Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
8 AUGUSTUS 2013
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Pyplek mors strome water Ilse Watson
DIE Kalahari Bulletin Kathu het klagtes van blatante watervermorsing op verskeie plekke op die dorp ontvang. Op pad na die Kathu Village Mall (Hendrick van Eckweg) is byvoorbeeld pype wat so erg lek dat die lekkasie al sy eie stroompie gevorm het. Volgens inwoners van Kathu is dié lekkasie al geruime tyd daar. Die Kalahari Bulletin Kathu het ook die lekkende pyp in Tieroogstraat (naby die Fase 3-uitbreiding op Kathu) besoek. Die pyp loop parallel met die pad en in die draai van die pyp is ’n lekkasie. Dit is duidelik daar is al voorheen probeer om die pyp te herstel, maar dit was nie suksesvol nie. Die Gamagaraga-munisipaliteit, wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die waterpype, is verskeie kere geskakel, maar geen kommentaar kon voor druktyd van die munisipaliteit verkry word nie. ) Sien nog foto’s oor die waterprobleme op bl. 3.
DIE gelapte pyp in Tieroogstraat waarby die water só uitspuit dat dit soos ’n sproeier lyk.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Deel in lewe in natuur
HIERDIE pragtige foto is in die Augrabieswaterval Nasionale Park geneem. Lees meer oor die SuidAfrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se spesiale aanbiedings op bl. 10. Môre is dit Vrouedag en ook langnaweek. Kalahari Bulletin Kathu wens al sy lesers (en veral die vroue wat so hard werk) ’n genotvolle naweek toe. Foto: Anena Burger
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
DIE gr. 6leerlinge van die Laerskool Kathu wat as die toptienpresteerders aangewys is. Van links is, voor: Rudolf Lombaard, Santie Vermaak, Jacobus Cronjé, Henri Kock en Ruan Wolsten holme; agter: Talana Rossouw, Lehandra Smit, Carla Cronjé, Chané Gricius en Marissa Lotter.
Foto’s: Ilse Watson
ANDRÉ VERMEULEN wat ’n motiveringstoe spraak vir al die leerlinge, onderwysers en ou ers gelewer het.
Naam nou reg IN die Kalahari Bulletin Kathu is op 1 Augustus verkeerdelik verwys na die Kathu Village Mall as net die Kathu Mall. Die koerant stel dit graag reg en vra verskoning vir enige ongerief.
DIE gr. 7leerlinge wat as toptienpresteerders aangewys is. Van links is, voor: Farron Eland, Elizna Reyneke, Danelle Venter, Mariné Vos en Jan van Wyk; agter: Christo Breedt, Herman van Niekerk, Aldo Jench, George Rademeyer en Lisa Coetzee.
Topleerlinge kry balkies Ilse Watson DIE Laerskool Kathu het verlede week sy toptien-akademiese presteerders vir gr. 4tot gr. 7-leerlinge aangekondig. André Vermeulen het as gasspreker opgetree. Die akademiese balkies is deur die oudleerlinge Johan Raath en Mary-Lois Olivier aan die leerlinge oorhandig. In sy motiveringstoespraak het Vermeulen op streshantering en harde werk gefokus. “Hier voor ons sit die toekoms van Suid-Afrika,” het Vermeulen gesê. “Hierdie kinders bepaal of hierdie land van ons op of af sal gaan.” Hy het breedvoerig gesels oor die toename in stres in die wêreld en hoe dinge so vinnig verander. Hy het verduidelik dat iemand wat sy studie voltooi het, nie agteroor kan sit nie,
maar dat mense in vandag se lewe moet aanhou studeer, nuwe dinge leer en hulle op die hoogte van nuwe tegnologie en kundigheid moet hou. “Net soos ’n mes wat konstant skerp gehou moet word, so moet ons as mense ook seker maak ons bly skerp.” Hy het ook verduidelik dat die huidige leerlinge aan skole eendag ’n werk gaan doen waarvoor daar op die stadium nog nie ’n posbenaming bestaan nie. “Streshantering is van groot belang. Maak seker jy jou doen werk en berei jou vir eksamens in ’n rustige, kalm atmosfeer voor. “Dinge by die huis moet reg wees, sodat jy kan fokus op jou werk,” het hy aan die leerlinge vertel. Hy het ook gesê elkeen moet doelwitgerig wees om na die beste van sy of haar vermoë te presteer. Hy het ook genoem positiewe gesprekke met jouself le-
JOHAN RAATH, ’n oudleerling van die Laerskool Kathu, wat aan die gr. 4 en gr. 5leerlinge hul balkies oorhandig het. wer positiewe resultate. ) Sien nog foto’s oor dié geleentheid op die Kalahari Bulletin se galery op sy webblad: www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Several arrested by Kathu SAPS THE Kathu SAPS and Vetus Schola Security Services executed a liquor and drug related operation in the Kathu area. They arrested three suspects for possession of dagga. The one suspect, Adam Richard Kgabale, was arrested at the parking area behind the FNB Bank, and Kaginyane Edward Mdwagae and Roderick Stanley were arrested opposite the taxi rank in Ben Alberts Street. They also issued a fine to AB’s Tavern for failing to comply with the licence conditions. Two arrests were also made for drinking in public and six people were arrested for illegal gambling. On 30 July Giel Pienaar was sentenced in the District Court of Kathu to three years’ imprisonment after he had been arrested for shoplifting at Edgars. The investigation officer was
Lekkasie nou al ’n stroom DIE stroompie wat deur die waterlekkasie ver oorsaak is. Dit is in Hendrick van Eckstraat ge leë langs die pad soos wat ’n mens in die rigting van die Kathu Village Mall ry. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
DIE stukkende pyp in Hendrick van Eckstraat wat lek en waarby die water uitborrel.
Profits mean job creation KUMBA released its interim results today for the six months to 30 June 2013, showing a steady performance for the half year, with headline earnings of R7,7 billion. Speaking after the release of the financial results, the CEO of Kumba Iron Ore, Norman Mbazima, stressed that it is important for the mining industry to make a difference in the lives of all our stakeholders and share the wealth created, especially with staff and host communities. “Our long-term profitable growth is linked intrinsically to our ability to deliver on our social and environmental objectives. We continue to strive for job creation, skills development and a new standard of safety and opera- tional excellence in our work. However, in addition to all of this, we seek to achieve real transformation in our workforce and within the communities around our mines. “With markets and our operations permitting, we will be able to continue our work of empowering our employees, their families and broader community groups,” Mbazima said.
