Kathubulletinka 20141022

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

23 OKTOBER 2014

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Groet die skool ná 12 j.

DIE gr.–12-leerlinge van die Hoërskool Kathu het Vrydag hul laaste formele skooldag bygewoon. Lees meer oor die dag op bl. 11.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

GRATIS


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Getal rooftogte wek kommer André Botha HOEWEL misdaad in Kathu en Postmasburg tussen 1 April 2013 en 30 Maart 2014 afgeneem het, is daar egter ’n skerp styging in sekere soorte misdaad. Só het brandstigting in die Postmasburg-streek met ’n reuse-700% toegeneem. Dit is egter die toename in rooftogte by huise in die Postmasburg-streek wat kommerwekkend is. Dit het met 800% toegeneem. In die Kathu-streek het dit met 16,7% afgeneem. Die getal moorde in die Kathustreek het met 43,8% afgeneem en in die Postmasburg-streek is die afname 17,6%. Poging tot moord het in Kathu met 26,1% en in Postmasburg met 16,7% toegeneem. Seksuele misdrywe was 6,3% meer in Kathu en 4,5% meer in Postmasburg. Die goeie nuus is ernstige rooftogte in Kathu het met 100% afgeneem. Kapings van vragmotors in die Kathu-streek het met 107,7% toegeneem, waarskynlik verwant aan ’n toename in vragmotorverkeer vanweë mynbedrywighede. In die Postmasburg-streek het dit egter met 41,7% afgeneem. Inbrake by nie-residensiële eiendomme is 22,7% minder in Kathu en ’n stewige 43,3% minder in Postmasburg. Daarteenoor het inbrake by huise in Kathu met 57,8% toegeneem. Die nuus is beter in Postmasburg met ’n afname van 17,8%. Meer as 80% van alle moorde in die provinsie is gepleeg deur mense wat die slagoffers geken het en sowat 82% van alle seksuele misdade is gepleeg deur mense na

aan die slagoffers. Genl. Janet Basson, provinsiale polisiekommissaris, sê terwyl die meeste moordslagoffers hul moordenaars geken het, was die meeste slagoffers van seksuele misdade in ’n vaste verhouding met die oortreders. Dit gebeur in huwelike, tussen lewensmaats, tussen pa en dogter of seun, of ander noue verwantskappe. Die slagoffers ken dus nie net die aanvallers nie, maar is in ’n intieme verhouding met hulle. Basson sê mense dink hulle gaan deur vreemdelinge aangeval word, maar dié soort misdade word meestal deur mense na aan die slagoffer gepleeg. Kontakmisdaad het oor die afgelope tien jaar met 37,1% in die provinsie afgeneem. Oor die afgelope vyf jaar was die afname 6,9%, maar die afgelope jaar het dit met 1,7% teenoor die vorige jaar toegeneem. Eiendomsverwante misdaad het oor die afgelope tien jaar met 17,6% afgeneem. Basson sê die invloei van kontrakwerkers vanweë projekte soos die SKA by Carnarvon, sonkragaanlegte in verskeie streke en ’n toename in mynbedrywighede dra tot die toename in misdaad by. Geweldsmisdade neem oor naweke toe en word veral laatnag gepleeg. In die komende Kerstyd gaan onder meer op passasiersbusse gekonsentreer word. Dié busse word toenemend gebruik om dwelms die provinsie deur te vervoer. Sy het ’n beroep op mense gedoen om geduldig te wees wanneer die polisie inspeksies op busse doen.

Tending to injured

AN accident occurred on the corner of Frikkie Meyer and Hans Coetzee Street on 15 October at approximately 17:30. A maroon Volkswagen Jetta collided with a grey Mercedes-Benz. The Buddy Aid and ER24 ambulance services responded swiftly to the accident. The driver and passenger of the Volkswagen Jetta were injured and were taken to the Mediclinic Kathu for treatment. The Kathu police could not comment on whether a case of drunk or negligent driving was currently being investigated. Photo: Benneli Olivier Van der Walt

Police vigilant

SAPS confiscates dagga

THE Kathu police are investigating a case of possession of drugs in Kathu. On 13 October at approximately 15:30, during his patrol, Sgt Ben Eiman stopped and searched two suspicious looking men in Kalk Street, Kathu. One of them had a plastic bag with white powder in his possession and was arrested.

THE Kathu police are investigating a case of possession of dagga. ) During his patrol on 8 October, Const. Emmanuael Lesetedi arrested a suspect in Frikkie Meyer Street, Kathu. The suspect had 14 plastic bags with dagga in his possession. ) On the same day, Const. Thabiso Ntidi arrested a suspect at a hiking spot on the N14 near Kathu for the possession of dagga. The suspect had a black plastic bag with dagga in his possession.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

3

ONS MENSE

Harde werk moeite werd Benneli Olivier Van der Walt

ANITA STEYN (18) is werklik die Hoërskool Kathu se trots. Die veelsydige leerling is onlangs as een van die 14 topmatrikulante in Suid-Afrika aangewys. Die Kalahari Bulletin Kathu het die sterleerling oor haar resep vir sukses en toekoms-tige planne uitgevra. Hoe het jy akademies op laerskool gevaar? “Ek het nog altyd hard gewerk, so ek het altyd akademies eerste of tweede op die lys gestaan.” Watter rol speel jou ouers in jou akademiese sukses? “My ouers het nog altyd ’n groot rol in my sukses gespeel. Hulle was daar om my te motiveer en ondersteun. Indien ek met ’n vak gesukkel het, het hulle my gehelp of bykomende studiemateriaal aangeskaf. Laataande wanneer ek vir eksamens moes leer, het hulle altyd vir my koffie aangedra.” Hoe het jy akademies op hoërskool gevaar? “Ek was op hoërskool nog altyd eerste akademies (80% en hoër as ’n gemiddeld). Ek is die 2014-dux-leerling van die Hoërskool Kathu.

‘Ek werk baie hard. Dit bete­ ken ek bring aande voor die boeke deur. Ek sal eerder nie na ’n partytjie toe gaan nie, maar eerder tuis bly en leer. Maar die opofferings is beslis die moeite werd.’

verseker dat ek alles het om te presteer.”

