Kuruman bulletin 25 julie 2013

Page 1

Kuruman

Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 JULIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Tel. 053-712-1472

Nuus

Gemeenskap

Sport

Verhoor duur voort

Só vier dorp Mandeladag

Van Druten: Eindstryd ’n sukses

bl. 3

bl. 10

bl. 16

Dis genóég Joanie Bergh GENOEG is genoeg. Só het lede van AfriForum op Kuruman en die Ga-Segonyana-munisipaliteit gesê nadat die dorp elke aand besaai is met plakkate en pamflette wat onder meer aborsies, towerspreuke en beloftes om manlike geslagsorgane te vergroot, as onderwerp het. Dié twee instansies het onlangs kragte saamgesnoer om deur ’n

skoonmaakveldtog alle onwettige kennisgewings te verwyder. Ondanks die pogings is soortgelyke plakkate egter weer in die middernagtelike ure op lamppale aangebring. Nico Erasmus, AfriForum-voorsitter op Kuruman, het egter verseker private veiligheidswagte sal aangestel word om die gebied te patrolleer om die sondaars se aktiwiteite aan bande te lê. “Kinders loop verby die kennisge-

LEDE van die Ga­Segonyana­munisipaliteit en AfriForum het ’n skoonmaak­ veldtog begin om onwettige kennisgewings te verwyder.

wings en vra wat dit beteken,” sê hy. “Dit is onwettig en skep ’n swak beeld van ons dorp.” Vir Erasmus, wat die omgewing al langer as 45 jaar ken, is die algemene toestand van Kuruman kommerwekkend. “Ons kon altyd in die parkie in Hoofstraat gaan piekniek hou. Nou sal geen mens dit daar waag nie.” En Erasmus het reg. Die rommel lê gesaai rondom vullisdromme en by die hoofingange van die dorp. Riool loop vrylik in die strate van Kuruman en omliggende gebiede. Die groef waarin Kuruman geval het, pla mense van alle rasse, meen Erasmus. Martin Tsatsimpe, munisipale bestuurder van die Ga-Segonyana-munisipaliteit, sê dit is ’n voorkeursaak van die munisipaliteit om met die gemeenskap saam te werk om toe te sien dat die dorp se beeld verbeter. “Ons het verskeie munisipale wette in werking gestel waarin dit duidelik is geen kennisgewings mag in die openbaar aangebring word sonder die nodige toestemming van die munisipaliteit nie,” sê hy. “Ons haal die plakkate af en maak die dorp skoon.” Hy het die versekering gegee diegene wat hulle aan die onwettige aanbring van kennisgewings skuldig maak, sal vervolg word. Wat sê jy? Gaan lug jou mening by www.kalaharibulletin.co.za.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

) 27 Julie: Die vleisfees vind van 11:00 af op die Kuruman-skouterrein plaas. Bel Gerda by 082-7472332 of Carien by 083-325-4826. )14 Augustus: Die ATKV bied ’n taalaand op Kuruman aan. Dit vind by die Laerskool Seodin plaas. ’n Skryfkursus word van 14:00 tot 17:00 deur prof. Hans du Plessis aangebied. Dit kos R50 en die geld sal vir boekpryse aan skole gebruik word. Vir bespreking van plekke bel Susan Joubert, voorsitter van die Kuruman–tak, by 082832-7226. ) 16 Augustus: Die ACVV op Daniëlskuil se vrouedag word om 18:00 by die Hoërskool Daniëlskuil gehou. Susan Coetzer is die gasspreker. ’n Ligte ete is by die R100kaartjie ingesluit. Bel Suzette by 082-351-9923 of die ACVV-kantoor by 053-384-1554. ) 16 Augustus: Die Hoërskool Kalahari bied ’n skouspel aan. Vir navrae skakel 053–712–1841. ) 5 September: Kuruman-skou. Kontak Vonnie by 073-223-6879, Marnus by 079-492-3589, Anne-Marie by 082-856-9103, Kobus by 082554-7866, Lizette by 082-791-5457 of Marietha by 082-863-2244 vir meer inligting.

AN aerial view of the Kathu Village Mall.

Photo: Supplied

Kathu’s mall to be extended Ilse Watson

THE Kathu Village Mall, solely owned by the JSE-listed Resilient Property Income Fund, will soon see much more retail added to this already thriving mall. The mall opened in late November 2008 and has since become the favourite shopping destination for local residents. The mall is currently anchored

by Super Spar and Edgars and also houses an array of national retailers such as Truworths, Foschini and the Mr Price Group amongst many others. The extension of the Kathu Village Mall, anchored by Game, will increase the size of the mall by 7 500 m², bringing the total size to approximately 25 900 m². This will comprise a total retail component of close to 80 stores.

Other tenancies will include that of Foschini @Home, Sportscene, Trappers, Studio88, Skipper Bar, Fragrance Boutique, NWJ, African Bank, Discount Fashion, Nedbank, Vodacom, Verimark, Franco Cecatto, Eyecatchers and Mr Price Home, to mention but a few. Additional parking will be catered for and access and egress will be facilitated from the Deben Road to ensure the easy flow of traffic.

