Kuruman bulletin 12 feb 2014

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

13 FEBRUARIE 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kuruman WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

AfriForum goes to court Organisation doubts municipal official’s qualifications Ilse Watson AFRIFORUM has sent an urgent letter to the Ga-Segonyana Municipality warning them not to reinstate Edwart Ntafeng as municipal manager. This is because the civil rights organisation strongly suspects that Ntafeng does not have the required qualifications for the position. Ntafeng was fired from his position in 2012, but he refused to leave and demanded a golden handshake of R4,5 million. AfriForum has previously requested Ntafeng to make his qualifications known and he had declined. The organisation now plans on bringing the matter before the court. They want to apply for a court order to compel Ntafeng to make this information available. “If he has nothing to hide, there is no need for such secrecy. Why is he so defensive?” says Stefan Pieterse, AfriForum organiser in the Northern Cape. Kalahari Bulletin previously reported on 5 December 2013 about the Ga-Segonyana Municipality’s bankrupt status. Its bankaccounts were frozen and it could not continue with its normal business. Municipal officials who are aware that a municipal manager does not comply with the qualification requirements, have been informed accordingly and still support an appointment, are guilty of deliberate or gross negligence and may be criminally prosecuted. Municipal officials found guilty of such offences may not be employed by any municipality for a period of ten years. “It happens far too often that municipal officials are found guilty of offences in one municipality and then simply move over to another,” Pieterse says. The application will be heard soon.

Celebrating love TOMORROW is Valentine’s Day. Kalahari Bulletin wishes all the readers a lovely day. Read more about this beautiful day on page 3.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

EIENAARS van stalletjies was ontevrede oor dié optrede van die Kuruman-verkeersdepartement.

Onwettiges verwyder Ilse Watson

LEDE van die Kuruman-verkeersafdeling het verlede Donderdag 6 Februarie onwettige stalletjies (net oorkant Cashbuild) begin verwyder. “Ek het reeds verlede jaar die mense gewaarsku ons gaan die stalletjies verwyder,” sê Hein van Rooyen, hoof van die verkeersafdeling.

Die eienaars van die stalletjies is ongelisensieerd en mag nie kos en ander goedere verkoop nie. “Hulle gebruik ook die toiletgeriewe van private plekke (sakeondernemings), want daar is nie toiletgeriewe by die stalletjies nie. “Dit is hoekom ons besluit het om vandag te begin om die hele plek op te ruim,” vervolg Van Rooyen.

STALLETJIES word opgetel en verwyder.

LEDE van die Kuruman-verkeersafdeling het verlede Donderdag ontwettige en ongelisensieërde stalletjies verwyder. Foto’s: Ricardo Engelbrecht


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

3

Laat Valentyn só spesiaal voel Lynn-Mari Olivier

Love is all around Lynn-Mari Olivier VALENTINE’S DAY is celebrated right across the globe. Many people celebrate this day by showing affection towards their loved ones, by taking them to a restaurant for a romantic dinner, for instance. Some might even use this day to propose marriage to their soulmate. An interesting fact is that in some countries and cultures this day is used to appreciate friends. Valentine’s Day in Finland is

referred to as Friend’s Day and in Guatemala this day is also known as the day of love and friendship. In other words, on this day they show their love and appreciation towards their friends. How did Valentine’s Day originate? This is not clear, but it is believed to have its origin from a priest named St Valentine. According to the website www.timeanddate.com this priest was known as the priest of lovers. One theory of how he became the priest of lovers, is that it was

because of a pagan festival held during middle February. The ceremony included putting girls’ names in a box and letting the boys draw them out. Couples were then paired out for that year. The Christian church allocated saints’ names for the girls, in the hope that the participant would model his life after the saint whose name he drew. From there the custom to send anonymous cards or messages to those whom you admired became a way of celebrating Valentine’s Day.

DIE romantiesste dag van die jaar is om die draai. Verliefdes wêreldwyd beplan sekerlik spesiale aktiwiteite vir hul geliefdes – om nie eens van die perfekte geskenk te praat nie. Teddiebere, sjokolade en bosse blomme is algemene geskenke wat op dié dag uitgeruil word. Die vraag is: Is dié soort geskenke die perfekte geskenk of net die algemeenste artikel om jou liefde aan iemand mee te verklaar? Dit is nou wel nie vanjaar skrikkeljaar nie, maar wat keer jou om dinge ’n bietjie anders te doen? Neem die voortou, doen iets heeltemal anders en verras jou geliefde. Hier volg ’n paar kostebesparende idees net om die dag ’n bietjie meer “tuisgemaak” en spesiaal te maak. ’n Romantiese ete tuis en ’n fliek is nou wel nie die oorspronklikste idee vir ’n romantiese aand nie, maar dit bly ’n treffer en is baie intiemer. Neem die leiding en bestee ’n

bietjie geld op kerse en spesiale bestanddele vir die ete. Op die platteland het mense nie luukses soos groot parke nie, maar hier is beslis ’n paar plekke waar ’n piekniek uitstekend gehou sal word. Daar is byna niks so romanties soos ’n piekniek nie. ’n Duurder geskenk dui geensins op meer liefde nie; inteendeel, die teendeel kan soms waar wees . . . Die outydse manier om jou liefde te verklaar bly spesiaal. Skryf ’n liefdesbriefie en verklaar só jou liefde. Onthou jy nog die dae toe jy kassette met allerhande liedjies aan jou meisie of kêrel gegee het? Waarom nie weer nie? Maak ’n CD met al jou geliefde se gunstelingliedjies op en skryf ’n spesiale boodskap bo-op.Hier is ’n voorbeeld: Huckleberry, Gooseberry, Raspberry pie, All sweetest things one cannot buy. Peppermint candies are six for a penny, But true love and kisses, one cannot buy any. – Clyde Watson


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Maak ’n verskil, laat stem hoor OP 7 Mei sal Suid-Afrikaners hul kruisies in die vyfde demokratiese verkiesing kan trek. Helen Zille het onlangs gesê: “Ons het een kans om elke vyf jaar ons reg om te stem uit te oefen, en dit is belangrik dat ons nie vanjaar se kans mors nie.” Maar hoe stem ’n mens as 13 Noord-Kaapse munisipaliteite ondersoek word, omdat hulle die afgelope drie jaar miljoene rande bestee het waarvoor nooit begroot is nie? Die munisipaliteite wat ondersoek word, is Kgatelopele (Daniëlskuil), Kamiesberg (Garies), Sol Plaatje (Kimberley), Gamagara (Olifantshoek en Kathu), Nama Khoi (Springbok), //Khara Hais (Upington), Phokwana (Vaalharts), Karoo-Hoogland (Williston), Thembelihle (Hopetown), Enthamjeni (De Aar) en Umsobumvu (Colesberg). Munisipaliteite moet verduidelik wat hulle met Suid-Afrikaners se belastinggeld gedoen het. Orals vier korrupsie, swak dienslewering en wanbestuur van geld hoogty, en misdaad in verskeie gemeenskappe neem deurentyd toe. Arm mense word hard geslaan wanneer munisipaliteite die geld gebruik vir hul persoonlike gewin. Al die munisipaliteite het briewe ontvang dat hul munisipale bestuurders ondersoek gaan word. Die afgelope tyd het verskeie

