Kathu bulletin 20131127

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

28 NOVEMBER 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Botsings wek kommer

Padongelukke in swart naweek voor vakansie eis 11 mense Ilse Watson MET Kerstyd om die draai is die Kathu-Kuruman-omgewing die afgelope tyd geruk deur ’n reeks motorongelukke waarin verskeie mense oorlede is. Die naweek van 10 November was ’n swart naweek toe 11 mense op en om Kuruman in motorongelukke gesterf het. Dít nog voor die vakansie wat nou aanbreek en die feestyd wat begin. Die Kalahari Bulletin het ondersoek na die ongeluksituasie op Kuruman en Kathu ingestel. Groot kommer heers oor die aantal ongelukke wat oor die jaar heen voorkom. Bestuur onder die invloed van drank en spoed speel ’n groot rol in die voorvalle, waarvan die meeste in die vroeë oggendure voorkom. Die rol van drank is een van die dinge wat bekommer nadat 28 motoriste verlede naweek weens dronkbestuur in hegtenis geneem is, sê asst.-supt. Bruce Slambert van die Gamagara-verkeersdepartement. Die meeste ongelukke in die Kathu-omgewing vind plaas in die eerste 20 km op die N14 van Kathu se hoofpad in die rigting van Kuruman af. Die groot brandpunte by Kuruman is die paaie na Hotazel en Daniëlskuil. Op Kuruman is sewe insleepdienste wat op ongelukstonele moet help en op Kathu drie maatskappye wat help met die insleep van onklaar voertuie of voertuie wat in ongelukke betrokke was. Al die insleepdienste is elke dag druk besig. Die doodsteek van Kuruman is blykbaar die aantal kuierplekke waar groot hoeveelhede alkohol gebruik word. Boonop speel spoed ’n groot rol, veral in gevalle waar motoriste oënskynlik vir die pret jaag. Motoriste jaag onder meer van die verkeersligte (by die Wimpy) in die rigting van Daniëlskuil, draai weer om en jaag terug dorp toe. Soos wat ’n mens Kuruman van Daniëlskuil af nader, is daar ’n draai en afdraande. Hier word beheer oor voertuie verloor en word in geboue vasgejaag. ’n Insleepdiens van Kuruman het die volgende statistieke verskaf oor die aantal voertuie wat ingesleep word – wat onklaar

VERLEDE Donderdagmiddag het ’n ongeluk tussen ’n swaar voertuig en ’n Hyundai i20 digby die ingang na Kathu plaasgevind. Volgens ooggetuies wou die bestuurder van die Hyundai na regs draai, maar is dit deur die swaar voertuig getref. ’n Vrou wat die Hyundai bestuur het, het longbeserings opgedoen en haar been gebreek. Ernstige ongelukke kom gereeld op die N14 tussen Kathu en Kuruman voor. Foto: Ilse Watson voertuie en voertuie wat in ongelukke betrokke was, insluit: April: 89; Mei: 103; Junie: 85; Julie: 105; Augustus: 125; September: 103; Oktober: 87. ’n Insleepdiens van Kathu het die volgende statistieke verskaf: Mei: 13; Junie: 8; Julie: 8; Augustus: 8; September: 8; Oktober: 8. Dié spesifieke insleepdiens se syfers is bedrieglik laag, omdat heelwat werk tussen Kuruman en Kathu gedeel word. Na wat beweer word, vind die meeste ongelukke in die vroeë oggendure – tussen 02:00 en 04:00 – plaas. ’n Insleepdiens van Kuruman het bevestig ongelukke by die padwerke om Kuruman het wel verminder. In die feestyd gaan die verkeersafdelings van Kuruman en Kathu voortdurende padversperrings beman.

“Ons gaan fokus op mense wat onder die invloed van alkohol bestuur, asook mense wat roekeloos en nalatig optree. Ons gaan ook fokus op bestuurders wat sonder rybewyse ry,” het Hein van Rooyen, hoof van die Kuruman-verkeersafdeling, gesê. “Die wettige perk vir die gebruik van alkohol is 0,5 – daar sal teen enigiemand wat dit oorskry, opgetree word,” het Van Rooyen gesê.

Volgens Slambert gaan hulle ook in Desember en Januarie padversperrings beman. Dronk bestuurders moet geen simpatie verwag nie, maan hy. Motoriste word versoek om padreëls en verkeerstekens te gehoorsaam. Hulle word ook versoek om nie op ongelukstonele te stop as daar reeds nooddienste op die toneel is nie. ’n Samedromming van mense belemmer hul werk.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Hul beskerming is almal se taak

Help beveg só mishandeling DAAR is stappe wat gevolg kan word om teen kindermishandeling in te gryp, sê die Kathu-polisie se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming (GKS). ) Indien ’n situasie verdag lyk, stel ondersoek in. ) Meld gevalle van kindermishandeling aan en werk saam met die owerhede. ) Dring aan op ’n saaknommer indien ’n klag by die polisie ingedien word.

) In geval van ’n verkragtingsaak, maak seker die bewysstukke word beveilig. ) Kry bystand van bure in geval van kindermishandeling en word self “veiligheidsouers”. ) Bied hulp aan ouers en kinders wat mishandel is. ) As daar in ’n situasie waar kindermishandeling voorkom, ingegryp moet word, moet dit altyd met respek en op ’n eerlike manier gedoen word.

Ouers kan hul kinders beveilig Benneli Olivier Van der Walt Benneli Olivier Van der Walt GEWELD teen kinders is ’n aangeleentheid wat alle gemeenskappe raak ongeag wat die gemeenskap se ekonomiese stand, rassesamestelling of woongebied is. Ook op Kathu en in dié omgewing kom kommerwekkende gevalle voor en dit is uiters belangrik dat al die kinders in dié gemeenskappe teen geweld en mishandeling beskerm sal word. Met die viering van Internasiona-

le Kinderdag op 20 November het die Kathu-polisie se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming (GKS) mense gemaan om oor die voorkoms en vorme van gesinsgeweld en die beveiliging van kinders ingelig te wees. Gesinsgeweld kan in verskeie vorme voorkom. Fisieke mishandeling sluit in klap, byt, skop, aanranding en dreigemente om fisieke geweld te pleeg. Emosionele, sielkundige en verbale mishandeling

sluit beledigings, ’n geswets, vernedering en inbreuk op privaatheid in. Ekonomiese mishandeling is wanneer ’n weerhouding van geld waarop die gesin geregtig is, plaasvind deur byvoorbeeld nie huur te betaal van die gedeelde woning nie en die onredelike verkoop van huishoudelike besittings wat vir die gesinslede van belang is. Agtervolging is ook ’n vorm van gesinsgeweld. Kinderbeskerming is almal se verantwoordelikheid, sê die GKS in ’n verklaring.

OUERS moet ingelig wees oor hoe om hul kinders te beskerm, sê die Kathu-polisie se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming (GKS). Sekere stappe kan gevolg word om kindermishandeling

te verhoed: . Vorm ’n groep in die woonbuurt om kinders te beskerm. . Ouers en kinders moet wedersydse respek en kommunikasie tussen mekaar opbou. . Vind positiewe maniere om kinders groot te maak. . Wees ingelig oor wat ouers en kinders se regte as landsburgers is. . Hou die bure se kinders dop as hulle nie tuis is nie, of laat die kinders oorkom. . Wees op die

uitkyk vir vreemdelinge en vreemde motors in die woonbuurt. . Lig die woonbuurt se kinders in oor waarheen hulle vir hulp kan gaan soos die plaaslike polisiekantoor. Die gemeenskap moet noue bande met die polisie hê. . Organiseer aktiwiteite wat daarop gefokus is om die oorsake van kindermishandeling (soos armoede, werkloosheid en onkunde) te help beveg.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

3

Sishen’s new GM leads from the front Ilse Watson “THE Sishen Mine is a world-class asset and a benchmark operation. To work with such a company is an opportunity of a lifetime and I grabbed it with both hands. The employees of the mine have proven themselves over and over again.” These were the words of the newly-appointed general manager, Johan van Schalkwyk. He started his studies in 1993 (BEng Mining) at the University of Pretoria and

completed his degree in 1996. He was the holder of an Anglo American bursary. His career started at Bank Colliery (Witbank) and after six months he was appointed as a miner in underground coal mining. “Whilst working here I learnt that one was very dependant on team members. This provided me with the basis of my way of focusing on an integrated and interactive management approach.” Van Schalkwyk moved around in the Anglo American Group and in 2009 he was

JOHAN VAN SCHALKWYK, Kumba Iron Ore Sishen Mine’s new general manager. Photo: Supplied

appointed general manager of New Vaal Colliery. “This appointment prepared me for my position as general manager of the Sishen Mine.” Van Schalkwyk said he believed in a collaborative approach and aimed to be visible and to lead from the front. He added that he wanted to engage with employees as much as possible. He described himself as meticulous and passionate about achieving success as part of a team. He is married to Melanie. “She has enriched my life with a 10-year-old son, Matthew. I am proud of her accomplishments as the managing director (MD) of a family business in the hospitality industry

and I support her as a career maker. We inspire each other to reach greater heights,” continued Van Schalkwyk. “My favourite weekend activities include exercise and I plan to start playing golf soon. I also enjoy lighting a fire for a braai or a potjie. “I love watching rugby and cricket and support all the South African teams. “As a family we like seeing new places, their cultures and history. One of our favourite holidays was visiting the Great Barrier Reef in Australia.” For Van Schalkwyk the Anglo “real mine, real people, real difference” became a reality and he plans to make the Sishen Mine the best mine it can be.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dra swaar

