Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Dani谷lskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
26 JUNIE 2014
Kathu
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Nasionaal uitnemend DIE Sishen足gholfbaan in Kathu is 20ste op die top100足lys vir die gholfbedryf in Suid足Afrika.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Title not correct
How to prevent fires THE Kathu community must be vigilant to prevent devastating fires that occur during the cold winter months. Follow these fire safety tips to stay safe this winter: ) Only SABS approved electrical and cooking apparatus should be used. ) Heaters and two-plate stoves should only be used for their intended purposes as per the instruction manual.
) Do not leave candles burning unattended. ) Experience has shown that in informal settlements (though this can also be the case in brick and mortar structures) people tend to disregard even the smallest detail regarding fire safety by warming themselves using primus stoves and braziers (mbawulas), only to fall asleep and their homes go up in flames.
IN the Kalahari Bulletin Kathu’s issue of 19 June – “College gets centre” – Thabo Magopa’s correct title should have been assistant director of stakeholder relations for the Northern Cape Rural FET College.
Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
A shack fire.
VOORKOM MISDAAD / PREVENT CRIME
Be cautious when approaching an ATM THE Kathu police are investigating a case of theft. The complaintant attemped to withdraw money from an FNB ATM in Kathu, when a man assisted him to withdraw cash
during the transaction. The complainant’s card was then not returned by the teller machine. However, later during the day the complainant received an SMS that R1 800
Rapist sentenced KARNEELS TAY of Olifantshoek was sentenced on 9 June in the regional court for statutory rape. The suspect was arrested for the crime on 27 November 2011 at the Water Meyer Farm in Olifantshoek.
The suspect was found guilty and sentenced to seven years’ imprisonment, suspended for five years. Const. Kagisho Makatong of the Kathu police was the investigative officer.
Shacks burn down, man dies ON 13 June the Kathu police attended a complaint of shacks that were burning down in Slovo Park. On their arrival they found that two shacks had already burnt down. Kagisho John Naledi was
found dead in one of the burnt-out shacks. It is unsure whether the fire contributed to his death. The cause of the fire is still unknown, but the police suspect that the fire could have been caused by a parrafin stove.
had been withdrawn from his bank account at the Capitec ATM at the Kathu Village Mall. The Kathu police once again warn the community to be alert and careful during
an ATM transaction. Do not accept help from strangers other than bank officials. Report any suspicious behaviour to the Kathu police.
Police need help to curb crime THE Kathu police reported that 2 Isuzu bakkies were stolen in Melkbos Street, Kathu, over the course of last weekend. Another vehicle theft attempt was also made in Silwerboom Street. The Kathu police urge the community to actively become involved in curbing crime in Kathu. This involves the organisation of neighbourhood patrols in their neighbour-
hoods. Efforts such as these will assist the police in curbing crime. For any further information Warrant Officer Maryna Boyder can be contacted on 053-723-9154. The public are also encouraged to report actions that can lead to crime. These include street lights that don’t work and people wandering aimlessly around in the neighbourhood.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
3
ONS MENSE
Hardloop in die familie se bloed Benneli Olivier Van der Walt KATHU is ’n dorp vol langasems. Draf is ’n gewilde tydverdryf en hier is beslis nie ’n tekort aan puik atlete nie. Ursula Matthee is een van die dorp se blinkste draf-sterre. Sy het haar eerste Comrades-ultramarathon in 1995 voltooi en daarna nooit weer teruggekyk nie. Sy het vanjaar haar tiende Comrades-ultramarathon voltooi. Saam met dié prestasie het sy ook haar permanente (groen) Comradesnommer ontvang. Dit is ’n eer waarmee min mense kan spog. Haar permanente Comradesnommer (31 676) is nou vir altyd hare. Daar was 170 029 inskry-
URSULA MATTHEE, Kathu se langasemtrots, met haar medalje en permanente (groen) Comradesnommer. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
wings vir die 2014-Comrades-ultramarathon, van wie 11 991 deelnemers die marathon voltooi het. Matthee het vanjaar as ’n senior veteraan deelgeneem en sal volgende jaar as ’n meester deelneem. Matthee is die 595ste vrou in haar ouderdomsgroep. Daar was ook altesaam 1 490 vroue wat oor die wenstreep gedraf het. Louis Massyn, wat self 42 Comrades-ultramarathons voltooi het, het formeel haar permanente nommer aan die einde van vanjaar se marathon oorhandig. Massyn is ook ’n oudinwoner van Kathu. Matthee kom uit ’n sportiewe familie. Haar man, Hennie, het die Comrades self al agt keer voltooi. Haar oudste suster, Edca van Zuydam, het vanjaar haar sewende Comrades-ultramarathon gehardloop. Zuydam se dogter, Michelle Botes, het saam met haar ma haar eerste marathon aangepak en dit voltooi. Vanessa Fourie, Matthee se ander suster, het dié jaar haar 13de Comrades voltooi. Haar dogter, Jenny-Lee Matthee, het haar eerste vuurdoop gehad en ook die ultramarathon voltooi. Derick Bruce, Matthee se broer, het ’n indrukwekkende 17de Comrades-ultramarathon voltooi. Matthee bly al 26 jaar saam met haar man in Kathu.
