Kathu Bulletin 20131204

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

5 DESEMBER 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Die eksamen is verby! DIE matrieks van die Hoërskool Kathu het verlede week hul eindeksamen voltooi. Die leerlinge sien baie uit na die vakan­ sie en die nuwe uitda­ gings vir 2014. Van links is, voor: Kobus Oosthuizen, Moyra Maruping, Tshidi Ko­ to, Andrea Coetzee, Moria Vuka en Wes­ ley Nieuwoudt; agter: Nondumiso Nkambu­ le, Tshego Gasemo­ kwena, Isago Morog­ ong, Vladimir Mak­ gosi en Obakeng Mosime. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Vakmanne nóú nodig Benneli Olivier Van der Walt

DIE adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, Mduduzi Manana, het verlede week leerlinge en studente aan die Hoërskool Kathu en die Noord-Kaapse Landelike VOO-kollege (Kathu-kampus) toegespreek oor die bekendstelling van die Jaar van die Vakman 2013-program. Percy Sago, hoof van die kollege, het gesê: “As

jy ’n vakmanskap-kwalifikasie aan ’n VOO-kollege verwerf, sal jy werk kry.” Manana het gesê die profiel en status van die vakman moet verbeter word. Dit moet ’n inspirerende loopbaan vir jong mense van Suid-Afrika wees. Loopbaankeuses vir vakmanne is legio. Dit sluit sjefs, motorwerktuigkundiges, elektrisiëns en loodgieters in. Die regering het ’n nasionale program vir vakmanskap-ontwikkeling ontwikkel – die sewe stappe om ’n gekwalifiseerde vakman te word. Die eerste stap is om loopbaanberading en -bestuur te kry. Die tweede stap is om die regte teoretiese vakke vir vakmanskap te kies. Die derde stap (wat ook die moeilikste een is) is om ’n werkgewer te kry wat deur die departement van hoër onderwys en opleiding goedgekeur is en om dan daar ’n vakleerling te word. Die vierde en vyfde stappe is die praktiese opleiding van die vakleerling in sy of haar spesifieke vakmanskapgebied. Die laaste twee stappe sluit in die vaktoets, gehalteversekering en sertifikasie. Manana het ook amptelik die Dekade van die Vakman-program aangekondig wat van 2014 tot 2024 in werking sal wees. Die spoggeleentheid het lede van verskillende

sektorale onderwys- en opleidingsowerhede (Setas) bymekaargebring. Mmaabo Moloi van die kultuur, kuns, toerisme, gasvryheid en sport onderrig en opleidingsowerheid (Cathseta) het hul ondersteuning van die vakmanskap-projek beloof. Cathseta lei onder meer professionele sjefs op. Die instansie is ook by toerisme, sport en kuns en kultuur betrokke. Elsie Harmse van die African Skills Village National Skills Fund Project plaas studente wat hul vakmanskapkursusse voltooi het by werkgewers sodat hulle praktiese ervaring kan opdoen. Sy het gesê die opleiding wat ’n student ontvang, moet goeie gehalte-onderrig wees. “Die vakman is deel van die werksmag van die land,” het sy gesê. African Skills het al 200 vakmanskapstudente by werkgewers in die streek geplaas. Jerry Madiba van AgriSETA (die instansie fokus op die opleiding van meganiese vakmanne) het gesê die hedendaagse kurrikulum vir vakmanne pas by die Jaar van die Vakman-program in en dat enige bedryf vakmanne benodig. Johan Ryk van NARYSEC het van dié instansie se studente na die geleentheid

gebring. Die instansie is die vlagskip van jeugontwikkeling. Sy doelwit is om jong mense die agente vir verandering in hul gemeenskappe te maak. NARYSEC gee jong mense die nodige vaardighede om terug na hul gemeenskappe te gaan en ’n positiewe invloed te hê. Daar is tans 14 500 mense oor Suid-Afrika heen in die NARYSEC-program. Hiervan is 849 mense van die Noord-Kaap. Die Mynkwalifikasiesowerheid (MQA) se uitvoerende hoof, Sam Seepie, het gesê die manier om jong mense te motiveer om vakmanne te word is om hul mening oor onderrig te wysig. “Universiteitstudie is vandag nie meer die enigste weg na sukses nie. Suid-Afrika het goed opgeleide vakmanne en -vroue nodig.” Die MQA gaan kantore by die Kathu-VOOkollege open. Studente kan vir beurse aan die MQA aansoek doen. Die adjunkminister het die werksessie by die Kathu-VOO-kollege bygewoon en studente het die sewe stappe om ’n gekwalifiseerde vakman te word vir die gaste voorgestel. ) Sien foto’s op bl. 3.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

‘Mans moet vrede in huis behou’ Benneli Olivier Van der Walt LEDE van die regering, polisiediens en weermag het onlangs die viering van die Internasionale Mansdag op die Sivos-sportterrein op Kathu gevier. Senior polisielede het terselfdertyd die feestyd se When Duty Calls-veldtog bekend gestel. Die Positive Men’s Movement of South Africa (Pomesa) en die South African Network of People Living with HIV and Aids (Napwa) het in 2006 die eerste internasionale Mansdag gevier. Mzwandile Pansizo van Pomesa het gesê die instansie wil mans van oor Suid-Afrika heen inspireer om ’n belofte te maak om geweld teen vroue en kinders te beveg. “Ons as mans en seuns moet vrede in die huis handhaaf om vrede in die wêreld teweeg te bring.” Mluleki Zazini van Napwa het wat MIV-vigsbewusmaking betref, gesê mans is kritiese belangrik in die voorkoming van MIV-vigs. “Mans is ongelukkig die hoofverspreiders van die potensiël dodelike virus. Napwa sal nie stilsit en stilbly terwyl daar nog mans is wat vroue en kinders verkrag nie. Meer hulpbronne moet beskikbaar gemaak word om verkragting in die land stop te sit.” Zazini het ook mans aangemoedig om hul MIV-status te ken en in ’n verhouding bekend te maak. Ondersteuning van mense wat met MIV-vigs lewe, is belangrik sodat die mense ’n vol lewe kan lei. Die provinsiale polisiekommissaris van die Noord-Kaap, lt.genl. Janet Basson, het gesê die Noord-Kaapse polisie stel een van die belangrikste veldtogte in die voorkoming van misdaad op die polisiediens se kalender – When Duty Calls – bekend. Die veldtog sal nie net in die feestyd volgehou word nie, maar ook die res van 2014. “Die polisie kan nie met hul idees, planne en veldtogte klein dink nie. Ons moet verseker die polisie se doelwitte word bereik sodat almal in die land veilig kan lewe.” Sy het gesê die geleentheid beklemtoon die belangrikheid van mans se lewe in die gemeenskap, die gesin, verhoudings en kindersorg. Die hoofdoel moet wees om op vaste gesins-

DIE premier van die Noord­Kaap, Sylvia Lucas, het gesê die gesinseenheid is belangrik.

