Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
27 JUNIE 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Kuruman
GRATIS
Tel. 053-712-1472
Spontaan
Wenke
Sport
Werner is ons wenner
VLU gee raad vir klerekas
Kuruman se span kook
bl. 6
bl. 12
bl. 24
Besoeker loop deur Annerie Louw MISDAAD op Kuruman neem daagliks toe. Veral rooftogte op onskuldige mense. Elza de Klerk, ’n besoeker van die kusdorp Kleinmond, is verlede Dinsdag omstreeks 08:30 in Bearestraat, Kuruman, van haar handsak beroof. Sy was in ’n winkel en toe sy by haar motor wil inklim, het iemand haar aandag afgetrek. “Dit het alles so vinnig gebeur. Daar was twee mans by my voertuig. Een het my aandag afgetrek terwyl die ander een my handsak gegryp en weggehardloop het. Hoe hulle dit gedoen het, weet ek nie,” sê De Klerk verdwaas. Die winkelier het die een dief agternagesit en die polisie wat daar verbygery het, kon hom in die vangwa laai. “My motor, ’n nuwe Kia, moes met ’n insleepdiens by my seun se huis afgelaai word sodat dit op ’n veilige plek kan staan. Ek moes met ’n sekuriteitsfirma op Kleinmond reël om my kluis oop te sny en die spaarsleutel uit te haal en te pos.” By die lisensiekantoor waar sy aansoek om ’n tydelike rybewys gedoen het, het nog iemand vertel hoe hy beroof is. De Klerk bied ’n beloning aan vir die mens wat enige van die artikels (selfoon, kaarte, rybewys, sleutels en R2 000) wat in haar handsak was
LEDE van Mapogo staan op parade. Nog ’n foto op bl. 2. aan haar kan terugbesorg. ) So maak mense planne om hulself te beveilig. Een van dié planne is die Mapogo-sekuriteitsmaatskappy. Elke dag om 17:00 kom die ongeveer 30 lede vir die nagskof by hul basis in Strydomlaan byeen terwyl die ander 30 van diens af gaan. Daar word parade gehou waartydens daar met gebed geopen word. Daarna doen hulle ’n eenvoudige
drilpatroon en koppe-telling. Koos de Ridder en sy vennoot, Gerhard Swart, is in beheer van die besigheid op Kuruman. Die sekuriteitswagte, wat Tswanas en mense van Zimbabwe is, vertrek dan om 17:15 om van 18:00 tot 06:00 huise en besighede vir 24 uur te beveilig. Toegerus in swart klere met ’n helder veiligheidsbaadjie, ’n fiets, ’n sambok, ’n flits, peper-
Foto: Annerie Louw
sproei, knuppels en skokstokke wat deur die maatskappy verskaf word, beveilig hulle die omgewing. Hulle kry hul opleiding in Kimberley en in Pretoria. Het hulle sukses? “Daar is meer as 30 gevalle waar ons verhoed het dat misdaad gepleeg word. “Die gesteelde goed wat ons al gevind het, is by die Kuruman-polisiekantoor en mense kan gaan navrae
doen. Goed soos deure, ’n fiets, luidsprekers, ’n kompressor en selfs ’n bakkie,” sê De Ridder. Werk julle saam met die polisie? “Ons vergader gereeld in ’n forum saam met die polisie en Ansie Cilliers, buurtwagvoorsitter,” sê De Ridder. ) Lees ook Anton Esterhuyse se brief op bl. 4 van vandeesweek se uitgawe.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Building here illegal 29 JUNIE: Keesi-perdesportdag om 09:00. Rig navrae aan Marlize by 072-861-0283. 27 Julie: Die Vleisfees vind van 11:00 af op die Kuruman-skouterrein plaas. Rig navrae aan Gerda by 082-747-2332 of Carien by 083325-4826. 16 Augustus: ACVV op Daniëlskuil se Vrouedag om 18:00 by die Hoërskool Daniëlskuil. Susan Coetzer is die gaskunstenaar en stel haar nuwe boek, Smarties vir die Siel, bekend. ’n Ligte ete is by R100-kaartjie ingesluit. Rig navrae aan Suzette by 082-3519923 of Mara by 083-292-8951 of die ACVV-kantoor by 053-384-1554.
JUST over a year ago people started an illegal settlement between Kuruman and Mothibistad. To passers-by it seems as if the Ga-Segonyana Municipality has turned a blind eye towards this illegal overtaking of land. Vincent Ward said this land, if used and developed correctly by the municipality, could have resulted in an income for the municipality. “But now they have created an environment for people not to pay
for land, taxes, services and building deposits or payments,” said Ward. “The next thing these illegal residents will require, will be the necessary infrastructure and services because of the high health risk that normally concurs with this type of development.” Ward said the municipality was currently making the normal taxpayer suffer with higher and higher rates being imposed on them to cover their losses as a result of people who did not pay.
“The illegal building in this area without the stands being registered to the owner and no approved plans by the municipality is against the law. All the legal aspects and building regulations are thrown overboard in this case, but it is expected to be obeyed by the contractors and developers in town.” Ward asked how could a governing body ignore his own rules and regulations and expect others to obey them.
ABOVE and below right: Illegal building between Kuruman and Mothibistad.
“Mines are developing all around Kuruman and the whole town is suffering because no new developments can take place nor proper issuing of land for creating an income for the Ga-Segonyana Municipality. A municipality is only as good as its council,” said Ward. ) David Mabudi, spokesperson for the municipality, was contacted and he promised to comment on this issue as soon as he finished with an important meeting.
Photos: Vincent Ward
TWEEDE in bevel is Marlin Swart (links) en Provident Munyuki (regs) van Koos de Ridder (middel).
