Kuruman Bulletin 22 November 2012

Page 1

22 NOVEMBER 2012

VERSPREIDINGSGEBIED: KATHU, KURUMAN,DANIËLSKUIL,OLIFANTSHOEK,POSTMASBURG,UPINGTON, KEIMOES,KAKAMAS EN GROBLERSHOOP

BONDELS swart, wit en grys rookwolke het Maandagmiddag hoog teen die wolklose lug geborrel en by tye die son verdof.

GRATIS

TEL. 053­712­1472

Foto: Stefan Louw

Dae en dae van vuur Annerie Louw

’n DONKERTE hang oor Kuruman nadat soveel mense se grond weens veldbrande die afgelope twee maande verwoes is. Maandagmiddag het ’n woonhuis op Seodin heeltemal afgebrand weens ’n veldbrand en verwoestende brande het ook by Red Sands Country Lodge en die omliggende plase net buite Kuruman op die Kathu-pad groot skade aangerig. Volgens berigte in Volksblad, moederkoerant van Kuruman Bulletin, het boere en plaaswerkers teen Maandagaand steeds

skouer aan skouer geveg teen die verwoestende veldbrande wat reeds duisende hektaar se verskroeide aarde op die Ghaapse plato agtergelaat het. Teen Maandagmiddag laat het die brande, wat aanvanklik tussen Koopmansfontein en Reivilo geheers het, ook na wildplase by Kuruman versprei en was dit op pad na beesplase by Vryburg. Teen Maandagmiddag het reeds sowat 60 000 ha na raming afgebrand. Die brande het aanvanklik verlede Dinsdag ontstaan toe vonke van ’n vragmotor waarvan die wiele afgeval het die veld naby

Koopmansfontein laat vlamvat het. ’n Week later het meer as 100 000 ha veld reeds afgebrand. “Die boere is moedeloos. Net die Liewe Heer kan ons help,” het Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, gesê. Hy het die brande as die ergste ramp nog in die Noord-Kaap bestempel. Fred Wyngaard, Noord-Kaapse Cope-leier, het Maandag ’n dringende beroep op die regering gedoen om in te gryp. “Dit is onaanvaarbaar dat boere nie altyd kan staatmaak op munisipale brandbestrydings-

dienste nie en dat hierdie taak op die burgerlike samelewing berus. Dit bly die staat se plig om boere met brandbestryding by te staan.” Uit 32 munisipaliteite in die Noord-Kaap het net vyf brandbestrydingsgeriewe. Griezelda Cjiekella, waarnemende premier, het Dinsdagmiddag gevra dat die helikopters gestuur moet word. Dit kom ná erkenning dat die departemente van landbou en samewerkende regering se optrede en reaksie op die brande van Koopmansfontein “onvoldoende is en was”.

Oom Theo de Wet DIE velde brand! ’n Noodkreet wydversprei. Die bakkies dreun, die manne ry dit slaan hier, dit spuit daar mense help, in groot gevaar helaas dis verniet, dis als verby net kool en as het oorgebly (Deelnemer aan die digkunskompetisie, aangepas by die omgewing se omstandighede)


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Vrou kyk toe terwyl huis afbrand Annerie Louw MENSE staan ingehaak en bid terwyl bruin rookwolke nog van Gamohaankop se kant af oor Kuruman trek. ’n Suur brandreuk herinner aan die vorige dag se brande reg rondom die dorp.

Langs Thompsonlaan staan die afgebrande huis van Herman en Diana Pieterse as stille getuienis van die vorige middag se ramp. Diana sê hulle het die middag van 14:30 af al die brand, wat toe in die Billy Duvenhagewildkamp gewoed het, dopgehou. Ook toe hy oor die Hotazelpad spring en die veld tussen Thompsonlaan en die Hotazelpad aan die brand gesteek het. Vuurvegters het toe reeds

probeer om die vuur te blus. “Die een oomblik het ons gedink dat hulle die brand onder beheer het en die volgende oomblik het dit gelyk asof ’n bol vuur op ons grasdak val,” sê Diana. Dit was ongeveer 16:30 toe die dak begin brand het en binne ’n halfuur was alles uitgebrand. “Al ons foto’s, die kinders se albums, hul trofeë, my trouring, Melri se matriekafskeidrok – alles is vernietig.” “Ek kon darem my boeke en notas red,” sê hul dogter, Melri, wat nou die matriekeindek-

DIE brand het op die huis se grasdak begin.

DIE brand het vroeër die middag nog beheerbaar gelyk.

Foto: Stefan Louw

’n VERSLAE Diana Pieterse (regs) en haar kollega, Karin Lamprecht, kyk toe hoe die huis binne ’n halfuur afbrand. Foto: Stefan Louw

BURE in Thompson View het beangs die vuur langsaan dopgehou.

Foto: Carika Smit

Foto: Stefan Louw

15/32

12/26

16/32

NW­30

W­35

SW­20

samen aflê. Herman sê hy dink die veld langs Thompsonlaan se vlamme het die bloekombome in die erf aan die brand gesteek en toe die grasdak laat brand. Die Pieterse-gesin bly voorlopig by vriende in ’n woonstel en ander weldoeners het reeds skenkings van kombuisgoed, klere en toiletware gemaak om die gesin te ondersteun. . Nog foto’s van die brand is op ons webtuiste by www.kalaharibulletin.com te sien.

2 DESEMBER: Mark in die Park by die Leach Lodge, Kuruman, saam met Kansa. Kersmark van 14:00 tot laat. Kerssangdiens begin om 18:00. Ruimte vir stalletjies kos R100. Bel Lelani by 072401-8437 of Lizanie by 082710-4450. Bespreek plek voor 19 November. 7 December: Jungle Golf

Day for Animal Welfare. Contact Hannelie on 082-3964113. 20 Desember: Laaste uitgawe van die Kalahari Bulletin vir 2012. 29 tot 31 Maart 2013: Reünie van alle onderwysers en leerlinge van toeka tot 1994 op Vanzylsrus. Belangstellendes kan die volgende mense vir meer besonderhede kontak Chummy by debruinchummy@gmail.com of Francine by vzrskool@vodamail.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

3

Brand rig groot skade by Red Sands aan Annerie Louw DIE Red Sands Country Lodge op die Kathupad ongeveer 15 km uit Kuruman is erg deur ’n veldbrand beskadig. Omtrent die helfte van die plaas het tot teen die lodge afgebrand. Een van die huise, ’n grasdak teen die kop, het afgebrand. Alan Morisson, die bestuurder van die spyseniering en sjef van die lodge, is in die brandeenheid van die Mediclinic Kimberley waar hy vir brandwonde behandel word. Morrison het 22% brandwonde opgedoen in ’n poging om die brand te bestry. Hy word vir eerstegraadse brandwonde aan sy kop, derdegraadse brandwonde aan albei arms van sy elmboë tot by sy hande en agter sy regterbeen behandel. Richard Kaufmann, bestuurder by Red Sands, sê dit lyk vir hom asof die Eskomlyne op Frans Scheepers se plaas oorkant Red Sands van die wind aan mekaar geraak het en die vonke toe die brand moontlik kon begin het. Die sterk wind het die brand tot oorkant die pad aan Red Sands se kant versprei.

