Kuruman bulletin 18 sept 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

19 SEPTEMBER 2013

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Community

Skool

Fees

Mayor dies after short illness p. 2

Kleuters wikkel toe behoorlik

Dit is weer Bloudisselfees

p. 3

p. 14

Klopjag lê ‘bordeel’ bloot Charné Kemp

DIE huis in Hoofstraat wat glo as ’n bordeel gebruik is.

DIE polisie het verlede week op die bekendstelling van ’n misdaadvoorkomingsveldtog glo “vragte vroue” van ’n huis in Hoofstraat wat na bewering as ’n bordeel gebruik is, weggeneem. Die klopjag het glo drie uur geduur. ’n Ingeligte, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê hy het ’n maand gelede by die polisie gaan kla oor vreemde bedrywighede by die huis. Hy werk naby die huis waarop toegeslaan is. “Die huis het lank leeggestaan nadat die eienaar dit verkoop het. Ons het gehoor die nuwe eienaar wou ’n taverne daar oopmaak.” Volgens die bron is dit reg oorkant die berugte Leach Park waar daar glo elke naweek en in Desember verskriklik partytjie gehou word en mense baie dronk word. “Gelukkig het die eienaar nie ’n dranklisensie gekry nie. Toe, skielik, sien ek jong vroue in die huis, buitekamer en woonstelle bly. Ek kon steeds nie meubels in die huis sien nie.” Intussen het vragmotorbestuurders begin om hul voertuie oornag op ’n oop stuk grond oorkant die huis te parkeer, sê die bron. “Ek kon sien dat die bestuurders die huis besoek. My vermoedens is bevestig toe ek een oggend

’n swart vullissak ontdek. Dit was vol gebruikte kondome – minstens 30 – en spuitnaalde. Dit was vieslik. “Ek het dadelik by die polisie gaan kla. “Niks het gebeur nie, tot gister,” sê hy. Hy was baie beïndruk toe hy gistermiddag die manne in blou sien. Die polisie het ná middagete opgedaag. Daar was ses polisievoertuie en sowat 20 lede, asook polisiehonde. Hy kon sien sommige voertuie was van Kimberley. Die polisie het die hele huis en die tuin deurgesoek. “Daar is selfs onder elke plant gekrap. “Ná bykans drie uur is hulle hier weg.” Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die klopjag op die bordeel was ’n gesamentlike poging van verskillende eenhede. “Ons het vroue weggeneem en drie mense in hegtenis geneem. Ons het ook dwelms in die huis gevind wat ons vermoed kokaïen is. Ons sal later meer inligting bekend maak.” ) Dipuo Peters, minister van vervoer, genl. Riah Phiyega, polisiekommissaris, en Mack Jack, LUR vir veiligheidskakeling in die provinsie, het die nasionale misdaadbekampingsveldtog in die Bathlaros-stadion by Kuruman bekend gestel.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Nuwe pos is glo onnodig

Mayor passed away THE mayor of the Gamagara Local Municipality, Maria Diniza, passed away on 13 September after a short illness. It is with sadness that the ANC John Taolo Gaetsewe Region joins the family, friends, comrades and colleagues in paying tribute to the mayor. She is said to have been a dedicated servant of the people, a hardworking and humble leader who devoted her skills and expertise at her disposal to her party – the ANC. She actively participated in the ANCYL and ANCWL. Diniza was one of the few brave comrades who was courageous and principled at all times to defend the image and integrity of both the ANC and its government. She was a former ANC REC member of the John Taolo Gaetsewe Region, former branch treasurer and BET coordinator in the 2009 elections. She ensured that the local government was radically transformed into a service driven by the people. The funeral will be held in Olifanshoek on Saturday, 21 September, at 07:00.

Charné Kemp

THE late Maria Diniza.

28 SEPTEMBER: Café Palermo bied ’n opelug-dansparty saam met Tommy Oliver aan. Toegang is gratis en begin om 18:00. Vir meer inligting bel Dawid Roux by 083-274-4511.

Kompetisie ’n eerste op skou OP die Kuruman-skou is die heel eerste 4x4-hinderniskompetisie aangebied. ’n Vriendskaplike kompetisie is tussen van die motorhandelaars en besighede op die dorp gehou. Leach Toyota het ’n eerste en derde plek behaal en Brick Force het met die tweede plek weggestap. Inskrywings van Kuruman, Kathu en Hotazel is ontvang en dit het almal se stoutste verwagtinge oortref. Daar was 37 inskrywings waarvan twee baie dapper vroue was en een ’n deelnemer

wat vasbeslote was dat sy 2x4voertuig alles kan doen wat ’n 4x4-voertuig kan doen. Die wenners in die onderskeie kategorieë was soos volg: ) LWB met ewenaarslot: Johan van der Walt (eerste), Rudi Landman (tweede) en Frikkie Lourens (derde). ) LWB met ewenaarslot voor en agter: Freddie Swanepoel (eerste) en Malcolm Smit (tweede). ) LWB sonder ewenaarslot: Paul Bruwer (eerste), JB van der Linden (tweede) en Rudolf Steenkamp (derde).

) 2x4 LWB: Hendrik Goosen. ) SWB met ewenaarslot: Johan Doubell. ) SWB sonder ewenaarslot: Marc Doubell. ) Vroue: LWB sonder ewenaarslot: Sally Johnson. ) LWB met ewenaarslot: Wendy Roodt. Die algehele wenner vir die dag met die hoogste puntetelling was Werner Roodt.

KOBUS KAMPFER (links) en Johan van der Walt.

INWONERS is ontstoke oor bewerings dat die Ga-Segonyana-munisipaliteit ’n hoogs betaalde dog onnodige pos geskep het om ’n oudwerknemer te behou. Nico Erasmus, plaaslike voorsitter van AfriForum, kon dit nie glo toe hy dit hoor nie. Hy meen dit is ’n onnodige uitgawe vir die belastingbetalers en ’n munisipaliteit waarvan die geldsake beroerd is. Pinky Maape was voorheen bestuurder van gemeenskapsdienste. “Dit lyk asof die raad Pinky Maape as die senior bibliotekaris in die Ga-Segonyana-munisipaliteit aangestel het sonder dat die pos vooraf geadverteer is.” Wesley Martin, AfriForum-organiseerder van die Noord-Kaap, sê ingevolge die wet op munisipale strukture moet alle senior poste vooraf geadverteer word sodat ’n lys van kandidate

‘Dit lyk asof die raad Pinky Maape as die senior biblioteka­ ris in die Ga­Segonyana­muni­ sipaliteit aangestel het sonder dat die pos vooraf geadverteer is.’ – Nico Erasmus vir verdere onderhoude saamgestel kan word. “Volgens ons inligting het Maape nie die kwalifikasies of vaardighede om die pos te beklee nie. Ons eis dat die raad voor of op 25 September vir ons inligting oor Maape se presiese kwalifikasies en ondervinding, aanstellingskontrak, prestasiebestuurskontrak en die munisipaliteit se organogram vir 2013-’14 gee.” Martin sê hulle eis Maape se bedanking as die inligting nie verskaf kan word nie. As dit nie gebeur nie, sal hulle hof toe gaan om die saak te besleg.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

