Kuruman bulletin 13 jun 2013

Page 1

Kuruman

Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

13 JUNIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Tel. 053-712-1472

Vermaak

Vadersdag

Gemeenskap

Steve sing Kuruman aan die brand

Die invloed van ’n pa

Mimosa hof kuier by die Zoo

bl. 5

bl. 3

bl. 9

Raaisel omhul ‘pypman’ Verskeie pogings om hom te help het al misluk Joanie Bergh HY word beskryf as mal, vuil, arrogant en gevaarlik. Sommige mense het al gesê hy is tot moord of verkragting in staat. Hy staan bekend as die “Pypman”. Die man wat al bykans twee jaar in ’n stormwaterpyp onder die Hotazel–pad woon. En ondanks verskeie wanhopige pogings van die publiek en welsynsinstansies om na hom uit te reik, keer hy telkens terug na sy selfgemaakte tuiste op sy stukkie grond wat hy vir homself toegeëien het. Die man wat vir sommige mense slegs bekend staan as Gift loop gereeld met kaalbolyf voor die motors op die Hotazel–pad in. En as die motoriste hom afjak, skree hy glo in verskeie tale en bestook die motor met klippe. Volgens die polisiewoordvoerder, konst. Ntombie Manie, het die polisie al verskeie kere na die man probeer uitreik, maar ná elke poging keer die man terug na die pyp. “Aangesien dit nie ’n strafregtelike saak is nie, kan ons hom nie na die maatskaplike werkers verwys nie,” sê sy. Volgens die polisie het hy familie in Seodin, maar etlike dae nadat hy daar afgelaai word, kan ’n vae rookwolkie weer by die pyp gesien word. Dan weet inwoners al hy is terug na sy pyp en maak ’n vuur om warm te

‘‘Gift se verhaal is vir my hartseer. Ek meen dit is iemand se plig om hom te help, maar niemand wil daardie stappe doen om hom in ’n proses te sit sodat hy eindelik ’n veilige heenkome kan hê nie.”

GIFT, die man wat al bykans twee jaar in ’n pyp woon. bly. Verder is Eloise Koorzen, maatskaplike werker van die Afrikaanse Christelike Vroue-vereniging (ACVV), se hande self afgekap. “Ons het hom al gaan oplaai en vir hom ’n kussing, kombers, warm klere en kos gegee.” Volgens Koorzen het hulle ver-

skeie pogings aangewend om met die padloper te kommunikeer, maar dit was tevergeefs. “Ek het in die eenvoudigste Afrikaans met hom probeer praat, ons het ’n tolk gekry om in sy taal met hom in ’n gesprek te tree en het selfs probeer skryf. Hy verstaan niks nie

Foto: Sonja Grobler

en het net onderlings gelag,” sê sy. Met Kalahari Bulletin se navrae blyk dit hoewel mense dink Gift verstaan niks nie, kommunikeer dié man wel gereeld met een inwoner. Die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, woon naby die veld waar die padloper sy tuiste gemaak

het. “Hy het na my huis gekom en in vlot Afrikaans vir my gevra vir ’n werk.” Nadat sy hom toegelaat het om haar motor te was het hy verskeie kere daar vir kos aangeklop. Hy het vir haar gesê sy naam is Gift en dat hy daarvan hou om in die pyp te bly, want, sê sy, dit is naby mense. Saans draai hy homself toe in stukke plastieksakke en eet oorblyfsels wat hy in dromme vind. “Gift se verhaal is vir my hartseer. Ek meen dit is iemand se plig om hom te help, maar niemand wil daardie stappe doen om hom in ’n proses te sit sodat hy eindelik ’n veilige heenkome kan hê nie.” Sy voer aan die mense wat bewus word van sy teenwoordigheid is ook bekommerd oor hul eie veiligheid. “Niemand doen enigiets nie, totdat daar iemand aangerand is of ’n kind verkrag word. Ek glo beslis hy is mal en iemand moet hom help.” ) Die ACVV, ’n nie-winsgewende instansie, volg ’n sterk beleid om padlopers en haweloses slegs een maal van onder meer kos, komberse en klere te voorsien. Hulle gee nie behuising nie. Koorzen sê die aantal padlopers het die afgelope jaar drasties toegeneem en hulle versorg sowat 60 haweloses. Die ACVV is heeltemal afhanklik van skenkings van die publiek. Vir enige bydraes kontak die ACVV se kantoor by 053-7121862 of 072-138-4200.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Netwerk in gebied onder loep DIE Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het onlangs Wêreld-telekommunikasiedag in die Leachgastehuis op Kuruman gevier. Diensverskaffers, lisensiehouers en verteenwoordigers van die plaaslike munisipaliteite het byeengekom om na dienslewering in die telekommunikasie-aspek in die streek te kyk. Volgens Lize du Plessis, Okosa se verbruikersverteenwoordiger in die Noord-Kaap, wil dit lyk asof die grootste probleem wat Noord-Kaapse verbruikers, en veral dié in die John Taolo Gaetsewe-munisipaliteit, in die gesig staar die gebrek aan selfoonnetwerk is. Buna Schmulling, die waarnemende provinsiale hoofinspekteur aan die departement van vervoer op Mothibistad, meen daar is ’n verwantskap tussen die gebrek aan netwerk in die gebied en motordiefstalle en kapings op die paaie tussen NoordKaapse dorpe. Daniel Plaatje, ’n MTN-verteenwoordiger in die Noord-Kaap en Vrystaat, het gesê dié diensverskaffer sal voortaan daarop fokus om ’n beter en groter netwerk in die gebied te verskaf. Du Plessis en Plaatje is dit egter eens dat lede van die gemeenskap aangemoedig moet word om hul ervarings met alle selfoonnetwerke, hetsy goed of sleg, met Okosa of die netwerk self te deel. Rig navrae aan Du Plessis by 051–411–5900 of lduplessis@icasa.org.za.

Man caught with dagga THE police in Pampierstad are investigating a case of dealing in dagga after a 33- year-old male was arrested at his Pampierstad home recently. The police followed up on leads of dagga sales at the specific premises and managed to pounce on the suspect in the early hours of the morning when he least expected it. The police found 2 bags and 14 arms of dagga at the premises. Lieutenant Sergio Kock, police spokesperson, says the dagga has an approximate street value of R175 000 and weighs 35,2 kg. The police lauded the Pampierstad community for their assistance with regard to the information provided to the police. The suspect will be appearing in the Pampierstad court soon.

FROM the left are the Pampierstad station commander, Lt Col S.F. Morebudi, and R/Sgt Obakeng Tshipo with the suspect and the confiscated dagga.

Takke gevra om aan projek deel te neem DIE burgerregte-organisasie AfriForum het sy 110 takke landwyd versoek om aan ’n nasionale watermoniteringsveldtog deel te neem. Dit staan bekend as die AfriForum-Blou- en -Groendruppel-takprojek. “AfriForum sal water help bewaar om die volhoubaarheid van hierdie kritieke hulpbron te verse-

ker,” het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, gesê. AfriForum het alle takke van ’n volledige toetsstel en ’n handleiding vir die neem van watermonsters in hul onderskeie omgewings voorsien. Plaaslike gesagsliggame en die media sal uitgenooi word om die toetsspanne te vergesel ten einde die

geldigheid van die uitslae te verseker. “Die krisis wat Suid-Afrika in die gesig staar weens onvoldoende watervoorsiening, die groeiende vraag daarna en besoedeling, het ons genoop om in te tree en te verseker dat ons waterbronne beskerm word. Wanbestuur sal nie langer toegelaat word nie,” het Kleynhans bygevoeg.

