Kathu Bulletin 20140402

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

3 APRIL 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

Kathu se glansryke tieners

GRATIS

HIER is Mej. en Mnr. Hoërskool Kathu: Monsoné Kernekamp en Stefaans van der Walt. Lees meer oor dié spoggerige geleentheid in Kathu op bl. 10. Sien nog foto’s van die deelnemers by www.kalaharibulletin.co.za. Foto: Benneli Olivier Van der Walt


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Kry by SAPD DIE Kathu-polisie het verskeie identiteitsdokumente, rybewyse en motorsleutels in sy besit wat mense by die kantoor ingehandig het. Die polisie vra inwoners wat sulke artikels vermis om dit so gou moontlik te kom afhaal. ) Die volgende mense se identiteitsdokumente is by die Kathu-polisie: Kemmone Elizabeth Bos, Yumelo Bonificious Sethobela, Disang Danny Horing, Pietrus Gaopalelwe Motlele, Keolebogile Rosa Teteme, Oatlhose Jan Tuanyane, Lebogang Edwin Ncube, Boikanyo Milton Mosia, Kenneth Mocwana, Boitumelo Edward Shomoyakgosi, Lena Nakale, Willem Marthinus Brits, Gerrit Raffie Willemse, Segopolo Kgosinoka, Andrew Boekhouer, Malokwe Benjamin Sereisho, Goemeone Joseph Blennis, Olebeng Trooi Witbooi, Mxolisi Beumont Shusha, Frans Matheus Tata, Otshepeng Theophilus Mebila, Bolokang Ernest Phiri, Marie Moremi, Kealebogile Precious Thekiso, James Klaas Mokoena, Thabo Richard Letsholo, Toronko Meshack Masoeu, Elias Aron Mahlaeia, Kabelo Isaac Sechele, Joseph Jacobs, Mzwandile Alwyn Sotyo, William Yikoane Baloyi, Thushoetsile Donald Seritshane, Gerome van Rooi, Outwile Joyce Mogorosi, Jerome Benjamin Links, Thato Aubrey Thupae, David Toto Mngomezulu en Shadrack Leeu. ) Die volgende mense se beursies met bankkaarte is by die Kathu-polisie: Kabelo Goitirwang, Thabo Johannes Mpoifang, Abraham C. Smit, Mo Semamai en Cebsile “Lucky” Cynthia Simelane. ) Die volgende mense se rybewyse is by die Kathu-polisie: T.J. Assegaai, H.P. Daniels, A. Nkabi, T.E. Nosang, H.J. Fouché, D.D.W. Titus, O.B. Moipolai, D. Joubert, A.C. Smit, M.N. Esterhuizen, Tebogo Mooki, M.O. Monchonyane, L. Verheem, M.E. Orr, V. Corbett, C.N. Bloem, J.K. Mahlangu, S. Mhlaba, E. Moir, K.E. Galeboe, O.J. Segoje, C.O. de Jongh, H. van Rensburg, K.D. Selemo, C. Matlwa, P. Roos en G.C. Thompson. ) Die volgende mense se sleutels is by die Kathu-polisie: Shawn Nhieko en Boniface Makolomako.

FREDDIE AUCAMP, sy dogter, Nicole (links), en sy vrou, Tanya. Aucamp is verlede Donderdag aan ’n hartaanval dood.Foto:

Dorp geskok ná Aucamp se dood Lecrecia Prins DIE dood van Freddie Aucamp (55), ’n geliefde inwoner van Kuruman, het inwoners van die dorp geskok gelaat. Aucamp, ’n rekenmeester van die Palermo Inn en -restaurant in Kuruman, is op Donderdag 27 Maart oorlede. Tanya Aucamp (45), bestuurder van kommunikasie van Kumba Iron Ore se Sishen-myn, sê haar man het omstreeks 06:20 ’n hartaanval gehad. Hy was in Klerksdorp toe hy die hartaanval gekry het en sou later die dag na Kuruman teruggereis het. Tanya sê die hartaanval was onverwags en hulle is geskok.

“Dit is die eerste keer dat hy ’n hartaanval kry. Hy was ’n hoëbloeddruklyer. Sowat twee weke gelede was sy bloeddruk onstabiel.” Sy het nooit verwag haar man sou ’n hartaanval kry nie. “Ek was in my hotelkamer in Centurion toe iemand my bel en die nuus meedeel. Die nuus het so vinnig versprei. “Voordat ek my dogter, Nicole (20), kon laat weet, het iemand reeds ’n SMS aan haar gestuur om haar sterkte toe te wens. Dit is maar soos mense omgee.” Hulle het ook ’n jonger seun, Johnfred (17), wat aan die Hoërskool Kalahari is. Freddie sou op 4 April 56 jaar oud

Verskaf

geword het. Op 1 Februarie was hy en Tanya 22 jaar getroud. Tanya sê Freddie het ’n goeie sin vir humor gehad. Hy was hoogs intelligent en het met almal oor die weg gekom. “Hy was ’n geliefde man in Kuruman. Hy het sy lewe lank hier gebly. Die helfte van die dorp was familie van hom. “Ek sal sy ondersteuning die meeste mis. Met my werk is ek gereeld op die pad. Hy was die een wat by die huis was en seker gemaak het alles is reg. Hy het my toegelaat om sukses in my loopbaan te bereik.” ’n Menigte vriende het bemoedigende boodskappe vir die gesin op Freddie se Facebook-blad geskryf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Vrou met passie vir somme benoem André Botha en Ilse Watson ’n VROU van Postmasburg wat dit haar taak gemaak het om die kinders van die Noord-Kaap meer oor wiskunde en wetenskap te leer is die eerste benoemde in Volksblad en Kumba Iron Ore se kompetisie om die Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied en dit het ten doel om inwoners van die Noord-Kaap wat ’n besonderse bydrae tot die gemeenskap lewer, te vereer. Die projek word ook in samewerking met GWK aangebied. Marna van Zyl was 17 jaar lank ’n onderwyser aan die Hoërskool Postmasburg waar sy wiskunde en fisiese wetenskap vir leerlinge van gr. 10 tot gr. 12 onderrig het. Sedert 2002 is sy by die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes betrokke. Dié projek bevorder kinders se belangstelling in wiskunde, wetenskap en tegnologie. Van 2004 af is sy by die Kalahari- en Namakwa-streek betrokke. Skole skryf hulle in vir die ekspo en dan moet leerlinge sekere projekte inskryf. Sy is sedert 2013 die streekdirekteur vir die Kalahari-streek. In 2013 is sy as die provinsiale koördineerder van die Noord-Kaap aangestel. Dit is ’n heeltydse aanstelling. Tot in 2013 het sy as vrywilliger gewerk. Hoekom doen sy dit? Sy het ’n passie vir wetenskap en wiskunde – en wil haar passie aan kinders oordra, sê sy. Sy wil leerlinge van die geleenthede in die buitewêreld bewus maak. Van Zyl sê baie van die Noord-Kaapse kinders kom nie verder as die dorp waarin hul grootgeword het nie. Altesaam 19 skole in Mothibi-stad en Kuruman het danksy haar werk van die geleenthede bewus geword en dit aangegryp. Van Zyl is ook op verskeie ander terreine betrokke, onder meer by die jaarlikse Ysterfees in Postmasburg en die jaarlikse Kansa Relay for Life. Sy was ook twee jaar lank die voorsitter van die Laerskool Postmasburg se ouer-onderwysersvereniging.

