Kathubulletinka 20140514

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 MEI 2014

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

ANC wen én verloor André Botha DIT was die verkiesing waarin die ANC die kwesbaarste sedert 1994 was. In ’n vergelyking van die uitslae in die verskillende munisipale gebiede (in die Noord-Kaap) in 2009 en nou is die volgende feite duidelik: In gebiede waar die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) goed gevaar het, kon die ANC in die algemeen net sy steun-aandeel handhaaf of het effens swakker gevaar. In gebiede waar die EVV nie ’n faktor was nie, het die ANC se aandeel gestyg. In die Noord-Kaap het die EVV ’n stewige 3 303 stemme gekry, 10,29% van die algehele stemme. Cope het van 3 032 stemme tot 779 stemme nou getuimel. Die ANC het sy aandeel stemme met twee persentasiepunte vergroot. In die munisipaliteite Ga-Segonyana (Kuruman), Gamagara (Kathu) en Tsantstabane (Postmasburg) het die EVV ook stewige vertonings gelewer met persentasies tussens ses en tien. Dié drie munisipaliteite is die gebied waarin mynbedrywighede die afgelope paar jaar baie uitgebrei het. Swart kiesers is verreweg die meerderheid in dié gebiede. Cope het in Gamagara van net oor 10% tot ’n skrale 0,58% geval met die DA wat sowat 10% tot net meer as 25% toegeneem het. Dit is ’n duidelike aanduiding die DA het swart steun van die ANC weggeneem. Dieselfde patroon word in Tsantsabane gesien waar Cope van 16,83% tot 1,78% gedaal het en die DA van 10,38% tot 21% gestyg het. Die ANC het in Gamagara swakker gevaar, in Ga-Segonyana beter en in Tsantsabane ongeveer dieselfde.

Wag gedwee vir stemkans DIE gemeenskap van Kathu en die omliggende gebiede het op 7 Mei na die verskillende stemlokale gestroom om hul kruisies in die verkiesings te trek. Die rye by die Sesheng­ontspanningsaal was besonder lank, maar almal het geduldig hulle stembeurt afgewag. Lees meer oor die verkiesing op bl. 2 Foto: Benneli Olivier Van der Walt


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Verkiesing verloop vlot Benneli Olivier Van der Walt DIE kiesers van Kathu en die omliggende gebiede het op 7 Mei sonder enige voorvalle in die nasionale verkiesing gestem. Die Kathu-polisie, met die hulp van ander polisie-eenhede, het die stemlokale gemonitor en beveilig. Volgens die Kathu-polisie se woordvoerder, ao. Yvonne Cilliers, het die polisie geen probleme verwag nie, maar hulle was wel gereed om enige situasie te hanteer. Daar was drie stemlokale in Kathu en twee in Deben. Van die kiesers in die ry voor die Hoërskool Kathu-stemlokaal het al van 06:00 af in die ry gestaan om hul kruisies te trek.

Hoewel dié stemlokaal eers om 07:31 amptelik sy deure oopgemaak het, het die kiesers geduldig hul stembeurt afgewag. Sylvester Charta, voorsittende beampte van die OVK by die Hoërskool Kathu, het gesê hy is dankbaar vir die harde werk van die onderskeie politieke partye se verteenwoordigers. Volgens Josephine Nampa van die OVK was die stemmers by die Sesheng-ontspanningsaal (naby Kathu) opgewonde om te stem. “Ek is baie beïndruk deur die aantal mense wat opgedaag het om te stem,” het Nampa gesê. Sheree van Dyk (22) het die eerste keer gestem. “Ek is baie opgewonde. My stem is dalk daardie een wat ’n verskil kan maak.”

PARTY van die ouers in die stemry het hul kinders saamgebring.

Driver dies in accident THE Kathu police are investigating an accident that occurred in Frikkie Meyer Road in Kathu on 1 May. D.J. Reyneke lost control of his Toyota Fortuner and collided with two lamp poles. The vehicle overturned during the accident. This caused Reyneke to fall out of the vehicle. He passed away at the scene of the accident. Anynone with additional informa- tion with regards to this accident can contact the Kathu police on 053-723-9116.

DIE stemmers wat by die Sesheng­stemlokaal gestem het, het geduldig gewag om in die 2014 nasionale verkiesing te stem. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Accident investigated THE Kathu police are investigating cases of reckless and negligent driving, driving without a valid licence and driving a non-roadworthy motorcycle. The incident occurred on 3 May at the traffic light in Ian Fleming Road. While a driver of a maroon Toyota attempted to turn right into Ian Fleming Road, a motorcycle overtook another vehicle in Hendrik van Eck Street and collided with the waiting Toyota.