Detective Warrent Officer Johan Rossouw. Teboho Makhoro was sentenced for possession of dagga and possession of possible stolen property after he had been arrested on 19 July. He received a fine of R800 or six months imprisonment,of which R400 or three months is suspended for three years on the first account and on the second account he received a sentence of 12 months imprisonment. The investigation officer was Detective Warrent Officer Johan Rossouw. Edward Colemen received a fine of R10 000 or 18 months imprisonment of which R4 000 or six months imprisonment is suspended for four years. He was charged for culpable homicide on 7 July 2012. The investigation officer was Detective Warrent Officer Sandra Boshoff.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Nooit te laat om drome na te streef nie DIE Olimpiese swemmer Natalie du Toit het onlangs by die Hoërskool Kathu ’n praatjie op ’n geselligheid vir die akademiese toppresteerders van die skool gelewer. In haar toespraak het sy gefokus op harde werk en hoe om terugslae in die lewe te oorkom. “Vind ’n droom wat jy wil bewaarheid en werk aan daardie droom. As dit ses uur per dag verg om jou doelwit te bereik dan is dit wat jy doen.” Du Toit het verder vertel hoe sy ’n sosiale lewe en vriende prysgegee het om haar doelwitte te kan bereik. Sy het ook vertel dit het 22 jaar geduur om haar Olimpiese droom te bereik. “Sodra jy die toppunt bereik het, moet jy jou gedurig van voor af uitdink,” was ook wyse woorde van Du Toit. Sy het vir al die leerlinge vertel dat die wêreld oop is vir hulle, dat daar baie geleenthede beskikbaar is en as ’n geleentheid oor jou pad kom, moet jy dit aangryp. “Vrees vir die onbekende is nie ’n uitweg nie. Gryp die geleentheid aan, want as jy dit nie doen nie, gaan jy later spyt wees.” ’n Gasspreker op die geleentheid waarop die tien akademiese toppresteerders van Laerskool Kathu vereer is, het ook genoem
dat ’n mens jouself gedurig moet “herontwerp”. En hoe waar is dit nie? In vandag se gejaagde wêreld is daar nie tyd vir stilsit nie. ’n Matrieksertifikaat of universiteitskwalifikasie is nie meer voldoende nie. Dit is van kardinale belang om gedurig en aanhoudend verder te studeer, om kursusse te doen om jou kwalifikasies op te skerp en jouself te verryk. Nie almal is akademiese toppresteerders nie, maar elke mens het die vermoë om homself te dryf om na die beste van sy vermoë te presteer. Dit is ook belangrik om jouself ’n bietjie te druk. Daar is nie plek vir vrees nie. Mense moet hul vrese oorkom en daardie nuwe projek aanpak. Sien dit as ’n uitdaging. Maar weet vandag se jong mense hoe moeilik die grootmenswêreld regtig is? Besef hulle regtig watter harde werk dit is om bo uit te kom? Mense soos Du Toit se lewensverhale behoort enigiemand aan te spoor om harder te werk. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie; daar is altyd plek vir verbetering en groei. ’n Ouer mens kan steeds ’n nuwe loopbaan begin. Daar is altyd nog tyd om jou drome te verwesenlik.
‘I wish you enough’ Chris van Staden I RECENTLY came across this wonderful story of a man that was standing at an airport waiting for his flight. He saw a mother and daughter saying their goodbyes and this is what he overheard. “I love you and I wish you enough.” The daughter replied: “Mom, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Mom.” They kissed and the daughter left. The mother walked over to the window where he sat. Standing there, he could see she wanted and needed to cry. He tried not to intrude on her privacy, but she welcomed him in by asking: “Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?” “Yes, I have,” he replied. “Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?” he asked. He was told that her daughter lives so far away. “I have challenges ahead and the reality is the next trip back will be for my funeral,” she said. “When you were saying good-bye, I heard you say “I wish you enough”. May I ask what that means?” he asked. She began to smile. “That’s a
wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone.” She paused a moment and looked up as if trying to remember it in detail and smiled more. “When we said ‘I wish you enough’ we were wanting the other person to have a life filled with just enough good things to sustain them”. Then turning toward him, she shared the following, reciting it from memory: “I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish you enough hellos to get you through the final good-bye.” She then began to cry and walked away. They say it takes a minute to find a special person. An hour to appreciate them. A day to love them. And an entire life to forget them. ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf of gaan loer na die Facebookblad
DIE lente is op ons en die blare word groen. En selfs verkleurmannetjies op Kuruman begin hulle koppe uitsteek om dié nuwe seisoen welkom te heet. Foto: Stefan Louw
Dankbaar oor groot skenking SUSAN VAN STRATEN, Kuruman: NAMENS die Kansa-tak op Kuruman sê ek graag baie dankie aan Riaan Roos vir die groot skenking aan die vereniging wat hy ná sy vrou, Gerda, se dood gemaak het. Ons het groot waardering daarvoor en sal dit verseker nuttig kan gebruik.
Seniors dié mense se passie ANTON man:
ESTERHUYSE,
Kuru-
KURUMAN beskik oor twee mense wie se passie dit is om die lewe van seniors aangenaam te maak. Dit is Ronel du Plessis, bestuurder van die
NK se mense beïndruk Mimosahof-ouetehuis, en Hensel de Kock, koster van die Oos-gemeente. Hulle beplan ’n hand vol aktiwiteite vir die seniors, onder meer ’n vierdagtoer na Vanzylsrus en ’n blommetoer van tien dae na Namakwaland. Saterdag het hulle die seniors, wat vroeër vanjaar op ’n toer na Upington en omgewing was, met ’n ete in ’n sysaal van Mimosahof bederf. Die tafels was keurig gedek en versier. Die geregte was van die boonste rak en is flink bedien. Die Upington-toer is met honderde foto’s en bypassende Afrikaanse musiek herleef. Die gaskunstenaar was die sewejarige Francois van Rensburg. Hy het die gaste gaande gehad met die sing van verskeie liedjies – suiwer en nootvas. Ronel en Hensel streef daarna om seniors nie net vir die ouderdom te laat lewe nie, maar in die ouderdom te laat lewe.
LORINDA BESTER, Mosselbaai: LIEWER baie laat as nooit? Op ons reis van Pretoria na Namibië word motorprobleme toe ons reisgenoot. Toe ons op Kuruman brandstof aanvul, ontdek ons ’n vuurwarm band. ’n Oproep later na ons goeie vriend Peter Greeff (vroeër van Kuruman) word ons deur Mike Pieterse van M & I Motors na Billy’s Auto Clinic begelei. Dit is reeds 16:00. ’n Uur verloop terwyl Billy Boonzaaier ons motor weer padwaardig kry. Met ’n vriendelike handdruk en goeie wense vir die reis verder is ons weer op pad. Ons opregte dank aan die manne. Ons eerste besoek aan die NoordKaap was ’n onvergeetlike ervaring.
MEESTER: ’n strokieprent deur Danie Cronjé.