betogings oor Suid-Afrika heen plaasgevind – werkers is ontevrede met swak lone en swak dienslewering. Mense van arm gemeenskappe in en by Kuruman het verskeie paaie wat deur swaar voertuie gebruik word, versper en bande aan die brand gesteek om hul misnoeë omdat hulle geen werk kan kry nie te wys. Sommige van Kuruman se paaie is vol slaggate. In Kathu lyk dit nog erger – slaggate is so diep dat sou ’n gewone kleinerige motor in so ’n slaggat beland, die voertuig ontsettend baie skade sal opdoen. Dan is daar die probleem van onverdraagsaamheid. Lede van die EVV het onlangs verkiesingsvergaderings gehou. Een van die EVV se woordvoerders is na bewering deur ’n ANC-lid aangerand. Om geen goeie rede nie. Pres. Jacob Zuma en ander leiers moedig Suid-Afrikaners aan om te stem. Maar onlangse ondersoeke het getoon baie jong mense beplan nie om te stem nie. Dit is ’n jammerte, want elke Suid-Afrikaner se stem word benodig. Elke Suid-Afrikaner se stem kan ’n verskil maak. Dalk kan dienslewering verbeter word, korrupte munisipaliteite vasgevat word en misdaad beter hokgeslaan word. ’n Mens moet stem.

It’s all or nothing Pastor Gert Kriel WHEN I was 15 years old, I gave my Life to Jesus. It was so real and I knew I could never be the same again. Sadly, about a year later, I just “became” the old me again. I still “loved” God, but I wasn’t following Him. Maybe you have made a decision for Christ, but somewhere down the line things have gone down the wire. I want to share with you briefly what restored me in my relationship with Christ. Only by faith in Christ, from the heart, and accepting and confessing Jesus as your Lord, can you be saved (Rom. 10:9-10 & John 1:12-13). It is a decision, not a feeling. Follow through in spite of what you “feel”. Heaven is not the goal. Having a relationship with God is. Eternal life is to know God and Jesus Whom He sent (John 17:3). Invest your life into the most important thing there is: knowing God. Embrace the whole truth. If you want to follow Christ, it’s all or nothing. I can’t just embrace the things/teachings that I am comfortable with. Jesus asks absolute surrender.

Pray. Talk to God openly, from your heart. God is a loving Father, a person, who desires friendship. Make time to listen, as any relationship where only the one party talks the whole time is empty and bound for destruction! Read your Bible daily. It teaches us to think like God, and hear his voice. It tells us how to live, and if applied, will make us prosperous in all parts of life. We can’t do it on our own. Just sitting in a pew on a Sunday is not enough. Watching a preacher on TV isn’t going to work. You need to connect with people who are serious about their relationship with God, and share life with one another. Everyone needs help along the way. You need to invite trustworthy people into your heart who can help and mentor you (Acts 2:40-47). We grow when we take responsibility for others. May God bless you, and possess you!

A LOO with a view. Dié Kalahari-toilet het mure van riete, wingerdstompe en kameeldoringtakke en het boonop ’n asemrowende uitsig. Foto: Lizette Slabber

Troeteldiere, kleintjies spel drama Benneli Olivier Van der Walt TROETELDIERE word regtig deel van ’n mens se gesin. En net soos met familie kom hulle met allerhande drama. Verlede naweek het ek presies so ’n “troeteldier-drama” aanskou. Ek staan by die hek van die stadion ná Kathu se groot rugby en wag vir my man en seun om my te kom oplaai. So tussen die wag deur sien ek ’n klein Yorkiehondjie soos blits by ’n kompleks se hek uitvlieg. Kort op die hondjie se hakke kom ’n meisie van so vier jaar aangehardloop. “Snoepie,” skree sy, maar Snoepie is doof. Dit het die afgelope twee weke heerlik baie in Kathu gereën en oral in die dorp is lekker rooibruin modderpoele. En dit is juis na een van die poele waarheen Snoepie so geesdriftig op pad is. Die brakkie is ook nie links nie en spring in die poel en begin rondrol. Die

meisie kom na die poel toe aangesnel, en daar staan sy toe en kyk na Snoepie se manewales. Nou moet ek net noem die meisie het die allerfraaiste wit rokkie aangehad. Saam met spierwit sokkies en tekkies. Eers staan sy net en probeer die brakkie uit die water uit skree en pleit. Maar Snoepie het natuurlik besluit vandag is die dag vir “avontuur-swem” en ignoreer alle verbale kommunikasie. Die meisie het ná ’n tydjie seker besef haar pogings is vrugteloos, en plons toe, met net ’n oomblik se aarseling, agter Snoepie die poel in. Tekkies en al. Die heldedaad van die meisie inspireer toe die hond tot ’n

springery en blaffery wat getuig van die grootste jolyt. Hoe meer die meisie probeer om vir Snoepie op te tel en na veiligheid te dra, hoe meer spartel die brakkie om met sy nooi te speel. Ná ’n goeie vyf minute kry die meisie eindelik die oorhand. Hond en kind is van kop tot tone in rooibruin modder bedek. Almal wat Kathu se amptelike kleur ken, weet daardie wit rokkie sal nooit weer dieselfde wees nie. Met Snoepie in die arms spartel die kind uit die poel. Sy gee die hond ’n onbeholpe piets op die boud en sê kwaai: “Jy is ’n stout hond, Snoepie.” En in dieselfde asem soen sy die brak vol op die bek. Daar gaan die kind met die hond in die arms terug huis toe. Reddingspoging voltooi, sonde vergewe. En duidelik vol planne om Snoepie in die badkamer te gaan bad. Wonder net wat het Ma oor Snoepie se avontuur te sê gehad.

20/30

19/29

18/28

21/32

20/31

19/30

23/40

22/38

22/38

NNO-5

NO-5

NNO-10

NNO-5

NO-5

NNO-10

KALM

N-5

N-5

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

5

Boom versper pad ná hewige storm Ilse Watson VERLEDE Vrydagmiddag het ’n hewige storm Kuruman getref. Dit het ontsettend hard gereën met swaar donderweer en weerligstrale wat oral geklief het. Die hele dorp was vir 45 minute sonder krag. ’n Deel van ’n yslike boom naby die Laerskool Kuruman is in die storm met heeltemal wortel en al uit die grond geruk en dit het die pad voor die skool versper. Die Kuruman-polisie het die gebied afgebaken en vir verkeer gesluit. Dit is nou die verantwoordelikheid van die Ga-Segonyana-munisipaliteit om die boom te verwyder.

