Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
12 JUNIE 2014
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Goue oomblik
wen kompetisie
ABRIE VAN NIEKERK van Kathu se foto is as die wenfoto in die Jou oomblik, ons wynfotokompetisie aangewys. ’n Paneel van beoordelaars van die Orange River Cellars het dié pragtige foto gekies en hiermee wen Abrie ’n kis wyn per maand vir ’n jaar van die Orange River Cellars. Kyk op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Dié foto wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Gaan kyk ook op www.kalaharibulletin.co.za na die pragtige dierefoto’s wat vir die Juniefotokompetisie ingeskryf is. Foto: Abrie van Niekerk
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Saak in September voor Ilse Watson ’n GROEP van sewe mans, onder wie ’n kollega, was na bewering moontlik verantwoordelik vir die wrede moord ’n jaar gelede op ’n veiligheidswag by die Langbergabattoir in Olifantshoek. Herman van der Schyff (34) se lyk is op 15 Junie 2013 by die abattoir aangetref waar hy op die grond gelê het met sy hande en voete vasgebind. Hy is met ’n mes aan die linkerkant van sy nek gesteek en het hom doodgebloei. Hy is vermoedelik oorval toe hy ’n groep inbrekers gekonfronteer het. Vyf verdagtes is aanvanklik aangekeer van wie drie op 24 Junie 2013 vrygelaat is. Volgens kol. Priscilla Naidu van die polisie in Kimberley was daar geen bewyse wat dié drie met die misdaad kon verbind nie. “ ’n Ander verdagte, Lukhanyo Booi (24), is op borgtog van R500 vrygelaat. Leon Mambrise (27) van Zimbabwe het in aanhouding gebly.” Op 3 Februarie vanjaar is ’n sekuriteitswag by die slagplaas, Roelf Visser (23), in hegtenis geneem. Hy is op 10 April op borgtog van R500 vrygelaat. Mambrise, Booi en Visser het weer verlede Donderdag in die hof in Olifantshoek verskyn. Die saak is tot 4 September uitgestel sodat die direktoraat vir openbare vervolging ’n besluit oor vervolging kan neem. “Deur die loop van die ondersoek is vasgestel dat ’n verdere vier verdagtes moontlik by hierdie saak betrokke is. Volgens die verklarings deur verskeie getuies is die identiteit van een verdagte bekend, maar die ander drie verdagtes moet nog geïdentifiseer
HERMAN VAN DER SCHYFF
word,” sê Naidu. Intussen is forensiese bewysstukke vir verdere ontleding na die Kaapstadse forensiese afdeling gestuur. ’n Vergadering met die provinsiale polisiehoof en die vermoorde se pa, Herman Van der Schyff sr., sal binnekort plaasvind. Dit kom nadat Van der Schyff sr. in e-posse aan genl. Janet Basson, provinsiale polisiehoof, daarop gesinspeel het dat die korrekte prosedure in die ondersoek nie gevolg is nie. “Die saak sloer en dit pla my. Daar is ook baie feite wat nie opgeklaar word nie,” sê hy. Van der Schyff het ook vrae daaroor dat verdagtes nog vry rondloop terwyl daar klaarblyklik bewyse beskikbaar is om hulle aan te keer. Luidens verklarings van Van der Schyff sr. het die gebeure
van die aand soos volg verloop: ) Om 00:42 het sy selfoon gelui, maar Van der Schyff het per ongeluk die verkeerde knoppie gedruk en die oproep afgesny. Hy het toe gesien Louis Pieterse (eienaar van Langberg-abattoir) het gebel en het die ergste vermoed; ) Van der Schyff het sy seun dadelik gebel. Die foon het lank gelui voordat dit beantwoord is. Hy het voetstappe en stemme gehoor, maar kon nie die woorde uitmaak nie. Hy het egter drie verskillende stemme gehoor. Daarna is die foon afgesit. Die Van der Schyffs het van Upinton na Olifantshoek gery; ) Volgens Pieterse het die alarm by die slagplaas om 11:50 afgegaan en Pieterse was op pad daarheen. Hy het na die polisie in Olifantshoek gery om hulp te kry, maar die polisie was glo nie bereid om hulp te verskaf nie; ) Om 02:10 het die Van der Schyffs by die slaagplaas aangekom. Daar was toe reeds ’n paar polisielede op die toneel. ) Hulle het Van der Schyff jr. agter ’n gebou gevind. “Soos barbare het hulle hom op sy rug gelos, sy hande en voete was vasgemaak en sy oë was opgeslaan na bo, sy mond oop en sy bors vol bloed.” Sy selfoon was weg en daar was geen bankkaarte in sy beursie nie. Van der Schyff (jr.) het weens ’n moeilike geboorte breinskade opgedoen en was leergestrem. Van der Schyff sr. het verlede jaar gesê: “Om jou kind so daar te sien lê, voel asof ’n stuk uit jou hart geruk is.” Verlede Vrydag het Naidu bewerings dat ’n senior polisiebeampte die ondersoek dwarsboom, ontken.