AfriForum sal drink- en afvalwatergehalte in al nege provinsies waar daar takke is, toets. Die watermonsters sal deur onafhanklike SANAS-geakkrediteerde laboratoriums getoets word en al die uitslae sal deur die loop van die jaar bekend gemaak word. Om jou by jou AfriForum-tak aan te sluit, SMS jou dorp se naam na 31336. 50c/SMS.

27 Julie: Die Vleisfees vind van 11:00 af op die Kuruman-skouterrein plaas. Vir meer inligting bel Gerda by 082-747-2332 of Carien by 083-325-4826.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Tannie Suz se afsterwe laat groot leemte Joanie Bergh “TANNIE SUZ het geweet sy gaan doodgaan. Maar ons almal het dit afgemaak as niks en gesê sy moenie so praat nie.” So sê Kalahari Bulletin se advertensiebestuurder, Carika Smit. En toe sterf tannie Suz Pieterse (69) drie weke later. Om tannie Suz te beskryf is werklik ’n moeilike taak, want sy was iets anders vir elkeen. Sy het ’n vol lewe gelei en verskeie paaie geloop. Soms as jy in die straat af kyk, sou jy haar sien met ’n helder hoed en snaakse klere, vrolik, met ’n bossie blomme in haar hand. En sy was altyd gereed vir ’n avontuur. “Selfs as sy winkel toe sou loop net om ’n brood te koop, was dit ’n reis op sy eie. Daar het altyd iets gebeur en sy het telkens teruggekom met verskeie stories,” sê haar skoondogter, Ivy. Tannie Suz was egter baie siek en, volgens Ivy, het sy dit goed vir die wêreld weggesteek. “Daar is ’n Suz wat ons ken, en een wat die mense op Kuruman ken. Sy was in verskriklike pyn en kon dit nie verder verduur nie.” Op 3 Mei is sy in die Mediclinic Kathu opgeneem om albei haar enkels te opereer. Dit was etlike dae voor dié operasie dat tannie Suz alles in haar lewe wou “uitsorteer” en onder meer vir dié na aan haar gesê het: Sy kom nie terug huis toe nie. Die skok was egter groot toe haar woorde ’n werklikheid geword het. “Die operasie het goed afgeloop en ons het die naweek van Moedersdag vir haar gaan kuier. Sy was vol sports en het omtrent die hospitaal op horings geneem,” sê Ivy. Die volgende week het haar toestand eg-

SUZ PIETERSE ter drasties versleg en toe die familie weer by haar kom, was sy bleek en het erg koors gehad. Tannie Suz is later in die intensiewesorgeenheid opgeneem. Dokters vermoed sy het gedurende haar voetoperasie bloeding in haar longe opgedoen. Die familie is na die hospitaal ontbied om te groet. “Sy wat toe reeds op die asemhalingsmasjien. Sy het vreeslik probeer praat en beduie en elkeen ’n soentjie gegee,” sê Ivy. Op 3 Junie het Suz Pieterse gesterf. As jy die inwoners van Kuruman sou uitvra oor die kunssinnige en vredeliewende vrou, is dit duidelik dat haar afsterwe ’n groot leemte laat. ’n Leemte wat min kan verduidelik. Maar tannie Suz het ’n vol lewe gehad. Op 18 was sy, toe Wessels, ’n finalis in die Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie.

Hoewel sy daarna eers ’n draai in die verpleging gemaak het, was haar groot begeerte egter om haar eie haarsalon te begin. Sy het destyds Salon Suzie se deure op Kuruman geopen en het die besigheid later op Olifantshoek gevestig. Vroue van oor die kontrei heen het na die salon gestroom, net sodat tannie Suz hul hare, soos niemand anders kon nie, moes doen. Met reg ook, want later het sy tot Springbokkleure in haarkappery verower en het die hele Europa platgetoer. Haar tuin in Hoofstraat 64 was haar groot trots. “Dit het soos ’n sprokieswêreld gelyk,” sê Ivy. “Kleurvol, deurmekaar en vol kabouters.” Sy het haar kleinkinders geleer dit wat in jou tuin is, is dit waarvan JY moet hou, niemand anders nie. Sy het gereeld saam met hulle blomme gepars. En dit is ook hier waar sy saam met haar kat, Skilpad, en haar twee voëls, wat nes tannie Suz kon lag en gesels, hul tuiste gemaak het. “Sy het gevoel die hemelse voëls was haar verantwoordelikheid en elke oggend is ’n groot klomp duiwe gevoer.” Sy het ook die mooiste skilderye geskilder, maar dit wat tannie Suz die beste kon doen, was om haar bekfluitjie te speel. “Sy het gereeld in die kantoor vir ons kom speel en stories vertel,” sê Carika. “Wat ek van haar sal onthou? Sy was altyd so netjies en het altyd so lekker geruik.” Ivy vertel: “In die nagte as ons kinders rustig geslaap het, het sy met die Vader gepraat en vir elkeen van ons gebid. “Sy het altyd gesê as sy bid, dan gebeur dinge. Sy het die laaste jare baie in die Hemelse Vader se teenwoordigheid gekuier. “Haar begeerte was om ‘huis toe’ te gaan. Net jammer dit was so gou . . .”

3

Steve-vertoning ’n groot sukses Lynn-Mari Olivier DIE atmosfeer was gelaai met ’n gevoel van opwinding en oral het groepies mense rondgestaan en gesels. Die geur van braaivleis het in die lug gehang en mense het in spanning gewag vir die ikon Steve Hofmeyr om sy opwagting te maak. Die dag 8 Junie was ’n groot dag vir Solidariteit Helpende Hand se vrouetak op Kuruman. Die vroue het maande lank beplan en baie hard gewerk om van die aand ’n sukses te maak. Altesaam 1 000 kaartjies is verkoop en daar was 13 stalletjies met allerlei artikels wat gekoop kon word. “Steve is ’n baie aangename en gemaklike mens. Dit wil vir ons voorkom asof hy dit baie op Kuruman geniet het en dit is vir ons ’n riem onder die hart,” sê Marisa Barnard, deel van die bestuur van Solidariteit. “Ek dink almal kon aanvoel dat die man ’n groot passie vir sy mense en taal het en die idee wat ons gekry het, was dat hy ons almal weer positief wou instel oor die huidige situasie in ons mooi land. Baie mense het ook ná die vertoning vir ons gesê dat hulle dieselfde ervaar het,” sê Barnard. Steve het die skares met verskeie ou liedere vermaak en ook van sy onlangse liedjies gesing. Hy het die gehoor ook by die vertoning betrek. Ná die vertoning was daar ’n heerlike dansparty en ongeag die snerpende koue was die mense steeds nie lus om huis toe te gaan nie.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Snelskryf-styl net pure luiheid AFRIKAANS is ’n taal waarin enigiets gedoen kan word wat taal- en letterkundig moontlik is. Afrikaanse prosa, skrywes en gedigte is uiters suksesvol. Maar in die hedendaagse lewe het mense (volwassenes en tieners) ’n baie slegte gewoonte met skryfwyses op hul selfone ontwikkel. Die SMS-taal wat gebruik word, is vir die meeste mense Grieks. Dit word beweer dat mense nie tyd het om ordentlike sinne op hul selfone te tik nie. Kommas en punte en ander leestekens word ook weggelaat. Soms is sulke boodskappe so slordig en onduidelik dat geen mens eintlik kop of stert kan uitmaak van wat nou eintlik in die boodskap staan nie. Die gebruik van die SMStaal is eintlik net ’n geval van “baie lui” wees. Niemand gaan jou vir ete nooi as jy slordig eet en morsig is nie. Hoekom is dit dan aanvaarbaar om slordig te skryf en te praat? Waarom word Afrikaans ook vermeng met allerhande slengwoorde terwyl mense nie in Engels hul taal so