3

Kleuters wikkel hul nikkel Lynn-Mari Olivier DIE Nikkel Wikkel-byeenkoms is nou al 17 jaar een van die hoogtepunte op die Kleuter-akademie se jaarprogram en op Saterdag 14 September was dit weer sulke tyd. Op die dag wikkel die kleuters behoorlik met hul nikkels, vandaar die besonderse naam Nikkel Wikkel. Nikkel vanweë die stof waarvan munte gemaak is en wikkel omrede die kleuters beslis wikkel op die dag. Die dag is gedoop Pick n Pay Nikkel Wikkel Mall. Daar was 57 “winkeltjies” met besonderse produkte wat verkoop is. Die doel van die dag was dat ouer en kind saamwerk aan ’n artikel, sowel as die bemarking van die produk by wyse van pamflette, en dit dan op die dag verkoop. Die enigste vereiste is dat daar nie twee van dieselfde produkte of aktiwiteite mag wees nie. Die ouer en kind besluit dus saam op ’n produk en dit word dan aan die skool voorgelê vir goedkeuring. Die stalletjies het nie nét verkoopbare artikels gehad nie, maar daar was stalletjies wat allerhande aktiweite teen ’n prys aangebied het. Oupas en oumas van heinde en ver het die dag saam met hul kleinkinders deurgebring en vanweë die spesiale band tussen grootouers en kleinkinders is die oumensies met ’n papiermaché-beker en beskuit vereer. Die oudste oupa op die dag was 86 jaar oud en die oudste ouma 85 jaar. Volgens Sandra Viljoen het die trots op die grootouers se gesigte boekdele gespreek. “Daar is geen jaar wat meer uitstaan as die ander nie, elke jaar is spesiaal,” sê Viljoen. “Die doel van die dag is beslis nie

DIE kaskarresies het groot opwinding verskaf. winsbejag nie. Ons probeer om die kinders van entrepreneurskap, dissipline, spangees en selfbeheersing te leer,” sê Christelle van den Berg. Jhojan Engelbrecht het gestand gedoen aan die naam Nikkel Wikkel en het ’n volle R600 wins getoon. Dit is dus duidelik dat die dag nie net vol pret is nie, maar dat daar baie is wat geleer word. Dus ’n prettige en leersame dag.

DAAR was groot rugby tussen die Blou Bulle en die Rooi Valke van die Kleuterakademie. Foto: Jan­Hendrik Janse van Rensburg

Foto: Jan­Hendrik Janse van Rensburg


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Pasiënte sal self besluit DIE koerante is deesdae vol berigte van mense wat beweer hulle is van kanker (en ander siektes) genees deur van holistiese of alternatiewe behandelingsmetodes gebruik te maak. Maar is dit regtig waar of vertel hulle vir ons (en dalk hulself) leuens? Onlangs is iemand met rumatoïde artritis gediagnoseer. Die behandeling is ingewikkeld en die tydperk wat dit sou duur om enigsins beter te voel is lank. Iemand beveel toe aan dat die pasiënt die siekte op ’n holistiese manier aanpak, want, sê hulle: “Ons is genees daarvan”. Die betrokke pasiënt het egter, ’n wyse besluit geneem en die opsie van holistiese behandeling met die dokter bespreek. Só word daar uitgevind dat die dokter se behandelings (wat chemoterapie insluit) die siekte heeltemal kan stop. Daar is aan die pasiënt verduidelik sy sou in remissie gaan. Sou sy kies om holistiese behandelings te volg sou sy binne ’n kort tyd in ’n rolstoel wees. En dan was die situasie nie meer te redde nie.

Dít is finaal. Luidens die onlangse berigte in verskeie koerante betaal pasiënte astronomiese bedrae vir holistiese behandelings. Gewoonlik word die behandelings nie deur siekefondse gedek nie. Hoekom doen mense dit dan? Daar is dan juis intensiewe navorsing wat gedoen is en voortdurend gedoen word om elke moontlike siekte te kan beveg. Hoekom sal enigeen holistiese behandeling oorweeg? Miskien verkies pasiënte holistiese behandeling omdat chemoterapie ’n mens so siek maak, of miskien omdat dit ’n vinniger oplossing vir die siekte meebring. Maar die vraag is, gaan die holistiese behandeling op die lang duur doeltreffend wees of gaan die pasiënt weer siek word? Dit sal seker vir ewig ’n kwessie bly – holistiese behandeling of mediese behandeling. Sekerlik kan net die pasiënt die gewigtige besluite neem. Wat ook al die besluit, pasiënte moet hul navorsing doen en alle moontlikhede moet baie deeglik oorweeg word.

Don’t forget who and what you must be Chris van Staden TO bless or to curse. You will never amount to anything, you are stupid, you are dumb, he will never understand he is just too stupid, it is your fault that your mom and I are divorcing, if you would not have been born we would not be in this position. You might have heard this and much worse that have been said to children and for the most part we as peers or parents do not have an idea what the outcome of these words will be in the lives of those it has been spoken. This is the tragedy of our modern world: We forget who and what we are supposed to be, we that have been placed in a position of authority in the lives of children and others are agents that have the task to confirm their identity as to who God say they are. In doing that we become agents of blessing that confirms their identity as to be good enough end special. Unfortunately we so often become the agent of Satan when we say stuff over the lives of others that do not confirm the identity God has given them but

Rustige Kalahari HIERDIE pragtige natuurfoto wat eie is aan die Kalahari is naby Askham geneem.

Total Prestige is tops! MURIEL STEENKAMP, Upington: EK wil graag my dank uitspreek vir die diens wat ek gereeld by Total Prestige se Upington-tak ontvang. Dit is voorwaar ’n plesier om daar te stop en die ywerigheid van die mense te beleef. Ek het onlangs ’n groot probleem met my motor gehad. Ek het weer daar gestop sodat hulle die probleem kon oplos. My batteryliggie het gebrand en ek het hulle daaroor gevra. Hulle het dadelik na die batterywater gekyk. Alles was reg. Die liggie het egter steeds gebrand. Daarna het een van die mans wat daar werk, gesien dat die waaierband aan stukke was.

Foto: Riaan Britz

Waardeer hulp DUPIE DU PLESSIS, Kuruman: Hy het my gerus gestel en gesê dat daar geen rede tot kommer is nie. Hulle sal gou die probleem regstel. Ek het hulpeloos gesit en wag dat een van die mans die band gaan haal. ’n Man met die naam Morné het geensins gehuiwer om te help nie en het die band met moeite opgesit. Hy het my op my gemak gestel en verseker dat alles gou sal regkom. Binne ’n paar minute was ek aan die gang en weer op die pad. Ek wil graag vir Morné bedank vir sy passie waarmee hy sy werk doen en vir sy omgee vir die publiek. My dankbaarheid kan nie in woorde omskryf word nie. Ek sal vir seker weer daar stop om van hul dienste gebruik te maak.

it confirms what Satan wants to say about them. Is it not true that children and even grownups become what are said about them. One of the reasons we will be an agent that curses is that we tend to fuse together identity and behavior so we speak over that person according to his behavior and not according to what his identity is. Now God is the One that wants to bless everyone and when He looks at the human race He does not see a bad identity, just bad behavior. As agents we are called to confirm the identity of our children as a blessing and not to curse their identity by agreeing with what Satan wants to say about your children and others. Are you an agent of blessing or are you an agent that curses the identity of your children and others? ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

tuinmaakboeke en -tydskrifte. Kennis is mag en ek sal met boekekennis my swart vingers smaraggroen maak. Ek het die winter al die harde tuinuitleg soos die van die paadjies gedoen en ’n braaiplek laat

bou en daarna saad gesaai, plante geplant, steggies gemaak en irisse verdeel. Die saad het fantasties opgekom en ’n magdom kleur aan die tuin verskaf. Die steggies lyk ’n bietjie verlep, maar ek hoop . . . Van al die plante wat ek geplant het, is nog net ses agapanthusse en een gaura dood. Hierop is ek werklik trots, want my tuinierbuurvrou het so ses jaar gelede langs my in my tuin gestaan en staar na drie dooie gauras en gesê: “Ek het was seker nie eens