Wil jy al die uitslae in die verskillende gebiede lees? Besoek die OVK se webblad www.elections.org.za/content en kliek op results update. Kliek ook op more results en op voting station results om die presiese uitslae in verskillende wyke te kan lees. ) Besoek die Kalahari Bulletin se Facebook-bladom vir meer oor die verkiesing.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Project spreads warmth

Today in history

KUMBA IRON ORE’s commitment towards offering continued community support and sustainable development in Dingleton was clearly demonstrated again on 23 April. The Dingleton community health-care workers project, an initiative which cares for the indigent adults of the community and is supported by Kumba, handed over 11 blankets and hampers to needy community members, just in time for the turn of the season. According to Anne-Marie Jacobs, Dingleton community health-care workers project co-ordinator, this project was started in 2004 by community members in an effort to curb the high unemployment rates and to care for the impoverished adults in the community. To date 17 community members volunteer on a regular basis at the project. “We are very happy about the support that the project gets from Kumba; it shows that Kumba really cares for the communities they operate in,” says Jacobs. The Dingleton community health-care project is one of the projects that Kumba developed a close relationship with over the past years. “Sishen Mine donated the excess Sunflower Fund bandanas to this initiative in 2013. Members of the project used it meaningfully and manufactured blankets and handbags with these bandanas. The products were used to raise funds for the project,” says Sydney Ntili, Sishen Mine’s Local Economic Development (LED) practitioner.

TODAY in history, 15 May:

To date 17 community members vo l u n t e e r on a regu­ lar basis at the project.

) 1718 – James Puckle, a London lawyer, patents the world’s first machine gun. ) 1905 – Las Vegas in Nevada is founded. ) 1911 – The British House of Commons accepts the Parliament Bill. ) 1928 – Mickey Mouse makes his first appearance in Plane Crazy. ) 1993 – Jacob Matlala, South African flyweight boxer, wins the World Boxing Organisation’s world championship title. ) 2004 – South Africa wins the 2010 bid to host the Soccer World Cup Tournament. ) 2012 – International Day of Families.

THE Dingleton community health­care workers project handed over 11 blankets and hampers to needy community members. Photos: Supplied

Lost phone found at store THIS phone was lost at the Lewis shop in Heritage Square on Saturday, 10 May. If this is your phone, please contact Linda at the Lewis store on 053-723-2273 during shopping hours.

THE Dingleton community health­care project is one of the projects that Kumba developed a close relationship with over the past years.

THE lost phone.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Deelnemers pronk op modeskou Benneli Olivier Van der Walt DIE Laerskool Kathu het verlede week ’n mode-skouspel tydens die jaarlikse Mnr. en Mej. Laerskool Kathu aangebied. Die tema van die aand was Kathuville en daar is baie moeite met die dekor vir die geleentheid gedoen. Die deelnemers het in vier afdelings deelgeneem: die 1960’s-dekade, blou-en-wit skeppings, tiener-modestorie en spesiale sterre. Ansa van Zyl, ’n belanghebbende van die Laerskool Kathu, was die seremoniemeester vir die aand. Van Zyl het die aand se deelnemers, ouers, beoordelaars, gasvroue, personeel en borge vir hul bydraes bedank. Die aand se vermaak is deur sanger Johan C. Venter verskaf. Hy het onder meer sy treffer-liedjie Oë soos pêrels vir die gehoor gesing. Plaaslike klankingenieur Waldo Visser van Mega Sound het verseker dat die aand se musiek en klank vlot verloop. Venter, tesame met Sonja Burger en Surita Hillpert, was die aand se beoordelaars. Altesaam 14 van die skool se gr. 7-leerlinge het aan die spoggeleentheid deelgeneem. Die meisies is: Kgalalelo Shuping, Palesa Batfhamiki, Carla Cronjé, Uané van der Schyff, Chané Gricius, Riandra Kernekamp, Rethabile Moshwang, Bianca de Villiers, Talana Rossouw en Santie Vermaak. Die seuns wat dapper genoeg was om deel te neem is: Henri Kock, SP Griesel, Ruan Wolstenholme en Rudolf Lombaard. Maar die aand het uiteindelik aan die wenners, SP Griesel en Charné Gricius, behoort. Die eerste prinses is Carla Cronjé en die tweede prinses is Talana Rossouw. By die seuns het SP Griesel as wenner weggestap, met Rudolf Lombaard in die tweede plek en Ruan Wolstenholme in die derde plek. Uané van der Schyff is as Mej. Fotogenies en Rethabile Moshwang as Mej. Persoonlikheid aangewys. Henri Kock was die aand se Mr Macho. Die 2013-wenners, Chantel Venter en Charl Olivier, het hul pronkgordels aan die nuwe Mnr. en Mej. Laerskool Kathu oorhandig.