vermeng nie? Die media is streng daarop ingestel om korrekte Afrikaans te skryf. Koerante gebruik wel deesdae ’n bietjie Engelse woorde in hul berigte, byvoorbeeld: “Joe was nog altyd die performer” of “ek kan nie ophou smile nie”, sê Piet. Dit is deesdae aanvaarbaarder om so in koerante (en stories vir boeke) te skryf, maar dit is beslis nie die norm nie. Taalkundige sorgeloosheid en verwaarlosing neem astronomies toe en koerante (en ander media) moet maatreëls in plek stel om die probleem aan te pak. Korrekte taalgebruik en spelling moet afgedwing word. Op sosiale media soos Facebook is daar ook ’n neiging by sommige mense om in swak Afrikaans, of SMS-taal, te skryf. Enigiemand wat taalbewus is en ingestel is op korrekte Afrikaans skryf, sal doodeenvoudig gril van irritasie as hulle dit raaksien. Skryf soos jy wil skryf, niemand kan dit van jou wegvat nie.

’n Aansteeklike positiwiteit is nodig André de Villiers ALLE bekende godsdienste is duidelik daaroor dat mense in vrede en harmonie met mekaar moet saamleef. Hulle moet ’n gemeenskap vorm waarbinne die een die ander help om ’n beter individu te word. Só help hulle ook die groep om ’n beter gemeenskap te wees. Daar is dus ’n wederkerige effek van hulpverlening en opbou. Dit is vandag moeilik om mense te motiveer om in die gemeenskap betrokke te wees. Mense is geneig om meer individualisties te leef en verkies dit om hul eie dinge te doen. Daar is baie redes hiervoor: ) Mense leef met die spanning van werkdruk. Hulle werk lang ure en het min tyd om buite die huis deur te bring. ) Mense is bang. Hulle is bang vir moontlike verwerping as hulle hul teen die gedrag van ander mense sou uitspreek. ) Mense het nie die emosionele energie om meer aan te pak as wat hulle reeds hanteer nie. Die druk om hul eie huishoudings se probleme te hanteer is groot, hulle kan nie nog ander s’n ook hanteer nie. Waar laat dit ’n mens? Kan elkeen maar sy eie ding te doen? Ek dink nie so nie. Mense moet te alle tye hul persoonlike lewe en hul gemeenskapslewe met mekaar in balans hou. Hulle moet verder as hul persoonlike sake kyk en die dinge raaksien wat in die gemeenskap gebeur, want daardie sake word eindelik ook hul sake. Wanneer hulle toelaat dat sake in die gemeenskap handuit ruk, is dit hulle wat daaronder gaan ly. Die eenvoudige boodskap van die Bybel is dat mense geskep is om in gemeenskap met ander te leef en dat hulle hul lewensdoel in en deur ander vind. God het die vrou geskep toe Hy sien dat dit nie goed is dat die man alleen is nie (Gen 2). Mense is van die begin af

bedoel om spanspelers te wees. Hulle het die verantwoordelikheid om aktiewer in hul gemeenskap te leef. Hulle moet meer betrokke wees: ) In die politiek. Hulle moet konstruktief oplossings soek vir sake wat in die land verkeerd loop. Hulle moet konstruktief deelneem, nie baklei nie. ) By die beskerming van hul planeet. Almal is groen mense. ) In skole en in die gemeenskap. Skole kry swaar, omdat ouers die verantwoordelikheid aan onderwysers en staatsdepartemente oorlaat. Mense moet die oueraande en ouerverenigings ondersteun. Hulle moet meer betrokke wees by gemeenskap-aksies wat tot voordeel en opbou is van almal wat in hul gebied woon. ) In families. Gesinne kry swaar, omdat daar nie meer genoeg tyd met mekaar deurgebring word nie. Gesinne stort in duie wanneer elkeen sy eie ding doen en mekaar se behoeftes nie in ag neem nie. Dit beteken dat hulle meer moet doen as om net te kla oor wat verkeerd is. Meer klagtes lei tot meer negatiwiteit en dit het mense nie nodig nie. Positiewe mense is nodig wat gereed is om positiewe dade te doen wat die gehalte van die lewe verbeter. Is dit moontlik? Is dit moeilik? Ja, dit is moontlik. Nee, dit is nie so moeilik nie. Met hoeveel mense kom jy daagliks in kontak? Is dit 10, 20, selfs 30? As ek en jy begin om net teenoor hulle positief op te tree en hulle op ’n positiewe manier beïnvloed, sal hulle dit oordra na die mense met wie hulle in kontak kom. Positiwiteit is aansteeklik. Wees jy daardie mens wat vandag die wêreld rondom jou positief verander. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar van die NG kerk op Kathu.

Groet die dag DIE pragsonsondergang is naby Askham vasgevang.

Foto: Vincent Ward

Groot dinge gebeur by dié koerant Lizette Slabber DIT is altyd lekker om aan iets te werk wat heeltyd al hoe beter word. Vir my is dit sieldodend om oor en oor dieselfde ding te doen en nooit voor die uitdaging van ’n nuwigheid te staan nie. Die mengsel van bang vir die onbekende gemeng met die vrees dat dit dalk nie kan werk nie, asook die opgewondenheid dat dit dalk op iets groots kan uitloop, was nog altyd ’n gevoel waaroor ek mal was. Hier by die Kalahari Bulletin staan ons weer voor só ’n uitdaging in ons strewe om altyd iets nuuts aan ons lesers te bied. Die vernuwing van ons hoofartikelblad, ons groeiende gedrukte koerant en ons groterwordende betrokkenheid in die kuberruimte hou ons beslis op ons tone. Dit is egter ’n lekker tone-

trap, want met dié dat ons almal nou op ons tone is, sien en reik ons nou baie verder. Eerstens reik ons nou verder, want ons versprei die afgelope tyd ’n allemintige 28 000 koerante. Nie sleg vir ’n koerantjie wat in 2011 slegs 10 000 koerante versprei het nie. Daarby gaan ons van 20 Junie af nie net ’n webtuiste en ’n Facebook-blad hê nie, maar ook ’n mobi-site. Ja, van 20 Junie af kan alle lesers die Kalahari Bulletin sommer op hul selfone ook lees. Vanweë ons groter internetvoetspoor begin ons ook met ’n internetrubriek op ons hoofartikelblad. Daar kan lesers meer

uitvind oor ons internet-voetspoor en kommentaar lewer oor wat op hul dorp aan die gebeur is. Ons nooi dus almal om oor alles en nog wat op www.kalaharibulletin.co.za en op ons Facebook-blad kommentaar te lewer. Ons wil graag oor die goed en sleg van ons dorp saamgesels en sommer net lekker in die kuberruimte kuier. En hou jou oog op die gedrukte koerant ook, want dié Kalahari Bulletin gaan in die laaste ses maande van 2013 net nog groter gaan.