DIE boom by die Laerskool Kuruman wat die pad heeltemal versper. Foto’s: Ilse Watson

TYDENS die hewige storm is die boom met wortel en al uit die grond geruk.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

LEEFSTYL

Soet én suur vir boere SOOS dikwels die geval in die landbou, maak die bitter in die mond eindelik tog die hart gesond. Dit blyk die geval te wees in die Oranjerivier-wynvallei waar die 2014-oes tot dusver gekenmerk is deur ’n potensieel rampspoedige natuurverskynsel wat waarskynlik ’n positiewe nadraai kan hê. Die wingerdboustreek aan die oewer van die Oranjerivier tussen Blouputs aan die westekant en Groblershoop in die ooste is in September deur ’n vlaag ryp van ongekende omvang getref. Die swaar ryp, veroorsaak deur nagtemperature wat tot -8°C gedaal het, het reuse-verliese vir tafeldruif- en rosyntjieboere tot gevolg gehad. Volgens Henning Burger, bestuurder: wingerdkundigedienste by Orange River Cellars, was die onlangse ryp die ergste wat die streek nog ervaar het sedert rekordhouding begin is. Boonop het talle gebiede wat nog nooit voorheen ryp ervaar het nie nou skade gely. “Tafeldruiwe en sultanas is swaar getref aangesien die ryp tussen die bot- en blomperiode toegeslaan het,” sê Burger. “Die goeie nuus vir wynproduksie is dat wyndruifkultivars in daardie stadium nog nie so ver in die ontwikkelingsproses

HENNING BURGER, bestuurder: wingerdkundige-dienste by Orange River Cellars. Foto: Verskaf gevorder het nie, dus het wynprodusente die omvang van die rypskade wat tafeldruif- en rosyntjieboere gely het, grootliks vrygespring.” Die streek se wyndruiwe is egter nie heeltemal ongeskonde gelaat nie – sommige wingerde het wel rypskade opgedoen, en daar word gevolglik beraam dat Orange River Cellars se oesopbrengs vanjaar met 20% sal daal. Hoewel parstyd vanjaar weens die koue twee weke later as normaalweg begin het, met winderige weer tydens die blomperiode, is die vruggehalte uitstekend en Burger is veral opgewonde oor die verwagte pH-vlakke. “Ek verwag beter pH-vlakke in ons vrugte te danke aan die koel temperature wat ons tussen korrelset en deurslaan ervaar het. Dit is wanneer die meeste appelmelksuur en wynsteensuur gevorm

word, en hierdie koel tydperk het dus die plante meer tyd vir suurproduksie gegun,” sê hy. Burger meen dat die verwagte kleiner oes met minder trosse die plant in staat sal stel om meer voedingstowwe na die trosse te kanaliseer en sodoende druiwe van hoë gehalte te produseer. “Ons moet net duim vashou dat die hittegolwe sal wegbly, aangesien hitte die sure afbreek sodra suikeromskakeling begin. “Op die oomblik voorspel ek egter dat ons wyndruiwe met natuurlik hoë suurvlakke en beter pH-vlakke as verlede jaar sal oplewer.” Volgens Burger kan temperature bo 38°C veroorsaak dat die wingerdstok as verdedigingsmeganisme ophou funksioneer, en fotosintese dan nie kan plaasvind nie. “Dit is maar die wispelturige aard van wingerdboerdery – ’n mens kan nie die natuur voorspel, of dit voorskryf nie!” Gepols oor die uitdagings van boerdery in die Noord-Kaap, sê Burger dat hy elke jaar ’n groter speling tussen dag- en nagtemperature waarneem. “Een van ons produsente se grootste uitdagings is om toe te sien dat ’n nuutgeplante wingerdstok sy eerste jaar oorleef,” sê hy. “Ons kan hier duidelik sien dat klimaatsverandering nie bloot ’n tydelike verskynsel is nie. Dit is hier om te bly, en toekomstige boerderystrategieë sal daarby moet aanpas.”

Stop neusbloeding só Yolandi van Deventer NEUSBLOEDING, of epistaxis soos wetenskaplik daarna verwys word, is gewoonlik nie ’n ernstige toestand nie. Dit kom baie algemeen voor en kan verskillende oorsake hê. Daar is gewoonlik twee soorte neusbloeding: anterior (voor) en posterior (agter). Die anterior-bloeding is gewoonlik skadeloos en kom in 90% van gevalle voor, terwyl die posteriorbloeding mediese sorg deur ’n oor- neus- en keelspesialis mag benodig. Die oorsaak van neusbloeding kan gewoonlik verdeel word in lokale en sistemiese faktore, hoewel party soorte neusbloedings geen oorsaak het nie. Lokale faktore sluit in trauma aan die neus of gesig, vreemde voorwerpe (byvoorbeeld vingers wat aan neus krap), inflammatoriese reaksies byvoorbeeld sinusitis of allergieë. Ander faktore kan wees die gebruik van sekere soorte medisyne, die inaseming van laehumiditeitlug (veral in die winter) of neussproei. Sistemiese faktore se grootste oorsaak is infektiewe toestande soos verkoue en hipertensie (hoë bloeddruk). Neusbloeding word veroorsaak wanneer ’n aartjie in die neusholte bars. Dit kan spontaan wees of weens trauma. Spontane neusbloeding kom algemener voor by ouer mense waar die slymvliese in die neusholte reeds dun en meer uitgedroog is. Wanneer neusbloeding voorkom, kan die volgende gedoen word om dit te probeer stop: ) Neem die duim en wysvinger en

“knyp” net onder die benerige deel van die neus waar die sagte, vlesige deel begin. ) Hou die bloeier se kop vooroor sodat bloed nie in die keel af stroom en hom/haar naar maak nie. ) ’n Yspak kan agter op die nek geplaas word. ) Dit is belangrik om daarop te let dat, wanneer die bloed ál dikker begin raak namate die knyp-aksie op die neus uitgevoer word, dit nie gestaak moet word totdat die bloeding opgehou het nie. Die dikker bloed dui daarop dat stolling begin plaasvind en die bloeding sal begin stop. Tydens ’n neusbloeding lyk dit soms asof baie bloed verloor word, maar dit is gewoonlik nie die geval nie. Indien die bloeding uitermatig is, of dit met bloeding aan ander dele van die liggaam gepaard gaan, is dit raadsaam om ’n geneesheer vir verdere ondersoek te kontak. Gevaarsimptome van te veel bloedverlies is onder meer duiseligheid, dronkheid, deurmekaarheid en floute. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

7

an h t e r o m k c a b n e iv We’ve g since March 2011 s r e p p o h s t R1 Billion to smar DIE Bloodhound SCC-landspoedrekord gaan nou eers in 2015 op Hakskeenpan aangepak word. Hier is Andy Green met ’n model van die Bloodhound op Hakskeenpan. Foto: Verskaf

Aanslag op rekord uitgestel André Botha

DIE tweede helfte van die winter in 2015 is die tyd wanneer Andy Green in sy Bloodhound ’n aanslag op die wêreldlandspoedrekord gaan maak. Richard Noble, projekdirekteur, sê die nuwe datum is die gevolg van ’n oudit wat deur BMT HighQ Sigma, ’n ingenieurshersieningsmaatskappy, gedoen is. Weens die omvattende aard van die projek is besluit om kundigheid van buite te bring om die projek se ontwerpvermoë te oudit. ’n Deeglik nagevorste tydsplan moes ook opgestel word voordat ’n verbintenis gemaak word vir die finale ontwerp vir die res van die motor se sowat 3 000 onderdele van die 197 verskaffers. Die ingenieurspan het besluit om nou die operasie te laat hersien eerder as om die risiko te neem dat probleme later in die konstruksieproses ontstaan. Sigma se beplanning is dat die voertuig in die eerste helfte van die Suid-Afrikaanse winter voltooi moet word, met die wêreldrekord-aanslag dan in die tweede helfte van die winter. Noble sê die Bloodhound SCC-span is die mees ervare landspoedrekord-span. Hy het self op 4 Oktober 1983 in ’n voertuig genaamd Thrust in die Nevadawoestyn in Amerika die destydse landspoedrekord van 1 019 km/h opgestel. Juis dié ervaring beteken die spanlede weet hoe moeilik die projek is. Om onafhanklike assessore in te bring en die planne eerder ’n bietjie uit te stel is die moeite werd omdat daar nou sekerheid is dat die regte benadering gevolg word en dat die span ’n voertuig sal hê wat 1 600 km/h sal kan haal.

