Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
12 SEPTEMBER 2013
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Skou
Gemeenskap
Eisteddfod
Een van die bestes nog
Soek ’n liefdevolle huis
Wie is bobaas op verhoog?
bl. 11
bl. 9
bl. 19
Kaptein geskors Hannes Nienaber DIE kaptein van die Hoërskool Kalahari op Kuruman se eerste rugbyspan, Ruan Venter, is ná ’n tugverhoor deur die GriekwalandWesse Rugby-unie (GWRU) vir 15 weke uit alle rugby geskors. Venter is skuldig bevind op ’n klagte dat hy van die 50ste Cravenweek vir hoërskole in Polokwane gedros het. Die skorsing tree van 1 Februarie 2014 af in werking. Venter het Griekwas-Platteland op die toernooi verteenwoordig. Hy is voorts ook vir 14 weke geskors wat opgeskort is, omdat hy Griekwas se naam in oneer gebring het. Hy het slegs in Griekwas-Platteland se eerste wedstryd en oorwinning van 51-0 oor Grens-Platteland gespeel. Hy het die wedstryd as skrumskakel gespeel. Venter is egter as ’n veelsydige speler in die span ingesluit. Sy spanmaat by Kalahari, AJ le Roux, was die span se eerstekeuseskrumskakel. Venter het meestal as losskakel en senter vir sy skoolspan uitgedraf. Venter het ná ’n oefening op die Vrydag die afrigters van die Cravenweek-span, Fillip Venter en Andrew Brundyn, versoek dat hy
op die laaste dag ’n volle wedstryd speel, anders verlaat hy die span. Hy het toe die span verlaat en saam met sy ouers huiswaarts gekeer. ) Sy skorsing kom nadat ’n speler van die Hoërskool Noord-Kaap, Luan Dowie, vroeër vanjaar vir 80 weke geskors is nadat hy ’n speler van die Hoërskool Waterkloof herhaaldelik met die kop sou slaan en stamp. Hy het later appèl aangeteken en sy skorsing is tot 38 weke verminder. ) Verlede jaar was die Hoërskool Diamantveld se heelagter, Granville Adams, ook ná die Cravenweek in die sop nadat hy ook gedros het. Adams was nie by sy span se laaste wedstryd op die 49ste Cravenweek in Port Elizabeth teen Grens-Platteland betrokke nie. Adams het in die Poubloues se eerste Cravenweek-wedstryd al sy span se punte aangeteken. Hy het in die tweede wedstryd teen Namibië net ná rustyd as plaasvervanger-losskakel opgedraf. Hy het egter net nege minute op die veld gebly voordat hy vervang is. Nadat hy vervang is, was dit duidelik dat Adams daaroor ontevrede was.
RUAN VENTER in aksie vir GriekwasPlatteland. Hy is pas vir 15 weke uit alle rugby geskors. Foto: Verskaf
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Parke verrys soos paddastoele André Botha
DIE Noord-Kaapse landskap verander met sonkragparke wat oral in die provinsie verrys. Van Upington tot Kathu en Deben tot De Aar word verskeie sonkragparke reeds opgerig, terwyl nog talle in hul beplanningsfase is. Beleggings van miljoene rande is reeds deur buitelandse maatskappye in dié aanlegte gedoen, met nog miljoene wat kom. Dit is veral in die konstruksiefase waarin duisende werkgeleenthede in die provinsie geskep word. Wanneer die parke aan die gang is, word hoofsaaklik van gespesialiseerde mense gebruik gemaak. Hoewel sonkragparke ook in ander provinsies gebou (gaan) word, onder meer in die Vrystaat, is dit die Noord-Kaap wat vorentoe verreweg met sonkrag die grootste bydrae tot elektrisiteitsvoorsiening gaan maak. Upington sal as ’t ware die “hoofdorp” met die voorsiening van sonkrag wees. Vyf gekonsentreerde sonkragparke gaan in die omgewing van die dorp gebou word. Eskom beoog om drie gekonsentreerde sonkragparke hier te bou. Die Spaanse maatskappy Abengoa het reeds in 2012 met bouwerk aan sy park begin. Die maatskappy se Khi Solar One, wat saam met die Khi-gemeenskap en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie ontwikkel word, se toring is pas voltooi. Luidens ’n verklaring van die maatskappy is dit ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van
die park. Khi Solar One sal 50 MW lewer, terwyl KaXu Solar One 100 MW sal lewer. Dié twee sal die eerste gekonsentreerde sonkragaanlegte in die Noord-Kaap wees wat in bedryf gestel word. Die fotovoltaïese sonkragaanleg van Scatec Solar, ’n Noorweegse maatskappy, sal een van die eerstes in die Noord-Kaap wees om krag te lewer. Die Kalkbult-park is tussen Philipstown en Petrusville, sowat 58 km van De Aar af. Die subkontrakteurs Kentz Engineers en PIA Solar het verlede week die laaste van die 312 504 sonpanele aangebring. Die terrein is sowat 135 ha groot. By Deben naby Kathu rig die kontrakteurs WBHO en Building Energy ’n sonkragaanleg op. By dié aanleg word 343 200 sonpanele, 50 050 kolomme en 42 900 balke oor die volgende 18 maande aangebring. Die konstruksiegebied is sowat 200 ha groot. Dit sal na verwagting in Augustus 2014 voltooi wees en sal een van die grootste aanlegte in die land wees. Sowat 15 km van Kimberley af pryk reeds duisende sonpanele op die plaas Droogfontein. Droogfontein Solar PV is een van drie energieprojekte van Globaleq waarby Mainstream Renewable Power betrokke is. Nog ’n sonkragpark word by De Aar gebou en ’n windaanleg by Jeffreysbaai. Afri-Devo Energy beplan om sowel ’n fotovoltaïese as ’n gekonsentreerde aanleg op die
SO begin die landskap van NoordKaap stelselmatig verander namate die verskillende sonkragparke hul verskyning maak. Die verkoelingstoring van die Angoasonkragmaatskappy van Spanje wat hier sowat 10 km buite Uping ton en oorkant Klippunt opgerig word, staan 205 meter hoog. Foto: Anena Burger plaas Platfontein tussen Kimberley en Barkly-Wes te bou. Die twee aanlegte sal onderskeidelik 75 MW en 100 MW lewer. En namate al die projekte
voltooi word, sal sonpanele blinkend in die son net so kenmerkend van die Noord-Kaapse landskap as kameeldoringbome wees.