Building on its trading success, the mall expansion aims to meet retail demand and add value to the customer experience. Riekie Terblanche, centre manager of the Kathu Village Mall, confirmed that the opening of phase two is scheduled for 26 September and that the Kathu Village Mall will be offering its shoppers the very best in retail and the ultimate in convenience.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Só sê die lesers DIE berig “Eienaars spring in” wat in die Kalahari Bulletin van 18 Julie verskyn het, het betrekking. Na aanleiding van die berig word erfeienaars oor wie se eiendom ’n watervoor loop, gevra om hul voor skoon te maak sodat die probleem van die toevoerstelsel wat buite werking is, opgelos kan word. Hier is van ons lesers se kommentaar: ) Baie goeie voorstel. Die ondernemings moet dit ook weer begin doen soos vroeër. Elkeen is verantwoordelik om voor sy eie onderneming skoon te hou, dan sal Kuruman baie beter en meer ooglik lyk. – Zelda van Vuuren ) Ek dink nie om net die voor skoon te hou gaan help nie. Ek het ’n paar jaar gelede al vir die Bulletin geskryf oor my buurman wat sy plot gekoop het juis met die vooruitsig van water uit die voor. Nou sit ons al jare sonder water weens ryk maplotters wat die vore oopbreek en water vat soos hulle wil. Munisipale wette het leibeurte, maar daaraan word nie gesteur nie. Ons het seker tien jaar laas ’n druppeltjie water in die voor gesien.

Taalaand op pad DIE ATKV-Kalahari-tak op Kuruman bied elke jaar ’n Taalaand vir die gemeenskap aan. Vanjaar vind dit op 14 Augustus om 18:00 by die Laerskool Seodin, Kuruman, plaas. Die aand behels onder meer opvoerings, sang, musiek, orkes, voorlesings, kooroptredes en voordragte. Verder word op dieselfde dag van 14:00 tot 17:00 ’n skryfskool vir slegs 15 mense deur prof. Hans du Plessis aangebied. Daar is nog net plek vir vyf mense. Die koste is R50 per persoon en sal gebruik word om boekpryse aan te koop vir die omliggende skole. Verder nooi die ATKV alle skole om hom te kontak om hulle by te staan met die voorsiening van Afrikaans Eerste en Tweede Taal-sertifikate vir hul jaarlikse prysuitdelingsgeleenthede, veral skole van Daniëlskuil, Die Kuil, Hotazel, Bankgara en Wrenchville. Die Kalahari-tak is in Augustus 1999 net ná die Kathu-tak gestig en word deur ’n klein, aktiewe groep mense bedryf wat probeer om godsdiens, taal en kultuur onder alle bevolkingsgroepe aan te moedig omdat die

’n SKYFSKOOL word deur prof. Hans du Plessis aangebied. ATKV se vooruitgang is om sonder grense te opereer. Die tak vergader elke maand vir geselsies, vleisbraaiery, musiek en sop-en-storie-vertel, asook om reëlings vir die jaarlikse projekte te tref en om by bestaande projekte in die gemeenskap betrokke te raak. Belangstellendes in die skryfskool (net 15 plekke) of mense wat hulle by die tak wil aansluit, kan Susan Joubert (voorsitter van die Kalahari-tak) by 082-832-7226 ná 16:00 of Francisca Einkamerer, ondervoorsitter, by 082573-2670 bel.

Taxi-bestuurder ontken verkragting in hof Joanie Bergh “EK het die man nié geken nie. Hy het my op die bed vasgedruk, my klere uitgetrek en my verkrag.” So het ’n 15-jarige meisie in die streekhof op Kuruman in camera getuig. Obakeng Mothupi (29), ’n taxi-bestuurder, staan tereg op ’n aanklag van verkragting op dié minderjarige in 2010. Mothupi het vroeër voor streeklanddros Bailey Mbalu skuld op die aanklag ontken. Hy hou vol hy en die meisie was in ’n verhouding. Volgens die meisie, wat toe net 13 jaar oud was, het Mothupi haar die aand omstreeks 19:30 in die straat in Batlaros, ’n informele nedersetting buite Kuruman, voorgekeer. Dit was die eerste keer dat hulle ontmoet het. Hy het haar aan die hand gevat en na sy huis geneem. Sy het getuig in die huis het hy ’n kondoom gebruik en haar verkrag, ondanks verskeie pogings van haar om hom weg te druk. Sy is omstreeks 22:00 daardie nag terug huis toe en was te bang om haar ma van die voorval te vertel. Sy het getuig haar ma het haar met ’n lyfband oor die lyf geslaan omdat sy laat by die huis gekom het. Sy het kneusplekke opgedoen. Ná die loesing het sy haar ma van die verkragting vertel. Hulle het onmiddellik die polisie gebel en hospitaal toe gehaas. Rudzani Tshamano, vir die verdediging, het gesê volgens Mothupi het die meisie tot seks ingestem. Die meisie het die aantyging ontken. “Daarom het jy nie vir jou ma gesê nie, want jy het geweet sy sou kwaad wees as sy weet jy het daartoe ingestem,” het Tshamano