Sy is ’n gebore Noord-Kapenaar wat aan die Hoër Handelskool (nou die Hoërskool Noord-Kaap) in Kimberley gematrikuleer het. Die ma van twee, Arnaldo (16) en Anoeschka (13), sê dat die vriendelikheid van die Kathugemeenskap haar na aan die hart lê. Sy werk die afgelope nege jaar by die Preprimêre Skool Pikkie Pret. Die interaksie met die leerlinge is vir haar daagliks ’n plesier. Watter wenke het dié veteraan-drawwer vir die aspirantdrawwer? “Dit is harde werk. Niks kom vanself nie. Jy moet altyd oefen en probeer elke dag om ’n bietjie verder te draf as die vorige dag. “ ’n Ondersteuningsgroep is ook noodsaaklik,” sê sy. “Hennie ry langs my met die
fiets as ek draf. Hy is die beste ondersteuner vir wie ’n mens kan vra.” Sy raai nuwe drawwers ook aan om hulle by ’n drafklub aan te sluit. “Dit is nie lekker om alleen te draf nie. Betrek jou familie en vriende en ondersteun en moedig mekaar aan. “Dit help as daar ander drawwers is wat ook swaarkry en aanmoediging nodig het,” sê Matthee. Sy is ’n lid van die Kathu Roadrunners. Waar hou dié fikse familie graag vakansie? “Ons gaan George toe. Dit is die lekkerste om rustig daar tyd saam met die gesin deur te bring.” ) Diegene wat hulle graag by die klub wil aansluit, kan Gielie Loots, die klubvoorsitter, by 083-300-7116 bel.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Ritalin word ’n probleem DWELMMISBRUIK in Suid-Afrikaanse skole maak gereeld die hoofopskrifte in koerante. Maar die probleem is ongelukkig glad nie ’n verskynsel nie. Die nuutste gier onder vandag se jeug in voormalige model-C skole is die misbruik van Ritalin. Ritalin is medisyne wat vir kinders met aandaggebrek-hiperaktiwiteitversteuring (ADHD) voorgeskryf word. Die medisyne verhoog die sentrale senuweestelsel se aktiwiteite. Wanneer die pille deur ’n dokter voorgeskryf word, is dit doeltreffend om kinders wat aan ADHD lei te help om te konsentreer en waaksaam te wees. Maar daar is ook ’n donker kant aan die medikasie wanneer dit gebruik word deur kinders wat nie aan ADHD lei nie. Die medikasie se aktiewe bestanddeel, metielfenidaat, het dieselfde effek op die brein as kokaïen. Ritalin word deur kinders as pille gedrink of fyn gekap en dan gesnuif. Soms sal kinders wat ’n wettige voorskrif het hul pille as ’n ontspanningsdwelm aan ander kinders verkoop. Die pille kan ook by party dwelmhandelaars verkry word. Die aanvraag na die soort uitwerking van Ritalin is groot. Pille se pryse hang af van die sterkte van die tablet. Dié van 10 mg word vir R10 tot R20
verkoop, terwyl dié van 80 mg vir R40 na R50 per pil verkoop word. Die newe-effekte van die misbruik van Ritalin sluit verhoogte hartklop, beskadigde neuskanale en aggressiewe uitbarstings in. Aanhoudende misbruik kan ook psigose, impotensie, hartaanvalle en in uiterste gevalle, dood veroorsaak. Ritalin is net deel van die dwelmgebruik in skole. Volgens ’n opname wat deur die Anti Drug Alliance van Suid-Afrika onder 57 000 individue gehou is, is dwelmmisbruik in skole buite beheer. Van die resultate is dat: ) 69% van die deelnemers in die studie weet dat dwelms maklik by die skool beskikbaar is. ) 34% van die tieners erken dat hulle dwelms in die laaste maand gebruik het. ) Van die bogenoemde groep het 27% erken dat hulle weekliks dwelms gebruik. ) Die dwelms wat die algemeenste in skole voorkom, is dagga, cat, tik, kokaïen, nyaope en Ritalin. Ouers van skoolgaande kinders, hetsy laerskool of hoërskool, moet aandag en onderrig aan hul kinders oor die gevare van enige dwelmmisbruik gee. Die negatiewe effek van groepsdruk moet aktief deur ’n oop en gesonde ouer-kindverhouding teengewerk word.
Almal hoort iewers Karin Muller ALMAL van ons wil voel ons hoort iewers. Ons wil deel van iets wees. Selfs diegene wat luidkeels aankondig dat hulle in vrede gelaat wil word, niks met ander mense te doen wil hê nie en heeltemal gelukkig op hul eie is, het waarskynlik iewers in hul binneste tog ’n verlange om iewers te hoort. ’n Paar maande gelede het ons ons by ’n karateklub aangesluit. Daar is heelwat dinge wat ek sou uitvind . . . Ek is ouer as wat ek onthou. Stram. Onfiks. Met baie min koördinasie. Die prentjie wat ’n mens soms in jou kop het, is nie altyd so maklik prakties uitvoerbaar nie. Dit verg baie oefening. Tyd. Deursettingsvermoë. Selfs frustrasie. Tog weet jy, wanneer jy jou buiging by die deur maak en die saal betree, is jy deel van iets. Of jy meer as die res sukkel en of jy dit toe oë kan doen, maak nie ’n groot verskil nie. Sensei raas as jy droogmaak. Hy moedig aan wanneer jy sukkel. Hy gee ’n pluimpie waar
dit toekom. Niemand word uitgesonder nie. Soos dit hoort. Of dit ’n sportklub, ’n kerk of ’n skool of ’n ander soort organisasie is – almal wil voel dat hulle dieselfde belangstelling of doelwit met ander mense deel. Dieselfde uitgangspunt. Dieselfde liefde. Dieselfde toewyding. Iewers waar jy wil voel dat mense gaan opmerk as jy dit nie bywoon nie. Dat jy in jou afwesigheid selfs ’n bietjie gemis gaan word. As jy voel jy het nie ’n instansie waaraan jy behoort nie, wil ek jou uitdaag: soek een. Word deel van iets wat baie groter is as jyself. En as jy ná jou groot soektog voel dat daar niks is wat jy kry of in belang stel nie? Jy is uniek. Jy het baie gawes. Jy het baie om te gee. Waarom begin jý nie iets waar ander mense kan voel hulle behoort nie?
Diep in Kalahari gewortel
DIE Kgalagadioorgrenspark is ’n ideale plek vir fotograwe om besonderse foto’s te neem. Die kameeldoringbo me daar is van die mooistes, soos hierdie komposisie van ’n dooie boom langs ’n lewende een wys.
Foto: Ilse Watson
Dra die belofte van hoop Ds. Schalk Theart TERWYL ek nog in Grootkerk Graaff-Reinet predikant was, het ’n oudstudent en kollega van prof. Anna Neethling-Pohl my kom sien. Tydens haar verblyf in die dorp het sy die begeerte gehad om vir die gemeente Psalm 8 voor te dra. Op huisbesoek sien ek haar nog kop agteroor en oë toe en sy sing die lied: Here, ons Here, hoe wonderbaar is U naam oor die hele aarde. Hy kom vra my om ’n diens by haar pa se graf te hou. Prof. Neethling-Pohl sal dit waardeer as ek oor Psalm 8 kan preek. Ons gaan haar as op haar pa se graf neerlê. Op ’n gevoelvolle wyse het die student ook Psalm 8 voorgedra. As ’n mens na die sterre kyk, ervaar ’n mens ’n verlorenheid onder die eindelose, donker koepel. Maar ook troos dit jou dat God beheer oor alles het.
3/20
4/22
4/21
Die liedjie God hou die hele wêreld in sy hand, bevestig wat die skrywer hier sê. Die eerste wat daaroor sing, is kinders en suigelinge. Hulle besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. Kinderstemme rig ’n vesting van God se naam op. Dit maak God se vyande stil. Geen mag, geen twyfel, geen angs kan die lofvesting bedreig nie. Die wonderwerking van God is dat Hy dink aan die mens en Hy sien na hom om. U kom gee die heerskappy oor U goeie skepping aan die mens oor. U laat hom heers oor die werk van U hande. U het alles aan hom onderwerp - miskien is dit die rede hoekom die skepping in barendsnood is.
0/19
4/22
4/21
Die skepping sug onder die onbeholpenheid van die mens. Die bedreigde vleiroos, die bedreigde aasvoël en bontskilpad, uitputbare waterbronne, gapende, onherstelbare myne - die sugte kom uit duisend kele van honger kinders en mense wat ly onder geweld. Die groot risiko waaraan die wêreld onderwerp is, word juis gedra en gewaarborg deur die lofsange uit kinderstemme wat sing oor alles wat God tot stand gebring het. God se goedheid en genade oorspoel al die mislukkings van die mense. Op die Seun van die mens wat Lam van God geword het, het al die sugte en klagtes van die skepping neergekom sodat Hy gebuk gegaan het onder ’n kruis. Totdat Hy weer kom, sit Hy sy skepping in ons hande. Ons moet die belofte van hoop dra. Hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde.