GOD het my gekies om hierdie moeilike pad te stap. Op dié pad het Hy ongelooflike mense gestuur om my te help. Dankie aan Alexa en Hulde wat drie keer met my Rosepark en Vryburg toe gery het tydens en ná my operasies. Dankie ook aan dr. Troskie en die verpleegpersoneel van Rosepark. Ook aan my familie en vriende wat van ver af kom kuier het en my help versorg het. Dankie, vriende en vriendinne, vir besoeke, oproepe, blomme, etes, SMS’e en gebede. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat so baie mense vir my bid. Saam met hulle glo ek dat, met die hulp en krag van Bo, ek volkome sal herstel. Elke dag ontvang ek krag en genade uit God se hand, en het ek baie om voor dankbaar te wees. Ek sien dit raak en waardeer dit.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Hande in die hare oor hand met ’n plant Lizette Slabber EK het beslis nie ’n hand met ’n plant nie, of het nie “groen vingers” nie, soos algemeen gepraat word; eerder pikswart. Die meeste van die plante wat ek al in my lewe geplant het, het ek binne ses maande “vermoor”. Maar ek het verlede jaar al besluit ek gaan hard daaraan werk om ’n mooi tuin te hê. Ek is mal oor mooi tuine en wil ook een hê. Sedertdien verslind ek alle

jy kan ’n gaura doodmaak nie.” My irisse is egter my trots. Ek het die verdeelde plante as geskenk gekry en langs my braaiplek geplant. In my toekomsvisie sal dit voel asof jy in ’n blomtuin sit elke keer as jy by ons kom braai. Van klein, sukkelende plantjies het trotse plante herrys en elke keer wanneer ons braai, droom ek van al die kleure irisse wat my braaiplek gaan verfraai. Sondag ná ons middagslapie

loop my man rek-rek deur toe en spring weg in ’n vaart met ’n nie só ’n mooi woord nie wat agterna trek. Ek hardloop saam uit en sien hoe die irisbedding se deklaag lekker brand van die braai se kole wat daarin gewaai het. Ná vele emmers water en my irisse wat in sulke sieklike groen hopies lê, draai my man na my en sê: “Ten minste het jy nie meer swart vingers nie, maar rooies. “Dít is darem nader aan groen.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

5

Skanskopeiland vier 75 jaar Lizette Slabber

DIE naweek van 13 en 14 September het die inwoners van Skanskopeiland die 75ste bestaansjaar van dié eiland gevier en só dankie gesê aan die pioniers wat die eiland met harde hande-arbeid ontwikkel het. Op Vrydag 13 September is ’n aangename program vir die plaaswerkers en gesinne van Skanskopeiland aangebied waarna die Saterdag opsy gesit is vir lekker saamkuier deur die inwoners, oudinwoners en nageslagte van die oorspronklike pioniers. Die lekker saamkuier het gelei tot ’n vragmotor- en waentjierit na die Blaasbalkbome waar ’n gedenksteen onthul is voordat almal ’n eilandtoer onderneem het. Dié Blaasbalk het ’n groot rol in die geskiedenis van Skanskopeiland. Die eerste 64 pioniers wat hulle op Skanskopeiland gevestig het, het op 3 Januarie 1938 onder die twee groot kameeldoringbome waar die grofsmid, Marthiens Erasmus, se opelug-werkwinkel was, hul eerste genotuleerde vergadering gehou. Die bome staan vandag nog as die Blaasbalkbome bekend. Skanskopeiland is in die 1930’s ontwikkel as ’n manier om die Armblankevraagstuk aan te pak. Suid-Afrika het in dié jare ’n erge ekonomiese depressie ervaar en vele ontwikkelings is rondom die Oranjerivier getakel om die armoede, werkloosheid en probleme van die tyd aan te pak. Volgens die boek Skans-

kopeiland 1938-2013, saamgestel deur Karen Visser, is die Rooikopeiland-kanaal tussen 1935 en 1936 versterk en verbeter om só ook water aan Skanskopeiland te verskaf. In Visser se boek skryf sy erwe is in 1937 in die Staatskoerant vir tussen 53 en 152 pond verkoop en die koopsom was terugbetaalbaar oor 25 jaar. Die nedersetters moes self die erf aanlê, onderhou, besproeiingswerk vestig en die landbougrond gelykmaak. Aansoekers is volgens betroubaarheid, bereidwilligheid om te werk, geesdrif en selfstandige denke gekeur en elke aansoeker moes ’n span donkies hê. In die boek vertel Hannie Venter haar pa, Dawid Kruger, het 180 km per fiets van Boegoeberg af gery om die grond te besigtig en aansoek om ’n erf te doen. Met die trek na Skanskopeiland het haar pa sy vragmotorenjin verkoop en ’n span donkies gekoop. Hy het die bak van die vragmotor in ’n wa omgeskep om al die huisraad, die hoenderhok, sy familie en die kajuitgedeelte van die vragmotor te vervoer. Hannie en haar suster moes die bokke aanjaag. Volgens die boek het die meeste gesinne in opslaanhuisies of riethuise gebly, terwyl ander slegs sakskuilings gehad het. Die bou van kanale het aanvanklik alle aandag geverg omdat dit ’n belangrike deel van die voorbereiding vir landbouproduksie was. Die nedersetters het niks anders as osse, muile of donkies, pikke en grawe, bakskrapers en plankskrapers en

60 arbeiders wat deur die departement van arbeid voorsien is, gehad nie. Dit was rugbreekwerk om die kanaal te grawe, want op sommige erwe het die !khommklipbanke die werk feitlik onmoontlik gemaak. Dié kanale is teen Augustus 1939 voltooi. Met die kanale klaar, is die erwe deur spoelwerk en sleepwerk vir beplanting voorberei. In haar boek vertel Visser: “In die aand het die mans vinnig en in stilte geëet, hul gelaatstrekke stroef van ’n inherente moegheid. Daar is vroeg in die bed gekruip, want teen skemermôre was dit weer invaltyd. Tog het die pioniers elke dag in volle afhanklikheid van die Skepper geleef”. Mettertyd is wisselbou geleidelik met wingerde vervang en het die harde werk van die pioniers vooruitgang en sukses vir die grondeienaars gebring. In die voorwoord van die gedenkblad sê Charl du Plessis, voorsitter van die Skanskopeiland-nedersettingsbestuursraad, die geskiedenis van Skanskopeiland is ’n erfenis vir die volgende geslag wat moet weet waar hulle vandaan kom, want dit is juis die geheue wat van ons mense maak. ) Skanskopeiland strek ongeveer 8 km van oos na wes tussen die hoofstroom en ’n systroom van die Oranjerivier. Dit beslaan ’n besproeibare oppervlak van 468 ha. Hy kry vermoedelik sy naam van die klipkop Skanskop op die plaas Koms suid van Skanskopeiland.

