Kathubulletinka 20140605

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

5 JUNIE 2014 GRATIS

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Hulde aan helde gebring John Seeley en tehuis-beheerraad wen gesogte kompetisie André Botha KUMBA IRON ORE en Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar is John Seeley, die man wat die hele land se verbeelding aangegryp het toe hy ’n hond, nou genaamd Kimberleigh, uit die Groot Gat gered het. Die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is die beheerraad van Huis Frans du Toit in Prieska. Die kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. Dit is vanjaar die vierde jaar dat die kompetisie gehou word. Die doel daarvan is om Noord-Kapenaars en Noord-Kaapse instansies te vereer wat elk op hul eie wyse daartoe bydra om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon. Die eerbewyse is verlede Woensdagaand op ’n spoggeleentheid in Kathu oorhandig. Die mededinging tussen die nege benoemdes vir Noord-Kapenaar van die Jaar was vanjaar besonder straf, soos ook die geval was met die vyf benoemdes vir die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar. Elkeen is ’n wenner uit eie reg. Wat die deurslag gegee het om Seeley te bekroon was die moed wat hy in die reddingspoging gewys het en die puik samewerking met die span wat saam met hom gewerk het. Dít het hom ’n rolmodel vir die NoordKaap gemaak. Daarby het hy die aandag van die land op die provinsie gevestig. Die beheerraad van die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar het gewen omdat hulle die hele gemeenskap betrek het in hul pogings om die tehuis vir bejaardes in ’n sieraad vir die dorp te omskep. Die lede van die beheerraad is almal mense wat hul eie tyd en energie daaraan gewy het om die sukkelende tehuis ’n veilige en goeie hawe vir sy inwoners te maak. Maar dit is nie net die wenners vir wie daar goeie nuus was nie. Die borge het ook besluit om R50 000 aan die Mispa-kinderhuis in Upington te gee, en ook R20 000 elk aan die Helen Bishop-te-

’n SPESIALE toekenning van R50 000 is aan die Mispa­kinderhuis in Keimoes tydens die Noord­Kapenaar van die Jaar­kompetisie gedoen. Van links is Neil de Klerk (uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK), Deon Nieuwoudt van Mispa, Gert Schoeman (korporatiewe kommunikasiebestuurder van Kumba Iron Ore), Hester Nieuwoudt van Mispa en Ina Knott (hoofbestuurder van Volksblad). Foto: Emile Hendricks/Foto24 huis in Kimberley, asook Huis Frans du Toit. Op dié wyse word die drie instansies gehelp om nog meer te doen.

) Die pragtige Nianell het as gaskunstenaar opgetree. Kyk video’s van haar optrede op die

webblad – www.kalaharibulletin.co.za ) Sien foto’s van die geselligheid en die wenners op bladsy 9.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Regstelling ) IN die Kalahari Bulletin Kathu-uitgawe van 29 Mei (“CRC hou Harvestgeleentheid”) word op ’n foto verwys na pastoor Hendrik van der Merwe van Upington. Die pastoor se naam is eintlik Jacques Venter. Die korrekte spelling van CRC Kathu se pastoorvrou se naam is Joana Vivier. ) Die Kameeldoringfees vind op 7 Junie plaas.

THE 2014 Rea Fola health promotion project commenced on 30 April in Olifantshoek. Photo’s: Supplied

THE project aims to bring essential health services to impoverished members of the John Taolo Gaetsewe Distict.

Health services offered to poor

THE Gamagara Development Forum (GDF) is a forum that provides excellent services and invests responsibly in their beneficiary communities. These communities include Deben, Dingleton, Mapoteng, Sesheng and Olifantshoek. The GDF has proven its commitment by engaging in a partnership with the John Taolo Gaetsewe District and the Department of Health on the Rea Fola health promotions project. The project started in 2013 in the Gamagara Jurisdiction and ten successful

visits were completed last year. The current project started on 30 April in Olifantshoek, and nine more visits will take place in the Gamagara Local Municipality in 2014. The Rea Fola health promotion mobile clinics will visit all four Gamagara villages. The services of the Rea Fola health promotions include ophthalmic screening where community members have their eyes screened and are given spectacles in order of priority. If required, they get referred to the hospital for an optic operation.

Other services include cervical screening, dental screening, cholesterol screening, glucose and hypertension screening; health promotion workshops and voluntary counselling. During the health promotion workshop HIV/Aids, tuberculosis (TB), diabetes, hypertension, various cancers and healthy lifestyles are discussed. These topics are promoted through interactive sessions and learning material are distributed in the community.