JOHAN C. VENTER het die aand se sangver­ maak verskaf.

DIE aand se wenners. Voor is Charné Gricius. Van links is, agter: Uané van der Schyff, Rethabile Moshwang, Carla Cronjé, Rudolf Lombaard, SP Griesel, Talana Rossouw, Ruan Wolstenholme en Henri Kock. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

RETHABILE MOSHWANG (links) is as Mej. Persoonlikheid en Uané van der Schyff is as Mej. Fotogenies aangewys.

MNR. EN MEJ. LAERSKOOL KATHU 2014, Charné Gricius en SP Griesel.

ANSA VAN ZYL, ’n belanghebbende van die Laerskool Kathu, was die aand se seremonie­ meester.

DIE aand se beoordelaars saam met die Laerskool Kathu se hoof. Van links is Hammies van Niekerk, Johan C. Venter, Surita Hillpert en Sonja Burger.

DIE aand se naaswenners, Carla Cronjé en Rudolf Lombaard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

11

Skones spog nou met selfs skoner tande Benneli Olivier Van der Walt

DIE musiekblyspel GREASE.

‘Grease’ in Kathu TERWYL die res van die land se skoolkinders vakansie gehou het, het die groep leerlinge van die Hoërskool Kathu baie hard aan hul weergawe van die immergewilde musiekblyspel Grease geoefen. Die skoolopvoering-weergawe van die wel en wee van die leerlinge van Rydell High word oor baie jare heen graag wêreldwyd deur skole opgevoer.

Die skool het besluit om sy jaarlikse skouspel van sang en musiek met die musiekblyspel af te wissel. Die musiekregte is van die maatskappy Theatrical Rights in Amerika aangekoop. Ongeveer 25 leerlinge van gr. 8 tot gr. 12 neem aan die lekker rock ’n roll-musiekstorie deel. Die musiek en regie word deur Marelize Poolman gedoen.

DIE wenners van die Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu-kompetisie, Monsoné Kernekamp en Stefaans van der Walt, het verlede week hul geskenkbewyse van Dental Joy gebruik. Monsoné en Stefaans het besluit om dié geskenkbewyse vir ’n intensiewe tande-skoonmaak en -ondersoek te gebruik. Dr. James Walker het die geskenkbewyse van R1 000 aan die skool geskenk. Walker is ’n oud-leerling van die Hoërskool Kathu. “Dit is vir my ’n eer om met dié skool verbind te word en deel van so ’n spesiale geleentheid te wees,” sê Walker. Monsoné en Stefaans het die sessie by die tandarts as ’n baie goeie ervaring beskryf.

MONSONÉ KERNEKAMP en Ste­ faans van der Walt is vroeër vanjaar as Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu aangewys.

Drie opvoerings word beplan: ) 21 Mei, 19:00, R50 (slegs vir leerlinge). ) 22 Mei, 19:00, R80 (vir alle belangstellendes). ) 23 Mei, 19:00, R150 (’n ete van die Burger Palace word ingesluit). Die Hoërskool Kathu kan by 053-723-1561 of per e-pos by burgerlb@gmail.com vir kaartjies gekontak word.

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.

DIE wenners het verlede Vrydag hul geskenkbewyse by die Dental Joy­prak­ tyk gaan benut. Voor is Stefaans van der Walt. Agter is van links Nanette Taute­Botha (praktykbestuurder), Monsoné Kernekamp en dr. James Walker. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Geselligheid vir vroue gehou Benneli Olivier Van der Walt DIE Twisted Sisters-skoonheidsalon in Kathu het verlede naweek ’n geselligheid vir die vroue van die dorp aangebied. Die geleentheid het die salon se dienste, produkte en klere bemark.

