Kathubulletinka 20140219

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 FEBRUARIE 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

DIE nuwe kantoor van die Kalahari Bulletin Kathu is in die Heritage Square­sentrum.

GRATIS

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

‘Bulletin’ skop nes Benneli Olivier Van der Walt

DIE Kalahari Bulletin se Kathuuitgawe is in Mei ’n jaar oud

en nou het die koerant ’n kantoor in Kathu gekry. Die kantoor is in die Heritage Square-sentrum in Frikkie Meyerstraat in die dorp.

Mense word genooi om die personeel in die kantoor te kom besoek. Advertensienavrae kan aan Madri Scheepers gerig word, terwyl Benneli Olivier Van der

KYK binne vir Kathu se oulike Valentynsfoto’s. Lesers word uitgenooi om hulle foto’s by Kalahari Bulletin se Facebook blad te gaan oplaai – besoek www.facebook.com/kbulletin.

Walt die redaksionele inhoud van die koerant hanteer. Bel die kantoor by 053-7232685. Die koerant is ook op die webblad www.kalaharibulletin.co.za

beskikbaar en kan op Facebook gevolg word by www.facebook.com/kbulletin. ) Kyk op bl. 2 wat is nog alles in dié sentrum.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Taxi-botsing eis twee Noord-Kaapse Kantoor

VERSKEIE winkels in die Heritage Square­sentrum het reeds vir sake in die sentrum oop­ gemaak. Foto: Madri Scheepers

Verskeie winkels al oop in Heritage Square-sentrum Madri Scheepers en Benneli Olivier Van der Walt VERSKEIE winkels het reeds in die nuwe Heritage Square-sentrum in Frikkie Meyerstraat in Kathu oopgemaak. Toshiba Noord-Kaap doen reeds die afgelope twee en ’n half jaar sake in Kathu. Die onderneming het in Desember 2013 na dié sentrum geskuif. Toshiba Noord-Kaap lewer ’n verskeidenheid dienste wat telefoonstelsels (PABX), skootrekenaars, rekenaars, netwerke, breëband-internet via satelliete en domeine,

drukkers, skandeerders en kopieermasjiene insluit. Die span bestaan uit Grahame Rathbone, Barbara Rathbone, Lucy Thage, Jaco Scholtz en Octavius Mogadile. Die Lewis-meubelwinkel is tydelik langs die Kalahari Bulletin se nuwe kantoor. Dié onderneming verskuif in September vanjaar na die Pick n Paygedeelte van die sentrum. Dié span wat die winkel bedryf, bestaan uit Vivian Shuping, Lebo Moshoeunyane, Sharief Elliot (areabestuurder), Linda Mongotleng, Palesa Mhlongo, Tlhogi Mogotsi, Gao Selebogo, Abram Khasu en

Hunter Senye. BUCO Kathu verskuif eersdaags ook na die sentrum en open op 14 Maart vir sake. Op die nuwe perseel van 5 135 m² gaan ’n bykomende 11 000 produkte aangebied word. Volgens die onderneming beteken meer ruimte meer voorraad kan aangehou word wat flink dienslewering aan kliënte beteken. Die nuwe winkel in die Heritage Square-sentrum sal meer keuses aan kliënte bied. Die bestuur beloof ook om steeds spesialiskennis en goeie diens aan kliënte te verskaf.

TWEE mense is dood en 23 beseer toe twee minibustaxi’s verlede week reg van voor op die R380-pad tussen Kathu en Deben gebots het. Volgens lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, is Gert Jood en Jan Nkgare dood in die grusame ongeluk wat op Maandag 10 Februarie omstreeks 17:15 plaasgevind het. Een van die oorledenes is op pad na die hospitaal aan sy beserings dood, terwyl die ander oorledene op die toneel dood verklaar is. Volgens Tawana word beweer die een taxi wou ’n ander voertuig verbysteek toe dit

teen die ander taxi gebots het wat van voor gekom het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die twee voertuie in die middel van die pad gekry toe die paramedici daar opdaag. Meiring sê albei taxi’s het groot skade in die ongeluk opgedoen. Volgens hom moes reddingstoerusting gebruik word om van die insittendes te bevry wat in die taxi vasgekeer was. Hy sê ander beseerdes het om die voertuie gelê. Van hulle is ernstig beseer. Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Car thief gets 7 years prison time A MAN who stole a bakkie in Kathu was found guilty in the Kathu Regional Court and sent to jail for seven years. Tshepo Mooketsi (21) stole a Datsun bakkie last year at a the residence of its owner after using a padlock key to open the car. According to a press release by the Kathu police, the Kuruman police was alerted about the theft. They were also informed of the make and model of the vehicle. Mooketsi was caught by members of the Kuruman police patrolling the N14 road. He was driving on the road and approaching a Stop and Go area when he was stopped and arrested for being in the possession of a suspected stolen vehicle. The court learnt that Mooketsi had two

’n KANSA-MARK word op 29 Maart in die Tshimo Gardens in Kathu gehou. Stalletjies kos R150 en die geld van die stalletjies sal aan Kansa Kathu geskenk word. Rig navrae aan Malinda Roux by 082-876-6802.

previous convictions in 2013. He was found guilty of theft and his sentence was a R900 fine or six months in prison. The second conviction was for using a false name. For this offence he was sentenced to three months in prison or a R600 fine. The accused also received a suspended sentence of four years. The suspended sentence came into effect since he had committed new crimes only five months after the suspension. He is now going to jail for seven years. In the release the Kathu and Kuruman police were applauded for the hard work and team effort in the completion of this investigation and the successful prosecution of the accused.