OBAKENG MOTHUPI (29) staan tereg op ’n aanklag van die verkragting van ’n minderjari­ ge. Foto: Joanie Bergh gesê. Mothupi het getuig dat hy en die meisie vir ongeveer twee tot drie maande in ’n verhouding was. Hulle het daardie aand vooraf gereël om mekaar op ’n spesifieke plek te kry. Sy het vir hom gesê sy was 15 jaar oud, beweer hy. Nadat hulle gemeenskap gehad het, het hy saam met haar halfpad huis toe geloop. Die polisie het hom enkele ure later in hegtenis geneem. “Ek het haar nie gedwing nie. Sy het saam met my gekom. Ek het haar nooit geforseer nie,” het hy gesê. Die verhoor word vandag hervat.

SUSAN COETZER is die gas­ spreker op vanjaar se Vroue­ dag­geleentheid wat deur die ACVV op Daniëlskuil aange­ bied word. Dit vind op 16 Au­ gustus om 18:00 by die Hoër­ skool Daniëlskuil plaas. ’n Lig­ te ete is by die R100­kaartjie ingesluit. Bel Suzette by 082­ 351­9923 of die ACVV­kantoor by 053­384­1554 vir kaartjies of meer inligting.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig om ou wonde oop te krap? HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar ná sy dood weer van wedstrydknoeiery in Indië aangekla. In 2000 het die wedstrydknoeiery die krieketwêreld geskud nadat dit aan die lug gekom het dat krieketspelers geld ontvang het van beroepswedders om wedstryde in ’n sekere rigting te stuur. In daardie stadium was Hansie Cronjé die krieketheld van talle Suid-Afrikaanse krieketliefhebbers en veral ook van ’n magdom jong krieketspelers wat na dié held opgekyk het. Die King-kommissie het gewys dié held het egter voete van klei. Sy dood in 2002 het sy beeld in ’n mate herstel, soveel so dat mense gerieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voortreflike krieket terwyl hulle sy rol in die wedstrydknoeiery doelbewus miskyk. Nou kan gevra word hoekom dit nodig is om ná 13 jaar weer die wonde oop te maak en ou koeie uit die sloot te skop. Daar kan egter met reg gesê word dat die gevoel is dat die volle waarheid nie met die King-kommissie uitgekom het nie. Daar is nie volle rekenskap oor al die geld en al die betrokkenheid gegee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar die goeie herinneringe wat nog aan Hansie kleef te verswart. Wat sê jy? Gaan lewer kommentaar oor die nuwe aanklag teen Hansie by www.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oor dade aan medemens André de Villiers LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas 10:25-37 Om vir ander mense lief te wees blyk een van die moeilikste opdragte op aarde te wees. Ons kan vir ons familie lief wees (ook nie eens altyd nie), ons kan vir ons kinders lief wees (die naaste wat ons waarskynlik aan opofferende liefde kom), maar om vir mense lief te wees wat baie anders as ons is, is bykans onmoontlik. Dit was van die vroegste tye af so. Miskien daarom dat God so baie klem daarop gelê het in sy reëlings wat Hy met die volk Israel (en ons daarna) getref het. In die verhaal vra ’n wetsgeleerde, wat veronderstel was om die antwoord te ken, vir Jesus hoe hy die ewige, ware, volle lewe kan verkry. Jesus het hom daarop gewys dat hy gewoon moet lees wat die wet voorskryf (as wetsgeleerde sou hy dié antwoord uit sy kop ken). Met sy hele wese vir God en sy naaste lief moet wees. So eenvoudig soos dit. Die probleem word dan duidelik: Hy wéét wat om te doen, maar is nie gereed om tot die daad oor te gaan nie. Hy probeer nog uitkom deur te kyk of hy nie die naaste kan definieer nie. Dalk net is daar “kategorieë” van mense by wie hy nie betrokke hoef te raak nie. Dan kom die gelykenis waarin Jesus duidelik maak dat dit glad nie kan gebeur nie. Die voorbeelde wat Jesus in die gelykenis gebruik, is soos volg: Die Leviet en priester was “kerkmense” wie ons sou verwag dat hulle sou help. Tog doen hulle dit nie, moontlik met goeie redes wat hulle betref. Die priester kon bv. onrein word as hy aan ’n (moontlik) dooie mens raak en dan kon hy volgens wet nie die gemeente gaan bedien