3/22
5/25
7/25
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Talks on MDG held STATISTICS SOUTH AFRICA presented a workshop to the personnel of the ZF Mgcawu District Municipality on the Millennium Development Goals (MDG) country report 2013. In September 2010 Statistics South Africa was directed by the cabinet to institutionalise participation in the MDG reporting processes. In order to address implementation and embedding it in the National Development Plan, Provincial Growth and Development Plans and the Integrated Development Plans of municipalities the 2013 MDG Report process has been designed to include participation of civil society organisations at all levels of governance structures. There were various presentations to discuss the data based on the accomplishment of the eight Millennium Development Goals of South Africa, which are: 1. to eradicate extreme poverty and hunger; 2. to promote universal primary education; 3. to promote gender equality and to empower women;
4. to reduce child mortality; 5. to improve maternal health; 6. to combat HIV and Aids, malaria and other diseases; 7. to ensure environmental sustainability; and 8. to develop a global partnership for the development. The workshop was attended by government departments, municipalities and civil society organisations. The intention of the data presented was to ensure that relevant parties used the information to ensure that targets were reached within their respective sectors. Statistics South Africa has to ensure that the following are achieved: ) communication of MDG activities to all stakeholders; ) make MDG relevant to South Africa; ) two national methodology workshops; ) domesticating indicators and setting targets; ) provincial MDG workshops; ) establishment of MDG working committees; and ) guidelines for the committees to guide their function and responsibilities.
Man en sy verloofde oorleef inbraak Ilse Watson VERLEDE Vrydag om 02:00 is daar by die huis van Nico du Plessis (van Kuruman) ingebreek. Die vier diewe het by ’n venster ingeklim nadat hulle die diefwering gebuig en geknip het. Du Plessis en sy verloofde het wakker geword toe flitse en gewere op hulle gerig is. Hulle is beveel om stil te bly. Die diewe het hul hande agter hul rûe vasgebind en hul voete was ook vasgebind. Hulle het vir Du Plessis se verloofde gesê om plat op haar maag te lê en haar gesig in die kussing te druk. Sy is beveel om nie na hulle te kyk nie. Du Plessis se gesig is met sy japon toegemaak.
“Hulle het vir my gesê hulle soek die kluis se sleutel. Hul geweer was op my gerig en ek het geen keuse gehad as om dit vir hulle te gee nie. Al die juwele van my oorlede vrou is gesteel. My ma, wat in die ouetehuis woon, se juwele is ook gesteel,” vertel Du Plessis. Die booswigte het ook die kontant, sy 9 mm-pistool en ammunisie en hul selfone gesteel. Al die klere in die kaste is op die vloer uitgegooi. “Nadat die diewe verdwyn het, het ek ’n mes uit die bedkassie gehaal en die bure gebel. Hulle het die polisie gebel wat vinnig by ons was. ’n Mens is so magteloos, jy kan niks doen nie. Dank die Hemelse Vader dat hulle nie ons lewe geneem het nie.”
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Wikkel en stuur nou jou foto’s Lizette Slabber ALLE inskrywings vir die Kalahari Bulletin se dierefotokompetisie moet voor middernag vandag by die Kalahari Bulletin wees. Môre word die finaliste gekies. Hou dus www.kalaharibulletin.co.za dop om te sien watter foto’s die kortlys gehaal en watter foto’s as finaliste aangewys is. Die vyf finaliste sal in volgende Donderdag se Kalahari Bulletin gepubliseer word. Dan kan almal solank hul foto’s van voëls inskryf, want in Julie is die tema van ons fotokompetisie voëls. Die wenfoto gaan ’n lekker prys wen en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ontbyt daagliks, asook ’n Sondagmiddagete, in. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt
daagliks by een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Stuur inskrywings na lizette.slabber@volksblad.com. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van die Volksbladgroep mag hulle voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die NoordKaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
) Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word – so gaan na www.facebook.com/ kbulletin om na die foto’s te kyk.
DIE skattige lammetjie is deur Jacoline van Rooyen afgeneem. Foto: Jacoline van Rooyen
PIERRE JANSEN VAN VUUREN het dié statige langeraat vir die Kalahari Bulletin se dierefotokompetisie ingeskryf. Foto: Pierre Jansen van Vuuren
IN Julie is die tema vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie voëls. Stuur nou jou voëlfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com. Heidé Carey het die pragtige foto ingestuur. Foto: Heidé Carey
LE RICHE DU PLESSIS het dié lekker gaap vasgevang.
Foto: Le Riche du Plessis
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
7
Illegal goods confiscated Ilse Watson THE police in Wrenchville held an operation last Friday where they confiscated illegal substances and old food. The operation was held in conjunction with the Immigration Department, environmental health practitioners of the John Taolo Gaetsewe (JTG) district, the Ga-Segonyana Municipality and the Community Policing Forum (CPF) of Wrenchville. They visited various tuck-shops in Wrenchville and checked for business
licences (if they were still valid), cleanliness and neatness. Illegal ginger beer and illegal cigarettes were confiscated. Expired goods (that had expired in 2013) such as chocolate, baby milk, sweets and chips were also confiscated. All the expired goods were buried in a hole in Kuruman. The police want the community of Wrenchville to be aware of illegal and expired goods that are sold by foreigners. Another operation was held yesterday.
OLD and expired goods were confiscated by the police during an operation in Wrenchville.
Photos: Supplied
POLICE and other workers discard the illegal and expired goods.
OLD chocolate was confiscated at one of the tuckshops.
Sing, speel en wen groot pryse DIE land se senior burgers word genooi om met bewese gehaltesang- en/of musiektalent aan die tweede kompetisie deel te neem wat deur die ATKV aangebied word. Die kategorieë waaraan jy kan deelneem, is: Sing enige Afrikaanse lied met enige musiekinstrument as begeleiding; Speel enige Afrikaanse nommer met enige musiekinstrumente. Vra iemand om jou te help om die liedjieen/of musiekinstrument op ’n CD te laai of dit in MP3-formaat aan die ATKV te e-pos. Jy kan jou vir albei kategorieë inskryf. Jy kan ook meer as een liedjie en meer as een musieknommer inskryf.
Die beoordelaars is Rouel Beukes, Lieb Bester, Mimi Coertse, Theo Erasmus, Sonja Herholdt, Lance James, Martin Lane, Trevor Nasse, Min Shaw, Gert van Tonder en Ollie Viljoen. Stuur ’n SMS na 082-925-1488 of ’n e-pos na iakotze@mweb.co.za om ’n inskryfvorm te bekom. Die sluitingsdatum is 30 Augustus. Die twee kategoriewenners wen Lapa-boeke en twee dae se verblyf by ’n ATKV-oord. Rig navrae aan Sakkie Kotze by 082-925-1488. ) Kyk die video van ’n haarkapper van Kroonstad, Anette Jonker, verlede jaar se wenner van die Afrikaanse liedjie-afdeling by www.kalaharibulletin.co.za.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Chairs make difference THE Ga-Masego Primary School is located in the Ga-Masepa Village outside Kuruman. The school currently accommodates 213 learners from gr. R to gr. 7 and they have seven teachers. Upon receiving their application for assistance, the Finsch Diamond Mine (FDM) Corporate Social Investment (CSI) committee approved 120 chairs to the value of R25 000 for the school to assist with the conducive primary learning environment. The chairs were handed over by CSI committee members on 29 May. During the handover, the school principal also reiterated his appreciation to the Finsch Diamond Mine in approving their request and thanked the mine management for the establishment of a CSI committee, which is aimed at assisting the needy communities from the mine labour-sending areas. The school also formed part of the Rally to Read Programme between 2008 and 2010. The FDM CSI committee will continue
Win with crafts AFTER receiving new chairs for their classroom, the learners are all smiling. Photo: Supplied to monitor the school to ensure that the donation is being used to benefit the learners. The CSI committee encourages
organisations to submit their applications for community projects not exceeding R25 000.
