Kathubulletinka 20140312

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

13 MAART 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Diefstal vier hoogty

Twaalf inbrake dié naweek in Kathu aangemeld Benneli Olivier Van der Walt DIE Lewis-meubelwinkel in die Heritage Square het skade gely toe daar Saterdag hier ingebreek is. Die bestuur van BUCO het dieselfde aand ’n vleisbraaigeselligheid vir sy personeellede agter die BUCO-gebou gehou. Omstreeks 20:53, ná die geselligheid, het die bestuurder van BUCO opgemerk die Lewis-meubelwinkel se voordeur is oopgebreek. Hy het die Kathu-polisie en Roos-sekuriteitsmaatskappy dadelik in kennis gestel. Die polisie het 21:27 opgedaag. Die Roos-sekuriteitsmaatskappy het intussen ook die toneel kom besigtig. Vier skootrekenaars en agt televisiestelle is gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand wat inligting oor die voorval het, kan ao. George Miles by 053-723-9125 of 076-150-5584 bel. ) Die diewe in Kathu was die naweek baie bedrywig. Daar is by nog 11 plekke in die dorp ingebreek.

DIE Kathu­polisie het Sondag vingerafdrukke van verdagtes geneem. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

DIE deur van die Lewis­meubelwinkel in Kathu is met ’n onbekende voorwerp oopgebreek.

Foto: Madri Scheepers


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Info needed A MAN appeared in the local Magistrate’s Court on 5 March for the possesion of dagga. He was arrested on 3 March. Sgt Kabelo Jonas was patrolling in Mapoteng near Kathu when he saw a suspiciouslooking person. He stopped and searched the suspect and found a bag of dagga on his person. The streetvalue of the dagga amounts to R50. The police are also requesting the help of the community of Kathu and its surrounding areas to come forward with information regarding the recent housebreakings. Anyone with information that can lead to a successful arrest and conviction will be awarded. Please report any information directly to the station commander, Lt Col Cecilia Kgobe on 082-454-3784 or Capt. Johannes Barnard on 084-588-3796. Information can also be provided via the Crime Report Board in Shoprite.

SOME of the recipients of the Kumba Iron Ore Kolomela Mine bursaries.

Photo: Supplied

Learners receive bursaries

KUMBA IRON ORE’S Kolomela Mine announced another 20 bursaries to learners in Postmasburg who will join the Kolomela Scholarship Bursary Programme. They received the necessary support to equip themselves for their future studies and careers. Kolomela has given away 54 bursaries to learners from the Blinkklip, Ratang Thuto and Postmasburg High Schools since 2011 to develop, prepare and enable them for tertiary studies to follow any career and hopefully to join the Kumba talent pool when they have completed their studies.

As part of the bursary programme, participants will do a reading course as well as English, Mathematics and Science classes to aid their cognitive development. Emotional development courses throughout the year will also be provided to enable them to, among other things, motivate themselves and effectively cope with pressure. Furthermore, in order for them to develop their career interest and provide exposure to engineering, geology and surveying, they will attend the University of Pretoria’s engineering week, go on a mine tour and do career guidance

psychometric assessments. Health assessments are also provided as part of physical support. This year, the programme is available to any learner of these schools from gr. 9 to gr. 12 who achieved 60% for Mathematics and Physical Science at the end of the previous year. With this scholarship, learners have the opportunity to receive cognitive, emotional and social support that will aid in improving school achievement in order for them to study after school. Aart van den Brink, general manager of the Kolomela Mine,

says Kumba is committed to furthering social development of the communities around its operations. “We are committed to contributing to the steady supply of suitably qualifed professionals from Postmasburg in future as well as providing access to high-quality training, which is a key attraction and retention tool for us as a company. Uplifting the youth by providing a bursary programme like this, is one of Kumba’s strategic initiatives, and we are proud of the successes that this programme has already demonstrated.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Bloedskenkers nodig DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig skenkers. Almal word aangemoedig om bloed te skenk. Diegene wat graag wil bloed skenk, kan Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook Vrydae tussen van 09:00 van 17:00 by die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture geleë. Rig navrae aan suster Ansie Klemp by 082-305-4249.

DAWIE LOMBAARD, die held van die dag.

TIGGER die kat met hoogtevrees.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

DIE bykans ses meter hoë boom waaruit Tigger gered is. Hier klim Dawie Lombaard na die kat toe. Foto’s: Verskaf

Boom kat se moses Benneli Olivier Van der Walt DAAR is nog barmhartige Samaritane in Kathu. Só het Sonja Schloms verlede naweek uitgevind toe haar kat, Tigger, byna agt uur in ’n boom vasgesit het. Tigger het by vriende van die Schlomse oorgebly. Omstreeks 10:00 het die kat uit

die oppasser se arms gespring en in ’n ses meter hoë boom geklim. Daarna het die kat vreesbevange in die boom gebly sit toe dit besef dit is nie so maklik om af te klim nie. Nadat Schloms by die vriendin se huis aangekom het om die kat huis toe te vat het sy haar onder die boom aangetref. Hier het sy heeltyd vir Tigger