Bel om hulp NOODNOMMERS om te onthou: ) Kathu-polisie: 053-723-9116 ) Crimestop: 086-001-0111 ) Childline: 0800-055-555 ) Vigs-hulplyn: 0800-012-322 ) Kathu se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming: 053-7239122 ) 24-uurbystand: 079-697-9494

Kinderbeskermingsweek kweek bewustheid oor regte DIE Kathu-polisie se eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming (GKS) wil die gemeenskap, ouers en kinders daarvan bewus maak dat dit Kinderbeskermingsweek is. Wat behels Kinderbeskermingsweek? ) Dit beteken dat ’n kind as mens sekere regte het wat beskerm moet word. ) Kinders wat slagoffers van geweld is, is geregtig op ondersteuning. ) Dit is daarop gemik om ’n einde te maak aan misdaad wat teen kinders gepleeg is. ) Kinders word bewus gemaak van die gevaar van drank- en dwelmmisbruik. ) Verwaarloosde kinders en straatkinders

word ondersteun en beskerm. ) Kinders word aangemoedig om aan sport, die kunste en opvoedkundige programme deel te neem. Wat is ’n kind se regte? ) ’n Kind moet deur sy of haar ouers, familie en organisasies beskerm word. ) Gepaste behuising, voeding, opvoeding en gesondheidsdienste is ’n kind se reg. ) Kinders het die reg op beskerming teen blootstelling aan onbillike arbeidspraktyke.

) Die beskerming teen wanvoeding en mishandeling is ’n kinderreg. ) Kinders het die reg om te lewe. ) Kinders het die reg om kind te wees. Algemene misdade teen kinders: ) Seksuele mishandeling, verkragting en seksuele aanranding. ) Aanranding. ) Ontvoering. ) Kinderpornografie (besit of die vervaardiging daarvan). ) Moord. Veiligheidswenke vir kinders: ) Ken noodnommers en die polisie se

telefoonnommers. ) Sê altyd vir iemand waarheen ’n kind gaan. ) Wanneer ’n kind alleen by die huis is, moet alle deure gesluit en vensters toe wees. ) ’n Kind moet sy of haar straatadres ken. ) Moenie met vreemdelinge gesels nie en moenie hulp van vreemdelinge aanvaar nie. ) Sê nee vir dwelms en drank. ) ’n Kind moet eerlik teenoor sy of haar ouers en onderwysers wees. ) Moet nooit alleen in die nag loop nie. ) ’n Kind mag nie betas word nie. Hy of sy het die reg om nee te sê. ) Niemand het die reg om ’n kind tot seksuele aktiwiteite te dwing nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

3

Dans, dans Kyla Benneli Olivier Van der Walt DANS gaan nog baie deure vir Kyla Geldenhuis (14) oopmaak. Dié hip-hop-danser is ’n gr. 8leerling aan die Hoërskool Kathu. Sy het in gr. 3 begin dans en hoewel sy ’n rukkie opgehou het, het sy nou weer volstoom begin dans. Sy is ’n student aan die Dance Feverdansskool onder leiding van Marli Stevens. Kyla se passie is hip-hop. “Ek is mal oor die groot bewegings en spronge wat ’n mens in hip-hop doen.” Die jong danser is ook deel van die skool se pom-pon-groep en het groot planne vir haar dansloopbaan. “Ek wil nog na die Suid-Afrikaanse danseindronde gaan en sal graag eendag in teaterproduksies wil optree.” Dan is daar die dansskool wat sy gaan oopmaak . . . Kyla se rolmodel is haar suster, Monique Murphy. Monique is in die Suid-Afrikaanse Ingenieur-formasie. “Sy is baie verantwoordelik

KINDERMUSIK­ MAATJIES, met hul nuwe blou T­hemde aan, saam met hul ma’s gedurende hul musiekklasse. Foto’s: Lynn-mari Olivier

MET hul nuwe blou T­hempies is hierdie kleuters vol glimlagge tydens hul musiek­ klasse waar die reg­ ter­ en linkerbrein ge­ stimuleer word. Van links, is: Gretna van Staden, Megan Both­ ma, Kayla­mia Mark­ ram en Dewald Oli­ vier.

Musiek maak kleines slim Lynn-mari Olivier KINDERMUSIK-MAATJIES van Kuruman het almal spesiale T-hempies ontvang en hulle was baie in hul noppies.

Tydens Kindermusik se musiekklasse word die brein in die geheel deur musiek en beweging ontwikkel. Die klas duur ’n halfuur en in dié tyd is die maatjies aktief

besig sonder om te besef dat die linker- en regterbrein gestimuleer word. Dit is ’n eksploristiese uitdaging wat elke moeder, kleuter en peuter kan oorweeg.

KYLA GELDENHUIS dans die planke aan die brand en het nog groot planne vir ’n suksesvolle dansloopbaan. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

en niks kry haar onder nie.” Haar ouers speel ook ’n belangrike rol in haar dansloopbaan. “Hulle neem my na al die kompetisies, ondersteun my en gee erkenning as ek goed doen.” Ma Maureen en pa Coenraad is natuurlik baie trots op hul dansende dogter. “Sy gaan nog ver kom en ons gaan al die pad daar wees om haar te ondersteun. “Sy is ons trots.”