Young citizens take action against rape Ilse Watson LEARNERS of the Wrenchville High School showed what it meant to become empowered by becoming the newest representatives of the Northern Cape in the Young Citizen Action Programme (YCAP) last weekend with their statutory rape campaign. For the second time they walked away with the title. Schools that participated were required to develop a concept project to address
any social or environmental challenges that they had identified in their communities. The aim of the project was to create awareness and they encouraged people to talk openly about rape. The learners also spoke on the local community radio to get their message across. The learners will represent the Northern Cape at the National YCAP competition that takes place in Durban this coming weekend.
LEARNERS who took part in the statutory rape campaign are from the left Motlago mang Gasenamore, Roxanne Brooks, Refilwe Molale, Mathapelo Bodukance, On tiretse Mosale, Tsepo Kgatlhane, Tlaleng Ketumile, Lerate Mooko, Kgalaleo See koei, Tshireletso Thlomedi and Omphile Mfana. Photo: Supplied
Buurtwag werf lede vir slaankrag Ilse Watson MET die toename in inbrake, gewapende rooftogte en algemene misdaad in Kuruman doen die buurtwag ’n beroep op Kurumaniete om hulle daarby aan te sluit. Die buurtwag het 15 lede, maar benodig 30 lede om in die aande die strate te kan patrolleer. Die meeste
misdaad het altyd oor naweke plaasgevind, maar dit blyk dat misdadigers nou ook op Donderdagaande baie aktief is. ) Om jou by die buurtwag aan te sluit skakel 079-253-0283. ) Vorms om jou by AfriForum aan te sluit is by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Kuruman beskikbaar.
CHECKERS and Shoprite, in conjunction with Age in Action, is again sponsoring the Pretty Things for Little Things campaign that urges customers, especially senior citizens, to make clothes and toys for needy children. Submissions for the 2014 Pretty Things for Little Things campaign opened on 1 June. Through the creative and generous contributions made by the public, this campaign has, since its inception 12 years ago, collected and distributed more than 120 000 handmade clothes, toys and blankets to needy children across South Africa. Checkers and Shoprite, in conjunction with Age in Action, would like to thank everyone who participated in and contributed to this worthy initiative over the years, and challenge customers and senior citizens to keep on knitting, sewing, building and crafting so that the joy can be spread even further over the coming years. During last year’s Pretty Things for Little Things campaign, over 20 000 unique handmade items were received. The project calls on entrants to make anything practical, durable and safe that a child can wear or play with. Articles can be made of any resources available and can be entered into four categories, namely soft toys, blankets, clothing, and other articles. While the project is open to all, only senior citizens of 60 years and older who enter their handiwork stand a chance of winning generous vouchers that can be used at Checkers, Checkers Hyper or Shoprite stores nationwide. Three winners per category will be selected in each province. The provincial winners receive gift vouchers to the value of R2 500, R2 000 and R1 500 for first, second and third place respectively, and also go through to the final judging round in which three national winners per category are chosen. National winners receive vouchers to the value of R6 000, R4 000 and R3 000. There is also a merit prize for the person who enters the most items in his or her province, as well as for the person who enters the most items nationally. The closing date for submissions is 31 August. Provincial winners will be announced in September and national winners in October. Winners’ details will be published in the December edition of Ideas. Entry forms can be obtained from the Money Market counter in any Checkers, Checkers Hyper or Shoprite store or from Age in Action offices countrywide, or download the entry form at www.shoprite.co.za or www.checkers.co.za. The supermarket group believes in the potential inherent in the youth of South Africa, and that children should be provided with opportunities not only to grow and learn, but also to feel happy and nurtured. In keeping with this commitment to the youth, the Checkers and Shoprite chains sponsor several projects aimed at enriching the lives of children, especially those less privileged. Enter now and help Checkers, Shoprite and Age in Action to bring much-needed happiness to little ones throughout South Africa when these beautiful creations are distributed to needy children as early Christmas presents later this year.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Boekwurms kan hieraan smul SPESIAAL vir alle boekwurms – Op die boekrak stel aan lesers nuwe boeke bekend. Die Bulletin bied ook van tyd tot tyd kompetisies aan waarmee lesers ’n boek kan wen. Lees is kennis en kennis is mag. Met hierdie boekreeks is dit ook die doelwit van die Bulletin om kinders aan te
moedig om te lees. Sluit jou ook gerus by jou plaaslike biblioteek aan. Daar is altyd ’n magdom boeke om uit te neem.
Dierekleure is ’n boek vir jong kinders.
Leer van kleur is pret GROEN paddas, rooi visse, ’n swart kraai – hierdie boek sal jou kind aan die kleure van die diereryk bekend stel. Met die reënboog-versameling van meer as 100 kleurvol geïllustreerde diere is dit maklik om van kleure te leer.
MIA se ma is yet another wonderful children’s book from renow ned South African writer Marita van der Vyver.
Book magical IT is Mia’s birthday party, but why are all her friends afraid of her mom? Is she a witch or a sorceror – and can she talk to animals and fly on a magic carpet? Fed up with her friends boasting about their
Boek kan afgehaal word
Winner of book THE winner of this book by Max du Preez is Freddy Plaatjie. Please collect your book at the office of the Kalahari Bulletin in Kuruman in the main road just opposite Pick ’n Pay or contact Ilse Watson on 0798315579.
mothers, Mia devised a plan to top all their tales. A story of magic and surprise brought to life with whimsical illustrations. The book won the MER Prize for Children’s Literature in 2006.
DIE wenner van dié besonderse boek van Mari ta van der Vyver is Magdalena Dalton van Kat hu. Jou boek sal binnekort by die Bulletin se kantoor in Kathu beskikbaar wees. Geniet dit en maak lekker kos!
DIE gelukkige wenner van Dries de Kock se boek Op Bacchus se knie is Mary Noeth – jy kan jou boek by die Bulletin se kantoor (in Kuruman) afhaal of bel Ilse Watson by 0798315579.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Youth Day celebrated in style THE management of the Kids Safety Haven and the Adullam Assemblies community church organised an inspirational Youth Day event in Haakbosdraai, Newtown in Postmasburg, on 16 June. The 16 June 1976 uprising that began in Soweto and spread countrywide, profoundly changed the socio-political landscape in South Africa. When Afrikaans and English were made compulsory as a medium of instruction in schools in 1974, black students began to mobilise themselves in a protest march. On their path they met heavily-armed police members who fired teargas and later live ammunition at demonstrating students. In line with its stated objective of being a community-centric church, Adullam Assemblies organised an exciting line-up of performers, poets and inspirational speakers to entertain the youth and to commemorate 16 June as an important date on the South African calendar. The sensational vocalist and Tsantsabane Idol, Mpho Maroane, motivated the youth to sobriety. She and Boitumela Maoko, both of Tsantsabane Idols fame, delivered entertaining performances. Those who attended the event received a free meal.
Adullam Assemblies put together an exciting lineup of performers, poets and inspirational speakers to entertain the youth and to com memorate 16 June as an important date on the South African calen dar.