Bloedskenkers gesoek DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig skenkers. Almal word aangemoedig om bloed te skenk. Diegene wat graag wil bloed skenk, kan Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook Vrydae van 09:00 tot 17:00 in die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture. Rig navrae aan sr. Ansie Klemp by 082-305-4249.

MARNA VAN ZYL van Postmasburg.

Foto: Verskaf

OM ’n kandidaat vir die kompetisie te benoem stuur ’n e­pos met die kandidaat se besonderhede aan andre.botha@volksblad.com

Koerante ook op internet bedrywig DIE Kalahari Bulletin het ’n webblad vol interessante artikels, nuus, galerye met foto’s en sportnuus. As jy enige van die vorige uitgawes van die koerante misgeloop het, kan jy gerus dié webblad besoek om al die nuus te lees. Die koerant kan ook digitaal gelees word: aan die regterkant van die skerm, rol ’n entjie

af, kies die koerant wat jy wil lees (die Kuruman-, Upington- of Kathu-uitgawe) en klik op die swart blokkie. Die adres is www.kalaharibulletin.co.za. Die koerant het ook ’n Facebook-bladsy wat inligting, soos dagboekgebeure en skakels na die webblad, verskaf. Gaan na facebook.com/kbulletin.

3

Sangwedstryd uitgebrei tot ander talente VANJAAR tref Spontaan, die Volksblad-groep se bekende sangkompetisie, Kuruman, Kathu en omliggende dorpe. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur die groep se plaaslike koerante aangebied word, gaan vanjaar boonop sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitgebrei word. Die eerste keer nog gaan ’n streekwenner vir Spontaan ook in die Kuruman- en Kathu-omgewing in die uitdunronde in Mei gekies word. Enigiemand met enige talent kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Leerlinge van skole word ook genooi om hul talente vir die beoordelaars te wys. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die uitdunronde saambring. Deelname aan die uitdunronde is gratis en die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek bepaal kan word nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy

Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur die plaaslike koerante van die Volksblad­ groep aangebied word, gaan vanjaar sy vlerk e sprei en van ’n sangkompeti­ sie na ’n talentkom­ petisie uitbrei. beskikbaar wees om op Saterdag 12 Julie aan die eindronde in die Blêrkastent op die Vryfees op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) te kan deelneem. Jy moet self jou eie vervoer en verblyf reël. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum wanneer en lokaal waarin dié streek se uitdunronde gaan plaasvind én vir die fantastiese pryse wat gewen kan word. Vir enige verdere navrae skryf aan ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579. Van die vorige wenners van Spontaan is Dewald Louw en Caroline Haasbroek.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Laat geld jou stem

Vertoon sy skoonheid in oorgrenspark ’n PRAGTIGE breëkoparend sprei sy vlerke spoggerig. Die foto is in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem. Foto: Ilse Watson

Kry rit van jou lewe by Jesus Ds Christo Jonck WAT is jou soort lewensrit? Steven Carter en Julia Sokol, in hul boek Lives Without Balance, praat van vier verskillende reise deur die lewe wat baie as hul lewensrit kies. Hulle beskryf die vier ritte soos volg: ) Die reuse-glybaan: Ons almal weet van afwaartse beweging. Dis amper onkeerbaar – dit sleep ons al nader aan die onderkant van die glybaan, die einde van die rit. By tye is dit so donker asof iemand die lig aan die einde van die tonnel afgesit het. Al het ons ons bes gedoen, voel ons nog steeds ingeloop deur die lewe; ) Die nimmereindigende trapmeul: Ons is altyd uitgeput, maar vrees om die brieke aan te draai uit vrees dat ons miskien grond kan verloor. Ons verwaarloos die mense naaste aan ons die meeste. Soos ’n trapmeul bring hierdie rit ons regtig nêrens – nie op of af nie. Op die trapmeul gebruik ons al ons energie om veilig op een plek te bly; ) Die wipwa (rollercoaster): Een oomblik is ons bo, die volgende oomblik jaag ons in ’n laagtepunt in. Een minuut is ons op die

kruin van die lewe – die volgende gly ons op die piesangskil. Ons liggame stuur duidelike tekens dat ons nie so kan aangaan nie, maar ons ignoreer dit. Ons hou nie van roetine nie – dis te vervelig en dodelik. Ons hou van die vinnige baan en die druk; ) Die onbeheerbare roltrap: Ondanks sukses, kan ons nie stop nie. Ons hou aan om die dwarslat hoër en hoër te stel. Ons voel nooit finansieel gemaklik nie – ongeag hoeveel ons het. Daar is geen lewe buite die werk nie. Die lewe druk ons, want orals het ons die limiet bereik. Ons sien sukses altyd as ’n toekomsding en kan nie die “nou-oomblik “ geniet nie. Die vraag wat in ons gedagtes maal, is: Waar stop alles? ) Die stoepsitters: Ons kan nog iets byvoeg. Daar is mense wat dink dat die lewe hulle skuld. Daarom onderneem hulle self geen reis nie, maar sit op die stoep en kyk hoe ander mense hul reise onderneem. Ons noem sulke mense stoepsitters. Is dit regtig

lewe? Stoepsitter-mense is niks anders as suurstofdiewe nie. Ek dink die lewe gaan by jou verby as jy op die stoep sit – jy skuld die lewe jou beste, op die stoep kan dit nie gebeur nie. Daar is egter die Johannes 11:25geskenk: Aan ons word dieselfde rit van jou lewe aangebied om ons te bevry uit hierdie nuttelose pogings om sukses en betekenis in ons lewe te bring. Jesus se Johannes 11:25-geskenk is ’n energieke my-beker-loop-oorlewe wat hierdie afwaartse glybaan kan stop, die trapmeul kan verander in ’n doelgerigte pad, stabiliteit by die wipwa voeg en aan die onbeheerbare roltrap ’n eindbestemming gee. Die ware probleem met die glybaan-, trapmeul-, wipwa- en roltrap-ritte is dat ons tevergeefs al hierdie ritte met ons eie agendas wil beheer en onder ons mag wil hou. Jesus se woorde aan Marta is ’n aanbod van ’n ander rit: “Ek is die opstanding en die lewe.” In dié rit word ons bemagtig deur ons vertroue in God wat Jesus uit die dood bevry het en Hom al die heerlikheid gegee het. Net Jesus kan jou die rit van jou lewe gee!