d e h c t i w s Have you ? h s a c o t s your point

PnP Bulk Lean Beef Mince

31

R

PnP Fresh Chicken Breasts, Thighs or Wings Per kg

Per kg

Garnish and decor not included

SAVE R12

20

R

BUY 2 FOR

30

21

80

40

SAVE 2.20

PnP NO NAME™ Macaroni or Spaghetti 500g Each

PnP NO NAME™ Parboiled Rice 2kg

PnP White Sugar 2.5kg

67 R7

28

PnP Extra Virgin Olive Oil 1 Litre

SAVE 4.90

PnP NO NAME™ Blended Cooking Oil 2 Litre

16 R 12

Parmalat PureJoy Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each

Simba Doritos Assorted 150g

Sasko Cake Flour 2.5kg

18

R

Kellogg’s Corn Flakes 500g

8 R68

Sta-Soft Fabric Softener Assorted 500ml Refill Each

R

50

Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each

19

90

Nescafé Ricoffy 200g Flexi Bag

23

R

Danone Yogi Sip Drinking Yoghurt Assorted 1kg Each

Helios Medium Fat Spread 1kg Tub

90

PnP Instant Mash Original, Country Herbs, Sour Cream & Chives, Sweet Chilli or Sweet Garlic 100g Each

R

R

19

R

R

20

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

7

13

R

SAVE 3.09

PnP Washed Potatoes 2kg

90

BUY ANY2 FOR

19 18 90

R

PnP Royal Gala Apples 1.5kg

Velties slyp dramatalent DIE Hoërskool Duineveld het ’n unieke dramakursus saamgestel vir al die junior leerlinge, asook die nuwe leerlinge, in Veltieland wat graag aan hul dramatalent wou slyp. Dit is op Vrydag 7 Februarie deur Olga Malan van Firefly Productions en die ATKV aangebied. Die kursus het bestaan uit teorie, die bespreking van karakters en ook praktiese werksessies. Die leerlinge het veral die improvisasie baie geniet. Hulle het ook kennis gemaak met die struktuur van die sielkundige riller – tog was die atmosfeer lig en vrolik. Leroena Maass het as organiseerder die seepgladde verloop van die kursus verseker.

46

R

SAVE 16.90

Dinu Rose Collection 2 Ply White Toilet Tissue 18s

83 Bobtail Dry Dog Food Assorted 7/8kg Each

Best Customer Loyalty Programme 2013* PRICES VALID 11 - 16 FEBRUARY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1183643_390x198


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Handjies leer só raakvat Renske Van der Walt DIE tyd van die jaar begin kleuters die kunswerke wat hulle in die klas gemaak het huis toe bring. Seuns se prente is dikwels ’n gekrabbel met swart, donkerblou of bruin oor die hele bladsy. Plek-plek is dit selfs oor die rand van die papier en Mamma wonder: “Waar is my kunswerk?” Die meeste van hierdie eerste kunswerke deur die ouderdomsgroep drie tot vier jaar is eksperimenteel – dit is dan so lekker om te toets hoe kryte werk . . . ’n Mens kry dikwels kleuters wat so lekker op die esel verf dat hulle sommer op hul hand, arm en tot by hul skouer verf. Die episode herhaal hom elke keer as nuwe media uitgepak word. Die eerste verfprent is gewoonlik in een kleur en die hele blad vol sonder ’n wit kolletjie. Denke oor kinderkuns het die laaste 50 jaar baie verander. Navorsing toon dat die ontwikkeling van kinderkuns ’n baie voorspelbare patroon volg. ’n Onbeheerde gekrabbel: Dit is die eerste ontmoeting met papier en skryfapparaat. Die kleuter swaai sy arm met ’n gebalde vuis wat die kryt of potlood vashou heen en weer oor die papier en is dikwels verstom dat daar merke op die papier vorm. Die wonder vind dan plaas as die kleuter besef dat hy die krabbels op die papier kan beheer. ’n Beheerde gekrabbel: Die kleuter begin om doelbewus sirkelvormige krabbels te maak. Hierdie krabbels is dikwels groot – daarom word aanbeveel dat A3- of selfs groter velle papier hiervoor beskikbaar moet wees. Die hele arm, veral die bo-arm en skouer, word vir dié tekeninge gebruik. Ontspan as die kleuter die kryt nog in ’n vuisgreep het – motories moet die groot spiere nou eers ontwikkel. Die kleuter gebruik steeds hoofsaaklik een kleur. Later volg meer kleure. Klein sirkelvormige strukture: Die kleuter beweeg aan en begin sirkeltjies met die potlode trek. Dit gebeur as die kleuter die verskil tussen skryf en teken ontdek. Hulle maak dikwels die sirkels onder hul name wat juffrou geskryf het, of vertel self dat hulle hul “naam” geskryf het. Wees saam met jou kind opgewon-

PA PHILLIP WILLIAMS en sy dogter Chané ondersteun mekaar op die Shavathon.

Pret vir Kansa Ilse Watson

de oor hierdie mylpale wat bereik word elke keer as hy na ’n nuwe stap vorder. Moenie inmeng nie, bewonder net die werk en vra uit. Mensfigure: Die sirkeltjies, wat nie heeltemal rond is nie, begin nou ’n mond of ogies kry – kyk mooi om dit raak te sien. Soms is die ogies nog buite die sirkel wat die kop voorstel – daar is nie ’n reg of verkeerd nie. Gee die kleuter tyd om dit te laat ontwikkel. Nog later teken die kleutertjie “bene en arms” aan die kop – die figuur lê in die begin op die sy met die liggaamsdele wat direk uit die kop spruit. Nog later staan die mensfigure op hul bene en nog later kom die detail soos hande, voete, hare en ooghare by. Hierdie proses van ontwikkeling duur van tweejarige ouderdom tot en met die kleuter vier of vyf jaar oud is.

’n Mens moenie hiermee inmeng nie. Laat die ontwikkeling self plaasvind en gee net die geleentheid en materiaal. Deur in te meng by die huis deur die kind te wys hoe om te teken, sy naam te skryf of om te voorskriftelik te wees ondermyn die kleuter se selfvertroue. Dit vertraag die natuurlike proses. Kinders wil dit self doen en dit is hul reg om self te ontdek, uit te vind, foute te maak en uit hul foute te leer. By die Bana Early Development Centre doen hulle juis dit: Gee die kleuter die geleentheid om self te eksperimenteer en om self deur al die bogenoemde stappe van ontwikkeling te gaan. Die skool het drie plekke beskikbaar vir kleuters wat in 2010 gebore is. Rig navrae aan die skool by 084-701-1860.