28 SEPTEMBER: Café Palermo bied ’n opelug-dansparty saam met Tommy Oliver aan. Toegang is gratis en begin om 18:00. Vir meer inligting bel Dawid Roux by 083-274-4511.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Wys sy geliefde handewerk op skou Lynn-mari Olivier
DIE skou het weer vanjaar die wildste verwagtings van alle skougangers oortref. Nie nét was die rugbyveld vol uitstallers nie, maar die Bennie Kampfer-saal was ook propvol mooi stalletjies. Daar was tonne kindervermaak en oral kon jy kinders se gesiggies sien blom – letterlik en figuurlik. Zack Mwatha was een van die uitstallers wat sy pragtige houtvoertuie en -fietsies uitgestal het. Die stalletjie het baie aandag getrek. Sy handgemaakte voorwerpe was besonders en van hoogstaande gehalte. Mwatha is oorspronklik van Malawi maar woon nou in Pretoria. Mwatha het as kind vir homself speelgoed van hout gemaak, maar op ’n latere ouderdom het hy gesien sy voorwerpe trek baie aandag en dit is waar sy nering sy oorsprong vandaan het. Hy maak die speelgoed sedert hy 12 jaar oud was en sedertdien het hy ’n liefde vir hout. Die afgelope agt jaar verdien hy al sy brood en botter daarmee. Op ’n vraag oor hoe lank dit hom neem om een van sy eenvoudige ontwerpe te maak was sy antwoord drie dae, maar die ingewikkelder voertuie, soos die Land Cruiser, duur ongeveer twee weke om te voltooi. Mwatha lyk kinderlik opgewonde oor en trots op sy handewerk en sien uit om dit aan skougangers te verkoop. Hy woon verskeie skoue by ten einde ’n inkomste uit dit wat eers net ’n tydverdryf was, te genereer. VLees meer oor die skou op bl. 11
MWATHA se handewerk.
Foto: Lynn-Mari Olivier
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Oppas voordat jy ‘skaakmat’ sê ’n HARTELOSE skaakspel. Of jy ’n deelnemer wil wees of nie – jy speel. Skuif jou pionne rond en beskerm jou koning terwyl die perd op die bord rondhardloop om die skote af te weer. Uit die 16 skaakstukke is dit gewoonlik wanneer jy jou koningin verloor dat jy aan jou teenstanders uitgelewer is. Sonder enige verweer. Die perfekte teiken. Skaakmat. Jy is uit. Suid-Afrikaners het onlangs in die nuus gelees van Zwelinzima Vavi se buite-eglike verhouding met ’n kollega wat op die lappe gekom het. In ’n verklaring het hy gesê hy het ’n fout gemaak en om vergifnis gevra. Maar sy pogings was vergeefs. Suid-Afrikaners het onmiddellik geskree: “Skaakmat!” Oscar Pistorius, niemand weet nog wat werklik daardie aand gebeur het nie, het ’n groot fout gemaak wat iemand se lewe gekos het. Al begin sy verhoor eers volgende jaar het sy borge hom reeds een vir een laat gaan en hy moes noodge-
dwonge homself uit verskeie wedlope onttrek. En die wêreld skree reeds: “Skaakmat!” Hansie Cronjé, Lance Armstrong en Tiger Woods is bekendes wat hul skaakspel verloor het. En net so verloor gewone mense daagliks ook hul koning aan hierdie genadelose spel. Want mense maak foute. Dit is onvermydelik en ’n gegewe. Terwyl ander deelnemers om die skaakbord staan en elke keer wanneer jy ’n pion verloor, die nederlaag toejuig, want dit is een skuif nader aan net nog ’n koning wat gaan sneuwel. En dan val ons almal te kort aan daardie genade wat ander so maklik oor praat, maar weier om te gee. Een verkeerde skuif en jy is uit. En die genade (onverdiende guns) word ’n reël wat niemand meer in die skaakspel wil toepas nie. Want in fynskrif, en niemand durf dit erken nie, hou mense daarvan om ander te sien val. Om konings te sien sneuwel op ’n bloedige slagveld. En so neem hardvogtigheid die spel van die lewe oor.
Laat God ons denke oorneem, vernuwe Pieter van Zyl ROM 12:1-2: EN nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Dit is lente. Daar is groeikrag in die lug. Terwyl daar elders oorstromings is, is die Kalahari nog droog en smag mens en dier na vroeë lentereën. In ’n tyd waar baie mense sonder werk sit, is daar ander wat staak in hul stryd om hoër lone. Elders in die wêreld word van chemiese oorlogvoering en vergeldingsaanvalle gepraat. ’n Mens staan verstom oor die onreg waarmee mense in gesagsposisies wegkom. Hoe raak dit my en jou as kinders van God? Sou dit nie dalk makliker wees om maar mee te doen in die proses van onreg en negatiwiteit nie? Paulus leef in ’n tyd waarin onreg ook hoogty vier. Christene word vervolg en hul lewe bedreig, net omdat hulle Jesus as Verlosser bely. Die waarskuwing is duidelik: Moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie.
