Kuruman bulletin 19 feb 2014

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 FEBRUARIE 2014

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Lyk in veld gevind

Man wat wou ryloop, glo aangerand en toe net afgelaai Ilse Watson “MY hart bloei vir my kind. Ek is baie hartseer omdat Nikkie dood is. Die misdaad in die omgewing word net ál erger. Die polisie moet nou dringend iets aan al die misdaad in die Kuruman-omgewing doen.” Só sê Hendrik Eksteen, pa van Nikkie Eksteen (34) wat Saterdagaand naby Kagung vermoor is. Sy meisie, Yolande Booysen, sê hulle is al ses jaar saam en het saam ’n dogtertjie, Cherozane. Hulle was almal Saterdagaand op ’n troue in Wrenchville. Die troue was nog aan die gang, maar om onbekende redes wou Eksteen die onthaal verlaat. Eksteen en Booysen bly in Vryburg, en Eksteen wou na Vryburg ryloop. Booysen het nie saam met hom gegaan nie, want sy was nog op die troue. Sy pa het hom in die omgewing van Wrenchville afgelaai by ’n plek waar mense gereeld vir ’n ryloopgeleentheid wag. Eksteen is vermoedelik deur vier booswigte opgelaai en om onbekende redes is hy deur dié vier aangerand. Hulle het hom uit die motor gegooi en hom in die veld gelos. Hy het vermoedelik aan sy beserings beswyk. Eksteen se lyk is Sondagmiddag deur twee klein kindertjies gevind. Die kinders se ouers het toe die polisie ontbied. Ricardo Engelbrecht, ’n advertensiekonsultant van die Kalahari Bulletin Kuruman, moes Eksteen se lyk Maandagoggend in die Kuruman-hospitaal gaan uitken. Eksteen is ’n neef van Engelbrecht. “Hy het baie kopbeserings opgedoen en ek vermoed dit het tot sy dood gelei,” sê Engelbrecht. Volgens kol. Sampie Koopman van die Mothibistad-polisie ondersoek hulle die saak. Hy sê ’n lykskouing sal binnekort gehou word om die oorsaak van Eksteen se dood te bepaal.

Vier Valentynsdag met piekniek LEERLINGE aan die Laerskool Seodin het Valentynsdag verlede Donderdagaand met ’n piekniek gevier. Almal het hul piekniekmandjies en eie lanterns saamgebring. Sien nog foto’s op bl. 15 (foto digitaal gemanipuleer). Foto: Ilse Watson

Lesers lewer kommentaar NA aanleiding van die berig op 13 Februarie oor onwettige stalletjies wat verwyder is, is die volgende SMS-kommentaar ontvang: ) Dit gaan my verstand te bowe hoekom hierdie mense verwyder word. Kan ons verkeersafdeling nie eerder hul kosbare tyd en my hardverdiende belasting wat ek betaal gebruik om werklike probleme in die dorp op te los nie? Kan ons nie maar eerder die swaar voertuig op Saterdae en Sondae gebruik om mense

wat onwettig drink en rommel in die dorp strooi te verwyder nie? Daar is kennisgewings by die parke dat daar nie gedrink mag word nie en die verkeerspersoneel en wetstoepassers is bewus hiervan. Nee, daar word eerder op maklike teikens wat ’n diens aan die publiek lewer, gefokus. Die Kuruman-polisie beplan om die onwettige partyjies en gebruik van alkohol in die parke stop te sit. Hulle benodig egter die hulp van

die Kimberley-polisie aangesien hulle nie genoeg personeel het om op te tree nie. - Red. ) Ek wil net graag baie dankie sê dat die onwettige stalletjies verwyder is. Dit is lekker om te weet hulle gee nog vir ons dorp om. ) It is good to see that the Kuruman Traffic Department has finally started to address issues in town to the benefit of all. Thank you for removing the unlawful vendors and cleaning up.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Geen hulp in ’n noodgeval Ilse Watson

“ONS het dringend ’n ambulans of ’n dokter by ons huis nodig gehad vir een van my personeellede wat baie siek was, maar ons kon niemand in die hande kry nie. Die Kuruman-hospitaal het gesê hulle was vol en kon nie help nie. Die dokters wat ek gebel het, het gesê hulle doen nie meer huisbesoeke nie.” Só sê Shawn Ingram, ’n inwoner van Kuruman, nadat hy verlede Maandagaand in hierdie moeilike en onoplosbare situasie beland het. “Die Mediclinic Kathu het gesê ons kon die sieke na sy noodeenheid bring mits die pasiënt oor ’n siekefonds beskik.”

’n Groot padongeluk tussen Kathu en Deben het veroorsaak dat al die ambulanse van die Kuruman-hospitaal nie beskikbaar was nie. Die Mediclinic Kathu het nie ambulanse nie. Al die ambulanse by die Mediclinic Kathu is private, onafhanklike ondernemings. Die Kumba Sishen-myn het sy eie ambulanse en dit word vir sy werknemers gebruik. Kalahari Bulletin Kuruman het verlede jaar in Mei berig oor die swak toestande in die Kurumanhospitaal waar vroue wat pas geboorte geskenk het, die gange vol sit. Nageboorte lê in dromme in die openbaar. ’n Vrou van Deben glo dat dié swak diens en omstandighede tot

die dood van haar vyf weke oue babadogterjie bygedra het. Sy moes glo vir ure by die hospitaal wag voordat die kleintjie suurstof ontvang het en nog ’n paar uur later het ’n dokter haar eers besoek. Verskeie pogings is gewend om die Kuruman-hospitaalbestuurder, Agnes Fefing, te kontak vir terugvoering. Selfs ná verskeie besoeke aan die hospitaal, kon sy nie bereik word nie. ’n Navraag is aan die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, gestuur en daar word op haar kommentaar gewag. ) Noodnommers: Mediclinic Kathu: 053-723-3231; Kurumanhospitaal: 053-712-8100; Kurumanambulanse: 10177; ER24: 084-5011014

Lesers gee hul mening SO pragtig en oulik - dié hondjies soek ook ’n liefdevolle huis.