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand­natuurreservaat, ’n mooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema and Mugabe alike VINCENT WARD, Kuruman:

nie. Dan kom die Samaritaan, die een van wie ons die minste sou verwag om te help. Die twee volksgroepe het mekaar nie in die oë gekyk nie. Tog stop hy, help hy en doen selfs meer: Hy laat die man verder versorg word en betaal vir sy rekening, beloof om nog uitgawes te betaal indien dit nodig sou wees. Hy loop die ekstra myl, hy gee die onderkleed as die persoon die bokleed vra. Met die voorbeeld sou die wetgeleerde hom kon verbind. Hy sou die gelykenis nie kon misverstaan nie. Maar dan kom die verrassende teenvraag: Wie het ’n naaste geword van die man wat beseer was? (Nie: “Wie is my naaste?” nie, maar: “Vir wie kan ek ’n naaste wees?”.) Die wetgeleerde moet kies om ’n naaste te word en meelewend te raak. Ware liefde vir God gaan oor dade van liefde teenoor ons medemens. Ons “sien”, maar ons kry nie meer innig jammer nie. Dit roer nie ons hart nie. Die Samaritaan kry dit reg om sy vooroordele te laat staan. Hy suspendeer al sy oortuigings oor hoe die verhouding tussen Jode en Samaritane behoort te werk, hy skuif dit uit die pad, ignoreer dit, gaan daarby verby en word ’n medemens en help ’n medemens. Hier is selfs ’n waarskuwing: As jy nie oorgaan tot dade nie, sal jy die wonderlike lewe nie kry (ervaar) nie. Ons probleem is dikwels dat ons nie die nood raaksien nie, of dat die omvang van die nood ons oorweldig. Begin klein, doen net dit wat jy kan. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar aan die NG kerk op Kathu.

JULIUS MALEMA born, trained, used in the ANC and now sponsored by the ANC in his new political debacle. How does the ANC sponsor the chief in command as Julius calls himself now? The language that he is using and the ridiculous political ideas we all have heard long time ago, are the words of Robert Mugabe. Mugabe is his political father and mentor in how to become a dictator and claiming the land for yourself. Not so long ago the ANC wrote of almost R600 million on fuel delivered to Robert Mugabe that he could

not pay. So far the ANC government is donating millions and millions to Mugabe for every election that is taking place even if Mugabe is the only party taking part in the election. Recently R1 milliard was donated to Robert Mugabe for the up-coming elections that will take place. Now the question is: Where do you think Julius Malema is going to get sponsors from to help him? The answer is right in front of our eyes. Robert Mugabe is going to sponsor him, because the two share the same ideas and political views. Who is looking like a bunch of fools? Our own ANC government.

They have created their own enemy in Julius Malema and they cannot see that by donating to Robert Mugabe. They are creating a political environment for Julius Malema to give them a run for their money in the up-coming elections.

Dankie vir goeie diens PIETER VAN ZYL, Kuruman: IN ’n tyd van swak dienslewering wil ek die werkers van die Ga-Segonyana-munisipaliteit, wat ná ure noodherstelwerk aan kragdrade gedoen het, bedank. Wanneer ons kla dat ons in die donker moet sit, moet julle die koue trotseer en reël dat daar weer lig in ons lewe is. Dankie dat julle dit so vinnig doen.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste ’n PAAR jaar gelede terwyl ek my graad aan ’n (nie-so-goedkoop) universiteit voltooi het, het ek ontdek dat my ma se maandelikse salaris direk in ’n afsonderlike rekening gedeponeer word. Hierdie rekening was net geskep om vir my onderrig te betaal, vir niks anders nie. Die vier jaar dat ek op universiteit was, was ek egter salig onbewus hiervan. Ek het nooit daarvan geweet nie, want ek het met behulp van ’n studielening gestudeer en die aanvanklike plan was om dié groot bedrag terug te betaal die oomblik dat die dekaan my met daardie stokkie op die skouer geslaan het en ek my graad in die hand het. Op daardie dag, in my finale jaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toe ek moes hoor dié enorme rekening is reeds vereffen. Vir ’n oomblik het ek eers onwaardig gevoel dat so ’n groot geskenk aan my gegee is en daarna was ek so verstom dat dit so stilletjies gedoen is. Geen trompette het geblaas nie. Geen bohaai is daaroor gemaak nie. Geen kyk-watter-goeie-ma-is-eksoeke vir erkenning nie. Net my ma wat elke dag by die werk opdaag sodat ek universiteit toe kon gaan. En toe ek haar daaroor uitvra, antwoord sy: “Dit is wat ma’s vir hul kinders doen.” Net dit. Terwyl sy in die kombuis staan en kosmaak. Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, en veral – dat dit so ongesiens en stilletjies aan my gegee is. Ek het nog nie kinders nie, maar ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nog nooit iets so onselfsugtigs vir iemand gedoen het nie. Gewoonlik wanneer ’n mens iets doen, soek ’n mens erkenning daarvoor. Ek, soos baie ander mense, is bang om onsigbaar te wees. Dit is snaaks hoe ’n mens so aan jou grootste vrese vasklou dat jy dit begin uitleef en jy jou eie werklikheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versigtig met mense omgaan, konflik ten alle koste vermy net sodat ek op niemand se tone trap nie, sodat ek nooit in die kollig beland en te veel ruimte inneem nie. En dan is daar oomblikke, seker wanneer ek te moeg is om so stil te wees, dat ek luidrugtig wíl wees, net sodat iemand my hoor. Ons almal het ’n storie. Om eerlik te wees, ek wou nog altyd hê my storie moet ’n bietjie raserig wees. Dat dit nie te stil en ongesiens verbygaan nie. Maar as ek dink aan my ma en honderde ander se stil, mooi, eenvoudige en onsigbare stories kan ek nie anders as om te besef nie: ’n Stil storie is nie ’n slegte storie nie.

