Kuruman
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
27 MAART 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Polisie vat skelms vas Ilse Watson TYDENS ’n klopjag verlede Donderdag in die vroeë oggendure is 13 onwettige immigrante en groot hoe-
veelhede dwelms uit verskeie huise verwyder. Onder leiding van kol. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder van Kuruman-polisie, in samewerking met die Eenheid vir Openbare Orde (POPS) van Kimberley, die honde-eenhede van
Kimberley, Upington, Hartswater en Kuruman, die Immigrasieafdeling van Kuruman, die eenheid vir sigbare polisiëring (Vispol) in Kuruman en die misdaadintelligensiediens van Kuruman, het hierdie eenhede eerste op die huis in Acaciastraat 30 toegeslaan. Hierdie huis is bekend daarvoor dat daar onwettige immigrante (hoofsaaklik Nigeriërs en Kongolese) woon en die inwoners is ook
by verskeie misdaadvoorvalle betrokke. Dié huis is al voorheen deur die polisie deursoek. Tydens dié klopjag is die onwettige immigrante verwyder, maar geen gesteelde goedere of dwelms kon hier gevind word nie. Ná die klopjag op die berugte woning het die onderskeie eenhede in twee spanne verdeel. Die eerste
span het na ’n huis in Hoofstraat vertrek. Dié huis is al voorheen besoek en ’n groot aantal prostitute is hier gevind. Met verlede Donderdagoggend se besoek was daar geen onwettige mense in die huis nie. Die tweede span het na Buitekantstraat, Wrenchville, vertrek en ’n huis deursoek. By hierdie huis is dagga, tik, mandrax en dwelms bekend as cat gevind. Die straatwaarde van die dwelms is R4 000. ’n Man (50) is vir dwelmhandel in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die hof verskyn. Die saak duur voort. Vandaar het die polisieeenhede na ’n tweede huis in Wrenchville vertrek en hier is twee Nigeriërs in hegtenis geneem. Die dagga kon nie gevind word nie, want die booswigte het vinnig daarvan ontslae geraak deur dit in die toilet af te spoel. ) Sien nog foto’s op bl.2
DIE huis in Acaciastraat 30, Kuruman, waarop die Kurumanpolisie en verskeie ander polisieeenhede verlede Donderdag in die vroeë oggendure ’n klopjag uitgevoer het. Inlas: Dagga wat tydens die klopjag deur die polisie gekry is. Foto’s: Ilse Watson
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Slaan misdaad só hok POLISIELEDE deur soek die huis in Acaciastraat 30, Ku ruman, se kamers vir onwettige immigran te, dwelms en ge steelde goedere. Foto’s: Ilse Watson
BY hierdie huis in Wrenchville is ’n man (50) vir dwelmhandel in hegtenis geneem.
TYDENS die klopjag op hierdie huis in Wrenchville is twee onwettige immigrante (Nigeriërs) in hegtenis geneem. Geen dwelms is gevind nie, want die booswigte het daarin geslaag om dit baie vinnig in die toilet af te spoel.
Regstelling OP 25 Februarie het die Kalahari Bulletin ’n berig oor die aanval op Piet van Zyl (53) gepubliseer. Hy is met ’n mes en ’n gebreekte bottel aangeval en beroof nadat hy geld by die OTM onttrek het. Hy is op Maandag 17 Maart weens sy ernstige beserings oorlede.
Die Kalahari Bulletin het gerig Van Zyl het self na die Kimberley-staatshospitaal toe gery. Dit is egter verkeerd: Hy het self na die Kuruman-staatshositaal gery en dié hospitaal het hom na Kimberley se staatshospitaal oorgeplaas. Die Kalahari Bulletin het ook na sy kleinseun as Piet (3) verwys – sy naam is Pieter. Die koerant vra om verskoning vir enige ongerief weens die foute.
DIE huis in Buitekantstraat, Wrenchville, waar dagga, Mandrax en tik van R4 000 gevind is.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
3
ONS MENSE
Diere haar swak Ilse Watson SONJA GROBLER, ’n inwoner van Kuruman wat al 23 jaar hier bly, is ’n gekwalifiseerde arbeidsterapeut, maar sy was lus om iets anders te doen. Daarom werk sy reeds die afgelope vier jaar as vrywilliger vir die Kuruman-dieresorgvereniging (DSV). “Ek is baie lief vir diere. Wat ek van diere weet, het ek hier geleer en wat hier gebeur, is vir my baie belangrik. Ek ken elke hond en kat op die perseel.” Grobler vertel verder dit is ’n baie emosionele werk en dat daar baie hartseergevalle is. Tog is daar ook baie gelukkige en goeie oomblikke by dié vereniging. “Ek lê soms nagte wakker oor waar ons die geld gaan kry om alles te doen wat ons moet doen. Net sodra ’n mens dink jy kan nie meer nie, kom daar iemand wat hulp aanbied.” Die DSV het beslis die hulp van die gemeenskap nodig. Mense kan hondjies kom haal en hulle tot op ’n sekere ouderdom versorg. Hulle
kan een maal per jaar ook ’n sak kos aan die DSV skenk. “Ek het ’n passie vir diere en ek wil graag ’n ‘kleinhondjieheiligdom’ skep sodat hondjies nie aan kieme blootgestel word nie. Hier is ook geen werkende siekeboeg nie. Ek wil die plaaslike skole besoek om die kinders van die regte manier om na honde om te sien bewus te maak.” Grobler vertel verder mense kan oor ’n naweek ’n uur van hul tyd afknyp om met die honde te gaan stap. Gemeenskapslede kan ook geld skenk of hulp aanbied om drade of stukkende dakke te herstel. “Soms moet ons ’n dier uitsit. Daar is dalk geen ander keuse nie omdat daar nie geld is om die nodige behandeling of versorging te kan gee nie. Dan moet ’n mens ’n kopbesluit neem, nie ’n emosionele een nie.” Grobler se ander tydverdryf is fotografie. Dit is vir haar baie terapeuties, hoewel sy nie altyd tyd kry om dit te beoefen nie. Sy hou daarvan om mense dop te hou en hulle af te neem. Straatfotografie en argitektuur is ook van haar gunsteling-onderwerpe. Sy is ook baie lief vir swart-witfoto’s. “Ek hou daarvan om dinge van ’n ander perspektief te bekyk.” Sy het ook ’n passie vir skilder met olieverf. “Ek werk hier, omdat ek van mening is ek kan ’n verskil in al die diere se lewe maak. Ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie.” ) Enigiemand wat by die DSV betrokke wil raak, kan Sonja by 082-744-9057 bel.
