Kathubulletinka 20140529

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Veters vas!

29 MEI 2014

Kathu

MÔRE is dit Tekkie Tax­dag! Arno Jordaan (links) en Adam Tas is hier in vrolike luim met kleurryke tekkies. Lees meer oor Tekkie Tax op bl. 2.

GRATIS

Foto: Verskaf


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Sersant-majoor Tekkie Tax is hier eis vergoeding Ilse Watson

Charné Kemp ’n SERSANT-MAJOOR van die Lohatlha-leërgevegopleidingsentrum het op 12 Mei aansoek gedoen dat sy skadevergoedingseis teen die minister van verdediging dadelik toegestaan word. Die minister, wat reeds sy saak gesluit het, kon nie sy bewyslas nakom nie. At Malan, wat by die Leërgevegopleidingsentrum naby Postmasburg werk, beweer hy is in 2010 aangerand, onregmatig in hegtenis geneem en sy waardigheid aangetas. Hy eis R520 000. Die voorval het op 31 Maart 2010 in Postmasburg plaasgevind. Malan, wat van diens af was, was steeds in uniform toe hy by ’n winkelsentrum gestop het. Hy het ’n militêre polisievoertuig gewaar en het stafsers. Patrick Sehoro gevra of hy magtiging het om die voertuig te bestuur. Nog lede het opgedaag. Malan is van dronkenskap beskuldig, hy is geboei en na bewering aangerand. Van daar is die lede met Malan na die Lohatlha- militêre hospitaal waar brig.genl. Nontobeko Mpaxa na bewering in die ondersoekkamer ingestorm het, foto’s van hom geneem het en glo gesê het sy haat wit mense. Malan is die volgende dag vrygelaat sonder dat hy in ’n militêre hof verskyn het, wat teen regulasies is. Adv. Albert Ramawele, vir die minister, het in sy betoë toegegee dat Malan onregmatig in hegtenis geneem is. Hy het egter die eise van aanranding en die skending van Malan se privaatheid en

waardigheid verwerp. Dit kan nie wees dat as iemand onregmatig in hegtenis geneem is, hy outomaties ook aangerand is nie. Hy is beseer toe hy hom teen die inhegtenisneming verset het. Mpaxa het wel sonder toestemming by die vertrek ingeloop waar Malan deur die dokter ondersoek is. Sy het egter getuig hy was ten volle geklee. Sy het nie sy waardigheid aangetas of sy privaatheid geskend nie. Die klaer het nog nie self getuig of bewys hoe gebelg en verneder hy werklik was of wat die skade was nie. Die onus is nie op die minister om die bewyslas te dra nie. Adv. Gert van Niekerk, vir Malan, het in sy betoë gesê Malan is beslis aangerand. Mpaxa was leuenagtig as getuie. Sy het erken dat sy geweet het van pasiënt-en-dokter-vertroulikheid. Daarom het sy glo toestemming vir ’n ondergeskikte, wat nie magtiging gehad het nie, gevra om in te gaan. Sy het haarself weerspreek. Die beledigings en haatspraak by die slaapkwartiere moet dien as verswarende omstandighede wanneer die eis oorweeg word. Sy is nie verhewe bo die Grondwet en Handves van Menseregte waarin elke burger die reg op privaatheid het nie. Die minister het gefaal in sy bewyslas en kon nie redes en feite aanvoer om sy optrede vir die inhegtenisneming, aanranding en skending van privaatheid genoegsaam te verduidelik nie. Regter Bulelwa Pakati lei die verhoor.

MÔRE is dit Tekkie Tax-dag! Tekkie Tax het in 2013 alle verwagtings oortref deur R2,4 miljoen in die eerste jaar in te samel. Meer as 180 plaaslike welsynsorganisasies het daarby gebaat en alle fondse is gedurende November 2013 verdeel. Altesaam 34% van die deelnemers het ’n C-plakker gekies, wat kinders verteenwoordig, en kinders was dus die sektor wat die meeste ondersteun is. Die organiseerders van hierdie veldtog, The Marketing Team, het oorweldigende terugvoer van dankbaarheid ontvang omdat hulle so ’n eenvoudige en lae-risiko geldinsamelingveldtog van stapel gestuur het. Lede van die publiek word gevra om ’n Tekkie Tax-plakker vir slegs R10 aan te skaf. Daar is verskillende plakkers om van te kies. Projekte wat ondersteun word is diere, basiese gesinsdienste, dienslewering aan gestremdes en ook essensiële onderwys. Wat ook al jy beplan om môre

aan te trek, dra jou tekkies en plak jou plakker op jou bors. Jy kan self jou tekkies optooi met oulike skoenveters of strikkies, of as jy R30 betaal, kry jy saam met jou plakker ’n paar Tekkie Tags-skoenveters. Dié spesiale veldtog word deur die volgende 15 grootste nasionale welsynorganisasies in Suid-Afrika onderskryf: ) Epilepsie SA; ) Kindersorg SA; ) SOS Children’s Villages; ) CHOC (Childhood Cancer Foundation); ) Special Olympics SA; ) Endangered Wildlife Trust (EWT); ) HPCA – Hospice Palliative Care SA; ) Pet Welfare SA;

) Imisebeyelanga Services; ) Meals on Wheels, VVA en ACVV; ) Highveld Horse Care Unit en SAVF; en ) NG Welsyn en Cheshire Homes SA. Annelise de Jager, nasionale projekorganiseerder, het gesê: “Om uitgawes te beperk is altyd belangrik, maar wanneer dit by ’n geldinsamelingsprojek kom, is dit van kardinale belang. Met 15 nasionale welsynorganisasies wat hier saamwerk, verseker dit dat die kostestruktuur van Tekkie Tax laer is as enige ander soortgelyke projek. Ons is nie besig om die wiel te herontwerp nie, maar ons is vir seker besig om ’n nuwe geldinsamelingsblaadjie in Suid-Afrika om te slaan.” ) Daar is ook plakkers by die kantoor van die Kalahari Bulletin (in Kuruman) beskikbaar. ) Stuur vir Kalahari Bulletin foto’s van jou spesiale tekkies per e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.

Vrou positief ondanks hartseer ná motorongeluk INWONERS van Postmasburg is verslae nadat ’n inwoner, wat oor ’n paar maande die pa van ’n tweeling sou word, in ’n motorongeluk dood is. Schalk (Jaco) Schreuder (42) is dood nadat hy sowat 70 km buite Postmasburg op die pad na Kimberley vir ’n bakkie moes uitswaai. Schreuder, sy vrou, Jorinda, en sy ma, Annette, was van Kimberley af op pad terug na Postmasburg toe die ongeluk op 17 Mei omstreeks

14:00 gebeur het. Volgens Jorinda wou hulle twee bakkies wat baie na aan mekaar gery het, verbysteek. Die een bakkie het skielik na regs voor hulle inbeweeg. Schreuder het uitgeswaai, waarna hul bakkie verskeie kere gerol het. Hulle het veiligheidsgordels aangehad, maar die impak van die ongeluk het Schreuder ernstige brein- en kopbeserings besorg. Hy is op die toneel dood. Annette het ribbes gebreek en

gekraak en ondervind erge pyn. Sy is verlede Woensdag uit die Kimberley-hospitaal ontslaan. Jorinda, wat vyf maande swanger is met ’n tweeling, is nie ernstig beseer nie. Luidens die mediese verslae is die babas ook gesond. Die egpaar is na Kimberley om benodigdhede vir die babakamer in hul pasgekoopte huis te kry. Jorinda is, ondanks die hartseer, positief oor hul omstandighede en glo dat die tweeling ’n kosbare nalatenskap van haar man is.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Veltie gekies vir HMO-leerling ’n KKNK-toneelstuk gesogte akteur Lizette Slabber “Jy moet verstaan, my van is Van Zyl en toe sê hulle nog ook; ‘en heel laaste is . . .’ ” Só beskryf Brendan van Zyl die spanningsvolle oomblik toe sy naam heel laaste genoem is as een van die 12 leerlinge wat rolle in Henry Mylne se produksie Vaselinetjie losgeslaan het. Mylne, regisseur van 7de Laan, gaan op 2015 se KKNK ’n teaterproduksie gegrond op die bekende boek Vaselinetjie van Anoeschka von Meck aanbied.