TANNIE ELLA VISSER en oom Hannes Smit sny die spesiale koek wat gebak is om Skanskopeiland se 75ste bestaansjaar mee te vier. Tannie Ella en oom Hannes is die oudste inwoners van Skanskopeiland. Foto: Lizette Slabber

OOM JAPIE POOL en tannie Joey Booysen onthul die gedenksteen onder die Blaasbalkbome. Oom Japie en tannie Joey was die eerste seun en meisie wat op die eiland gebore is. Foto: Verskaf

Vereniging help NK-talentvolles

OLGA MALAN van Upington is in Augustus deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association of Talent, Modelling and Entertainment – S.A.A.T.M.E.) as sy Noord-Kaapse direkteur aangestel. Dié vereniging, wat reeds sedert 1997 bestaan, beywer hom vir die ontwikkeling van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Malan beplan dat Noord-Kapenaars voortaan die geleentheid sal hê om te deel in al die geleenthede wat deur die S.A.A.T.M.E. daargestel word. Verskeie kompetisies en kampioenskapsbyeenkomste word aangebied om aan skoonhede en uitvoe-

rende kunstenaars van alle ouderdomme ’n manier te bied om hul talente ten toon te stel en hul vaardighede te ontwikkel. Die eerste kompetisie wat aangebied word, is die gekombineerde Little Miss Petite South Africa- en Little Miss South Africa-kompetisie. Die kompetisie word aangebied vir meisies in die ouderdomsgroepe 4 tot 8 jaar en 9 tot 12 jaar. Dit is nie net ’n skoonheidskompetisie nie, maar is daarop gemik om natuurlike, spontane, energieke jong meisies wat met selfvertroue voor ’n gehoor kan optree, te identifiseer. Inskrywings sluit op 30 September. Die Suid-Afrikaanse Kampioen-

skappe vir Uitvoerende Kunste word in April op Rustenburg aangebied. Die geleentheid bied ’n manier vir alle modelle, sangers, akteurs, dansers en musikante van 5 jaar en ouer om in ’n wye verskeidenheid van style mee te ding. ’n Provinsiale span sal vir die Noord-Kaap op twee oudisie-geleenthede gekies word. Die eerste geleentheid sal op 30 November op Upington gehou word en die tweede geleentheid op 18 Januarie 2014 in Kimberley. Die span wat tydens die oudisies gekies word, sal dan op Rustenburg gaan meeding om medaljes en eerbewyse in die onderskeie afdelings en ouderdomsgroepe.

Inskrywing sluit twee weke voor elke streeksuitdunronde. Die S.A.A.T.M.E. bied ook ’n Spelling Bee-kompetisie aan. Leerlinge tussen 7 en 18 jaar oud wat by ’n staatskool, private skool of tuisonderriginstansie geregistreer is, kan hulle vir die Spelling Beekompetisie inskryf. Prysgeld van R50 000, sowel as verskeie beurse, is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2014. Nog twee skoonheidskompetisies, die Miss T.E.E.N.- en die Miss PreTeen-kompetisie, word ook jaarliks deur die S.A.A.T.M.E. aangebied. Rig navrae aan olgamalan@gmail.com, of bel haar tussen 09:00 en 14:00 by 082-973-1731.

OLGA MALAN

Foto: Verskaf


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Hasies voer Rooikappie met ’n kinkel op Lizette Slabber

DIE Hasie Kalbassie-klassie van die Hoërskool Oranje-Noord het op Donderdag 12 September sy jaar-

likse konsert en diplomaplegtigheid aangebied. Al die klein hasies van dié voorskoolse klassie gaan almal volgende jaar na gr. O.

DIE seremoniemeesters, Evan Janse van Rensburg (links) en Drihan Venter, het die mammas en pappas baie mooi welkom geheet op die groot aand. Foto’s: Lizette Slabber

Hulle het die bekende verhaal van Rooikappie en Wolf met ’n paar skreeusnaakse kinkels, liedjies en gediggies vir al die trotse mammas en pappas

DIE nare ou wolf, Evan Janse van Rensburg, het vir arme ouma, Nicke van Rooyen, uit die bed geskop, haar kappie gesteel en wag nou om vir Rooikappie op te eet.

DIE twee houtkappers Siya Mosimanegape (links) en Luan Olivier moes saam met die ander dopper houtkappers vir Rooikappie en haar ouma teen die nare wolf beskerm.

DIE onderwyser van die Hasie Kalbassie-klas, Elsabé Coetzee, saam met die wolf, Evan Janse van Rensburg, en die hasies. Die hasies is van links, voor: Corné van der Westhuizen, Geoffrey Kotzé en Duncan Geldenhuys; agter: Jean Burger, Reinhardt Jordaan en Drihan Venter.

opgevoer. Selfs die seremoniemeesters van die aand was bekkige kleingoed wat omtrent op die verhoog geskitter het.

Elsabé Coetzee, onderwyser van die Hasie Kalbassie-klassie, het met die hulp van die gr. O-onderwysers werklik ’n aand om te onthou aangebied.

“EN . . . daar was drie op die bed.” Reinhardt Jordaan sing uit volle bors saam met die ander hasies.

DIÉ by, Christo Louwrens, en dié blommetjie, Maria Spangenberg, sing grootmond saam met die ander kleingoed hul skoollied.

“MOET my nie seermaak nie, ek belowe ek sal ’n vegetariër word.” Evan Janse van Rensburg, die wolf, smeek vir sy lewe aan die einde van die konsert. Die houtkappers is van links Francois Rossouw, WJ Boshoff en Luan Olivier.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Exciting News!

We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.

Opens 26 Sept 2013

Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!

KATHU VILLAGE KATHU VILLAGE MALL

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Voortrekkers voltooi kursus Ilse Watson

DIE VOORTREKKERS van Kathu het verlede Vrydag ’n verdere les in landskap-fotografie gehad. Die lesse is

deur Susan Myburgh, ’n professionele fotograaf van Kathu, aangebied. Dié Voortrekkers doen ’n fotografie-kenteken as deel van hul opleiding.

Al Die Voortrekkers wat aan die sessie deelgeneem het, is tussen 15 en 17 jaar oud. Die les is op die pragtige Sishen-gholfbaan aangebied.

’n PRAGTIGE landskapfoto van die Kalahari.

SURITA VAN DER MERWE soek die perfekte foto.

Foto: Carla Mostert

Foto: Verskaf

DIE Kalahari is bekend vir sy ongelooflike sonsondergange. Hier is ’n pragtige voorbeeld daarvan. Foto: Marisce Fleming

DIT was hul laaste les en Die Voortrekkers was omtrent vrolik. Van links is Jannes Fleming, Monsoné Kernekamp, Marisce Fleming, Reghart Hager, Magiel van der Merwe, Surita van der Merwe, Xanri Prinsloo en Carla Mostert. Foto: Hugo Myburgh

’n UITSTEKENDE voorbeeld van ’n perfekte landskapfoto – alle elemente in die foto is gebalanseerd. Foto: Susan Myburgh


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Exciting News!

We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.

Opens 26 Sept 2013

Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!

UPINGTON

KALAHARI MALL

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Skool kry Bybels Ilse Watson GROOT was die opwinding by die Laerskool Lime Acres toe Torrietjie Elliot en haar span verlede week Bybels by die skool uitgedeel het. Die skool se hoof, Leodhene Appolis, het leerlinge van dié skool aangemoedig om by die spesiale projek, Koop ’n Bybel – Borg ’n Bybel, betrokke te

raak. Leerlinge moes geld insamel en sodoende het hulle geleer om geld te spaar. Met die aankoop van Bybels het hulle ook geleer om in die lewe van minder bevoorregte kinders ’n verskil te maak. Pryse is vir die klas en die betrokke onderwyser wat die meeste geld inge-

TORRIETJIE ELLIOTT lees vir die leerlinge uit die Bybel voor.