gewag om terug aarde toe te keer. Scholms het Dawie Lombaard van Kathu omstreeks 17:30 gebel om te kom probeer om die kat uit die boom te red. “Hy is bang vir niks nie,” sê Scholms. Sonder om te huiwer het Lombaard in die boom geklim en die benoude kat gered. Die Scholmse bedank Lombaard van harte vir sy goeie daad.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Vroueregte nóú in kollig MET die onlangse nuusstorm rondom die Oscar Pistoriushofsaak kyk die wêreld ook weer na vroueregte en die veldtogte teen geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Tydens Pistorius se verhoor het die ANC-vroueliga sy ondersteuning buite die hof vir die regte van vroue oor Suid-Afrika heen gegee. Die liga het ook alle vorme van geweld teen vroue veroordeel en die geval van Reeva Steenkamp as voorbeeld voorgehou. Van die lede is opgemerk waar hulle ’n foto van Steenkamp op hul lapelle vasgesteek het. Die regter wat die Pistoriussaak behartig, regter Thokozile Masipa, is bekend daarvoor dat sy nie skroom om streng vonnisse te gee weens oortredings teen vroue en kinders nie. Vroueregte-aktiviste het regter Masipa se betrokkenheid by die saak verwelkom nadat sy in 2013 die berugte verkragter Shepherd Moyo tot 250 jaar tronkstraf gevonnis het. Sy het ook ’n polisieman, wat sy vrou vermoor het, tot lewenslank gevonnis. “Jy verdien om die res van jou lewe in die tronk te sit, want jy is

’n moordenaar, nie ’n beskermer nie,” het sy gesê. Regter Masipa is ’n voormalige joernalis wat op 34 ’n prokureur geword het. Sy het 15 jaar gelede Suid-Afrika se tweede swart regter geword. Die Pistorius-hofsaak sal nie net ’n keerpunt in haar loopbaan wees nie, maar ook in die Suid-Afrikaanse regstelsel as ’n geheel. Die hele wêreld het nou dié regstelsel onder oë weens die regstreekse televisieuitsendings van dié verhoor. Die jurie-stelsel is in 1969 uitgefaseer. Regters mag egter assessore vra om bewysstukke te help evalueer en te verduidelik – iets wat regter Masipa van die begin van die verhoor af gedoen het, hoewel hul identiteit in party gevalle beskerm word. Steenkamp, wat verlede jaar op Valentynsdag deur Pistorius doodgeskiet is, word deur vriende, familie en kollegas as ’n spontane mens beskryf wat niks in haar pad na sukses laat staan het nie. Steenkamp was ook in die veldtog teen geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika betrokke.

Gesinne moet saam lag . . . en saam huil Lizette Slabber EK is mal oor die Oscars. Net soos my man vasgenael sit voor die Superrugby-wedstryde sit ek amper deur die nag en kyk wie dié gesogte goue beeldjie wen. My liefde vir flieks kom al van kleintyd af. Ek het elke Sondagmiddag wanneer my ouers ’n middagslapie geniet het eers R5 en later R7 in my sak gesteek, my fiets gevat en videowinkel toe gery. Dan het ek teruggery huis toe met eers ’n Betamax-video en later ’n VHS-video, swaaiend in ’n plastieksak oor die handvatsel van my fiets. My ma het dié liefde vir flieks aan my oorgedra. Van my gelukkigste kleintydherinneringe is die aande dat ek en sy gesit en fliek kyk het, terwyl my pa lekker in die leunstoel geslaap het. Sy het my aan tydlose treffers soos Gone with the Wind, Doctor Zhivago, Steel Magnolias en The Sound of Music bekend gestel. Ons het die sneesdoekies heen en weer aangegee terwyl ons hard probeer het om sagter te snik sodat ons darem kon hoor wat die mense in die moewie sê. Ons het die lagtrane net so lekker afgevee.

Menige aand het sy as die laaste name oor die skerm gerol het na my gekyk terwyl sy die trane afgevee het en snikkend gesê: “Dit was nou ’n mooi storie”. Ek het my liefde vir fliek ook aan my kinders oorgedra. Ons is mal daaroor om ’n groot krismisbed voor die televisie te maak, ’n klomp DVD’s te huur en tot laat in die nag fliek te kyk. Dan hou ons sommer terselfdertyd ’n piekniek op daardie groot krismisbed. Dit was vir my heerlik om hulle op my beurt aan flieks soos Mary Poppins, E.T., The Princess Bride en The Goonies bekend te stel. ’n Oomblik saam met van my kinders tydens ’n fliek wat ek saam met my sal dra totdat ek aftree, is toe ons The Big Miracle gekyk het. Aan die einde van fliek het drie betraande gesigte na my gedraai en my dogtertjie het snikkend gesê: “Dit was nou ’n mooi storie”. Almal sê gesinne moet saam lag, maar soms kan hulle maar saam huil ook.

‘Daar gaan my middagete!’ ’n JAGLUIPERD in die Kgalagadi­oorgrenspark jaag ’n trop springbokke. Dit was in die middel van die dag en erg warm en die jagluiperd was ’n bietjie lui. Foto: Ilse Watson

Kies die weg van God, nie mag Ds. André de Villiers MATTHEUS 2:16-18: Hierdie verhaal word net deur Mattheus vertel. Daar is ook nie buite-Bybelse bronne wat hieroor skryf nie. Mattheus noem dit waarskynlik om vir die Jode te wys op die ooreenkoms tussen Moses (kindermoord) en Jesus. Verder gaan dit ook oor die maghebber (farao/Herodes) en die magtelose (Moses/Jesus) en die goeie nuus dat verlossing uit die onverwagse en magtelose kant kom. So verkondig Mattheus aan ons die doelbewuste prysgawe van mag, wat ons in die Jesusverhaal kry, teenoor die doelbewuste gryp na mag en misbruik van mag, wat ons in die Herodesverhaal vind. Hoe staan dit met mag en magsmisbruik in ons leefwêreld? Dit is natuurlik vir ons om mag te probeer behou. Niemand is bereid om mag af te staan nie, want dit is lekker om in beheer te wees. Niemand sal kies om ’n vlugteling te wees as jy ’n veilige plekkie het nie. Of is jy bereid om met jou huiswerker plekke te ruil? Ook in ons samelewing het ons duidelike maatskaplike lae wat