PARTICIPANTS and youth at the youth motivational session organised by the Kids Safety Haven and Adullam Assem blies.
MPHO MAROANE, Tsantsabane Idol 2014, singing a song during the Youth Day Motivational Sessi on. Photos: Supplied
Helpende Hand reik uit SOLIDARITEIT HELPENDE HAND is ’n gemeenskapsorganisasie wat onlangs ’n tak in Kathu oopgemaak het. Die organisasie se fokus is om armoede te verlig, deur mense selfstandig op te bou en om jong mense beroepsopleiding te gee. Helpende Hand werk uit ’n Christelike waardestelsel om langtermyn-verligting en -oplossings aan die gemeenskap van Kathu en die omliggende omgewing te lewer. Die organisasie wil graag by die algemene ontwikkeling van die Kathu-gemeenskap betrokke raak. Helpende Hand reik uit na almal, van kinders tot bejaardes, om hul lewe op ’n positiewe manier te verander. Die gemeenskap word aangemoedig om deur die organisasie hul volle potensiaal te bereik. Helpende Hand Kathu moedig die gemeenskap aan om deel te word van die organisasie. Belangstellendes kan ’n lid van die Kathu-tak word deur lidmaatgeld van R50 te betaal. Vrywilligers kan ook skenkings vir projekte gee. Jeannerie van der Linde kan by 082-8441147 gekontak word of stuur ’n e-pos aan (jeannerie@gmail.com). Nodine Stroebel kan ook by 082-5110824 gekontank word of stuur ’n e-pos aan haar by (nodine.stroebel@synntech.co.za).
FROM the left are Jeanette Fourie (netball team manager), George Ben jamin (Kolomela Mine, public affairs manager) and Bernadet Kotze (net ball team member) Photo: Supplied
Donation a shot in the arm for netball ANGLO AMERICAN KUMBA IRON ORE’s Kolomela Mine understands the importance to support sport within the Tsantsabane community because it contributes to the well-being and social development of its people. “We believe that sport unites and drives people in a positive direction eliminating negative behaviours such as crime and substance abuse amongst our youth,” says George Benjamin, public affairs manager at Kolomela Mine. The Postmasburg Netball Club was established in 2008 as a sports initiative that unites women in the community. The club is registered under the Siyanda league and consists of Kolomela employees and wives of employees, contractors and local women from Postmasburg. Since 2008, the netball club had numerous players representing the club on provincial level at the Spar national championships. The club built up an outstanding record over the past few years. They won a bronze medal
in 2008 and 2009 out of 14 teams in the league. Then through hard work and dedication, the club won the silver medal from 2010 till 2012. With such passion and enthusiasm for the sport in 2013, the women outperformed their counterparts and managed to bring back the gold medal as league champions. The club is now aiming for greater heights, which is to grow the membership and produce more provincial and national players. Kolomela is proud to be associated with such initiatives that uplift the community that they operate in. They donated R20 000 to the netball club to assist them with extending their reach in the community and further develop the sport. “We are grateful for the sponsorship by Kolomela Mine. This donation will not only help the team, but will also assist two of our members to participate in the u.21 South African National Championship, which will take place in July 2014,” said Jeanette Fourie, the netball team manager.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Kathu-mark bied vet pret Benneli Olivier Van der Walt
KEANEN HUDSON was Toktokkie vir die dag.
Foto: Chantelle Lotter
HEERLIKE kos en interessante stalletjies was verlede naweek op die Kathu-mark aan die orde van die dag. Die mark is die naweek by Tshimo Gardens gehou. Dit is deur Malinda Roux georganiseer. Die stalletjies het alles van tuisgemaakte konfyt tot handgemaakte kuns en speelgoed verkoop. Sonja du Plessis en haar kunstige seun Anro het die
kinders by hul gesigverfhoekie vermaak. Toktokkie, die karakter wat mense bewus maak oor die gevare, asook die voorkoming, van kanker het ook ’n draai op die mark gemaak. Nantes en Adele du Plessis het die musiek, sang en vermaak verskaf. Kansa Kathu het belangstellendes se hare vir geldinsameling verskillende kleure gespuit. Die opbrengs wat van die stalletjie-huur verkry is, is ook aan liefdadigheid en Kansa Kathu geskenk.
ANNEMARIE JACOBS het al die pad van Reivilo gekom om haar handgemaakte breekgoed te verkoop.
ADELE EN NANTES DU PLESSIS, duetsan gers van Kathu, het die dag se musiekvermaak verskaf.
RONEL VENTER het Kathuti Fruitidroëvrugte te koop aangebied. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
Nursery will miss Thabang: The staff of
Tshimo Gardens in Kathu express their sincere condolences with the family and friends of Thabang Marupani. He had worked at Tshimo
Gardens since its opening. “His creativity and interest in plants will be sorely missed,” says Peter Fischer, a landscaper at the nursery. Marupani passed away on 30 May due to sudden illness.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Suzuki se Ertiga versprei die ‘luv’ Ferdi de Vos ERTIGA. Wat ’n vreemde naam, veral vir ’n Japanse ryding. Hoewel dit vir ons eksoties mag klink, beteken dit in Indonesies letterlik driery-gesinsmotor (“er” beteken ry en “tiga” is drie). Indonesië is die eerste mark buite Indië waar dié Suzuki-bussie, wat in 2012 bekend gestel is, gebou word. Nou voer Suzuki Suid-Afrika die sewesitplek-veeldoelbussie in om slag te bied teen Toyota se gewilde Avanza, Nissan se Grand Livina, die Mahindra Xylo en FAW se Sirius. Vroeër vanjaar het Suzuki sy modelreeks aggressief met sy nuwe Swift-, Swift Dzire- en SX4-modelle begin uitbrei. Suzuki dring op die omskrywing LUV (Life Utility Vehicle, oftewel leefnutsryding) vir sy nuwe mini-veeldoelvoertuig aan. Diegene wat nog die Chev LUV (destyds het dit gestaan vir ligte werkvoertuig) van toenterjare kan onthou, behoort dit nogal amusant te vind. Wys jou net hoe die “luv” versprei. In wese is die Ertiga ’n Swift op ’n langer onderstel. Teen 4,6 m is hy ’n stewige 77,5 cm langer as sy luikrug-kollega. Sy hoër daklyn en langer bakwerk verseker dat hy stileringsgewys anders as die Swift
lyk, met ’n dieper lugskort en misligte voor, asook groter hoofligte weerskante van die tradisionele Suzuki-sierrooster. Lugdinamiese lyne, ’n breë spoorwydte en beperkte bakoorhange laat die Ertiga slanker en ratser as die hoë Avanza en selfs beter as die Livina lyk. Vyf modelweergawes met drie toerustingvlakke (GA, GL en GLX), almal aangedryf deur Suzuki se lewendige K14B-viersilinder-petrolenjin van 1 373 cc en met ’n keuse van ’n vyfgang-handratkas of outomatiese viergangkas, is nou beskikbaar. Hoewel ’n dieselmodel (met ’n Fiat-enjin) in Indië beskikbaar is, is dit nie plaaslik oorweeg nie, vermoedelik vanweë die groot vraag na dié model in Indië en ook omdat Suzuki klaarblyklik Suid-Afrika steeds as ’n mark “net vir petrolenjins” beskou. Dis jammer, want dit kon Suzuki ’n unieke voorsprong oor sy mededingers gegee het. Op ons toetsroete naby Oos-Londen het die klein petrolkragbron (70 kW teen 6 000 r/min.) heel flink in die swaarder GLX-modelle gevoel, maar teen lang steiltes uit het sy beperkte wringkrag (130 Nm teen 4 000 r/min.) beteken dat die vierde rat gou opgesoek moes word. Danksy ’n korter ratverhouding as dié in die Swift trek die handrat-model heel skaflik tussen verkeersligte, maar moenie
SUZUKI se nuwe Ertiga.