DIE Kathu-polisie se kontakbesonderhede is: Polisiekantoor: 053-723-9116 Selfoonnommer: 082-454-3784 Faksnommer: 053-832-3492 E-pos-adres: kathusaps@saps.org.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

3

Dwergperdjie tuis in mensehuis Benneli Olivier Van der Walt MET baie liefde kan groot hoogtes bereik word. Little Angel, ’n dwergperdjie van Olifantshoek, is op 7 Februarie 2013 gebore en het verlede week haar eerste verjaardag gevier. Die perd se ma het tydens haar geboorte gevrek, en dit is toe Kitty en Josef Ekkerd self moes inspring om dié “baba” groot te maak. Die perdjie het by geboorte slegs 9 kg geweeg en was 35 cm hoog. Haar ma, wat in 2008 ’n senior miniatuurperdkampioen was, was 77 cm hoog terwyl haar pa 70 cm hoog is. Dit was nie ’n maklike proses om die perdjie aan die lewe te hou nie. Dwergperdjies se ingewande is gewoonlik met geboorte baie swak en dit kan tot ’n vroeë vrekte lei. Die Ekkerds het snags gesit om haar elke halfuur 20 ml beesmelk te voer. Die astrante klein perdjie het

Die perdjie het by ge­ boorte slegs 9 kg ge­ weeg en was 35 cm hoog.

LITTLE ANGEL het op 7 Februarie een jaar oud geword. Hier is sy saam met haar pleegma, Kitty Ekkerd.

Foto: Verskaf

in die huis se sitkamer grootgeword, en het soms selfs by haar “ouers” in die slaapkamer geslaap. Sy het natuurlik ook die wêreld vol saam met haar ma en pa gery, omdat sy nie alleen gelos kon word nie. Deesdae slaap sy buite, want hoe potty-train ’n mens nou ’n perd? Die perdjie is baie geheg aan haar pleegouers en runnik saam wanneer sy hulle hoor praat. Ekkerd teel al van 2010 met dwergperdjies en besit nog 10 ander perdjies. Maar Little Angel dink sy is ’n mens. “Sy wil niks met die ander perde nie te doen hê nie,” sê Ekkerd. Ekkerd is geregistreer by die Suid-Afrikaanse Miniatuurperdgenootskap. “Dit is ’n wonderlike ervaring om met hulle te werk. Little Angel het ’n liefdevolle geaardheid. Saans wanneer ons televisie kyk, kom lê sy by ons voete.”


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Paroolstelsel laat ’n mens wonder MET die onlangse vrylating van die “Waterkloof-vier”, Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez, het die Suid-Afrikaanse paroolstelsel weer onder die soeklig gekom. Dit wil voorkom asof gevangenes wat op parool vrygelaat word die streng voorwaardes minag. Vrae rondom parool- en mediese paroolvoorwaardes en dié wat daarvoor kwalifiseer, kan aanhangig gemaak word. Slegs ’n week nadat die sogenaamde Waterkloof-vier onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat is, het ’n video op Youtube verskyn van Frikkie du Preez en Christoff Becker wat na bewering onwettig alkohol gebruik in die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hulle hul vonnis uitgedien het. Een van die paroolvoorwaardes is die gereelde terugrapportering aan die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum. Die “Waterkloof-vier” het ’n vonnis van 12 jaar elk ontvang vir die moord op ’n hawelose man in 2001. Dit wil voorkom of Christoff Becker en Frikkie du Preez, terwyl hulle nog in aanhouding was, hul paroolvoorwaardes, asook die gevangenisreëls, oortree het. Die saak word tans ondersoek, en die twee mans is vir ’n voorlopige 62 uur terug in aanhouding. Schabir Shaik se mediese parool in 2008 het ook groot opslae veroorsaak. Shaik is in Junie 2008

op mediese parool vrygelaat nadat hy slegs 2 jaar en 4 maande van sy 15 jaar-vonnis uitgedien het. Tydens sy mediese parool is daar aantygings gemaak dat hy sy paroolvoorwaardes oortree het met onder meer die beweerde aanranding van ’n gholfjoggie, ’n onderonsie in ’n parkeerterrein by ’n moskee en die beweerde aanranding van ’n joernalis wat die gholfvoorval ondersoek het. Shaik is met ernstige hipertensie gediagnoseer en is op mediese parool vrygelaat omdat hy terminaal siek verklaar is. Vrae het na aanleiding van sy mediese parool ontstaan oor die geldigheid van sy toestand. Die omstrede voormalige polisiehoof Jackie Selebi is op 15 Julie 2010 tot 15 jaar se tronkstraf gevonnis op aanklagte van omkopery. Hy is op 12 Julie 2012 op mediese parool vrygelaat nadat daar bevind is dat hy aan onder meer nierversaking, diabetes en ’n harttoestand ly. Hy is egter net ná sy vrylating by ’n inkopiesentrum opgemerk. Hoewel hy nie sy paroolvoorwaardes oortree het nie, is vrae gevra oor die geldigheid van sy ernstige mediese toestand. Dit wil voorkom asof daar meer gekyk moet word na die kriteria van mediese parool en of geldelike bemiddeling en politieke betrokkenheid ’n rol speel in die bepaling van die gevangene se geskiktheid vir dié soort parool.

