Kuruman Bulletin 21 Feb 2013

Page 1

21 FEBRUARIE 2013

VERSPREIDINGSGEBIED: KATHU, KURUMAN,DANIËLSKUIL,OLIFANTSHOEK,POSTMASBURG,UPINGTON, KEIMOES,KAKAMAS EN GROBLERSHOOP

Truck overturns

Police are investigating culpable homicide Annerie Louw A CASE of culpable homicide will be investigated by the Kuruman police after an accident on the N14 approximately 20 km outside Kuruman last Friday. The communication officer of the police, Sergio Kock, said it is alleged that the accident occurred on Friday at approximately 03:00. It is further alleged that the driver of the truck lost control of the vehicle causing the

GRATIS

TEL. 053­712­1472

Buurt trek dief vas Annerie Louw

truck to roll, leaving the driver with serious injuries. The driver, Dumezweni Joseph Sibeko (28), later succumbed to his injuries and passed away in the Kuruman Hospital. The driver was a resident at Tweeling in the Free State. All information regarding the accident can be forwarded to Sergeant Patricia Mereotle on 053-712-9800.

REMAINS of the truck of G & H Transport.

THE truck’s container was filled with an emulsion that is used in the mine for blasting, said a passer­by who stopped at the side of the road. Photo: Annerie Louw

DANKSY die flinke optrede van ’n raadslid en mense in sy omgewing is ’n dief wat in Mimosalaan ingebreek het, gevang. Die DA-raadslid vir Wyk 1, Floors Byleveld, sê hy het Sondag ongeveer 21:30 ’n vrou hoor skreeu. Toe hy haar die tweede keer hoor, het hy geweet daar moes fout wees. Soos hy by sy huis uitgekom het om ondersoek in te stel het hy iemand – hy skat hom so 35 jaar oud – uit die huis regoor die Bylevelds se huis gesien hardloop. “Ek is tot in Rooslaan agter hom aan,” vertel Byleveld. “Die man was later bo-op huise se dakke, want toe het mense wat in daardie omgewing woon, gekom om te help. Ook die polisie was vinnig daar.” Eindelik het die inbreker van die dak af geval waar Byleveld hom kon bykom. Hy het Mariëtte Killian, die vrou wat om hulp geskreeu het, se selfoon by die inbreker gekry. Byleveld sê as die gloeilampe van die straatligte net vervang kan word, sal die strate nie so donker wees nie en misdadigers nie so maklik kan toeslaan nie. Hy het ’n versoek hieroor aan die munisipale bestuurder gerig. Volgens Muggie van der Westhuizen is toestemming aan die elektrisiën Leon Green gegee om wel die ligte te vervang. ) Lees ook ’n berig oor Killian se onaangename ervaring op bl. 2.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

23 Februarie: Kalahari-mark van 08:00 tot 13:00 in Boafé-koffiekroeg. Stalletjies, kos en kindervermaak. Bel Michelle by 084-553-4674. 1 Maart: NG Moederkerk se Barnyard-konsert om 19:00 in die Laerskool Seodin se skoolsaal. 9 Maart: Rugby-en-netbalsportdag op Seodinpark. 15 en 16 Maart: Die Kalibreervrouekonferensie van die NG kerk Pellissier in Bloemfontein. Bel Karin Kersop by 072-158-0225 of e-pos

karinkersop@gmail.com. 16 Maart: Sportdag van die Hoërskool Kalahari. 20 Maart: Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu word aangewys. 27 Maart: Hoërskool Kathu bied ’n optog met sierwaens aan. 29 tot 31 Maart: Reünie vir onderwysers en leerlinge van toeka tot 1994 word op Vanzylsrus gehou. Stuur ’n e-pos na debruinchummy@gmail.com of Francine by vzrskool@vodamail.co.za. 24 en 25 April: Hoërskool Kathu hou skouspel. 26 April: Hoërskool Kathu hou karnaval. 27 April: Interskolebyeenkoms teen die Hoërskool Kalahari vind op Kathu plaas.

Vrou veg terug teen aanvaller Annerie Louw SONDAG omstreeks 21:30 het Mariette Killian in hul braaiplek gesit en lees toe sy skielik ’n slag by die braaiplek se deur hoor. “Toe ek opkyk, sien ek ’n man met sulke wilde oë wat op my afkom. Hy het my sonder ’n woord op die stoel platgedruk. Dit het gelyk asof hy onder verdowing is. Ek het hom geskop, maar hy het my weer bestorm. Toe gryp hy my tablet en my foon. Toe die tablet val, slaan hy my met die vuis teen my voorkop en teen my bors. Ek het my teëgesit en hom gestamp. Die hele tyd het hy geen emosie getoon nie, my net met wilde oë aangekyk.”

Killian het vir haar man, Morné, geskreeu wat by hul kinders gaan lê en aan die slaap geraak het. Die bure oorkant het haar hoor skreeu en Floors Byleveld gaan roep. “Skielik was daar net mense en kaal bolywe soos hulle kom help het om die skurk te soek,” vertel Killian. Sy het ’n blou kol op die voorkop, maar is verder ongedeerd. “Die Here het seker vir my krag gegee, maar ek het net gedink: Ek word nie vanaand verkrag nie,” sê Killian. Die man het Maandag in die hof op Kuruman verskyn en is steeds in aanhouding. Hy moet weer op 19 Maart in die hof verskyn.

ONTEVREDE inwoners van Wrenchville op die trap van die Ga­Segonyana­munisipaliteit.

Foto: Solomon Jacobs

Krag ná optog herstel Annerie Louw DIE inwoners van Wrenchville was verlede week baie ontevrede omdat hulle toe al tien dae sonder krag was. “Ons kan nie kaas of bederfbare kos soos vleis koop nie, want

hoe hou ons dit vars?” was een van die verontwaardige inwoners se kommentaar. “Ons kinders gaan soggens net met botterbrood skool toe,” het nog ’n inwoner, Jeanette Wright, gesê. ’n Groep inwoners het die munisipale bestuurder Woensdagoggend

met hul klagtes in sy kantoor besoek. Volgens hulle was hy ongeduldig en het hulle uitgestuur, omdat hy “baie belangriker dinge het om te doen”. Die transformator wat stukkend was, is toe die Donderdag ná die optog weer herstel.

Komiteelede van Wyk 1 staan gereed om te help Annerie Louw FLORIS BYLEVELD, wykraadslid van Wyk 1 in Ga-Segonyana en voorsitter van die Gemeenskapsdienste-komitee, stel graag die inwoners van Wyk 1 bekend aan die wykkomiteelede wat sy ondersteuningsbasis in die dorp is. Hulle moet toesien dat die

dorp in ’n goeie toestand is. Alle aangeleenthede wat Wyk 1 aanbetref, hetsy klagtes, voorstelle of idees, moet na Byleveld by 072-274-1866 deurgegee word. Hy sal dit aanteken en terugvoering gee. Ander raadslede het hul eie wyke om te hanteer. Inwoners is ook welkom om die komiteelede hieronder te bel.

Hulle sal op hul beurt die klagtes met Byleveld opneem. Hy versoek ook dat klagtes spesifiek moet wees, en naam, adres en kontaknommer is ’n vereiste. Die lede is: Engela Jeppe by 083-388-0898, Christo Kruger by 083-448-9297, Mirriam Moseki by 073-264-8966, Iris Mororo by 073-232-7007, Martha Thamaak-

homtane by 082-977-0432, Thabo Dipone by 071-814-1388, Mpho Barnard by 073-939-4493 en Sean Fotheringham by 083-388-0865. Twee lede is nie meer beskikbaar nie en die vakante poste moet dus gevul word. Byleveld versoek inwoners om hom met name van belangstellendes te voorsien. Hy versoek inwoners om krag

spaarsaam te gebruik aangesien die transformators oorlaai word, veral in Seodin, wat dan veroorsaak dat die kragtoevoer onderbreek word. Hy doen ook ’n beroep op inwoners wat van die leivore gebruik maak om geduldig te wees aangesien die watertafel baie laag is en die munisipaliteit dit moet bestuur.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

3

Bevoegdheid nou verklaar

Skenk rekenaars aan skole in Daniëlskuil­omgewing SKOLE in die Daniëlskuil­omgewing het skootrekenaars van die myngroep PPC Lime ontvang. Van links is Danie Slabbert (hoof, Hoër­ skool Daniëlskuil), Martin Arendse (PPC Lime), Sylvia Bartlett (hoof, Finsch Primêr) en Frits Steenkamp (hoof, Hoërskool Kuilsville) en Con Schoombie (mynbestuurder: PPC Lime). Die rekenaars word vir administratiewe take gebruik. Foto: Nadia van Wyk

Ouma Bi oorlede Annerie Louw

ANNE­BIANCA NEL. Foto: Verskaf

SR. ANNE-BIANCA NEL (63), bekende verpleër en klinieksuster op Kuruman, is verlede Sondag omstreeks 04:30 oorlede. Ouma Bi (soos sy ook genoem is) is in haar huis op Kuruman aan natuurlike oorsake oorlede. Sy was 47 jaar in die

verpleging waarvan ongeveer 30 jaar op Kuruman. In Junie verlede jaar het sy afgetree. Haar enigste dogter, Donna, sê sy was eers in die ortopediese afdeling van die Kuruman-hospitaal en later die kliniekhoof. Ouma Bi was bekend daarvoor dat sy baie lief vir katte was en, behalwe vir

haar eie katte, het sy ook vir die kliniek se katte gesorg. Haar begrafnisdiens is Vrydag deur past. Philip van Vuuren van die AGS Oasisgemeente op Kuruman gehou. Sy word deur drie broers, twee susters, haar dogter, Donna, skoonseun, Japie, en kleinkinders, Lourens, William en Annalene-Bianca (Nina), oorleef.