Foto: Annerie Louw
Dokter-kwessie ontlok kommentaar Annerie Louw DIE berig oor ná-ure-diens van die dokters op Kuruman het nog kommentaar ontlok. “Volgens wet is geen dokter eties en moreel verplig om 24 uur-bystand te verleen nie tensy binne ure of as jy as ’n nooddiens adverteer,” sê dr. Fritz Odendaal. “ ’n Dokter het die besluitneming en hy besluit op grond van sy kennis en die toerusting wat hy het. Anders mors hy ’n pasiënt in ’n kritieke toestand se tyd wanneer dit bokant sy vuurmaakplek is en hy nie die nodige toerusting het nie.” Indien ’n dokter by ’n noodgeval is, is dit ’n ander saak. Dan is dit die beste behandeling beskikbaar en moet hy help. “Ek gaan nie uit vir iemand wat ek nie ken nie, want ek het nie kennis van die persoon se agtergrond nie. Indien ek sou uitgaan, skep ek vir myself baie probleme.
“Voortspruitend uit my praktyk sal ek dit opvolg.” Odendaal meen sommige mense misbruik ná-uurse afsprake soos om medisyne te vra omdat hulle nie kan slaap nie. Ander wie se siekefonds uitgeput is, vat ’n kans om die dokter ná ure te probeer spreek. Volgens Odendaal is mense op die dorp nie lojaal teenoor een dokterspraktyk nie. Hulle het lêers by verskillende dokters – statistieke bewys dit. “Die groot probleem is ons het ’n provinsiale hospitaal op Kuruman en ’n nooddiens op Kathu. Die hospitaal se diens is nie op peil nie. Pasiënte kla hulle kry nie diens daar nie. Kathu se hospitaal, wat wel goeie diens lewer, vra ’n deposito met opname anders weier hy ook die diens. (Die hospitaal sal egter nie ’n ernstige geval weier nie.) Dan is daar die klinieke wat niks beteken nie. Waar ons bly, is ook ’n faktor. Die vlak van medi-
syne verskil. Ons het ook nie spesiale toerusting hier om byvoorbeeld ’n mens met ’n hartprobleem te help nie.” Duiwel Barnard voel anders oor die saak: “Hoekom kan die wit dokters nie hul pasiënte in die Kuruman-hospitaal help nie? Is dit dan nie die rede waarom die nuwe hospitaal gebou is nie – vir diens wat die ou hospitaal nie meer kon lewer nie? “Die Kathu-hospitaal is R5 000 per dag vooruit betaalbaar of geen toelating nie. Wat staan Jan Alleman te doen? Wat betref die veiligheid ná ure: Dit is te twyfel of elke oproep op die dorp gevaarlik kan wees. Wat dan van ambulansbestuurders, die polisie of ander nooddienste? Is hul lewe dan ook in gevaar? “Wat het dan geword van die etiese belofte wat dokters en verpleegsters aflê?” ) Sien Barnard se brief op die webblad by www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
3
Kerkbasaar word uitstappie Annerie Louw SATERDAG om 07:00 het ongeveer 30 lidmate van die NG kerk die Oog by die bus gereed gestaan vir die rit na Vanzylsrus se kerkbasaar. Die projek van ds. Christo Jonck om kleiner gemeentes in die omgewing te ondersteun is
nie net ’n edel motief om hul geldsake te verbeter nie, maar ook ’n geleentheid om lekker saam te verkeer. Ondanks die padverbouings en slegte pad is die ongeveer 170 km met die bestuursvernuf van Anton Freund voorspoedig afgelê. ’n Gesellige atmosfeer op die bus met die
vooruitsig van wild langs die Tswalu-wildreservaat se grensdraad het die pad korter gemaak. Die 106 lidmate van die NG kerk op Vanzylsrus het gewoeker om heerlike gebak, poeding, koek en pannekoek aan te bied. Die billikheid waarmee skaapvleis aangebied is, het dit vir die besoekers die moeite werd ge-
VAN links is, voor: Lientjie Jonck en Joubert Freund; agter: Anton Freund, Hesta Jonck, ds. Christo Jonck, Henk Whitehead, Christo Nel en Hester Nel. Foto: Annerie Louw
Afval glo nie kliniek s’n André Botha DIT is moeilik om te bepaal van waar die mediese afval kom wat in ’n veld agter die kliniek op Daniëlskuil gekry is. Mediese afval van die kliniek word elke Donderdag opgelaai en rekord word daarvan gehou. Daarby is babadoeke ook onder die afval wat gekry is. Klinieke van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gebruik nie babadoeke vir die behandeling van pasiënte nie, sê Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement. Dit dui daarop dat die afval nie van die kliniek kom nie.
Sy het bevestig die mediese afval is in ’n gebied van sowat 300 m by 300 m in die veld gekry toe die departement ná Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, se navrae hieroor ondersoek ingestel het. Dit sluit in leë medisynebottels, spuitnaalde, handskoene en babadoeke. Die ouderdom van die afval en die afwesigheid van etikette maak dit moeilik om te bepaal van waar dit kom. Die veld waarin die afval gekry is, word onwettig as stortingsterrein gebruik. Enigeen het toegang tot die terrein. Die departement sal voortgaan om die bestuur van afval met gesondheidsrisiko’s in die hele provinsie te monitor, het sy gesê.
Intussen het Karen de Kock, DA-woordvoerder, gesê die DA sal opnuut vrae oor die storting van mediese afval aan Mxolisa Sokatsha, LUR vir gesondheid, stel. Die afval wat nou op Daniëlskuil gekry is, kom kort nadat Sokatsha ontken het dat hy die wetgewer oor die verwydering van mediese afval op Kuruman mislei het. Hy het ook in sy begrotingsrede die versekering gegee dat alles wel is met die bestuur van mediese afval. Die DA beskou egter die versekering as verdoeseling. Getuienis hiervan is dat daar steeds mediese afval op terreine op Kuruman en nou Daniëlskuil gekry word.
