Kathubulletinka 20140423

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

24 APRIL 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Volmaan oor Kathu

OP 16 April het die pragtige volmaan oor Kathu gehang. Hoewel die bloedmaan nie hier gesien kon word nie, het hierdie geelmaan mooi daarvoor vergoed. Foto: Benneli Olivier Van der Walt


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Radeloos? Kontak só die koerant Christo van Staden MALE sonder tal kom sulke oproepe: “Ek wil met die redakteur praat. Ek kan die rioolgemors nie meer hanteer nie.” Of die vullis wat nie verwyder is nie, die straatligte wat nie brand nie, die oproepe wat nie beantwoord word nie . . . noem maar op. Om nie eens te praat van die krane wat opdroog en die kragtoevoer wat ontkoppel is nie. Die meeste van die inbellers het een ding gemeen: radeloosheid, moedeloosheid. Hulle ervaar frustrasie en magteloosheid. Interessant is swak dienslewering oor die algemeen is hoegenaamd nie diskriminerend nie: jou inkomste, bevolkingsgroep, adres of ouderdom het nie ’n invloed nie. Jy het niks in jou guns wat jou beskerm teen swak dienslewering nie (hoewel dit natuurlik help as jy genoeg geld het om maar self die nodige dienste teen betaling deur iemand wat nie in diens van die munisipaliteit te laat verrig). So graag as wat die koerant wil help, is die stortvloed klagtes wat ons ontvang, net te groot. Wanneer dit egter werklike groot krisisse is, kan die koerant probeer ingryp – en in die verlede was daardie medianavraag net wat nodig was om die verantwoordelike partye aan die gang te kry en die probleem opgelos te kry. Die Kalahari Bulletin wil lesers vandag versoek om eers net self te probeer om die regte mense in die hande te kry en die probleem self op te los. Maar as jy byvoorbeeld ’n dag lank gesukkel het en geen vordering gemaak het nie, laat weet die koerant van die probleem en verskaf al die nodige besonderhede . ’n SMS (na 079-864-5799) of e-pos (aan benneli.vdwalt@volksblad.com) kan ook die ding doen, want soms is dit moeilik om tussen die ander nuusinsameling deur lang

Today in history TODAY, 24 April, in history: ) 1184 b.C. – The Greeks enter Troy using the Trojan Horse. ) 1897 – William Price from the Washington Star became the first reporter assigned to the White House. ) 1953 – Winston Churchill is knighted by Queen Elizabeth II. ) 1987 – Barclays Bank in South Africa changes its name to First National

Bank. ) 1993 – Oliver R. Tambo, the chairman of the African National Congress (ANC), dies at the age of 75. ) 1994 – Bomb attack in central Johannesburg kills nine people. ) 2005 – Cardinal Joseph Ratzinger is inaugurated as the 265th pope of the Roman Catholic Church. He takes the name Pope Benedict XVI.

Skenkings benodig Voting history of SA gesprekke oor diensleweringsprobleme te voer. Wat die koerant kan doen, is om skriftelike navrae aan die munisipaliteit en ook die betrokke wyksraadslede te stuur. Ons kan dan op ons manier verder probeer vuurmaak om die probleem te help oplos. Ongelukkig kan die koerant nie meer as dit doen nie. Die koerant kan nie 24 uur per dag die rol van wyksraadslede probeer vervul nie. Die koerant is egter die waghond van die gemeenskap en sal alles moontlik doen om te help waar hy kan – natuurlik binne die beperkings wat hy het wat betref hulpbronne en tyd. Vir lesers se gerief is hier opnuut die telefoonnommers waar diensleweringsprobleme aangemeld kan word: ) Die telefoonnommer van die Gamagaramunisipaliteit is 053-723-2261. ) Die kommunikasie-amptenaar van die Gamagara-munisipaliteit, Kamogelo Semamai, se telefoonnommer is 082-6607809. ) DA-Gamagara-raadslid Faith van der Heever se nommer is 082-947-5550. Lede van die gemeenskappe rondom Kathu is die oë en ore van die Kalahari Bulletin. Laat weet gerus as daar enige nuus/probleme is waarmee die koerant kan help.

DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) benodig dringend nog skenkers. Alle inwoners word aangemoedig om bloed te skenk. Skenkers kan op Woensdae van 08:00 tot 19:00 na die kliniek kom. Bloed kan ook op Vrydae van 09:00 tot 17:00 in die kliniek geskenk word. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs die OK Furniture. Om ’n bloedskenker te word moet ’n mens minstens 50 kg weeg, tussen 16 en 65 jaar oud wees en ’n veilige seksuele leefstyl lei. Rig navrae aan sr. Ansie Klemp by 082-305-4249.

