Kathubulletinka 20140319

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 MAART 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

DIE pragtige gholfbaan van die Sishen­gholfklub in Kathu waar die 2014­Kalahari­gholfuitdaagtoernooi beslis is. Lees meer en sien nog foto’s op bll. 19 en 20.

Foto: Ilse Watson

Toernooi ’n wenner Benneli Olivier Van der Walt en Ilse Watson

“MET genade van Bo en goeie spel beplan ek om my titel in die jaarlikse Kalahari-gholfuitdaagtoernooi te verdedig. Die baan is moeilik weens al die reën wat ons ontvang het,” het Brink Rautenbach van Kathu gesê. Rautenbach was die 2013-wenner van die Kalahari-gholfuit-

daagtoernooi wat vanjaar van 12 tot 15 Maart plaasgevind het. Dié toernooi is die belangrikste geleentheid op die jaarlikse program van die Sishen-gholfklub en ook die klub, waarvan Gerrit Vos die voorsitter is, se grootste toernooi. Dit is die 15de jaar dat die toernooi hier aangebied is en spelers van oor Suid-Afrika heen het daaraan deelgeneem. Daar was bekendes soos Justin Hobday en

Theunis Spangenberg. Maurice Prinsloo, ’n professionele gholfspeler van Kathu, het ook deelgeneem. Volgens Ronel Meyer, tesourier en organiseerder van die toernooi, het 253 spelers vanjaar deelgeneem teenoor verlede jaar se 240 spelers. Die wenners is Saterdagaand aangekondig. In die mansafdeling is Andrew Seme as wenner aangewys en Ansie Kruger was die wenner in die vroue-afdeling.

Die span van Hosch was die wenspan en die beste putjie is deur Toolquip en Allied geborg. “Daar was 45 borge en elke span het uit vier spelers bestaan. Daar was ook 48 individue wat vriende saamgebring het. Die inskryfgeld van R1 200 per span het die speelgeld en aandete vir elke speler ingesluit. Die borge het R7 000 per putjie betaal.” Reëlings vir die groot toernooi het reeds in November 2013 begin.

Dit kos R250 000 en alle geld wat deur spelers betaal is en van die borge ontvang is, is gebruik om die pryse aan te koop. Dié groot gebeurtenis is ’n groot geldelike inspuiting vir die ekonomie van Kathu en Kuruman. Die gastehuise in dié dorpe was 90% vol bespreek en spelers het geld in restaurante bestee en inkopies in winkels gedoen.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014 THE TEACH SA AMBASSADORS. In front: Lejamku Kgo­ mo; from the left, middle: Lovuyo Nots­ hokovu, Aluwani Nghonyama, Bongin­ kosi Thango and Mot­ seki Maine; back: Wil­ lie Henning (Tutorma­ gix) , Musa Konyana, Thamsanqa Kolele, David Nqwana and Elrinda Rost (The Khumani Superinten­ dent Enterprise De­ velopment).

LEARNERS of the Gamagara High School in Deben were excited to hear an inspirational talk and participated in the various academic games at the event. Photo’s: Benneli Olivier Van der Walt

New take on teaching Lejanku Kgomo LEARNERS of the various participating schools attended the Teach SA Ambassador’s School of Science presentation on 8 March at the Gamagara High School in Deben. The purpose the presentation was to introduce and host chess and Scrabble game tournaments for the learners. They also listened to an inspirational talk and received an effective study methods lesson fom Willie Henning of Tutormagix in Kimberley. The founders of the Ambassador’s School of Science are young, vibrant and determined Science graduates from across the country brought together by the Teach SA organisation. This project started as a simple discussion of the daily challenges faced during teaching. They discovered that the problem was equally distributed between schools in the area and that they needed a common solution to overcome these educational problems. The main objective is to extend the involvement in the exposure of learners to Physical Science and Mathematics. The Teach SA teachers have seen the need for social intervention in the education system after they had discovered that learners learn better if they are interested in the subject at hand. They learn faster when they don’t see the subject as school work, and learn best

Learners promote safety LEARNERS from primary and high schools in Kuruman have made a meaningful contribution in creating road safety awareness and won great prizes for themselves and their schools in a poster competition sponsored by Anglo American business unit, Kumba Iron Ore, and the Road Safety Management Corporation. Bokhutlo Sesinyi, the primary school winner of the Mahikaneng Primary School, and the high school winner, Thabang Segula of the Rekgaratlhile High School, each won a Wi-Fi 7-inch tablet and folio case. The

Mahikaneng Primary School and Rekgaratlhile High School each received a computer package comprising a pull-down screen, laptop bag, printing paper, projector, stereo speakers, Microsoft Office 2013 with a tutorial and antivirus protection, 100 compact disks, power surge protection, a laptop and a printer with extra toner. The competition was held in response to the recent request of Dipuo Peters, the minister of Transport, to help achieve the department’s goal to halve the number of people killed on South African roads.

Johan van Schalkwyk, general manager of Kumba’s Sishen Mine, congratulated the learners who had entered the poster competition that would contribute to safer roads in Kuruman. “As a mining company, safety is of great importance to us and we believe that sharing this principle with our communities will continue to benefit many people. This is why we chose to participate in this initiative. We all understand the importance of road safety and the winners clearly stood out in terms of the impact their posters had on promoting positive safety behaviour.”

from their peers through playing. Instead of the Teach SA teachers only using traditional teaching methods, they integrate learning and recreation. They hope that it will encourage learners to participate more in their schoolwork. The Teach SA teachers make it a priority to know their learners personally and so cater for a learner’s specific needs. As ambassadors for Science and Mathematics, it motivates them to teach the learners to be the best that they can be. Further motivation is providing incentives and self-motivation to the learners to intensify interest in Science and Mathematics in the Northern Cape. They currently focus on the following activities in their respective schools: ) After school and weekend extra classes; ) Scientific literature and mathematic vocabulary improvement games; ) Scrabble; ) Chess; ) Quizzes and spelling bees; ) Scientific inventions and finding solutions to real life problems (this includes debates).

‘A s a m i n i n g c o m p a ny, safety is of great impor­ tance to us and we believe that sharing this principle with our communities will continue to benefit many people.’ – Johan van Schalkwyk, general manager of Kum­ ba’s Sishen Mine.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Kathu het bloed nodig DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig skenkers. Almal word aangemoedig om bloed te skenk. Diegene wat graag bloed wil skenk, kan Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook Vrydae tussen van 09:00 tot 17:00 by die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture geleë. Rig enige navrae hieromtrent aan suster Ansie Klemp by 082-305-4249.

Dansers se passie(s) bring sukses Benneli Olivier Van der Walt SES van die Kathu- en Kurumanballetskool se dansleerlinge, onder leiding van Helene Olivier, gaan in ’n gewilde nasionale kompetisie die Noord-Kaap se naam hoog hou. Dié talentvolle dansers gaan aan die South African Association of Talent, Modelling and

Entertainment (SAATME) se Beyond 2000-kompetisie deelneem. Die kompetisie word van 4 tot 13 April in Rustenburg gehou. Die dansleerlinge is almal van Kathu en die omliggende gebiede. Bea Lubbe is van die Joshua’s Oath-skool buite Kuruman. Adina van Wyk, wat die hoogste punte in die keuringpro-

ANITA STEYN (links) en Adina van Wyk.

ses verwerf het, is van die Laerskool Kathu. Anita Steyn, Marga Boshoff en Danelle Venter is almal van die Hoërskool Kathu. Lara Kotze is van die Hoërskool Postmasburg. Indien die dansers vir die nasionale span gekies word, sal hulle aan die internasionale kompetisie in Hollywood gaan deelneem.

BEA LUBBE (voor) en Lara Kotze.