BRENDAN VAN ZYL

Foto: Lizette Slabber

Brendan is ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Duineveld. Hy was een van die 60 topleerlinge wat gekies is om aan die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie in Kaapstad deel te neem. Volgens Brendan moes al die leerlinge ’n monoloog voordra waarna die 30 topleerlinge aangewys is. Tydens dié voordrag is 20 deelnemers gekies om oudisies vir rolle in Vaselinetjie af te lê. “Ons het elkeen ’n stukkie gekry en het 15 minute gehad om dit voor te berei. Die mense het ons egter baie gehelp en die oudisies was groot pret. Ek het nog nooit só lekker gelag nie,” het hy vertel. Op die laaste aand van die kompetisie is die wenners aangewys en heel laaste is die 12 leerlinge aangekondig wat deel van dié teaterproduksie sal wees. “En hulle wys net die een seun na die ander aan en ek weet daar is nie eens soveel seunskarakters in die boek nie. En toe héél laaste noem hulle my naam.” Brendan sê dat hy al die boek gelees het en dus geweet het wie die karakters regtig is, het baie met

die oudisie gehelp. Hy is baie opgewonde om saam met die groep professionele teatermense te werk, want, soos hy sê: “Ek weet net ek gaan baie leer. Die hele ervaring gaan van my ’n beter akteur maak.” Hy is baie lief vir teater omdat jy met jou hele lyf moet toneelspeel. “Ek is mal daaroor om mense te vermaak.” Hy droom al van kleins af oor ’n loopbaan in die teater en is deel van die skool se dramagroep én hy kry drama-afrigting in Bloemfontein.

Lizette Slabber “ALLES!” Dit was Jeandré Janse van Nieuwenhuizen se antwoord op die vraag wat die teater vir hom so fantasties maak. Jeandré, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas, het pas ’n rol losgeslaan in Henry Mylne, vervaardiger en regisseur van 7de Laan, se teaterproduksie Vaselinetjie. Dié teaterstuk is op Anoeschka von Meck se bekende boek gegrond en Mylne beoog om met dié

JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas en Brendan van Zyl van die Hoërskool Duineveld op Upington is gekies om rolle in die opvoering van Vaselinetjie op die KKNK in 2015 te vertolk. Henry Mylne, regisseur en vervaardiger van 7de Laan, gaan die bekende boek van Anoeschka von Meck na die KKNK en ander groot kunstefeeste in 2015 neem. Die span begin in Desember met vier weke van intense repetisies en ’n DVD van dié produksie sal ook uitgereik word. Slegs 12 leerlinge landwyd gaan rolle in dié produksie vertolk.

HMO lewer al jare lank top-toneelspelers JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN is die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se vierde akteur in vyf jaar wat ’n rol in ’n professionele produksie wen. In die vyf jaar wat HMO aan die kompetisie deelneem, het 12 leerlinge deurgedring na die

eindrondes, vier leerlinge het rolle in professionele produksies gewen, een leerling het onder die topagt van die kompetisie geëindig en een het die gesogte SAOU-beurs gewen. ’n Verdere prestasie vir die skool se drama-afdeling is dat een van die oudleerlinge en deelnemer aan

hierdie kompetisie, Wynand Victor, deel van die skadu-beoordelaarspaneel was. Hierdie paneel word saamgestel uit vorige deelnemers en presteerders van die kompetisie en word dan as toekomstige beoordelaars opgelei. Wynand was in 2010 en 2011 ’n finalis in die kompetisie.

produksie op al die groot kunstefeeste op te tree. Jeandré begin saam met die produksiespan op 20 Desember aan dié stuk repeteer om reg te wees vir hul optrede op volgende jaar se KKNK. Volgens Jeandré wil hy graag ná matriek drama studeer en dit is juis hoekom hy só opgewonde oor dié rol is. “Ek sien baie daarna uit om saam met die professionele mense te werk; om te sien hoe hulle dit doen.” Hy sê sy liefde vir drama en die teater vorm ’n groot deel van wie hy is. “Dit is vir my wonderlik om op só ’n manier uiting aan my talent te kan gee. Teater gee jou ’n kans om jou persoonlikheid te kan uitleef. Dit is nie soos ’n wiskundeformule wat altyd net só moet wees nie. Jy kan jouself wees en jouself uitdruk.” Barnie Mans, ’n onderwyser en drama-afrigter by HMO, sê Jeandré het “daardie walglike woordjie wat te veel gebruik word, maar hom perfek beskryf: die X-faktor.” Volgens Mans is hy nie bang nie en sal enigiets onverskrokke aanpak. “Hy het net eenvoudig die hele pakket.” Jeandré het ook tot die

top-30-ronde van die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge gevorder. Hier het hy ook ’n oudisie vir die sepie Binnelanders gedoen. Jeandré is as die beste tienerakteur tydens die Vryfees se Reza de Wettienertoneelkompetisie aangewys en hy was deel van Die Les, ’n HMO-produksie in die eindronde van die Nasionale ATKVtienertoneelkompetisie by Aardklop.

JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN

Foto: Verskaf

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Kommer oor kabinet

Sê maar, ek is die ene ore DAAR is niks so oulik soos ’n Kalahari­boerboklammetjie nie.

Foto: Lizette Slabber

Lewer getuienis op aarde Ds. André de Villiers CHRISTENE is getuies, nie sterrekykers nie – Hand 1:1-11 Hemelvaart is ’n opdrag om aktief betrokke te raak op die aarde. ’n Taak gerig op die aarde: Terwyl Jesus weggeneem word na die hemel, en die dissipels Hom stip agterna staar, vra twee mans in wit klere vir hulle: “Waarom staan julle so na die hemel en kyk?” John Stott skryf: “Die dissipels is nie geroep om vir die sterre te kyk nie, maar uit te reik na die eindes van die aarde.” Hy vervolg: “Their calling was to be witnesses and not stargazers”. Die áárde moet dissipels se verbeelding aangryp, nie die hemel nie. Die tyd tussen die hemelvaart en die wederkoms is bedoel om gevul te word met die kerk se wêreldwye, geesvervulde getuienis oor Jesus. Jesus fokus ons aandag doelbewus op die aarde as die ruimte waarbinne ons roeping afspeel. ’n Getuienistaak: Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees. (1:8). Die inhoud van die getuienis is die werk van God in en deur Jesus

6/25

7/23

6/22

KALM

NNW-5

W-5

Christus. Wanneer ons gestuur word om getuies van Jesus te wees, dra ons die boodskap van die regering van God wat in die persoon en werk van Jesus ’n werklikheid word. Waar ons die goeie nuus van Jesus deel, daar breek die regering van God deur, word die wêreld nuut gemaak, kom hoop en uitsig. Ons is deel van God se vernuwing van sy skepping. ’n Taak uitgevoer in die krag van die Heilige Gees: Die dissipels moet in Jerusalem bly wag op die Heilige Gees waarmee hulle gedoop sou word (1:5). Die Heilige Gees bemagtig die kerk ná die weggaan van die Here Jesus om oor Hom te getuig. Die kerk word die instrumente van die Gees se bediening in die wêreld. ’n Groter taak: Ons getuienistaak is altyd groter as wat ons kan droom of dink. Geografies. Jesus sê: Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (1:8). Die kerk sou die boodskap

