Kuruman bulletin 14 aug 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 AUGUSTUS 2013

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Gemeenskap

Verjaardag

Sport

Kurumaniete verf dorp oranje

Ouma vier haar 99ste lewensjaar

Seodin skitter

bl. 2

bl. 3

bl. 15

‘Ons is jammer’ Joanie Bergh

Blye herontmoeting ná 10 jaar DIT was mos die goeie dae! Leané van der Merwe en Clemmont Penny was in 2003 onderskeidelik hoofmeisie en ­seun van die Hoërskool Kalahari se 2003­matriekklas. Dié groep het met hulle tienjaarskoolreünie die afgelope naweek behoorlik makietie op die skoolterrein gehou. Herken jy hulle? Lees die berig op bl. 8 en 9. Foto: Joanie Bergh

“JY slaan ’n vrou, jy slaan ’n rots.” Dié bekende kreet is op Nasionale Vrouedag ook in Kuilsville, ’n informele nedersetting buite Daniëlskuil, herhaaldelik onder sy inwoners in groot massas geuiter. Pauline Williams, die LUR van die departement sport, kuns en kultuur in die Noord-Kaap, het ook op dié dorp besoek afgelê as deel van die departement se verskeie besoeke aan dorpe in die Noord-Kaap ter viering van Vroue-maand. Op die byeenkoms het verskeie sprekers die vroue aangemoedig om in die komende verkiesing vir die ANC te stem indien hulle ’n verskil in hul omgewing wil sien. Gift van Staden, die uitvoerende burgemeester van die ZF Mgcawudistrikmunisipaliteit, het vir die vroue namens die mans in Suid-Afrika om verskoning gevra. “Ons is jammer dat ons julle mishandel en onderdruk. Vroue, vergewe ons as ons julle seermaak,” het hy gesê. Hy het ook ’n beroep op die inwoners van Daniëlskuil gedoen om op te hou om motorbande te brand en teen mekaar in opstand te kom. “Daar is ’n oplossing in die naam

van die ANC en sy regering. En dit is nie om klippe in die strate te pak en die munisipaliteit af te brand nie.” Ná die byeenkoms het Williams en die huidige burgemeester van Danielskuil, Gloria Kgoronyane, na Tlhakalatlou gegaan om kospakkies aan drie behoeftige gesinne, soos wat deur die South African Social Security Agency (Sassa) geïdentifiseer is, uit te deel. Williams het benadruk dat hoewel die kospakkies met ’n geraamde waarde van R1 500 slegs tydelike verligting aan die gesinne bring, is die doel daarvan om gesinne aan te moedig om beter lewensomstandighede na te streef.

DIE LUR van die departement sport, kuns en kultuur in die Noord­Kaap, Pauline Williams, moedig Dukuma­ ma Borake (71) aan om na haar ge­ sondheid te kyk.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Keer tog die verval, pleit besoeker Ilse Watson DIE Kalahari Bulletin het ’n brief van ’n gereelde besoeker aan die Noord-Kaap ontvang wat ’n perspektief van buite verskaf op die indruk wat van die dorpe in ons omgewing wek. Intussen is daar begin met projekte wat ’n groot verskil maak, soos die verfraaiing van Kuruman wat positiewe reaksie ontlok het. So lui Theuns Coetzee se brief: “Ek besoek die Noord-Kaap nou al die afgelope 20 jaar om elke keer ’n bietjie van die wonderlike Kalahari saam met my Kaap toe te bring. Elke keer hoop ek om te sien dat die gemeenskappe weer hul dorpe tot hul volle glorie regruk, maar ek word net weer teleurgestel.” Hy vertel dat hy baie dorpe in die Kalahari besoek, maar beklemtoon dat Olifantshoek, Kathu en Kuruman “nog meeding om die eerste drie plekke in agteruitgang te behaal”. “Wie is ek om met soveel voorbarigheid my kommer te verwoord? “Ek is ’n trotse Suid-Afrikaner wat net nie die volgende kan verstaan nie: Hoe kan hierdie drie dorpe dit regkry om hul gemeenskappe en toeriste aan sulke beelde van agteruitgang bloot te stel? “Pla dit hulle nie? Het hulle geen trots meer nie? Het ons versko-

nings so gemaklik geraak dat daar geen rede is om iets aan die saak te doen nie?” Volgens Coetzee is die agteruitgang nie net die skuld van die munisipaliteite of die regering nie. In elke woonbuurt is daar inwoners wat goedsmoeds hul tuinvullis net sommer oor die muur gooi. “So ’n houding gaan geen probleme oplos nie. Dit voel vir my asof die dorpe se siel ontbreek. Almal streef net na hul eie persoonlike heil.” Volgens Coetzee is dit noodsaaklik dat inwoners self moet betrokke raak. ’n Groepie van tien mense kan ’n verskil maak en pogings aanwend om ’n dorp skoon te maak van al die rommel wat in die strate rondlê. Coetzee stel voor dat mense by hul gemeenskapspolisiëringsforum, wykskomitee en gemeenskapsprojekte betrokke raak. “Ek is ’n positiewe mens en sou nie dié skrywe gerig het as ek nie die potensiaal in jul dorpe raakgesien het nie. “Jul dorpe is immers geseënd met sterk myne en nywerhede wat julle baie beter kan bystaan as menige ander plattelandse dorp wat ekonomies swaar trek,” verduidelik Coetzee. “Aan Kuruman se dromers, ons hou julle dop, wees julle die pioniers van vandag wat julle dorp se verval gestuit het.”