15/29 N-10

16/30

17/31

NNO-10 NNO-10

gepaard gaan met mag. Almal bestee tyd daaraan om op te beweeg in hierdie rangordes van mag. As jy ’n klerk is, wil jy ’n opsigter wees, as jy ’n opsigter is, wil jy ’n bestuurder wees, as jy ’n bestuurder is, wil jy ’n direkteur word. Daar is eenvoudig magskategorieë en ons samelewing word daarvolgens georden. Die moeilikheid met mag is tweeledig: ) As jy dit het, word dit as vanselfsprekend aanvaar. Jy bevraagteken dit nie. Jy groei daarin en lewe daarvolgens, en ) Dit is verslawend. Dit is lekker. Niemand wil dit prysgee nie. Daarteenoor het ons baie slim maniere ontwikkel om die magsbalans wat daar is, in stand te hou en te beskerm. 1. Ontken die probleem: Ons probleem is nie rassisme nie, dit is regstellende aksie. 2. Plaas die skuld op die slagoffer: As vroue net minder uitdagende klere wil aantrek, sal daar

15/26 N-15

15/28

16/28

NNO-10 NNO-10

minder verkragtings wees. 3. Noem dit iets anders: So word geslagsongelykheid afgemaak as die aangebore stryd tussen die geslagte. 4. Dit is beter so: Waar sou ons gewees het as daar nie apartheid was nie? Ons stoot die probleem van magsmisbruik van onsself af weg. Ons haal ons skouers op en sê dis nou maar hoe die lewe is. Die uitdaging lê voor elkeen van ons om te kies: Volgens watter een van hierdie verhale gaan ek my lewe rig? Die natuurlike uitweg is om maar saam te gaan met die maghebbers. Dit is die weg van die minste weerstand en in lyn met die natuurlike vloei van dinge. Die evangelie maak dit duidelik dat die weg wat God kies en wil hê ons moet kies die ander een is. Die weg van die doelbewuste prysgee van mag, die weg van doelbewuste bemagtiging van die wat verwerp word en verstote is. ’n Keuse vir Jesus en sy evangelie is ’n keuse teen elke oorheersende en onderdrukkende magstelsel. Dit verg dat jy sal standpunt inneem teen gewilde neigings.

17/35

17/34

18/35

NW-5

NNW-5

NW-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

OATLEY COETZER was een van die maandwenners in die 2011­kompetisie. Die Kalahari Bulletin begin vandag weer ’n fotokompetisie vir al sy plaaslike amateurfotograwe. Foto: Oatley Coetzer

5

SUSAN MYBURGH was die eerste maandwenner van die 2011­kompetisie met die foto Skadu’s en Lyne. Stuur nou jou landskapfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com. Foto: Susan Myburgh

Jou kiekies kan groot pryse wen Lizette Slabber STUUR dadelik jou pragfoto’s vir die Kalahari Bulletin, want die koerant begin vandag ’n splinternuwe fotokompetisie. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Die tema vir Maart is Landskappe. Elke maand sal daar uit die inskrywings ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die

beste foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys gaan wen. Hou die Bulletin dop vir die groot pryse wat met die wenfoto’s gewen kan word. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word. Die foto wat die meeste “likes” op

Facebook kry, sal ook ’n prys wen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com voor 31 Maart. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die

e-pos geheg wees. Verskaf asseblief ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Geen professionele fotograwe mag hulle inskryf nie.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

LEEFSTYL

Klink ’n glas hierop Regte sorg vir BLOED drup-drup op die vloer. Daar is ’n hand met ’n vleiswond groot genoeg vir ’n vlermuis om in nes te maak. Angstige helpers soek verbande, terwyl kreungeluide van ware pyn oor jou lippe kom. En al wat ek probeer doen het, was om ’n wynbottel oop te maak. Toe gly die kurktrekker, die skerp staalskroef tref ’n weerlose hand en die res is ’n bloederige geskiedenis. Wyndrinker, wees asseblief versigtig. Benewens bogenoemde voorbeeld, is daar ’n rits beserings wat jy kan opdoen deur jou gunsteling-tydverdryf aan te durf. Vonkel-vonkel-kolskoot Dié besering is algemener as wat vermoed word. Die skuldiges is ’n oorywerige partytjiedier en ’n bottel vonkelwyn. Dié partytjiedier, wat oorkant jou sit of staan, pluk roekeloos die foelie van die bottelnek af en begin dan om sorgeloos en in regte partytjieluim die draad om die kurkprop af te ruk. Wat die outjie nie verstaan nie, is dat daar drukking binne die bottel ontstaan weens die gas wat die vonkelwyn sy vonkel gee. Sodra die draadbeskerming van die prop dus af is, is daar ’n gesonde pop-geluid, gevolg deur die knoetserige prop wat sierlik deur die lug trek en jou teen die voorkop tref met die krag van ’n gholfbal wat deur ’n tweehout geslaan is . . . eina.

’n Kishou vir die rug ’n Man het ruggraat nodig om ’n kis wyn as geskenk te aanvaar of om die hemelhoë pryse te betaal wat sommige wynkelders vandag vra. Dit is dus te verstane dat jy met doelgerigte ywer die kis wyn sal wil optel en in jou motor laai om te verseker die geskenk of aankope kry nie voete nie. Let daarop dat ’n kis wyn met 12 bottels maklik 18 kg weeg. En in jou ywer om af te buk en jou buit op te tel gebeur dit gereeld dat die optelslag dieselfde invloed op jou rugwerwels het as wat ’n Eben Etsebeth-skouerduik sou hê. Anders as Eben, is jy nie meer vandag se kind nie. Dis seer. Verkeerde lugweg Gulsigheid is werklik nie só ’n groot sonde nie. Veral as die gasheer ’n spoggerige, duur wyn tafel toe bring, want jy is immers die gas en geregtig op jou regverdige deel. Jy het dus al geleer hoe om jou glas gevul te hou en vinnig af te sluk sodat jy jou demokratiese kans kry om meer van die kosbare Kanonkop Black Label Pinotage of Waterford The Jem te drink as jou minder-waarderende tafelgenote. Wees net versigtig vir wyn wat in jou haas in die “verkeerde keelgat” afgaan. Nee, jy ken nie die korrekte mediese terme nie. Wat

