Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
14 NOVEMBER 2013
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Terrein bly ’n probleem SOOS ’n deurmekaar krulkop hang die ontblote wortels van ’n kameel doringboom uit. Dié soort beskadiging van die bome is onwettig.
Foto’ Ilse Watson
Ilse Watson OP die stortingsterrein van Kuruman is nie net probleme met hoe die storting en beheer oor vullis gedoen word nie, maar in die proses van wanbestuur word die beskermde kameeldoringbome ook beskadig. “Die voortdurende probleme van die stortingsterrein bly ’n bekommernis. Die kameeldoringbome word al so lank beskadig en niemand wil ons help nie,” sê Angie Fotheringham, ’n onafhanlike omgewingskonsultant. “Die voortgesette onwettige myn van sand agter (suid) op die Kurumanstortingsterrein is al in Februarie 2011 by instansies soos Natuurbewaring en die provinsiale departement van omgewingsake aangemeld, maar niks word aan die probleem gedoen nie.” Luidens ’n verklaring wat in Mei deur die departement van gesondheid (Noord-Kaap) uitgereik is, word die stortingsterrein behoorlik bestuur. Daarvolgens tree niemand onverantwoordelik op nie. Kalahari Bulletin Kuruman het op 24 Oktober verslag gedoen oor die brief wat AfriForum Kuruman aan die Ga-Segonyana-munisipaliteit gestuur het. In die brief is gevra dat die munisipaliteit antwoord op probleme soos dat daar nie voldoende sekuriteit by die hekke is nie, die heinings wat op plekke beskadig is en op ander plekke heeltemal platlê en hoekom vullis wat afgelewer word, nie dadelik gekompakteer word nie. Met Kalahari Bulletin se besoek aan die terrein is hope rubberbande gevind en vullis was nie gekompakteernie. Daar was ook plekke waar die rook getrek het wat aandui dat vullis verbrand word. Dit is ook onwettig. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit het op die brief van AfriForum Kuruman geantwoord al die aktiwiteite is wettig.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Miljoene aan skole bestee André Botha DIE Noord-Kaapse onderwysdepartement gaan R20 miljoen bestee in ’n poging om onderwysers na landelike en plaasskole te trek en te behou. Altesaam 246 skole en 1 089 onderwysers word hierdeur geraak. “Die departement het oor die afgelope vyf jaar sowat R125 miljoen aan die ontwikkeling van onderwysers bestee. Sowat 3 000 onderwysers het hierby baat gevind en dit het ’n aantal onderwysers in staat gestel om hul studie by universiteite te voltooi.” Só het Lehuma Ntuane, kommunikasiehoof van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, gesê. Sy het gesê dat die ondoeltreffende bestuur van onderwysers in skole ’n bron van kommer is en daarom word voortdurend groter ondersteuning aan onderwysers gegee. In die 2010-’11-boekjaar is R3,57 miljoen aan die ontwikkeling van onderwysers in veral die John Taolo Gaetsewedistrik bestee. Onderwysers het dié geleentheid veral benut om hul kwalifikasies te verbeter. Altesaam 104 ondergekwalifiseerde onderwysers het hulle vir die nasionale professionele diploma in onderwys ingeskryf. Daarby het 25 onderwysers hulle vir ’n B.Sc.-graad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal ingeskryf. Dit is deur die mynmaatskappy BHP Billiton met R10,8 miljoen gefinansier. ’n Ooreenkoms is verlede jaar met Sishen Iron Ore se gemeenskapsontwikkelingsfonds en die Rhodes-universiteit vir ’n ontwikkelingsraamwerk vir onderwysers aangegaan. Altesaam 108 onderwysers van John Taolo Gaetsewe, Frances Baard en ZF Mgcawu het hulle reeds vir B.Ed. in wiskunde, B.Ed. in Engels en B.Ed. in die grondslagfase ingeskryf.
EEN van die Sishenmyn se splinternuwe lokomotiewe.
Sishen-myn spog met nuwe lokomotiewe André Botha KUMBA IRON ORE het ses nuwe lokomotiewe vir gebruik by die Sishen-ysterertsmyn gekoop. Die bestaande lokomotiewe, wat lankal hul stoom verloor het, moes vervang word. Die lokomotiewe is deur General Electric gebou en is vroeër die week afgelewer. “Lokomotiewe is die eerste keer in 1978 by die Sishen-myn gebruik,” sê Gert Schoeman, kommunikasiehoof van Kumba.
Die bestaande lokomotiewe het hul leeftyd reeds met sewe jaar oorskry en moes daarom dringend vervang word. Dit het moeilik geraak om onderdele te kry en die huidige tegnologie werk ook nie vir dié lokomotiewe nie. Die onderhoudkoste het ook toegeneem, omdat ouer tegnologie vervang moes word. Die nuwe C30-ACi GE-lokomotiewe sal dit moontlik maak om produksieteikens te haal. Voorheen was twee lokomotiewe nodig
Foto: Verskaf
om ’n trein met 114 trokke te trek, terwyl net een van die nuwe lokomotiewe dieselfde werk kan doen. Dit beteken ’n aansienlike besparing vir die myn. Lokomotiewe moes voorheen gehuur word om die van Sishen aan te vul wat nou nie meer nodig sal wees nie. “Die nuwe lokomotiewe is ’n belangrike mylpaal vir Sishen. Dit kan 35 jaar gebruik word, wat beteken dit hoef nie in die verwagte leeftyd van die myn vervang te word nie,” vervolg Schoeman.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Optog laat Kuruman stil Ilse Watson
KURUMAN is nooit stil op ’n Vrydag nie. Inteendeel, dit is só besig dat geen mens op die dorp kan beweeg nie. Vrydag was dit egter ’n heel ander saak. Die dorp is verlam deur die optogte wat deur die Kuruman-werkloosheidgemeenskapsforum gehou is. Volgens die forum ignoreer die myne in die omgewing die plaaslike werkmag. Hy beweer dat die myne mense van ander provinsies aanstel. Hierdie aanstellings veroorsaak dat plaaslike gemeenskappe geen inkomste het nie en dat hulle meer verarm. Om die forum se standpunt te stel en die mense se probleme uit te lig het die forum ’n groot optog van plaaslike mense gereël met die doel om die normale gang van besighede te stuit. Onder die wakende oog van die Kuruman-polisie het die optog redelik rustig verloop. Dit het egter veroorsaak dat die meeste besighede in die middedorp gesluit is. ) Die Kalahari Bulletin Kuruman versoek eienaars van besighede om aan die gesprek deel te neem. Stuur ’n SMS of bel die redakteur, Ilse Watson, by 079-831-5579.