Inwoners maak dorp skoon, mooi Charné Kemp en Joanie Bergh INWONERS van Kuruman het die afgelope naweek die dorpsingang op die Kathu-pad by Leach-park skoongemaak en versier met helderoranje lap. Die paaltjies van die park is geverf, bome is gesnoei, gras is geplant en natgemaak en rommel is deur groepe opgetel. Dit kom nadat bereidwilliges dié skoonmaakprojek verlede week begin het deur die ingang van die Hotazelpad met pienk op te tower. Nico Erasmus, AfriForum-voorsitter, reël die skoonmaakprojek. Dit was op ’n Sondag toe hy advertensies vir aborsies voor die kerk gesien het dat Erasmus besluit het om iets daadwerkliks aan die toestand van die dorp te doen. ’n Maand later het hy, ’n groep vroue, vrywilligers en ’n munisipale werker of twee reeds 4 200 vullissakke met gemors op verskeie plekke op die dorp opgeruim. “Ek glo in die geskiedenis. Net ’n paar ouens het die Groot Trek meegemaak en ’n verskil gemaak. Ons kan dit ook doen. Ek gaan nie toelaat dat ons in die gemors vergaan en verdrink nie. Ek sal self skoonmaak as niemand anders kan nie. Daar is hulp vir Kuruman.” Sy grootste stryd is teen die doepadokters wat hul advertensies vir aborsies en “wonderkure” snags teen lamppale opplak. Hy haal dit voortdurend af. Hulle moet een of ander tyd moed opgee. Hy bel gereeld die munisipaliteit en vra werkers om te help of dat hulle rommel wegry. Hulle werk goed saam. Lang gras is gesny en rommel is reeds in Thompsonlaan, die Seodin-begraafplaas en by die Seodin-kafee weggevat. Grasperke kry gereeld water. Nicolette Ebersohn is die sameroeper van die vrouegroep. Almal moet saamwerk en trots raak op elke straat en elke woonbuurt. “Ons het verskeie ondernemings

DIE ingang op die Kathu­pad wat skoon­ en mooi gemaak is. wat swart sakke, verf, draad en ander benodigdhede skenk. Elke vrou kry ook ’n T-hemp. Ons wil ook ondernemings vra om hul eie sypaadjies skoon te hou en skole met kompetisies te betrek.” Wesley Martin, AfriForum se organiseerder vir die Noord-Kaap, sê die netheid van ’n dorp is nie net die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie. “Die munisipaliteit moet diens lewer, maar die gemeenskap moet hul deel doen deur nie rommel te strooi nie. As elkeen deelneem, gaan Kuruman ’n baie beter beeld uitstraal.” Die groep mense wat skoonmaak, groei elke naweek en enigiemand wat hieraan wil deelneem, kan gerus Saterdag kom wanneer die dorpsingang op die Vryburg-pad met heldergroen mooi- en skoongemaak gaan word. Rig navrae aan Ansie Cilliers by 082-410-7502. ) Lees ons lesers se kommentaar op bl. 3.

PATRICK FORSTER is een van talle in­ woners wat ingespring het en gehelp het om die paaltjies in Leach­park te verf. Foto’s: JOANIE BERGH


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Kommentaar THE Kathu Village Mall to be extended V Kuruman sal aan die agterspeen bly suig, want ons munisipaliteit is te slapgat. Ons mense het in Kimberley gaan inkopies doen en noudat Game ook op Kathu sake doen, gaan almal weer daarheen. Dit veroorsaak weer ’n groot vloei van geld uit Kuruman en ’n welkome inspuiting vir Kathu. Ons munisipaliteit moet wakker skrik. – Johnny Vullis langs straat gestort V Ek is regtig keelvol vir staatsmense wat betaal word vir niks doen nie en daar is weer mense wat aangestel word wat nie werk nie. Ek werk baie hard by ’n winkel. As ek by die huis kom, slaap my gesin al. Ons soek net beter dienslewering op Kuruman. Kom ons doen iets daaraan, asseblief. – Hans Jacobs Hoera vir mooi dorp! V Die verrassing op pad dorp toe van Hotazel se kant af was ongelooflik. Niks kom by mooi en skoon nie. Baie dankie. – Anoniem V Dit is pragtig, dit is mense wat ’n visie het vir ons dorp. – Carla Salim V Hoe lank gaan dit skoon bly? Ai, die aasvoëls kan darem mors. Sterkte met die doen. – Frik Strydom V Ek hoop almal steek aan. Mooi, hou so aan. – Rudi Landman V Dis regtig iets moois. – Marlon Norton Lees op bl. 4 van die kommentaar wat op ons Facebook-blad gelewer is. SMS jou kort kommentaar aan 45533. Begin die SMS met KB. Elke SMS kos R1,50. Onthou om jou naam, van en dorp te verstrek. Jy kan ook ons webwerf besoek by www.kalaharibulletin.co.za of gesels saam op ons Facebook-blad by www.facebook.com/kbulletin.

Dankbaar vir 99 jaar Lynn-Mari Olivier JY het geleef as jy die ouderdom van 99 jaar bereik het en dit is beslis wat tannie Jakkie Kemp doen, sy leef vir elke oomblik. Ongeag die twee nege’s agter haar naam, is tannie Jakkie nog reg vir die lewe. Sy is 1 van 4 susters en 1 van 13 kinders. Sy het ’n seun, Kosie Kemp, 3 kleinkinders en 6 agterkleinkinders wat sy daagliks inspireer. Martelize Pearce, een van haar kleinkinders, sê dat dié ouma van haar ’n diep, dankbare mens is en dat haar dankbaarheid vir alles haar ’n spesiale mens maak. “As ek een ding moet uitsonder, sal dit my ouma se tuisgebakte brood met fyn biltong wees. Sy het dié broodjies vir my gemaak en die smaak sal my altyd bybly,” sê Pearce. Dié ouma het lekker gebak, maar het ook ’n passie vir naald- en breiwerk. Volgens haar kleinseun, Wynand Kemp, sal hy beslis ook sy ouma se dankbaarheid moet uitsonder en ook OUMA JAKKIE KEMP vier haar 99ste verjaardag in goeie dat sy in geen stadium enige gees. Foto: Lynn-Mari Olivier kwade gevoelens teenoor iemand in haar hart sal koester nie. Een sin sal nie geregtigheid aan haar “Sy is soos my eie ma, nog nooit het uniekheid laat geskied nie,” sê Kosie ek haar as ’n skoonma gesien nie. Ek Kemp. leer so baie by haar,” sê Annette Kemp, Die familie bedank ouma Jakkie vir haar skoondogter. die mooi voorbeeld wat sy stel en die les “Om die 99-jarige moeder in een van dankbaarheid wat sy aan almal wat woord uit te sonder is menslik onmoonthaar omring, leer. lik. “Ons prys die Here dat hy haar so “ ’n Leeftyd van liefde, omgee en lesse. lank vir ons gespaar het.”