Redding gryp aan DIT was en is steeds ’n storie wat ons land se mense aangegryp het. En toe gaan die storie internasionaal en almal is deel van die mooiste hond wat in Kimberley se Groot Gat geval het. Dit is ’n nuusstorie wat mense se hart geroer het. Kuruman Bulletin se moederkoerant, Volksblad, se verslaggewers het bontgestaan en ’n paar dae rondgehardloop om die hele storie na die beste van hul vermoë aan die wêreld oor te dra. Webwerwe, Facebook en Twitter het behoorlik gegons. Die video van die reddingspoging is meer as 13 000 keer gekyk. Kaptein Seeley, soos die hond bekend staan, het veroorsaak dat ’n nasie saamstaan. Almal het ingegryp en van oral oor probeer help. In tye waar ons lees van moord, verkragting, ontevredenheid met salarisse, ontevredenheid met dienste in die land, te veel geld wat deur politici bestee word en paaie wat vol gate is, was dit verfrissend om weer ’n slag ’n goeie, positiewe nuusstorie te kon ervaar. As Suid-Afrikaners só in

vervoering kan raak oor ’n hond, hoekom kan hulle nie in vervoering raak en saamstaan om dienste en probleme in die land te verbeter nie? Dit blyk ’n onmoontlike taak te wees om al die dinge wat verkeerd is, reg te maak, maar as almal saamstaan en hul deel doen en hard werk, kan daar sekerlik ’n verskil gemaak word. Wat kan alles nie moontlik wees nie as ons land se burgers bontstaan en rondhardloop en alles in hul vermoë doen om ’n verskil aan die land te maak? Dalk moet ’n mens by die klein dingetjies begin en almal opvoed, soos om nie vullis uit motors te gooi nie. En ook nie in die strate nie. As almal net kan begin om hul vullis reg te hanteer sal dit al klaar ’n groot verbetering meebring. Dink net – skoon strate en niks vullis langs die land se paaie nie. As elkeen onderneem om met geesdrif ’n medeburger te ondersteun en touwys te maak kan daar ook groot veranderinge plaasvind. Soos daar passie was om ’n hond te red, so moet daar passie wees om ons land te red.

Rus dié Kerstyd en eet van die genadebrood Ds. Pieter van Zyl 1 Kon. 19:4: HY SELF (Elia) het egter ’n dagreis vêr die woestyn ingegaan. Daar het hy onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” Elia het pas ’n hoogtepunt by Karmel beleef. (1 Kon. 18) Sy oorwinning oor die priesters van Baäl het hom weer aansien in die oë van die volk gegee. Die voorspelling van reën, terwyl daar net ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand in die weste verskyn, loop uit op onweerswolke en groot reën. Maar koningin Isebel dreig weer om hom dood te maak. Moeg, uitgeput en terneergedruk, gaan kruip hy onder ’n besembos weg, gereed om te sterf. So is baie van ons uitgeput ná ’n lang jaar se geswoeg en sweet. Daar was ook suksesse en teleurstellings in die loop van die jaar. Daar is steeds druk om sekere belangrike take af te handel voordat ons kan ontspan en vir Kersfees voorberei. Hoe kan ek die druk hanteer terwyl ek moeg en afgemat is? Is daar genoeg krag oor om die nuwe jaar te haal? Elia kry besoek van die Here. Daar is kos waarvoor hy nie gewerk het nie en wat hy nie self voorberei het nie. En die opdrag is dat hy moet eet. Hy eet en drink van die water wat God voorsien het en raak weer aan die slaap. Weer kom die opdrag om te eet, anders sal die pad wat voorlê vir hom te lank word. Deur die krag van die kos kon hy 40 dae en 40 nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. (1

Kon. 19:8) My moegwees kan my ook verblind om nie die genade uit die Hand van die Here raak te sien nie. My tamheid kan my daarvan weerhou om van die genade te “eet”. Die eise van die jaareinde kan my by die wonder van Kersfees laat verby kyk, sodat ek nie die wonder van Jesus se geboorte en sy menswees hier op aarde verstaan nie. ’n Goue reël is om nie aan die einde van ’n jaar drastiese, lewensveranderende besluite te neem terwyl jou insig deur tamheid verdonker geraak het nie. Gaan rus by die Here en “eet” van die genadebrood en drink van die wonderwater wat Hy gee. Wanneer jy weer deur die genadeboodskap van die Kerstyd gevoed en versterk is (dalk kon jy uitrus ná ’n vakansie sonder werksdruk) kan jy, versterk deur die krag wat die Here self aan jou gee, weer verantwoordelike besluite neem. Dan kan jy nuwe take en uitdagings aangryp en dit suksesvol afhandel. Wanneer jou krag van die Here af kom, kan jy die nuwe jaar met nuwe ywer aanpak. Word hierdie Kerstyd weer rustig in Hom wat in Christus tot ons leefwêreld toegetree het en wat die dood oorwin het. Mag jy en jou dierbares ’n geseënde Kerstyd ervaar en die nuwe jaar met nuwe ywer, onder die seënende en beskermende Hand van die Here, aanpak. Aan ons Jesus, ons Koning, al die eer.

DIT is een ding om ’n oulike, wêreldbekende meerkat te wees, maar o wee – dit is veel erger om daarby hoog dragtig te wees. Kirri, die aanneemmeerkatjie van prof. Anne Rasa van Kalahari Trails, lê plat op haar groot pensie en rus in die ondraaglike woestynhitte, terwyl die buitewêreld elke dag met groot afwagting op die sosiale netwerk Facebook navraag doen of haar kleintjies al gebore is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir meer nuus oor die verwagte kleinspan wat teen Desember hul opwagting behoort te maak. Foto: Anena Burger

Offices a disgrace

Tehuis sê dankie RONEL DU PLESSIS, Kuruman:

ANONYMOUS, Kuruman: FOR how long are the employees of the Department of Education in the John Taolo Gaetsewe District going to work in the miserable conditions they are in? The district office remains undeveloped and unhygienic. The Bathlaros Learner Development Centre operates without a manager, while it is geared to assist teachers and pupils with science experiments and computer literacy. There are no cleaners at the centre and it is thus cleaned only when there is an organised activity to be held there. The toilets are malfunctioning and leaves a bad smell around the place. The Mothibistad Science Centre has been struggling with water for three years now. When activities for pupils are held there, mobile toilets have to be hired. It is left to schools to bring drinking water. One then asks how those

11/36 NNE-5

16/35 Kalm

19/35 NNE-5

employees based at this centre are coping or managing when they have to refresh or quench their thirst. There is no reception nor telephone operators at the main district offices. Incoming calls are answered by anyone nearby. The office has been left bare for the past two months as the main entrance door is broken. The Baitiredi offices are infested with rats, there is no drinking water and most of the toilets are not functioning. There is also no toilet paper provided. There is no kitchen and staff cannot warm their lunches. The entire district offices have no telephone operator. There is a shortage of grounds– men and those who are available are sometimes used as drivers. There is a shortage of cleaners – as a result an office is cleaned only twice a week. Surely something needs to be done about these terrible conditions.

17/37 NNE-10

16/33 Kalm

2037 WNW-5

NAMENS die inwoners, bestuurder en personeellede, asook die beheerraad, van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bedank ons graag die gemeenskap van Kuruman wat dié jaar by die tehuis betrokke was. Baie dankie vir al die skenkings wat so gereeld ontvang word. Ons wil ook dankie sê vir die vrywilligers wat hul tyd afstaan om by Mimosahof betrokke te wees. Baie dankie aan elkeen wat hul plek aanbied sodat ons die inwoners op uitstappies kan neem. Die afgelope tyd is ons besonder met gemeenskapsteun en -betrokkenheid geseën. Sonder almal se hulp en bereidwilligheid om te gee sal dit nie moontlik wees om ’n goeie diens en bekostigbare verblyf aan die inwoners te lewer nie. U hulp maak ’n groot verskil in hul lewe en verseker vir ons en u eendag ’n heenkome vir die oudag. Dit maak ons hart warm dat die gemeenskap van Kuruman so goed vir die Mimosahof-tehuis vir bejaar- des is. Mag ons Hemelse Vader julle almal seën.