Hondjies soek ’n huis Ilse Watson DIE Kuruman-dieresorgvereniging het baie hondjies wat ’n huis soek. Die hondjies vaar nie baie goed in die hokke nie omdat daar soveel kieme is.

Dié pragtige twee klein hondjies is sowat 11 maande oud. Hul ma is in Deben in die straat doodgery. Die kleintjies het net daar langs die pad bly sit. Besoek die Kuruman-dieresorgvereniging as jy van die hondjies kan aanneem.

LESERS (anoniem) deel hul mening oor die hospitale in Kuruman en Kathu: ) Ek was een aand by die Mediclinic Kathu waar ’n vroulike paramedikus my gehelp het. Sy was na my mening net so goed soos enige dokter. Ek moes ’n bietjie wag, want sy was alleen en baie besig. ) Op die oomblik is hospitaalbesoeke ’n dobbelhuis. Jy dobbel met jou lewe. Hier in

Kuruman mag daar nie eens ’n wit dokter in die hospitaal ingaan nie. Jy speel op Avbob se stoep – ons regering kan van volksmoord aangekla word, want hy doen niks aan die situasie nie. Ek het al baie vriende weens nalatigheid by dié hospitaal verloor. ) My pa het een Vrydag siek geword en ek het probeer om ’n dokter in Kuruman in die hande te kry. Die noodnommers het nie

gewerk nie. Ek het die Bathlaros-hospitaal probeer, maar daar was ook geen dokter beskikbaar nie. In Kathu wou hulle ook nie help nie al het my pa ’n siekefonds. Ek het ER24 gebel, maar die ambulanse was uit na ’n ongeluk. Ek moes eindelik my pa na ’n dokter in Wolmaransstad bring en daarna hy in ’n Bloemfonteinse hospitaal opgeneem is.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Unieke artikels op basaar Lynn-Mari Olivier

DIE pragtige kruiwa wat uitgeloot gaan word.

) ’n KANSA-MARK word op 29 Maart in die Tshimo Gardens in Kathu gehou. Dit kos R150 per stalletjie. Die geld van die stalletjies word aan Kansa Kathu geskenk. Rig navrae aan Malinda Roux by 082-876-6802.

Kankerfonds help baie lyers in nood Ilse Watson

DIE Mimosahof-tehuis vir bejaardes hou op 1 Maart sy jaarlikse basaar. Die inwoners van Mimosahof en vrywilligers het besluit om vir dié jaar se basaar handgemaakte artikels aan te bied. Die artikels is uniek en het baie tyd en aandag geverg. Sommige inwoners en vrywilligers het ure gewerk om ’n besonderse eindproduk te lewer. Daar is onder meer ’n regte kruiwa wat tot ’n pragtige vertoonstuk omgeskep is. Die kruiwa sal deur looitjies verkoop word. “Ons het baie skenkings ontvang en dit het ons gehelp om pragtige artikels te maak,” sê Elma Potgieter, ’n vrywilliger by die tehuis.

VERSKEIE handgemaakte artikels gaan op die mark aangebied word.

) Die Preprimêre Skool Kuruman hou op 8 Maart van 08:00 af ’n Kalahari-mark. Die mark word op die Laerskool Kuruman se sportterrein aangebied. Daar sal onder meer ’n springkasteel, kosstalletjies en ander stalletjies wees. Rig enige navrae oor stalletjies aan Michelle Gower by 084-5534674. ) Die Mimosahof-tehuis vir bejaardes hou op Saterdag 8

Foto’s: Lynn-Mari Olivier

Maart om 08:30 ’n basaar op die Laerskool Kuruman se sportterrein. Verskeie lekkernye sal te koop wees. ) Op Saterdag 15 Maart om 18:00 bied die NG kerk Kuruman ’n klawer-en-pyporrel-uitvoering aan. Die Bloemfonteinse komponis en pianis Anton Esterhuyse sal ook hier optree. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar.

3

DIE Kuruman-kankervereniging, onder leiding van Susan van Straten, het ’n kankerfonds wat deur die NG Moedergemeente geadministreer word. “Ons kry skenkings van die gemeenskap. “Alle geld wat ons ontvang, word in die gemeenskap teruggeploeg,” vertel Van Straten. Sy verduidelik die vereniging verskaf suurstof aan kankerlyers. Dit verskaf soms ook petrolgeld aan mense wat vir chemoterapie moet reis. Die vereniging stel ook rolstoele, krukke en doeke aan kankerlyers beskikbaar. Dit betaal egter nie mediese rekeninge nie, want daar is nie genoeg geld daarvoor beskikbaar nie. Van Straten is al 20 jaar by die instansie betrokke. “Ons werk ook baie met ou mense van die Mimosahof-