KANSA KURUMAN het die afgelope Saterdag ’n Shavathon by die Kuruman-Spar gehou.

QUINTES (LINKS) EN CAILO THORPE wat aan die Shavathon deelgeneem het. Quintes is vanjaar die hoofsanger tydens die Kansa Relay wat in Februarie gehou word.

Velties knap in musiek VIER musiekleerlinge aan die Hoërskool Duineveld het baie goed in die Unisa-musiekteorie- en praktiese eksamens gevaar. Floris Thirion, Melinda du Toit en Carina Reynecke het die gr. 4-teorie-eksamen geslaag. Esta Burger het die gr. 3-teorie-eksamen

deurgekom. Melinda, Carina en Esta het met eervolle vermelding geslaag. Floris het gr. 3-saksofoon met eervolle vermelding geslaag. Melinda het gr. 4-blokfluit met lof behaal. Esta het gr. 3-klavier met eervolle vermelding geslaag en Carina gr. 3-klavier.

VAN links is Esta Burger, Carina Reynecke, Floris Thirion en Melinda du Toit.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

9

Gee ons krag, want hulp is min BIANCA MORRISON, Kuruman: DIE Kuruman-nywerheidsgebied is nou al sedert Vrydag sonder elektrisiteit. Die krag het met die swaar reën van Vrydagmiddag 7 Februarie afgegaan. ’n Mens is dankbaar vir die reën, maar om al vir drie dae sonder krag te wees is onaanvaarbaar. Ek het Maandag die Ga-Segonyanamunisipaliteit gebel en ná ’n lang gewag (en gevolglike hoë telefoonrekening) het ek eindelik met ’n werker van die munisipaliteit gepraat. Die munisipaliteit het geen idee wat fout is met die krag nie en kan ook nie belowe dat dit binne die volgende twee dae herstel sal wees nie. Die vrou van die munisipaliteit het voorgestel dat ons en ander inwoners ’n kragopwekker aanskaf. Ek glo baie van ons inwoners en ander ondernemings het nie nou die geld om dit te doen nie. Baggane Choche kon nie op sy persoonlike nommer of sy kantoornommer bereik word nie. Weens die munisipaliteit se nalatigheid ly huishoudings en besighede in die nywerheidsgebied groot verlies. Vleis en vars kos word vrot. Ons kan net soveel kla, maar wie gaan ons help? Op die oomblik kan ons glad nie op ons munisipaliteit vir hulp staatmaak nie.

ROBUL SHAK, eienaar van die Salman Sahrair-winkel in Wrenchville, wat al verskeie kere aangeval is en op wie skote al geskiet is.

Foto: Ricardo Engelbrecht

Wrenchvillers raadop oor rowers Ilse Watson ’n WINKELEIENAAR van Wrenchville is die afgelope drie maande die teiken van booswigte. Die Salman Sahrair-winkel, die eiendom van Robul Shak, is al 16 keer beroof. Hy is ook op 29 Desember verlede jaar omstreeks 20:00 in die bors geskiet. Hy is deur inwoners van die woonbuurt na die Kuruman-hospitaal gebring. Dít is

www.kalaharibulletin.co.za.

net een van die verskeie skietvoorvalle en beserings in dié woonbuurt. “Is ons veilig in ons woonbuurt en is ons kinders of kleinkinders veilig? Ek dink nie so nie, tensy ons as gemeenskap iets aan die saak doen. Ons veiligheid is in ons eie hande,” sê ’n inwoner van Wrenchville wat anoniem wil bly. Daar is glo sewe mans wat die buurt en die inwoners se lewe onplesierig maak. Dié booswigte is glo nie van die woon-

buurt nie en kom gedurig hier, rig wapens op die inwoners en beroof hulle. Die Wrenchville-polisie ondersoek die probleem. “Ons as gemeenskap moet verantwoordelikheid neem en die misdade stopsit. “Daar kan môre ’n kind, pa, ma of vriend dood wees. “Ons kan nie net toekyk en niks doen nie. Ons benodig dringend die hulp van die polisie,” sê die inwoner.

12 - 16 February 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

31

3290

R

42

90

e R o m e v sa 21

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

per kg

Stewing Beef

Egte Braaiwors

3990 per kg

R

Beef Mince Mix

1390

Rainbow Chicken Family Polony 1kg

1750

per pack

per pack

Red Globe Grapes 500g

2190 each

Onions 3kg

2for

Selati White Sugar 2.5kg

R

1390 each

Ace Super Maize Meal 2.5kg

13

Bananas 750g

shop any W it h so much value, w hy

per kg

per kg

2for R

24

Pears Econo 1.5kg

2for

29

R

Red Plums 500g

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Dit woel reeds by die DSV Ilse Watson

LUKA benodig ’n liefdevolle huis.

DIE Kuruman-dieresorgvereniging (DSV) het vanjaar weer met ’n gewoel weggespring. Baie diere, veral honde, is die afgelope Desember deur die DSV ingeneem omdat eienaars van die diere met vakansie was of omdat van die diere met die Nuwejaarsvieringe gevlug het. Die DSV het egter ’n skenking (’n fiets) van Bennie du Plessis van Dups Cycles ontvang. Hierdie skenking stel die werkers van die DSV in staat om baie taxi-geld te spaar, want nou kan hulle elke dag op die splinternuwe fiets huis toe en werk toe ry. Die

werkers van die DSV deel hierdie fiets. “Ek kry so warm gevoel om my hart dat daar nog mense is wat omgee. “Dit is so lekker dat mense hul harte vir ons diere en mense oopmaak,” sê Sonja Grobler van dié vereniging. Die DSV se hokke is weer vol. Hulle voer ’n daaglikse stryd met mense wat niks vir diere voel nie. Enigiemand wat kan help met diere aanneem of donasies aan die DSV wil maak, kan met die voorsitter, Engela Jeppe, kontak maak by 083-388-0898 of besoek hul hokke.

KLEIN Jessie (’n Jack Russell) is ’n jong teef wat ook ’n huis benodig. BO: Groot Meisie, ’n boerboelkruising, is te oulik en benodig ook ’n liefdevolle huis.