‘Om die 99­jarige moeder in een woord uit te sonder is menslik on­ moontlik.’

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Paaie kry nou ook gradering ’n STERGRADERING vir paaie gaan binnekort ’n werklikheid in SuidAfrika word. En met die hoof- en deurpaaie wat vragmotors op Kathu en Kuruman gebruik, word dié nuus beslis verwelkom. ’n Eenster-pad beteken ’n motoris loop gevaar om in ’n padongeluk te sterf of ernstig beseer te word, terwyl ’n vyfster-pad die minste risiko inhou. Noord-Kapenaars sal verskoon word as hulle met sinisme op dié projek van die Padverkeerbestuurskorporasie reageer. Wetstoepassers en die land se paden vervoerowerhede kon immers die afgelope dekade nie ’n noemenswaardige duik in die land se duiselingwekkende hoë padsterftesyfer maak nie, ondanks verskeie duur veldtogte wat met fanfare begin is.

’n Stergradering werk goed vir hotelle omdat hotelle meestal in private besit is en die eienaars gewoonlik hard werk om die standaarde in hul hotelle hoog te hou. Openbare paaie is ’n ander saak omdat die regering se belastinginkomste nie verband hou met die standaard van dienslewering nie. Verbruikers kan ook kies watter hotelle hulle wil gebruik, maar het nie ’n keuse om swak paaie te gebruik waar geen alternatief bestaan nie. Dit is met die deurpad op Kuruman wat daagliks deur swaar voertuie en vragmotors gebruik word wat ’n groot frustrasie vir motoriste is, want daar is nog nie voorsiening gemaak vir ’n ompad nie. Die jongste veldtog het meriete, mits die uitslag van die padevaluering nie net ’n dokument word wat op regeringsamptenaar-rakke stof vergader nie.

Om te kan vergewe, ook ons eie foute Philip van Vuuren VERHOUDINGE en vriendskappe is dit waarom die hele lewe draai. Dit is wat mense aan mekaar verbind. Huwelik- en gesinsverhoudinge, die verhoudinge tussen pa-enseun, ma-en-dogter. Verhoudinge is onderlinge betrekkinge – vennootskappe. Verhoudinge is ’n proses om mekaar te leer ken, mekaar te vertrou. Waar goeie verhoudinge en gesonde verhoudinge is, is daar groei. Ons groei in die liefde. Ons geestelike lewe groei. Ons geluk hang daarvan af. En so kan ek aangaan. Bedreigings ’n Goeie persoonlike verhouding met die Here staan altyd onder bedreiging. ’n Gesonde huwelik is altyd onder bedreiging. ’n Goeie gesinsverhouding, waar ouers gesond met hul kinders leef, is altyd onder bedreiging. ’n Eerlike, gesonde venootskap is altyd onder bedreiging. ’n Gemeente met goeie onderlinge verhoudinge, waar liefde invloei en uitvloei, is altyd onder bedreiging. Daar gebeur altyd net iets om hierdie verhoudinge te ontspoor. Kwaliteite van ’n verhouding Vriendelikheid, hartlikheid, besorgdheid, omgee, ontferming, eerlikheid, opbouing, bemoediging, gasvryheid en liefde is die eienskappe van ’n gesonde verhouding. Maar seerkry en teleurstelling is

onvermydelik in hierdie gebroke wêreld met al die sonde, seerkry en teleurstellings. Om seer te kry is niks, maar om seer te bly is ’n ander ding. Ek sou wat gee om mense wat ek in die huwelik bevestig, te kon verseker daar gaan nie teleurstellings wees nie. Of dat die dood hulle nooit sal skei nie. Ek sou nuwe bekeerlinge en lidmate wou verseker hulle gaan nie seerkry of teleurgesteld raak in die gemeente nie. Of as ek ’n baba toewy, die ouers wou verseker geen ellende gaan hulle tref met die kind nie. Dis die droom dat geen huwelik in die egskeidingshof sou beland nie. En dat geen kind van God ooit teleurgesteld sal wees in die kerk nie. Vergifnis Dit is die rede waarom Jesus aan die kruis kom sterf het en opgestaan het uit die dood: Om vir ons vergifnis te bied. Sodat ons dan weer ander kan vergewe. En meer nog: Onsself mag vergewe. Hierdie vergifnis stel ’n nuwe krag en nuwe energie in ons lewe vry. Dit gee aan ons ’n nuwe begin. Dit is net moontlik deur Jesus Christus wat ons die krag gee. . Philip van Vuuren is ’n leraar van die Oasis-gemeente (AGS) op Kuruman.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

EEN van die bekendste gesigte en so eie aan die Kalahari: Rooi duine waarop ’n mens kan speel of rustig kan wees in die natuur. Hierdie foto is op ’n plaas naby Hotazel geneem. Foto: Ilse Watson

Die groot vreugde van interjol INTERJOL is beslis die twee dae van die jaar waarop ek die hardste werk. Op 38 is ek nie meer so fluks, fiks of viets soos ek was op die sportdae wat ek as netbalspeler bygewoon het nie. Toe het soortgelyke dae in ’n waas van sportkrete, harde spel op die baan en klipharde ondersteuning van die ander spanne verbygevlieg en al “besering” wat ek oorgehou het, was ’n hees keel van al die skreeu en dalk ’n verstuite vinger. Deesdae woon ek sportdae as fotograaf by. Ek staan net langs die baan en druk die regte knoppie om hopelik êrens ’n goeie voorbladfoto te neem. Net my hande werk: Die linker-

hand om die lens te draai en die regterhand om die knoppies te druk. Tog is ek pootuit en lam van moegheid as ek by die huis kom. As my fiksheidsvlakke hoër was, sou ek dalk die lang dag op my voete beter kon hanteer. Maar dit voel ook vir my asof die son hier in my laat 30’s erger brand as wat dit in my tienerjare gebrand het.