6/23

7/24

5/22

KALM NNW-5 KALM

deur die eeue altyd verder neem, van hier in die plaaslike konteks tot aan die uithoeke van die wêreld. Die dissipels het gedink dat die boodskap van Jesus net iets vir Israel gesê het, net iets vir nou gesê het, en moontlik het hulle dit verskraal tot net die politieke herstel van Israel. Die boodskap is groter en sterker. Die boodskap doen meer, herstel meer, verander meer, is in sy inhoud ryker en groter as ons opvattings daarvan. Dit sluit verseker in dat Christene aktief betrokke moet wees in die samelewing en dat ons ons roeping juis moet uitleef in elke plek waar ons kom: werk, skool, politiek, sport, ens. Getuies maak ruimte om verras te word deur die lewende God. Getuies bly sensitief vir die stem van die Gees wat ons op maniere gebruik wat ons nie kon voorsien nie. ’n Taak wat die lewe met sin vul: Ons hoop op die terugkeer van Jesus. Ons wag op Jesus. Dit is ’n aktiewe wag. Ons wag deur te vertel, te getuig, deur deel te neem aan die regering van God wat genesing, geregtigheid en vrede in die wêreld bring. Hierdie aktiewe wag vul ons lewe met sin.

7/24

9/26

NNW-5 NW-10

7/23 W-5

WAT voer pres. Jacob Zuma en die ANC-regering in die mou met landbou en met grondhervorming? Dié brandende vraag staan uit nadat Zuma sy “nuwe” kabinet ná die 2014-verkiesing aangekondig het. Die ander hoofkenmerk van die herskikte kabinet is die vestiging van ’n sambreel-departement vir staatspropaganda, genaamd die departement van kommunikasie, as waghond oor alle staatskommunikasie. Dié departement sal die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa), SAUK, die Staatskommunikasiediens (GISC) en Brand SA beheer. Verwag dus groter stilswye oor ware kwessies, ’n ANC-ophemeling en ’n ál stewiger beskermingsmuur rondom Zuma. Die aanwysing van Cyril Ramaphosa as adjunk-president bevestig sy troonopvolgerskap. Die uitgeslape Ramaphosa se rolbekleding sal insiggewend wees. Hy ken wel van die fyntrap wat nodig is om nie Zuma se donder te steel nie. Hoe suksesvol die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) oorhoofs gedryf gaan word, bly gesien te word. Zuma het in sy inhuldigingsrede pertinent melding van

die radikale maatskaplik-ekonomiese planne vir verandering gemaak. Teen dié agtergrond voorspel die aanstelling van die keiharde kommunis Senzeni Zokwana as minister van landbou, bosbou en visserye, en Bheki Cele, vorige mislukte SAPD-hoof, as adjunk-minister, tesame met Gigile Nkwinti se behoud as minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming niks goeds vir landbou en grond-ontwikkeling nie. Die georganiseerde landbou moet homself solank staal. Pleks van kleiner het die Zuma-kabinet nóg groter geraak met nou altesaam 71 ministersposte (35 ministers en 36 adjunkte). Van die 35 ministers is 20 mans en 15 vroue, terwyl daar 20 manlike en 16 vroulike adjunk-ministers is. Van demografiese verteenwoordiging, waarop die ANC op ander terreine aandring, is daar nie sprake nie. Zuma-lojaliteit, gedienstigheid en baantjies vir kader-boeties en -sussies kenmerk die aanstellings. Die skuif van Pravin Gordhan na samewerkende regering en tradisionele sake maak wel sin, terwyl baie van Nhlanhla Nene by finansies verwag word.

Die soet en suur van ’n misverstand Benneli Olivier Van der Walt ELKE landsburger weet dat Suid-Afrika ’n smeltkroes van kulture en tale is. Selfs met al die verskille tussen ons mense, is daar tog eg Suid-Afrikaanse uitdrukkings en maniertjies wat almal deel. “Lekker!” en “eish” is maar ’n fraksie van die reënboognasie se omgangstaal. Somtyds glip ’n snaakse taalmisverstandjie in ’n gesprek in. Ek en ’n vriendin het onlangs in een van die dorp se restaurante gaan ontbyt eet. So kry ons ’n baie beleefde kelner wat gretig is om ons te bedien. Sommer met die intrapslag hoor ek aan die man se taal en uitspraak dat hy nie van Suid-Afrika is nie en dat Engels, soos vir die meeste mense in die Noord-Kaap, beslis nie sy eerste taal is nie. Ek bestel oudergewoonte ’n baie sterk, swart koffie (’n konsep wat in enige taal verstaanbaar is) en my vriendin bestel ’n lemoensap. Dit is waar die misverstand toe plaasvind. Vinnig skryf hy die bestelling neer. “One black coffee and a lemoenjuice.” Die flink kelner is vinnig terug

met ons bestelling. Ek het aan my koffie geteug en die vriendin het so tussen die gesels deur ’n groot sluk van haar sap gevat. Die volgende oomblik was daar ’n gehoes en geproes. Ek het my boeglam geskrik en besorg gevra wat fout was. Met trane in haar skrefiesoë, het sy bewerig na die glas sap gewys wat heel onskuldig voor haar staan. “Dis nie lemoensap nie! Dis suurlemoensap!” Die Afrikaanse lemoen het êrens deur vertaling ’n Engelse “lemon” geword. Ek kon my net indink wat die kombuispersoneel gedink het toe die kelner vir hulle sê dat daar nounet ’n groot glas suurlemoensap bestel is. Met trane in my oë (van lag, nie sitrus nie) het ek die kelner nadergeroep om sy foutjie te probeer verduidelik. “Wil jy weer sap hê?” vra ek my vriendin toe lag-lag. “Nee, koffie, asseblief . . .”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas se eerste rugbyspan is opgeveil om geld vir die senior raad van dié skool in te samel. Elke rugbyspeler het op maat van ’n liedjie die gehoor aange­ moedig om op hul­ le te bie. Die seuns en meisies het dié veiling terdeë ge­ niet en sommer hope geld só inge­ samel. Hier wag die rugby­manne vir hul beurt om opgeveil te word. Foto: verskaf

Vryfees vol feestelikheid DIE jaarlikse Vryfees, aangebied deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV), word van 15 tot 20 Julie in Bloemfontein aangebied. Die Vryfees word op die Kovsie-kampus gehou. Kaartjieverkope het reeds op 9 Mei by Computicket geopen. Die feesprogram kan by die onderskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) gekoop word en kos R10. Die Vryfees bied ’n groot verskeidenheid aan besoekers,

van musiek soos kabaret, klassiek, jazz en musiekteater. Daar is ook toneelspel soos drama en komedie. Daar is selfs ’n kinderteater en die Spontaaneindronde vind ook op dié fees plaas. ’n Boekefees met boekbesprekings deur kundiges is ’n spesiale bederf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Month End

Price Cuts

Our Butchery

PnP Bulk Lamb Braai Chops

74

Meat prices cut to the bone

R

PnP Ultimate Braai Master Boerewors

54

R

Per kg

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

9

TM

21

R

50

28

R FRESH

SAVE 2.90

PnP Cooked Ham Per 100g

Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

PnP NO NAME™ Fresh Whole Chicken Per kg

BUY B 2 FOR F

BUY ANY 4 FOR

25

R

10

R

PnP Instant Noodles Assorted 75g

15

R

PnP Forelle Pears 1.5kg

17

12

29

Spekko Parboiled Rice 2kg

Rama Original Margarine 500g Brick

80 8 0

SAVE 1.10

SAVE R6

SAVE R5

R

SAVE R9

PnP Pink Lady y kg Apples 1kg

90

90

31

BUY 2 FOR

Coca-Cola Light, Zero or Tab 2 Litre Each

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

23 tion Buster a fl In 26 48 39 80

Selati White Sugar 2.5kg

SAVE R3

18 39 90

Crosse & Blackwell Tangy, Lite Mayonnaise or Salad Cream 750/790g Each

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each

90

SAVE R7

Kellogg’s Rice Krispies 400g

’s price Better than last year Nescafé Classic Dawn 200g Jar

90

Valid until 8 June 2014

90

SAVE R5

PnP 2 Ply Toilet Tissue 9s

PRICES VALID 27 MAY - 1 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185420_390 X 198

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

TILANA STEENKAMP het dié besonderse oomblik tussen pa en seun vir die Jou oomblik, ons wyn­fotokompetisie vasge­ vang. Foto: Tilana Steenkamp

DONOVON EVA het dié besonderse foto vir die Jou oomblik, ons wyn­fotokompetisie ingeskryf.