) KURUMAN KANSA gaan stap. Kom stap saam op 16 November om 06:30. Die staptog word op die plaas Hartland (op die Kathu-pad uit) gehou. Dit kos R20 per persoon vir die 5 kmof 10 km-staproete. Alle geld wat ingesamel word, gaan vir die Kansa Relay in 2014 aangewend word. Dit vind op 22 Februarie plaas. Bel Riana Poolman by 082-308-2067 of Lelani van Straten by 072-401-8437 vir meer inligting en aanwysings. ) Op 16 November word ’n Kersmark ten bate van Kathu Kansa aangebied. Die mark word in die Tshimo-kwekery gehou. Dit kos is R150 per stalletjie. Kontak Malinda Roux by 082-876-6802 vir verdere inligting.
KURUMAN se strate was nog nooit so stil op ’n Vrydag nie. Verlede Vrydag is die dorp deur optogte verlam. Foto’s: Johan van Wyk
LEEG en sonder enige verkeer of mense. Die optogte wat verlede Vrydag op Kuruman plaasge vind het, het besigheidseienaars genoop om hul besighede te sluit.
LEES die volledige storie (met baie foto’s) oor die Billy Duvenhagewildkamp (net buite Kuruman) wat wéér verlede Vrydag gebrand het op die Kalahari Bulletin se webblad. Hier blus die Kurumanbrandweer die vlamme. Besoek die webblad by www.kalaharibulle tin.co.za, kliek op “Kuruman” en kliek dan op “nuus” en kry die storie onder die naam “Wild kamp buite Kuruman brand alweer”. Foto: Johan van Wyk
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Mense hoef nie alles te weet MOET mense alles weet wat by ’n moord gebeur het en moet daar berig word oor iemand wat sy eie lewe geneem het? Het die publiek ’n reg om te weet of gee dit net vir die mense iets om oor te praat? In onlangse berigte in ons moederkoerant, Volksblad, is verslag gedoen oor ’n regter wat toestemming aan die media verleen het om teenwoordig te wees wanneer daar getuienis oor sensitiewe sake, onder meer seks-wandade, gelewer word. By dié groot hofsaak, waar mense van moord aangekla word, het die nuusmedia toestemming verkry om die verhore (wat in camera geskied) by te woon. Daar is natuurlik sekere voorwaardes aan die media gestel. In hierdie geval het die algemene publiek nie toegang tot die hof nie en hulle steun daarom op die media om namens hulle daar te wees. Die onus rus dus nou op die media om op ’n sensitiewe manier en met goeie diskresie verslag te doen oor die gebeure in die hof en moet hulle natuurlik die regter se instruksies gehoorsaam. Op ’n ander dorp het iemand sy eie lewe geneem. Daaroor is op ’n sensitiewe manier verslag ge-
doen en die berig is met diskresie geskryf, omdat die familie gevra het sekere inligting moenie aan die publiek beskikbaar gestel word nie. Aangesien die persoon wat sy eie lewe geneem het ’n bekende is, sak ander media soos valke toe en doen navraag oor die storie. Want hulle wil die storie agter die storie weet. Dit klink asof hulle net sensasie soek. Dít is die tye wanneer ’n verslaggewer vir sy eie regte en die regte van die familie moet opstaan. Dít is die tye wanneer daar duidelik “nee” gesê moet word. Hoekom moet die hele wêreld weet waarom die mens sy lewe geneem het? Watter verskil gaan dit enigsins maak aan die feit dat hynie meer daar is nie? Nee, al wat dit sal veroorsaak, is ’n landwye geskinder en die enigste mense wat daardeur seergemaak gaan word, is die familie en kinders wat agtergebly het. Die media speel ’n baie belangrike rol om die publiek in te lig oor gebeure in ons land. Dit is egter ook die media se rol om met diskresie en waardigheid verslag te doen oor sensitiewe gebeure.
Om dankbaar te wees verander jou lewe Ds Christo Jonck LUKAS 18: 9-14 Die Bybel leer ons dat drie dinge in die lewe nodig is om gelukkig te lewe en te sterf. Jy moet eerstens jou sonde ken en tweedens weet dat net Jesus jou daarvan kan verlos en dan moet jy derdens ’n dankbare lewe lei. Is jou lewe ’n lewe van dankbaarheid? Onthou dankbaarheid verander jou lewe. Dit laat jou anders dink. Daar is ’n aanhaling wat sê, “Waaroor jy dink en dank, is wat jy meebring.’’ Die dankbare ingesteldheid het ’n ongelooflike sterk invloed in jou lewe. Om op dankbaarheid te fokus verander jou lewe. Waarvoor is ’n mens dankbaar? Eerstens natuurlik vir wat die Here God in jou en my lewe gedoen het en nog elke dag doen. Alles begin immers daar. Dit maak dat jy gelukkig kan lewe en kan sterwe. Waarvoor is jy nog dankbaar? Baie praktiese raad is om ’n dankbaarheidsdagboek te maak. Neem elke dag tyd en skryf ’n paar dinge neer waaroor jy vandag dankbaar kan wees. Begin by iets makliks soos “ek is dankbaar vir die sonskyn”, “ek is
dankbaar vir werk”, “ek is dankbaar vir my gesondheid”, “ek is dankbaar vir my familie” en binnekort sal jy diep kan delf en jou daaglikse lys sal al hoe langer word. Jy sien, die tollenaar het geweet dat sonder genade jy niks het om voor dankbaar te wees nie. Daarom sy gebed: Wees my arme sondaar genadig. Die Fariseer het weer gedink hy is beter as ander omdat hy meer gehad het. Hy verstaan nie wat genade beteken nie. Vandag om 18:00 gaan ons ook by die Oog-kerk bid dat die Here ons genadig sal wees en vir ons reën stuur. Hoe sal dit ons nie laat dankie sing nie. Ek bid dat die Here God elkeen van ons se lewe sal vul met dankbaarheid. Sien raak hoeveel oorvloedig genade in my en jou lewe aan ons gegee word. Waarvoor is jy vandag dankbaar?
