepaal. Nie almal word dus ewe honger nie en sommige mense is versadig ná kleiner porsies. Gene kan ook in ’n mate bepaal of jy geneig is om jou aan kos te vergryp en lief is vir peusel. Joffe waarsku egter dat nie alle gewigsprobleme voor die deur van gene gelê kan word nie. Maatskaplik-ekonomiese omstandighede, aangeleerde gedrag, sielkundige en omgewingsfaktore speel ’n rol wanneer ons kos inneem. “Voedinggenomika het ons toegelaat om gewig meer holisties te verstaan. ’n Dieet wat rondom iemand se leefstyl, asook sy of haar genetiese geneigdhede beplan is, het eenvoudig ’n beter kans op sukses,” sê Joffe. Wessels stem saam. “Ek beveel aan dat mense wat hierdie roete wil ondersoek, dit as aanvullend tot ’n gesonde eetplan beskou.” Vir meer inligting oor hierdie studie, besoek dnalysis.co.za of volg Wessels op Facebook by Helen Wessels Dietitians en op Twitter by @dietsavvyonline.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
PANEELKLOPPERS DRINGEND benodig. Ondervinding verpligtend. Skakel 053 712 3367. Poste Beskikbaar: Sekuriteits/ Retail industrie CCTV operateurs,voorraad beheer,wagte,supervisors. PSIRA sertifikaat hoogs voordelig.Poste in Upington,Postmasburg,Kuruman, De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag Francois.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr. 20.
OS Johannes
BACHELOR-woonstel: Gemeubileer. Veilig. Verkieslik vroue. R2 900 p.m. Skakel 084 651 3000.
KURUMAN OP SOEK NA HUISE TE HUUR OF TE KOOP. Skakel Annetjie 076 395 9422 of 053 712 0487
Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman die eenrigtingverhuring-spesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.
BANTAM, 1988: R22 500. 1980 Hilux 1.6: R22 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. CORSA, 1999, canopy: R38 500. 1999 Rustler, canopy: R32 500. Phone 071 967 0285. HILUX 2.4, 1996: R39 500. 1996 Isuzu 2.5, tralies: R39 00. 071 967 0285 of 072 472 8686. MAZDA 2.2, 1999, diesel: R29 500. 1980 Datsun 720, 1-tonner: R14 500. Phone 071 967 0285.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. LAM TE KOOP: R50/kg. Opgesaag en in verseëlde verpakking volgens u keuse. Kwaliteitvleis. Afgelewer tot in Kuruman is gratis. Skakel 084 254 9763 of 082 554 8356.
AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.
CORSA 140i, 2002: Excellent, R35 000. 2001 Tazz 1.3: Excellent, R35 000. Phone 071 967 0285. JETTA 1, 1982 in goeie toestand. Skakel 083 772 2316. SENTRA 1.6, 1996: R22 500. 1995 Uno, red, lady owner R19 500. Phone 071 967 0285.
JACK RUSSELL-hondjies te koop. 6 weke oud. R300 elk. Skakel 073 677 3941.
TOYOTA STALLION, 1991, met kappie: R44 990. 1982 Ford Cortina 2.0GL: R29 990, slegs een eienaar, versamelstuk. 2004 V/W Citi 1.4i: R45 000. 083 390 2776.
LABRADOR: Volwasse reun, 7 maande oud. Opreg. R500. Skakel 084 651 3000. POTBELLY-BEERTJIE (varkie) soek nuwe huis. Te koop vir R350. Volgroei en reg vir teling. Indien belangstel (082 428 9620.
MINIATUURDOBERMANN-hondjies te koop. Skakel Buks 072 317 6814.
CARS AND BAKKIES wanted for cash, R20 000 R40 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
SOEK, KOOP, VERKOOP
Owner Drivers Do you own a Bakkie or Truck and need work? Emai:gavin@transportjuc tion.co.za
In the estate late of OS Johannes, identity number 580908 5883 089 of House No. 1228, Maruping Village. Estate number: 179/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection by all persons with an interest therein for a period of 21 days from 1 November 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS P.O. Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460.