LESHEA LAUBSCHER met haar Bybel wat sy ontvang het.

samel het, uitgedeel. Die wenklas van dié prys was die gr. 3A-klas. Hulle het die meeste geld vir die projek ingesamel. Enige skole wat by die projek betrokke wil raak, kan Torrietjie Elliott by 061-307-3012 of 079-064-9467 bel. Stuur ook ’n e-pos aan torrietjie.elliott@gmail.com vir meer inligting.

Foto’s: Verskaf

DIE skoolhoof, Leodhene Appolis, ontvang ’n geskenk vir haar bydraes van Torrietjie Elliott.

TORRIETJIE ELLIOTT oorhandig aan Angelo Aasvoël sy Bybel.

KURUMAN-INWONERS en lesers in die omgewing kan binnekort vir Ilse Watson kontak as hulle nuus in die Kalahari Bulletin Kuruman wil hê. Ilse neem op Maandag 30 September die leisels by Joanie Bergh oor. Lesers van Kalahari Bulletin Kathu en sy omliggende dorpe kan steeds vir Ilse kontak oor nuusgebeure op en om Kathu. Kontak Ilse by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-8315579.

PHATSIMO SELEKE ontvang sy Bybel van Torrietjie Elliott.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Mej. Kuruman gekroon

DIE Kuruman-skou se kroningsbal was vanjaar ’n glansaand met pragtige meisies. Die kroning is deur Mej. Aarde se derdeplekwenner, Katryn Barwise, aangebied. Sy het tydens die geleentheid ’n paar liedjies gesing en die gehoor vermaak. Die beoordeling van die finaliste het op vier verskillende geleenthede plaasgevind. Eerstens is elke meisie fyn tydens die onderhoud dopgehou en punte is toegeken. Daarna is hulle elkeen op die Spur-bekendstellingsaand,

asook op die oggendteeparty voor die kroningsbal, beoordeel. Die laaste geleentheid waarop hulle hul beste voetjie moes voor sit, was op die kroningsbal. Verskillende beoordelaars het hulle ook fyn dopgehou en met elke geleentheid beoordeel. Die finale punte is verwerk en die wenners is aangekondig. Dit was weer vanjaar ’n tameletjie om ’n wenner tussen al die skoonhede te kies. Die meisies en die gehoor het die koue getrotseer om die kroningsbal by te woon.

Die finaliste moes vroeër vanjaar kaartjies verkoop om te help met die geldinsamelingsprojek. Die oggendteeparty se kaartjieverkope het ook bygedra tot dié geldinsameling. Die geld wat ingesamel is, is vanjaar verdeel en aan twee organisasies, die Mimosahof-ouetehuis en die Kuruman-kankervereniging, geskenk. Elkeen van dié organisasies het R10 000 ontvang. Die oorhandiging daarvan het ook tydens die kroningsgeleentheid plaasgevind.

DIE Mej. Kuruman 2013-wenners is van links Katryn Barwise (aanbieder; sanger), Ené Janse van Rensburg (wenner), Carlize Derks (Mej. Persoonlikheid; eerste prinses), Anandi van Czepiewski (tweede prinses) en Alana Van Heerden (Mej. Fotogenies).

DIE Mej. Kwikstertjie 2013-wenners is van links Marianke Jooste (Mej. Fotogenies), Junel Odendaal (wenner), Lounari Lamprecht (eerste prinses), Stephanie Hanekom (tweede prinses) en Kayla Klaaste (Mej. Persoonlikheid).

JUNIOR SKOUKONINGIN 2013: Liza-Mari Fouché (Mej. Fotogenies), Dané Briers (wenner, Mej. Persoonlikheid), Stepanie Grové (tweede prinses) en Chanell Kruger (eerste prinses). JUNIOR KWIKSTERTJIE: Die wenners in hierdie afdeling is van links Monica Mary Ferreira (Mej. Fotogenies), Wilmari Kruger (tweede prinses), Zoë Lombaard (wenner; Mej. Persoonlikheid) en Luane Schoeman (eerste prinses).

SKOUKONINGIN 2013 is van links Katryn Barwise (aanbieder; sanger), Leonie Hollenbach (wenner), Anzell Fourie (Mej. Persoonlikheid; eerste prinses), Erna Haasbroek (Mej. Fotogenies) en Elizbe Strauss (tweede prinses).

DIE geld wat met die projekte ingesamel is, is aan die onderskeie organisasies oorhandig. Op die oorhandiging is van links Kobus Kampfer (voorsitter van die Kuruman-skou), Ronel Du Plessis (Mimosahof-ouetehuis) en Jan Strauss (Kuruman-kankervereniging).

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

LOSLITDAG

JORDAAN EN MANS-PROKUREURS haal uit en wys. DIE personeellede van Blue Chip Mining Solutions.

PLAASLIKE ondernemings op Kuruman het onlangs aan Loslitdag deelgeneem en het in die gees van die dag behoorlik GROOT gegaan.

OLIVIER-KONSTRUKSIE se gees is groot.

Foto’s: Lynn­Mari Olivier

BEARING MAN GROUP (BMG) het heeldag dié dag gevier.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Pa se trots toe sy verleentheid Schalk Theart BOEREMATRIEK het so min of meer almal in die voorgeslagte gehad. Dít is nou as jy 14 dae in die Nagmaaltuiste op die dorp kom bly het. Jou handboek was die Bybel in vroeë Afrikaans en en die kategismushandboek van G.A. Gerdener. Die boek se buiteblaaie was al deurskynend gevat, want dit is die vierde geslag uit die familie wat uit dié boek leer. Dit het die vroeë en laat geskiedenis van die hele Ou Testament, alles van die Nuwe Testament en die hele kategismus tussen sy buiteblaaie gehou. Om Boerematriek te slaag moes jy alles uit jou kop ken. Daarna kon jy lidmaat van ’n kerk word, Nagmaal gebruik, trou en kinders laat doop. Net in dié volgorde. Die kennis raak later oorerflik, want die skande wanneer jy dit nie maak nie, veroorsaak dat jy nooit weer kop kan optel in die gemeenskap nie. Die voordele daaraan verbonde was darem van ’n te heerlike aard om dit nie te slaag nie. Destyds as jy 12 jaar op skool oorleef het en elke jaar geslaag het, was jou laaste jaar in standerd 10. As jy dié jaar slaag, kry jy ’n Nasionale Sertifikaat dat jy matriek geslaag het. Dit was in die ná-oorlogjare nie so algemeen soos Boerematriek nie. Net die uitsonderlik begaafdes is die kwalifikasie beskore. In Willie se voorgeslagte was hy die eerste een om die prestasie te bereik. Dit is op Kamieskroon aan die groot klok gehang.Toe word dit nog rugbaar dat Willie hom as ’n skoolmeester gaan bekwaam. In die Noordwester van Desember 1946 was dit voorbladnuus. Willie se pa het vyf dorperhamels betaal vir die voorreg dat sy seun die voorblad kon haal. Beurse vir dié studierigting was nogal verkrygbaar, omdat die volk opgevoed moes word. Ná drie jaar op Wellington was dit tyd vir die diplomaplegtigheid in die Kaap. Willie se pa is nou eers aan die woord soos hoe hy die dag in die Kaap beleef het.

