Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
23 MEI 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Vermaak
Spontaan is hier
bl. 6
GRATIS
Gesondheid
Wiele
Kansa reageer oor Jolie
Hoe ry die bielie?
bl. 9
bl. 10
Treurspel tref gesin Ilse Watson “WAAR is Pappa, hoekom werk hy so laat vandag?” vra klein Francois Oosthuizen (7) aanmekaar. Só vertel Debbie Oosthuizen, vrou van wyle Francois (Soois) Oosthuizen (42), wat Saterdag in ’n grusame botsing ongeveer 10 km buite Kathu dood is. “Ek sê aanmekaar vir klein Francois dat sy pappa nou by Liewe Jesus is, maar hy verstaan dit nie.” Oosthuizen was op ’n 1000 cc-Suzuki-motorfiets op pad van Kuruman nadat hy en ’n vriend op ’n pretrit was. Die motorfiets se stuurmeganisme het glo naby ’n draai vasgehaak. Oosthuizen het ’n aankomende silwerkleurige Toyota-bakkie van voor getref en is op slag dood. “Sy vriend vertel sy kop het die voorste ruit getref en met die slag is hy hoër as die kameeldoringboom geslinger,” sê Monnique (18), Francois se dogter, en wys na ’n groot boom langs die pad. Hy het ongeveer 20 m van die boom af die grond getref. “Ons bly al drie jaar op Kathu. Ek en ons kinders gaan hier bly,” sê Debbie. Sy is ’n werknemer van die Timashi-myn waar haar man ook werksaam was. “Ons het na die toneel teruggekeer om ’n foto en blommekrans vir my pa teen die boom aan te bring. My ma hanteer dit baie sleg. Een van my sussies het nog nie regtig besef wat gebeur het nie,” sê Monnique. “Hy was opgewonde om met die nuwe motorfiets in ’n pretrit te gaan ry. Sy een hand-
FRANCOIS OOSTHUIZEN, wat Saterdag in ’n ongeluk dood is, se familie was gister op die ongelukstoneel. Van links is sy broer, Jac ques, dogter Monnique, en sy vrou, Debbie. Foto: Ilse Watson
skoen lê nog in die veld,” sê sy broer, Jacques Oosthuizen en wys waar dit lê. Volgens die polisie het Oosthuizen se derde nekwerwel gebreek en sy milt en lewer gebars en hy het veelvuldige breuke in sy hele lyf. Sy vriend, wat saam met hom gery het, het op die toneel gestop en die familie in kennis gestel. Die uitkenning van die lyk word vandag op Kuruman gedoen, waarna hy in Bloemfontein veras gaan word. Oosthuizen word ook deur sy ander dogters, Chantelle (15) en Alicia (12), oorleef. Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die Kathu-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Die passasier in die bakkie, ’n 57-jarige vrou, is ná die ongeluk na die Mediclinic Kathu vir behandeling. Die bestuurder het nie seergekry nie. Enigiemand met inligting oor die ongeluk word versoek om speurkonst. Karlin Kock by 053-723-3111 te bel.
Nuwe uitgawe op pad KALAHARI BULLETIN kry ’n splinternuwe uitgawe spesifiek vir die Kathu–omgewing! Lees meer oor Ilse Watson, die nuwe verslaggewer op Kathu, en wat die koerant vir jou gaan beteken op bl. 3.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
25 Mei: Mark in die park by die Giant Mini Zoo in Poolmanstraat. Kom maak ’n draai by die diere, sit in die teetuin en kuier tussen die stalletjies. Bel Michelle by 084-553-4674. 29 Mei: VLV-praatjie: My inspirasie vind ek in Styl en Mode. Dit vind plaas in die Gereformeerde kerk se kerksaal om 15:00. Bel Petro Spangenberg by 083–557–2365. 1 Junie: Die NG Moedergemeente hou basaar. Vleis, poeding, pannekoek en brood. Kontak die kerkkantoor by 053-712-0657. 1 Junie: Die Hervormde kerk op Kathu bied die Kameeldoringkarnaval aan. Pieter Koen is een van die kunstenaars en daar is heerlike kos. Die hekke open om 09:00. Toegang kos R20 vir volwassenes, R10 vir leerlinge en gratis vir voorskoolse kinders. Bel ds. Annalize Rossouw by 073-272-4018. 3 Junie: Sonja en die Tjokkers tree om 08:30 by die Laerskool Seodin op. Kaartjies kos R15 per persoon. Kontak die kantoor. 8 Junie: Steve Hofmeyr in die Red Sands Country Lodge. Stalletjies en vermaak vir die hele gesin. Bel Aretha by 082-879-9155.
Clinic visits villages
Municipality won THE Joe Morolong Local Municipality won the award of Best Rural Housing Project at the Govan Mbeki Awards recently. The purpose of the Govan Mbeki Awards is to promote and inculcate a culture of excellence within the Human Settlement sector in the delivery of quality Human Settlements and dignity to South Africans. It is also to encourage all stakeholders in the sector to respond systematically and foster the entrenchment of spatial patterns across all geographic scales that exacerbate social inequality and economic inefficiency. There were four (4) categories: ) Best Contractor in the Non-subsidy Market ) Best Accredited Municipality Level 1 ) Best Accredited Municipality Level 2 ) Best Rural Housing Project ) Merit Award which was MEC’s discretion The Joe Morolong Local Municipality was nominated together with other four local municipalities: Deben, Richmond, Keimoes and Sishen and walked away as the overall winner in the category.
A DENTIST doing a dental screening.
