Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
16 JANUARIE 2014
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
BESTE IN DIE PROVINSIE! Sonita Nel (voor) van die Hoërskool Kalahari met haar skild as topleerling van die NoordKaap. Agter haar staan van links Jiten Vallabh van die Hoërskool NoordKaap (vyfde op die NoordKaap se lys), Huzaifah Numan van Kimberley Boys’ High (tweede), Mareth Hugo, hoof van die Hoërskool Diamantveld, namens Danielle Marie du Toit (vierde), en Nielda Smit (derde), ook van Diamantveld. Foto: Emile Hendricks
Kalahari-kind toe tops Lecrecia Prins DIE topmatriekleerling van die Noord-Kaap vir 2013 het ’n staande applous van al die belanghebbendes ontvang toe sy op die toekenningsgeleentheid verlede week in Kimberley na die verhoog stap om haar oorkonde in ontvangs te neem. Sonita Nel van die Hoërskool Kalahari (en oudleerling van die Laerskool Kuruman) sê dit was vir haar ’n groot verrassing.
“Ek het nog altyd gehoop ek sal eerste wees, maar gedink: ‘Wat is die kans?’ Ek kon nie glo toe sy (Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys) sê ek is die topleerling in die provinsie nie. Ek was verslae.” Die geleentheid het in die Mittah Sepereperekonvensiesentrum in Kimberley plaasgevind. Wynand Nel, Sonita se pa, sê dit is “uitstekend, briljant” dat hul dogter die topleerling is. “Ons het verwag sy gaan goed doen. Ons het verwag sy gaan minstens onder die 20 topkandidate
wees, maar nie eerste nie.” Nel sê Sonita is ’n harde werker. “Sy let op in die klas en is van kleintyd af leergierig. Sy het ook baie met opvoedkundige speelgoed gespeel.” Hy sê Sonita is ’n onafhanklike werker en het graag doelwitte gestel en bereik. “Dis ’n gawe van die Here en ons dank Hom daarvoor. ’n Ou is trots daarop, maar dis ook ’n gawe van die Here. Sy het haar hele skoolloopbaan briljante onderwysers gehad.”
Sonita gaan vanjaar B.Com. Rek. aan die Noordwes-Universiteit studeer. Sy het ’n tjek van R50 000 en ’n skootrekenaar vir haar prestasie ontvang. Sy het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, wiskunde (derde vraestel) en lewensoriëntering behaal. ) Lees meer oor die afgelope eindeksamen en uitslae op bl. 2 en bl. 3.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Kuruman rou oor Juffrou Dupie Ilse Watson
hulle vir jare weg was, sou wees: “Het DIE alombekende Juffrou nog daardie Dupie du Plessis ring?” Dit het na ’n (64), beter bekend ring met ’n groot as Juffrou Dupie steen verwys wat sy van die Laerskool elke dag gedra het. Kuruman, is Nog ’n bekende verlede week gesig was Juffrou oorlede nadat sy in Dupie wat met haar Julie verlede jaar wit herdershonde met kanker gediagen ook later die noseer is. Jack Russells gaan Haar pad in die stap. Sy het elke onderwys het wye dag met haar honde draaie geloop. Sy gestap. Hulle was het in 1971 in soos haar kinders Alexandria begin in haar huis. skoolhou, voordat As mense iets sy na die destydse wou weet van Mafeking en daarna tuinmaak, was Vryburg en BroeJuffrou Dupie die dersput is. persoon om te vra. Op Lykso en Sy was nooit suinig Bloubospan het sy met haar raad, as skoolhoof afgelos. groen vingers of Sy het ook op steggies nie, vertel DUPIE DU PLESSIS, alombekende on Engelbrecht. Kathu skoolgehou derwyser van die Laerskool Kuruman voordat sy haar op Juffrou Dupie sou wat onlangs oorlede is. Foto: Verskaf Kuruman (in 1981) altyd enigiemand kom vestig het. help, maak nie saak Du Plessis was onderwyser by die wat dit van haar geverg het nie. Laerskool Kuruman tot in 2007. Sy het Sy was saggeaard en ’n baie lojale ná ’n groot rugoperasie uit die ondervriendin. Haar deur het vir enigiemand wys getree. oopgestaan en daar was altyd tyd vir ’n As onderwyser was Juffrou Dupie ’n kuiertjie. rolmodel vir haar jonger kollegas, wat Presies hoe gelief sy was, blyk baie by haar geleer het, en vir haar duidelik uit die talle huldeblyke en leerlinge was sy ’n baie besonderse boodskappe van medelye op Facebook. leerkrag, vertel Hester Engelbrecht van Tot op die einde was sy blymoedig en die Laerskool Kuruman. positief en ’n voorbeeld vir ander. Sy het jare lank Engels en wetenskap Juffrou Dupie word oorleef deur haar vir gr. 7-leerlinge gegee en menige van suster, twee susterskinders en hul die leerlinge het met haar Engelse notas gesinne, almal van Wellington. en boeke deurgedruk tot in matriek. ) Haar gedenkdiens is Saterdag om Een van die eerste vrae wat ’n 10:00 in die NG Moederkerk op Kuruoudleerling aan haar sou stel nadat man.
Kalahari doen dit weer Ilse Watson DIE Hoërskool Kalahari doen dit weer! “Dit was in November 2006 ’n groot eer vir die skool toe Kobus Hauman die eerste plek in die Noord-Kaap beklee het. “Net so was die vreugde groot toe ons skool drie plekke in die top20-lys van die Noord-Kaap in die 2013-matriekeindeksamen behaal het,” sê Johan Jonker, hoof van die Hoërskool Kalahari. Die skool het sewe kandidate met ’n gemiddelde A-prestasie opgelewer. Nie net het Sonita Nel (92,57%) die eerste plek in die hele provinsie behaal nie, maar Christina Joubert (88%) het die 12de plek en Cornel Scheepers (87,71%) die 19de plek behaal. Gerdo van der Walt (87,28%) en Cheryl-Lee Henning (87%) het elk met sewe A-simbole geslaag.
Japie Steyn (80,57%) en Sandile March (82%) het ook met ’n gemiddelde A-simbool geslaag. Altesaam 12 leerlinge het gemiddelde B-simbole verwerf en 34 leerlinge het gemiddelde C-simbole gekry. “Dit is alles voorwaar ’n pragtige prestasie waarop ons baie trots is,” sê Jonker. Altesaam 96 A-vaksimbole is verwerf – ’n prestasie wat nie sonder toegewyde en hardwerkende onderwysers behaal kan word nie. “Met so ’n akademiese skouspel kan ouers met groot vertroue hul kinders na ons skool toe stuur. “Ons het ’n span toegewyde en goed gekwalifiseerde onderwysers wat saam met die ouers en leerlinge hoë hoogtes kan bereik.” Lees meer oor die matrikulante en sien meer foto’s op bl. 3.