vuurwerk op Hoëveld-hoogtes verwag nie. Sy brandstofverbruik is egter goed – 7,1 liter/100 km op die kort toetsroete. Suzuki maak aanspraak op 6,6 liter/100 km. Soos in die Swift is die voorsitplekke gerieflik en so ook die tweede ry sitplekke. Die ontwerpdoelwit was om die derde ry ook gemaklik vir twee volwassenes te maak, maar die ruimte is maar knap – eintlik net prakties vir kleuters. Die rye kan platvou om die beste kombinasie van sitplek- en laairuimte te vind. Met al sewe sitplekke opgeslaan, is net 135 liter pakplek beskikbaar, maar met die agterry
platgevou, vergroot dit tot 482 liter. Met die middelry ook platgeslaan, is 736 liter ruimte beskikbaar. Die tweede ry sitplekke is 60:40 verdeel en kan 240 mm vorentoe of agtertoe beweeg en met alles platgeslaan, word ’n tamaai, plat laaivloer geskep. Die GL- en GLX-weergawes het ook ’n versteekte 22-liter-kompartement onder die pakruimvloer. ’n Verskeidenheid bekerhouers en bêreplekke is ook beskikbaar, waaronder ’n paneelkissie en instrumentpaneelrakkie, deurvakke en bêresakkies agter die sitplekke se rugleuning.
In die GLX is toerusting soos ’n geïntegreerde klankstelsel met ses luidsprekers en USB-poort, elektriese ruitbeheer, ’n afstandbeheerde sluit/alarmstelsel en ’n veelfunksie-ritrekenaar standaard. Suzuki was ook slim deur die intreevlak-GA bekend te stel, want dié model met sy basiese toerustingpakket gaan gewis gewild wees as taxi en vir personeelvervoermiddel. Die Ertiga het in teenstelling met die leerraam-onderstel van die Avanza ’n enkelbak-onderstel met onafhanklike MacPherson-stuttipe vering voor en ’n kronkelstaaf met kronkelvere agter. Dit maak hom rats en vasvoetig, selfs op ruwe, uitgetrapte teeroppervlakke en in dié opsig is die Suzie beslis voor sy mededingers. Sy prys wissel tussen R159 900 en R207 900 en verdien om goed te verkoop. Suzuki beplan ’n afset van 80 per maand. Met goeie bemarking en stewige naverkoopdiens behoort dit maklik te wees en indien jy in die mark is vir ’n klein veeldoel-gesinsryding, móét jy hom oorweeg. ) Pryse: 1.4 GA – R159 900; 1.4 GL – R179 900; 1.4 GL (outo) – R194 900; 1.4 GLX – R192 900; en 1.4 GLX (outo) – R207 900. ) Waarborg van drie jaar/ 100 000 km, versienplan van vier jaar/60 000 km en ’n jaar se padbystandiens ingesluit.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
EcoSport: Outomaties fantasties Jannie Hennop WIE het ooit gedink die dag sal aanbreek dat ’n mens opgewonde kan raak oor ’n groterige kar (wel, relatief) met ’n eenliter-enjin met net drie silinders en ’n outomatiese ratkas. En om dan te hoor mense sê “sjoe, maar hy hol” kan vir sommige mense net een te veel wees. As Ford se DIE Ford Fiesta EcoSport. EcoBoost-enjin ter sprake is, moenie vrees nie, want “sjoe, maar hy hol” daar geen koppelaarpedaal nie. is nie oordrewe nie. Die enjintjie toer gemaklik tot by Ons praat ook nie van ’n gewone 6 000 r/min en lewer ’n aangename ratkas nie, maar Ford se Powerklank. Shift-kas. Dit is nie ’n tradisionele Die reaksietyd van die ratkas is outomatiese ratkas nie, maar ’n werklik eersteklas. Geen traagheid gewone handratkas met twee nie, jy trap en jy is dadelik uit die koppelaars wat outomaties werk. blokke. Die slim blikbrein van die spulletjie Ford reken die ratkas se rybevresorg dat die een koppelaar ratte 1, 3 diging gekoppel aan die EcoBoosten 5 kies en die ander 2, 4 en 6. enjin se suinige verbruik en Dan wissel dit outomaties seepglad lewendige geaardheid, is net die voordat jy “mes” kan sê en is dit of regte kombinasie. Ek moet saamdie stelsel jou beter lees as ’n stem, want dit is ’n lekker ryding gewone outo-kas. en dit is ideaal vir veral stedelinge Jy word minder uitgevang met wat lank in die verkeer moet sit en die ratkas as met ’n gewone baie wegtrek- en stoptoestande het. outo-kas en as jy lus voel, wissel jy Op die oop pad en vir meer entoesiself met die kierie of jy los eenvouastiese ryery sal die handratkas dig alles sodat dit self gebeur. natuurlik die een wees om te hê Hoewel daar twee koppelaars is, is omdat Ford se ratkaste gewoonlik
lekker goed gedefinieerde oorgooie het. Wat die Fiesta self betref, raak die outjie effe lank in die tand. Die uitleg en instrumentasie voel nie so op peil soos veral die nuwer Koreaanse mededingers s’n nie. Tog is dit in die geval van die toetsmodel wat net met die topklas- Titanium-afwerking kom, baie goed toegerus. Foto: Verskaf Van buite lyk die Fiesta steeds goed en die nuwe “Aston-neus” lyk skaflik, maar die res van die kar se plooie begin tekens van die tye toon. Dit is nie moeilik om te verstaan waarom die Fiesta ’n voorste verkoper plaaslik en oorsee is nie. Dit is steeds een van die beste rygoed in sy klas – indien nie die beste nie – ondanks klein irritasies. Die koms van die selfwisselratkas in die Fiesta-reeks gee aan die hele reeks so ’n bietjie meer skop. Dit is jammer die ratkas-enjinkombinasies is net aan die bokant van die reeks beskikbaar wat dit ongelukkig buite bereik van baie mense maak wat dit nodig het of graag wil hê. ’n Mens kan nie anders as om grensloos beïndruk te wees nie.
‘Die enjin het ’n turbo en in die handratmodel pomp hy ’n stewige 92 kW uit en in die geval van die outomatiese weergawe, net 74 kW. In albei gevalle is die wringkrag – 170 Nm – dieselfde.’
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014 SOSIAAL & ONTSPANNING
BEGRAFNISDIENSTE
PRIVAAT
1475
1025
KAYS CRAFT Kunsklasse vir kinders in die skoolvakansie. Maak van trou-, verjaardag-, kombuistee- en ander kaartjies. Skakel Kay 083 254 3120.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE
2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.