18/37

16/35

W-10 WSW-10

21/37 NW-10

Dít wat regtig in die lewe saak maak Anena Burger SOMER is voorwaar my gunstelingseisoen in die Kalahari. Dit is immers die rede hoekom ek as Kapenaar hierheen verhuis het en as’t ware kom wegkruip het. Die soel aande op my stoep met my voete wat op ’n bankie of die tuinmuur rus terwyl ek na die donderstorms in die verte kyk, is beter as enige televisiereeks wat DStv met al sy kanale ooit kan bied. Dit is die eerste reuk van jasmyn en die goue gloed van die somersonsondergange wat my siel weer ná die dorre en knypende winter laat leef. Wanneer ek voel hoe die warm windjie deur my hare vleg en ek eintlik ril van lekkerte. Die naweek het ek my weer diep in die Kalahari bevind net so duskant Askham by Andriesvale verby. Hoe lekker was dit nie om

op die breë stoep met sy eertydse veranda te sit nie. Stoksielalleen sonder ’n mens wat roer, maar ook sonder vrees dat iemand my dalk oor die kop gaan moker. My kamera was op die driepoot staangemaak en in die verte het ek en ou ysteroog die geweldige elektriese skouspel oor Botswana besigtig en vasgevang. Elke af en toe het ek opgeloer wanneer die kamera gekliek het dat sy weer ’n prentjie mooi vasgevang het. Vroeër die dag het ek die kriewelende lekker ervaar van ’n meerkat wat haar op my skoot kom tuismaak het. En dit is oor dié meerkat dat ek sit en tob wanneer ek die donker, flitsende

nag instaar. Hoe wonderlik is ons natuur. Soveel wat ons by die diertjies kan leer. Die meerkat is dragtig. Dit is haar eerste werpsel en sy laat my dink aan ’n koeëlronde waterdruppel met ’n spits koppie. Met ’n gesteun en ’n gekreun lê die arme siel die middag op die stoep. Arms en bene eintlik plat uitgestrek. Elke af en toe verskuif sy na ’n koeler plekkie. Elke af en toe kom soek sy ’n bietjie liefkosing, nes swanger ma’s mos maar doen. En ek simpatiseer diep, ek weet tog self hoe so ’n lyf in so ’n warm Kalahari-somer voel. Maar dit is diepe omgee en die gevoel van familie wat my die meeste raak, want die meerkat is ’n weeskat waarvan die familie twee mense is. Tog sien sy nie die verskil raak nie. Vir haar is dit net die eenheid, samesyn en omgee wat saak maak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dorpers laat rande rol KLK LANDBOU BPK het op 6 en 7 November vanjaar se internasionale dorperveiling op die Upington-skouterrein aangebied. Verkopers van Suid-Afrika en Namibië het van hul beste teelmateriaal na die veiling gebring. Kopers van Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Zimbabwe, Brasilië en Australië het die veiling bygewoon. Die hoogste prys van R600 000 is deur Martin Compion jr. van Pofadder vir ’n dorperram van

Mickey Phillips van Tarkastad betaal. Die tweede hoogste prys van R150 000 is vir ’n dorperram van Philip Strauss van Karasburg, Namibië, deur dr. Corrie Avenant van die Atka-stoetery, Williston, betaal. Die hoogste prys van R150 000 is vir ’n witdorperram van Kosie Esterhuizen van Koës, Namibië, ook deur Avenant, betaal. Die tweede hoogste prys van R42 000 is vir ’n witdorperram van Tony Cahi van Prieska, weer

deur Avenant, betaal. Die hoogste prys van R42 000 is vir ’n dorperooi van die Rooidamdorperstoetery van Charel Strauss en Niekie Cilliers deur Larry Dietrich van Marikana betaal. Die hoogste prys van R33 000 is vir ’n witdorperooi van Kosie Esterhuizen deur die Rooidamdorperstoetery betaal. Dawid Nel van KLK Landbou Bpk en Deon Klopper van GWK was die afslaers. Die omset op die veiling was R3 658 500.

Besoek Kalahari Bulletin se webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Event held to mobilise SA men against crime THE Progressive Men’s Movement of South Africa (Pomesa), the Office of the Deputy President, the Northern Cape Police Services (SAPS) and other stakeholders are organising a collaborative event. This is to celebrate the fifth International Men’s Day and also launch the Northern Cape Mining Crime Combatting Forum and the When Duty Calls Campaign with the intent to reaffirm commitment to fight crime and specifically violence against women and children. This year the event will be celebrated in Kathu at the Sivos Stadium on 24 November. The theme of this year’s celebration, Raising awareness of crime and violence against women and children, seeks to mobilise government departments and all spheres of society around crime and crime prevention interventions . The purpose of the event is to focus on strengthening family values – also to raise awareness and engage men around social ills and the increase in crime and violence against woman and children that negatively impact our society, thus our future.

Men must be stirred up in their roles as the leaders of families, communities and the nation. Men must protect women and children and not cause them harm. An engagement session is planned from 06:00 to 08:00 on the day where leaders will engage with community members and mine workers in the Kathu area. A full programme is planned for the day from 08:30 to 17:00 including refreshments, entertainment, exhibitions and service delivery by government departments. Transport will be arranged from designated pick-up points in and around Kuruman, Kathu, Olifantshoek and Postmasburg. Business leaders, pastors and mining companies in the region are encouraged to support the event by mobilising men and churches to attend the event. Men are invited to make their presence felt and their voices heard to help stop crime in general and violence against women and children. Direct inqueries to Chris Mashilo on 082-469-6130, Kenny Sebati on 082-7659401 or James Manis on 083-406-9775.

NICOLE SMALL wys waarvan ’n Noord-Kaapse nooientjie aanmekaargesit is in die Little Miss South Africa Petite-kompetisie. Foto: Verskaf

Skone (6) alte dapper Anena Burger

DIE skattige klein Nicole Small (6) het haar skoentjies in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie volgestaan. Die kompetisie het op het op 8 en 9 November plaasgevind. Sy is in die Private Skool Cum Laude op Grootdrink. Die blondekop-blouoognooi was onder 27 finaliste uit 3 800 inskrywings van oor die land heen wat aan die gesogte kompetisie in die Batterboys-konferensiesentrum in Pretoria deelgeneem het. Haar ouma Magda Small, wat haar

vergesel het, sê dit was ’n ongelooflike ervaring wat hulle nie gou sal vergeet nie. Elke deelnemer moes 27 geskenkies maak wat sy vir haar mededeelnemers uitgedeel het en so het elke deelnemer dan met 27 verskillende geskenkies huis toe gekom. Onder die geskenke was juweliersware en allerhande goedjies waarvan klein prinsessies net kan droom. Small sê dit is net te wonderlik hoe kreatief die kinders en hul ouers kan wees. Sy sê Nicole het haarself terdeë geniet en sy was verbaas hoeveel selfvertroue die kleinspan in so ’n groot kompetisie het.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

7

Tips to help capture memories through photos Lynn-Mari Olivier PHOTOS are memories captured on paper which you can share with others and you can look at when you want to relive a certain event. With the festive season approaching, taking photo’s becomes even more important. Kalahari Bulletin cornered a former resident of Kuruman who is also a professional photographer, Roné de Bruyn, also known as Desert Rain Photography, to give some pointers on how to capture the perfect moments this festive season. At the dinner table Enjoying candlelight dinners with loved ones is a

standing ritual spending the holidays together. Have you noticed how harsh photos look when using your flash? Here are a few tips: ) Use a tripod or a stable object to place your camera on. This ensures that there is less blur. ) Turn off your flash and experiment with the manual exposure. ) Try keeping the image simple, for example a face close to the flame of the candle. This will create a dramatic, warm glow. ) Using a white table cloth doubles as a “natural reflector”, creating more light, as the candles reflect onto the cloth.

At the beach Always look for a point of interest, for example the contrast of your child’s soft feet against the coarseness of small shells, or seagulls making a natural line or kids eating messy ice creams. The ideal is trying to take photos early in the morning or in the afternoon, when the beach has that warm glow. When you do shoot in harsh sunlight, switch on your flash, to burn out the harsh lines of shadows on faces. You can also place your subject in front of the sun, creating a halo of sun around them. For creative aspects, sometimes beach photos can be very dramatic in black and white.

PHOTOS capture precious memories. Photo: Desert Rain Photography


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

TANNIE LENIE COETZEE ontvang haar geskenk van Anika Thomatos. Foto’s: Lynn-Mari Olivier

OP die voorgrond is van links Anika Thomatos, Elize Boshoff (voorsitter) en Clarina Thomatos.

Kersvader in ander gedaante bedrywig Lynn-Mari Olivier DIE Dameskring se Kuruman-tak het die inwoners van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes onlangs weer bederf. Ná drie maande het die lede van die Dameskring die tehuis besoek en lekkernye oorhandig aan die bejaardes wat in daardie drie maande verjaar het. Benewens verjaardaglekkernye het lede onlangs Kerspakkies aan die inwoners

oorhandig. Klein Anika en Clarina Thomatos het Kersvader se rol oorgeneem en die Kersgeskenke aan die inwoners oorhandig. Te fraai in hul wit rokkies met rooi linte het hulle die bejaardes se harte laat vermurwe. Elma Potgieter, lid van die Dameskring, het die tuin spesiaal mooigemaak en só kon elkeen allerhande verversings, in ’n feestelike luim nuttig.

AfriForum vra bydraes AFRIFORUM op Kuruman hou vanaand ’n belangrike vergadering op die vliegveld. Dit begin om 19:00. Die krisis met

die Ga-Segonyana-munisipaliteit sal bespreek word. Belangstellendes is welkom om dit by te woon. Bring ’n eie stoel saam.


9 WW10867/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

UPINGTON 24 HOUR WOOLIES QUALITY When the new WOOLWORTHS FOODSTOP at the Engen Upington Convenience Centre opens on 5 December 2013, you’ll be able to get whatever you need, whenever you need it, from breakfast on the run or a ready-to-go lunch to something to satisfy a late-night craving. It’s all the Woolies freshness, quality and convenience you love, 24/7. That’s the difference.