ONGEVEER die helfte van die plaas by Red Sands het afgebrand. Foto: Verskaf

’n GEBOU op Red Sands wat deur die brand verwoes is.

MENSE maak groepies om vir reën en uitkoms te bid.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Mense byeen, bid om reën Lynn-Mari Olivier DIE lug is gevul met swart bolle rook en vlamme word deur die wind aangepor. As mense staan ons magteloos en toekyk hoe tonge vlamme die veld verwoes en diere verbrand. Die pogings om die brande te blus is nietig teenoor die mag van die vuur. Dié brande woed nou al ’n paar dae en die gemeenskap van die omliggende streek is op sy knieë gedwing. Op 20 November is die gemeenskap byeengeroep om in gebed vir reën te smeek. Ds. Graeme Kumm van die El Gibborgemeente op Kuruman het die skare toegespreek deur te benadruk dat die Here in sy woord sê dat waar twee of meer in Sy naam bymekaarkom daar is Hy.

Daarna is groepies gevorm en hande is gevat om die Here vir reën te vra. Vuurslaners slaan dag en nag vuur in ’n poging om die brande onder beheer te kry. Alan Morrison, sjef en bestuurder van die spyseniering by die Red Sands Country Lodge naby Kuruman, het brandwonde opgedoen terwyl hy gehelp het om vuur te slaan. Volgens dr. W. Reyneke, chirurg van die Mediclinic Kimberley, het Morrison graad 2A- en 2B-brandwonde opgedoen. Hy het brandwonde aan albei arms, ’n gedeelte van sy regterbeen en bo-op sy kop opgedoen. Reyneke het bevestig dat geen ander organe enige skade opgedoen het nie en dat Morrison ’n paar dae daar gaan aansterk alvorens hulle enige verdere besluite gaan neem.

Bedank vir sy aandeel DIE Kuruman-skoukomitee het ’n skenking aan die Laerskool Seodin gemaak vir sy betrokkenheid in die aanbieding van vanjaar se skou. Hier ontvang Jan Louw (links, skoolhoof) die tjek van Kobus Kampfer (voorsitter van die skoukomitee), terwyl die leerlinge van die skool toekyk. Foto: Marnus Byleveldt

Foto: Verskaf


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Skok-nuus het wel ’n doel SUID-AFRIKA het vanjaar ’n swaar jaar gehad. Dit was ’n jaar waarin ’n reeks grusame moorde en verkragtings die voorblaaie van koerante vir maande aaneen oorheers het. Die Modimolle-monster, die Sondagverkragter, die Grafmoorde, die Griekwastad-moorde en nou onlangs die Harrismith-moorde het een ná die ander die land aan die praat gehad en almal tot op die been geskok. Dit was asof daar nie eens asemskep-kans tussen die grusame detail van die moorde en verkragtings op die voorblaaie was nie. Is dit werklik nodig om die duidelike uiteensetting van presies wat aan elke slagoffer gedoen is op so ’n grafiese manier te lys vir almal om te lees? Wanneer verander nuus in sensasie en wanneer word die fyn lyn van goeie joernalistiek oorgesteek en verval koerante in sensasie-soekende, doelbewus skokkende skin-

derblaaie? Van al die voorblaaie wat vanjaar verskyn het, was een van die treffendste seker die voorblad van die Volksblad van Saterdag 17 November. Die volwasse kinders van die Brits-egpaar, wat wreed op Harrismith vermoor is, huil hartverskeurend by die graf van hul pa, ds. Willem Brits. Rou emosie is duidelik op hul gesigte te sien. Die beeld is roerend en gryp die siel ten diepste aan, maar is dit nuus? Is dit nuus om só ’n intens private oomblik vir die wêreld te wys? Tog dra die onderskrif die boodskap van vergifnis uit, wat seker in vandag se gebroke wêreld belangrik is en getuig dit van ’n liefdevolle pa wat net sy bes vir sy kinders gedoen het, wat selfs belangriker is wanneer ’n mens sien hoe kinders al hoe meer in verwronge gesinne grootword. Dan sien ’n mens die silwer randjie, al is hy hoe flou.

Woorde wek, maar voorbeelde trek VERTROU geheel en al op die Here en moenie op jou eie insig staatmaak nie. Hou Hom in gedagte by elke ding wat jy doen, dan sal Hy sorg dat jou lewe reg verloop. (Spreuke 3:6). Ons troos ons soms daaraan dat baie mense in ons land Christene is. Maar is dit so? Of is baie van ons, in die woorde van Overduin, soos ’n kwaksalwer wat op ’n mark ’n onfeilbare middel teen rumatiek aanprys terwyl hyself so krom soos ’n hoepel is en met die dood in sy voete staan? Vir so ’n gesmous sien niemand kans nie. Sommige Christene, het iemand tereg gesê, kan vergelyk word met sekere voorwerpe wat ons byna gereeld om ons sien: . Kruiwaens: Nutteloos behalwe as hulle gestoot word; . Vlieërs: As jy hulle nie vashou nie, verdwyn hulle; . Katte: Hulle is net gelukkig as jy hulle gedurig streel; . Voetballe: Jy kan nooit sê waarheen hulle die volgende keer wip nie; . Ballonne: Vol wind en altyd reg om te bars; of . Sleepwaens: Hulle moet getrek word. Gelukkig is sommige soos ’n goeie horlosie – sigbaar, en tog be-

sig om in stilte hard te werk. Wat help dit as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. (Jakobus 2:14 en 26). Ek is bevrees dat baie van die Christene in ons land oor die jare te gewoond daaraan geword het dat die owerheid met wette ons Christelike lewenswyse moet beskerm. Intussen het baie van ons doodgelukkig, maar onbetrokke elke Sondag kerk toe gegaan en daarna elkeen sy eie gang. Dit laat ’n mens dink aan wat die duiwel in een van C.S. Lewis se boeke oor ’n jong Christen sê: “Laat hy hom maar verlustig in sy vroomheid, solank hy net nie aktief word nie.” In die Ou Testament word ’n verskriklike ding oor koning Joram gesê. Hy was ’n nikswerdkoning en ons lees: . . . Sy heengaan is nie betreur nie . . . (2 Kronieke 21:21). Wat ’n treurige in memoriam. Dit kon so anders gewees het. Wat sal eendag van my en jou gesê word?

Inskrywings word ingewag Annerie Louw SKRYWERS het die geleentheid om die volgende vyf weke aan ’n skryfkompetisie van die Kalahari Bulletin deel te neem. Die kompetisie behels die skryf van ’n gedig van ses versreëls met die tema Kersfees. Die gedig moet oorspronklik wees en nie meer as ses versreels nie. Faks inskrywings na 053-7120303, e-pos dit na annerie.louw@volksblad.com of lewer die skryfwerk by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Hoofstraat af. Die wenner wen ’n hardebandeksemplaar van Kuier in ’n Plaaskombuis deur Nico Moolman (verkoopprys: R239,95.)