Inform kids about sexual offences THE Kathu police have issued the following information on sexual offences against children. The public are encouraged to participate in national Child Protection Month. Sexual offences involve sex with children with of without their consent, unwanted sexual touching or being forced to engage in humiliating sexual activity. How to avoid being a victim: ) Do not move alone in dark and deserted places at night. ) Beware of strangers. ) Be aware of your surroundings. ) Be alert at traffic lights and stop streets. ) Do not hitch-hike. ) Do not get into any vehicle when invited by a stranger. ) Never tell anyone that you are alone at home. ) Know your neighbours. ) Do not allow anyone to touch you in a way you do not like – say no. ) Do not leave a party with someone you do not know or have just met. What to do in case of rape: ) Try not to panic. ) You cannot always defend yourself. ) If the attacker is dangerous, cooperate and try to negotiate.
) Try and remember what the attacker looks like. ) Shout very loudly, if you can, run away. ) Do not bath or change clothes after an attack, you will destroy important biological evidence. ) Keep all evidence to be used by police. ) Report all incidents of rape immediately – call or go to your nearest police station. Please make certain your children are informed about all of this.
KATHU Police emergency numbers:
) South African Police Service emergency number: 10111 ) Kathu Police Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit: 079-697-9494 ) National South African Police Service Crime Stop: 0860-010111 ) Women Abuse Helpline: 0800-150-150 ) Childline: 0800-055555 ) Aids Helpline: 0800-012-322 Always remember, a sexual assault is not your fault!
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Company on challenges
THE ARM supervisory graduates, along with their tutors, programme developers and top ARM management.
Supervisors graduate Benneli Olivier Van der Walt LAST week African Rainbow Minerals (ARM) held their Supervisory Development Programme Certificate Ceremony at the Kathu Equestrian Club. Members of the ARM’s top management attended the ceremony. Jan Steenkamp, chief executive of the ARM’s strategy and exploration, said in the keynote speech it was noticable that development was taking place. “People assist other people, and thus the company, to grow.” André Joubert, ARM Ferrous chief executive, and Sharon Bauer, ARM capacity building manager, presented the graduates with their certificates. Eric Theys was master of ceremonies. The supervisory curriculum was designed from scratch to directly address the ARM’s
supervisor development needs, with consideration of developing supervisors within an African context. This resulted in a programme that ran over nine months, with delegates attending a two-day facilitated session every month. The guiding principles of the programme included ubuntu, climate setting, authenticity, sustainability and relationship building. The graduates that received certificates were Aldie Kotze, Adelaide Keupilwe, Cecelia Moolman, Elaine Marais, Fanie de Beer, Magda Klindt, Marco Barnard, Pulane Molale, Roelf Springbok, Saretha Faro, Willem Britz, Johan Uys, Boet Bezent en Louis Botha. The top achievers were Klindt, Faro and Botha. ) Visit www.kalaharibulletin.co.za to see Andronica Greeff’s dance performance during the graduation ceremony.
SHELL SOUTH AFRICA held a technology day in Kathu to demonstrate the company’s contributions to more effective mining practices. At a time when mining operators are under pressure to minimise costs and maximise productivity, Raymond Abraham of Shell explained how Shell was helping mining organisations across the world meet these challenges. In meeting the challenges faced by mining operators, Shell had developed a range of lubricants, fuels and associated services, ranging from on-site fuel and lubrication analysis through to assisting customers with long-term fuel-buying strategies, Abraham said. “Shell’s lubricants are all specifically designed to keep machines running for longer and with less maintenance. This is key for economic and operational reasons, and also helps meet the challenges of round-the-clock operations in challenging conditions.” According to Abraham, lubricants used in mining help to keep critical equipment parts and components moving smoothly. Applications can range from heavy-duty diesel engines and vehicle drive trains to hydraulic systems and open gears. “Each piece of equipment can operate in a number of ways and under varying loads, placing different demands on lubricant performance. Typically, the benefits of using the right, fit-for-purpose lubricants can include reduced maintenance and costs, longer equipment life, better equipment performance and improved efficiency.” Technically advanced and synthetic lubricants can cost more than their mineral counterparts and lower-performance products. In the current economic climate, this can deter site operators
HOWARD NKOHLA of Shell South Africa with his lubricant efficiency experiment.