8/24

9/25

10/26

8/24

9/27

10/26

11/29

13/31

14/31

OSO-5

O-5

ONO-5

O-5

O-5

ONO-5

Kalm

Kalm

NNO-5

MET die nasionale verkiesing wat oor net meer as ’n maand in Suid-Afrika plaasvind, skroom die politieke partye nie om mekaar se vuil wasgoed in die openbaar te was nie. Met die onlangse bekendmaking van die omstrede Nkandla-verslag het die hoof-opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA), se Lindiwe Mazibuko ’n formele versoek aan die parlement gerig om pres. Jacob Zuma te laat vervolg. Sy het die parlementêre speaker, Max Sisulu, versoek om spoedig op te tree. Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het in die omstrede verslag bevind van die R246 miljoen se opknappingswerk wat aan die president se Nkandla-woning aangebring is, was buitensporig en onnodig. Sy het voorgestel die president moet ’n deel van die koste terugbetaal. Die aanvanklike koste van die werk aan die presidentswoning sou ongeveer R65 miljoen gewees het. Zuma het egter in ’n onlangse TV-onderhoud gesê hy meen nie hy moet geld terugbetaal vir iets

waarvoor hy nie sou gevra het nie. Intussen het die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), Julius Malema, aan die media gesê hy het ’n formele strafregtelike klag by die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) teen Zuma ingedien. Malema voer aan Zuma het geld van die publiek gesteel vir die opknapping van Nkandla en dat hy (Malema) bewyse daarvan het wat hy aan die polisie sal oorhandig. Malema word self op aanklagte van belastingontduiking en korrupsie ondersoek. Die DA het ook vroeër die jaar ’n opskudding in die media veroorsaak met sy mislukte samesmelting met Agang SA. Helen Zille, leier van die DA, en Mamphela Ramphele, leier en stigter van Agang SA, het die kortstondige samesmelting gou verbreek. Só gee die politieke partye mekaar skietgoed – en word dit moeiliker (of makliker?) vir Jan Publiek gemaak om sy keuse uit te oefen. Die belangrikste is egter om wel te gaan stem.

My hart bly in Keimoes Lizette Slabber MY liefde vir die Noord-Kaap het in Keimoes begin. Hier in Keimoes het ek in 1999 as jong onderwyser, nog nat agter die ore en sonder enige ondervinding, begin werk. Op die eerste ouer-onderwyserbraaigeleentheid het ek trui oor die arm na die skoolswembad gestap, want my ma het my geleer as jy in die aand uitgaan, vat jy altyd ’n warm ding saam. Dié trui het ure se laggenot meegebring en tot in Desember het almal vertel hoe die nuwe onderwyser wraggies op ’n aand van 45 °C ’n trui rondgedra het. Maar vandag nog, wanneer ek na Keimoes gaan, neem die kronkelende paadjies tussen wingerde en brûe deur my terug na daardie wonderlike jaar. Die gasvryheid, vriendelikheid en innemendheid van die mense sal ek nooit vergeet nie. Verlede week moes ek weer Keimoes toe gaan en ek het spesiaal met die terugkomslag na Upington ’n draai die dorp deur gery. Ek het weer na die koshuis gaan kyk waarin ek gewoon het en na die klaskamer waarin ek die eerste keer skoolgehou het. En na al die paadjies waarop ons

Die interessante mense is egter wat Keimoes so ’n wonderlike plek maak. Elke keer as ek ’n storie daar gaan doen, sukkel ek om binne die joernalistieke raamwerk van slegs 350 woorde te bly. Ek wil skryf en skryf en skryf totdat almal net so lief raak vir die Noord-Kaap en Keimoes soos ek. in die dorp rondgestap het. Die interessante mense is egter wat Keimoes so ’n wonderlike plek maak. Elke keer wanneer ek ’n storie daar gaan doen, sukkel ek om binne die joernalistieke raamwerk van slegs 350 woorde te bly. Ek wil skryf en skryf en skryf totdat almal net so lief soos ek vir die Noord-Kaap en Keimoes is. Ek wil geen advertensies duld nie, want elke gaatjie moet aan foto’s en beskrywings gewy word. En al is ek nou naweke ’n Grootdrinker en in die week ’n Upingtonner sal my hart altyd in Keimoes bly.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

PROMOSIE

Mooigoed maak oop in Upington MOOIGOED-GESKENKE-EN-DEKOR is nie net die naam van die splinternuwe winkel wat vandag in Upington oopmaak nie, dit is ook ’n baie gepaste beskrywing van die mooi goed wat hier te koop is. Isak en Annemarie Joubert open vandag hul winkel vol mooi goed in die Ons Tuin-sentrum in Keidebees. “Ons het juis dié sentrum gekies, omdat daar soveel karakter in die gebou is,” het Joubert gesê. Joubert en sy vrou het al langer as twee jaar in Kathu ’n winkel, Mooigoed-geskenke-en-dekor, waarin hulle handgemaakte meubels en dekorartikels verkoop. “Ons het ’n geleentheid in Upington raakgesien en besluit om hier ook ’n Mooigoed oop te maak,” het hy gesê. Joubert het ongeveer ’n jaar gelede afgetree, maar wou nog altyd meubels maak. Nou kan hy self die meubels maak wat in Mooigoed verkoop word. “Bring vir my ’n foto of ’n prentjie en ek maak binne 10 dae vir jou jou meubels.” Hulle maak veral witgekalkte (limewashed) meubels en kombuiskaste op bestelling. Die kombuiskaste doen hy saam met sy seun, Morné, van Kalahari-kaste, “maar met groot bestellings moet ek asseblief net vroegtydig gewaarsku word”. Volgens Joubert sal hulle binne die volgende tien dae nog pragtige dekor-artikels in voorraad kry. Vir inligting besoek www.mooigoed.net of stuur ’n e-pos aan isak@mooigoed.net of bel hom by 082-494-0586.

VAN links is Annemarie, Morné en Isak Joubert. Foto: Lizette Slabber

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

LEEFSTYL/LIFESTYLE

AL die leerlinge het die atletiekbyeenkoms baie geniet.