wel bekend is, is die versmorende gevoel van ’n mond vol wyn wat te vinnig gesluk word en jou laat stik. Jy gryp eers met oë wat traan na ’n servet en skud jou kop verwoed wanneer iemand vra of jy “oukei” is. Maar dan trek jou keel toe en jy maak die benoude kreet van iemand wat verstik. Dit is dan wanneer jou besorgde gasheer opstaan en jou galant tussen die blaaie slaan met die krag van ’n perd se skop. Dan buk hy af en fluister: “Moenie weer al my d*nn*rse goeie wyn suip nie”. Jy sal nie. Verweerde elmboog Statistieke is ’n verstommende ding. Kyk byvoorbeeld die harde werk wat dit verg om wyn te drink. As jy ’n skamele twee glasies wyn per dag drink, lig jy omtrent 14 keer die glas na jou mond. Sê nou maar die glas wyn weeg ’n gemiddeld van 120 g beteken dit dat jy in een jaar meer as 600 kg met daardie drinkarm lig. Geen wonder nie dat ’n mens ná 15 jaar ontdek dat die elmboog van jou drinkarm nie meer so lekker wil werk nie. Die verweerde skarniere en ontsteekte senings mag medisyne verg en die ongerief is permanent, maar gelukkig nie verlammend nie. As daar nou een pyn is wat die moeite werd is om te kry is dit wynpyn. Gesondheid!

wonde kritiek Yolandi van Deventer

GOEIE nasorg van ’n wond is van uiterste belang om komplikasies te voorkom. Ná chirurgie is dit beter om die wond te los totdat die dokter dit self oopmaak en evalueer. Op ’n mens se hande en onder die naels kom daar baie organismes voor wat, indien daar nie asepties (skoon) met die wond gewerk word nie, infeksie kan veroorsaak. Infeksie het tot gevolg dat die wond langer neem om te genees, dit lei tot verlengde pyn en ongemak vir die pasiënt. Daarmee saam gaan verhoogde mediese koste aangesien die pasiënt moontlik langer in die hospitaal sal moet bly, of dan duurder wondsorgprodukte moet gebruik. In party gevalle mag dit dalk gebeur dat wondversorging op aanvraag van die dokter tuis sal moet geskied. In so ’n geval is dit belangrik dat iemand aan die persoon wat die wond gaan skoonmaak, moet demonstreer hoe presies om te werk te gaan om sodoende komplikasies te voorkom. Eerstens is dit belangrik om te vra of die wondbedekking waterdig is of nie. Dit sal beïnvloed of die pasiënt kan bad of stort of liewers net moet was sonder om in water te lê. Verder moet daar seker gemaak word waarmee die wond skoongemaak moet word. Gewoonlik is steriele soutwater of ’n chlorhexidine-oplossing die beste om te

gebruik. Vermy oor-die-toonbankmiddels vir groot, gekompliseerde wonde aangesien dit weefselskade kan aanrig. Maak ook seker watter soort salf (indien enige) op die wond gesit moet word en waarmee die wond bedek moet word. Wondversorging moet altyd met handskoene aan gedoen word. Dit is baie belangrik om te evalueer vir tekens van infeksie in die wond wat insluit: oormatige pyn, rooiheid, hitte (die vel om die wond), afskeiding, onwelriekende wond en koors (in sommige gevalle). ’n Dokter moet gekontak word indien die pasiënt koors het. Wees bedag daarop om baie noukeurig die instruksies van jou dokter te volg rakende jou wondbehandeling en kontak hom of haar indien jy enigsins onseker is. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.

KALAHARI BULLETIN het ’n Facebook-blad. Al die nuutste berigte word op die Facebook-blad geplaas en dit verskaf ’n skakel na die berigte op die webblad. Gaan na www.facebook.com/kbulletin.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

12 - 16 March 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

5490

3990

per kg

! S G N I V SA

per kg

Beef Mince Mix

Texan Steak

Lamb Lion Rib Chops

20

6290

R

per kg

per tray

Large Eggs 18’s

16990

Lamb Stew

per kg

each

25

R

Royal Gala Apples 1,5kg

7

each

5for

90

Rainbow Simply Chicken Viennas 500g

per pack

t Assorted

Bananas 750g

R

20

Avocado’s

Not Available In Kathu Village

or we’ll BEAT it*

2for

per pack

Dairy Corporation Full Cream or Low Fat Milk 2l

nyw here e a op h s y h w e, lu va ch u m o W it h s

Whole Beef Biltong

1690

1650 2390

7990

per kg

3for

24

R

Pineapples

lse?