FROM the left are, front: Petrus Vaalbooi, Mario Mahongo, Magrietha Eiman (mayor, Mier Municipality), Katrina Esau (N/uuki speaker), Claudia Du Plessis and Griet Seekoei (N/uuki speaker); back: Jan Pietersen, Andries Steenkamp, Tshidiso Seikaneng (Assmang Khumani Mine), Tumelo Dilotsothle (Assmang Khumani Mine), Dr Levi Namaseb, Arrie Raats and Chrisjan Tities. Photo’s: Supplied

N/uuki book launched THE vast, open Kalahari dunes are home to the !Khomani San people. Sadly, with each new generation, the cultural practices and language of the !Khomani San are fading. The Khumani Mine, owned by Assmang, which is jointly controlled by African Rainbow Minerals (ARM) and Assore, in collaboration with the !Khomani San Heritage, Economic and Social Development organisation, started work on the N/uuki Book in an attempt to keep the N/uuki language alive. The group held various workshops with a few elderly people who can still speak the language. Together the groups helped to write and capture some words and phrases commonly used in the Kalahari. The purpose was to have a book with colourful illustrations (it is illustrated by Arrie Raads) that can be used to teach the language. It will be available for placement

Die eienaars van die salon, Nicoline Fourie en Michelle Jacobsz, sê die geleentheid is een van vele wat hulle beplan om te hou. Adele Bosch van Pure Romance was die dag se gasvrou. Uitstallers van so ver soos Upington het hul klere op die geselligheid uitgestal.

DIE Twisted Sisters­wen­ span. Van links is Anne­ marie Caeta­ no (klerekon­ sultant en ad­ ministrasie), Hendriëtte Möller (skoonheids­ terapeut), Mi­ chelle Ja­ cobsz en Ni­ coline Fourie. Fo-

to’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE dag se modelle. Van links is Adele Bosch, Nata­ sha Venter en Hendriët­ te Möller.

TUMELO DILOSOTHLE (Assmang Khumani Mine SED manager) and Dr Levi Namaseb (University of Namibia). in all libraries and schools, and will not be sold for profit. The focus is rather to make South Africans aware of the language. This will benefit the !Khomani

San cultural and traditional groups, as well as the South African legacy of a truly integrated nation. For information call Arrie Tities on 054-339-0327.

MARIËTTE TALJAART (links) van Ruby Red in Upington het haar klere op die gesellig­ heid uitge­ stal. By haar is Annema­ rie Caetano van Twisted Sisters.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

19

Save the world – plant a tree THE Kalahari Bulletin commenced with a series called Going Green. The purpose is to inform the community about keeping their towns clean, looking after the environment and what can be done to save the earth. This week the importance of trees are discussed. Do you do something like recycling? Do you have an organic garden? Share your tips with the Kalahari Bulletin and send it to ilse.watson@volksblad.com. You can also invite the editor to visit your green project. Call Ilse on 079-831-5579. Ilse Watson TREES are a very important components of our environment as they absorb carbon dioxide and turn it into oxygen. This natural carbon dioxide cycle keeps a balance in the amount of oxygen in the atmosphere. Unfortunately, our actions and behaviours cause changes that upset this natural balance.Also, the creation of too many greenhouse gases cause an imbalance with heat being trapped in the earth’s atmosphere. The overall temperature increase results in global warming. Plant a tree for life: ) Purchase trees, plant them and make a difference to our world. ) Planting a tree in someone’s name is also a great gift. ) When you plant trees, it assists in offsetting your carbon emissions and in making

THE well­known camelthorn trees of the Kalahari. South Africa greener. Trees highligted in 2014: ) Common: Lavender tree (Heteropyxis). ) Rare: White Ironwood (Vepris lanceolata). Where did Arbor Day start? It originated in Nebraska, United States of America. A.J. Sterling Morton persuaded a local agricultural board to set aside a day for planting trees. He encouraged participation in the event by publishing articles on the value of trees for soil protection, fruit, shade and building. On 10 April 1872, on the first official Arbor Day, the people of Nebraska planted one million trees.

Global warming – not just a concept full of hot air WHAT is global warming? It refers to an unequivocal and continuing rise in the average temperature of the earth’s climate. The technical term for global warming is anthropogenic global warming. Anthropogenic means it originates from the activity of humans, which has increased since the Industrial Revolution. The earth is warmed by the sun’s rays. These rays, what we see as sunlight, enter the earth’s atmosphere. It is absorbed and is reflected back out to space again. This is heat. Since 1971, 90% of the warming has occurred in the oceans. Despite the oceans’ dominant role in energy storage, the term “global warming” is also used to refer to increases in the average temperature of the air and sea at the earth’s surface. Each of the last three decades has been successively warmer at the earth’s surface than any preceding decade since 1850. Greenhouse gases: The atmosphere is made up of layers

of gases. Some of these are known as greenhouses gases. They are natural gases which form a thermal blanket over the earth. It traps enough heat in the atmosphere and it also lets some of the rays go back into space. This effect keeps the earth’s temperature at the correct levels for humans, animals and plants. The average temperature of the earth is 15 – 16°C. Without these gases, the earth’s temperature would be minus 18 °C; freezing cold. Greenhouse gases are natural and they are made out of: Water vapour and carbon dioxide (CO2); The lesser gases are methane, nitrogen oxide, ozone and chlorofluorocarbons (CFCs). ) Sources: www.greenworks.co.za; wikipedia.