AFRIFORUM het ’n nuwe veldtog aangekondig. Hierin sal die organisasie munisipaliteite in sy takgebiede wat amptenare in diens het wat nie voldoen aan die minimum bevoegdheidskriteria soos uiteengesit in die munisipale regulasies oor minimum bevoegdheidsvlakke nie, gaan versoek om sodanige werknemers onmiddellik uit hul poste te verwyder. “Dienslewering in Suid-Afrika gaan agteruit, omdat te veel munisipale amptenare nie opgelei is om die werk te doen waarvoor hulle aangestel is nie. Munisipaliteite moet dié mense uit hul poste verwyder en mense aanstel wat die nodige voorgeskrewe kwalifikasies het,” sê Ivan Herselman, AfriForum se adjunkhoof vir plaaslike regeringsake. Op die konferensie van die Instituut vir Munisipale Finansiële Amptenare op 8 Oktober in Emperor’s Palace het die minister van finansies, Pravin Gordhan, dit duidelik gestel die keerdatum van 1 Januarie 2013 vir voldoening aan die regulasies is nie onderhandelbaar nie. Voorsitters van die 100 AfriForum-takke sal dokumente op sowat 60 munisipaliteite beteken waarin hulle versoek sal word om bewyse te verskaf dat amptenare aan die minimum bevoegdheidsvlakke voldoen. Die munisipaliteit het tot 4 Maart om op aansoeke te reageer. As munisipaliteite nie reageer nie, sal AfriForum die hof nader om hulle te dwing om bewys van kwalifikasies te lewer. Muggie van der Westhuizen, woordvoerder van die plaaslike regering van die Kurumantak, sê die skrywe is op 6 Februarie aan die persoonlike assistent van die munisipale bestuurder van Ga-Segonyana oorhandig.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Soet jaar vir rosyntjieboere WAT ’n wonderlike rosyntjiejaar beleef boere langs die Oranjerivier nie vanjaar nie. Van die begin van die rosyntjieseisoen af het op Sondag 17 Februarie die eerste keer reën geval. Van die boere sê dit is die eerste keer in 18 jaar dat die son elke dag geskyn het en nie ’n druppel reën geval het om graderings te verlaag en die droogtydperk uit te rek nie. Ander boere wil nie ’n jaartal sit by die laaste keer dat ’n reënlose rosyntjieseisoen beleef is nie, maar een boer het gesê hy weet daar gaan nog lank oor die somer van 2013 gepraat word. Hy weet sommer jong kinders van vandag gaan eendag sê: “My pa het vertel in 2013 het geen druppel geval vandat ons die eerste sultanas neergelê het totdat die laaste rosyntjies opgetel is nie.” Dié reënlose jaar was broodnodig ná die afgelope paar jaar waarin boere gebuk gegaan het onder swak oeste, swak weersomstandighede en twee vloede ná mekaar. Natuurlik is daar in 2012 oor ’n wye deel van die Oranjerivier-

streek eers hael, toe ryp en later weer hael ervaar, maar dié negatiwiteit word darem in ’n mate verlig deur die gemak waarmee boere rosyntjies kon droog. Selfs die Oranjerivier-wynkelder (OWK) is baie in sy skik met vanjaar se oes tot sover. Die koue winter en die koel weer waarmee die somer begin het, het die druiwe pragtig laat ontwikkel en hulle verwag dat die oes volume- en gehaltegewys goed gaan wees. Met al die positiewe nuus ná ’n lang tydperk van negatiwiteit is dit dus hartseer dat die loonverhoging nou soos die swaard van Damokles oor die boere se koppe hang. ’n Mens kan verstaan dat werkers dié loonverhoging broodnodig het en dat hulle sukkel om kop bo water te hou, maar dié streek het die afgelope paar jaar baie seergekry. Dit begin nou eers kop bo water hou en dit laat ’n mens wonder of die loonverhogings nie dalk weer daardie kop onder water gaan dompel nie.

Become the truth and see the light Chris van Staden THERE is not a day that goes by that we are not bombarded with shocking news and things that drain the very life from us as humans. We read of gruesome murders that don’t make sense, people that are supposed to hold high moral values do incredible things that shock us to the very core. Steep price increases in food, petrol and commodities are an everyday thing. Somehow I feel it is like our senses have been dulled and we just open our eyes and get up and carry on with our daily lives. It feels like: What does it matter what I think or feel, these things will keep on happening anyway. Everyone has a worldview. Whether or not we realize it, we all have certain preconceptions and biases that affect the way we view all of life and reality. A worldview is like a set of lenses which taint our vision or alter the way we perceive the world around us. Our worldview is formed by our education, our upbringing, the culture we live in, the books we read, the media and movies we absorb, etc. For many people their worldview is simply something they have absorbed by osmosis from their surrounding cultural influences. They have never thought strategically about what they believe and wouldn’t be able to give a rational defence of their beliefs to others. Somewhere in all this, the true Christian purpose and the Biblical worldview tends to get lost and we lose a consistent cohesive Biblical worldview. As a Christian I believe we should believe that God exists (Heb. 11:6) and that He is the standard by which we measure everything else. God created everything that exists (Gen.1:1) and everything is held together by Him (Col. 1:17). We should believe that the Bible is God’s divinely inspired Word, revealed to mankind (2 Tim. 3:16). We should believe that the

fullness of God came to earth and lived in the human body of Jesus Christ of Nazareth 2 000 years ago (Col. 1:19). We should believe that mankind chose to rebel against God in the Garden of Eden and because of that act of rebellion, sin and death entered the world (Rom. 5:12-14). We should believe that believing in (John 3:15-19, 5:24) God did not send his Son into the world to be judge of the world; he sent Him so that the world might have salvation through Him.) and obeying (Luke 8:21, John 3:20-21, John 14:21, 23-24). The light is hated by everyone whose acts are evil and he does not come to the light for fear that his acts will be seen. But he whose life is true comes to the light so that it may be clearly seen that his acts have been done by the help of God. Jesus Christ is the only way to have eternal life or to be reunited with God (Acts 4:10-12). Maybe if we sit down for a minute and think about this: “What is my purpose on this earth?” Instead of thinking or living like everybody owes you something, can’t we begin to think higher of the person next to us and we start to act that out. Then we will begin to see a difference not in the person, but in ourselves! Jesus Christ of Nazareth still is the answer to every problem, but somebody must present that answer to the specific problem. Someone must become that truth (flesh Jesus) that will touch humanity and change attitudes around them. I pray that you will choose to be the answer and not just read about it. ) Chris van Staden is a pastor at the Kuruman Christian Church.

BELOWENDE reënwolke in die Kalahari lyk mooi teen die sonsondergang naby Vanzylsrus waar dit nog baie droog is. Foto: Annerie Louw

Prostitusie nie tuis in Kalahari INWONER, Kuruman: EK stel voor dat iemand oor prostitusie hier op Kuruman ondersoek instel. Dit is verskriklik wat saans gebeur (en ek praat maar net van wat ek sien voor my hek in Rooslaan gebeur).Ek staan snags op en doen my eie “hekpatrollie” en vind hulle doen sommer hul sake in die straat. Wanneer ek die kind skool toe bring, moet ek en hy verby hope gebruikte kondome loop. Partymaal begin die bedrywighede sommer so vroeg soos 10:00 wanneer baie mense nog wakker is. Ek het al die polisie gevra en dié sê dit is nie wettig nie, maar doen dan ook niks daaromtrent nie. Ek weet nie waar ons gemeenskap oor die probleem kan kla, of wie die

probleem in die kiem gaan smoor nie, maar dit is ’n bekommernis. Saam met die prostitusie verskyn die inbrekers. Die vroue van die nag sien hoe huise beroof word, maar sê niks nie – raak net weg wanneer die polisie nader kom om diefstal te ondersoek (wat op my werf gebeur het). Magtie, dit is Kalahari-wêreld en ons is nie sulke goed gewoond nie.

Kragtariewe ’n duister saak KRAGTELOOS, Kuruman: KAN iemand dalk vir my

verduidelik hoe werk die munisipaliteit se glyskale vir elektrisiteit? Een maand word die meter vroeg gelees en is die verbruik ver onder die gebruik vir die “goedkoop”-tarief. Die volgende maand word die lesing diep in die maand gedoen en moet teen ’n hoër tarief betaal word. En dan word weer vroeg gelees. Indien meters elke maand op dieselfde tyd gelees word, kan ’n mens deur beplanning dalk altyd onder die perk vir die laer tarief probeer bly, maar nou is daar geen sin in beplanning of besparing nie, want iewers gaan die munisipaliteit jou bykom. ) Die munisipaliteit het nie voor druktyd op navrae van die koerant gereageer nie. – Red.

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.