LT.GENL. JOHN SITOLE het gesê die polisie gaan misdaad deur geïntegreerde aksies be­ heer. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

LT.GENL. JANET BASSON het gesê die polisie se doelwitte moet bereik word sodat almal veilig kan lewe.

waardes te fokus. “Ons moet aanhou veg teen geweldsmisdade teen vroue en kinders.” Lt.genl. John Sitole, nasionale adjunk-kommissaris van die polisie, het gesê die polisie sal ’n multidissiplinêre benadering met die When Duty Calls-veldtog volg. Dit sal veiligheid verseker deur misdaad deur geïntegreerde aksies van die polisie te beheer. In die feestyd gaan die provinsie ’n toename van besoekers en toeriste beleef. Dit is gewoonlik ’n tydperk van rus en ontspanning vir die meeste mense, maar on-

gelukkig is dit ook die tyd wanneer ’n toename in ekonomiese, kontak- en alkoholverwante misdaad is. Mense moet ook spontane byeenkomste by klubs, straatpartytjies en smokkelkroeë te wagte wees. Dit is op dié byeenkomste waar onwettige drankmisbruik toeneem. Die polisie sal pogings aanwend om ernstige misdade soos moord, aanranding, roof en diefstal, motordiefstal en diefstal uit motors te beveg. Die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, het gesê die gesinseenheid is belangrik. Sy

het verder gesê die waardes moet in vandag se lewe gehandhaaf word. “Ons moet ons seuns grootmaak om verantwoordelike mans te wees. ’n Man het ’n onmisbare rol in sy gesin, gemeenskap en die land. Dit is ’n man se verantwoordelikheid om nie verkragting te pleeg nie en om geweld stop te sit.” Die Noord-Kaapse provinsiale orkes het verskeie nommers op die dag gespeel. Die polisie en die vervoeropleiding-ondersteuningsvleuel van Loatlha het ’n vertoning gelewer.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Vakmanne nodig

LEDE van verskeie Seta­instansies het na die adjunkminister se toespraak op die Kathu­VOO­kollege se kam­ pus geluister.

DIE Hoërskool Kathu se leerlinge is aangemoedig om loopbane in vakmanskap te oorweeg.

ADJUNKMINISTER MDUDUZI MANANA moedig die jeug van Suid­Afrika aan om vakmanne te word. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

ANC wen tussenverkiesing André Botha KIESERS het verlede Woensdag op Olifantshoek in die tussenverkiesing gestem om ’n nuwe raadslid vir die dorp aan te wys. Dít ná die dood van Maria Diniza, wyksraadslid en burgemeester van die Gamagara-munisipaliteit. DIE ANC het albei tussenverkiesings in die Noord-Kaap gewen en sy stemmetal in wyk 4 verhoog.

Die DA het eweneens sy stemmetal in wyk 4, wat uit Olifantshoek bestaan, vermeerder. Die ANC sal veral uit die uitslag op Olifantshoek heelwat moed put vir volgende jaar se verkiesing. Die ANC het 1 370 stemme op Olifantshoek behaal teenoor 978 stemme in die munisipale verkiesing in 2011. Die DA het 738 stemme gekry teenoor 2011 se 418 stemme. Die DA sal ook in sy noppies wees met dié toename in

stemme. Dít gee die ANC sowat 65% van die stemme. In 2011 het hy sowat 53% gekry en die DA net minder as 2%. In 2011 het Cope 23,84% gekry, maar het nie dié keer ’n kandidaat gestel nie. Sowat 58% van die kiesers het gestem. Dit is heelwat laer as die 70% tot 80% waarop die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gehoop het, maar is steeds hoog vir ’n tussenverkiesing.

3

Jakkie Louw wil NK nog lank vermaak Benneli Olivier Van der Walt

DIE bekende sanger Jakkie Louw het Kathu onlangs besoek. Hy het ten bate van die Volle Evangelie-kerk Kathu se geldinsameling vir die kerk se nuwe bouprojek opgetree. Louw sê die Kalahari mag dalk droog wees, maar sy mense is beslis nie. “Ek is mal oor die Kalahari. Die gehore hier is baie meer ontspanne as stadsgehore. Hulle is dadelik by jou op die verhoog betrokke.” As leerling aan Hoërskool DF Malan in Bellville, Wes-Kaap, het hy reeds liedjies begin skryf en musiek begin maak. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch (US) gestudeer en in 2002 na Pretoria verhuis. Daar het hy in plaaslike kroeë begin sing en vinnig in Gauteng gewild geraak. Louw bly steeds saam met sy vrou, Anél, en dogter, Linke, in Pretoria. Hy is al vir verskeie musiek-eerbewyse benoem.

Met die Marretjie se hoender-CD is hy vir ’n Sama vir die beste Afrikaanse pop-album van 2009 benoem. In 2010 het Louw ’n nuwe vertoning saam met die sanger Kevin Leo begin. Die vertoning kombineer Jakkie se Afrikaanse pop- en rock-stem met die afgeronde, klassieke stem van Leo. Die vertoning is baie suksesvol. Louw is ook in 2010 genooi om in twee groot Afrikaanse rolprente, Liefling en Susanna van Biljon, rolle te vertolk. Louw se eerste boek, Liedjieskrywer 101, is in 2010 uitgereik. Die boek help jong liedjieskrywers om hul voete in die musiekbedryf te vind. Sy tweede boek, Musiekant 101, sal in Februarie 2014 op die winkelrakke wees. “Alle groot dinge in die wêreld begin met musiek. Musiek maak alles beter en gee hoop,” sê hy. Louw sê hy is nog lank nie klaar met die Noord-Kaap nie en beplan nog verskeie vertonings in die provinsie vir volgende jaar.