Pragkalender vir 2014 nou beskikbaar
’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontreikiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs
DIE Maartbladsy van Volksblad se 2014kalender. 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.
MET die droogte wat al geruime tyd in die Kalahari heers, is hierdie ’n gesig wat ’n mens beslis nie wil sien nie. Hierdie foto is verlede Vrydag geneem toe die Billy Duvenhagewildkamp net buite Kuruman weer gebrand het. Ons nooi lesers om hul foto’s van die Kalahari vir ons te stuur. Ons sal dit graag plaas. Foto’s moet 1 MB of groter wees. Stuur dit aan die redakteur, Ilse Watson, by ilse.watson@volksblad.com.
Foto: Johan van Wyk
Ma Ousus vier haar 80ste jaar van genade
JAN BUYS, KURUMAN ONS moeder (Ousus) maak 80 jaar oud môre. Wat ’n genade-voorreg uit die hand van God. Op die foto staan sy langs haar fiets op pad na die Kalahari-hostel waar sy vir baie jare as ’n kok gewerk het. Die foto is jare gelede in Wrenchville geneem en baie van die grootmense van vroeër jare het Wrenchville as Vaaldraai geken. My moeder se ouers was Voortrekkers, Johannes Petrus Dawid (oupa Jan) Esterhuizen en Christina Maria Esterhuizen (ouma Non) wat uit die Koegas/ Prieska-omgewing hul oorsprong het.
Die dag toe hulle in Vaaldraai op die Witkol waar die windpomp en dam was, aankom, was daar net ’n gebulk van beeste. My moeder en haar broers was op hul perde besig om die beeste aan te keer. As jong meisie ontmoet sy vir Gert Buys, die welbekende verwer in die Kuruman-omgewing, en tien kinders (vyf dogters en vyf seuns) is uit die huwelik gebore. My moeder het as huisvrou swaar gekry en so haar man ondersteun dat hy vir al sy kinders geleerdheid kon gee. Vandag kan ons met waardering en trots terugkyk op ons ouers se lewe en ná ’n huwelik van 58 jaar is hulle steeds saam. Ons sê baie geluk vir ons moeder met haar verjaardag.
OUSUS BUYS
Foto: Verskaf
23/35
21/29
19/30
14/30
12/27
11/28
15/30
13/29
14/31
NW
W
NW
NNO-5
SSW-5
SSO-5
W-10
WSW-10
SW-5
Verruil joernalistiek vir niks Anena Burger JOERNALISTIEK is volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek: “Die skrywe vir koerante en gewone tydskrifte, dagbladskrywery; die beroep van ’n joernalis. 2 Dagbladwese.” Ja, dit is my beroep. Op Wikipedia, wat ek nie noodwendig as die betroubaarste bron beskou nie, tref ek ook die volgende aan: “Joernalistiek as loopbaan word gekenmerk deur lang en ongereelde ure, werkspanning, swak besoldiging en ooreising. Aan die pluskant ervaar joernaliste byna daaglikse bevrediging wanneer hul werk uitgesaai of gepubliseer word. Joernaliste kry die bykomende bevrediging dat hulle kan meehelp om die openbare mening te vorm. Veral weens die swak besoldiging verlaat baie joernaliste eindelik die beroep vir meer lonende werk . . . ” Wel, ek het jare gewag en nooit kon
droom ek sou die geleentheid gegun word om ’n beroep as joernalis te beoefen nie. Ink is in my gene en daarom was dit seker bedoel om oor my pad te kom. Maar ek is nie net ’n joernalis nie. Ek is ’n vryskutfotojoernalis vir Volksblad en die Kalahari Bulletin en ek is in 2011 aan die oewer van die Oranjerivier, kamera in die hand, deur ’n bobaasjoernalis gevang en grootgemaak om die onselfsugtige beroep passievol uit te leef. Die joernalistiek is nie vir almal nie. Dit is nie ’n beroep wat jý noodwendig wil kies nie, maar ’n beroep wat jou kom haal. Om dit te beoefen moet jy hare op jou tande hê en emmers vol passie in jou hart dra. Dit is ’n wêreld van inligting en
emosie waarin nie een dag ooit dieselfde kán wees as die vorige nie. Die adrenalien wat elke storie, klein of groot, bring, is iets wat net ’n joernalis kan verstaan. En, ja, dit is nie noodwendig ’n beroep wat goue muntstukke in jou sak gaan sit nie, maar dit bring vir jou as mens waarde wat geen geld kan koop nie. Ek ag my een van die gelukkigste joernaliste in Suid-Afrika. Daar is joernaliste wat net daarvan kan droom om die stories van die Kalahari en sy mense te vertel. In my tyd hier het ek die voorreg gehad om nuus uit elke oord te dek. Sommige stories is ontstellend, ander laat my krul van die lag en ander is sommer net interessant. Maar dit is die mense en omstandighede van elke liewe storie wat ek wegbêre en koester. Ek sal nooit die beroep verlaat nie, maak nie saak hoeveel ek verdien nie. Geld is nie die doelwit nie. Dit is hoe jy dit ervaar en uitleef wat van jou ’n joernalis maak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kies die regte drink-smaakgenoot vir die Kersmaal Emile Joubert MET die feestyd wat wink, word gereeld gevra: Watter wyne moet vir dié feesdae gekies word? Dié vraag help die Orange River Cellars om een van sy grootste bates, veelsydigheid, te illustreer. Met so ’n omvattende wynreeks hoef die wynliefhebber voor, tydens en ná die Kersmaal net een wynnaam te soek en dit is Orange River Cellars. Kersoggend – darem laterig in die oggend wanneer die son al goed op is – kan een van die Orange River Cellars se vonkelwyne nadergetrek word. Trek die bolkurk met ’n aanloklike pop en skink jou vonkelwynglas half vol. Maak net seker die vonkelwyn is yskoud. Sit dit
sommer die vorige aand al in die yskas. Die half vol glas word nou volgemaak met lemoensap en daar sit jy met die allerheerlikste manier om die feesdag in te wy. Hulle noem die mengsel van sap en vonkelwyn ’n Bucks Fizz, maar hy is sommer net lekker. Teen die tyd begin die reuke van die Kersmaal deur die huis trek. Of dalk word vanjaar buite vleis gebraai en staan die vleis en pluimvee en dalk vis in skottels en wag om die kole te groet. Een van die Orange River Cellars se wit wyne sal dié lekkerte op ’n gepaste manier inwy. Die twee staatmakers is chenin blanc en colombard. Al twee is fris, vrugtige, droë, wit wyne met die colombard wat so effe voller in die mond lê.