D ie d a n s le e r­ li n ge is a lm a l va n K a th u e n die omliggen­ de gebiede.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Uur koester moederaarde DIE jaarlikse Aarde-uur vind vanjaar op 29 Maart plaas. Mense gaan gevra word om hul ligte op dié dag tussen 20:30 en 21:30 af te skakel. Nie net word geweldig baie krag met die projek gespaar nie, maar bewustheid oor die aarde en sy probleme word ook bevorder. Met aardverhitting wat ’n wesentlike probleem is en nog groter probleme in die toekoms gaan veroorsaak, die energiekrisis en die druk op die aarde se natuurlike hulpbronne is dit tyd dat mense meer verantwoordelikheid vir die omgewing moet aanvaar. Mense moet besef hulle sal eienaarskap van die aarde, en spesifiek die omgewing waarin hulle bly, moet aanvaar. Ons woon in ’n landelike omgewing en is dus baie bewus van die impak wat die

veranderende weerpatrone op die landbou en volhoubaarheid het. Skakel die geiser bedags af, skakel onnodige ligte in die huis af, ry fiets en stap. Moenie vir elke kort rit in die motor spring en ry daarheen nie. Gebruik organiese produkte in die tuin en op landerye. Vermy chemiese middels om insekte en plae uit die tuin te hou. Lewe gesonder. Volg Vleislose Maandae en maak seker dat jy jou kinders leer om die omgewing te koester en dit te bewaar. Elke bietjie help. So, sit jou ligte af, steek die kerse aan en neem eienaarskap van die aarde. Gebruik sommer ook dié uur van donker om die regte boodskap by jou kinders tuis te bring.

Kleur lug na die reën in NA die reën kom die mooi. Ná ’n deurmekaar weerdag wat tussen sopnat en bloedig warm gewissel het, is die dag met die pragtige reënboog afgesluit. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Leef as beelddraer Speel gholf so sit-sit van God op aarde Ilse Watson

Ds. Pieter van Zyl GENESIS 1:27-28: God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Om mens te wees en nog boonop God se kind, is baie spesiaal. Dit beteken dat jy onder die genade van die Here staan. Dit beteken ook dat Hy die reg het om verantwoordelike optrede van jou te verwag. God het jou met ’n lewensdoel gemaak – om ’n stukkie van sy skepping as sy verteenwoordiger op te pas en te versorg. As deel van hierdie verantwoordelikheid maak Hy mense ook vir mekaar verantwoordelik. Op Kain se vraag “Moet ek dan my broer oppas?”, is die antwoord baie duidelik “Ja!”. Die samevatting van die wet stel dit ook duidelik: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Ons moet mekaar menswaardig behandel, dan kan ons ook

verwag om menswaardig behandel te word. As daar ooit iemand is wat nie menswaardig behandel is nie, was dit Jesus. Hy is deur die regter Pilatus onskuldig verklaar, maar word steeds aan die skare oorgelewer om gegesel en gekruisig te word. Hy sterf op die wreedste en onmenslikste manier denkbaar. En tog is dit die grootste daad van liefde ooit, die kans wat verlore mense, wat hul menswaardigheid verloor het, kry om weer hul plek as verteenwoordigers van God in te neem. So word ons in God se genadeplan ingesluit. Wanneer ons môre Menseregtedag vier, laat dit dan ook ’n viering van die genade van God wees, wat jou weer menswaardig gemaak het – ’n mens wat iets in God se koninkryk beteken. Om mens te wees gee nie net regte nie, maar ook verantwoordelikheid. Leef as beelddraer van God, sy verteenwoordiger op aarde – Christus het dit vir jou moontlik gemaak.

EK het in 2006 gholfstokke nadergesleep en besluit dit is nou tyd dat ek ook leer hoe om gholf te speel. My pa was ’n kranige gholfspeler en dit was een van sy passies. My ma was natuurlik nie altyd so beïndruk met elke Saterdag se spelery nie. Die manne het ná die dag alte lekker op die 19de putjie gekuier. ’n Skoolvriend en professionele gholfspeler, Ben Fouchee, het my daar in die Paarl afgerig. Gholf is glad nie ’n maklike spel nie en dit gaan gepaard met baie frustrasie. Ek het darem nog nooit ’n stok gegooi dat hy daar trek nie, maar het al menige bal verloor wat in damme beland het. So verhuis ek in November 2012 van die Kaap af terug Kathu toe

en sluit my by die Sishen-gholfklub aan. Dié baan het vir my ’n baie spesiale betekenis, aangesien my pa een van die stigterslede was. Daar hang nou nog ’n foto van hom aan een van die mure. En so begin die lesse weer van voor af, want as jy nie aanhou speel en oefen nie, verleer jy die tegnieke heeltemal. Dit is nie soos fietsry nie. Menige keer is ek dapper en gaan speel die 18-putjiebaan saam met vriende – in 35 °C. Ek slaan pragtige houe wat dan met een massiewe knal teen ’n kameeldoringboom se takke kennis maak. ’n Mens staar na die

petalje en oorweeg dit sterk om jou stok te gooi. En jy verwens die een wat die baan só ontwerp het dat die bome in die pad is. Verlede week het ek vier dae op die gholfbaan in Kathu deurgebring. Die Kalahari-gholfuitdaagtoernooi was aan die gang. Ek en ’n kollega het oor die toernooi verslag gedoen. Vrae soos: “Hoekom speel jy nie?” het ek net sommer geïgnoreer. Heerlik sit ons daar onder die bome in baie gemaklike stoele met ’n ystee en lekker stuk koek en kyk na al die gholfspelers. Sommige spelers slaan ’n mooi hou (wat die bome mis) en ander slaan sommer hul bal die veld in. Ander se balle beland in die water. Met tye neem ons foto’s en voer onderhoude. Dít is hoe ’n mens gholf speel.

14/30

15/29

16/28

14/31

16/31

16/30

15/35

18/36

17/33

ONO-10

N-15

N-15

ONO-10

N-15

N-15

ONO-5

N-15

N-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

LEEFSTYL/ LIFESTYLE

Virus kan tot kanker lei Yolandi van Deventer DIE menslike papillomavirus (MPV) is ’n virus wat vratte veroorsaak. Daar is meer as 100 soorte van die virus en ongeveer 30 tot 40 variasies daarvan kan die risiko vir verskeie kankersoorte verhoog. Hierdie spesifieke soorte beïnvloed die genitalieë en kan deur seksuele kontak en vel-tot-vel-kontak met ’n geïnfekteerde maat oorgedra word. Die virus is nie ’n “nuwe” soort virus nie, maar mense is net glad nie bewus van die bestaan daarvan nie.

Jy het ’n verhoogde kans om geïnfekteer te word met die MP-virus indien jy op ’n jong ouderdom seksueel aktief raak, gemeenskap met baie verskillende maats het of ’n maat het wat gemeenskap met baie ander het. Toetse is beskikbaar vir die soort MP-virus wat servikale kanker in vroue veroorsaak. Dit is ook belangrik dat vroue gereeld vir ’n Papsmeer moet gaan. Wanneer jy gereeld hiervoor gaan, sal daar veranderings in die selle van die serviks wees wat dan kan dui op ’n moontlike gevaar vir servikskanker en die geneesheer kan betyds in so ’n geval

optree. MPV-infeksies van die serviks is ’n primêre risikofaktor vir servikale kanker en vir 70% van alle gevalle verantwoordelik. In sekere gevalle kan die MPV-infeksie spontaan opklaar, maar in ander gevalle kan tot 90% daarvan binne twee jaar opklaar. ’n Klein persentasie infeksies deur sekere groepe van die MP-virus sal nie opklaar nie en in kanker omskakel. Die meeste MPV-infeksies het geen simptome nie en simptome kan eers voorkom wanneer dit reeds in kanker omgeska-

kel het. Sommige infeksies kan tot “letsels” op die serviks lei wat met ’n Papsmeer gediagnoseer en daarna behandel kan word. Daar is immunisasies op die mark beskikbaar wat beskerming bied teen verskeie variasies wat servikale kanker kan veroorsaak. Gesels gerus met jou geneesheer indien jy meer inligting verlang. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.

