Kathu Bulletin 20140409

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

10 APRIL 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Eerste wenner van fotokompetisie

DIE eerste wenner in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie is Henk de Klerk. Hy het dié foto in Buffelsbaai geneem en dit is deur die span fotograwe van Media24 as die beste landskapfoto aangewys. Lees verder op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het en waarheen om die inskrywings vir April te stuur. Foto: Henk de Klerk


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Volunteers can curb crime VOLUNTEERS can play a major part in the fight against crime. This was recently demonstrated again when volunteers from Kathu’s sector A (Onderwyserspark) assisted the Kathu police in their fight against crime. The volunteers held foot patrols in the area and according to the police, no housebreaking cases were reported during these patrols. The Kathu police conveyed their thanks to the volunteers. The Kathu police encouraged other areas to establish their own street safety committees in order to curb the current housebreakings in and around Kathu. For further information with

DIE dwelms wat die Kuruman-polisie in die vroeë oggendure van Vrydag 4 April in Kathu gevind het.

Foto: Verskaf

Dwelmhandel gepak Ilse Watson TE midde van toenemende probleme met dwelmhandel in die omgewing het die polisie Vrydagoggend op dwelms ter waarde van R15 000 in Kathu beslag gelê. Tik, Mandrax, rock, cat en dagga is Vrydag in die vroeë oggendure in Kathu gevind, sê die stasiebevelvoerder van die Kuruman-polisie, kol. Sampie Koopman. Die Kuruman-polisie, in samewerking met verskeie ander

eenhede, het die afgelope tyd verskeie klopjagte in gebiede soos Kathu, Dingleton, Kuruman en Mothibistad uitgevoer. Net ná die klopjag in Kathu Vrydag het die polisie in Kuruman toegeslaan en vier mense weens die onwettige besit van en handel in dwelms ter waarde van R1 000 in hegtenis geneem. Die polisie het verlede Donderdag nog twee mense in Kuruman vir die onwettige besit van dagga in hegtenis geneem. “Ons beplan nog klopjagte. Ons

werk ongereelde en lang ure, maar ons gaan nie nou ophou nie,” sê Koopman. Hy sê die polisie doen alles moontlik om die dwelmprobleme in die omliggende dorpe onder beheer te kry. Met die klopjagte word immigrante se dokumente ook nagegaan en onwettige immigrante word in hegtenis geneem. ) Vir vorige berigte oor die Kathu- en Kuruman-polisie se optredes besoek die webblad www.kalaharibulletin.co.za.

regards to street safety committees, contact WO Maryna de Klerk or Const. Welma Williams on 053-723-9154. Futher enquiries can be directed to Capt. Hansie Barnard on 053-723-9128.

SANBD benodig hulp DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig dringend nog skenkers. Alle inwoners word aangemoedig om te kom bloed te skenk. Diegene wat graag wil bloed skenk, kan op Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook op Vrydae van 09:00 tot 17:00 in die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutualgebou langs OK Furniture. Om ’n bloedskenker te word moet ’n mens minstens 50 kg weeg, tussen 16 en 65 jaar oud wees en ’n veilige leefstyl lei. Rig navrae aan sr. Ansie Klemp by 082-305-4249.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

9

Fantasiespel het baie voordele DIT is uiters belangrik dat kinders moet speel, skryf Renske van der Walt. EEN van die belangrikste vorme van spel is fantasiespel. Seuns en meisies het ’n besonderse uitkyk op fantasiespel. Pietman kan byvoorbeeld nie wag dat sy nefies en niggies van Gauteng kom kuier nie. Hulle is ’n hele spannetjie wat nou tussen 4 en 5 jaar oud is. Sommer die eerste dag al bou die kinders ’n reuse-tent in die agterplaas. Gou-gou dra die meisies koppies en poppe aan en die kinders is so soet ’n mens hoor eens niks van hulle nie. Pietman en neef Sarel speel hulle is jagters en bring net bokke huis toe wat die “vroue” moet bewerk. Die meisies speel saam totdat dit nie meer lekker is om die “vleisbewerkery” te doen nie. Nou ontstaan die konflik: Die meisies wil die reëls verander – hulle wil in die “dorp” speel en “mall” toe gaan. Dit terwyl die seuns nog te lekker “jag”. Die meisies tree uit die spel, dra hul goed na ’n nuwe plek en maak hul eie “huis” met hul poppe en koppies. Die seuns kom karring aan hulle en stel eise. Wanneer dit nie werk nie, praat hulle mooi. En dan volg die laaste uitweg: Hulle gaan kla by die grootmense. Wat moet Mamma en Tannie nou doen? Moet die meisies toegee en verder op die “wildplaas” speel, of moet die seuns op hul eie gaan speel?