BO: Met drie van die ses worshondjies wat dringend huise moet kry, is Sonja Grobler. Links hou sy een van die katte by die KurumanDSV vas. Foto’s: Ilse Watson
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Oscar-saak nie ’n sirkus DIE Oscar Pistorius-hofsaak noodsaak die meeste mense om daagliks na die opsomming van die dag se hofgebeure te kyk. Die Griekwastad-moorde boei lesers net so. Hofverrigtinge is dalk vir baie mense erg vervelig. Dit raak vermoeiend om na die kruisondervraging te luister. Dieselfde vraag word herhaaldelik gevra – net uit ’n ander hoek. Tog is dit verbasend om te sien hoe sommige van die getuies by hul storie hou. Ander stotter en stamel, gee die verkeerde antwoorde en wens dalk hulle het eerder niks gesê nie. Hule word weer ondervra en moet dan bontstaan om die korrekte weergawe te onthou. Adv. Barry Roux gee nie maklik skiet nie. Hy is nie tevrede met halfgebakte antwoorde nie. In die regsbank is hy nie iemand met wie gemors moet word nie. Moet die publiek regtig al die aaklige foto’s van die bloed in die badkamer sien? Pistorius kan beslis nie daarna kyk nie. Hy sit eensaam en eenkant, bedek sy ore en gesig wanneer dit vir hom te erg raak
en hy alles weer van voor af moet beleef. Moet ’n hofsaak soos dié regstreeks uitgesaai word? Moet die publiek die pyn in Pistorius se oë en die ma van Reeva Steenkamp se hartseer sien? Die publiek is geregtig daarop om te weet wat daardie nag gebeur het. Die media moet daaroor verslag doen. Dit is dalk nie nodig om so ’n hofsaak regstreeks uit te saai nie – dit blyk amper sensasie te wees. Of soos ’n sirkus. Die Griekwastad-hofsaak word in camera gehou. Die publiek het nie toegang tot die hof nie en dit word ook nie regstreeks op televisie uitgesaai nie. Dit is óók ’n hofsaak wat die hele land boei. Mense wil ook antwoorde op die saak verkry en wil die hele treurspel verstaan. Net ’n handjie vol verslaggewers het toegang tot die hof. Elke dag doen hulle verslag oor die dag se gebeure en die vrae wat gevra is. Dit is dalk beter so. Dit beskerm die beskuldigde. Dit is nie ’n sirkus wat die hele land kan aanskou nie.
Ai, al die Juries Benneli Olivier Van der Walt
FAMILIEBYEENKOMSTE is altyd interessant en kan jou soms in die verleentheid bring. Die naweek het ek en my gesin die epiese tog na Bloemfontein vir my tannie se sestigste verjaardagpartytjie aangepak. Dit was ’n goeie verskoning om my ma se “ouma-onttrekkingsimptome” onder beheer te kry en vir my kind om grensloos deur die genoemde ouma en oupa bederf te word. So, op pad begin ek om my man en seun al die familiename leer wat hulle moet onthou. My Vrystaatse familie het baie Juries en verskeie variasies van dié naam. “Onthou, oom Jurie is die oudste broer, maar moet hom tog net nie verwar met die tweede oudste suster se oom Jurie soos verlede jaar nie,” maan ek. My man belowe plegtig om al die Juries reg te onthou. In Bloemfontein is dit ’n geskarrel om van die gastehuis by die groot familiepartytjie te kom. Terwyl ons probeer om nie te erg te verdwaal nie, mompel my man sy mantra: “tannie Bessie, oom Jurie, tannie Susan, oom Jurie, Jurie die neef, Jurie die ander neef . . . ” Daar is baie partytjiegangers – ek
self herken nie die helfte van die mense nie, maar is seker ons moet tog op ’n manier êrens in die familie-stamboom ’n tak met mekaar deel. Die skielike aanslag van mense gooi natuurlik my man se hele uitleg van die Juries omver. Nie net is daar die ou Juries nie, maar ’n spul nuwe nasate van die neefs en niggies wat ook nou Jurie heet. Maar hy is vasberade. Hy het nie verniet die hele pad van Kathu af gekom en die eindelose Jurie-lesing vir niks deurgemaak nie. Eindelik sien hy tannie Bessie en oom Jurie tussen die see van onbekendes. Hy storm op die oom af om blad te skud en met selfvertroue groet hy: “Goeienaand, oom Bessie. Lekker om tannie Jurie weer te sien.” Dit het ons ’n oomblik geneem om dié sosiale faux pas te verwerk. Tannie Bessie was egter die vinnigste om die stilte te vul. “Lekker om jou ook te sien, Seun. Sit dat oom Bessie vir jou ’n bier gaan haal . . . vir die senuwees, natuurlik.”
In goue gloed gebaai ’n GOUE sonsondergang soos net die Kalahari kan verskaf.
Foto: Anena Burger
God bring hoop in hopelose tyd Past. John Clarke DIE teksvers wat ek vandag wil deel, bestaan uit twee gedeeltes: Jesaja 53:1 en Lukas 2:10. Jesaja 53:1: Wie het die boodskap geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Here geopenbaar?” Lukas 2:10: Die engel sê aan hulle – moenie vrees nie, want kyk, ek bring ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.” Die dinamika van die verse lê daarin dat dit ons uitdaag om geloof te hê en daarin vas te staan. Vandag weergalm die “wie het die boodskap gegee” hard in ons hol harte sonder geloof. As ons na die teks in Lukas kyk en dit volkome wil verstaan, moet ons eers ’n bietjie agtergrond bekyk. Die woorde “moenie vrees nie”, wat tot die herders gerig is, is tweeledig. Eerstens was dit die vrees wat hulle oorval het omdat
12/26
13/27
13/27
ONO-51 NNO-5 NNO-5
’n onaardse verskynsel plaasgevind het. Tweedens was dit dat die herders eenvoudige mense was – hul lewensbron was skaapboerdery. In daardie tyd het die Romeinse keiser ’n bevel uitgevaardig dat ’n sensusopname gedoen moes word sodat mense in Jerusalem geregistreer kon word. Die herders moes reis op ’n gevaarlike tyd en hul skape kon ook gesteel word of deur wilde diere aangeval word. So, dit was nie net die verskynsel van die engel nie, maar ook die bekommernis van die tyd waarin hulle geleef het wat die engel beskryf het toe hy gesê het: “moenie vrees nie”. As ons dit vergelyk met die tyd waarin ons leef, wil die jaar ook
12/27
13/28
13/28
ONO-5 NNO-5 NNO-5
’n somberheid in ons hart bring. Kyk na die maatskaplik-politieke toestand in die land met die komende verkiesing, die korrupsie wat hoogty vier, die misdaad wat daagliks toeneem. Ons worstel met vrae soos: Wat hou die toekoms vir ons in? Hoe veilig is ons? Wat van my kinders se opvoeding? Waar gaan ek ’n werk kry? Al die dinge bedreig ons neseier. In die lig hiervan bemoedig die engel ons: “Moenie vrees nie”. En dit bring ook die goeie tyding van hoop. Vir ’n onseker toekoms is daar vertroosting in Jeremia 29:11: Ek ken die planne wat ek vir julle koester – dit is planne van vrede en nie onheil nie. Ek wil vir jou ’n hoopvolle toekoms gee. God in sy almag beloof as ons hom ons toevlug maak, is daar altyd hoop in ’n hopelose situasie. Maak jou hart vir Jesus oop.