God se kinders moet anders wees. Dit gebeur net wanneer Hy ons denke oorneem en vernuwe. Dit gaan nie oor waarmee ander mense wegkom, wat ander doen nie. Wat belangrik is vir God, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is, dit moet my lewensnorm word. Die potensiaal is daar. Lentetyd is groeityd. Maar daar is reën nodig. So het ek en jy ook die potensiaal om reg en goed te doen. God het Hom reeds oor ons ontferm. Jesus se kruisdood en oorwinning oor die dood maak alles moontlik. Nou word my lewe ’n dankoffer wat vir Hom aanneemlik is. My riglyn is nie wat in die wêreld geld nie, maar dit wat God wil hê. Laat die Gees die groeikrag in ons lewe wees. Vandag bid ons dat die Here uitkoms in die natuur sal gee, vroeë reën en groeikrag in die natuur. Ons bid vir vrede in ons land en in die wêreld waarin ons leef. Maar veral bid ek dat die Here ons sal leer hoe om, as Sy kinders, ’n verskil in ons leefwêreld te maak. Hoe gaan ek, hoe gaan jy, vandag God se geregtigheid in ons leefwêreld laat seëvier? ) Ds. Pieter van Zyl is ’n leraar aan die NG kerk in Kuruman.
UPINGTONNERS draai nou elke boom in dié dorp met pienk lap toe. Met die Pienk Bome vir Paulineprojek word geld ingesamel om kankerpasiënte op Upington te help. Stuur vir die Kalahari Bulletin jou foto van jou pienk bome na lizette.slabber@volksblad.com en vertel van jou bydrae by www.facebook.com/kbulletin.
Foto: Verskaf
Dankie vir hulp met ongeluk LINDIE DALTON, Kathu: Ek en my kollega Vanessa Khosana was op Donderdag 29 Augustus op die Daniëlskuil-pad in ’n motorongeluk betrokke. Graag wil ons vir Mario van Aswegen en Dusty Havenga baie dankie sê vir die hulp wat hulle met die ongeluk aan ons verleen het. Dit is van onskatbare waarde om te weet daar is nog mense wat omgee.
DeafNET bedank talle DeafNET, Worcester: NÁ ons fietstoer deur die NoordKaap en die hartlike verwelkoming wat ons op Kathu ontvang het, wil ons graag baie dankie sê vir Butcher’s Block vir die skenking van
wors vir ons worsrolletjies. Ook dankie aan Lindie Dalton en haar eggenoot vir die skenking van die broodrolletjies en ander verversings. Baie dankie aan die eienaar van Dennies Pub & Grill en mnr. Leleyveld vir die geriewe van die perseel en verversings. ’n Groot dankie aan die Kathu-polisie se Vrouenetwerk en Men for Change, asook die motorfietsklubs en hul lede van Cimarrons, Wild Bunch en Roadhogs, wat ons op die pad vergesel het. Dankie aan die verkeersafdeling vir hul begeleiding. Vir die kontantbydraes wat aan DeafNET gegee is – baie dankie!
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
‘Als val in plek soos legkaart’ Ilse Watson JOU lewe is vir jou beplan, ver vooruit. Jy dink jy gaan beheer daaroor hê, maar iemand daar Bo het klaar besluit hoe dit gaan verloop. So ’n klompie maande gelede (eintlik om presies te wees vier maande gelede) begin ek by die koerant werk. Die eerste maand is ’n nagmerriedeurmekaarspul. Ek kan dit amper nie eers oorvertel nie. Stel jou voor, jy klim elke aand in die bed en al wat jy sien is koerantbladsye, stories en woorde. Maak nie saak hoe hard jy jou oë toeknyp nie, die woorde en die stories kyk vir jou. Die spanning vloei stormsterkte deur jou are. Die tweede maand is ook nie veel beter nie. Om ’n nuwe koerant onder
mense se aandag te bring is een ding, maar om stories vir die nuwe koerant te kry, dit is ’n heeltemal ander saak. Die creative juices het behoorlik gevloei en alle moontlike stories is ondersoek en uitgesnuffel. In ’n noodkreet of twee na ’n senior kollega, kom die antwoord: “Jy moet kreatief dink. Sommer baie kreatief.” Jy wil huil, die spanning is erg. So kom die derde maand. Haai sowaar, die lesers begin reageer en jy
kry stories sommerso deur die elektroniese pos. Eureka! Wat ’n verligting. Daar begin die spanning skietgee. En so pas is die vierde maand ook verby en als het seepglad verloop. Wel, nie heeltemal nie, maar kom ons sê maar so. Dit was beslis baie makliker as die eerste twee maande. Vier maande later, 16 uitgawes. Jy verwonder jou aan al die stories in die koerante en jy wonder waar dit als vandaan gekom het. Jy het klaar van die spanning, die dramas en die stres vergeet. Jy sien net mooi koerante. En jy weet, met genade van Bo en soos wat Hy dit beplan het, het als soos ’n netjiese legkaart in plek geval.
5
www.kalaharibulletin.co.za.
Bulletin se webwerf by
Besoek gerus die Kalahari
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
HELPENDE HAND en die Immergroen ouerskapspan het ’n puik aanbieding aan kursusgangers gele wer.