tehuis vir bejaardes en doen aan hulle skenkings,” vervolg Van Straten. “Daar is nie ’n hospice in Kuruman nie. Daar is reeds probeer om ’n hospice te stig, maar sonder sukses. “Ek het ’n passie om siek mense te help. Ek probeer almal help sover die vereniging kan. “Ons beleid is ons probeer so ver moontlik pasiënte besoek. Ons kry ook baie hulp van susters, predikant en dokters. Hulle is almal opgelei om met kankerpasiënte te werk. “Ons is interkerklik en enigiemand wat hulp benodig, word gehelp.” Sy vertel verder hul geldsake lyk goed en dat hulle na Bo kyk vir hulp. “Ons kry baie seëninge van mense en hulle maak hul harte vir ons pasiënte oop.” ) Enigiemand wat tot die fonds wil bydra, kan dit inbetaal by Absa, rekeningnommer 0960580036, bankkode 334202.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Paroolstelsel laat ’n mens wonder MET die onlangse vrylating van die “Waterkloof-vier”, Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez, het die Suid-Afrikaanse paroolstelsel weer onder die soeklig gekom. Dit wil voorkom asof gevangenes wat op parool vrygelaat word die streng voorwaardes minag. Vrae rondom parool- en mediese paroolvoorwaardes en dié wat daarvoor kwalifiseer, kan aanhangig gemaak word. Slegs ’n week nadat die sogenaamde Waterkloof-vier onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat is, het ’n video op Youtube verskyn van Frikkie du Preez en Christoff Becker wat na bewering onwettig alkohol gebruik in die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hulle hul vonnis uitgedien het. Een van die paroolvoorwaardes is die gereelde terugrapportering aan die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum. Die “Waterkloof-vier” het ’n vonnis van 12 jaar elk ontvang vir die moord op ’n hawelose man in 2001. Dit wil voorkom of Christoff Becker en Frikkie du Preez, terwyl hulle nog in aanhouding was, hul paroolvoorwaardes, asook die gevangenisreëls, oortree het. Die saak word tans ondersoek, en die twee mans is vir ’n voorlopige 62 uur terug in aanhouding. Schabir Shaik se mediese parool in 2008 het ook groot opslae veroorsaak. Shaik is in Junie 2008

op mediese parool vrygelaat nadat hy slegs 2 jaar en 4 maande van sy 15 jaar-vonnis uitgedien het. Tydens sy mediese parool is daar aantygings gemaak dat hy sy paroolvoorwaardes oortree het met onder meer die beweerde aanranding van ’n gholfjoggie, ’n onderonsie in ’n parkeerterrein by ’n moskee en die beweerde aanranding van ’n joernalis wat die gholfvoorval ondersoek het. Shaik is met ernstige hipertensie gediagnoseer en is op mediese parool vrygelaat omdat hy terminaal siek verklaar is. Vrae het na aanleiding van sy mediese parool ontstaan oor die geldigheid van sy toestand. Die omstrede voormalige polisiehoof Jackie Selebi is op 15 Julie 2010 tot 15 jaar se tronkstraf gevonnis op aanklagte van omkopery. Hy is op 12 Julie 2012 op mediese parool vrygelaat nadat daar bevind is dat hy aan onder meer nierversaking, diabetes en ’n harttoestand ly. Hy is egter net ná sy vrylating by ’n inkopiesentrum opgemerk. Hoewel hy nie sy paroolvoorwaardes oortree het nie, is vrae gevra oor die geldigheid van sy ernstige mediese toestand. Dit wil voorkom asof daar meer gekyk moet word na die kriteria van mediese parool en of geldelike bemiddeling en politieke betrokkenheid ’n rol speel in die bepaling van die gevangene se geskiktheid vir dié soort parool.

Dag só gemaak Lizette Slabber SOSIALE MEDIA bly my verstom. Ek is nie mal oor Facebook nie, maar word keer op keer stomgeslaan deur die mag wat die eenvoudige webtuiste het. Dit irriteer my die meeste van die tyd, want dit voel asof een mens die heeltyd jou Facebookblad oorneem met die simpelste aanmerking oor hoe haar koffie geproe het of hoe haar hondjie haar skoene opgevreet het. Tog het Facebook my hele matriekklas van 20 jaar gelede binne twee dae bymekaargebring. Facebook verskaf my eindelose pret met al die duisende speletjies wat daarop is en dan is daar natuurlik altyd nuwighede soos RAKnominations. Dié RAKnominations het my die afgelope tyd verstom. Aanvanklik het ek gedink dis nou weer net ’n spul narsissiste wat enigiets sal doen om raakgesien te word totdat ek só ’n RAKnomination beleef het.

Die geluk, dankbaarheid en verligting op die gesig van die mens wat die koeldrank, pasteitjie en brood ontvang het, het my oortuig dat mense wat ’n RAKnomination doen, ’n goeie ding doen. Dit maak nie saak wat sy doel daarmee is nie; of hy ’n meisie wil beïndruk, sy gesig oral op Facebook wil sien of net ’n kick wil kry uit die hoeveelheid kommentaar en likes ná die tyd. Op die ou end het hy of sy iemand se dag gemaak. Vir ’n rukkie is vreugde in iemand se lewe gebring en ek dink op die ou end is dit al wat saak maak. ’n Koeldrank op ’n snikhete dag sal enigiemand bly maak. Gaan kyk op www.kalaharibulletin.co.za na een van ons joernaliste se RAKnominations en deel joune met ons. Stuur dit na lizette.slabber@volksblad.com.

Poseer doodluiters ’n GEMSBOK staan rustig en wei terwyl nog een oor die heuwel aangestap kom op ’n onlangse besoek aan die Kgalagadi-oorgrenspark. Gemsbokke in die park is normaalweg menssku en hardloop weg wanneer toeriste naby hulle kom, maar die keer het die gemsbok doodluiters gestaan sodat talle foto’s van hom geneem kan word. Foto: Ilse Watson

God moet fondasie van lewe wees Ds. Philip van Vuuren BOUWERK word vandag oral in die Noord-Kaap aangetref. Ondernemings en huise skiet oral op. As jy fyner waarneem, sal jy opmerk die standaarde van vakmanskap in die boubedryf is nie altyd meer soos jare gelede nie. Dit is nogal skrikwekkend om te verneem die gehalte van sommige van die bouwerk voldoen nie meer aan die standaarde nie en dat daar nie meer die nodige inspekteurs is wat die werk inspekteer en goedkeur soos voorheen nie. Maar nou ja, so sal elkeen van ons eendag rekenskap aan God moet gee vir ons dade – goed of sleg. Die Bybel maak baie van bouwerk melding. Die ambag kom immers van die Here self af. Met die bou van die tabernakel vertel die Bybel in Exodus 35:35: Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed. God is geensins onbekend met