13/31
14/33
14/32
WNW-5 WNW-5 WNW-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
LEEFSTYL
Sommige reüniegangers het nie brieke nie . . . ’n REÜNIE begin altyd met die eerste oproep. Jy sit met die klaslys voor jou en elke oproep voel soos ’n herontmoeting. Die rede vir jou oproep verstaan almal dadelik, want almal is nog op daardie ouderdom dat jy kan somme maak. Dit was al ons 40ste jaar ná matriek en gelukkig is daar nog min skoolmaters wat van die lys af verdwyn het. As ’n naam nie meer op die lys verskyn nie, weet jy dit dra hartseer, pyn en vreugde met hom saam. Jy dink aan die personeellede van die skool. Die legendariese Piet Vat, die kadetmajoor Bull, die skrywer A.A.J. van Niekerk. Die ander se byname kan ek nie noem nie. Die hartseer wat baie moes ervaar, sommige het geliefdes aan die dood afgestaan en ander het groot hoogtes bereik. ’n Seun van die Lombaard-vierling hardloop die 400 m teen die spoed van Paul Nash. Die reünie is egter die geleentheid wat ’n mens altyd sal bybly. Daardie bymekaarkoms, die groetery, die hartlike gelag en die gespot met mekaar. Almal het aan niks anders ’n behoefte nie as om net by mekaar te wees en lekker te gesels. Die klas het die WP-kampioene, atlete soos Adri van Wyk, Nick Gous, Piesang, Adri en Pieter Bergh en het ook Craven-weekhelde. Hoe ouer ons word, hoe minder staan ons verleë oor ons foute. Basie was die voorbok met onnutsigheid. Leon Koekies kan
Pas jou gehoor op Yolandi van Deventer
dit beaam, want hy was oral saam. Tat was die suksesvolste, want hy het bo alle verwagting ’n onderwyser geword. Die twee dae se saamwees het sy spesiale oomblikke opgelewer. My dierbaarste kom van agter die wyngordyn – van Montagu. Ek sê vir haar dit kan nou net wees dat sy ’n verskil kan waarneem. Ons vleiseters is nie so gemaklik met die verwerking van die wingerdvog soos hulle wat hom saam met moedersmelk ingekry het nie. Aan tafel het ’n reünieganger by ons kom sit en wou hê ons moet met die bottel whiskey se leegmaak help. Toe ek nie van veel hulp is nie, moes hy self regkom. Die gevolg – die res van die naweek het hom verbygegaan. Die volgende naweek is ons in Montagu. Ná die eerste aand se gekuier vertel ’n medegas ons hoe geknetter hy die vorige aand in die gastehuis was. Daar was glo ’n paartjie met wittebrood en twee uur die oggend het die bruidegom hom probeer stilmaak. Die raserige gas het later vir sy geliefde gesê hy gaan nou maar stort om van die ergste gekuier ontslae te raak. Later roep hy ontsteld na sy vrou. Sy moet kom help, want die seep wil dan nie skuim nie. Sy sien toe hy stort met die kers en nie die seep nie. Ai: Brandewyn (oftewel geraaswater) het nie brieke nie . . .
MET ’n paar dinge in die lewe kan ’n mens maar met die minste tevrede wees. Ongelukkig is gehoor nie een nie. As enige van die volgende jou geld, kan jy moontlik aan gehoorverlies ly: ) As dit moeilik is om in geselskap te hoor as daar geraas op die agtergrond is; ) Gesinslede wat kla dat jy nie kan hoor nie; ) Jy moet gereeld mense vra om te herhaal wat hulle gesê het; ) Dit is moeilik om te hoor of te verstaan wat ’n stem op die televisie of radio sê; ) Jy voel geïsoleerd in geselskap omdat dit so moeilik is om te hoor. Ongeveer 20% van alle mense wat gehoorapparate benodig, kry dit. Die ander 80% kry dit nie. Die meeste mense besef nie dat gehoorverlies met ’n gehoorapparaat behandel kan word nie en dikwels word die gehoorverlies ontken. Terselfdertyd besef mense soms nie dat onbehandelde gehoorverlies tot vernedering, verlies aan onafhanklikheid en sosiale stres kan lei nie. Dit lei ook tot spanning, moegheid en eindelik sosiale isolasie en eensaamheid, nie net vir die persoon met die gehoorverlies nie, maar ook vir gesinslede, vriende en kollegas.
Die mense wat gehoorapparaat suksesvol gebruik, is diegene wat gemotiveerd is om hul kommunikasie- en luistervaardighede te verbeter. Hulle wil graag kan hoor en met gemak deel van die samelewing wees. Hulle werk saam met hul oudioloog om te leer wat hulle kan verwag van gehoorapparate – sodat hulle kan verstaan wat ’n gehoorapparaat kan en nie kan doen nie. Die gesin speel ook ’n belangrike rol in die ondersteuning van die gesinslid wat ’n gehoorapparaat moet gebruik. Familie, vriende en kollegas word net so geraak deur jou gehoorverlies soos jouself. Om met jou te praat neem ekstra inspanning. Hulle mag ongeduldig raak omdat hulle gereeld moet herhaal wat hulle sê.