Belangrik is ouers moet nie inmeng nie. Dit is ’n uitstekende geleentheid vir kinders om hul sosiale en emosionele vaardighede te oefen. Hulle moet self tot ’n vergelyk kom, wat nie noodwendig maklik gaan wees nie. Fantasiespel bied die ideale geleentheid tot konsentrasie en die beheer van impulse. Gebrek aan impulsbeheer beteken juis die seuns sal, noudat die spel nie verloop soos hul dit wil hê nie, maklik alles in die tent gaan omskop. Die drama gaan dan voortgesit word en die meisies gaan by Ma beswaar kom maak. Kinders gebruik dié soort spel om situasies te verken wat hulle by grootmense sien. Vandaar die “jag” en “vleisbewerking”. Dit is baie belangrik, aangesien hulle so ’n houvas kry op die – soms onverstaanbare – gedrag van volwassenes. So verken die kleuter ook sosiale reëls. Op die jaarlikse kongres van die Amerikaanse Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding (NAEYC) in 2004 in Kalifornië is baie aandag gegee aan spel by kinders, veral spel wat deur die kinders self aangevoer word. Die vergadering het bevestig kinders wat die geleentheid het om spel self te beplan en wat toegelaat word om lank genoeg te speel, doen in die grondslagfase oor die algemeen beter in lees, skryf en wiskunde. Dr. Elsie Calitz, ’n opvoedkundige spesialis van die Regio- Private Skool en kleuterskool in Centu-

GENOEG ongedwonge spel bied langtermynvoordele wat veel verder as die voorskoolse fase strek. rion, beklemtoon voorkeur aan vroeë “akademiese” leer ten koste van spel bied net ’n tydelike voorsprong aan die kind in die grondslagfase. Genoeg ongedwonge spel bied langtermyn-voordele wat veel verder as die voorskoolse fase strek.

Wat is dan lekkerder as maats wat oor en weer op hul eie met ’n verweerde ou tent, komberse en ’n mat of twee saamspeel? Verskaf ’n klomp buitebande, ’n paar planke sonder splinters en sommer ’n klompie bakstene. Laat die kleuters ou klere

Foto: Ter illustrasie

aantrek, hul skoene uittrek en moenie omgee as hulle vuiler as vuil is wanneer die son sak nie. En die meisies mag maar saamspeel. ) Die skrywer is die hoof van die Bana-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Kathu.

Wat is jou mening?

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.

09 - 13 April 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

Includes BUNDLE

S! G N I V A S

23 2for

Rainbow Simply Chicken Polony 1kg

25

R

t "TTPSUFE

Rainbow Simply Chicken Burgers or Steaklets 400g

18

90 each

Nutriday Yoghurt 1kg t "TTPSUFE

3990 per kg

Beef Mince Mix

5990 per kg

Lamb Stew

Mushrooms 250g

1290

22

90

per pack

Potato 3kg

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

4490 per kg

Stewing Beef

per pack

t "TTPSUFE

shop any W it h so much value, w hy

Braaiwors

R

each

each

per kg

DEAL

2790

2390

34

90

119

R

per pack

Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

“AFRIKANERS is plesierig!” Hier dan Francois Momberg (links) en Nico Terreblance.

Laers herdenk 100 jaar van volkspele Benneli Olivier Van der Walt VERNUFTIGE danspassies, pragtige rokke en ’n regte trekklavier. Dit kan net volkspele wees. Die neefs en niggies van die Springbok- en Aandster-volkspelelaers in Kimberley en die Kameeldoring-volkspelelaer in Olifantshoek het ’n draai in Kathu kom maak. Die besoek vorm deel van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging (AVVB) se eeufeesherdenking. Die Noord-Kaapse volkspeletoergroep het dorpe oor die provinsie heen besoek en opvoerings vir die gemeenskappe gehou. Die toergroep is onder leiding van Willie Olivier, provinsiale voorsitter van die Noord-Kaapse volkspele, en is ook deur Mike Jacobs, nasionale voorsitter van die volkspele, vergesel. Olivier se vrou, Bea, dans en sing ook in die groep. Bets le Roux is die toergroep se begeleier op die trekklavier. Die eerste volkspele is op 28 Februarie 1914 op ’n Sondag-

‘Kathu is ’n baie mooi dorp. Ek is beïndruk met die gemeenskap se gasvryheid en sal beslis weer hier kom kuier.’ – Mike Jacobs, nasionale voorsitter van die Afrikaanse volkspele

skool-piekniek, op die plaas Vuisfontein in die distrik Boshof in die Vrystaat bekend gestel. Dr. Samuel Pellissier, die adjunkhoof van die Afrikaanse Hoërskool in Boshof, het in 1912 in Swede gaan reis. Daar het hy gesien Europeërs het hul eie volksdanse en -sang. Hy het dié konsep na die Afrikaanse volk teruggebring en die volkspele het so ontstaan. Die AVVB bied in die Junieskoolvakansies die Judith Pellissier-week aan vir gr. 5- tot gr. 7-leerlinge, die Vormingsweek vir gr. 8- tot gr. 9-leerlinge en die Pellissierweek vir gr. 10- tot gr. 12-leerlinge. Op die nasionale weke kry die volkspelers die geleentheid om in