Nommertjie én sjokolade werk nie Annerie Louw VANOGGEND was weer een van daardie oggende dat ek voor die klerekas staan en niks sien wat ek lus het om te dra nie. Een van die redes is omdat ek die laaste week ontstellende ekstra rolletjies om my middellyf bespeur het. Daar was die onmiddellike twee redes vir my verkeerde eetgewoontes. Eerstens het ek my vergryp aan die heerlike kersligete op Valentynsdag. Dan is daar die verskoning van die geskenke wat meestal sjokolade is. Waarom ’n mens nou ook sjokolade tesame met ’n skrapse nagkabaaitjie moet kry, gaan my verstand te bowe. Die twee is glad nie pasmaats nie, want hulle werk nie saam nie. Hoe kan ’n mens nou ná sjokolade vaartbelyn bly? Die tweede rede was my verjaardag wat mense nie sommer vergeet nie, want dit is net ná Valentynsdag. En dit was juis die jaar so verskriklik lekker

om te verjaar met al die boodskappies en oproepe en besoeke. Maar daarmee saam gaan elke keer ’n eet- of drinkdingetjie en dan bedoel ek nie noodwendig slaaiblare en water nie. Die nuwe kurwes van my lyf maak dat ek nie goed lyk in die ou, geliefde uitrustings nie – wat nog te sê in dié nommertjies wat in die kas lê en wag vir wanneer ek weer eendag my jong lyf gaan terughê nadat ek my natuurlik eendag by die gym aangesluit het. Ander redes waarom ek nie lus is vir die kas se inhoud nie is omdat daar klere in my kas is wat lankal nie meer daar moes gewees het nie. Sommiges daarvan hang van die een seisoen ná die ander daar. Ek hoor van vroue wat hul voorraad ná elke seisoen sny en dit met nuwes vervang. Myne word alles

in tasse weggepak met die idee om dit vóór die volgende seisoen uit te haal en dan eers weg te gee. Dit is nie so suksesvol nie, want met die uitpak is ek weer bly om my ou goedjies wat drie maande weggepak was te sien – en ook dankbaar, want die nuwe goed is duur. Dan gee ek net so 10% weg. Gevolglik sit ek met klere uit vorige dekades wat nog vir my net te mooi is, maar ook nie meer geskik is nie, want die mode verander ook mos. Ek haal dus my wydste rokkie uit, want dit is te warm om selfs aan ’n langbroek te dink. Tog vreemd hoe groot ’n mens in ’n wye rok lyk. Nee, hy werk nie. Nadat ek my vierde uitrusting aangepas en onderstebo op die bed gegooi het, besluit ek op ’n ou staatmaker: die pers rokkie. Met net genoeg selfvertroue stap ek die trappe af waar Dierbaarste al televisienuus kyk. “Het jy nie die rokkie gister ook aangehad nie?”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

ELSABÉ VISAGIE

Foto’s: verskaf

DEON VAN NIEKERK

AMANDA REYNEKE VAN DEN BERG

kunste word in die jaar se program verteenwoordig. Alida Auret en Elsabé Visagie se avant garde-juweelstukke gaan uitgestal word. Dit gaan saam met hulle etse van voorwerpe, plekke en omgewings uit Auret se verlede wat ’n indruk gelaat het op haar geheue en gevoel en temas soos klein landskappies uit die Karoo asook fietse, strate, vensters en deure waarna Visagie gek is. Deon van Niekerk se meesterlike tekeninge uitgevoer in pen en ink en ander werk waarin hy streef om die toevallige en lukrake merke en teksture van die natuur uit te beeld, asook Amanda Reyneke van den Berg se “geskilderde tekeninge” in vermengde medium en collage gaan te sien wees. Brian Macaskill se groot vragmotors met ’n korporatiewe inslag is ook op die lys. Uitstallings van verskeie tegnieke waarmee die kunswerke geskep is, is gelys by Maud’s Place se galery soos Sylvera Engelbrecht se aalwyne, uitgevoer in klassieke akrielverf-tegniek, passend by haar temperament. Vir Engelbrecht vra aalwyne so min, maar gee so veel. Vreedsame straattonele en huisies van

Karen Visser, semi-ekspressionisties uitgebeeld in ryk aardse kleure en versterk met belangrike elemente soos lig en lyn, tot die abstrakte foto’s van Jaco Bruwer, waar toeval ’n groot rol speel en oomblikke van betowering vasgevang is met ’n kamera, is bespreek. Deur sy foto’s vergeet hy van alles om hom en hy “verdwaal in my eie mooi wêreld”. Dan is daar die realistiese tot semi-abstrakte blomstudies in waterverf, uitgevoer in ryk, helder kleure waarmee Charlotte Junius die delikaatheid en varsheid van haar onderwerp vasvang en so uit die dorre landskap van dié wêreld ontsnap. Lana Barnard se semi-figuratiewe beelde, geskilder op en met gepaste teksture is te sien en die groot modern impasto skilderye van figure en gesigte deur Esmé du Toit in akriel, wat haar styl van skilder komplementeer, gaan vertoon word. Die kunstenaars breek en buig reëls en elkeen gee uitdrukking aan hul unieke kunssinnigheid deur die skep van ’n visuele taal van vorm, kleur en tekstuur. Die uitstalling open amptelik Vrydag. Vir verdere inligting bel Elaine Vivier by 073-735-4772.

ALIDA AURET

Nuwe reeks uitstallings begin NÁ die sukses van 2012 se kunsuitstallings by Maud’s Place in Schröderstraat gaan die reeks kunsuitstallings in 2013 voort. Die kunsuitstalling word met ’n voorskou uitstalling begin en dié voorskou uitstalling sal verteenwoordigend wees van al elf van die kunstenaars wat gedurende die loop van die jaar solokunsuitstallings by Maud’s Place gaan hou. Die uitstalling duur van Maandag 18 Februarie tot Sondag 17 Maart waarna elke kunstenaar ’n solo-uitstalling bespreek het. Die solo-kunsuitstallings sal elk oor vier weke plaasvind. Die kunswerke wat uitgestal word, is van die kunstenaars se onlangse werk, asook kunswerke was nog nie voorheen uitgestal is nie. Die kunstenaars is almal van die omgewing. Daar is nuwelinge wat vir die eerste keer gaan uitstal, kunstenaars wat nog net groep-uitstallings gedoen het en ou hande wat reeds die pad van solo-uitstallings gestap het. Vanjaar is daar weer jong mense wat hul debuut tot die kunswêreld maak en kunstenaars wat reeds ’n bestaan daaruit maak. Verskeie genres van die beeldende

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Expo promotes handling safety THE official opening ceremony of the Material Management Expo took place on Wednesday at the Kathu Rugby Club. The expo was the brainchild of the Kumba executive committee in response to the increasing number of hand and finger injuries due to material handling. “Remember, there is only one way to do the job – the safe way – if it is a do-it-yourself project at home or at work,” said Karen Geerthsen, safety and health manager, Kumba Iron Ore, in her keynote address. She warned that by using your hands in stead of machines made for the purpose you could loose a very precious tool.

“The dexterity of our fingers sets us apart from most mammals and enable us to use tools effectively. There is no supplier of spares at Supply Chain for these very complex, extremeley specialised tools like our hands and fingers,” she warned. “It is our hope that you, the suppliers of today, will become our partners of tomorrow,” she said to the exhibitors. Mayor Maria Diniza, Hannes Cronjé, acting general manager (GM) of Sishen Mine, and Aart van den Brink, GM of Kolomela Mine, and other members of the leadership team of the mine attended the opening ceremony.

HUGE cranes at the expo on the sports veld in Kathu with the dancers of the Kuruman Field­ band in front. Photos: Annerie Louw

MASHILO MOKOTONG, manager: Sustainable Development, delivered his welcome speech in very hot conditions. The brass band of the Kuruman Fieldband stood in front.

RIAS RABIE, branch manager of Esco, Kathu, showed interested bystanders how the hammer­ less equipment works. It will cut out the dangerous hammer when replacing part of the earth­ moving machinery every five to 14 days.

THE drummers of the Kuruman Fieldband gave rhythm to the opening of the Materials Handling Expo.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

BIG PRICE THE

DROP

79

99

Bulk Lamb Braai Chops Per kg

Decor and garnish not included

Decor and garnish not included

BUY 2 FOR

2000

PnP Washed Baby Potatoes 1.5kg

+

+

BUY 2 FOR

2000

PnP Pears 1.5kg Econo Pack

1249 Each

BUY 2 FOR

5699

2000

Ultimate Braai Master Boerewors Per kg

PnP Sweetcorn 4s

1999

999

PnP White Grapes 1.5kg

PnP Loose Plums Per kg

2149

1199

Each

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

McCain Crispy Oven Chips Assorted, 750g

4799

3899

Each

First Choice Long Life Milk Assorted, 1.5 Litre

BUY 3 FOR

PnP Carrots 1kg

Sunlight 2 in 1 Auto Washing Powder 2kg

139

99

Become a smart shopper points millionaire See in store for the weekly participating products Terms and conditions apply.

1175812_390 X 260

www.pnp.co.za

11 February – 10 March

Pampers Active Baby Jumbo Pack Nappies Size 2 New Baby Mini 94s, Size 3 Midi 82s, Size 4 Maxi 70s, Size 4+ Maxi Plus 62s, Size 5 Junior 58s or Size 6 X-Large 54s Per Pack

Always there for you

PRICES VALID 19 – 24 FEBRUARY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO, EXPRESS AND DAILY STORES. smart points will still apply in Express and Daily Stores. LIQUOR NOT FOR SALE ON SUNDAYS IN KZN, GEORGE, KNYSNA, MOSSEL BAY AND WESTERN CAPE EXCLUDING CANAL WALK LIQUOR STORE.