Kleuters wys hul vernuf Renske Van der Walt DIE Bana- Vroeë Ontwikkelingsentrum in Kathu het op 26 Maart op die Sivossportterrein sy jaarlikse atletiekbyeenkoms gehou. Die leerlinge het oudergewoonte ballonne ontvang om tydens die optog te dra. Ná die optog is die ballonne gelos

om op die wind weg te sweef. Die geleentheid het leerlinge ’n kans gegee om met hul spoed en vernuf te spog. Die kinders het aan ’n hekkiesnommer en die 100 m deelgeneem. Elke kleuter het ’n medalje ontvang, asook ’n waterbottel en kos- en gelukspakkies.

DIE leerlinge het behoorlik oor die “hekkies” gevlieg.

Foto’s: Verskaf

DIE paviljoen was stampvol familielede en vriende wat die leerlinge aangemoedig het.

THE ladybird beetle (Coccinella semtpunctata) feeds on aphids, a species of plant lice.

Insects fulfil important role INSECTS are often associated with pests, but only a small proportion of insects are pest species. Others fulfil important roles in the garden, such as pollinating flowers, decomposing leaf litter and controlling pest insects. For example, the ladybird beetle feeds on aphids, a species of plant lice. Insects form by far the most diverse group of animals, which means that making the garden “insect friendly” is in itself the most efficient way to enhance biodiversity in the backyard. In addition, insects are food for other animals such as spiders, frogs and toads, lizards, skinks and geckos. They also provide food for insect-eating birds and small mammals such as shrews and hedgehogs. Apart from the roles they fulfil, many insects are simply breathtakingly beautiful and fascinating and can add a splash of colour to the garden. Butterflies are the obvious example, but there are other insects that warrant a closer look, such as dragon- and damselflies, lacewings, fruit beetles, dung beetles, parasitic wasps, grasshoppers and praying mantises, to mention a few. Butterflies in particular are very choosy about where they lay their eggs. Most species will only use a few, or only one, “host plant” species. This makes butterflies very vulnerable to extinction. By gardening with locally indigenous plants the humble

THE praying mantis is a dignified addition to any garden. gardener can help protect them. Given the riches that butterflies and other insects can bring to the garden, it pays to tolerate some insect damage to plants rather than to use insecticides to prevent insect damage. Indigenous plants have evolved their own defence mechanisms against local species of insects and they do not necessarily need chemicals that kill everything that crawls. Source: www.nzg.ac.za

Gastritis: Kry raad Yolandi van Deventer GASTRITIS is ’n term wat na die ontsteking van die maagwand aan die binnekant (slymvlies) verwys. Dit kan die gevolg van verskillende dinge, soos oormatige alkoholgebruik of die gebruik van sekere medisyne wees. Oormatige stres of sekere bakteriële infeksies soos Helicobacter Pylori kan ook tot gastritis lei. Die algemeenste simptoom is abdominale ongemak of pyn. Die soort pyn is gewoonlik ’n dowwe, vae, kloppende, skerp, branderige pyn. Ander simptome is naarheid, braking, swelling of opsetting van die buik, of sooibrand. Vir behandeling van gastritis sal jou geneesheer iets voorskryf soos antibiotika, medisyne vir naarheid, of dan medisyne spesifiek vir die maag en die “pompies” wat in die selle in die maag is wat suur afskei, ’n bietjie inhibeer. Dit wil sê, minder suur

word afgeskei. Gevaartekens sluit in swart braaksel, die vomering van bloed of swart stoelgang. Dít kan dui op bloeding van die maagwand en moet dringend deur jou geneesheer behandel word. Diegene wat aan gastritis ly, moet liefs die volgende vermy: speserye of gekruide kos; kafeïen (koffie); medisyne wat op die maagwand werk soos sekere anti-inflammatoriese medisyne; vetterige kos en gaskoeldranke, omdat dit geneig is om suur te wees. Identifiseer kossoorte wat die ongemak op die maag vererger en vermy dit of gebruik dit matig. Gastritis is nie ’n lewensgevaarlike toestand nie en kan met behulp van die korrekte leefstyl en medisyne goed beheer word. Dit is baie belangrik om, indien jy aan enige van dié simptome ly, ’n afspraak by jou geneesheer te maak, omdat baie ander toestande dieselfde simptome het. Waak altyd teen diagnoses van oningeligtea. Kry eerder professionele raad. ) Gesondheidswenke verskaf deur die Mediclinic Kathu


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Day’s work pays off

ON 19 March Pick n Pay thanked its customers, staff and franchisees for their tremendous response on 15 December 2013 – the day of Nelson Mandela’s funeral – when the company decided to open its stores and donate all profits to charities which honoured Madiba’s legacy. As a result of its Working for Madiba Day, Pick n Pay will hand the new Nelson Mandela Children’s Hospital in Gauteng a cheque for R4,5 million to build and equip a specialist unit. Pick n Pay’s regional teams will donate a further R500 000 to help provide equipment to children’s homes, orphanages and care facilities around the country. “By opening our stores on Sunday, 15 December, we gave our staff and customers an opportunity to contribute in a very tangible way to Madiba’s legacy,” said Pick n Pay’s CEO, Richard Brasher. He continued to say that they pledged all the profits from sales that day to worthy causes. “I was truly humbled by the amazing response from our staff and our customers. The total sum of R5m donated to good causes significantly exceeded our day’s profits. I want to thank everyone involved – in particular our staff, our franchisees and our customers – for this great tribute to Nelson Mandela.” KPMG, Pick n Pay’s external auditors, have checked the calculation of profits and have confirmed that it was conducted on an appropriate basis and that the amount donated to good causes exceeded the day’s profits. Sibongile Mkhabela, CEO of the Nelson Mandela Children’s Hospital, said: “We are grateful to Pick n Pay for this very generous donation. Pick n Pay wants to ensure that the proceeds of their excellent Working for Madiba initiative goes to a cause which, as stated by Graca Machel, was Nelson Mandela’s last wish.” She continued to say that this donation will benefit many children in need for years to come. Pick n Pay’s transformation director, Suzanne Ackerman-Berman, added: “15 December last year was a day many of us will never forget. Around the country we opened our stores, served our customers, spent time mourning together, knowing that all our efforts would go to help those in need. This special day was really a fitting way to contribute to the enduring legacy of a truly great man.”

Happenings on this day TODAY in history: 3 April 1882 – The American Old West outlaw Jesse James is killed by Robert Ford. 1933 – The first aeroplane flight over Mount Everest. 1957 – Russia performs the first atmospheric nuclear test. 1930 – Tafari Makonnen proclaimed the Emperor Haile Selassie the First of Ethiopia. 1966 – Luna 10 orbits the moon. 1996 – AWB members are sentenced for disrupting the South African elections. 2012 – America’s President Barack Obama officially secures the Democratic presidential nomination.