maak. Heerlike sosaties was ’n hoogtepunt. Die aankope van die besoekers het bygedra tot die R187 000 wat die basaar opgelewer het. Tannie Anna Agenbag (84), ’n inwoner van die Mimosahof-ouetehuis op Kuruman, was een van die oudstes onder die besoekers wat saam in die bus gery het.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Reëls is om ’n rede daar HOU jy by die reëls van die samelewing of steur jy jou glad nie daaraan nie? Reëls in die samelewing of by jou werk is daar om ’n rede. Dit hou die massas in toom. Sonder reëls sal daar redelike chaos wees. Ongeag van waar jy jou bevind, reëls is onvermydelik en dit is deel van ons daaglikse lewe. Reëls is soos riglyne en dit help mense om te besef waar is die grense, wat is aanvaarbaar en wat is nie. In enige omstandighede moet daar reëls wees. Selfs in jou huishouding is daar reëls. Daar is ook reëls in jou sport wat jy beoefen. Of jy nou bewus is daarvan of nie, reëls is van groot waarde, persoonlik en op professionele gebied. Die eerste reël van die dag is seker jou wekker. Dit is ’n self-opgelegde reël en dit dwing jou om reg te maak vir die dag. En vir die res van die dag gaan jy nog baie reëls en regulasies teëkom. Het jy al probeer om ’n dag deur te gaan sonder om enige reëls te volg? Dit veroorsaak redelike cha-
os as jy dit doen. Dus, reëls is ’n baie belangrike deel van ons daaglikse lewe. Jou kind kan nie skool toe gaan wanneer dit hom/haar pas nie. Jy kan nie by die werk arriveer net wanneer jy lus het nie. Jou kind gaan uit die skool geskors word en jy gaan jou werk verloor as julle nie die reëls nakom nie. Ons bestuur ons motors aan die linkerkant van die pad terwyl ons die padreëls streng volg. Sou jy dit nie doen nie plaas jy jouself en ander motors in groot gevaar. Dink net hoeveel chaos en spanning daar op die paaie sal wees as almal net maak soos hulle wil. Daar is wel ’n gevoel by sommige mense dat reëls jou pret bederf en dat die nakoming van reëls alle kreatiwiteit, ondervinding en vaardighede belemmer. Die gevoel is ook dat jy dan soos ’n robot optree en nie soos ’n kreatiewe, besonderse mens nie. Of jy nou daarvan hou of nie, daar is reëls en jy gaan jou daarby moet hou.
Travel ancient paths Chris van Staden JER. 6:16: Thus says the Lord: “Stand by the roads and look; and ask for the eternal paths, where the good, old way is; then walk in it, and you will find rest for your souls.” But they said: “We’ll not walk in it.” A road is meant to be walked on. Not just to be admired and looked at. A road serves a purpose. It is supposed to take you somewhere. Our relationship with God is like a road well travelled. A road that is less travelled will get stones, bushes, grass and rocks in it that will make travelling dangerous or impossible. In our walk with God we sometimes pick up offences. We realise something is wrong, but it’s ok. I get around this obstacle in my relationship with God, I just don’t have to think about it. It’s not long and we realise that there are some people that don’t treat us well. Because we don’t forgive so easily there’s another obstacle on this road in our relationship with God. We struggle around it, but we carry on. Eventually something happens that brings us to a place of having the chance to grow better or become bitter. Bitterness will just add another stone on our road. The path is now littered with obstacles and problems. Our relationship becomes a religious ritual and having a relationship with God is work not pleasure. To maintain this ancient road to find rest for our souls we need the following: 1. Love – Love is an antidote for hate
and bitterness. Love keeps us tender and roots out all the roots of bitterness in our lives. Heb.12:15. Real Godly Love is the antidote for bitterness. It will destroy the roots of bitterness in our lives. 2. We need hope. Hope is this assurance that lives in us that God can and will change everything around us. Hope is that active ingredient that makes faith real. Hopelessness causes people to give up trying. It destroys life around us. Heb.11:1 encourages us to have hope. 3. We need faith. Faith is the result of an active hope. Faith produces the unseen to be seen. Faith pleases God and and it keeps us active in our relationship with God. 4. We need truth. It is Jesus. Jesus said in Joh.14:6: “I am the Truth, the Way and the Life.” Relationship with the Truth will root out all the lies. Don’t rely on things, gadgets and programmes to serve your relationship with God. They become substitutes. Try for one week to go without watching a religious programme or getting an SMS from someone. Rely on God and your relationship with Him to speak to you and to walk on this path of building your relationship with God. Deal with the bitterness. Embrace his love. Enjoy the well-travelled road in your relationship with Him.
DIE rooiduin by Vanzylsrus is selfs in die middel van die winter ’n mooi prentjie en het waardering van die besoekers uitgelok met hul besoek aan Vanzylsrus se kerkbasaar. Foto: Annerie Louw
Vriend sal in ons hart bly DADA-KINDERS, Kuruman: ONS het op 10 Junie ’n ware steunpilaar, ’n anker, ’n held en wonderlike vriend aan die dood afgestaan. Hy was ’n barmhartige man van sy woord wat uit sy pad vir ander sou gaan. Enige probleem of situasie het hy met soveel stilte gehanteer en wanneer dit afgehandel was, kon hy daaroor lag. Die ergste storm wat hom probeer platdruk het, het hy met soveel geloof in God stilgemaak. Ons sal hom onthou aan sy liefde vir gospel-musiek en die voetspore wat hy vir ons uitgetrap het. Sy kliënte kan maar gerus wees dat ons sy beloftes sal nakom en sy wense sal vervul en hulle met eer sal behandel. Sy heengaan sal nogtans ’n leemte laat. Baie dankie aan almal se ondersteuning in ons hartseertyd.
Dankbaar vir ondersteuning MAGRETH DADA, Kuruman: BAIE dankie aan dr. Renier Basson en sy vrou wat altyd daar vir
ons was. Al was dit laat in die aand het julle nie slegte omstandighede ontsien om ons te help nie. Julle het nooit vir die slegste toestand gewag nie. Wanneer ons in die spreekkamer ingestap het, het Dokter altyd die omstandighede beter as alles gehanteer. Daar was tye wanneer jy jou bed moes verlaat om my man vir ’n tweede mening in Bloemfontein te kry en dit was nooit in jou praat om te wag vir môre nie. Ek waardeer alles wat julle vir ons beteken het en om my man altyd so gemaklik moontlik te kon laat voel. Mag God se rykste seën oor julle heers sodat deure van sukses vir julle onophoudelik sal oopgaan. Ons waardeer julle baie en dra my dank met eer aan julle oor. (Magreth Dada is die eggenote van Dennis Mohammed Dada van Rekathusa wat op 16 Junie op Kuruman ter ruste gelê is.)