THE John Taolo Gaetsewe Developmental Trust (JTG), in partnership with the Northern Cape Department of Health and the local municipalities Ga-Segonyana and Joe Morolong, have been visiting numerous villages in the John Taolo Gaetsewe District with a mobile clinic. Each visit included the ophthalmic screening of 50 people, cervical screening of 50 people, dental screening of 100 people with 15 to 20 extractions, cholesterol, glucose, hypertension screening and health promotion workshops with a targeted attendance of 300 people, awarding of spectacles on an average of 15 per 50 people screened, Voluntary Counselling and Testing (VCT) and HIV/Aids tests. The John Taolo Gaetsewe District is faced with health challenges and access to healthcare facilities is therefore limited hence the JTG Developmental Trust decided to come up with this initiative which started in 2012 and is rolling out for the second year. Speaking at the re-launch of the health promotion in the Cassel Village, Tumelo Mpolokeng, CEO for the JTG Developmental Trust, said the JTG Developmental Trust was committed to improving health in the district and in working with the Department of Health, the doctors and municipalities their job of making sure their beneficiaries were looked after became easier,” he said. The visits will be on a rotational basis to different villages around the John Taolo Gaetsewe District and the project will be completed in November. The promotion has so far managed to visit villages such as Cassel, Dithakong, Batlharos, Heuningvlei, Dikgweng, Pepsi and Madibeng and other villages are expected to be visited in the year as the promotion continues. Dr Gopane-Phiri, a project consultant of this initiative, applauds the JTG Developmental Trust for setting a good example of how companies should engage with pressing issues and should bring benefits to the society. The initiative is running in isolated villages because of the vision of the JTG Developmental Trust and this has strengthened the relationship the trust has with its communities in the district.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Nuwe uitgawe hier DIE Kalahari Bulletin bars uit sy nate. En om by te hou met die opwindende groei het die Volksblad-groep besluit om nog ’n uitgawe, een op Kathu, uit te reik. Die Kalahari Bulletin op Kuruman is sedert 2007 een van Volksblad se 12 plaaslike koerante in Sentraal-Suid-Afrika. In 2010 is die uitgawe op Upington begin sodat méér nuus van die Noord-Kaap na die lesers gebring kan word. En nou het dié spogkoerant ook ’n Kathuuitgawe. Volgens Christo van Staden, assistent-redakteur van Volksblad verantwoordelik vir die groep se plaaslike koerante, volg die uitbreiding op Kathu op die groot sukses wat met die bestaande twee uitgawes van die Bulletin behaal is. “Ons is bewus van die behoefte van gemeenskappe soos Kathu aan ’n plaaslike koerant wat aan daardie inwoners se behoefte aan plaaslike nuus voldoen. “Ons sien uit daarna om ’n sterk nuuskoerant vir die mense van Kathu en omgewing uit te gee wat as hoofnuusbron vir die inwoners kan dien.” Cindy Theron, advertensiebestuurder van die Bulletin, sê haar span is baie opgewonde om ’n nog beter diens aan hul kliënte te lewer noudat hulle heeltyds hier beskikbaar is. Ilse Watson is pas as verslaggewer van die Kathu-uitgawe aangestel. “Ek wou my lewe lank in die joernalistiek wees en het nou die geleentheid gekry,” vertel sy.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
‘Mense kan nog ’n gehaltekoerant verwag wat ’n stewige bydrae tot die Kalahari Bulletin gaan lewer.’ – Ilse Watson
3
Watson, wat geen vreemdeling vir die Noord-Kaap is nie, het op Kathu grootgeword en glo sy sal die hart van die Kalahari in haar koerant vasvang. “Ek is lief vir die Kalahari. Die rooi sand is in my are,” sê sy laggend. Watson sê haar fokus om ook van dié uitgawe ’n sukses te maak is om nuuswaardige berigte wat vir inwoners van Kathu en die omliggende gebiede van belang is, te publiseer. “Mense kan nog ’n gehaltekoerant verwag wat ’n stewige bydrae tot die Kalahari Bulletin gaan lewer.” Die Kalahari Bulletin op Kathu se eerste uitgawe verskyn op Donderdag 30 Mei. Dit sal elke Donderdag beskikbaar wees. Vir die plasing van enige nuus in die Kathu-omgewing kontak haar by 079-8315579.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Kies lewe, doen iets
ANGELINA JOLIE se besluit om ’n voorkomende dubbele mastektomie te ondergaan nadat die geen BRCA1 by haar geïdentifiseer is, het die media die afgelope paar weke oorheers. Haar ma is aan borskanker dood en nadat die geen by haar geïdentifiseer is, het sy besluit om eerder voorkomend op te tree. Die besluit om eerder pro-aktief as reaktief te wees is iets wat almal by haar kan leer. Baie vroue doen maandeliks self ondersoeke en gaan spreek jaarliks ’n ginekoloog, maar daar is heelwat mense wat daardie vreemde en seer moesie ignoreer en heimlik wens dit sal soos mis voor die son verdwyn. Net so glo bykans alle mans prostaat- en testikulêre kanker is iets wat net met ander mense gebeur en
waaroor net ouer mans bekommerd moet wees. Alle mense is in ’n mate skuldig aan reaktiewe optrede eerder as pro-aktiewe optrede. Dit is baie maklik om vir griep, sinus en verkoue gou iets by die dokter te kry, maar die werklik kommerwekkende simptome word geïgnoreer omdat mense bang vir die uitkoms is. Hoeveel mense loop nie jare lank met ’n probleem rond maar bespreek dit nooit met ’n dokter nie, omdat hulle vrees die uitslag kan nie goed wees nie. Tog is daar baie siektes, kanker inkluis, wat behandelbaar is indien dit vroeg genoeg opgespoor word. ’n Mens moet net, soos Jolie, kies om te lewe eerder as om die volstruisbenadering te volg. Hier is mans veral die sondaars.
Melk is volop en water skaars Schalk Theart HANGBERG is ’n Karooplaas. Die reënval is ver van genoeg af. Die damme is sulke gorras in die grond. Ons was gewoond aan leë damme. Die bietjie water wat beskikbaar was, is so geel gekleur deur die modder en was amper onbruikbaar. Ma het geweet van Alyn wat die modder laat afsak sodat sy die wasgoed kan was. Drinkwater moes met die wa en trekdiere aangery word. Tydens die warm somers moes die vee dam toe gejaag word, klaar suip en weer veld toe gaan. Die vyebos is ook ’n goeie waterbron vir die vee. Tydens die nag se dou het die klipbakke net genoeg water gevat vir een keer se dors les. Die malvas, roosboompies, olifantpote en maandrosies was die kliptuin se versiering. Vir hulle was die waswater genoeg. Die mossies en die streepkoppies se toevlug in die droë Karoo was ook maar die plaaswerf. ’n Oopgesnyde visblik was hul drink- en badplek. Ons mag nooit ’n voëltjie geskiet het as hy kom water drink het nie. Selfs die koggelmanders en die akkedissies het met hul tongetjies aan die visblik kom lek. Die blikbeker met sy groot oor word diep in die sinkemmer geduik om die koelste water vir die groot dors te skep. Onder die oorhang van die kookskerm hang ’n nuwe seilwatersak met ’n kurkprop. Die laat namiddagwindjie laat die water afkoel. Die water is spesiaal. As ons teen laagstaanson uit die veld gekom het, moeg gedra aan aankomlammers wat die ooie gelos het om-
dat die weiding skaars is en die melk in die eier min, mag ons elkeen so drie slukke uit die watersak geneem het. Dit was ’n koel verrassing vir die lang, warm dag. Pa het altyd ’n paar melkbokke aangehou om die hanslammers groot te maak. Met die enamelemmer het jy jou linkerskouer diep voor sy lies ingedruk tot teen die kraalmuur. Nou kan jy melk totdat die emmer vol is. Ons het skraps gewerk met die melk, want daar moet ten minste ’n swartpot vol oorbly om vanaand op die vuurherd te kook. Ons kinders het gedink melk is volop, maar water is skaars. Saans het elke kind ’n blikbeker kookmelk en growwe brood gekry. ’n Smeerseltjie was daar feitlik nooit. Met die uitkrap van die pot se aanbrandsel het ons beurte gemaak. Met ’n blink kakaoblikdeksel word die witbruin brandsel versigtig bymekaar gekrap. Dit was moeilik om te deel as dit jou beurt was. Vir Israel word belowe ’n land van melk en heuning. Dit het ons goed geken. Melk laat jou wange blink en les sommer jou dors ook. As ons by huisgodsdiens lees van die uitnodiging van die evangelie dat almal wat dors het, kan kom drink, het ons onwillekeurig aan afgekoelde gekookte bokmelk uit ’n blikbeker gedink. Dit het ’n wit kring om jou mond gelos. ) Ds. Schalk Theart is die leraar by die NG kerk in Daniëlskuil.