Wat hou die toekoms vir jou in? “Ek is as ’n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein aanvaar. Ek is baie bly daaroor en beplan om aan te hou hard werk en gemotiveerd te bly.”

Jy is onlangs as een van Volksblad se 14 topmatriekleerlinge in die land aangewys. Hoe was daardie ervaring? “Dit was fantasties. Altesaam 114 matriekleerlinge van oor die land heen het hulle vir die kompetisie ingeskryf. “Ons het die naweek van 3 Oktober Bloemfontein toe gegaan en in die Protea-hotel gebly. “Ek het die kans gekry om die ander topmatrieks, asook die beoordelaars, te ontmoet. Deur die loop van die naweek is ons baie vrae gevra en moes ook baie take in groepe voltooi. Die beoordelaars het ons op akademiese, sport-, kultuur- en leierskapkriteria beoordeel. “Ons het ook die Volksblad-kantoor besoek. Dit was baie interessant. “Daarna is ons na Absa toe waar die bank vir ons ’n kontantbedrag en verskeie pryse gegee het. “Aan die einde van die kompetisie was daar ’n spoggerige dinee waar ons weer die kans gekry het om ons matriekafskeidklere te dra.”

Watter rol het die Hoërskool Kathu en die onderwysers hier in jou akademiese sukses gespeel? “My onderwysers het ’n groot bydrae tot my sukses gemaak. Hulle het nog altyd in my geglo en spesiale moeite gedoen om te

Is daar enige bedankings wat jy wil doen? “Ja, beslis. Baie dankie vir my ouers en broer wat my al die jare ondersteun het. “Dan ook vir my onderwysers en afrigters wat tot my suksesse bygedra het.”

Vir die akademiese toptien-eerbewyse was ek eerste.” Wat het jy al vir jou akademiese sukses opgeoffer? “Ek werk baie hard. Dit beteken ek bring aande voor die boeke deur. Ek sal eerder nie na ’n partytjie toe gaan nie, maar eerder tuis bly en leer. Maar die opofferings is beslis die moeite werd.”

ANITA STEYN

Foto: Benneli Olivier Van der Walt


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Bloed grootste geskenk BLOEDBANKE het nie genoeg bloed nie en die feestyd is om die draai. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het net genoeg groep O-bloed (nasionaal) vir 3,4 dae. Vir die bloedgroep B is daar 3,9 dae se voorraad. Groep AB het genoeg bloed vir 9,2 dae en Groep A genoeg vir 5,4 dae. Padongelukke neem geweldig toe wanneer die skole in Desember sluit en ook wanneer besighede rondom die 15de vir die feestyd sluit. Die druk verkeer op snelweë raak nog meer en motors ry bankvas op pad na hul vakansiebestemmings. Uit haastigheid word die volgafstand tussen voertuie nie gehandhaaf nie en/of bestuurders raak moeg en hul konsentrasievlakke daal. In geheel het 1 184 mense in 987 in padongelukke (nasionaal) gesterf. Dié ongelukke het tussen 1 en 30 Desember 2013 plaasgevind. Ongelukke het ook op sekondêre roetes plaasgevind omdat motoriste die koste van tolhekke probeer vermy. Altesaam 986 bestuurders nasionaal is in hegtenis geneem omdat hulle alkohol ingeneem het – en natuurlik het dit ook tot padongelukke gelei. Motorbestuurders versuim ook om padreëls te gehoorsaam. In Desember 2013 het die

minste padongelukke in die Noord-Kaap voorgekom. Daar was slegs 49 sterftes. Die SANBD doen ’n beroep op potensiële skenkers om in die feestyd ’n tydjie af te knyp om bloed te skenk. Dié proses duur net ’n halfuur. Skole wat sluit, veroorsaak ook dat die SANBD ’n waardevolle bron van bloed verloor. “Bloed gee lewe. Daar is duisende mense wat daagliks op bloedoortappings staatmaak,” het Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD, gesê. Dié mense is ook vroue wat tydens ’n bevalling bloed verloor en ook die slagoffers van padongelukke is. Statistieke wys ook dat minder as 1% van die algehele bevolking van Suid-Afrika elke dag bloed skenk. In sy veldtogte moedig die SANBD mense aan om nie toe te laat dat vakansies in die pad van lewe staan nie. Dit beteken bloot dat terwyl Desember ’n wonderlike tyd is om te ontspan en terug te kyk op die jaar wat verby is, dit ook ’n tyd is om een van die grootste geskenke te gee – dit wat elke hart laat klop, ongeag ras, geslag of ouderdom. Skenk bloed, doen jou deel vir jou familie en ook jou medemens.

Niks soos ouerliefde Ds. André de Villiers VERSTAAN ons regtig wat dit beteken dat God liefde is? Iemand het eendag gesê: “Ek wonder of ons die betekenis van die begrip liefde ooit volledig sal verstaan?”. Wanneer ons jonk is, is liefde ’n ervaring van veiligheid en geborgenheid in jou gesin. Daar is ’n natuurlike geneigdheid tot vertroue in ons ouers, broers en susters. In ons tienerjare ontdek ons gewoonlik liefde vir die ander geslag. Dan word liefde ’n feestelike, innerlike ervaring, die ervaring dat daar ’n besondere mens is wat die wêreld van my dink en wat mý kies om sy/haar lewe mee te deel. Dit is ook in die tyd dat ons ontdek liefde kan baie seermaak. In ons twintigerjare leer ons die lewe ken. Ons ontdek meer van onsself. In die tyd is ons waarskynlik die minste “gebind” wat ’n vaste liefdesverhoudings betref. Nogtans ervaar ons dikwels juis die bande met ons ouers weer baie belangrik word. Op ons ontdekkingstog soek ons dikwels die ontbrekende dele van die legkaart in ons ouers se wysheid.