PnP Toilet Tissue Assorted, 9 x 2 Ply Per Pack

99

99

Addis PVA Butterfly Mop and Rectangular Bucket

NOW ONLY

2000

19999 SAVE 100.00

House of York Deluxe Ironing Board

PLUS EARN POINTS www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Tot 800 km/h is vervelig – Noble Elsabé Brits

DIE bestuurskomitee van die Boegoeberg­eko­roete is van links, voor: Ryna Blaauw, Spook de Witt, Carin Hüsselman, Linda Burger, Wollie Burger, Chris Voster en Quinten Taljaard; agter: Francois Slabber (fasiliteerder van die werksessie). Foto: Lizette Slabber

Plan vir roete goed op koers Lizette Slabber

DIE bestuurskomitee van die Boegoebergeko-roete het op Saterdag 16 Februarie ’n werksessie gehad om te kyk na die doelwitte wat gevolg moet word om dié omgewing van Boegoeberg af tot naby Upington te bemark. Volgens Carin Hüsselman, voorsitter van die bestuurskomitee, was dit nodig om koppe bymekaar te sit om eerstens op die regte pad te kom wat bemarking van die omgewing betref en ook hul kort- en langtermyn doelwitte

te bepaal. “Ons kry geen geldelike hulp van die regering af nie en is ’n nie-winsgewende organisasie. Daarom moet ons seker wees van dit wat ons aanpak. “Ons het nie die tyd of die geld om op projekte te mors wat nie vir ons omgewing gaan werk nie.” Vir enige inligting oor die Boegoeberg-ekoroete besoek die webwerf www.boegoebergecoroute.co.za. Rig ook navrae aan Hüsselman by 082-445-8984.

OM teen ’n supersoniese spoed te jaag voel aan die einde van die rit asof “jy deur die kern van die aarde beweeg”. Richard Noble, projekleier van die Bloodhound- supersoniese motor (SSC) wat nou ontwikkel word, weet hoe dit voel om regtig te jaag. Hy was van 1983 tot 1997 die landspoedrekordhouer nadat hy in die Black Rock-woestyn in Amerika 1 020,406 km/h met Thrust2 behaal het. Bloodhound is die vierde landspoedrekord waarby hy betrokke is met Andy Green agter die stuur. Hoe voel so ’n lopie? “Van nul tot so 450 km/h gly die kar baie na die kante. Daarna, tot by 800 km/h, is dit vervelig. Dán begin jy elke stukkie detail op die grond sien, elke spikkel. Dit is asof alles in stadige aksie afspeel terwyl jy voortsnel. Jy gaan vinniger en vinniger. “Sodra ’n mens begin rem, gebeur iets vreemds. Dit voel kompleet asof jy deur die middel van die aarde – deur sy kern – ry. Jy sien dit. “Die eerste keer toe ek dit ervaar het, was ek so bekommerd. Ek het gedink iets is verkeerd met my. Dit is egter deel van die skielike vermindering van spoed,” het hy telefonies aan Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, gesê.

Hulle is egter nougeset dat die projek klinies moet wees. Dit gaan nie om opwinding nie. “Die bestuurder moet glad nie ’n sensasiesoeker wees nie.” Bloodhound SCC sal waarskynlik teen die einde van die jaar na Hakskeenpan kom om die eerste proeflopie te doen, “maar alles hang af van hoe vinnig ons vorder. Dan mik ons net om met ’n gewone vuurpyl dalk ’n supersoniese spoed te haal”. Die span sal dan teen einde 2015 of begin 2016 terugkeer met die spesiale en nuut ontwerpte hibriedvuurpyl om die teikenspoed van 1 610 km/h te haal. “Dit is moeilik om te sê wat dit gaan kos. In dié stadium is dit £9,3 miljoen (sowat R130 miljoen) en na raming sal dit £21 miljoen (sowat R294 miljoen) wees. Soveel soos ’n Formule 1-naweek.” Die geld kom alles van borge wat publisiteit kry, want alles wat Bloodhound doen, word wêreldwyd bekend gemaak – regstreeks soos dit gebeur. Die rekords gaan uitgesaai word en mense sal selfs die data van die motor kan sien, asook die hele rit. “Om deel te wees van so ’n projek is die opwindendste ding op aarde,” het Noble gesê. Die publiek kan hul name op die motor se stertvin kry – daar is reeds 15 500 belangstellendes – deur £10 (sowat R140) te betaal.

Tesourie moet ingryp André Botha DIE nasionale tesourie moet nou ingryp in die Mier-munisipaliteit wat skynbaar op die randjie van bankrotskap staan, het Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, Donderdag gesê. Die party gaan ’n brief aan die provinsiale tesourie skryf om te vra dat afdeling 216(2) van die Grondwet teen die munisipaliteit in werking gestel word. Dié afdeling bepaal dat die tesourie die oordrag van geld na enige staatsinstelling mag stop as die betrokke instelling ’n ernstige of aanhoudende oortreding van voorgeskrewe rekenpligtige praktyke, eenvormige uitgaweklassifikasie en eenvormige tesourienorme en -standaarde begaan. Die tesourie het vroeër aangedui dat dié afdeling moontlik teen Mier ingestel kan word. Volgens Louw het die munisipaliteit in Januarie gesukkel om salarisse te betaal. Hy sê dat die munisipaliteit nie salarisse kan betaal nie, is ’n rede vir ’n ingryping op

Skep asem BY die idiliese Oranjerivier op ’n luilekker Sater­ dagmiddag met ’n uitsig op Swart­ kop. Goue sons­ ondergange be­ klemtoon die skoonheid van dié uitsig op die warm somers­ aande wat ons nou het. Foto: Anena Burger

hoë vlak. “Die munisipaliteit kan duidelik nie sy finansies bestuur nie en het dringend leiding en ’n ferm hand nodig.” Die tesourie het reeds die artikel op die Nala-munisipaliteit toegepas. Dit het vrugte afgewerp en die tesourie kon aan die begin van Februarie die opskorting van nasionale toelaes terugtrek. Dit wys doelgerigte optrede teen instansies wat nie aan die vereistes voldoen nie, werp vrugte af en is ’n goeie rede om dit by ander munisipaliteite ook te doen. ) Die nasionale tesourie het vroeër gesê verskeie stappe en prosesse moet gevolg word voordat besluit word of afdeling 216 (2) wel op die munisipaliteite toegepas sal word. Die Noord-Kaapse tesourie en die departement van samewerkende regering sal binnekort ’n strategiese ondersteuningsplan finaliseer. Dié plan sal aan die minister van finansies voorgelê word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

9

Achievers rewarded for work ON Wednesday last week the plant management team of the Sishen Mine presented the GM Achievers’ Awards follow-up function for achievers from the plant. This function is an extension from the original function that was held in November 2012. After opening and welcoming the nominees, the plant manager, Paul Fouché, presented the winners with certificates in recognition of their outstanding performance during 2012. The group enjoyed a lunch at the Albatross Restaurant in celebration. Congratulations to the following winners: Derick Delport, Bradley Cloete, Joseph Seas, LeRoy Hannie, Jacques Hofsta, Joseph Bevu, Mbulelo Toli, Hulett van Wyk, Thuto Molokedi, Jean Perre du Preez, Itumeleng Rattle, Jakes van der Westhuizen, Jeremia Louw, Marius Visser, Hendrik Botha, Trevor Tities, Anthony Small, Gavin Mocumi, Benson Toto, Francois Nel, Joseph Mooketsi, Wesley Bogale, Ehmin Gouws, Wouter Vollgraaf, Dion Schickerling, Lize Viljoen, Hannes van Zyl, TJ van der Westhuizen, Ben Rust, Chris Erasmus, Danie Pienaar, Danie Lombaard, Pieterjan le Roux, Johan le Grange, Nico Spangenberg, Pieter Groenewald, Neo Butsile, Ruel Baloyi, Gerhard Bester and Nominyaka Magida.

THE plant achievers with the plant management team.

Photo: Supplied

Herstel mooi danksy goeie versorging

MCSA/OLD MUTUAL/KALAHARI B/4290/E

DIE hond wat dié feestyd so lelik seergekry het, het pragtig herstel. Verlede week is al die steke uitgehaal en helpers van die Kuruman­dieresorgvereniging gaan elke dag met hom stap om sy heup en been weer sterk te kry. Foto: Sonja Grobler

OUR CONSOLIDATION LOAN COMES WITH A PLAN THAT SUPPORTS YOU

The Mashonisa doesn’t want to help you get out of debt, he just wants to keep you in debt. At Old Mutual, we don’t just consolidate, we provide you with a plan to manage your debt, based on your own financial situation. So instead of getting something that will lead to crippling debt, you get a loan that suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt.

GET A LOAN THAT’S RIGHT FOR YOU – VISIT A BR ANCH, SMS YOUR NAME TO 41575 OR VISIT WWW.OMFINANCE.CO.ZA

Finance Terms and Conditions Apply

Old Mutual Finance is an Authorised Financial Services and Registered Credit Provider


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Skool bou spangees Annerie Louw

MARINA LANDMAN (regs) ontvang ’n ruiker van die skoolhoof van KCA, Deirdré Nieu­ woudt. Foto: Jandri Coetzer

KCA stel nuwe onderhoof aan Annerie Louw

MARINA LANDMAN is as onderhoof by die Kuruman Christian Academy (KCA) aangestel. Sy kom van Hennenman in die Vrystaat waar sy tien jaar gebly het. Sy het twee jaar gelede na Kuruman verhuis. “Die Kalahari het diep in my hart gekruip,” sê Landman. Sy het deeltyds aan Unisa gestudeer en die graad B.Ed. behaal. Sy beplan om in 2014 ’n honneursgraad in wiskunde te doen. As natuurliefhebber hou sy van kampeer. “Ons doen gereeld 4x4-roetes saam met die Gecho’s en dit eindig altyd in ’n avontuur. “Ek dank die Hemelse Vader vir al die seëninge, talente, wonderlike mense en besonderse skoolkinders wat Hy op my pad gesit het. Sonder Hom is ek niks.”