Die mense wat gehoorappa raat suksesvol gebruik, is die gene wat ge motiveerd is om hul kom munikasie en luistervaardig hede te verbe ter. Gesprekke met die persoon wat gehoorverlies ervaar, mag frustrerend en tydrowend wees. Hulle sal ook nie meer soos voorheen met jou kan kommunikeer nie. Jy sal dalk nie gefluisterde troetelwoorde hoor nie en kan magteloos voel omdat jy jou “ou verhouding” wil terughê. Dit is waar jy aksie kan neem en weer van jou lewe beheer kan neem. Gaan spreek ’n oudioloog om ’n oplossing te kry oor hoe om kommunikasie by die huis, werk en in jou omgewing te verbeter. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
KUSHLA MARKRAM van Kuruman het dié pragtige foto vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie ingeskryf. Landskapfoto’s kan nog net tot 31 Maart ingeskryf word. Foto: Kushla Markram
Skryf jou mooiste foto’s in Lizette Slabber DAAR is slegs vier dae oor om jou pragtige landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie in te skryf. In April kan sonsopkoms- en sonsondergangfoto’s ingeskryf word. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die uiteindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC Famous Lodges met ontbyt daagliks. Stuur dus dadelik jou landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Elke maand sal daar uit die inskrywings ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die beste
foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys sal wen. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s voor 31 Maart aan lizette.slabber@volksblad.com. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, sowel as waar die fotograaf woon. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Geen professionele fotograwe mag hulle inskryf nie. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
9
Mine on the ball with safety
KUMBA’S SISHEN MINE launched its new three-year, soccer-inspired safety strategy on Friday, 7 March, at an event attended by almost 10 000 employees. The strategy is built around the Sishen United team and aims at addressing the safety challenges brought about by the rapid expansion of the mine. In line with the One Team, One Goal motto, all employees dressed in blue, white and red Sishen United soccer shirts for the event. The team logo was designed by Zilian Enslin, an employee, and appears on all team merchandise – like the vuvuzelas everyone received at the launch. Johan van Schalkwyk, the general manager who launched the strategy, said a united and focused Sishen team was capable of achieving the mine’s production challenges and in a safe manner. The former Bafana Bafana star Marks Maponyane spoke about team strategy, the importance of playing as a team and the need for focus – to constantly keep your eye on the ball. “Winning teams are those that work together and have integrity, commitment and respect.” These themes were echoed in the words
JOHAN VAN SCHALKWYK, general manager of the Sishen Mine, with Zilian Enslin who de signed the team logo. Photos: Supplied of the Sishen United song written by Tommie Liebenberg of IHP Consulting: “Come on and join me, take my hand for Sishen United, Sishen United, Sishen United we stand.” The proceedings concluded with the Mzanzi Soccer Tricksters who dazzled the crowd with a brilliant display of skills, followed by a braai.
Locals pay it forward ZIMELE, the enterprise development arm of Anglo American, does not only provide local businesses the funding and mentorship to be a success, but also empowers them to make a sustainable difference in their local communities. One such business, The Fitness Factory in Kathu, is an excellent example of this notion after having sponsored the Kathu Primary School’s tennis club to participate in a junior tennis competition, the Wilson Cup championship. Marius Nel, owner of The Fitness Factory, decided to support these budding sports stars to participate in the competition in Sun City. This support included transport fees to and from Rustenburg and sports kits such as golf shirts. The boys’ team ended the competition in fifth place and the girls’ team walked away with an impressive third place. “I knew this competition would be an excellent opportunity to help develop the tennis skills of these young people. Vital to this development is being able to play against other peer schools in competitions such as this one. I am happy that our support has aided in their development and I hope that this has at least started to invigorate youth who participate in sports and live healthy lifestyles,” says Nel. The Fitness Factory opened its doors in 2008 after Nel identified the need for a state-of-the-art gym in Kathu. He approached Sishen mine’s small business hub and obtained funding and mentorship from Zimele. Since then, The Fitness Factory has created full-time employment for six people and four part-time employees. The business also boasts 1 600 members. Sishen Mine Local Economic Development Practitioner, Sydney Ntili, expands on this noting that The Fitness Factory is but one example of the many businesses Zimele has helped create in local communities.
EMPLOYEES of the Sishen Mine gathered on Friday, 7 March, for the annual Thanksgiving Indaba where the new Sishen strategy was also rolled out.
AFRIFORUM KURUMAN hou op Donderdag 10 April om 18:00 ’n algemene vergadering vir die publiek. Dié vergadering vind in die El-Gibbor-saal plaas.
Die gemeenskap van Kuruman word versoek om dit by te woon en voorstelle en vrae na die vergadering te bring sodat oplossings vir verskeie probleme in Kuruman gevind kan word.
Almal moet dorp skoonhou INWONER, Kuruman: EK wil alles beaam wat teleurgestelde inwoner in sy brief van 20 Maart in die Kalahari Bulletin genoem het. Ek woon vir meer as 40 jaar in Kuruman en is stom oor die mooi dorp se agteruitgang, veral in die middedorp. Strate, sypaadjies en selfs randstene is uiters verwaarloos. Sommige van die dwarsstrate herinner
aan ’n agterbuurt. Rommelstrooi is aan die orde van die dag. Wat help dit om te hoor die dorp floreer as huise soos paddastoele verrys, maar blykbaar kan die Ga-Segonyana-munisipaliteit nie al die uitbreidings en ontwikkelilngs hanteer nie. Die verkeer is ’n nagmerrie en verkeersbeamptes skitter in hul afwesigheid. Daadwerklik moet gepoog word om ’n “stukkende”, vervalle dorp te herstel en te verfraai. Dit is die Ga-Segonyana-munisipaliteit, asook die inwoners, se plig om Kuruman ’n dorp van aansien te maak.
Safety deposit boxes stolen MARIUS NEL of The Fitness Factory in Kathu.
Photo: Supplied
“Zimele is all about creating businesses that not only create jobs in the local community but inspire development and positive change. “We are proud to of the example that The Fitness Factory is setting as one of the thousands of businesses Anglo American has helped grow across the country, businesses that develop communities.”
ON 25 February in the early hours of the morning a burglary took place at the Standard Bank in Kuruman. “The Northern Cape Hawks are investigating the burglary. Due to the sensitivity of the matter, no further information can be divulged,” says Lt. Sergio Kock of the Kimberley police. No arrests have been made and the investigation continues. According to several residents of Kuruman, their safety boxes inside the bank were stolen. However, these residents are not allowed to speak to the media.