Dag só gemaak Lizette Slabber SOSIALE MEDIA bly my verstom. Ek is nie mal oor Facebook nie, maar word keer op keer stomgeslaan deur die mag wat die eenvoudige webtuiste het. Dit irriteer my die meeste van die tyd, want dit voel asof een mens die heeltyd jou Facebookblad oorneem met die simpelste aanmerking oor hoe haar koffie geproe het of hoe haar hondjie haar skoene opgevreet het. Tog het Facebook my hele matriekklas van 20 jaar gelede binne twee dae bymekaargebring. Facebook verskaf my eindelose pret met al die duisende speletjies wat daarop is en dan is daar natuurlik altyd nuwighede soos RAKnominations. Dié RAKnominations het my die afgelope tyd verstom. Aanvanklik het ek gedink dis nou weer net ’n spul narsissiste wat enigiets sal doen om raakgesien te word totdat ek só ’n RAKnomination beleef het.

Die geluk, dankbaarheid en verligting op die gesig van die mens wat die koeldrank, pasteitjie en brood ontvang het, het my oortuig dat mense wat ’n RAKnomination doen, ’n goeie ding doen. Dit maak nie saak wat sy doel daarmee is nie; of hy ’n meisie wil beïndruk, sy gesig oral op Facebook wil sien of net ’n kick wil kry uit die hoeveelheid kommentaar en likes ná die tyd. Op die ou end het hy of sy iemand se dag gemaak. Vir ’n rukkie is vreugde in iemand se lewe gebring en ek dink op die ou end is dit al wat saak maak. ’n Koeldrank op ’n snikhete dag sal enigiemand bly maak. Gaan kyk op www.kalaharibulletin.co.za na een van ons joernaliste se RAKnominations en deel joune met ons. Stuur dit na lizette.slabber@volksblad.com.

Poseer doodluiters ’n GEMSBOK staan rustig en wei terwyl nog een oor die heuwel aangestap kom op ’n onlangse besoek aan die Kgalagadi­oorgrenspark. Gemsbokke in die park is normaalweg menssku en hardloop weg wanneer toeriste naby hulle kom, maar die keer het die gemsbok doodluiters gestaan sodat talle foto’s van hom geneem kan word. Foto: Ilse Watson

God moet fondasie van lewe wees Ds. Philip van Vuuren BOUWERK word vandag oral in die Noord-Kaap aangetref. Ondernemings en huise skiet oral op. As jy fyner waarneem, sal jy opmerk die standaarde van vakmanskap in die boubedryf is nie altyd meer soos jare gelede nie. Dit is nogal skrikwekkend om te verneem die gehalte van sommige van die bouwerk voldoen nie meer aan die standaarde nie en dat daar nie meer die nodige inspekteurs is wat die werk inspekteer en goedkeur soos voorheen nie. Maar nou ja, so sal elkeen van ons eendag rekenskap aan God moet gee vir ons dade – goed of sleg. Die Bybel maak baie van bouwerk melding. Die ambag kom immers van die Here self af. Met die bou van die tabernakel vertel die Bybel in Exodus 35:35: Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed. God is geensins onbekend met

17/31 O-5

18/29

18/30

NNO-15 NNO-10

die werk van die ambagsman en kunstenaar nie. Ons is almal die bouers van ons lewe. En die bou van ons lewe op aarde is ’n groot verantwoordelikheid. Vir bouwerk is ’n goeie fondasie nodig. As die fondasie swak is, kraak die huis. Christus behoort die fondasie van ons lewe te wees. 1 Kor 3:11 lui: Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou, goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Tekens van krake in ons menslike mondering is wanneer huwelike verval, verhoudings met ons kinders en ons medemens faal

17/34 OS-5

19/32

19/31

NNO-10 NNO-10

en ons geldsake skipbreuk ly. Ons integriteit word ingeboet met oneerlikheid en ontrouheid op elke vlak van ons lewe. Dit gebeur wanneer Jesus Christus nie die fondasie van ons lewe en huise is nie. Daarom is dit belangrik om die erediens van jou gemeente by te woon waar Christelike beginsels aangeleer word. Dit is belangrik om die Bybel te lees en te bid en Hom Here van jou lewe te maak. Soms skop voormanne die mure om as dit skeef gebou word, en die bouers moet van voor af begin. Die Here wil ook alles wat verkeerd gebou is, afbreek en die ons die kans bied om van voor af te begin. Soveel verkeerde dinge kan insluip en maak dat ons lewe wil wankel soos ’n gebou wat gebou is sonder die regte fondasie en boumateriaal. God is ’n God van weer begin. Hy gun elkeen van ons ’n kans om daagliks ons lewe in Sy hande te gee. Kom ons waak oor wat ons in ons lewe toelaat. Kom ons bou saam met Jesus Christus aan ’n lewensgebou waarvan God self die argitek is.

17/32

20/38

WNW-10 WNW-10 NNW-5

21/38 NW-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Kleur groen streek in silwer ’n ASEMROWENDE skouspel van bliksemstrale het Sondagaand weer die hemelruim in die Groen Kalahari dramaties verlig. Die foto is op Raaswater ge­ neem.

Foto: Anena Burger

Gesels saam op Facebook op die blad Kalahari Bulletin

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Plakkers bou hier ‘huise’ Ilse Watson AGTER Janke-gastehuis in Kuruman word ’n onwettige plakkerskamp opgerig. Die inwoners van die informele nedersetting ry glo bakstene met winkeltrollies aan en bou “huise”. Die sage van die halfvoltooide gebou wat op die berugte erf 489 deur die omstrede Wandile Bozwana, eienaar van TEB Properties, gebou is, duur al jare. Hy het die gebou gekoop en afgebreek en onwettig daarop begin bou. Daar is beweer dat senior amptenare van die GaSegonyana-munisipaliteit ook hierby betrokke was. Verskeie inwoners van Kuruman beweer dat dié geboue ook ’n nes vir prostitusie is.