Belofte vervul deur Theo de Wet Dis ’n lang stille nag in ’n stal hou Maria die wag want God het belowe Hy stuur ’n Verlosser van Bowe so aan sy belofte te verbind met geboorte van die Jesuskind

DAAR is niks mooier en rustiger as ’n kampvuurtjie in die Kalahari nie. Sien nog meer Kalaharifoto’s op ons webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za Foto: Stefan Louw

Bejaardes heerlik bederf ANTON ESTERHUYSE, Kuruman: DIE senior burgers van die NGK Moedergemeente is met ’n heerlike ete in die kerksaal bederf. Daar was heelwat seniors, sommige ondersteun deur kieries en ’n rolstoel, maar die geesdrif het nie ontbreek nie. Die oudste senior was die 93-jarige tannie Mckay Hattingh. Dit was ook ’n geleentheid om ou vriende weer in die oë te kon kyk, gesels en grappe te maak. Die vroue het in pragtige uitrustings met kunstig versorgde kapsels opgedaag. ’n Geleentheid om weer waarlik vrou te voel. Ons innige dank aan die NGK-bestuur wat die byeenkoms moontlik gemaak het. Bo en behalwe die heerlike kos kon die seniors luister na die skoolkoor van Elsa Straten en is die koor aan die einde staande toegejuig. Begaafde kinders uit die gemeenskap kon hul talent deel. Elke senior is met ’n geskenk bederf. Dankie, Moedergemeente, dat julle ons onthou, vir ons omgee en menswaardig laat voel.

Skynheiligheid oor hoof skok VERONTWAARDIG, Kuruman AS ouer en oud-onderwyser is dit met blydskap, maar ook verontwaardiging, dat ek die Kalahari Bulletin se voorblad gelees het. Bly omdat mnr. Tommie terug is en verontwaardig oor die manier waarop hy deur die huidige skoolbeheerliggaam behandel is. My vraag aan die skoolbeheerliggaam (SBL) is: Het hulle gedink voor hulle gehandel het? Soos ’n onderwysers gesê het: ’n Mens weet nie wat so iets aan kinders doen nie. Maar het die SBL ooit gedink wat dit aan die gemeenskap, onderwysers, ’n skoolhoof se gesondheid en ook aan hulle eie kinders doen? As die SBL dan so ingelig is soos hulle voorgee, het hulle ooit gedink wat ’n voortydige aftrede aan ’n skoolhoof se pensioen gaan doen? Verder kan ek nie glo watter

voorbeeld sommige van die SBL-lede aan leerlinge gestel het toe hulle baie skynheilig en met groot gebaar mnr. Tommie omhels en terug verwelkom het nie. Dink hulle kinders, ouers en onderwysers sien nie deur hul optrede nie? Is dit die regte voorbeeld om so skynheilig voor leerlinge op te tree? (Brief is verkort – Red.)

Dank vir hulp met brande KAUFMANN-FAMILIE, man

Kuru-

BAIE groot dankie aan almal wat gehelp het met die brande hierdie week. Julle is almal groot helde en ons dank die Here vir vriende soos julle wat onselfsugtig jul tyd, werk en lewe opgeoffer het om te help. Baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Julle weet wie julle is en ons waardeer dit baie. Ons wens vir Alan, Gary en Frank van Red Sands wat brandwonde opgedoen het ’n spoedige beterskap en sterkte toe.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Blou Maandae gaan ook verby Annerie Louw ’n BLOU MAANDAG begin gewoonlik met ’n wekker of selfoon wat die verkeerde tyd afgaan: of te vroeg of heeltemal te laat. Maar dit is nie hoe my blou Maandag begin het nie. Ek was ’n uur voor my normale opstaantyd reeds wakker en gereed om die nuwe week se uitdagings te pak. Op ’n blou Maandag kan dit wees dat ek Dierbaarste se motor ’n onverwagte stampie kon gee, maar sy motor was ongedeerd. Die eerste teken van blou het ek in die leë koffieblik se boom gesien. Ook die leë melkhouer en enkele lepeltjie suiker wat nog in die suikerpot oor was moes my toe reeds die blou in die Maandag laat herken het en laat besef het dat hierdie dag nie gewoonweg gaan verloop nie. Geen voorbodes op pad werk toe nie, want ek was lekker vroeg. Dit is eers toe ek my rekenaar aanska-

kel dat ek ooreenkomste tussen die leë koffieblik, melkhouer en suikerpot sien. Ek het skaars begin tik toe blaas hy net so ’n ligte asempie uit en dood is hy. Weer van vooraf aanskakel, aanmeld en kodes invul voordat ek op die program kan werk. Ek is net lekker besig om my berig te tik toe die telefoon lui. Met die antwoord daarvan weet ek uit ondervinding van die lekkerste woorde wat ek gedink het sal nou weg wees voordat hulle neergeskryf is. Toemaar, dalk is dit ’n goeie storie, troos ek myself toe ek baie vriendelik groet. Die Edgarsbemarker praat Engels, maar ek lei af dit gaan oor my rekeningstaat. Volgens hom skuld ek baie geld. Ek weet my rekening

staan al vir vier jaar op R4,98 nadat ek my vererg het vir ’n fout wat hulle gemaak het en ons ses maande geneem het om dit op te los. Nog nooit het ek weer op rekening gekoop nie en dit neem my heeltemal te lank om te verduidelik dat iemand dalk dieselfde naam het as ek het, maar met ’n ander adres. Sowat 20 minute se kosbare tyd is deur die verduideliking ingesluk. Die nuwe woorde van die berig is net mooi ingespan toe gaan die krag af. Ek maan myself tot kalmte deur ’n paar gedagtes met pen neer te skryf, maar dit is net nie dieselfde nie. Dan maak ek noodsaaklike oproepe. Baie naby aan trane gaan die krag weer aan. So het die blou Maandag sy aaklige blou tentakels in elke skryfpoging ingewurm en ook my derms wat deur die senuwees beïnvloed word, geknoop. Wat my darem moed gegee het, is iemand se wyse woorde: Ook dit sal verbygaan.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

5

Sluit die jaar op ’n hoë noot af UPINGTON se gewilde dorpskoor, Siyanda Cantando, het ’n bedrywige jaar met ’n puik optrede in die Laerskool OranjeNoord se skoolsaal afgesluit. Die uitvoering Sing Afrikaans het talle gewilde Afrikaanse liedere soos Tafelberg, Bloubergstrand en Reënvoel ingesluit. Die koormeester is Johan Engelbrecht en die begeleier Neville Schubach. Foto: Amorine Strydom

Trots op naambord DIE Klenasobi-sentrum in Freedom Square het verlede week sy splinternuwe naambord onthul. Klenasobi is ’n samevoeging van die eerste letters van die woorde kleuterskool, nasorg, sopkombuis en biblioteek en dit is waarna dié klein sentrum, wat deur die ACVV op Upington begin is, streef. Daar is sowat 12 kleuters wat die skooltjie bywoon en 3 dae per week dien die sentrum ook as ’n sopkombuis. Van links is Marika Louw (gemeenskapsontwikkelingsbeampte van die ACVV), Bereline Ntoba (onderwyser) en Rina Liebenberg (ACVV-voorsitter) by die kinders en hul splinternuwe naambord. Foto: Lizette Slabber