JAKKIE LOUW het onlangs Kathu besoek. Louw sê dat die Kalahari dalk droog mag wees, maar sy mense beslis nie is nie. Foto: Benneli Olivier Van der Walt


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Gekonkel met poste stel teleur AFRIFORUM oorweeg regstappe teen die munisipale raad van die //Khara Hais-munisipaliteit ná beweerde ongerymdhede met die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder. Kenith Khumalo, die bestuurder vir die samewerkende regering van die Noord-Kaap op Upington, het ’n brief aan die speaker van dié munisipale raad, Thomas Basson, gestuur waarin hy ’n gekonkel met dié aanstellingsproses beweer. “Ná oorweging van die bogenoemde het ek besluit om u in kennis te stel dat ek nie ’n situasie kan toelaat of deel kan wees van ’n aanstellingsproses wat die doelbewuste misleiding van die LUR, wat my werkgewer is, behels nie. Nóg minder kan ek dit toelaat dat die munisipaliteit in ’n situasie beland waar hulle in ’n litigasieproses betrokke kan raak as ek kan help om dit te keer,” het Khumalo in sy brief gesê. Khumalo se optrede kom nadat die LUR vir samewerkende regering, Alvin Botes, op 10 Oktober na bewering valslik in kennis gestel is dat daar nie genoeg plaaslike kandidate beskikbaar was vir die pos nie en daar weer vir die pos geadverteer moes word. Luidens ’n verklaring deur AfriForum was Willem Engelbrecht (die waarnemende munisipale bestuurder), Gilbert Lategaan, Elias Ntoba en Mervin October as kandidate beskikbaar, maar het hulle hul aansoeke op verdagte wyse teruggetrek. AfriForum sê die geheimsinnige te-

rugtrekking het vrae laat ontstaan of daar druk van die ANC se streekstrukture was om Deshi Ngxanga, munisipale bestuurder van die distriksmunisipaliteit, te bevoordeel in sy aansoek om die pos. Ngxanga is glo omstrede omdat hy albei poste, as munisipale bestuurder en as streeksekretaris van die ANC, terselfdertyd beklee het. Volgens AfriForum bevraagteken Khumalo ook Ngxanga se kwalifikasies, wat hy glo nie kon voorlê nie. Gamiem Abrahams, woordvoerder vir die LUR, het gister gesê die LUR is nie formeel oor die aanstelling van die munisipale bestuurder ingelig nie. “Die Wet op Munisipale Stelsels bepaal dat die raad die LUR binne 14 dae ná die aanstelling moet inlig. “Dit is dus nie heeltemal waar dat die LUR mislei is of foutiewe inligting gegee is nie, aangesien geen inligting nog ontvang is nie,” sê Abrahams. “Die res van die kwessies is bloot bespiegeling en ongegrond en ons kan daarom nie daarop reageer nie. “Die LUR sal by ontvangs van ’n formele kennisgewing die proses van die aanstelling evalueer en kyk of daar aan al die wetlike vereistes en voorskrifte voldoen is,” het Abrahams gister gesê. AfriForum sê ’n tersydestellingsaansoek sal oorweeg word indien bevind word dat daar bevoordeling van kandidate plaasgevind het en kandidate doelbewus politiek versoek is om aansoeke te onttrek.

Respekteer alle mense Ds. André de Villiers ONS kom elke dag met so baie mense in aanraking, byvoorbeeld ons gesinslede, dalk ’n huishulp of tuinwerker wat by ons werk, ons mede-personeellede by die werk, ons kliënte wat by ons sake doen. Ons gaan ná werk na die winkel en ry en stap verby honderde ander mense. Volgens die woordeboek beteken respek ’n “gevoel van diepe bewondering vir iemand of iets wat opgewek word deur die ander mens of subjek se vermoëns, eienskappe of prestasies”. As werkwoord beteken dit “die inagneming van die gevoelens, wense of regte van ander mense”. Die vraag is: Hoe wys ons dat ons ander respekteer? Kom ons kyk eerstens na wat ons wel doen in plaas van wat ons veronderstel is om te doen. ) Baie van ons sukkel om in ons huise respek aan mekaar te betoon. Ons aanvaar baie dinge as vanselfsprekend en wys nie dankbaarheid nie. Ons aanvaar ons gesinslede moet ons ondersteun, maar ons is nie altyd daar vir hulle nie. Hoeveel van ons ouers wys ons belangstelling in ons kinders deur saam met hulle tyd te bestee, deur aktiwiteite en geleenthede by te woon wat vir hulle belangrik is? Baiekeer kritiseer ons ons kinders (en jong mense in die algemeen) en wys ons nie “bewondering” vir wie hulle as mense is nie. ) Ons aanvaar sommer dat ons huishulp en tuinwerker, en alle werknemers in ons werkplekke, maar net daar moet wees en doen wat hulle moet doen. Hulle word immers daarvoor betaal. Maar sien hulle en hoor hulle die waardering (“bewondering”) wat ons vir hulle het, vir hulle as mense, vir hul eienskappe en hul prestasies dag ná dag? ) Hoeveel keer staan ons in rye

en vervies ons ons oor ander mense wat ongeskik by die rye indruk of vir mense wat op die paaie ry asof die pad net vir hulle gemaak is? ) Hoeveel keer vervies ons ons vir politici en ander leiers wat hul poste misbruik en nie diegene wat vir hulle gestem het, in ag neem nie? Bogenoemde situasies gebeur elke dag en elke dag faal ons die toets. Elke dag vind ons dat ons nie ander mense vir hul menswees en hul vermoëns “bewonder” nie. Die resultaat is ons stel self nie meer ’n voorbeeld van wat ons wil hê ander mense moet doen nie. Ons begin self by rye indruk, ons begin self die reëls strek om ons te pas. Hoe moet ons dan maak? Die Bybel gee goeie raad: ) Julle moet alle mense respekteer en jul medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. (1 Pet. 2:17) ) Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. (Ef. 5:21) Van Christene word gevra om alle mense te respekteer ongeag wat hulle aan jou doen. Selfs die keiser moet geëer word, iets wat baie moeilik was in die tyd toe die Bybel geskryf is. Paulus (Ef. 5) skryf Christus se voorbeeld moet ons lei sodat ons aan ander mense onderdanig sal wees. Ons leer respek by Hom en bewys dit dan aan ander: aan die mense vir wie ons lief is en aan hulle met wie ons skaars wil omgaan. Respekteer alle mense en wys só dat jy mense as God se skepsels “bewonder”, ongeag wie hulle is en hoe hulle optree.

DIE mooiste wolke, sonsondergang en ’n rustige kameeldoringboom kondig die aand aan. Lesers word genooi om hul foto’s van die Kalahari vir Kalahari Bulletin te stuur. Kontak die redakteur by ilse.watson@volksblad.com. Foto: Ilse Watson

Thank you for local support JOHN and Wilma Nel, Kathu:

Dankie vir groot skenking AFRIFORUM KURUMAN: ONS hartlike dank vir die groot skenking van die Trustees van die Kuruman-brandfonds aan die gemeenskap van Kuruman. Die skenking gaan vir die installering, montering en instandhouding van ’n groot aantal kameras gebruik word. Volgens die ooreenkoms sal AfriForum Kuruman in ’n toesighoudende hoedanigheid optree nadat Roossekuriteit die kameras aangebring het. AfriForum Kuruman is ook aangewys om die werking van die kameras te monitor.