Suid-Afrika te toer en te verken. Die AVVB leer op die nasionale weke die doelstellings van die volkspele aan die jong neefs en niggies om bewusmaking te bevorder. Dit sluit die bestendigheid van die Christelike grondslag in die Afrikaanse volksgeskiedenis en die verryking, uitbouing en bewaring van die Afrikanervolk se kultuur in. Die neefs en niggies van die Noord-Kaapse volkspeletoergroep het hul besoek aan Kathu terdeë geniet. “Kathu is ’n baie mooi dorp. Ek is beïndruk met die gemeenskap se gasvryheid en sal beslis weer hier kom kuier,” sê Jacobs.

LEDE van die Noord-Kaapse volkspeletoergroep is van links, voor: Bets le Roux, Marieta Terreblance, Nathania Terreblance, Nadine Meissenheimer, Wentzel Marais en Lisa Momberg; agter: Roelof Terreblance, Willie Olivier, Nico Terreblance, Mike Jacobs, Schalk Kruger, Francois Momberg, Bea Olivier en Sonja Maartens. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Kuns en kultuur weer opgedis Benneli Olivier Van der Walt KATHU se inwoners het onlangs weer die geleentheid gehad om hulle in die kuns en kreatiwiteit op die Kansa-mark te verlustig. Die mark is deur Malinda Roux van die Artistica-kunswinkel in die Tshimo Gardens gereël. Die opbrengs van die huur van stalletjies is aan Kansa in Kathu geskenk. Uitstallers met ’n verskeidenheid artikels het hul ware en produkte na die mark gebring, en ’n mens kon kies en keur tussen die soorte kuns, konfyt en smullekker kos. Die dag se vermaak is deur Nantes en Adele du Plessis verskaf. Dié sangpaar kom van Pretoria en sê hulle is al klaar mal oor die dorp en sy mense. Adele de Vos van Colourtexrame-en-kuns het nuwe houtkunswerke aan die publiek te koop aangebied. ’n Nuweling op die mark, Wim Sharpley, het “groen gegaan” en meubels, kuns en tuintoebehore van herwonne hout te koop aangebied. Die Waenhuis Home Made Preserves het oudergewoonte konfyte en ingemaakte lekkernye te koop aangebied. Die Waenhuis spog daarmee dat sy produkte geen preserveermiddels bevat nie.

DIE Waenhuis Home Made Preserves se tuisgemaakte blatjang, gepiekelde baba-beet en murgpampoentjie-smoor was die dag baie gewild. WIM SHARPLEY het met sy kuns gemaak van herwonne hout “groen geword”.

NANTES EN ADELE DU PLESSIS is ’n sangpaar van Pretoria wat in Kathu kom nesskop het.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

CONSOLIDATE AND HAVE MORE IN YOUR POCKET! FREE CREDIT REPORT

Monthly budget: Furniture account Store account Other repayments

R1200 R1000 R4942

R7142 Consolidation with Old Mutual R4576

6! Cash in your pocket R256

Speak to Old Mutual to, settle your debt, apply for a personal loan and discuss your financial situation. Let us find a plan that is right for you! For more information visit your nearest Old Mutual branch. Visit our website www.omfinance.co.za or SMS your name + “apply” to 41575. * Based on a 12 month loan of R45 876 at an interest rate of 20%. Total amount repayable (including interest, fees and insurance) is R54 912. * Free credit report on loan application.

Terms and conditions apply. Budget for illustrative purposes only. NCRCP35

Licensed Financial Services and Registered Credit Provider

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Paastyd

DIT is amper Paasfees. Skryf gerus aan die Kalahari Bulletin en vertel ons hoe jy en jou gesin dié spesiale tyd vier. E-posbriewe en foto’s kan op 14 April voor 12:00 na benneli.vdwalt@volksblad gestuur word.