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Water moet voorkeur kry SKOON, veilige water is ’n noodsaaklikheid vir elke huisgesin in Suid-Afrika. Volgens die Grondwet is dit ook een van jou basiese regte as mens. Met die onlangse voorval in Bloemhof, waar ’n baba weens vuil water dood is, en verskeie mense vir ernstige diarree behandel moes word, is dit kommerwekkend dat Suid-Afrika steeds nie aan hierdie basiese grondwetlike vereiste in sekere munisipale gebiede voldoen nie. Nog vyf babas is ná die dood van die baba vir waarneming opgeneem. Volgens die departement van gesondheid in Noordwes was dit net vir waarneming. Lede van die gemeenskap in die Lekwa-Teemane- munisipale gebied was ook ’n week sonder water. Selfs nadat die watertoevoer weer in Bloemhof herstel is, is daar steeds ernstige gesondheidsrisiko’s rondom die water se gehalte. Mense van die Boitumelongtownship by Bloemhof het die vuil water gekook soos die munisipaliteit aanbeveel het, maar volgens Sinah Jacobs, ’n inwoner, het haar oudste seun, Petrus, steeds siek geword.

Gemeenskappe oor Suid-Afrika heen ly weens korrupte munisipaliteite, besoedeling en die wat baat daarby vind om munisipale pligte privaat oor te neem en te bedryf. Die afgelope 16 jaar het die aantal Suid-Afrikaners wat toegang tot skoon, lopende water het, verdubbel. Volgens ’n nasionale sensus het 9 uit 10 Suid-Afrikaners toegang tot hierdie basiese hulpbron. Maar die werklikheid – wat ongelukkig van Nkandla tot Stellenbosch strek – is nie so rooskleurig nie. In die laaste sewe jaar het die persepsies van gemeenskappe oor die land heen oor water-gehalte drasties afgeneem. Miljoene mense in die land het geen toegang tot skoon, lopende water of selfs ’n spoeltoilet nie. Baie ander moet tot tien uur in ’n ry staan vir ’n paar emmers water. Tydens ’n onlangse protesoptog weens watergehalte is vier mense in Mothutlung naby Brits dood. Dit is kommerwekkend dat nadat die verkiesingsbeloftes gemaak is, die land se skokkende waterprobleme nie dié voorkeursaak vir Suid-Afrika se regering is nie.

Klein kinders nog bokkies vir sports Lizette Slabber EEN van die lekkerste dinge om te doen is seker om te gaan kyk hoe gr. 1’tjies en gr. 2’jies geleer word om ’n sport te beoefen. Net om te oefen verg twee onderwysers en een ouer wat as afrigters optree en dan is daar nog tot vier ouer seuns nodig wat net moet help om almal op hul plek te kry. Om dinge te vergemaklik het my seun se skool nou oefentruie gekry sodat hulle darem tydens oefensessies in ’n blou span en ’n geel span verdeel kan word. Tog was dit nou die dag nodig dat een van die afrigters moes skree: “Moenie hom tackle nie; hy is in jou span.” Ná die eerste wedstryd waarin bykans al die toeskouers moes help keer dat die baldraer na die verkeerde pale mik, het my seuntjie trots op my afgestorm en gegil: “Ons het gewen, ons het 2-1 gewen.” Ek het mooi probeer verduidelik dat hulle nie 2-1 gewen het nie, maar 10-5, maar dié verduideliking is net begroet met ’n kyk wat sê duidelik weet Ma niks en ’n antwoord wat sê Ma weet niks, want Ma is mos ’n girl: “Ons het

twee ‘doele’ gedruk, nie tién nie.” Nou is die rugby eers verby en gaan ons weer hokkie speel. Verlede jaar (in gr. 1) was ons baie opgewonde om al die hokkie-benodigdhede te gaan koop. Die groot stok en die lang kouse en selfs die “klipharde ding wat my kuite moet beskerm”. Maar toe ek hom by die oefening aflaai, besef ek eers wat ek gedoen het. Vyftien seuntjies gaan elkeen met ’n groot stok losgelaat word . . . Ek was seker ons sou die aand eers ongevalle toe moes gaan voordat ons huis toe is. Maar ongeag daarvan dat hul heelwat “swaardgevegte” gehad het, het hulle darem ook sonder ’n enkele besering leer hokkie speel. Mag ek hulle tog asseblief so klein hou – daar waar rugby en hokkie nog vir sports sorg en nie vir harsingskudding en beenbreuke nie.

Wonderskoon in die skemer MAJESTUEUS pryk ’n kameeldoringboom teen ’n sonsondergang.

Foto: Ilse Watson

Ouers moet die jeug lei Pastoor Gert Kriel EEN van die dae vier ons Jeugdag. Baie mense is so bekommerd oor, soms selfs krities teenoor, die jeug van vandag. Tienerswangerskappe, dronkenskap, satanisme en selfs moorde deur tieners op hul ouers of vriende is aan die orde van die dag. Die versoekings en negatiewe invloede wat kinders deesdae moet weerstaan, is eksponensieel meer as toe ons grootgeword het. Juis daarom moet ons as ouers, meer as ooit tevore verseker ons leer ons kinders die pad wat hulle moet loop. Neem die verantwoordelikheid as ouer op. Wat ’n mens moet besef, is dat die “ouers van gister” die hoofrolspelers is vir die “jeug van vandag”. Dit is nie die skool, regering of ons kerk se verantwoordelikheid om ons kinders op te voed nie, maar ons as ouers s’n. Pa, jou gesag as hoof van die gesin kom van God self. Jy is die deur na jou gesin se hart. Jy moet