Kuier saam in die kuberruim KALAHARI BULLETIN is nou ook op Facebook. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Like die blad om jou opinie te lug en vir meer nuus wat saak maak.
DIE pragtige foto met die blou lug en die rooi sandduine, so eie aan die Kalahari, is op die plaas Vrylinckspan geneem. Stuur jou foto’s na joanie.bergh@volksblad.com. Foto: Ilse Watson
Gupta-sage ’n verleentheid VINCENT WARD, Kuruman: DIE Gupta-sage. Wat ’n verleentheid vir Suid-Afrika en sy mense. Jy kan nie eens die regering by die verleentheid uitsluit nie, want hy het dit veroorsaak. Die regering se vel is nou al so dik van bedrog, omkopery en skandale dat die saak nou ook spreekwoordelik soos water van ’n eend se rug afloop. Die mense van Suid-Afrika is diegene wat onder die skandale van die regering ly en die res van die wêreld vra ons wanneer ons oë gaan oopgaan. Suid-Afrika en sy mense word ’n bespotting gemaak deur die regering in die oë van die wêreld daar
buite. Deur al die bedrog wat al na vore gekom het is nog geen minister tronk toe nie, maar eerder in ’n hoër pos aangestel. Jan Alleman moet vir sy oortredings tronk toe gaan, maar nog geen minister is tronk toe gestuur nie. Die aksies is duidelik indien een tronk toe sou moes gaan hy die name en ongerymdhede van die ander bekend sal maak wat saam met hom die misdrywe gepleeg het. Dit is duidelik die instruksies in die Gupta-sage het van die hoogste vlak in die regering gekom en dat soveel bedrog daarby betrokke is. Die belasting van die Guptas van hul eiendom in Johannesburg wat
’n waarde van R16 miljoen het, maar slegs aangeslaan word op ’n waarde van R500 000, is ’n duidelike teken van tot waar die bedrog strek. Die vraag wat die regering bly ontduik is: Het die Guptas enige landswette oortree? Die antwoord is onomwonde ja, maar ons regering gaan niks daaromtrent doen nie. Die regering onderskat die intelligensie van die mense van Suid-Afrika. Met die bou van ’n politieke skool op Parys in die Vrystaat is dit duidelik dat die regering die magsdeling in sy eie kringe wil hou met sy eie kinders. Die magsdeling, korrupsie en bedrog sal met niemand anders gedeel word nie. Sodoende sal Suid-Afrika en sy mense maar voortdurend moet deurloop onder die regering se omkopery, korrupsie en skandale.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
Ma-wees nie kinderspeletjies Annerie Louw MOOISTE het ons vandag na die Amsterdambos op ’n uitstappie gevat. Sy het nou self begin ry met hul motor se linkerhandstuur aan die regterkant van die pad. Op die manier spaar ons baie geld vir openbare vervoer en kom vinniger by ons bestemming. Maar, dis natuurlik nie sonder spanning nie, want terwyl ek agter tussen die karstoeltjies van die kinders ingeprop sit met die doeksak op my skoot moet Dierbaarste vir haar help kyk vir verkeer en terselfdertyd die GPS met die padaanwysings ook dophou. Dierbaarste is, tipies man, in elk geval gespanne omdat dit ’n vrouebestuurder is en ek dink hy wens eerder dat dit ek was wat in SuidAfrika agter die stuur van die rooi RunX was. Ek was vandag ooggetuie van hoe goed Mooiste kan multi-task. Terwyl sy die padaanwysings kyk, die motor se ratte met haar regterhand wissel en vir fietse, motorfietse, voetgangers, trems, busse en motors kyk, vra Prinses sy wil die Hei-
di-CD met liedjies luister. Dierbaarste soek die CD tussen al die ander, Kroonprins begin kla en Mooiste verduidelik waar die ekstra melkbottel ingepak is. Prinses raak ongeduldig met Oupa se spoed en kla met ’n stemmetjie wat deur murg sny net toe die GPS se aanwysings ons by padwerke uitbring. Ek voel soos ’n vinger wat in ’n te klein ring ingeforseer is – kompleet of ek begin swel in die spasietjie tussen die stoeltjies en ek sweet en pyn soos ek sukkel om die formule in die bababottel te gooi. Mooiste het alles so netjies en gemaklik ingepak, maar ek sukkel steeds, want Prinses soek ook ’n paaidingetjie “nou”. Haar ma verduidelik van koekies in ’n houertjie in haar eie rugsakkie. Ons bereik die pannekoekhuis se parkeerterrein en bars by die motor se agterdeur uit. Kroonprins is stroopsoet in sy karretjie en slaap
reeds van die ekstra melk. Die dae van bestel en ontspan of lekker gesels oor ons toekomsplanne is eers van die baan. Oupa moet vir Prinses by die speelplek kry en in die son swaai terwyl ek na Kroonprins omsien en Mooiste die pannekoeke gaan bestel. Dis tyd vir ’n prins se basiese behoeftes en hy bevuil sy klere tot agter sy rug. Sy ekstra kleertjies is nat van iets wat in die doeksak uitgeloop het. Mooiste staan met die klere by die handedroër in die toilet terwyl hy in sy kombersie toegedraai lê en wag en die mense later klop omdat sy so lank neem. Gelukkig is dit darem ’n lekker warm dag van 22 grade en kon die halfklam babygro droog word. Ek is stokflou en doodmoeg toe Mooiste aankondig dat ons na die kinderbad gaan – ’n groot swembad tussen die lang bome in die bos. Dit lyk heerlik gesellig en ons gooi ons kombersie in die koelte oop. Van opgewondenheid roep Moeder Natuur by Prinses ook en haar ma moet ’n plan maak. Nee kyk, ek het al vergeet hoe nederig kindertjies jou kan maak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Mark toon groei goed Charné Kemp
Prieska se huispryse het ook gestyg. Jeandré Lotz van M&M-prokureurs sê ’n gemiddelde huurhuis (drie kamers en twee badkamers) se prys het van R2 500 drie jaar gelede tot sowat R5 500 gestyg. “Sommige van die huise het net een badkamer. Daar is tans geen huise te huur op Prieska nie. Gastehuise is net so vol. Ons huur selfs huise aan gastehuise uit. “Die gewone salaristrekker op Prieska kan nie meer huurhuise bekostig nie.” Die vraag na huurhuise en gastehuisverblyf op De Aar is net so groot. Lischelle Fitsgerald-Smith van Just Property sê die vraag kom van sonkragaanlegte, die hospitaal en Transnet-kontrakteurs. Huurpryse het van R4 000 drie jaar gelede tot tussen R8 000 en R11 000 gestyg. Elretha van der Merwe van Remax op Kuruman, wat tot nou bekend was vir ongehoorde huurbedrae, sê yster- en mangaanmynkontrakteurs skuif nou na Kathu omdat die padbouwerk tussen Kuruman en Hotazel die lewe vir Kurumaniete moeilik maak. “Daar is nou baie nuwe huise op Kathu en dit is ’n makliker pad om by Hotazel uit te kom. “Die Kuruman-pryse het nou gestabiliseer. Die gemiddelde huis se huur is tussen R8 000 en R12 000 per maand. “Huise wat meer as R16 000 kos, staan leeg. Daar sal nooit genoeg huise op Kuruman wees nie, want die gebied voed verskeie nywerhede.”