LEEFSTYL

Hartsiektes kom algemeen voor Yolandi van Deventer

DIE halfvoltooide huis wat die omstrede Wandile Bozwana gebou het. Foto’s: Ilse Watson

HARTSIEKTES en beroertes is die hoofoorsaak van sterfte in Suid-Afrika. Een uit elke drie mans en een uit elke vier vroue sal ’n hartsiekte ontwikkel voordat hulle 60 jaar oud is. Sekere risiko-faktore verhoog die kans op ’n hartsiekte, en dit sluit in hoë bloeddruk, cholesterol, diabetes, rook, oorgewig, slegte eetgewoontes, alkoholmisbruik, onaktiwiteit, asook ’n familie-geskiedenis. Verskeie toetse kan gedoen word om vinniger diagnoses te doen en vroeër met behandeling te begin indien jy ’n risiko vir hartsiektes het. Hierdie toetse sluit in ’n fisieke ondersoek deur ’n dokter, EKG’s, bloedtoetse, hartsonars en x-strale. ’n Hartsonar is ’n toets

sonder newe-effekte wat gebruik kan word om ’n wye verskeidenheid harttoestande te diagnoseer. Ultraklank word gebruik om na die hart te “kyk”. Al die strukture soos die hartkleppe, hartkamers, die hartspier en die aorta kan gesien word en daar kan waargeneem word hoe goed dit funksioneer. Daar is verskeie redes om na jou hart te kyk: hartkloppings, ’n hartgeruis wat jou dokter kan hoor, pyn in die bors, erge moegheid, erge benoudheid en enige vorige hartprobleme. Hartsonars is ’n maklike manier om met klankgolwe wat deur die borskas na die hart beweeg na die hart te kyk en so ’n prentjie te vorm. Dit kan die dokter in staat stel om die beste moontlike behandeling voor te skryf. Hartsonars is nou by die

Mediclinic Kathu beskikbaar en word deur ’n gekwalifiseerde kliniese tegnoloog, Esmarie Smit, uitgevoer. Vir meer inligting of ’n afspraak vir ’n hartsonar kan jy die volgende nommer skakel: 073-600-5927. Lewensbedreigende hartsiektes kan geïdentifiseer en behandel word. Beskerm jou hart vandag. Volg ’n goeie gebalanseerde dieet, oefen gereeld, behou ’n goeie gewig, kyk na jou bloeddruk, laat jou toets vir cholesterol en diabetes, en raadpleeg jou dokter. ) Die gesondheidswenke word deur die Mediclinic Kathu verskaf.

Speletjiesaand ’n fees AGTER hierdie boom en word “huise” opgerig met bakstene wat met winkel­ trollies aangery word.

OP Vrydag 7 Februarie is die skoolsaal van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas in ’n speletjies-arkade verander. Leerlinge het op die HMO se Local Area Network-aand ’n groot verskeidenheid rekenaar-, Playstation- en Xbox-speletjies teen mekaar gespeel. Jannes van Niekerk

en sy span, bestaande uit Tiaan de Wet, Rigardt Engelbrecht, Leanda van Zyl en Henri Warkus, wat die aand gereël het, het heelwat borge vir die aand gekry. Daar was goeie pryse of die spel. Die algehele wenners van die onderskeie speletjies op die aand is:

) Nathan Raman en Christopher Kriel het die Tekkentoernooi gewen. ) Klaas Mompe en Dylan Goeiman het die sokkertoernooi gewen. ) Die Counterstrike-toernooi is deur Guilliam van Niekerk, Jason Knop, Dale Gradwell en Barry van Niekerk gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

7

THE group of 60 yo­ ung people, of which the majority is wo­ men, could choose from carpentry, up­ holstery, masonry, welding, brick laying and cabinet making. Photos: Supplied

Kumba empowers unemployed A GROUP of unemployed youth from Tsantsabane, a community outside Postmasburg, has benefitted greatly from skills development training provided by Kumba Iron Ore’s Kolomela Mine to make them more employable. The group of 60 young people, of which the majority is women, could choose from carpentry, upholstery, masonry, welding, brick laying and cabinet making. Kumba says in a press release the training will enable the youths to work in their chosen fields or start their own businesses. The Kolomela Skills Centre, situated in Postmasburg, has a great track record and since its inception in 2009 has offered hundreds of young people – particularly those from the local communities – the opportunity to advance themselves. The area has a great need for the developement of the skills of young people and is one of the great initiatives that can assist in improving skills. Another group will be trained after the 60 learners had completed their 12-month programme. George Benjamin, manager: public affairs, safety and sustainable development at the Kolomela Mine, said the programme will ultimately create a lasting impact in the form of skills development and job creation. Gregory Christie, who is training in cabinet making, says the programme will help him reach his goals to be successful in his craft and will equip him to give back to the community. “I feel very honoured to be able to learn this new skill. For me it is not about the money but about obtaining the necessary skills to give back to the community.”

THE facilitators from the Kolomela Mine are from the left Robert de Koker, Errol van Wyk, Marin­ da Fourie, Alfred Isaacs and Bill Bartlett. Photo: Supplied

GREGORY CHRIS­ TIE, who is training in cabinet making, says the programme will help him to reach his goals.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

VALENTYNSDAG

Mooi getooi vir makietie DIE Hoërskool Kathu het verlede week Valentynsdag in styl gevier. Die skoolsaal is omskep in ’n gesellige

kuierplek waar die jongmense vir mekaar kon ogies maak. Die leerlinge het behoorlik opgedos vir die geleentheid.

KYK net hoe mooi. Van links is Wilmalene Witbooi, Nelicia Cuglers, Mo­ nique Witbooi, Feroza Lottering, Melany Ross en Shanice Witbooi.