Hoe ook al, wanneer almal tafel toe skuif, hoort daar twee of drie van die wyne op die tafel te wees. Voorgeregte kan wissel van garnaalkelkie, vleisslaai, koue hoender of miskien ’n sop. Maar wees verseker die chenin blanc of colombard sal ’n heerlike aanvulling tot die huiskok se harde werk wees. Die fris, suiwer, wit wyne kry ook sommer jou maagsappe aan die gang wat help dat die kos beter verteer word. Een van die grootste voordele van die Orange River Cellars se wyne is dit is van nature laag in alkohol. Waar normale wit wyne tussen
13% en 14% alkohol bevat, staan die Orange River Cellars se wyne in die omgewing van 12%. Waaruit sal die hoofgereg vanjaar bestaan? Kalkoen, skaapboud, beestong of miskien ’n lekker gerookte ham? Kalkoen mag ’n wit soort vleis wees, en, ja, dit sal voortreflik smaak saam met een van die bogenoemde wyne, maar moenie bang wees om te eksperimenteer en jou kalkoen te nuttig saam met ’n glasie van die Orange River Cellars Pinotage wat so effe koud in die yskas gemaak is nie. Vir die lam is daar niks beter as een van die Orange River Cellars se klassieke rooi wyne nie – cabernet sauvignon of shiraz. Die sagte vrug en volrondheid van die twee staatmakers sal
behoorlik geregtigheid laat geskied aan die harde werk wat die kok gedoen het om die meesterstuk na die tafel te bring. Ham en beestong het ’n speserygeur danksy die naeltjies wat tradi- sioneel in die ham is en die tong se mosterdsousie. Wel, kry vir jou ’n yskoue bottel van die Orange River Cellars Rosé. Die sonnige vrugtegeure van die wyn is ’n perfekte smaakgenoot vir die ham of tong en boonop is die pienk kleur sommer heerlik feestelik. Vir die soetigheid om die maal af te sluit het die Orange River Cellars ook net die regte ding: muskadel. Wit of rooi, effe koud gemaak in die yskas. Daardie Kerspoeding, koekstruif of roomys gaan hande klap vir die wyn.
Eiendom, los bates opgeveil VERSKEIE eiendomme, erwe, voertuie, sleepwaens, gereedskap en ander los bates op Dealesville en Postmasburg kom volgende week as een opdrag onder SA Auction Group se hamer. Die veiling begin op Woensdag 20 November op Dealesville waar agt leë erwe opgeveil sal word, sowel as ’n kommersiële eiendom met ’n werkwinkel van 285 m² en ’n werkerswoonhuis. Diegene wat daarin belangstel om eiendom op Dealesville te koop kan ook op ’n residensiële woning bie, maar die eiendom wat heelwat aandag lok, is ’n kommersiële eiendom in die dorp se hoofstraat wat ’n gewil-
de restaurant huisves. Dit word as ’n winsgewende lopende saak opgeveil. Op 22 November sal die veiling op Postmasburg voortgesit word waar twee netjiese residensiële eiendomme verkoop sal word. Die eiendom in Camstraat sluit ’n werkwinkel van 60 m² en ’n lapa van 26 m² in. Nog ’n residensiële eiendom, ’n drieslaapkamerwoning, sal in Evkomstraat opgeveil word. Bel Marna Bester, die besigheidsontwikkelingskonsultant van die SA Auction Group, by 079-339-5915 vir meer inligting oor enige van die eiendomme, of besoek gerus www.saauctiongroup.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
SOME of the dishes served by DNL Foods at the Sishen Mine’s kiosk. Photo: Provided
DNL Foods to feed Sishen Mine THE Anglo Zimele-funded enterprise, DNL Foods, has recently been awarded the tender to run the admin and plant kiosks at the Sishen Mine. DNL Foods is owned by Danny and Nelly Leibrandt who have been entrepreneurs for about ten years. The Leibrandts started their first business, Butterfield Bakery, in 2004 which has since become a household name in local communities around Kathu. Danny said the Kumba Sishen Mine had advertised a tender a few months ago for the kiosk, and he had seen this as a wonderful opportunity. This was how DNL Foods was born. He secured a three-year contract to run the plant and admin kiosk. Their services include serving food to Sishen Mine employees for breakfast and lunch. The business created employment for 29 people who are all from local communities in the Gamaraga Municipality. Danny said that with the assistance of Anglo Zimele, Anglo American’s funding company, they had managed to buy equipment and stock for the bakery. Danny, a former production manager for a steel company, and his wife, Nelly, used to run a mini-catering business from home. They credit their success to hard work and dedication. “Hard work, long hours, commitment and patience is what you need to run a successful business,” he said. DNL Foods will open two more shops in the near future, which also form part of the tender at the Life of Mine and at Sishen’s new boarding centre. “We, as sustainable development and Kumba at large, are committed to making small business become sustainable and successful,” said Sishen mine LED practitioner John Seretse. “The awarding of the tender to DNL Foods demonstrates that Anglo-American Kumba Iron Ore lives its values by empowering local entrepreneurs. Such ventures truly support local economic development.”