besluit na watter televisieprogramme daar gekyk mag word, na watter partytjies jou kinders mag gaan en watter klere aanvaarbaar is vir jou kinders om aan te trek. Vestig ’n gesonde huwelik. Volmaakte liefde verdryf alle vrees. Niks bied soveel veiligheid en stabiliteit aan ’n kind as ’n pa wat vir sy vrou en kinders lief is ondanks foute en die druk van die lewe nie. In ’n huis waar liefde heers, ontwikkel kinders ’n beter selfbeeld, pak hulle uitdagings makliker, en het hulle ander mense ook meer vreesloos lief. Hulle weet, “dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie, in my ouerhuis is ek liefgehê en veilig”. Wees ’n betrokke pa. In elke kind se hart is ’n plekkie wat net deur sy/haar pa gevul kan word. As ’n pa (of vaderfiguur) afwesig

is, sal ’n kind na enigiets gryp (dwelms, seks, alkohol) om daardie behoefte na pappa-liefde te vul. Wanneer laas het jy gekyk wat op jou seun se selfoon aangaan, of wie almal vriende is met jou dogter op Facebook? Wanneer laas het jy jou selfoon afgesit en ’n hele dag saam met jou gesin deurgebring? Begelei jou kinders na Jesus. Aan die einde van die dag soek almal na die liefde van Vader God. God het ons as mens gemaak om in ’n liefdesverhouding met Hom te staan. God wil ons as ouers, en veral pa’s, as ’n tasbare voorbeeld van sy Vaderliefde gebruik. Ons werk as ouers is om ons kinders na God te begelei, deur Jesus Christus. Net deur ’n persoonlike verhouding met Jesus sal ons kinders werklik kan leef. (Joh. 10:10) Om te kan glo in die “jeug van môre”, moet ons ons verantwoordelikheid opneem as die “ouers van vandag”.

Hou sy lyf hondmak model SO gevaarlik soos ’n hiëna is, was dié een net ’n meter weg en het hy ’n goeie foto­ geleentheid gebied. ’n Bruin hiëna het lui­lui langs die pad gelê – hy het seker genoeg ontbyt geëet en ’n lekker ruskans benut. Foto: Ilse Watson


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Fotofinaliste aangekondig Lizette Slabber HIER is die finaliste in die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie. Die wenner wen ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar geborg deur Orange River Cellars. Die wenfoto’s gaan ook in dié kelders se bemarkingsveldtog gebruik word. Gaan stem vir jou gunsteling op Facebook, want die foto met die meeste likes gaan ook ’n geskenkpak van Orange River Cellars wen. Daarby word die wenner deel van die

finale groep wat ’n kans staan om ’n naweek vir vier by een van die NC Famous Lodges te wen. Maak ook seker dat jy nou al jou dierefoto’s na lizette.slabber@volksblad.com stuur, want in Junie soek ons die beste foto’s van plaasdiere en wilde diere.

TILANA STEENKAMP se pragtige foto van ’n pa en seun wat ’n besonderse oomblik deel, is een van die finaliste. Foto: Tilana Steenkamp

ANENA BURGER het dié mooi foto ingestuur.

Foto: Anena Burger

’n BESONDERSE oomblik tussen vriendinne.

NOG ’n prag­oomblik wat deur Anena Burger vasgelê is.

Foto: Anena Burger

Foto: Anena Burger

’n MOOI oomblik met ’n asemrowende agtergrond. Anena Burger het dié foto geneem.

Foto: Anena Burger

ABRIE VAN NIEKERK het dié pragtige foto vir die Jou oomblik, ons wyn­kompetisie ingestuur.

Foto: Abrie van Niekerk


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

VAN links is Retha­Marie Hall (beoordelaar), Donovon Eva (Naba­lodge), Reuben Murphy (wenner) en Neville Schubach (beoordelaar).

Price Cuts 49

R

Reuben lag-lag ’n finalis

REUBEN MURPHY van die Hoërskool Upington is op Saterdag 24 Mei as die wenner van die streekuitdunne van die Spontaankompetisie in Upington aangewys. In dié uitdunronde, wat by die Naba-lodge plaasgevind het, het Reuben met sy komiese voordrag die gehoor aan die skater gehad. Hy gaan nou as streekwenner aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein deelneem. Die eindronde vind op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein plaas. Dit is in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus. Pryse wat die wenners kan wen, sluit in: ) SpecSavers: pryse ter waarde van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse ter waarde van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingspakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en visitekaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf ter waarde van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense; ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500. ) DV Village Music: Drie mikrofone ter waarde van R4 500.

54

R

Per kg

34

R

9

PnP Fresh Chicken Braaipak 8s or 16s Per kg

SAVE 11.90

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

21

R

50

SAVE 2.90

PnP Cooked Ham Per 100g

Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

FRESH

35

31

SAVE R9

17 39

SAVE R5

Spekko Parboiled Rice 2kg

Rama Original Margarine 500g Brick

35

R

49 23 90

80

15

R

PnP Washed Potatoes 7kg

SAVE R3

Selati White Sugar 2.5kg

PnP Golden Delicious Apples 1.5kg

BUY ANY 2 FOR

1 5 20

R

90

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

Simba Lay’s Potato Chips Assorted 125g C

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each

R

I&J Light & Crispy Hake Fillet Portions Assorted 500g Each

Renown Traditional or Cheese Pork Bangers 750g Each

Frisco Instant Coffee Assorted 750g Each

31

BUY 2 FOR

90

R

90

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.