Engen Upington Convenience Centre Cnr Swartmodder & Le Roux street, Upington

PAY FOR YOUR PURCHASES USING YOUR WOOLWORTHS STORE CARD OR WOOLWORTHS CREDIT CARD

WITH CREDIT

*WITHOUT CREDIT

*Terms and conditions apply. Visit www.woolworths.co.za for more details. Woolworths Financial Services (Pty) Ltd (Reg. No. 2000/009327/07) is an authorised financial services (FSP15289) and registered credit provider (NCRCP 49). WRewards is not available at Woolworths Foodstop at Engen.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Amateurfotograaf in die kol André Botha ’n KOMBINASIE van geduld en ’n raps geluk het ’n amateur-natuurlewefotograaf die geleentheid gegee om in beeld vas te lê hoe twee jagluiperds ’n springbok vastrek. Aanvanklike teleurstelling toe hy gedink het hy het so ’n geleentheid misgeloop, het spoedig in opwinding verander toe dié toneel hom skielik voor hom afgespeel het. André Marais, ’n oud-Kimberliet wat nou in Pretoria woon, het die foto’s in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem. Hy vertel hy het die park besoek juis om foto’s te neem en gehoop om interaksie tussen diere te kry. “Ek het die betrokke dag die oggend vroeg twee jagluiperds langs die pad tussen Twee Rivieren en Rooiputs gewaar en hulle ongeveer ’n uur gevolg. “Daar was talle springbokke wat suidwaarts van Nossob af verby Rooiputs in die rigting van Twee Rivieren beweeg het. “Die twee jagluiperds het ’n paar maal van die springbokke in die omgewing bekruip, maar is elke keer deur die bokke gewaar.” Die bokke het dan laat spaander voordat die jagluiperds kon toeslaan. Marais het ná ’n paar sulke vergeefse jagpogings besluit om leeus in die Rooiputs-omgewing te gaan soek. Nadat hy verskeie foto’s van twee leeumannetjies geneem het, het hy teruggekeer na waar die jagluiperds was. Tot sy teleurstelling het hy hulle gekry waar hulle aan ’n vars vangs gevreet het. “Die jagluiperds was in ’n

AFGEMETE stap dié jagluiperd in die Kgalagadi-oorgrenspark, gereed om op sy prooi toe te slaan. Hy en sy maat was aanvanklik onsuksesvol in hul jagpogings, maar het uiteindelik wel ’n springbok platgetrek. Terwyl hulle nog aan dié bok gevreet het, het een van hulle ’n springbokooi en haar lam oorkant die pad gewaar. Hy het soos blits beweeg, toegeslaan en sy tweede vangs van die dag gemaak.

DIE jagluiperd se maat is blitsig by om in die maal te deel.

DIE jagluiperd slaan só vinnig toe dat die springbok-lam geen kans het om weg te kom nie. Foto’s: André marais

DIE jagluiperds draf weg met hul prooi.

redelike digte bos en ek kon weens swak sigbaarheid nie juis foto’s neem nie. “Die volgende oomblik spring die een jagluiperd op en hardloop in volle vaart voor die voertuig verby oor die pad na waar ’n springbok-ooi en lam aan die

vangs te deel. Die ooi het weggehardloop. “Die gekerm en geskreeu van die lammetjie was ontstellend en sal my lank bybly. “Dit was gelukkig vinnig verby en ’n mens aanvaar dat dit die natuurlike proses van die diereryk

regterkant van die pad gestaan en wei het.” Marais sê dit het só vinnig gebeur dat die bokke nie kans gekry het om weg te kom nie. Die jagluiperd het die lam beetgekry. Die ander jagluiperd het ook oor die pad gehardloop om in die

se voedselketting is.” Marais sê die hele voorval het letterlik sekondes geduur. “Dit is uniek om te aanskou. As amateur-natuurlewe-fotograaf bestee ek soveel moontlik tyd in die bos, maar ek het nog nooit só iets gesien nie.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

WANNEER die onderwerp van die foto ’n derde in die raam is, lyk dit meestal beter as wat dit voor in die middel van die raam is. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Dink wiskundig by fotosamestelling Benneli Olivier Van der Walt SEDERT die dae van antieke Rome het argitekte, kunstenaars en bekende denkers probeer om vas te stel wat ’n gebou of ’n prent visueel aangenaam vir die oog maak deur dit met geometriese vorms en wiskundige beginsels te verduidelik. Die beginsels kan die ideale vorm van ’n portret bepaal en ook waar die belangrike elemente binne die raam vir die mees harmonieuse effek geplaas moet word. Hoewel dit vreemd mag klink om wiskundige beginsels by kuns toe te pas geld dit tog. Bekende kunstenaars soos Leonardo da Vinci en Salvador Dali het tot ’n mate die beginsels toegepas. Selfs die beeldproporsies wat die meeste digitale kameras gebruik, is op die klassieke samestellende grootte-verhoudings van 5:4 en 3:2 gegrond. Prentrame volg ook die grootte-samestellings. Die nuttigste van die wiskundige en geometriese beginsels is die derdes-reël. Verbeel jou jy verdeel die foto in ’n rooster van twee horisontale en twee vertikale lyne, almal ewe ver van mekaar af. Elke lyn moet een derde van die bokant, onderkant, linkerkant en regterkant weg wees. Die derdes-reël bepaal jy moet die belangrike elemente van jou foto binne die rooster plaas. Die belangrike punte van die rooster is waar die vier lyne kruis. Wanneer ’n foto van ’n voorwerp of ’n mens geneem word, plaas die fokuspunt eerder ’n derde weg van die kant van die raam as om die voorwerp in die middel van die raam te sit. Dit is ’n reël wat baie amateurfotograwe vergeet. Wanneer ’n landskap afgeneem word, plaas daardie groot boom of windpomp op een van die derdes in die rooster en maak seker die horison lê op die onderste derde van die raam. Die reël werk verbasend goed, maar soos met alle reëls moet dit nie so slaafs nagevolg word dat dit eentonig word nie. As dit herhaaldelik gebruik word, sal die foto’s ná ’n ruk

PLAAS die onderwerp in die middel van die foto vir ’n dramatiese effek. vervelig begin lyk. Hoewel die derdes-reël ’n harmonieuse samestelling aan die foto verleen, is dit partykeer nie wat jy met die foto wil oordra nie. Soms is dit goed om na ’n dramatiese foto met impak te streef. Die beste manier om ’n dramatiese effek vir ’n foto te verkry is om die derdes-reël doelbewus te oortree. Plaas die onderwerp van die foto reg in die middel van die rooster. Wanneer dit gekombineer word met ’n wyehoeklens kan dit ’n goeie in-jou-gesig-effek oplewer. Onderwerpe wat in die middel van die foto geplaas word, werk goed indien simmetrie in die foto verkry wil word. Simmetrie kan verkry word deur voorwerpe rond te skuif, die kamera se gesigspunt te verander of tegnieke te gebruik soos om spieëlbeelde op water af te neem. Volgende week word die meetkunde (lyne, vorms en patrone) van ’n goeie foto bespreek.

BALANSEER jou foto se samestelling met verskillende elemente.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE lede van die SAPD op Olifantshoek, die gemeenskapspolisiëringsforum en Business Against Crime. Hulle vat hande om misdaad in dié gemeenskap te bekamp. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Gemeenskap pak misdaad Benneli Olivier Van der Walt DIE noodsaak daarvan dat die gemeenskap die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hand in die stryd teen misdaad moet vat, is pas weer op ’n byeenkoms op Olifantshoek beklemtoon. Die SAPD op Olifantshoek, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en Business Against Crime (BAC) het verlede naweek ’n ken-mekaar-geselligheid gehou. Thabang Mienies, offisier vir openbare betrekkinge van die GPF, was die seremoniemeester en het die betrokkenes vir hul

pogings in die stryd teen misdaad bedank en hulle aangemoedig om daarin te volhard. Konst. Thandi Mda het namens die SAPD op Olifantshoek gesê dat die hulle nie alleen die stryd teen misdaad sal wen nie. “Ons het die GPF en BAC nodig, want julle lewe in die gemeenskap tussen die mense. Ons moet skouer aan skouer werk om die misdaadsyfers in Olifantshoek te laat daal.” Konst. Francois September, die GPF-koördineerder van die SAPD op Olifantshoek, het gesê dat lede van die GPF in hul gemeenskappe sigbaar is. Die GPF en die SAPD moet ten nouste saamwerk om misdaad te bekamp. Die ondervoorsitter van die BAC het al die betrokkes vir hul bydraes tot misdaadbekamping bedank. Hy het ook gesê die projek moet deur die gemeenskap gedryf word. “Die lede van die program gee werklik om vir die gemeenskap. As ons saamwerk, sal die projek ’n sukses wees.” Die voorsitter van die Olifantshoek-GPF het die lede van die gemeenskap wat bereid is om deel te wees van die stryd teen misdaad aangemoedig om daarmee vol te hou. Sertifikate en identifiseringskaarte is aan lede van die drie instansies oorhandig.