16/33

16/30

15/29

NNW-10 NNW-10 NNW-10

PONTINS hosted a golf day at the Kalahari Country Club in aid of Joost van der Westhuizen’s J9 Foundation. The J9 Foundation was formed by the rugby legend Joost van der Westhuizen in aid of those suffering from the same form of the fatal illness he was diagnosed with early in 2011, motor neuron disease. A sports memorabilia auction was also held and items donated by world-renown sports personalities were auctioned off. Pontins and the J9 Foundation would like to thank the following persons and institutions for their sponsorship and assistance: Ernie Els; Gary Player, Francois Pienaar, Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen; Hawies Fourie (Free State Rugby); Nicolene Potgieter (International Sports Management

17/34

17/31

16/30

NNW-10

NNW-10

NNW-10

Ltd); Duncan Woods (Els Group); Rhona Langan (Advent Sport Entertainment & Media); Beatrix Geen (Gary Player Foundation); Toshiba NC (Grahame & Barbara Rathbone); Postnet Kathu (Christel de Lange); Deo Gloria Lofts (Dirk Venter & FC Smit); Prisma (Jacques & Braam); Orange River Cellars (Jorine van Niekerk); Kalahari Bulletin; Magersfontein Memorial Golf Estate (Schalk Botha); OFM (Gary Stroebel); Panarotti’s (Odie Strydom), ’Fit-It (Leeroy Stanton; Talisman (Jaco Calitz); Midas Kathu; Spar (Rudi Botma); Verimark Kathu Village Mall; Chigo Airconditioning (Nico van der Westhuizen); Ernst van der Merwe; Komma-Weer-slaghuis; IPS (Mark Philip); Lizanne and John Shone. Although there is money still outstanding, we made R21 635,60 for the foundation. We really appreciate the support.

20/37 N10

19/33

18/34

NNW-10 NW-6

Tee help vir enige probleem Ilse Watson HIERDIE naweek was dit asof die ark oral oop was. Nie net is daar die afgelope Saterdag by ons kantore ingebreek nie, die booswigte was sommer oral op die dorp lekker besig. ’n Restaurant se kluis is opgeblaas en ’n motorhandelaar het ook deurgeloop. Dis ’n deurmekaar vrugteslaaimengsel van polisie, sekuriteitsmaatskappye en mense wat kort-kort bel met hul stories en hul nuus en hul probleme. Dit was eintlik die plan om ’n rustige naweek te geniet. En ’n wit koek te bak. Dit was ook die plan om sommer net sleg te wees en ’n paar flieks op televisie te kyk. Toe werk dit nou nie uit soos beplan nie. En so tussendeur alles gaan ’n mens suutjies dood van die hitte. Die afgelope naweek was dit ondraaglik warm en die humiditeit het jou maak voel jy kan heeldag

onder ’n koel stort staan. Maandag breek aan en ons weet die koerant moet klaar. Daar word ’n ander skootrekenaar uitgepluk sodat ons advertensie-konsultant sy werk kan doen. Maar so kom ons vinnig agter dinge werk nie by ons kantoor soos dit moet nie – almal se rekenaars is stadig. Soos ek hier tik, is ek al drie sinne vooruit voordat dit eers op die skerm verskyn. Het hulle aan ons telefoonlyne ook gekarring? Die polisie maak weer ’n draai by die kantoor – nog papiere om te teken. Die sekuriteitsmaatskappy kyk wat hulle kan doen aan ons alarmstelsel se afgeknipte drade. Hul bel kort-kort en gil “die alarm se battery is besig om pap te

word”. Asof ek nou die drade geknip het. Buite my kantoorvenster klink dit soos ’n kat wat kerm – dit boor en saag om ’n nuwe deur te installeer. As iemand bel, moet ek my foon vat en in die kombuis gaan praat. Dis allesbehalwe stil en om te kan skryf benodig ek stilte. Hier en daar raak ek so gefrustreerd dat ek maar liewer gaan tee maak – tee help mos vir alles. Maar hier in die Kalahari en by ons deurmekaar kantoor het ons darem ook goeie dinge beleef vandag – dit reën nog die hele dag. Dis heerlik koel – ek begin al dink ek moet ’n truitjie gaan soek. Ons telekonsultant is ook as die wenner in haar kategorie aangewys. Ons is almal opgewonde en bly vir haar part. Nou ja, terwyl die stadige telefoonlyne probeer om in te haal by my spoed van tik, sal ek gaan tee soek. Want tee help vir alles.


5 WW10868/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

REFUEL WiTH 24 HOUR wOOLiES QUaLiTY & YOU COULd

win an ipad dEtaiLS in StORE

nOw OPEn To celebrate the Woolworths Foodstop opening at the Engen Upington Convenience Centre, we’re giving away 2 ipads 32GB (4th Gen) Black. You can enter every time you buy Woolies products to the value of R60 or more at the Woolworths Foodstop at Engen Upington Convenience Centre from 5 december 2013 until 31 January 2014. More details in store. Terms and conditions apply. Engen Upington Convenience Centre, cnr Swartmodder & Le Roux streets, Upington


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

‘Bulletin’ trots op Rassie se prestasie Ilse Watson DIE personeellede van die Kalahari Bulletin is geweldig trots op hul kollega Rassie van Niekerk. Sy is die afgelope Saterdag as die Volksblad-Groep se telekonsultant van die jaar aangewys. Sy het haar doelwit van April tot Oktober met 9,57% oorskry. Sy hanteer die geklassifiseerde afdeling van die Kalahari Bulletin baie goed en die afdeling word met elke uitgawe groter. Sy dra 36,05% van die tak se doelwit en handhaaf dit baie goed. Sy is ’n steunpilaar en almal volg haar voorbeeld. Sy word deur almal gerespekteer en leef die waardes van Media24 uit. Baie geluk, Rassie.