The alarm system of the bank went off and the Kuruman police visited the bank but could not find anything that suggested the bank had been broken into. The forensics departement was at the bank all day after the burglary, gathering evidence to pursue the matter. The Kuruman police are also not allowed to divulge any further information.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Atlete nie na SA’s Lecrecia Prins OUERS, leerlinge, onderwysers en skoolhoofde is kwaad en teleurgesteld omdat leerlinge van verskeie laerskole in die NoordKaap die afgelope naweek nie aan die nasionale laerskole-atletiekbyeenkoms in die Paarl kon deelneem nie. Dié atletiekbyeenkoms het van 20 tot 22 Maart plaasgevind. Leerlinge van Kimberley sou verlede Woensdag met ’n bus na die Paarl vertrek. Teen Woensdagoggend het alles nog volgens plan verloop. Dié spesifieke skole is teen Woensdagmiddag in kennis gestel dat die Noord-Kaap-span uit die byeenkoms onttrek is. Die rede daarvoor was omdat daar nie verblyf vir die leerlinge in die Paarl gekry kon word nie. Leerlinge wat wel aan die
byeenkoms deelgeneem het, moes op hul eie koste gaan en ook in hul skoolsportdrag deelneem. Hulle is nie van provinsiale sportdrag voorsien nie. Daar was 80 leerlinge van die Noord-Kaap wat aan die byeenkoms moes deelneem, maar net 17 leerlinge het deelgeneem. Volgens Sydney Stander, woordvoerder van die onderwysdepartement, is die departement van sport, kuns en kultuur vir die logistiek van provinsiale en nasionale geleenthede verantwoordelik. Stander sê die departement van sport, kuns en kultuur kon nie verblyf vir die kinders kry nie en die departement van onderwys het onmiddellik die skole in die distrikte in kennis gestel. Morapedi Sekhaone, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, het navrae na die onderwysdepartement verwys.
Van die leerlinge van die Laerskool Staats, Eureka en Newton moes op eie koste na die Paarl reis om aan die byeenkoms deel te neem terwyl leerlinge van die Laerskool Roodepan weens kort kennisgewing nie kon gaan nie. Ontstelde ouers van die Laerskool Kuruman het hul misnoeë op sosiale netwerke uitgespreek oor die departement van sport, kuns en kultuur en die departement van onderwys wat nie verblyf en vervoer vir die kinders gereël het nie. Atlete van die Laerskool Seodin het wel na die Paarl vertrek om aan die byeenkoms deel te neem. Die skool moes egter self vir die leerlinge verblyf reël en al die koste daaraan verbonde dra. Hulle moes ook self vir die atlete vervoer reël.
Tense situation monitored Boipelo Mere IT seems to be calm in Seodin after unrest plagued the area. Zimbabwean and Nigerian nationals living in the area of Kuruman were accused of assaulting one of the members of the Seodin community. Residents also allege the foreigners were dabbling in drugs. Last week, after being chased away and assaulted by the community, a group of between 30 and 50 foreigners sought refuge at the Kuruman Police Station. They were then temporarily housed by the municipality at another location. According to a Seodin community member who wants to remain anonymous, a fight started at a local
tavern in Seodin during which a local was stabbed. The source says a group of men from the community raided Seodin the following day. Residents went from door to door in search of the suspect while chasing other foreign nationals out of the township. According to one of the foreigners, most of them left the community hall and went to look for other accommodation. This is because the situation there was becoming unbearable and they could not return to their homes. The foreigner says a meeting was scheduled between themselves and one of the traditional leaders over the weekend, but they (the foreign nationals) were refused entry.
“The delegates told us that they do not want any makwerekweres,” she said. According to the Kuruman police they housed the foreign nationals so that the situation could be monitored and kept under control. The police did not say whether one of the foreigners was killed in the process. They are investigating the case. Following these incidents of unrest in Seodin the police raided several houses in Kuruman in the early hours of Thursday, 20 March. Altogether 13 illegal immigrants were arrested during the raid. A vehicle, which the police suspect was used during the unrest and shootings two weeks ago, was searched.
Diewe ry aan die pen Ilse Watson “ONS het op verskeie gesteelde ware soos juwele en klere in die halfvoltooide dubbelverdiepinghuis (agter die Janke-gastehuis) beslag gelê. In ’n ander huis het ons gesteelde skootrekenaars gekry. Ons het ook onwettige immigrante in hegtenis geneem.” Só vertel kol. Sampie Koopman, bevelvoerder van die Kuruman-polisie. Dié veldtog het Dinsdag om 05:00 begin. Die Kuruman-polisie is deur die honde-eenheid van die Kuruman-polisie, die misdaad-intelligensiediens en die eenheid vir sigbare polisiëring bygestaan. Vyf skootrekenaars is verwyder en Koopman versoek inwoners van Kuruman wie se rekenaars gesteel is om die
polisiekantoor te besoek sodat hul die rekenaars kan uitken en sodoende dalk die kans het om dit terug te vind. “Daar word gedurig by motors ingebreek, veral op die parkeerterrein van Spar, en die skootrekenaars word gesteel.”
In ’n ander huis in Seodin is weer op dagga beslag gelê. Daar is ook drie Nigeriërs (onwettige immigrante) en nog drie ander onwettige immigrante van Lesotho in hegtenis geneem. ) Om jou skootrekenaars uit te ken besoek die polisiekantoor en vra vir Koopman of lt.kol Kobus van Wyk. ) Kurumaniete moet seker maak hul motors is gesluit voordat hulle by winkels ingaan. Voel aan die deure of dit gesluit het. Wees ook bedag op booswigte wat aan die bestuurder se vensterruit klop en jou aandag aftrek terwyl ’n ander een by jou passasiersruit probeer inbreek. Geen waardevolle artikels soos skootrekenaars, kame- ras of handsakke moet in die motor rondlê nie. Bêre dit in die bagasieruim.
Staal jouself só teen griep DIT is weer die tyd van die jaar dat dit belangrik is om ’n griep-inspuiting te kry – dié beste maatreël wat enigiemand kan tref om te voorkom dat hy griep kry. Die beste tyd van die jaar vir dié inspuiting is Maart en April, hoewel daar nie ’n afsnydatum vir die inspuiting is nie. Die inspuiting neem ongeveer twee weke om jou liggaam se immuniteit op te bou en jou kanse om griep te kry te verminder. Dit is wel moeilik om te voorkom dat jy griep en/of verkoue kry, maar daar is stappe wat jy kan doen om dit te voorkom. Doen die volgende by die werk: ) Was jou hande gereeld en moet nie
onnodig aan jou neus, oë of mond vat nie. ) As jy nies of hoes, gebruik ’n sneesdoekie en was jou hande. ) Probeer om nie onnodig aan toestelle in die kantoor te vat nie soos die handreling van roltrappe, jou kollegas se rekenaar of die knoppie by die hyser. ) Vermy naby kontak met kollegas wat siek is. ) Neem vitamien A- en vitamien C-bruistablette. ) As jy ’n roker is, hou op rook. Doen die volgende by die huis: ) Was jou hande gereeld en leer jou kinders om ook hul hande gereeld te was.