Trouens, dit mag net dalk die beste storie in die boek wees. Daar is mense wat nooit vir erkenning vra nie, wat nooit hul naam in neonligte wil sien flikker of in hoofopskrifte wil raaklees nie. Hulle daag net elke dag op om hul individuele stories te skep en doen wat reg is – dade van moed en liefde, sigbaar of nie. Daar is helde in my storie, helde in hul eie storie en helde in die groter Storie wat geskryf word, al kyk niemand. Dan begin jy kyk vir daardie mense wat ’n stil lewe lei terwyl hulle pragtige stories skryf. En dan gebeur die vreemde ding as ’n mens hulle begin raaksien: Jy is nie meer bang om self onsigbaar te wees nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 DIE dramaleerlinge wat aan die Reza de Wet­tienertoneel­ fees in Bloemfontein deelge­ neem het, is van links Zaskia Pain, Dennis Hoft, Samantha Jansen, Reuben Murphy, SZ Minnaar, Jana Lategan en Sue­Ellen Pretorius. Foto: Verskaf

Vertonings vaar goed op fees DIE Hoërskool Upington se twee dramaproduksies van 2013, Grens en Kliek, het hul debuut op die Reza de Wet-tienertoneelfees op die Vryfees in Bloemfontein gemaak. Dié tienertoneelfees is die eerste dramafees waaraan Upington vanjaar deelgeneem het. Sowel Grens as Kliek het goeie repliek van die beoordelaars ontvang. Grens het tweede geëindig en Reu-

ben Murphy is as die belowendste akteur op die fees vir sy vertolking van die karakter Samuel aangewys. SZ Minnaar is as die beste akteur op die fees vir sy rol as David aangewys. Albei leerlinge speel in die produksie Grens. Kliek gee ’n deurdringende kykie na die digitale wêreld waarin vandag se tieners hulle bevind. ’n Wreed ontnugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop. Grens is die verhaal van David en Samuel, twee seuns wat aan verskillende kante van die apartheidsregime grootword. Hartverskeurende, intieme teater op sy beste. albei dié dramas sal weer aan die Upington-gemeenskap vertoon word. Hou Upington se Facebook-blad, die Kalahari Bulletin en reklameborde vir dié vertonings dop.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

7

Gratis toegang tot parke Lecrecia PrinsINWONERS van die provinsie kry vanjaar weer gratis toegang tot al die nasionale parke in die omgewing.Die SuidAfrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se kulturele dag word vanjaar op 18 September in die AiAis-Richtersveldoorgrenspark gevier.Nasionale Parkeweek word ook daar gevier. Dié week, vir die ariede streke van SANParke, word van 9 tot 13 September in samewerking met die departement van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme gehou. SANParke se ariede streek bestaan uit vyf nasionale parke, insluitend die Kgalagadioorgrenspark, AugrabieswatervalNasionale Park, Namakwa- Nasionale Park, Richtersveldoorgrenspark en Mokala- Nasionale Park.Volgens Gabrielle Venter, woordvoerder van SANParke, is die fokus op gratis toegang tot die parke vir almal.“SANParke se visie, om met die samelewing te verbind, is die ruggraat van die kulturele dag. Dit gee die verskeie ariede streke ’n geleentheid om nie net hul kultuurten toon te stel nie, maar ook hul uniekheid en ooreenkomste te beklemtoon.“Kulturele aktiwiteite soos sang, dans en storievertelling gaan deel daarvan uitmaak. “Die dag sal mense in staat stel om die gees van respek te herontdek en ander inheemse kulture te verstaan.”

GEDURENDE die nasionale parkeweek van SANParke se ariede parke kan inwoners van die provinsie dié parke gratis besoek. Dit is ’n gulde geleentheid om van 9 totinwoneramper 13 September Oudste die verligte valle by die102 Augrabieswatervaljaar Nasionale Park te besoek. Foto: Anena Burger OUMA MAGRIET LUBBE is die Oranjehof-tehuis vir bejaardes se oudste inwoner. Sy is 101 jaar oud en gaan in September haar 102de verjaardag vier. Hier is sy saam met Rina Liebenberg van die ACVV. Foto: Lizette Slabber


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

ACVV hou dansparty op Kuruman NUUS van die ACVV op Kuruman:) Op Mandeladag het die ACVV in samewerking met die SAPD hul 67 minute vir liefdadigheid gedoen deur sop en brood aan die straatkinders op Kuruman uit te deel.) Die ACVV-Kuruman bied ’n winterdansparty op 3 Augustus by die Laerskool Seodin aan. Die gaskunstenaar is Rikus en die aand belowe om ’n aangename kuiertjie met vriende te wees. Kaartjies is by die ACVV-kantore beskikbaar teen R100 per persoon en R20 vir kinders. Skakel 053–712– 1862 vir meer inligting.) Op die KLKvendusie elke tweede Donderdag sal jy ook die vroue van die ACVV in die kafeteria vind. Van die vroue is al vir meer as 30 jaar by hierdie kafeteria betrokke. Hier kan jy lekker pannekoek, kerrieen-rys, sop of ’n steak-ete van ’n uitstekende gehalte koop.Van vandag af hanteer die ACVV ook ’n sopkombuis in samewerking met ’n borg.