MEESTER. ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé. Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

5

Hou by dié reëls

AKTEURS in die toneelstuk Kinders van stilte, Zane Meas en Vicki Fourie.

Foto: Verskaf

Top-toneel op Vryfees Braam Muller

DIE Vryfees, wat van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaasvind, se toneel-afdeling het vanjaar meer Engelse werk – onder meer ’n nuwe stuk deur Mike van Graan. Gaan kyk gerus na Gerben Kamper se opvoering van die Adam Small-stuk Kanna hy kò hystoe met June von Merch. ’n Ander nuwigheid is Kinders van stilte, ’n vertaling van die gewilde Children of a lesser god, waarin Vicki Fourie, ’n Mej. Dowe Suid-Afrika, saam met Zane Meas en Antoinette Louw speel. Wil jy graag sien hoe SuidAfrikaanse toneelstukke met dié van oorsee vergelyk? Kyk uit vir Die Leo’s, Die monster in die gang en Die melktrein stop nie meer hier nie. En kies dan sommer

ook The three little pigs, ’n Suid-Afrikaanse stuk met tuisspelers wat op sy “wêreldtoer” van Australië na Europa in Bloemfontein aandoen. Bekende name op die verhoog sluit in Elsabe Daneel, Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Antoinette Kellerman, Rob van Vuuren, Johann Nel, Marion Holm, Gys de Villiers en die egpare Wilson Dunster en Elize Cawood en Johan en Lida Botha. Dit is waarskynlik die jong rebelle wat gaan ontstel – maar wat is ’n fees nou sonder ’n skok. Wees dus maar bedag op Woza Andries?, VREK en Tjop en dop. Voeg hierby die gebruiklike kindertoneel, die Reza de Wet-toneelfees vir tieners, al die eetplekke en stalletjies met allerhande snuisterye en seldsame winskopies en Vryfees 2013 is daar net vir jou.

OP 20 Junie vind die oudisies vir Spontaan, Volksblad se plaaslike koerantegroep se groot sangkompetisie, op Kuruman plaas. Alle aspirant-sangers kan van 15:00 af by die Laerskool Kuruman se skoolsaal aan die oudisies vir die Spontaan-kompetisie deelneem. Reëls vir deelname: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om te kan deelneem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kuruman, Kroonstad en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Die kompetisie is slegs vir soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streekoudisies verskaf. ) Spontaan sal die klank vir die eindronde verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie.

) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou deur R20 te betaal. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathu-kantoor by 079-8315579.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

VADERSDAG

Pa-seun-verhouding kosbaar OUERSKAP is seker een van die grootste voorregte. Die rol van ’n vaderfiguur roep die beeld op van ’n paar groot skoene wat volgestaan moet word. Die groei van ’n doodgewone outjie na ’n groot, sterk pa is lewensveranderend. Lynn-Mari Olivier het gaan hoor wat drie manne van mekaar sê. Willie Strydom en die verhouding met sy twee seuns gee betekenis aan die band tussen pa en seun. Willie (senior) Wat was ’n kosbare oomblik jou seuns? Ek kan met eerlikheid sê dat ek nooit ’n rugbywedstryd misgeloop het nie. Ek was altyd langs die veld, ongeag of die wedstryd plaaslik of ver was. Ek moet ook ons hengel-uitstappies uitsonder. Deel jy en jou seuns eienskappe of verskil julle? Ons is baie dieselfde. Ons het beslis spontane geaardhede en is baie aanpasbaar. Vanweë

dié eienskappe skakel ons baie maklik by verskeie soorte geselskap in. Wat bewonder jy van jou seuns? Pierre ken ons as ouers in alles. Voordat hy ’n besluit neem, sal hy ons altyd in die saak ken en ons ouerlike raad vra. Ongeag die raad wat ons gee, sal hy steeds sy eie besluit neem. Willie is weer ’n baie nederige kind. Hy het ontsaglike respek vir ons as ouers, en dít bewonder ek. Ek moet byvoeg dat die broederlike liefde tussen my seuns ’n riem onder die hart is. Wat het ouerskap jou geleer? Jou kinders moet in ’n mate soos vriende wees. Daar moet beslis nog wedersydse respek wees, maar jy moet jou in hul skoene kan plaas en probeer verstaan waarmee hulle worstel of wat hulle bly maak. Kinders is immers God se juwele, hanteer hulle so.

DIE Strydom-mans is van links Willie (senior), Pierre en Willie (junior).

Pierre (22) Watter eienskap van jou pa bewonder jy? My pa was nog altyd ’n baie betrokke ouer. Ek kan nie aan een enkele rugbywedstryd dink wat hy nie bygewoon het nie. Wat is die belangrikste ding wat jy by jou pa geleer het? Om te probeer om wys op te tree. Bekyk die situasie, neem jou besluit en staan daarby. Beskryf jou pa in een sin. Hy is baie liefdevol, geestelik wys en baie betroubaar. Is daar ’n eienskap wat jy by jou pa geërf het? Die beginsel van vergewe en vergeet. Willie (junior, 20) Wat maak julle verhouding besonders?

Dat ek alles met my pa kan deel. Watter belangrike les het jy by jou pa geleer? Daar is soveel situasies waarin jy as mens benadeel kan word, maar my pa het my geleer dat die ondervinding wat jy uit die situasies leer, blywend is. Watter soort pa is hy? My pa is ’n model-pa. Hy is voorwaar ’n pa om na op te sien en om by te leer. Hy het vir my en Pierre soveel geestelike leiding gegee. Leiding wat ons daagliks in ons lewe kan toepas.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

7

VADERSDAG

Pa’s se rol besonders OUERSKAP behels nie net een party, ’n ma of ’n pa, nie. Ouerskap behels die teenwoordigheid van ’n pa en ’n ma, vandaar die woord ouers. Dit is wel nie altyd moontlik nie, maar in die gevalle waar dit is, het die pa en ma elkeen ’n spesifieke rol om te vervul, ’n rol wat onvervangbaar is en ’n duidelike impak op hul kinders se lewe kan hê. Vadersdag is om die draai en LYNN-MARI OLIVIER het met Yolandi Strydom, pastorale terapeut, gesels oor waarom ’n pa so ’n belangrike rol in sy kind se lewe speel.