Enige tyd, net nie nou nie Lizette Slabber EK is werklik baie gelukkig. My man sê nooit ooit vir my nee nie. As ek vra dat hy ’n skildery hang, ’n muur verf, ’n spinnekop doodmaak, ’n lekkende of stukkende iets in die huis regmaak, sê hy altyd: “Ja, enige tyd . . .” en dan, ná ’n asemteug, kom die res van sy sin: “. . . net nie nou nie.” Daarom glo ek vas skoolmeisies moet in die hoërskool ’n verpligte vak volg wat hulle leer hoe om ’n boor, skuurder, winkelhaak en ander gereedskap te hanteer en natuurlik leer wat die verskil tussen ’n skroef en ’n spyker is. Ek weet dit nou nog nie en dít frustreer my man
geweldig. Maar om te kom by die pragtige voëlvoerder wat ek in Januarie gekoop het. Ná vele uitinge van Ja, enige tyd . . . net nie nou nie het ek eindelik genoeg geneul dat hy vir my in Julie die voëlvoerder in my tuin aangebring het. Dit is die pragtigste voëlhuisies wat soos ’n woonstelblok vir voëls lyk waaronder jy saad strooi en dan
kom eet voëltjies lekker in jou tuin. Ek moet egter erken dat ek dié voëlvoerder gekoop het omdat dit verskriklik mooi was en nie omdat ek ’n voëlkyker is nie. Ek kan nie die verskil tussen ’n mossie en ’n vink raaksien nie, maar ek kan my nou verkyk aan hoe allerhande voëltjies by my voerder kom eet. Tot tien voëltjies kom op ’n slag eet en speel tog te lekker by die huisies. Hulle jaag mekaar en spring op en af en ek het al ’n paar keer so lank gestaan en kyk na hul manewales dat my koffie in my hande koud word. Nou antwoord ek gereeld op die vraag: “Liefie sal jy vir ons ’n ou koffietjie maak?” met: “Ja, enige tyd . . . net nie nou nie”.
Volgens die redaksionele beleid van Kalahari Bulletin verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, na george.claassen@media24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid-Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e-pos aan ombudsman@presscouncil.org.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Hou só vir woef kalm
DIE Kalahari-kuierfees wat vanjaar van 26 tot 28 September plaasvind, word oudergewoonte met ’n asemrowende vuurwerkvertoning afgesluit. Op Saterdag 28 September om 23:00 gaan die lug bo Upington ontplof.
Volgens die Kuierfees duur die vertoning slegs 20 minute en kan die volgende riglyne gevolg word om seker te maak dat dié vertoning nie te traumaties vir troeteldiere is nie. • Gee jou hond of kat ongeveer twee uur voor die vertoning ’n voorgeskrewe kalmeermiddel. • Hou jou hond of kat in die huis en skakel die televisie of radio aan. Indien jy bang is jou hond verniel jou huis kan jy hom eerder in die badkamer toemaak. • Hou die gordyne toegetrek en die ligte aan sodat die flitse van die vuurwerk nie die dier ontstel nie. • Maak seker dat jou dier nie uit die erf kan kom tydens die vuurwerkvertoning nie en maak ook seker dat hy hom nie kan beseer wanneer hy oor palissade-heinings probeer spring nie. ’n VUURWERKVERTONING sal weer vanjaar die Kalaharikuier fees op ’n hoë noot afsluit. Foto: Lizette Slabber
5
DIE Straatkarnaval van die Kalaharikuierfees is altyd die perfekte manier om Upingtonners te laat weet om op te hou werk en dadelik na die Eilandfeesterrein te gaan. Vanjaar begin die Kuierfees weer met die Straatkarnaval op Donderdag 26 September om 14:00. Foto: Lizette Slabber
Karnaval vol pret DIE Straatkarnaval is elke jaar ’n prettige manier om die Kalaharikuierfees mee te begin. Vanjaar vind die Kuierfees van 26 tot 28 September plaas. Alle besighede, organisasies, maatskappye en enige groep wat ’n bietjie pret en plesier op Donderdag 26 September wil
beleef, word genooi om aan die gewilde Straatkarnaval deel te neem. Vanjaar gaan die Straatkarnaval ’n ander Kaapse draai volg deur om 14:00 by The Mill te begin. Van The Mill af gaan vlagskipmotors en sierwaens, alles wat
kan beweeg, deur die dorp beweeg om almal lekker lus vir die naweek se fees te maak. Die Ou Motorklub van Upington gaan ook aan die straatkarnaval deelneem. Almal wat aan die straatkarnaval wil deelneem, moet reeds om 13:00 by The Mill wees.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
LIZLE VAN TONDER (links) is die gelukkige wenner van die Upingtonse mobi sitekompetisie. Lizle het ’n kas van Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012 gewen. Dié muskadel het al drie pryse gewen waaronder in Parys waar dit as een van die tien topmuskaatwyne ter wêreld aangewys is. Van links is Lizle, Marlé Nel (Orange River Cellars) en RethaMarie Hall (Kalahari Bulletin). Foto: Lizette Slabber
The t n e d n e indep e h t f o voice y t i c r e Riv
Hier is wenners van mobi site
DIE Kalahari Bulletin het op 18 Julie sy nuwe mobi site bekend gestel. Op dié bekendstelling is ’n kompetisie vir elkeen van die drie uitgawes begin en die kompetisie het twee weke geduur. Die doel van die kompetisie was om vir lesers in dié streek ’n unieke “ietsie” te bied. Lesers van Kuruman en sy omliggende dorpe, Upington en sy omliggende dorpe en Kathu en sy omliggende dorpe kon hulle vir die kompetisie inskryf. Vir lesers van die Kathu- en Kuruman-omgewing was daar ’n geskenkbewys van BUCO Kathu en vir lesers van Upington en omgewing was daar ’n kas van die Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012. Die kompetisie het verlede week gesluit en die Kalahari Bulletin kon die pryse aan sy wenners van Kathu en Upington oorhandig. Daar was geen inskrywings vir Kuruman nie.