Want interjol laat my altyd ná die tyd soos ’n tamatie lyk, maak nie saak hoeveel sonskerm ek aansmeer nie. Tog bly sportdae soos interjol suiwer genot. Die 1 400 foto’s wat ek geneem het, wys hoe vreeslik baie elke kind die wedstryde geniet het. Hart en siel is in elke plettervat, doel of hoekie ingesit en tussen die grynslag, trane en seerkry, was daar loutere vreugde op almal se gesigte. Want of jou span gewen of verloor het, daardie spelers gaan op hul 38ste verjaardag steeds oor dié sportdae praat – al is hul ook nie meer so fluks, fiks of viets nie.

Jy is koerant se oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Met Kalahari Bulletin se nuwe webontwerp bied dit jou die kans om ’n burgerjoernalis (citizen journalist) te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensovoorts, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat lesers se

harte vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. En ons weet ook nie van alles wat daarbuite gebeur nie. Aan die web is daar egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings, ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is eerste.

Jy sal nie hoef te soek vir die nuutste nuus uit jou kontrei nie. Soek jy eiendom? Wil jy huur of koop? Die nuwe webontwerp bevat ’n eiendomsafdeling waarin jy ’n woonplekkie in jou gebied kan soek. Onthou Kalahari Bulletin se mobi site gee jou toegang tot jou koerant op jou selfoon. Besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of op jou selfoon by kalaharibulletin.mobi.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé

Lesers beïndruk met verfraaiing van Kuruman; kla oor duur kos SOOS gewoonlik gons dit op die Kalahari Bulletin se Facebook-blad soos wat lesers kommentaar lewer en hul sê sê. Die vraag “Wat dink jy van die inwoners van Kuruman wat besluit het om elke ingang van die dorp mooi en skoon te maak?” lok die volgende reaksie uit: Dis regtig waar iets mooi. – Marlon Norton

As ek nie reeds betrokke en super besig was by die DBV nie, sou ek hulle gehelp het, ons dorp het dit nodig. Dis deesdae ’n mooi prentjie om

te sien wanneer ek dorp toe gaan! Well done, inwoners! – Sheldene van der Walt Op die vraag “Hoe voel jy oor die feit dat Hansie Cronje 13 jaar later weer aangekla word van wedstrydknoeiery?” sê lesers: Dis nou nonsens. Waarom? Net om die familie te ontstel! – RethaJane Duvenhage Buys Laat hom in vrede rus. My hart

gaan uit na sy ouers. Om ’n kind te verloor is nie iets waaroor jy maklik

kom nie. – Elize Botha Askies? Toppunt van onnosselheid. Regtig! – Cassie en Anette Kruger Op die vraag “Hoeveel bestee jy per maand nét aan kos?” sê lesers: Ons is ’n gesin van vier en ons gebruik meer as R5 000 net vir kos. Dis belaglik duur! – Emma Jordaan Too little! – Jolene ProMassage


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Kuierfees ‘sien rooi’ oor gevare van rook VANJAAR is die Kalaharikuierfees 21 jaar oud en oudergewoonte vat die kuierfees hande met Kansa op Upington om aan feesgangers ’n verantwoordelike fees te bied. In sy 21ste bestaansjaar is die kuierfees in rooi getooi om feesgangers bewus te maak van die gevare van rook en die gebruik van tabak. Alle vorms van tabak hou ’n gesondheidsrisiko in en tabakverwante siektes is verantwoordelik vir een uit elke tien sterftes wêreldwyd. Daarom moedig Kansa en die kuierfees mense aan om onmiddellik op te hou rook, want tabakgebruik is die enkele mees voorkombare oorsaak van ’n groot verskeidenheid gesondheidsprobleme. Deur op te hou rook of nooit te begin nie kan jy jou kans op gesondheidsprobleme soos hartaanvalle, beroerte, bloedvatsiekte, emfiseem, chroniese brongitis, maagsere, impotensie, boonste-lugwegsiekte en kanker van die longe, keel, mond, tong, blaas, serviks, niere en maag aansienlik verklein. Selfs om die waterpyp (hookah of hubbly bubbly)

DIE Kalahari­kuierfees wat van 26 tot 28 September plaasvind, vier vanjaar sy 21ste jaar en is in rooi getooi om saam met Kansa feesgangers van die gevare van rook bewus te maak. te gebruik is nie ’n veiliger alternatief vir tabakgebruik nie. Die rook wat in ’n tipiese waterpypsessie ingeasem word, bevat 36 keer meer teer en agt keer meer koolstofmonoksied as gewone rook. Bel Kansa by 0800-226-622

of besoek www.cansa.org.za vir meer inligting oor Kanse se Kick Butt-program. Rig enige ander navrae oor die kuierfees aan 054-332-1100 of besoek die webwerf by www.kuierfees.co.za of gaan “like” hulle op Facebook.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za en op facebook by www.facebook.com/kbulletin