ANMARI HUGO is as Mej. Vel tieland 2013 gekroon op ’n ge selligheid waar die tien finaliste hul gaste op ’n nostalgiese reis na die 1950’s geneem het. Ann Lee Lochner van The Mark of B het die rokke gemaak, terwyl Ri ta Agenbach die saal versier het. Mathys Roets en Kevin Leo was die gaskunstenaars van die aand. Die tweede prinses is Francis Rossouw en die eerste prinses Lizanne Hugo. Van links is Lizanne, Anmari en Francis. Foto: Megan Loots
Duineveld bied sjefkursus aan DIE Hoërskool Duineveld bied van 17 tot 19 Junie ’n sjefkursus by sy hotelskool aan. Sjef Lesley Jacobs van die Food & Beverage Institute in Bloemfontein gaan ’n internasionale kookkunssertifikaat, Skills Foundation Certificate in Food Preparation and Culinary Arts, aanbied. Dié kursus is deur City & Guilds International in Londen geakkrediteer. Dit sal die basiese grondslag wat enige sjef in die gasvryheidsbedryf nodig het, verskaf sodat kursusgangers met selfvertroue na hul kombuise kan terugkeer en aan hul gaste borde kos bedien waarop ’n verskil duidelik sigbaar sal wees. In die week dat hy die internasionale kursus aanbied, gaan hy aandgesellighede aan-
bied waartydens mense om verskillende tafels kan kom leer en kuier. Op Maandag 17 Junie takel hy Braai en Bykosse. Op Dinsdag 18 Junie kom Potjiekos en Potverrassings aan die beurt en Platters sluit die aandgesellighede op 19 Junie af. Op die gesellighede gaan mense demonstrasies sien, informeel saamkuier, resepte bymekaarmaak en natuurlik heerlik saam eet. Rig navrae aan Gerda Becker by Duineveld by 054-338-8222 of by 083-260-4177. ) Baie Upingtonners sal die Street Dinner onthou wat Duineveld vier jaar gelede aangebied het. Lesley en sy span was deel van die suksesverhaal daardie aand en hy gaan nog van sy onthaal-suksesresepte met kursusgangers deel.
MA Y2 01 3
DIE eiendoms- en huurmark in die Noord-Kaap toon steeds ongekende groei, deels vanweë die bou van sonkragaanlegte in dié provinsie. Die afgelope drie maande het die mark met 13% gestyg. Só sê Louw Liebenberg, uitvoerende hoof van PayProp, ’n onderneming wat huurinkomste verwerk. Volgens hom is een van die faktore die ontwikkeling van sonkragaanlegte in die provinsie, veral op Upington. “Die afgelope drie maande was ongelooflik. Die nywerheidsontwikkeling, nuwe hospitaal en inkopiesentrums op Upington veroorsaak ’n vraag na verblyf wat die vraag na huurhuise verhoog.” Ander dorpe wat uitgesonder word, is De Aar en Prieska waar ook sonkragaanlegte gebou word. André Mostert, ’n Seeff-agent op Upington, sê die vraag na huurhuise het verhoog omdat daar ook ’n gebrek aan ontwikkeling was. “Daar word nie baie nuwe huise gebou nie. Daar is dus min huise in die mark en min wat minder as R1 miljoen kos. “Eiendomspryse het met 12% gestyg en dit is goed om nou te belê. Dit is moeilik vir eerstehuiskopers om lenings te kry, maar die huurpryse is so goed dat eienaars hul paaiemente gemaklik kan dek. “Op Upington kos die gemiddelde huis tussen R970 000 en R1,2 miljoen met ’n huurinkomste van tussen R8 500 en R10 500 oor 20 jaar.”
Dra die kroon
Handyline Angle Grinder
Handyline Impact Drill
HID-500 • 500W • Chuck capacity: 10mm • Max drilling capacity: 1 Year - Steel: 8mm Guarantee - Wood: 20mm - Masonry: 10mm
ONLY Classic HiHiding PVA
Infrared Radiant Gas Heater
Switches Off Gas at Control Switch
GH310S • Fits all 9Kg industrial cylinders • Switches off flow at gas fl ow control valve • Safety sensor with flame flame protection
• For interior & exterior use • White only
Hi-Hiding
Cover
HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm
• 20L
99 24989
1 Year Guarantee
CCH1-20
99
• 5L - CCH1-5...
699
99
• 3 Heat settings • Adjustable thermostat • Overheat protection • Pressure tested for safety • 7 Fin
39999499 DF-150P9-7
• 9 Fin - DF-200P9-9...
99
99 • 11 Fin - DF-250P9-11...599
69999
• 13 Fin - DF-300P9-13...