Opdok vir dié diens betaal ANTON ESTERHUYSE, Kuruman: EK wil ’n dankbare lansie vir Koos de Ridder en sy Mapogospan breek. Mapogo is ’n veiligheidsorganisasie wat die strate van Kuruman snags patrolleer om die inwoners teen
misdaad te beskerm. Woensdagoggend is my bakkie uit my erf gesteel. Die rowers het die slot en ketting by die hek afgeknip, die bakkie oop geforseer en by die hek uitgestoot. Om 05:00, op hul ronde, het die Mapogo-mense ’n voertuig – met die enjinkap oop – in verdagte omstandighede naby die Seodin-begraafplaas sien staan. Twee mans het probeer om die voertuig aan die gang te kry. Met konfrontasie deur Mapogo het hulle weggehardloop. Mapogo se mense het Koos de Ridder gebel. Hy het die registrasienommer afgeskryf en by die polisiekantoor het hulle vasgestel wie die eienaar is. Om 07:00 het speurder Barnes my gebel om te sê my bakkie is gesteel en staan by die begraafplaas. Was dit nie vir die oplettendheid van Mapogo se mense nie was ek die voertuig kwyt. Die maandelikse geld wat aan Mapogo betaal word, was in my geval oor en oor die moeite werd. Met hul patrollering het hulle al menige inbraak voorkom. Ek beveel hulle ten sterkste aan.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
Dié lirieke sinvol, sielvol Lizette Slabber SONDAGOGGEND vroeg terwyl die res van my gesin nog slaap, skakel ek die televisie aan en die eerste kanaal waarop ek is, wys Searching for Sugarman. Sedert dié Suid-Afrikaanse dokumentêre fliek ’n Oscar gewen het, wou ek dit bitter graag sien. Ek was van my varsity-dae af al mal oor Rodriques. Dié uitstekende verhaal van hoe twee Suid-Afrikaners hom in 1998 in Detroit opgespoor het en na SuidAfrika gebring het om in ses uitverkoopte konserte te sing het my klip-
hard op my sitkamerbank laat snik. In die fliek beweer hulle dat kunstenaars soos hy die Voëlvry-toer van Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis geïnspireer het. Volgens die dokumentêr het lede van die Voëlvry-toer ook aan sy eerste toer in Suid-Afrika deelgeneem. Ná die fliek het ek dadelik my stowwerige CD uit die kas gaan haal en heeldag op ’n nostalgiese Rodriques-reis gegaan. Ek het die goeie ou idealistiese dae onthou toe ’n mens nog gedink het jy kan die wêreld verander. Voordat kinders en huispaaiemen-
te ’n mens oud laat voel het. Daarna het ons die CD’s sommer uitgepak en Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis geluister en gepraat oor ons varsity-dae en hoe onverbeterlik góéd hul musiek was. Waar is daardie musikante vandag? Wanneer het Afrikaanse musiek so gekommersialiseerd geraak? Vandag, voel dit vir my, is die
aantal kere dat die woord baby in ’n refrein gebruik word ’n goeie aanduiding van die hoeveelheid geld wat vir die kunstenaar gaan inrol. Alles klink dieselfde . . . asof musikante voorsien word van ’n resep wat geld maak en almal moet volgens daardie musiekresep sing. Dis asof die musiekbedryf sy diepte verloor het en soos ’n worsstopper die een swak treffer ná die ander probeer uitspoeg sonder om die intelligensie-vlakke van mense in ag te neem. Cold Fact van Rodriques is in 1970 opgeneem. Ek is in 1975 gebore.
In 1994 het ek my Cold Fact-CD gekoop. Dus, 24 jaar nadat dit opgeneem is en ek 19 was. In 2013 het hy in ses uitverkoopte konserte in Suid-Afrika opgetree. Dus 43 jaar nadat Cold Fact opgeneem is. Gaan iemand oor 23 jaar nog na Lianie May en Ray Dillon se musiek luister? Of oor 43 jaar ’n konsert van MoniQue bywoon? ) Gaan sê jou sê by www.facebook/kbulletin.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Werner is streekwenner Annerie Louw WERNER LOUW is die Kalahari Bulletin se Spontaanwenner vanjaar. Die 24jarige Werner, ’n verkoopsklerk by Electric City, het nege maande gelede saam met sy ouers van Kimberley na Kuruman verhuis. Toe die lang, lenige rooikop verlede Donderdagmiddag op die Laerskool Kuruman se verhoog sy liedjie van Arno Jordaan sing, was daar waardering op die gesigte van die twee ervare beoordelaars, Elsa Strating en Lisma Botha, te sien. Werner sing reeds van kleins af koor en solo en sy ma en suster ondersteun hom in sy passie. Sy repertoire sluit ’n verskeidenheid van ligte klassieke liedjies van Josh Gro-
DIE naaswenner, Nicolette Segwai. ban, asook populêre liedjies en countryliedjies van onder andere Pat Green, in. Nicolette Segwai is as die naaswenner aangewys. Dit was die sesde jaar wat Kalahari Bulletin ’n streekwenner na die Spontaankompetisie stuur. Die wenner uit al die streekkoerante word op Saterdag 12 Julie op die Vryfees in Bloemfontein aangewys. Vorige
wenners was Elize (van Zyl) Oertel (2007), Meliça Vorster (2008), Ju-Aan van der Poll van Kathu (2009), Nicole Aucamp (2010), Helouise Gericke (2011) en Carien Oosthuizen van Upington (2012). ) Gaan luister op die webblad by www.kalaharibulletin.co.za na die video van die wenner en naaswenner van vanjaar se kompetisie.
DIE Kalahari Bulletin se wenner van Spontaan is Werner Louw.