Kinders vlieg hoog IN Junie is ’n blikkieskosprojek deur die ACVV-Kuruman by skole in die omliggende werksgebied begin. Leerlinge is gevra om enige blikkieskos skool toe te neem. Elke leerling wat vyf of meer blikkies ingegee het, het ’n kans gestaan om ’n vliegtuigrit – geborg VAN links is, voor: André Hanekom, Lebogang deur dr. Siebert Wiid – te Molaolwa, Danél Swanepoel, Anastacia Kgosinyane, Maleho Flagg en Bevan Cloete; agter: wen. Hierdie gelukkige leerlinge is op Saterdag 20 Annelize vanEetstaking Wyk, Susan van der Merwe, Erika help kinders Julie in ’n vliegtuig oor Ekkerd en dr. Siebert Wiid. Kuruman geneem vir ’n uitsig. Hulle GEE jou kosgeld vir As deel van die asemrowende samewerking met is Anastacia Kgosinyane en ’n honger kind – eetstaking op 30 Julie POWERfoods bedryf Malehoword. FlaggVanjaar van die neem staak saam met word mense André Helpende Hand.Met aangemoedig om Christian die 66 Academy, kleuterskole met Hanekom en Lebogang net R2 kan geld wat daardie dag altesaam 5 146 van die Solidariteit Helpende aan kos bestee souMolaolwa kleuters aan die Laerskool Seodin, Bevan Hand ’n honger kind word vir die nasionale voedingsprojek deel. Cloete van die Laerskool ten minste een kosblikkieprojek te Hoewel kleuterskole Kuruman Danél voedsame ete gee. Dit skenk. Die nieen van die Swanepoel van die hoef is weer tyd vir kosblikkieprojek voedselhulp Laerskool BlackteRock. Helpende Hand se behels ’n gebruik maakDie nie, ACVV wil ook graag al jaarlikse eetstaking. voedingprojek wat in omdat hulle reedsdie deelnemende ander skole bedank. Aan dievoedselskenkings leerlinge is gevra wat hulontvang, wens virhet Suidal die Afrika deelnemende is. Hul antwoorde was rykdom vir die land kleuterskole in dieen vrede tussen alle mense. Wes-Kaap, GautengNoord, Oos-Kaap, Suid-Kaap en Mpumalanga wel vir voedselhulp gevra. “Die eetstaking help ons om met kleuters se nood te identifiseer en die geld wat jy op kos vir daardie dag sou bestee, word dan geskenk vir die oplossing: voedingsprojekte in behoeftige Afrikaanse kleuterskole,” sê Christine Breet, adjunkhoof van Solidariteit Helpende Hand. “Die eerste bestelling by POWERfoods is vir 5 250 kg se kos. Dit kom neer op ongeveer 1 kg per kind, wat verdeel kan word in 20 etes van 50 g elk per kind. Dit werk uit op ongeveer R1,99 per kind.“Om vir 5 146 kleuters vir ’n dag teen R2 elk kos te gee, kos


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

DJ OSSEWA is ook op die Kurumanskou te sien.

Skou bied iets vir oud en jonk DIE Kuruman-skou is om die draai en Noord–Kapenaars staan reg om die makietie van die jaar by te woon.Vanjaar vind die skou van 5 tot 7 September soos gewoonlik op die skouterrein plaas en beloof om hope ROMANZ vermaak en aangename kuiers te verskaf.Vanjaar tree groot kunstenaars soos Romanz en Jakkie Louw op. Riaan van Renburg kom doen sy Blou Show, Saartjie, DJ Ossewa en vele meer kom wys ook hul slag.Kaartjies sal by die hekke te koop wees. Vir die program en meer inligting oor die skou besoek gerus Kalahari Bulletin se Facebook-blad by Kuruman-skou.

9

Toets jou4x4vernuf op skou BESIT jy ’n 4x4voertuig? Dan is die Kuruman-skou 2013 die plek vir jou om te wees. Vanjaar hou die Kuruman-skou sy heel eerste 4x4vasbytkompetisie. Jy kan jou en jou 4x4voertuig se vaardigheid kom toets op die nuut geboude baan op die opwindendste skou in Suid-Afrika en dalk ook wegstap as Kuruman se bobaas4x4-bestuurder. Ses karaktervolle platforms sal aan elke deelnemer aangebied word waar jy jou 4x4vernuf kan deel met die toeskouers van Kuruman.Belangstell endes moet kyk in die volgende paar uitgawes van die Kalahari Bulletin vir inskrywingsvorms en meer inligting oor die kompetisie. Vir meer inligting kan Marnus Byleveld by marnusbyleveld@ya hoo.com gekontak word of hou Kalahari Bulletin se Facebook–blad by Kuruman-skou vir meer inligting dop.Vir die motoren motorfietsgeesdriftig e word daar ook in 2013 iets spesiaals op die program aangebied. Voertuie van oertyd tot nou. Die uitstalling sluit in:) 10 plaaslike uitstallers) 20 streekuitstallers) 10 0 verskeie motorfietse van verskillende groottes.Dit sal die eerste keer op die Kuruman-skou te sien wees. Kom praat met die eienaar, vind uit wat is onder die kap