BENNIE DU PLESSIS (links) oorhandig ’n splinternuwe fiets aan Fanie Disethle, een van die werkers van die Kuruman-dieresorgvereniging. Foto’s: Verskaf

Ons soek jou lekker resep DIE Kalahari Bulletin Kuruman soek jou gunsteling-resep. Stuur die resep (met foto indien moontlik) aan Lynn-Mari Olivier by lynnmari@olivierconstruction.co.za of bel haar by 082-448-1489. Skryf ook ’n bietjie oor jouself en waar jy bly. The Kalahari Bulletin Kuruman wants your favourite recipe. Send it (with a picture if possible) to Lynn-Mari Olivier at lynnmari@olivierconstruction.co.za. She can also be contacted on 082-448-1489. Write a bit about yourself and where you live.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Lesers deel hul menings met SMS’e ) NA aanleiding van die berig in Kalahari Bulletin van 6 Februarie oor die slaggate in Thompson-rylaan is die volgende SMS-kommentaar van BliXem (skuilnaam) ontvang: “Hul kon gerus ’n vrag teer gespaar het van die opgradering van die R310 vir die herstel van Thompsonrylaan. “Ek is seker hulle het agtergekom dat die swaarvoertuie die pad gebruik weens die konstruksie op die R310. ’n Mens swaai uit vir een gat net om ’n ander ene te tref. Ons sal een van die dae visdammetjies in die slaggate kan oprig.” ) “Duiwel” van Kuruman sê: “Wanneer wil die Kuruman publiek tot

die besef kom dat die Munisipaliteit bestaan uit “too many chiefs and no Indians” en te veel “parties plus te veel klerke” met helse groot salarisse wat hulle verdien. Dit is waarom ons strate lyk soos in Thompsonlaan en hulle ook geen kommentaar lewer nie, want die waarheid sal en wil hulle nie erken nie. )Ná die berig oor die FNB-OTM wat by Kalahari-drankwinkel opgeblaas is, is die volgende kommentaar van Alvin ontvang: “Ek stel voor dat ’n chemiese kleurvloeistof binne ’n kluis of OTM geplaas word. Dit sal die geld beskadig en die waarde daarvan verniel sodra die ontploffing plaasvind.”

Meeting to be held THE Kuruman Police will have a meeting on 12 March. The station commander of the Kuruman Police invites business owners, representatives of the Office of Safety and Liason, councillors of the Ga-Segonyana Municipality, John Taolo Gaetsewe District Municipality and Bankhara-Bodulong community, as well as traffic officers, principals, teachers of schools, women against crime

and representatives of the community at large to attend the meeting. The meeting will take place in the Kuruman Police Station’s boardroom. All enquiries can be directed to Capt. Letebele on 053-712-9800.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of die Facebookblad.

) ’n VALENTYNSDANSPARTY word môreaand by die Boa-Fe-padstal-en-kwekery in Kuruman gehou. Dit kos R60 per persoon. Mense moet net hul eie vleis om te braai en drinkgoed saambring. Alle bykosse, vleisbraaivuur en musiek sal voorsien word. Vir bespreking en inligting bel Welme by 082-378-2733. Valentynsfoto’s sal geneem word. ) ’n Valentynsdansparty word op Saterdag 15 Februarie in die Red Sands-lodge gehou. Dit is ten bate van die Kuruman-dieresorgvereniging. Die kaartjies kos R250 per persoon en ’n buffet-ete is daarby ingesluit. Bel Mariska Nieuwoudt by 082-572-8366 om kaartjies te koop. ) Die Gereformeerde kerk Kuruman beplan om op 8 en 9 Augustus sy jaarlikse

11

vleisfees te hou. Dit sal op die Kurumanvliegveld plaasvind. Dié dag behels ’n osbraaiery en Pieter Smit tree op. Op Saterdag 9 Augustus is daar verskeie stalletjies en Steve Hofmeyr en Lollos gaan optree. Rig navrae aan Gerda Kruger by 082-747-2332. ) Kansa Kuruman hou om 19 Februarie om 18:00 ’n spanvergadering in die Kala Lapa. Nuwe spanne is baie welkom. Op 22 en 23 Februarie vind die Kansa Relay plaas. Vir enige navrae bel Riana by 082-3082067 of stuur e-pos aan Chantal Farinha by chantal.farinha@yahoo.com – sien ’n foto van die Kansa-komitee op bl. 19. )’n Kansa-mark word op 29 Maart in Tshimo Gardens in Kathu gehou. Dit kos R150 per stalletjie en die geld van die stalletjies gaan aan Kansa Kathu. Rig enige navrae aan Malinda Roux by 082-876-6802. ) Stuur jou skool, kerk, maatskappy of ander instansies se gebeurtenisse aan die Kalahari Bulletin per e-pos na ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-8315579.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Versteuring kan lewe erg ontwrig IN die reeks artikels oor geestesgesondheid word obsessiewe kompulsiewe versteuring (OCD) vandag bespreek. Volgende week word nageboorte-depressie ondersoek. Enigiemand wat bereid is om hul ervarings oor depressie, bipolêre siekte, psigopatie, skisofrenie of enige ander gemoedsversteuring te deel, kan Kalahari Bulletin Kuruman kontak. Bel Ilse Watson by 079-831-5579. Alle inligting is vertroulik. Ilse Watson ELKE mens het dinge waaroor hulle bekommerd is en baie mense volg sekere rituele elke dag, soos om middagete op ’n sekere tyd te eet en om saans op presies dieselfde tyd te gaan slaap. Maar sommige mense se bekommernisse en rituele ruk heeltemal handuit. Hul lewe word deur gedagtes en gedrag oorheers, maar hulle is magteloos om dit te stop. Wanneer hierdie soort gedrag met ’n mens se normale lewe en aktiwiteite inmeng, kan hy of sy aan ’n ernstige, maar behandelbare, mediese afwyking wat obsessiewe kompulsiewe versteuring genoem word, ly. Dié versteuring is ’n soort angsversteuring. Dit kan op enige ouderdom begin. Die siekte affekteer 2% tot 3% mense in die land. Voorheen is dit as ’n skaars toestand beskou, maar dit is bewys dat 3% van die bevolking in een of ander stadium in hul lewe probleme met dié siekte ondervind. Obsessiewe kompulsiewe versteuring kan hul lewe heeltemal oorneem en dit vir hulle onmoontlik maak om te werk, sosialiseer of ’n normale gesinslewe te hê. Huidige teorieë dui daarop dat die siekte ’n biologiese versteuring is. Individuele wat daaraan ly, is geneig om

hul siekte weg te steek en hulle kan nogal baie suksesvol wees – dit het egter tot gevolg dat hulle vir jare van die nodige terapie ontneem word. Dit raak oor ’n tyd ’n diep gewortelde probleem. Die meeste mense kry van tyd tot tyd ’n gedagte wat in hul kop vassteek of hulle voel hulle moet dubbel seker maak dat ’n lig of die stoof afgeskakel is. Obsessiewe kompulsiewe versteuring is egter ongewenste, herhalende handelinge en ’n rits onaangename gedagtes wat angs veroorsaak.

Wat is kompulsies, obsessies en indringende gedagtes? Hulle is bang vir besoedeling, vuil plekke of goed, kieme, kanker, vigs, liggaamlike afvalstowwe, chemikalieë, bestraling en taai stowwe. Hulle is ook bang dat hulle iemand sal skade aandoen deur byvoorbeeld gif in hul kos te sit, ’n aansteeklike siekte te versprei, ’n kind versmoor of dalk oor ’n voetganger sal ry. Verdere goed wat hulle pla, is om dalk ’n huis aan die brand te steek of die huis le laat oorstroom, iets wat kosbaar is te verloor, die maatskappy vir wie hulle werk bankrot te maak en om dalk die

’n VOORBEELD van iemand wat aan obsessiewe kompulsiewe versteuring ly is om hul hande aanmekaar te was.