Annerie Louw
Foto’s:
DIE beoordelaars is van links Lisma Botha en Elsa Strating.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Investigation leads to arrest
Smul aan seekos op Vryfees
Ilse Watson
POSTMASBURG recently experienced an escalation in the theft of solar panels. Businesses, mines and farmers were mostly the victims and solar panels worth millions of rands were stolen over a period of time. Detectives of the Postmasburg detective branch tried their best to find the thieves, but for a while didn’t have any luck. It was clear that a gang was behind the thefts. Through hard work and dedication, the detectives finally made positive identifications and arrested two men. The team, consisting of Capt. John Stapleton, branch commander at the Postmasburg detectives, and two colleagues, Det. Const. Thabiso Mosalanyane and Const. Thebogo Sekwe, extended their investigations into Gauteng. They searched dangerous areas such as Mabopane, Shoshanguwe and Tembisa. After two nights without sleep, two Zimbabwean nationals were arrested. The two suspects will appear in court soon.
Madelein Venter
FROM the left are Const. Thebogo Sekwe, Det. Const. Thabiso Mosalanyane and Det. Capt. John Stapleton of the Postmasburg Detective Branch. Photo: Supplied
SAPS operation a success THE South African Police Service (SAPS) in Kuruman, with the assistance of Public Order Police (POP) from Kimberley and the K9 Unit, held an operation during the early hours of Friday morning, 14 June. Two houses in the Kuruman CBD were searched and ten illegal immigrants were arrested for not having the proper residential permits, the SAPS said in a press release. A 37-year-old man was charged for selling liquor without a licence. Other suspects were charged with crimes ranging from attempted robbery, assault with intention to do grievous bodily harm and house-breaking and theft. The police have confiscated the following items: suspected stolen goods, alcohol and boxes of cigarettes. The operation was a success and police will continue with these type of operations to ensure that the community is safe and secure, according to the release. The police are requesting community members who have reported cases of house-breaking and theft to visit the police station to identify items. Proof of ownership and an identification document is required.
STOLEN goods at the Kuruman Police Station. Photos: Supplied
DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) plaas en een van die groot trekpleisters – De Vette Mossel – is ook weer terug. Dié outentieke seekosrestaurant bied ’n seekosbuffet met ’n volle agtgangmaaltyd, asook ’n à la carte-spyskaart. Voorafbesprekings is noodsaaklik vir die buffet en vir R250 kan jy aan die smullekker seekosgeregte en varsgebakte potbrood smul totdat jy trommeldik is. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees om die ergste koue te verdryf. Lewendige vermaak word deur Henning Joubert en Anton Botha verskaf. Joubert is ’n Bloemfonteinse kunstenaar wat al wye draaie in die musiekwêreld gestap het. Hy was een van die stigterslede van die Afrikaanse groep Beeskraal en kan ’n hele string instrumente bespeel. Hy het al saam met al wat ’n bekende kunstenaar in die land is, opgetree en werk nou aan ’n solo-album. Hy is ook in die Vryfees-produksie Fyngeslyp te sien. Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy
musiekvideo’s word gereeld op kykNET vertoon. Hy skryf die meeste van sy eie musiek en kan blitsvinnig ’n partytjie aan die gang kry. Kaartjies vir dié eetplek is by Spotted Apple beskikbaar. Skakel 051-447-1086 of stuur ’n e-pos na info@spottedapple.co.za om jou plek te bespreek of vir meer inligting.
HENNING JOUBERT vermaak besoekers aan De Vette Mossel op die Vryfees.
Kitaar bly gunsteling
COMMUNITY MEMBERS who have reported cases of house-breaking and theft can visit the Kuruman Police Station to identify items.
BOXES of cigarettes were found and is now at the Kuruman Police Station.
JY sal verskoon word as die naam Henning Joubert nie dadelik ’n klokkie lui nie. As jy egter na sy CV kyk, sal jy gou besef dié man het wel al jou pad gekruis. Daar is min instrumente wat dié 31-jarige Bloemfonteinse musikant nié kan bespeel nie. Voeg daarby ’n fantastiese stem en dan besef jy Henning is die hele pakket. Hy is op Klerksdorp gebore, maar is gek na Bloemfontein. “Ek’s mal oor die mense. Hulle is baie vriendelik en warm.” Hy het op skool sy buiging as konsertinaspeler gemaak en daarna aan die jazz-departement van die Tswane-universiteit vir Tegnologie gestudeer. Hy bespeel ook die kitaar, mandolien, baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekklavier. “My gunsteling bly egter die kitaar,” sê Henning. “Dit is so veelsydig, baie verskillende genres,
style en aanslae.” In 2001 het hy die Sakkielangarm-boereorkeskompetisie op kykNET gewen en die album wat hy daarna opgeneem het, is met ’n Sama-eerbewys vereer. Henning was een van die stigterslede van die Afrikaanse rockgroep Beeskraal en ook permanent lid van Dozi en Robbie Wessels se orkeste. “Ek sou baie graag saam met Coenie de Villiers, Vusi Masashela, Tony Cox en PJ Powers wou optree,” sê hy. Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland, Kanada en Indië opgetree. Hy is boonop ’n talentvolle liedjieskrywer en werk nou aan sy solo-album wat later vanjaar uitgereik sal word. Hy het die meeste van die liedjies op die album self geskryf. Vir meer inligting of besprekings, bel Spotted Apple by 079-504-3912 of 051-447-1086.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
9
DA reik uit na die ie jeug Annerie Louw DIE Demokratiese Alliansie (DA) het op Jeugdag na die jeug van Kuruman en Kathu en die onmiddellike omgewing uitgereik. Die kommunikasiebestuurder van die DA in die Noord-Kaap, Clivé Burger, sê die organiseerders het verseker dat daar sportgeleenthede en genoeg aktiwiteite vir die jeug is om by te woon. Op Kathu het Wyk 1 se raadslid, Gerrit Vos, saam met die raadslede Faith van den Heever en Johannes Kaars, sowel as Shiraaz Suliman, gemeenskapsoperasionele bestuurder vir die Kalahari-kiesafdeling, saam met die jeug die strate rondom ’n besige kettingwinkel skoongemaak. Op Heuningvlei het raadslid
Marcus Nlhapo ’n sokkertoernooi aangebied en op Seven Miles het die kiesafdelingsvoorsitter, Braam van der Westhuizen en Floors Byleveld, raadslid van Wyk 1: Ga-Segonyana-munisipaliteit, ’n rolstoel aan die 23-jarige Dimpho Dibe oorhandig. Dibe se rolstoel was stukkend en verslete. Haar ouma Betty Malgas het gesê sy is dankbaar teenoor die DA vir die mooi gebaar en gesê hy bewys daardeur hy maak nie net beloftes nie. Volgens Van der Westhuizen het ’n inwoner, Liesbeth Bagananeng, hom genader oor die moontlikheid om ’n rolstoel aan Dibe te skenk. “Ons is maar net te bly dat ons ook op só ’n wyse die lewe van iemand kon vergemaklik,” sê Van der Westhuizen.