DAY Y ONL

Bulk Stewing Beef Bone in

Bulk Oukraal Wors

Foto: Lizette Slabber

6S

Cuddlers Disposable Nappies Size 3 Midi 52s, Size 4 Maxi 50s, Size 4+ Maxi Plus 48s or Size 5 Junior 44s

105

R

Per Pack

SAVE R7

39

90

Sunlight Handwash Washing Powder Assorted 2kg Each

PRICES VALID 3 - 8 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185666_390 X 194

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Curb winter weight Danelle Vivier PEOPLE tend to talk about the weight they have gained in winter. Weight gain can be explained through exploring the mechanisms of the human body. Believe it or not, but your body is constantly in survival mode. Any change of season will make your body respond accordingly. Winter causes the body to give off more heat, to prevent getting too cold. The human body needs to make up for the extra heat (energy) lost. Survival mode will therefore increase the body’s appetite for warm, high-fat and kilojoule dense meals, without you realising that your choices are changing. This may result in slight weight gain, which the body will also recognise as an extra insulation layer against the cold temperatures of winter. Here are some tips to prevent unnecessary weight gain during winter:

) Keep meals small and frequent. ) Try to eat supper between 18:00 and 20:00. ) Eat before going to the shop to buy groceries (hunger might result in buying unnecessary food). ) Try to limit drinks like hot chocolate, Milo, Horlicks, latés and café mochas. Rather drink coffee, tea or cappuccino with low-fat or fat-free milk (also limit sugar usage). ) Cut down on the sauce that is added to food. ) Many people find exercising in winter difficult. However, this suppresses appetite and fights off unwanted body fat. ) Search for low-calorie/kilojoule recipes on the internet or in books. Recipes are also available on www.danellvivier.co.za. ) Weigh yourself once a week, minimally clothed, in the morning before drinking or eating anything (250 ml water = 250 g extra on the scale).

Ontspan lekker saam in die buitelug AL die ouers en kinders het lekker ontspan en die dag terdeë geniet.

DIE Bana­ Vroeë Ontwikkelingsentrum in Kathu het onlangs ’n piek­ niek by die skool gehou. Foto’s: Renske Van der Walt

Toon liefde met lysie

Ondersteun Tekkie Tax DIE Kalahari Bulletin Kathu se personeel het op 30 Mei hul tekkies vir nasionale Tekkie Tax­dag aangetrek. Projekte wat ondersteun word, is diere, basiese gesinsdienste, dienslewering aan gestrem­ des en ook basiese onderwys. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

DAAR is ’n groot behoefte aan die voorsiening van kospakkies aan minderbevoorregtes in die Kathu-gemeenskap. Louvaine Roos van die NG kerk Kathu het ’n lysie van nie-bederfbare kossoorte wat in ’n boks verpak kan word, opgestel. Dié boks vol kos sal ’n gesin van vier vir ’n paar dae kan voed. Die NG kerk Kathu, in samewerking met die Kathu-Spar, gee die winkel se klante die geleentheid om van die benodigdhede op die lysie by hul inkopies te voeg. Hulle kan dit dan in die winkelwaentjie (gemerk as die Bokse vol Liefde-waentjie) by die ingang plaas. Die Barmhartigheidsprojek vra dat die gemeenskap van Kathu saamstaan en die projek ondersteun. Vir inligting of om ’n skenking te doen bel Roos by 082-450-0311.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

DIE beheerraad van Huis Frank du Toit is as Volksblad en Kumba Iron Ore, in samewerking met GWK, se Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aangewys. Hier ontvang hulle die eerbewys. Van links is Rina Coetzee, Grizelda Gouws, Marius Gouws, Gert Schoeman, die korporatiewe kommunikasiebestuurder: Kumba Iron Ore, en Riza Coetzee. Foto: Emile Hendricks

JOHN SEELEY saam met Kimberleigh.

Vreugde oor wenners André Botha DAAR was verlede Woensdagaand staande applous op ’n glansgeleentheid in Kathu toe aangekondig is dat John Seeley, die man wat ’n hond uit die Groot Gat gered het, as die Noord-Kapenaar van die Jaar aangewys is. Ook die aanwysing van die beheerraad van Huis Frank du Toit in Prieska as die Noord-Kaapse

Instansie van die Jaar was ’n gewilde besluit. Seeley se eerbewys is namens hom deur sy vrou, Brenda, ontvang. Hy kon self nie daar wees nie omdat hy ’n kursus in Gauteng bywoon. Marius Gouws van die beheerraad van Huis Frank du Toit sê dit was ’n groot verrassing toe die beheerraad as die wenner aangekondig is. “Ons het dit nie verwag nie.” Sy vrou, Grizelda, sê nadat hulle

die kontanttoekenning ontvang het, het hulle aangeneem een van die ander instansies het gewen. Kontanttoekennings aan drie instansies, die Mispa-kinderhuis (R50 000), die Helen Bishop-tehuis (R20 000) en die beheerraad (R20 000), het ook groot vreugde verskaf. Die drie instansies sal nou ’n behoeftebepaling doen waarvolgens besluit sal word hoe om die geld aan te wend.