RASSIE VAN NIEKERK van die Kalahari Bulletin se Kuruman­kantoor. Foto: Ilse Watson

PROMOSIE

OVK open konsepwinkels Ilse Watson OVERLAND CASH AND CARRY (OVK) op Kuruman het op 29 November sy eerste konsepwinkel in samewerking met Tom Knoesen oopgemaak. Dié winkel is die eerste van sowat 50 konsepwinkels wat in 2014 oor Suid-Afrika heen geopen sal word. Dit is deel van die OVK se bemarkingstrategie om ’n gehalteproduk by die endverbruiker te kry en daarom het hy sy belanghebbendes in die mark genader om

’n konsepwinkel en depot met volledige verspreidingsnetwerk te vestig. Die winkel Power Superstore sal OVK-produkte aan inwoners van Kuruman, Kathu, Postmasburg en ook gebiede rondom Vryburg verskaf. Produkte sluit supermieliemeel, koekmeelblom, wit- en bruinbroodmeel, stampmielies en suikerbone in. Hy verskaf ook ’n wye reeks kos vir troeteldiere, duifvlieg- en broeimengsels en ’n verskeidenheid pluimveemengsels in.

DIE kantore van Power Superstore in Kuruman.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Alte kunstig KUNS is ’n kreatiewe manier om oud en jonk die vakansie be­ sig te hou. Malinda Roux van die Artistica­kuns­en­ge skenkwinkel in Tshi­ mo Gardens op Kat­ hu bied in die Desem­ bervakansie kuns­ klasse aan. Die klasse sal onder meer mosaïek, modge-podge, verf en se­ mentwerk insluit. Kom maak Kersge­ skenke vir almal in die gesin. Rig verdere navrae aan Malinda by 082­876­6802.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

DIE toppresteerders vir gr. 4 tot gr. 7 is van links Charity van Wyk, Perphillia Manoog, Carry­Ann Visagie, Duncan Steenkamp en Meagan Booysen.

DIE toppresteerder in gr. 6 is Charity van Wyk.

DIE Laerskool Noord­Kaap se dux­ leerling is Perphillia Manoog.

DIE toppresteerder in gr. 4, Duncan Steenkamp. Foto’s: Verskaf

Suraya Eksteen

Duncan Steenkamp, Carry-Ann Visagie en Meagan Booysen. Perphillia Manoog (gr. 5) is die dux-leerling vir 2013. Die kranige leerling was nog elke jaar die beste leerling in haar graad. Haar prestasies vir 2013 is soos volg: Afrikaans Huistaal (89%), Engels (95 %), wiskunde (92 %), sosiale

wetenskap (93%), lewensvaardigheid (84%), natuurwetenskap en tegnologie (89%). Sy het ook die trofee vir die beste leerling in gr. 5 ontvang. Sy is die Top Academix-leerling en het ’n rekenaar en ’n balkie, asook trofeë, kontant en boekpryse, ontvang.

Dux-leerling ryg pryse in LEERLINGE van die Laerskool Noord-Kaap op Olifantshoek is vir hul harde werk oor die jaar heen op die skool se onlangse prysuitdeling beloon. Die 2013-toppresteerders vir gr. 4- tot gr. 7-leerlinge is Charity van Wyk, Perphillia Manoog,

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Miskrame kom dán voor Yolandi van Deventer ONGEVEER 15% van alle bekende swangerskappe eindig in ’n miskraam. ’n Miskraam staan oor die algemeen ook bekend as ’n spontane aborsie, maar dit kom op dieselfde neer: ’n verlies aan ’n swangerskap, sowel as gemengde gevoelens wat daarmee saamgaan. Die meeste miskrame kom voor in die eerste drie maande van swangerskap en meer as die helfte daaraan is te wyte aan chromosoom- (die klein deeltjies in die liggaam wat DNA dra) afwykings by die fetus. Dit is die chromosome wat gewoonlik ’n mens se voorkoms, geslag en bloedgroep bepaal. Dit word dikwels gesê ’n miskraam is die natuur se manier om ontslae te raak van dit wat nie moes wees nie, maar dit is die laaste ding wat ’n mamma wat pas ’n swangerskap verloor het wil hoor. Soms word getroos deur te sê “eerder nou as dat die baba abnormaal gebore sal word”, maar iemand wat nie self ’n miskraam gehad het nie, sal beslis nie weet waaroor dit gaan en hoe die ma en pa dit ervaar nie. Miskrame wat ná drie maande van swangerskap voorkom, kan gewoonlik aan siekte of ’n probleem by die moeder toegeskryf word. Risikofaktore vir ’n miskraam sluit

in: ) Ouderdom. Mammas ouer as 40 jaar het ’n hoër kans vir ’n miskraam. ) Rook, alkohol- of dwelmmisbruik. ) Swak gekontroleerde siektetoestande soos hoë bloeddruk, diabetes, harttoestande of niersiektes. Met goeie opvolg van ’n chroniese siekte is die kanse vir ’n suksesvolle swangerskap baie goed. ) Sekere baarmoeder-abnormaliteite kan soms tot miskrame lei. ) Hormoonwanbalanse. ) Swak eetgewoontes en ’n baie lae liggaamsgewig. Wanneer bloeding tydens vroeë swangerskap voorkom wat met min pyn gepaard gaan, word daarna verwys as ’n dreigende miskraam. Die hoofsimptome is erge krampe in die lae buik en bloeding. Die dokter sal dan ’n ondersoek doen om te voel of die ‘mond’ van die baarmoeder oop is. Wanneer dit wel oop is, is die kanse vir ’n miskraam goed. Wanneer die mond toe is, is dit ’n dreigende miskraam. Met ’n swangerskap is dit altyd raadsaam om, wanneer daar bloeding is, die dokter te gaan spreek. Daar is ongelukkig geen behandeling vir ’n miskraam in die vroeë maande van swangerskap nie, maar wanneer dit later in die swangerskap voorkom, is die baba se kanse groter om te oorleef en te genees. ) Gesondheidsnuus, Mediclinic Kathu