Foto: Donovon Eva

Laaste kans om spesiale oomblik in te stuur Lizette Slabber DAAR is nog net drie dae oor om jou foto’s in te skryf vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie met die tema Jou oomblik, ons wyn. Op Saterdag 31 Mei sluit die kompetisie en begin ons dierefotokompetisie. In Junie kan mense hul foto’s van wilde- en plaasdiere inskryf. Die sluitingsdatum vir die dierefotokompetisie is Donderdag 26 Junie. Die finaliste in ons Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie sal in die volgende uitgawe verskyn. Maar gaan kyk voor Donderdag by www.kalaharibulletin.co.za wie die finaliste is. Hou ook ons Facebookblad dop. Die Kalahari Bulletin se fotokompetisie het in Mei saam met Orange River Cellars ’n interessante wending geneem deur die slagspreuk van dié kelder – Jou oomblik, ons wyn – as tema te gebruik. Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin is op soek na

foto’s wat ’n spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie; dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in Orange River Cellars se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners ontvang ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies word uit die kategorieë vir beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan dus ook in Mei inskryf. Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges.

Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt elke dag in een van die NC Famous Lodges. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebook-blad geplaas word – gaan na www.facebook.com/kbulletin. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei se kompetisie moet fotograwe aandui of hulle amateurof professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

9

Career expo inspires young minds ABOUT 600 students from various high schools in the John Taolo Gaetsewe District and the ZF Magqawu District formed part of the career exhibition hosted by Kathu High School last week. The career expo is an initiative by the Department of Education in collaboration with Assmang Iron Ore Mine and various stakeholders. These stakeholders are the Department of Education, Kumba Iron Ore, BHP Billiton, the different Setas, the South African Air Force, Kurara FM and the newly established Sol Plaatje University as well as several other departments that had financial aid and career opportunities available to students. These businesses, organisations and departments exhibited during the week-long expo. Overwhelmed learners had much to say about all the opportunities that the related organisations and businesses had to offer. Learners were especially interested in the mining sector. “Information does not reach us often and opportunities like these are very important to us learners who want to study to become the future engineers of tomorrow. “I am very excited to be here, especially because we receive such enlightening information,” said Kagiso Boikanyo (18) who is a gr. 12 learner at the Wrenchville High School.

GR. 12 learners of the Daniëlskuil High School. Photo: Benneli Olivier Van der Walt

GR. 12 learners from the John Taolo Gaetsewe and ZF Magqawu districts attended the career expo.

SEVERAL companies offered career advice to the learners.

Photo: Benneli Olivier Van der Walt

Photo: Supplied

QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE PAINT

DURAM ACRYLIC WATERPROOFER

MEDAL PROFESSIONAL WATER-PROOFING

CHAMPION EXTRA THICK PVA

Various Colours 5 Litres + Free Membrane SKU: Various

114.95

White 5 Litres

76.95 SKU: 5001

239.95

FREE MEMBRANE

Various Colours 5 Litres

BOSCH IMPACT DRILL

99.95

GSB 13 RE • 600W Keyed Chuck

SKU: Various

SKU: 5002

20 Litres

POWER TOOLS

ELECTRIC GEYSER

SKU: 9741118

717.95 71

When it comes to painting, the first thing you’ll need to consider is what kind of paint sheen you’d like to use and how much of it you need.

PAINT ACCESSORIES 500g Interior

BEE PAINT BRUSH SET

17.95

3pc 25+38+50mm

POWAFIX SKU: 302671

All Purpose SKU: 302670

17.95

SKU: 301813

38.95

POWAFIX LACQUER THINNERS

FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER

3pc

750ml

SKU: 512632

45.95

29.95

CUB PAINT BRUSH SET SKU: 301788

SKU: 302662

STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF

100 Litres 150 Litres SKU: 512633

2 329.95 2 339.95

VALID UNTIL SUNDAY 22 JUNE 2014 67369 WK48 • REDWORKS Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

SKU: 974237

1 009.95

EMERALD BASIN MIXER SKU: 301593

372.95

WORTH OF AIRTIME

Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters. One entry per till slip.

2000W • 9780AA

BATHROOM COMPONENTS

R 200 000

We’re giving away R 200 000 worth of instant airtime between April and July. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win maningi-ningi. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you.

SKIL ANGLE GRINDER

WOOD BATHROOM CABINET 600x450x98

NEW THANDI BASIN & PEDESTAL BOX SET SKU: 302946

429.95

THANDI CLOSE COUPLE SUITE IN A BOX

SKU: 590908

607.95 TOILET SEAT

White

(Including Toilet Seat & Fittings) SKU: 301401

White Nylon Hinge

659.95 65

SKU: 301232

157.95

213

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Compost will benefit garden Ilse Watson TO make your own compost is simple and will benefit your garden. It is also environmentally friendly. What happens when you make your own compost? ) You re-use and recycle waste that would

MAKING your own compost.

normally be thrown away; ) You avoid sending waste to landfills – this means you assist in the reduction of the volume of methane gas that is produced; ) You assist in reducing the carbon emissions created in transporting waste; ) You reduce the need for chemical fertilisers and pesticides; ) You save the earth’s natural resources; ) Compost is the ultimate garden fertiliser; ) When you add compost to your soil it becomes a permanent part of the soil structure; ) You don’t need a big garden to make compost – you can use your compost to grow herbs and pot plants. Home compost can be used for the following: ) mulch, which is applied to the surface of the soil; ) soil and lawn conditioner; and ) as part of a seed and potting mix.

Avoid these items THE following items should not be added to your compost: Meat, fish, dairy products, dog or cat faeces, cat litter, fat, grease, oils and bones, coal ash, nappies or used tissues, roots of persistent weeds, diseased plants, coloured or shiny paper, plastic, glass, metal and any non-biodegradable materials. Additional tips: ) You can pour left-over wine into your compost. ) Eggshells are 95% calcium carbonate – they raise the pH level of the soil and act as a soil conditioner. ) Scatter crushed eggshells around your plants. It works as an organic pest control for snails. ) When you boil eggs, pour the cooled

ITEMS that can be used to make your own com­ post and items that aren’t a good idea to use. water onto your plants. ) Lint from the dryer, hair from your hairbrush, cotton wool and cotton buds – just not the plastic stem – can be added to your compost.

THE Bulletin started a series called Going Green. The purpose is to inform the community about keeping their towns clean and looking after the environment. This week the importance of making your own compost is discussed. Do you do something for the

environment? Share your tips with the Bulletin and send it to ilse.watson@volksblad.com. The editor can also visit your green project. Call Ilse on 079-831-5579. ) Read the previous Going Green articles on the website of the Bulletin. Go to www.kalaharibulletin.co.za.