JEUGDAG op Seven Miles saam met die DA.
Foto: Verskaf
Project completed
PIETIE ESTERHUIZEN cutting the red ribbon to officially open the switching station. From the left are Heyns van Rooyen, Ben Nel, Pietie Esterhuizen on behalf of the Gamagara Municipality, George Lockhart and Leon Redelinghuys.
KATHU is currently experiencing a housing need due to the development and expansion in and around the Sishen Mine. To address this need, the Sishen Mine has embarked on a housing development project, one of which is the phased development of the Phase 4 Lakhutshona Housing Development. The new 11kV Switching Sta- tion no. 2, with its supply cables, was commissioned to provide for the bulk electrical supply to this housing development. The Sishen Mine
appointed Heyns van Rooyen Consulting Electrical Engineers as the consultants on the project and ML Nkosi Electrical as the electrical contractors. The project was successfully completed within a very tight schedule of five months, and was completed at the end of May. This project had an impeccable safety performance without any LTIs reported. The completed project was handed over to the Gamagara Municipality to become part of the Gamagara electrical infrastructure on 30 May.
JUN E2 01 3
THE team representing the Sishen Mine, Heyns van Rooyen Consulting Electrical Engineers, ML Nkosi and TWP. Photos: Supplied
D.I.Y
Generator
WINTER WARMERS
RG-1200 • 1200W • Unleaded petrol • Built-in overload current protection • Compression ratio: 8:1 • Rated voltage: 230V • Recoil pull start
Industrial Impact Drill
0601217190/GSB13RE • 600W, 13mm Chuck • Variable & reversible action • Drilling capacity: - Wood: 25mm, - Steel: 10mm - Masonry: 15mm
39999
20-32240 • Safety lock-off switch • 40cm Oregon chain bar • 2200W ball bearing motor
89999
Solar Panel Light Kit • Consists of 5W solar panel with cable, 12V 4AH battery kit, 2 x 3W LED bulbs, 2 x 5m cable with bulb holder, on/off switch, connection pin & user manual
Industrial Angle Grinder 0601376260/GWS 5-115 • 580W, 115mm Disc • Spindle lock for quick & easy disc changes
599
• 2 Lights
each
FSPKL2
• 4 Lights - FSPKL4...
99
VISIT US TODAY!
3 Seodin Avenue, Kuruman
CS-3635 • 355mm Bar length • 36cc • 2 Stroke • Petrol
Masonite Hollowcore Interior Door
Infrared Radiant Gas Heater
ONLY 99 59999 999
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
599999 99999
Switches Off Gas at Control Switch
TM
THE NAME YOU CAN TRUST
OR
RG-6900 • 5.5KVA • 4 Stroke, air cooled
Petrol Chainsaw
Electric Chainsaw
Blower Vacuum 20-12800 • Vacuuming or blowing • Mulching ratio 10:1 • 2800W
199999
Generator
GH310S • Fits all 9Kg industrial cylinders • Switches off at gas flow control valve • Safety sensor with flame protection
HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges
14999
699
99
TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 25 June - 07 July 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
1 Year Guarantee
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
FABRI-ANN VAN ROOYEN lyk dalk onhandig met ’n bofbalkolf, maar sy kán ’n kolhou slaan.
GIDEON NEL probeer hard om die bal sekuur terug te slaan.
LEYELLEN LODEWYK kyk die bal agterna nadat hy ’n gróót bofbalhou ingekry het.
Byeenkoms groot pret
“DÍT is hoe ’n mens hande in die lug vir ’n netbalbal wag.” Daniel Ferreira wys Kyla Swiegers hoe ’n mens op die netbalbaan oorgehaal moet wees vir enige aksie wat kan plaasvind.
DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) se LSK-klub het in die tweede kwartaal weer ’n baie geslaagde byeenkoms aangebied. Leerlinge het die dag met Bybelstudie met die tema ’n Hond blaf begin. Hulle het geleer dat ’n Christen nie iets of iemand anders kan wees as hy of sy ’n Christen is nie. Dus moet alles wat jy doen aan die standaard van ’n Christen gemeet kan word. Ná die Bybelstudie het die leerlinge lekker saam gekuier. Seuns en meisies is in vlugbal-, bofbal-, sokker-, rugby- en netbalspanne verdeel en dié gemengde spanne het groot pret en plesier op die sportvelde gebied.
WHITNEY FARMER (links) en Haylen Boer geniet dié wedstryd terdeë.
JADEN BOBANIE konsentreer kliphard om dié bal nes Lionel Messi ver te skop. Foto’s: Verskaf
DIE wenspan met hul Smartie-medaljes. Dié medaljes proe lekkerder as enige goue medalje.
IS dit netbal of sokker? Dit lyk dalk soos ’n chaos, maar dié netbal-sokker-wedstryd was groot pret.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
SYDNEY NTILI (LED practitioner, Sishen Mine) handing over a lap desk to Seatlholo and Kegomoditswe Mokgotu. Photos: Supplied
LEFT: The gr. 2 learners of the Lareng Primary School sing hymns after they received their lap desks from the Sishen Mine.