SOME plants, like the Atimima lawsonii, pur­ posely grow in the shade of rocks or other, bigger plants.

Plants top survivors PLANTS are the ultimate survivalists. Even more so the plants that grow – and thrive – in a province with a weather system comprising out of extremes. The Northern Cape has a semi-arid to arid climate with a low rainfall and extreme temperatu-

res from as low as -8°C in the winter to 41°C in the summer. So how do plants manage to survive? ) Many of the desert plants found in the Northern Cape are dwarf-like and have small leaves that lose less water than large leaves. Examples of these

are the small Karoo shrubs, many of which can also drop their leaves during the hot months and grow new ones after it rains or cools down. ) Some plants store water in their leaves. This helps them to survive long periods without rain. Well-known examp-

les are aloes. Other plants store water in their stems. Many euphorbias do this. Some species have a waxy layer that coats the stems to prevent water loss. ) Stone plants are adapted in a number of ways. They are very small, have only a few, very succulent leaves, and are half buried beneath the soil to escape the heat and reduce moisture loss. They have the same colour and markings as the pebbles or soil around them, and are therefore camouflaged and well hidden from herbivores. They often grow between light-coloured pebbles on which dew condenses at night when they cool, and the shallow roots of these plants then quickly absorb the moisture droplets. ) Another way plants escape the heat is to grow in the shade of another plant or a rock. Many of the stapeliads, which are small-stem succulents with large, attractive flowers, grow inside shrubs where they are sheltered from direct sunlight and animals. Light-coloured leaves reflect sunlight which helps to keep the plant cool. Antimima lawsonii has very small, light-coloured leaves that do just that. It also grows between whitish pebbles that further improve the local microclimate. Source: www.museumsnc.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Velties vier 50 j.

Kinders sy trots DOEP DU PLESSIS, die eerste skoolhoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington, is vandag die oudste inwoner van die Hartenrus-aftreeoord in Hartenbos. Dié oudskoolhoof is 96 jaar oud. Hy het nege kleinkinders en vier agterkleinkinders wat sy bors van trots laat swel.

As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei. Op 1 Januarie 1964 is die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington begin en Du Plessis is al in September 1963 aangestel om die leisels hier te neem. Hy was tot 1 Desember 1971

DOEP DU PLESSIS is die oudste inwoner van die Hartenrus­aftreeoord in Hartenbos. Foto: Verskaf

hoof van dié skool totdat hy as inspekteur van onderwys (tegnies) by die hoofkantoor van die departement van nasionale opvoeding in Pretoria aangestel is. Op 1 Julie 1980 is die twee afdelings van dié skool verdeel en is die Hoër Tegniese Skool Upington en die Handelskool Upington gestig. Later is die Handelskool se naam na die Hoërskool Gordonia verander. Op 1 Januarie 1991 het die skole weer saamgesmelt en is die Hoërskool Duineveld met Joost Nagel as die hoof gestig. Du Plessis se wortels is diep in die Kalahari geanker. Hy is as die naasjongste van 12 kinders op die plaas Nabees in die Kenhardt-distrik gebore. Van st. 5 af het hy in Kakamas skoolgegaan en in 1936 gematrikuleer. In 1938 het hy hom by die Opleidingskollege in Graaff-Reinet as student ingeskryf en sy hoërprimêre onderwyssertifikaat aan die einde van 1940 verwerf. Tydens sy studentejare was hy voorsitter van die studenteraad, kaptein van die kollege se eerste rugbyspan en lid van die kollege se debatvereniging. Hy is op 15 Desember 1947 met Adrie Krog getroud en uit hul

7

DOEP DU PLESSIS was die eerste hoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington. huwelik is drie seuns en een dogter gebore. Hy was ’n kranige rugbyspeler en is in 1946 en 1947 gekies om vir Grens as slot uit te draf. Op 31 Mei 1982 het hy die tuig in Pretoria neergelê en het hy en Adrie hulle op 1 Augustus in Hartenbos gevestig. Adrie is op 23 Januarie 2001 oorlede. Hy is vandag ’n geëerde lid van die Hartenrus-gemeenskap en word as ’n ware “gentleman” beskryf.

As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei.

DIE Hoërskool Duineveld vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. In Augustus gaan dié besonderse mylpaal behoorlik gevier word en alle feesvierings gaan onder die naam van die fees, Veltiefees 2014 – ’n Halfeeu van Genade, plaasvind. Die naweek van 30 en 31 Augustus gaan die meeste van die halfeeuvierings plaasvind. Op 28 Augustus gaan die skool die feesvierings met die onderwysers en leerlinge begin. Op Vrydag 29 Augustus word ’n ope dag by die skool beplan waarop alle oud-Velties die skool kan besoek. Almal wat deel van die geskiedenis van die skool is, kan dié dag kom kyk wat verander het en wat nog presies dieselfde gebly het. Veral oudleerlinge, oudhoofde en oudonderwysers word hierheen genooi. Saterdagaand gaan ’n glansdinee aangebied word waarop almal behoorlik kan uithang en op Sondag word die fees met ’n Veltie-kerkdiens afgesluit wat op die skoolterrein aangebied sal word. Rig enige navrae hieroor aan veltiesbemarking@telkomsa.net.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Storm rig groot skade aan

Anena Burger GROOT skade is Saterdagmiddag in Upington en omgewing aangerig toe ’n wolkbreuk omstreeks 18:00 oor groot dele van die Groen-Kalahari uitgebreek het. Hoewel die storm van korte duur was, het baie inwoners se eiendom strukturele skade gely. Volgens Esmé de Wet van Kanoneiland, sowat 30 km buite Upington, het sowat 70 mm reën binne ’n halfuur uitgesak. “Voor my agterdeur het dit soos ’n vloed gelyk. Die water het by my kombuis ingeloop en die pakhuis was ook

onder water,” sê sy. Debbie de Wet, nog ’n inwoner van Kanoneiland, het groot skade aan haar huis opgedoen. Talle inwoners het foto’s van die storm geneem en op Facebook gepubliseer. MJ Lee, ’n inwoner van Raaswater, sê in die nege jaar dat hy in Upington woon, het hy nog nooit so ’n storm hier beleef nie. “Die weer was geweldig swaar en ons dink die blitse het die windpomp langs die huis getref. Talle van die elektroniese toebehore in die huis is beskadig. Nee, hoor, dit het lelik hier by ons geklap,” sê hy. Elbie Stewart, wat op Sesbrugge

woon, sê selfs die garingbome in die tuin is met wortel en tak uitgeruk, terwyl ’n wingerd aan die oorkant van die rivier in Louisvale verspoel het. In Upington het Esté Moller groot skade gely toe haar pekanneutboord deurgeloop het. “Die bome se takke is gebreek en die neute lê oral op die grond. Daar is ook kragpale wat uit die grond geruk is,” sê sy. Nog ’n inwoner van Upington, Nadia van Heerden, sê dit het ongeveer 30 mm in 40 minute in die dorp gereën en die strate by die Pick n Pay-sentrum het soos ’n rivier gelyk.

LESERS het foto’s gestuur van Saterdagaand se storm wat oor Upington en omliggende gebiede losgebars het. Só het die dreigende stormwolke gelyk.

BOME is ontwortel en takke het afge­ breek. Foto: Debbie de Wet

’n WINGERD op ’n plaas in Louisvale is verspoel.