DIE gr. 11­seuns het hulle deftig vir die aand aangetrek. Van links is Gosego Thankane, Ja­ son Louw, Emanuel Kassoma en Trevor Mal­ gas.

DIE groep leerlinge is mooi uitgedos en reg vir die partytjie.

VAN links is Carol­Ann Maasdorp, Majolo Len­ ge en Samantha Ruiter.

HIER is Oscar van Wyk en Jacklynn Danster.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

RONALDO SAAL en Carla Danster.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Mine gets green light THE Department of Mineral Resources has granted the Sishen Iron Ore Company (SIOC) the mining right for the rail properties at the Sishen Mine. SIOC applied for this right in October 2013. Kumba Iron Ore Limited says in a press release these properties were previously occupied by a Transnet railway line that has been relocated as part of the Sishen Western Expansion Project to extend the pit in a south-westernly direction. As Transnet previously held the surface rights over the properties, the properties were excluded from the Sishen Mining Right area. The affected area is about 30 m wide, traversing the mine area for about 14 km in a north to south direction, immediately adjacent to the west of the current Sishen pit. The granting of the mining right gives SIOC access to the approximately 33% of the Sishen reserve included in SIOC’s Life of Mine Plan which is located on either side of the affected area. This portion of the reserve, which had been classified as probable, can now be reclassified as proven. The company will accordingly proceed with the implementation of its mining plan and will start waste stripping in the affected area. Norman Mbazima, Kumba CEO, commented that the efficient processing of this mining right application is evidence of a much improved relationship with the regulator, as well as the efficiency of the DMR’s processes. “This is not only positive for Kumba, but indeed for the whole South African resources industry and it illustrates that win-win solutions can be achieved through constructive engagement when people engage openly and with trust.”

Kumba gives report on progress WHILST the Sishen Mine’s production was down 8% for the year 2013, production had improved significantly with 31% in the last quarter of the year, compared to the second quarter. Meanwhile Kolomela Mine had an outstanding year, increasing production by 27% to 10,8 million tons. These figures formed part of Kumba Iron Ore Limited’s preliminary results for the year ended 31 December 2013. Announcing the results, Norman Mbazima, CEO, says: “We spent a lot of time this year reviewing and assessing our assets, our portfolio and resetting our strategy. “It was a challenging year in many respects but we are pleased with the overall results. “The most important aspect of our work is the safety and health of everyone in our organization and ensuring they go home unharmed every day. It is pleasing to report that we had no loss of life during 2013 – each one of us returned home to our loved ones. “On the operational front, Sishen Mine was our biggest challenge, where pit constraints together with regulatory safety stoppages impacted our production in 2013.” Production at Sishen Mine improved significantly in the fourth quarter. For the year, the Sishen Mine’s production was

Sanger op televisie Ilse Watson DIE plaaslike Kathu-sanger Hendrik Spangenberg tree op 1 Maart op die kykNET-program Jukebox op – hy sal die gas van Pieter Koen, aanbieder van die program, wees. Sy nuwe musiekvideo word op dié program bekend gestel. Hy sal ook op die aand ’n gas wees op die program LIVE wat ook op die kykNET-kanaal uitgesaai word. Kyk gerus uit vir Hendrik tydens sy eerste twee verskynings op televisie.

8% less than 2012. A production recovery plan to address the current pit constraints – and a longer term mining strategy – were developed and are being implemented, to restore the mine to full production capacity of 37 million tons per year by 2016. “In an exceptional year for the mine, Kolomela produced 10,8 million tons, 1,8 millions tons above its original nameplate capacity. “Total production of iron ore decreased by 2% to 42,4 million tons per year. “Excellent progress was made in the resolution of major legal and regulatory matters. Kumba’s subsidiary, Sishen Iron Ore Company (SIOC), signed a new supply agreement with ArcelorMittal SA, effective from 1 January and settled the arbitration and various other disputes between the parties. “On 12 December 2013 the Constitutional Court ruled that, based on the provisions of the Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA), only SIOC can apply for and be granted the residual 21,4% undivided share of the Sishen mining right. SIOC has, in compliance with the Constitutional Court order, submitted an application to be granted this right,” Mbazima said. “We are pleased to announce a 20% increase in revenue to R54,5 billion,

Nommers om te skakel NOODNOMMERS vir Kathu: Mediclinic: 053-723-3231; Kathu-polisiekantoor: 053-723-3111; SAPD-noodnommer: 10111; Kathu-speurdiens: 053-723-1153; Eenheid vir seksuele misdrywe: 079-697-9494; SAPD Crime Stop: 086-001-0111; Vrouemishandelinghulplyn: 080-015-0150; Vigs-hulplyn: 080-001-2322

reflecting a 2% increase in the average iron ore export prices realised, supported by stronger lump premiums, as well as the weakening of the Rand/US Dollar exchange rate.” Kumba’s operating profit increased by 20% to R28,4 billion. Export sales of 39,1 million tons were marginally down. Headline earnings of R15,4 billion were up 24%, and the Kumba Board approved a final cash dividend of R19,94 per share. Mbazima says that the company plans to produce around 35 million tons at Sishen in 2014, progressing back to 37 million tons per year by 2016; Kolomela is planned to produce 10 million tons per year for the remainder of its life; and Thabazimbi is expected to produce around 1 million tons in 2014. “We expect that export sales volumes will be in line with 2013 levels as we plan to rebuild stocks during the year.” Iron ore prices are expected to remain relatively strong in the first half of the year, with pressure on prices expected in the second half due to additional supply from Australia and Brazil, and as demand slows. “2014 will be all about the execution of the strategy we revised in 2013. I look forward to working closely with all our stakeholders in the coming year to achieve our goals,” said Mbazima.