Pas op vir vuurwerk Benneli Olivier Van der Walt VUURWERK sal binnekort weer die hemelruim verlig wanneer mense in ’n jolige luim is. Oor die feestyd word baie partytjies gehou en dit gaan dikwels gepaard met die skiet van vuurwerk. Daar is egter sekere veiligheidsreëls om te verseker dat almal die feestyd en vakansie veilig sal wees wanner vuurwerk deel van ’n partytjie is. As vuurwerk nie reg gehanteer word nie, kan dit onder meer oogbeserings en brandwonde veroorsaak. Voordat ’n mens vuurwerk koop, moet eers by die plaaslike polisiekantoor seker gemaak word dit is wel wettig om dit in die woonbuurt aan te steek. Wenke vir die veilige gebruik van vuurwerk is: ) Kinders moet nooit met vuurwerk speel nie. Klappers, vuurpyle en vonkelstokkies (sparklers) kan gevaarlik wees as dit nie reg gehanteer word nie. As kinders vonkelstokkies aansteek, maak seker dit gebeur buite en hou die stokkies weg van die gesig, klere en hare. ) Moenie onwettige vuurwerk koop nie. ) Moet nooit probeer om jou eie vuurwerk te maak nie. ) Maak seker jy het ’n tuinslang of ’n emmer water naby in geval van ’n ongeluk. ) Vuurwerk is net bedoel om buite die huis aangesteek te word. ) Moet nooit ’n vuurpyl of enige ander soort vuurwerk op iemand rig nie. ) Moenie vuurwerk in jou hande of met enige ander deel van jou lyf vashou as jy

dit aan die brand steek nie. Dra verkieslik iets om jou oë te beskerm. ) Moet nooit vuurwerk op ’n huis, bos of vlambare stowwe rig nie. ) Moenie vuurwerk in glasbottels of metaalblikke skiet nie. Moet nooit ’n vuurwerk wat doodgegaan het weer probeer aansteek nie. ) Plaas alle vuurwerkoorblyfsels in ’n emmer water voordat dit in ’n asdrom gegooi word. ) Dink aan die troeteldiere in die omliggende gebied. Diere het sensitiewe ore en kan groot vir harde geluide skrik. Hou troeteldiere binne die huis tydens vuurwerkvertonings. Beserings Indien jou kind deur vuurwerk beseer word, gaan onmiddellik na ’n hospitaal of ’n dokter. Indien dit ’n oogbesering is, moet die kind liefs nie die oog vryf nie. Dit kan die skade dalk net vererger. Moenie salf of oogdruppels in die oog probeer gooi nie. Sny die onderkant van ’n papierglasie af, plaas dit vir beskerming oor die oog en gaan onmiddellik met die kind dokter of hospitaal toe. Indien iemand ’n brandwond opdoen, verwyder alle kledingstukke om die wond en druk dit onder koel (nie yskoue) water. Moenie ys op die brandwond sit nie. Kontak dadelik ’n dokter of gaan na die naaste hospitaal. Vuurwerk is pragtig om saans te bewonder, maar ’n mens sal dit baie meer geniet as jou gesin en troeteldiere veilig is. Die Kathu-polisie sal permitte vir sekere plekke vir vuurwerk op Kathu uitreik. Rig navrae aan die polisie.

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Environmental Officer (Ref. EO 115810) The incumbent will be responsible to implement specified components for the Environmental Management System, cost-effective measures and compliance with legal, and interested and affected parties requirements in order to ensure effective Environmental Management. Minimum requirements: • Matric, degree or Diploma in the field of Natural Sciences or Engineering • Registered as a Professional Natural Scientist or Engineer • A minimum of 3-5 years’ relevant experience in the mining industry • Strong computer skills • A thorough understanding of applicable legislation • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Ability to maintain quality results • Systematic approach • Commitment to Health and Safety, Environmental and Quality requirements. Responsibilities: • Enforce compliance with legislation and procedures • Set up mechanisms to monitor environment impact e.g. water, electricity and pollutants • Liaise with stakeholders e.g. Municipalities, Eskom, etc. • Conduct incident investigation • Waste management and pollutants • Soil rehabilitation • Keep impact register updated • Recommend alternative strategies to reduce environmental impact • Liaise with Department of Mineral and Resources. Key performance indicators: • Development and implementing an Environmental land and soil management plan • Compile and monitor a biodiversity plan. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 13 December 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115810

DIE skoolhoof, Hammies van Niekerk, en sy vrou, Lollie.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Skool bedank borge op ete Benneli Olivier Van der Walt DIE Laerskool Kathu het verlede week ’n bedankingsete gehou vir die borge wat die skool in 2013 ondersteun het. Hammies van Niekerk, die skoolhoof, het gesê al die borge is deel van die skool se wenkultuur. Hy het ’n algemene oorsig oor die borge se bydrae tot die skool se sukses gegee. Hy het op die geleentheid die skool se prestasies oor die jaar heen opgenoem. Die skool lewer in atletiek jaarliks verskeie atlete van topgehalte op. In rugby het die skool verskeie spanne in die Van Druten-liga gehad. Die skool se rugbyspanne het onderskeidelik een goue en vyf silwermedaljes gewen. Die netbalspanne het twee goue medaljes in die liga gewen. Die o.12-netbalspan is die tiende beste span in Suid-Afrika. Die leerlinge wat aan die Sishen-gholfklub behoort, is deel van die nommereen-span in die Noord-Kaap en Vrystaat. Landloop vir die John Taolo Gaetsewe-

distrik is by die laerskool aangebied. Die skool se eerste tennisspan is die derde beste span in die Noord-Kaap en het ses Griekwaland-Wesse verteenwoordigers opgelewer. In krieket het die skool se o.11A-span en o.13B-span albei die streek se halfeindronde gehaal. Die sokkerspan het ’n bronsmedalje in die Postnet Soccer Challenge verwerf. Die skool het ’n kultuurprogram van die boonste rakke. Die skool het onderskeidelik 18 A- en A++-sertifikate op die Vrystaatse Kunstefees en 20 A- en A++-sertifikate op die Noord-Kaapse Kunstefees ontvang. Die dramadepartement het die jaar ’n suksesvolle produksie, Ons is opstêrs!, op die planke gebring. Akademie is ’n kernpunt by die skool wat met ’n 95%-slaagsyfer spog. Volgens Neurolink is die Laerskool Kathu die mees volhoubare skool in Suid-Afrika. Die skool het vanjaar verskeie nuwe geboue laat aanbou, onder meer ’n nuwe klubhuis, ablusiegeriewe en kleedkamers.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Is kinders siek of dalk net stout? Yolandi van Deventer

’n GEVAL van aandagafleibaarheidsindroom (ADD) is enige ouer se nagmerrie en enige kind se stryd. Dit is die toestand van die tyd wat kop uitsteek wanneer dit die minste verwag word. Sowat 50 jaar gelede was kinders sommer net stout en net ‘kind’ – vandag word hulle met ADD gediagnoseer. ADD moet meestal met skedulemedisyne behandel word. Dit verwys na ’n toestand waar die pasiënt nie hul aandag en konsentrasie na wens aan ’n saak kan wy nie en die volgende simptome kom voor: ) Die onvermoë om aandag aan detail te gee en die maak van onnodige foute in skoolwerk. ) Moeilik om op werk of speletjies te fokus. ) Gedrag waarin die pasiënt nie luister wanneer met hom of haar gepraat word nie en die kind geneig is om te dagdroom. ) Onvermoë om bevele uit te voer

’n KRIEKETDAG word deur Business-6-A-Side vir Saterdag 7 Desember beplan. Die dag begin om 08:00 en dit word by die Kathu-krieketklub

of om take af te handel. ) Vermy take wat langtermynmoeite en -organisering behels soos skooltake. ) Verloor gereeld artikels soos klere en skryfbehoeftes. ) Aandag word maklik afgelei. ) Vergeetagtigheid. ) Stel gewoonlik uit om met aktiwiteite te begin. Dit word beweer een uit elke vier kinders word met ADD gediagnoseer en dat dit grootliks geneties oorgedra word. Dus het ten minste een ouer dieselfde simptome ervaar. ADD-navorsing fokus op die voorkoms van dié toestand in die volwassenes. ’n Diagnose vir ADD moet slegs deur ’n mediese kenner met ervaring op die gebied gemaak word, omdat baie psigiatriese toestande met dieselfde simptome as ADD bestaan. ’n Deeglike ondersoek en evaluering van verslae deur ouers en onderwysers word deur die dokter bestudeer en daarvolgens word die

gehou. Inskrywings kos R1 000 per span (maksimum agt spelers per span). Die koste sluit in ’n braaipak met ’n kas bier of koeldranke vir elke span. Elke maatskappy kan ook voorsiening maak om sy sakeonderneming met vlaggies, advertensiegeskenke en/of gazebo’s te adverteer.

Skakel dié nommers in nood MEDICLINIC Kathu: 053-723-3231 Kathu se SAPD: 053-723-3111 SAPD-noodnommer: 10111 Kathu-speurdiens: 053-723-1153 Seksuele-misdryfeenheid:

079-697-9494 SAPS Crime Stop: 08600-10111 Vrouemishandeling-hulplyn: 080-015-0150 Vigs-hulplyn: 080-001-2322

diagnose gemaak en medisyne voorgeskryf. Voordat medisyne oorweeg word, moet ouers eers alle moontlike ander oorsake oorweeg soos gehoorverlies (die kind kan nie hoor wat van hom verwag word nie), kos-allergieë en die kind se sig (dus kan hy of sy nie op die bord sien wat van hom of haar verwag word nie). Natuurlike aanvullings soos omega-vetsure kan toegedien word om konsentrasie te verbeter. In die belang van die kind moet ’n etiket dat hy of sy ’n stout kind is, nooit om sy of haar nek gehang word nie. Dit kraak hul selfbeeld af en kan in die toekoms nadelig wees. Onderwysers se ondersteuning is van groot belang in die hantering van ’n kind met ADD. Die ouers moet ’n streng roetine en reëls handhaaf en moet die kind in ’n liefdevolle omgee-omgewing grootmaak. Stout kinders moet ook nie “gerieflikheidshalwe” met ADD gediagnoseer word nie. Dit moet op ’n spesialiteitsvlak gehanteer word. ) Gesondheidswenke verskaf deur die Mediclinic Kathu.

Daar sal opslaanswembaddens vir kinders en spelers wees. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en verversings sal vir die jongspan te koop wees. Pryse word vir die wenspan gegee, asook vir die beste kleredrag. Vir meer inligting bel Johan Fourie by 082-903-7349 of Gavin Fincham by 078-112-1125.