Foto: Verskaf

Foto: Michelle Visagie

DEBBIE DE WET van Kanoneiland het die foto van die skade by haar huis geneem nadat 70 mm se reën in ’n halfuur uitgesak het. Foto: Debbie de Wet

CHARLENE VAN DER WESTHUIZEN het die foto gedurende die storm met haar selfoon geneem.

Foto: Charlene van der Westhuizen


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Verlang terug na toeka se dae DIE liedjie Daar kom die wa het ons as kinders goed geken. ’n Wa met trekdiere was nog tot laat in die 1960’ ons enigste vervoermiddel. Ek kan nog die diere se name onthou: Febrie en Baron was die twee voorperde. Hulle is haarvoor en hotvoor ingespan – elke keer op dieselfde plek. Die spierwit tuie en trense het pragtig teen die donkerbruin lywe vertoon. Die twee swart esels, Duiker en Geelbek, is in die middel ingespan. Dié twee was vurig en Duiker was elke dag steeks. Hy het gebyt, gesnork en jou met die kop gestamp, maar as hulle ingespan is, kon jy maar op hulle staatmaak. Hulle was baie korter op die been, maar hulle kon ’n stang vasbyt en saamtrek met die voorperde. Heel agter is die twee groter esels ingespan: Flora en Benag. Flora was die enigste merrie. Die ander drie was hingste. Die swingels en die draaghoute is uit olienhout gemaak wat Pa in die Kobeesberg gaan kap het. Ons het graag gehelp as Pa met die aambeeld en blaasbalk gewerk het. Ons kon beurte maak om die blaasbalk te draai. Ek onthou nog die reuk van steenkool as die wind van die blaasbalk die kole so helder laat gloei het. Soms as ons te vinnig gedraai het, het die steenkool begin skiet en die yster wat gesmee moet word, het gesmelt. Dit was altyd mooi om die gesmelte yster op die smidswinkel se vloer te sien val. As Pa daai stuk yster op die aambeeld met die hamer begin slaan het, was dit mooi om te sien hoe die yster vorm begin aanneem het. Ons kon hom met die knyptang vat en in die koue water laat afkoel. Die dag as die trekdiere beslaan is, kon ons ons verkyk aan hoe Pa elke hoefyster nommerpas vir elke dier maak. Die diere is in die kraal in ’n hoek gejaag en dan een-een ’n halter omgesit, tot by sy inspanplek gelei en met ’n behendige slag is die halter met ’n trens vervang. Die trens het twee oogklappe wat verhoed dat die dier agter hom kan sien en jy nog ’n skop op die skeen kry. Duiker se kopslaan en byt was al een te veel. Die lang sweep is net so oor die diere geswaai en dan het hulle gelyk gevat. Ons mag nooit op die relings van die wa gesit het nie, want dan kon jy afduiwel en lelik seerkry. In die somer het ons altyd by Kriekieboslaagte uitgespan. Daar kon die trekdiere water drink en soms ook lekker in die stof rol voordat ons die tog verder aangepak het. As Pa vir Willem Botha en al die Kokkelalle langs die pad teëgekom het, was dit ’n perd van ’n ander kleur. Dan is daar oor die ooptes resies gejaag. Dit was altyd ’n mooi gesig om te sien. Die leisels is gelos, die lang sweep geklap en die diere se name soos ’n resitasie geskree. Dan het ons dit geniet en ons het daardie oggend natgesweet by die koshuishek ingetrek. Die salpeter het soos skuim op die diere se lywe uitgeslaan en ons het breed geglimlag, want ons Febrie en Baron se neuse was eerste by die hek in. Lettie het begin huil en gesê: “As Pa-hulle nou nie resies gejaag het nie, was ons nog langer by Pa-hulle.” Sy het duidelik nie in die opwinding gedeel nie.

9

B O N Y A S D BIRTHcky vouchers to be fU ound. 1 lu Million . Check your till slip

smart shoppers o nly. **Terms and

Conditions

Apply.

Garnish and decor not included

59

R

Bulk T-Bone and Club Steak Mixed Pack Per kg

29

48

R

R

Bulk Oukraal Wors Per kg

24

R

90

89 R 10 Toks & Tjops Braai Pack Consists of: Ultimate Braai Master Boerewors, Lamb Loin Chops and Porterhouse Steak Per kg

SAVE R7

Dairy Princess Creamy Cheese Wedges 125g

SAVE R6

Blossom Canola Margarine or Medium Fat Spread 1kg Tub Each

Fairview Chevin Assorted 100g Each

13

50

Sunfoil Sunflower Oil 750ml

17

90

Golden Cloud Cake Wheat Flour 2.5kg

20

R

Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 470g and All Gold Tomato Sauce 700ml

Tastic Parboiled Rice 2kg

159

SAVE R30

Huggies Gold Boy or Girl Disposable Nappies Size 4 - 60s, Size 3 - 72s, Size 4+ - 54s or Size 5 - 50s Per Pack

Double Points

32 49 90

SAVE 5.30

SAVE 2.90

R

Earn

BUY BOTH FOR

38

90

SAVE R9

SAVE R9

Nescafé Classic Dawn 200g Jar

45

R

SAVE R20

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

G HIN YT R E EV ON

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Auto Liquid 1.5 Litre or Concentrated Liquid 750ml Each

Valid from 21 -23 March 2014 Get your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and Conditions apply.

**Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 18 - 23 MARCH 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY

Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1184367


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Augrabies maak groot geraas MET die Oranjerivier wat lekker vol is, is die Augrabieswaterval prentjiemooi en dit sal in die komende weke selfs mooier wees. Die Augrabies-watervalNasionale Park se bestuurder, Frans van Rooyen, verwag dat die Oranjerivier in die volgende twee weke in al sy glorie sal afkom en ’n dramatiese vertoning kan by dié val ver-

wag word. Ná die reën van die afgelope twee weke wat oor Suid-Afrika heen geval het, word verwag dat die Augrabies-waterval die volgende twee weke sy naam, Plek van die Groot Geraas, gestand sal doen. Water vloei tans teen sowat 200 kubieke meter per sekonde, maar volgens Van Rooyen verwag hulle dat die water

tot 820 kubieke meter per sekonde tussen 22 en 25 Maart sal styg. Soos die Oranjerivier die Augrabies-waterval nader, verdeel dit in verskeie kanale voordat dit 56 m by die waterval afstort. Die water kronkel dan vir 18 km deur die ravyn. Die vol rivier wat teen die krans afstort en die oorverdowende

geluid van bruisende water is iets wat nie maklik vergeet word nie. SANParke moedig almal aan om in die volgende twee weke die Augrabies-waterval op sy mooiste te kom aanskou. Van Rooyen sê: “As die rivier so vol is, is dit ’n onbeskryflike oomblik in dié park en ons wil dié wonder met almal deel.”

VAN 22 tot 25 Maart behoort die Augrabies­ waterval op sy mooiste te wees. Foto: Verskaf

MET ligte wat snags die water­ val verlig, sal die massas water selfs in die nag ’n besonder­ se gesig wees. DIE Augrabies­waterval­ Nasionale Park bied ook verskeie staproetes aan en daar is heelwat wild wat besigtig kan word wat ’n uitstappie na die waterval ’n heeldag­ lekkerte kan maak. Foto: Anena Burger

TANS val water teen 200 kubieke meter per sekonde by die Augrabies­waterval af, maar sal binnekort teen 820 kubieke meter per sekonde val.

Foto: Anena Burger

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Soektog na room van NK begin André Botha DIE soektog na Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar- en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer in volle gang. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ysterertsbesigheidseenheid in Suid Afrika, sê: “Kumba is onlosmaaklik deel van die Noord-Kaap, nie net omdat ons twee grootste myne hier is nie, maar omdat die oorgrote meerderheid van ons personeel boorlinge van die Noord-Kaap is.