Creating compost HOW do you create your own compost? Firstly, select the type of composter you want: ) A pile of free-standing material in your garden can be created. ) Dig a hole and leave it open or cover it with hessian. ) You can create an enclosed area either made of chicken wire, fencing or concrete blocks. ) A wooden structure will also keep the pile neat. ) Buy a compost bin from a hardware store. ) Purchase a wormery. What materials can you use for creating your own compost? ) A variety of ingredients should be used as it provides more nutrients for your plants. ) There must be a balance between green and brown materials. ) Put your food scraps, peelings and plate scrappings, such as vegetables and fruit, (not meat, fish and dairy) into a bin. The waste will start to ferment. ) Repeat this layering process.

Where should you create a space for your compost heap? ) Your compost container or bin must be placed in a well-drained area or bare earth such as grass or sand. ) Your compost space should not be on paving or concrete. ) Select a site that does not get too much wind or too much sun.

Leave the work to the leaves ALL about autumn leaves mould for your compost area: ) Autumn garden leaves are wonderful to use. ) Too many leaves can upset the balance in your compost bin. ) Turn autumn leaves into leaf mould instead of adding them to your compost bin. ) Collect the leaves – if it is shredded into smaller pieces it will speed up the decaying process. ) Moisten the leaves with a little water if they are too dry. ) Bag it – put the leaves into a plastic bin bag. Punch holes in the bag – this will allow air to circulate. ) Place the bag in a secluded area in the garden – leave it for one or two years. How to use your compost: When you need compost for your garden, simply use the bottom composted part in your compost heap. The upper layer of compost can be used to start a new heap again. How do you manage your compost? ) The more attention you give to your compost heap, the quicker you will be able to use it in your garden. ) Check the temperature inside the pile –

MAKING compost from leaves. you can feel it with your hand. If it is warm or hot, your compost heap is working. ) If the temperature is the same as the outside air, add more greens. ) Turn the pile with a pitchfork or stick. ) Keep the pile as moist as a wrung-out sponge. ) Too many ants are a sign that your compost is too dry. ) Source: www.greenworks.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

CRC hou Harvest-geleentheid

) 29 Mei – Die Rea-Kgthalainterkerk-ondersteuningsgroep ontmoet om 18:30 by Kristalstraat 9. Rig navrae aan Schalk van Schalkwyk by 084-673-1075 of Christopher Grobler by 076988-3844. ) 30 Mei – NG kerk Kathu se Herfsfees by die Hoërskool Kathu se sportterrein. Sepiester en sanger Hennie Jacobs is op die fees. Tyd: 16:00 tot laat. Kom geniet dit saam. ) 30 Mei – Kameeldoringkarnaval by die Hervormde kerk Kathu. Hekke open om 09:00. DJ Ossewa, Country Chix en Three-legged Man. Kindervermaaktent. ) 31 Mei – NG kerk Deben se basaar. Tyd: 10:00. Vir meer inligting kan 078867-5436 of 083284-0880 geskakel word.

Benneli Olivier Van der Walt DIE CRC van Kathu het verlede week sy Harvest-geleentheid gehou. Die geleentheid is deur pastoor Jacques Venter van die CRC Upington bygewoon. “Ek is baie lief vir Kathu. “Die mense hier is so vriendelik en gefokus op hul gemeenskap,” het hy gesê. Die hoofspreker van die aand was Hendrik van der Merwe van die CRC Kimberley. Hy is die hoof van die CRC in die Noord-Kaap. Die CRC in Kimberley se gemeente bestaan uit ongeveer 2 500 lede. Van der Merwe het die geleentheid saam met sy vrou, Susan, bygewoon. Sy boodskap was een van selfverkenning en godsdiensherkenning. Die Van der Merwes is baie ingenome met die CRC Kathu-gemeente en noem dat hulle graag weer die dorp sal besoek.

DIE CRC Kathu en omliggende gebiede se gemeentes het die geleentheid bygewoon.

PASTORE MARTIN VIVIER (links) en Hendrik van der Merwe.

VAN links is Jacques Venter, Hendrik van der Merwe, Susan van der Merwe, Martin Vivier (CRC Kathu) en Joanna Vivier. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

1790

25

R

Banana Mini Box 1.5kg

20

R

+

20

R

19

R

1 x Soup Pack and 2 x Knorr Regular Packet Soup

Avocado’s

30

Orange Pocket 6kg

BUY ALL FOR

5for

R

1990

3for

per box

each

Clover Milk 2l

t "TTPSUFE

t "TTPSUFE

4990 per kg

Lean Beef Mince

4990 per kg

Stewing Beef Cubed

5290 per kg

Meat Balls

per kg

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

64

90

35

R

per pack

Lamb Stew

Rainbow 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg

nyw here e a op h s y h w e, lu va ch u m o W it h s or we’ll BEAT it*

lse?

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

per kg

69

90 per kg

Beef Roast

119

R

per pack

Great Value Frozen Chicken Drumsticks 5kg

Prices valid 28 MAY - 1 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Grease! kook

Talent Hennie se tweede naam HENNIE JACOBS is waarlik veelsydig. Hy is ’n sepiester, bekroonde verhoogakteur, sanger en liedjieskrywer. Lesers het waarskynlik al die woorde, “Al wat ek wil doen, al wat ek wil doen, al wat ek wil doen, is om vir haar te soen!” uit sy treffer Soen gehoor. Hennie het ook pas sy tweede CD, Dit is die land, bekend gestel. Boonop lyk hy op ’n druppel water soos sy ewe bekende karakter, Diederik Greyling, van 7de Laan. Hennie is op pad na Kathu om die dorp Vrydag op die jaarlikse Herfsfees te vermaak. Hy het nog nooit voorheen sy tone in die rooi Kalaharisand kom wikkel nie, maar hopelik is dit beslis nie sy laaste besoek nie. Hy het sy hande vol as pa vir sy twee dogters, Nua Audrey Esthe en Tali Anah Ella, en as man vir sy vrou, Marissa. Hy beskryf sy vrou as sy hart en sy dogters as sy hartkamers. Hy vertel dat dit vir hom en Marissa ’n baie lang proses was om by die interessante name van hul dogters uit te kom. “Ons wou vir hulle name kry met spesiale betekenisse en wat goeie dinge oor hul lewe uitspreek. “Met Nua se naam het ons die idee by Donna-Lee Roberts (voorheen Annelie in 7de Laan en onlangs te sien in die fliek Pad na jou hart) gekry en Tali is ’n kombinasie van haar een ouma se name en dit beteken Hebreeus vir hemelse dou. Nua is Japannees vir new beginnings.” Die koms van dié twee woelwaters het hul lewe heeltemal verander. “Dit is letterlik ’n verandering in lewenswyse. Die verantwoordelikheid is huge, maar elke sekonde die moeite werd.” Dit is vir hom lekker om elke dag in nuwe ontdekkings saam met sy kinders te deel. Hy leer ook baie by hulle. Vir hom is die belangrikste rol in sy lewe die een wat hy reeds vertolk – as pa en man. Toneelspel en sang is albei vir

Benneli Olivier Van der Walt

HENNIE JACOBS kom Kathu Vry­ dag op die Herfsfees vermaak. Foto: Verskaf

Hennie baie spesiaal. “Elkeen het sy uitdagings. Dit is ’n voorreg om in albei mediums te werk,” vertel Hennie. Hennie se eerste optrede as “sanger” was toe hy in 1989 vir sy familie die treffer van Danie Botha Wie kan dit verstaan? agter ’n boom gesing het. Hy skryf graag sy eie liedjies. Hy verduidelik die sepiebedryf is baie meer ingewikkeld as wat dit lyk. “Dit is ongelooflik tegnies. Daar is meer as 70 mense wat elke dag hul individuele bydrae moet lewer om van die medium ’n sukses te maak. “Ons skiet soms 12 uur per dag net om een episode op te neem en die volgende dag begin alles weer van voor af. Dis ’n flippen moeilike medium as jy nie weet wat jy waar moet doen nie.” As hy nie sy brood en botter kon verdien deur te sing en rolle te vertolk nie, sou hy baie graag ’n ryk sportman wou wees. Hy hoop om so lank as moontlik as akteur en sanger te werk. Volgens hom is Rob van Vuuren en Elize Cawood die beste akteur en aktrise in Suid-Afrika. ) Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webblad om nog foto’s van Hennie Jacobs te sien.