55

90 per kg

18

25

R Lean Beef Mince

R

each

each

Clover Full Cream Or Low Fat Fresh Milk 2l

Prices valid from 27 November - 1 December 2013

BUNDLE

DEAL

60

R

Potatoes 7kg And Onions Pocket 7kg

29

R

4790 per kg

56

Kameelhout Boerewors

90 per kg

12

50

Beef Texan Steak

each

each

Coke, Tab, Coke Zero or Coke Light 2l

30

R

each

Chocolate Or Vanilla Cake

790

per pack

Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s

Watermelon

Prices apply to Game Kathu Village and Upington store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Wet sê oor kinders se regte Benneli Olivier Van der Walt

LEDE van die Kathu-polisie het verlede week ’n inligtingsessie oor misdaad op die Kathu-plaas gehou. Op die geleentheid is van links sers. Gail Haai, Masego Segeri, konst. Welma Williams en Irene Nasi. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Kathu-polisie lig gemeenskap in oor geweld Benneli Olivier Van der Walt DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Kathu het verlede week in samewerking met sy gesins-, kinder- en seksuele-misdaadeenheid ’n inligtingsessie vir die gemeenskap van die Kathu-

plaas aangebied. Konst. Welma Williams, hoof van die sosiale misdaadvoorkomingseenheid op Kathu, tesame met Masego Segeri en Irene Nasi van die Kathu-gemeenskapspolisiëringsforum, het die gemeenskap ingelig en aan mense pam-

flette oor die voorkoming van gesinsgeweld en dwelm- en drankmisbruik gegee. Sers. Gail Haai van die eenheid het inligting oor verkragting verskaf en ook verduidelik hoe om ’n klag by die polisie in te dien.

Pasop vir vreemdes, sê polisie Benneli Olivier Van der Walt DIE Kathu-polisie se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming (GKS) gee 10 reëls vir kinders om hulle teen vreemdelinge te help beskerm: ) Moenie met vreemdelinge praat nie. Maak by volwassenes wat jy vertrou, seker oor situasies . ) Skreeu as jy moet en gaan vertel vir iemand as ’n vreemdeling jou nader.

) Dit is veiliger om in groepe te beweeg. ) Jy hoef nie aan vreemdelinge enige inligting of padaanwysings te gee nie – loop eerder net weg. ) Moet nooit in ’n vreemdeling se voertuig klim nie. ) Leer jou huis se adres en telefoonnommer uit jou kop. ) Bly naby jou ouers wanneer jy in ’n inkopiesentrum of op straat loop. ) Moenie bang wees om nee te sê as jy

ongemaklik voel nie. ) Moenie paniekerig raak nie. )Speel slegs in veilige gebiede in jou woonbuurt. Ouers moet verseker die openbare parke en swembaddens is skoon en kindervriendelik. Kinders moet nooit in die straat speel nie, want hulle kan raakgery word. ’n Volwassene moet altyd toesig hou wanneer kinders in ’n openbare gebied speel.

KINDERS van alle ouderdomme het volgens Suid-Afrika se landswette sekere regte. Die Kathu-polisie se eenheid vir gesins-, kinder- en seksuele geweld het dié inligting oor kinders se regte verskaf: 1. Kinders het die reg om skool toe te gaan. Bevorder ’n rustige leeromgewing. Moenie in ’n bakleiery, diefstal, alkohol- of dwelmmisbruik betrokke raak nie. 2. Kinders het die reg om nie op ’n wrede of vernederende manier gestraf of behandel te word nie. Moenie mishandeling ’n geheim hou nie. Vertel dit aan jou versorger, ouers, onderwyser of die polisie. 3. Kinders het die reg om nie langer as 24 uur in ’n polisiesel aangehou te word as hulle jonger as 14 jaar oud is nie. Kinders tussen 14 en 18 jaar oud mag nie saam met mense ouer as 18 jaar aangehou word nie. Moenie misdaad pleeg of volwassenes toelaat om jou te dwing om misdade te pleeg nie. Moenie gesteelde of nagemaakte goedere koop nie. 4. Kinders het die reg om teen ontvoering beskerm te word. Hulle het die reg om nie verkoop te word nie. 5. Kinders het die reg om nie met gevaarlike chemikalieë of masjiene te werk nie en om nie werk te doen waar hulle swaar vragte moet ronddra nie. Hulle het ook die reg om nie in ’n kroeg of ’n smokkelkroeg te werk nie. Meld kinderarbeid by jou versorger, ouers, skoolhoof of die polisie aan. 6.Kinders het die reg om met respek en waardigheid behandel te word. As ’n misdaad aangemeld word, sal die polisie ’n verklaring afneem en inligting oor ondersteuningsdienste verskaf. Dié regte is ingestel om kinders te beskerm, maar veiligheid begin by die huis. Dit is elke ouer of versorger se plig om kinders hul regte te leer en hulle veilig te hou.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE Gamagara-biblioteek maak lees pret.

Vakansie feestyd vir boekwurms Benneli Olivier Van der Walt DIE Gamagara-biblioteek bied die vakansie ’n gulde geleentheid vir die gemeenskap om aan die lees te raak. Die biblioteek is op die Gamagara-munisipalitiet se terrein geleë. Dit is op weekdae van 10:00 tot 17:30 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00 oop. In die vakansie is daar elke Woensdag ’n leessessie vir laerskoolleerlinge. Die leessessie vind in Afrikaans, Engels en Tswana plaas. Dit is gratis om by die biblioteek aan te sluit. Bring slegs ’n ID en bewys van adres saam. ’n Klein bedrag word wel gehef vir boeke wat laat terugbesorg word. Die biblioteek moedig volwassenes aan om ’n leserskring op Kathu te vorm. Op 7 Desember bied die Noord-Kaap se departement van sport, kuns en kultuur ’n Hardloop vir lees-pretloop aan. Deelnemers kan hulle vir die pretloop of die fietsry-, skaatsplank-, rolstoel- of drafnommers inskryf. Om jou in te skryf moet jy ’n boek skenk. Die boeke sal aan gr. R-klasse in die Gamagara-streek geskenk word. Rig algemene navrae en navrae oor inskryfvorms aan Miriam Damas van die Gamagara-biblioteek by 053-723-2261 of 084-477-2156.

15

Festive savings

from South Africa’s favourite supermarket.* UPERMARKET* S E IT R U O V A F ’s ’ A S FROM

BUY BOTH FOR

58

35

R

R

Nestle Ricoffy In Tin 750g

Olive Pride Extra Virgin Olive Oil & Seed 1 Litre and Green Olive Pitted 180g

Spaar só elektrisiteit en ook geld

29

90

Kellogg’s Corn Flakes 750g

FREE

Benneli Olivier Van der Walt KATHU en die omliggende gebiede is net soos die res van Suid-Afrika genoop om krag te spaar. Dit is weens die druk op die land se elektrisiteitsverskaffing en die hoë koste van elektrisiteit vir verbruikers. Die elektrisiteitstariewe en probleme het ’n invloed op alle verbruikers se geldsake. Dit is maar net twee goeie redes om krag te spaar. Hier volg tien wenke om jou huisgesin se elektrisiteitsrekening te verlaag (en sodoende ook elke gesinslid se koolstofvoetspoor te verklein): 1. Stel die temperatuur van die geyser na ongeveer 55 °C. Dan hoef jy nie soveel koue water by te voeg wanneer jy skottelgoed was of stort nie. 2. Onthou om die deksel op die pot te hou wanneer jy kook. Dit behou die hitte en spaar energie. Die grootte van die pot moet dieselfde wees as dié van die stoofplaat. Dit kan tot 25% elektrisiteit bespaar terwyl jy kook. 3. Hou vensters en deure toe wanneer die lugversorgingstelsel aan is. Sodoende word die huis koel gehou en energie gespaar. 4. Maak die yskasdeur behoorlik toe wanneer jy iets uit die yskas haal. Maak ook seker die yskasdeur seël ordentlik. 5. Week stampmielies, bootjies en ander droë kosse oornag. Dit sal tyd, geld en energie spaar, want jy sal nie so lank daaraan hoef te kook nie. 6. Probeer om net die hoeveelheid water wat jy nodig het in die ketel te kook. 7. Skakel ligte, waaiers, rekenaars en alle energieverbruikende toestelle af wanneer jy die vertrek verlaat. 8. Ventileer jou huis daagliks. Onthou om jou lugversorgingstelsel af te skakel wanneer jy die huis ventileer. 9. Skakel alle toestelle af voordat jy gaan slaap en moet dit nie op bystand laat nie. 10. Gebruik energiebesparende gloeilampe. Dié soort gloeilampe spaar elektrisiteit en hou langer as gewone gloeilampe. Onthou, wanneer jy elektrisiteit spaar, spaar jy ook geld.