“Ons is trots op wat ons mede-Noord-Kapenaars doen om hul onderskeie gemeenskappe op te hef. Daarom is dit vir ons belangrik om in samewerking met Volksblad erkenning te gee aan individue en instansies wat baanbrekerwerk doen om ’n beter toekoms vir almal in die provinsie te skep. “Ons sien daarna uit om weer ’n groot ‘oes’ van inskrywings te ontvang en opnuut aangespoor te word deur die voorbeeld van diens wat hierdie uitsonderlike individue en instansies stel.” Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep, sê: “Dit is vir Volksblad ’n voorreg om deur die projek erkenning te gee aan die mense van die Noord-

DIE kompetisie om die Noord­Kapenaar van die Jaar en die Noord­Kaapse Instansie aan te wys, word vanjaar weer in samewerking met GWK aange­ bied. Links is Pieter Bekker, hoofbestuurder: primêre produksie, en Neil de Klerk, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking.

Foto: Emile Hendricks

VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore bied weer vanjaar die kompetisie aan om die Noord­Kapenaar van die Jaar en die Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Hier is Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ystererts­sake­eenheid in Suid­Afrika. Foto: Verskaf Kaap. Ons bring hulde aan individue wat presteerders is, maar ook aan gemeenskapswerkers wat deur hul omgee ’n verskil maak aan die maatskaplike welsyn van die provinsie. Deur die Noord-Kapenaar van die Jaar salueer ons die uitblinkers en die omgee-mense wat dié provinsie se hart warm laat klop.” Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n NoordKapenaar of iemand met besonderse sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan

die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die benoemde maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die benoemde sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die benoemde se werk wees, die mate waartoe die

Vrae pla kinders ná dood Ilse Watson “MY pa was ’n vriendelike mens en altyd vol grappe. “Hy het so baie vriende hier gehad. Hy was ’n goeie mens wat altyd enigiemand sou help sou hulle ’n probleem gehad het. “Hy het alles vir sy familie, kinders en kleinkinders gedoen.” Só vertel Andrea van Zyl van haar pa, Pieter Andreas van Zyl (53), wat op Maandag 17 Maart om 11:08 aan verskeie beserings in die Mediclinic Kimberley oorlede is. Op Sondag 2 Maart het Van Zyl omstreeks 14:41 by die Standard Bank-OTM geld getrek. Sy werkgewer, die UMK-myn naby Hotazel, het Maandag sy gesin gebel om te hoor of hy siek is, want hy het nie by die werk opgedaag nie. Van Zyl en sy vrou, Arrie, is vervreemd en sy was nie bewus van sy kom en gaan nie, maar sy het probeer om hom op te spoor. Op Woensdag 5 Maart het sy hom opgespoor en hy het haar ingelig hy is by die bank aangerand. Hy is met ’n mes in sy regterarm gesteek en met ’n stukkende bottel in sy regtersy aangerand. Hy was baie deurmekaar en kon nie sy familie inlig waar hy is nie. ’n Vriend van Van Zyl, Piet Liebenberg, het aan die gesin bevestig hy is in die Kimberley-staatshospitaal opgeneem. Van Zyl se vrou het haar na Kimberley gehaas. Sy kinders het hom die volgende dag besoek. Hy was in ’n baie swak toestand. Sy dogter het reëlings getref om haar pa na die Mediclinic Kimberley oor te plaas en daar is hy in die intensiewesorg-eenheid opgeneem. Hy het infeksie in sy niere, longe en hart gehad. Sy dikderm was reeds onaktief en sy maag en dunderm was septies. In die Kimberley-staatshospitaal het hy reeds verskeie operasies ondergaan om sy dunderm te herstel en bloedklonte uit sy regterbeen te verwyder.

PIET VAN ZYL (53) wat aan veelvuldige beserings in die Mediclinic Kimberley beswyk het saam met sy kleinseun en naamgenoot, Piet (nou 3). Foto: Verskaf

‘Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n sieke­ fonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospi­ taal beland?’ – Andrea van Zyl, dogter “Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n siekefonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospitaal beland?” vra Van Zyl se dogter. “Volgens my pa het hy self Kimberley toe gery. Ons weet nie wat gebeur het nie – hoe kan iemand met sulke ernstige beserings Kimberley toe ry?”

Van Zyl word deur sy vrou, twee kinders, ’n skoondogter en twee kleinkinders oorleef. Sy gedenkdiens word Saterdag in die AGS-kerk Oasis gehou. Daarna sal sy familie hom privaat veras. Die Kuruman-polisie het ’n ondersoek begin, maar nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

DAVID O RYAN het die foto naby Kuruman geneem net voordat die reën neergestort het.

Wen met jou foto

Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Fa­ mous Lodges. Hier­ die prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto in die Kruger­wildltuin geneem.

CHRISTA BRUYNS het dié pragtige foto geneem.

HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville geneem.

Groot pryse op die spel Lizette Slabber GROOT pryse kan gewen word in die Kalahari Bulletin se nuwe fotokompetisie. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die finale wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC Famous Lodges, met ontbyt daagliks. Stuur dus dadelik jou landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Die tema vir Maart is Landskappe. In April kan lesers hul sonsopkoms en -ondergangfoto’s stuur. Elke maand sal daar uit die inskrywings

Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag inge­ skryf word, maar slegs men­ se van die Noord­Kaap mag inskryf. ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die beste foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys sal wen. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word.

Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, sal ook ’n prys wen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s aan lizette.slabber@volksblad.com voor 31 Maart. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, sowel as waar die fotograaf woon. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag inskryf. Geen professionele fotograwe mag inskryf nie. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Oop pad deur Karoo

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto in die Karoo op pad na Kaapstad geneem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Marakeli­natuurreservaat in Thabazimbi geneem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto buite Ellisras by ’n watergat geneem waar diere graag kom drink.

ROY WALSH van Kathu het dié foto op die plaas Sunstar in die Kalahari ná lekker reën geneem.

HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville ge­ neem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Lone Creek­waterval in Nelspruit geneem.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

15

Gospel at its best THE Hephzibah House of Prayer (HHOP) Gospel Competition that took place on 1 March saw the community hall of Postdene packed as many fans came to support their favourite local gospel artists. The solo competition provided stiff competition between Laurika Joseph and Boitumelo Maoka, and ended with Maoka winning the category. The groups category also provided some fireworks, but the harmonious melodies of Friends, a famous gospel outfit from Postmasburg, proved to be too much for competitors as they sang their way to a runaway victory.

MEIRING BOTHA (links) en Johan Coetzer van Tau Mining by die netbal­ bus se nuwe haak.

BOITUMELO MAOKO, the winner in the so­ lo category of the Hephzibah House of Pray­ er Gospel Competition. Photos: Supplied

Foto’s: Verskaf

Borg gee skool hupstoot DIE Hoërskool Kathu het verlede week 26 rekenaarskerms en 20 kragbronne vir rekenaars van Tau Mining ontvang. Die Hoërskool Kathu bedank Tau Mining vir die ondersteuning en verbetering wat die maatskappy aan die tegniese afdeling bied en die verhoging van die akademiese standard van die skool wat daardeur bewerkstellig word. Tau Mining het ook ’n haak vir die netbalbus van die skool geborg, sodat alle netbaltoerusting met gemak in die skool se sleepwaentjie na wedstryde saamgeneem kan word. Die skool bedank Tau Mining vir hierdie skenking wat help dat daar in die skool se netbalbehoeftes voorsien word.

FRIENDS, a famous gospel group in Postmasburg, won the group category at the recent Hephzibah House of Prayer Gospel Competition.

MEIRING BOTHA (links), die skoolhoof van die Hoërskool Kathu, ontvang die skenking van Jo­ han Coetzer van Tau Mining.