DIE Hoërskool Kathu het verlede week ’n transformasie met die skool se Grease!-produksie ondergaan. Ouers en leerlinge is vir drie dae met die alombekende musiekblyspel vermaak. Omtrent die hele gemeenskap van Kathu het op een of ander manier tot die sukses van die opvoering bygedra. Die musiekblyspel se regisseur is Marelizé Poolman, Kathu se eie musiekgenie. Christelle Vlok van die Hoërskool Kathu het haar dansondervinding as die produksie se choreograaf gebruik. Linda Burger was die produksie-koördineerder en Marina Reyneke die verhoogbestuurder. Tamlyn Venter, Lientjie Olivier en hul wenspan het verseker dat al die akteurs hul beste op die verhoog lyk. Maar die aand het uiteindelik aan die akteurs behoort. Jan-Hendrik Lubbe (Danny Zuko) en Anita Steyn (Sandy Dumbrowski) het vir al drie aande puik optredes gelewer. Die Pink Ladies het uit Lee-Ann van Zyl (Betty Rizzo), Marga Boshoff (Jan), Vanessa Dituku (Marty) en Hester Kruger (Frenchy) bestaan. Marco van Niekerk (Kenickie), Martin van Schalkwyk (Doody), Mpho Shale (Sonny) en James Garisch (Roger) was die Burger Palace Boys. Chanté de Lange (Patty Simcox), Chris Faihst (Eugene Florczyk), Denisha Dippenaar (Miss Lynch), Boikanyo Leabile (Teen Angel) en Heinrich Enslin (Vince Fontaine) het ook entoesiastiese optredes gelewer. Die ensemble het uit Emrich Viljoen, Matthew Roos, Keanu Vries, Keenan Vries, Wayne Richardson, Cherié van Wyk, Mariné Vos, Leané Redelinghuys en Danelle Venter bestaan. Die aand se orkes het die vertoning ekstra spesiaal met hul puik musiekgehalte gemaak. Adri Scholtz (klavier), Johane Morae (kitaar), Rozanne du Plessis (baskitaar), Katlego Monoko (tromme) en Chanelle du Plessis het hulle goed van hul taak gekwyt. ) Besoek die Kalahari Bulletin se webblad by www.kalaharibulletin.co.za vir nog foto’s en onderhoude met die akteurs.

ANITA STEYN het die vroulike hoofrol van Sandy Dumbroski vertolk.

CHRIS FAIHST (Eu­ gene Florczyk) en Lee­Ann van Zyl het fantastiese optredes gelewer.

JAN­HENDRIK LUBBE (Danny Zuko) het ’n energieke vertoning gele­ wer. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

CHANTÉ DE LANGE (Patty Simcox) het die planke aan die brand gedans.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Acute sinusitis: Know your nose Ilse Watson ACUTE sinusitis (acute rhinosinusitis) causes the cavities around nasal passages (paranasal sinuses) to become inflamed and swollen. It then interferes with drainage and causes mucus to build up. Sinusitis is often caused by the common cold and it could also be triggered by

allergies, bacterial and fungal infections. A crooked septum may also be the cause of blocked sinus passages. A tooth infection can also contribute to sinusitis. Home remedies might help to treat the problem but persistent sinusitis can lead to serious infections. Sinusitis lasting more than eight weeks is called chronic sinusitis.

Tandwenke om aan te kou DR. JAMES D. WALKER, een van die tandartse van Dental Joy in Kathu, het die volgende wenke vir ’n higiëniese mond en gesonde tande verskaf. Wenk vir ouers: ) Begin op ’n vroeë ouderdom die kind se tande borsel (sodra die eerste tande begin uitkom). ) Tandeborsels wat spesiaal vir kinders ontwerp is, werk die beste aangesien dit die tandvleis en bloedvloei stimuleer en nie seermaak nie. Algemene wenke: ) Dit is baie belangrik om die tong te borsel aangesien dit die perfekte broeiplek vir bakterieë is. ) ’n Nuwe tandeborsel raak 30% beter van plaak ontslae. Vervang dit jou tandeborsel elke drie tot ses maande, na gelang van hoe hard ’n mens tande borsel. Sekere tandeborsels se kleur van die borseltjies verander sodra dit tyd is vir ’n nuwe tandeborsel. ) Gebruik die regte tandepasta vir jou spesifieke tandbehoeftes soos tandepasta vir sensitiewe tande. ) Borsel en vlos tande daagliks, gaan gereeld vir ondersoeke by die tandarts en mond-higiënis, en volg ’n verstandige dieet om jou liggaam te voorsien van al die voedingstowwe wat nodig is om algehele ligaams- en tandgesondheid te verseker. ) Gebruik genoeg fluoried: Fluoried maak

die emalje sterk, maar onthou om dit spaarsamig by kinders te gebruik, aangesien te veel fluoried wit of bruin kolle op die tande kan veroorsaak. ) Walker beveel aan dat jy jou mond uitspoel nadat jy geëet en gedrink het. Dit is beter om net ná ete te borsel. As jy nie ’n tandeborsel byderhand het nie, kou kougom wat xylitol bevat. ) Kalsium- en vitamien A-aanvullings kan help om tande sterker te maak. ) Dit is baie belangrik om elke ses maande die tandarts te besoek. ) Vermy suiker en gaskoeldranke wat baie nadelig is vir tande. Verfynde suiker in kos en drank veroorsaak tandbederf. Wanneer die bakterieë daarop voed, vorm ’n suur wat die tand se oppervlak sag maak en minerale in die emalje oplos. Dit lei uiteindelik tot tandbederf. Baie vrugtesappe (afhangend van die pH-balans) kan ook tand-erosie veroorsaak as daar baie sap oor ’n lang tyd gedrink word. Drink matige hoeveelhede en gebruik ’n strooitjie. Die sogenaamde sportdrankies het dikwels dieselfde uitwerking. Vrugte, groente en selfs suiwel bevat suiker, maar dit is minder geneig om tandbederf te veroorsaak. Die voedingstowwe daarin is boonop goed vir immuniteit en beskerm teen tandvleissiektes.

www.kalaharibulletin.co.za

What are the symptoms of acute sinusitis? ) Yellow or green nasal discharge. ) Nasal obstruction or congestion. ) Pain, tenderness, swelling and pressure around the eyes, cheeks, nose or forehead. ) Reduced sense of smell and taste. ) Coughing. ) Aches in ear, upper jaw and teeth. ) You can have a fever and feel fatigued.