SOUTH AFRICA’S democratic system was endorsed by voters drawn from across the country’s racial divide in April 1994. There is little doubt that coming from a history of a racially divided society, people voted for their skin colour over policies in 1994. Since then however, it appears that voting in South Africa has been transcending traditional racial preferences, with historically white political parties growing the number of black voters supporting them. Similarly, black political formations have been increasing their support in other racial groups. Nineteen political parties were registered and participated in the elections in 1994. In Apartheid South Africa there were only three main political parties. These were the National Party, the Democratic Party and the Conservative Party. There was also a very weak tradition of independent candidates at the tail end of apartheid, as opposed to early in the twentieth century. – Source: www.sahistory.org.za

Police investigating accident THE Kathu police are investigating a case of culpable homicide after a fatal accident occurred on 16 April on the gravel road in Rooisand Park next to the Group Five building site. The driver of a white Isuzu bakkie allegedly lost control of

the vehicle after he had swerved to avoid an oncoming truck. Four people, including the driver, were in the vehicle at the time of the accident. Petrus Cloete from Deben passed away at the scene of the accident.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Gesin se lewe draai om Janke (2) Benneli Olivier Van der Walt DIE Carstens-gesin se lewe draai om hul “geskenkie van Bo”, klein Janke. Janke (2) lê gemaklik op ouma Annetjie se skoot terwyl oupa André en ma Azaan haar storie vertel. Dié meisietjie het al soveel in haar kort lewe ervaar en oorkom. Janke ly aan ’n seldsame siekte genaamd die Miller-Dieker-sindroom waaraan net twee ander kinders in Suid-Afrika ly. Dié sindroom veroorsaak die misvorming van die brein (“gladde brein”). Dit lei tot ernstige voedingsprobleme, probleme met verstandelike ontwikkeling en epilepsie. Janke kan ook nie op haar eie regop sit nie, en sukkel met asemhaling weens erge slym op haar longe. Die dapper meisiejie, wat op 3 Maart 2012 gebore is, is op drie maande ook met ’n vergrote hart gediagnoseer. In Januarie 2013 het sy ’n opehartoperasie ondergaan om twee gaatjies in haar hart te herstel. Sy het ná die operasie drie maande in die hospitaal gebly en ma Azaan het 24 uur ’n dag by haar bed gewaak. Dit was maar die begin van die Carstens-gesin se hospitaalbesoeke en mediese koste. Omdat Janke nie ’n siekefonds het nie, moet haar ouers haar na staatshospitale bring. Dit beteken ’n heeltydse gery tussen die hospitale in Kimberley en Bloemfontein. André sê hy moes al ’n veiligheidshek afry om Janke betyds by die Mediclinic Kathu te kry omdat sy opgehou het om asem te haal. Sy slaap op die oomblik met ’n suurstofpypie in haar neus en bedags word skoon suurstof in die huis gepomp. Janke se kos moet alles in ’n versapper geplaas word en sy word dan deur ’n voedingsbuis (“mickey-buis”) in haar maag gevoer. Ma Azaan is al so geoefen met dié proses dat sy self die buisie kan vervang wanneer dit moet. Omdat Janke nie self kan regop sit of

DIE Carstens-gesin staan vir niks terug wanneer dit by baba Janke se welstand kom nie. Hier is, voor: Azaan Carstens; van links, agter: André Carstens, Annetjie Carstens en Janke Carstens. Foto: Benneli Olivier Van der Walt staan nie, sit sy partykeer in ’n spesiale stoeltjie wat spesifiek haar nek ondersteun. Dié stoeltjie is deur die Kimberley-hospitaal aan die gesin geskenk. Ouma Annetjie is vol lof vir die hulp en skenkings wat hulle al van die gemeenskap van Kathu ontvang het.

“Ek het al anonieme skenkings in my bankrekening ontvang wanneer ek nie geweet het hoe ons Janke se volgende mediese rekening gaan betaal nie.” So kon hulle ’n draagbare masjien bekostig wat Janke se longe skoonhou. Volgens die Carstens-gesin is hulle groot dank verskuldig aan dr. Golvin Cornelis-

sen van die Mediclinic Kathu vir al sy moeite en vir al die aandag wat hy aan Janke gegee het. “Janke is ons alles en ons sal nooit moed opgee solank sy asemhaal nie,” sê Annetjie. Rig navrae oor Janke aan Annetjie Carstens by 071-103-9213.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

11

VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP VOX POP

Dít is hoekom mense stem (of nie) DIE baie belangrike nasionale verkiesing vind op 7 Mei plaas. Met al die beloftes wat deur die verskillende politieke partye

gemaak word, moet ’n mens ’n weldeurdagte besluit neem oor waar om daardie belangrike kruisie te trek.

Benneli Olivier Van der Walt het by die gemeenskap van Kathu en die omliggende gebiede gaan uitvind of hulle aan die

verkiesings gaan deelneem en hoekom hulle hul stem wil laat hoor. Dít is wat hulle te sê gehad het:

MPHO NTAU: “Yes, I am going to vote. It is my right and civic duty to participate in the elections.” Photo’s: Benneli Olivier Van der Walt

ELMARIE LE ROUX: “Nee, ek gaan nie stem nie. Ek stel nie belang in ons politiek nie.”