3 Seodin Avenue, Kuruman
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
14999
Blower Vacuum
20-12800 • 2800W • Vacuuming or blowing • Mulching ratio 10:1
FREE Fiskars Bypass Pruner
49999 High Pressure Washer
AJP-1700V • 1700W, 120 Bar • Adjustable water pressure & volume control • Cleans fast and efficiently with up to 80% less water than a garden hose • Wheels for easy manoeuvrability
89999 199999
TRADING HOURS
Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
each
4999 MEGA0059 • Excludes wood
VISIT US TODAY!
0022684
• Suitable for general garden & orchard pruning
Outdoor Camping Boma 800 Oil Filled Fin Heater
NEW
22999
Secateurs Masonite Hollowcore Interior Door
OR
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 21 May - 02 June 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
HG-650 • 115mm • 650W
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Staan nader vir Spontaan 2013 DIT is weer tyd vir alle sangers om nader te staan om aan Spontaan, Volksblad se Plaaslike Koerante-groep se groot sangkompetisie, deel te neem. Vanjaar vind die Kalahari Bulletin se uitdunrondes vir die Spontaan-kompetisie op 20 Junie op Kuruman plaas. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upington-kantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-7121472 of die Kathu-kantoor by 079-831-5579.
Reëls vir deelname
DIE Vryfees wat vanjaar van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaasvind, gaan dié jaar die poppe laat dans. Ná ’n lang afwesigheid is daar weer dans op die fees, en sommer ’n grote waarin jy enigiets van ballet tot gumbootdanse kan verwag: Die titel is nie verniet Spectacular Spectacular nie. Foto: Verskaf
Groot pryse weer vanjaar op spel DIE volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die totale waarde is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele
profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Totale waarde vir al die finaliste is R40 000. Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. PCB Productions: ’n Fotografie-sessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke deelnemer.
REËLS vir deelname om jou stem te laat hoor: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom, Kroonstad en Kimberley en op Kuruman en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Die kompetisie is slegs vir soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streekoudisies verskaf. ) Spontaan sal die klank vir die eindronde verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. Oudisies word in Welkom, Bloemfontein, Kroonstad en Kimberley en op Kuruman en Bethlehem gehou. Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal.
Nuwe komitee wil diere se lot verbeter
The t n e d n indepe e h t f o voice y t i c r Rive
DIE Animal Welfare Society (AWS) van Upington is pas gekies nadat komiteelede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington bedank het om hul eie, onafhanklike organisasie te stig. Die nuwe AWS-komitee verlig reeds aktief die lot van diere en lei troeteldiereienaars op om verantwoordelikheid vir hul diere te aanvaar. Die nuutgestigte AWS het sy eie konstitusie en ’n paar eenvoudige dog doeltreffende reëls om die grondslag vir die werk wat hulle gaan doen te
vorm. Die komiteelede is Yaacov Arnon, Andrew Miskey, Mary-Anne Miskey, Maritsa van der Merwe, Sharon Minders, Kelvin Riley, Izel Riley, Glenda le Roux en Pam Moult. Andrew Marx is ’n junior komiteelid. Alle gr. 10tot gr. 12-leerlinge kan hulle as junior komiteelede by die AWS aansluit. Lidmaatskap is gratis en mense wat ’n passie vir diere het en graag ’n verskil wil maak, kan Mary-Anne by 082-7839-472 bel. ) Die AWS het reeds op 1 Junie sy eerste geldinsa-
melingsgeselligheid. Op 1 Junie van 11:00 af gaan die AWS ’n straatpartytjie by die Pavillion Pub en Grill op Keimoes aanbied. Die ingangsgeld van R70 sluit ’n lapwapen, gelukstrekking en spitbraai in. ’n Steak-ete sal teen R100 beskikbaar wees en die pad sal gedeeltelik gesluit word sodat motorfietsentoesiaste hulle kan geniet. Alle geld sal deur die AWS vir diere in nood aangewend word. Rig verdere navrae aan Dawie Lombard by 083-2209108 of skakel 072-755-5240 vir navrae oor verblyf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Dié optrede barbaars, onmenslik SONJA GROBLER, Kurumandieresorgvereniging: ’n JONG man het ons kom vertel van ’n dragtige donkiemerrie naby die Bankara-afdraai wat hy gesien het met ’n pyl wat uit haar pens steek. Ons het dadelik na die donkie gaan soek en haar gevind met ’n kruisboogpyl (met helder groen vere) wat uit haar pens steek. Onge-
lukkig kon ons haar nie vang nie en het sy vinnig in die bosse verdwyn. Die man het vertel dat daar mense op die dorp is wat kruisboë gebruik om na die donkies as teikens te skiet. Dit is heeltemal barbaars
en onaanvaarbaar. Die donkies loop rond omdat hulle ten eerste nie gevoer word nie en ook omdat hulle nie in ’n toegespande kamp is nie. Die publiek moet vir die eienaars en nie die donkies nie kwaad word. Om hulle met ’n pyl en boog te skiet is wreed en onmenslik. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om met enige inligting hieroor die Dieresorgvereniging te kontak.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Vlieëniers samel geld vir projek in TWEE weldoeners het ’n vlug in hul mikrovliegtuie meegemaak om vir Reach for a Dream geld in te samel en het onlangs op hul reis op Kuruman gestop. Paul van Schalkwyk (69) en Louis Cole (60) sê dit was op hul bucket list om R125 000 vir die Reik na ’n droom-projek in te samel en om ’n vlug van Johannesburg tot in die noorde van Namibië mee te maak. Hulle beplan om die reis in twee maande te voltooi. “ ’n Mens is nooit te oud om iets belangrik aan te pak nie,” sê hulle. Vir verdere inligting oor die Rei na ’n droom-projek gaan na www.opencockpit.co.za.
DIE twee vlieëniers by hul mikrovliegtuie is Paul van Schalkwyk (links) en Louis Cole.
Foto: Sonja Grobler
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
9
Voorkom borskanker
Reik uit na sentrum DIE Laerskool Seodin het sy eie taxi marshalls wat goed oor die passasiers van taxi’s toesig hou. Die taxi marshalls wou nog meer doen as om net die fisieke veiligheid van die leerlinge te beskerm. Hulle het ’n projek begin waarin hulle die gemeenskap en ouers van Seodin gevra het om onder meer ou klere en speelgoed te skenk. Die skenkings is aan die Immanueldagsorgsentrum gegee. Die sentrum versorg en werk met kinders wat gestrem en hulpbehoewend is. Hier is die groep marshalls.
Ses haal GW-spanne SES rugbyspelers van die Laerskool Seodin is in die Griekwaland-Wesse laerskole-rugbyspanne ingesluit. Pieter Smith (flank – nr. 6) en Johnny Markram (vasskop – nr. 3) is vir die o.13A-span gekies.