Bly op hoogte ENIGE van die Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Besoek die webblad by www.kalaharibulletin.co.za vir artikels, foto’s en al die interessante stories. Daar is ook ’n Facebook-blad – besoek dit by www.facebook.com/kbulletin. Baie dagboekgebeure word op Facebook geplaas – dan weet jy sommer wat in jou dorp gebeur.

19 - 23 February 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

3990

2for 2for

e R o m e v sa

R

22

R

per pack

26

Veg Hamper 4.5kg t $POUFOUT NBZ WBSZ

Black Grapes 500g

Pears Econo 1.5kg

3990 per kg

20

R

per tray

R

9

Large Eggs 18’s

30

Brisket

4990 per kg

per kg

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

Lean Beef Mince

shop any W it h so much value, w hy

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

4990 per kg

Texan Steak

6990 per kg

Lamb Braai Chops

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Paartjie deel wenke ná byna 40 j. saam Benneli Olivier Van der Walt

Lê aan op dag DIE Sishen­skietklub van Kathu het verlede naweek ’n informele jagterstablet­skietkompetisie gehou. Lede van die klub het die kans gekry om op jakkals­ en springboktablette te skiet. Die skutte wat die dag die hoogste punte­sones op die tabelle raakgeskiet het, is as die wenners aangewys. Die Sishen­skietklub verteen­ woordig die Gamagara­tak van die jagtersvereniging. Hier staan Ida en Werner Human met hul jaggewere. Rig navrae aan Jaco Goosen, voorsitter van die klub, by 082­824­0720. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

OM met jou sielsgenoot getroud te wees is waarlik ’n voorreg. Om byna 40 jaar lank gelukkig getroud te wees is ’n prestasie. Ansie en Wilhelm Kruger van Kathu deel hul geheim vir ’n suksesvolle huwelik. Die Krugers sê: “Maak Jesus Christus die sentrale fokuspunt in jou huwelik. Skuif jou eie drome opsy en vind nuwe drome vir julle albei.” Hulle sê ook ’n mens moet daarop fokus om jou lewensmaat se sterk punte raak te sien en erkenning daarvoor gee. “Maak vrede daarmee dat jou ander helfte ook foute het – net soos jy. As die foute te veel raak, byt vas. Dit gaan weer verby,” vervolg die Krugers. Hulle noem ook mag is ’n onding en nie een moet probeer om die ander een te domineer nie. “Leer om te vergewe en los die ou koeie in die sloot. Alles in die lewe is ’n wilsbesluit en ons het besluit om saam oud te word. “Daar moet ook pret in die huwelik wees. Ons het nog altyd saam ’n sportsoort

Rollerstyle

VANJAAR, 39 jaar later, is hulle steeds gelukkig getroud. beoefen. Dit is alles genade van Bo. Soms val ons, maar ons val nooit uit nie. “Dit is vir my steeds lekker om by my man te wees en oor die foon bly sy stem steeds sexy. “En op ’n ligter trant: My man se hart loop regtig deur sy maag,” vertel Ansie.

WILHELM EN ANSIE KRUGER is in 1975 getroud. Foto’s: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

KV Mosang

PERSOONLIKE DIENSTE

HUISE TE HUUR 3270

AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!

SPYSENIERING & LOKALE 1401

THOMPSONSVIEW: KURUMAN. 3 slk, 2 badk, 1 garage, braaiarea, staanplek vir 2 motors. Skakel 082 593 1331.

BETREKKINGS 3600

DRYWERS

HUISVERBETERINGS BUITE

3650

1836

'N GOED GEORGANISEERDE KOERIERMAATSKAPPY benodig die dienste van kode-8-bestuurders. Goeie kennis van omliggende gebiede en koerierondervinding sal voordelig wees. Skakel Riaan Badenhorst 082 483 7032.

ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.

VOLWASSENES

ALGEMEEN 3680

HUISHULP BENODIG: met verwysings. Nie inslaap nie. Skakel 084 517 0481.

PRIVAAT

SOEK JONG MAN as battery-'fitter'. Matriek en moet goed Engels en Afrikaans kan praat. Stuur CV na 053 712 2207.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

In die boedel van wyle Keeditse Virginia Mosang, identiteitsnommer 340402 0351 087, weduwee, in lewe van Huis no. C64, Matlhabanenong, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2335/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

HLJ Moorcroft

MS Fourie In die boedel van wyle Magritha Susanna Fourie, identiteitsnommer 331011 0037 082 en nagelate gade Jan Daniël Fourie, identiteitsnommer 311031 5005 086 van plaas Lincoln, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1857/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê by kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en die Landdros, Kuruman vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 21 Februarie 2014. FOURIE & BESTER OUDITEURE Hanmar Gebou Stewartstraat 32 Kuruman

LANDBOU

KLERASIE

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

TROETELDIERE 1660

BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

CASH FOR CARS, bakkies, trucks, combi's, busses, caravans, 4x4s, etc. Phone 071 967 0285.

EIENDOMME

TE KOOP

2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL in Kuruman, R4 800 p.m. DStv, water en krag ingesluit. Skakel 082 783 1462. EENMANSWOONSTEL beskikbaar vanaf 1 Maart 2014. R3 300 p.m. plus R3 300 dep. Water ingesluit. Skakel 073 688 1547 of 053 712 0534.

TE HUUR 3205

LUUKSE OORNAGKAMERS te huur teen R600 per nag, B & B. Veilige parkering. Skakel 082 260 2181.