Verdagtes gesoek DIE Bothithong-polisie digby Kuruman is op soek na verdagtes ná die moord op ’n 81-jarige vrou. Volgens lt. Olebogeng Tawana is Gadifele Mokae deur ’n familielid dood in haar huis gekry. Mokae het alleen gebly. Die familielid het haar besoek toe hulle op die wrede toneel afkom. Tawana sê Mokae se huis is geplunder en haar lyk het halfnaak op die grond gelê. Die voorval het vermoedelik verlede Woensdag in die vroeë oggendure plaasgevind. Daar is ’n moontlikheid dat Mokae verkrag is, maar ’n lykskouing moet nog gehou word om dit te bevestig. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie vra dat enigeen met inligting die Bothithong-polisie by 053-773-1148 of ao. Moleko Reuben by 082-373-7095 bel.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
DIE venster van die Santamkantoor wat in die ongeluk beskadig is. Foto’s: Ilse Watson
OP die onderste verdieping van Santam se kantoor – stukke van die motor lê op die vloer.
IN die gat in het die Golf 5 gery en hieronder te lande gekom.
die mense in die motor moontlik onder die invloed van drank was. Volgens omstanders is drie mense oorlede en die vierde een is in die Kuruman-hospitaal opgeneem. ’n Werknemer van Santam, Hulde Morrison, is erg omgekrap oor dié ongeluk. “My selfoonnommer staan groot op die deur van die kantoor.
teit rig om spoedwalle in die pad aan te bring. “Dit is nou al die derde ongeluk waarin voertuie in ons gebou injaag. So kan dit nie aangaan nie,” sê Morrison. Sy kon ook eers na 11:00 sekuriteitswagte in die hande kry om die kantoorgebou op te pas. Die gebreekte ruite van die gebou sou eers Maandag herstel kon word.
Drie dood, een beseer toe Golf in gebou beland Ilse Watson SONDAG in die vroeë oggendure het die bestuurder van ’n Golf 5 met nog drie passasiers glo beheer oor die motor verloor en in die Santam-gebou (digby die Wimpy) ingejaag. Die motor het onder op die grondverdieping te lande gekom. Op die ongelukstoneel lê onoopgemaakte blikkies bier – ’n aanduiding dat
“Die polisie het my nie eens gebel om my in te lig dat daar ’n ongeluk by ons kantoor was nie. “Ek het eers ná 06:00 daarvan gehoor. Tussen 04:00 en 06:20 kon enigiemand by die kantoor ingekom het en al ons rekenaars en toerusting gesteel het.” Morrison sê die eienaar van die gebou gaan ’n versoek aan die Ga-Segonyana-munisipali-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
9
DIE Laerskool Seodin se nuwe leerlingraad vir 2014.
DIE nuwe hoofleiers vir 2014 is van links Cara le Roux (onderhoofmei sie), Madri Nieuwoudt (hoofmeisie), Harry Albutt (hoofseun) en Nico Pie tersen (onderhoofseun).
Leerlingraad vir 2014 bekend gestel Ilse Watson OP die prysuitdelings-aand van die Laerskool Seodin verlede
DIE 2013leerlingraad van die Laerskool Seodin wat verlede week op die prysuitdelingaand, die skool gegroet het. Foto’s: Ilse Watson
week is die leerlingraad van 2013 gegroet. Op die geleentheid is die nuwe leerlingraad vir 2014 aangekondig.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kultuuraand ’n sukses Ilse Watson
DIE Laerskool Kuruman het verlede week sy kultuuraand gehou. Die tema was An adventure in music. Dit was ’n besonderse aand van sang en gedigte. Die skoolkore van die Laerskool Kuruman, Kathu, Lareng en die Kagung-jeugkoor het opgetree. Oudleerlinge van die Laerskool Kuruman, Janli Roodt en Tshidiso Molema, het die gehoor ook met hul pragtige sang vermaak. Dié twee meisies is nou albei leerlinge aan die Hoërskool Kalahari.
JANNATUL FERDOUS het ’n Indiese dans uitgevoer en die gehoor met haar danspassies gaande gehad.
DIE koorlede van die Laerskool Kuruman wat almal met hul pragtige sang betower het.
TSHIDISO MOLEMA het die liedjie You disappear gesing. Sy is ’n oudleerling van die Laer skool Kuruman.
Foto’s: Ilse Watson
JANLI ROODT het die liedjie Dans gesing. Sy is ’n oudleerling van die Laerskool Kuruman en is nou ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari.
DIE Laerskool Kathu se koorlede het pragtig gesing en oulik in hul uniforms vertoon.