Lap desks precious gift THE Sishen Mine donated 450 lap desks to various primary schools in the John Taolo Gaetsewe District. The first hand-over was at the Lareng Primary School in the Seodin Village outside Kuruman. Sishen Mine LED (Local Economic Development) practitioner, Sydney Ntili, was greeted with an overwhelming response of joy by learners at the school when he arrived to hand over the desks on behalf of the Sishen Mine. Keamogetse Klink, a gr. 2 learner at the Maikaelelo Primary School, said she was happy because she would now be able to write properly. According to the deputy principal at the Maikaelelo Primary School, K.G. Kotoloa-
‘The school truly appreciates the effort and gift from the Sishen Mine.’ – K.G. Kotoloane, deputy principal at Maikaelelo Primary School ne, the school has a severe shortage of desks for learners. “The school truly appreciates the effort and gift from the Sishen Mine. We want to say thank you very much for your support,” she said. Other schools that also received the lap desks are the Vlakfontein Primary School,
AB Koloane Primary School, Boitshireletso Primary School, Gamasego Primary School and Manyeding Primary School. Ntili says that the Sishen Mine saw a need at these schools and that the mine was happy to help the Department of Education by donating the much-needed lap desks.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
MARELIE KEULER by die rangskikking van loof wat sy moes beoordeel. Foto’s: Verskaf
Wenke oor klerekas uitgeruil Petro Spangenberg DIE leefstylvergadering van die Vroue-Landbouvereniging (VLV) van Kuruman het gespruit uit ’n praatjie op die VLV-kongres op Hartenbos verlede jaar. Die saamroeper, Marinda Stander, het uit haar klerekas 20 noodsaaklike klere-artikels vertoon en gewys op moontlike kombinasies. Die afwisseling met bykomstighede is beklemtoon en al die moets en moenies van byvoorbeeld spanbroeke is bespreek. Gehekelde krae en kralewerk wat bo-op ’n ou bloes vasgewerk word, verleen vroulikheid en is hoogmode. Sy het ook gewys hoe jy dagdrag kan verander om van die kantoor af reguit na ’n aandgeselligheid te gaan. ’n Kompetisie wat baie
MARINDA STANDER vertoon ’n hele uitrusting uit tobacco cloth.
ANNATJIE WALKER vertoon haar gekleurde kaasdoeklangbroek.
aandag gekry het, was die handvlytkompetisie waar lede ’n lampskerm moes maak uit ’n draadsnippermandjie wat jy met lint, materiaal en krale versier. Die kreatiewe skeppingsvermoë van die vroue is verder gestimuleer deur ’n uitdaging aan almal om iets te maak uit mutton cloth, ’n goedkoop soort kaasdoek wat ’n mens in hardewarewinkels koop. Die uitdaging het die mense kreatief gemaak. Marelie Keuler en Bessie Kriek moes soos gewoonlik bontstaan om al die blomme-inskrywings te beoordeel en Bessie is op die vergadering gelukgewens met haar verjaardag en bedank vir haar jare lange betrokkenheid en leiding om van Kuruman se VLV-tak die grootste een in die Kalahari-sirkel te maak.
’n Kompetisie wat baie aandag ontvang het, was die handvlytkompetisie waar lede ’n lampskerm moes maak uit ’n draadsnippermandjie wat jy met lint, materiaal en krale versier.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
13
Britz-egpaar groet Annerie Louw RIAAN BRITZ, prinsipaal en bestuurder van die ERA-Kurumanstreek, en sy eggenote, Julie Britz, administratiewe bestuurder van die ERA-Kurumanstreek, verlaat die Kalahari einde Oktober om hulle aan die Weskus te gaan vestig. Op 1 September 2007 het die Britz-gesin van Bloemfontein af verhuis om die ERA-eiendommekantoor op Kuruman te open. Die afgelope ses jaar het die kantoor gegroei tot die toonaangewende besigheid wat dit vandag is, nie net in die streek nie, maar ook gemeet aan ander ERA-kantore landwyd. Hulle was gou deel van die gemeenskap en Riaan het onder meer in die besigheidskamer se bestuur gedien, sowel as die Kurumanskoukomitee. Riaan se artikels oor die eiendomsmark is gereeld in die Kalahari Bulletin geplaas. In die tydperk was hulle ook baie betrokke in die gemeenskap met die borg en organiseer van geleenthede. Die ERA-Kurumanstreek het, onder hul leiding, vele pryse ontvang. In al vier die afdelings waarvoor ERA Suid-Afrika erkenning gee, naamlik residensiële verkope, landbou-verkope, verhurings en administrasie. Van die nasionale eerbewyse die afgelope tyd was: ) Verhuringskantoor van die jaar. ) Administrateur van die jaar. ) Rookie-agent van die jaar. ) Landbou-agent van die jaar. ) Residensiële verkope: Top Office-prys.
Wen kompetisie DIE wenner van die kompetisie van Gloria-onderdele is Hercul Aspeling (regs). Hy het ’n gereedskapstel met sy aankope gewen. Langs hom is die eienaar, Alette Hofmeyer. Die volgende kompetisie begin op 1 Julie.
Foto: Solomon Jacobs
RIAAN EN JULIE BRITZ. Riaan skryf die sukses wat in die kort tyd bereik is toe aan goeie opleiding, gemeenskapsbetrokkenheid en puik diens deur toegewyde agente. Op die oomblik word Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Postmasburg, Olifantshoek en Dibeng deur 15 personeellede bedien. “Vir ons was Kuruman en sy ge-
Foto: Verskaf
meenskap net goed. Ons het wonderlike vriende hier gemaak en die Kalahari en sy mense sal ons altyd na aan die hart lê,” sê Riaan. Hul seun, Ruan, en sy vrou, Jo-anne, bly hier agter en Riaan en Julie sê hulle sal beslis van tyd tot tyd hier kom inloer. “En die Weskus . . . wel dit is ’n nuwe ervaring met sy eie besonderse uitdagings.”