’n Kind wat aanvaar, gelief en beskermd voel, is veilig teen die lewe se aanslae. Dis die kind wat verwerp, ongelief en ongewens voel en verwaarloos en verneder word, wat op ’n verkeerde pad geplaas kan word. Daar is nie iets soos ’n perfekte gesin nie. Waar daar egter liefde en aanvaarding is, kan ouers maar foute maak. Wie maak nie foute nie? Wat is ’n pa? ’n Pa is ’n mentor vir sy kind. Hy is iemand na wie toe jy kan opkyk en soos Rut vir Naomi kan sê: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om, om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan, waar u bly, sal ek bly, u volk is my volk, u God is my God, waar u sterf, sal

Die afwesige pa . . . wat kan Ma doen? As dit tydelik is weens werkverpligtinge of siekte, kan jy kompenseer deur ’n positiewe beeld van Pa voor te hou. Wys op die doel van sy afwesigheid (byvoorbeeld voorsiening vir

die gesin) of die waarde van ondersteuning as iemand in die gesin siek is. As hy emosioneel afwesig is weens ’n langdurige, ernstige siekte, moet jy eerstens hulp vir jouself en jou kinders kry. Jy kan nie net gee sonder om ook te ontvang nie. Skep ondersteuning-strukture in jou familie, vriendekring en byvoorbeeld by die kerk. As hy langdurig emosioneel afwesig is weens werk, huweliksprobleme of persoonlike probleme, moet jy aan die gebrek aan intimiteit in jul huwelik werk. As dit nie help nie, moet julle saam (of jy alleen) hulp kry, anders word julle ouers se verhouding, die voorbeeld vir jul kinders s’n.

The IDC is the biggest supporter of tenders awarded in the

Over the next five years, the IDC will make available R25 billion

Department of Energy’s Renewable Energy Independent

to fund projects related to green industries.

Power Producers (REIPP) programme. The IDC is identifying and providing funding for many projects

Hoekom, volgens jou, is ’n pa se rol in die huishouding so belangrik? Terwyl mans worstel om hul rol in ’n veranderende samelewing te definieer staan een ding soos ’n paal bo water: pa’s se besonderse bydrae tot hul kinders se ontwikkeling. ’n Pa en ma is daar vir liefde, geborgenheid, konsekwentheid, dissipline, struktuur en gehalteaandag: Dít is die dinge wat belangrik is vir ’n kind se emosionele ontwikkeling en groei.

In the first round of REIPP tenders, the IDC participated in

that will contribute to building South Africa’s industrial capacity

twelve successful bids, and seven more in the second round.

and creating jobs. Visit www.idc.co.za to find out more.

The green energy bids include wind power, concentrated solar power, photovoltaic and small hydro projects.

The power behind renewable energy

Chillibush8166IDC

Waarom is dit vir ’n ma onmoontlik om albei rolle met sukses te vertolk? Dit is beslis onmoontlik. Baie enkelma’s sloof hulle af en maak kinders groot wat eendag goeie landsburgers sal wees. Navorsing toon ook waar ’n pa uit die gesin is, kan dit ernstige gevolge vir die kind inhou. Studies toon dat ’n baba reeds op drie maande kan onderskei dat hy ’n ma én pa het. Hy het dan reeds ’n begrip van homself met pa en homself met ma. Navorsing toon ook dat die pa meer met peuters en voorskoolse kinders speel as die ma. Kinders verkies dan ook om met Pa te speel. Pa’s en ma’s se speelstyl verskil. Pa kielie meer, stoei en gooi die kleintjie in die lug. Hy moedig mededinging en onafhanklikheid by die kind aan. Ma gee die wortels en Pa die vlerke. Pa práát ook anders, terwyl Ma haar woorde vereenvoudig en op die kind se vlak praat. ’n Pa daag die kind uit om sy woordeskat uit te brei – dit is ’n belangrike boublok vir akademiese sukses. Indien albei jou ouers by jou opvoeding betrokke is, hét jy ’n voorsprong. Jy het waarskynlik beter kognitiewe en motoriese vaardighede, is gesonder en beter aangepas, kan probleme beter oplos en het meer selfvertroue en empatie. Jy is ook nuuskieriger en geduldiger. Pa’s wat nie meer in dieselfde huishouding as Ma en die kinders woon nie, moet moontlik meer moeite doen om tyd met sy kinders te bestee. Watter gevare kan die kinders se emosionele welstand bedreig as Pa sy vaderlike pligte versuim? James de Villiers, voorligtingsielkundige van Kaapstad, onderskei tussen twee soorte afwesige pa’s. Die fisiek afwesige pa wat byvoorbeeld tydelik vir werk oorsee is, of lang ure werk, maar steeds moeite doen om ’n goeie emosionele verhouding met sy kind te hê. Dan kry jy die emosioneel afwesige pa wat fisiek aanwesig óf afwesig kan wees, maar nie werklik emosioneel by sy kind betrokke is nie. Jou welsyn as kind hang eerstens van jou ouers se verhouding met mekaar af en nie die liefde wat jou ouers teenoor jou betoon nie. Dit geld as jou ouers bymekaar óf geskei is. As Pa slegs fisiek (veral tydelik) afwesig is en die intimiteit tussen jou ouers goed is, doen dit nie soveel skade nie. As hy fisiek én emosioneel afwesig is, sukkel Ma dikwels self om emosioneel te oorleef. Sy kan jou dan óf oorbeskerm, óf self emosioneel afwesig wees. Jy moet dan elders emosionele veiligheid soek. Sulke kinders raak dikwels afhanklik en kompenseer vir die emosionele verlies van ’n pa deur baie liefde te gee, maar sukkel om te ontvang (die redder). Óf hulle soek na al hoe meer liefde, maar sukkel om dit self te gee (die slagoffer of aggressor). “Die ideaal is egter dat kinders ook volwasse mans as rolmodelle moet hê. Ander manlike rolmodelle kan ongetwyfeld ’n sterk invloed op ’n kind hê. ’n Sportafrigter, geliefde oom, broer of buurman,” sê Strydom. Hillary Clinton sê graag: “Dit verg omtrent ’n dorp om ’n kind groot te maak, nie net die ouers nie.” Ouerskap is mos trial en error. Is daar ’n reg en verkeerd?

ek sterf.” Dis mentorskap. Die gevolg is dat die kind sal sê Pa, wat jy glo, sal ek glo, wat jy is, wil ek wees, die hemel waarheen jy gaan, wil ek na gaan. Jou lewenswandel is die een wat ek wil wandel. Die verhouding wat jy met my het, wil ek eendag met my kinders hê. Soveel tyd as wat jy aan my gee, wil ek eendag aan my kinders gee. Dit is die moeite werd om jou kind te wees.