Solly in Survivor ONE of Kathu’s very own residents is a contestant in die brand new season of the challenging reality show Survivor SA. Solly Mathiba, Sports Director at the Kalahari Country Club, competed in this grueling test of strength and character in the last part of 2013. This is the fifth season of the South African Survivor series. The series includes the former Bafana-Bafana soccer star Mark Fish and ex-Springbok rugby captain Corné Krige who will be leading the two competing teams. Make sure you support Mathiba and watch Survivor SA from 19 January at 17:30 on M-Net.
SOLLY MATHIBA is a participant in Survivor SA. Foto: Supplied
‘Matrieks se slaagsyfer laag’ Charné Kemp DIE effense verswakking van Noord-Kaapse matriekuitslae maak opposisiepartye bekommerd oor die provinsie se onvermoë om die suksesse van die verlede te herhaal. Pakes Dikgetsi, provinsiale sekretaris van Cope, sê die party vier elke leerling se individuele prestasies en toewyding. “Ons is trots op die studente wat deurgedruk het en wat die vrugte van hul harde werk geniet.” Sonder om enige individuele prestasie te minag, moet gesê word dat daar groot probleme in die onderwysstelsel is. “Die ANC-beheerde regering is besig om ons kinders in die steek te laat. Die Noord-Kaap is die enigste provinsie wat nie sy slaagsyfer kon verbeter nie. Slegs 17% van matrikulante het onderskeidings behaal. Net 23% van matrikulante het universiteitstoelating verwerf, wat ver onder die nasionale syfer van 30% is. Terwyl hierdie syfers die hoogste is wat dit in vyf jaar was, is dit steeds onaanvaarbaar laag.” Dit is ook skreiend dat die getal skole met ’n slaagsyfer onder 60% toegeneem het. Die Johan Taolo Gaetsewe-distrik het wel ’n verbetering getoon. Baie matrikulante het Afrikaans (huistaal) gedruip.
“Ongeveer 50% van die Noord-Kaapse bevolking is Afrikaans. Waarom druip leerlinge dié vak? Die provinsie was voorheen een van die sterkste provinsies. Nou is ons die derde swakste in die land. “Onderrig behoort ons kinders voor te berei op ’n beter lewe, maar die gehalte van die onderrig berei hulle net voor vir werkloosheid, armoede en ’n leeftyd van grassny en strate vee in die regering se werkskeppingsprojekte.” Andrew Louw, DA-leier, sê hy wens alle matrikulante geluk wat geslaag het. Die party is trots op jong mense wat met harde werk, lojaliteit en baie ure goeie punte behaal het. Ons is baie bekommerd oor die standaard van onderrig in die provinsie. Die provinsie kan nie bekostig om agteruit te boer nie. “Ons was op ’n tydstip tweede in die land met matriekuitslae, nou is ons sewende.” Te min leerlinge kry meer as 50% gemiddeld in hul eindeksamen en te min slaag met matriekvrystelling. “Dit is veral problematies omdat ons binnekort studente by ons eie nuwe universiteit moet toelaat. “Ons benodig meer leerlinge wat met universiteitstoelating slaag, anders sal hulle nie die voordele van tersiêre geleenthede in die Noord-Kaap kan benut nie.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
3
MATRIEKS
Leerlinge verheug oor uitslae Ilse Watson MET groot opgewondenheid en afwagting het matrikulante van die Hoërskool Kalahari op Dinsdag 7 Januarie by die skool opgedaag om hul uitslae te ontvang. Hulle was almal verheug en trots om die sertifikate te ontvang, soos uit die foto’s blyk.
LOUIS ELLIS glimlag breed nadat hy sy sertifi kaat by die skool ontvang het. Hy beplan om bourekeningkunde om die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein te studeer.
BAIE tevrede met hul uitslae en sertifikate is van links Botshepo Keria, Keletso Setungwane, Charlotte Seswai, Rebaone Modise en Keitumetse Maleho. Foto’s: Ilse Watson SUMARIE VENTER en Anel Kruger met hul sertifikate. Su Marie wil haarself as onderwyser be kwaam en gaan aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Anel beplan om menslikehulpbronbe stuur deur Unisa te studeer.
MET sewe onderskeidings kan CherylLee Henning baie tevrede voel met die afgelope matriekeindeksamen se uitslae. Sy het Asim bole in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie en re kenaarstoepassingstegnologie behaal. Foto’s: Verskaf
DOUW GERBRAND VAN DER WALT het Asimbole in Afrikaans (huistaal), Engels (eer ste addisionele taal), wiskunde, lewens oriëntering, rekeningkunde, inge nieursgrafikaenontwerp, le wenswetenskap en fisiese wetenskap behaal.
CORNEL SCHEEPERS het Asimbole in Afri kaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewenswetenskap, fisiese we tenskap, rekeningkunde en lewensoriëntering behaal.
CHRISTINA NICOLENE JOUBERT het in die afgelope eindeksamen Asimbole in Afrikaans (huistaal), Engels (tweede addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie en rekenaartoepassingstegnologie behaal.
Pluk die vrugte van harde werk
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Onderwys in die moeilikheid SOOS mense teen dié tyd al gewoond is, begin elke jaar met omstredenheid rondom die matriekuitslae. Die dag voor die bekendmaking van die uitslae het Helen Zille van die DA al laat weet as die slaagsyfer met meer as 2% styg, sal die DA daarop aandring dat ’n oudit plaasvind. Die ANC in die Noord-Kaap het dadelik ná die verswakking van die slaagsyfer in die Noord-Kaap aangekondig dat die fout voor die deur van die Frances Baard-skole en Afrikaans-onderwysers in die ZF Mgcawu-distrik gelê moet word. Volgens hulle is ’n gebrek aan genoeg en voldoende gekwalifiseerde onderwysers die grootste knelpunt. Dit is ’n baie geldige punt, maar hoe word dié gebrek aangepak en is dit die enigste redes vir die probleme in die onderwys? Onderwysers gee skool onder ál moeilikwordende omstandighede.
Die dissipline-probleme, gebrek aan ondersteuning van die departement, oorgroot klasse, onrealistiese leerling-onderwyser-verhoudingsgetalle en onrealistiese verwagtinge van die mense in beheer, maak dat die lewe van die onderwyser glad nie maanskyn en rose is nie. Die leerlinge wat voor die onderwyser sit, sien hoe sukkel hulle en dit teen ’n salarispakket wat glad nie goed is nie. Dié leerlinge moet nou so geïnspireer word deur hul onderwysers se omstandighede dat dit hulle aanspoor om ook onderwysers te word – wat beslis nie gaan gebeur nie. Hierdie is ’n groot rede vir die kwynende getal onderwysers. Die onderwys is tans in ’n sneeubal vasgeval waarin al die probleme vasvries en nóg probleme ingetrek word. Dié sneeubal kan die hele land in die toekoms platrol.