Riaan de Klerk (buitesenter – nr. 13) en Louhan Horn (flank – nr. 7) is vir die o.13B-span gekies. Nico Pietersen (skrumskakel – nr. 9) en DM Hohls (reserweflank – nr. 7) is vir die o.12A-span gekies.
DIE kollig het onlangs op die bekende akteur Angelina Jolie geval nadat sy aangekondig het dat sy ’n dubbele mastektomie ondergaan het. Angelina Jolie noem dat sy die gene het wat haar risiko verhoog om borskanker te kry. Hierdie geen se naam is BRCA1 en BRCA2. Vroue met die geen se risiko vir bors- en ovariumkanker is hoër as die normale vrou se risiko. Elke vrou kan getoets word hiervoor. Besoek gerus http://www.mayoclinic.com/health/brca-gene-test/ MY00322 om meer hiervan te lees. Kansa moedig alle vroue aan om ten minste een keer per jaar ’n ginekoloog te besoek en ten minste een keer per maand self ’n borsondersoek te doen. Indien daar borskanker of selfs enige van die BRCA-gene in jou familie voorkom, is dit goed om jou hiervoor te laat toets en indien jy positief vir BRCA1 en/of BRCA2 toets, moet jy meer let op jou gesondheid, aangesien jou risiko hoer is. Die emosionele en sielkundige invloed wat ’n mastektomie op ’n vrou het, is geweldig en so ’n besluit moet nie ligtelik geneem word nie. Borskanker kan baie vroeg opgespoor word by ’n vrou wat na haar-
Die spelers het in Kimberley gaan litte losmaak vir die Bondedag in Welkom eerskomende naweek. Die uitslae was soos volg: o.13A wen die Luiperde met 18 –15. o.13B wen die Luiperde met 10 – 8.
DIE rugbyspelers is van links, voor: Pieter Smith, Nico Pietersen en Louhan Horn; agter: Riaan de Klerk, Jonny Markram en DM Hohls.
ANGELINA JOLIE self omsien en gereeld vir ondersoeke gaan. Wanneer dit opgespoor word, neem dan ’n ingeligte besluit saam met jou spesialis oor mastektomie, dubbele mastektomie en rekonstruksie.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
Mercedes-Benz GL ’n ernstige veldryer Christo Valentyn WANNEER dit tyd is om ’n voertuig te koop kan jy maar weet iewers in die proses sal ’n kompromis aangegaan moet word. Soms tussen die toerustingsvlakke wat jy verkies en die prys wat jy bereid is om te betaal; soms tussen hoeveel passasiers jy kan vervoer terwyl jy op ongebaande weë vertoef. Veral laasgenoemde is ’n tameletjie. Gaan tel gerus hoeveel sewesitplek-sportnutse met werklike 4x4-vaardighede beskikbaar is. Om verskeie redes bly dit ’n vreemde gedag-
te dat sulke groot, luukse voertuie byna enige hindernis in die veld kan kafdraf. Maar dat daar ’n behoefte aan, en dus ’n mark vir, dié voertuie is, is nie altemit nie. Indien nie sou daar beslis nie voertuie soos die Range Rover bestaan het nie. Trouens, dit is ’n segment wat in 1970 deur Land Rover geskep is met die eerstegenerasieRange Rover. En hoewel menige vervaardiger van luukse voertuie intussen probeer het om dieselfde kombinasie van eienskappe in hul voertuie te bied is dit net Mercedes-Benz wat tot nog toe naby kon kom. En dit is waar die
GL-klas, oorspronklik in 2006 bekend gestel, na vore tree. Groot, modern, luuks en met volwaardige sitplek vir sewe mense is die GL-klas Mercedes-Benz se antwoord op Audi se Q7 wat saam met die GL in 2006 die eerste Duitse sportsnutse met sewe sitplekke was. Nou, met die tweedegenerasie-GL, kan Mercedes-Benz die eerste keer ook Land Rover se Range Rover die stryd aansê. Hoewel die Range Rover subjektief steeds met sy ultramoderne ontwerp ’n kop voor is, volg die nuwe GL ’n soortgelyke resep: ’n prominente, nuwegenerasie-Merce-
des-Benz-vooraansig met Merc se nuwe LEDdagryligontwerp meng moeiteloos met elegante lyne, met meer as ’n knippie machismo om die geheelbeeld forser en doelgerigter te laat vertoon. Van agter gesien gaan die nuwe GL jou egter laat kopkrap. Daar is geen ander MercedesBenz-ontwerp waaraan dit gekoppel kan word nie. Trouens, die chroomstrook wat die agterligte verbind, herinner sterk aan die BMW 7-reeks met die algehele proporsies wat aan die Land Cruiser 200 herinner. Die ontwerp en uitleg van die instrumentpaneel en middelkonsole is van die beste, met ’n wye verskeidenheid bekleedsels en afwerkings beskikbaar – in hout en metaal. En die kajuit is doodstil met byna geen padgeraas nie. Die GL se 2-3-2-sitplekuitleg is natuurlik een van sy belangrikste kenmerke. In die nuwe model sal passasiers getuig van die beter elmboog-, skouer- en kopruimte in al drie rye. Die agterste twee sitplekke slaan elektronies op en af, terwyl Mercedes-Benz se EasyEntry-stelsel – wat die tweede ry sitplekke laat vou en vorentoe kantel – help om maklik by die agterste sitplekke uit te kom. Drie modelle is beskikbaar in die reeks, met die GL 350 BlueTEC 4MATIC as die enigste diesel-opsie, en die GL 500 4MATIC BlueEFFICIENCY in die middel van die reeks. Die GL 350 BlueTEC is waarskynlik die model wat die beste balans tussen verrigting en doeltreffendheid bied. 4MATIC (permanente vierwielaandrywing) en AIRMATIC (aanpasbare lugvering) is standaard, terwyl albei modelle ook toegerus is met die ON&OFFROAD-pakket wat, soos Land Rover se Terrain Response-stelsel, ses bestuursmodusse bied om die GL se beste dinamiese aspekte na gelang van die omstandighede uit te lig. En met ’n grondvryhoogte van tot 306 mm is die GL verbasend ’n ernstige veldryer.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
DIE binnekant van die MercedesBenz GL.