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Skool, ouers, kinders vat hande

LEERLINGE van die Laerskool Vanzylsrus het ook aan die landwye Mandeladagviering deelgeneem. Die skool het ’n program van 67 minute gevolg waartydens eer aan oudpresident Nelson Mandela gebring is. Die boodskap wat met die verrigtinge oorgedra is, het dit duidelik gemaak dat die man met sy besonderse manier van dinge doen en wat geliefd DIE personeellede van die Laerskool Vanzylsrus. onder alle landgenote is, vir die meeste bevryding gebring het – onder meer die bevryding van apartheid, onderwerping } Joanie en armoede. Die leerlinge Bergh se ouers het gehelp om die SOUTH skoolterrein skoon te maak. Hulle het ook die AFRICANS verrigtinge bygewoon en recently is daarna met vetkoeke vir celebrated hul positiewe bydrae tot Mandela Day. die opruiming en instandhouding van die The skool se terrein beloon. government Ná skool het die encouraged personeellede ’n of Denosa, the SANDF and the MEMBERS South Africans wildbesigtigingstoer Kuruman FET College took hands to clean up onderneem. Hulle is to give 67 the premises of the Kuruman Hospital for D epartment of e conomic D evelopment , e nvironment , c onservation anD t ourism daarna op braaivleis en minues of Mandela Day. FromBidthe left are Thandeka Msibi roosterkoek getrakteer. Invitation their time to The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providers Ook die boeregemeenskap (second deputy president, Denosa), Sergant who have rendered services in similar fields to deal with the following projects: het op dieDescription besonderse Bid No Evaluation(SANDF) Criteria Compulsory Briefing Closing Date Enquiries Snage Mkhulise and Henry September Session manier hul deel van NWDEDECT Security Services at A compulsory briefing 27 August 2013 information: (Kuruman FET90/10 College). Photo: MrTechnical Joanie Bergh 1/13/14 Taung Skull World aan 90-Pricedie only session will be held on Swayi Mokoena, tel. gemeenskapsdiens Heritage Site 10-B-BBEE status level of 1 August 2013 at 10:00 (018) 387-7877 plaaslike skool gelewer. contribution at Taung Heritage Skull Bid documents (SCM):

Kuruman honours Madiba’s legacy

Functionality will be used to prequalify bidders

Site

Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 2/13/14

Security Services at: • Rustenburg Regional Offices • Lotlamoreng Dam • Industrial Site, Mafikeng • NWDC building at Head Office

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 27 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 10:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical information: Mr Swayi Mokoena, tel. (018) 387-7877 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 3/13/14

Supply and Delivery of Furniture

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 28 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 12:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical Information: Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 4/13/14

Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 6 August 2013 at 12:00, at Vredefort Dome, Potchefstroom

Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 5/13/14

Maintenance and Data Management of Seven Provincial Air Quality Monitoring Stations

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 28 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 14:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical Information: Ms Thokozile Ramoroa, tel. (018) 389-5952 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 6/13/14

Impact Heritage Assessment for Taung World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

29 August 2013 A compulsory briefing session will be held on 1 August 2013 at 14:00 at Taung Heritage Skull Site

Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

29 August 2013

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders do not bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part. Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, Office Numbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30 from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document. Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding company not be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid.

help change their communities and the country for the better. That is exactly what residents of Kuruman did. On 18 July the Kuruman Hospital became the main focus for different bodies to do something good for humanity and to give back to the community. Members of the South African National Defence Force (SANDF), the Democra-tic Nursing Organisation of South Africa (Denosa), the Department of Health, the local municipalities and the Kuruman FET


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MEV MARI OLIVIER (LOCKE) , skakel asseblief vir Barbara Bouwer by 011 825 3655/ 6/7/8 i.v.m. Carel Marais. 2013SPILPUN Tmielierest ebale, plus minus 180 kg. R160 per baal. Met netomhul sel. Bloemfon teinomgewin g. Skakel Fourie 083 309 3 008. AANDA G: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in

winkel beskikbaa r. Kontantaf slag gewaarbo rg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouh emde R100 Kortbroek e - R150 The NuShop, Palm Gatesentrum, Hoofstraa t, Kuruman. Tel. 053 712 1 264.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TE KOOP: Kuruman Skouterre in. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievra g. Skakel Albie 083 440 1 355.

fessionele geakredit eerde installasies. Skakel Francois 072 156 4 035. HEKMO TOR HERSTE OPREGT L E EN LABRAD INSTALL ORASIES. hondjies Geakredit te koop. eerde 8 weke installeer oud en ders. ingeĂŤnt. Skakel R990 elk. Okker 082 829 0 Skakel 292. 084 651 3 000. YORKIE- AUBREY REUNTJI 'S INDUST ES te koop.Kan AANDAG KUSA ALLE registreer. ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter "A", leestekens soos "!"