BRENDA SEELEY het die eerbewys vir Noord­Kapenaar van die Jaar namens haar man, John Seeley, ontvang. Hier is van links Tanya Aucamp, die kommunikasiebestuurder: Sishen­myn, Neil de Klerk, die uitvoerende bestuurder: korpora­ tiewe bemarking van GWK, Brenda Seeley, Gert Schoeman, die korporatiewe kommunikasiebestuurder van Kumba Iron Ore, en Ina Knott, hoofbestuurder van Volksblad. Foto: Emile Hendricks

DIE glansgeleentheid waarop Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord­ Kapenaar van die Jaar en Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aange­ wys is, is ook bygewoon deur van links Janine Botes, Mandi Jordaan en Marinda Bezuidenhout. Foto: Ilse Watson KOL. SAMPIE KOOPMAN, die bevelvoerder van die polisie in Kuruman, en sy vrou, Nella, was van die gaste toe Volksblad en Kumba Iron Ore, in samewerking met GWK, se Noord­Ka­ penaar van die Jaar en Noord­Kaapse Instan­ sie van die Jaar aangewys is. Foto: Ilse Watson

BESOEK die Kalahari Bulletin se webblad by www.kalaharibulletin.co.za om Nianell se optrede van haar treffer Who painted the moon op die Noord-Kapenaar van die Jaar-geleentheid te sien.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Book on SA out Wen wynboek

Kos vir jou siel

IN A Rumour of Spring, Max du Preez investigates the progress and lack of progress in the count­ ry. He looks at the legacies of Mandela and Mbeki in an attempt to understand how we got here. He examines Jacob Zuma’s presi­ dency. In the context of blatant corruption and tragedies such as the Marikana massacre, the book considers the current state of af­ fairs. Kalahari Bulletin has a copy of this book to give away. SMS yo­ ur name and the word “Spring” to 072­595­7000. The winner will be announced at the end of July.

VALLEI VAN MELK EN HEUNING word in seisoene opgedeel en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskik­ baar is. Dit sluit ’n wye spektrum van resepte in: van geurige elke­dag­kos, tot uit­ halergebak om enige gas mee te be­ indruk; maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana Scheepers stories, en maak dié meer as net ’n resepteboek. Dit is in der waarheid ’n inspirerende lekkerlees­ boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

DRIES DE KOCK se boek, Op Bacchus se knie, handel oor tuiswyn­ maakresepte. Hy het die idee vir die boek gekry nadat hy en sy familie ge­ braai het, en die voggies al ’n bietjie te veel was. Sy suster het gesê: “Hoe ver is die vleisgoed nou wat ek sal moet eet. Dit smaak my ek sit al op Bacchus se knie.” Daar is nog tyd om hierdie boek te wen – stuur ’n SMS na 072­595­7000 met jou naam en van en voeg die woord Bacchus daarby. Die wenner van dié interessante boek sal in die uitga­ we van 12 Junie aangekondig word.

Today in history TODAY in history – 5 June ) International World Environment Day ) 1661: Isaac Newton is admitted as a student to the Trinity College, Cambridge. ) 1752: Prince William of Orange becomes Knight of the Garter. ) 1794: The United States Congress prohibits citizens from serving in foreign armed forces. ) 1805: First tornado is recorded in Tornado Alley (Southern Illinois). ) 1846: Telegraph line opens between Philadelphia and Baltimore, America. ) 1900: During the Second Boer War, British soldiers invade Pretoria. ) 1905: Jock Cameron, South African cricketer, is born. ) 1918: The Afrikaner-broederbond is formed. ) 1942: During World War II

America declares war on Bulgaria, Hungary and Romania. ) 1944: During World War II more than 1 000 British bombers drop 5 000 tons of bombs on German gun batteries on the Normandy coast in preparation for D-Day. ) 1956: Elvis Presley introduces his new single, Hound Dog, on The Milton Berle Show, scandalising the audience with his suggestive hip movements. ) 2001: Tropical storm Allison makes landfall on the upperTexas coastline as a strong tropical storm and dumps large amounts of rain over Houston. The storm causes $5,5 billion in damages, making Allison the costliest tropical storm in American history. ) 2004: Ronald Reagan, American actor and politician and the 40th president of the United States, dies.

DIE weeklikse Op die boekrak van die Kalahari Bulletin stel nuwe boeke aan lesers bekend. Met tye sal daar ook kompetisies aangebied word waar lesers ’n boek kan wen. Wat lees jy op die oomblik? Laat weet die Bulletin by ilse.watson@volksblad.com en vertel meer oor die boek.