Make the Gro-e-Scheme work for you @ prime less 3%

Doeke, geld ingesamel

The IDC has established the Gro-e-Scheme to facilitate the creation of sustainable employment by start-up and existing businesses. Who qualifies t &YJTUJOH QSPöUBCMF DPODFSOT PS WJBCMF TUBSU VQ CVTJOFTTFT t .BYJNVN 3 DPTU QFS KPC DSFBUFE PWFS UIF GVOEJOH QFSJPE t ###&& DFSUJöDBUJPO GSPN BO BDDSFEJUFE WFSJöDBUJPO BHFODZ t #VTJOFTTFT PQFSBUJOH PS FYQBOEJOH JO 4PVUI "GSJDB How it works t 'VOEJOH PG 3 NJMMJPO UP 3 CJMMJPO QFS QSPKFDU t Interest at prime less 3% t 'VOEJOH BWBJMBCMF PWFS ZFBST PS VOUJM UIF TDIFNF JT FYIBVTUFE

t 'JSTU ESBXEPXO NVTU CF XJUIJO POF ZFBS PG BQQSPWBM t 5IF GVOEJOH QFSJPE DBO CF TUSVDUVSFE UP NFFU DBTI øPX OFFET t $BQJUBM BOE JOUFSFTU QBZNFOU IPMJEBZT DBO CF BQQMJFE BDDPSEJOH UP OFFE t 4UBSU VQ GVOEJOH DBO CF VTFE GPS CVJMEJOHT NBDIJOFSZ BOE XPSLJOH DBQJUBM Other support t 8IFSF OFDFTTBSZ CVTJOFTTFT BSF FODPVSBHFE UP VTF *%$ #VTJOFTT 4VQQPSU 4FSWJDFT

Chillibush8485IDC

DIE Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) op Upington werk aan sy Nappy Run-projek waarop hy geld en doeke vir veral gestremde kinders wil insamel. Die Nappy Run is ’n jaarlikse veldtog om bewusmaking vir die probleme van ouers van gestremde kinders te kweek, veral wat inkontinensie betref. Met dié veldtog wil die vereniging ook geld insamel om doeke vir gestremde kinders, wat inkontinent is, te koop. Inkontinensie is ’n probleem wat algemeen by kinders met gestremdhede voorkom. Doeke is egter ’n groot uitgawe en die meeste ouers het nie die geld om dit te koop nie. Die aantal gestremde kinders wat in uiterste armoede woon, is baie hoog en in die meeste gevalle het die ouers ook nie toegang tot die ondernemings wat die doeke verkoop nie. Kinders met gestremdhede gebruik doeke vir ’n langer tydperk of selfs lewenslank en dus is die behoefte aan doeke ’n langdurige uitgawe. Dagsorgsentrums en tehuise vir kinders met gestremdhede het ook ’n baie groot behoefte aan doeke. Dit is weens dié nood dat die Nappy Run begin is. Die APD wil graag in gastehuise, hotelle en ander ondernemings of winkels ’n houer en blikkie saam met ’n plakkaat plaas wat mense aanmoedig om ’n skenking in die vorm van doeke of geld te gee. Mense watby die veldtog betrokke wil raak of ’n blikkie en plakkaat in hul ondernemimg wil plaas, kan Inge Reichert by 073-914-6055 bel.

IDC in Action

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

LEEFSTYL/LIFE STYLE

ACVV sê geweld die stryd aan DIE ACVV op Upington wil vanjaar tydens die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders alle besighede en organisasies aanmoedig om hul werkplek in wit te tooi en só die “seer te keer”. Die ACVV vorm deel van die 16 dae van aktivisme met hul Keer die seerveldtog. Die 16 dae van aktivisme is ’n internasionale veldtog teen geweld teenoor vroue en kinders. Dit strek van 25 November tot 10 Desember. Die ACVV se veldtog sluit hierby aan en begin op 26 November en almal op Upington word gevra om op dié dag òf ’n wit strikkie te dra òf heeltemal wit aan te trek. Daarby gaan die ACVV op verskeie punte mense vra om hul Keer die seerbelofte te onderteken. Met die teken van dié belofte onderneem mense om te help om die mishandeling van vroue en kinders stop te sit deur te sê: “Nee vir gesinsgeweld, verkragting, moord, mishandeling, kinderpornografie en handeldryf in kinders.” Die ACVV sal op 26 November by die Upington-landdroshof, 27 November by die Louisvaleweg-kliniek, 28 November by die //Khara Hais-munisipaliteit, 29 November by die Karos-gemeenskapsaal, 4 Desember by die Lambrechtsdrifgemeenskapsaal en 6 Desember by die Leerkrans-gemeenskapsaal wees. Mense kan van 09:00 tot 12:00 hul Keer die seer-beloftes teken. Daar sal ook van 25 November tot 10 Desember tydens kantoorure (07:30 tot 16:00) beloftes en inligtingbrosjures by die ACVV Upington-kantoor in Schröderstraat beskikbaar wees.

Middel glo meer kwaad as goed Lynn-Mari Olivier OORGEWIG verbruikers koop goedgelowig verslankingsmiddels oor die toonbank en glo dat die bestanddele wat op die pakkie aangedui is, ware inligting is. Só word hulle ook deur die nuwe verslankingsmiddel Kangmei om die bos gelei. Kangmei, ’n Chinese verslankingsmiddel, is oor die land heen, asook op Kuruman, vrylik te koop. Dit word as ’n absolute natuurlike produk bemark en waarborg gewigsverlies van tot 1,5 kg tot 3 kg in een week met geen newe-effekte nie. ’n Anonieme bron bevestig dat dié verslankingstablette vir R20 op straat verkoop word en ook by ’n plaaslike apteek vir R49,95. Sy was nuuskierig en wou weet waarom die vroue op Kuruman só in die tablette glo. Sy het die tablette vir slegs twee dae gebruik en moes dit toe onmiddellik ophou drink. Volgens haar het sy erge hartkloppings gekry en vreeslik dors geraak. Sunette de la Rey, ’n plaaslike apteker, is van mening dat die Kangmei-verslankingstablette beslis iets bevat wat verdag is, omdat die verbruiker glad nie homself voel nadat hy die pille gedrink het nie. Na aanleiding van ’n berig in Beeld op 4 November het dr. Harris Steinmann klagtes oor die produk ontvang en die produk by ’n forensiese toksikologielabratorium by die Universtiteit van Pretoria se chemiese afdeling laat toets. Dit is bevestig dat die kapsules sibutramien bevat. Volksblad berig dat nóg ’n verbode middel , ’n sogenaamd 100%- natuurlike Chinese verslankingsmiddel, is in die pille gevind – dié keer ’n lakseermiddel wat tot kanker kan lei. Dit is fenolftaleïen, wat meer as tien jaar gelede aan die mark onttrek is nadat studies op rotte en muise getoon het dit veroorsaak kankergewasse.Verdere toetse toon daar is fenolftaleïen en sibutramien in LeanGenie van Gauteng se JS Slim-verslankingskapsules. Volgens die webtuiste www.thoughtleader.co.za is sibutramien ’n skedule 5-bestanddeel wat slegs op voorskrif deur ’n mediese dokter verkry mag word. ’n Dokter sal sibutramien voorskryf om gewigsverlies aan te help. “Sibutramien is in November 2007 deur

die Food and Drug Administration (FDA) vir die behandeling van vetsug goedgekeur, maar is in 2010 uit die meeste wêreldwye markte onttrek weens die newe-effekte daarvan,” sê dr. Abri Bezuidenhout, ’n dokter in Pretoria. Volgens Bezuidenhout is die chemiese molekules van sibutramien verwant aan amfetamiene wat onder meer dwelverwante stimulante insluit. Bezuidenhout bevestig dat CAT ook aan hierdie groep behoort. “Hoewel sibutramien-bevattende verslankingsmiddels van die mark onttrek is, vind ons dat die middel nog dikwels sy verskyning maak. Dit is kommerwekkend. Onlangs was dit in die vorm van ongelisensieerde ‘natuurlike’ verslangkingsmiddels, soos Pai You, Guo Slim-kapsules, Payouji-tee en dan ook Kangmei-verslankingstablette,” sê Bezuidenhout. Bezuidenhout is dit eens dat sibutramien lewensgevaarlik is en dat medici reeds bewys het dat die bestanddeel die verbruiker se kans op ’n hartaanval met tot 28% verhoog en ’n risiko vir ’n beroerte nog 36% hoër is.