Kyk só na plantvoeding Peter Fischer ’n ERVARE tuinier kan leer hoe om die simptome van gebrekkige voedingstowwe by plante te identifiseer. Die voedingstoftekort sal eerste in die plant se blare raakgesien word. Die stowwe wat die plante in jou tuin nodig het om te groei kom in die grond voor. Benewens koolstof, waterstof en suurstof wat plante van koolstofdioksied en water kry, kort hulle nog 15 ander voedingstowwe om gesond te bly. Die voedingstowwe word in twee soorte op gedeel: voedingstowwe waarvan plante baie nodig het en voedingstowwe waarvan plante minder nodig het. Die voedingstowwe (makro-elemente) waarvan plante baie nodig het, is stikstof, fosfor, kalsium, magnesium, kalium en swael. Die voedingstowwe waarvan plante minder nodig het (mikro-elemente) is yster, mangaan, koper, sink, boor, molibdeen, kobalt, chloor en natrium. Chloor en natrium kom algemeen in Suid-Afrikaanse grond voor. Al kort daar selfs net een van die bogenoemde stowwe, kan plante swak groei. In die vroeë stadium van ’n plant se voedingstoftekort sal die enigste teken daarvan vertraagde groei in die plant wees. Die enigste manier hoe die tuinier dit sal agterkom, is om die gebrekkige plant met ’n gesonde plant te vergelyk. Hoe groter die voedingstofgebrek by die plant word, hoe duideliker sal die simptome wees. Voedingstofgebreke by plante moet nie verwar word met ander oorsake van plantsiektes soos virusse, fungus, insekte, lae temperature of swak grondtekstuur nie. Ander oorsake, behalwe ’n voedingstoftekort, kan te veel skaduwee, te min water of nabye onkruiddoder insluit. Hier volg ’n kort beskrywing van hoe ’n plant kan lyk indien dit sekere voedingstowwe kort: ) Stikstof: Die ouer blare van die plant begin verdwerg en vinnig oud en geel word. ) Fosfor: Die ouer blare sal eerste gelerige, blouerige of pers kleure begin vertoon. ) Kalium: Die ouer blaarrante lyk asof dit verskroei en met vaal kolle omring is. ) Kalsium: Die blaarpunte draai na onder,

blare raak swart en gaan dood. Die jonger blare sal eerste simptome wys. ) Magnesium: Die ouer blare sal gelerige kolle en briljante kleure veral, om die rante, vertoon. ) Swael: Die blare sal klein bly met afgerolde rante. Die jongste blare sal eerste simptome wys. ) Yster: Geel kolle sal tussen die blaarare verskyn. Die jong blare sal byna heeltemal wit word. ) Mangaan: Die ouer blare sal eerste simptome wys. Geel kolle sal tussen die blaarare verskyn. Die are sal liggroen wees. ) Koper: Die plant se jonger blare sal blougroen word, opkrul en draai en daarna sal die blaarpunte doodgaan. Dit is redelik algemeen dat die plant sal verlep. ) Sink: Klein blaartjies sal bymekaar gebondel wees. Witgeel vlekke sal op die blare verskyn. Die plant se jongste blare sal eerste simptome wys. ) Boor: Die plant se jong blare sal eerste simptome wys. Die blaarrante sal geel word, inmekaar krummel en swart word. ) Molibdeen: Daar sal vlekke op die blare verskyn en hulle sal kleur begin verloor. Die ouer blare sal eerste simptome wys. Die blare sal ’n bekervorm kry. Die blaarstamme sal verdraai. ) Kobalt: Die voedingstoftekort is skaars en kom gewoonlik by peulgewasse voor. Die plant se ouer blare sal geel word. Die blare sal verdwerg en vinnig oud raak. Die algemeenste manier om die tekorte aan te vul is met kunsmis. Kunsmis werk met die suurbalans van die grond. As die suurbalans tussen 6.5 en 7.5 is, kan plante die meeste voedingswaarde opneem. Soms word suur grond eers met kalk voorberei en kalkgrond met ammoniumsulfate. Asaleas en rhododendrums gedy in suur grond en groei nie goed in grond met ’n suurbalans van bo 7.5 nie. ) Peter Fischer werk by Tshimo Gardens op Kathu


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

9

Barloworld Kathu open nuwe perseel Benneli Olivier Van der Walt

spreek dat Barloworld waarde tot hul onderskeie ondernemings sal toevoeg. Barlow het Caldwell vir sy leierskap in diens van die maatskappy oor die afgelope vier jaar bedank. Hy het gesê Barloworld se hooffokus moet op die kliënt bly. Chris Nel, die voormalige operasionele bestuurder van Barloworld Kuruman, het genoem die maatskappy het oor die jare heen stewig uitgebrei en het sy vertroue in Barloworld Kathu se toenemende verbintenis tot sy kliënte uitgespreek. “ ’n Huis wat op goeie fondamente gebou is, is ’n huis wat in die toekoms sal bly staan.” Shaun Hambidge, die Caterpillar-produkondersteuningsbestuurder, het sy tevredenheid met Barloworld Kathu se nuwe perseel en personeellede uitgespreek.

LEDE van die topbestuur van Barloworld knip die lint van die sakeperseel se opening. Hulle is van links Niel Opperman (nuwe operasionele bestuurder: Barloworld Kathu), Shaun Hambidge (Caterpillar­produk­ondersteuningsbestuurder), Alex Caldwell (huidige operasionele bestuurder: Barloworld Kathu), Hubert Barlow (direkteur: Barloworld) en Rajiv Maharaj (finansiële direkteur: Barloworld). Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

ALEX CALDWELL en van sy personeellede het ballonne tydens die opening van die nuwe sake­ perseel losgelaat. Van links is Hubert Barlow, Alex Caldwell en Audeleen Steenkamp.

ALEX CALDWELL(huidige operasionele bestuurder van Barloworld Kathu) en Neil Opperman (nuwe operasionele bestuurder).

BARLOWORLD KATHU het verlede week op ’n spoggeleentheid sy nuwe sakeperseel geopen. Alex Caldwell, operasionele bestuurder van Barloworld, het die geleentheid geopen deur die gaste te verwelkom en die maatskappy se kliënte vir hul deurlopende ondersteuning oor die jaar heen te bedank. Hy het ook gesê daar is goeie samewerking tussen die mynwese en konstruksiebedryf. Caldwell het Barloworld se nuwe operasionele bestuurder, Niel Opperman, aan die kliënte voorgestel. Opperman het op 1 Desember die taak by Caldwell oorgeneem. Barloworld se direkteur, Hubert Barlow, het die kliënte bedank en die hoop uitge-


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Neem foto’s met lyne, patrone en kurwes Benneli Olivier Van der Walt DIE oog is ’n ongedissiplineerde orgaan. Sonder leiding sal dit oral oor ’n foto ronddwaal sonder om op iets spesifieks te konsentreer. Dit is moontlik om sekere elemente in die foto te gebruik om die kyker se oog na ’n spesifieke rigting te lei. In die Westerse kultuur word boeke van links na regs gelees. Die oog word dus van vroeg af geleer om ’n toneel van links na regs te bekyk. ’n Goeie idee vir ’n landskapfoto is om ’n lang heining, pad of muur te kry wat van links na regs reg oor die foto strek om die oog na ’n interessante baken aan die einde van lyn te lei. ’n Mens se oog hou daarvan om na ’n punt gelei te word. Leer om na ’n foto-onderwerp te kyk as ’n reeks van vorms en lyne. Stel die foto in jou kop saam volgens vorms en lyne – ’n lang lyn hier, ’n groot kurwe daar, ’n golwende lyn daar . . .