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

VADERSDAG

Pa se rol belangrik DIE verhouding tussen ’n pa en ’n seun het onskatbare waarde. LYNN-MARI OLIVIER het by Nicky Thomatos en sy seun, Nico (7), op Kuruman gaan hoor hoekom dié verhouding so kosbaar is. Nicky, beskryf vaderskap vir jou. Die vraag het my kop omtrent aan die gang gesit. Ek het lank gedink en selfs oor die onderwerp gaan oplees en het gevind dat vaderskap die volgende vir my beteken en dat ek daagliks hierna wil strewe: As ’n wegspringplek wil ek ’n pa wees soos God vir ons ’n pa is. Ons kan ons nie vergelyk met God nie, maar ons kan by God leer. Kyk maar wat se sterk band was daar tussen Jesus en God, Jesus se algehele toegewydheid aan Sy Vader. Jesus het algehele onderwerping van gesag gehad vir Sy Vader, respek vir Sy Vader, liefde vir Sy Vader en gehoorsaamheid aan Sy Vader. As aardse pa’s het ons ’n verantwoordelikheid gekry, ’n gesagsposisie en ’n opdrag. Die vraag is wat maak ons daarmee? Ons moet ons kinders onvoorwaardelik liefhê, ons moet ’n mentor vir hulle wees en ons moet hulle geduld leer, maar is ons geduldig? Ons moet hulle aanmoedig en ’n goeie voorbeeld vir hulle wees. Wanneer ek sien hoe my seun na sy pa opkyk en altyd glo dat sy pa die beste is, besef ek eintlik eers watter verantwoordelikheid ek/ons het om ons seuns na die beeld van God te mentor. Ek besef God kyk na my en vra my gereeld is dit die voorbeeld

DIE pa en seun Nico (7) en Nicky Thomatos. wat jy wil stel. Hoekom speel ’n pa so ’n belangrike rol? Ek dink nie ’n pa speel ’n belangriker rol as ’n ma nie, want God het bedoel dat ’n gesin uit ’n pa en ma bestaan en dat elkeen verantwoordelikhede tot die gesin het. Of ’n mens getroud of geskei is, bly die verantwoordelikhede staan. Die verdeling van verantwoordelikhede word deur elke gesin bepaal. Wat het jy en Nico in gemeen, wat is julle twee se gunstelingtydverdryf? Nico is baie soos ek, en ’n mens sien jouself weer van voor af. Ons hou albei van die buitelug en om ak-

Foto: Lynn-Mari Olivier

tief te wees. Ek sou graag wou hê dat my seun onthou hoe ek saam met hom gespeel het. Nico, wat beteken Pappa vir jou? Pappa moet werk sodat hy vir ons kan sorg. Wat maak Pappa spesiaal? Dit is lekker dat my pappa my pappa is. Ek hou daarvan as Pappa saam met my speel. Wat doen jy en Pappa saam – wat is vir jou lekker? Ek hou daarvan as ek en Pappa saam tennis oefen, rugby speel en saam fietsry. Ek gaan ook eendag saam met Pappa bergfietsry wanneer ek ’n groter fiets kry.

‘Operasie lughawe’ en diepsee-swem Annerie Louw MÔREAAND vlieg ons na die Griekse eiland Kos. Dit klink idillies, romanties en ’n vooruitsig vir ander om op jaloers te wees. Maar vlieg – vir ons saam met Mooiste en haar gesin – beteken om om 03:00 op te staan om op die laatste om 04:30 vir ons vlug om 06:30 aan te meld. Twee kinders, ’n baba van twee maande en ’n tweejarige peuter, moet saggies uit hul warm beddens opgetel word en saam met die bagasie en twee stootwaentjies lughawe toe gepiekel word. Die handbagasie bestaan uit doeke, bottels en paaigoedjies om gereed te wees vir die helderwit ligte van die vertreksaal op Schiphol. Skoonseun se motor het nie plek vir ons almal en al die bagasie gelyktydig nie en hy moet derhalwe twee ritte onderneem. Die plan is om my en Dierbaarste af te laai en die gesinnetjie by die huis te gaan haal. Dierbaarste sal by die bagasie bly terwyl ek by die uitgang wag om vir Mooiste met die kinders te help. Daarna moet hy nog die motor in die lughaweparkeerterrein (wat amper net so groot soos die lughawe self is) gaan los en op ’n bus klim om by ons met die bagasie aan te sluit. Intussen is Amsterdam getrou in sy weersomstandigheid: Dit reën sag en deurdringend. Stokflou het ons elkeen ons sitplek op die vliegtuig gehaal en opgestyg deur ’n dik Europese wolkekombers na die sonnige eiland Kos, 4 km van Turkye af, in die Egeïese see. Min het ek toe kon droom dat

ek op die tweede laaste dag van ons vakansie in die einste see ’n diepseesprong sou doen. Met vakansies op ’n Griekse eiland eet en swem ’n mens lekker en is heerlike weer en Griekse gasvryheid ’n gegewe. Kroonprinsie kon die eerste keer sy lange bene vir die son wys en sy klein somerpakkies dra. Prinses het in haar meerminswempakkie in die swembaddens en op waterwurms gebaljaar. Behalwe vir die groot voorreg om saam met hulle te kuier was die seilvaart na drie ander eilande in die Egeïese see vir my ’n hoogtepunt. Ons boot met ongeveer 150 passasiers het sy anker om 10:00 in Kos se hawe gelig en ons kon die ou hawemuur met al die bote fotografeer. Toe volg ’n uur lange reis na Psidimos, ’n eiland met drie eetplekkies, ’n baie ou kerk en twee soewenierwinkels op die hawe. Op die hawe-strand kon ons in louwarm seewater afkoel. ’n Bietjie langer as ’n uur later het ons in Kalymnos aan wal gestap – die grootste van die drie eilande waar ons kon eet en ’n paar minute kon rondstap. Die laaste eiland is onbewoond en die boot het net naby die eiland anker gegooi. Toe kon die waaghalse van die boot af in die diepsee duik. Ons was net so tussen 15 en 20 mense wat dit in die koue, silwerskoon, donkerblou water gewaag het. Ek wou darem vir oulaas dat die kosmopolitaanse groep op die boot respekte vir die Kalahari-ouma kry.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

DIE inwoners kuier saam met Ronel, die nuwe bestuurder, op die grasperk tussen die diere se hokke.

Dieregeselskap ingedrink DIE Mimosahof-tehuis vir bejaardes het onlangs die Mini Zoo met ’n groep van die inwoners besoek. Die bestuur het gemeen die besoek aan die dieretuin en die kontak met die diere baie terapeuties vir hulle kan wees. Die groep het ’n heerlike ete in die tuin genuttig, saam staaltjies van hul jeugjare in die natuurskoon uitgeruil en met verskeie diere te doene gekry. Ronel du Plessis, die nuwe bestuurder van Mimosahof, deel die inwoners se passies en belangstellings. Sy droom daarvan om ’n petting zoo vir die inwoners van Mimosahof te vestig. Enige raad, voorstelle en hulp daaromtrent van die publiek sal verwelkom word.

TANNIE RIA VAN ROMBURG het byna dié sagte, wollerige hondjie huis toe geneem: Liefde met die eerste oogopslag.

JOHAN VAN SCHALKWYK voer Benjamin die perd. KABOUS POTGIETER saam met een van die gunstelingperde.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

VLV-vroue ingelig oor uithourit en Kentucky Petro Spangenberg OP die vergadering van Kuruman se Vroue-Landbouvereniging (VLV) in Mei op Boa Fe het dr. Gerhard van der Westhuizen die vroue oor sy wedervarings in 2010 op die World Equestrian Games (WEG) in Kentucky toegespreek. Dit kan as die Olimpiese Spele van perdesport beskou word. Hy was een van twee veeartse in Afrika wat gekies is om die veeartsenykundige inspeksies en behandeling op die uithouritperde uit te voer.