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

As die koeie huis toe kom DIE opskrif is maar altyd in die volksmond ’n aanduiding van tyd. Op Daniëlskuil het dit nou al nuwe betekenis gekry. Die droogte in die Kalahari het ’n invloed op almal. Boere kla ooie gooi hul lammers weg omdat daar nie genoeg voedsame weiding vir melkproduksie is nie. Ook wild word hierdeur geraak. Die koedoekalfies het van hul ma weggedwaal en toe saam met die beeste huis toe gekom. Dafne het die een hans grootgemaak totdat hy later agter die kinders aangehardloop het en deur die glasdeure wou spring as hy die kinders gewaar. Ek het een aand op huisbesoek op ’n uitgegroeide vers afgekom. Ben wou die koei in die veld los en het iemand gesoek wat belang

stel. Theens het dadelik ’n tuiste vir die vers en kalfie aangebied. Op Hendriksplaas is daar ’n Koringberger wat Boetie en Babie in diens geneem het. Die twee kalfies is sommer Baba en Bokkie gedoop. Hulle word nou nie gesoog nie, maar met die voedings gaan dit goed. Ons beplan om hulle net ná die ergste koue in die veld vry te laat. Van die bosse wat in die kamp groei, word gereeld gepluk en gevoer. Dit word aangevul met lusern. As ons hulle vrylaat, sal ons maar geduldig wag totdat die koeie eendag weer huis toe kom.

Terriër ’n ‘hond wat in gate in aarde kruip’ VKAIING, kaiings, kaiinkie: Bruin, uitgebrande stukkie vet of vleis — geëet op brood of in geregte, of verwerk tot seep. Kan sê: Die son het die druiwetrosse kaiings gebrand Wat is die lekkerste van al die lekker: kerrieafval of warm brood en kaiings (Alba Bouwer). Jou kaiings (kierang) sal braai: Oneerlikheid kom aan die lig. VTERRIËR: Soort honderas van 1440. Engels terrier uit Frans terrier, ’n verkorting van chien terrier

“hond van die aarde”, letterlik “hond wat in gate in die aarde kruip”, so genoem vanweë die voorliefde van die hond om in die grond te grawe en diertjies uit die gate te dryf. Die Franse terrier hou verband met Latyn terra wat “aarde” beteken.

Skenk geld, bewyse aan Mimosahof

DIE BOOM­kuierplek het onlangs die uiters suksesvolle Medieval­ fees aangebied en die opbrengs aan die Mimosahof­ouetehuis geskenk. Die skenking van R6 300 het R1 300 van Spar, R3 000 se geskenkbewyse ook van Spar en R2 000 van die Boom inge­ sluit. Op die oorhandiging is van links, voor: Alida Swanepoel, An­ nie Rossouw, Hester Koortzen en Hendrien Lüis; agter: André en Marelize Viviers (eienaars van Die Boom) en Ronél du Plessis.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Die Hoërskool Kalahari se matrieks van 2003

LEANÉ VAN DER MERWE (Ferrei­ ra). Meganiese ingenieur, Pretoria. Foto’s: Joanie Bergh

CLEMMONT PENNY. Bemarkings­ agent vir Noord–Kaap Lewende Ha­ we, Olifantshoek.

Kuier ná 10 jaar Joanie Bergh DIE stoutste matriekklas. Dit is wat die meeste onderwysers aan die Hoërskool Kalahari gesê het toe hulle hoor die 2003-matrieks kom terug na hul wortels vir hul tienjaarskoolreünie. Dié groep se reünie het vir oudleerling en -onderwyser genotvolle herinneringe gebring soos hulle op hul voormalige skoolterrein en in klasse gekuier het. “Party lyk heeltemal anders as wat ek gedink het,” sê Juanita Schoeman, onderwyser, wat reeds 19 groepe matrieks onderrig het. “En jy kan nie anders nie as om op hulle trots te wees as jy hoor watter rigting hul lewe ingeslaan het.”

Dit was ook op dié reünie dat al die geheime en rookhoekies eindelik, tien jaar later, aan die onderwysers bekend gemaak is. Hettie du Plessis sê sy het saam met die hoofseun en -meisie van daardie jaar, Leané van der Merwe en Clemmont Penny, die reünie gereël en met die hulp van ’n Facebook-blad alle oudleerlinge opgespoor. Die groep het die naweek begin met ’n “matriekafskeid-geselligheid” saam met hul metgeselle, ’n sportdag die volgende dag en ’n braaigeselligheid het die reünie afgesluit. “Dit is goed om al my skoolvriende te sien,” sê Gerhard Louw. “Dit herinner ’n mens net waar jy vandaan kom en dit is altyd lekker om terug huis toe te kom na die Kalahari.”

HETTIE DU PLESSIS. Verslaggewer vir die Kathu Gazette, Kuruman.

WERNER UYS. Masjienmonteur, Kumba.

PIETER VENTER. Prokureur, Oos– Londen.

GERHARD LOUW. Prokureur en versamel mossels op Hermanus.

HERMAN LOOTS. Sishen­myn.

ANTON KOORZEN. Assmang­myn, Kuruman.

Ambagsman,


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

9

Die Hoërskool Kalahari se matrieks van 2003

JACO VIVIERS. Gigolo, Upington. Vir besprekings bel 082­457­6987.

STELLE–MARI DE WET (Noeth). Mamma, Kuruman.

DON LEACH. Direkteur van Leach Toyota, Kuruman.

NICOLE MYBURGH. Assistent– voorkantoorbestuurder by die Micha­ el Angelo–hotel, Sandton.

HANNES PRETORIUS. Verkoops­ verteenwoordiger vir Flash, Bloem­ fontein.

MORNÉ OOSTHUIZEN. Motorwerk­ tuigkundige, Kuruman.

SUNÉ SMITH (Potgieter). Ontvangs­ dame by die Oude Werf Lodge, Kuru­ man.