) Leer jou gesin om sneesdoekies te gebruik wanneer hulle nies of hoes. ) Drink baie vloeistof (water) en drink ook die nodige vitamienes. ) Maak oppervlakke soos die kombuistoonbank en badkameroppervlakke met ’n ontsmettingsmiddel skoon. ) Moedig jou kinders aan om nie messe en vurke of borde met ander kinders te deel nie. As daar kinders met griep in jou kind se skool of kleuterskool is, is dit wys om jou kind eerder by die huis te hou. Die griepinspuiting is by die apteek beskikbaar. ) Inligting verskaf deur die Petra Diamonds Finsch-myn.
Vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Vertel jou storie
Een, twee, drie, gryp! Lynn-Mari Olivier
‘EK moet vinnig hard loop – daar is nie baie tyd nie.’ – Ian van Niekerk in Pick n Pay.
ELKE jaar word Kinderland en Kuruman Pick n Pay se trolley dash gehou. Dit het vanjaar op 12 Maart plaasgevind. Die drie wenners was Ian van Niekerk, Antoinette Husselmann en William Olivier. “Ek het in my lewe nog nie iets gewen nie.
Die trolley dash was so lekker en die goed wat ek kon kry se waarde was ongeveer R3 000. Ek het potte, ’n kasserol-bak en speelgoed gevat,” het Antoinette gesê. Die wenners het 30 sekondes gehad om hul voorkeurartikels te kry, maar kon nie twee van dieselfde artikel vat nie. Drank en vleis was uitgesluit. Die totale waarde van die skenking het presies R7 667,83 beloop. Minnie-Lize het namens haar man, William Olivier, die dash aangepak.
BO: Inwoners van Kuru man wat aan die trolley dash in Pick n Pay deel geneem het, is van links Antoinette Husselmann, MinnieLize Olivier (wat namens haar man deel geneem het) en Ian van Niekerk. WINKELTROLLIES vol gelaai tydens hul vinnige inkopietog. Van links is Ian van Niekerk, Antoi nette Husselmann en MinnieLize Olivier. Foto’s: Lynn-Mari Olivier
WAT doen jy wat interessant is? Het jy ’n besonderse tydverdryf of is jy ’n sportafrigter, gemeenskapsleier of natuurkenner? Die Kalahari Bulletin Kuruman nooi mense van Kuruman, Daniëlskuil, Hotazel en Vanzylsrus om die redakteur, Ilse Watson, te kontak en hul storie met die koerant se lesers te deel. Die koerant doen nou elke week ’n artikel in ’n reeks oor ons mense en dié stories sal elke week op bl. 3 geplaas word. Skakel 079-8315579 of stuur ’n e-pos aan ilse.watson@volksblad.com om jou storie met die gemeenskap te deel. Komaan, vertel jou besonderse storie. Só kan die lesers in die verspreidingsgebied meer leer van die interessante dinge wat jy doen.
Meer nuus by www.kalaharibulletin.co.za
Camping Chair
MARCH 2014
V0402022 • High back • Padded for extra comfort • Drinks holder • Steel, hammerite coated frame for extra protection • Khaki
Bermuda Blue Hibiscus Basin
PRIMA BELLA Natural Single Bath Screen
PP1510
SP7203 • 800 x 1350mm
29999
Chanel Bath with Handles 000446 • 1700mm • White
0601217190 - GSB13RE • 600W, 13mm Chuck • Variable & reversible action • Drilling capacity: Wood: 25mm, Steel: 10mm, Masonry: 15mm
699
579
99
Classique Interior Hollowcore Door
EBCSSLI0 • 813mm x 2032mm • Interior door • Exposed edges • Deep moulded
71299
75999
Industrial Impact Drill
1 Year
Guarantee
PRIMA BELLA White Adjustable Pivot Door
99
Frame and Ledged Battened Open Back Hardwood Stable Door KYD1S-OB • 813mm x 2032mm x 40mm
1 Year
Guarantee
RB800 • 800 x 900 x 1850mm • Excludes base and return panel • White powder coated frame • Tempered safety glass
Mist Fan
FS1619R • 40cm Stand mist fan • 240V/60Hz/60W • 90° Oscillation, 3 speed (0-1-2-3), round base • Silver/black • Remote control function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L, LCD display
2 Year
Guarantee
27999
69999
VISIT US TODAY!
3 Seodin Avenue, Kuruman
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
96999
Includes Tape Measure & Spirit Level
79999
TRADING HOURS
Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
11
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 25 March - 06 April 2014 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Only 11 complied with standards THE civil rights organisation AfriForum is concerned about the poor management of water in South Africa. They have collected the results from its national water monitoring campaign – known as the Blue and Green Drop Branch Project. More than a 100 AfriForum branches across the country participated. “AfriForum is dealing with drinking water quickly but sewerage water poses a significant health risk to communities,” says Julius Kleynhans, AfriForum head of environmental affairs. “Negligence in planning, management and infrastructure maintenance are causing massive pollution of our water resources.” The drinking water of Kuruman was also analysed during the Blue Drop tests – results are pending. A total of 11 municipalities across the country complied with the Blue Drop water quality standards. During the Green Drop testing of water, the results caused concern about responsible waste management and the maintenance of services by the government. The Green Drop tests were also performed on the quality of treated water, but the tests were unsuccessful due to errors made during the testing process. Therefore no results are currently available. These tests will be performed at a later stage.
A DAM of raw sewage situated near a Kuruman suburb. Houses are quite close to this dam. Kalahari Bulletin reported in November 2013 about this dam which is a serious threat for children. It also poses a serious health risk.