Dit kan reggekry word deur die kameralens in of uit te zoem of om die gesigspunt te verander. Gebruik die lyne en vorms om die kyker se oog te lei. Diagonale lyne in ’n foto skep drama en lyne wat van die linker-onderkant van die foto kom, lei die oog na die onderwerp. Probeer dat die oog nie doelloos oor die foto hoef te dwaal sonder om op ’n voorwerp te kan rus nie. Maak die meeste van kurwes in ’n potensiële foto. Natuurlike kurwes en golwende lyne verleen ’n sagte, vroulike karakter aan ’n foto, selfs al is dit net heuwels, ronde klippe of ’n dam. Herhaalde lyne en vorms verleen ook ’n interessante beeld aan ’n foto. Dit skep ’n gevoel van orde. Patrone is oral in die alledaagse lewe as ’n mens weet waar om daarvoor op te let. Vensters in ’n kantoor gebou, appels wat opmekaar gepak is, ’n stel trappe, reëlings of telefoonpale se skaudwee op die sypaadjie – die moontlikhede is eindeloos.

PATRONE is oral in die ewe as ’n mens weet waar om daarvoor op te let.

Foto: Verskaf

NATUURLIKE kurwes en golwende lyne verleen ’n sagte, vroulike karakter aan ’n foto. Foto: Andre Bartschi


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Liefdadigheidsgeleentheid aangebied

KYK so ’n klein slim­ kop. Deidré Majiet van die Laerskool Wester­ kim op Upington het skoonskip gemaak in gr. 7 toe sy as die bes­ te presteerder aange­ wys is. Sy het eerste plekke in wiskunde, lewensoriëntering, Afrikaans huistaal, kuns en kultuur, na­ tuurwetenskappe, ekonomiese be­ stuurswetenskappe en tegnologie behaal.

Anena Burger DIE Sanco Paballelo-tak sal Saterdag om 09:00 ’n liefdadigheidsgeleentheid in die Thembelihle-dienssentrum vir bejaardes

Foto: Verskaf

Stuur jou Kerswense DIE Kalahari Bulletin nooi lesers om deel te wees van die laaste koerant vir 2013 wat op Donderdag 19 Desember verskyn. Stuur vir die koerant jul spesiale Kersfeeswense aan vriende en familielede en dit sal geplaas word. Indien enigiemand Kersverhale skryf of geskryf het, stuur dit ook aan. Die Kalahari Bulletin is vir die lesers – gebruik die geleentheid om deel daarvan

11

te wees. Volgens die redaksionele beleid van die Kalahari Bulletin behou hy die reg om briewe/stories te plaas soos die redaksie dit goeddink. Onthou om jou naam en die plek waar jy woon (soos byvoorbeeld Upington of Postmasburg) ook te stuur. Stuur e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.

aanbied. Sanco Paballelo fokus op mense met gestremdhede, MIV-positiewe, wees- of straatkinders en bejaardes. Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan Ronnie Horn by 082-747-2126 bel.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

ALGEMENE KENNISGEWINGS

TUIN & BESPROEIING

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

1825

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

Cool River Aircons Upington: Ons diens u water- en gaslugverkoelingstelsel. Verskaf onderdele en hergas. Skuif van/en nuwe installasies. Skakel 082 348 7651.

PERSOONLIKE DIENSTE

L & J TUINDIENSTE Het u nie tyd vir u tuin nie of miskien nie die krag nie? GEEN PROBLEEM. Skakel my, ek doen alles vir die beste pryse. Lucky 072 061 6772.

1405

KAYS CRAFT: Dis vakansietyd. Klein en groot kan iets vir hulle self maak deur enige soort kaartjie te maak of te verf op lap of hout en nog baie meer. Skakel en maak afsprake. 083 254 3120. Cillierslaan 12.

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.

1410

LITTLE MIRACLES DAY CARE: Children 4 months - 5 years. Phone Eloise 076 688 2543 Melanie 073 342 7152 REGISTER NOW FOR NEXT YEAR!

HILUX 2.4D, 1997, R39 500. 1999 Nissan 1400, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP 3025

1994 Nissan Maxima 300E 3.0 V6 manual, fullhouse R35 995. 083 679 0050. Mercedes-Benz 200 A/T (W123), diensgeskiedenis, 1 eienaar, R26 500. 083 679 0050 / 072 173 8339. CAMRY 200i, 1997, R32 500. 1992 Cressida 2.4 GLi, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

SAKE

COROLLA 160i, 2001, R35 000. 1994 Corolla 1.6, R25 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

TE KOOP

DAGSORG & CRÈCHES

BANTAM 1.3, 2005, with canopy: R44 500. 1994 Isuzu 280D, tralies: R34 500. Phone 071 967 0285.

ISUZU KB 250D, 2002, R49 500. 2001 Ford Ranger 2.5D, canopy, R45 000. Phone 071 967 0285.

LANDBOU

2210

KINDERVERMAAK

3010

2405

BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.

JETTA 3 160i, R35 000. 1995 BMW 320i, many extras, R32 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. OPEL CORSA 140i, 2006: Mags, CD, a/c, power-steering. Low km. R39 500. Phone 071 967 0285. PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.

VAKANSIE & REIS

Voertuie te koop.Uitstekende wit Golf, 2002-model, 130 000 km te koop. Skakel 082 976 3964.

TE KOOP AKKOMMODASIE TROETELDIERE 1660

OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.

2635

Gerieflike studenteakkommodasie vir 2014 beskikbaar in Bellville. Gemeubileerde kamers sentraal geleë naby kollege en 25 km van Stellenboschkampusse. Skakel 076 931 1939.

KAWASAKI ZXR 750-motorfiets te koop. 2003-model. Skakel 072 061 6772.

4×4’s HOUTWERK

3035 1874

3060

TOYOTA DYNA TRUCK, 1990, 4 ton DE 364 Turbo, engine excellent, R89 500. Phone 071 967 0285.

3055

ALGEMENE & HUISDIENSTE

NISSAN NAVARA 4L: 2008. 4 X 4, outomaties, D/C. Blou. Kappie. R189 900. Skakel 083 310 0272.

TE HUUR

HUISE TE KOOP 3205

3275

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.