7

An Easter feast FRESH

30

R

PnP Fresh Chicken in Tray Per kg

49

90

PnP Kids Small Apples Assorted 1kg Each

Ultimate Braai Master Boerewors Per kg

Garnish and decor not included

54 17

R

BUY BOTH FOR

+ R

50

Clover The One 1% Low Fat Fresh Milk 2 Litre

Danone Yo-Jelly Assorted 6 x 100g Per Pack

35 21

80

PnP Washed Potatoes 2kg and Onions 2kg

Bulk Tenderised Steak Per kg

10 R 10

R

Ladismith Choice Salted Butter 500g Brick

30 19 57 R 8 7 90

Sunfoil Sunflower Oil 2 Litre

SAVE 2.40

12

80

Fanta, Sprite or Stoney Soft Drink Assorted 2 Litre Each

SAVE 3.85

90

Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg

SAVE R5

90

Beacon Marshmallow Eggs 48s

11 17

Nestlé Caramel Treat 360g

R

5 50

Lay’s Potato Chips Assorted 125g Each

SAVE 5.50

90

Riegelein Bunny 60g Each

Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each

6 Hot Cross Buns

ter n Bur’s Inflataio n last yea s price Better th

12

R

42

90 Each

+

10x

FREE

points

on H Hot ot Cross Buns

SAVE R40 Valid until 6 April 2014

Buy Omo Auto Washing Powder 2kg or Semi-concentrated Liquid 1.5 Litre and Get Comfort Fabric Conditioner 400ml FREE

Valid 24 March - 21 April

PRICES VALID 1 - 6 APRIL 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme

1184383


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Gaan kyk na die ander inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za

YOLANDI BOOYENS het dié foto net buite Ellisras geneem.

Foto: Yolandi Booyens

HENK DE KLERK van Grootdrink het dié foto in Buffelsbaai geneem.

Foto: Henk de Klerk

Hier is die foto-finaliste

KUSHLA MARKRAM van Kuruman het dié foto naby Gansbaai geneem.

Foto: Kushla Markram

HEIDÉ CAREY van Kathu het die foto net buite Nieuwoudtsville geneem.

ELZANNE JORDAAN van Daniëlskuil het dié foto geneem.

Foto: Heidé Carey

Foto: Elzanne Jordaan

Vyf toplandskapfoto’s aangewys Lizette Slabber HIER is die vyf landskapfinaliste. Een van dié foto sal as die eerste wenner van die Kalahari Bulletin se fotokompetisie vir Maart aangewys word. Daar is ook ’n prys vir die foto wat die meeste “likes” op Facebook kry. Albei dié fotograwe ontvang ’n prys en kan ’n naweek in een van die NC Famous Lodges wen as die foto as wenfoto van die jaar

aangewys word. Gaan “like” dus onmiddellik jou gunstelingfoto op Facebook (www.facebook.com/kbulletin) en gaan kyk na die ander inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za. Donovan Eva van Eva-fotografie het dié vyf finaliste uit bykans 140 inskrywings gekies. Gaan na dié webtuiste vir die kompetisiereëls. Stuur jou sonsondergang- en sonopkomsfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com.

Besoek die Facebookblad: Kalahari Bulletin


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

9

ADVERTEERDERSNUUS

DIE plaaslike Voltex-winkelbestuurders is van links Jaco Niewoudt (Kuruman-tak), Hennie Fourie (Kathu-tak) en Stanley Niewoudt (Postmasburg-tak).

SONJA GROBLER saam met Whiskey die hond. Hy is deur mense (onbekend) met ’n emmer kookwater gegooi en die vel op sy rug was erg gebrand. Hy het mooi herstel en het die dag saam met die leerlinge baie geniet.

Voltex nou in dié 3 dorpe DIE Voltex-groep het amptelik verlede week takke in Kathu, Kuruman en Postmasburg oopgemaak. Die Voltex-groep spog met ’n lang en suksesvolle geskiedenis. Voltex het ontstaan toe Illman Plastics en Electric Centre in 1986 saamgesmelt het. Voltex het van krag tot krag gegaan en is in 2001 deur die Bidvest-groep oorgekoop. Voltex is boonop op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) genoteer. Die groep het 75 winkels oor Suid-Afrika heen. Die Voltex-groep het die ou Electric City-winkel in Kathu gekoop en die winkel sal voortaan onder die Voltex-naam sake doen. Die Voltex-personeel is ’n belangrike deel van die maatskappy. Volgens Stanley Green, uitvoerende hoof van Voltex, is dit belangrik dat al 2 150 personeellede gelukkig in die werkomgewing moet wees. Die

maatskappy bied ook Seta- geakkrediteerde leerlingskappe vir potensiële werknemers aan. Vir Voltex is dit noodsaaklik dat sy personeel uitmuntende kliëntediens lewer en hul beloftes aan die kliënt nakom. Voltex verskaf verskeie voorkeurprodukte. Dit sluit huishoudelike, kommersiële en nywerheids- elektriese produkte van hoë gehalte in. Besoek gerus die Voltex webtuiste, www.voltex.co.za, vir ’n volledige lys van die maatskappy se produkte. Die maatskappy behoort aan Eskom se 49M-projek. Al Voltex se produkte voldoen aan SABS-standaarde, asook die Safe House-projek wat veilige produkte vir die huis verseker. Voltex glo aan gehaltediens, topgehalte veilige produkte en kompeterende pryse. Voltex se Kathu-winkel word deur Hennie Fourie bestuur.

LEERLINGE word vrae in die klas gevra en hulle was almal baie gretig om dit te beantwoord. Foto’s: Ilse Watson

DSV lig kinders in Ilse Watson SONJA GROBLER van die Kuruman-dieresorgvereniging (DSV) het verlede week in die Bana- Vroeë Ontwikkelingsentrum in Kathu met die leerlinge oor die versorging van troeteldiere gepraat. Sy het hulle geleer dat ’n mens nie klappers moet skiet nie, want dit maak die honde bang en hulle hardloop van hul huise af weg. Sy het die kinders ook vertel hoe om

veilig met vreemde honde te verkeer. ’n Mens moet byvoorbeeld nie aan ’n hond vat wat hom of haar nie ken nie. ’n Mens moet ook nie jou arms om ’n vreemde hond se nek slaan nie. Kinders moet ook net aan ’n vreemde hond vat wanneer hul ma of pa toestemming gegee het. )Enigiemand wat diere kan aanneem of die Kuruman-DSV op enige manier kan help, kan die DSV besoek. Of bel Sonja Grobler by 082-744-9057.