Vergeet van gister, die lewe gaan voort dit altyd donker gaan bly. Toe die dag begin breek, het sy besef die lewe gaan voort. Al het sy gedink die voëls gaan nie dié oggend sing nie, het hulle gesing. Die lewe gaan voort, dag vir dag. Die liefde van die Here en sy omgee, is weer, soos elke oggend, aangekondig. Dit het haar getroos en gehelp om met die lewe voort te gaan. Dit is noodsaaklik dat ons daagliks ons liefde vir mekaar verklaar, net soos God dit daagliks doen deur sy Seun, Jesus Christus. Elke dag is daar die versoeking om ’n klomp dinge van gister met jou saam te neem. Dit help jou nie. Leef lig. Vergewe en, as jy kan, vergeet. Leef nuut. Los dit wat jou verhoed om lief te hê by gister. Sy liefde vir jou is elke dag nuut. Daarom kan jy ook vandag met ’n nuwe liefde in jou hart leef. ’n Vriend vertel dat hy dit in sy lewe ervaar dat dit soms die laaste keer is wat jy ’n ding doen, sonder dat jy dit besef . . .
21/36
21/36
20/36
22/38
21/39
WS-5
WN-5
NW-10
WS-5
W-5
Aanrander dag later vasgetrek SAMUEL TITUS, Upington:
Ds. Christo Jonck “DEUR die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot,” lui Klaagliedere 3:22 en 23. Soggens vroeg, voordat die gewoel van die dag begin, is seker die wonderlikste tyd. Ons kon rus, slaap en herlaai om weer ’n nuwe dag te kan leef. Gister se gebeure is gesif en jy kan besluit wat jy vandag met jou saamneem en wat los jy by gister. Klaagliedere vertel wat ook al gister gebeur het, is verby. Jy begin vandag voor. Dit is die spreekwoordelike eerste dag van die res van jou lewe. Elke nuwe dag verseker ons weer en weer van God se liefde, sy omgee, sy sorg. Sy liefde vir ons is elke dag nuut. Daarom kan jy vandag weer nuut leef, voor begin. Gister is verby. ’n Man is een laatmiddag in ’n motorongeluk oorlede. Sy vrou se lewe het donker geword. Dit was letterlik nag. Sy vertel my later dat sy in daardie nag soms gedink het dat
O DIE DONKIE! Dié donkies het rustig by Skerpdraai op Olifantshoek in die hitte gestaan en wei. Donkies is ’n algemene gesig in die NoordKaap en speel ’n ekovriendelike rol in die provinsie se vervoer. Dis nie sonder rede dat hulle in Chris Blignaut se liedjie besing word nie! Foto: Benneli Olivier Van der Walt
SATERDAG 4 Januarie is ’n 71-jarige ouma en oumagrootjie van Progress deur ’n 26-jarige man van Grootdrink aangerand. Die aanvaller is op Maandag 6 Januarie op waarskuwing in die gemeenskap vrygelaat waar hy die gruweldaad gepleeg het. Dit is net nadat ons die 16 Dae van Aktivisme gevier het. Hy is ook eers die Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie hom nie die Saterdag kon opspoor nie. Ek wil nietemin graag die Rosedale-polisie bedank vir goeie werk om seker te maak dat dat die aanvaller agter tralies beland.
Red die armes van hoë koste ZOLILE PRUSENTE, Upington: DAAR is ’n aanval op die lewenstandaarde van Suid-Afrikaners. Stygende pryse maak dit moeilik vir werkende en arm mense om ’n bestaan te kan maak. Die regering het geen maatreëls gereed om verligting te bring nie. Die regering moet dringend ingryp om die situasie te verbeter.
21/39
24/41
23/42
23/42
NW-10
SW-10
WS-5
WN-10
Die prys van basiese artikels soos brood, mieliemeel en kookolie moet gereguleer word. Subsidies moet verskaf word aan boere wat kos produseer sodat ons goedkoper kos kan koop. Duur kospryse lei tot ’n situasie waar die winkels vol kos staan en mense dit nie kan bekostig om dit te koop nie. Ons kort ’n voedselsekuriteitstelsel wat gemeenskappe aanmoedig om hul eie kos te produseer om ’n kultuur van selfstandigheid en onafhanklikheid te kweek. ’n Reserwe-fonds moet gestig word om die petrolprys te reguleer. Die petrolprys het in 2013 geweldig gestyg. Die vraag is waarheen gaan al die reserwes wat deur die aanhoudende styg van die petrolprys meegebring word. Onnodige geld word bestee op die ontplooiing van soldate in Afrikalande. Kan hierdie geld nie beter aangewend word om ons lewe te vergemakilik nie? Munisipaliteite moet hul prioriteite regkry. Die hoë salarisse van top- munispale amptenare en
onnodige uitgawes moet verminder word. Dienste moet op ’n glyskaal betaal word, waar die rykes meer as die werkende en arm mense betaal en sodoende die arm mense subsidieer. Tariewe vir grondbelasting, water, krag en vullisverwydering moet drasties verminder word. Die werklose en arm mense moet kwytgetsel word van die betaling van munispale dienste. Die munisipaliteite skend die grondwetlike reg van inwoners tot elektrisiteit deur krag te blokkeer en die arm mense van voorafbetaalmeters te voorsien. Hierdie ongrondwetlike praktye moet beëindig word. Water en krag is twee basiese lewensbehoeftes en moet dus onvoorwaardelik aan inwoners voorsien word. Met die Oranjerivier naby ons is dit moontlik om water teen ’n minimale prys aan inwoners te voorsien. In talle eerstewêreldlande voorsien die regerings hul inwoners gratis van basiese dienste soos vullisverwydering en water. Met deeglike beplanning kan dit gedoen word. Ons kort ’n radikale plan van aksie om Suid-afrika te red van self-vernietiging deur basiese behoeftes aan die inwoners teen billike pryse te verskaf.
Resep vir kookwater-toekoms Ilse Watson “EK moes ’n sjef geword het.” Só sê my dogter wat by my kuier. Sy kyk al die kookprogramme op televisie. “Hulle laat dit so maklik lyk.” Ja, ek wens ook ek kon soos dié sjefs kosmaak. Wat my vies maak, is dat al hierdie divas pragtig geklee, met grimering aan, daar voor die kospotte staan. Hulle sweet nie. Hul klere word nie vuil nie. Of hulle nou met ’n hoop meel werk of eiers wat deur hulle vingers geskei word, hulle bly skoon. Hulle glimlag gedurig en raak ekstaties oor kaneel of die een of ander krui.