MOLLER VAN ZYL en Petri Cilliers is by Red Sands deur ds. Pieter van Zyl in die huwelik bevestig. Die paartjie is vir hul wittebroodvakansie na Inhambane in Mosambiek. Foto: Stefan Louw

“Hoewel hierdie twee newe-effekte die hoofrede vir die onttrekking van die soort middels was, is dit net die punt van die ysberg op ’n ellelange lys van newe-effekte,” sê Bezuidenhout. Volksblad berig dat volgens Andy Gray, senior lektor by die Nelson Mandelamediese skool aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het Amerika fenolftaleïen in 1999 as oor-die-toonbank-middel verbied. Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) het dit kort daarna ook gedoen. Luidens die VSA se 12de verslag oor karsinogene het rotte en muise kwaadaardige gewasse gekry toe hulle fenolftaleïen gevoer is. Laboratoriumtoetse het getoon fenolftaleïen veroorsaak genetiese skade in hamsterselle, maar dié gevaar is nog nie in studies op mense bevestig nie. De la Rey verduidelik dat die produkte steeds verkoop kan word en dat as alle toetse bevestig word, die Mediese Beheerraad van Suid-Afrika dit op skrif sal stel en sodoende verkopers van die produk sal dwing om verkope te staak. Beeld berig dat Shirley Hanson van www.theleangenie.com aan Beeld gesê het dat sy haar Kangmei by plekke in Crown Mines koop. Sy het “geen idee” waar dit vervaardig word of wie dit invoer nie, maar glo die verkope is “massief”.

ROBERT GROENEWALD en sy pragtige bruid, Daleen, is op 10 November op Upington getroud. Hulle is oorspronklik van Upington en woon en werk nou op Kathu. Robert is die seun van Naomi en Lukas Steenkamp en Daleen die dogter van Kotie en wyle Arnold Combrinck. Foto: Anena Burger


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

7

Fees was pret vir almal Annerie Louw DANIËLSKUIL, die rustige dorpie langs die hoofpad tussen Kimberley en Kuruman, was die afgelope naweek ’n miernes van bedrywigheid. Die Hoërskool Daniëlskuil het sy jaarlikse Mineralefees aangebied. Die Heuwels Fantasties, MWAH, Cordelia, asook Riana en Thabo, was van die kunstenaars wat oud en jonk deurgaans vermaak het. Benewens kos en stalletjies om van te kies en te keur, kon mense aan toutrek-, potjiekos- en sterkmankompetisies en fietsrenne deelneem. Nadia van Wyk, onderwyseres van die skool, sê die fees was ’n groot sukses. Skoonheidskompetisies het ook plaasgevind en ’n opelugdisko en ’n speelpark vir die kinders het almal besig gehou. Vir die avontuurlustiges was daar ook ’n bergfietswedren.

DEELNEMERS aan die fietswedrenne is van links Tiaan Venter en Reve Venter (wenners van die 20 km-wedren), Danie Slabbert (skoolhoof), Elsa Potgieter en Ludi du Plooy van Postmasburg (wenners van die 40 km-wedren). Foto’s: Verskaf

KEILA FOURIE van Daniëlskuil is as Mej. Diamantjie gekies. Foto: Verskaf

DIE jongste deelnemer aan die fietswedren was die 4-jarige John du Plessis wat saam met sy pa, Bennie du Plessis van Kuruman, die 20 km-wedren voltooi het. Foto: Verskaf

LUAN OBERHOLTZER was ’n deelnemer aan die sterkmankompetisie vir juniors. Zandré Vermeulen het die sterkvrou- en Jonty Beaton die sterkmankompetisie gewen.

Soek nuwe tuiste DIÉ labradorkruisingteef is gereed vir aanneming by die Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman. Haar agterpote is effens gebreklik, maar sy is nog baie jonk en dierbaar, sê Sonja Grobler, komiteelid van die DSV. Belangstellendes kan Grobler by 073-256-2059 bel.

MCSA/OLD MUTUAL/KALAHARIB/4287/E

Foto: Sonja Grobler

A GOOD LOAN MADE SPECIALLY FOR YOU IS BETTER THAN A FAST LOAN

The Mashonisa’s quick loan approval seems nice, but he’s not actually helping you, he’s just helping himself to your money. At Old Mutual, we may take a little longer to give you a loan because we want to make sure you’re getting the right loan, one that you can afford. A loan that suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt.

GET A LOAN THAT’S RIGHT FOR YOU – VISIT A BRANCH, SMS YOUR NAME TO 41575 OR VISIT WWW.OMFINANCE.CO.ZA

Finance Old Mutual Finance is an Authorised Financial Services and Registered Credit Provider


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Spogbokke stoot pryse die hoogte in Annerie Louw TYDENS die jaarlikse Rooi-, Goud-, Kalahari Reden Boerbok-produksieveiling van Albie Horn van Kuruman wat op die Pretoriase skouterrein gehou is, is sy twee Kalahari Red-ramme vir R40 000 elk verkoop en sy twee Kalahari Red-ooie vir R20 000 elk. Altesaam 72 stoetooie en 28 kudde-ooie is verkoop. Die duurste boerbok-ram

is vir R27 000 verkoop en die boerbok-ooie is vir ’n gemiddeld van R4 500 verkoop. Die twee duurste Kalahari Red-ramme, Majoor en Hitler, is vir R40 000 elk verkoop Die gemiddelde prys van die Kalahari Red-ramme op die veiling was R24 500 stuk. Die gemiddelde prys van die Kalahari Red-stoetooie was R6 500 stuk en die kudde-ooie R4 500 stuk.