Maak naam in Kby Benneli Olivier Van der Walt KATHU kan spog met sy puik uitvoerprodukte. Een van hulle, ’n topstudent en -sportvrou, is Cecilia Fiedler (16) wat aan die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley skoolgaan, al is haar huis en hart in Kathu. Cecilia het haar laerskoolloopbaan aan die Laerskool Kathu voltooi waar sy van gr. 4 elke jaar die lys van 10 toppresteerders in akademie gehaal het. Sy het die goeie akademiese prestasies in haar hoërskooljare voortgesit en is nou een van die Hoërskool Noord-Kaap se 10 topakademiese presteerders in gr. 10. Sy is boonop vanjaar lid van haar koshuis se huiskomitee. Dié slimkop wil graag eendag tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) gaan studeer. Cecilia blink ook op sportgebied uit. Sy is ’n kranige netbalspeler wat al sedert gr. 3 aan dié sportsoort deelneem. Sy speel nou vir die Hoërskool Noord-Kaap se eerste span. Die span het onlangs aan die Waterkloof-skoletoernooi deelgeneem waar hy al elf van sy wedstryde gewen het. Sy sal graag met dié sportsoort wil voortgaan wanneer sy gaan studeer. Cecilia speel ook aksie-krieket en het in gr. 8 en gr. 9 Griekwa-kleure in dié sport-

CECILIA FIEDLER, ’n spogleerling van Kathu, presteer pragtig op skool en beplan om nog baie hoogtepunte in die toekoms te bereik. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

soort verwerf. Sy is voorts betrokke by die landsdiens en was in gr. 8 en gr. 9 die provinsiale leidster van die landsdiens in die Noord-Kaap. Haar gesinslede is haar grootste ondersteuners. “Hulle is soos ’n stoomtrein agter my,” sê sy. Pa Harold, ma Braampie en haar broers, Willem (19) en Harold jr. (11), staan almal bankvas agter haar.

Spontaan sprei sy vlerke VANJAAR tref Spontaan, die Volksbladgroep se bekende sangkompetisie, Kuruman, Kathu en omliggende dorpe. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur die groep se plaaslike koerante aangebied word, gaan vanjaar boonop sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitgebrei word. Die eerste keer gaan ’n streekwenner vir Spontaan ook in die Kuruman- en Kathu-omgewing in die uitdunronde in Mei gekies word. Enigiemand met enige talent kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Leerlinge van skole word ook genooi om hul talente vir die beoordelaars te wys. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die uitdunronde saambring.

Deelname aan die uitdunronde is gratis en die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek bepaal kan word nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 12 Julie aan die eindronde in die Blêrkastent op die Vryfees op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) deelneem. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum en lokaal vir dié streek se uitdunronde én vir die fantastiese pryse wat gewen kan word. Vir meer inligting, skryf aan ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Gesinne trap saam op dag Benneli Olivier Van der Walt DIE Kotoko-fietsryklub het onlangs ’n “trap-en-draf”-gesinsdag op die Reitzhof-hoewes aangebied. Deelnemers kon aan onder meer die 5 km-, 10 km- of 30 kmfietsrywedrenne deelneem. Daar was ook die geleentheid vir diegene wat wou om saam met hul gesinne te stap. Bossie Boshoff van die Kotokofietsryklub het die deelnemers voor die aanvang van die wedrenne gemaan om “op te pas vir die dorings en ’n lekker rit te hê”. Lede van ander fietsryklubs het ook aan die geleentheid deelgeneem. Die Kotoko-fietsryklub het ook op die geleentheid nuwe lede vir die klub gewerf. Vir verdere inligting oor die Kotoko-fietsryklub en sy bedrywighede kan Bossie Boshoff by 082-783-9888 gekontak word.

LEDE van die Kumba-fietsryklub wat aan die 30 km-resies deelgeneem het, is van links Johan de Villiers, Jacques Fourie en Dries Ellis.

DIE voorsitter van die Kotoko-fietsryklub, Philip Adamson, en sy dogter Caitlin. Adamson het aan die 30 km-resies deelgeneem, terwyl Caitlin die 10 km-ren aangedurf het.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE Kotoko-ma-en-dogterspan. René Conradie (links) en haar dogter Talitha het aan die 30 km-resies deelgeneem.

Enige van Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboekgebeure op die koerant se webblad www.kalaharibulletin.co.za. Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin.

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Klinkende seges vir Sishen-klub Benneli Olivier Van der Walt

DIE paviljoen op die Sivossportterrein was verlede naweek stampvol toeskouers wat Kathu se tuisspan, die Sishen-rugbyklub, kom ondersteun het. Die Sishen-rugbyklub het teen die Wesbank-rugbyklub

van Malmesbury gespeel. Die eerste en tweede spanne van die Sishen-rugbyklub het oortuigende oorwinnings oor Wesbank behaal. Sishen se eerste span het Wesbank met 52-10 geklop, terwyl Wesbank se tweede span met 12-59 teen die Sishen-rugbyklub se tweede span verloor het.

DIE Sishen-rugbyklub se spanne het Kathu se naam hoog gehou met hul twee onderskeie oorwinnings oor die Wesbank-rugbyklub se spanne.

DIE spelers het niks op die rugbyveld teruggehou nie en het mekaar behoorlik die stryd aangesĂŞ.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.