‘ ’n Anti­depressant en angsweerder word ge­ woonlik vir hierdie mense voorgeskryf. Elke per­ soon is uniek – die korrekte medikasie moet vir die persoon gevind word. Elkeen reageer verskillend op sekere medisyne.’ – Prof. Dap Louw, forensiese sielkundige verkeerde ding te sê. Die angs en ander ontstellende gevoelens wat hierdie siekte voortbring, lei daartoe dat hulle allerhande strategieë uitdink om beter te voel. ’n Goeie voorbeeld van wat iemand doen wat aan hierdie siekte ly, is om hul hande aanmekaar te was. Hulle sal ook byvoorbeeld gedurig seker maak dat die ligte en stoof afgeskakel is. Hulle sal ook aanhoudend skoon maak en kaste regpak. ’n Kiemvrye en skoon gebied is vir hulle van uiterste belang. Die verligting om dit te doen is egter net tydelik. Dit veroorsaak net verdere angs.

Wat veroorsaak obsessiewe kompulsiewe versteuring? Daar is geen bewyse oor wat presies die oorsaak van die siekte is nie behalwe die feit dat biologiese faktore bydra tot die ontwikkeling van die siekte. Onlangse studies wys ook dat mense wat aan Tourette-sindroom ly, baie geneig is om obsessief en kompulsief te wees. Daar is ook ’n geneigdheid dat dit in families voorkom. Obsessiewe kompulsiewe versteuring word ook met depressie geassosieer. Party mense ly slegs aan obsessiewe kompulsiewe versteuring terwyl ander ook aan depressie ly. Prof. Dap Louw, ’n forensiese sielkundige, sê dat obsessiewe kompulsiewe versteuring ’n angsversteuring is en nié ’n gemoedversteuring nie. “ ’n Anti-depressant en angsweerder word gewoonlik vir hierdie mense voorgeskryf. Elke persoon is uniek – die korrekte medikasie moet vir die persoon gevind word. Elkeen reageer verskillend op sekere medisyne,” sê Louw. Dit is ook belangrik dat so ’n persoon gedragterapie ontvang. Medikasie beheer die serotinienvlakke van die brein en die terapie help die pasiënt om die kompulsies en obsessies te weerstaan. Terapie help ook die pasiënte om hul angs te beheer. Die ander emosionele simptome wat saam met dié siekte voorkom, is skuldgevoelens, besluiteloosheid, lae selfbeeld, angs en uitputting.

Wat kan jy doen om iemand hiermee te help? ) As jy saam met so iemand lewe, bring inligting soos brosjures en video-materiaal oor die siekte huis toe. Los dit êrens waar hulle dit kan sien en dit hopelik sal lees; ) As ’n lyer van die siekte jou wil betrek

by hul gedrag, sê net dat jy nie belang stel om by hul optredes betrokke te raak nie. Noem ook dat jy hulle sal help om die kompulsiewe gedrag te weerstaan; ) Maak sekere reëls vir hul gedrag wat hulle moet nakom (wees konsekwent) en hou ook by ’n roetine in die huis; ) Wees positief en probeer om hulle nie die hele tyd te kritiseer nie; ) Moedig hulle aan om behandeling te kry en stel voor dat hulle ’n professionele geestelike gesondheidpersoon, soos ’n psigiater, sien; ) Indien so ’n iemand behandeling weier, bevestig dat jy hulle sal help om ’n dokter te spreek, maar dat jy nié betrokke gaan raak by hul gedrag nie; Onthou dat jy ’n baie belangrike rol speel in die suksesvolle behandeling van so ’n persoon. Bel die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) se hulplyn by 0800-567-567. ) Bronne: www.sadag.co.za.

Assesseer jouself met dié leidrade HOE weet jy jy lei aan obsessiewe kompulsiewe gedrag? Hierdie leidrade is belangrik: ) Groot gedeeltes van onverklaarbare tyd; ) Aanhoudende afwesigheid vanaf die werk of skool; ) Herhalende gedrag; ) Konstante bevraagtekening en behoefte aan geborgenheid; ) Klein takies vat al hoe langer om af te handel; ) Gedurig laat wees; ) Verhoogde kommer oor klein dingetjies en besonderhede; ) Ekstreme emosionele reaksies oor klein goedjies; ) Onvermoë om ordentlik te slaap; ) Bly laat om dinge gedoen te kry; ) Verandering in eetgewoontes; ) Vermy sekere dinge en situasies; ) Daaglikse lewe word ’n stryd.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

13

501625B/P67

PRICES VALID FROM: 13/02/2014 - 20/02/2014 EXCELLA Sunflower Oil

SPEKKO Rice

17

BOKOMO Weet-Bix

79

2

2kg

2 BUY

BUY

FOR

RAMA Spread For Bread Brick

BUTCHER’S BUY Beefy / Chicken Bangers

FOR

SUNLIGHT HTT Washing ng Powder er

33

99 2kg

OFFERS VALID IN GAUTENG, NORTH WEST & FREE STATE ONLY


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

Goed Geleerde Nooitgedaght hings te koop.Oulik met kinders.R5000.Sel 0789733925

BETREKKINGS 3600

SPYSENIERING & LOKALE 1401

SOSIAAL & ONTSPANNING 1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

VOERTUIE ALGEMEEN BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010

MAZDA BT50, 2010, canopy, rubberised, tow bar, new tyres, 75 000 km, FSH, warranty, R165 000. Phone 083 963 5723.

MOTORS TE KOOP TE KOOP

3025

TROETELDIERE 1660

BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

UNO PACER, 1991, goeie toestand, slegs 130 000 km op klok, CD-speler. Ideale studentevoertuig. Skakel 083 772 2316.

KOMMERSIEEL 3060

BELL 1806 CII-LAAIGRAAF, 2004. Baie goeie toestand. 10 200 ure. Registrasiepapiere en lisensie. Skakel 083 310 0272.

EIENDOMME

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BOEDELKENNISGEWINGS

SAKEPERSELE 3215

BUILDING FOR SALE in Daniëlskuil, R220 000 neg. Phone 083 963 5723.

3680

INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY AS ACCESS CONTROL SPECIALIST Minimum requirements: Matric, driver's licence and 3 years' experience. Positioned at Kathu NC. Send CV to: mail: Taniad@interconnect.co.za or fax 053 861 3232. Closing date: 28 February 2014. INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY FOR QUALIFIED ELECTRICIAN Minimum requirements: Matric, driver's licence, Read Seal and a wireman's licence. Positioned at Kathu, NC. Send CV to: E-mail: Taniad@interconnect.co.za or fax 053 861 3232. Closing date: 28 February 2014. LOOKING FOR A SITE SUPERVISOR with own transport (bakkie). Phone Johan van Wyk 072 543 3346. Send CV to 053 712 0303.

WOONSTELLE TE HUUR

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

HWJ Pienaar In the estate of the late HWJ Pienaar, identity number 471120 0174 082 of 9 O' Donovan Street, Kuruman. Estate number: 1249/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 14 February 2014 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460 J.H. Poolman In die boedel van wyle Johannes Hendrik Poolman, wat woonagtig was te plaas Langley, Kurumandistrik. Boedelnommer: 241/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

3250

EENSLAAPKAMERwoonstel: Onmiddellik beskikbaar. Mimosalaan 7. R3 500 krag en water ingesluit. Skakel 071 543 0773 (verkieslik na vieruur op weeksdae).