Dan is daar dié wat droomkolwyntjies bak en dit met die fynste detail versier. Dít was nog altyd ’n droom van my: Ek wil ook sulke asemrowende koeke en fyn kolwyntjies bak. Dit moet kunswerke wees wat jy amper nie wil eet nie – dit is te mooi. Onse Nataniël doen dieselfde. Hy staan agter die stoof met ’n formele uitrusting aan en hy kóók. Nee, nie eens sy moue word vuil nie. Duisende matrikulante het hul uitslae ontvang. Hulle moet nou ’n besluit maak oor die toekoms. My motto is: Doen wat vir jou lekker is – en volg jou passie. Dit is belangrik om drome na te streef.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Familie onthou Ben Niemand Ilse Watson ’n OUD-BURGERMEESTER van Kuruman, Ben Niemand, is ná ’n lang siekte op 4 Januarie oorlede. Hy was vir geruime in die hospitaal in Mosselbaai waar hy woonagtig was. Met sy roudiens in Mosselbaai is die volgende roerende familiebrief voorgelees: “Dit het die Hemelse Vader behaag om jou in die ouderom van 76 jaar van ons weg te neem, geliefde en beminde eggenoot, pa, oupa, broer en vriend. “Sy plek sal altyd leeg wees in die harte van elkeen wat hom geken het, maar ons berus ons in die wete dat God oor ons sal skyn.
“Vandag loop ons geliefde vir die eerste keer langs die strate van God se stad met blye verbasing oor alles wat nuut is, want nou kan hy sien wat hy altyd geglo het. “Nou kan hy vry en vol vreugde beweeg in die heerlikheid mooier as ’n menslike droom. “Hy is nou vry van siekte, swakheid en pyn en die liggaam se lyding op aarde. “Van die beker van smart sal hy daar nooit weer drink nie; vrede en rus het hy nou in die hemel. “Moenie sê hy is dood nie, want nou lewe hy werklik. “Hy het nou eers begin in die nuwe bestaan waaraan daar nooit weer ’n einde sal kom nie.
“Vol verwondering buig hy nou in aanbidding voor die Een wat hy altyd opreg liefgehad het, selfs toe hy Hom nog nie kon sien nie. “Hy voel nuut in die Hemelse stad, maar nie vreemd nie, want dit is die tuiste waarna hy verlang het. “Hy is nou by die huis, by sy Ewige woning.” Niemand was van September 1984 tot Oktober 1988 die burgemeester van Kuruman. Hy word oorleef deur sy vrou, Petro, kinders, Manus, Ronell, Thomas, Brenda en Japie, sy suster, Esther Kruger, en sy kleinkinders, Marénell, Carien, Zelmari en John-Henry.
5
You can be a citizen journalist DO you have a story to tell? Do you have your finger on the pulse of your community? Then we want you to write for us. Kalahari Bulletin is looking for volunteer citizen journalists to tell us about the events happening in their area. We want to know about the issues and the good news in your community. You may have a fascinating local story to share or a review you want to write. You could offer traffic reports on your way to work via the mobi-site or start your own blog. You may also be a keen gardener, offering tips via the website. As long as it is local and original, we are interested. Register at www.kalaharibulletin.co.za and join our team as a citizen journalist.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Kollege oorval deur studente DIE Noord-Kaapse Landelike VOO-kollege (NCR FET) het op 6 Januarie sy deure vir registrasie oopgegooi. Met die ter perse gaan het 400 studente hulle reeds geregistreer en is waglyste vir sekere studierigtings geopen. Studente van so ver as Namibië het hier ingeskryf. Volgens Marlene Nel, kampushoof, is die kampus tevrede met
die aantal studente wat reeds geregistreer is en is die personeel slaggereed om met hul akademiese werksaamhede te begin. Vanjaar is studente tydens registrasie met ’n huldeblyk aan en foto-uitstalling van oudpres. Nelson Mandela in die voorportaal verras. Hier kon studente en hul ouers meer oor die merkwaardige staatsman te wete kom terwyl
DOSENTE aan die NCR FET op Upington help voornemende studente om te registreer.
hulle hul registrasiebeurt afgewag het. Die NCR FET bied jaarliks vier ambagte onder leiding van die afdeling ingenieurstudies (pas-endraai, ketelmakery, motorwerktuigkunde en elektries) as ’n kursus vir ’n Beroepsgerigte Nasionale Sertifikaat aan terwyl die afdeling sakestudies weer opleiding vir studente in kantooradministrasie en finansies bied.
Hierdie kursusse is beroepsgerig en fokus op leerlinge wat nog nie gr. 12-sertifikate verwerf het nie. Sakestudies bied egter ook N4tot N6-diplomas aan vir bestuursassistente en in finansiële en menslike-hulpbronbestuur. Hierdie studente ontvang ’n nasionale diploma ná ’n 18 maande internskap of met bewys van praktiese werkservaring.
BIANCA VAN WYK (links) en Annie Mouton verduidelik die verskillende stu dierigtings aan Bongani Faku van Upington.
OP die voorgrond help Corlia Boshoff vir José Cloete om in te skryf vir voertuigherstel en onderhoud terwyl sy ma, Rolene Cloete, toekyk. Agter is die ander dosente besig om studente met die registrasieproses te help. Foto’s: Amorine Strydom
Vrae oor water DIE inwoners van die plakkerskamp in Dakotaweg het kort voor Kersfees geen water gehad nie. Dit is luidens die DA wat in die snikhete dae voor Kersfees sy wykraadslid se eie voertuig en waterkar gebruik het om sowat 3 000 F water aan die ongeveer 160 huise te voorsien. Volgens Flip van der Steen, DA-wykraadslid, het Desi Ngxanga, munisipale bestuurder van die //Khara Hais-munisipaliteit, hulle genader en “gevra waarom ons in munisipale sake inmeng en ons daarvan beskuldig dat ons die saak verpolitiseer”. Volgens Van der Steen is DA-raadslede in die openbaar deur hooggeplaaste amptenare van die munisipaliteit gedreig. Van der Steen sê volgens wet moet mense binne 200 m van hul huise toegang tot water hê. Luidens die nuusverklaring moet dié inwoners daagliks tussen 400 m en 600 m loop om water te kry. Die wet sê verder dat indien inwoners sewe dae lank nie toegang tot water het nie, die munisipale raad nie die wet nakom nie. Die DA het reeds twee keer mosies ingedien en versoek dat water na dié plakkerskamp aangelê word, maar dit is albei kere afgekeur. Volgens Van der Steen bring dit opnuut vrae oor hoe ernstig die ANC is met dienslewering en of hy eerder net hierdie mense se guns wou wen deur hulle toestemming te gee om te plak sodat hulle vir die ANC sal stem. Watervoorsiening is intussen hervat. Volgens Nxganga het hy die reg om te alle tye navraag te doen oor enige diensleweringsprobleme wat in dié distrik opduik. Hy sê verder dat hulle die plakkerskamp in Dakotaweg van water voorsien sedert die eerste huise daar opgerig is. “Alle klagtes oor watervoorsiening wat onder ons aandag gebring word, word dadelik aangespreek. Water is ’n basiese behoefte en die munisipaliteit sal dit nooit van gemeenskappe weerhou nie.” Volgens hom is hulle besig om krane in Dakotaweg aan te bring en sal die mense dus nie meer van watertenks afhanklik wees nie. “Die raad is ’n raad wat omgee en daarom bring ons nou krane aan sodat die mense skoon drinkwater kan hê. Dit is nie net ’n belofte nie. Ons wil die DA uitdaag om eerder te fokus daarop om verandering te bring in die lewe van mense as om dié saak vir politiekery te gebruik,” het hy gesê.