Photo: Benneli Olivier Van der Walt
from purchasing high-performance lubricants as they look to reduce short-term operational costs, Abraham said. However, Shell is seeing a growing trend of more and more mining operators no longer viewing lubricants as commodities and, instead, looking for added value from their suppliers. According to Abraham, Shell recognised that lubricants were ultimately used in expensive, high-precision equipment. “This is why Shell also works closely with many original engine and component manufacturers when designing new products and its research and development teams around the world are continuously testing and developing new technologies.” Shell has established working relationships with most of the leading players in mining and, in some cases, has research and development-dedicated relationships with customers and manufacturers, Abraham said.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Laat weet ons wat jy tans lees
Win book about state of country
DIE Bulletin het ’n weeklikse rubriek vir boekwurms – Op die boekrak. Nuwe boeke word aan lesers bekend gestel en van tyd tot tyd sal kompetisies aangebied word waartydens lesers ’n boek kan wen. Is jy ’n boekwurm? Laat weet die Bulletin wat jy lees – stuur ’n e-pos na ilse.watson@volksblad.com. ‘. . . die klinkendste, mees harstogtelike proses teen die slopende kenmerk van werk wat ek nog in Afrikaans gelees het.’ – D. Painter
KLIMTOL van Etienne van Heerden – ’n boek wat gelees moet word.
’n Moet vir alle lesers DIE Stellenbosse literator Louise Viljoen sê die volgende oor Klimtol: Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar word ook erkenning gegee aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong. Desmond Painter, ook van die Universiteit van Stellenbosch, skryf dat Klimtol in opstand kom teen die historiese “erfskuld” van die kapitalisme en toenemend die wese van wie ons is, onsself, ten brode te verkoop. “In hierdie opsig is Klimtol die klinkendste, mees harstogtelike proses teen die slopende kenmerk van werk wat ek nog in Afrikaans gelees het.”
IN A Rumour of Spring, Max du Preez investigates the progress and lack of progress in the country. He looks at the legacies of Mandela and Mbeki in an attempt to understand how we got here. He examines Ja cob Zuma’s presidency. In the con text of blatant corruption and trage dies such as the Marikana massa cre, the book considers the current state of affairs. Kalahari Bulletin has a copy of this book to give away. SMS your name and the word “spring” to 0725957000. The winner will be announced in the Bulletin edition of 31 July.
Storieman nog altyd ’n wenner Boekwenner DIE kompetisie om die boek van Dries de Kock, Op Bacchus se knie, te wen is ver by. Die inskrywings is getrek en die gelukkige wenner is Mary Noeth – jy kan jou boek by die Bulletin se kan toor in Kuruman afhaal.
IETS vir die kinders – nog ’n fan tastiese Storiemanomnibus is hier. In hierdie uitgawe lees ’n mens weer van Timmertak en Abigael die spinnekop se avonture. Daar is ook gunste lingstories soos Simon se kanaal, Die laaste flentertjie reënboog, Oom Stoffel eet by ’n towenaar, Die parasol en Die vriendelike beer. Geniet ook nog ’n lekker Liewe Heksiestorie en word betower deur sprokies soos Die gemmerbroodman en Duimelize.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
VOORKOM MISDAAD / PREVENT CRIME
Bakkie gesteel, omgegooi TWEE vermeende motordiewe het verlede week ’n bakkie wat hulle gesteel het op die Frikkie Meyer-pad in Kathu omgegooi. Die twee verdagtes het na bewering die wit Ford Courier-bakkie, wat by die Engen-vulstasie in Kathu geparkeer was, omstreeks 10:00 gesteel. Hulle het die voertuig omstreeks 15:00 op die Frikkie Meyer-pad naby die watertoring gerol. Die verdagtes het ná die ongeluk die hasepad gekies. Die klaer is deur ’n insleepdiens gekontak en meegedeel dat sy voertuig in ’n ongeluk betrokke was. Konsts. Godfrey Segoje en Cedric Basiretsie van die Kathu-polisie het na die verdagtes begin soek en hulle in die kleedkamers in die Engen-vulstasie aangekeer.
DIE gesteelde Ford Courierbakkie ná die ongeluk.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
DIE bak kie het in die onge luk een van die telefoon pale in Frikkie Meyer straat be skadig.