Photo: Ilse Watson
“To date, 33 wastewater treatment works in our project do not comply with the water standards. This poses a serious risk to our
health, food security and the environment,” added Kleynhans. South Africa’s national water quality standards allow for 1 000
counts of e.coli per 100 ml of water in treated sewerage. The tests in the Gamagara Municipality in Kathu delivered a
result of 17 000 counts per 100 ml of water. The water samples were tested by independent Sanas accredited laboratories. AfriForum will position itself throughout South Africa to use all the relevant resources to ensure that issues are addressed immediately. Letters are being served to municipalities on non-compliance. The government has a constitutional obligation to provide clean drinking water to the country’s citizens. Legislation indicates that drinking water must be provided to all communities and at a specific quality standard. Statistics show that approximately 40% of clean drinking water is lost due to theft, bad management or leakages. Due to a direct result of poor water and sanitation services, the cost of dealing with all diarrhoearelated illnesses is around R6 billion per year and R39 billion per year is lost in economic production. “There is a great need for the reviewing of current water services authorities, restructuring of personnel and a thorough investigation into the possibility of privatisation of water and sewerage infrastructure. “AfriForum will continue to monitor the water quality in South Africa,” concludes Kleynhans.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Benoemings vir kompetisies ingewag AS jy weet van iemand wat baie doen om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon, of ’n organisasie wat werk van uitnemendheid doen, is dit nou jou kans om hulle die erkenning te laat kry wat hulle toekom. Die soektog na Volksblad, moederkoerant van Kalahari-Bulletin, en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer aan die gang. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer.
Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besondere sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/ haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag ook nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die
Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waartoe die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld vir die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag
benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
SAKENUUS
Onderneming help met skenkings Ilse Watson
JOSHUA DOORE in Kuruman het op Maandag 24 Maart verskeie skenkings aan drie kleuterskole in die Kurumanomgewing gedoen. Zuneith Vilander, takbestuurder van Joshua Doore in Kuruman, tesame met die hoofkantoor in Braamfontein, het besluit om aan skole wat ’n tekort het, verskeie skenkings te doen.
Dié spesifieke kleuterskole het nie die geld om in hul leerlinge se behoeftes te voorsien nie. Só het hulle verf, verfkwasse, -rollers en ander materiaal verskaf. Die kleuterskole wat by die skenkings baat gevind het, is Voetspoortjies, die Kwikstertjie-kleuterskool in Wrenchville en die Tlhotomelo Early Learning Centre in Mothibistad.
JOAN VAN WYK ontvang die verf en ander arti kels van Zuneith Vilander.
ZUNEITH VILANDER (heel links) oorhandig aan Katriena Titus die sken king vir hul skool. Van links is, agter: Edwin Bothsheling en Masego Moe padikhi. Foto’s: Verskaf
JOYCE MERUTI ontvang die skenking van Zu neith Vilander (bestuurder van Joshua Doore, Kuruman).
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
TE HUUR
TE KOOP 3205
SOSIAAL & ONTSPANNING
BETREKKINGS 3201
3600
LANDBOU
TE KOOP
TROETELDIERE 1660
Op soek na 2 Labradors (opreg geteel), verkieslik swart, ongeveer 7-8 weke oud. Ilse 072 595 7000.
3605
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE
Ontvangsdame vir mediese praktyk benodig. Begin middel April indien moontlik. Ondervinding in mediese praktyk ‘n bonus. Stuur CV na: andrabes@gmail.com
2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
ALGEMEEN 3680
GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339.
SAKE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TE KOOP
DSTV/TV/DVD DIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
2405 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
Guesthouse in Kuruman: 7 en suite bedrooms, erf size 1 927 sq m. Borehole. On road parallel to Main Road. 072 350 0029.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
ELEKTRIES
VOERTUIE 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
GLAS/VENSTERS
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
OJ Montewa
3010
NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.
1827
Glass sliding door, about 2 to 3 m wide. Terry 082 554 4359. terry.wickedcats@gmail.com
4501
Die Standard Bank/W Olyn/A.S. Olyn
ADMINISTRATIEF
1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
GEREGTELIKE VEILING
MOTORS TE KOOP 3025
UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor met slegs 120 000 km. Skakel 083 772 2316.
SLEEPWAENS 3040
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de-handse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
Deben: 1-slk-woonstel asook ruim 2slk-/2-badkamer-woonstel, 82 m2, sonkrag. Skakel 082 562 4971 of 071 659 9245. EENMANSWOONSTEL: koopkrag, lugreëling, gemeubileerd, veilige parkering. Beskikbaar 1 April 2014 . Skakel 072 634 6880. Woonstel te huur in Kuruman. Vir besigtiging skakel Hester by 082 820 0251 of Elize by 061 423 0125.
HUISE TE KOOP 3275
3-slk-woning met groot erf digby hospitaal te koop. Skakel 071 720 6687.
In the estate late of Onkabetze Josiah Montewa, identity number 631106 5736 089 and surviving spouse Kesetselemang Montewa, identity number 760417 0964 086 of House N125, Camden Village. Estate number: 11509/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 28 March 2014. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