Dan trou ons en ons kry ons eie kinders. Dan ontdek baie van ons die eerste keer hoe lief ons ouers ons werklik het, want ons ontdek daardie soort liefde wat bereid is om baie op te offer. Dan waardeer ons dit, omdat ons met nuwe oë na hulle as mense kyk. Ons weet dan die liefde wat ’n ouer vir ’n kind het, kan nie regtig beskryf word nie. Daarom is dit nie vreemd dat die Bybelskrywers God se liefde vir ons vergelyk met die liefde wat ’n ouer vir ’n kind het nie. In Hosea 1:1 sê God: Toe Israel nog ’n kind was, het Ek hom al lief gehad, Ek het hom, my seun, uit Egipte geroep. In Jesaja 49:15-16 word God vergelyk met ’n ma: Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Mag ons gedrag meer en meer wys hoe Gód se liefde is: opofferend, meelewend en opbouend.

Deel van Oktober se prag DAAR word nie verniet na Oktober as die mooiste maand verwys nie. Pragtige blomme, besige bytjies en die mooiste skoenlappers versier tuine voordat die komende somerhitte die plaaslike tuine laat swaarkry. Foto: Lizette Slabber

As Ouma-hulle kom kuier Benneli Olivier Van der Walt DIT is ’n groot affêre wanneer Oupa en Ouma van Pretoria af kom kuier. Wanneer die datum vir die kuier vasgemaak is, word ’n kalender teen die yskas vasgeplak. Hierop word die presiese dae gemerk en elke aand word plegtig ’n kruisie deur die dag getrek wat verby is. ’n Week voor die kuier moet daar ’n daadwerklike skoonmaaksessie in ons huis plaasvind. Tussen die kind en die katte (dankie tog ons het nog nie ’n hond nie), die man wat in die myn werk en ek wat nie die beste huisvrou is nie, is dit nogal ’n groot proses. Laat ek eers my ma se aard verduidelik. Ek is baie lief vir haar en het groot ontsag vir dié indrukwekkende vrou. Sy het my en my broer in die Kruger- Nasionale Park grootgemaak sonder dat een van ons deur ’n roofdier opgevreet is. Haar huis was ’n mengelmoes

13/32

15/33

15/33

van my en my broer se kunsprojekte, my pa se veldwagterstewels en hoed en die twee honde. Maar deur dit alles was die huis altyd skoon en netjies. Sy is kwaai genoeg dat almal geweet het hoeveel gemors ons mag skep voordat daar moeilikheid gaan wees. Ons het geweet wanneer om op te ruim, op te vou, te stryk, te was en ons mooi skoon te maak. My broer het die eienskappe van haar geërf, maar ek het nog altyd meer na my pa se goedgunstige chaos geneig. Om terug te kom na die voorbereiding: Ons het nie ’n huiswerker nie. Dae voor die tyd word wasgoedpatrollie gedoen. Al daardie verlore mynkouse en slaapbroeke word opgespoor, gewas en gebêre. Die kombuis en badkamers word aangeval en

13/33

15/34

15/35

oorwin. Alles moet skoon wees. Die kind en katte word twee uur lank uit die huis verban sodat die vloere gewas kan word. Nie dat dit eintlik baie help nie, want daar is altyd sulke geheimsinnige voetspoortjies wanneer die vloere droog word. Die hoofslaapkamer se bed word mooi opgemaak. Al daardie lastige strooikussings (waaraan niemand mag raak nie) word vir die mooi op die bed gepak. Die kussings verskaf natuurlik groot vermaak vir die katte en kind lank voordat Ouma opdaag. Een van die belangrikste goed op die lys is natuurlik dat Ouma se lekker koffie aangeskaf moet word. Dan wag ons. Elke halfuur moet Seun vir Ouma bel om uit te vind waar hulle trek. Maar wanneer daardie wit bakkie voor ons hek stilhou en Seun soos ’n koeël uit ’n geweer in Oupa se arms instorm, maak dit al die huishoudelike trauma die moeite werd.

15/38

17/38

17/38


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Deel jou resep en wen boek

KERSFEES is om die draai. Die Kalahari Bulletin het twee boeke om weg te gee – dit is die ideale geskenk vir jouself of ’n geliefde. Hoe kan jy die twee boeke wen? ) Om in aanmerking te kom vir dié boeke deel jou resep (gebak of braai), jou naam en van en die naam van jou dorp op KalahariBulletin se Facebook-blad. Verskaf ook jou selfoonnommer. Gaan na www.facebook.com/

kbulletin. ) Die wenners van die boeke sal in die Kalahari Bulletin se uitgawe van 4 Desember aangekondig word.

WEBER BRAAI BYBEL

DIE boek ’n Liefde vir Bak is propvol maklike en keurige resepte.

Bloedvoorraad kritiek laag DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) benodig skenkers. Inwoners kan op Woensdae van 08:00 to 19:00 en Vrydae van

09:00 tot 17:00 kom bloed skenk. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture. Rig navrae aan sr. Ansie Klemp by 082-305-4249.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Fototema se tyd loop uit Lizette Slabber DAAR is nog net een week oor om jou mooiste foto’s van strukture na die Kalahari Bulletin te stuur. In Oktober is die tema van die fotokompetisie Strukture en alle foto’s van mensgemaakte strukture kan ingeskryf word.

Ons is op soek na foto’s van brûe, paaie, torings, huise, wolkekrabbers, treine en enigiets anders wat deur mense gemaak is. Die strukture-fotokompetisie eindig op 30 Oktober en dan begin die troeteldier-fotokompetisie vir November. Die fotograaf van die wenfoto wen elke

ROY WALSH het die pragtige foto van ’n vuurtoring gestuur.

JACKIE JACOBS het die murasie op film vasgelê.

JENNA CORBETT is dalk net 13 jaar oud, maar sy het die pragtige wolkekrabber afgeneem.

maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan om ’n naweek weg meeding. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf.

LOURENS DE VILLIERS het dié besonderse foto op film verewig.

CHRISTOPHER BUYS het die foto vir die kompetisie ingeskryf.