Police bust suspects for drugs, liquor THE Kathu Police executed special operations in Kathu and its surrounding areas. Two suspects were arrested in Mapoteng for possession of dagga and drugs. Another two suspects were arrested for selling liquor without a valid licence. About 377 litres of liquor to the value of R24 000 was confiscated. A further 17 arrests were made for minor offences such as drinking in public.
THE Kathu police con fiscated 377 litres of illegal liquor in Mapo teng worth R24 000. Photo: Supplied
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Water: We all can do our part
Don’t let water go to waste Ilse Watson WATER, the life-sustaining resource, is the earth’s most valuable and precious resource. So many people take water for granted. Our fresh water recources will be fully exploited within the next 20 to 30 years. Our behavioural practices towards water should be addressed. Our municipalities must manage their water systems more effectively and continuously check and repair leaks. What can you do to save water? ) Be more conscious of how much water you use. Reduce your demand on your water supplies. ) Each drop saved adds up and a little effort by a lot of people will ensure a great change in the amount of water used. ) If you save water, you also save money. Installing flow regulators on your taps will make a huge difference. ) If you install a water tank in your garden, the pipes can be attached to your drain pipes or placed under
IN the series, Going Green, the Kalahari Bulletin this week discusses the importance of water. The purpose of this series is to inform the community about keeping their towns clean and looking after the environment. Do you do something to save our planet? Share your tips with the Bulletin – send them to ilse.watson@volksblad.com or call 072-595-7000. The editor can also visit your green projects.
Around it goes Ilse Watson
IMAGINE a world without water. your gutter to collect rain water. ) You should not pour toxic materials like paint or solvents down the drain. ) Water your garden early in the morning or late afternoon. It is not wise to water your garden in the heat of the day due to the high evaporation rate. ) Keep your lawn grass a minimum of 2 cm long. Also add a polymer mix into your soil – this increases the soil’s waterholding capacity. ) Water your plants at the roots and as deep as possible. Re-use your bath, washing machine or dishwater.
THE water cycle is also known as the hydrologic cycle or H2O cycle. It describes the continuous movement of water on, above and below the surface of the earth. The mass of THE water water on the earth remains fairly constant over time, but the partitioning of the water into the major reservoirs of ice, fresh water, saline water and atmospheric water depends on a wide range of climatic variables. The water moves from one reservoir to another – for example, from a river to the ocean or from the ocean to
Water-saving tips ) Are all the taps turned off? Do I turn the tap off while brushing my teeth? ) Is the dishwasher/washing machine full before running it? ) The rinsing water – even if it has detergent in it – can be re-used in the garden. The detergent is not harmful to your garden. However, soiled washing water is not good for the garden. ) Do I think about the amount of water I use daily? ) Only put as much water into your kettle as you need. ) Reduce the toilet flush volume by putting a 2 liter bottle filled with water and sand in the cistern.
cycle. the atmosphere or from the atmosphere back to land. Therefore the water goes through different phases: liquid, solid (ice) and gas (vapour). This cycle also involves the exchange of energy which leads to temperature changes. ) Read more about the water cycle on Wikipedia.
Sê dankie vir bootreis DIE Goue Gerwe van Kathu het verlede na week ’n potjiekosge leentheid by die Gere formeerde kerk Kathu gehou om almal te be dank wat hul onlang se bootreis na die Portugese eilande moontlik gemaak het. Die lede wat op die bootreis was, het staaltjies oor die groot avontuur met die gas te gedeel. Die Goue Gerwe het ongeveer 40 000 pannekoeke deur die jaar verkoop om die bootreis te fi nansier. Die gaste is op heerlike tradisio nele potjiekos en mal vapoeding getrakteer. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
SAVE water, save the earth. There are lots of information about the importance of wa ter and the saving thereof available on the internet – for example, check out www.greenworks.co.za, Wikipedia or www.elephantjournal.com.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Kathu puik op netbaldag DIE Kathu-netbalklub het baie goed gevaar op die onlangse Siyanda-netballigadag in Upington. Sowel die A- as die B-span het goeie oorwinnings behaal. Ook die spanne van Postmasburg het op die dag goed vertoon. Die onderskeie dorpe se A-spanne het soos volg gevaar: ) Postmasburg se A-span klop Upington se A-span met 39-15. ) Kathu se A-span klop Kuruman se A-span met 31-17. ) Kathu se A-span klop Upington se A-span met 28-15.