TE KOOP 3201

IT/REKENAARS 3695

RINICO COMPUTERKIDS benodig die dienste van 'n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en Postmasburg en omliggende dorpe. VEREISTES: Rekenaarvaardig, eie vervoer en bereid wees om te ry. Sluitingsdatum: 20 Februarie 2014. Persoon moet onmiddellik kan begin. Skakel Johan Erasmus 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: ceo.rinico@mweb.co.za

MEDIES

FERMAR MATWASDIENSTE: Skakel Louwtjie 073 207 6797.

3705

KALAHARI PHARMACY LOCUM PROFESSIONAL NURSING PRACTITIONERS NEEDED Must have experience in Primary Health Computer literate SANC registered Contact: Kalahari Pharmacy cor. Beare and Voortrekker Streets PO Box 11 Kuruman 8460 Tel: 053 712 1161 OR e-mail: lanie.lamprecht@gmail.com

HUISVERBETERINGS BUITE 1836

ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.

VOLWASSENES

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS PRIVAAT ALGEMENE KENNISGEWINGS

2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

LANDBOU

4010

HUISE TE KOOP

KENNISGEWING Hiermee gee ek, Sarel Johannes Pienaar, identiteitsnommer 460528 5143 089, en handelend as Car Care, kennis dat ek geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar van enige skulde of lenings aangegaan deur Schalk Andries Jacobus Pienaar, identiteitsnommer 700228 5083 084, en dat laasgenoemde geen belange en seggenskap in die besigheid Car Care het nie.

3275

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

AANDAG

2 MOOI, GROOT HUISE in die mark. Baie mooi en 'n groot winskoop! Mooi opgknap binne en buite. Nog baie meer. R1,6 m en R2,350 m. Skakel Louwrens by Kameeldoring Eiendomme 083 310 0272 vir afspraak.

ALLE ADVERTEERDERS

HUISE TE HUUR

"A", leestekens soos "!"

3270

AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!

Die gebruik van die letter

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

SOEK, KOOP, VERKOOP

SMALLS NOTICE

J.J. van der Poel In die boedel van wyle Jeanetta Jacoba van der Poel wat woonagtig was te Cowburnstraat 2, distrik Kuruman. Boedelnommer: 816/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

BETREKKINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

ANÉ DIPPENAAR, ’n leerling aan die Serfontein-tennisakademie, het van 19 tot 21 Desember aan die Boland Key Health-tennistoernooi in die Strand deelgeneem. Sy was 21ste van die 48 tennisspelers. Van 10 tot 12 Januarie het sy in Bloemfontein aan die Kloppers-tennistoernooi deelgeneem. In die enkelspelafdeling was sy derde in die o.18-meisiegroep en het die dubbelspeltitel gewen.

Sluit hom by tennisakademie aan JASPER LOUW (regs) het hom vanjaar as afrigter by die Serfontein-tennisakademie (STA) aangesluit. Hy gaan veral aan die Hoërskool Duineveld met afrigting help. By hom is Tiaan Serfontein van die STA. Jasper is ’n oudleerling van die akademie. Foto’s: Verskaf


Athletes set records Ilse Watson THE athletes of the Kuruman Primary School did well at the Ga-Segonyana East athletics meeting which was hosted by the Seodin Primary School last week. The 36 athletes obtained 19 first places and 17 second places, and 29 athletes will represent the school at the John Taolo Gaetsewe (JTG) meeting tomorrow.

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

19

Poloko Khoana (boys u.12) repeated his excellent performance last week and once again set a record in the 150 m hurdles in 22,63, which is more than a second faster than the old record of 23,79. Jové van Zyl (girls u.12) did the same by setting a new discus record of 18,97 m, which is more than 2 m better than the previous record of 16,8 m. Last week her record was in shot put.

DIE Kuruman-Kansa-komiteelede is van links, voor: Ounooi Fourie en Chantal Farnih; agter: Lelanie van Straten, Liana Janse van Rensburg, Zanthea Swart, Riana Poolman, Andrew Brundyn, Lizett Hauman, Erna Thorpe en Ilze Honiball. Foto: Verskaf

THESE learners from the Kuruman Primary School obtained first positions at the Ga-Segonyana East athletics meeting last week. From the left are, front: Tlhompho Matilo, Rethabile Moemedi, Kenneth Tongwane, Katlego Masoka and Kutlo Oatlhotse; middle: Kutlo Molema, Poloko Khoana, Dintle Sepalamelo and Mwalimu Vos; back: Caillou Thorpe, Motheo Molete, Ricardo Farinha, Jové van Zyl and Sabrinah Phillander.

McCannJHB 911512

Photo: Supplied

The entrepreneur who opened new worlds for us. Play your part. Luvuyo Rani - Khayelitsha “Information Technology Entrepreneur” Luvuyo Rani, alongside his brother, Lonwabo, started their first internet café in the Khayelitsha Township, Western Cape, in 2004. Since those early days, Silulo Ulutho Technology has gone from strength to strength, offering computer training courses, Internet café and business centre services, IT retail and repair services. In 2010, Silulo opened its first training academy with advanced online courses to compete with local universities, and in 2011 more than 1,600 people graduated from Silulo’s training courses. Luvuyo is not only doing best and playing his part by building his company, he is also building a better, more educated South Africa, one Internet café at a time. To find out more on how you can play your part, visit www.playyourpart.co.za

PlayYourPart

PlayYourPartSA

WWW.PLAYYOURPART.CO.ZA

An initiative by Brand South Africa


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014

Húlle wen op Sishen-klub se gholfdag Benneli Olivier Van der Walt DIE Sishen-gholfklub het verlede naweek sy tweede beterbal-uitdaging gehou. Die wenners vir spel naaste aan die putjie op die dag was Toy van der Westhuizen (putjie 4), Johan Coetzee (putjie 8), Johan Shone (putjie 13) en Kobus de Plessis (putjie 17). Die langste dryfhoue is deur Johan Coetzer (putjie 6) en Japie van Dyk (putjie 15) gespeel. Wouter en Marina de Klerk was algeheel vierde, Ansie en Wilhelm Kruger derde, Thinus van Wyk en Danie Barnard tweede, Hermie Spangenberg en Jan Verster eerste.

VAN links is Henning Spies, Barrie van Zyl, Gielie van Zyl en Gawie Spies.

Broers pak myl Ilse Watson

DIE uitmergelende Midmar-myl het weer Saterdag plaasgevind. Die broers Henning en Gawie Spies en

Gielie en Barrie van Zyl was van die deelnemers wat die Midmar-myl vanjaar aangepak het. Die broers-spanne is albei oudleerlinge van die Hoërskool Kalahari. Gielie en Barrie van

Foto: Verskaf

Zyl woon nou in Kimberley. “Dit is die eerste keer dat ons aan die Midmar-myl deelgeneem het. Dit is ’n groot uitdaging en nogal ’n tawwe stryd,” sê Henning Spies.

DIE langste dryfhoue is gespeel deur Japie van Dyk en Johan Coetzer. Van links is Van Dyk, Gerrit Vos, klubvoorsitter wat die pryse oorhandig het, en Coetzer. ............................

.......................... .... ..Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.