“Ons het propperse uitnodigings gekry met onse Willie se naam in swart letters gedruk. “Die mense het vir ons ’n erewag daar voor die groot gebou in die Kaap gestaan. “Binnekant was daar ’n magdom mense. Aan my linkerkant het die hele Oranje-Vrystaat, aan my regterkant die helfte van die Transvaal en hier waar ons gesit het amper die hele Kaapkolonie gesit. “Die spul wat op die verhoog gesit het, het soos Engelse Tommies gelyk met hul rooi gewade en kepse op hul koppe. Ek sê vir jou, daai Willie van ons gaan nog president van ons land word. “As hulle ’n student se naam uitgeroep en hy so op sy kop geslaan is, was daar maar net sy paar vriende en nabye familie wat hande klap, maar toe my Willie se naam genoem word, het die hele saal opgespring en almal het hande geklap.” Wat werklik gebeur het, vertel Willie se pa nou nie. Hy het hom so gesit en opwerk oor die mense wat nie hande klap nie dat, toe sy Willie se naam uitgeroep word, hy opgespring het en sy linkerhand so gesighoogte voor hom gehou het en met die regterhand se rugkant kliphard in die linkerpalm geslaan het. Toe skree Willie se pa oorverdowend: “Nee, klop vir Willie, klop vir Willie! Is hy dan nie spuls nie?” Die volk het geskaterlag, maar spring toe ook op en doen aan die toejuiging mee. Soos Willie die skare deur beweeg het, het sy wange van woede vir sy pa geswel. Al wat hy vir sy klasmaats te sê gehad het, was: “Die ****** pa van my, nou sal ek my hele lewe lank Spulswillie bly.” En hy was dit.

VBALDADIG: baldadige. 1. Spelerig, uitgelate: Die baldadige seuns hardloop in die reën rond. Die jong kalwers hardloop en spring baldadig. 2. Geniepsig, wild, roekeloos kwaaddoenerig of rumoerig: Die baldadige protesteerders laat geen burger met rus en vrede nie. Uit Nederlands: baldadig het aanvanklik “misdadig” beteken, maar in Nederlands beteken dit nou “wild of uitgelate”, uit Middelnederlands beteken baeldaed “bose daad”.

13

VPollevink: het gepollevink. (geselstaal). Vry, opsit of kuier; polla (geselstaal; verouderend): “Ons het gepollevink, Pa. Handjies vashou en so en so.” “Dis die so en so wat my onrustig maak” (Mikro: Span, 1965, 65). Ons kry berge werk — die een wat dink hy kom universiteit toe om te kom pollevink, maak die fout van sy lewe (M. Maartens in Huisgenoot, 4 Des. 1980, 80). Ook: Ek het ’n passie vir kos en lees graag resepteboeke soos ander mense hygromans lees . . . Dis nie dat ek nie in pollevink belangstel nie (Die Burger, 6 Nov. 1998, 9).

As die son sak

As die son sak in die ouetehuis Word elkeen dadelik allener Word die dag se stekies al hoe gemener Die onthou word skielik so fel Die verlang se buie word skel uitgeskree in die siek van die mense Die drome, gedagtes en wense gaan skuil en kruip weg tussen klere en lakens. Die lewe se bakens verskuif in die nag. Maar word niks teen die pyn en verlange van môre se dag. ) Joan Lombard (79), Mimosahof–woonstelle

INcontext besoek Bfn MIKE BURNARD van INcontext Ministries AGS besoek op 21 en 22 September die Kandelaar-gemeente in Wrenchville. Burnard is een van die stigterslede van INcontext Ministries. Die gemeente spits hom daarop toe om sendingprojekte te begin in lande waar Christene vervolg word om hulle sodoende te ondersteun en hulle daartoe in staat te stel om die Evangelie te verkondig. INcontext Ministries reik ook ’n maandblad, AWIM, uit wat Christene op die hoogte hou van konflik in onder meer die Midde-Ooste, Egipte en Sirië en verklaar dit vanuit ’n Bybelse perspektief. Almal word genooi om die seminaar om 09:00 by te woon. Toegang is gratis.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

Spaar met dié lyfskrop

Speelgroep kort nog sente DIE Kwikstertjie-speelgroep in Wrenchville het onlangs ’n senteprojek begin. Die kinders het oor die jaar heen sente ingesamel en die bedrag van R11 575,88 is bymekaargemaak

danksy ouers en die publiek se bydraes. Met die geld wil die speelgroep graag ’n struktuur op hul erf oprig, maar dit is nie genoeg nie. Enige verdere bystand sal gewaardeer word.

Lynn-Mari Olivier DAAR is geen salf te smeer daaraan dat skoonheidsprodukte ’n klein plaas se prys kos nie. Dit is wel so dat die produkte moontlik uit meer bestanddele bestaan. Die meeste van die bestanddele se name kan ’n mens nie eens uitspreek nie. Vir diegene wat ná ’n lekker lang vakansie die sente so ’n bietjie moet omdraai, is ’n tuisgemaakte lyfskrop dalk net die oplossing. Ná ’n sonvakansie smag jou lyf moontlik na ’n bietjie pamperlang en aandag. Son en water was nog nooit jou lyf se beste vriende nie. Jou liggaam mag moontlik droog en gedehidreer wees, want wat is ’n vakansie nou sonder ’n drankie? Nou ja, die voggies en uitbundige sonskyn eis dalk sy tol. Volgens www.treehugger.com is ’n piesangskrop, bestaande uit 1 piesang, 3 eetlepels suiker en ’n ¼ teelepel vanielje-ekstrak al wat jy nodig het om jou lyf weer in ’n goeie toestand te kry. Meng al die bestanddele en verpulp dit effens. Pas op dat jy die mengsel nie te veel verpulp nie. Dit sal dan te pap wees om as ’n lyfskrop te gebruik. Die laaste stap is die lekkerste. Klim in die stort en smeer die piesangskrop oor jou lyf en masseer dit in. Jou lyf en vel sal sommer splinternuut voel ná daardie ure se son terwyl jy met vakansie was.

DIE meisies met die grootste bydraes is van links Racquel Pearson, Thuo Mohammed en Alexia van Wyk.

SNOTKOP, Adam en Karen Ferreira gaan die skare op die Bloudisselfees vermaak.

Kuier saam op fees DIE seuns met die grootste bydraes is van links Willbur Pienaar, Juneight Samuels en Clinton Coetzee. Foto’s: Verskaf

DIE Bloudisselfees vind Saterdag op die Black Rock-rugbyvelde plaas. Bekende kunstenaars gaan die skare vermaak en ’n dag van hope pret verskaf.

Daar gaan verskeie stalletjies wees, ’n bier– en wyntent en baie om te doen vir oud en jonk. Toegang vir volwassenes kos R100 per persoon en R50 per kind.


KALAHARI MALL

WE’RE MOVING OPENING 26 SEPT 2013

Woolworths Upington is on the move. Our new location at the new Kalahari Mall is not only more convenient (with tons of parking), it’s twice as big too, so we can offer you more of the Woolies quality you love. More up-to-the-minute fashion, more menswear both casual and formal, more kidswear from tots to tweens, plus a wider selection of homeware from beautiful basics to gorgeous decor pieces. WOOLWORTHS KALAHARI MALL: Shop 28 Kalahari Mall, Cnr Malherbe & Van Riebeeck Rd, Upington WE’RE OPEN: Mon to Thurs 9am - 6pm; Fri 9am - 7pm; Sat 9am - 5pm; Sun & Public Holidays 9am - 3pm

THE DIFFERENCE IS ABOUT SAVING AS YOU SHOP… Swipe your card upfront to save from 10% instantly on over 1000 items. Over 2 million WREWARDS members think that makes all the difference.