KENNISGEWING VAN VERKOPING In die Hooggeregshof van SuidAfrika, Noord-Kaap Afdeling, Kimberley. Saaknommer: 724/2013 In die saak tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUIDAFRIKA BEPERK Eiser en WILLEM OLYN Identiteitsnommer 620625 5217 082 Eerste Verweerder en ADONIA SOFHIA OLYN Identiteitsnommer 641230 0157 089 Tweede verweerder Ingevolge 'n vonnis van die NoordKaap Hoë Hof, Kimberley, in bogemelde saak, sal 'n eksekusieverkoping met/sonder 'n reserweprys plaasvind op die perseel, Heidestraat 5, Daniëlskuil, Noord-Kaap Provinsie, op DONDERDAG 10 April 2014 om 09:00, van die vaste eiendom van die Verweerders soos hieronder uiteengesit op die voorwaardes wat uitgelees sal word deur die Afslaer tydens die verkoping, welke voorwaardes ter insae sal wees by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, Postmasburg, Noord-Kaap Provinsie, voor die veiling. Erf 1517, Daniëlskuil, geleë in die Kgatelopele Munisipaliteit, BarklyWes-distrik, Provinsie Noord-Kaap. Groot: 375 (DRIEHONDERD VYF EN SEWNTIG) vierkante meter. Gehou Kragtens Transportakte Nr T 4580/1998 onderhewig aan die voorwaardes daarin vermeld. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks, bestaande uit: Sit-/eetkamer, kombuis, 2 slaapkamers, 1 badkamer en geleë by Heidestraat 5, Daniëlskuil. TERME: TIEN (10%) persent van die koopprys en die afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30 000,00 of deel daarvan, 3,5% op die balans onderworpe aan'n maksimum van R9 655,00 plus BTW met 'n minimum van R485 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport moet verseker word deur 'n Bank, Bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg wat binne 14 (VEERTIEN) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word. Neem verder kennis dat: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, POSTMASBURG, NoordKaap Provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a. 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008. (URL http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961) 3.2 FICA-wetgewing m.b.t identiteits- en adresbesonderhede 3.3 Betaling van registrasiegeld 3.4 Registrasievoorwaardes 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggereshof, DANIëLSKUIL, met afslaer J.J. Claassens. 5. Advertensiegeld teen heersende publikasietatiewe en verkopingkoste volgens Hofreëls, geld. D.A. HONIBALL (NS8280) Prokureur vir Eiser p/a Matsepes Ingelyf Aliwalstraat 26/28 Bloemfontein Tel. 051 448 3145/6/7.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
K E N N I S G E W I N G S
VEILINGS
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
DIE swemmers van die Laerskool Seodin wat uitstekend op die onlangse interskolegala gevaar het, is van links, voor: Mike Pieterse en Harry Albutt; middel: Merise Louw; agter: Wilmien Kruger, Danelle Pieterse, Nerine Albutt en Alet Kotze. Afwesig: Stefan Erasmus. Foto: Johrieta Strauss
Swemmers presteer
LEERLINGE van die Laerskool Seodin het op Donderdag 13 Maart aan ’n interskole-gala in Hotazel deelgeneem. Ander skole wat ook aan die gala deelgeneem het, was die Laerskool Kathu, die Laerskool Blackrock en die Laerskool Seodin. Die Laerskool Seodin se swemmers het baie goed gepresteer. Merise Louw het agt eerste plekke verwerf en het ook ’n rekord verbeter. Alet Kotze het twee eerste plekke en twee
derde plekke behaal. Nerine Albutt het een derde plek verwerf en Danelle Pieterse het drie eerste plekke en twee tweede plekke behaal. Mike Pieterse het ook uitstekend gevaar en het drie eerste plekke en drie tweede plekke verwerf. Stefan Erasmus het een derde plek en Wilmien Kruger het ook een derde plek verwerf. Harry Albutt het drie tweede plekke behaal.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Verdedig titel DIE o.13Arugbyspan van die Laerskool Seodin saam met hul afrigters Alan Reed (agter, links) en Willie van den Berg (agter, regs). Dié spelers vertrek môre na George waar hulle vir ’n week aan ’n toernooi gaan deelneem. Hierdie uitblinkers het verlede jaar die beker vir mediumskole gewen. Hulle gaan nou terug om hul titel te verdedig. Foto’s: Ilse Watson
DIE o.11rugbyspan van die Laerskool Seodin saam met hul afrigter, Philip van Schalkwyk (agter, links), wat ook môre na George vertrek om aan die week lange rugbytoernooi deel te neem.
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Niks kan AJ se passie blus Lynn-Mari Olivier
VAN links is Giepie Nel, Ottie Croucamp, Schalla Burger en Vleis van Zyl.
Foto: Verskaf
Nuwelinge toon staal Ilse Watson OP Saterdag 15 Maart is die Kalaharistreek-amateurkompetisie by die Kurumanrolbalklub aangebied. Die kompetisie is vir nuwe geaffilieerde lede met minder as drie jaar ervaring. Die Kuruman-rolbalklub beleef tans ’n groeifase. Nege van die tien nuwelinge is van die gemeenskap van Kuruman.
Deel van die groep was ook twee vroue wat hul staal teen die mans moes toon. Die dag was ’n reuse-sukses en Schalla Burger het die eerste plek behaal. Bossie Boshoff het die tweede plek verower en Vleis van Zyl die derde plek. Die dag se harde werk en konsentrasie is in ligte luim met ’n heerlike vleisbraaigeselligheid afgesluit.
DIE Kalahari Bulletin is op Facebook beskikbaar. Lees al die stories, rubrieke en sportgebeure op www.facebook.com/kbulletin. Besoek ook die webblad by www.kalaharibulletin.co.za. Stuur sportnuus na ilse.watson@volksblad.com.
“WANNEER ek swem, is dit nét swem. Ek wil aan myself bewys dat ’n mens sukses kan behaal al het ’n mens nie ’n afrigter nie. Ek word ook geïnspireer om hard te werk om my teenstander, Devon Steyn van Kimberley, te klop.” Só vertel AJ Fourie (15), ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari wat aan swem en tweekamp deelneem. AJ swem vryslag, rugslag, vlinder- en borsslag, maar vryslag is sy gunsteling. Hy neem aan die 1 500 m, 800 m, 200 m, 100 m en 50 m deel. Met tweekamp neem hy aan die 2 km-draf en 100 m-swem deel. Sy oefensessies bestaan daaruit om elke middag om 14:00 te begin oefen en hy swem 4 km tot 4,8 km per dag. Dié oefensessie neem ongeveer twee uur en daarna rus hy vir ’n uur totdat hy atletiek oefen wat ongeveer ’n uur en ’n half duur. Carina van der Walt is altyd by die atletiek om hom te help met afrigting. “Op die afgelope Noord-Kaapse kampioenskappe het ek twee goue, twee silweren drie bronsmedaljes verower. Ek het ook my Griekwa-kleure vir swem op die interprovinsiale byeenkoms gekry en ook drie bronsmedaljes gewen. Ek het ook my Griekwa-kleure in tweekamp verwerf.”
‘Wanneer ek swem, is dit nét swem. Ek wil aan my self bewys dat ’n mens sukses kan behaal al het ’n mens nie ’n afrigter nie.’ – AJ Fourie
AJ FOURIE van die Hoërskool Kalahari wat uitmuntende prestasies in tweekamp en swem behaal. Foto: Lynn-Mari Olivier AJ het van 20 tot 24 Maart in Sasolburg deelgeneem en van 4 April neem hy aan die Suid-Afrikaanse tweekampbyeenkoms, wat in Potchefstroom plaasvind, deel. Dit is AJ se droom om voordat hy sy skoolloopbaan voltooi, in vlak drie te presteer en hy wil ook ’n plek in die Suid-Afrikaanse swemspan behaal. Hy droom ook daarvan om ’n medalje op die Suid-Afrikaanse byeenkoms vir tweekamp te verower. “My grootste ondersteuners is my ma, Antoinette Fourie, en Carina van der Walt.” AJ vertel verder dat hy deur sy grootste held, Michael Phelps, geïnspireer word. “Hy het altesaam 22 medaljes op die Olimpiese Spele gewen – daarvan is 15 medaljes goud. Dit wil gedoen wees.”