DIE personeellede van die Kuruman Christian Academy (KCA) het die naweek van 8 Februarie ’n spanbounaweek op die Pro Regno-kampterrein buite Barkly-Wes gehou. Johan Raath (pastoor van die Kuruman Christian Church) en Pierre Strydom (jeugbediening) het die aanbieding vir die personeel gedoen. Milla Januarie, onderwyser vir die ontwikkelingsklas, sê: “Dit was ’n slag nodig om weg te kom van die skoolwerk en as ’n span saam te kuier. Die spanbou was wonderlik. ’n Mens raak so behep met die skoolwerk dat jy by mekaar verbystap en mekaar later nie meer ken nie.” Chalene Pretorius, onderwyser verantwoordelik vir Engels, aardrykskunde en besigheidstudie vir gr. 10 en gr. 11 en ekonomiese bestuurswetenskap vir gr. 8 en gr. 9, sê: “Die geleentheid om spangees op te bou is belangrik om die skool positief aan die gang te hou.” Annatjie Kleingeld, onderwyser verantwoordelik vir die gr. 2’s, sê: “Dit was fantasties en het baie gehelp vir samewerking. Ek wou eers nie gaan nie en is eindelik so bly ek het gegaan.”

DIE personeelle­ de moet baie ver­ sigtig deur same­ werking vorentoe op die planke be­ weeg. Foto’s: Jandri Coetzer

SO tussendeur die konsentreer en lag deur het die personeelle­ de van die KCA behoorlik span­ gees gebou.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

VETUS SCHOLA PROTECTION SERVICES and Sishen Mine Protection Services ready for action.

Photo: Mandi Jordaan

Ready to protect mine SISHEN MINE PROTECTION SERVICES, in cooperation with Vetus Schola Protection Services, recently embarked on a refresher training session to ensure that the two groups could work together effectively as a team during any security related incident that may occur at the mine. The training commenced with some members jointly participating in a handgun and shotgun

refresher training course, as well as the tactical use of less lethal weapons such as pepper ball guns. Vetus Schola recently replaced some of its older armoured vehicles with newer Nyala vehicles to enhance their operational capability. Sishen Mine in turn purchased a rapid deployment razor trailer which will be used to rapidly deploy a razor barricade over a

distance of up to 300 m to secure vulnerable areas during emergency situations. The team members each received training in the practical deployment and collection of the razor wire. Further to this, the team embarked on refresher training in terms of crowd management and riot control to ensure that they were able to effectively protect employees and assets in riot situations.

Entrepreneur has big plans OMPOLOKILE MMUSI is the owner of Onolo’s Hair Salon based in Maruping village. Her dreams of running a successful business became a reality after she had received a business loan from Anglo Zimele in November 2011. The loan enabled her to upgrade from a shack hair salon with little resources to a wendy house hair salon with basins and a salon station. Mmusi also has an attractive business billboard, which advertises her business, placed on the side of the main road of Maruping. “Receiving the business loan has changed my life immensely,” said Mmusi. “The loan did not only help me to reach my dreams, it boosted my selfconfidence. Now I believe that I can accomplish anything that I set my mind to because there are companies like Anglo American that are willing to help,” she said. She also added that she felt even more confident after she had received an award from TrioPlus for her diligence and repaying her loan instalments in time. Mmusi said her plans for the future included employing people to help combat unemployment. “Indeed, anything is possible if you knock on the right doors.”

STEFANIE ROODT, manager of Trio­Plus, hands over the Diligence and Con­ sistent Anglo Zimele Repayment Award to the proud owner of the Onolo’s Hair Salon, Ompolokile Mmusi. Photo: Supplied

Kathu en omgewing nou sonslim DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het onlangs ’n Sonslim-bewusmakingsprojek by Kathu Village Mall gehou. Die doel daarvan was om die publiek bewus te maak van die gevare wat UV-strale vir die mens inhou. Die uitstalling was in geel en swart wat sommer dadelik die aandag getrek het. Al die Kansa-vrywilligers was in geel getooi en dit het goed by hul vrolike stemming gepas. Die boodskap van hoe belangrik dit is om ’n hoed te dra, sonskerm aan te smeer, ’n 400 UV-beskerming sonbril te dra en tussen 10:00 en 15:00 die son te vermy, het groot indruk gemaak. Die gratis Health Risk Assessment het ’n wonderlike geleentheid geskep vir die gemeenskap om ’n risikobepaling te doen. Kansa het ook besoek gekry van talle Black Rock- en Hotazel-inwoners wat die fei-

KANSA se Sonslimprojek op Kathu. te rondom ’n kankervrye wêreld baie ernstig opneem. Kansa bedank graag die bestuur van Kathu Village Mall vir hulle goedgunstigheid en ook die publiek vir die belangstelling en ondersteuning. Kansa moedig graag elke lid van die gemeenskap aan

Foto: Verskaf

om op groot of klein skaal by Kansa betrokke te raak. Miskien sien jy net kans om een keer per maand ’n SMS te stuur, of dalk te kom help met ’n projek. Dalk sien jy kans om iemand te versorg of ’n familie deur die proses te help. Skakel 081-356-9947 of stuur ’n epos na mbam@cansa.org.za

Lol met lokke vir Kansa DIE KANKERVERENIGING VAN SUID-AFRIKA (Kansa) vier sy tiende Shavathon van 25 Februarie tot 2 Maart. Mense kan hul hare laat skeer, sproei, stensil of jel. Kansa moedig almal aan om deel te neem. Die Shavathon word in die werkplek of in winkelsentrums aangebied. Vanjaar is die eerste jaar dat mense ook hul hare kan laat jel. Rig navrae oor die Shavathon aan die Upington-kantoor by 054-332-4937 of die Kathu-kantoor by 081-356-9947.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Skool vier Valentynsweek Annerie Louw VALENTYNSDAG het nie ongesiens by die Hoërskole Kalahari en Daniëlskuil verbygegaan nie. Die woordvoerder van Kalahari, Dalene Coetzee, sê by dié skool is ’n hele Valentynsweek aan hierdie sosiale interaksie tussen die geslagte gewy. Daar was elke dag iets spesiaals vir die leerlinge tydens pouses deur die uitvoerende raad se sosiale komitee aangebied. Daar is byvoorbeeld ’n fotohoekie, ’n sokkie, ’n koekverkoping en rose wat te koop was. Daar is ook piekniek op die gras gehou. Die skool is met plakkate en hartjies versier. Die onderwyseres wat die sosiale komitee met die reëlings ondersteun het, is Charlene Botes. ) Die Hoërskool Daniëlskuil het ’n Mnr. en Mej. Valentyn gekies.

LEERLINGE wat vir die Valentynstema aangetrek het, is van links Candice Boekhouer, Nazli Boer, Michaela Boucher, Alvira Assegaai, Andrea Harmse en Tushrick Harmse. Foto’s: Dalene Coetzee

DIE seuns het self vir Valentynsdag in wit en rooi ge­ pryk. Van links is, voor: Manro Mey­ er en Erlu Jonck; agter: Clayton de Kock, Waldo de Beer, Ettienne Erasmus, Len Ba­ denhorst, Dylan du Plessis en Jeanno Marthi­ nus.

DIE Hoërskool Daniëlskuil se Mnr. en Mej. Valentyn is Tlotlego Adam en Andrea Bezui­ denhout. Foto: Nadia van Wyk

Gr.10’s sit kos op tafel op hotelaand DIE Hoërskool Kalahari het verlede Vrydag sy jaarlikse senior dinee in die skoolsaal gehou. Die uitvoerende komitee van die skool was vir al die reëlings verantwoordelik. “Geen ouers het gehelp nie, net die leerlinge het gewerk om die saal mooi te maak,”

sê Dalene Coetzee, woordvoerder van die skool. Dit was die gr. 10-leerlinge se hotelaand en hulle het die kos voorberei. Die tema was Vintage met die kleure rooi, swart en wit.

OP die dinee was van links Dimpho Baicomedi, Botshelo Sekobe, Thato Mokomele en Oratile Molusi. Foto: Dalene Coetzee

NOG leerlinge op die dinee was van links Jarike du Plessis, Jaco Venter, Wikus Botha, Su­ma­ rie Venter, Lauren­Leigh Albutt, Tessa Erasmus en Raquel de Bruyn. Foto: Dalene Coetzee


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Busdiens staan stil “Charné Kemp DERDUISENDE Noord-Kaapse leerlinge was Maandag by bushaltes gestrand nadat skoolbusoperateurs gestaak het omdat hulle vanjaar nog nie betaal is nie. Die leerlinge, van Prieska tot Kakamas, kon nie by hul onderskeie skole uitkom nie. Dit is glo die tweede keer vanjaar dat die departement van vervoer en veiligheidskakeling betaling beloof, maar dit nie doen nie. Ken Dugmore, voorsitter van die Noord-Kaapse Skoolvervoerdienste, sê hulle het hul dienste gestaak totdat hulle betaal word. “Sedert die begin van die jaar kon die departement nog nie kontrakte met ons sluit nie. Die departementshoof, Steven Jonkers, daag nooit by vergaderings op om probleme uit te stryk nie. “Die LUR, Patrick Mabilo, het in Januarie gevra dat ons die kinders asseblief net skool toe neem, al is die kontrakte nie gereed nie. Dit is ’n maand later en niks het gebeur nie. “Daar is steeds geen kontrakte of permitte nie. Die operateurs was dus onwettig op die pad. Geen tariewe, betaling en roetes is bevestig nie. Ons kan nie in dié soort chaos en onsekerheid werk nie. Ons is nie eens seker of ons vir Januarie betaal gaan word nie. “Intussen moet verlede jaar se probleme ook nog opgelos word. Ons het in November met die departement vergader. Nóg die LUR nóg die departementshoof het opgedaag. “Ons het ons besluite en voornemens aan hulle gestuur, sonder enige reaksie. Operateurs wat goeie dienste lewer, is vervang met nuwes van ander provinsies. “Ons is moeg gespartel, want ons kry geen antwoorde, geen reaksie en geen hulp nie. Sommige operateurs is al vyf maande nie betaal nie. “Die departement het sy kontrak met ons verbreek. Ons word nou deur skuld ingehaal en beleef ’n geldelike krisis. “Ons wil net ’n vergadering met die besluitnemers belê sodat ons verlede jaar en vanjaar se probleme eens en vir altyd kan oplos. Ons vertrou dat hulle vinnig sal reageer.” Lebogang Majaha, die departementele woordvoerder, wat op die provinsiale ANC legotla onbewus van die staking was, het gesê hy sal nog reageer.