KATHUWENNER Jasper Maritz (links) ont vang sy R1 000geskenkbewys van Johan Jou bert, die BUCObestuurder. Foto: Madri Scheepers
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
FOKUS OP FBK
Ouditdienste by dié firma op Kuruman FOURIE BESTER EN KRUGER-OUDITEURE (FBK), wat reeds jare uit Kuruman in die Kalahari praktiseer, het kragte met Boshoff Visser-ouditeure saamgesnoer. Boshoff Visser is ’n groep ouditeurs- en rekenmeesterfirmas met kantore in die Suid-, Wes- en Noord-Kaap en hul strategie is om te belê in plattelandse firmas en te fokus op plattelandse besighede wat uit die aard van die saak die boerderygemeenskap insluit. Daar word egter ook sterk klem op klein en medium-grootte nywerhede gelê. Kuruman sal die tweede Boshoff Visser-kantoor in die Noord-Kaap wees ná Upington en die 16de kantoor van Boshoff Visser in geheel. Hannes Fourie, vorige vennoot van FBK, het sy belang in FBK aan die Boshoff Visser-groep verkoop wat nou saam met Wilhelm Kruger die aandeelhouers in Boshoff Visser Kuruman is. As deel van die transaksie word Hannes Fourie se dienste vir ’n tydperk op ’n konsultasiegrondslag behou en sy vorige kliënte sal voorlopig deur hom bedien word. Die nuwe kantoor op Kuruman sal deur Kruger, saam met die bestaande personeel, bestuur word. Volgens Kruger is die grootste onmiddellike uitdaging om kundige en gekwalifiseerde personeel aan te stel om in die groeiende behoefte aan oudit-, rekeningkundige en belastingdienste in die Kuruman-, Kathu- en Postmasburg-omgewing te voorsien. As geregistreerde rekenmeesters en ouditeure is Boshoff Visser Kuruman een van min firmas in die omgewing wat volwaardige ouditdienste kan lewer. Kruger is baie opgewonde oor die toekoms van Boshoff Visser Kuruman en die inskakeling by die Boshoff Visser-
Het jy al ’n draai op die Kalahari Bulletin se Facebookblad gemaak?
B E T R E K K I N G S
Kliënte en voornemende kliënte word genooi om be soek by die kantore op Ku ruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visserver teenwoordiger op Kathu te kontak. groep. Die groep beskik reeds oor die dienste van ’n belastingspesialis, asook sy eie sekretariële dienste. Verdere voordele in die groep is die rekenaarkundigheid met veral oudit- en rekenkundige dienste. Kliënte en voornemende kliënte word genooi om besoek by die kantore op Kuruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visser-verteenwoordiger op Kathu te kontak. ) English-speaking clients are also more than welcome. Please feel free to come and discuss your requirements with us.
DIE vriendelike personeellede by Boshoff Visserouditeure. Voor is Wilhelm Kruger; van links is, agter: Nelia van der Heever, Dalene Grove, Janèl Fourie, DeJay Ferris en Patien ce Morapedi.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Nuwe klub gestig Ilse Watson
verskeie probleme op en rondom Kathu bespreek. Aangesien daar nie op die oomblik genoeg vrywilligers is om ’n klub op Kathu te begin nie het die groepie besluit om onder die vaandel van Upington se Gordonia Lions hul werk te doen. Enigiemand wat belang stel om hulle by die groep aan te sluit kan gerus Louise Oberholster, president van Gordonia Lions, by 071-160-0873 bel.
DIE afgelope Vrydag het bereidwilliges op Kathu bymekaargekom om ’n Lions Club te stig. Lions Club Internasionaal is in 1917 in Chicago gestig nadat mense besef het ’n diensorganisasie is nodig om minder bevoorregte mense te help. Sedertdien het die Lions Club gegroei tot die grootste diensorganisasie in die wêreld. Daar is meer as 1,4 miljoen lede. Altesaam 45 000 klubs in 200 lande bestaan reeds. In 1957 het Louis Volks die Lions Club na SuidAfrika gebring. Miljoene mense is al deur verskeie projekte gehelp wat deur die Lions Club aangepak is. Daar bestaan ’n behoefte op Kathu vir so ’n organisasie en vrywilligers het verlede Vrydag
VAN links is, voor: Chantell Dumond, Ilze van der Linden en Pikkie van der Linden; agter: Pieter Dumond, Bennie van der Linden, Louise Ober holster (Gordonia Lions), Margareth Kriek, Kobus Oberholster (Gordonia Lions: president), PJ van der Linden, Neville Bosman (Gordonia Lions) Maria van Wyk en Peter van Wyk.
INVITATION TO BID Bid No: NC/SOC/012/2013 Supply and delivery of Groceries to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Bid No: NC/SOC/013/2013 Supply and delivery of Fruit Baskets, Bouquets, Hampers for Newborn Babies and Wreaths to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley Closing date: 6 September 2013 at 11:00 Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174, fax: (053) 871-2441 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender – (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted by the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • These bids will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 20, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted by the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Friday, 20 September 2013.
Northern Cape Provincial Government
AIDS HELPLINE 0800-012-322
Human Communications 101294
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Ma se melk beste keuse Yolandi van Deventer
WANNEER ’n baba binne ’n uur ná geboorte geborsvoed is, vir die eerste ses maande van sy of haar lewe, en tot ongeveer twee jaar oud, sal ongeveer 220 000 kinders se lewe jaarliks gered kan word. Só lui die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne. Wêreldwyd word minder as 40% van babas jonger as ses maande eksklusief geborsvoed. Wanneer na “eksklusiewe borsvoeding” verwys word, beteken dit net borsmelk word aan die baba gegee sonder tussenvoedings van tee en water. Borsvoeding is verreweg die gesondste keuse wanneer dit by babavoeding kom. Die voordele van borsvoeding sluit in: ) Die uterus (baarmoeder) trek gouer saam soos baba suig, en dit lei tot verminderde bloeding gedurende die puerpuerium (tydperk wanneer die baba reeds gebore is). ) Gewigsverlies vir die moeder. ) Borsmelk is altyd gratis en geredelik beskikbaar, en boonop teen die regte temperatuur. ) Beskerming van die baba teen infeksie. Die eerste paar dae ná die geboorte is daar baie klein hoeveelhede melk teenwoordig. In dié tydperk is die mamma soms baie bekommerd dat die baba dalk te min melk inkry. Die sogenaamde “eerste” melk staan as “kolostrum” bekend. Dit is baie proteïenryk, bevat immunoglobuline wat baba teen infeksies beskerm, het ’n laer vet-samestelling en koolhidrate as die melk wat later geproduseer word en is baie ryk aan vitamiene en minerale. Dus is dit baie belangrik vir die baba om dit in te neem, en al lyk dit soms min, is dit voldoende. Borsmelk het die ideale samestelling vir die baba se behoeftes. Boonop verskaf dit sekuriteit aan die baba wanneer die mamma se hartklop en noue aanraking tydens borsvoeding gevoel kan word. Dit lei ook tot ’n beter band tussen die mamma en haar baba. ’n Goeie riglyn om te evalueer of die baba genoeg borsmelk inneem, is om te kyk na baba se aantal nat en vuil doeke. Die normale getal nat doeke behoort minimum ses tot agt doeke in 24 uur te wees, en ongeveer twee tot vyf stoelgange per dag vir ’n baba jonger as ses weke. Wanneer die baba binne die eerste tien dae gelukkig en tevrede is ná tien dae en gewig optel, is die borsmelkhoeveelhede genoeg. Rig enige vrae oor borsvoeding aan die Mediclinic Kathu by 053-723-3231. Praat met suster Marlize Kruger of suster Yolandi van Deventer. ) Gesondheidswenke verskaf deur Mediclinic Kathu.