Kos vir jou siel VANJAAR was ’n groot jaar vir die letterkunde. Nie net letterkunde nie, die Afrikaanse boek in die breë het gedy – in gedrukte vorm, e-boeke én boektoepassings, oftewel boeke vir tabletrekenaars. Daar was genoeg sterk debute – soos die romans van Johann Nell se Sondag op ’n voëlplaas, Dominique Botha se roerende Valsrivier en Carié Maas se Koljander. Groot en bekende name het nuwe boeke die lig laat sien wat wys hul soepelheid het nog geensins getaan nie. En dan was daar ’n paar boeke wat die appelkar omgegooi het: Riette Rust se Die AA tot OE van seks, Annelie Botes se Swart op wit, Kosblik (saamgestel deur Nicole Jaekel Strauss) en ook Gavin Prins se Joost en Amor – Agter die skerms. Tydens die Vryfees in Bloemfontein (15 tot 20 Julie) sal daar ’n boeketent wees waar boekwurms hulle aan al die nuwe publikasies kan verlusting. ) Besoek die Vryfees se webtuiste by www.vryfees.co.za vir meer inligting.

Tuis op verhoog

JOY BROOD­ RYK (links) en Jean­Mari Vil­ joen het nie toe­ gelaat dat die koue hulle on­ derkry nie. Dié twee toegewy­ de danseres­ sies het verlede Vrydagaand onder leiding van Carlise Brooks van die Spotlight Dan­ ce Studio die gehoor met hul oulike dans­ passies ver­ maak. Die Spotlight Dan­ ce Studio is No­ la du Plessis se geesteskind. Rig navrae oor danslesse by dié dansskool aan Nola du Plessis by 076­ 686­8199. Foto: Benneli Olivier Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

INSOLVENTE BOEDELS

3270

WOONSTELLE TE HUUR

BEGRAFNISDIENSTE 1025

3250

KURUMAN: 2-slaapkamerwoonstel beskikbaar. R5 000 per maand. Koopkrag. Skakel 082 553 6502. KURUMAN: Een slaapkamer,badkamer, oopplankombuis, leefarea. Koopkrag. R4 200 per maand. Skakel 083 384 1250 na 14:00.

HUISE TE KOOP 3275

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik, R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BETREKKINGS 3600

DRYWERS 3650

SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

LOOKING FOR DRIVER for deliveries in Northern Cape area, based in Kuruman. Must have a Code 10 licence with PDP. Phone U. Stander 083 675 5859.

1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Strydom Elektries: 083 310 0272. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

HERSTELWERK 1818

W.P. LOODGIETERS: Gebarste pype, herstel van geisers, nuwe werke, herstelwerk aan ou geboue. Skakel 084 380 7890.

VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

VAKANSIE AKKOMODASIE TOT 20 Des. 2014. Kaap Agulhas, slaapplek vir 8, R1 000 per nag. 50 m vanaf see/±200 km vanaf Kaapstad. Skakel 083 384 1250 na 14:00.

VOERTUIE

VOERTUIE TE KOOP ONDER R30 000 3064

MERCEDES BENZ E200, 1989, R17 000. Skakel 082 871 7677.

NOTICE OF SURRENDER OF ESTATE OF A DEBTOR'S ESTATE SECTION 4(1) OF THE INSOLVENCY ACT NO. 24 OF 1936 Notice of surrender of a debtor's estate in terms of Section 4(1) of the Insolvency Act no. 24 of 1936, as amended. Notice is hereby given that an application will be made to THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA, NORTHERN CAPE DIVISION, KIMBERLEY, on 4 JULY 2014 at 10:00 or as soon thereafter as the matter can be heard of the acceptance of the surrender of the estate of: NAME: Charlene Leach, identity number 830608 0050 084, OCCUPATION: Sales Representative ADDRESS: Corner Purchase Lane and Poolman Street, Kuruman, UNMARRIED and that the Statement of Debtor's Affairs will lay for inspection at the office of the Master of the High Court, Sol Plaatje Ave, Kimberley, and at the Magistrate's Court, Kuruman, for a period of fourteen (14) days from and including 6 JUNE 2014. VW HADDAD ELLIOTT, MARIS, WILMANS & HAY Attorneys for the Applicant Ground floor, Cheapside Building, Kimberley 8301 PO Box 179, Kimberley 8300. Tel: 053 831 1521, fax 086 612 6400 E-mail: haystd@elliott-maris.co.za Docex 3, KI.

GEREGTELIKE VEILING 4501

SOEK AFGETREDE DRYWER om plaaslike aflewerings te doen in Kuruman-area. Kode 10 en PDP 'n vereiste. Skakel D. Stander 072 141 6965.