DIE o.9span van die Laerskool Kathu se nuwe rugbytruie. Foto’s: Zanel Kotze
Nuwe truie vir o.9bulletjies DIE Laerskool Kathu se o.9rugbyspan het pragtige nuwe rugbytruie ontvang. Die truie is deur Vincent Ward van Beowolf Mining en Nort hern Cape Drilling and Mining Distribution oor handig. Hier is die span in die skoolsaal tydens die oorhandiging van die nuwe truie.
) Postmasburg se A-span klop Kuruman se A-span met 33-19. Die onderskeie dorpe se B-spanne het soos volg gevaar: ) Postmasburg se B-span klop Lime Acres se B-span met 26-13. ) Kathu se B-span klop Kuruman se B-span met 14-11. ) Kathu se B-span klop Lime Acres se B-span met 23-19. ) Postmasburg se B-span klop Kuruman se B-span met 16-14. Die volgende netbaldag vind op 21 Junie in Kuruman plaas.
19
URSULA MATTHEE (regs) van die Preprimê re Skool PikkiePret het aan die onlangse Com radesmarathon deelge neem. Sy het die 89 km in ’n tyd van 11 uur en 20 sekondes voltooi. Sy het ook haar permanente nommer verwerf. Mat thee het die Comrades al tien keer voltooi. Die skool se OOVverteen woordiger, Elmarie Eras mus (links), het namens die skool aan Matthee blomme vir haar presta sie oorhandig. Foto: Mariska Fischer
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
LAWRENCE VAN HEERDEN (links) van die NoordKaapse Watersportvereniging oorhan dig Louis Venter se eerbewys as span bestuurder vir 4+1 provinsiale galas in 2013’14.
TIM ROOS (regs) ontvang sy halferekleure van Deon Human. GERRIT ROOS met sy erkenningsertifikaat as swembeampte tydens ’n gala.
LEONA ROOS met haar erkenningsertifikaat as swembeampte tydens ’n gala.
Topswemmers van klub vereer Mari Venter
DIE Kalahari Aquatics-swemklub in Kathu het dié seisoen onder leiding van Leandri en Pierre Burger as afrigters hul staal getoon. Die mededinging om die Griekwaspan te haal was uiters straf met groot klubs soos Flamingo’s in Kimberley en die Upingtonswemklub teen wie meegeding moet word. Altesaam 19 swemmers van die Kalahari Aquatics-swemklub is tydens die NoordKaapse Watersportvereniging se prysuitde-
ling met kleure-eerbewyse vereer. Swemmers wat half-erekleure ontvang het, is SP Griessel, Ruan Wolstenholme, Estiaan Davel, Megan van den Berg, Liance Rust, Tim Roos, Rijk Venter, Christiaan Barnard, Louis Venter, Janus Ludwick, Melanie Badenhorst, Thalita Conradie, James Garish en AJ Fourie. Swemmers wat junior erekleure verwerf het, is Patrick Schloms, Barend Lubbe, Leoh Venter, Matt Roos en Elizna Reynecke. Baie organisasiewerk en vrywillige
hulpverlening gaan in galas in. Ouers wat erkenning as beamptes ontvang het, is Benna Lubbe, Dirkie Lubbe, Carel Reynecke, Leona Roos, Gerrit Roos en Antoinette Fourie. Louis Venter het erkenning as spanbestuurder tydens een van die 4+1provinsiale galas tydens 2013 en 2014 ontvang. ’n Drietal uit een gesin het ook vanjaar saam kleure-toekennings vir die 2013-’14-seisoen ontvang. Louis Venter en sy seuns, Leoh en Rijk, het gewys dat swem vir oud en jonk voordelig kan wees.
Neem deel aan krygkuns DIE Martial Arts Kalahari Winter Challenge het verlede naweek in Kathu plaasgevind. Gevegkuns klubs van Kathu, Kuruman, Black Rock, Olifantshoek, Christiana, Upington en twee klubs in Kim berley het aan die toernooi deel geneem. Die KCCsaal was stampvol ondersteuners wat die krygers aangemoedig het. Die Martial Arts Academy in Kathu, onder leiding van Pieter Pretorius en Rainer Jacobs, het besonders goed tydens die toernooi gevaar. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
RIJK VENTER het halferekleure ont vang.
LOUIS VENTER het halferekleure ont vang.
CHRISTIAAN BAR NARD het halfere kleure ontvang.
SP GRIESSEL het halferekleure ont vang.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za
en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
DAAR was verskeie nommers tydens die toernooi, onder meer katas, kumite en wapengevegkuns.