Ouers se rol begin al in gr. 1 Carryn-Ann Nel GISTER het honderdduisende gr. 1’s hul skoolloopbaan onder die donker wolk van die land se onlangse omstrede matriekuitslae en vrae oor die hoë uitvalkoers begin. Die DA het reeds geëis dat die land se matriekuitslae onafhanklik getoets word. Daarby het byna die helfte van die kinders wat in 2013 veronderstel was om matriek te skryf, ná gr. 10 uit die skoolstelsel verdwyn. Onderwyskenners is genader oor hoe ouers hul kind se skoolloopbaan moet benader. “Lees elke aand vir jou kinders. Doen saam met jou kind huiswerk. Ouers moet weet dat hulle reeds nou in hul kind se opvoeding moet belê,” het die kenners gesê. Chris Kloppers, uitvoerende
hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), meen gr. 1 is dié belangrikste jaar waarop ouers bedag moet wees. “Oor geen ander stadium was ek ooit so bekommerd as oor dit wat met my kinders in gr. 1 gebeur het nie. Goed begin, is half gewin. As daai kleintjie in gr.1 goed presteer en gelukkig is, gee dit hom ’n goeie grondslag vir later in die lewe.”sê Kloppers Dit eindig egter nie daar nie en is inderwaarheid die begin van ouers se verhouding met die skool. “Daar waar ouers meeleef met die skool, waar die skool deel is van die gemeenskap, daardie skool presteer. Dit is wat ouers moet verstaan,” sê hy. Brad Brockman, hoofsekretaris van die onderwysdrukgroep Equal Education (EE), het gesê in die lig van die onlangse aantal leerlinge wat voor hul matriekjaar uit die
stelsel verdwyn het, moet ouers egter ook weet dat geletterdheids- en syfervaardighede reeds in die grondslagfase bemeester moet word. Brockman sê een van die grootste redes vir die groot getal leerlinge wat vroeg uitsak, is die lae gehalte van onderrig. Wat daarmee gepaardgaan, is dat kinders nie die basiese geletterdheids- en syfervaardighede baasraak nie. “Om dit te takel moet die gehalte van onderrig, veral in die grondslagfase, verbeter. Ouers moet bewus wees van die kwessies,” het hy gesê. Prof. Mary Metcalfe, onderwyskenner, voormalige direkteur-generaal van onderwys en oud-LUR van onderwys in Gauteng, het gesê die ondersteuning wat ouers aan hul kinders gee, maak ’n groot verskil in hul opvoeding.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
7
Soek ’n bietjie liefde. . .
A 9mm pistol was recovered by the KurumanPolice in the Bankhara area. Foto: Supplied
TWEE Kaapse vosse luilekker in die sonnetjie. Hierdie foto is in die Kgalagadi Oorgrenspark geneem.
Foto: Susan Myburgh
Five suspects apprehended Ilse Watson THE Kuruman Police have arrested five suspects after a spade of armed robberies in the area, including on a farm in the Kuruman area and several houses
in Kuruman town and suburbs. House content, valuables and electrical applicances were stolen, said Kuruman-Police Crime Prevention head, Capt Ben Phete. Phete, Lt Frans Matlhare of the K9-unit and Lt Estelin Jonkers
worked day and night following up on leads to arrest the culprits. Five suspects were eventually arrested for housebreaking and two others face imprisonment for the illegal possession of unlicensed fire-arms.
Arrests made after N14 chase Ilse Watson A NUMBER of suspects were arrested and a 9mm pistol confiscated after a high speed chase on the N14 near Kuruman. According to the Police, Lt Frans Matlhare and other members of the K9-Unit spotted a suspicious looking vehicle during routine patrols in Kuruman. The driver of the vehicle sped off when realising that the Police were watching their moves.
A chase ensued on the N14. The suspects eventually abandoned the vehicle and ran into the veld. The police followed their tracks and arrested the suspects. The vehicle was also confiscated. A firearm that was found in the veld, was stolen during a house breaking at a farm residence in the Kuruman area, said Capt Ben Phete, Kuruman Police Crime Prevention Head. The suspects are still in police custody.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Vlytige VLV-vroue ontvang trofeë Petro Spangenberg DIE Kuruman-Vroue-Landbou-vereniging (VLV) het verlede jaar op 20 November sy afsluitingsgeselligheid in die tuin van Adriaan en Marinda Stander gehou. Elke lid is vir haar aandeel en harde werk in 2013 beloon. Altesaam 14 van die 56 lede het elkeen erkenning vir 100%-bywoning gekry en saamroepers en beoordelaars het elk ’n spesiale VLVK-teelepel ontvang. Fransie Scanlen was die wenner in die blommerangskikafdeling vir beginners en het ook trofeë vir handvlyt, kuns, hekelwerk, breiwerk, masjiennaaldwerk, asook My eieen Uit my tuin-inskrywings, ontvang. Sy is ook die algehele wenner met die meeste kompetisie-inskrywings deur die jaar (Johan Hauman-trofee) en die lid wat die meeste punte verwerf het (Joe Sargeant-trofee). Sy het tien trofeë ontvang. Janet West het die Pearson van Wyk-trofee vir fotografie gewen en Liza Burger die Bessie Kriek-trofee vir letterkunde, terwyl Retha-Jane Buys die Nannie de Waal-trofee vir kuns gewen het. Liza is ook as die mees betrokke nie-bestuurslid aangewys. Tilly TerBlanche het die Magdeleen de Klerk-trofee vir gebak met haar muffins tydens die konferensie verdien – sy het 84% gekry. Sarie Leyden het die Elsie Olivier-trofee vir die meeste punte in die gebottelde kookkunsafdeling gewen. Die mees betrokke bestuurslid in 2013 was Marianne Vorster en haar gesondheidsvergadering oor eetsteurnisse is ook aangewys as die beste vergadering uit 12. Haar man, dr. Andries Vorster, is ook as die VLV-man van 2013 aangewys. Sy ondersteuning en entoesi-
FRANSIE SCANLEN het met arms vol trofeë weggestap. Sy neem gereeld aan die VLVkom petisies deel en is Kuruman se trots. asme tydens die kongres in Kaapstad het tot die eerbewys bygedra. Die mees betrokke nuwe lid, Lynn Nel, was die wenner van die Joe Sargeant-trofee en die opvoeding-en-kultuurgroep van Retha-Jane Buys het die meeste inskrywings (446) opgelewer en die meeste lede met ’n 100%-bywoning. Hulle het die Tanya Aucamp-trofee vir die mees betrokke groep gewen. In die tuine-afdeling is Beatrix Barnard as die wenner van die bes versorgde tuin (Heuwelsig-aftreeoord) aangewys en Ansie Kruger se tuin as bes versorgde kleintuin (dorp). Die tuin van Karen Beukes het haar die Rotariërs se silwertrofee vir die bes versorgde groot tuin (dorp) besorg. Vanjaar sal inwoners die kans kry om hul tuine vir dié VLV-kompetisie in te skryf.