BUY ANY 3 GET 1 FREE

7

R

Each

Mccain Frozen Vegetables Assorted 250g

35

R

Sunlight Dishwashing Liquid (Excludes Anti Bacterial) Assorted 750ml

Most Trusted Retailer 2012

Most Reputable Retailer 2013

Each

Sir Juice Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre

3kg for the price of 2kg

Buy Any 2

BUY ANY 2 FOR

21

R

50

R

Skip Intelligent Washing Powder 3kg

69

R

PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s

Best Customer Loyalty Programme 2013*

PRICES VALID 26 NOVEMBER - 1 DECEMBER 2013 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

MMGTPS0118_198x390_E

1181839B


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE ingang na die Mimosahof-tehuis vir bejaardes op Kuruman.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Tehuis veilige opsie Lynn-Mari Olivier

OP jou oudag is behuising en goeie versorging die minste waaroor jy jou wil bekommer. Ronél du Plessis, bestuurder by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes, verduidelik waarom behuising op jou oudag so belangrik is en wat jy kan verwag. Wanneer is dit die regte tyd om só ’n groot besluit te neem? Wanneer jy nie meer vir ’n groot huis en die eensaamheid wat daarmee saam gaan, kans sien nie, sal ’n skuif na die tehuis ’n goeie besluit wees. As jy agterkom dat jy ’n behoefte aan ’n kleiner woning het en jou tuin se instandhouding jou verlam, alvorens jou kragte begin afneem, moet jy die besluit neem. Watter dienste kan ’n voornemende inwoner van dié tehuis verwag? Die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bied ’n magdom dienste aan voornemende inwoners. Bejaardes word geteister deur baie vrese en alledaagse bekommernisse. In ’n versorgingseenheid word baie van die vrese in die kiem gesmoor en kan bejaardes gerus voel en uitsien na gerieflike kamers.

Die inwoners neem weekliks deel aan formele aktiwiteite, om die eensaamheid te verdryf, verveling hok te slaan en bejaardes van hulpeloosheid te laat vergeet. Dit word gedoen deur die aanbieding van interessante projekte en programme. Die bestuur van Mimosahof glo in die Eden- alternatiewe manier van versorging. Die manier van versorging beweeg weg van die konsep dat ’n tehuis ’n tronk of hospitaal is. ’n Tehuis moet jou huis, weg van die huis af wees. Inwoners moet gereelde kontak met hul kinders en troeteldiere hê. Die bestuur wil hê dat die inwoners moet glo dat hulle oor die potensiaal beskik om nog baie take vir hulleself te verrig. Hulle streef daarna dat ouer persone se funksionaliteit verbeter en dat hulle toegelaat sal word om so ver moontlik, dinge vir hulleself te mag doen. Hier is alles wat bejaardes nodig het. ) Die ouetehuis het ook ’n kamera-stelsel wat die bejaardes se veiligheid verseker en die verswakte afdeling beskik oor twee geregistreerde verpleegsters om na die bejaardes om te sien. ’n Dokter besoek ook die tehuis twee maal per week.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

17

LEERLINGE van die Hoërskool Duineveld is op die skool se jaarlikse prysuitdelings met eerbewyse vir uitsonderlike prestasies vereer. Anmari Hugo het eerbewyse vir sportvrou van die jaar, Noord-Kaap-o.18-netbalspan, erekleure vir netbal, senior netbalspeler van die jaar, senior netbalpersoonlikheid van die jaar en Siyanda-atletiekspan ontvang. Sy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsydige meisiesatleet en beste prestasie in middelafstande vir ’n meisiesatleet ontvang.JayD van Zyl het eerbewyse ontvang vir sportman van die jaar en die GriekwalandWes-o.17-krieketspan. Hy het ook erekleure vir krieket, uitstaande krieketspeler van die jaar en seunsenkelspel- en dubbelspel- senior tenniskampioen ontvang. Foto: Rudy van Tonder

FRANCOIS SLABBER het eerbewyse vir die Noord-Kaap-o.18-skaakspan, halferekleure en skaakspeler van die jaar ontvang.

GIDEON COETZEE het eerbewyse ontvang vir sy deelname in die Siyanda-atletiekspan. Hy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsydige senior seunsatleet en die senior victor ludorum ontvang.

JUNIOR BURGER het op die Hoërskool Duineveld se prysuitdeling eerbewyse vir sy verkiesing tot die Griekwaland-Wes-Platteland-o.18rugbyspan, Griekwaland-o.18-sewesrugbyspan 2012 en erekleure vir rugby, senior rugbyspeler van die jaar en beste senior voorspeler ontvang.

RIAAN BADENHORST het eerbewyse vir Noord-Kaap-o.16-hokkie, beste junior seunshokkiespeler, erekleure vir hokkie en beste junior krieketspeler van die jaar ontvang.

ANE DIPPENAAR het eerbewyse vir die Noord-Kaap-tennisspan, halferekleure vir tennis en meisiesenkelspel- en -dubbelspel- senior tenniskampioen ontvang.

KEVIN VAN WYK het ’n eerbewys vir die beste senior seunshokkiespeler ontvang.

SABC 1

SABC 2

SABC 3


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dankie vir hulp MICHAEL BRINK, Wrenchville: EK wil dr. Bailey, dr. Gorrah en die personeel van die Kuruman-hospitaal bedank vir hul uitstekende diens en spesiale opofferings wat hulle gemaak het. Hulle het ’n kind wat gebrand het uit ons hande geneem en deurnag aan die kind gewerk en nie eens huis toe gegaan nie. Die personeel, suster Joubert

en die teater-personeel – baie dankie vir al jul rondhardloop en hulp. Die span van die mediese noodvliegtuig en hul dokter – baie dankie vir julle om die kind na Kimberley oor te plaas. ) Die kind is ongelukkig Dinsdag oggend oorlede. Kalahari Bulletin dra sy medelye aan die familie en vriende oor - Red.

Waar is die dae? BEKOMMERDE OUER, Kuruman: ONDERWYSERS is nie meer opvoeders nie. Waar is die dae toe onderwysers nog opvoeders was – toe kinders nog respek vir onderwysers wat dit verdien, gehad het? Waar is die dae toe Godvresende onderwysers ’n voorbeeld vir jong kinders kon wees? Vandag is my kind se

onderwyser ’n jong meisie van 24 wat glo ’n openlike verhouding met die skool se berader van 44 jaar het – ’n getroude berader. Ag nee wat, ek vra alle onderwysers om weer ’n voorbeeld te stel sodat ons kinders weer respek vir hul onderwysers kan hê. Mag mý kind nooit berading op skool benodig nie.

FROM the left are Floyd Turner (principal of Kuruman Primary), Linda Mc Loughlin (chairperson of the school’s board), Louis Venter (Kuruman Spar manager), Shirley Mabele (winner of the Trolley Dash competition) and Marinel Meyer (a teacher of Kuruman Primary). Photo: Supplied

Pick your groceries in a minute Ilse Watson RECENTLY the Kuruman Primary School, in co-operation with Spar Kuruman, launched a fund-raising event called Trolley Dash. Pupils

had to sell raffle tickets and one lucky winner could fill up his/her trolley within a minute’s time. The total value of the prize sponsored by Spar was R800. Shirley Mabele was the proud

winner - she managed to load groceries in her trolley to the value of R805,95. The school raised a huge amount of money and is very grateful to Spar for their generous sponsorship.

Kuruman-tuine wys hul kleure Ilse Watson OP Kuruman word elke jaar ’n opwindende kompetisie vir tuine gehou. Inwoners van die dorp kan dan in verskeie kategorieë deelneem. Vanjaar is die mooiste kleintuin-kategorie deur Beatrice Barnard vir die Heuwelsig-aftreeoord gewen.

Wilhelm en Ansie Kruger se pragtige tuin by Ixiastraat 17 het die kompetisie vir beste kleintuin gewen. Die pragtige, groot tuin van Karin Beukes by Kromstraat 5 is die wenner van die kompetisie vir groot tuine. Kurumaniete word aangemoedig om almal volgende jaar aan die kompetisie deel te neem.

’n MOOI hoekie van die wenner van die klein tuine-kompetisie – hierdie tuin behoort aan Wilhelm en Ansie Kruger. Foto’s: Ilse Watson

DIE pragtige tuin van Karin Beukes in Kromstraat 5.

IN die klein tuin van Beatrice Barnard is daar ’n lafenis vir voëltjies en ’n vrolike padda om alle besoekers geselskap te hou.

EEN hoekie van die klein tuin van Beatrice Barnard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

19

ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

The Rainman: Bennie. Besproeiing vir huise en besighede, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.

TE KOOP MERCEDES C180: 1997. Fullhouse, R29 500. 1997 Mercedes C230, fullhouse, R29 500. 072 472 8686.

SAKE

TROETELDIERE

PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.

1660

OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.

TE KOOP 2405

BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.

YORKIES TE KOOP: Klein tipe. Skakel 082 819 0767.

VAKANSIE & REIS

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal geleë. 021 887 1583.

1845

SKOONMAAKDIENSTE VOLWASSENES

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

VOERTUIE

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

ALLERLEI

PEUGEOT 1107, 2006, 1.6, Triptronic, lady owner, fullhouse, R59 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

3075

2635

ELEKTRIES

3201

MOTORS, BAKKIES, lorries en karavane gesoek vir kontant. R20 000 tot R40 000. Skakel 071 967 0285 / WhatsApp.

AKKOMMODASIE

1805

TE KOOP

2011 CRUISER-KAPPIE, baie goeie toestand: R7 500. Skakel 079 563 9103 bedags en 072 877 7285 saans.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

GROOT 1-SLAAPKAMER-woonstel te huur. R5 000 per maand, water ingesluit. Koopkrag. Skakel 083 458 7305.

The future is diverse. The future is yours.

TE HUUR 3205

Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

3010

ISUZU KB 250D: 1994. Tralies. R34 500. 1999 Nissan 1400, ekstras: R29 500. 072 472 8686.

PRIVAAT 2015

WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens. Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.

RANGER 2.5D, 2001, canopy, R45 000. Colt 2.5D, 1996, R37 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TOYOTA WTi 2.0, 2005: R110 000. 2001 Isuzu KB 250D, d/c, extras: R59 500. Phone: 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP

HUISE TE KOOP 3275

HUIS TE KOOP: 4 slk, 2 badk, dubbel motorhuis, dubbelerf. Skakel 082 321 8142 of 084 484 4738.