Competition boasts skills SAGAMANG EVENTS & TRADING organized an exciting spelling bee competition at the K.P. Toto High School in Bathlaros. The manager, Naledi Seretse, says the spelling bee competition dates back to 1925 in the United States of America and many competitions has been held worldwide ever since. The competition played a significant role in the learners’ spelling skills and helped them to acquire lifelong skills.

THE winners of the spelling competion are from the left Oboitshepo Kilelo of the Remmo­ go High School, Sophia Mochwaro, teacher at the K.P. Toto Technical and Commercial High School, Masedi Kgatlhane of the Baitire­ di Technical and Commercial High School and Kagiso Mohaladi of K.P. Toto. Photo: Naledi Seretse

13

Leerlinge leer ken mekaar ELKE jaar bied die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas vir sy onderskeie graadgroepe kampe aan sodat die leerlinge mekaar beter as ’n graadgroep kan leer ken en só die jaar as ’n groep kan aanpak. Die gr. 9’s het by Die Mas

gekampeer, die gr. 10’s by Die Punt, die gr. 11’s by Khamkirri en die matrieks het by die Augrabieswaterval- Nasionale Park gaan kampeer. Almal het gelag, geswem, te veel geëet, te min geslaap en is nou reg om saam met die senior raad 2013 aan te pak.

AC JOUBERT, MP van Rooyen en André Agenbag wys hoe ’n lynstaan behoort te lyk.

AL die gr. 11’s by Khamkirri waar hulle hul graadkamp gehad het.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

T.P. Chiri

MAK, GRYS KOKKETIELWYFIE weggeraak in Breëstraat-omgewing, Kuruman. Indien gevind, skakel 082 293 2188.

2 STORE , Industriële gebied Kuruman. 60vk meter R1 600 en 84vk meter R2 400 per maand. Skakel 083 524 4995.

1,8-M-VERTOONYSKAS: R22 000 ohb. 10-brander-gasbraai, R8 000 ohb. 530-l-Defy-vrieskas, R4 500 ohb. Yskaste onder waarborg (nog nuut). Skakel 083 963 5723.

1 SLAAPKAMER, badkamer, sit-/eetkamer, kombuis. Woonstel te huur. GEEN AGENTE. Skakel 072 477 7835.

ASSISTENT- BESTUURDER benodig vir gastehuis. Moet geen afhanklikes hê nie. Goeie menseverhoudings, onder druk kan werk. Fleksi-ure kan werk. Moet kan inwoon. Rybewys 'n vereiste. Kompeterende salaris. Stuur CV na amaziahbb@yahoo.co.uk Sluitingsdatum 4 Maart 2013. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.

AMERICAN PITBULL Terrier puppies for sale. Both parents registered. Vaccinated. R1 200. Phone Selma 072 381 4311.

SEKURITEITSWAGTE MET PSIRA-geregistreerde Graad A, B, C of D en met geen kriminele rekord gesoek in die Noord-Kaap. Faks volledige CV na 053 831 2488 of na fs@senforce.co.za

KANARIES TE KOOP. Skakel 078 4424 103 of 053 712 3646.

WE NEED A QUALIFIED TLB operator to start work immediatly. Must have all necessary documentation and a valid licence to operate a TLB. Please fax CV and documentation to 053 712 3147.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991.

In die boedel van wyle Tsatsi Piet Chiri, identiteitsnommer 400106 5533 089, getroud binne gemeenskap van goed met nagelate eggenote Martha Chiri, identiteitsnommer 500725 0316 080. woonagtig in Huis 2873, Slagpaal, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer: 10328/2011. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

J.H. Poolman

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

T.S. Choenyane

Big Save Pools and Lapa: Januarie special. 5x3 Pool R30 000 6x4 Pool R35 000 6x4 Lapa R15 000 8x3 Pool R40 000 Bennett:079 124 7713

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

14

GROOT, RUIM 6slaapkamerhuis, groot leefarea, eetk, stoep. Op plaas 18 km vanaf Hotazel. R22 000, krag en huishulp uitgesluit. Ideaal vir kontrakteurs. EENMAN-WONINGS te huur 18 km van Hotazel op plaas. R6 000 per woning, water en krag ingesluit. Skakel 076 805 4557. KURUMAN: 3 slk, 2 badk, sit/eetkamer, TV-kamer, swembad, d/motorhuis. R15 000 p.m. Beskikbaar 1 April 2013. Skakel Louise 083 294 6453. KURUMAN: 4 SLK, 2 badk, swembad, dubbelskadunet parkering. Sekuriteitsheining en hek. R10 000 p.m. Skakel Ernest 083 283 5568 of Jaco 078 099 9003. KURUMAN: 5/6 slk, 2 badk, 2 kombuise, ideaal vir kontrakteurs. Ook geskik vir wooneenheid en kantore. Geleë in Hoofstraat, Kuruman. Onmiddellik beskikbaar.Prys ohb, verval vir langtermynkontrak. Skakel Alta 072 761 5941.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Johannes Hendrik Poolman, getroud buite gemeenskap van goed met Anna Danielina Elizabeth Poolman, woonagtig te Plaas Langley, Kuruman. Boedelnommer: 241/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skude te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

M.A. Baruni AFFORDABLE LOANS: MONTHLY EARNERS ONLY Up to R15 000. Call/SMS 072 432 0243

1988 TOYOTA 2800D, R45 000. 1997 Toyota 2400D, R43 500. Phone Thinus 072 472 8686. 1996 HARDBODY 2500D, R32 500. 1999 Courier 2500TD, R26 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409.

COROLLA 1600, 2003: R65 000. 2001 Corolla 1300: R42 500. Phone Thinus 072 472 8686. MAZDA 1600, 1996: R22 000. 1996 Sentra 1600: R24 000. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409. MAZDA 1600, 2000: R32 500. 1999 Astra 200i: R32 500. Phone Thinus 072 472 8686. WANT TO SELL YOUR CAR? Please what's app 071 967 0285 or SMS info 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Monare Alben Baruni, identiteitsnommer 190206 5166 080, getroud binne gemeenskap van goed, met nagelate eggenote Annah Seonyatseng Baruni, identiteitsnommer 530330 0222 083 woonagtig te Huis No 1110A, Takeng, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1626/2012. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

In die boedel van wyle Tlapi Sarie Choenyane, identiteitsnommer 240916 0202 082, ongetroud, en in lewe woonagtig te Huis No E7, Dinokaneng Seksie, Tsening, distrik Kuruman. Boedelnommer: 8818/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

V.M. Kameel

In die boedel van wyle Victo-ria Motsetane Kameel, identiteitsnommer 690615 0649 087 en nagelate gade John Kameel, identiteitsnommer 600318 5065 087 van Mopanistraat 53, Kathu 8446. Boedelnommer: 2193/2011 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 22 Februarie 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros Kuruman. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

PLAAS TE KOOP PER TENDER DIBENG/KORANNABERGOMGEWING

Tenders word ingewag vir die verkoop van: Die Restant van die Plaas Lymington 423 Geleë in die Afdeling Kuruman Groot: 1722,2960 hektaar Tesame met +- 40 springbokke, +- 40 blesbokke, +- 15 gemsbokke en 'n paar volstruise. Die eiendom is verbeter met 10 kampe, 2 toegeruste boorgate, hanteringsgeriewe, 'n woonhuis en buitegeboue. Tenders moet gedoen word in rand per hektaar plus BTW en moet ingelewer word in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & Van der Merwe, Prokmetsentrum, Hoofstraat, voor of op Maandag 11 Maart 2013 om 14:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word teen 15 Maart 2013. Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is ter insae by Duvenhage & van d e r M e r w e , Prokmedsentrum, Kuruman. NAVRAE: Fanie van Zyl 053 712 1064/5/6 of selfoon 072 376 3143. E - p o s - a d r e s : dvdm@dvdmprok.co.za Posbus 63 Kuruman 8460

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

15

Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is situated in the town of Lime Acres, 165km west of Kimberley in the Northern Cape. The Mine is currently mining at a depth of 630 meters using mechanised trackless block-cave mining.