BOEDELKENNISGEWINGS

ELEKTRIES

4215

C. Leach

Just Letting / HJR Swart & A Swart KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Hoëvelddrif gehou te Evander Saaknommer: 1461.2013 In die saak tussen: JUST LETTING Eksekusieskuldeiser en HJR SWART 1ste Eksekusieskuldenaar A SWART 2de Eksekusieskuldenaar In opvolging van 'n vonnis in die Landdroshof van EVANDER en 'n lasbrief vir eksekusie gedateer 5 Februarie 2014 sal die goedere hieronder uiteengesit in eksekusie verkoop word VIR KONTANT aan die hoogste bieder op 20 Junie 2014 om 09:30 by die baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman: Volkswagen Polo met registrasienr. HGS 439 NW Geteken te Secunda op hierdie 29ste dag van Mei 2014. JORDAAN & COETZER ING. Grand Palace Gebou 1ste Vloer Secunda 2302 Verw: Mnr Jordaan (Jnr)/nb/J423

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Skiet vir SA in VK ZANDER BEYLEVELDT, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, is in die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se nasionale skietspan in die Sporter-afdeling ingesluit. Hierdie skietspan gaan in Bisley, Surrey, in die Verenigde Koningkryk aan die Britse Junior Internasionale Skietkompetisie deelneem. Die span bestaan uit 24 skuts van oor Suid-Afrika heen. Hy gaan van 4 tot 7 Augustus aan dié toernooi deelneem. Daarna gaan die skietspan van 8 tot 12 Augustus ’n toer van besienswaardighede volg.

ZANDER BEYLE­ VELDT.

Hokkiespanne meet kragte DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die Hoërskool Kathu hokkiewedstryde gespeel. HMO se eerste hokkiespan het met 3-0

gewen. Die tweede hokkiespan van HMO het ook met 3-0 gewen en die derde hokkiespan het met 2-0 gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

HS Kathu dink analities Marleen Jacobs OP 21 Mei het die Hoërskool Kathu se analitiese denkers in Hotazel weer bewys van hul ontledingsvaardighede gelewer. Hulle boesem al die hele jaar lank vrees by hul mededingers in die kompetisie in. Hul uitslae is soos volg: ) o.15-span: Mpho Gwanga, Leewandré Hartlief, Jerome Malo en Kabelo Windwaai het almal al drie van hul drie wedstryde gewen, terwyl Thabiso Moyo twee uit drie gewen het. ) o.17-span: Marcel Benecke, Stefaans van der Walt en Byron Vos het ook al drie van hul wedstryde gewen. ) o.20-span: Jannes Fleming wen drie uit drie wedstryde.

Herfsfees ’n sukses Benneli Olivier Van der Walt DIE gemeenskap van Kathu het Vrydag die koue getrotseer om die NG kerk Kathu se jaarlikse Herfsfees by te woon en lekker saam te kuier. Feesgangers is op ’n verskeidenheid heerlike kossoorte en warm drankies getrakteer. Die kinderhoekie het met ’n springkasteel en gesigverf groot vermaak vir die kinders verseker. Die feesgangers is ook die geleentheid gebied om op wildkarkasse te bie. Hennie Jacobs, wat oorspronklik as akteur met die karakter van Diederik in 7de Laan naam gemaak het, was ook op die fees. Hierdie keer het hy egter die gehoor met sy sangtalent bekoor. Die plaaslike leerlinge en dansgroep van die Spotlight Dance Studio het ook feesgangers met hul danspassies vermaak.

DIE koue het nie vir Hennie Jacobs gekeer om die gehoor met sy sangtalent te vermaak nie.

DIE Hoërskool Kathu se analitiese denkers. Van links is, voor: Byron Vos, Lisa Cooper (koördineerder), Marcel Benecke en Stefaans van der Walt; agter: Leewandré Hartlief, Thabiso Moyo, Mpho Gwangwa en Jero­ me Malo. Foto: Marleen Jacobs

DIÉ twee talentvolle dansers aan die Hoërskool Kathu het op 24 Mei aan die Vry­ staatse ope dans­ kampioenskappe deelgeneem. Kyla Geldenhuis (links) en Cherié van Wyk het al twee in die hip­hop­ kategorie deelge­ neem. Kyla het ’n goue medalje en Che­ rié het ’n bronsmedal­ je ontvang.

HIERDIE viervoet sit ook geduldig in die worsbroodjie­ry en wag sy beurt af.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Foto: Marleen Jacobs

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.

Kathu wys krag DIE Hoërskool Jacobsdal word as ’n sterk mededinger in die Hoërskool Kathu se sportliga gereken, maar ’n span of twee van die Hoërskool Kathu het verlede naweek as die wenner weggestap. Die o.15A-span het sy wedstryd met 20-17 gewen en die B-span het ná ’n naelbyteinde met 28-27 as die wenner uit die stryd getree.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Vaar goed BAREND COETZEE (regs) van die Kumba­ fietsryklub het verle­ de naweek aan die Wieg van die Mens­ dom­wedren in Kru­ gersdorp deelge­ neem. Hy het goed gevaar en die moeili­ ke wedren oor 50 km in ’n tyd van 2:24 vol­ tooi met ’n topspoed van 73 km/h. Die wedren het ook gedi­ en as voorbereiding vir die Kremetart­ wedren oor 170 km wat Saterdag plaas­ vind.

Verfbalpret DIE Topgunz­verfbalklub het op 31 Mei weer “oorlog” gemaak en nog nuwe spelers het in die pret gedeel. ’n Paar het selfs aan ’n interessante nagspel deelgeneem. Die verfballe wat gebruik word, is nie giftig nie en is ook bio­afbreekbaar. Rig navrae aan Bianca Pretorius by 073­837­8999. Foto’s: Verskaf

DIE wegspringpunt van die Wieg van die Mensdom­wedren.

Foto’s: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.