17/31 O-5

18/29

18/30

NNO-15 NNO-10

die werk van die ambagsman en kunstenaar nie. Ons is almal die bouers van ons lewe. En die bou van ons lewe op aarde is ’n groot verantwoordelikheid. Vir bouwerk is ’n goeie fondasie nodig. As die fondasie swak is, kraak die huis. Christus behoort die fondasie van ons lewe te wees. 1 Kor 3:11 lui: Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou, goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Tekens van krake in ons menslike mondering is wanneer huwelike verval, verhoudings met ons kinders en ons medemens faal

17/34 OS-5

19/32

19/31

NNO-10 NNO-10

en ons geldsake skipbreuk ly. Ons integriteit word ingeboet met oneerlikheid en ontrouheid op elke vlak van ons lewe. Dit gebeur wanneer Jesus Christus nie die fondasie van ons lewe en huise is nie. Daarom is dit belangrik om die erediens van jou gemeente by te woon waar Christelike beginsels aangeleer word. Dit is belangrik om die Bybel te lees en te bid en Hom Here van jou lewe te maak. Soms skop voormanne die mure om as dit skeef gebou word, en die bouers moet van voor af begin. Die Here wil ook alles wat verkeerd gebou is, afbreek en die ons die kans bied om van voor af te begin. Soveel verkeerde dinge kan insluip en maak dat ons lewe wil wankel soos ’n gebou wat gebou is sonder die regte fondasie en boumateriaal. God is ’n God van weer begin. Hy gun elkeen van ons ’n kans om daagliks ons lewe in Sy hande te gee. Kom ons waak oor wat ons in ons lewe toelaat. Kom ons bou saam met Jesus Christus aan ’n lewensgebou waarvan God self die argitek is.

17/32

20/38

WNW-10 WNW-10 NNW-5

21/38 NW-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Kleur groen streek in silwer ’n ASEMROWENDE skouspel van bliksemstrale het Sondagaand weer die hemelruim in die Groen Kalahari dramaties verlig. Die foto is op Raaswater geneem.

Foto: Anena Burger

Gesels saam op Facebook op die blad Kalahari Bulletin

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Plakkers bou hier ‘huise’ Ilse Watson AGTER Janke-gastehuis in Kuruman word ’n onwettige plakkerskamp opgerig. Die inwoners van die informele nedersetting ry glo bakstene met winkeltrollies aan en bou “huise”. Die sage van die halfvoltooide gebou wat op die berugte erf 489 deur die omstrede Wandile Bozwana, eienaar van TEB Properties, gebou is, duur al jare. Hy het die gebou gekoop en afgebreek en onwettig daarop begin bou. Daar is beweer dat senior amptenare van die GaSegonyana-munisipaliteit ook hierby betrokke was. Verskeie inwoners van Kuruman beweer dat dié geboue ook ’n nes vir prostitusie is.

LEEFSTYL

Hartsiektes kom algemeen voor Yolandi van Deventer

DIE halfvoltooide huis wat die omstrede Wandile Bozwana gebou het. Foto’s: Ilse Watson

HARTSIEKTES en beroertes is die hoofoorsaak van sterfte in Suid-Afrika. Een uit elke drie mans en een uit elke vier vroue sal ’n hartsiekte ontwikkel voordat hulle 60 jaar oud is. Sekere risiko-faktore verhoog die kans op ’n hartsiekte, en dit sluit in hoë bloeddruk, cholesterol, diabetes, rook, oorgewig, slegte eetgewoontes, alkoholmisbruik, onaktiwiteit, asook ’n familie-geskiedenis. Verskeie toetse kan gedoen word om vinniger diagnoses te doen en vroeër met behandeling te begin indien jy ’n risiko vir hartsiektes het. Hierdie toetse sluit in ’n fisieke ondersoek deur ’n dokter, EKG’s, bloedtoetse, hartsonars en x-strale. ’n Hartsonar is ’n toets

sonder newe-effekte wat gebruik kan word om ’n wye verskeidenheid harttoestande te diagnoseer. Ultraklank word gebruik om na die hart te “kyk”. Al die strukture soos die hartkleppe, hartkamers, die hartspier en die aorta kan gesien word en daar kan waargeneem word hoe goed dit funksioneer. Daar is verskeie redes om na jou hart te kyk: hartkloppings, ’n hartgeruis wat jou dokter kan hoor, pyn in die bors, erge moegheid, erge benoudheid en enige vorige hartprobleme. Hartsonars is ’n maklike manier om met klankgolwe wat deur die borskas na die hart beweeg na die hart te kyk en so ’n prentjie te vorm. Dit kan die dokter in staat stel om die beste moontlike behandeling voor te skryf. Hartsonars is nou by die

Mediclinic Kathu beskikbaar en word deur ’n gekwalifiseerde kliniese tegnoloog, Esmarie Smit, uitgevoer. Vir meer inligting of ’n afspraak vir ’n hartsonar kan jy die volgende nommer skakel: 073-600-5927. Lewensbedreigende hartsiektes kan geïdentifiseer en behandel word. Beskerm jou hart vandag. Volg ’n goeie gebalanseerde dieet, oefen gereeld, behou ’n goeie gewig, kyk na jou bloeddruk, laat jou toets vir cholesterol en diabetes, en raadpleeg jou dokter. ) Die gesondheidswenke word deur die Mediclinic Kathu verskaf.

Speletjiesaand ’n fees AGTER hierdie boom en word “huise” opgerig met bakstene wat met winkeltrollies aangery word.