Brande in Noord-Kaap bring beste uit mense na vore WONDERLIKE ervaring met mense is tydens die groot brande in Oktober opgedoen. Een van die weldoeners, Pieter Schutte (regs), by ’n vrag voer wat hy gratis vir Christo Kruger (links) van die plaas Byron aangery het. Die voer kom van Delmas, 620 km van Kuruman af. Kruger sê behalwe vir die wonderlike bystand van mense het hierdie krisis vir hom en sy vrou, Vera, nader aan mekaar gebring en ook nader aan hul Skepper. Foto: Verskaf

MAJOOR, Kalahari Red-bokram van Albie Horn, wat vir R40 000 verkoop is. Sy ander ram, Hitler, het dieselfde prys behaal. Foto’s: Verskaf

PRESTEERDERS aan die Laerskool Seodin is, voor: Alet Kotze (Ben Niemand-eerbewys vir juniors); agter: Christhan Janse van Vuuren (dux-leerling), Leandri Fourie (Ben Niemand-eerbewys vir seniors), Bianca Britz (sportmeisie van die jaar), Charles Williams (sportseun van die jaar) en Danelle Beukes (Elizma Theron-beker vir kultuur). Foto: Marnus Byleveld

Seodin beloon presteerders vir 2012 Annerie Louw DIE Laerskool Seodin het verlede Donderdag sy leerlinge op akademiese, sport en kultuurgebied beloon. Altesaam 205 leerlinge het op dié spogaand pryse ontvang. Die voorste akademiese presteerders in gr. 4 is Marianka Fourie (93,14%), Anya Smith (89,53%) en Frikkie Burger (89,22%). In gr. 5 is dit Wilmien Kruger (91,74%), Lauret Jonck (91,48%) en Nicolene Kruger (91,33%). In gr. 6 het Carel Erasmus (94,30%), Gerco Scheepers (92,26%) en Charnell Burger (91,56%) die beste gevaar. In gr. 7 is dit Liandri Fourie (90,70%), Christhan Jansen van Vuuren (88,03%) en Chanèll Kruger (85,37%). Op kultuurgebied het die volgende leerlinge pryse ontvang: Vaardigheid en kultuur: Liandri Fourie, junior en senior skaakspeler: Suraydha Dada, junior redenaar: Johandri van Zyl, senior redenaar en eistedfodd-deelnemer: Mariete Strauss. Danélle Beukes en Alet Kotze is as die senior en junior presteerders aangewys. Die Terblanche-trofee (minste afwesig, gr. 1 tot gr. 3 ) is aan Omolemo Koikanyang oorhandig en die Cawood-trofee (minste afwesig, gr. 1 tot gr. 7) aan Nico Erasmus. Die Ben Niemand en Kie-meriete-eerbewys is deur Alet Kotze (junior) en Liandri Fourie (senior) verwerf. Die dux-leerling vir 2012 is Christhan Jansen van Vuuren.

DIE twee duurste Kalahari Red-ooie het vir R20 000 elk verkoop. Hier is een van die ooitjies.

HIERDIE boerbok-ram van Albie Horn het die hoogste prys, R27 000, behaal.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Police investigating theft at jewellery store A JEWELLERY store in Kuruman has been robbed of an undisclosed amount of cash and jewellery to the value of R150 000. According to a press release by Lt Olebogeng Tawana, provincial communication officer, three armed men stormed into the jewellery store on Beare Street last Thursday at about 10:00. They ordered the manager and the staff not to scream, after one of the suspects had pulled up his shirt and displayed a firearm to the store manager. The store personnel were dragged into the back of the

VAN links is, voor: Annelie, Anika en Lorraine Groenewald en Carla Kühn; middel: Nohline Grobler, Jacques Whitehead en Deon Deetlefs; agter: Cobus van Wyk, Isak Ekkerd, Henning Spies en Kobus Kotze. Foto: Annerie Louw

Sang tref Marydale diep Nioma Venter AS Lukas sy evangelie begin skryf, verduidelik hy in die eerste paar verse dat hy ’n poging aanwend om die gebeure, waarvan hyself ’n ooggetuie was, stap vir stap neer te skryf en dít met ’n baie spesifieke doel. Die mensdom wat in al die eeue wat volg die Evangelie hoor, moet weet dat die dinge waaroor hulle onderrig word, waar en betroubaar is. Dit is ook die doel van ’n Kerssangdiens; dit is ’n herinneringsfees. ’n Mannegroep van Kuruman was vanjaar die gaskunstenaars tydens Marydale se interkerklike Kerssangdiens. Die ses manne staan onder leiding van Annerie Louw van Kuruman. ’n Saamgestelde Kersprogram met 11 liedere wat deur die groep gesing is, tesame met gemeentesang, was voorwaar ’n besonderse ervaring. Van die liedere wat die manne gesing het, was Die Kind, Hear dem bells, Ere aan God en Die klokke lui vrolik. Een van die hoogtepunte was die lied O Holy Night, saam met die solis Nohline Grobler. Grobler is ’n sangeres van Prieska met ’n baie besonderse sopraanstem. Later in die program het sy en die basstem van die mannegroep (Henning Spies) ’n gebed op die melodie van die Magaliesbergse aandlied gesing. Dit was aangrypend. Asof dít nie genoeg was nie, was die manne se vertolking van die immergewilde Jerusalem, ’n lied wat die gemeente aangespoor het om spontaan tydens die koorgedeelte van die lied saam te sing. ’n Kerssangdiens is nie volledig sonder engeltjies en skaapwagtertjies, ’n krip en staldiere nie. Kinders uit die gemeente het aan die uitbeelding van Al was ek nie daar nie deelgeneem. Die Kerssangdiens het nie los gestaan van realiteite in ons land en ons wêreld nie. Die gemeente het saam gebid dat die Vredevors van wie hulle weer in die program bewus geraak het, ook in Suid-Afrika sy Koninkryk sal laat kom. Die gebed was veral in die konteks van die arbeidsonrus en gepaardgaande geweld en lewensverlies. Ná die sangdiens in die NG kerkgebou was daar ’n heerlike piekniek-ete by die Volle Evangeliekerk. . Ds Nioma Venter is die leraar van Prieska, wat insluit Marydale en Niekerkshoop. Sy het die geleentheid in samewerking met pastoor Hennie Maré gereël.

shop at gun-point and compelled by one of the men to lie down on the ground. The other two suspects were filling up their bags with jewellery and fled the scene. There were no injuries during the armed robbery since no shots were fired. The suspects are still at large. The Kuruman police are investigating a case of armed robbery. Anyone with information that may lead to the arrest of the suspects can contact the investigating officer, WO Alwyn de Jager, on 053-712-9800.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

V-TEC TRAILERS KURUMAN: Verkoop van nuwe trailers. Verskaf ook 4 x 4kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10 Kuruman

LITTLE MIRACLES DAYCARE/DAGSORG: Babies from 3 months to 4 years. Phone Melanie 073 342 7152.

KEURBOOMS RIVER LODGE: Plettenbergbaai. Beskikbaar 12/11/2012 tot 13/12/2012. R500 p.d. 2 en suite kamers met oopplankombuis/TV/patio/sleeper couch (toegerus). Teenaan Keurboomsrivier, 12 min stap na strand, net buite Plett. Pragtige tuine, sekuriteit (Ou Pretoria Lodge Hotel). Skakel 083 255 4701.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

Selfsorg Woonstelle Parow Noord.Kaapstad Naby Canalwalk Panorama Hosp. Leona 083 339 6939 VAKANSIEVERBLYF STELLENBOSCH: Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 10 Desember 2012 tot 3 Januarie 2013. Sentraal geleë. 021 8871 583.