Beoefen jy fotografie of is jy deel van die fotografieklub op jou dorp? Ken jy ’n interessante mens op jou dorp? Het jy mooi foto’s van die Kalahari geneem? Is daar interessante dinge by jou kerk of skool aan die gang? Is jy of jou werkgewer/maatskappy betrokke by ’n gemeenskapsprojek? Laat weet gerus Kalahari Bulletin deur ’n e-pos te stuur na ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579
DIE Kalahari Bulletin kyk vandag na die uitdrukking Werk dat jy die kromme note haal. Dit beteken “baie hard werk”. Waar kom dit vandaan? Een moontlike verklaring is dat dit uit Kaatsheuvel in Nederland kom. As ’n blaasorkes besonder fortissimo sou blaas, dan word gesê hulle blaas die reguit af strepie van byvoorbeeld die agtste noot krom. Figuurlik gesproke beteken dit om iets met baie groot inspanning te doen. Wat beteken die uitdrukking Toe kom die waterlanders? Dit beteken om te begin huil. Waar kom dit vandaan? Waterlanders is eintlik die naam vir die bewoners van die moerasagtige, laagliggende dele van Holland, Broek en Waterland – oordragtelik gebruik vir trane.
Volgende is die idioom Die eerste gewin is kattegespin. Dit beteken wat ’n nuweling in ’n spel wen, word gewoonlik weer later verloor. Waar kom dit vandaan? Kattegespin is moontlik net vir die rym gebruik, maar daar is dalk ook ander verklarings. Die gespin van ’n kat bring niks voort nie en is niks werd nie. Die ander oplossing is dat kattegespin aan katteliefde gelyk gestel kan word. Dit is ’n valse liefde, want ’n kat sal een oomblik nog spin en dan skielik sy eienaar krap. (Met erkenning aan Maroela Media).
DIT is landwyd so droog, dalk bring die mooi gedig ’n mate van verligting. Die dans van die reën O die dans van ons Suster! Eers oor die bergtop loer sy skelm, en haar oge is skaam; en sy lag saggies. En van ver af wink sy met die een hand; haar armbande blink en haar krale skitter; saggies roep sy. Sy vertel die winde van die dans en nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot. Die grootwild jaag uit die vlakte, hulle dam op die bulttop, wyd rek hulle neusgate en hulle sluk die wind; en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete, en hulle kruip nader en sing saggies: “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!” En haar krale skud, en haar koperringe blink in die wegraak van die son. Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier; sy trap af van die hoogte; sy sprei die vaal karos met altwee arms uit; die asem van die wind raak weg. O, die dans van ons Suster! – Eugène Marais
How y you can help p to keep p the lights g on this winter … especially between 5pm and 9pm weekdays South Africa’s homes – from flats and clusters to stand-alone houses and residential estates – demand 17% of the electricity used in our country. But on weekdays, between 5pm and 9pm, this demand increases and peaks at 35%, a huge jump that puts severe strain on the power supply.
Why does this happen? We arrive home from work around 5pm, Monday to Friday. The first thing we do is switch on the lights, television, our electrical space heaters, followed by the oven, the microwave and the washing machine or dishwasher. We also run hot water in the kitchen and take a bath or shower – with the geyser tucked away in the ceiling working hard to heat the water. Millions of us follow this evening routine at the same time, which means South Africa’s households use more than one third of the electricity consumed in the country between 5pm and 9pm, on weekdays. As the demand increases, Eskom does all it can including running some emergency power stations during the day, to balance supply and demand. This winter we need to continue with power station maintenance and the system will be tighter during the peak period from 5pm to 9pm.
What can you do to help keep the lights on this winter? Three simple things: 1. Switch off your electrical element geyser between 5pm and 9pm; this appliance uses the most electricity of all in the home, and can account for up to 50% on your electricity bill 2. Don’t switch on your space heater between 5pm and 9pm. This appliance is energy-intensive and can account for up to 16% on your monthly electricity bill, instead, dress warmly, switch on a gas heater, and use a hot water bottle and blankets to keep warm 3. Switch off your pool pump between 5pm and 9pm; this appliance uses up to 11% on your electricity bill.
Let’s switch off together … and keep South Africa powered up this winter :MWMX [[[ IWOSQ GS ^E MHQ JSV HIXEMPIH MRJSVQEXMSR SR WEZMRK XMTW JSV [MRXIV ERH )WOSQ´W IRIVK] IJ½GMIRG] product rebates.
Powering your world Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06 Mohlaleng_1458_E1
1923-
2013
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Myn help skool opknap Ilse Watson
GASTE wat die geselligheid vir die opknappingswerk bygewoon het. Van links is Ma riaan Coetzee (skoolhoof), Danny Smith, Anell Smith, Adie Liebenberg, Aart van den Brink (bestuurder: Kolomelamyn), Arina van den Brink, Gerhard Nel en Gerhard Brand. Foto: Verskaf
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
DIT is asof die goeie fee haar towerstaffie oor die Hoërskool Postmasburg geswaai het: Die skool spog nou met ’n pragtige nuwe voorkoms. Die Kolomela-myn het geld aan die skool vir die opknappingswerk beskikbaar gestel. Projekte soos ’n geplaveide parkeerterrein vir onderwysers, die nuut maak van die ingang van die skool, ’n nuwe personeelkamer en omheining vir die skool is gedoen. Die veranderings het in Mei 2012 begin en is onlangs voltooi. “Die jeug van vandag is die vakmanne, ingenieurs en geoloë van môre. Vir Kolomela is dit
belangrik om in hul toekoms te belê. Enige belegger sal saamstem jy belê geld in ’n instansie wat opbrengste lewer. Die Hoërskool Postmasburg lewer leerlinge wat ’n groot verskil kan en wil maak,” sê George Benjamin, bestuurder: openbare betrekkinge van die Kolomela- myn. “Dit is belangrik dat ons kinders nie tegnologies gestrem bly in ’n era van U-Tube, Ipads en e-boeke nie. Ongeag talle negatiewe mediaberigte bly die onderwys vandag ’n opwindende plek om te wees. Ons lewe in ’n tegnologiese era waar jy omtrent enigiets tot voordeel van die leerlinge van die internet kan kry,” sê Mariaan Coetzee, hoof van Hoërskool Postmasburg.