VOERTUIE

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

MEENTHUIS te huur: 2 slaapkamers met of sonder meubels, R5 000 p.m. Skakel 082 791 4249.

3010

COLT, 2003, R35 000. 2000 Hardbody, R35 000. 2001 Corsa, R33 000. Phone 071 967 0285.

TE KOOP 3201

TOYOTA RAIDER 3.0D, 2000, R78 500. 1998 Toyota Raider 2.8D, R63 500. Phone 072 472 8686.

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

MOTORS TE KOOP 3025

CAMRY, 1996, R38 500. 2002 Tazz, R33 000. 1991 Cressida, R23 500. Phone 071 967 0285. CORSA, 2002, R39 500. 2002 Astra, R38 500. 1995 BMW, R26 500. Phone 071 967 0285. GOLF, 1999, R20 000. 1997 Uno, R18 000. 1998 Honda, R22 000. Phone 071 967 0285.

INYATHI COMBI 2.2, 16-SEATER, 2010, R65 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. UNO PACER, 1991, goeie toestand, slegs 130 000 km op klok, CD-speler. Ideale studentevoertuig. Skakel 083 772 2316.

KOMMERSIEEL 3060

FERMAR MATWASDIENSTE: Skakel Louwtjie 073 207 6797.

MASSEY FERGUSON TRACTOR MF 65, R29 500. Landini 7500, R34 0000. Phone 071 967 0285. MITSUBISHI TRUCK, 1991, L300, rails, low km, R43 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

4205

In die boedel van wyle Hendrik Lukas Johannes Moorcroft wat woonagtig was te plaas Ropermoor, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3185/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

2015

SOSIAAL & ONTSPANNING

11

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Swangerskap in kollig met praatjie in Kathu

Celebrate Valentine’s Day

DIE Mediclinic Kathu het verlede week ’n swangerskappraatjie vir verwagtende vroue aangebied. Verskeie kenners van baba- en moedergesondheid het raad aan

THE Bana Early Development Centre celebrated Valentine’s Day with a splendid display of red and white. The learners enjoyed the day and gave a lot of hugs to lucky parents, teachers and friends. Photo: Supplied

Leer om jou peuter te verstaan Renske van der Walt EEN van die redes waarom ouers hul kinders kleuterskool toe stuur, is die maatjies aan wie hul kind blootgestel kan word. Om sosiaal aanvaarbare gedrag by kinders te ontwikkel, moet kinders kans kry om sulke gedrag te oefen, met hul maatjies, die mense om hulle (Ma en Pa inkluis) en die ander grootmense met wie hulle te doen kry. Só lyk ’n kind se fases van sosiale ontwikkeling: ) Op een jaar: Die kleuter se lewe draai om homself. Hy kom eerste in sy eie wêreld. Dit is eintlik ’n oorlewingsmeganisme wat verseker dat die kleintjie se behoeftes vervul word: Kos en voeding en aandag is nou ’n saak van oorlewing. Pappa en Mamma of die primêre versorger is die belangrikste mense in die baba se lewe. Dit gee sekuriteit aan sy bestaan. Daarom kan die baba klouerig wees; hy wil sekuriteit ervaar. Soms kan die baba van iemand anders aandag ontvang, maar wanneer die ouer of versorger buite sig is, verdwyn die baba se sekuriteit. Maatjies is nog nie belangrik nie. ) Op twee jaar: “Terrible twos” is ’n term wat almal ken. Hoekom dan so? Die peuter bevind homself in ’n wêreld wat hy nog nie verstaan nie. Daarom moet die ouers en versorgers die grense baie duidelik

vir die peuter stel. Verduidelik waarom jy nee sê en sê ook baie kere ja. Die peuter leer so onderskei tussen reg en verkeerd. Roetine verseker ’n gevoel van veiligheid, so ook konsekwentheid van die ouer of versorger. Wanneer die peuter die grense toets, is dit ’n manier om seker te maak sy sekuriteit is wel daar. Die peuter hou van voorspelbaarheid. ) Op drie jaar: Die kleuter vat aan alles, tot groot frustrasie van almal rondom hom. Ons sal miskien anders optree as ons weet dat die kleuter met ’n wêreld-ontdekkingsreis besig is. Die kleuter is meer as nuuskierig – soos ’n volwassene in ’n vreemde land wat alles wil sien en ontdek! Gee die kind die geleentheid om dit te doen. Skep veilige plekke waar die kleuter kan ontdek, en nie raas gaan kry nie. Wat doen raas en straf as die kleuter op sy ontdekkingsreis is? Hy trek terug; die “prys” wat hy betaal om te ontdek is te hoog! Die ontdekkingstog sluit in die kombuis se kaste, badkamer – dalk rol hy die toiletpapier alles af! Die kleuter wil ook homself leer ken. Dit gebeur eintlik van geboorte af. Op drie is die spiere al ontwikkel en saam met die brein se ontwikkeling wil die kleuter nou

15

baie hardloop en klouter. ) Op vier jaar: “Hoekom, hoekom, hoekom so baie hoekom-vrae?” Die kleuter praat net die hele tyd! Hy vra vrae, kekkel en praat net nog meer! Op hierdie ouderdom vervyfdubbel die kleuter se woordeskat. Praat met die kleuter as jy bestuur, kosmaak en met hom speel. Nou is veral die tyd om saans sommer drie stories te lees. Die brein verwerk alle nuwe woorde en sinsnedes wat die kleuter hoor. Die kleuter se leefwêreld vergroot. Sy algemene kennis brei uit. Neem die kleuter op uitstappies, sommer na gewone plekke, die slaghuis, die bakkery, die dorpsdam. ) Op vyf jaar: Die kleuter is nou meer selfstandig as ooit tevore. Hy kan baie besluite self neem, self by die skool uitklim en sy klas met gemak vind, sy goed uitpak en sy maats gaan soek. Hy is nou baie meer sosiaal en maats is baie belangrik. Die kleuter begin nou ook net met ’n groep maats speel, en begin ’n verhouding opbou met ’n spesifieke groepie, of net een maat. Lewenservaring is nou meer en die kleuter begin verstaan hoe die sosiale reëls werk. Die kleuter begin verstaan hoe kommunikasie werk, maar kan steeds nie onderskei tussen positiewe en negatiewe aandag nie. Kom ons kyk na ons kinders met inagneming van hierdie dingetjies wat ons almal se lewe verryk.