19 - 23 March 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

15

1490

90

15 each

Dairybelle Real 100% Juice 1.5l

Frozen Lamb Liver

3290 per kg

Egte Braaiwors

Black Grapes Box 1.5kg

S! G N I V A S R

per kg

per box

per pack

Clover Cheddar or Gouda Cheese 240g

5790

5for

23

R

per kg

20

R

t "TTPSUFE

4790

Lamb Stew

per kg

Avocado’s

2for R

Meat Balls

25

R

115 per pack

Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg

shop any W it h so much value, w hy

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Motorfietsryers ook Samaritane Benneli Olivier Van der Walt

LEDE van die Kathu­fotografieklub wat in 2013 goeie prestasies in fotografie behaal het, is van links, voor: Hettie du Plessis, Chalene Pretorius en Susan Myburgh; agter: Sonja Grobler, Anton Grobler, Michelle Ward, Belinda Nel en Hugo Myburgh. Foto’s: Verskaf

Lede vir puik foto’s beloon Ilse Watson DIE Kathu-fotografieklub het op Dinsdag 25 Februarie op sy maandelikse byeenkoms by die AGS-gemeente Oase in Kuruman verskeie eerbewyse aan die 2013-presteerders uitgedeel. Otto Jeppe en Michelle Ward is van eenster-gradering na tweester-gradering opgeskuif. Anton Grobler, Michelle Taylor en Dohann Myburgh is van tweester-gradering na driester-gradering bevorder en Hettie du Plessis het van driester-gradering na vierster-gradering gevorder. Sonja Grobler en Mark Preston-Whyte is van vierster-gradering na vyfster-gradering bevorder. Merietesertifikate is aan verskeie lede wat in 2013 baie goed met hul foto’s gevaar het, oorhandig. Hulle is Dohann Myburgh, Hugo Myburgh, Rina Drotsky, Sonja Grobler, Belinda Nel, Chalene Pretorius, Hettie du Plessis, Mark Preston-Whyte, Anton Grobler, Michelle

Ward, Otto Jeppe en Susan Myburgh. Otto Jeppe se foto’s het veral uitgeblink en hy het die meeste meriete-eerbewyse in die klub behaal. Susan Myburgh het die meeste aanvaardings in nasionale en internasionale kompetisies behaal. Dit beteken haar foto’s was onder die 20% beste foto’s in die onderskeie kompetisies. Susan Myburgh het ook die meeste klubpunte – 234 – vir die jaar in die senior afdeling behaal en is as die senior fotograaf van die jaar aangewys. Anton Grobler is met 99 punte as die junior fotograaf van die jaar aangewys. Maandbyeenkomste is gewoonlik die laaste Dinsdag van elke maand en die klub maak beurte om onderskeidelik in Kathu en Kuruman te vergader. Fotografie-entoesiaste wat hulle graag by die klub wil aansluit, kan die volgende mense bel: ) Japie Niemand (voorsitter) by 084-893-6107 of admin@kathufoto.org.za; ) Susan Myburgh (ondervoorsitter) by 083-448-9272 of gogga.myburgh@gmail.com.

DIE motofietsgemeenskap van Kathu en omliggende gebiede maak gereeld hul harte en beursies vir barmhartigheid oop. Dít het hulle weer bewys met die onlangse Cimaron Rally wat by die Doringdraad-kroeg in Deben gehou is. Whitey Greyvensteyn, die president van die Cimaron-klub Kathu, saam met sy vrou Teresa, het die byeenkoms gereël om geld vir die Olifantshoek-ouetehuis in te samel. Greyvensteyn se dogter, Elize (19), en haar verloofde, Kobus “Barbaar” de Beer, behoort ook aan die goedgesinde gesins-motorfietsklub. Lede van die Cimaron-klub van oor die land het in Deben vergader, insluitend die nasionale klubpresident, De Wet Steyn, en Cimaron-ambassadeur, Desmond “Poncho” Yaxley van Pretoria. Shaun Mitchell, nog ’n lid van die klub, het al die pad van Bloubergstrand op sy motorfiets gekom vir die geleentheid. Steyn het die Cimaron-motorfietsklub in 2007 gestig. Die klub is nou een van die tien grootste klubs in Suid-Afrika en reël ongeveer 39 liefdadigheidsgeleenthede

per jaar. Die Cimaron-klub het verlede jaar R75 000 aan die ouetehuis geskenk. Die klub probeer om die gemeenskap as ’n geheel te inspireer om betrokke te raak en tot liefdadigheid in die omgewing by te dra. Yaxley noem die universele bikers code is respek – vir mekaar, ander klubs, vroue en kinders. Etlike ander motorfietsklubs, onder meer die Steel Disciples van Upington, die Kalahari Christian Rider, die High Octane van Rustenburg, die Diggies, die Christian Motorcyclists, die Dragons, die Kathu Roadhogs, en verskeie nie-geaffilieerde motorfietsryers was ook op die byeenkoms. Verlede maand het die Diggies-motorfietsklub ’n geleentheid aangebied vir motorfietsryers en het daarmee ongeveer R7 000 ingesamel wat ook aan die Olifantshoekouetehuis geskenk is. Klubs kom gereeld byme- kaar om in die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens-tak in Kathu bloed te skenk. Geleenthede soos dié wys, hoewel motorfietsryers soms intimiderend voorkom, hul harte net so groot en kragtig soos hul motorfietse is.

MANNE met groot motorfietse én harte. Van links is Desmond “Poncho” Yaxley, De Wet Steyn en Whitey Greyvensteyn. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE spoedmasjiene is die trots van die motorfietsentoesiaste.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

17

Leer jou seun deur beweging RENSKE VAN DER WALT is die hoof van die Bana- Vroëe Ontwikkelingsentrum in Kathu. Na aanleiding van verlede week se artikel oor Pietman en sy sussie, Sunette, volg nog inligting oor die unieke eienskappe wat seuns besit. Wees opgewonde oor jou seun en hanteer hom soos ’n seun. Renske van der Walt ONTHOU dat jou seun deur beweging leer. Daardie eerste mobiele bytjies bokant sy wiegie is die belangrikste ontdekkingstog van sy lewe. Hier leer die ogies om te beweeg en te volg en ook om te fokus. Gebruik beweging dan letterlik as die “voertuig” om hom te leer leer. Wanneer jou peutertjie vanaf twee jaar met sy karretjies speel, vertel jy die storie. Kies ’n storie of maak een op wat aansluit by sy spel. Stop gereeld en vra uit na dit wat jy vertel het, sodat hy ook kans kry om die storie weer te gee. Verseker dat jou seun genoeg “wiele” het, soos ’n paar ou buitebande, om rond te rol. ’n Swart motorfietsie is onontbeerlik. Draadkarre is by die skool die gewildste speelgoed om op die stoepe mee te ry wanneer die kuns- en vryspelperiodes aan die gang is. Skep situasies waar jou kind beweeg en jy hom kan leer. Gaan stap en wys die herfsbome uit. Laat hy blare optel wat by die huis gebruik kan word om te plak en te tel. Gebruik jou seun se energie om hom te laat leer, eerder om te verwag dat hy moet stilsit en leer. Seuns hoef nie boeke vol in

te kleur nie. Hy gaan net soveel fyn motories ontwikkel deur met klippies te speel. ) Beweging en balle: Saam met die beweging kan ’n mens net sowel jou seun se balvaardighede ontwikkel. Verskaf genoeg balle en iemand wat saam met hom speel. ) Grootpratery, speel en risiko’s: Een of ander tyd sal jy by die hospitaal ’n draai maak. Hy sal ’n arm breek, steke kry of ’n voet swik. Seuns neem risiko’s. Dit het alles te doen met die werking van testosteroon. Dit is hoekom hy dalk te hoog klim of te ver spring. Hy wil sy kragte toets. Dit is juis hierdie soort gedrag wat veroorsaak dat seuns uiteindelik so goed vaar in wiskunde en wetenskap. Deur te klim en te klouter, vind jou seun lank voor sy sussie uit waar is bo, onder, binne-in en langsaan. Hierby sluit kompetisie en selfs grootpratery aan. ) Kyk gerus na die manne: Let op hul gedrag en pratery by die vleisbraaivuur. Seuns speel ook soos klein leeutjies: Hulle knor, rol om en “hap” speels na mekaar. Daar is geen aggressie nie. Wanneer seuntjies só speel, leer hulle juis waar is die grense en dat hy kan kompeteer net