OP Vrydag 7 Februarie is die skoolsaal van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas in ’n speletjies-arkade verander. Leerlinge het op die HMO se Local Area Network-aand ’n groot verskeidenheid rekenaar-, Playstation- en Xbox-speletjies teen mekaar gespeel. Jannes van Niekerk

en sy span, bestaande uit Tiaan de Wet, Rigardt Engelbrecht, Leanda van Zyl en Henri Warkus, wat die aand gereël het, het heelwat borge vir die aand gekry. Daar was goeie pryse of die spel. Die algehele wenners van die onderskeie speletjies op die aand is:

) Nathan Raman en Christopher Kriel het die Tekkentoernooi gewen. ) Klaas Mompe en Dylan Goeiman het die sokkertoernooi gewen. ) Die Counterstrike-toernooi is deur Guilliam van Niekerk, Jason Knop, Dale Gradwell en Barry van Niekerk gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Gebede verhoor

Woman excels in project SA BREWERIES CENTRAL REGION has announced their regional SAB Project KickStart winners. Tsholofelo Majeng, a Kuruman business-woman, has been chosen as one of these winners. The sole owner of Maiktronix holds a diploma in Retail Business Management from the Cape Technikon. She has also undertaken courses in SAP, iDelight Customer Service Training, QuickBooks Accounting and Aluminium Shop Front Fabrication. Maiktronix specialises in the fabrication of structural metal products including window frames, door units, steel fencing and gates. Additionally, the company supplies and installs surveillance security and automation systems. The customer base consists of aspiring and existing homeowners, government and institutional customers and business customers. SAB KickStart was launched in 1995. It has grown to become one of the largest entrepreneurship development projects. It focusses on fostering a culture of entrepreneurship amongst the youth. KickStart promotes business awareness through training, grant-funding as start-up capital and providing post-training mentorship. They provide assistance during the setting-up phase of the business. Aimed at 18- to 35-year-old entrepreneurs from previously disadvantaged backgrounds, over 22 700 existing and budding entrepreneurs have already benefitted from KickStart. More than 3 200 businesses have been started by KickStart participants. Its objective is to further entrepreneurial skills and SMME development. They also want to stimulate the creation and growth of the new businesses that are economically sustainable.

Kry ons hier DIE Kalahari Bulletin het nog ’n kantoor in die Noord-Kaap geopen. Dit is in Kathu by die Heritage Square-sentrum in Frikkie Meyerstraat. Kontak die kantoor by 053-7232685 vir nuus en advertensies in Kathu.

7

Lecrecia Prins

JAPIE VAN WYK, ’n boer van Vanzylsrus, val op sy knieë om te bid en dankie te sê vir die reën. Hier is hy by die waterval so 300 m van sy huis af. Foto: Henrie van Wyk

MET die droogte wat al vir baie jare in die Kalahari heers, het boere op hul knieë gebly en gebid vir reën. Japie van Wyk van Vanzylsrus se gebede is verhoor. Van Wyk boer op die plaas Donkerbos wat teenaan die Botswana-grens geleë is. Hy sê sedert Oktober verlede jaar was dit baie droog in die omgewing en die boere het diere begin verloor. Van Wyk sê 9 huisgesinne het in Januarie vir 21 dae gevas en gebid. Hulle was geseënd met baie reën en in Januarie het sowat 170 mm reën in die omgewing geval. “ ’n Ou bly maar op jou knieë en jy vertrou. Op 1 Februarie het 55 mm reën geval. Ek en my seun, Henrie, het na die waterval gaan kyk en die stroom het ongelooflik sterk gevloei.” Hy het met ’n blymoedige hart op sy knieë in die waterval geval en vir die Here dankie gesê. Hy was heeltemal oorstelp van blydskap.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Ware liefde seëvier Lynn-Mari Olivier HOEWEL liefde deur vertroue gedra word, word dit deur soveel invloede van buite bedreig. Maar ware liefde kan alles weerstaan. Só sê oom Martiens en tannie Engela Bester wat op 18 Januarie hul 50ste huweliksherdenking gevier het. Dié twee mense bewys die liefde kan seëvier en alles oorwin. Die Kalahari Bulletin het met die egpaar gesels om uit te vind wat hul huwelik in die halfeeu só gelukkig gemaak het. “ ’n Mens moet nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie; kommunikasie tussen man en vrou speel só ’n belangrike rol. As jy kwaad gaan slaap, begin jy jou dag verkeerd. Wees altyd eerlik met mekaar – dit is baie belangrik vir ’n vaste vertrouensverhouding,” sê die Besters. “Die regte medisyne vir ’n goeie huwelik is vertroue;

jaloesie is gif.” Hulle sê in hul huwelik is hul ware liefde vir mekaar beslis die belangrikste. Dié liefde is eg. “God was en is deurgaans ons anker,” sê hulle. “Ons het die wonderlikste kleinen agterkleinkinders. Dit is so ’n groot seën van God af en ’n hoogtepunt in ons lewe.” Elna van Zyl, een van die kleinkinders, se boodskap aan haar grootouers is: “Ouma, jy is ’n besonderse mensie, jy was ’n stukkie ma, ’n stukkie juffrou en ’n stukkie vriendin. Dankie vir al die goeie dinge wat Ouma ons geleer het. Veral om nederig te wees. “Oupa, jy is ’n besonderse mens na wie ons kan opsien. Jy het my gewys wat geduld is, om positief te bly en dankbaar te wees vir dit wat jy het. Julle twee saam is die wenresep wat altyd ’n mooi voorbeeld vir ons sal bly.”

Valentynsdansparty spoggerig

LEERLINGE van die Hoërskool Kalahari is mooi getooi vir hul Valentynsparty wat Vrydagaand gehou is. Van links is Philip Greeff, Annabelle Smit, Pierre van der Walt, Jene van den Berg, Alwyn Burger, Natasha Nieuwoudt, Fanie du Plessis en Zanmari Swart. Foto: Lynn-Mari Olivier

Spaar met groentetuin Ilse Watson

MARTIENS EN ENGELA BESTER wat al 50 jaar getroud is.