DIE koorlede van die Laerskool Lareng wat almal met hul soet stemme vermaak het.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kese wys trekker en wa wie is baas Ds. Schalk Theart IN die Suid-Bokveld was ons sommer tot onlangs nog baie gesinne wat in die omgewing gebly het. Die Sulvens, die Coetzees, Nels, Boltmans, Bothas en natuurlik ’n hele klompie Thearts. Alles op die plase is in ’n redelike toestand gehou, maar sodra die mense om die een of ander rede die plase begin verlaat het, het die verval begin intree. Dit het begin by die dak en mure, en heel laaste het die fondasie verkrummel. Die oompies, sulke klein, vaal miertjies, was eerste. Die bobbejane die vernietigendste en die elemente die sekerste. Ál wat ’n bobbejaantrop laat terugkom na ’n plek wat reeds vernietig is, is wanneer daar ’n paar vrugtebome aan die lewe gebly het. Die besoek sal seisoenaal van aard wees. Wat nou onlangs in die Suid-Bokveld gebeur het, kan ’n mens laat dink, laat lag en laat huil. Bobbejaantroppe is in die omgewing ’n redelik algemene voorkoms. Hulle was op die spesifieke plaas ook nie meer ’n lastigheid nie. Die rede daarvoor was alles op en om die werf was vervalle soos hulle dit met hul laaste besoek agtergelaat het. ’n Besoek aan so ’n plaas sal maar net wees omdat hulle op pad is na ’n volgende plaas is waar daar nog ruimte vir agteruitgang is. En is hulle nie fyn waarnemers nie? Die skildwag sal voor die trop uitloop en duidelik met sy troplede gesels. Soms is party troppe vernielsugtiger as ander. Jy moet nou net nie die fout maak om enige verandering in die vorm van verbetering aan te bring sonder om dit dag en nag op te pas nie. Dit kan jou duur te staan kom. ’n Huurder het só ’n ervaring gehad. Die eienaar het nie meer op die plaas gebly nie en sy tee-oes moes afgehaal word. ’n Barmhartige Samaritaan het hom te hulp gesnel. Die vorige dag het hy sy feitlik nuwe trekker en wa oorgeneem. Die teesnyer sou die volgende dag begin, maar om die een of ander rede was daar ’n vertraging. Dit was toe net mooi die dag toe ta en sy gevolg daar verbybeweeg het. Die blink trekker en waens was iets vreemds. Eers het hulle die wa afgehaak. Blykbaar het die wa effens vorentoe beweeg. Om die twee goed uit mekaar se pad te kry is die rem van die trekker losgemaak. Daar was tekens van hoe hulle die bewegende trekker probeer briek het totdat die een agter die stuur ingeklim het. Hy is nou “gemanoewer” tot waar hy self tot stilstand gekom het. Hier het die groot sports begin. Met alle logika in plek lyk dit asof die span besluit het hulle het die trekker nie daar gekry nie en hy moes terug op sy plek onder die peperboom. Hul mannekrag was daarvoor te min, maar ’n plan moes gemaak word. In die kassie was genoeg gereedskap. Eers is die sye afgehaal en teruggedra boom toe. Toe het hulle die pype uitgetrek, die elektriese drade uitgeruk en opgerol en op die wa gepak. Die verkoeler is effens beskadig, maar netjies tussen twee klippe regop staangemaak. Swaar klippe is onder die as ingewikkel en al vier wiele is tot by die wa gerol. Dié kennis kon hulle maklik opgedoen het met al hul vorige ervarings. Met die verdere werk het die elektronika hulle geflous. Een van hulle moes hom beslis beseer het, want daar was droë bloed en ’n stuk duimnael. Die normale tekens van skrik was orals te bespeur. Nou het die proses ander afmetings aangeneem. Een of almal het hulle vervies en die vernietiging was katastrofies. Soos die ysters in verskillende rigtings gevlieg het, was daar voorwaar nog die getroue handlangers wat elke stuk onder die boom “besôrre” het. Miskien moet ’n mens tog maar daaraan dink om hulle aan die nuwe tegnologie bloot te stel. Dit kan dalk net money well spent wees.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Sien uit na lewe saam OP 21 September is Leon Hollenbach, seun van Werner en Bertha, en Elmarie Kamfer, dogter van Elmar en Marlene, op Kuruman getroud. Hul onthaal is by die Safari Travel Lodge gehou. Foto: Verskaf
Topleerlinge vereer Ilse Watson DIE Laerskool Kuruman het onlangs sy tien topleerlinge
in elke graad van die derde kwartaal aangekondig. Omdat die skool ’n parallelmediumskool is, word die
twee taalgroepe waarin die leerlinge onderrig word, geskei wanneer die toptien vasgestel word.
DIE toptien gr. 5leerlinge. Van links is, voor: Mungefeni Gazua (toppressteerder), Rowana Mut sharini, Lebogang Mabele, Nonofo Moremedi en Leungo Baikai; agter: Dintle Sepalamelo, Matlhogonolo Maleka, Letlotlo Mmolawa, Kutlo Borake en Moroke Sejake.
Foto’s: Ilse Watson
DIE toptien gr. 4leerlinge is van links, voor: Palesa Matsobane, Jannatul Ferdous (toppresteer der), Molebogeng Modirapule, Rorisang Mothibatsela, Katlego Pule en Kenneth Tongwane; agter: EmmaJean Stander, Ntlafatso Voorman, Tumisang Tikane en Sharon Mbam.
DIE toptien leerlinge in gr. 6. Van links is, voor: Chazimula Moyo, Hope Jony, Kagontle Tsogang, Tumisang Mofontine en Jamila Ali; agter: Amogelang Mogatle, Thami Dapula, Bonno Jantjies, Tsholofetso Malebogo (toppresteerder) en Zanele Martin.
GR. 7 se toptien leeringe is van links, voor: Kayla Klaaste, Nolly Motlhabi, Bongo Nyosi en Tumelo Pitse; agter: Kutlwano Botsime, Peonomi Mokwena, Kiana McLouglin (toppresteerder), Ofile Moe pedi, Tshireletso Malatsi en Denilson Dennis.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
13
Sluit jaar plegtig af Ilse Watson KATHU se Voortrekkers het verlede Vrydagaand hul jaarlikse afsluitingsgeselligheid gehou. Die geleentheid is amptelik met die sing van die volkslied geopen. Elke groep van Die Voortrekkers is na vore geroep en al die kinders het die sertifikate, waarvoor hulle oor die afgelope jaar heen hard gewerk het, ontvang. Die aand is met ’n ete en gesellige kuier afgesluit.
HIER is neef Dawid van den Berg (middel) met Leon Bezui denhout (links) en Paul Bester. Albei is gr. 5leerlinge.