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

FOKUS OP BUCO

BUCO – nou groter en beter OP 14 Maart is dit eindelik tyd vir die opening van BUCO se nuwe winkel in Kathu. Die BUCO-span berei reeds geruime tyd voor vir die nuwe winkel van 5 135m² wat ’n bykomende 11 000 produkte gaan huisves. BUCO gaan nou aan die mense van Kathu en omliggende gebiede ’n wyer verskeidenheid verf, tuinprodukte, boumateriaal, elektriese en loodgietersware as voorheen bied. Boonop gaan dit die grootste reeks kraggereedskap in Kathu aanhou. Dié nuwe winkel gaan ook met ’n groothandelskroewe-en-moere-afdeling spog waar klante aankope per kilogram kan doen en só spaar, sowel as kan kies uit ’n wye reeks spesialis-sweistoerusting. Meer ruimte beteken ook meer produkte wat in voorraad aangehou kan word, en dit verbeter dienslewering aan klante. Die dag beloof om ’n opwindende geleentheid te wees met hope spesiale aanbiedings en aantreklike uitstallings van verskeie verskaffers, sowel as pryse wat op die dag gewen kan word. Johan Joubert, bestuurder van BUCO in Kathu, wil graag al die lojale BUCO-klante bedank vir hul geduld tydens die verhuisingsproses van die bestaande na die nuwe winkel en herinner klante daaraan dat die bestaande winkel ongelukkig op 12 en 13 Maart gesluit gaan wees. Hy raai klante aan om ’n nota te maak of om te onthou om op 14 Maart ’n draai by die nuwe perseel in die Heritage Square, hoek van Frikkie Meyer- en Rooisandstraat, te kom maak. Vir meer inligting bel Joubert by 082-920-2469.

DIE nuwe BUCO.

Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Doringfees, jou doring! Benneli Olivier Van der Walt DIE Volle Evangelie-kerk (VEK) Kathu het verlede naweek lekker tussen die kameeldorings feesgevier. Die kerk se Doringfees het gewemel van mense wat die stalletjies, kos en vermaak kom geniet het. Dit is op die kerk se terrein gehou. Daar was ’n geskarrel in die kombuis om braaivleis en bykosse aan die honger feesgangers te verskaf. Daar was ook ’n verskeidenheid kosstalletjies om van te kies en keur. Niemand was verveeld met al die verskil-

lende aktiwiteite vir oud en jonk nie. Mense kon verfbal-teikenskiet en daar was ’n springkasteel vir die jonges. Van die vermaak is deur Annemie van Huyssteen, ’n katagorie-wenner van Mevrou Verenigte Nasies, en Edmund Jones verskaf. Die Huppel Hasies- onafhanklike kleuterskool se pom-pon-meisies het die gehoor met ’n oulike dansnommer vermaak. Die Doringfees het geld vir die VEK Kathu ingesamel. Marietjie, die vrou van past. Alan Bam, sê die fees was ’n reuse-sukses. Sy bedank die mense van die gemeenskap van Kathu vir hul ondersteuning.

DIE gemeenskap van Kathu het die Volle Evangelie­kerk Kathu se Doringfees terdeë geniet.

SOETDORING­TUISGEBAK het lekker terte en koekies verkoop.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE pom­pon­meisies van die Huppel Hasies­ onafhanklike kleuterskool vermaak die gehoor.

Kyk gerus na ’n video op die webblad www.kalaharibulletin.co.za van die Huppel Hasies se dansnommer op verlede naweek se Doringfees.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

‘Hoeksteen’ bedreig Charné Kemp DIE Kalahari sal nie sy unieke karakter hê sonder die ikoniese kameeldoringbome wat soos beeldhouwerke op rooi duine pryk nie. Dié beskermde boom, wat as ’n hoeksteenspesie beskou word, word steeds deur te veel mense uitgekap. Kenners meen mense besef nie watter onmeetbare skade hulle aan hul eie omgewing en voortbestaan aanrig nie. ’n Hoeksteenspesie is ’n plant wat, relatief teenoor sy verspreiding, ’n ongewone groot invloed op die omgewing het. Hennie Erasmus, bekende omgewingskonsultant en beroepsjagter, se oë is op skrefies getrek wanneer hy oor die bedreiging van die boom praat. Hy is bekend daarvoor dat hy sowat drie uur oor dié boom, wat sowat 300 jaar oud kan word, kan praat. Die boom staan ook bekend as die mokala (Tswana), kanaap (Hottentot), camel thorn (Engels) en mpantsaka (Sotho). Die botaniese naam, Acacia erioloba, is afgelei van die harde saadhuid. In Botswana word die boom, waarvan die digte koelte as vergaderplek gebruik word, as ’n koninklike boom beskou. Dit kom voor in Suid-Angola, Namibië, dele van Botswana, Suidwes-Zimbabwe, die noordwes-dele in Suid-Afrika en Suidwes-Mosambiek. “Die boom ondersteun verskeie plant- en dierespesies en verryk die grond in ’n dorre landskap wat oënskynlik onherbergsaam is,” sê Erasmus. Die ontploffing van mynboubedrywighede, gepaardgaande verstedeliking en die soeke na alternatiewe energiebronne, maak die boom kwesbaar.

Die boomslagting

’n Eeu en ’n paar dekades gelede het diamantdelwers en handelaars al die kameeldoringbome om Kimberley uitgekap. Bome is afgekap en gebruik vir waens, brandhout en stutte in myne. Kameeldoringtakke dra steeds die dak van die Moffat-sendingstasie in Kuruman. Handelaars met ossewaens het ’n week geneem om van Kimberley tot in Kathu en Postmasburg en terug te ry om bome af te saag. Die hout is ook as brandstof vir masjiene by die diamantmyne gebruik. Omdat die boom so stadig groei, is sy hout dik en brand lank. Die grootste bome is dieper in die Kalahari waar die handelaars nie was nie.