HR Officer The successful candidate will be responsible for the execution of a variety of processes within the HR Technical Training Section, with specific focus on service delivery, training coordination, ISO and training systems. Tasks and responsibilities: • Capture data on the training database • Generate training reports • Control data on the HR system • Gather information for WSP and ATR • Issue all certificates for licences • Capture and manage expiry dates for legal training interventions • Compile reports on total expenses for training hours lost • Conduct training needs analyses for Finsch employees and contractors • Manage the ISO 9001/208 system for audits • Maintain qualifications, IDPs and filing systems • Prepare system design specifications according to information needs • Perform system user testing (rollout of VIP training module) • Develop and write reports on VIP as required by line and training function • Undertake monthly reporting and interpretation of data, eg training events, non-conformance, legal training tracking • Examine improvements for effectiveness and efficiency of systems and processes and make recommendations (this could include examining the efficiency of data input methods and design of input forms). Minimum requirements: • A Grade 12 and a Certificate in Human Resources or equivalent • 3 years’ experience in an HR environment • Proven computer literacy in the MS Office suite • Experience in a service delivery environment • Advanced Excel skills (essential) • 2 years’ system administration experience. Other skills/competencies: • Good report writing skills • Knowledge and application of training processes • The ability to communicate effectively (written and verbal) • Training system experience would be an added advantage • Planning, coordination and prioritisation skills • Attention to detail • Trustworthiness • Sound customer relations. (Ref. FINSCH057) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidates is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele. Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies) and forward this, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 28 February 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. www.humanjobs.co.za

Human Communications 95728


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

17

Staan kinders enduit by AMC FUNERALS identifiseer graag behoeftes in die gebiede waarin hul kliënte woon. Hulle het 15 minder bevoorregte leerlinge van die Sesheng­ Primêre Skool in Loopeng/Slough van nuwe rokke, hemde, broeke, baadjies en skoene voorsien. Hulle het verder onderneem om die 15 kinders elke jaar te help totdat hulle hul primêre skoolloopbaan voltooi het. Hier is van links Michael Disang (bemarkingsdirekteur van AMC) sy vrou, Lucy, en Jones Disang (skoolhoof van die Sesheng­ Primêre Skool) saam met lede van die skool se beheerraad en die 15 leerlinge. Foto: Verskaf

DIE komiteelede is van links, voor: Anja van Eeden, Chummy de Bruin, Koenie van Eeden en Annatjie du Bruyn; agter: Frans Cloete, Adele du Plessis, Johan du Bruyn, Venetia Schreuder, Japie Schreuder, Francine Noeth en Lizelle Sterley. Afwesig: Willie de Bruin, Alwyn Noeth en Org Delport. Foto: Verskaf

Skool hou reünie

“ALLE bobbejaantjies, klap jul handjies . . . daar’s ’n groot fees, daar’s ’n groot fees . . . ” Soos dié bekende liedjie dit wil hê, beplan die reëlingskomitee van die Laerskool Vanzylsrus ’n reünie op 30 en 31 Maart vanjaar. “Party dinge gebeur net een maal en ek meen dit gaan ook so ’n geleentheid wees,” sê die organiseerder Chummy de Bruin. “Daarom moet mense dit nie misloop en later spyt wees nie.” Die komitee, asook die

hele gemeenskap, doen baie moeite om geleenthede te skep om die kuierfees so gedenkwaardig en spesiaal moontlik te maak. ’n Groot tent gaan opgeslaan word. Die plaaslike Kansagroep voorsien piekniekmandjies en ds. Kobus van Tonder en sy vrou, Hannelie, sal die Saterdagaand ’n skaapbraai aanbied. Sondag sal die Hotel Vanzylsrus bewys waarom niemand meer daar verbyry nie. Plekbespreking moet voor 4 Maart gedoen word.

De Bruin doen ’n ernstige beroep op belangstellendes, want omdat die dorp so afgeleë is, moet voorsiening gemaak word. Interessante uitstappies deur die skool, koshuis en museum word beplan en oudleerlinge sal ook uitstallings hou. Die plaaslike kunsklub, sowel as die hotel, het stalletjies. Geld is dus ’n baie belangrike faktor vir die naweek. Rig navrae aan De Bruin by 082-772-4753.

Seisoen se eerste toernooi beslis Annerie Louw DIE eerste georganiseerde toernooi van die 2013-tennisseisoen is verlede Saterdag op Kathu gehou. Tien mans het in twee spanne teen mekaar in enkelspel- en dubbelspelwedstryde meegeding. Dawid van der Berg, die woordvoerder van die Kathu-tennisklub, sê: “Spel het om 16:30 begin, maar is deur ’n reënbui ontwrig. Ná die reën is die bane drooggevee en spel is hervat.”

Dit het veroorsaak dat die prysuitdeling eers om 20:00 kon plaasvind. Die formaat het behels dat vyf rondes, bestaande uit vier enkelspelpotte en agt dubbelspelpotte, gespeel is. Die wenspan was Gielie Loots, Hanru Nelson, Marinus Hanekom, Jacques Smith en Dawid van der Berg. Die naaswenners was Schoeman Botma, Jannie Loots, Wynand de Villiers, Jaco Louw en Frikkie van Tiddens.

Die organiseerders was verheug dat die junior spelers so goed ingeskakel het. Almal was dit eens dat die dag ’n groot sukses was en dat die wedstryde in ’n goeie gees plaasgevind het. Die spelers is ook baie dankbaar vir die borge wat die dag ondersteun het. “Daar word met groot verwagting uitgesien na die volgende tennisdag – die jaarlikse aandtoernooi wat teen die einde van Februarie sal plaasvind,” sê Van der Berg.

Verbeter rekords ATLETE van die La­ erskool Kuruman wat rekords verbeter het op die Ga­Segonya­ na­streekbyeen­ koms verlede Woensdag is van links, voor: Poloko Khoana (seuns o.11, 70 m­hekkies), Ser­ gio Jacobs (seuns o.13, hoogspring) en Kutlo Molema (seuns o.12, hoogspring); agter: Sabrinah Phil­ lander (meisies o.12, hoogspring) en Jové van Zyl (meisies o.11, gewigstoot). Foto: Hester Engelbrecht


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

FAK soek nasate van Groot Trek-leiers WAT is jou van? Dalk Cilliers of Maritz of Potgieter of Uys? Of miskien Pretorius, Retief of Trichardt? As deel van die Groot Trek se 175-herdenking is die FAK op soek na soveel moontlik van die jong nasate van Trekkerleiers. Die nasate moet die naam van die betrokke Trekleier dra. Elkeen van die geïdentifiseerde nasate sal op ’n FAK-glansgeleentheid op 13 Junie vanjaar ’n spesiale herdenkingsertifikaat ontvang. Skakel die FAK-kantoor voor 1 Mei vir ’n inskryfvorm. Vir verdere inligting skakel 012-301-1777 of stuur ’n epos na fak@fak.org.za )Vir diegene wat in die Groot Trek belang stel, het Maroela Media ’n sosiale mediaveldtog met betrekking tot die Groot Trek se 175 jaar-feesviering begin. Lede van die publiek

VAN links is Atie Kamper, kunstemarkorganiseerder, Marlize Beukes, bemarkingsbe­ stuurder van Vodacom vir die Vrystaat en Noord­Kaap, en Lucas Swart, terreinorgani­ seerder. Foto: Conrad Bornman

Kry nou feesstalletjie PIET RETIEF se foto op sy Facebook­blad Foto’s: Facebook kan op Facebook gaan kyk wat 175 jaar gelede met Louis Trichardt, Hendrik Potgieter, Anna Steenkamp, Piet Retief en Dingaan gebeur het.

HENDRIK POTGIETER se foto op sy Facebook­blad. Daar sal daagliks op hul Facebook-blad interaksie tussen die Trekkerleiers, Trekkers, vyandiges en ander Groot Trek-belangepartye plaasvind.

VOORNEMENDE uitstallers word aangemoedig om nou reeds aansoek om stalletjies op vanjaar se Vodacom-kunstemark van die Vryfees te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 20 Maart. Vanjaar se Vryfees is van 9 tot 14 Julie. Atie Kamper, kunstemarkorganiseerder van die Vryfees, sê die Vodacom-kunstemark is ’n ware kunsmark wat op kreatiwiteit en kunssinnigheid fokus. Voorkeur word aan hand- en tuisgemaakte produkte gegee. Plaaslike kunstenaars van die streek sal sterk oorweeg word. ’n Keuringspaneel oorweeg verder ook die aanbod en vraag na die produk by die publiek tydens die keuringsproses. “Die Vodacom-kunstemark groei

jaarliks en verlede jaar is sowat 379 stalletjies gekeur. Die gratis toegang tot die kunstemarkterrein en parkering moedig sterker koopkrag van markprodukte aan,” sê Kamper. Meer as 100 000 mense besoek die kunstemark in die ses dae wat die fees duur. Marlize Beukes, Vodacom se bemarkingsbestuurder, sê hulle is opgewonde om weer betrokke te wees by die Vodacom-kunstemark en sien uit na ’n nog groter Vryfees. Pensioentrekkers ontvang 10%-afslag op die huur van stalletjies. Voornemende uitstallers kan aansoekvorms vir die kunstemarkstalletjies by die fees se webtuiste www.vryfees.co.za aflaai. Gaan na “feesaansoeke”. Onder Vodacom-kunste-

mark en kosstalletjies is drie vorms: ’n terreinkaart, kosstalletjie-aansoekvorm en ’n uitstalleraansoekvorm. Voltooi die geskikte vorm, skandeer en e-pos dit na atie.kamper@volksblad.com. Dit kan ook na 086-2490017 gefaks word. Stuur ook hiermee saam die bewys van betaling van die R100-administrasiegeld. Die vorm kan ook per hand by die Volksblad-kantoor vir die aandag van Atie Kamper afgelewer word. Belangstellendes kan Atie Kamper op weeksdae tussen 09:00 en 14:00 by 051404-7811 kontak, of per e-pos by atie.kamper@volksblad.com. Volg die Vryfees op Facebook by www.facebook.com/vryfees en Twitter @Vryfees om op die hoogte te bly van die nuutste feesgebeure.

why work there if you could work here...

with true innovation, greater technology, serious career growth.