TJ Viewe
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Tony Joseph Viewe wie woonagtig was in Buitekantstraat 41, Wrenchville, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 1999/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 1 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
MISA/Top Car Panelbeaters
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
In the Labour Court of South Africa held at Johannesburg Case number: MINT 33663 A In the case between: MISA o.b.o. RHYNO MARAIS Execution Creditor and
CHRISTO FAMILY TRUST T/A TOP CAR PANELBEATERS KURUMAN Execution Debtor PURSUANT to an award granted by the Dispute Resolution Council of the Motor Industry and duly certified by a commissioner of the CCMA in terms of Section 143 of the Labou Relations Act, Act 66 of 1995 the undermentioned goods will be sold at 15:00 on 1 November 2013 by public auction to be held at Top Car Panelbeaters, 4 Industrial Road, Kuruman 8460, by the Sheriff for the High Court, Kuruman to the highest bidder for cash, namely: Nissan 1400 - Registration No. CDP 996 NC 2 x 2 lifts Signed at Johannesburg on the 8th day of October 2013. MISA HEAD OFFICE 201 MISA Centre, 12 Fir Drive, Northcliff, Ext 2, Johannesburg 2195. Tel. 011 476 3920 Fax 011 678 4537
WARRIOR (VIAGRA): Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geldterug-waarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA): Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis: 073 522 8346.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
B E T R E K K I N G S
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Maats ‘kuier’ gereeld saam Anena Burger VER in die ou Kalahari speel ’n meerkatjie, Kirri, en haar muishond-maatjie Cheeky alte heerlik saam. Prof. Anne Rasa vertel albei van hulle “lag”. “Ons sien nie meer vir Cheeky so
baie soos gewoonlik nie, want sy is nou ’n volwasse muishond en het nie meer tyd vir speel of om saam met haar ou maatjies tyd deur te bring nie. “Tog as sy elke af en toe kom kuier, sit sy en Kirri en maak mekaar mooi.”
SO speel diere mos lekker saam. Kirri die meerkat en Cheeky die muishond is groot maats. Foto: Anna Green
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
23
Ruiters presteer in uithourit Ilse Watson IN ’n onlangse perde-uithourit op Louwna het lede van die Kathu-perdeklub besonder goed gepresteer. In die kinderafdeling het Lizaan van der Merwe die eerste plek op haar perd, Elanzia Goldenwind (80 km), in 3:27:25 behaal. In die kategorie standaardgewig senior (80 km) het Jo-burg Dilodilo die eerste plek in 3:27:21 op sy perd, Elanzia Lamé, behaal. Helizma van der Merwe het in die junior afdeling (120 km) ’n derde plek in 5:52:13 op die perd Elanzia Dunamis behaal. Dit was hul eerste 120 km-uithourit. Lana van der Merwe het op haar perd, Elanzia Robdon Bahrain, in die standaardgewigsenior (80 km) uithourit die tweede plek in 3:27:33 behaal. Lizzie Conradie, op haar wit perd, Meersgeluk Amadeus, het in die liggewigsenior (120 km) uithourit dié kategorie gewen. Arno Meyer het ook die 120 kmjunior kategorie suksesvol voltooi en John Bekeer het op die perd Beltrami ook die 80 km-uithourit suksesvol voltooi. Die jongste lid van die span, Francois Rautenbach, het ook onlangs sy eerste 40 km-uithourit gery. Hy is ’n kranige ruiter wat tussen skoolgaan en ander sportsoorte kliphard oefen en van volgende af jaar mag hy aan langer uithouritte deelneem.
LINKS is Jo-burg Dilodilo en Lizaan van der Merwe in die uithouritte. Lizaan het in die kinderafdeling (80 km) die eerste plek op haar perd, Elanzia Goldenwind, behaal en dié twee het ook ’n trofee vir die bes voorbereide perd in die kategorie ontvang. Jo-burg het in die standaardgewig- (80 km) senior kategorie die eerste plek op sy perd, Elanzia Lamé, in 3:27:21 behaal. Foto’s: Verskaf
RENE CAMERON het ook die 80 km-uithourit op haar perd, Al Elan Elbaradi, in 3:55 voltooi.