Foto: Verskaf

OM jou eie groentetuin te maak is eintlik baie maklik en dit bespaar jou baie geld. Elna Jannetjies van Black Rock het haar eie groentetuin in haar agterplaas gemaak. Sy het tamaties, waatlemoene, spinasie, uie, grasuie, pampoene, verskeie kruie en knoffel geplant. Sy sê sy spuit vir alle plae met koeksoda, want dit is

omgewingsvriendelik. “Ons het die afgelope tyd baie reën gekry. Dit is wonderlik vir die groente, maar ek gebruik ook water wat uit die kombuis se wasbakke en uit die geiser vloei om die plante mee nat te lei,” vertel Jannetjies.

ELNA JANNETJIES in haar groentetuin met heerlike tamaties in haar hande. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

PPD more than just ‘baby blues’ IN the series about mental health, postpartum depression (also known as postnatal depression) is discussed this week. Anybody who wants to share their experiences with mental health problems with the Kalahari Bulletin can contact Ilse Watson at ilse.watson@volksblad.com or call 079-831-5579. All information is confidential.

A NUMBER of factors are suggested to increase the risk of PPD. They are: ) birth-related pshychological trauma; ) elevated prolactin levels; ) oxytocin depletion; ) formula feeding instead of breastfeeding; ) a history of depression; ) smoking; ) low self-esteem; ) childcare stress; ) prenatal depression during the pregnancy; ) prenatal anxiety; ) life stress; ) poor marital relationship; ) maternity blues; and ) unplanned and unwanted pregnancy.

Ilse Watson POSTPARTUM DEPRESSION (PPD), also known as postnatal depression, is a type of clinical depression. It can affect women after childbirth. Studies report that 5% to 25% of women are affected by this. Approximately 1% to 25,5% of new fathers are affected by postpartum depression. Typical symptoms include sadness, fatigue, changes in sleeping and eating patterns, reduced libido, crying episodes, anxiety, irritability and hormonal changes. Mood swings are also normal. The causes of PPD are not well understood. Many women will recover with a treatment consisting of a support group and counselling. When does PPD occur? It usually begins in the first few months (or even in the first four weeks) after the birth of their baby and may last up to several months or even a year. Postpartum psychosis This is a separate mental health disorder - it is less common than PPD. It involves the onset of psychotic symptoms. Typical

Increase risk of PPD

symptoms can be delusions, hallucinations and disorganised speech or behaviour. The rate is 100 times higher in women who are bipolar. Treatment for this mental health disorder is essential and it will not go away without medical attention. The effects of PPD This may lead to mothers being inconsistent with caring for their baby. They may focus more on the negative events and they have poor coping strategies. One of these strategies are avoidance coping. They are in denial and such a mother might not respond to their baby crying. When a mother is seriously depressed she needs to be carefully evaluated by a

mental health specialist. This specialist must have experience in working with children and families. Nutrition that will help someone with PPD Omega 3 fatty acids: Enough omega 3 fatty acids will definitely help. This includes the capsules and eating certain fish, grass-fed rather than grain-fed meat and eggs. Protein: This can be found in a wide variety of food such as Swiss cheese, most meat products and eggs. Hydration: You must drink at least eight glasses of water per day. Vitamins: A recommended vitamin

supplement is essential. Speak to your mental health professional for advice. B Vitamins: Riboflavin can help change postpartum depression. It also helps to maintain the proper plasma levels. Appetite: If someone has a change in their eating habits, they should also consult with their mental health professional. How do you treat a person with PPD? ) Treatment should include finding the root cause of the problem; ) Additional help with childcare; ) Cognitive therapy; ) Possible medication such as anti-depressants; ) Healthy diet; ) Consistant sleeping patterns. Contact the South African Depression and Anxiety Group on 011-262-6396 or visit their website at www.sadag.co.za. Resources: www.sadag.co.za; wikipedia.

19 - 23 February 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

3990

2for 2for

e R o m e v sa

R

22

R

per pack

26

Veg Hamper 4.5kg t $POUFOUT NBZ WBSZ

Black Grapes 500g

Pears Econo 1.5kg

3990 per kg

20

R

per tray

R

Large Eggs 18’s

30

Brisket

4990 per kg

per kg

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

Lean Beef Mince

shop any W it h so much value, w hy

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

4990 per kg

Texan Steak

6990 per kg

Lamb Braai Chops

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Valentynsdag mooi in rooi DIE personeel van die Hoërskool Kalahari het verlede Vrydag Valentynsdag in vrolike wit en rooi gevier. Foto’s: Verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za. Gaan gesels ook saam met ander lesers op die Facebookblad

Stuur jou resepte DIE Kalahari Bulletin Kuruman soek jou gunsteling-resep. Stuur die resep (met foto indien moontlik) aan Lynn-Mari Olivier by lynnmari@olivierconstruction.co.za of bel haar by 082-448-1489. Skryf ook ’n bietjie oor jouself en waar jy bly. The Kalahari Bulletin Kuruman wants your favourite recipe. Send it (with a picture if possible) to Lynn-Mari Olivier at lynnmari@olivierconstruction.co.za. She can also be contacted on 082-448-1489. Write a bit about yourself and where you live.