THOMAS FISH: “Ek gaan definitief stem. Dit is my grondwetlike reg.”

THABANG KGOSITLOU: “I am not going to vote. I think it is useless to vote.”

DYLAN MABONE: “Yes, I am going to vote. I believe my vote can make a difference.”

BARBARA RATHBONE: “Ja, ek gaan stem. Dit is die regte ding om te doen.”

EDITH BOSMAN: “Ja, ek gaan stem. Ek gaan stem, want ek het die staat se hulp nodig.”

HENNIE FOURIE: “Ja, ek gaan beslis stem. Ek is ontevrede met die huidige regering.”


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Pikkie Pret se Paaspret Benneli Olivier Van der Walt DIE Preprimêre Skool Pikkie Pret het verlede week ’n praatjie oor Paasfees en ’n besoek van ’n slang op dieselfde dag gekry. Danelle Grobler van die AGS-kerk in Kathu het vir die aandagtige gehoor die ware betekenis van Paasfees verduidelik. Die skool se ouer-onderwyserkomitee het die skool pragtig met Paashase versier en het vir die kinders Paaseiers uitgedeel.

Die Preprimêre Skool Pikkie Pret wil graag al die vroue van die komitee vir hul moeite bedank. Die wenners van die skool se geldinsamelingsprojek, die Huisie-projek, is ook die dag aangewys. Jolene Hayes is die wenner, Helen Sickles, Jacques Boshoff en Miné Mostert is tweede en Leanka van der Linden is derde. Daarna het Strepies die slang saam met sy eienaars, Frans en sy seun, Francois du Plessis, die kinders vermaak. Strepies is vier jaar oud en nie giftig nie.

LEERLINGE van die Preprimêre Skool Pikkie Pret luister aandagtig na ’n praatjie.

FRANCOIS DU PLESSIS saam met Strepies, sy troetelslang. Strepies het vir die leerlinge van die Preprimêre Skool Pikkie Pret gaan kuier.

DIE wenners is van links Jolene Hayes, Helen Sickles, Miné Mostert en Jacques Boshoff. Afwesig: Leanka van der Linden.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DANELLE GROBLER van die AGS-kerk in Kathu het met die leerlinge kom praat oor die ware betekenis van Paasfees.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

19

Paashaas vir ’n dag

DIE lede van die Lions-klub in Kathu het op 20 April Paaseiers aan die kinders van Deben se informele nedersetting uitgedeel. Foto’s: Ilse van der Linden

DIE Lions-klub in Kathu het ook Paaseiers in die Mediclinic Kathu uitgedeel.

DIE kinders van Deben was baie opgewonde oor die Paaseiers..

LAST week Boipelo Kgarane spread some Easter joy, and Easter eggs, to children visiting the Kathu Village Mall.

Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin

Photos: Benneli Olivier Van der Walt

MACQUELIN OLYN was one of the lucky shoppers to receive an Easter egg.

“HIER is vir jou ’n Paaseier.” PJ van der Linden het Sondag sy lyf Paashaas gehou.

PJ VAN DEN LINDEN het entoesiasties saam met die Lions-klub in Kathu paaseiers aan die gemeenskap van Deben se inwoners uitgedeel.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

ANITA STEYN van die Hoërskool Kathu.

Ballet op hul beste

DANELLE VENTER (links) en Marga Boshoff van die Hoërskool Kathu. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Lees meer sport, nuus en leefstyl op www.kalaharibulletin.co.za. Die Kalahari Bulletin is op Facebook – www.facebook.com/kbulletin.

MARGA BOSHOFF, Anita Steyn en Danelle Venter van die Hoërskool Kathu het van 4 tot 13 April aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kuns deelgeneem. Dié drie ballerinas is ook deel van die Kathu- en Kuruman-balletskool. Boshoff het ’n bronsmedalje verwerf, Venter ’n goue, ’n silwer- en ’n bronsmedalje en Steyn het ’n goue medalje ontvang. Venter is in die Suid-Afrikaanse span ingesluit, maar kon nie die byeenkoms bywoon nie.

CHANTÉ DE LANGE is ’n lid van die Sishen-gholfklub. Hier is sy saam met Rias Rabie van die klub op die 2013-prysuitdeling. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

CHANTÉ DE LANGE het op die nasionale gholftoernooi in Rondebosch haar skool en gholfklub se naam hoog gehou.

Eerste toernooi in putjie CHANTÉ DE LANGE van die Hoërskool Kathu, ’n lid van die Sishengholfklub, het in Rondebosch, Kaapstad, aan haar eerste nasionale gholftoernooi deelgeneem. Sy het met ’n voorgee van agt ’n algeheel 23ste plek onder die junior 25 topmeisies in die A-afdeling volgens haar bruto telling behaal. Met haar netto telling het sy ’n algehele sesde plek behaal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.