LIZZIE HARTZER het die pragtige foto gestuur.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Benneli Olivier Van der Walt QUALITY AUTO in Kathu is a name synonymous with friendly service and excellent cars. The business has been operating for the past 15 years, with the local Kathu branch

Quality service their pride open for the past two years. Charlton Hendriks, sales manager of Quality Auto, says their company stands

100% behind their vehicles. “We are very big on satisfied customers, and we’ll go the extra two miles for our customers.” Quality Auto caters for a variety of customer needs. For family sedan cars, they recommend the 2012 Jetta 1.4 TSI or the 2011 Hyundai Sonata.

7

There are also real status symbol vehicles which include the BMW E46, a Mini Cooper and the Audi 1.8T. There are bargains available including the GWM Floret and a RunX Toyota. Currently the GTI Volkswagen Golf is one of their most popular cars. Quality Auto is situated in Rietbok Street, Kathu. Call them on 053-723-2005, fax 086-7701592 or email info@qualityauto.co.za. Their office hours are from 07:00 to 19:00 on weekdays and 08:00 to 13:00 on Saturdays.

THE friendly and efficient staff of Quality Auto Kathu are from the left Jeffery Mogatle, Bradley Beukes (owner), Sasley Beukes, Merle Adriaanse, Charlton Hendriks and Bakang Dylan Mabone. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

THE Audi 1.8T.

THE 2012 Jetta 1.4 TSI.

THE GTI Volkswagen Golf.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Brandstof: Volg wenke en spaar Willem Fritz MET die brandstofpryse wat net een pad ken en dit is boontoe, trek die strop om motoriste se nek al hoe stywer. Dit is egter

nie nodig om in algehele vrees vir die brandstofpomp te leef nie. Hier is ’n paar maklike wenke om die knyp uit die brandstofprys te haal.

) Pas jou bestuurstyl aan Onegalige wegtrekke en harde remming kan brandstofverbruik met tot 40% laat styg. Dit is beter om egalig en stadig te

versnel en dan so gou moontlik na ’n hoër rat oor te skakel. In die stad word tot 50% van die energie wat benodig word om jou motor aan te dryf aan versnelling afge-

staan. In swaar verkeer is dit wenslik om die rit egalig te hou deur jou spoed met die versnellerpedaal te beheer eerder as om heeltyd te versnel en dan weer te rem. ’n

Bewegende motor het nie veel brandstof nodig om aan te hou beweeg nie danksy die momentum. Daarom is dit belangrik dat die momentum behou word sonder om dit deur remming te verbreek. Vergroot jou volgafstand effens en hou die verkeer ’n ent voor jou dop. Sodoende kan jy vroegtydig bepaal wanneer die verkeer stadiger begin beweeg en kan jy jou spoed vroeër verlaag sonder om skerp te rem. Hou ook by die spoedperk. Hoe vinniger jy ry, hoe groter is die windweerstand en turbulensie en hoe meer brandstof word verbruik. Moet jou motor nie onnodig laat luier nie. Indien jy langer as 30 sekondes op een plek gaan stilstaan – behalwe in verkeer – sluit die enjin af. ) Gaan jou motor se banddruk ten minste een keer ’n maand na ’n Te lae banddruk lei tot groter weerstand met die pad wat

weer tot ’n hoër brandstofverbruik aanleiding gee. Die korrekte banddruk word in die motor se handleiding gegee of aan die binnekant van die voorste passasiersdeur. Gaan die banddruk na wanneer die bande koud is vir die regte lesing. ) Raak ontslae van oortollige gewig Een van die maklikste maniere om brandstof te bespaar is om van enige oortollige gewig ontslae te raak. Dit beteken nie jy moet jou skoonma langs die pad aflaai nie, eerder dinge soos jou gholfstokke en ander “vergete artikels” wat in die motor agterbly. ) Wees aërodinamies Hoe laer jou motor se windweerstand, hoe minder is die brandstofverbruik daarvan. ) Gebruik die lugversorging spaarsamig Die lugversorging het ’n negatiewe uitwerking op brandstofverbruik, veral

wanneer die motor in die verkeer luier. Teen laer snelhede is dit beter om die ruit effens af te draai. Teen hoofwegsnelhede is dit wel beter om die lugversorging te gebruik as om die ruit af te draai weens die groter turbulensie en windweerstand. ) Hou die enjin gesond Dit is belangrik om jou motor gereeld volgens die vervaardiger se aanwysings te versien. ’n Enjin wat verkeerd ingestel is, kan tot 50% meer brandstof verbruik as een wat reg ingestel is. Maak ook seker die lugfilter is skoon. ’n Vuil of verstopte lugfilter kan brandstofverbruik met tot 10% laat toeneem. Gebruik die regte soort enjinolie. Enjinolie met ’n hoër viskositeit bied groter weerstand teen die bewegende onderdele van die enjin wat tot hoër brandstofverbruik kan lei. . Bronne: eartheasy.com, drivers.com, opentravelinfo.com


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Mining community now serviced AIRLINK commenced operating scheduled flights between OR Tambo and Sishen, the iron ore capital of the Northern Cape, on Monday, 29 September. Not only does the Sishen airport, which is located in close proximity to Kumba’s Iron Ore Mine, service the broader mining community of Kathu, it allows travellers from as far afield as Postmasburg and the new Kolomela Mine, as well as Kuruman and Olifantshoek, to make use of the Airlink service. Airlink offers a twice daily return service to Sishen with morning flights departing from OR Tambo International Airport at 07:20 and arriving at 08:40 and again departing from Sishen at 09:05 and arriving at OR Tambo at 10:15. The afternoon flights depart from OR Tambo at 16:30 and arrive in Sishen at 17:50, returning from Sishen at 18:15 and arriving at OR Tambo at 19:25. Flights operate Monday to Friday on a 37-seat Embraer 135 Regional jet aircraft. Airlink is the largest independent regional feeder airline offering the widest network and choice of flights – linking 36 destinations in nine African countries to more than 35 000 flights per annum and carrying more than one million passengers annually. Through their alliance with the South African Airways (SAA), consumers can enjoy connections with SAA, their Star Alliance Partner Airlines and other carriers throughout Southern Africa and the world. Consumers can earn and redeem Voyager Miles when flying with Airlink. Book your flight directly on www.flyairlink.com or contact the Airlink office in Sishen on 079-5194606 (Monday to Friday between 08:00 and 17:00) or your travel agent or SAA Central Reservations.