Rollerstyle

ATLETE van die Hoërskool Kalahari wat sportprestasies aangeteken het, is van links, voor: Madelené van Rooyen (afrigter en spanbestuurder), Bianca Brits, Raché van Wyk, Chanel Kruger, Boelie Beukes en Anneke van Zyl (borg); tweede ry: Schaba Molale, Thato Morallana, Kitso Motsaathebe, Lerisa-Lee van Rooyen, Lezaan van Rooyen en Nadine van Zyl; derde ry: Alwyn Burger, Janru Brits, Leonie Hollenbach en Anri van Rooyen; agter: Pierre van der Walt, Johnny Hollenbach, Gert de Bruin, Erik Kies, Tsiriletso van Wyk en Morula Molaolweine. Foto: Dalene Coetzee

Atlete oes medaljes Ilse Watson

ATLETE van die Hoërskool Kalahari het op die Top20-atletiekbyeenkoms in Hartswater op 8 Februarie baie goed gepresteer. Byna 30 skole het deelgeneem en die Hoërskool Kalahari het die 12de plek bereik. Die atlete het drie goue medaljes, vyf silwermedaljes en drie bronsmedaljes verwerf. In die meisies o.19-afdeling het Anri van Rooyen twee goue medaljes in onderskeidelik die 800 m- en 400 m-hardloop behaal.

Lezaan van Rooyen (meisies o.17) het een goue medalje in die 400 m-hekkies en een silwermedalje in die 200 m-hardloop behaal. Lerisa-Lee van Rooyen (meisies o.17) het ’n bronsmedalje in die 200 m-hardloop gekry. Pierre van der Walt (seuns o.17) het twee silwermedaljes vir onderskeidelik die 800 m- en 1 500 m-hardloop verwerf. Tsiriletso van Wyk (seuns o.17) het twee silwermedaljes verwerf – een vir die 400 m-hekkies en een vir die 110 m-hekkies. Erik Kies (seuns o.15) het ’n bronsmedalje vir gewigstoot losgeslaan.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

KV Mosang

PERSOONLIKE DIENSTE

HUISE TE HUUR 3270

AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!

SPYSENIERING & LOKALE 1401

THOMPSONSVIEW: KURUMAN. 3 slk, 2 badk, 1 garage, braaiarea, staanplek vir 2 motors. Skakel 082 593 1331.

BETREKKINGS 3600

DRYWERS

HUISVERBETERINGS BUITE

3650

1836

'N GOED GEORGANISEERDE KOERIERMAATSKAPPY benodig die dienste van kode-8-bestuurders. Goeie kennis van omliggende gebiede en koerierondervinding sal voordelig wees. Skakel Riaan Badenhorst 082 483 7032.

ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.

VOLWASSENES

ALGEMEEN 3680

HUISHULP BENODIG: met verwysings. Nie inslaap nie. Skakel 084 517 0481.

PRIVAAT

SOEK JONG MAN as battery-'fitter'. Matriek en moet goed Engels en Afrikaans kan praat. Stuur CV na 053 712 2207.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

In die boedel van wyle Keeditse Virginia Mosang, identiteitsnommer 340402 0351 087, weduwee, in lewe van Huis no. C64, Matlhabanenong, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2335/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

HLJ Moorcroft

MS Fourie In die boedel van wyle Magritha Susanna Fourie, identiteitsnommer 331011 0037 082 en nagelate gade Jan Daniël Fourie, identiteitsnommer 311031 5005 086 van plaas Lincoln, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1857/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê by kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en die Landdros, Kuruman vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 21 Februarie 2014. FOURIE & BESTER OUDITEURE Hanmar Gebou Stewartstraat 32 Kuruman

LANDBOU

KLERASIE

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

TROETELDIERE 1660

BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

CASH FOR CARS, bakkies, trucks, combi's, busses, caravans, 4x4s, etc. Phone 071 967 0285.

EIENDOMME

TE KOOP

2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL in Kuruman, R4 800 p.m. DStv, water en krag ingesluit. Skakel 082 783 1462. EENMANSWOONSTEL beskikbaar vanaf 1 Maart 2014. R3 300 p.m. plus R3 300 dep. Water ingesluit. Skakel 073 688 1547 of 053 712 0534.

TE HUUR 3205

LUUKSE OORNAGKAMERS te huur teen R600 per nag, B & B. Veilige parkering. Skakel 082 260 2181.

VOERTUIE

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

MEENTHUIS te huur: 2 slaapkamers met of sonder meubels, R5 000 p.m. Skakel 082 791 4249.

3010

COLT, 2003, R35 000. 2000 Hardbody, R35 000. 2001 Corsa, R33 000. Phone 071 967 0285.

TE KOOP 3201

TOYOTA RAIDER 3.0D, 2000, R78 500. 1998 Toyota Raider 2.8D, R63 500. Phone 072 472 8686.

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

MOTORS TE KOOP 3025

CAMRY, 1996, R38 500. 2002 Tazz, R33 000. 1991 Cressida, R23 500. Phone 071 967 0285. CORSA, 2002, R39 500. 2002 Astra, R38 500. 1995 BMW, R26 500. Phone 071 967 0285. GOLF, 1999, R20 000. 1997 Uno, R18 000. 1998 Honda, R22 000. Phone 071 967 0285.

INYATHI COMBI 2.2, 16-SEATER, 2010, R65 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. UNO PACER, 1991, goeie toestand, slegs 130 000 km op klok, CD-speler. Ideale studentevoertuig. Skakel 083 772 2316.

KOMMERSIEEL 3060

FERMAR MATWASDIENSTE: Skakel Louwtjie 073 207 6797.

MASSEY FERGUSON TRACTOR MF 65, R29 500. Landini 7500, R34 0000. Phone 071 967 0285. MITSUBISHI TRUCK, 1991, L300, rails, low km, R43 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

4205

In die boedel van wyle Hendrik Lukas Johannes Moorcroft wat woonagtig was te plaas Ropermoor, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3185/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

2015

SOSIAAL & ONTSPANNING

11

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

15

Skool hou piekniek Ilse Watson

JANé JANSE VAN RENSBURG (links) en Chané Williams - twee vriendinne wat die aand heerlik saamgekuier het. Foto’s: Ilse Watson

’n ROMANTIESE aand is verlede Donderdag by die Laerskool Seodin gehou. Die skool het die dag van liefde, Valentynsdag, met ’n gesellige piekniek gevier. Daar was ’n romantiese atmosfeer en almal het die geleentheid terdeë geniet.