Kuier gratis in ariede parke Lecrecia Prins INWONERS van die provinsie kry vanjaar weer gratis toegang tot al die nasionale parke in die omgewing. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se kulturele dag word vanjaar op 18 September in die Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark gevier. Nasionale Parkeweek word ook daar gevier. Dié week vir die ariede streke van SANParke word van 9 tot 13 September in samewerking met die departement van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme gehou. SANParke se ariede streek bestaan uit vyf nasionale parke, insluitend die volgende: die Kgalagadi-oorgrenspark, Augrabies-waterval- Nasionale Park, Namakwa- Nasionale Park, Richtersveld-oorgrenspark en Mokala- Nasionale Park. Volgens Gabrielle Venter, woordvoerder van SANParke, is die fokus op gratis toegang tot die parke vir almal. “SANParke se visie, om met die samelewing te verbind, is die ruggraat van die kulturele dag. “Dit gee die verskeie ariede streke ’n geleentheid om nie net hul kultuur ten toon te stel nie, maar ook hul besondersheid en ooreenkomste te beklemtoon. “Kulturele aktiwiteite soos sang, dans en storievertelling gaan deel daarvan uitmaak.”
TYDENS Nasionale Parkeweek van SANParke se ariede parke kan inwoners van die provinsie dié parke gratis besoek. Dit is ’n gulde geleentheid om van 9 tot 13 September die verligte val in die Augrabieswaterval Nasionale Park te besoek. Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Knipoog van die lekkerte
VANJAAR se blommekyk in Namakwaland beloof om nog mooier te wees nadat die streek goeie reën en sonskyn beleef het. Lesers wat beplan om die blommestreek te besoek kan die verskeie toerismekantore bel: Tankwa Nasionale Park: 0273411927; Hantamgebied: 0273412203; Namakwa Na sionale Park: 0276721948; Namakwatoerismekantoor: 0277128036. Toeriste word aange Foto: Ilse Watson raai om hul verblyf vroegtydig te bespreek.
Volg reëls by sirkel en vermy ongeluk KATHU se verkeersirkels kan nogal kopkrap veroorsaak en menige bestuurder het al noue ontkomings beleef. Ongeag van wat jy dink, jy kan ongelukkig nie sommer net ry waar jy wil en van bane verander soos dit jou pas nie. Hier volg handige riglyne oor hoe om die sirkels te navigeer (sien diagram).
Waarheen jy gaan, hang alles af van aan watter kant van die pad jy bestuur soos jy nader aan die sirkel kom. ) Die geel pyltjies dui aan daar is slegs twee moontlike roetes wat gevolg kan word wanneer jy aan die linkerkant van die pad ry. ) Die blou pyltjies dui ook aan dat jy twee moontlike keuses het wanneer jy in die regterbaan is.
DIE diagram verduidelik hoe om ’n sirkel te navigeer.
) Die rooi pyltjies dui aan wat sommige mense doen wanneer hulle in ’n sirkel bestuur – en dit is die soort van optrede wat tot ongelukke kan lei. ) Waarheen gaan die blou pyltjies? Wel, dit is vanselfsprekend. Die reëls begin weer van voor af – jy kan reguit aanhou of regs draai.
Foto: Verskaf
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
Dinamiese vroue leef met passie Lynn-Mari Olivier DIE datum 9 Augustus 1956 het die geskiedenisboeke gehaal, dit was onvermydelik. Dié dag is sinoniem met vrouwees en het baie simboliek. Op dié dag in 1956 het ongeveer 20 000 vroue van verskillende ouderdomme en van verskillende rasse in protes na die Uniegebou in Pretoria opgetrek. Hul rede: onderdrukkende wette teen vroue. Die optog was deur vier merkwaardige vroue, Helen Joseph, Rahima Moosa, Sophie Williams en Lilian Ngoyi, gelei. En die dag, 9 Augustus 1956, was die begin van die vroulike dinamika. Ter viering van Vrouedag vandag het Kalahari Bulletin met Marda Oosthuizen en Elize Boshoff, welbekend aan die Kuruman-gemeenskap, gaan gesels om presies uit te vind wat vrouwees vir hulle beteken. Marda Oosthuizen Wat beteken Vrouedag vir jou? As dit nie vir Vrouedag was nie, het ons seker nooit spontaan hulde aan voorlopervroue gebring nie. Ek dink op Vrouedag aan vroue wat ’n positiewe bydrae lewer om in haar gesin, haar gemeenskap en land ’n verskilmaker te wees. Wat dryf jou as vrou voort? My passie vir die lewe. My liefde vir die Here. Hy het my met spesifieke gawes en talente geskep en ek mag dit nie net vir myself hou nie. Ek is ’n ge-
seënde vrou en daarom wil ek so graag “teruggee”. Die vroue-optog daardie dag in 1956, wat dink jy het dit vir vroue van vandag beteken? Dit het aan daardie vroue ongelooflik selfvertroue gegee. Hulle moes opstaan teen dit wat hul menswaardigheid gesteel het en hulle het standpunt ingeneem om op te staan vir dit waarin hulle geglo het. Ek dink dit kan vandag nog vir ons ’n motivering wees om op te staan vir waarin ons glo.
MARDA OOSTHUIZEN
Hoe sou jy ’n dinamiese en gedrewe vrou beskryf? Dinamiese vroue is ge-
woonlik gedrewe. Hulle leef met passie en maak ’n verskil in mense se lewe. Mense neem
kennis van ’n dinamiese vrou. Dinamiese vroue “loop” nie oor mense nie, hulle neem mense saam. Beskou jy jouself so? Sjoe, ek het groot bewondering vir dinamiese vroue. Ek het sulke vriendinne. Ek sien myself as gedrewe, maar droom nog daarvan om dinamies te kan wees. Wat beteken vrouwees vir jou? Vrouwees is vir my ’n geskenk. Ek is uniek. Ek kan, soos wat God bedoel het ek as vrou moet wees, leef. Vrouwees beteken nie om minderwaardig of ondergeskik te wees nie. Ek beskou my vrouwees ook as ’n ongelooflike groot voorreg . . . dat ek “sag” mag wees, dat ek mense met liefde mag bedien, dat ek in ’n harde, ongenaakbare wêreld anders mag wees. Elize Boshoff Vrouedag is ’n baie spesiale dag wat ek graag wil opdra aan alle vroue, my vriendinne, my drie dogters en kleindogter, dat hulle sal weet hoe
ELIZE BOSHOFF spesiaal hulle vir my is. Ek sou graag vir elkeen van hulle ’n blommekrans wou vleg en hul daarmee wou seën. Wat dryf jou as vrou voort? Om ’n verskil te maak in almal se lewe wat my pad kruis, al is dit net die veiligheidswag wat my trollie met kruideniersware stoot. Die vroue-optog daardie dag in 1956, wat dink jy het dit vir vroue van vandag beteken? Daardie geskiedkundige dag het bygedra tot die bevryding van die vrou wat menswaardigheid en gelyke regte betref. Ek het groot bewondering vir daardie vroue wat ondanks baie gevare tog standpunt kon inneem. Hoe sou jy ’n dinamiese
en gedrewe vrou beskryf? ’n Dinamiese vrou is ’n vrou wat weet waarheen sy op pad is en opgewonde saam met ander raak om ’n doelwit te bereik en ’n verskil te maak in dit waarmee sy besig is. Beskou jy jouself so? Ek streef voortdurend na die bereiking van my doelwitte en probeer voortdurend om ander te verryk en te motiveer. Wat beteken vrouwees vir jou? Vrouwees beteken vir my meer as dit wat ons van buite sien . . . dit beteken vir my om my gesin te versorg en te koester, om ’n goeie luisteraar te wees, om te weet ek is kosbaar vir my Vader, om die regte van vroue te versinnebeeld en om as vrou in Jesus se voetspore te loop.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
MAZDA 323: Agter gestamp, te koop. Maak 'n aanbod. Skakel 082 968 2011 of 073 014 7693. AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
WENDYHUIS TE HUUR IN WRENCHVILLE. R500 deposito, R2 000 p.m. Skakel 083 366 9473.