15 WW9868/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

CHANTÉ HERBST (Mej. Persoonlikheid).

MORNÉ VOSTER en Tuané Welgemoed.

CALLEN GREENAN (Mnr. Galant).

17

BIANCA VON WINSON (Mej. Fotogenies).

Skool kroon mooistes

VAN links is, voor: Joseph Beaton, Morné Voster en Jason Pieterse; agter: Mari Coetzee (tweede prinses), Tuané Welgemoed (Miss DK High) en Mandré Arendse (eerste prinses). Foto’s: Adele Smith

10010886JB/E

DIE Hoërskool Daniëlskuil het onlangs sy jaarlikse Hitricon Miss DK High-geleentheid gehou. Altesaam 19 van die Hoërskool Daniëlskuil se mooistes het aan die glansgeleentheid deelgeneem met hul metgeselle aan hul sy. Die pragtige Tuané Welgemoed is as Miss DK High 2013 gekroon met Mandré Arendse as eerste prinses en Mari Coetzee as tweede prinses. Bianca von Winson is as Mej. Fotogenies aangewys en Chanté Herbst as Mej. Persoonlikheid. Die manne het nie op die agtergrond gebly nie. Callen Greenan is as Mnr. Galant aangewys en Wikus Hendriks as Mister Cool.

I did my tax easily with eFiling Prince Mulaudzi, Construction Business Owner

Tax season is in full swing and Prince submitted his tax return from the comfort of his own home. And if he can do it, you can do it. It’s faster than going into a SARS branch and it’s easier than you think. With our helpful tools you can do it easily, honestly and on time. Visit sars.gov.za for more information.


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

in hierdie verband gewaarborg nie.

ABJ Nel DONDERDAG 'LIVE MUSIC' met Jaap Maritz, "Elvis"@ PALERMO'S. Gaskunstenaars: 12/9/2013 - Rudi 19/09/2013 - Werner Tyd: van 18:30 - 20:00.

NOORD-KAAP EIENDOMME BK

PERDRYLESSE (Kuruman, langs Mini Zoo), driekwartierlesse, x 4. Teorie en prakties, R400 per maand. Besprekings: Theresa 071 353 4124

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir Proffesionele geakrediteerde installasies. Francios 072 156 4035 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker:082 829 0292 NASKOOLSORG: GR 1 - 5. R550/kind p.m. in Seodin. In-gesluit: Middagete. 1 per week perdryrit en 2 x per week rekenaarklas. Theresa 071 353 4124.

Nedbank Beperk/ I. Mopalami/M.M. Mopalami

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

HUISE TE HUUR Nuut gebou (R15 500 p.m.) 3-slaapkamerhuis Dubbelmotorhuis

In die boedel van wyle AnnaBianca Jacqueline Nel, voorheen woonagtig by Hoofstraat 11, Kuruman 8460. Boedelnommer 573/2013. Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 19 September 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091

R13 500 p.m. Meenthuise 3 x 3-slaapkamerhuise Enkelmotorhuis R11 000 2-slaapkamerhuis Enkelmotorhuis TE KOOP R1,7 miljoen onderhandelbaar 4-slaapkamerhuis (poten aal) 2 badkamers Swembad Vele meer is beskikbaar. Groot, nuwe projekte in komplekse. Binnekort beskikbaar om te koop. Skakel vir meer inligting Lizette Barnard 083 273 3852 Albert Erasmus 083 412 6218 Nicolette Eberson 082 826 6670

In die Hoë Hof van SuidAfrika (Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley) Saak Nr: 1562/2006 In die saak tussen: NEDBANK BEPERK Eiser en ISAAC MOPALAMI 1ste Verweerder en MAKARABO MARTHA MOPALAMI 2de Verweerder Ingevolge 'n Vonnis van die Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Hof, Kimberley) gedateer 26 Oktober 2007 sal die ondervermelde eiendom/me geregtelik verkoop word aan die hoogste bieder by die Landdroshof Kathu op Vrydag, 04 Oktober 2013 om 11h00: SEKERE: Erf 537, Dibeng GELEË: In die Deben Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Rd, Noord-Kaap Provinsie GROOT: 311 Vierkante Meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T.1451/2001 (ook bekend as Huis 537, Dibeng) Die verbeterings op die eiendom bestaan uit:-

'n Losstaande woning/s met buitegeboue, maar niks word

Tien persent van die koopprys met Belasting op Toegevoegde Waarde daarop, indien van toepassing en Afslaersgelde tesame met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige Afslaersgelde betaalbaar in kontant op die datum van die verkoping; die balans met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige balans waar van toepassing teen transport verseker te word deur 'n aanvaarbare waarborg. Die Voorwaardes van Verkoping mag nagesien word gedurende kantoorure by die kantoor van die Balju vir Kathu en sal uitgelees word onmiddellik voor die verkoping.

NEEM VERDER KENNIS DAT:

Dit 'n verkoping in eksekusie op grand van 'n vonnis in die bogenoemde Hof, die reëls van die veiling beskikbaar is 24 uur voorafgaande is die verkoop by die kantoor van die Balju van die Hooggeregshof KATHU, Provinsie van die NoordKaap. Registrasie as 'n koper, onderworpe aan sekere voorwaardes, naamlik: 1. Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (verkrygbaar by URLhttp://www.iknfo.gov.z a/view/DownloadFileAction ?id=99961 van). 2. FICA-wetgewing ten opsigte van identiteit en adres besonderhede 3. Betaling van registrasie gelde. 4. Registrasie voorwaardes Gedateer te Kimberley hierdie 29ste dag van Augustus 2013.

DUNCAN & ROTHMAN

Eiser se Prokureurs Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 Kimberley, 8301. VERW: A. Boonzaier/dr/N.260232.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583 EENSLAAPKAMER-woonstel te huur teen R4 000 p.m. W en l ingesluit. Dep. R2 000. Skakel 083 448 9124/5. 2001 ISUZU 2.5D, Canopy R49 500, 1997 Hi-Lux 1.8 R43 500. 071 967 0285

RUIM 1-SLK-woonstel in veilige omgewing. Skakel Hannes: 083 267 0003. R4500 W en l uigesl. Kuruman.

2004 Condor 2.4D,R75 000 2002 Toyota KZTE,3.40D R75 000 skakel:071 967 0285 2001 Coldt 2.4, 16v R43 500 1995 Mazda 2.5d, R32 500 Skakel:071 967 0285 2001 POLO 1.6 , R33 500 1999 Tazz R29 500 1997 Astra 1.6 R28 500 Skakel:071 967 0285 1992 Corolla 1.6 R23 500 1991 Golf 1.6 R19 500 1984 Ford 1.6 R14 500 skakel:071 9670285 Cash For Your Car or bakkie R10 000- R25 000 071 967 0285 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336.

AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888. OPSOEK NA BETROUBARE Bediende wat kan inslaap. Kontak:082 449 7405

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.