MJ Selao In die boedel van wyle Mosupatsela Josuah Selao, identiteitsnommer 400909 5533 086 met nagelate eggenote Motlagomang Evelyn Selao, identiteitsnommer 530828 0894 082 van lewe van Huis No. D77, Ncwelengwe, distrik Kuruman. Boedelnommer: 002895/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versok om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

WANTED: CARS AND BAKKIES for cash. R20 000 - R40 000. SMS WhatsApp 071 967 0285.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

EIENDOMME

4205

BJ Haai In the estate of the late BJ Haai, identity number 460921 5072 087 of 4 Kanarie Street, Daniëlskuil. Estate number: 487/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection for all persons with an interest therein for a period of 21 days from 6 December 2013 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Postmasburg. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

WOONSTELLE TE HUUR 3250

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.

KOMMERSIEEL

MOTORFIETSE

VOERTUIE

NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur van Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.

SLEEPWAENS 3040

1 X 3 M X 1,8 M X 1,8 M beeswa. Nuut. R37 900. Skakel 083 310 0272.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

C.J. Kgatlhane

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Logo

ALGEMEEN 3680

APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com

SMALLS NOTICE

In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089 met nagelate eggenote Kesalamang Glora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083 in lewe van Huis No. A35, Tzaneen, Wyk No 13, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1714/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mahikeng en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

POSTE BESKIKBAAR vir 2 kelners by Koffiehuis. Ondervinding sal voordelig wees. E-pos CV na feetforjesus@telkomsa.net of faks na 053 712 3147. Sluitingsdatum: 9/12/2013.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

TE KOOP AT Herholdt

3201

In die boedel van wyle Andre Theuns Herholdt, identiteitsnommer 700719 5013 089, van Ochrestraat, Dept Korrektiewedienste, Kamer 5 , Kuruman 8460. Datum van dood: 15/08/2013. Kennis geskied hiermee aan die krediteure en debiteure om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergenoemde binne 'n tydperk an 30 dae vanaf advertensiedatum. DJ HERHOLDT POSBUS 1313 MALELANE 1320 Tel. 082 771 4036 E-pos: joanetherhold@gmail.com Bestorwe boedel van wyle Petrus Jacobus Jooste, 'n volwasse manlike wewenaar, gebore 30 September 1929 en woonagtig te Luckhoffweg 14, Kakamas 8870 met datum van afsterwe 23 September 2013, boedel nr. 14179/2013. HUISE TE HUUR Debiteure en krediteure in bover3270 melde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hul skulde te betaal binne 30 (dertig) dae vanaf GEMEUBILEERDE 2-slk-huis te publikasie van hierdie kennisgewing huur. Skakel 076 640 4887. by Malan Lourens Viljoen Ing, Picklestraat 12, Strand, tel. 021 853 1535 (DJ Malan).

BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

Soek dringend agent in Upington. Produkte beskikbaar. Skakel 079 574 8171.

HJ Viljoen In die boedel van wyle Hester Johanna Viljoen, vooheen woonagtig te Ulster, Kuruman 8460. Boedelnommer:2463/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 5 Desember 2013. JORDAAN & MANS PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za

DJG Poolman In die boedel van wyle Daniel Johannes George Poolman, getroud buite gemeenskap van goed en wat woonagtig was te huis nommer 4, Kromstraat 7, Kuruman, Noordkaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 914/2012 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

VEILINGS

OPENBARE VEILINGS 4401


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

BETREKKINGS

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

DIE driejaarklas het vir die gehoor gedans.

Sonstraaltjie skyn op jaarlikse konsert Benneli Olivier Van der Walt DIE Sonstraaltjie-dagsorg het verlede naweek sy jaarlikse konsert gehou. Die saal was vol trotse ouers, oumas en oupas. Gillis Plaatjies het die gehoor op die geleentheid verwelkom. Amy Odendaal en Toni Muller van die vierjaarklas het die konsert met gebed geopen. Daar is ’n babakompetisie gehou waarvan die afdeling drie tot nege maande se wenner Desjuan Basson is en die afdeling 10 tot 18 maande se wenner Elset Willimse is.

Die tweejaarklas het ’n werksdagklere en ’n formele drag modelkompetisie gehou. Die werksdagklere is deur Zian van der Bergh gewen en die formele drag deur Jayden Oosthuizen. Alet Nieuwoudt, Kgadi Maria Tsotsotso en Joan Cloete was die beoordelaars. Daar was verskeie gelukstrekkings deur die aand waar die gehoor pryse gewen het. Die direjaarklas en die vyfjaarklas het die gehoor vermaak deur te dans. Die vierjaarklas het ’n Noag se Ark-liedjie opgevoer. Die aand is met die Kerssang van die vierjaarklas afgesluit.

DIE vierjaarklas het die aand met Kerssang afgesluit.

TONI MULLER (4) het die konsert op sy beurt met ’n Afrikaanse ge­ bed geopen.

AMY ODENDAAL (4) het die kon­ sert met ’n Engelse gebed ge­ open.

15

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013

Gholfdag vir J9-stigting gehou Benneli Olivier Van der Walt PONTINS was die gasheer vir die gholfdag wat verlede naweek by die Sishen-gholfklub op Kathu gehou is. Die gholfdag is vir Joost van der Westhuizen se J9-stigting gehou en al die geld wat ingesamel is, was ten bate van die stigting. Ongeveer R22 000 is ingesamel. Aan die einde van die dag is ’n prysuitdeling gehou. Die naaste aan die pen op putjie 4 was Robin Owenkamp. Die naaste aan die pen op putjie 17 was FC Smit. Die langste dryfhou op putjie 6 is deur Cobus Smit geslaan en op die Toshiba-15-putjie Marius Nel. Die Drive alive-wenner was Danie Barnard. Die algehele wenners op die dag was Dolf Viljoen en Johan Fourie in die eerste plek, Danny Leibrandt en Johan Fourie tweede, Thinus van Wyk en Danie Barnard derde, Nico Peens en Loumari Bezuidenhout vierde en Johan Groenewalt en Nico van der Westhuizen vyfde. Ná die prysuitdeling is verskeie rugbyen gholfmemorabilia ook ten bate van die J9-stigting opgeveil. Die goedere het ’n getekende outobiografie van Francois Pienaar, asook getekende gholffoto’s van Gary Player, Ernie Els, Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen ingesluit.

JOHAN NEL, bestuurder van Pontins, het die spelers en borge vir die dag se sukses bedank. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DOLF VILJOEN (links) en Johan Fourie was die algehele wanners vir die dag.

Stuur só jou sportnuus aan DEEL jou klub of instansie se sportnuus met die Kalahari Bulletin. Stuur sportnuus en -foto’s na die redakteur, Benneli Olivier Van der Walt, by 079-864-5799 of benneli.vdwalt@volksblad.com. Enige vorige sportnuus misgeloop? Kyk op die webblad www.kalaharibulletin.co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.