FOTO ter illustrasie van hoe seuns speel. sover en so lank die maat dit toelaat. Hy bou waardevolle ondervinding op in sy menseverhoudinge en hy leer waar die grense is. As sy ouers met hom speel, moet hulle nooit te rof raak nie, want dan wil hy ook so rof met sy maats speel. ) ’n Pa moet met sy seun speel en hy moet hom ook na allerhande geleenthede saamneem. Vandag het seuns min manlike rolmodelle. Seuns word natuurlik makliker vuil as meisies, want hulle beweeg soveel meer, doen soveel meer, hardloop soveel meer en ontdek die wonderlike wêreld daar buite. Sedert die 1970’s is speeltyd vir kleuters

en selfs kinders by skole met soveel as 50% ingekort. Buite-speeltyd is baie belangrik. ) Beweging, liggaamstaal en verbeelding: Op twee kan ’n seuntjie al ’n blok of toiletrol as simboliese voorstelling vir ’n selfoon, geweer of ’n motor gebruik. Laat hom toe om sy verbeelding te gebruik. ) Kyk na jou seun se liggaamstaal. Seuns vind dit moeilik om hul emosies uit te druk en te vertel hoe hulle voel. Sy skouers wat hang, ’n glimlag of sekere stappie sal eerder vir jou aandui hoe hy voel. ’n Drukkie is baie belangrik in jou seun se lewe. Hy wil weet hoe sy ouers oor hom voel.

Sustersaamtrek alte lekker Renske van der Walt EEN KEER ’n jaar kom vroue in algehele verwondering bymekaar. Vanjaar was dit die vroue van Kathu en Olifantshoek se beurt om die jaarlikse sustersaamtrek in die Gereformeerde kerk Kathu aan te bied. Omdat die vroue ’n suksesvolle dag met ’n interessante hoofspreker wou aanbied, is die saamtrek maande lank fyn beplan. Vanjaar het prof. Fika van Rensburg die vroue toegespreek. Die tema van die toespraak het gehandel oor: ) Vroue verwonder hulle oor die grote God

wat hulle dien. ) Hulle verwonder hulle oor die genade wat hulle ontvang. ) Hulle staan stomgeslaan oor die hoop wat hulle ontvang. ) Die liefde van God wat hulle op só ’n sustersaamtrek ervaar. Suzette Coetzee het ’n smullekker ontbyt voorgesit en die gereformeerde susters van Olifantshoek het eetgoed saam met die tee voorsien. Daar was ook uitstallers, artikels, mooigoed en luistergenot op die geleentheid. Elke suster is huis toe met ’n deurstopper as geskenk en die dag is met ’n besonderse ete afgesluit.

DIE sustersaamtrek is ’n tyd vir lekker kuier. Dié geleentheid bied ’n kuierkans vir vriendinne wat mekaar net een keer ’n jaar sien. Foto: Leon Van der Walt


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

ADVERTEERDERSNUUS

Kathu-tak amptelik oop

DIE Village Coffee­winkel is gerieflik in die Ka­ thu Village Mall geleë.

DAAR is daagliks heerlike, varsgebakte lekker­ nye in die Village Coffee­winkel te koop.

BUCO KATHU het verlede naweek sy amptelike opening gehou. Die opening het ’n geleentheid aan klante gebied om spesiale winskopies by BUCO te koop. Diegene wat net die feestelike atmosfeer kom geniet het, kon aan heerlike braaivleis en pannekoek smul.

WILLIE BROWN (links) en Francois Janse van Rensburg van Ofm het met die Hit Mobile die musiek vir die opening verskaf.

IZAK JOUBERT (links) was BUCO Kathu se eerste klant vir die dag. Hier is hy by Johan Joubert, BUCO Kathu se bestuurder. Joubert het ’n tweemantent en ’n houtwerksaag gewen. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Smul by nuwe kostoonbank KATHU het nog ’n lekker eethoekie bygekry. Anel Marais het die gerieflike rus- en eetplek onlangs in die Kathu Village Mall geopen. Die nuwe kostoonbank bied heerlike, varsgebakte koeke, toebroodjies en pasteitjies, om maar ’n paar te noem, te koop aan. Vir die warm somersdae is daar ook bevrore jogurt beskikbaar. Marais het nog ’n koffiewinkel, Cafe@Tshimo, in die Tshimo Garden and Lifestyle Centre in Kathu.

DIE Goue Gerwe van Kathu het dié dag meer as ’n 120 liter pannekoekdeeg gebak. Van links is Lottie Burden, Grieta Matthee en Sannie Botes.

PASTOOR ALLAN BAM en sy vrou, Marie­ tjie, van die Volle Evangelie­kerk Kathu het smullekker braaivleis op die geleentheid verkoop.

NUUS

Laat die verf op spanboudag spat AVENG­MOOL­ MANS het op 8 Maart ‘n spanboudag aan­ gebied en die verf het behoorlik gespat. Die geleentheid is vir die maatskappy se per­ soneellede in Kathu gehou. Hier is Debbie Hatting nadat sy raak­ geskiet is. Foto’s: Roy Walsh

REGS: Die “skerp­ skutter” Leon Pretori­ us het baie kolskote geskiet.

Goue Gerwe sê dankie Poppie Landman DIE Goue Gerwe van Kathu wil almal wat bygedra het vir hul ondersteuning en bydraes bedank. Danksy die bydraes kan die groep vir ’n vakansie op die

MSC-opera-plesierboot na Maputo en die Portugese Eilande reis. Die Goue Gerwe vertrek op 13 April per bus na Durban en gaan dan van 14 tot 18 April die bootreis meemaak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

HUISVERBETERINGS BINNE

LANDBOU

TE KOOP

1835

MOTORS TE KOOP LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE

SOSIAAL & ONTSPANNING 1475

2210

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

1845

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

PRIVAAT ELEKTRIES

TE HUUR

420 Harvey-teëls, 80 elk. 2401 10 Angle Ridge caps, R80 elk. Mariaan 071 878 7042. Guest house in Kuruman. 7 en-suite bedrooms, erf size 1 927 sq m. Borehole. VOLWASSENES On road parallel to Main Road. 072 350 0029.

3600

OPVOEDING

2008 GWM Multiwagon 2.2 te koop, ±80 000 km. Goeie toestand. Skakel 0723884426/0723002645

3660

RiNico®computerkids *Benodig die dienste van ’n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of ‘n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en omliggende areas.

EIENDOMME

*Persoon moet onmiddellik kan begin werk. *Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Skakel Johan Erasmus: 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: ceo.rinico@mweb.co.za

1-slaapkamer-woonstel. Beskikbaar 1 April 2014. R3 000 p.m plus water ing. Geen troeteldiere. Skakel 072 878 2473 of 076 802 3924.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

3010

NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.

*LHD driver/dump truck *UV drivers *Loader/excavator drivers *Dump truck drivers *Manitou operator UG *Development rig operator *Engineering planner *Project planner Send CV to: *projectkuruman@gmail.com Closing date:

AANDAG

3680

GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

*Diesel/hydraulic fitter - UG *Fitter - UG *Electrician - UG *Boilermaker - UG *Rigger/ropesman - UG *Drill rig operator/fitter *Drill rig operators

31 March 2014.

ALGEMEEN

2015 1810

*Chief electrician *General engineering supervisor *Diesel mechanic *Hoist fitter *Winder technician

Sluitingsdatum: 28 Maart 2014

GEMEUBILEERDE eenmanswoonstel. Koopkrag, verligte onderdakparkering, lugreëling. Beskikbaar 1 April 2014. Skakel 072 515 2493.