ADAM BARNARD. Dieselwerktuig­ kundige. Assmang–myn, Blackrock.

CHANTELLE SIEBERTH (Swane­ poel). Mamma, Kuruman.

NIEL SWANEPOEL. Sjef in die Kaap.

SUNETTE SCANLEM. Onderwyser, Bloemfontein.

CONRAD SWANEPOEL. Boer met beeste, bokke, koe­ does en skape buite Kuruman.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Skoonheid reik uit na tehuis Lynn-mari Olivier KURUMAN se jaarlikse skou is om die draai en ter viering van Vrouedag het Mej. Kurumanskou 2012, Mare-Zanne Burger, besluit om ’n spesiale projek aan te pak voordat sy die leisels aan haar opvolger oorgee. Burger het by die skoukomitee toestemming gekry om ’n liefdadigheidsprojek te doen – soortgelyke projekte word glad nie van wenners verwag nie. Burger se passie vir bejaardes het haar laat besluit om vir die bejaardes geskenkpakkies te gee. Sy het aan elke inwoner van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes ’n geskenkpakkie

oorhandig. Burger het verder twee bloedglukose-masjiene aan die tehuis oorhandig. Sy het die pakkies en bloedglukose-masjiene met behulp van skenkings van die gemeenskap aangekoop. Die inwoners van die tehuis se gesigte het behoorlik van blydskap gestraal. Talle bejaardes het Burger met drukkies oorlaai om hul dankbaarheid vir haar omgee vir hulle te wys. Die inwoners is ook met eetgoed bederf. Burger sê die liefdadigheidswerk en die geleentheid om Kuruman as Mej. Kurumanskou te verteenwoordig het vir haar as hoogtepunt uitgestaan.

PERSONEELLEDE van Helpende Hand se Kuruman­tak en die Mimosahof­tehuis vir bejaardes by die kombuisware wat geskenk is. Foto: Verskaf

OP die oorhandiging van die geskenke is, voor: Ronél du Plessis (be­ stuurder van Mimosahof­tehuis vir bejaardes); agter: Babs Labuschag­ ne, Louis Fourie, Annie Rossouw, Mare­Zanne Burger (Mej. Kuruman) en Catharina Markram. Foto: Lynn-Mari Olivier

Helpende hand aan instansies Lynn-Mari Olivier DIE ouetehuis en skole is die hartjie van elke gemeenskap. Dié twee instansies is ook die deel wat die meeste ondersteuning en aandag verg. Dit is ook hier waar Kuruman se tak van die organisasie Helpende Hand besluit het om betrokke te raak. Dié tak het onlangs by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes vergader. Met die besoek het

Helpende Hand heelwat kombuisware aan die tehuis geskenk. Die ware is met ope arms verwelkom en die inwoners was baie opgewonde oor die nuwe artikels. Vanjaar het Helpende Hand ’n nuwe projek, “handtoffels”, begin. Vingerlose handskoene word gebrei en dan weer verkoop om nog wol vir verdere projekte aan te koop. Verder is Augustus die maand van opvoedkundige speelgoed op

Kuruman. Vir ’n hele maand lank gaan Helpende Hand probeer om soveel as moontlik opvoedkundige speelgoed in te samel en om dit dan weer onder plaaslike kleuters te versprei. Hiervoor benodig hulle weer die gemeenskap se hulp. Nuwe of gebruikte speelgoed kan geskenk en by Vinkeljander en Eye Catchers afgegee word. Die moontlike betrokkenheid van nog ’n kleuterskool word ook beplan.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.

CONDOR 2004 2.4 - R75 000; Isuzu 2.5 - R59 500. Skakel ( 072 472 8686

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

ISUZU 1996 - R29 500, Isuzu met kappie - R48 500. Skakel ( 072 472 8686

DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

2 X GEMEUBILEERDE huise te huur in Kuruman. DSTV Ingesluit. Skakel ( 073 273 1762

2 SLKP WOONSTEL met koopkrag - water ingesluit by huur. Geen troeteldiere. R5000 p.m vooruit betaalbaar. Geen dep. 073 811 0654

Veritas Eiendomme

Te koop: Skakel Elize Linde by 083 383 8372 of Estelle Pieterse by 072 359 0781. E-pos: lindeelize470@gmail.com of estelleveritas@gmail.com

257 – 3-slk-huis met woonstel asook leë erf met besigheidsregte baie potensiaal vir uitbreiding, R2 210 000.

FORD CORTINA R11 500, Ford Laser R15 500. Skakel ( 072 472 8686 NISSAN SENTRA R19 500, Opel Kadette R16 500. Skakel ( 072 472 8686

327 - Pragtige 3-slk, 2 badk, oopplan, d/m/h, groot erf agter vir nog Ontwikkeling, R1 360 000.

SENTRA 2001 1600 R33 500, Golf 1600 - R38 500. Skakel ( 072 472 8686 WIT POLO 2009 - 1.4 Trendline - R105 000 onderhandelbaar. R96 000. Skakel ( 083 383 8370/1/2

329 - Netjiese 3-slk, 2 badk, 2 sitkamers, eetkamer, TV-kamer, aparte opwas, besproeiing, goeie waarde vir geld. R1 575 000.