AN Airlink airplane.

Photo: Supplied

THE friendly staff at the Airlink Sishen airport. From the left are Jovan Titus, Christell-Ann du Plessis, Bernadine Dirks en Leesaan van Kradenburg. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

THE Airlink offices at the Sishen Airport in Kathu.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Beenmurg: Skenk, help Ilse Watson WANNEER iemand hom as ’n beenmurgskenker laat toets, word hy op die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) geregistreer. Ander pasiënte sal sodoende ook kan uitvind of jy vir hulle ’n geskikte skenker is. Voornemende skenkers kan voldoende inligting op die Sunflower Fund se webblad kry deur www.sunflowerfund.org.za te besoek. Die tolvrynommer 0800-121-082 is weekdae van 08:30 tot 16:30 beskikbaar om enige hulp te verleen. Skenkers wat nie die skenking van R350, R750, R1 400 of R2 000 kan bekostig nie, se skenking sal deur die Sunflower Fund betaal word. Hulle stuur dan die SABMR-vorm met ’n verwysingsnommer aan die skenker. Skenkers neem dan hul vorm na Pathcare en bloed word getrek en die aanvanklike weefseltipering word gedoen. Hoe kwalifiseer jy om ’n beenmurgskenker te wees? ) ’n Skenker moet tussen 18 en 45 jaar oud wees en moet ook meer as 50 kg weeg. ) ’n Liggaamsmassa-indeks (BMI) van minder as 30 is ’n vereiste. ) ’n Molekulêre (DNS-) bloedtoets word gedoen om vas te stel of ’n pasiënt en skenker pas. ) Mense wat vermoed hulle is moontlik MIV positief of het hepatitis, mag nie skenk nie. ’n Persoon wat seksueel betrokke was by iemand wat dalk MIV of hepatitis het, kan ook nie skenk

nie. Dit geld ook iemand van wie die seksuele agtergrond onbekend is. ) Wanneer ’n geskikte skenker geïdentifiseer is, word stamselle by die skenker geoes. Dit word in ’n private kliniek gedoen en die skenker is nie verantwoordelik vir die koste nie. By só ’n mens word ’n groei-hormoon ingespuit wat die produksie van die stamselle versnel. Die ekstra selle sal in die bloedstroom wees waar hulle deur ’n selskeidingsapparaat geoes word. ) ’n Skenker word dan vier tot ses uur aan dié apparaat gekoppel en die proses strek oor twee dae. Daar vind geen bloedverlies plaas nie. ) Volgens Sariethia Bester, afdelingshoof by Pathcare in Kuruman en Kathu, is daar nie ’n gerief vir mense om skenkings te doen beskikbaar nie. Jy kan Pathcare wel bel om inligting van só ’n sentrum te bekom. Jy kan ook ’n e-pos aan Sariethia by sbester@pathcare.co.za stuur of haar by 053-712-2779 bel.

VETPLANTE en klippe maak ’n mooi hoekie in jou tuin.

Tuiniers, skryf julle in Ilse Watson DIE jaarlikse tuinkompetisie het verlede week begin. Inwoners van die Heuwelsigaftreeoord kan hul tuine in die kleintuinkategorie inskryf. Inwoners van Kuruman kan tuine in die kategorieë groot tuin en die mooiste tuin inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 20 November en die wenners sal aan die einde van November aangekondig word. Hoe skryf jy jou tuin in? ) Stuur ’n e-pos aan die redakteur Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com en verskaf jou naam en van, huisadres en selfoonnommer. ) Jy kan self ’n foto van jou tuin stuur (elektronies) of die redakteur sal jou tuin kom afneem. ) Jy kan ’n spesiale hoekie van jou tuin inskryf, of jou hele tuin. ) Pryse sal aan die wenners in die verskeie kategorieë oorhandig word.

WATER en mooi plante is altyd ’n wenner in jou tuin. Dit skep ook ’n rustige atmosfeer. Foto’s: Ilse Watson


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

New uniforms donated Benneli Olivier Van der Walt ON 17 October approximately 200 students at the Sesheng Intermediate School near Kathu received new school uniforms and accessories. The donation was made possible by Assmang Khumani who donated R37 100 towards the new uniforms. The Gamagara Municipality and the teachers of the Sesheng Intermediate School also participated in the donations. The school’s teachers identified students who were in dire need of new school clothes. According to Richard Okha, the pincipal, the school teachers do visits at their students’ homes, and so know who needs new uniforms. Most of the recipients are orphans who live with family from the Mapoteng area. Recipients range from gr. 1 to gr. 9 learners. The students recieved school shirts, trousers, school shoes and backpacks. Dineo Moyo, the mayor of the Gamagara District Municipality, said that it is good that the municipality, the school and the mines can work together in order to improve the students’ lives.

THE recipients of the new school uniforms at the Sesheng Intermediate School near Kathu.

FROM the left are Richard Okha, Moeti Tishyane (15) and Dineo Moyo.

Photos: Benneli Olivier Van der Walt

FROM the left are Richard Okha, Tsholofele Selege (15) and Dineo Moyo.

DIE gr.12-leerlinge aan die Hoërskool Kathu het die laaste keer saam hul skoollied gesing. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Matrieks gegroet DAAR was op 17 Oktober glimlagge en selfs ’n paar trane by die Hoërskool Kathu te sien. Die gr. 12-leerlinge het hul laaste formele skooldag bygewoon en die emosies het hoog geloop. Onderwysers en leerlinge het mekaar hartlik gegroet. Meiring Botha, hoof van die Hoërskool Kathu, het die leerlinge sterkte met hul toekoms toegewens en hulle ook vir die eksamen wat voorlê, bemoedig.

DIE leerlinge en onderwysers het mekaar oor en weer gegroet.