11
DIE MercedesBenz GL. Met dié tweedegenerasieGL kan MercedesBenz die eerste keer ook Land Rover se Range Rover die stryd aansê. Foto’s: Berskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
KURUMAN: 3 slk, badk, sitk, eetk, kombuis, toegeboude stoep met wasarea, garage, buitek met toilet en 'n afdak. Koopkrag en waterheffing uitgesluit, teen R9 000. 084 209 5536.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
1,2-m-MIELIERESTEBALE beskikbaar. R120 per baal. Schweizer-Reneke-/ Wolmaransstad-distrik. Louis 083 225 8815/Tom 083 656 2330.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
12
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292. HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035. NUTSMAN: Alle herstelwerke in en om die huis. Loodgieters-, staal-, elektriese en houtwerk, teëls, plaveisel, ens. Skakel 082 752 1600.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
Building a world-class diamond group
PARKERING TE HUUR: Vervoer u personeel van Kuruman na hul werksplekke en is op soek na parkering vir hul voertuie? Ons bied 'n oplaai-/aflaaipunt met veilige parkering en sekuriteit. Skakel 082 948 2017.
KAMER BESKIKBAAR IN meenthuis: R3 000 p.m. Skakel Francois 072 156 8035. VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.
JETTA 3 1600, 1996: R22 000. 1988 Corolla 1300, excellent: R22 000. Phone 072 472 8686. SENTRA 1600, 1990: R19 500. 2000 Uno 1100: R15 500. Phone 072 472 8686.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.
Koffiefontein Mine Joint Venture
Koffiefontein Mine JV, based at Koffiefontein, is located 100km from Kimberley and 136km from Bloemfontein, Free State.
Shaft Carpenter The successful candidate will examine all shaft compartments for defects, as required by law, and carry out all shaft equipping, stripping and repairs, concrete work on tips, passes and shaft stations. Tasks and responsibilities: • Ensure personal and co-workers’ adherence to and compliance with security and company’s SHE objectives • Work according to the mine’s Code of Practice, and report any observations of this not being done • Work overtime and shifts, be on standby and available for call-outs should the need arise • Achieve targets. Minimum requirements: • Grade 12 • Permanent Blasting Certificate • Onsetter’s Certificate • Previous experience as a Supervisor • 5 years’ experience as a Shaft Carpenter • Experience in the areas of production drilling, charging, loading and construction and development. Other skills/competencies: • Trackless mining, ground handling, constructions, cleaning and maintenance experience • Ability to carry out processes that require a wide range of skills, offer a significant choice of procedure and are employed within a range or familiar contents • Self-motivated • Code EB (08) public driver’s licence. (Ref. KOFF018) Koffiefontein Mine Joint Venture is an equal opportunity employer and reserves the right to appoint. Preference will be given to EE applicants. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearances form part of the minimum requirement and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to passing on-mine induction and the aforementioned criteria. Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 29 May 2013 If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 99092
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
VEILINGS
GEMEUBILEERDE eenmanwoonsel: Koopkrag, veilige onderdakparkering. Dadelik beskikbaar. Skakel 072 515 2493.
AIDA KURUMAN: HUISE 1. 3 slk, 2 badk, 1-slk- woonstel en swembad. R2 505 000. 2. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TVkamer, kantoor. R1 350 000. TE HUUR 4 slk, 2 badk. R15 000 p.m. 1-slk-woonstel/koopkrag. R4 450 p.m. 1-slk-woonstel, water en ligte ingesluit. R4 100 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422.
EK IS OP SOEK NA inslaaphuishulp, moet medies geskik wees.Werk is op 'n plaas by Hotazel. Skakel 082 449 7405.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013 Teach English in Thailand.Relocation cost apply.linda@teachnet.co.za THE NU-SHOP KURUMAN benodig die dienste van 'n verkoopsman/-dame. Vorige ondervinding in die klerebedryf sal voordelig wees. Handig CV in by The NuShop, Palm Gate Sentrum. Skakel 053 972 3402 of 082 305 7485 vir 'n onderhoud. THE NU-SHOP KURUMAN needs a salesman/lady. Previous experience in clothing industry will be advantageous. Hand in CV at The Nu-Shop, Palm Gate Centre, or phone 053 972 3402 or 082 305 7485 for interview.
DIE koor van die Laerskool Kuruman.
Koor behaal ’n eerste plek DIE Laerskool Kuruman se koor het onlangs aan die John Taolo-streekskoorkompetisie deelgeneem. Die koor het met die voorgeskrewe lied, Koei-calypso, die hoogste persentasie van al die deelnames (79%) verwerf en daarmee ’n eerste plek behaal. Die koor het ook die beste persentasie
Foto: Tinus Venter
vir Alleluia gekry en ook daarmee ’n eerste plek verower. Volgens die dirigent, Meldine Mackriel, was die kompetisie baie straf en sien die koor baie uit na die provinsiale kompetisie volgende maand in Kimberley. Die koor is deur Elsa Strating begelei.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life.
J & L Motors/Sea of Mountains Trading 590 t/a East 2 West Carriers/J.A. Minnie
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
In die Landdroshof vir die Distrik Kuruman gehou te Kuruman. Saakno. 1276/2012 In die saak tussen: J & L MOTORS Eksekusieskuldeiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590 T/A EAST 2 WEST CARRIERS 1ste Eksekusieskuldenaar JAN ABRAHAM MINNIE Identiteitsnommer 880201 5072 086 2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n vonnis gelewer op die 1ste dag van Maart 2013, in die Kuruman Landdroshof en'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te Baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman op Vrydag, die 7de dag van Junie 2013 om 09:30 aan die hoogste bieër: GOEDERE: Wit vragmotorleunwa Registrasienommer CSV 172 FS. Gedateer te Kuruman op 13 Mei 2013. JH KRUGER DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat, Prokmedsentrum, Kuruman, 8460 Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: J&L1/0001/MMJ Adres van Eksekusieskuldenaar: Sea of Mountains Trading 590 T/A East 2 West Carriers, Registrasienommer 2010/083905/23 van DS van Jaarsveldstraat 106, Kuruman en mnr. Jan Abraham Minnie, identitetisnommer 880201 5072 086 van DS van Jaarsveldstraat 106, Kuruman.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
DIE Hoërskool Kalahari se eerste netbalspan wat die Hoërskool Vryburg met 48–14 gewen het.
Naweek se uitslae
DIE Hoërskool Kalahari het ’n suksesvolle sportnaweek agter die rug. Die skietspan het op Prieska deelgeneem. Gerdus Schoeman het ’n vyfde plek in die o.21-veergeweer–afdeling behaal en Magdaleen du Preez ’n sesde plek in die o.16-veergeweer–afdeling. Vryburg-interskolebyeenkoms: Die Hoërskool Kalahari en die Hoërskool Vryburg het aan die interskolebyeenkoms op Vryburg deelgeneem. Die netbalspanne het gemengde sukses behaal. ) o.14A verloor met 16-11 teen VHS o.15B. ) o.15A wen met 18-16 teen VHS-o.15A. ) Die tweede span verloor met 16-13 teen VHS se tweede span. ) Die eerste span wen met 48-14 teen VHS se eerste span.