SOEK, KOOP, VERKOOP

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

DIE fotokompetisiewenners is van links Elandie Hanekom, Laetitia Strauss, Francis van der Ryst (algehele wenner), Ciske van Niekerk, Liné du Plessis, Alyssa Ekkerd, TC Lamprecht en Ulrich Lategan. Foto: Verskaf

Uppies speel in Afrikaans DIE Hoërskool Upington se ATKV-tak het met ’n kultuuraand van sing, klavierspel, gesels en foto’s Arikaans nadergehark, gelag, geëet en gespeel. Die dramagroep het ’n vermaaklike opvoering gelewer met hul “amperse kabaret” waarin Rooikappie en Kasoepie van Niekerk die gaste teruggevat het na die dae toe Namibië nog Suid-Wes was. Die sertifikate wat oor die jaar heen verower

is, is uitgedeel. Die pryswenners van die ATKV-fotokompetisie is ook aangekondig. Donovon Eva het die foto’s beoordeel en vir die pryswenners groot pryse uitgedeel. Afrikaans het op die aand geseëvier en selfs die kos was Afrikaans. Koeksisters, melktertjies, ystervarkies, pannekoek, kondensmelk en koffie het ’n besonderse aand perfek afgerond.

DIE Uppie-dramagroep wat “ ’n amperse kabaret” opgevoer het, is van links Samantha Jansen, Reuben Murphy, Zaskia Pain, Dennis Hoft, Hesna Theron en Sunel Mostert. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

VERLEDE week het die tennisspan van die Hoërskool Kathu na Sun City vertrek om aan die Wilson Cup-toernooi deel te neem. Die span is deur Monty Maritz, Marina Reyneke en Riana Rautenbach vergesel. Die skool se tennisspan bestaan uit Kyla Gricius, Chantè Combrink, Na-Leth van Niekerk, Marga Boshoff, Henry Wolstenholme, Altus van Blerk, Carlyle Beukes, Martin van Schalkwyk en Waldo Wessels.

23

TAYLA BOTHA, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, is vir die Noord-Kaapse o.17-tennisspan gekies wat aan die interprovinsiale kompetisie deelgeneem het. Hulle het goed gevaar.

BO: Van links is, voor: Waldo Wessels, Na-Leth van Niekerk, Chante Beukes, Kyla Gricius en Marga Boshoff; agter: Monty Maritz, Henry Wolstenholme, Altus van Blerk, Carlyle Beukes, Martin van Schalkwyk en Marina Reyneke. Foto: Benneli Olivier van der Walt

VERLEDE Saterdag het ’n groep jong rugbyspelers van Hoërskool Postmasburg, Hoërskool Daniëlskuil en Hoërskool Blinkklip aan die Griekwaland-Wesse proewe (o. 15) deelgeneem. Die proewe is op Upington gehou. Teen druktyd van die koerant was die skole nog nie in kennis gestel van watter spelers vir die GriekwalandWesse span gekeur is nie. DIÉ leerlinge aan die Hoërskole Daniëlskuil en Postmasburg is deel van die Van Druten-rugbyspan (o.15). Van links is, voor: Hermin Lamprechts (Postmasburg), Bronwyn Beukes (Daniëlskuil), Chris Cloete (Daniëlskuil), Massimo Diergaardt (Daniëlskuil), Wilmar Esterhuizen (Daniëlskuil),Ken Rades (Postmasburg) en Danto du Toit (Daniëlskuil); agter: Marius van Wyngaardt (Daniëlskuil), Geraldo Burger (Daniëlskuil), Duncan Malgas (Daniëlskuil) en Kathlego Booysen (Daniëlskuil). Foto: Zelda Malan

LEERLINGE van die Laerskool Seodin het onlangs aan die eisteddfod deelgeneem en besonder goed gevaar.

HULLE is van links, voor: Alet Kotzè ( A+), Idoné Rossouw (A) en Marianka Fourie (A); agter: Marjohandi Espach (A), Ninke Potgieter (A++), Luricha Ludick (A) en Anita Links (A).

VAN links is, voor: Rico Scheepers (A+) en Lieze Rossouw; agter: Juezelle Bezuidenhout (A++), Minka de la Ray (A), Zoë Lombard (A) en Marilie Kotze (A).

LOURENS VAN HEERDEN, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Seodin, is vir die provinsiale skaakspan gekies. Die uitdunrondes het op Upington plaasgevind.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013

INTERNATIONAL competitive skateboarding returns to Kimberley in the Northern Cape at the end of September with a new sponsor. Kumba Iron Ore, a business unit of Anglo American, will be sponsoring the renamed Kimberley Diamond Cup. This funding is in line with Kumba Iron Ore’s belief in providing opportunity and upliftment in the communities that are associated with its operations. This mega skateboarding event will be held in Kimberley from 27 to 29 September. Top international professional skaters and local amateurs will be competing at the stateof-the-art Kimberley Skate Plaza for the biggest prize in skateboarding. In the run-up to the three-day skateboarding spectacular, the Skateboarding for Hope community outreach programme will travel throughout the province to host skateboarding clinics to introduce the youth of the Northern Cape to the sport of skateboarding. The Kimberley Diamond Cup will receive an injection of R10 million from Kumba Iron Ore in line with the company’s goal of helping

Kumba on (skate)board

to build stable social environments. In the past three years Kumba Iron Ore has spent over R365 million on community engagement and development projects that have benefitted the people of the Northern Cape.

Community engagement is a strong driving force of the company’s community initiatives and funding of the Kimberley Diamond Cup is in line with this. The competition is the climax of an actionpacked calendar of national skateboarding events being held around the country. This will allow Kumba Iron Ore to share its message of involvement in building good, heal-

thy and stable lives for the people of the Northern Cape. John Block, MEC for Finance, Economic Development and Tourism in the Northern Cape, welcomed the announcement. “We are delighted to partner with a company that has such deep roots within our communities. The success of hosting mega events such as the Kimberley Diamond Cup depends on strategic publicprivate partnerships. With the strong mining heritage of the Northern Cape, it is extremely appropriate that Kumba is coming on board as a presenting sponsor of this event, which will once again place the Northern Cape firmly in the global media spotlight. This will aid our efforts to establish Kimber-

ley and the Northern Cape as a premier extreme and adventure sports destination while investing in the youth at the same time.” Kumba Iron Ore’s CEO, Norman Mbazima, jokes that he knows nothing about skateboarding, but sees sponsorship of this event as an opportunity to stimulate local economic development and tourism. “We are committed to creating social upliftment opportunities around all our operations. Not just opportunities that affect us directly, but also opportunities that matter to the communities we operate in. For the youth, sporting events like the Kimberley Diamond Cup and the newly built skate parks are positive alternatives that will spur personal growth.”

RYAN DECENZO in action at the Kumba Skate Plaza in 2012.

Photo: Rudy Jeggle

Pryse vir skuts op spel DIE Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging bied Saterdag die Noord-Kaapope aan. Dit word by Volstruisput, op die grondpad na Reivilo, gehou. Pryse van R10 000 is op die spel. Oud en jonk word genooi om deel te neem. Inskry-

wings moet gedoen word voor of op Saterdag. Dit kos R280 vir lede en R300 vir nielede. Registrasie op die dag open om 10:00. ’n Inskietbaan (100 m) sal van 07:00 tot 10:00 oop wees (bring eie teikens). Ná die skietkompetisie sal ’n steak-ete met pap en-

sous saam met die prysuitdeling gehou word. Die kompetisie sal bestaan uit drie gong- en papierbane en sal geskied volgens die reëls en bepalings van die Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging. Bel Ronnie Viljoen by 082563-4080 vir inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.