DIE maatskappy Voltex is trots om takke in die Noord-Kaap oop te maak. Van links is Jaco Niewoudt (Kuruman-bestuurder), Stanley Green (uitvoerende hoof), Eric Immerman (finansiële bestuurder), Bongi Tswhala (direkteur), Hennie Fourie (Kathu-bestuurder) en Stanley Niewoudt (Postmasburg-bestuurder). Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Hier wen voorkoms en persoonlikheid Benneli Olivier Van der Walt MET ’n laaste toespraak-oefening en die finale grimering versigtig aangebring, was leerlinge van die Hoërskool Kathu gereed om met hul jaarlikse Mnr. en Mej. Kathu-geleentheid te begin. Die spoggeleentheid het verlede week in ’n stampvol skoolsaal by die hoërskool plaasgevind. Altesaam 13 leerlinge in gr. 10 en gr. 11 het aan die kompetisie deelgeneem. Mardus Botha, Stefaans van der Walt, Arno Meyer, Denushien Feldman, Hero Tshorang en Henry Wolstenholme het die seuns verteenwoordig.

Die meisies, Colrinda Diergaardt, Denisha Dippenaar, Vanessa Dituku, Monsoné Kernekamp, Juan-Marie Swiegers en Maryka Vosloo, het die gehoor met hulle pragtige uitrustings verstom. Die seremoniemeesters van die aand was Martin van Schalkwyk en Zoë Muinis. Marga Boshoff, voorsitter van die leerlingraad, het die geleentheid geopen. Leona Goodchild Roos, Desiree Engelbrecht en Levern Spangenberg het die moeilike taak behartig om die beoordeling te doen. Die wenners is op grond van voorkoms en persoonlikheid aangewys.

Die aand se gaste is by die deur deur Lee-anne van Zyl en Heinrich Enslin, verlede jaar se wenners, verwelkom. Volgens dié twee was hul tydperk as Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu ’n lekker ervaring en sal hulle dit enige tyd weer wou beleef. Maar die aand het uiteindelik aan die wenners van die aand behoort. Stefaans van der Walt en Monsoné Kernekamp is as Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu 2014 aangewys. Die naas-wenners vir die seuns was Mardus Botha en Denushien Feldman. Die naas-wenners onder die meisies was Melissa Swiegers en Denisha Dippenaar.

STEFAANS VAN DER WALT, Mnr. Hoërskool Kathu van 2014, het ná die geselligheid gehelp om die saal op te ruim.

AMELIA VAN ANTWERPEN het die gehoor met toertjies vermaak.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE meisiewenners vir die aand was van links Melissa Swiegers, Denisha Dippenaar en Monsoné Kernekamp.

ZOË MUINIS en Martin van Schalkwyk was die aand se seremoniemeesters.

DIE seunswenners vir die aand. Van links is Stefaans van der Walt, Mardus Botha en Denushen Feldman.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Mine rewards 127 for service “Thank you for your hard work and please guide us with the wealth of knowledge and experience you have gained . . . “

QUINTIS THORPE and Adriaan Adriaanse entertained the audience with their musical talent. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

MONIQUE LAMPRECHT warmed the audience’s hearts with her moving performance.

JOHAN VAN SCHALKWYK, the general manager of the Sishen Mine, delivered the night’s keynote speech.

THE Kumba Iron Ore’s Sishen Mine recently honoured 127 employees who have worked at the mine for 25 and 35 years. The special awards function was held on Wednesday, 19 March, at the Kalahari Country Club in Kathu. In his keynote address, the general manager of the Sishen Mine, Johan van Schalkwyk, thanked the employees for their ongoing commitment towards the mine and the company. “You have formed the foundation of Sishen and we are very proud of you. You are an example to all of us, to the Sishen leadership team and the younger employees. “Thank you for your hard work and please guide us with the wealth of knowledge and experience you have gained through the years.” Van Schalkwyk also announced that a cash reward would be paid out to the employees at the end of March. Employees were given an opportunity to share some memories and anecdotes from the year they had started working at Sishen. Mr Nico (Klippies) de Jager is only one of two apprentices that started at Sishen in 1978 and still works for Kumba. He proudly showed his Sivos (Siviele Ingenieurswese- en Vakopleidingsentrum) jacket to the audience when he took the floor. “I’ve had a wonderful career at Sishen. I’ve kept this jacket for 35 years because I am just as proud of it as I am of the mine I work for.” Learners from the Kalahari High School provided the entertainment and had the audience stunned with their musical abilities. Each awardee received their recognition certificate from Van Schalkwyk and their head of department, assisted by Tanya Aucamp, Sishen mine’s communication manager.

QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE LASHER DIGGING SPADE

GARDEN TOOLS

ELECTRIC GEYSER & ACCESSORIES

161.95

SKU: 880

FRANKE COMBISLIM Consists of: 1 x Franke 100litre Combislim Geyser GEYSER PACK 1 x Franke 100litre Tray with outlet 1 x 22mm 400kpa Pressure Control Valve 2 x 22mm 400kpa Vacuum Breakers 1 x 22mm Draincock 1 x 22mm Temperature Probe Valve

100 Litre

SKU: 301582

3 129.95

LASHER GARDEN FORK SKU: 914

522.95

209.95

SKU: 883

PICK HEAD C&D • 3kg SKU: 882

CHAMPION EXTRA THICK PVA

PAINT

199.95 LASHER POLY WHEELBARROW SKU: 300133

545.95

Poly

SKU: 301160

99.95

SHOP AT CASHBUILD AND STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF

R 50 000 INSTANT AIRTIME

Dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20c for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za. One entry per till slip. Competition closes 20 April 2014

54.95

VALID UNTIL SUNDAY 20 APRIL 2014 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT 66377 WK40 • REDWORKS

For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

SKU: 5002

10 Litres

Various 5 Litres

Various Colours 5 Litres

123.95

169.95

179.95

SKU: various

609.95

69.95

LASHER PICK HANDLE

DURAM FLEXIWALL

DURAM WALL & CEILING PVA

White 5 Litres

SKU: 5037

SKU: various

20 Litres

20 Litres

SKU: 5001

SKU: Various

20 Litres

SKU: Various

599.95

219.95 TILING Cotta

ALOE CERAMIC FLOOR TILE

Bone

Beige

35 x 35 • 2m2 Cotta Bone Grey

20 x 25 • 2m2 Beige/Grey

SKU: 300228/9 per m2

SKU: 300326/7/8 per m2

Grey

64.95

CLIVIA CERAMIC WALL TILE

Grey

69.95

TAPS EMERALD BA BASIN MIXER SKU: 301593 SK

371.95

ISCA CHLOE SINK MIXER

CORAL BATH MIXER

Wall Type

+ hand shower

SKU: 5162388

742.95

SKU: 301587

667.95

208

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

Wanneer kom die winter? DIT is herfstyd in Kathu. Maar wanneer gaan dit regtig begin koud raak? Benneli Olivier van der Walt het by die gemeenskap van Kathu en die omliggende gebiede hul “koue-voorspellings” vir 2014 gaan uitvind.