Ouers leer baie op kursus
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND het onlangs as deel van die Nasionale Kosblikkieprojek ’n Immergroen-ouerskapkleuterkursus aangebied. Die kursus is opgestel deur Hettie Britz, maar een van die fasiliteerders, Elize Malherbe, het dit aangebied. Dit is by die Kleuter-akademie gehou en die onderwysers en 30 mammas kon dit gratis bywoon. Die Immergroen-kursus bestaan uit drie modules: 1. Verstaan gesonde gesag. 2. Kweek kinders met karakter. 3. Dissiplineer met deernis. Opvoeders, hetsy ouers, onderwysers of oppassers, het geleer gesag is die reg om te lei, te
beheer, te beïnvloed, opdragte te gee en dan gehoorsaamheid te verwag. Hulle is ook geleer dat kinders op verskillende ouderdomme en ontwikkelingsfases, verskillende gesagstyle nodig het. Elke kursusganger moes ’n vraelys voltooi om te bepaal watter gesagstyl hy/sy is en hulle het lekker gelag met die bespreking van die verskillende style. Elke kursusganger het ook ’n vraelys oor haar eie en haar kinders se temperamente ingevul. Hierdeur het hulle bepaal watter boomsoort hulle is (gegrond op die Boomsoortprofiele deur Hettie Britz, skrywer van die boek Kweek Kinders met Karakter). Hulle moes in vier groepe sit, al dieselfde “boomsoorte” bymekaar, en moes ’n paar vragies beantwoord. Die kursusgangers het baie van hul kinders se temperamente geleer, om hulle sodoende beter te verstaan en te dissiplineer. Deur hul eie temperament te verstaan, kan hul ook hul eie verhouding met hul kinders beter bestuur. Dissipline is kinders se ondersteuningstelsel en sluit in: respek, rolverdeling, rituele, roetine en reëls. Hulle het geleer om onderskeid te tref tussen dissipline met deernis en skadelike dissipline, belonings eerder as omkopery, straf eerder as afpersing, erkenning eerder as komplimente, motivering eerder as manipulering.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
KATHU
A BRAND NEW HOME IS COMING TO TOWN! Opening Thursday 26 September at 8am. Kathu Village Mall Exciting opening day offers on selected items.
Offers valid from 26 September - 3 October or while stocks last. Apply for your Mr Price account today and get access to our famous value on credit. Mr Price Group LTD is an authorised Financial services & Credit provider FSP 31450 & NCRCP 46
Visit www.mrpricehome.co.za or ďŹ nd us on
HZ161375/E/1
Product available while stocks last.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
ANDRIES VERMEULEN is weer vanjaar die aankondi足 ger op die hoofverhoog.
Bekendes op fees VANJAAR is die Kalahari-kuierfees 21 jaar oud en op Saterdag 28 September gaan die fees behoorlik kook! Vanjaar tree bekende kunstenaars soos Andries Vermeulen, Manie Jackson, Adam en Dr. Victor and the Rasta Rebels op die Nashua Mobile Eiland-hoofverhoog op. Daarby vind die jaarlikse vuurwerkvertoning waarmee die kuierfees afgesluit word, weer om 23:00 plaas. Wat di辿 Saterdag se vermaak nog meer aanloklik maak, is die toegangsgeld bly presies dieselfde as in 2012. Saterdag kos dit slegs R70 per volwassene en R30 per kind om die fees te besoek. Om in die Oranjerivier-kuiertent die Saterdag deur te bring kos R120 per volwassene en R50 per kind. Vir meer inligting besoek die kuierfees se webtuiste by www.kuierfees.co.za of sy Facebook-blad. Vir meer inligting bel die feeskantoor by 054-332-1100.
Foto: Verskaf
ADAM tree op Saterdag 28 September op die kuierfees op.
Foto: Verskaf
DR. VICTOR AND THE RASTA REBELS tree op Saterdag 28 September op die Nashua Mobile足eiland足hoofverhoog op. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Soek base
DIE Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman het verskeie katte en honde wat graag deur ’n liefdevolle gesin aangeneem wil word. Gaan maak gerus ’n draai by die DSV se hokke om ’n kat of hond aan te neem. Bel Sonja Grobler by 082-744-9057.
LINKS: Die liefdevolle reun wag vir jou. REGS: Die reun is weggegooi en sal graag deel van ’n huisgesin wil wees.
Switch off your geyser between 5pm and 9pm. Here’s why:
The reason we ask you to switch off your geyser between 5pm and 9pm, is that the country uses more electricity during this time and supply is under severe pressure. Switching off your geyser helps free up power for other things and relieves the pressure on the grid.
DIE vriendelike tandarts dr. Dan Gouws kyk na Danré Skorbunski se mooi tande. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
Kleuters leer oor tande
Here’s an interesting fact, the huge demand for energy during the evening between 5pm and 9pm is the equivalent of one power station. There is an estimated 5,4 million electric geysers in homes across South Africa. 3YV GSQFMRIH GSRXVMFYXMSR QEOIW E WMKRM½GERX HMJJIVIRGI Switch off your geyser every day between 5pm and 9pm, and help us beat the peak to keep South Africa powered up. For more information visit www.eskom.co.za/idm
Benneli Olivier Van der Walt KLEUTERS van Black Rock se Krabbel-en-babbel-kleuterskool het op 5 September die tandarts op Kathu besoek. Susan Gouws het vir die kinders ’n praatjie gelewer oor hoe om hul tande mooi op te pas. Die kinders het oor gesonde en ongesonde kos en om hul tande gereeld te borsel geleer. Sy het ook aan hulle gedemonstreer hoe ’n mens regtig jou tande moet borsel. Ná die praatjie het elkeen ’n kans gekry om op dr. Dan Gouws se “tandartsstoel” te sit sodat hy na hul tande kon kyk. Die kleuters het by die vriendelike tandarts baie geleer en lekker gekuier.
Powering your world Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06 Mohlaleng_1555_E1
SUSAN GOUWS verduidelik aan die kleuters hoe om hul tande te borsel.