DIE gr. 4leerlinge. Van links is nig Susan van der Berg by Simone Widd, Inge Kruger en Jeanne Kruger.
GR. 6LEERLINGE wat onder meer die kommando, ge bieds en meerkatkampe bygewoon het. Hier is Zanzel Prins loo (links) en MarieLouise Steyn. VAN links is Junior Hager, Elizna Reyneke, Cheree van Wyk, Danel Ven ter, Anria Wolstenhome, Johane Steyn en nig Jeanne Louw – die gr. 7’s wat verlede Vrydag hul sertifikate ontvang het. Foto’s: Ilse Watson
VAN link is Janco Liebenberg, nig Santie van der Merwe en Michiel van der Merwe (gr. 9).
VAN links is: Marisce Flemming (Jeugleier vir 2013), Anine Botha, nig Santie van der Merwe, HansJurie Swanepoel en Reghardt Hager (Jeug leier vir 2014) almal gr.10 leerlinge.
DIE gr.11 Voortrekkers. Van links is Zanri Prinsloo, Jannes Flemming, nig Rita van Vuuren, Carla Mostert en Surita van der Merwe.
GR. 1LEERLINGE op die afsluitingsaand. Van links is Marius Dippenaar, Frans Bezuidenhout, nig Annamarie Mostert, Jorina Mostert en Abigail Smit.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
ALGEMENE KENNISGEWINGS
SLEEPWAENS
WERK 3040
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
The Rainman: Bennie. Huise en besigheidsbesproeiing, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
'BACHELOR'-WOONSTEL, gemeubileer of ongemeubileer. Krag ingesluit. Privaat en veilig. R2 900. Skakel 084 651 3000.
TE HUUR 3205
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN DATA CAPTURING/listing workers needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com
BETREKKINGS GESOEK 3670
Admin Data Capturing / Listing Workers needed for info. SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com Poste beskikbaar: Sekuriteits/kleinhandelindustrie: CCTV operateurs, voorraadbeheer. Wagte, toesighouers. PSIRA-sertifikaat hoogs voordelig. Poste in Upington,Postmasburg, Kuruman. De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag: Francois.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
A.C.W. Cloete In die boedel van wyle Anna Catharina Wilhelmina Cloete, weduwee, woonagtig te Plaas Lymington, Dibeng, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1962/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 15 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
VOLWASSENES
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
PRIVAAT
4205
S. Coetzee 2015
In die insolvente boedel van Stefan Coetzee. Meester se verwysing: K35/2008 Ingevolge Artikel 108(2) van die Insolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936, soos gewysig, word hierby kennis gegee dat die likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae van skuldeisers en kontributante sal lê vir 14 dae vanaf 15 November 2013 in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman. G.J.S. VAN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Hoofstraat Kuruman 8460
WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.
VAKATURES 2020
Survey Assistants: Needed in your area. Company expanding. R4 000 advance payment to active assistants plus commision.Send short CV hr@tissa.co.za or call 0110839919
VOERTUIE
4×4’s 3035
NISSAN NAVARA, 2008, D/C, 4x4, outomaties, kappie, trekstang, lugr. 177 500 km. Prys: R195 000. Skakel 083 310 0272 alle ure.
MOTORS TE KOOP
S Coetzee
TE KOOP 3201
In the Insolvent Estate of Stefan Coetzee. Master's Reference No. K35/2008 Pursuant to Section 108(2) of the Insolvency Act, Act No. 24 of 1936, as amended, notice is hereby given that the liquidation account and plans of distribution or contribution in the abovementioned estate will lie open for inspection by creditors or contributories for 14 days from 15 November 2013, at the office of the Master of the Supreme Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. GJS VAN ZYL C/o DUVENHAGE & VAN DER MERWE P.O. Box 63 Main street Kuruman 8460
3025
BANTAM, 1999, R34 500. Rustler, 1999, R32 500. Nissan 1400, 1996, R28 500. Phone 071 967 0285. CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 071 967 0285. SMS or WhatsApp. GOLF 1.3, 1996, goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. JETTA 3, 1999, R32 500. Corolla, 1994, R27 500. Sentra, 1995, R22 000. Phone 071 967 0285. OPEL, 1990, R15 500. Uno, 1995, R15 500. BMW, 318i, 1997, R19 500. Phone 072 472 8686. RANGER, 2002, R42 500. Colt, 1997, R37 500. Isuzu, 1997, R38 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. YARIS, 2007, R49 500. Golf, 2007, R49 500. Corolla 160i, 2001, R39 500. Phone 071 967 0285.
SOEK, KOOP, VERKOOP
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
K E N N I S G E W I N G S
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Hand aan hand op gereelde wandeling ONTMOET vir Vera Titus en haar Tiger. Baie verknog aan me kaar loop hulle sog gens hand aan hand – of is dit nou poot aan hand – in die strate van Paballelo vir ’n bietjie oefening. Tiger is net te tevrede daar mee om op sy agter pote saam met sy nooi te loop. Sover soos die twee stap, hoor jy net hoe die in woners van Paballelo groet: “Moooorrrre eee, Tiger. Môre, Ve ra”. Foto’s: Anena Burger
VERA TITUS en Tiger stap in die strate van Paballelo.
DIT is tog lekker om klein te wees. Klein Lisa Lee (5) en Lourens de Jager (6) speel te lekker in die koelte uit die warm middagson. Foto: Anena Burger
Lekker om klein te wees AS ek eendag groot is, bou ek vir my ’n huis met plek vir al die diere, van ’n olifant tot ’n muis.