ISUZU D/C CANOPY: 2000 model. White with tinted windows. R4 000. Phone Louise 083 294 6453. NUWE FRANKLIN1.5KW-380-V-elektriese pomp, R2 000. Skakel 076 220 4699. PRAGTIGE TROUROK uit Amerika, kaal rug, slegs R2 000. Pas nr 32 - 36. Skakel 082 872 6981.

CORSA 1.7: CANOPY, 2002. R35 000. 1998 Courier 2200, tralies, R35 000. Phone 072 472 8686. MAZDA B1600: 1994. R25 000. Jeep, canopy, R19 500. Phone Thinus 072 472 8686.

1 BONSMARA-BUL geskut op 'n plaas naby Servin deur Insp. P. Schoeman. Skakel Insp. P. Schoeman. 082 302 0438. Nico (skutmeester) 072 341 0095. Sluitingsdatum 30/11/2012.

1991 SENTRA 1600, R20 000. 1992 Conquest 160i, R19 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409. 1995 TELSTAR, FULLHOUSE, R19 500. 1995 Uno, R16 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409. Thinus. Schweizer-Reneke.

LABRADOR-HONDJIES teen R1 200 elk. Skakel 082 927 0334.

2001 FORD TRACER, R29 500. 1996 BMW 316i, R22 500. Phone 072 472 8686 Thinus. Schweizer-Reneke. FIAT UNO, 1995. Goeie toestand, nuwe bande. R21 000 of naaste aanbod. Skakel 072 306 2637.

ARIBA-SKADUNETTE: Vir die oprig van skadunette in enige vorm asook staalafdakke, die maak van diefwering en veiligheidshekke. Skakel Zelda 079 941 5057.

053 712 1961 053 712 2068

TATA INDICA LXE, 2006. Metallic Blue. P/s, a/c, electric windows, mags, very good condition. Phone 082 302 7485.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

GOLF 1600, 1985 - R14 500. 1990 BMW 318i, 1990 R12 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409. Thinus.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035.

GESOEK: Motors onder R25 000. Kontant. Moet papiere hê. SMS of skakel Muriel 082 068 0929. WANTED: NEW shape bakkies. Toyota, Isuzu, Ranger, Corsa, Bantam. R50 000 - R150 000. Phone 071 967 0285.

HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292.

2-TON-ENKELAS-sleepwa. Kan deur bakkie of trekker gesleep word. R4 000. Nie op pad geregistreer nie. Toegeboude sleepwaentjie (soos Venter-sleepwaentjie), R4 500. Skakel 082 461 9002. V-TEC TRAILERS Spesiale somerpryse op alle sleepwaentjies en onderdele, deur V-Tec verskaf - 10% korting. Nuut op die mark. 'The African Wagon Cattle Trailer Range'. Het 'n 5-mmhoofonderstel met alle ekstras wat op sy soort wat daar gestel is om by te kom vanaf V-Tec. 15% korting. Hobsonstraat 10, Kuruman. Skakel Louwrens 083 310 0272.

'BACHELOR'-WOONSTEL: DStv, veilige parkering, krag, gemeubileer. R3 900 p.m. Skakel 082 927 0334.

EENMANWOONSTEL: Koopkrag. Beskikbaar 1 Des. 2012. 072 634 6880.

EENSLAAPKAMERWOONSTEL te huur in Mimosalaan 7, R3 300 p.m. plus deposito. Skakel Rika 071 543 0773 na 16:00.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

HOEWE TE KOOP: 1 840 vk m. Klaar onderverdeel vir 6 woonstelle, werkende boorgat, bestaande huis wat in twee woonstelle verdeel kan word. Prys onderhandelbaar. Vir navrae, skakel Karel 082 651 2775.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Electrician Mamatwan Mine

Ref. 752648 In this role, you will inspect, replace and maintain all electrical equipment in a safe and efficient manner at the Sinter and DMS plants. Some of your functions will include electrical construction and commissioning of Low, Medium and High Voltage networks, electrical installations, performing electrical inspections, conducting electrical fault find and repair duties in order to analyse and solve electrical problems as well as general electrical maintenance duties. To be considered, you will need a valid Electrician Trade Certificate plus an N3 qualification, coupled with 3 years’ experience as an electrician. A Wiremen’s Licence and Medium and High Voltage experience and certification will be advantageous while it is imperative that you are medically fit, possess a valid Code 08/EB driver’s licence and have good interpersonal skills. Problem-solving skills will also stand you in good stead.

Apprentices Department: Human Resources

Ref. 752731 Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will have an opportunity to be trained as an Artisan. If you strive for high work standards of performance, are able to complete the theoretical and practical parts of the training course within the pre-defined training period and are interested in qualifying as an Artisan, then apply for apprenticeship in one of the following disciplines:

• Electricians • Fitters • Diesel Mechanic • Millwright Formally, you’ll need a Grade 12 with Mathematics and Science and NCV Level 4 (with Mathematics and Science, minimum 40% each) OR an N2/N3 technical qualification (N3 is compulsory for Millwrights and Electricians). You will be subjected to a pre-assessment test and you must have a valid Code 08 driver’s licence and be medically fit. We require team players who are good at building and maintaining relationships as well as delivering quality results. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 30 November 2012. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 93595

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012 SECURITY GUARDS NEEDED with PSIRA grades. Only men neede. Fax CV to 086 773 6409.

EK HET 5 TWEESLAAPKAMER studentewoonstelle, ten volle gemeubileer (beddens, stoof, yskas, mikrogolf, TV, wasmasjien, lessenaar, rusbank, betaalkrag, onderdakparkering, tuimeldroĂŤr) met uitstekende sekuriteit in die Uniloftblok. Loopafstand vanaf UV. Ek wil dit verkoop: R750 000 elk. Skakel Andre Badenhorst 082 461 8544.

ADMIN-DAME BENODIG IN KURUMAN: So gou moontlik diens aanvaar. Kandidate met ondervinding sal voordeel trek. Salaris onderhandelbaar. Faks of epos CV met afskrif van ID na 053 712 2523. k.e.s.@vodamail.co.za Experienced Construction Site Agent needed.Available immediately.Email CV to fire27677@gmail.com.

WANTED: GUEST-HOUSE receptionist with experience. Also knowledge of MS Word and Excel. Prefer lady of 40 years or older. Phone 079 798 3970.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Uppiespelers pootjie Velties DIE Hoërskool Upington se eerste krieketspan het in die Siyanda-skoleliga sy wedstryd teen die Hoërskool Duineveld met sewe paaltjies gewen. Duineveld het eerste gekolf en 142 vir die verlies van ses paaltjies aangeteken.

Jaco Zietsman was Uppies se beste bouler. Hy het drie paaltjies geneem en net 22 lopies afgestaan. Upington het daarna gekolf en 143 vir die verlies van drie paaltjies aangeteken. Gert Rupping het 69 lopies (nie uit nie) aangeteken en Jaco Zietsman 50 lopies.

DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Upington is van links, voor: André Share, Gert Rupping, AJ Qumza, Gert Nel en Johan van der Ryst; middel: William Briekwa, PJ Smith en Marcel van der Westhuizen; agter: Jaco Zietsman, Franco Swart, Aubert Ntsane en Shaquille Cloete. Foto: verskaf

DIE Laerskool Oranje-Noord het tydens sy prysuitdeling vir Alicé Maritz as sy sportmeisie vir 2012 aangewys. Die sportseun vir 2012-eerbewys word deur Rikus Pretorius (links) en Thinus Oppermann gedeel. Foto: verskaf

Duineveld presteer in tennis

Hokkiekliniek uiters suksesvol

DIE Hoërskool Duineveld se eerste meisiestennisspan het aan die Auto Niche Bloemfontein-uitdaagbekertoernooi deelgeneem. Spanne van oor die hele sentrale streek (Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes) heen het aan dié toernooi deelgeneem. Duineveld het vierde geëindig.

DIE Hoërskool Upington het ’n hokkie-afrigtingskliniek aangebied. Elsie Coetzer het Upington met dié kliniek in ’n fees van kleur met meer as 70 hokkieballe, bakens, spanne in kleurvolle bibs, mondskerms en sokkies verander. Spelers van die Hoërskool Namakwaland op Springbok, die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas, die Hoërskool Duineveld en verskeie laerskole het dié kliniek bygewoon. Die glimlagge het Upington oortuig om dié fase 1-kliniek met ’n fase 2-kliniek in Februarie 2013 op te volg.

VAN links is Tiaan Serfontein (afrigter), Elmoné Botha, Anja Steenekamp, Ané Dippenaar, Deanke van Zyl, Danielle Nel en Sharlene Venter (spanbestuurder) van Duineveld se eerste meisiestennisspan.

BYRON LINKS, ’n leerling aan die Hoërskool Upington, het op die provinsiale karatekampioenskappe op Upington ’n silwermedalje in kata en ’n goue medalje in kumite verwerf. Foto: verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Kamp vir leiers enig in sy soort Annerie Louw ALTESAAM 24 entoesiastiese leerlinge en 8 onderwysers van die Laerskool Seodin het verlede Vrydag op ’n leiersopleidingskamp in die Kalahari vertrek. Wat die kamp besonders maak, is dat Jan Theart, boer en eienaar van die plaas Witputs, die hele intensiewe leierskapkursus by Thota Lodge op ’n eiesoortige manier aanbied. “Daar word nie vir die leiersgroep gepreek oor hoe en wat ’n goeie leier is nie,” sê Jan Louw, skoolhoof van dié skool. Inteendeel, hulle neem deel aan groepaktiwiteite en Theart ontleed besluite, swak en sterk punte en gee raad. Die ontleding het reeds begin waar die leerlinge hul eie tente en kamp moes opslaan en inrig. ’n Potjiekos-kompetisie was ook aandete en ’n kampvuurkonsert het groot vermaak en kompetisie gebied. “Die leerlinge slaap nooit die Vrydagaand nie – die natuur

SPANLEDE van die Pink Panthers by hul mooi gedekte tafel is van links Stephani Hanekom, Adri van der Walt, Anchen Coetzee, Ismari Goosen, Lounari Lamprecht en Charnel Burger (hoofmeisie). Foto: Annerie Louw

gryp hul aan,” sê Louw wat elke jaar die kamp meemaak. Saterdagoggend vroeg het die leerlinge op ’n kompetisiegrondslag aktiwiteite gedoen soos om ’n draagbaar vir ’n beseerde te bou en die beseerde te vervoer. ’n Hindernisbaan met agt ingewikkelde opdragte moes voltooi word, soos om somme te maak, raaisels te ontleed, trekkerwiele en pale te verskuif en geblinddoek opdragte uit te voer. Vir ’n toets van deursettingsvermoë is op uitmergelende staproetes gegaan. “Moenie dink die meisies staan terug vir die seuns nie,” sê Willie van den Berg (onderwyserleier). “Hulle was ware wenners in baie kategorieë.” Die fisieke aktiwiteite is met die uitduik van nommers in ’n dam afgesluit wat blyk die hoogtepunt in die snikhete Kalahari-son te wees. Laastens is breinkrag met ’n kreatiewe brugbou-kompetisie getoets. Stokflou kinders en personeellede is Saterdagmiddag terug Kuruman toe met meer kennis van hulself en mekaar.

DIE Kalahari Warriors was baie trots op hul lagieslaai. Van links is Louis Alberts (onderhoofseun), Gerco Scheepers, Pieter Smith (hoofseun), Louwan Horn, Bennie Kampfer en Kevin van Wyk. Foto: Annerie Louw

DIE Sexy Hoener-span is van links Johnny Markram, Riaan de Klerk, Carel Erasmus, Lourens van Heerden, George Kilelo en Louis du Plessis. Foto: Annerie Louw

DIE Sponge Bob-span is van links Meriete Strauss (onderhoofmeisie), Bianca Britz, Mpatli Kekana, Shané Slabbert, Junel Odendaal en Carla Herbst. Foto: Annerie Louw

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012

Jong spelers wys hulle kan Annerie Louw DIE jong, opkomende tennisspelers het vanjaar tande gewys op die Kathu-tennisklub se kampioenskapstoernooi. Die 62 wedstryde wat deur die 29 lede gespeel is, het oor twee maande plaasgevind. Sake is behoorlik in die eindstryde uitgespook en het goeie tennis opgelewer, sê die klubkaptein, Richard Wolstenholme. Op 10 November is die vier afdelings (vrouedubbelspel, mansenkelspel, mansdubbelspel en gemengde dubbelspel) se eindstryde in lekker

warm weer gespeel. Die vrouedubbelspelwedstryde het die oggend reeds plaasgevind toe die juniors, Kyla Gricius en Mariné Vos, die wedstryd in drie stelle teen Carina de Vos en Narine Kruger gewen het. Die mansenkelspelwedstryde was die hoogtepunt van die dag, sê Wolstenholme. Die veteraan Henk Kock (50), verdedigende kampioen vir baie jare, moes sterk teenstand teen die junior, Henry Wolstenholme (15), bied. Die wedstryd, wat meer as vier uur geduur het, is deur Kock met 6 – 4, 4 – 6 en 7 - 6 gewen. Kock

moes twee wedstrydpunte verdedig om in die derde pot die wedstryd met ’n uitkloppot in sy guns te beklink. Die mansdubbelspeltitel is ná ’n baie gelykop wedstryd tussen die veterane Henk Kock en Richard Wolstenholme en die juniors Henry Wolstenholme en Hanro Nelson met 7 – 6, 7 – 6 in die guns van die veterane beklink wat die titel, wat hulle al agt jaar gewen het, weer kon inpalm. Die gemengde dubbelspelwedstryd is deur Henry Wolstenholme en Mariné Vos gewen. Hulle het in twee stelle teen Richard en Hester Botma gewen.

DIE Kathu-tennisklub se kampioene vir 2012 is van links, voor: Kyla Gricius en Mariné Vos; agter: Richard Wolstenholme, Henk Kock en Henry Wolstenholme. Foto: Schoeman Botma

RICHARD WOLSTENHOLME warm op voor die wedstryd tussen Noord-Kaap en Vrystaat op die Muddpleinbane in Bloemfontein. Wolstenholme, Henk Kock en Annerie Louw was deel van die NoordKaap-span wat Saterdag die onderspit teen die Vrystaat gedelf het. Carinus Joubert (Upington) en Gerrit Brand (Marchand) het die NoordKaap in die groep 35+ verteenwoordig. Foto: Annerie Louw


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.