Skakel 082 819 0 767.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

ELEKTR IESE HEININ GS Beveilig u eiendom. Vir pro-

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

SMALLS NOTICE

RIAL SERVICE & PROJEC TS CC Your homemaintena nce problems solved. Specialisi ng in: New buildings, renovatio ns, painting, paving, tiling, plastering , roofing and ceilings. FREE QUOTAT ION Aubrey 071 926 5 455 or 082 063 0 281. Joseph 071 094 8 677. 3242


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDE SONTERMIESE KRAG AANLEG. DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskyn in Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek. Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het die Departement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘n Kopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, is verkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsienings van Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne 20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van die onderstaande metodes: Faks:

012 320 7561;

Pos:

Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and Pretorius Strate, Pretoria Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek. WorleyParsons RSA Mr. Francois Humphries Posbus 22 Menlyn, 0063 Telefoon: 012 745 2090 Faks: 012 745 2001 E-pos: francois.humphries@worleyparsons.com


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

15

Span maak geskiedenis

DIE o.12A-netbalspan van die Laerskool Seodin het tweede in die uitdaag-toernooi geëindig waaraan die streek se eerste- en tweedeligawenners deelneem. Die span gaan van Donderdag tot Saterdag aan die SuidAfrikaanse skolekampioenskappe in Boksburg deelneem. Die spelers is van links, voor: Danielle Drie deel vanSA Pieterse, Annarene Smit, Karen Lamprecht spanne Sonique Markram (afrigter), Juné Ellis (hulpafrigter), en Chané Williams; agter: Madri Niewoudt, Marelie DRIE leerlinge van die Hanekom, OloratoisMolaolwa, Jané van Rensburg en Laerskool Seodin Cara le Roux. ingesluit in die SuidAfrikaanse o.12- en o.13skolenetbalspanne.Vir Chané Williams (o.12), Lounari Lamprecht en Bianca Brits (o.13) was dit ’n besonderse ervaring. KAREN LAMPRECHT Die toernooi het in die Junie-skoolvakansie op Margate plaasgevind. Die spanne het baie goed gevaar. Die o.12- Robynespan het tweede geëindig.Karen Lamprecht het as skeidsregter saamgegaan en is daar gegradeer. Sy het haar Suid-Afrikaanse C+gradering behaal.

DIT is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n netbalspan van die Noord–Kaap onder die topdrie netbalspanne in die land in die SuidAfrikanse skolenetbaltoernooi eindig en boonop ’n silwermedalje huis toe bring. Die span het onder meer vir Lynx (Vrystaat), Impala (Noordwes), Namibia en Inyathi (Oos-Kaap) geklop.Wat die prestasie nog merkwaardiger maak, is dat agt van die meisies uit die ou Van Drutenstreek, naamlik Seodin, Kathu, Postmasburg en Lime Acres, kom.Karen Byleveld is die afrigter van Seodin se eerste netbalspan.

CHANÉ WILLIAMS is een van die Laerskool Seodin se o.12spelers.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Sportfees gesien in eindstryde

DIE Laerskool Seodin het onlangs die jaarlikse Van Druten- rugby- en -netbaleindstryde op Seodinpark aangebied. Altesaam 18 rugby- en 20 netbalspanne van oor die streek heen het aan die eindstryde deelgeneem. Al die spelers het hul talent ten toon gestel en rugby en netbal van hoogstaande

gehalte is gespeel. Dié dag was ’n reuse-sukses.Elke speler het ná elke wedstryd ’n medalje ontvang en die wenspan het ’n skild gekry. Living Ball, ’n organisasie wat die Woord onder sportmanne en -vroue versprei, het ekstra kleur aan die eindrondes gegee.Daar is ook in die eindstryde geskiedenis gemaak. Die eerste keer in Van Druten-laerskole se geskiedenis het ’n laerskolemeisiehokkiewedst ryd plaasgevind. Die eerste spanne van Seodin en Kathu het teen mekaar kragte gemeet en Seodin het dié geskiedkundige wedstryd met 2-1 gewen. Ná die wedstryd het die Laerskool Seodin, namens SuidAfrikaanse hokkie, ’n sak met hokkietoerusting aan die Laerskool Kathu oorhandig. Ná die dag se wedstryde het die eregaste en beamptes saam in die skoolsaal gekuier.Hier volg die dag se uitslae:Rugby: Aliga:o.9: Seodin 7 – Kathu 0o.11: Seodin 20 – Kathu

DIE eerste netbalspanne van die Laerskole Seodin en Kathu het ’n spanningsvolle wedstryd opgelewer. Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die Laerskole Seodin en Kathu se eerste rugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die Laerskool Kathu met 10-5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.