CASH FOR YOUR car or bakkie below R40 000. SMS to (072 472 8686

Verskeidenheid erwe te koop Te huur: Skakel Juanita Koortzen - 078 159 7426 E-pos: veritaskuruman @gmail.com

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

H84 - 3 slk, 2 badk, e/m/h. R12 000 p.m. H93 - 3 slk, 2 badk, e/m/h. R12 000 p.m. H96 - Groot kantoor te huur, R33 000 p.m. H110 – Industriële werkswinkel te huur, R33 000 p.m. H112 - 5 slk, 2 badk, sitkamer, e/m/h, R11 000 p.m. H44 - Kantore te huur, R9 900 p.m. Skakel ons gerus, ons help graag. Webtuiste: www.veritaseiendomme .co.za

NOTICE

Payment to Suppliers and Service Providers within the 30-day Payment Period, as specified by the Public Finance Management Act (PFMA), Act 1 of 1999

Procurement The Northern Cape Department of Social Development encourages all suppliers and service providers to register on the Department Logis Database. If you are a registered supplier or service provider, kindly ensure that the following updated information is provided to the Department annually: • Tax Clearance Certificate • B-BBEE Certificate • NCP4 (Disclosure of Interest) • NCP8 for all transactions, including and above R10 000 • NCP9 • Annexure F for all transactions, including and above R30 000 • Correct bank details (Bank-stamped Department Entity Form) Payment The Northern Cape Department of Social Development commits to pay suppliers and service providers within the 30-day payment period, as specified by the Public Finance Management Act (PFMA), Act 1 of 1999. In doing so, suppliers and service providers are requested to submit tax invoices for goods and services delivered within a minimum of 5 days after delivery. The Department further commits to ensure that payments to suppliers and service providers are made within 10 days after receipt of tax invoices. The Department would like to express our sincere gratitude to our suppliers and service providers who assist in delivering the vision of the Northern Cape Department of Social Development. Elizabeth (Liz) Botes Head of Department

Northern Cape Provincial Government

AIDA KURUMAN Huis te huur - 4 Slpk, 2 badk, kantoor, 2 m/huise @ R15 000 p.m. Huis te koop - 5 Slpk, 1 aantrekkamer, 21/2 badk, 2 m/h, swembad R2 080 000. Besigheidsperseel en gebou te koop R2 000 000. Besigheidsperseel, gebou & toerusting R2 250 000. Skakel Annatjie 076 395 9422 of 053-712 0487.

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 100822

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

SOEK INSLAAP HUISWERKER. Vorige verwysings 'n moet. Moet kan lekker kos maak. Salaris R3000. Skakel (071 659 3812

D.J.G. Poolman

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Daniel Johannes George Poolman, in lewe getroud buite gemeenskap van goed en woonagtig by huis 4, Kromstraat 7, Kuruman,

Noord-Kaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 914/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 15 Augustus 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. Signed at Kuruman on this 5th day of August 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460.

M.A. Molete

In die boedel van wyle Pelonomi Lebogang, identiteitsnommer 651225 2276 082, van 238 Church Street, Seven Miles 8460. Boedelnommer 6934/2013. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 15 Augustus 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken op Kuruman op die 30ste dag van Julie 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

In the estate late of Molete Armstrong Molete, identity number 690722 5816 081, of House No D79, Dendell Village. Estate number: 9166/2011. The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 16 August 2013 at the office of the Master of

11

J & L Motors/ Sea of Mountains

P. Lebogang

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

In die Landdroshof vir die distrik Kuruman gehou op Kuruman. Saak No: 1276/2012 In die saak tussen: J & L MOTORS Eksekusieskuldeiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590 T/A EAST 2 WEST CARRIERS 1ste Eksekusieskuldenaar JAN ABRAHAM MINNIE, Identiteitsnommer 880201 5072 086


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 1ste dag van Maart 2013, in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop by Baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman, op die 6de dag van September 2013 om 09:30 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 1 wit vragmotorleunwa, Registrasienr. CSV172 FS. Gedateer op Kuruman op 31 Julie 2013. GJS V AN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460. Posbus 63, Kuruman 8460. Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za

Verw: J&L1/0001/MJJ Adres van Eksekusieskuldenaar: Sea of Mountains Trading 590 T/A East 2 West Carriers, Registrasienommer 2010/083905/23 van Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman en mnr. Jan Abraham Minnie, identiteitsnommer 880201 5072 086 van Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

BASF Coating Services/Son Safari Paneelkloppers/Jan J. Lamprecht

In die Landdroshof vir die distrik Kuruman, gehou op Kuruman. Saaknommer: 1170/2011 In die saak tussen: BASF COATING SERVICES

(EDMS) BPK Eksekusieskuldeiser en SON SAFARI PANEELKLOPPERS BK Identiteitsnommer onbekend 1ste Eksekusieskuldenaar JAN JACOBUS LAMPRECHT Identiteitsnommer onbekend 2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 25 April 2012, in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 5 September 2013 om 10:00 by die Baljukantoor by Skoolstraat 46, Kuruman, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. BESKRYWING: ERF: 1820, Ga-Segonyana Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Provinsie NoordKaap. GEHOU: Kragtens T2442/2010, 1 133 m², ook bekend as Frylinckstraat 4, Kuruman. GROOT: 1 133 vk m (EEN DUISEND EEN HONDERD DRIE EN DERTIG), gehou kragtens Akte van Transport Nr T2442/2010 STRAATADRES: Frylinckstraat 4, Kuruman. Die volgende inligting word aangegee, maar is nie gewaarborg nie. Die eiendom bestaan uit woonhuis met woonstel. Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geinspekteer kan word by die kantore van die Balju van die Landdroshof by SKOOLSTRAAT 46, KURUMAN 8460.