AN example of a Lavender tree.

Planting trees? Let us know SEPTEMBER is Arbor Month and on 1 September it is Arbor Day. From 1 to 7 September it is Arbor Week. Arbor Month promotes the planting of trees. Are you, your school or your compa-

ny planning the planting of trees somewhere in your community? Please inform the Bulletin so that we can attend the event and write your story. Send an e-mail to ilse.watson@volksblad.com or call 079-831-5579.

Measure your carbon footprint: Your carbon footprint is your personal measure of how much carbon dioxide you create. As trees grow, they absorb and store carbon dioxide that would otherwise be emitted into the atmosphere. Different trees absorb different amounts of oxygen. Planting trees is one way of reducing your impact. It is important to take other steps to reduce your emissions. How do you plant a tree? ) Dig a hole of half a metre wide. ) Separate the top soil from the lighter bottom soil – the darker soil must be put in the bottom of the hole.

Photo: Ilse Watson

) Remove the tree from its container and place it into the hole. ) The tree’s base should be below ground level. ) Mix a small amount of compost into the lighter soil and pack it in the hole. ) Measure one spade-length around the tree and remove all the grass and weeds from this space. ) Water the tree and add a 10 cm layer of mulch around the tree (it shouldn’t touch the tree). The tree should be watered once a week. After the first year, water the tree only when the soil is dry. . Source: www.greenworks.co.za.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

LAURENS SMIT en sy perd Katima.

Foto: Verskaf

Ruiter skitter Hannetjie de Kock LAURENS SMIT (10) van Kathu het aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Nooitgedachter-perde op die Misty Meadows-skouterrein in Pretoria deelgeneem. Die beste Nooitgedachter-perde van oor Suid-Afrika heen het daar saamgetrek om teen mekaar deel te neem. Smit het met die Marmaristoetery se Marmari Katima, ’n vierjarige Nooitgedachtermerrie, deelgeneem. Daar was vyf hoofafdelings in die kompetisie: ) Skou aan die hand, waar daar gesoek word na die perd met die beste bouvorm en beweging. ) Skou onder saal – die perd met goeie bouvorm, beweging en afrigting onder saal. ) Beste ruiter – die ruiter se postuur, balans, vaardigheid en vermoë om die perd reg te beïnvloed word beoordeel. ) Nutsklasse – die perd wat gehoorsaam is en verskeie hindernisse suksesvol kan aandurf. ) Dresseerklasse – die perd wat die beste afgerig is en

gehoorsaam aan die ruiter se bevele is. Laurens en Katima is in elke afdeling geplaas. Met die skou aan die hand het hulle ’n eerste plek gewen. Hulle het ook twee eerste plekke in die skou onder saal gewen. Hy was eerste in die beste ruiter-afdeling en tweede in die nutsklas. Die ervare ruiter het ook eerste en tweede plekke in die dresseerklasse behaal. Al die eerste- en tweedeplek-pryswenners kwalifiseer om aan die afdelingskampioenskappe deel te neem, waar alle ouderdomsgroepe teen mekaar deelneem. In hierdie kampioenskapsklasse het Laurens en Marmari Katima die Suid-Afrikaanse reserwekampioen Nooitgedachternutsperd, die Suid-Afrikaanse kampioen Nooitgedachterruiter en Suid-Afrikaanse kampioen Nooitgedachterdresseerperd gewen. Vanweë sy puik prestasies is Laurens ook as die victor ludorum op hierdie kampioenskapskou aangewys.

DIE dag se krygers. Van links is Craig Combrink, Dylan Walsh, Roy Walsh, Jaco Botes, Christo Botes, Leon Pretorius en Abrie van Niekerk. Foto’s: Verskaf

Dis ‘oorlog’ DIT was weer oorlog op die vlaktes van Kathu toe die Topgunz-klub gaan verfbal speel het. Die verfbalgeleenthede vind gereeld plaas en oud en jonk

word uitgenooi om saam te kom speel. Vir meer inligting kan Bianca Pretorius by 073-837-8999 of sales@topgunz.co.za gekontak word.

JACO BOTES het die dag baie geniet.

CHRISTO BOTES is moeg ná ’n dag van bekruip en skiet.

ROY WALSH bewys dat verfbal nie net vir die jong bokke is nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.