DIE bestuur van die KurumanVLV is van links, voor: Bessie Kriek en Tilly Terblanche; agter: Marianne Vorster, Lelani van Straten, Marinda Stander, RethaJane Buys, Ansie Cilliers en Petro Spangenberg. Foto’s: Verskaf
Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Process Plant Control Room Operator (Technical and Operational) (Ref. PPCRO 114836) Patterson Grade C Lower based on previous experience The Process Plant Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control and monitoring of the Process Plant through the control room control and management systems and to coordinate the general Mine situation as may be required. Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of production circuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/or Operators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects by allocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Room area • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintain and operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilisation of relevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area match the requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoring it within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct procedures are followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify and communicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safety awareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at the end of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents, instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur • Changing tasks and machine settings on the shift to minimise the effect of unexpected problems • Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment • Enter job requests into the “KARABO” maintenance system. Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimum of 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specific computer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degree of numeracy. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and application of relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge • Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge of relevant legislation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 31 January 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 116296
DIE wenners in die verskillende tuinkompetisiekategorieë is van links Karin Beukes, Ansie Cilliers (saamroeper van die landbouentuinbougroep), Beatrice Barnard en Ansie Kruger.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Oor die Withond en die houer met Pappie se as Ds. Schalk Theart ’n OU dorp soos Graaff-Reinet het baie karakters opgelewer. Van hulle het ons nog leer ken in die laat tagtigs. Die karakters se doen en late het maar baie te doen gehad met die oormatige gebruik van die wingerdvoggies. Dié dorp spog immers met die oudste wingerdstok in die land; dan staan hy nog in die agterplaas van die pastorie. Ons het self van sy sappies geproe ten tyde van ’n musiekfees op die dorp. Die ketelman het gespog met sy kleur, geur en skop. “Dominee,” wou hy my verseker, “ek het duskant volmerk gekry vir die perd se alkoholinhoud – net so onder die neëntig.” Withond noem hulle hom. En hy is weer in die mark te kry as jy net weet waar bly die ketelman. Sy gereelde klandisie was ’n pa en sy twee seuns. As daar rugby in die Baai gespeel word, was hulle drie gereelde besoekers nadat hulle voorraad vir die lang en vermoeiende tog deeglik aangevul is. Die Withond het so ’n houvas op jou dat jy later niks anders wil drink nie. Dis seker maar die smaak en die skop. In die kar was daar altyd een of twee bottels. Dit het die kleur van water gehad en daar was geen plakker op die bottel nie. Die keer as mammie wil saamry Baai toe het hulle beurte gemaak om te kyk of die Chef nie kook nie. As die masjienkap gelig is, vat die een sy kans en halveer die inhoud. Sy kon dit nooit verstaan dat haar familie altyd half getrek in die Baai aankom nie. As sy nie die slag by is nie, word die Withond by Jansenville in die bar ingesmokkel. Dan word vir die barman ge-spin: “Dis Graaff-Reinet water.” Die brandewyn word dan verdun met die witwater uit die naamlose bottel. Geen wonder dat daar dan nooit by die rugby uitgekom is nie. Vanweë verskeie komplikasies het hul tata ’n vroeë dood gesterf. Die twee seuns het ’n geleentheid gesien. As hulle nou self Pappie se oorskot Baai toe kan neem en later die as gaan haal, ry hulle ten minste vier keer by die bar op Jansenville verby sonder om ’n verskoning uit te dink. Al die besoeke het maar tot ounagmôre geduur. Met die laaste terugkom uit die Baai doen hulle weer die kroeg aan. Ná ’n paar happe aan die Klipdrif wat met mampoer verdun is, redeneer die broers Pappie kan nie alleen in die bakkie lê nie. Hulle gaan die houer met die as en sit dit langs hulle op die toonbank neer. Vir elke dop wat hulle drink, word daar een vir Pappie ook neergesit. Vroegoggend word hulle soos baie keer vantevore uitgehelp. Pappie se as bly vergete op die kroegtoonbank agter. Die volgende môre toe die broers met ’n vuurwarm hoofpyn by die huis wakker word, besef hulle Papie staan nog in die kroeg. Hulle hou kop en vat ’n glasbottel en gaan skep hom vol as en kom sit dit langs Mammie se ontbytmaal neer. Sy is ná ete kamer toe en kom effens ontsteld daaruit. Die seuns klink baie beskermend en wil weet wat pla haar so. “My kinders,” sê sy, “ek en jul pappie was 46 jaar getroud, maar eierdoppe en vere het ek nooit aan hom gewaar nie.”
Noodnommers INWONERS van Kuruman wat in nood verkeer, kan die nuwe noodnommers by 083-586-9986 of 079-485-3037 skakel. Die nommers skakel die inbeller direk na Roos-sekuriteit deur. Enigiemand wat hom of haar by AfriForum Kuruman wil aansluit, kan die naam van sy of haar dorp per SMS na 31336 stuur.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
EK kroon jou: Twee jagluiperds speel met mekaar. Dié foto is vroegoggend naby die Leeudrildrinkplek geneem. Daar is ook ’n lêplek van vosse. Die ma van hierdie jonges het probeer jag maar was nie suksesvol nie. “Een van die jagluiperds het tot by my venster geloop en ons het mekaar letterlik in die oë gekyk,” vertel die skrywer.