These are just a few of the extraordinary differences that set us apart from our competitors, and upon joining Sasol, growth and opportunity is inevitable. The following permanent career opportunities are currently offered:

Site Supervisors Requirements: • Grade 12 Certificate or NQF 4 equivalent • excellent MS Office skills • statistical understanding (for report preparation) • excellent admin skills • a Code 14 driver’s licence, Blasting Certificate, Magazine Master and a qualified trade, will be advantageous. (Kolomela Mine – Ref: 11044 • Bruce Mine – Ref: 11045 • Beeshoek – Ref: 11046)

Blaster Requirements: • Surface Blasting Certificate (essential) • Grade 12 Certificate or NQF 4 equivalent (with Maths & Physical Science) • statistical understanding (for report preparation) • relevant product knowledge (explosives, explosives accessories, electronic initiation systems) • minimum 5 years’ surface mining experience • knowledge of and experience in Safety & Health Environment and relevant legislation pertaining to mining and mining operations • computer literacy • a valid Code 08 driver’s licence • a valid Red Ticket (or able to obtain one). (Beeshoek – Ref: 11047)

Should you wish to join our dynamic team, please visit www.sasol.com and then select the relevant position by using the vacancy reference number, to view full job description. Only applications received via our online career centre will be considered. In return for your contribution, Sasol offers excellent career development and growth opportunities and above average remuneration packages, incorporating large-company benefits and relocation assistance.

Closing date: 25 February 2013. Appointment is subject to the verification of credentials. Communication will be limited to short-listed candidates only. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please accept your application as unsuccessful.We thank all applicants for their interest. Sasol is committed to establishing a diverse workforce. 110766 www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

19

Atlete ryg die medaljes in MARIUS DU PLESSIS, ’n bouler van die Kurumanspan, lewer die bal af na die kolwer, Gavin Fincham van Kathu. Foto: Stefan Louw

Kathu knap met kolf Annerie Louw KATHU en Kuruman se krieketspanne het Saterdag op Seodinpark se krieketveld in ’n ligawedstryd teen mekaar meegeding. Kathu het eerste gekolf en 128 lopies aangeteken. Vir Kuruman het die boulers soos volg vertoon: Werner Kleyn het 3 paaltjies vir 19 lopies in 8 beurte gevat. Herbert-Louis Haasbroek het 1 paaltjie vir 9 lopies in 8 beurte gevat. Marius du Plessis het 2 paaltjies vir 18 lopies in 9 beur-

Altesaam 26 skole se atlete het verlede naweek op Hartswater aan die Top20-byeenkoms deelgeneem. Kalahari was agtste. Die atlete het vier goue medaljes, 10 silwermedaljes en drie bronsmedaljes gewen. Die goue medaljes is deur Leoné van Rooyen (hoogspring, meisies o.19), Lezaan van Rooyen (200 m-hekkies, meisies o.15), Boelie Beukes (200 m, seuns o.15) en Werno van Niekerk (spiesgooi, seuns o.19) gewen. Die silwermedaljes is deur Tshiriletso van Wyk (100 m, seuns o.15), Werno van Niekerk (hoogspring,

seuns o.19), Andrew Beyleveld (gewigstoot, seuns o.19), Clinton Toüa (spiesgooi, seuns o.19), Bryan Whitehead (diskusgooi, seuns o.15), Anri van Rooyen (1 500 m, meisies o.17), Boelie Beukes (400 m), Lezaan van Rooyen (90 m-hekkies), Lerisa-Lee van Rooyen (400 m, meisies o.17) en Leoné van Rooyen (200 m) gewen. Bronsmedaljes is deur Anri van Rooyen (800 m), Shane Whitehead (gewigstoot, seuns o.19) en Tshiriletso van Wyk (300 m-hekkies) gewen. Kalahari se o.19-meisie-aflosspan was tweede.

te gevat. Johan Kotze het 2 paaltjies vir 23 lopies in 7 beurte gevat. John Enslin het 1 paaltjie vir 19 lopies in 4 beurte gevat. Kuruman het tweede gekolf en is vir 58 uitgeboul. Kolwers wat goed gevaar het, was: Johan Kotze met 38 lopies en Dirkie Spies met 3 lopies. Kuruman het met 70 lopies verloor. Kathu se man van die wedstryd was Damian Joseph. Hy het 4 paaltjies vir 9 lopies in 9 boulbeurte gevat.

ATLETE en die afrigter van die Hoërskool Kalahari is van links, voor: Madelene van Rooyen (afrigter), Gerdo van der Walt, Lezaan van Rooyen, Chanell Kruger, Nadine van Zyl en Boelie Beukes; tweede ry: Tshireletso van Wyk, Anri van Rooyen, Leonie Hollenbach en Lerisa­Lee van Rooyen; derde ry: Johnny Hollenbach, Ruan Matthews, Alwyn Burger, Leoné van Rooyen en Shane Whitehead; agter: Clinton Toüa, Louis Ellis, Werno van Niekerk en Andrew Beyle­ veld. Afwesig: Bryan Whitehead, Imke van Rooyen en Pierre van der Walt. Foto: Dalene Coetzee

WRENCHVILLE se krieketspelers is van links, voor: Kevin Viret, Russel Keet, Simphiwe Masopa, Werner Buys, Ayrton Heyns en Geran Isaacs; agter: Robert Philander, Henry Corner, Darryl Peacock, Byron Viret, Rick Fortuin, Breyten Buys (kaptein), Jovandré Moorcroft en Neville Bridges (voorsitter). Foto: Verskaf

Wrenchville wen liga Annerie Louw DIE laaste ligawedstryd van die seisoen vir die krieketspan van Wrenchville teen Lime Acres was ’n hoogtepunt vir die span. Hulle het hul eerste seisoen in die liga as wenners in die B-afdeling geëindig. Breyten Buys het die loot gewen en Lime Acres ingestuur om eerste te kolf. Danksy ’n goeie vertoning van die boulers is Lime Acres tot 123 lopies beperk. Buys en Byron Viret het elk drie paaltjies laat kantel en Russel Keet en Ayrton

Heyns twee elk. Kevin Viret het met die kolf uitgeblink en 48 lopies aangeteken. Wrenchville het die wedstryd met sewe paaltjies gewen. Buys is Wrenchville se speler van die seisoen. Hy het 261 lopies aangeteken en 10 paaltjies laat kantel. Werner Buys het 203 lopies aangeteken en Ayrton Heyns het die seisoen met 13 paaltjies geëindig. Hulle is dankbaar dat hulle die Hoërskool Kalahari se veld kon gebruik. Neville Bridges, voorsitter, het gesê hy is dankbaar vir al die spelers se toewyding.

Stof Postmasburg op krieketveld uit DIE Hoërskool Daniëlskuil se krieketspan het verlede week teen Postmasburg gespeel en met 38 lopies gewen. Foto: Nadia van Wyk


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Seodin-atlete oes plekke Annerie Louw

RIAAN DE KLERK seil Saterdag oor die hekkie op die JTG­atletiekbyeenkoms op Kathu. Foto: Verskaf

OP die JTG-distriksatletiekbyeenkoms verlede Saterdag op Kathu het 47 van die Laerskool Seodin se atlete deelgeneem. Die skool se atlete het altesaam 30 eerste en tweede plekke op die byeenkoms behaal en ses rekords is verbeter. Die atlete wat rekords verbeter het, is: Riaan de Klerk (seuns o.13): 80 m-hekkies en 200 m-hekkies. Hy ewenaar ook die diskusgooi-rekord. Bianca Britz (meisies o.13): spiesgooi. Luan van Zyl (seuns o.12): spiesgooi. Quintin Kruger (seuns o.10): gewigstoot. Mariska Blaauw (meisies o.10): gewigstoot. Elf van Seodin se atlete is in die JTG-span ingesluit wat op 2 Maart aan die Noord-Kaap-atletiekkampioenskappe in Kimberley gaan deelneem.

BIANCA BRITZ verbeter die re­ kord in spiesgooi op die Ga­Sego­ nyana­streekatle­ tiekbyeenkoms wat verlede Woensdag plaas­ gevind het. Foto:

Verskaf

Behaal eerste plekke op atletiekbyeenkoms HIERDIE atlete van die Laerskool Kuruman het verlede Saterdag op die JTG­byeenkoms op Kathu eerste plekke in hul onderskeie nommers behaal. Hulle is van links, voor: Jové van Zyl (gewigstoot, meisies o.11), Sergio Jacobs (hoogspring, seuns o.13) en Maduo Bosman (75 m­hekkies, meisies o.13); middel: Mwalimu Vos (70 m­hekkies, seuns o.10), Poloko Khoa­ na (70 m­hekkies, seuns o.11) en Kutlo Borake (100 m, seuns o.11); agter: Sabrinah Phillander (75 m­hekkies en hoogspring, meisies o.12), Motheo Molete (75 m­hekkies, seuns o.12) en Jeandrow Engelbrecht (60 m, seuns o.9). Poloko en Jeandrow het rekords in hul nommers verbeter. Sabrinah het in albei nommers nuwe rekords opgestel. Foto: Hester Engelbrecht


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.