Nou beskerm

Deesdae word alle kameeldoringbome, dood of lewend, beskerm. Kameeldoringbome het penwortels wat tot 60 meter diep groei en bome kan tot 16 meter hoog groei. “Bome waarvan die wortels op ’n sekere vlak rondom ’n oopgroefmyn is, vrek van dors weens die grootskaalse wateronttrekking.” Die afgelope jaar se droogte het ook die bome se voortplanting beïnvloed. Daar is min peule aan die bome. Die droogte het dalk veroorsaak dat die peule geaborteer is om nie energie te vermors nie. Die sade kan dekades lank in die sand oorleef en ontkiem wanneer toestande baie gunstig is. Bome vrek darem ook van natuurlike oorsake, veral as hulle deur ’n weerligstraal getref word of van brande, of wanneer ystervarke die bas afvreet. Soms moet hy met sy eie spesie vir kruin-ruimte meeding. Die

boom wat uiteindelik bo die groep uitkom en die meeste lig kry, oorleef. Jong bome word deur bokke omgestoot om by die blare uit te kom. Wurmplae kan ook die boom bedreig. Luidens ’n inligtingstuk wat deur Tania Anderson saamgestel is, bevat peule sowat 10% tot 20% proteïen, wat dit baie voedsaam vir diere maak. Lewende bome is ook ’n fantastiese habitat vir ander wesens. “Aasvoëls maak hul neste in dié boom weens die hoogte bo die grond en sy plat kroon. Versamelvoëls en koringvoëls se grasneste anker goed teen die growwe bas en dik stamme. Kewers boor in die dorings om hul eiers te lê, wat die doring laat verdik. Haarwurms spin kokonne in die takke. Reptiele en boomrotte vreet, soos wild, die peule. Miskruiers gebruik dié bokke se mis om hul eiers in te lê. Wilde katte, soos luiperds, gebruik die boom vir beskutting en om prooi te vreet.”

KEWERS het in die kameeldoring se doring ingeboor om eiers te lê. Dit het ’n irritasie veroorsaak wat die doring laat verdik het.

DAAR is vanjaar weens die droogte nie baie peule aan sommige kameeldoringbome nie.

Foto’s: Emile Hendricks

YSTERVARKE het al die onderste bas van dié kameeldoringbome afge­ vreet. Die bome sal waarskynlik nou vrek.

DIÉ droë bome in die Dooie Vallei in Namibië pryk soos beeldhouwerk. Foto: Charné Kemp

DIÉ kameeldoringboom in die Dronfield­natuurpark is dood nadat dit deur weerlig getref is. Hennie Erasmus bekyk die skade.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

THE GDF interns with their certificates. From the left are Lorato Magida, Monei Tonyane­Monchwe, Meagan Julius, Lepulane Maboshego (GDF CEO), Delicia Cloete, Oddette Hantise and Phemelo Phakedi. Photo: Supplied

THE Gamagara Development Forum (GDF) held a farewell event at the Namakwari Lodge for its recent interns who had successfully completed their one-year internship programme. The interns, Delicia Cloete (finance), Lorato Magida (personal assistant), Odette Hantise (reception), Meagan Julius (welfare, humanitarian and health care), Monei Tonyane-Monchwe (safety) and Phemelo Phakedi (infrastructure, land and housing), got to sit around the table with their colleagues. Their supervisors, Lepulane Maboshego, (CEO of the GDF), Thami Mgcina, (financial manager) and Tshenolo Mampe (project manager) joined them for the event. Experiences were shared and even a few tears were shed. The interns received certificates of completion for their one-year internship contract. GDF has prioritized education as its most important focus area. In this regard GDF has invested in the youth of Gamagara with the internship programme, which involves creating temporary work opportunities for unemployed youth graduates of the Gamagara communities, using the “work-skills development” concept. The aim of the internship programme is to equip members of the Gamagara area with vast qualities to help them advance in the work environment, as well as to arm them with the necessary competitiveness that is advantageous in the various industries. This initiative has been operational for a year and it has proven to be successful. Overall, the interns are happy with the exposure to skills and training that they received at the GDF and extended their sincere gratitude to the management for the experiential opportunity. They comprehend the difference that the training they have gained here will have in their future endeavours in the work environment. The GDF team would like to extend a word of thanks to all the interns for their contribution to the work done and the great efforts put in. Mqcina wished the interns the best of luck for their future. He added that he believed that they would be successful in their respective careers. “We would like to wish you all the best from here on and may you prosper to greater heights.”

HALLEY’S COMET.

Photo: Supplied

Today in history 1759 – 27th recorded perihelion passage of Halley’s Comet. 1781 – Sir William Herschel sees “comet” (really discovered Uranus). 1887 – Chester Greenwood of Maine patents earmuffs. 1888 – De Beers Consolidated Mines Ltd is founded to exercise control over diamond production in South Africa. 1900 – British troops occupy Bloemfontein, Orange Free State. 1935 – Driving tests introduced in Great Britain. 1991 – The ANC meets government officials. ) Sources: www.historyorb.com and www.sahistory.org.za

' MW XLI IRIVK] WEZMRK XIQTIVEXYVI XLMW WYQQIV MOHLALENG_1820_E1

Goodbye, interns

)WOSQ [SYPH PMOI XS MRZMXI EPP 7SYXL %JVMGER VIWMHIRXW XS NSMR XLI GSPPIGXMZI IRIVK] IJ½GMIRG] HVMZI this summer, by setting your home’s air-conditioner to a cool 23°C. Ensure the air-conditioner is off in unoccupied rooms or alternatively open windows and doors to keep cool. By using these simple tips, you’ll be helping ease the pressure on the national power grid and you can save up to 10% on your electricity bill. *SV QSVI WEZMRK XMTW ERH MRJSVQEXMSR SR )WOSQ´W IRIVK] IJ½GMIRG] TVSKVEQQIW JSV XLI LSQIS[RIV ZMWMX [[[ IWOSQ GS ^E MHQ

Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

VAKANSIE & REIS

BETREKKINGS 3600

SOSIAAL & ONTSPANNING

AKKOMMODASIE

1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.