When should you see a doctor? ) When your symptoms become more severe and it is not improving. ) A persistent fever. ) Pain or swelling around your eyes and a swollen forehead. ) When you have a severe headache and are confused. ) When you experience stiffness in your neck and are short of breath.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Slegte asem DIT is nie net swak mondhigiëne of baie uie en knoffel wat jou asem laat stink nie. ’n Droë mond is die ideale broeiplek vir bakterieë. Dit is waarom dehidrasie, rook, hardlywigheid en alkoholmisbruik bydra tot die probleem. Verslankers (veral dié op ’n hoëproteïen-dieet) sukkel dikwels ook met slegte asem. Medikasie, byvoorbeeld antibiotika, kan ook jou mond droog maak. “Besoek elke derde maand ’n mondhigiënis om jou mond behoorlik skoon te maak as jy sukkel met slegte asem. Maar wanneer jou tandvleis erg ontsteek is, moet jy dadelik by die tandarts uitkom,” sê dr. Christiaan van den Berg. “Ander siektetoestande soos lugweginfeksies of diabetes kan ook jou asem sleg laat ruik.” Wenke: ) Hou jou mond suurstofryk deur genoeg water te drink en groente soos seldery en pietersielie te eet. ) Drink ’n glas water met ’n snytjie suurlemoen of kruisementtee. ) Borsel ná middagete jou tande of spoel minstens jou mond met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel of ’n bietjie water uit. ) Bakterieë broei graag op jou tong, so hou dit skoon; ) Kou suikervrye kougom (met xylitol).

Genoeg slaap bly maar kosbaar Jaco Lotriet WONDER jy dikwels of jou gesondheid regtig daaronder sal ly as jy af en toe ’n uurtjie of twee se slaap vir iets aangenamers verruil? Talle suksesvolle ouens verkondig immers dat een van hul geheime tot sukses hul vermoë is om met minder slaap oor die weg te kom. Slaapkenners meen al is daar g’n definitiewe teikengetal vir hoeveel slaap jy per nag behoort te kry nie, moet volwassenes bo die ouderdom van 18 jaar probeer om snags 7 tot 9 uur se slaap te kry. Maar het ’n ou regtig ál daardie slaap nodig? Wetenskaplike studies vertel egter nou die meeste ouens – soos die mense wat glo dis oukei om jouself hier en daar met ’n paar uur se slaap te verneuk – sal weer moet dink. Luidens die uitslae van dié studies kan selfs ’n enkele nagrus van minder as ses uur heel nadelig wees vir jou gesondheid. So byvoorbeeld het die kenners bevind die meeste mense lyk ná ’n nag van te min slaap nie vreeslik goed nie. Hulle kom boonop nie juis toeganklik voor nie. Dis glo omdat ’n gebrek aan slaap – selfs in ’n klein mate – jou liggaamlik en geestelik kan karnuffel. Jou battery sal gou pap begin voel en jy sal so lyk ook. Dit is te wagte. Maar nog interessanter, is dat ouens wat hulself met slaap verneuk, blykbaar hongerder is en meer

geneig is om groter porsies weg te pak as hul uitgeruste eweknieë. Korttermyn-slaapverlies verhoog ook die waarskynlikheid van ongelukke en verlaag jou weerstand teen verkoue. Dit verhoog ook die moontlikheid dat jy emosioneel sal raak oor onbenullighede. Onlangse navorsing voer verder aan dat so min as één slegte nagrus verband kan hou met breinweefsel-verlies. Dit kan lei tot geheueprobleme en ’n onvermoë om te fokus. As jy gereeld slaap verloor, is die nagevolge glo nogal skrikwekkend. Jou risiko vir hartsiekte, diabetes of ’n beroerte word aansienlik verhoog. Daar is ook ’n verband tussen ’n chroniese gebrek aan slaap en ’n verhoogde risiko vir vetsug. Hiervolgens is dit niks vreemds dat ouens wat sleg slaap, ’n liggaamsgewig het wat omgekeerd eweredig is aan die aantal ure wat hulle in droomland deurbring nie. Dit wil sê: Hoe minder slaap jy kry, hoe dikker word jy. ’n Chroniese gebrek aan slaap word ook verbind met ’n verhoogde risiko vir sekere vorme van kanker, onder meer kolonkanker en aggressiewe borskanker. Selfs nog erger is die bevinding dat slaapverlies – wanneer dit lank genoeg aanhou – uiteindelik kan lei tot die dood. Ek weet nie van jou nie, maar vir my is laat wakkerbly beslis nie dít werd nie. Hoeveel gaan jy vannag slaap? ) Die berig het eers in die Die Burger verskyn.

Virus lei tot kroep KROEP, ook bekend as wurgsiekte, is ’n virusinfeksie wat ’n aanhoudende, blaffende hoes by kinders veroorsaak. Dokters beskryf dit dikwels as infeksie in die larinks (strottehoof) en tragea (lugpyp). Daar is twee soorte kroep: aansteeklik en spasmodies. Aansteeklike kroep word meestal deur ’n virus van die asemhalingstelsel veroorsaak. Dit kom veral in die herfs en winter voor en kan aangesteek word deur speekseldruppels of vuil hande, speelgoed of eetgerei. Wanneer die virus die liggaam binnedring, val dit die boonste dele van die lugweg aan. Kinders met kroep kla daarom dikwels aanvanklik oor verkoue en toon simptome soos ’n loop- of toe neus. Stadigaan word die laer dele van die lugweg ook ontsteek, die stembande en lugpyp begin swel en raak geïrriteerd. Dit lei tot heesheid, harde asemhaling en ’n blaffende hoes. Spasmodiese kroep is verwant aan die aansteeklike soort, maar word meestal deur ’n allergiese reaksie veroorsaak. Virusse of ’n irritasie in die maag kan die rede vir dié reaksie wees. Spasmodiese kroep veroorsaak nie koors nie en die simptome is meestal van korte duur. Die harde, blaffende hoes is die algemeenste simptoom. Dit vererger gewoonlik snags en gaan gepaard met harde, krapperige asemhaling. By aansteeklike kroep het kinders dikwels ook ligte koors, vlak of moeilike asemhaling, ongedurigheid en ’n blouerige kleur, veral om die lippe en vingernaels. As jou dokter kroep by jou kind diagnoseer, behoort hy of sy die volgende voor te stel: pynpille vir die ongemak; die drink van baie water om dehidrasie te voorkom en slym uit die lugweë te verwyder; en ’n verdampingstoestel, omdat die klam vog ontsteekte lugweë kalmeer en vloei van slym en mukus bevorder. – (www.intelihealth.com) ) Die artikel het in Die Burger verskyn.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

VOERTUIE

SLEEPWAENS

BEGRAFNISDIENSTE

BETREKKINGS

WOONSTELLE TE HUUR

3040 1025

NETJIESE 3-SLAAPKAMERWOONHUIS te huur in Kuruman. 2 badkamers met toesluitgarage, R9 800 p.m. Skakel 079 563 9103.

EIENDOMME

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue.

ADMINISTRATIEF

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.

3605

ADMIN DATA CLERKS NEEDED: SMS full name and address to 074 927 5124 or e-mail: hubdata555@gmail.com

VERVOER VAN VRAGTE DEUR EIENAAR met groot 2,5-ton-platwa, van Kuruman en/of terug. Wa word nie persoonlik uitverhuur nie. Geen versekering op vrag. Skakel 083 310 0272.

PERSOONLIKE DIENSTE

DRYWERS

1460

BEAD & CRAFT SHOP Vir al jou benodigdhede om jou eie ontwerp te maak. Maak ook hangertjies, oorbelle en armbande en doen herstelwerk.

DRYWERS BENODIG: Tydelike drywers met geldige rybewys benodig om aflewering te doen. Handig CV in by Debonairs Kuruman, Spar-kompleks, Hoofstraat.

VOERTUIE TE HUUR TE HUUR: TROK VIR VERVOER VAN LEWENDE HAWE, tuinvullis of enige rommel. Skakel 079 563 9103.

ALGEMEEN 3680

WOONSTEL TE HUUR VIR ENKELPERSOON. Stil omgewing. R3 500 water en ligte ingesluit, plus deposito. Beskikbaar 1 Junie. Skakel 076 520 8670.

TE KOOP HUISE TE KOOP 3275

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism

3650

3070

PERSOONLIK

3600

3250

KATHU: 2 Bestwood-huise te koop. 42 vk m. R495 000 elk. Sluit in: Ingeboude kaste en afdak (garage). 082 411 6482.