die toekomstige ma’s verskaf. Danell Vivier, Kathu se nuwe dieetkundige, was van die kundiges wat die ma’s oor die korrekte voeding vir ma sowel as baba ingelig het.

VERSKEIE kundiges het met die toekomstige moeders gepraat. Van links is Andra Bester (oudioloog: Mediclinic Kathu), Jeanne Louw (fisio­ terapeut: Kathu), Lizette Smit (Baby Gym: Kathu) en Marlize Kruger (eenheidbestuurder: Mediclinic Kathu). Afwesig: Danell Vivier.

Driven by passion - guided by value - built on partnership. It is always a great time to join our team

Mr Price consists of five retail chains, focusing on clothing, footwear, sports equipment, accessories and homewear.

MR PRICE HOME - KATHU (NORTHERN CAPE) Mr Price Home is a leading homeware and textile retailer that offers contemporary designed homeware and furniture to value-minded customers at an exceptional value. We are on the hunt for a talented and passionate Store Manager to lead the team and sell our innovative products.

STORE MANAGER • Drive sales and turnover • Merchandise management • Lead a team of enthusiastic Retail Store Associates • Create the ultimate customer shopping experience. As Store Manager it is expected of you to take ownership of the store to sell Mr. Price Home products. In this role you will be responsible for engaging with our customers on a daily basis. Your role will require you to open and close the store, engage with the Area/Operations Manager regarding stock flow, stock shrinkage, maintaining visual standards, budget management, employee relations and recruitment. Your fun, energetic approach to life will see you leading your team by example and also driving an unforgettable customer experience. Minimum Requirements: • A Grade 12 qualification essential • Previous experience managing a retail store • Excellent merchandising and selling skills. To apply, please log onto www.mrpricegroupcareers.com and search for req 633. Click “Apply now” or apply “With LinkedIn “and one of our friendly Recruitment Facilitators will be in touch with you. CLOSING DATE: 07 MARCH 2014. If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date please consider your application unsuccessful. MR PRICE HOME is an equal opportunity employer and committed to Employment Equity.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

GEORGE SNYGANS (links) saam met Barend Coetzee. DIE vroue het dié dag behoorlik geoefen!

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Barend wen 2 silwer George Snygans EEN van die lede van die Kumba Kathu-fetsryklub het vandeesmaand goed gepresteer. Barend Coetzee het aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse

LEDE van die Kathu­netbalklub.

LEDE van die Sisheng­, Olifantshoek­ en Dingleton­net­ balklub.

Vroue laat waai Benneli Olivier Van der Walt

DIE sweet het verlede week in riviere in Kathu gevloei toe die vroue van Kathu en omliggende dorpe ’n netbalkliniek op die Sivos-sportterrein bygewoon het. Die Kathu-netbalklub het ongeveer 30 lede (die ouderdom wissel van 18 tot “oud genoeg”). Die kliniek is deur netbalklubs van Kathu, Sisheng, Olifants-

hoek en Dingleton bygewoon. Die kliniek is deur Elsje van der Merwe van die Kimberley Reds-netbalklub aangebied. Van der Merwe rig die suksesvolle Flamingo’s af wat aan die nasionale liga deelneem. Betsie Badenhorst, hoofafrigter van die Kathu-netbalklub, het gesê Van der Merwe het baie ondervinding en die vroue was baie opgewonde om die netbalkliniek te kon bywoon. “Hierdie netbalkliniek bied

’n baie goeie geleentheid vir die ontwikkeling van netbal in die gemeenskap en die omliggende dele.” Badenhorst het almal bedank wat die dag moontlik gemaak het. Die Siyanda-netballiga begin op 8 Maart. Vir meer inligting oor Kathu se netbalklub kan Badenhorst by 073-324-9698 gebel word, of kontak haar by betsb@kat.ncrfet.co.za.

Foto: Verskaf

kampioenskapsbyeenkoms in Durban deelgeneem. Coetzee, ’n gestremde fietsryer, het met sy handfiets aan die TT-afdeling deelgeneem. Hy het silwermedaljes in die 18 km-tydtoets en die 60 km-padwedren verwerf.

Gamagara-atlete spook sake uit Benneli Olivier Van der Walt

DIE Gamagarahoërskole se distriks-atletiekbyeenkoms het die naweek op die Sivos-sportterrein plaasgevind. Die Hoërskool Kathu, Hoërskool Gamagara, Hoërskool Langeberg, Hotazel-kollege en Sesheng Intermediate School het aan die byeenkoms deelgeneem. Onderwysers van die Hoërskool Kathu was die dag se atletiekbeamptes.

KYLA GRICIUS van die Hoërskool Kathu neem hier aan die 800 m vir meisies o.15 deel. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

STUUR gerus alle sportnuus en foto’s na: benneli.vdwalt@volksblad.com. ) Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboekgebeure op ons webblad: www.kalaharibulletin.co.za. ) Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek: www.facebook.com/kbulletin.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.