1923-
2013
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Heilige oomblik Schalk Theart ONS ry stadig met die rooi pad al teen die wildskamp se heining op. Hier sien ons spore in die pad en wonder of dit die plek kan wees. Ons hou stil en begin roep. ’n Groot koedoebul spring weg tussen die bosse en amper met dieselfde vaart is een van die mak kalfies agter hom aan. Ek dink dis vergeefs, maar skielik sien ek hom. Skaars tien tree van my af lê hy. Sy kop effens vooroor en sy ore hang soos een wat slaap. Ek roep weer saggies sy naam en hy lig sy kop. Die pragtige vaalgrys ore penorent en ons kyk mekaar in die oë. Ek klim baie stadig en amper geruisloos uit en prewel saggies sy naam. Ek kan sien hy hoor en reageer. Ek voel skielik soos Moses by die brandende braambos. Soos wat ek nader beweeg, bid ek soos Leipoldt: “Here, gee dat hierdie oomblik heilig word”. In my hand het ek ’n bietjie lusern. Hy laat my toe om tot by hom te kom. Hy ruik aan die lusern en hy vat ’n bekvol. Daardie pluk aan my hand om die droë lusern af te byt sal ek nooit vergeet nie. Hy vreet soos vantevore
uit my hand. Versigtig haal ek die selfoon uit en hoop nie hy lui nou nie. Die geluid van die kamera steur hom nie. Ek roep my seun nader en hy neem die mooiste foto van die mak koedoekalfie. Onder die bos waar hy lê, skyn die son op die effe strepies van sy lyf. Deur sy regteroor skyn die son rooi deur. Hy vat weer ’n bekvol lusern. Ek vat aan sy kop en ore en praat saggies met hom. Ek besef so iets het ek nog nooit beleef nie. Daar sal seker ook nooit weer so ’n oomblik wees nie, omdat die eerste keer altyd so spesiaal is. Hy staan op en verdwyn tussen die digte vaalbos. Ek sal weer en weer gaan kyk of ek hom nie gewaar nie. Volgende keer sal ek meer tevrede wees as hy soos sy maatjie vinnig wegspring en weghardloop agter ’n fris koedoebul aan. Boetie, wat hom met soveel sorg versorg het, sal ook tevrede glimlag dat so ’n voorreg hom beskore was.
SONJA GROBLER van die Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman het die leerlinge van die Kuruman Christian Academy oor die versorging van diere toegespreek. Die gr. 1 tot gr. 3leerlinge het geleer hoe om na hul honde om te sien en hoe om ’n hond deel van die gesin te maak. Sonja het twee skattige babahondjies saamgeneem wat baie byval onder die kinders gevind het.
VHinkepink: Mank, kreupel of sukkelend beweeg. Uit Nederlands: Hinkepinken. ’n Samestelling van hinken “hink, kreupel beweeg” en die betekenislose rymwoord pinken, blykbaar so genoem om te dui op die aanhoudende aksie van te hink.
VLekker: Van lekker lag kom lekker huil (as waarskuwing by baldadige pret). Oordrewe pret lei tot onplesierigheid: My ouma het altyd gesê: “Ná lekker lag kom lekker huil.” Lekker is net ’n vinger lank: Ge-
not of plesier duur nie lank nie: Jy sweer jy kan dit nooit vergeet nie, dog lekker is maar ’n vinger lank. Jy moet lekker wees: Gesê aan iemand om hom of haar tot entoesiasme, deelname of optrede aan te spoor (veral in studente- en skooltaal).
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
11
Skou om te onthou
DIE Kuruman-skou was vanjaar ’n reuse-sukses en ’n mens kon die Kalahari-gasvryheid en gees van Kuruman duidelik aanvoel. Die gemeenskap het dit gate uit geniet met die stalletjies, kindervermaak, mallemeule, die Lime Bar Cafè, 4x4-kompetisie en, natuurlik, die gaskunstenaars. Die skou het op Donderdag 5 September met die kroningsgeleentheid begin. Die bekende sanger Hendrik Spangenberg het die gehoor die volgende aand bekoor en almal kon ’n rukkie
van die koue vergeet. Daarna het Fran-zel oorgeneem en die jongspan die geleentheid gebied om teenaan die verhoog te dans en te sing en om ook saam met haar in die gehoor in te stap om die oueres van hul stoele af te kry en te laat dans. Jakkie Louw en Riaan van Rensburg was daarna aan die beurt en die mense het hul Blou Show baie geniet. Die twee saam op die verhoog het ongelooflike gees en humor verskaf. Die skou het Saterdag behoorlik uit sy nate gebars. Toe was Romanz eerste aan die beurt.
Die vier mans het die gehoor aan die juig gehad en die stoele, asook paviljoen, was in ’n japtrap propvol toeskouers. Ná hul vertoning het DJ Ossewa die verhoog betree en was daar nie mand wat kon bly sit nie. Die hele gehoor was op hul voete en aan die dans. Van jonk tot oud het die vertoning geniet en daar was skaars plek vir ’n muis voor die verhoog. Saarkie het die skou afgesluit en die jongklomp vermaak. Vanjaar se skou was beslis een om te onthou.
DJ OSSEWA het oud en jonk op hulle voete gehad.
DIE Klitsies en Kalante van die Kleuterakademie het ’n pragvertoning vir die gehoor gelewer.
RIAAN VAN RENSBURG (voor) en Jakkie Louw (agter) ná die opvoering van die Blou Show saam met van hul aanhangers.
Foto’s: Verskaf
ROMANZ het die gehoor met sy sang behoorlik bekoor.
’n BEKENDE Zoeloekunstenaar het die kinders vermaak met toertjies en sy humorsin. Hier is hy by leerlinge van die Preprimêre Skool Kuruman.
HENDRIK SPANGENBERG saam met ’n aanhanger, Sonja Thomas.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013 MARC DOUBELL (links), wat die stalletjie geborg het, saam met Pierre de Villiers. Foto: Verskaf ENIGIEMAND wat wil betrokke raak by Pierre en sy span se projekte kan hom by 078-793-1684 bel. Hy kan ook per e-pos by pwb.devilliers@gmail.com gekontak word. Besoek gerus ook hul Facebook-bladsy by www.facebook.com/Walkasmile
DIE amptelike Walk a Smilelogo.