DRIEWIEL-CELINObabastootwaentjie met draagbare kot en Celino Luxury- opslaanbare Camping Cot en loopring, R5 800. Skakel 072 537 2449.
ACCOMMODATION TO LET for 12 - 14 persons, selfcatering. All rooms equipped with fridge, kettle, microwave, DStv, flatscreen TV, air-conditioner, bed, curtains and own entrance. Electric gate and large parking area. Available 01/08/2013. Phone Christine 082 440 7701.
BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.
VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.
SOEK NA 'N GOEIE tweedehandse karavaan. Skakel Elretha 083 561 6705.
053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583
DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600. VERWYDERING VAN BOUROMMEL en tuinvullis in Kuruman-area. Vir gratis kwotasie skakel Deoni Stander 072 141 6965 of Ulrich Stander 083 675 5859.
ISUZU 250D, 2001 R48 500. 1999 Toyota 2.4 R42 500. Phone 072 472 8686. ISUZU 250D, 2007 R58 500. 1995 Mazda 1800 R25 500. Phone 072 472 8686.
CORTINA, 1985 R 11 500. 1995 Lazer R15 500. 1990 Kadette R16 500. Phone 072 472 8686. DVD 2.5, 2006 - R75 000. 2007 Go-Now R39 500. Phone 072 472 8686. GOLF 2, 1.8 R19 500. 1996 Sentra 1.6 R24 500. Phone 072 472 8686. JETTA 3, 1998 R26 500. 2004 Tazz - R39 500. Phone 072 472 8686.
KURUMAN Huis te koop – Kuruman 5 slk, 1 aantrekkamer, 2½ badk, sitk, eetk, kombuis, werksk, opwas en wask, lapa, swembad, 2 m/h, afdak, sekuriteitsomheining, groot erf en gevestigde tuin. R2 080 000. Te koop Besigheidsperseel en gebou. Industriële gebied, Kuruman. R2 000 000. Besigheidsperseel, gebou en toerusting. Industriële gebied. Kuruman. R2 250 000 Huis te huur: Kuruman 4 slk, 2 badk, kantoor, ruim sit, eetk en kombuis, spens, wask, buitek, 2 motorhuise, stoep, koopkrag, boorgat. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422. 053 712 0487.
KURUMAN TE HUUR Woonstel 2-slaapkamer, R7 700. Meenthuise: 3 slaapkamers, 2 badkamers, enkelmotorhuis. R9 900 – R11 000. Huise 3 slaapkamers, 2 badkamers. R12 100 – R15 000. 3 slaapkamers, 2 badkamers, stoorkamer met ‘n aparte buitekamer, swembad, 3 x motorhuise. R16 500.
Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123
KE REKISA NTLO YA kamore tse supa (7). Phone 071 285 6940 or 079 614 0640.
Veritas Eiendomme
H.S. Gers In die boedel van wyle Hester Sophia Gers, identiteitsnommer 350327 0011 083, voorheen woonagtig op plaas Khaw, Kuruman.
13
Boedelnommer: 354/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. Besmar Ouditeure Tel. 053 712 3569 Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak X1532, Kuruman 8460. P.L. van Tonder In die boedel van wyle Philip Lodewyk van Tonder, identiteitsnommer 321119 5026 083, woonagtig op plaas Mooihoek, Kuruman. Boedelnommer: 406/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. BESMAR OUDITEURE Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak x 1532, Kuruman 8460. Tel. 053 712 3569
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
TE KOOP SKAKEL ELIZE 083 383 8372 of ESTELLE 072 359 0781 E-mail: lindeelize470@gmail.com OF estelleveritas@gmail.com 1. 2 leë erwe in Mothibistadt, R150 000 vir beide 2. Leë erf in Mothibistadt, R75 000 3. Erwe beskikbaar in kompleks (erf en plan) - erwe reeds gediens, R400 000 Verskeidenheid huise te koop TE HUUR Verskeidenheid eiendomme te huur. SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-mail: veritaseienkuruman @gmail.com Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomme .co.za
Skakel ons gerus, ons help graag.’
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
B E T R E K K I N G S
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
19
Pasmaak jou Facebook só Anél Viktor
DAAR is maniere om daardie irriterende Facebook-inskrywings van jou nuusstroom te verwyder. Facebook is ’n aanlyn-uithangplek vir mense en vriende, maar ander kere is dié platform ’n ongemaklike onthaal waar jy wens jy kon van die gaste onder die tafel inskop. Dalk het jy Facebook-vriende wat gereeld politieke aanmerkings op hul Facebook-blad maak, ongevraagde detail oor hul persoonlike lewe uitblaker of jou teen die mure uitdryf met hul swak spelling of foto-albums vol “selfies” (dis nou foto’s wat hulle van hulself neem). Niks keer jou om die “unfriend”-knoppie te druk nie, maar hoe gemaak as die Facebook-pes jou man se werkgewer of dalk selfs ’n familielid is? Facebook gaan hulle nie van jou besluit in kennis stel nie, maar sodra hulle probeer om jou blad te besoek en die “Add Friend”-knoppie daar sien, gaan hulle weet jy het tot die uiterste gegaan. Daar is egter maniere om van mense “ontslae” te raak sónder om hulle in die gesig te vat: Kliek op die klein afwaartse pyltjie aan die bokant van jou Facebook-vriend se inskrywing en kliek dan op “Hide”. Facebook maak seker dié inskrywing word van jou nuusstroom verwyder en gee jou ook die opsie om jou nuusstroom verder te organiseer. As jy wil weet wat in jou vriend Ben se liefdeslewe aangaan, maar nie sy nuutste Facebook-status wil lees nie, kliek op “Change what updates you get from Ben” en verwyder die regmerkie langs “Status Updates”. Jy kan op dieselfde manier te werk gaan as jy nie Ben se opmerkings, foto’s, video’s, speletjies en “likes” wil sien nie. Jy het ook die opsie om Ben te “unfollow”. Julle is dan steeds Facebook-vriende, maar jy gaan nie weet wat hy alles kwytraak deur na jou nuusstroom te kyk nie. Hiervoor sal jy sy Facebook-profiel moet besoek. Om ’n Facebook-vriend te “unfollow”, gaan na die persoon se Facebook-blad en klik op die “Friends”-knoppie.