Die hokkiespanne het ’n minder goeie naweek agter die rug. Geen span kon oor VHS seëvier nie. Rugby: ) o.15B verloor met 33-14 teen VHS-o.15B. ) o.15A wen met 13-12 teen VHS-o.15A. ) Die tweede span verloor met 27-20 teen VHS se tweede span. ) Die eerste span wen met 14-10 teen VHS se eerste span. Koor: Die skoolkoor het aan die Suid-Afrikaanse skolekoor-eisteddfod deelgeneem en het soos volg in die verskeie kategorieë gepresteer: Afrikaanse stuk – vierde plek. Volk en tradisie – tweede plek. Solo: soprano – eerste plek. Trio – tweede plek. Solo: tenoor – vierde plek. Meisiekoor – derde plek.
VYF leerlinge aan die Laerskool Seodin het onlangs in die in terprovinsiale skaak toernooi op Hope town deelgeneem. Die span is in die NoordKaapse skaakspan ingesluit wat in die provinsiale skaaktoernooi in Kimberley deelge neem het. Van links is, voor: Surany Da da en William West; agter: Louis My burgh, Lourens van Heerden en Surayd ha Dada.
Afrigters ken hul storie NETBALAFRIGTERS van die Laerskool Seodin is uit die boonste rakke met die wen-uitslae wat hulle die afgelope tyd behaal het. Een van die redes daarvoor, glo die skool, is omdat die afrigters hulle voortdurend op die hoogte van sake hou. Karin Byleveld, ’n netbalafrigter, is gekies om die o.12-Robyne–span op die Suid-Afrikaanse netbaltoernooi af te rig. Karen Lamprecht, ’n groot steunpilaar vir Seodin se netbal, gaan die skeidsreg-
ter in die All ages-toernooi vir die o.12-netbalspan wees. Die appel val beslis nie ver van die boom, want Lounari, Lamprecht se dogter in gr. 7, het die vlak een-netbaleksamen geslaag. Verder is Lounari, Bianca Brits en Chané Williams ook gekies om die Suid-Afrikaanse netbalbyeenkoms in die Junie-vakansie by te woon. Met sulke goeie afrigters wag daar groot moeilikheid vir die teenstanders.
15
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Officer: Quality and Loading
The purpose of this position is to provide and assure consistent quality of production by applying the necessary skills, knowledge and supervision to internal and external stakeholders and to ensure all activities associated with product management are effectively and safely carried out on a daily basis. He/she will implement with the Quality Controller strategies for continuous improvement in overall process plant performance to ensure production targets are met with particular emphasis on safety, environment, productivity, quality and costs. Minimum requirements: • Grade 12. Sampling qualification will be advantageous • 2 - 3 years’ experience gained in a processing supervisory role within the mining arena • 2 - 3 years’ experience in the field of Crushing and Reclaim, Grinding and Reclassification • Process Improvement hands-on experience • Computer literacy (willingness to undergo the necessary assessment) • Systems orientated (procedures, etc.) • Ability to plan and supervise the work of others on a shift, daily, and weekly basis • Ability to understand and efficiently carry out written and oral instructions • A thorough understanding of the production flow sheet and routine production requirements • Good communication skills (written and verbal) • Attention to detail • A valid driver’s licence (Code EB). Key attributes (amongst others): • Good people management, project management, presentation and report writing skills • Computer literacy in Microsoft Excel, Word, PowerPoint, Outlook and Internet • Knowledge of mining system • Data analysis and trend reporting skills • Knowledge of measurable value adding initiatives. Responsibilities: • Manage and optimise quality and loading of the product • Ensure correct stacks are loaded according to blend requirements • Ensure Quality and Safety standards are implemented and adhered to • Supervise loading of trains and road transport and ensure correct coding and data on wagons cards • Supervise sampling and preparation process • Ensure correct application of consignment numbers and submission to correct stakeholders • Supervise the work of others and direct reports on a shift on a daily basis • Manage weighbridge, shunting and loading of rail and road transport • Participate in reconciliation of stocks as per railing and truck report • Validate quality processes by establishing product specifications and quality attributes • Enhance department and organisation reputation by accepting ownership for accomplishing new and different requests.
Administration Clerk The successful candidate will be responsible for providing administrative and clerical services in order to ensure effective and efficient administrative operations in Technical Services department. Minimum requirements: • Matric with Maths and Science • At least 3 years’ clerical and data capturing experience in a mining industry • Computer literacy • A valid Code 08 driver’s licence • Good communication skills (verbal and written) • Report writing skills • Planning and organising skills • Attention to detail • Ability to work independently and under pressure. Key attributes (amongst others): • Computer literate with Microsoft Excel, Word, Power Point, Outlook and Internet • Knowledge mining system • Knowledge of measurable value adding initiatives • Self-starter • Hard worker and results driven. Responsibilities: • Provide administrative support in order to ensure effective and efficient office operations • Data capturing and maintenance • Record keeping and filing • Weekly and monthly reports • Data analysis and trend reporting • Meeting preparation and minutes writing and distribution • Direct calls and respond to customer queries and enquiries. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 7 June 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.
VAN links is, voor: Lounari Lamprecht, Chané Williams en Bianca Brits; agter: Karin Byleveld en Karen Lamprecht.
www.ayandambanga.co.za 112529
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 MEI 2013
HIER is van links Floyd Turner (skoolhoof), Thuto Moalahi, Moemedi Gaotlhope en David Malindi (gebiedsbestuurder) met die splinternu we sokkerhemde en bibs.
Skool ontvang skenking
‘n GROOT eer het die Laerskool Kuruman te beurt geval deurdat KFC aan hom ’n groot skenking gedoen het. Die skenking het onder meer volledige netbal-uitrustings, netbal-bibs, bal-drasakke, waterbottels en sokkeruitrustings ingesluit. Die oorhandiging is deur David Malindi, gebiedsbestuurder van KFC in die NoordKaap, gedoen. Die Laerskool Kuruman is verheug oor die skenking wat die skool se sportafrigting ooglopend makliker gaan maak.
VAN links is, voor: Nolly Motlha bi en Maduo Bosman met die nuwe kleredrag; agter: David Malindi (gebiedsbestuurder) en Suzette Strauss (netbalorgani seerder).
Seëvier op die sokkerveld DIE Laerskool Kuruman het onlangs sokkerwedstryde teen die Laerskool Lime Acres op sy tuisveld gespeel. Albei spanne van die Laerskool Kuruman het geseëvier. Die telling vir die o.11sokkerspan was 21 en vir die o.13span 10.