Foto: Verskaf
PIERRE DE VILLIERS saam met sy seun, JeanPierre. Foto: Ilse Watson
Samel baie in Ilse Watson DIE afgelope naweek het Pierre de Villiers van Walk a Smile en sy span ’n lekker stalletjie op die Kuruman-skou gehad. Besoekers aan die stalletjie kon lootjies koop en die gelukkige wenners is tydens skoutyd aangekondig. Derick de Vos het die eerste prys gewen en Johnny Spence die tweede prys. Die derde prys (’n messestel van R1100) is deur Johan Poolman gewen. Die vierde prys is deur Henry Froneman gewen. Die vyfde prys (’n gehekelde kombers vir ’n dubbelbed) is deur Ronald Louw gewen. ’n Bedrag van altesaam R2 200 is met die verkoop van lootjies ingesamel. Met die verkope by die kosstalletjie is ongeveer R12 000 ingesamel. Pierre de Villiers en twee ander vriende het dié stalletjie (en ander geldinsamelingprojekte) begin om geld in te samel vir die Smile Foundation. Pierre se seun, Jean-Pierre, is met ’n gesplete verhemelte en lip gebore. Hulle beplan om volgende jaar in Julie Kilamandjaro uit te klim om sodoende nog geld vir die Smile Foundation bymekaar te maak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
BETREKKINGS
NETJIESE 2 SLKP woonstel, sitkamer en kombuis, koopkrag - R5000 p.m. Water ingesluit. Skakel 072 481 6586
DONDERDAG 'LIVE MUSIC' met Jaap Maritz, "Elvis"@ PALERMO'S. Gaskunstenaars: 12/9/2013 - Rudi 19/09/2013 - Werner Tyd: van 18:30 - 20:00.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. INSTANT LAWN te koop teen R30 per vierkante meter. Hoendermis teen R30 per sak. 079 563 9103. VAKANSIEPRET/ HOLIDAY FUN! Alle laerskool leerlinge - 23 Sept tot 27 Sept 07:00 - 17:00. Stimulerende aktiwiteite! Skakel 082 829 1307/082 300 3511
CASH FOR YOUR CAR or bakkie: R10 000 - R25 000. Phone 071 967 0285.
KURUMAN V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.
HUIS TE HUUR OP DIBENG. Oefenfiets te koop. Skakel 053 781 0334 of 071 942 4107. KURUMAN: 6-slk-/2-badk, gemeubileerd, swembad, braaiarea, afdak vir 5 voertuie. R27 000 p.m. Skakel 084 733 5835.
AANDAG
AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir professionele geakrediteerde installasies. Francois 072 156 4035. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
TE HUUR Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Modern R10 000 – R12 000 HUISE 3 slaapkamers 2 badkamers R8 800 – R10 000 4 slaapkamers Swembad Modern R16 500
Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123 EENSLAAPKAMER-woonstel te huur teen R4 000 p.m. W en l ingesluit. Dep. R2 000. Skakel 083 448 9124/5.
6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.
Bidvest Prestige Group has the following position available in the Northern Cape (Kuruman):
CONTRACT MANAGER
Basic + Benefits Applicants must have a minimum of 2-4 years’ relevant experience within the Mining Industry, coupled with safety skills. A valid driver’s licence is essential. Duties include: • Client satisfaction • Maintaining high cleaning standards • Control of direct expenses • IR & manpower development • Managing operations teams • Safety, equipment handling • Profitability • Maintaining a high standard of performance and image of the Company • Implementing ISO 9001 quality systems. The Company’s approved Employment Equity plan and targets will be considered as part of the recruitment process aligned to the Group’s Employment Equity strategy. Interested candidates to forward their CVs to Angelique on fax: 086 516 4749 or e-mail: angee@presclean.co.za
www.humanjobs.co.za
Human Communications 102532
EEN-SLK-woonstel, koopkrag, veilige parkering, onmiddellik beskikbaar, R4 000. Eenmanswoonstel, koopkrag, gemeubileer, beskikbaar 1 Oktober 2013, R3 500. Skakel 071 172 9777.
Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705 VIR ALLE WERK IN DIE boubedryf asook loodgieterswerk. Tevredenheid gewaarborg. 30 jaar ondervinding. Skakel 082 791 4249.
1997 COLT 2.5D, canopy, R39 500. 1999 Courier 2.5D, canopy, R39 500. Phone 071 967 0285. TOYOTA HILUX 2.2 4-Y 1980, langbasis, tralies. R22 500. Phone 071 967 0285.
2005 AUDI, FULLHOUSE, R59 500. 1996 Tazz 160i, R34 500. Phone 071 967 0285. 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336. SENTRA 1.6, 1995. R22 500. 1989 Corolla Sprinter 1.6. R19 500. Phone 071 967 0285.
LARGE 8-TON TRUCK. Dropsides, rails, papers in order. R59 500. Phone 071 967 0285.
FORD 2010-TREKKER in Kathu te koop, R45 000. Skakel Bettie vir meer inligting by 053 723 2894 of 084 829 9828.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
A. De Wet
In die boedel van wyle Annaret de Wet, voorheen
woonagtig te Kareelaan 12, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1534/12 Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lĂŞ by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 12 September 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
Ken hul skuiwe GUSTAV SCHONBORN (links) en Mason Adamas, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het op 30 en 31 Augustus in Kimberley aan die NoordKaapse skaakproewe deelgeneem. Mason is tweede op die o.16ranglys. Foto: Verskaf
H.L. Maritz
17
Alkantpan is a division of Armscor’s Research and Development (R&D) Department, located in the Northern Cape, 300km from Kimberley. It is an all-purpose ballistic test range in the central part of South Africa, involved in testing for example gun systems. Qualified personnel form a multidisciplinary team - a factor that contributes to the division’s success.
JORDAAN & MANS Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091
The following positions now exist and applications are invited from persons who meet the qualification and experience requirements:
Test Manager
Paterson Grading: D3 • Ref. 9911925 The successful candidate will be responsible for the effective management of allocated ballistic testing (quotation, planning, execution, invoices, data and customer relations) for the SA defence industry, international defence industries, and the DoD.