VOERTUIE

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

BETREKKINGS

3025

UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor.Met net 120 000km. Skakel 083 772 2316.

3250

ALLERLEI ALGEMENE & HUISDIENSTE

3201

WOONSTELLE TE HUUR

SAKE

YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.

VACANCIES AVAILABLE:

HUISE TE HUUR 3270

KURUMAN: 3-slaapkamer-/2-badkplus 2 twee-slaapkamer-houthuise te huur. Huis is loopafstand van Palmgate-sentrum. Skakel 073 870 3269.

TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone 053 723 1717/082 578 5215 Hester. It can change your life.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

19

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BJ NIEMAND In die boedel van wyle Barend Jacobus Niemand, boedelnommer 266/2014, Meesterskantoor Kimberley, geboortedatum 26 Julie 1937, identiteitsnommer 3707265013083, Laaste adres Livingstonstraat 6, Kuruman, datum van dood 04 Januarie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 20 Maart 2014, datum van publikasie hiervan. EE Pohl, Symington & de Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHO0054). MM AUCAMP In die boedel van wyle Marian Magdaline Aucamp, voorheen woonagtig te Bechuanastraat 4, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1801/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 20 Maart 2014. JORDAAN & MANS ING Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

GA-SEGONYANA LOCAL MUNICIPALITY Private Bag X1522, Kuruman, 8460 • www.ga-segonyana.gov.za

KOPANO YA LEKGOTLA Masepala wa Selegae wa Ga-segonyana o tla nna le kopano ya lekgotla e e tla tshwarwang ka 27 Mopitlwe 2014, mo dikagong tsa lekgotla-kokoano tsa Ga-segonyana ka ura ya 09:00. Ratoropo TG Anthony o tla atlanegisa tekanyestso kabo le lenaneo le le kopanetsweng la ditlhabololo la ngwaga wa dichelete 2014/15. Baagi botlhe ba lalediwa go tsenela kopano jaaka baelatlhoko. COUNCIL MEETING Ga-Segonyana Local Municipality will have a council meeting scheduled to take place on 27 March 2014 at the Ga-Segonyana Council Chamber at 09h00. Mayor TG Anthony will also table the 2014/15 draft budget and reviewed IDP. The public is invited to attend the meeting as observers. RAADSVERGADERING Kennis geskeid hiermee dat ‘n raadsvergadering gehou sal word in die raadsaal van die Ga-Segonyana Munisipaliteit op 27 Maart 2014 om 09:00. Die begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan vir jaar 2014/2015 sal ter tafel gelê word deur die burgemeester, raadslid TG Anthony. Die publiek word uitgenooi om die vergadering as waarnemers by te woon. Dipatlisiso/ Enquiries/ Navrae David Mabudi, tel: 053 712 9449 Mr Edward Ntefang Municipal Manager

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

25


26

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

27


28

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

29


30

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

VAN links is Marilu Viljoen, Zander Beyleveldt, Lenika Daubern, Johan van Blerk, Heloise Drotsky, Gawie de Witt en Koos Strauss. Foto: Megan Loots

Skuts toon hul staal SKUTS van die Hoërskool Duineveld het aan die eerste skietliga in Jacobsdal deelgeneem. Koos Strauss het in die o.14-sportergeweerklas ’n goue medalje in die 10 m-staan- en ’n silwermedalje in die drie-posisie gewen. Gawie de Witt het in die o.16-sportergeweeklas ’n brons-

medalje in die drie-posisie gewen. Zander Beyleveldt het in die o.21-sportergeweerklas ’n goue medalje in die 10 m-staan- en ’n silwermedalje in die drie-posisie gewen. Lenika Daubern het bronsmedaljes in sowel die 10 m-staanas die drie-posisie gewen. Johan van Blerk het in die

o.16-veergeweerklas silwermedaljes in albei die 10 m-staan- en die drie-posisie gewen. Heloise Drotsky het ’n bronsmedalje in die 10 m-staanposisie gewen. Marilu Viljoen het in die o.21-veergeweerklas bronsmedaljes in die 10 m-staan- en die drie-posisie gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

31

Wen gholfuitdaagtoernooi

DIE kampioen van die 2014 se Kalahari­gholfuitdaagtoernooi in die mansafdeling, Andrew Seme (links, voor), ontvang sy prys van die verde­ digende kampioen, Brink Rautenbach. Agter is Ansie Kruger, die kampi­ oen in die vroue­afdeling vir die 2014 se Kalahari­gholfuitdaagtoernooi . Foto’s: Ilse Watson

JAKKIE LOUW het die vermaak op die aand verskaf en al die gaste met sy sang en persoonlikheid be­ tower.

RAMON RABIE (11) het die lang­ ste dryfhou op putjie 18 behaal. Hy het onlangs gekwalifiseer om aan die junior wêreldkampioen­ skapsbyeenkoms in Amerika deel te neem. Ramon is ’n leerling aan die Laerskool Kathu.

DIE spanlede van Hosch is van links Riaan de Lange, Danie Eloff, Peet van Rooyen en Hannes Botha. Botha het die tweede plek in die kompetisie behaal, Eloff die sesde plek en Van Rooyen het die negende plek behaal.


32

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Hokkie bo Benneli Olivier Van der Walt

Kuier op gholf­aand BRINK RAUTENBACH van Kathu, die 2013­ Kalaharigholfuitdagingtoernooi se kampioen wat van jaar sy titel moes verdedig. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE professionele gholfspeler Justin Hobday op verlede Woensdagaand se geselligheid by die Sishen­gholfklub.

DIE Hoërskool Kathu het op 8 Maart aan ’n hokkie- en netbaldag in Hartswater deelgeneem. Die Hoërskool Kathu se o.19-hokkiepanne het die dag besonder goed gevaar. Die o.19A-seunshokkiespan het met 3-0 teen die Hoërskool Daniëlskuil se o.19Aseunspan en met 1-0 teen die Hoërskool Kalahari se o.19A-seunspan gewen. Die Hoërskool Kathu se o.19A-meisiespan, onder leiding van Benita Potgieter, het met 1-0 met Adamantia se o.19A-span afgereken. Die skool se hokkiespelers is die jaar in besonder goeie vorm, en nog vele goeie uitslae word van hulle verwag.

DIE o.19A­seunshokkiespan. Van links is, voor: Jarrid Hobbs, Teddy Gasegamelwe, Jannes Fleming, Stefaans van der Walt, Melvin­Mi­ cheal Klue en Van Zyl Lubbe; agter: Pieter Nie­ naber, Lee­Jean Andreas, Wayne Richardson, Dyllon Johannes, Ruan Richardson en Denu­ shen Feldman. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Wys jou steun DIE Sishen-rugbyklub het verlede naweek met 48-9 teen die Hamilton-rugbyklub in Kaapstad verloor. Die Sishen-rugbyklub speel op 22 Maart op die Sivos-sportterrein teen die Ferros-rugbyklub. Die Ferros-klub is van Witbank in Mpumalanga. Belangstellendes word genooi om die wedstryd saam te kom geniet en die span te ondersteun.

DIE o.19A­meisiehokkiespan. Van links is, voor: Mardeli van der Walt, Kelly Gevers, Amelia van Antwerpen, Marelize Taljaard, Denisha Dippenaar en Leane van der Merwe; agter: Monique du Plessis, Chante Combrink, Ariska Sterrenberg, Anine Botha, Alicia de Lange, Natasha Swart en Dedrei Hoffman. Afwesig: Bianca Gerves en Anja Ueckerman.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.