Park die ideale wegbreekplek
DRIE leeus by die Cubetjie Quapdrinkplek (ongeveer 10 km vanaf Nos sob). Foto’s: Susan Myburgh
Susan Myburgh DIE Kgalagadi-oorgrenspark is ons gunsteling-vakansieplek as ons net wil rus en weer mens wil word. Met geen TV, selfoonopvangs en moderne tegnologie nie, probeer ons die park een keer ’n jaar vir minstens 10 dae besoek. Ons hoofdoel is om te rus; alles wat ons dan sien en teëkom is ’n bonus. Ons hou van kampeer en probeer altyd om soveel moontlik tyd in een kamp deur te bring. Dít is hoe ’n mens die gedrag van die diere kan bepaal. Ons gaan ook vroeg uit sodat ons die spore in die pad kan sien en volg. Ons besluit en beplan ook die vorige aand om die kampvuur by watter watergat ons die volgende oggend gaan sit. Ons sal dan vir meer as drie ure by die gekose watergat sit en die omgewing dophou. Soms sal dit baie lank stil wees en dan, skielik verskyn iets uit die veld of gebeur dinge in die lug. Ons kom altyd iets teë: Voëls wat in die lug baklei of kom
water drink, kleiner soogdiere, bokke, jakkalse ensovoorts. As jy vroeg by die watergat is, is jou kanse goed dat jy een van die katspesies sal sien. Ons het hier al werklik baie besonderse tye gehad. Baie mense sal kla dat hulle niks gesien het nie. Gewoonlik is dit mense wat kom om net na leeus, jagluiperds en luiperds te kyk. Dit is ook gewoonlik mense wat op en af ry van die een watergat na die ander en nie tussen die bosse kyk nie. Ons gunstelingtyd van die jaar om die park te besoek is November en Desember. Die hekke maak vroeg oop en as fotograaf wil jy voordat die son op is, by die watergat wees. Dit is ook warm dié tyd van die jaar: Die diere bly dors en wei dan net al om die watergat. Die leeus het ook slim geword en sal dan nie te ver die veld in beweeg nie, want hulle prooi is naby die water. Ons gaan al 22 jaar na die park en is baie lief vir die diere. Enigiemand wat ’n wegkomkans soek, moet beslis die park besoek – dit is altyd die moeite werd.
DIE swartaasvoël word in Afrika suid van die Sahara, Arabië en Israel aangetref. Hulle het ’n vlerkspan van 258 tot 280 cm en weeg maklik 6 kg. Hierdie foto is by die Kwangwatergat ge neem. Dié voëls is sku vir mense en baie ver sigtig. Hul getalle is besig om af te neem en hulle sal selde buite ’n beskermde gebied waar geneem word.
DIÉ valkie poseer mooi vir ’n foto tussen die duine op die Bitterpanpad. Hier is regtig net rooi duine. Jy moet met ’n viertrekvoertuig ry en ’n nag by Bitterpan oorslaap. Dié voël het lekker in die koelte van die boompie gesit en kyk waar kan hy prooi kry. Dié voëls is redelik klein met ’n vlerkspan van 60 cm. Hulle eet klein soogdiertjies (muise), insekte, reptiele en selfs klein voëltjies tot so groot soos patryse.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE SOSIAAL & ONTSPANNING
YOUR PROBLEM. Our problem. Vehicles in bad condition - bring, we fix, deduct cost and sell. 071 967 0285.
RUIM 3-SLAAPKAMER-woonstel te huur, Seodin area, naby skool, teen R6 500 p.m., koopkrag. Skakel 076 520 8670.
EIENDOMME
LOSIES AANGEBIED
1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
3280
WOONSTELLE TE HUUR
3 KAMERS BESKIKBAAR. Kamers met stort, kombuis, DStv en skoonmaak: R4 500 p.m. Skakel 071 625 0804. Onmiddellik beskikbaar of kamers kan per dag gehuur word. R450 per dag.
3250
TE KOOP
1-SLAAPKAMER-WOONSTEL: Onmiddellik beskikbaar. Water en krag ingesluit. Skakel 073 331 2626.
ALLERLEI 1655
WESKUSBAAI-SNOEK vanaf R38 per snoek en soutsnoek vanaf R35 per kg. Skakel 082 774 0298.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991.
1825
L & J TUINDIENSTE: Ons doen alles, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie. Almal welkom, ons sê nooit nee nie. Kontrakte welkom! Skakel my - 072 061 6772.
LANDBOU
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219. VOERTUIE
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010
COLT 2.2 16V, long base, 2003: R34 500. 1994 Bantam 1.6, canopy: R33 500. Phone 071 967 0285. CORSA 1.7D, 2002: R33 500. 1992 Caddy 1.8, canopy: R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
MOTORS TE KOOP 3025
ASTRA 160i, 2002, fullhouse, R39 500. 1998 Jetta 3 1.8, R29 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. COROLLA 160i, 1996, R30 000. 1994 Corolla 1.3, fullhouse, R24 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. CRESSIDA 2.8: 1991. R23 500. 1992 Opel 1.6: R19 500. 1980 Cressida: R12 500. Phone 071 967 0285.
SLEEPWAENS 3040
NATIONAL TRAILER RENTAL: For one-way and local hire world wide and over some borders to Namibia and Botswana. V-Tech Trailers & National Trailer Rentals have moved to 12 Cilliers Avenue 12, Kuruman. Phone 083 310 0272. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
SELL OR TRADE your car or bakkie. SMS WhatsApp 071 967 0285.
3600
STUDENTEeenmanwoonstel te huur 1.5km vanaf Potchefstroomkampus. Goeie sekuriteit en toegangsbeheer, parkering, wasgeriewe, eie kragmeter, braaigeriewe en swembad. R3 200 p.m. Skakel Walter 082 460 1621.
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN-POS/ONTVANGSDAME: Kuruman. Ons is op soek na jong enkellopende persoon. Vereistes: Rybewys en eie vervoer Rekenaarvaardig Moet met mense kan werk Bereid wees om oortyd te werk Faks CV na: 086 699 8743.
WOONSTEL: Nuut, ruim. 2 slaapkamers, privaat, met elekt. heining, elekt. hek, 1 badk, kombuis, koopkrag, afdak, lugreëling in 2 slk. R7 000 p.m. Beskikbaar einde Januarie of vroeër. Skakel Ronnie 076 443 2377.
TE HUUR 3205
HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.
TUIN & BESPROEIING
BETREKKINGS
KURUMAN: 1-slk-woonstel met DStv, water en krag ingesluit. R4 800 p.m. Skakel 072 381 4311.
HUISE TE HUUR
ADMINISTRATION CLERK urgently required to work for a scaffolding company based in Kathu. Must be able to do debtors/creditors and general office duties. Salary negotiable according to experience. Please fax CV to 086 677 4760 or 086 678 8430 for attention Nishi.
3270
TE KOOP 3201
3-SLAAPKAMER-/2-badkamerhuis, groot sit-/eetkamer, toesluitgarage, veilige omheining. Erf kan nog 4 motors huisves. R6 600 per maand. Skakel mnr. Steenkamp 082 908 1857.