In die boedel van wyle Hendrik Lambert Maritz, voorheen woonagtig in Hoofstraat 27, Kuruman, 8460. Boedelnommer: 1511/12 Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof Kimberley en die Landdroskantoor op Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 12 September 2013.
Responsibilities: • Plan projects (testing) • Conduct risk assessments and safety planning • Execute projects (testing) • Manage personnel and safety during projects • Prepare and obtain approval of Certificates of Service • Check and confirm all ballistic test-related data • Liaise with customers on requirements and test-related issues • Compile invoices for completed tests.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
Requirements: • A tertiary qualification, ie Mechanical or Electronics Engineering or T3/equivalent • 6-7 years’ relevant working experience in a ballistic testing environment • The ability to execute calculus and trigonometry • The ability to analyse specifications and translate into test plans • The ability to plan and execute test plans • The ability to manage people and equipment • Practical and technical knowledge of ballistic measurement systems • Management skills • Knowledge of weapons and ammunition systems (from artillery to small arms) • Basic computer skills (Word and Excel) • Good interpersonal skills, communication, planning and organising skills • Good leadership skills • A valid driver’s licence • The ability to write and speak English • Sound knowledge of ballistic testing methods and safety • The ability to liaise with national and international customers.
Technical Officer: Electrical & Air-conditioning
NATURALLY DIFFERENT
Paterson Grading: C2 • Ref. 9911923
The successful candidate will provide a complete electrical and ammunition conditioning test support service, including maintenance of the high and 220-voltage power reticulation system at Alkantpan and the neighbouring Copperton town, under the guidance and supervision of the Senior Technician.
We make a difference because our people do. OPERATOR GRADE 2: QUALITY ASSURANCE, KUMBA IRON ORE,
SISHEN MINE, NORTHERN CAPE BAND 9
Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company.
Responsibilities: • Maintain the 11kV high-voltage power supply line • Maintain electrical equipment, ammunition conditioning chambers and power reticulation • Provide fixed and mobile power supply to designated areas • Perform electrical installations, upgrades and modifications as designated • Maintain mobile generators • Maintain air-conditioning and refrigeration equipment • Ensure storage of functional equipment • Perform calibration, repair and maintenance on designated electrical and conditioning equipment • Record electrical supply distribution data. Requirements: • A Grade 12/Technical or equivalent certificate • Qualifications and competence in the various systems and equipment • 3 years in a ballistic testing environment • Electrical maintenance skills • Proficiency in conditioning and refrigeration maintenance, as well as in the use of portable electrical equipment • The ability to identify and report risks • Ample knowledge of applicable equipment • Computer literacy • Good interpersonal, communication, planning and organising skills • A driver’s licence.
Assistant Technical Officer: Workshop Maintenance Paterson Grading: B3 • Ref. 9911924
In this 5-month fixed-term contract, you will collect, receive and undertake primary and secondary preparation of samples, operate the crane and carry out safety inspections. We’ll also need you to be involved in improvement actions at the Laboratory.
The successful candidate will provide assistance when preparing, operating, storing, transporting and maintaining workshop equipment and customer-furnished items. He/she will also be expected to provide support when fabricating target items and structures in accordance with specific procedures, regulatory requirements and customer specifications.
Ready? You’ll need a Grade 12 or equivalent (with Maths and Science), good knowledge of laboratory activities and processes (relevant laboratory experience will be an advantage), a valid driver’s licence and valid Crane Operator licence. If you’re able to operate in a team as well as independently and willing to be developed within the laboratory and relieve in a higher position when required, let’s hear from you.
Responsibilities: • Assist with preparing vehicles conveying dangerous goods by road • Operate material handling equipment (ie forklifts, mobilifts) • Assist with loading and offloading of workshop and customer-furnished material • Provide support with maintenance of vehicles, equipment, lifting equipment, infrastructure, buildings and heavy machinery • Provide support for preparation, fabricating and erecting test items • Operate smaller workshop equipment and tools safely • Safely operate a tyre machine for the repair of wheels • Clean the workshop and vehicles • Assist with rebooting vehicles with flat batteries • Conduct safety inspections • Assist customers with test requirements.
Ref. S706517 Achieve your career dreams at Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by forwarding your application to sishen4@angloamerican.com before 20 September 2013. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.
Requirements: • A Grade 10 • 3-5 years’ relevant experience in a defence-related environment • Proficiency in operating material handling equipment • An understanding of safety rules in a fabricating environment and workshop • Willingness to work long hours. Short-listed candidates will be subjected to psychometric assessments, appropriate reference checks, verification of personal data and security clearance as part of the selection process. Please note that appointment is subject to obtaining/maintaining a positive security clearance. In line with Armscor’s commitment to compliance with the Employment Equity Act, preference will be given to suitable candidates from designated groups. People with disabilities are encouraged to apply. Please e-mail a detailed CV to careers@armscor.co.za to apply for one of these positions. Clearly state the reference number and the position for which you are applying. The closing date for applications is 13 September 2013. Late applications will not be considered. Correspondence will be limited to short-listed candidates. If you do not hear from us within a month of forwarding your CV, please consider your application unsuccessful.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 102231
www.humanjobs.co.za
Human Communications 102331
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
DIE gr. 1Dklas is moeg, maar baie gelukkig nadat die gr. 1wedren verby is. Hier omring hulle hul onderwyser, Jean du Pisanie.
’n NAELBYTSTRYD speel hom tussen die kuipe af. Die groen span en die wit span veg verbete om ’n wenplek. Van links is, voor: Michelle Meintjies en Johané Luttig; agter: Anri Nieuwoudt, Dané Naudé, Swiegers Benadé en Romé Swart. Foto’s: Lizette Slabber
Gee vet! Lizette Slabber
DIE Laerskool Oranje-Noord het op Vrydag 6 September sy jaarlikse kaskarresies gehou. Dié dag is vir omtrent al die leerlinge van Oranje-
Noord die lekkerste dag van die jaar. Die verskillende klasse neem in graadverband teen mekaar deel en die wenklas in elke graad gaan lekker fliek terwyl die verloorders moet skoolgaan.