BO: Van links is Hendré Lubbe, Willie van Zyl en Jayson Linde op die Valentynspiekniek.

OPGEWONDE oor die gesellige aand is van links Nicolene Kruger, Danelle Pieterse en Jané Ellis.

Driven by passion - guided by value - built on partnership. It is always a great time to join our team

’n HARTJIE vir liefde en mooi glimlaggies. Hier is Mienelle Markram (links) en Caylynn Victor.

MET kerse, ’n fraai kombers en smullekker eetgoed vier Johané Strauss (links) en Aneleh Nieuwoudt die aand. Mr Price consists of five retail chains, focusing on clothing, footwear, sports equipment, accessories and homewear.

MR PRICE HOME - KATHU (NORTHERN CAPE) Mr Price Home is a leading homeware and textile retailer that offers contemporary designed homeware and furniture to value-minded customers at an exceptional value. We are on the hunt for a talented and passionate Store Manager to lead the team and sell our innovative products.

STORE MANAGER • Drive sales and turnover • Merchandise management • Lead a team of enthusiastic Retail Store Associates • Create the ultimate customer shopping experience.

OP die piekniek is van links Caylynn Victor, Marzé Pieterse en Tayla Hohls.

GEE haar ’n roos. Darius van der Merwe en Luané Schoeman bewonder ’n rooi roos.

As Store Manager it is expected of you to take ownership of the store to sell Mr. Price Home products. In this role you will be responsible for engaging with our customers on a daily basis. Your role will require you to open and close the store, engage with the Area/Operations Manager regarding stock flow, stock shrinkage, maintaining visual standards, budget management, employee relations and recruitment. Your fun, energetic approach to life will see you leading your team by example and also driving an unforgettable customer experience. Minimum Requirements: • A Grade 12 qualification essential • Previous experience managing a retail store • Excellent merchandising and selling skills. To apply, please log onto www.mrpricegroupcareers.com and search for req 633. Click “Apply now” or apply “With LinkedIn “and one of our friendly Recruitment Facilitators will be in touch with you. CLOSING DATE: 07 MARCH 2014. If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date please consider your application unsuccessful. MR PRICE HOME is an equal opportunity employer and committed to Employment Equity.

CHANÉ WILLIAMS (links) en Annenien Smith het ook die vrolike piekniek geniet.

MOOIE gesiggies op die Valentynspiekniek. Van links is Nicole Jordaan, Cara le Roux, Joné Ellis en Madri Nieuwoudt.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Atlete vaar puik op byeenkoms Ilse Watson ’n LEERLING van die Laerskool Wrenchville het twee rekords op die afgelope interskole-byeenkoms verbeter. Ethan van Wyk het die rekord in die hoogspring vir seuns o.10 verbeter.

Hy het ook die rekord vir die 80 m-naellope opgestel. Altesaam 19 atlete van die laerskool het aan die interskole deelgeneem. Almal het uitgeblink en 15 van die 19 atlete het óf ’n eerste, tweede óf derde plek in hul onderskeie nommers behaal.

REGS hardloop Frans Williams wat die 80 m-naelloop in 11,435 sekondes voltooi het.

Rekords spat

Foto’s: Verskaf

Ilse Watson

DIE atlete is van links, voor: Welwitchia Daries, Jemodian Botha, Ethan van Wyk, Lizandre Visagie en Khuma Tshinyane; middel: Deney Williams, Reduane Lessing, Melvin Esterhuizen, Keano Louw, Dimitri van Wyk en Jade Langeveldt; agter: Lionel Lockey, Jason Visagie, Kareeqa Banoo en Jaeam Diedericks. Foto: Verskaf

DIE Ga-Segonyana-distrik se atletiekbyeenkoms is op Vrydag 7 Februarie by die Laerskool Seodin aangebied. Rekords is deur verskeie leerlinge van die skool verbeter. Janke Coetzer het die 70 m-hekkieswedloop (meisies 11 jaar) in 12,66 sekondes gewen. Sy het ook in hoogspring (meisies 11 jaar) 1,21 m gespring. Frans Williams het die 100 m-wedloop (seuns 11 jaar) in 11,435 sekondes voltooi. Lené Slabbert het die 80 m-wedloop in die meisies 8 jaar in 12,81 sekondes voltooi. Quintin Kruger het met gewigstoot (seuns 11 jaar) 8,92 m gehaal.

JANKE COETZER van die Laerskool Seodin wat die 70 m-hekkiesrekord verbeter het.

Athletics basis of schools sport in NC

SCHOOL ATHLETICS form the basis of schools sport because almost all schools take part in some form of athletics. Schools participate in inter-house athletics meetings, circuit/cluster meetings and ultimately in the district championships. More than 2 000 pupils from around the province will be participating in the athletics championships in the five districts

of the province. The championships commenced last Friday at the Seodin Primary School in the John Taolo Gaetsewe District. This will be followed by the high school championships which will start at the Kathu High School tomorrow. Each district will be represented by 80 athletes at the provincial championships which are schedu-

led for March in Kimberley. About 100 learners are expected to represent the province at the national championships set to take place in Paarl, Western Cape (primary schools). The high school national championships will be held in Polokwane in the old Peter Mokaba Stadium. Last year was a remarkable year for the athletes that represented the Northern Cape at the

national championships where they collected more medals than in previous years. The Department of Education is supportive towards sports development – the department will again assist with logistics once the championships enter the provincial level. Through these annual athletics championships, the province has unearthed athletes like Phillipa

Van der Merwe from Postmasburg who went on to represent South Africa in the Junior Olympic Games. The Kimberley born Paralympic gold medallist Charl Bouwer also came through the ranks of the schools athletics championships. For further enquiries contact the department head of Communications, Lehuma Ntuane, on 083-374-3853.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.