KURUMAN: 3 slk, 2 badkamers, ingeboude kaste, 1 volledige buitekamer, water ingesluit. Koopkrag beskikbaar. R8 000 plus deposito. Beskikbaar 4 Julie 2014. Skakel Edward 071 371 1763.
In die boedel van wyle Heletje Johanna Anna Schreuder wat woonagtig was te Heuwelsig P1, Kuruman, distrik Kuruman. Boedelnommer: 20091/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 26 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
1805
ALGEMENE KENNISGEWINGS
MOTORS TE KOOP MM Obuditswe
3025
1210
TUPPERWARE: 50STE VERJAARDAGMARK Goue ou gunstelinge, moderne produkte, goeie pryse. Geleentheid om ook aan te sluit as agent. VRYDAG 4 JULIE. NG Kerksaal, Kuruman, Accaciastraat. 10:00 TOT 19:00. Skakel Hester 082 578 5215.
TOYOTA 3 DIESEL 4x2, 2003model, langbak met kappie, enjin oorgedoen, nuwe ratkas, ens. Skakel 083 310 0272. NUWE VTECsleepwa: 2,4 x 1,5 x 1,2 m, teen 'n baie spesiale prys. Skakel 083 310 0272.
TUPPERWARE: 50TH BIRTHDAY SALE Golden oldies, favourites as well as modern products. Lots of specials, bring a friend. Oppurtunity to join too. Friday 4 July, NG Kerksaal Kuruman, Accacia Street. 10:00 to 16:00. Phone Hester 082 5785215. Arrange in advance to bring specials products.
KOMMERSIEEL 3060
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
FORD 3000: OU SKOOLTREKKER VOLLEDIG. R15 000 o.n.k.a. Besigtiging kan gereël word. Skakel Michelle by 084 553 4674 of 053 712 1014.
PERSOONLIKE DIENSTE GESONDHEID & SKOONHEID
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Strydom Elektries: 083 310 0272. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
1430
FAT FREEZE: Come and freeze your fat at Noord Apteek. Phone 053 712 1283 or Kerike du Plessis: 082 557 6529/082 559 9455.
VOLWASSENES
HUISE TE KOOP
3040
NATIONAL TRAILER RENTAL, KURUMAN: 25% discount for this school holiday. For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
OP SOEK NA GOEIE INSLAAPHUISHULP. Moet 35 jaar en ouer wees, vriendelik en goed met kinders. Skakel 082 449 7405.
TENDERS
In die boedel van wyle Kgakololo David Bosiamang, identiteitsnommer 590725 5732 084 met nagelate eggenote Lolo Lorain Bosiamang, identiteitsnommer 700409 0878 088 in lewe van Huis no. 1434, Maruping, distrik Kuruman. Boedelnommer: 003356/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
4205
4080 3250
2 x 2-SLK-woonstelle te huur in Mangaanstraat 1, Kuruman. Water ingesluit en krag uitgesluit. Huur R5 000 p.m. Skakel 076 899 4586. Beskikbaar 1 Julie 2014. KURUMAN: 1-slk-woonstel te huur, R5 000 p.m. Water, elektrisiteit en DStv Premium ingesluit. Beskikbaar Julie. Skakel 076 879 9402.
WRENCHVILLE HIGH SCHOOL MATRIC FAREWELL TENDERS: Date: Saturday 11 October 2014 Theme: Royalty Tenders for: Catering and decorations. +- 5 years' experience. Tenders must be handed in at Wrenchville High School. Closing date: Friday 11 July 2014. Contact person: Mr S. Ficher (Principal) 083 925 3550. Mr A. Eilerd - 089 981 6590.
BOEDELKENNISGEWINGS
TE HUUR 3205
KURUMAN: 1-slaapkamer-woonstel, R3 000 p.m. Water en ligte ingesluit, plus deposito. Beskikbaar: 1 Julie 2014. Skakel 079 563 9103.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
In die boedel van wyle Mphuphulolang Matthews Obuditswe, identiteitsnommer 500606 6447 089 van no. 18B Cahar Village Mothibistad en nagelate gade Gaolese Mary Obuditswe, identiteitsnommer 520219 0288 081. Boedelnommer: 3565/2013 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 27 Junie 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho en van die Landdros Mothibistad. Geteken te Kuruman op die 10de dag van Junie 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
KD Bosiamang
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR
In die boedel van wyle Hildah Ponatshego Phokomosane, identiteitsnommer 430602 0110 083, in lewe van Huisno. L4, Bothitong Village, Kuruman, boedelnommer 8658/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
3275
Baie ruim en netjiese huis te huur/te koop in Kuruman, naby watertoring. 4 slaapkamers, 3 badkamers, 3 motorhuise, ruim kombuis met aparte opwas, sitkamer, eetkamers, woonkamer, kantoor, huishulpkwartiere, swembad. Goeie sekuriteit. Skakel Neels 082 786 1581.
SLEEPWAENS
1215
OP SATERDAG 21 JUNIE 2014 is 2 Laptops (Toshiba en HP Compact) in Kuruman voor Angus Slaghuis uit ons motor gesteel. Ons sal 'n beloning gee van R1 000 per rekenaar wat onbeskadig teruggegee word. Skakel 082 620 2319 of 082 551 9226.
HP Phokomosane
DATSUN 120Y, 1972, in puik toestand, oorspronklike km 72 000 km, moet gesien word om te glo. Erfstukkie. Skakel 083 772 2316. GEEN KANSVATTERS!