Op dié spele was daar 58 deelnemende lande, 632 atlete en 752 perde. Uithouritte, dressering en perdespring was van die kategorieë waaraan deelgeneem is. Die ruiter en perd wat die 200 km teen ± 22 km/h afgelê het, is as wenner van die kampioenskap aangewys. Met al Van der Westhuizen se interessante foto’s en staaltjies oor Kentucky en die sport kon almal nog ure na hom gesit en luister het. Die tafels was vol kompetisie-artikels wat gewissel het van groente-

tert en herfsblaar-collages tot spaarblikkies van herwonne materiaal en ’n kroegruiker vir Vadersdag. Ansie Cilliers, wat die nuwe saamroeper vir landbou en tuinbou is, het ook skyfies vertoon van alles wat van weggooigoed gemaak kan word om die hergebruik van baie huishoudelike artikels te bevorder. Die VLV-tak probeer die vroue altyd van gewone dinge leer, maar heel dikwels ook van buitengewone, lewensverrykende dinge waarsonder hul lewe ’n leemte sou hê.

Bespreek nou plek vir vakansie vir ruiterkunslesse DIE vakansie word ’n basiese ruiterkunskursus aangebied. Dit sluit in agt rylesse, agt praktiese sessies en ligte middagetes, sowel as ’n kursus-handboek. Die ruiterkunskursus vind van 24 tot 27 Junie plaas.

Alle ruiters moet ouer as sewe jaar wees en moet hul eie perd gebruik. Dit kos R1 200 per persoon. Vir plekbespreking en verdere inligting bel Lizaan Cilliers by 082-220-3638 of Ansie Cilliers by 082-4107502.

Kom geniet dag saam EEN van die grootste gebeurtenisse vind binnekort in die Kalahari plaas en almal word genooi om daaraan te kom deelneem. Die Keesi-perdesportdag op Vanzylsrus vind vanjaar op 29 Junie plaas. Die dag begin met ’n opwindende perderesies om 09:00 waar perdeliefhebbers op hul gunstelingperd kan wed. Verskeie kosstalletjies sal enige honger stil en daar is hope vermaak vir oud en jonk. ’n Vroueprogram waarop Van Zylsrusvroue vir belangstellendes gaan wys hoe om onder meer ’n kaasbord te pak en om ’n tafel vir ’n formele geselligheid te dek, beloof hope pret vir toeskouers. Kom dans die aand ook die koue weg op ’n heerlike geselligheid om die dag af te sluit. Toegang is R20 per persoon. Vir meer inligting bel Marlize by 072-861-0283.

ZERO TOLERANCE TO FRAUD AND CORRUPTION The Northern Cape Department of Social Development adopts a “zero tolerance” to fraud and corruption and declares its intention to service the Northern Cape without compromise. BLOW THE WHISTLE ON FRAUD AND CORRUPTION and PROMOTE ZERO TOLERANCE ON FRAUD. WHAT IS YOUR RESPONSIBILITYAS AN EMPLOYEE?

In terms of the code of conduct of the public service, chapter 2 of the public service regulations, you are prohibited from using your official position to get benefits and favours. WHY SHOULD OUR SERVICE PROVIDERS CARE ABOUT FRAUD AND CORRUPTION?

A service provider found guilty of dealing in tender corruption can be listed on the register for tender defaulters at National Treasury. This means that you will be banned from doing business with government for between 5 and 10 years. This register is also open to the public. Example: Corruption with service providers is where a person pays a bribe or requests a bribe to be awarded/to award a contract. The gratification is money or gifts received entertainment, loans, employment or any other benefit. If you offer a bribe you are already guilty of corruption!

In light of the above, the Department of Social Development hereby request members of the public who suspects fraud and corruption, should contact National Anti-Corruption hotline at 0800 701 701 and Presidential hotline at 17737.

Hier probeer klein Cilje Salim op Black Tie die ruiterkuns baasraak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

11


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. TROUROK TE KOOP: R6 000. Grootte 34. Skakel Nicolene 082 782 2957/ 079 508 8028.

YORKTESES (YORKSHIRE EN MALTESE). Pragtig, slim, verloor nie hare nie. 7 weke, gespuit en ontwurm. Skakel Marinda 082 559 9455.

BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

12

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

HILUX 2.4D, 1996: Long base, rails. R45 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Artisan Millwright Mamatwan Mine

Ref. 758441 In this role, you will be expected to inspect, replace and maintain mechanical and electrical equipment in a safe and efficient manner. You’ll provide technical support, perform maintenance planning, undertake plant inspections and take part in mechanical installation work. Mechanical and equipment maintenance (including the conveyor), general rigging, electrical construction, installations, faultfinding and repair, and maintenance and inspection on lifting machinery and equipment are further focuses. You’ll also undertake welding and work with mobile equipment. Business improvement will be an important aspect of the role. To apply, you need a Grade 12 or equivalent qualification, a valid Trade Certificate (Millwright – Electrical/Fitting) and 3-5 years’ work experience, preferably in an underground mining environment. SAP experience would be advantageous. A valid Code 08/EB driver’s licence is essential. The role furthermore requires technical knowledge, planning and organising as well as familiarity with task reporting. We will expect you to pass the preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to: Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 24 May 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 98777


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

BOMBARDIER DS 650: 2006 model, trailer included. R38 000. Phone Xavier 082 783 1462 Kuruman.

KANTOOR TE HUUR IN HOOFSTRAAT KURUMAN. 3 Kantore en ontvangs. Parkering beskikbaar. Skakel 053 - 723 3085.

Table Charm:If u want to sell and make more money. SMS your name & address to: 073 701 5214

COROLLA 1.3 12V: Red. R17 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 1.6 16V: 1994. Carburettor. R26 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 160i, 16V Twin Cam, 1995 model. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

Veritas Eiendomme

FIAT STRADA EL 1.2, canopy, a/c, p/s, MP3 player, 2007 model. Phone 076 244 9298. Mazda 626 16V 200e lopende toestand teen R10000.Skakel.Oom Willem by 054 339 2139 QUANTUM SESFIKILE 2.7: 2012 model. Phone 079 525 4566. TAZZ 160i, 2002: Mags, CD. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

KURUMAN TE HUUR Woonstel Eenmanwoonstel R3 300 p.m. Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Enkelmotorhuis R9 900 – R11 500 Huise 3 x slaapkamer 2 x badkamer R12 100 – R14 850 p.m. 4 slaapkamers 2 badkamers Swembad 3 motorhuise R16 500 p.m. TE KOOP 3 slaapkamers Dubbelgeriewe R930 000 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852

AIDA KURUMAN Woonstel: 1-slk, koopkrag. R4 100 p.m. 1-slk-w/stel, w en l ingesluit. R4 450 p.m. HUIS: 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R15 000. Huis te koop: 3 slk, 2 badk, 1slk-woonstel en swembad. R2 050 000. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R1 350 000 Skakel Annatjie 076 395 9422. KURUMAN: Netjiese 4slaapkamerwoonhuis te huur. Geen agente. Keuring voorbehou. Skakel 071 764 1429. REIVILO: 3-slk-woonhuis met groot erf en water ingesluit. 1 garage, afdak vir waentjie. 1 badkamer met aparte toilet. Huis binne en buite nuutgeverf. R1 500 per maand. Skakel Gert 082 449 3774 of 082 092 3909.

RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0162 now to arrange a personal interview.