11

Today in history ) 4004 BC: Creation of the world begins according to the calculations of Archbishop James Usher. ) 1091: Tornado strikes the heart of London killing two and demolishing the then wooden London Bridge. ) 1690: Revolt in Harlem after public ban on smoking. ) 1814: First plastic surgery is performed in England. ) 1824: First steam locomotive is introduced. ) 1910: Blanche Scott becomes first woman to solo fly a public airplane. ) 1915: 25,000 women march in New York City, demanding the right to vote. ) 1920: African demonstrators shot in Port Elizabeth, South Africa. ) 1933: John Dillinger and his gang rob Central National Bank, in Greencastle, Indiana. They stole $75, 000. ) 1941: Walt Disney’s Dumbo is released. ) 1942: Michael Crichton, the novelist, is born. ) 1947: Husband and wife, Dr. Carl Cori and Dr. Gerty Cori, are the first spouses to be awarded joint Nobel Prizes. ) 2001: Apple releases the first wave iPod. ) 2004: A powerful earthquake and its aftershocks hits northern Japan, killing 35 people, injuring 2,200, and leaving 85,000 homeless or evacuated. ) 2006: Tsotsi directed by Gavin Woods becomes the first South African film to receive an Oscar award.

) ADAM hou op 21 November om 18:00 konsert by die Kathu-perdeklub. Vir plekbespreking kan 082-568-6035 gekontak word of die Eysele en Fouchee-sportwinkel besoek word. Kaartjies kos R120 per volwassene en R60 vir kinders jonger as 18 jaar. Daar sal ’n kontantkroeg, springkasteel en kosstalletjies beskikbaar wees. Bring ’n kombers en hou piekniek onder die sterre.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

THE day drew record crowds to watch the different competitions at the Assmang Khumani SHE Day. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

MEMBERS of the public could make use of the free health services at the event. Several people had their blood pressure, cholesterol and blood sugar levels tested.

THE different competing teams’ winners received trophies during a awards ceremony.

Day draws many Benneli Olivier Van der Walt

ON 18 October, Assmang Khumani hosted the 2014 Assmang Iron Ore Khumani Mine Managers Association SHE (Safety, Health and Enironmental) Day. The day has been hosted by the Khumani Mine for the last two years. Many national and international

companies showed their services and equipment. An open-stage event was held for local artists to showcase their talents. There were several friendly competitions between several companies’ health and safety representatives, firefighting teams (men’s and women’s teams),

first-aid teams and forklifting operators. The day saw a record number of entries (18 teams) of firefighting teams. According to Mariaan Mostert of the Assmang Khumani Mine the day is not just about the competitions, but also as a learning exercise for the general public.

Kei apple a versatile tree Peter Fischer THE Kei apple (Dovyalis caffra) is truly a versatile plant. Not only does it serve as a superb natural security fence, but the Kei apple fruit also makes a delicious jam. The jam is well known for preventing flu due to the high vitamin C content (in fact, over 80 mg per 100 g). The fruit is sweet enough, so it is not necessary to add much sugar, but advisable to mix Kei apples with grapes for a naturally sweeter jam. Security hedging is not only required by humans, birds also like to build their nests in an environment protected by the dangerous Kei apple thorns. These vicious thorns protect the plant from vandalism. The Kei apple tree (5 m +) is not too big for domestic gardens. It is an attribute to bird sanctuaries and beautiful when grouped along dam walls. Kei apple trees have also been known to thrive as container plants in semi-shaded areas at shopping centres and homes. They characteristically change to an even shinier, crispy green foliage with a waxy lustre, which makes them perfect for this purpose. The Kei apple also makes excellent bonsai plants. Kei apple hedges should be pruned in a pyramid shape, as this will allow the bottom branches to bush out into an impenetrable density. It produces lush clusters of white flowers during the South African Christmas season and is also known to survive severe frost.

THE Kei apple shrub (Dovyalis caffra) is a natural and aesthetically pleasing way to secure one’s property. This shrub has fierce thorns, and when shaped into a hedge, will discourage any unwelcome visitors.

AN example of a Kei apple hedge.


Stay in touch

no matter where you are, day or night, with the MTN network.

HUAWEI E3531 Modem

R79

PMx24 on an MTN 1GIG Internet package

1GIG Internet bundle

FREE SIM & CONNECTION

Just when you thought your Internet experience couldn’t get any better, MTN has a superfast 3G network in the Northern Cape. So you can stay in touch with your loved ones, near and far, day or night with MTN Night Express. Find your nearest MTN store.

MTN Direct

13

MetropolitanRepublic/15427/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

Top Features • HSPA + (900/2100 MHz); GSM (900/1800 MHz) • 3G HSPA+– up to 21 Mbps • microSD Support

+ 1GIG Night Express

To get these, or any other deals, call MTN Direct on 083 123 3667 or go to http://shop.mtn.co.za

Visit these MTN stores for this great offer and many more. MTN Kathu – Shoprite Centre 6, MTNStore0631@mtn.co.za 0838691983. MTN Kathu Village – Kathu Village Mall 4, MTNStore0632@mtn.co.za 0838691985. MTN Kuruman – Spar Centre 9, MTNStore0634@mtn.co.za 0838691989. MTN Postmasburg – Sibilo Shopping Centre C02 + C03, MTNStore0637@mtn.co.za 0838691991. MTN Upington – Kalahari Mall 68, mtn.kalahari@urb.co.za 0838691680. MTN Upington – Schroder Street 34, mtn_upt@urb.co.za 0838691979.

Prices & values include VAT. MTN & MTN Direct Terms and Conditions apply – see www.mtn.co.za. Offers valid 01/10/2014 − 31/10/2014 or while stocks last. Device colours may vary from those illustrated. All deals subject to 24-month contract, device and SIM stock availability, RICA registration and successful credit vetting. Subscription cost valid for 24 months and billed monthly, in advance. Calling Line Identity @ R8.00 pm included in subscription. Offers are only available to valid credit card and bank account holders with a valid South African ID. When ordering, please have your credit card or bank account details available. MasterCard, Visa, Diners and American Express cards accepted. Remember your ID and proof of residence, or affidavit thereof, to register for RICA. E&OE. MTN Night Express offer valid 01/10/2014 – 31/10/2014. Offer available on selected MTN Contracts and My MTNChoice packages only. Night Express value valid for 1 month and received monthly for the duration of the contract period. Unused Night Express value does not carry-over. Upon Night Express value being depleted, lowest/best out-of-bundle rate applies. See www.mtn.co.za for full Terms and Conditions. E&OE.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

BEGRAFNISDIENSTE 1025

EEN-SLAAPKAMER-WOONSTEL: Onmiddellik beskikbaar. W en L ingesluit, R4 300 p.m. Skakel Sarie 072 971 3415.