Gholfdag suksesvol Benneli Olivier Van der Walt
DIE Sishen-gholfklub, saam met Llewellyn Jenner van Synntech, het verlede naweek die Hoërskool Kathu se derde jaarlikse gholfdag en rugbygeselligheid aangebied. Die voormalige Springbok-rugbystut Ollie le Roux was die gasspreker op die geleentheid en die wêreldbekende bokser Kallie Knoetze het ook die afgelope naweek aan die gholfdag deelgeneem.
Met die geselligheid wat gehou is, is geld vir die skool se rugbyfonds ingesamel. Die naweek het ook die geleentheid aan die publiek gebied om saam met professionele spelers te speel. In die agtste plek was Maurice Prinsloo, sewende was Chris Swanepoel, sesde Bryce Eastes, vyfde Louis Calitz, vierde Titch Moore, derde Theunis Spangenberg en tweede Heinrich Bruiners. Neil Schietekat was die algehele wenner.
DIE wenners van die naweek se gholftoernooi is van links Theunis Spangenberg, Niel Schietekat, Heinrich Bruiners en Llewellyn Jenner van Synntech. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
LIZZIE CONRADIE wat in die liggewig- senior (120 km) kategorie deelgeneem en gewen het. Hier is sy op haar perd, Meersgeluk Amadeus.
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013
Deelnemers vaar goed Gekies vir nasionale spanne Ilse Watson LEDE van die Blackrock-, Kathu- en KurumanMartial Arts-akademies het die Noord-Kaap verlede week op die nasionale NMA/ISKAMartial Arts-byeenkoms in Kaapstad verteenwoordig. Die byeenkoms het ook as proewe gedien vir
deelnemers om in die nasionale spanne ingesluit te word. Dié span gaan Suid-Afrika in 2014 op die Amerikaanse Ope/ISKA-wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Al die Noord-Kapenaars het baie goed in hul onderskeie afdelings gevaar. Almal is in óf die ontwikkelingspan, óf die presidentspan óf die Proteaspan ingesluit.
VAN Kuruman se Martial Arts-akademielede is van links, voor: Anz-Lee Eilerd (een silwer- en twee bronsmedaljes) en Dunro Esterhuizen (een silwermedalje); agter: Ruan Meyer, JP Nieuwoudt (een goue, een silwer- en een bronsmedalje) en Gehan Venter (twee silwermedaljes). Die groep se afrigter is shihan Pieter Pretorius. Foto: Verskaf
DIE Kathu-Martial Arts-akademielede is van links, voor: Jessica da Silva (een silwer- en een bronsmedalje), Gosego Assegaai (een lede bronsmedalje) en Caitlin Adamson (twee bronsmedaljes); agter: Elvina Toli (twee silwermedaljes), Ziyanda Rasinous (twee goue en vier bronsmedaljes), Angelo da Silva (een goue en een bronsmedalje), Jasmin April (drie silwer- en een bronsmedalje) en Shanice April (drie goue en een silwermedalje). Hul afrigters is shihan Pieter Pretorius en sensei Rainer Jacobs. Afwesig: Kelly-Anne Cloete (een bronsmedalje), Henry Shone (een goue en twee bronsmedaljes), Brian Shone (een silwer- en een bronsmedalje) en Jessey Isaacs (een goue, een silwer- en een bronsmedalje)
DEELNEMERS van die Blackrock-Martial Arts-akademie is van links Anne-Marie Stoltz (een silwer- en een bronsmedalje), Gerdre Noeth (een bronsmedalje), André Lombaard (een goue en twee bronsmedaljes), Morné de Klerk (twee goue medaljes) en Maxi de Klerk (vier goue en een bronsmedalje). Hul afrigter is sensei Peet Struwig.