BETREKKINGS

3025

CONQUEST 160i: 1995. R27 500. 1997 Camry 200i, R32 500. 1995 Corolla 1.6, R27 500. Phone 072 472 8686.

3600

BOUBEDRYF

CORSA 1.4, MAGS, lady owner, air-con, power-steering, R32 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

LANDBOU

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.

CRESSIDA 2.4: 1992. R28 500. 2001 Corolla 1.6. R45 500. 2001 Tazz 1.6i, R35 500. Phone 072 472 8686.

3635

GESOEK: ENIGE BOUWERK, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, dit is vir ons belangrik. Skakel John 082 968 8376 alle ure.

GOLF 1.3: 1996. Goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. MAZDA STING 1.6, R22 500. 1996 Sentra, R22 500. 1999 Uno 1.4, R21 500. Phone 072 472 8686.

BETREKKINGS GESOEK 3670

Application needed for data, copy/paste work in 2014. For info SMS name/address to 074 927 5124 or e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMEEN 3680

APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

H&H Coordinator (Ventilation) Ref: 763920

At Hotazel Manganese Mines, our HSE focus has shifted to simpler, better and faster. Therefore we seek a proactive and energetic individual whose main role will be to develop, implement and verify Health and Hygiene processes that will enable the core processes to operate risk-free and with zero harm. Your scope of work will range from conducting workplace inspections to identifying root causes within business processes and developing systemic solutions to eliminate reoccurrence. Although your key area of expertise will be in mining/engineering Health and Hygiene you will also be required to demonstrate competency in Safety and/or Environmental practices. You will also ensure conformance to HSE and other applicable legislation, OHSAS 18001 and ISO 14001 standards by implementing the required HSE systems at all levels through risk assessment exercises, performance verification audits and conducting management reviews. To apply, you will need 5 years’ underground mining experience, a Practical Certificate in Mine Environmental Control, Intermediate Certificate in Mine Environmental Control and a qualification in Radiation Protection. A certificate in Mine Environmental Control or studies towards this will be an advantage. You must be computer literate (with a strong systems background and intermediate skill in MS Office), plus expert knowledge and understanding of safety management systems and HSEC-related legislation. Sound leadership and interpersonal skills are important. You must also be medically fit to work underground or in an opencast mining environment and have a Code EB driver’s licence (Code 08).

Supervisor Production: Ore Preparation Plant (OPP) and Loadout Mamatwan Mine

Ref: 763868

JA DE KLERK LOGO In die boedel van wyle Jan Antonie de Klerk, getroud buite gemeenskap van goedere en wat woonagtig was te Cillierslaan, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 002870/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 29 NOVEMBER 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

We will depend on you to supervise the safe and efficient execution of processing activities at the ore preparation plant and Loadout Station. Functions will include the daily monitoring of targets, problem-solving support and subordinate supervision (ensuring the optimisation of the plant). You will also be tasked with water management (ie overseeing the pumping of water) and planning functions, and must ensure complete product quality control. We will call on you to oversee the crushing and screening operation in the metallurgical plant, maintain housekeeping standards and keep vibrating screen decks in top shape. Project management will be a further focus. With a Grade 12, 3-5 years’ experience in a supervisory position in a processing plant and SAP HR and PM knowledge, you could be our ideal candidate. An Ore Preparation Certificate and Ore Preparation Plant (OPP) experience will be advantageous. You must be in possession of a driver’s licence and be medically fit. Add a results focus, sound interpersonal skills and quality orientation and you could be joining us soon. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 6 December 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 104728


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013 BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

JC van Rooyen LOGO In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen, getroud binne gemeenskap van goed met Maria Susanna van Rooyen en wat woonagtig was te Springbokstraat 2, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 816/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemoende boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 29 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

G E K L A S S I F I S E E R D

VEILINGS

OPENBARE VEILINGS 4401

J.N. MARKETING Afslaers/Veilings: Ons koop en verkoop. Skakel Japie (Elvis): 073 140 0108.

K E N N I S G E W I N G S B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

SASHA sê: “Ek laaik jou niks.” Maar klein Cleo sê: “Ag, man, kom ons speel.”

Foto: Elmarie Hoft

Net ’n ergernis . . . Anena Burger ELMARIE HOFT het op uitnodiging van die Kalahari Bulletin aan lesers om met ander lesers oor hul geliefde troeteldiere se maniere en grille te gesels vir ons die

volgende skattige foto gestuur. Hoft sê daar is ’n nuwe wollerige familielid met stekelrige naeltjies in die gesin. Sasha, die poedel, dink egter dié klein speldekussing is net ’n ergernis.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

23

Laat waai met beter gholfswaai Maurice Prinsloo MAURICE PRINSLOO, die afrigter van die junior gholfspan van die Sishen-gholfklub, gee dié week wenke oor hoe om jou gholfspel te verbeter. Hier word die bolyf-posisie aan die bokant van die gholfswaai bespreek. Die verkeerde ruggraatposisie is een van die mees algemene foute in amateurgholf. Die gevolg van dié oortreding is frustrasie en gebreekte stokke. Die verkeerde posisie verhoed die speler om sy of haar gewig deur die swaai van die gholfstok te verplaas. Die verkeerde ruggraatposisie verhoed ook die swaaipad van die gholfstok van buite na binne. Dit veroorsaak ’n fade (’n balbeweging van links na regs deur die lug) of ’n trekhou na links. ’n Goeie oefening om die probleem op te los is om in die gholfpostuur voor ’n spieël te staan. Druk die gholfstok teen jou bors, parallel met jou skouers met jou hande wat oorkruis. Maak dan ’n normale swaairotasie en maak seker dat jou ruggraatposisie agter die bal inbeweeg eerder as vorentoe. Herhaal hierdie beweging as ’n oefening om jou lyf die regte beweging aan te leer totdat dit spontaan in jou swaai neerslag vind. Vir private gholflesse bel Maurice Prinsloo by 076-766-2133 of stuur ’n e-pos na maurice.prinsloo@gmail.com.

DIE korrekte ruggraatposisie.

Foto’s: Maryke Prinsloo

DIE senior personeellede van die Hoërskool Kathu het hulle verlede Saterdag in Kathu se Spur-restaurant kelner gehou. Dié flukse onderwysers het vir die skool geld ingesamel. Van links is, voor: Riana Rautenbach, Linda Burger en Adri Scholtz; agter: Marina Reyneke, Albie Louw, Jaco Haasbroek, James Garisch, Terina Botha, Meiring Botha en Wilma Kasselman. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Kleuters nou reg vir die groot skool Benneli Olivier Van der Walt DIE Preprimêre Skool Pikkie Pret het verlede week sy jaarlikse prysuitdeling- en Kerssangaand gehou. Die saal was stampvol trotse ouers, oumas en oupas wat kom kyk het hoe die leerlinge hul sertifikate ontvang. Lizel Steyn, die hoof van die skool, het almal op die geleentheid verwelkom. Sy het die ouers, personeel en die kinders vir hul

harde werk en ondersteuning oor die jaar heen bedank. Sy het gesê dit is nie altyd maklik om aan almal se verwagtinge te voldoen nie, maar die personeellede van die skool het hulle goed van hul taak gekwyt. Die leerlinge van die Hanswors-, Vissie-, Blommetjie-, Gogga-, Hasie- en Beertjieklas het almal sertifikate ontvang. Die aand is met Kerssang deur die leerlinge afgesluit.

DIE leerlinge van Lorindi Roux se Blommetjieklas het almal sertifikate ontvang en is gereed vir die groot skool. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

DIE verkeerde ruggraatposisie.

HIERDIE oefening sal jou gholfpostuur en -swaai verbeter.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Kathu speel klaar met Progress Gavin Fincham DIE Kathu-krieketklub het onlangs op Kathu teen die Progress-krieketklub gespeel. Die loot is deur Damien Jospeh (Kathu se kaptein) gewen wat sy span eerste laat kolf het. Die Kathu-krietketklub het die Progressklub behoorlik ore aangesit. Die ondervinding van die meer ervare Kathu-span het ’n rekord vir Kalahari-distrikkrieket verseker. Kathu het die rekord met 400 lopies vir 4 ná 45 boulbeurte opgestel. Die span spog met twee 100-talle en een 50-tal. Handre Cornelissen het 124 lopies (nie uit nie), Johan Fourie 114 lopies en Malcom Erasmus 74 lopies geslaan. Die Progress-krieketklub het 94 lopies behaal en is almal ná 17 boulbeurte uit. Kathu se sterboulers in die wedstryd is Handre Cornelissen met vyf paaltjies ná vier boulbeurte vir 25 lopies en Damien Joseph met drie paaltjies ná sewe boulbeurte vir 29 lopies. Die speler van die wedstryd is Handre Cornelissen met 124 lopies en vyf paaltjies. Assmang Khumani Iron Ore het Kathu se nuwe klere geborg.

SPELERS van die Kathu-krieketklub is van links, voor: Hendrik Jacobs (Noppies), Handre Cornelissen, Damien Joseph (Boxie), Gavin Fincham en Elmar Mostert; agter:Tim Russel, Hilton Duimpies, Jim van Deventer, Malcom Erasmus, Bradley de Wee, John Longland en Marnus van der Walt. Foto’s: Verskaf DIE topspelers van die wedstryd is van links Handre Cornelissen wat 124 lopies gekry en vyf paaltjies geneem het, Johan Fourie wat 114 lopies gekry het en Malcom Erasmus wat 74 lopies aangeteken het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.