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS

HUISE TE KOOP 3201

3275

KURUMAN: 3 bedrooms, 2 toilets, built-in-cupboards, R950 000. Phone Martin 078 477 7392.

TE HUUR 3205

KURUMAN: 4 slk, 3 badk, 1 motorhuis met 2 afdakke in stil buurt. Lieflike, groot tuin. R1,4 miljoen. Skakel Kevin Johnson 072 379 8283.

HUISE TE HUUR 3270

VOERTUIE

ALGEMENE KENNISGEWINGS

TE KOOP

6-SLAAPKAMER-huis te huur in middedorp. Skakel Jan Louw 060 664 1328.

KOMMERSIEEL 3060

2004 TOYOTA DYNA 5-TON-trok. Platbak, goeie toestand. 165 000 km. Prys: R156 180. Skakel Rudi du Plooy 082 380 2252.

ACCOMMODATION: Nice house in Kagung to let, with water and electricity. For more info phone 078 541 8146. CONTRACTORS ONLY.

KAMERS TE HUUR 3315

1210

NOTICE Vehicles standing longer than three months will be sold to defray expenses. JTG TOWING & ROADSIDE ASSISTANCE KATHU 1. Toyota D4D 2.5 BS 79 CM GP 2. Opel Astra Turbo CJ 97 BV GP 3. Honda Ballade 160i DOHC: CF 70298 4. Opel Corsa Lite (white) BTF 489 NC 5. Hyundai Elantra 1.6 GLS ND 380404 6. Fiat Uno 1.1 BWW 721 NW 7. Ford Cortina bakkie 3l - BJB 653 NC 8. Trailer (black) DFL 191 GP Please phone 053 723 2685.

SLEEPWAENS 3040

V-TECH TRAILER & NATIONAL TRAILERS Kuruman verskuif na Kalaharistraat 11, vanaf Cillierslaan 12, Kuruman. Verkoop ook nuwe sleepwaens en sleepwaverhurings, lang pad, eenrigting en ook plaaslik. SLEEPWA te koop: 3,5 m x 1,8 x 1,0 V-Tech Trailer. Baie sterk gebou en soos nuut, R20 000. Kampeerwa te koop: 2,4 x 1,4 x 1,4 m toe bak. 2 x groot deure. 1,5-tonas, 15-duim-wiele. Soos nuut, R23 900. Skakel 083 310 0272 of 083 254 3120.

EIENDOMME

SOSIAAL & ONTSPANNING

SAKEPERSELE

1475

3215

SAKEGEBOU IN MIDDEDORP TE KOOP. Parkering, gevestigde huurkontrakte. Uitstekende proposisie. Skakel 083 287 7377.

WOONSTELLE TE HUUR

TE KOOP

3250

2-SLK-woonstel beskikbaar vanaf 1 November teen R4 800 p.m. Geskik vir slegs 2 persone. Skakel 079 376 7500.

KLERASIE

(Bid NC/SOC/021/2014)

REQUIRED BY: Department of Social Development Northern Cape Provincial Government SPECIFICATIONS AND BID DOCUMENTS ARE AVAILABLE AT: The Department of Social Development, 257 Barkly Road, Homestead, Mimosa Complex, Kimberley, Block J – room 4 (supply chain management). BIDS MUST BE SUBMITTED AT: Postal address: Department Social Development, Private Bag X5042, Kimberley, 8300. Street Address: 257 Barkly Road, Homestead, Mimosa Complex, Ground Floor, Block C, Kimberley. CONTACT PERSONS: Adelaide Wax or Kedi Flatela, at tel: (053) 874 9215 or (053) 874 9180, or facsimile: 053 871 2441, or email: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za PLEASE NOTE: • A valid, original tax clearance certificate – Tender – (not a tax clearance certificate “Good Standing”) must be submitted at closing date and time (bid document NCP 2 refers). • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 05 of 2000 and revised Regulations 2011. • A non-refundable deposit of R110.00 per set of bid documents is required. • In order to qualify for preference points a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted at bid closing date and time. • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Department: http://socdev.ncpg.gov.za on Friday, 21 November 2014.

CLOSING DATE: 07 NOVEMBER 2014, AT 11:00 www.basadzi.co.za

basadzi media - tender advertising

NETJIESE EN SUITE-KAMER met 'n bed, klein kombuis, yskas en mikrogolf, braaiarea en afdakke te huur 18 km van Hotazel op plaas. Veilig en stil. Ideaal vir kontrakteurs. Skakel 076 805 4557.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

DRANKLISENSIES 4035

NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 20 OF THE ACT FOR A LICENCE

PERSOONLIKE DIENSTE

KARAOKE - DJ EN LIVE BAND. Rugby klub 1 Nov vanaf 18:00. R100 volwassenes en R50 kinders. Ete ingesluit. Skakel Sarie 072 971 3415.

RENDERING OF PROFESSIONAL, SUPPORT, AUXILIARY AND SECURITY SERVICES AT THE SECURE CARE CENTRE FOR 28 MALE YOUTH AND 12 FEMALE YOUTH (AGES BETWEEN 14 AND 18 YEARS) IN CONFLICT WITH THE LAW, SPRINGBOK (NAMAKWA DISTRICT), FOR A PERIOD OF 3 YEARS

1. Joe Morolong Municipality 2. Seremi Bryson Moremi, PO Box 464, Madibeng, Kuruman 8460. 3. Tavern 4. All kinds of liquor 5. Bothabishong Tavern, 271E, Madibeng Village, Kuruman 8460. 6. Snacks, soft drinks and food.

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALLERLEI 1655

SEODIN SAND: Seodin weg, Kuruman. Skakel ons vir die beste pryse in Kuruman op bousand, 'crusher dust, concrete mix', 13- en 19-mmklip, riviersand en pleistersand. Dieselfde dag afgelewer. Skakel 071 382 8234.

ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

FOR ALL YOUR STEEL AND BUILDING construction needs: Contact the specialists. Deva's Steel & Building Construction. Quality is our game! Affordability is our name. Phone 061 383 7746 / 084 219 6605.

BHC Meiring In the estate of the late Bryan Henry Cornelius Meiring, identity number 710619 5160 088 and surviving spouse Marilyn Rochelle (Oakes) Meiring, identity number 730206 0070 086. Estate number: 916/2008 Notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estate, will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 (TWENTY ONE) days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the office of the Master and Magistrate's Office Upington. Lucas Ruiters Consultants Office No 3 Libra House, 14-18 George Street Kimberley 8301 Tel. 053 831 2419

SKOONMAAKDIENSTE 1805

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

20141868

14

B E T R E K K I N G S

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

17

Sentraal se Lohan wys sy slag in NK-span LOHAN VAN ZYL, ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas, het as deel van die Noord-Kaap-tennisspan aan die vierhoekige tennistoernooi in Welkom deelgeneem. Tydens die vierhoekige tennistoernooi speel spanne van die Noord-Kaap, Noordwes,

Noord-Vrystaat en Oos-Vrystaat teen mekaar. Lohan was deel van die Noord-Kaapse o.12-span. Lohan het vroeër vanjaar ook as deel van die Noord-Kaap-span wedstryde teen die Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte en die Boland gespeel.

GR.11 AND GR.12 PUPILS of the Daniëlskuil High School proudly show off their My Maths Buddy certificates.

Maths buddies study dictionary THE My Maths Buddy team, sponsored by Finsch Diamond Mine, visited Daniëlskuil recently to conduct both teacher and pupil workshops on how to use the Maths Buddy dictionary. The training was done by Paul

Sondergaard. He guided teachers in the effective use of the maths dictionary, the layout and activities available for incorporation into lesson plans. The My Maths Buddy dictiona-

ry is for gr. 1 to gr. 12 pupils. The maths dictionary has proven to be an invaluable tool for children studying maths, as well as parents and teachers wanting to improve pupils’ results.

LOHAN VAN ZYL van die Laerskool Sentraal in Kakamas in aksie tydens die vierhoekige tennistoernooi in Welkom. Foto: Verskaf


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

19

Chess coach shares passion Benneli Olivier Van der Walt

Meet kragte vir Kansa BO: Op 18 Oktober het die Minichessklub van Kathu aan ’n skaakdag vir Kansa in die Tshimo Gardens in die dorp deelgeneem. Minichess is ’n opvoedkundige program wat as ’n leermiddel gebruik kan word. Hier is Elize Poolman by van links, voor: Reghart Bosch en sy broer Gustav; agter: Evard Steyn en sy broer Divan. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE Hoërskool Kathu se skaakklub het ook aan die skaakdag deelgeneem. Agt van die klub se lede het op die dag gespeel. Hier is Marcel Benecke (links) en Danie Bronkhorst.

BO: Thabiso Moyo (14) en Kelley Landsberg (15) van die Hoërskool Kathu se skaakspan. LINKS: Wikus Wiese (links) en die voorsitter van die Kathu-skaakklub, Roelf Kotzé, sê mekaar die stryd aan.

BRUCE MUBAYIWA (36) is a man with a vision. He is a local chess coach with a passion to instil the love of the game in the local youth of Kathu and its surrounding areas. Mabayiwa is originally from Zimbabwe and came to South Africa in 2003. He was a national junior chess champion in 1997. He has always been fascinated by the game. Now he wants to share the benefits of the game with everyone who is interested. He moved to Kathu about three months ago and fell in love with the area. He volunteers as a chess coach at the Kathu High School. He has also started a chess club at the local FET College, as well as at the Tshipi Development Centre. The Kathu Chess Academy was started with the simple goal of making Kathu a chess hub in the Northern Cape and in the process help to improve the results in Maths and Science subjects in schools. Mubayiwa believes there is a great deal of talent in Kathu and the academy will make it possible for children to develop their talent. “It should not be necessary for children to travel all the way to Kimberley just to attend a chess tournament.” The Kathu Chess Academy has partnered with Wimpy at the Kathu Village Mall to do the weekly chess festival there on Wednesdays between 17:00 and 18:00. Visit the academy’s website at www.ChessAcademy.co.za for more information.

BRUCE MUBAYIWA plays chess with all interested players at the Kathu Village Mall over the weekends. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

BRUCE MUBAYIWA


Young rider excels

ALAN CONRADIE (11), a student of the Luxor Academy in Kathu, and his horse, Razdi Pick Me, were chosen to represent the Northern Cape at the South African Schools National Championships (Sanesa Nationals). The championship took place at the Misty Meadows in Gauteng. He was chosen to represent the Northern Cape in two dressage and two Prix Caprilli events. They achieved the following results: ) Pony Rider Elementary 3, placed in fourth place. ) Pony Rider Elementary 4, won and received a gold medal. ) Prix Caprilli Intermediate 40 cm Test 5, won and received a gold medal. ) Prix Caprilli Intermediate 40 cm Test 6, placed in fifth place. In both the Prix Caprilli events the Northern Cape team won an overall second place.

Toon dansvernuf

ALAN CONRADIE and his horse, Razdi Pick Me. Photo: Supplied

VAN die jong dansers is, voor: Britteney Engelbrecht; van links, agter: Wilvinecia Pieters, Maurischka Agenbach en Janeske de Klerk.

Wys hul passies DIE Kathu-en-Kurumanballetskool se jaarlikse eksamen het op 18 Oktober by die Gereformeerde kerk in Kathu plaasgevind. Verskeie van die skool se studente het goed in hul eksamen gevaar. Foto: Maureen Diederiks

DIE dansers van die Spotlight-dansskool in Kathu het op 18 Oktober ’n flash mob-dans in die Kathu Village Mall gedoen. Hier is van die dansers Nola du Plessis (links) en Esmerelda Brooderyk. Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na

www.kalaharibulletin.co.za

en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.