ALGEMENE & HUISDIENSTE DSTV/TV/DVD DIENSTE

Akkomodasie te huur: Hartenbos. Slaapplek vir 4 in vieligheidskompleks. R600/dag. 20 minute vanaf George. 031 270 6664. GASTEHUISE/ B&O/HOTELLE 2625

Guest house in Kuruman. 7 en-suite bedrooms, erf size 1927 sq m. Borehole. On road parallel to Main Road. 079 798 3970. VOERTUIE

1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

1989 Conquest, R19 500. 1992 Golf, R16 500. 1992 Jetta, R16 500. 071 967 0285. 1994 Uno, R11 500. 1985 Ford, R12 500. 1985 Mercedes, R8 500. 071 967 0285. 1995 Hilux, 2400, R29 500. Isuzu, 260, R29 500. 1998 Colt, 2000, R29 500. 071 967 0285. 2002 Golf 4, R38 500. 2001 Mazda, R32 000. 2001 Ford Fiesta, R25 000. 071 967 0285. NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.

MOTORS TE KOOP 3025

2008 GWM Multiwagon 2.2 te koop, ±80 000 km. Goeie toestand. Skakel 0723884426/0723002645 SLEEPWAENS 3040

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de-handse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.

EIENDOMME

SAKEPERSELE 3215

VOLWASSENES

POSTMASBURG: Kantoorruimte te huur. Ongeveer 70 vk meter. Lugversorging, alarmstelsel, eie krag, aparte kombuis. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 406 8526 of 083 305 0083. Shop to let: Shop 20, Village Mall in Kathu,72 m2. Immediate occupation.Call Jarque on 082 259 7446.

PRIVAAT 2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

AIDA KURUMAN WOONSTEL TE HUUR: 2 slaapkamers, 1 badk, sitk en kombuis, skadunet. Geen diere. Dadelik beskikbaar. R5 500 p.m. Oumawoonstel: 1 slk, kombuis, badk. Geen diere. Dadelik beskikbaar. R5 500. SKAKEL ANNATJIE 076 395 9422.

TE HUUR

LANDBOU

3205

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

ADMINISTRATIEF 3605

2635

LUUKSE OORNAGKAMERS te huur. R600 per nag, B & B. Veilige parkering. Skakel 082 260 2181.

HUISE TE HUUR 3270

KURUMAN: 3-slaapkamer-/2-badkplus 2 twee-slaapkamer-houthuise te huur. Huis is loopafstand van Palmgate-sentrum. Skakel 073 870 3269. KURUMAN: 3 slaapkamers, 2 badkamers. Beskikbaar 1 April. Skakel Martin 078 477 7392.

ADMIN. COPY/PASTE WORKERS NEEDED: For info SMS full name, address to 084 904 6873 or email hubdata555@gmail.com

ALGEMEEN 3680

GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339. HUISWERKER BENODIG: Moet goed kan stryk. Skakel 071 361 2522. TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone 053 723 1717/082 578 5215 Hester. It can change your life.

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

GB Makoku In the estate of the late Gobatlwang Beginning Makoku, identity number 570815 0945 080 and surviving spouse Michael Mmolai Makoku, identity number 5504015793 082 of House E25, Tsineng Village. Estate number: 3237/2013 All persons haveing claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 14 March 2014. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

MM Obuditswe logo In die boedel van wyle Mphuphulolang Matthews Obuditswe, identiteitsnommer 500606 6447 089, en nagelate gade, Gaolese Mary Obuditswe, identiteitsnommer 520219 0288 081, van No 18B Cahar Village Mothibistad. Boedelnommer: 3565/2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Maart 2014 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8450

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

ENIGE van Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboek-gebeure op die webblad www.kalaharibulletin.co.za. Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin.

VAN links is, voor: Elseri Pienaar, Lieben Engelbrecht en Nicola du Plessis; agter: Ruan le Roux, Mia Benade, Jenny Steenkamp en Francois du Plessis. Foto: Verskaf

Jonges tuis in water SWEMMERS van die Laerskool OranjeNoord het van 8 tot 11 Januarie aan die Noord-Kaapse swemkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Jenny Steenkamp is as die beste o.13meisieswemmer en die victrix ludorum op die byeenkoms aangewys. Sy is gekies om

as lid van die Noord-Kaapse span aan die 4+1- interprovinsiale gala deel te neem. Met Jenny, Francois du Plessis en Lieben Engelbrecht se deelname aan die vlak 2-swemkampioenskapsbyeenkoms in Sasolburg het hulle vir vlak 2 gekwalifiseer.

Nuus, foto’s vroeg benodig WEENS die vakansiedag op Vrydag 21 Maart moet die verskillende uitgawes van die Kalahari Bulletin vroeër beplan en voltooi word. Nuus en foto’s vir die uitgawe van Donderdag 27 Maart, wat skole en

instansies graag in dié uitgawe wil hê, moet die onderskeie redakteurs nie later nie as Donderdag 20 Maart (voor 12:00) bereik. Sien die verskeie redakteurs se kontakbesonderhede op bl. 4.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Kleuters leer van tande Mariska Fischer

SMILEY DIE TANDMUIS het die Preprimêre Skool Pikkie Pret verlede week besoek. Smiley en dr. William Walker, wat ook as dr. Von Tooth bekend staan, het goeie tandhigiëne aan die leerlinge verduidelik. Die vriendelike tandmuis het die leerlinge ’n liedjie oor skoon tande, asook ’n oulike dansie, geleer. Almal kon ’n foto saam met Smiley neem om hulle te help onthou tande borsel is baie belangrik.

DR. WILLIAM WALKER, oftewel, dr. Von Tooth, het die leerlinge geleer hoe om hul tande mooi op te pas.

JOZETTE BURGER (links) saam met Smiley die tandmuis en Mariska Fischer.

ANNETJIE ROUX (links) saam met Annika Greyvenstein by Smiley die tandmuis.