JEFFREY KOBNAAR voorspel dat die koue gaan op 17 Mei kom. Hy bly al vier jaar in Mapoteng. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

ASHLEY MOKHWES wat al twee jaar in Mapoteng bly, sê die koue kom op 1 Junie.

GLORIA WINDWAAI bly al twee jaar in Debeng. Sy voorspel koue vir 15 Mei.

IVY MONGOABONE van Mapoteng, waar sy al twee jaar bly, sê die koue kom op 18 Mei.

VALENCIA MPOLOKENG, wat sewe jaar in Mapoteng bly, voorspel groot koue op 17 April.

BRAAMPIE FIEDLER bly al 21jaar in Kathu. Haar voorspelling vir die koms van die koue is 12 April.

MALINDA ROUX bly die afgelope 17 jaar in Kathu. Sy voorspel koue vir 15 April.

RAYMOND CZAPIEWSKI is al van 1976 in Kathu. Sy datum vir die koue is 21 Mei.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014 IS daar enigiets in jou dorp wat jou pla? Het jy enige probleme by ’n instansie aangemeld en dit word nie opgelos nie? Het jy enige nuus oor iets wat in jou omgewing gaan gebeur? Besoek die Facebook-blad van die Kalahari Bulletins en laat ’n boodskap met jou nuus of klagte, ensovoorts. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Jy kan ook ’n SMS vir die Kalahari Bulletins stuur (45533, begin met KB).

Mik nóg verder JOVÉ VAN ZYL, ’n leerling aan die Laerskool Kuruman, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms in die Paarl deelgeneem. Sy het ’n 13de plek in spiesgooi en gewigstoot behaal. Haar doelwit was om op haar 17de plek (in gewigstoot in 2013) te verbeter. Hoewel sy nie persoonlike beste afstande kon verbeter nie, het sy waardevolle ondervinding opgedoen en sy sien uit na die volgende atletiekseisoen. Foto: Hester Engelbrecth

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE

HERSTELWERK

LANDBOU

BOEDELKENNISGEWINGS

1818

BOUWERK & KONSTRUKSIE

PERSOONLIK

1801

1460

EK, ANTON W. SAKOOR, identiteitsnommer 640516 5047 080, neem geen verantwoordelikheid vir enige skuld, dade of enige iets soortgelyk wat Ashley Givan Sakoor, geboortedatum 3.8.1991, aangaan nie. Hy is ook nie by my woonagtig nie.

SOSIAAL & ONTSPANNING

FOR ALL YOUR STEEL AND BUILDING construction needs: Contact the specialists. We specialise in building, plaster, tiles, painting, built-in cupboards, plumbing as well as steel burglar bars, safety doors, devil's fork, gates, any steel job. Deva's Steel & Building Construction. Quality is our game! Affordability is our name. Phone 071 533 1904/084 219 6605.

1475

Cool River Maintenance: Vir enige algemene herstelwerk aan huise en besighede, skakel Theo 072 038 0032 of Nicky 076 694 6985 vir 'n gratis kwotasie.

VOLWASSENES

DSTV/TV/DVD DIENSTE

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219. VOERTUIE

1807

PRIVAAT

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades. Explora, PVR and Xtraview. Call Kobus 082 040 5801.

TE KOOP

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE

2015

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

ELEKTRIES 1810

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

RATKAS VIR NISSAN DIESEL 8 ton, wat pas op PD6-engin, CK20reeks te koop vir R5 000. Skakel 073 244 1017.

MOTORS TE KOOP 3025

4201

P.C. Grobler In die boedel van wyle Petrus Cornelis Grobler, gebore 02 Julie 1955, identiteitsnommer 550702 5076 083, datum van afsterwe 26 Februarie 2014, van Vlakplaas, Dibeng, Meesterskantoor Kimberley, boedelnommer 000648/2014. Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal, by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, vanaf datum van publikasie hiervan. ANDRE HEYNS VAN ENSLINS KIMBERLEY INGELYF Posbus 1690 Kimberley 8300 Salgos Sentrum, Georgestraat 59-71, Kimberley 8301. Tel: 053 831 1080 Verw: A. HEYNS.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor met slegs 120 000 km. Skakel 083 772 2316.

EIENDOMME

M.J. Mantlane

WOONSTELLE TE HUUR 3250

GEMEUBILEERDE EENMANwoonstel, koopkrag, lugreëling, veilige parkering. Dadelik beskikbaar. Skakel 071 172 9777.

TE HUUR 3205

2 RUIM NUUTGEBOUDE 3-slaapkamer-meenthuise te huur. R12 000 elk per maand. Water en tuindienste ingesluit. Skakel 083 481 5485.

The future is diverse. The future is yours.

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

In the estate late of M.J. Mantlane, identity number 400226 5430 084, of House 1390, Nanana Section, Batlharos, Mothibistad, estate number 4527/2013. The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection to all persons with an interest therein, for a period of 21 days from 4 April 2014, at the office of the Master of the High Court, Mmabatho, and the Magistrate, Mothibistadt. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460.

Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape Mamatwan

Track Dozer Operator Ref. 766905 Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will play a key role in safety loading, hauling and dumping activities in the Mamatwan mining area. You must be multi-skilled on different mobile equipment and will be required to operate the different machines based on operational requirements. Responsibilities will include applying health, safety and housekeeping standards on an ongoing basis, such as conducting pre-use and routine inspections and reporting defects, keeping mobile equipment clean and in good condition and conducting risk assessments before all tasks to identify potential risks and hazards. To be considered, you will need a Grade 12 coupled with some 2-5 years’ experience in operating specific mobile equipment (D10 and D08) in a mining environment. A Code 08 or 10 driver’s licence is a given, together with a licence for the specific mobile equipment (Track Dozer D10 and D08 caterpillar or equivalent), and you must be medically fit. Your strong teamwork skills and action orientation could make you our ideal candidate. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 11 April 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