Profiel spreek boekdele
DIE volgende “persoonlikhede” kan jou dalk laat wens jy was nooit op Facebook nie: ) Die “blaasbalk” se profiel wys Instagram-foto’s van hul “ongelooflike” wegbreeknaweek by ’n duur spa, die blomme en verjaardaggeskenke en die soesji of croissants wat hulle vir middagete bestel. ) Jy sal die “Oprah” herken aan die magdom inspirerende aanhalings, foto’s van sonsopkomste en motiverende boodskappe op die se Facebook-blad. ) Die “Kom-ek-vertel-jou-allesvan-my-vriend”. Nee, al jou 250 Facebook-vriende wil regtig nie weet jy het ’n Steers-burger op die lughawe gesit en eet omdat jou vlug Kaapstad toe vertraag is nie. ) Die “morpot” se Facebookblad is ’n uitgerekte monoloog waarin hulle kla oor alles – van hoe min hulle die vorige aand geslaap het, hoe koud die badkamervloer is tot hoe sleg dit met hulle by die werk gaan. ) Die “trotse mamma” het ’n iPhone en ’n baba, wat beteken elke uitstappie of “oulike” uitrusting word op kamera vasgevang.
Niks keer jou om die “un friend”knoppie te druk nie, maar hoe gemaak as die Facebookpes jou man se werkgewer of dalk selfs ’n familielid is? Jy het nou die opsie om die regmerkie langs “Show in news feed” te verwyder. Met die “Organise who you see in news feed”-opsie kan jy ’n lys maak van “kennisse” of dié mense wie se Facebook-inskrywings jy nie so gereeld in jou nuusstroom wil sien nie. Dié opsie is ook nuttig wanneer jy nie wil hê jou “kennisse” moet jóú aktiwiteite gereeld op Facebook kan volg nie. Wat van jou goeie vriende op Facebook – dié mense wie se aktiwiteite jy die graagste wil sien? As jy op die hoogte wil bly van wat jou nabye familie of vriende op Facebook doen, gaan na jou nuusstroom en kliek op “Friends”. As dié opsie nie aan die linkerkant van jou nuusstroom sigbaar is nie, kliek eers op “More” onderaan die kassie vir meer opsies. Kies “Close Friends” en maak dan ’n lysie van jou belangrikste Facebook-vriende deur die “Manage List”-opsie te gebruik. Jy kan mense byvoeg of van die lys afhaal so gereeld soos jy wil. As jy wil hê Facebook moet jou laat weet sodra jou beste vriendin haar troufoto’s oplaai, kliek op “Privacy Settings” aan die bokant van jou Facebook-bladsy onder die rat-teken, dan “Notifications” en dan “Close Friends activity”. Jy kan kies of jy kennisgewings oor jou nabye vriende se doen en late op Facebook of selfs per e-pos wil ontvang. Kies só jou veiligheidsmaatreëls: Niks wat jy op Facebook sê, is werklik privaat nie. Dié sosiale netwerk bring egter gereeld veranderinge aan om gebruikers meer beheer te gee oor wat hulle deel. ) Om strenger veiligheidsmaatreëls vir jou profiel te kies laat gly die pyltjie tot aan die regterkant van jou Facebook-blad en kliek op “Privacy Settings” onder die rat-teken. Die kortpad “Privacy Shortcuts” (onder die slot-teken) werk net so goed. Hier kan jy jou verstellings vir privaatheid verander. Kliek op “Who can see your future posts?”. Maak seker dit is nie op “Public” gestel nie (behalwe as jy nie omgee wie almal jou Facebook-inskrywings kan sien nie). ) Jy kan ook ’n lys maak van dié Facebookvriende wat jy wil hê jou inskrywings moet kan sien, maar dit is net so maklik om te spesifiseer wie wat sien wanneer jy ’n status-inskrywing maak. Kliek op die “Friends”-knoppie voordat jy die “Post”-knoppie druk en kies wie jy as jou “gehoor” wil hê. ) Die “Activity Log” is veral nuttig as jy wil weet of die foto’s van jou wilde rampartytjie Facebook gehaal het of nie. Jy kan al die inskrywings en foto’s sien waarin jy ge-tag is en kan jouself untag as jy wil. ) In die afdeling “Timeline and Tagging” kan jy kies wie wat op jou Facebook-blad sien, wie inskrywings op jou blad kan maak en besluit wie jou in ’n foto of inskrywing mag tag. ) “Blocking” is vir Facebook-gebruikers wat verder wil gaan as om iemand te ontvriend. Dit kan iemand keer om jou Facebookvriend te wees en is veral nuttig as jy van bekruipers ontslae wil raak, want hulle kan jou glad nie op Facebook “sien” nie. ) Daar is ook hulp as jou vriendin dink jy wil heeltyd saam met haar FarmVille, of enige ander Facebook-speletjie, speel. Kliek net op “Block app invites”.
Gaan loer gerus ’n bietjie na die Kalahari Bulletin se Facebookblad
SUIDAFRIKANERS op Facebook.
Foto: Verskaf
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013
HIER speel die o.16Arugbyspanne van die Hoërskole Kathu en Duineveld teen mekaar.
Foto’s: Ilse Watson
AANDAG, alle sportklubs en skole op Kathu, Postmasburg, Deben en Olifantshoek: Stuur asseblief jul sportnuus en foto’s. Kalahari Bulletin plaas dit met graagte. Skryf aan ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579
DIE o.19Ahokkiespanne van die Hoërskole Kathu en Duineveld wat verlede Saterdag teen me kaar gespeel het.
Skole spook sportsake uit Ilse Watson DIE afgelope naweek het die Hoërskool Kathu, Hoërskool Postmasburg en Hoërskool Duineveld aan ’n sportdag by die Hoërskool Kathu deelgeneem. Die skole het in rugby, hokkie en netbal teen mekaar meegeding. Die uitslae is soos volg: Rugby: ) o.19A: Postmasburg teen Duineveld – Postmasburg wen met 22-5. ) o.15A: Postmasburg teen Duineveld – Duineveld wen met 22-7.
) Duineveld se o.15-span teen Postmasburg se o.17-span – Duineveld wen met 20-5. Hokkie: ) Postmasburg se A-span teen Duineveld B speel gelykop met 3 elk. ) Kathu se o.14-hokkiespan wen Postmasburg met 2-1. Netbal: ) Postmasburg o.19A teen Duineveld onder17C: Postmasburg wen met 15-14. ) o.19B verloor teen Duineveld met 8-17. ) Postmasburg se o.15A-span verloor teen Duineveld se o.14A-span met 3-31.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za