“HARDLOOP, manne, hardloop!” is seker wat Livian Maasdorp hier vir sy spanmaats skreeu. Van links is Philip Kühn, Mihaly Mayer en Livian.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
19
Dag bied hope pret PERSONEEL, ouers en leerlinge van die Laerskool Seodin het op 1 September Lentedag en Entrepreneursdag gevier. Vroegoggend – al bibberend – het almal deur die wildkamp gestap en daarna terug na die skool.
By die skool is elke leerling met ’n roomys ingewag. Die skoolterrein was vol helderkleurige stalletjies en die reuk van eetgoed het almal die hand diep in die sak laat steek. En elke leerling van die Laerskool Seodin kon wys
dat hy of sy werklik ’n entrepreneur is. Elke stalletjie het hope geld gemaak, maar met harde werk. Hierdie entrepreneurs van Seodin weet beslis na dese waar geld vandaan kom!
’n STALLETJIE wat aartappelskroewe verkoop het. Van links is Mandi Kruger, Nini Hanekom, Nicolene, Wilmien Kruger en Marieta Botes . JAUNDRÉ BRITS (links) en Luhan Hunter verkoop ’n nuwe speelding: die Bolo.
EN wie het gesê dat net die kosstalletjies kan geld maak? Janke en haar sussie Lizel Coetzer het groot aksie verskaf met hul glyspoor! STEPHAN HECTER het die allerlekkerste spookasem en biltong verkoop.
KLEIN AJ Joubert is in gr. 1, maar dié knaap weet hoe om geld te maak. Hy het ketties verkoop.
Leerlinge presteer DIE leerlinge van die Laerskool Kuruman wat aan die eisteddfod op Postmasburg deelgeneem het, het uitstekend gevaar. Altesaam 8 leerlinge het ’n A++ verwerf, 9 leerlinge ’n A+ en 11 leerlinge ’n A-simbool. Daar was ook drie B+- en vier B-simbole. Om ’n A++ te kry verg ’n persentasie van meer as 95%. Jové van Zyl, Marianke Jooste, David Bezuidenhout, Zanele Martin, Chené Lerm, Flavio
Leeuw, Jaco Gregory en Kiana McLoughlin was uitstekend in hul voordrag en het ’n A++ gekry. Kalia Jordaan, Tasmin Bridges, Elné de Klerk, Zander van Vuuren, Gehan Venter, Elré Strauss, Charlize Casper, Kayla Jordaan en Zelmari Ekkerd het almal ’n A+ (meer as 90%) gekry. ’n A-simbool is toegeken aan Shafeeqah Sulliman, Rebecca Stander, Kobamo Nkokou, Leandri Serfontein, Sara Letsi, Hayleigh van Wyk, Dimpho
Bogodile, Kobus Benson, Elmariza Goliath, Anz-lee Eilerd en Marné Visser. Ander uitslae is ’n B+ vir Atlegang Sehularo, Che-lyn Gower en Gomotsegang Nkadimang, en ’n B vir Zia Spies, Jacques van Wyk, Mmantshidiso Sebotsa en Aaron Kunnath. Dawn Grobler van die skool wat aan die hoof van die eisteddfod staan, het die afrigters en deelnemers geloof vir hul harde werk en puik uitslae.
LEERLINGE van die Laerskool Kuruman het puik gepresteer tydens die Postmasburgeisteddfod. Hulle is van links, voor: Marianke Jooste, Zanele Martin, Flavio Leeuw en David Bezuidenhout; agter: Chené Lerm, Jaco Gregory, Jové van Zyl en Kiana McLoughlin.
Wins gift voucher JANNATUL FERDOUS, a gr. 4 learner of the Kuru man Primary School, won a gift voucher from the public library in Kuruman for reading more than 200 books from December 2012 to March 2013. The library regularly has competitions like this to encoura ge reading amongst children. Jannatul is an eager reader and reading so many books is a wonderful challenge.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
Seodin-meisies staan nie terug
Gaan deelneem aan proewe GARETH BLAKE, ’n leerling aan die Laerskool Kuruman, is in die GriekwalandWesPlattelandkrie ketspan (o.11) na die proewe op Upington ingesluit. Die span sal la ter vanjaar aan die Griekwaland Wesproewe deelneem.
LOUIS DU PLESSIS (o.13), Casper du Plessis (o.11) en Foster Lubbe (o.11), leerlinge aan die Laerskool Seodin, is vir die Griekwaland-Wesse plattelandse krieketspan gekies. Hulle gaan hierdie naweek aan die provinsiale proewe in Kimberley deelneem.
DIE einde van Augustus was ’n mylpaal vir die Laerskool Seodin se meisiehokkiespelers. Die o.9A- en o.9B-, o.11A- en o.11B-, asook die o.13A- en o.13B-spanne, het aan Op die Voorpos se hokkiedag op Upington deelgeneem. Die Laerskool Seodin se hokkiemeisies het teen Oranje-Noord, Op die
CASPER DU PLESSIS (links) en Foster Lubbe.
LOUIS DU PLESSIS
DIE o.13Ameisiehokkiespan in aksie.
Voorpos, die Laerskool Kakamas, Laerskool Groblershoop, Laerskool Blaauw en Laerskool Fanie Malan gespeel. Ongeag dat Seodin eers vanjaar begin het met hokkie speel, en moes meeding teen spanne wat al van gr. 1 af hokkie-afrigting ontvang, was die meisies briljant.
Die meeste van die wedstryde het gelykop geëindig, en as daar ’n verloor was, was dit slegs met een doel. Die Laerskool Seodin is baie opgewonde oor dié nuwe sport vir meisies in die komende derde kwartaal. Die skool hoop om die omliggende skole volgende jaar ook op die hokkievelde te sien.