INGENIEURSWESE 3655
BENODIG DIESELWERKTUIGKUNDIGE. Verkieslik BBE. Stuur CV na francois@4am.co.za
11
BOEDELKENNISGEWINGS
ALGEMEEN 3680
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
ADMIN. DATA ENTRY and survey clerks needs. For info SMS full name/address to 074 927 5124 or email: d.workforce7@gmail.com.
AVON REPRESENTATIVES NEEDED. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell nr. to 083 721 5888.
4205
SG du Plooy logo
In die saamgevoegde boedel van wyle Susara Gertruida du Plooy, datum van afsterwe 29 April 2013, boedelnommer 1319/2013 en wyle Johannes Jurie Antonie du Plooy, datum van afsterwe 24 Augustus 2013, boedelnommer HUISWERKER BENODIG: R4 000 2397/2013, wat getroud was binne gemeenskap van goedere, beide wooper maand. Moet inslaap. Moet nagtig op die plaas Kammaskroon, goed kan kos kook, stryk en skoonKuruman-distrik. maak. Moet goed Afrikaans kan praat. Verwysings noodsaaklik. Ska- Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribukel 071 361 2527. sierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 17 Januarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
BETREKKINGS
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
SOME of the orphans who received gifts from Santa.
Khumani gives back to children
THE SED Department of the Khumani Mine treated 30 orphans from Deben to a Christmas party in December. The aim of the party was to provide a supportive environment for the children and to make them feel loved and wanted during the festive season. They were entertained by Khumani employees and given Christmas gifts by Santa which were delivered in a fire truck. Among them was their mother, granny and guardian, aunt Bokkie. During the party, a general health screening was done on all the children to ensure that they enjoy good health. Their eyes, ears, throats and mouths were checked by professional nurses of Khumani, UGM and LIFE, and the dental team of Dr Kgoa’s practice, led by Lebo
Photo: Supplied
Mothusi. Referrals were given for those who needed a bit more attention. The children spent the day at the Kalahari Rock Face Guesthouse participating in activities such as swimming, a jumping castle, riding a donkey cart, the trampoline and musical entertainment by Santa himself. The day ended with a braai and each child took home a food parcel and his very own Christmas gift. The progress of the children who were referred for treatment will be checked followed up. The Khumani Mine would like to thank everyone who was involved in making this event a memorable occasion for the less fortunate.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
15
Diere wag op liefdevolle huise Ilse Watson DIE afgelope Desember was weer ’n moeilike tyd vir die vrywilligers wat by die Kuruman-dieresorgvereniging werk. Daar het baie diere in die feestyd verlore geraak en moes ’n tuiste by die vereniging vind. Sommige honde het ook op Oujaarsaand baie verwilderd geraak en het die hasepad gekies. Enigiemand wat diere wil aanneem, kan Ronel de Bruyn van die Kuruman-dieresorgvereniging by 073-256-2059 bel. ) Marike Markram van Kuruman is dringend op soek na haar Duitse herdershond. Sy naam is Jack en hy het lang hare en is swart en taan van kleur. Sy bied ’n beloning aan vir enigiemand wat haar hond kan opspoor. Haar nommer is 084-636-5599 en e-pos-adres enslin_marike@hotmail.com. Indien iemand dalk die hond by hul huis ingeneem het, kontak ook asseblief vir Marike dringend.
HIERDIE twee pragtige honde het van Kathu afgekom en soek ’n liefdevolle huis.
SCRUFFY soek ’n huis – sy is baie liefdevol en vriendelik en sal goed doen in ’n familie.
Foto: Verskaf
Besoek gerus Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
HIERDIE worshondjie het sy huis verloor – sy eienaars word dringend gesoek. Foto: Verskaf
LIEFDEVOL en pragtig. Hierdie labradorkruising benodig ook ’n huis.
Foto: Ilse Watson
FRESH PERSPECTIVES Our diversity makes a world of difference.
FOREMAN: JIG BOILERMAKER KUMBA IRON ORE, SISHEN MINE,
NORTHERN CAPE BAND 7
Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. Keeping section safety and quality top of mind, you will control and plan daily maintenance, train and develop employees, coordinate and plan shutdowns with other maintenance sections and operations and plan for maintenance tasks (RWM). What will you need? In the first instance, a relevant Technical N4 Certificate, a valid trade test certificate (Plater/Boilermaker), some 5 years’ relevant plant experience, basic computer literacy and a valid driver’s licence. Add to that organising and supervisory skills and the ability to communicate, handle conflict and solve problems well, and you could be our ideal person. Ref: S707847 Incomplete applications and applications without valid copies of qualifications and/ or licences attached as indicated in the job requirements for this role will not be considered. Preference will be given to applicants from the designated groups defined in terms of the company’s Employment Equity policy. It’s your time to shine with Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by visiting www.angloamerican.com/careers Follow the links to Careers/Current Vacancies, enter the above reference number/job title and continue. Closing date: 27 January 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 105575
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014
Gholfjaar slaan op hoë noot af Benneli Olivier Van der Walt DIE Sishen-gholfklub het verlede naweek sy eerste medalje-kompetisie vir die jaar gehou. Meer as 90 spelers het aan die kompetisie deelgeneem. Die volgende spelers het pryse ontvang vir die bal naaste aan die pen by ’n putjie: Eddie van Jaarsveld (putjie 8) en Lyle Pedro (putjie 13). Reggie Ryan het die prys gewen vir die langste dryfhou by putjie nr. 2 en Billie Cronjé het die langste dryfhou by putjie nr. 16 geslaan. Frans Jood het die prys vir “een onder baansyfer” gewen. Die volgende spelers het pryse vir die “two clubs” kompetisie gewen: Johan Krüger, Frans Jood, Louis Rautenbach, Stefan Schultz, Tommie Pearson, Gladwell Reinders, Chanté de Lange, Alex Mostert, Billie Cronjé en J.P Walker. Die dameskompetisie se wenner was Carlien Hibbert en Magdél du Toit het tweede geëindig. Die manskompetisie is deur Gerrit Vos gewen. Gladwell Reinders is tweede. J.P Wentzel het derde gekom, Wilhelm Krüger vierde en Danny Leibrandt vyfde.
WICUS VAN RENSBURG van die Sishengholfklub het ook aan die kompetisie deelgeneem.
GERRIT VOS wys sy slag. Hy het die manskompetisie vir die dag gewen. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
ENIGE van ons vorige stories of koerante gemis? Onthou dat ons koerant ook op die internet beskikbaar is. Besoek ons by www.kalaharibulletin.co.za. Ons is ook op Facebook – die adres is www.facebook.com/ kbulletin.
CARLIEN HIBBERT het die dag se dameskom petisie gewen. Gerrit Vos was die manswenner.
CHARNÉ DE LANGE van die Sishengholfklub slaan af. Sy het goed gevaar in die dag se spel.