NOMINATION OF CANDIDATES FOR THE APPOINTMENT TO THE NORTHERN CAPE PROVINCIAL SUBSTANCE ABUSE FORUM (PSAF) IN TERMS OF THE PREVENTION OF AND TREATMENT FOR SUBSTANCE ABUSE ACT, 70/2008

DIE leerlinge het stroopsoet gesit en luister na dr. Von Tooth en Smiley oor hoe om hul tande mooi op te pas. Foto’s: Verskaf

LAST week members of the Gamagara Municipality’s cleaning crew picked up rubbish in Kathu. This cleaning operation forms part of the municipality’s effort to keep Kathu clean. These workers braved the hot Kalahari sun to clean up Frikkie Meyer Street. They are from the left, front: Dorah Moagi, Thapelo Diseame, Naledi Motihwaepe and Comfort Galoi­ tsiwe; back: Confidance Ntupe, Mosadiotswe Thaole, Goitseone Skyman, Shiela Masego, Ketshepaone Peni and Simon Mokwene. Photo: Benneli Olivier van der Walt

In terms of section 57 of Act 70/2008, the MEC must establish a PSAF through the appointment of PSAF members representing different stakeholders in the field of substance abuse prevention. The PSAF is a statutory body established in terms of Act 70/2008. The MEC for Social Development invites persons and stakeholders to nominate suitably qualified persons to be considered for appointment to the PSAF. Civil society and expert nominations are awaited from each of the following categories: N Community action groups N Research institutions N Substance abuse treatment institutions N Non-governmental organisations N Business community Terms of reference for PSAF members N Members of the PSAF will serve a term of five (5) years. N Members are required to serve in their capacity and act in the best interest of the people of the Northern Cape and function in accordance with the Act. N Members will perform the following functions of the PSAF, as set out in Act 70/2008: M Strengthen member organisations to carry out functions related directly or indirectly to addressing the problem of substance abuse; M Encourage networking and the effective flow of information between members of the Forum, M Assist Local Drug Action Committees established in terms of section 60 in the performance of their functions; M Compile and submit an integrated Mini Drug Master Plan for the province for which it has been established; M Submit a report and inputs by no later than the last day of June annually, to the Central Drug Authority for the purposes of the annual report of the Central Drug Authority; and M Assist the Central Drug Authority in carrying out its functions at a provincial level. N Members will be required to attend PSAF meeting and perform tasks, in between PSAF meetings, as decided in PSAF meetings. N The PSAF meets four (4) times a year. N Members must have special knowledge of and experience in the field of combating substance abuse. N The PSAF will consist of representatives of relevant provincial government departments and law enforcement agencies. N Civil society and expert members will be reimbursed for transport and subsistence while attending PSAF meetings. Note: Preference will be given to candidates whose appointment will enhance representivity. Candidates will be subject to security clearance. Correspondence will be limited to short-listed candidates only. Short-listed candidates will be subjected to an interview as part of the selection process. Nominations must be done on a completed official nomination form (available on the departmental website: http:// socdev.ncpg.gov.za/ and at all District Offices) and must be accompanied by a CV of the nominee. Nominations that do not comply with the mentioned requirements will be invalid and will not be considered. Nominations with CVs should reach the Department of Social Development at the address mentioned below by no later than 31 March 2014. Nominations can be: Hand-delivered: The Head of Department: Department of Social Development Mimosa Complex 257 Barkly Road Kimberley Posted: The Head of Department: Department of Social Development Private Bag X5042 Kimberley, 8300 E-mailed: MFani@ncpg.gov.za

Building a Caring Society. Together

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 MAART 2014

Wen sy liga DIE o.15-krieketspan van die Hoërskool Kalahari het die goeie voorbeeld van die skool se eerste span gevolg en met die Hoërskool Kathu in die eindronde van die o.15-liga afgereken. Nadat die span ’n paar weke gelede teen die span van die Hoërskool Kathu in ’n ligawedstryd verloor het, is hy deur die eerste span se pragtige vertoning vroeër teen Kathu geïnspireer. Kalahari het eerste gekolf en 130 lopies in sy toegelate 30 boulbeurte aangeteken. Baie verblydend was die goeie vertoning van twee

gr. 9-leerlinge, Louis du Plessis en Henrico Theron, wat baie volwassenheid met die kolf getoon het. Layton van Zyl het ook waardevolle lopies met die wilgerlat behaal. Kalahari het toe vir Kathu in ’n baie spannende einde vir 124 lopies uitgeboul met Layton van Zyl wat drie paaltjies geneem het. Kalahari se o.15-span het die afgelope twee seisoene baie goeie krieket gespeel met veral Gerhard Gregory, Phillip Greeff en Jan-Hendrik Deetlefs wat gereeld uitgeblink het.

DIE krieketspan van die Hoërskool Kalahari wat die o.15­krieketliga on­ langs gewen het, is van links, voor: Shawn Grobler, John­William van Heerden, Henrico Theron, Hendri van der Merwe en Jaco Gregory; ag­ ter: Louis du Plessis, Gerhard Gregory, Layton van Zyl, Philip Greeff, Jan­Hendrik Deetlefs, Heinrich Fourie en Joe Swartz (afrigter). Christian Jansen van Vuuren is afwesig. Foto: Dalene Coetzee

Speel vir NK-span DIÉ leerlinge van die Hoërskool Kathu het op 1 Maart vir die Noord­Kaapse span tennis ge­ speel. Die Noord­ Kaapse span het die toernooi ge­ wen. Van links is Kyla Gricius (o.15), Waldo Wessels (o.15) en Henry Wolsten­ holme (o.17). Foto: Verskaf

Enige van die Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Stuur enige klub- of skoolsportnuus na benneli.vdwalt@volksblad.com. Die Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.