LUTEA PARFUUM: Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en parfuum jou passie? Nou is die geleentheid om deel te word van'n multi-miljoendollar-bedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos-adres na 083 655 0445.

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

Cancellation of Bids • Bid Number: NWDEDECT 1/13/14: Security Services at Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 2/13/14: Security Services at Rustenburg Regional Offices, Lotlamoreng Dam, Industrial Site Mahikeng and NWDC Building at Head Office • Bid Number: NWDEDECT 4/13/14: Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 6/13/14: Impact Heritage Assessment for Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 08/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes Recognition of Prior Learning (RPL) in the following programmes: Carpentry, bricklaying, plumbing, painting, plastering and tiling • Bid Number: NWDEDECT 10/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes - short skills programme from National Certificate: Construction contracting: NQF Level 2-SAQA ID 20813

We apologise for any inconvenience caused. Kone Solutions K22474

HUISE TE HUUR TROETELDIERE 1660

LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik. R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.

3270

KURUMAN: 4-slaapkamer-woonhuis te huur. Skakel tydens kantoorure 053 712 3406.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

SM Mathe

SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

In die boedel van wyle Modisaemang Simon Mathe, identiteitsnommer 570616 5750 081 van Huis no. E549 Magojaneng Village, Kuruman 8460. Boedelnommer: 020152/2014 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van DERTIG (30) dae van datum hiervan. LUCAS RUITERS CONSULTANTS & GENERAL TRADING Posbus 1853 Kimberley

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid van produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakatures by ons Upington Agrimark:

Handelsklerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk.

4205

JR Cowburn

VOLWASSENES

Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep.

In die boedel van wyle Joseph Robert Cowburn, identiteitsnommer 560314 5109 084 van Barnardlaan 1, Kuruman. Boedelnommer: 1243/2012 Die eerste likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 30 Mei 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken te Kuruman op die 15de dag van Mei 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • voorraadbestellings • verkope/kliëntediens • hantering van bestellings • voorraadkontrole en -oorplasings • ad hoc-take en administrasie wat met die voorafgaande verband hou.

Administratiewe Klerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk. Verantwoordelikhede van die pos behels hoofsaaklik die volgende: • verwerking van goedere ontvangsbewyse (GOB’s) • afhandeling van direkte bestellings • opmaak van daaglikse bank • hantering van kleinkas • beantwoording van telefoonoproepe • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.

Winkelassistent Hierdie pos is ideaal vir ’n vriendelike en hulpvaardige persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik. ’n Hoë premie sal ook geplaas word op ’n persoon met sterk eienskappe wat goeie menseverhoudinge handhaaf ten einde die Agrimark se kliëntediens te bevorder. Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • bediening van kliënte • ontvangs van voorraad • kontrolering en merk van voorraad • rakversorging (wat insluit die netheid en pak van rakke volgens die neergelegde riglyne, soos in die handleiding saamgevat) • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.

PRIVAAT 2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Belangstellendes is welkom om die Senior Bestuurder: Agrimark, mnr. Hein Swart, by 054 338 9000 te skakel vir meer besonderhede. U kan ook ’n faks stuur na 054 332 6798 of ’n e-pos stuur na hein.swart@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Donderdag, 12 Junie 2014 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat nie binne vyf werksdae ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was.

www.kaapagri.co.za

AGRIMARK

AGRILOG

FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK

PRODUKTE

VERSEKERING MEGANISASIE

118452 www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

DIE weeklikse Op die boekrak van die Kalahari Bulletin stel nuwe boeke aan lesers bekend. Met tye sal daar ook kompetisies aangebied word waar lesers ’n boek kan wen. Boekwenner

Wen boek oor wyn Buchan book out

DIE afgelope maand het die Kalahari Bulletin ’n kompetisie aangebied waartydens lesers ’n kans gegee is om een van Suid-Afrika se huidige topverkopers, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, te wen. Die trekking is gedoen en die gelukkige wenner is Pieter van Zyl van Daniëlskuil.

DRIES DE KOCK se boek, Op Bacchus se knie, handel oor tuiswynmaakresepte. Kalahari Bulletin het een getekende uitgawe om weg te gee. Stuur ’n SMS aan 079-831-5579 met jou naam en van en voeg ook “Bacchus” daarby. Die wenner van dié interessante boek sal in die uitgawe van 12 Junie aangekondig word.

Veg vir punte op netbalbaan DIE Hoërskool Kathu was verlede naweek gasheer vir die Landboudal­sportdag. Die Hoër­ skool Kathu, Landboudal en die Hoërskool Kakamas het aan die sportdag deelgeneem. Die kompetisie op die netbalveld was straf waar die onderskeie spanne mekaar geen gena­ de getoon het nie. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE o.19B­rugbyspan van die Hoërskool Kathu en Landboudal. Die onderskeie skole se hokkie­ en sokkerspanne het ook aan die sportdag deelgeneem.

THE book Conversations with God (also available in Afrikaans) by Angus Buchan is all about prayers for fostering a deeper relationship with God. He is a passionate preacher at Christian gatherings and on TV. He is also a full-time evangelist and sought-after speaker at local and international events.

19

Today in history TODAY in history: 29 May ) 1500 – Bartolomeu Dias, Portuguese explorer, dies. ) 1919 – Albert Einstein’s theory of general relativity is tested (later confirmed) by Arthur Eddington and Andrew Claude de la Cherois Crommelin. ) 1917 – John F. Kennedy, American lieutenant and politician, and 35th president of the United States, is born. ) 1935 – André Phillipus Brink, wellknown South African author, is born. ) 1953 – Danny Elfman, American singer-songwriter and producer, is born. ) 1956 – La Toya Jackson, American singer-songwriter and actress, is born. ) 1967 – Australian Paul McManus water skis barefoot for 1:30:19. ) 1967 – Noel Gallagher, English singersongwriter and guitarist, is born. ) 1974 – Stephen Larkham, Australian rugby player and coach, is born. ) 1975 – Daniel Tosh, American comedian and actor, is born. ) 1987 – Michael Jackson attempts to buy the “Elephant Man’s” remains. ) 1990 – Boris Yeltsin is elected president of the Russian republic. ) 1993 – The Miss Sarajevo Beauty Pageant is held in war-torn Sarajevo, drawing global attention to the plight of its citizens. ) 1994 – Great comet ice ball seen above the North Sea. ) 1994 – Diplomatic ties are established between South Africa and Saudi Arabia. ) 1997 – Span scientists announce new human species in 780 000-year-old fossil. ) 1999 – Space Shuttle Discovery completes the first docking with the International Space Station. ) 2010 – Dennis Hopper, American actor, director and screenwriter, dies. ) 2012 – Thousands march in protest in Johannesburg against Brett Murray’s controversial painting The Spear.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

OP 17 Mei het die manne van Kathu hul vroue ook saamgebring om te kom “oorlog” maak. Die verf het behoorlik tydens Topgunz se verfbaldag gespat! Altesaam 26 mense het aan die geleentheid deelgeneem. Foto: Verskaf

DIE Sishen­rugbyklub het verlede naweek aan die Kalahari­beker deel­ geneem. Twee spanne, die Kalahari Kings en Iyolus, het kragte ge­ meet. Iyolus het die wedstryd met 10­9 gewen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Lê aan vir ’n kolskoot DIE Sishen­skietklub het verlede naweek die Suid­Afrikaanse Jagters­ en Noord­Kaapse President­skietkompetisie aangebied. Verskeie skuts van onder meer Kathu, Kuruman, Lime Acres en Upington het aan die kompetisie deelge­ neem. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Wat is jou mening?

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.