Gedateer op Kuruman op 31 Julie 2013. GJS VAN ZYL Eksekusieskuldenaar se Prokureur MCINTYRE & VAN DER POST Barnardstraat 12, Bloemfontein 9301 Posbus 540, Bloemfontein 9300. p/a DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: MC11/0005/MJJ Adres van Eksekusieskuldenaar: SON SAFARIS PANEELKLOPPERS BK van Frylinckstraat 4, Kuruman en mnr. JAN JACOBUS LAMPRECHT van Frylinckstraat 4, Kuruman.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

BETREKKINGS

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Ongemak met dikderm kan beheer word Yolandi van Deventer PRIKKELBARE KOLONSINDROOM of ’n “spastiese dikderm” is ’n simptoomgegronde diagnose wat gepaardgaan met die volgende simptome: chroniese abdominale pyn, krampe, ongemak, swelling, verandering in stoelgange byvoorbeeld hardlywigheid en diarree (afwisselend) en die gevoel dat die derm nie ten volle geledig is tydens ’n stoelgang nie. Simptoom-gegrond beteken dat daar geen definitiewe toetse is wat die toestand kan “bewys” nie, maar dat die diagnose slegs op grond van simptome gemaak kan word. Ongeveer 20% van die algemene bevolking vervul die diagnostiese kriteria vir prikkelbare kolonsindroom, maar slegs 10% van hulle raadpleeg hul dokter oor gastro-intestinale simptome. Die aanvang van ’n spastiese dikderm kan wees nadat ’n infeksie teenwoordig was, baie stres en spanning, asook volwassenheid (ouderdom 20 tot 30 jaar). Jong vroue word oor die algemeen die meeste geraak.

Die toestand is nie gevaarlik nie, maar kan slegte gevolge hê soos pyn en moeg­ heid wat tot ’n toename in siek­ verlof kan lei. Die presiese oorsaak van prikkelbare kolonsindroom is onbekend. Die algemeenste teorie is dat daar ’n wanbalans tussen die brein en die gastro-intestinale (derm-) kanaal bestaan, hoewel daar abnormaliteite in die normale flora (goeie bakterieë wat teenwoordig is in die spysverteringskanaal wat help met balans en beskerming teen infeksie) kan wees. Die toestand is nie gevaarlik nie, maar kan slegte gevolge hê soos pyn en moegheid wat tot ’n toename in siekteverlof kan lei. Daar is geen genesing vir ’n spastiese dikderm nie, maar deur ’n paar veranderinge te maak kan dit be-

heer word, bv. leefstylveranderinge, medisyne en ontspanningstegnieke. Oefeninge soos joga, stap of draf, sowel as ’n dieetaanpassing, kan help om die invloed van ’n spastiese kolon te verminder. Daar is nie ’n spesifieke dieet vir die toestand nie, maar algemene riglyne sluit in om minder koolhidrate te eet, gasvormende kosse en speserye te vermy of te beperk en dan deur ’n proses van eliminasie agter te kom watter soort voedsel vererger die toestand en dit eerder te vermy. Prikkelbare kolonsindroom kan vir ’n tydperk teenwoordig wees, dan weer verbeter en later weer terugkeer. Hoewel ’n spastiese dikderm geen noodlottige gevaar inhou nie, het navorsing bewys dat dit wel tot depressie kan lei. Die diagnose van prikkelbare kolonsindroom moet eerder deur ’n geneesheer gemaak word, aangesien vele ander toestande met dieselfde simptome kan voorkom. ) Hierdie gesondheidswenke is deur die Mediclinic Kathu verskaf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Seodin vereer leerlinge DIE Laerskool Seodin het onlangs die tien topleerlinge in elke graad aangewys. DIE toppresteer­ ders in gr. 4 is van links Ashleigh Kühn (eerste plek met 88%), Alet Kotzé (tweede plek met 87,7%) en Wilmari Kruger (derde plek met 87,5%).

DIE toppresteerders in gr. 5 is van links Marianka Fourie (eerste plek met 87,17%), Frikkie Burger (tweede met 87%) en Ninke Potgieter (derde plek met 86,5%).

DIE gr. 6 toppresteerders is van links Ansoné Kruger (eerste plek met 90,17%), Louise My­ burgh (tweede plek met 89,84%) en Lauret Jönk (derde plek met 89%).

DIE toppresteerders in gr. 7 is van links Carel Erasmus (eerste plek met 94%), Mariete Strauss (tweede plek met 92%) en Charnel Burger (derde plek met 91%).

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

DIE langasems is van links Dintle Mos­ eki, George W. Smith en Merise Louw. Afwesig: Jeandré van Zyl.

Leerlinge presteer in landloop DIE langasems is van links, voor: Dintle Moseki, Mothusiemang Mocwiri, Tlhalefo Moalahi, Deno Kaekae en Juandré van Zyl; agter: Ethel More (afrigter) en Janrue Britz.

Skitter in veldwedloop LEERLINGE van die Laerskool Seodin het onlangs aan ’n veldwedloop by die Hoërskool Kalahari deelgeneem. Die volgende leerlinge het baie goed gevaar: o.11 –

’n Eerste plek is deur Juandré van Zyl met ’n tyd van 12 minute en 30 sekondes behaal. Mothusiemang Mocwiri het ’n vierde plek met ’n tyd van 16:40 behaal. o.12 – Dintle Moseki het ’n eerste plek

met ’n mooi tyd van 12:27 behaal, Tlhalefo Moalahi was vierde met ’n tyd van 15:20 en kort op sy hakke was Deno Kaekae met 15:21. o.14 – Janrue Britz het ’n eerste plek behaal. Hy het die wedloop in 23:06 voltooi.

VIER leerlinge van die Laerskool Seodin het baie goed op ’n onlangse landloopbyeenkoms gevaar. Dintle Moseki (o.12) het ’n derde plek behaal en die wedloop in 14 minute 45 sekondes voltooi. Jeandré van Zyl (o.11) het ’n tweede plek behaal en die wedloop in 14:35 voltooi. Merise Louw (o.10) het ’n eerste plek behaal en die wedloop in 11:33 voltooi. George W. Smith (o.7) het ’n tweede plek behaal en die wedloop in 5:28 voltooi. George is ’n gr. 1-leerling wat hom onlangs by die skool se “langasems” aangesluit het.

Gekies as die beste speler in toernooi ’n LEERLING van die Laerskool Seodin, Stefani Hanekom, het die afgelope vakansie besonder goed in die Bokkieweek gevaar. Stefani is as die beste o.14­netbalspeler in die toernooi gekies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.