SOEK, KOOP, VERKOOP

Human Communications 107899

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

B E T R E K K I N G S

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

JP Maart-wenner vir karate-prestasie JACOBUS PETRUS NIEUWOUDT (14) van die Hoërskool Kalahari is as Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Maart gekies. JP, soos hy bekend staan, het ’n paar uitstekende prestasies in karate behaal. In 2013 het JP aan die Suidwestelike Distrikte-karate-Classic deelgeneem en die volgende medaljes verower: brons in tradisionele wapens, silwer in kumite en goud in gemengde gevegskuns. In Mei van dieselfde jaar het hy goud in deurlopende en puntegevegte op die Kalahari-karatetoernooi verower. Hy het ook in Augustus 2013 aan die Kimberley-diamant-karate-Classic deelgeneem en het ’n string medajes verower, insluitende goud in swartgordel-grootkampioen, swartgordel-ope, tag team en deurlopende gevegte. Hy het ook drie silwermedaljes in die volgende style behaal: gemengde gevegskuns, tradisionele wapens en puntegevegte en een brons in tradisionele kata. In die Suid-Afrikaanse Destiny-karatetoernooi het JP ’n goue medalje in tradisionele kata, silwer in tradisionele wapens en tag team en een brons in deurlopende gevegte behaal. Hy is die bes presterende seun in karate in die Noord-Kaap. Hy vertrek in Julie na Orlando, Florida, vir die Amerikaanse gevegskuns-ope. JP se leuse is: Werk en wen. Stuur jou benoeming vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word, benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal oorgedra word na die volgende maand). Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die maand-wenners sal van Februarie tot November af gekies word. Jy

JP NIEUWOUDT

Foto: verskaf

kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za e-pos of na 086-552-4922 faks. Vir meer inligting kontak Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

SKOLE en sportklubs van Kathu, Postmasburg, Olifantshoek en Deben word genooi om sportnuus (met foto’s) aan die Kalahari Bulletin na die redakteur, Benneli Olivier Van der Walt, te stuur by benneli.vdwalt@volksblad.com, of bel haar by 079-864-5799.

DIE ligawenner is die Kathu-krieketklub. Van links is, voor: Marnus van der Walt, Nelis Cornelissen, Handré Cornelissen (kaptein), Brando Williams en Michael Dawson; agter: Stiaan Theron, Hilton Duimpies, Kobus Linde, Jim van Deventer, Gertjie Cloete, Malcolm Erasmus en Gavin Fincham. Foto: Verskaf

Kathu wen krieketliga Marnus Van der Walt

DIE Kathu-krieketklub het vanjaar die plaaslike krieketliga die vierde agtereenvolgende keer gewen deur Postmasburg tuis te klop. Die Kathu-krieketklub het bo-aan die punteleer geëindig en kon dus op 15 Maart die eindstryd teen die Postmasburg-krieketklub tuis aanbied. Die loot is deur Handré Cornellisen, kaptein van Kathu, gewen en hy het besluit om eerste veldwerk te doen. Die reën het weggebly om te verseker die eindstryd kon sonder onderbreking plaasvind. Postmasburg het begin kolf en die eerste drie paaltjies was kort ná mekaar plat, maar dié span gaan lê

nie maklik nie. ’n Uitstekende 100-tal deur Izak Gouws jr., netjies bygestaan deur Armand Oosthuizen, het verseker Postmasburg teken 214 lopies in sy toegelate 45 boulbeurte aan. Gertjie Cloete (Kathu) het weer bewys hoekom hy een van die beste boulers in die liga is en het ’n uitmuntende vertoning met die bal (9 beurte, 4 vir 22) gelewer. In ’n eindstryd is 214 lopies nie ’n maklike teiken om te haal met al die druk wat op ’n span geplaas word nie. Kathu as ’n span hard moes werk en saamstaan om die wa deur die drif te trek. Hilton Duimpies en Jim van Deventer het egter al die druk

teruggeplaas op Postmasburg se boulers om te verseker Kathu bly by die vereiste lopietempo. Malcolm Erasmus en Cornellisen van Kathu het skitterend met die kolf gevaar. Erasmus, met 70 lopies en Cornellisen met 57 (nie uit nie) het die grootste bydraes gelewer. Kathu het die wenlopies in die 39ste beurt aanteken met ’n 4 deur Marnus van der Walt om sodoende die liga die vierde jaar agtereenvolgens te verower. Ferdi Kirsten en Sakkie Gouws was die skeidsregters. Die Kathu-krieketklub het sy dank uitgespreek vir die goeie gees waarin die wedstryd gespeel is. Die klub het ook alle borge en spelers bedank.

CONSOLIDATE AND HAVE MORE IN YOUR POCKET! FREE CREDIT REPORT

Monthly budget: Furniture account Store account Other repayments

R1200 R1000 R4942

R7142 Consolidation with Old Mutual R4576

6! Cash in your pocket R256

Speak to Old Mutual to, settle your debt, apply for a personal loan and discuss your financial situation. Let us find a plan that is right for you! For more information visit your nearest Old Mutual branch. Visit our website www.omfinance.co.za or SMS your name + “apply” to 41575. * Based on a 12 month loan of R45 876 at an interest rate of 20%. Total amount repayable (including interest, fees and insurance) is R54 912. * Free credit report on loan application.

Terms and conditions apply. Budget for illustrative purposes only. NCRCP35

Licensed Financial Services and Registered Credit Provider

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014

DIE Kathu-fietsryklub het vanjaar goed in die bekende Cape Argus-fietswedren gevaar. Van links is Jaques Fourie, Yolandi Booyens, Armin Snygans en Stoffel Liebenberg. Foto’s: Verskaf

DIE klub het vyf van sy ontwikkelingsryers saamgeneem om waardevolle eerstehandse ondervinding op te doen en te kon sien waaroor die sportsoort regtig gaan.

Argus-fietsryers oorwin wind George Snygans LEDE van die Kumba-Kathu-fietsryklub het vanjaar weer aan die jaarlikse Argus-fietswedren gaan deelneem. Dertien van die klub se lede het op 9 Maart aan vanjaar se wedren in Kaapstad deelgeneem. Die fietsryers het behoorlik geworstel om te ry in die erge wind wat met tye meer as 80 km/h uur gewaai het en ’n mens laat

terugdink het aan die nagmerrie-ondervinding van 2010 toe ryers ook deur kwaai wind geteister is. Dit het vanjaar egter goed gegaan en almal het die wedren veilig voltooi. Armin Snygans het die beste tyd van die klublede gery. Twee van die klublede, George Snygans en Lantie Gricius, het ’n merkwaardige mylpaal bereik deur hul tiende agtereenvolgende Argus te voltooi.

Die klub het vyf van sy ontwikkelingsryers saamgeneem om waardevolle eerstehandse ondervinding op te doen en te kon sien waaroor die sportsoort regtig gaan. Dit was ook vir vier lede die eerste besoek aan Kaapstad. Die klub het sy dank en waardering uitgespreek teenoor die Sishen-myn wat die vervoer verskaf het, en aan Greg Jennings en die Kalahari-buiteklub vir geldelike ondersteuning.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.