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS
GEVIND
HJA Schreuder
KM Mogale In die boedel van Kelemogile Morris Mogale, identiteitsnommer 510810 5718 080, van Huis 339, Mapoteng Village, boedelnommer 3132/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 27 Junie 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho, en die Landdros, Mothibistad. Geteken by Kuruman op die 10de dag van Junie 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
GEREGTELIKE VEILING 4501
Kuruman Castor & Ladder/J. Skead h/a Precision Engineering KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Kuruman, gehou te Kuruman. Saaknommer: 1056/2013 In die saak tussen: KURUMAN CASTOR & LADDER Eksekusieskuldeiser en JAMES SKEAD h/a PRECISION ENGINEERING Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n vonnis gelewer op 10 April 2014, in die Kuruman Landdroshof en 'n brief van eksekusie daar uitgereik is, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te die perseel van die Eksekusieskuldenaar te Voortrekkerstraat 2, Kuruman op 23 Julie 2014 om 10:00 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 3,5-m-staaldraaibank John Deere-trekker Laaigraaf Gedateer te Kuruman op 17 Junie 2014. N. van Noordwyk Van Noordwyk Prokureurs Duikerweg 5, Kuruman 8460. Posbus 1952, Kuruman 8460. Tel. 053 712 2917 Faks 086 655 9662 E-pos: admin@nnvnoordwyk.co.za Verw: K009
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Sales Representative - Metal Bloemfontein branch
Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za and click on careers. Queries may be directed to help@jonti.co.za or call our helpline on 0861 113 460. Have Ref. No. WURTH-GP01 handy. Closing date: 4 July 2014.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tons of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Training Officer
(Ref.TO 118765)
The Training Officer is required to plan, conduct, develop, provide, assess or moderate training, induction, technical and competency-based training throughout the Mine. Minimum requirements (but not limited to): • Qualified Electrical or Mechanical Artisan • Matric with N3 or higher qualification • Registered with the MQA • Qualified Training Officer • ETDP SETA Accredited to perform various on-site training – Scope of work: * first aid * fire fighting * basic rigging * TMM Operator training * over-head crane * telescopic boom * mobi-lift * fork-lift * skid steer * scaffolding, and * working at heights • A minimum of five years’ relevant training experience • Registered MQA Assessor • Present coaching training • Sound knowledge of MQA and basic requirements • Effective communication and interpersonal skills • A team player. Responsibilities (but not limited to): • Ensure accuracy of submitted information to the Training Manager • Manage compliance to the Mine Health and Safety Act (Training Department and all other departments) • Benchmark and recommend suitable training providers • Participate in and attend to all relevant safety meetings • Identify required equipment, facilities and manpower to meet training requirements • Ensure that the required processes for grant allocations are in place by submitting relevant information to the Training Manager • Manage time and attendance • Ensure that departmental systems are adhered to • Provide performance management orientation training on the UMK process as required • Ensure compliance to the basic conditions of employment requirements (Training Department and all other departments) • Ensure accuracy of information • Verify prepared training material • Verify and review prepared assessment guides • Develop and manage training material • Arrange and manage employee training and development • Manage and conduct the shortlisting process for own section (learnerships) • Ability to do standby duties and shift work, if and when required • Ensure personal and coworkers’ adherence and compliance to the Company’s Health and Safety policies and procedures. Key performance areas: • Prepare for and participate in formal coaching sessions with the line manager and execute the coaching agenda as agreed • Adhere to safety acts, policies, procedures, COPs and agreements • Manage assets/equipment • Enforce training policies and procedures • Manage and conduct the shortlisting process for own section (Iearnerships). Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 16 July 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 118765
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Nooit te oud vir kleinkind Elsona Steyn OUPAS en oumas is vreemde gedaantes. Hulle laat kinders toe om op die tafel te klim en lekker in die sand te speel met Ouma se ornamente. Die oomblik as Ma of Pa raas, tree Ouma tussenbeide. Sommige oumas wens daar was kleinkinders voordat daar kinders was. Oumas is gewoonlik vet, maar nie te vet om haar kleinkinders se skoenveters vas te maak nie. Hulle dra brille en kan hul tande en tandvleise uithaal. Wanneer hulle stories lees, slaan hulle nooit dele oor nie en hulle sal dieselfde storie oor en oor lees en al hul kleinkinders se vrae word altyd beantwoord. ’n Oupa is ’n oom-ouma. Hy gaan stap graag saam met sy kleinseuns en dan praat hulle oor visvang en ander dinge. Hy leer hulle kettie skiet en sal ure met hulle op die trekker rondry, al brand die son warm op sy kaalkop. ’n Oupa sal sy veldhoed vir sy kleinkind leen en sal stop wanneer hulle na mooi blare of wurms wil kyk. In die veld sal Oupa gewoonlik voor loop en met sy skoene spoortjies uitskop, sodat sy kleinkind nie in die dorings trap nie. ’n Oupa sal nooit vir sy kleinkind sê “maak gou” nie. Soos wat hulle aanstap, vertel hy hulle van loof en eers wanneer hulle begryp dis groengoed en nie kerkliedjies nie, dan vertel hy hulle van aalwyne en allerhande veldblomme en noem hulle op grootmens-name. Oupas gaan hurk met hul kleinkinders by poele, hou hul lyfies styf vas en laat hulle laag afbuk om vir padda met die riet te terg. Oupas kerf ook vir hul kleinkinders dun skyfies vet beesbiltong met die knipmes. Oupa sê hy het dit by sy
oupa geërf en skerp messe is nie speelgoed vir kinders nie. Kleinkinders kan dus kyk, maar mag nie vat nie. Oupas en oumas is oud, hulle mag nie hardloop of woeste speletjies speel nie. Dit is goed genoeg as hulle hul kleinkinders na die winkel toe kan vat waar die speel-speel-perdjie is en hulle baie geld saamneem om te bestee. Oupas en oumas is slimmer as Google en al het hulle nie i-pads of Blackberries nie, kan hulle al hul kleinkinders se vrae beantwoord. Hulle weet ook nie lekker hoe om ’n SMS te stuur nie, maar hulle kan hul fone antwoord as die kleinkinders plaas toe bel. ’n Mens moet net hard praat ingeval die sein nie goed is nie. Oumas brei slaapsokkies en mussies en leer haar kleindogters hekel en naaldwerk doen. Ouma en haar kleinkinders eet skelmpies Rolo en Smarties agter die toe kamerdeur en dit terwyl almal reeds tande geborsel het. Ouma sal altyd die matrassie langs haar en Oupa se bed gooi met groot kussings langs die kante gepak sodat haar kleinkind nie afval nie. En as Ouma dan later self bed toe gaan, plak sy sommer nog ’n soentjie op die slapende gesiggie van pure lekkerte en blydskap. Dit is wat enige kind, enige plek in die wêreld smag, om deel te wees van liefde en aandag.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014
19
DIE Sishenskietklub se eerste langafstandskietkompetisie word op 9 Augustus by die Sishen skietbaan buite Kathu aangebied. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Uitdaging vir skuts gebied Jaco Goosen DIE Sishen-skietklub bied op 9 Augustus om 07:00 ’n kompetisie by die Sishen-skietbaan buite Kathu aan. Belangstellendes word genooi om hulle vir die klub se eerste langafstand-skietkompetisie by die klub aan te sluit. Dié soort skietkompetisie word gewoonlik in die veld beslis. Altesaam 15 skote per skut word toegelaat. Die inskryfgeld is R150 vir skuts wat hulle voor 25 Julie registreer en R200 vir laatinskrywings. Die formaat van die kompetisie: ) Die wapens word voor die kompetisie op 100 m ingeskiet. ) Daar sal op 200 m, 300 m en 500 m na ’n teiken geskiet word. ) Daar sal vyf tellers per afstand vir die 15 skote wees. ) Daar word 12 minute per afstand vir vyf skote toegelaat.
Toerusting wat deelnemers sal benodig en moet saambring: ) Sandsakke of driepootstanders om oor aan te lê. ) ’n Windspoedmeter. ) ’n Afstandsoeker (rangefinder). ) ’n Ballistiese rekenaar. ) Skadu (gazebo of ’n sambreel). ) ’n Skietmat. ) Koeldrank en water. Verdere reëlings: Die African Long Range Hunters Association (ALRHA) se beginsels sal op die kompetisie van toepassing wees. Lees meer hieroor by www.africanlrhunters.co.za. Ná die kompetisie sal daar vleisbraaivure beskikbaar wees en die Watergat-kroeg sal oop wees. Belangstellendes kan Jaco Goosen by 082-824-0720 bel om meer oor die reëls uit te vind.
Skiet dat die verf spat DIE Topgunzverfbalklub in Kathu het op 16 Junie “Jeugdagoorlog” gemaak. Die deelne mers het die dag baie geniet. Vir enige inligting oor hoe om saam te speel kan Bianca Pretorius by 0738378999 gekontak word. Die klub se Facebookblad by Topgunz Paintball kan ook besoek word. Foto’s: Ampie Cronjé en Bianca Pretorius
THEUNIS LE ROUX het die ander spelers met sy skietvernuf laat les opsê.
www.kalaharibulletin.co.za
SHANNON LENTZ het nie vir die manne te ruggestaan nie.