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 289: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R1 050 000. 313: 3 slk, 2 badk, kombuis, sit-/eet-/ TV-kamer met binnebraai en jaccuzi. R1 350 000. 317: Klein hoewe: 5 slk, 3 badk, sit-/eet, kombuis, afdak en woonstel. R3 500 000. 318: 3 slk, 2 badk, sit/eetk/oopplankombuis, D/M/H. R1 650 000. 311: 4 slk, 3 badk, kombuis, sit-/eetkamer, sewmbad, D/M/H. R1 680 000. TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 H31: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sitkamer, kombuis, buitebraai. R12 650 p.m. H66: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sit/eetkamer, E/M/H. R12 000 p.m. H77: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis. R8 800 p.m. H96: Groot gebou vir besigheid. R33 000 p.m. H98: 3 slk, 1 badk, kombuis, sit-/eetkamer, buitekamer, e/m/h. R8 800 p.m. H102: 3 slk, 2 badk, oopplansitkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R14 000 p.m. H105: 2 slk, oopplansitk met kombuis en afdak, R4 950 p.m. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendom me.co.za Skakel ons gerus vir enige eiendomsbehoeftes. ‘Ons help graag’.

FRANS BADENHORSTREKENMEESTERS: Aansoeke word ingewag vir 'n Rekeningkundige klerk. Die minimum vereistes is: Beskik oor goeie Rekeningkundige agtergrond Rekenaarvaardig wees, met Pastel-, Word- en Excel- ondervinding. Moet Afrikaans magtig wees. Beskik oor goeie kliënteverhoudings en telefoonetiket. Pos u CV na Posbus 526, Kuruman 8460 of faks dit na 086 608 9888. Aansoeke sluit op 20 Junie 2013. Indien u geen terugvoer ontvang teen 27 Junie 2013 nie, was u aansoek onsuksesvol. POS BESKIKBAAR vir manspersoon met 'n bakkie. Skakel 076 605 7447.

TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life. VAKANTE BETREKKING BY CONWAY JOHNSON INTERNE VERKOPE Moet 3 tot 5 jaar ondervinding hê van verkope. Moet goeie menseverhouding kan handhaaf, moet met syfers kan werk, goeie gesondheid geniet en onder druk kan werk. As jy nie van ons hoor voor 14 Junie 2013 nie, moet jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was. Handig CV in by Ronel of Cynthia by Conway Johnson, h/v Produkte- en Voortrekkerstraat, Kuruman.

13

K.J. Gasemokwena

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Khuwajane John Gasemokwena, identiteitsnommer 260616 5284 086, met nagelate eggenote Matogomane Elsie Gasemokwena, identiteitsnommer 300704 0434 088, in lewe van Huis No D470, Selosesha Seksie, Morokweng, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 379/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460. K.L.Mathidibe

D.J. Eilers

In die boedel van wyle Dawid Johannes Eilers, identiteitsnommer 361112 5097 080 ,van Gousblomstraat 117, Wrenchville. Boedelnommer: 1216/2012. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

In the estate of the late Kesentsekgotla Lucas Mathidibe, identity number 611126 5810 084, of House No 406E, Loopeng Village. Estate number: 3358/2012. All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 14 June 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460. P.J. Khokhong

G.P. Rossouw

SYMINGTON & DE KOK ATTORNEYS • PROKUREURS • BABUELEDI In die boedel van wyle Gert Petrus Rossouw, identiteitsnommer 501003 5023 088, van Silwerboomstraat 18, Kathu. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken vanaf 14 Junie 2013. EE POHL SYMINGTON & DE KOK Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHR0084). J.C. van Rooyen

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen en nagelate gade Maria Susanna van Rooyen, met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud was en wat woonagtig was by Springbokstraat 2, Kuruman, distrik Kuruman. Boedelnommer: 816/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

In die boedel van wyle Pitso Jackson Khokhong, identiteitsnommer 560105 5889 083 ,van House No A143, Churchill Village 8474. Boedelnommer: 3281/2013. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Sonja, Tjokker vermaak Lynn-Mari Olivier DIE kinders het haar met ’n gejuig verwelkom en hande is verwoed deur die lug geswaai. Sonja Heroldt en Tjokker die hond het op 5 Junie die kinders van die Laerskool Seodin vermaak. Die kinders was uit hul nate

RAKA is ’n reun boerboel van sowat sewe jaar oud. Hy soek regtig dringend ’n huis.

en het met ywer aan die program deelgeneem. Sonja het kinders uit die gehoor gebruik om haar optrede te vervolmaak. Ná die manewales het Tjokker sy verskyning gemaak. Tjokker is ’n reuse- bruin hond en was vol streke. Hy het Sonja al haar dae gegee

en die kinders onophoudelik van die lag laat skater. Sonja en Tjokker het die kinders geleer dat ’n mens nooit mag jok nie en altyd die waarheid moet praat. Die vertoning was veel te vinnig verby, maar Sonja en Tjokker het beslis ’n blywende indruk gelaat.

DIE DSV se hokke is vol pragtige en mak katjies.

DIE baba-worshondjies is ses weke oud.

Talle diere kort huise DIE Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman het verskeie katte en honde wat graag in ’n liefdevolle huis aangeneem wil word. Sonja Grobler van dié instansie

sê met die winter wat aangebreek het, is die hokke oorvol en die DSV is naby daaraan om diere te begin uitsit. Enige skenking van komberse sal ook gewaardeer word.

SONJA HEROLDT enTjokker se onlangse vertoning by die Laerskool Seodin.

Foto: Lynn-Mari Olivier

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

DUIWE in vlug.

Foto: Verskaf

Wedvluguitslae van klub bekend ’n UITERS suksesvolle duiwewedvlug is onlangs deur die Kuruman-posduifklub aangebied. Die duiwe het van Delareyville na Kuruman gevlieg. Die tien topplekke in die jongduifwedvlug is asoos volg: 1. MC Turbo 2. MC Turbo 3. MC Turbo 4. MC Turbo 5. MC Turbo 6. MC Turbo 7. Blouband 8. Blouband

9. Bloubul-hokke 10. Goodhope Lofts Die tien topplekke in die ope wedvlug: 1. Pienk Hokke 2. E.V. Einkamerer 3. G.A. Coetsee 4. Oosthuizen-hokke 5. Pienk Hokke 6. Pienk Hokke 7. MC Turbo 8. J.A. Salim 9. J.A. Salim 10. Oosthuizen-hokke

WP ELS, flank van die eerste span.

Foto’s: Anell Smith

DANNY SMITH, afrigter van die eerste rugbyspan.

Soet én sout vir spelers Ilse Watson DIE rugbyspelers van die Hoërskool Postmasburg was verlede jaar die kampioene van die mediumskole-B-liga, maar vanjaar moes hulle van hul matriekmaats afskeid neem. Nou gaan dit nog so ’n bietjie sukkel-sukkel

met die spanne, want die manne is nog jonk. Hulle het onlangs oorwinnings in die liga teen Douglas en Blinkklip behaal. Die rugbyspanne het net-net hul wedstryde teen Kakamas en Daniëlskuil verloor. Hulle is baie opgewonde oor hul wedstryde teen Prieska wat volgende kwartaal voorlê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.