In elkeen van die slaapkamers hou ek ’n beertjie aan, en weet jy, in die voor-
huis, daar woon die bobbejaan. – Met dank aan www.kinderwerf.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
19
Redenaars maak gehoor ‘wyser’ Ilse Watson
DIE span van Wrenchville. Die spelers is van links, voor: Rick Fortuin, Werner Buys, Breyten Buys (kaptein), JP Minnaar en Russel Keet; agter: Ronaldo Lockey, Jovandre Moorcroft, Lorenzo Bardenhorst, Geran Isaacs, Edwin Coetzee, Ayrton Heyns en Daryll Peacock. Foto: Verskaf
Postmasburg kraai koning Ilse Watson DIE naweek het die twee klubkrieketspanne wat gesamentlik eerste op die punteleer is, Wrenchville en Postmasburg, mekaar tot die uiterste getoets. Die uitdagings het reeds die week voor dié wedstryd begin toe Wrenchville geen speelveld kon kry nie nadat die Laerskool Kuruman se veld deur vandale beskadig is. Alfie Hoole, voorsitter van Postmasburg-krieket, het moeite gedoen om ’n speelveld op Postmasburg te reël en die wedstryd is daarheen verskuif. Breyten Buys, kaptein van
Wrenchville, het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Ná ’n vurige motiveringspraatjie deur Robert Philander was Wrenchville reg om krieket te speel. Postmasburg het gaan kolf en 228 lopies in 45 beurte aangeteken. Die beste boulers vir Wrenchwille was Edwin Coetzee met 2/25 in 9 beurte, JP Minnaar met 3/33 in 3 beurte, Arton Heyns met 2/52 in 9 beurte en Lorenzo Bardenhorst met 1/30 in 9 beurte. Die totaal was binne bereik en die plan was om aan vennootskappe te werk. Wrench-
ville het gaan kolf en ’n stewige openingsvennootskap van 84 lopies is tussen Minnaar en Coetzee gevestig. Minnaar het 33 lopies aangeteken en Coetzee 54 lopies. Buys was ’n staatmaker en het die bal in alle rigtings gemoker voordat hy op 58 uitgevang is. Daryll Peacock het ’n goeie 22 lopies bygevoeg. Die wedstryd het tot in die laaste beurt geduur toe Wrenchville agt lopies van twee balle moes kry om te wen. Die boulwerk was goed en Wrenchville het op 222 geëindig en dus met net ses lopies verloor.
VAN links is Katlego Mothupi, Omosa Sona, Kabelo Afrika en Ethel More by die spinasie wat uit hulle groentetuin kom.
Tuin help behoeftige kinders Ilse Watson ETHEL MORE en die groep Taxi Marshells het ’n lowergroen groentetuin vir die Laerskool Seodin
begin. Daar is tamaties, blaarslaai, uie, boontjies en spinasie. Die doel van die tuin is om van die vars groente aan die leerlinge
van die Laerskool Seodin uit te deel. Die eerste oes was kraakvars spinasie wat aan van die leerlinge gegee is.
Jonges vir Griekwa-span gekies Ilse Watson TWEE leerlinge van die Laerskool Seodin, Casper du Plessis en Foster Lubbe, is vir die GriekwalandWesse krieketspan gekies. Al twee die leerlinge is o.11-spelers en word deur Allan Reed, ’n onderwyser van dié skool, afgerig.
HIER is Foster Lubbe (links) en Casper du Plessis van die Laer skool Seodin wat vir die Griekwaland Wesse krieketspan gekies is. Foto: Verskaf
DIE Laerskool Seodin het op 31 Oktober sy redenaarsaand gehou. Leerlinge het in twee kategorieë deelgeneem: die junior groep (gr. 1 tot gr. 3) en die senior groep (gr. 4 tot gr. 7). Om jou sê te sê was nog nooit maklik nie, maar aan dié junior en senior groep van die Laerskool Seodin was daar geen keer nie. Die jong redenaars het omtrent die gehoor met hul standpunte beïndruk. Aan die einde van die aand was almal oortuig dat dit beter is om eerder ’n vitamienpil te sluk as om groente te eet. En om jou skolastiese prestasies te verbeter en slanker te word, moet kinders toegelaat word om kougom te kou. Moet ook asseblief nie langer jou kind dwing om boeke te lees nie, want om na ’n televisiestorie te kyk is soveel leersamer – inligting word dan visueel aan jou voorgestel.
VAN links is Mariete Strauss en Johandrie van Zyl.
Foto: Verskaf
Daar het selfs ’n nuwe minister van onderwys na vore getree in die vorm van jonge Alet Kotze, en moet ook nie die nuwe skrywer, Marilie Hanekom, weggooi met haar vertolking oor die soet en suur van die lewe nie.
Al dié leerlinge se ouers is heelwat wyser huis toe. Of hulle sal onthou wat hulle geleer het, is ’n ander saak. Johandri van Zyl is as die junior wenner en Mariete Strauss is as die senior wenner aangewys.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kragmanne toon hul staal Ilse Watson DRIE Kuruman-kragmanne het weer hul kragte in Bloemfontein gaan meet toe hulle aan die South African Strongman Union Vrystaat-kampioenskappe deelgeneem het. Die topses dring deur na die SA’s in Durban. Jose Farinha het die derde plek tydens hierdie kompetisie behaal. Sarel Koortzen het die vierde plek bereik en Tino Rodriques het die tiende plek behaal. Hy was ook die jongste deelnemer.
SAREL KOORTZEN neem aan die dead lift van 285 kg deel.Foto’s:
Verskaf
HIER is Jose Farinha tydens die yolk walk van 300 kg.
Skool se kampioen in krieket HENRICO THERON van die Laerskool Ku ruman wat onlangs ty dens ’n krieketwed stryd teen die Laer skool Seodin 54 lopies in 30 boulbeur te geslaan het. Hy is voorwaar ’n trots vir sy skool. Foto: Ilse Watson
TINO RODRIQUES tydens die tyre flipkompetisie – hier tel hy ’n band van 350 kg op.
Stuur nuus só SPORTKLUBS, skole en ander sportorganisasies in ons verspreidingsgebied word genooi om hul sportnuus en -foto’s vir ons te stuur. Onthou asseblief om die na-
me en vanne van elke persoon (van links af) op die foto’s te verskaf. Stuur jou nuus aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.