‘Skelm amptenare moet uit’ DIE burgerregte-organisasie AfriForum het ’n amptelike versoek aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Richard Baloyi, gerig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. In hierdie aansoek vra AfriForum vir die rekords van alle munisipale amptenare in Suid-Afrika wat weens wangedrag afgedank is en wat bedank het voordat die dissiplinêre prosesse afgehandel is. Die Wet op Munisipale Stelsels bepaal dat geen mens wat vir
sekere finansiële misdrywe, bedrog en korrupsie afgedank is, vir ’n tydperk van tien jaar by enige munisipaliteit mag werk nie. “Ons wil nie skelm amptenare in munisipaliteite hê nie, aangesien dit dienslewering regstreeks benadeel. Ons wil weet wie hierdie mense is. Indien hulle in ’n munisipaliteit dien wat ’n AfriForum-tak het, sal ons hulle laat verwyder,” sê Ivan Herselman, bestuurder van gemeenskapsportefeuljes by AfriForum. Die departement het 30 dae om
die rekords beskikbaar te stel of die redes vir hul weiering te verskaf. “In die lig van die minister van justisie, Jeff Radebe, se onlangse aanmoediging om korrupte staatsamptenare se name openbaar te maak glo ons dat minister Baloyi nie sal beswaar maak teen die beskikbaarstelling van hierdie inligting nie,” het Herselman gesê. Diegene wat hulle by hul plaaslike AfriForum-tak wil aansluit, kan hul dorp se naam na 31336 SMS. SMS’e kos 50 sent.
Gaan kyk na die Kalahari Bulletin se profiel op Facebook
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Tannie Ria oorlede
Jonges bederf pa’s DIE jeuggroep van die Lutherse kerk in Wrenchville, Kuruman, het ’n Vadersdag-ete vir die pa’s van die gemeente by die kerk bedien om só hierdie jaar se Vadersdag spesiaal te maak.
Annerie Louw PA’S van die Lutherse kerk wat bederf is, is van links Bertus Eiman (hoofouderling), Brandon van Wyk, Eschel Witbooi, Isak Eiman, Albertus Gertse, Dirkie Bok, Marthinus Mouton (ouderling) en Riaan Malgas. Foto: Verskaf
Landwye deelname wag DIE Laerskool Kuruman se koor het verlede Donderdag in Kimberley aan die provinsiale uitdunronde van die Suid-Afrikaanse Skoolkoor-eisteddfod deelgeneem. ’n Eerste plek met die lied Alleluia is behaal en ’n derde plek met Koei Calypso. Volgens die
DIE Laerskool Kuruman se koor.
woordvoerder, Yvonne Venter, was die kompetisie straf. “Die eerste plek met Alleluia het die koor ’n plek gegee in die nasionale kompetisie in die Rhema-kerk in Randburg op 2 Julie,” sê sy. Die dirigent is Meldine Mackriel en die koor is deur Francois Clark begelei.
Foto: Verskaf
TANNIE RIA SCHNETLER (85) is Saterdagoggend in haar kamer in die Mimosahof-ouetehuis oorlede. Sy sal onthou word vir haar groot liefde vir diere. Ronel de Bruyn, voorsitter van Dieresorg op Kuruman, sê tannie Ria was baie jare ’n getroue lid van die DBV in Port Elizabeth. Groot was die DSV Kuruman/Kathu se geluk toe sy hierheen verhuis het. Sy het haar liefdestaak onder die diere hier met groot ywer kom voortsit. “Wanneer daar gewerk moes word, was sy heel voor in die ry. Geen moeite of laat aande en lang ure tydens geldinsamelingsprojekte was ooit te veel gevra nie, ongeag haar ouderdom. “Sy het elke hond en kat op sy of haar naam gegroet en drukkies uitgedeel,” sê De Bruyn. Klaas Anthonie, die opsigter, het ook altyd sy spesiale pakkie eetgoed gekry, want “hy kyk so mooi na die ou diertjies”. Daar is ook elke winter toegesien dat elke hond ’n warm jassie het vir die koue nagte en sy was stiptelik elke middag daar om dit vir hulle te help aantrek. Die besighede sal haar onthou as die tannie wat weekliks die DSV se blikkies nagegaan en omgeruil het. Sy het almal aangemoedig om tog hul kleingeld daarin te gooi, want “ons ou diertjies het elke sent so nodig”. In 2011 het tannie Ria met ’n seer hart afskeid geneem van die werk by die DSV. Die dorp het te besig geraak. Die DSV het haar egter steeds op die hoogte gehou van wat gebeur. Haar vriende by Dieresorg sal haar mis, maar mooi herinneringe aan haar sal bly voortleef.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
MIS TE KOOP: Kuruman Skouterrein. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievrag. Skakel Albie 083 440 1355.
Develop your business! Services Seta funded training for registered SMMES and CO-OPS. Reguest your application form by sending your CIPC Document and ID copy to: info@cbacademy.co.za or Fax 086 558 2692 closing 1 July 2013 for enquiry call Marianna at 051 447 5882
SALON FINESSE I thank my Heavenly Father for all the clients he gave me throughout the years. May you all be blessed. LOVE, JUDY.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
BUL-HONDJIES TE KOOP 1 teef en 2 reuns teen R3 500 elk. Skakel 082 098 7101
NISSAN SENTRA 16v, twin cam, 1996. Photo available via sms. R23 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285 GEBOU TE HUUR: Industriële area. Skakel Johan 082 572 9995.
KURUMAN MOTOR OF BAKKIE GESOEK vir kontant. Skakel Muriel 082 068 0929.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292.
ISUZU 250: 1995. Long base. Photo available via SMS. R32 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. ISUZU 250: 1997. Long base. 2 available. R39 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.
MANY DOUBLE CABS available. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
FORD GRANADA 2.0: 1980. Radio, towbar, good condition. R11 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
TE HUUR Woonstel 2 slaapkamers. R6 000
Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Enkelmotorhuis R9 900 – R11 000
VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
BELONING! Enige van my gesteelde goedere. Kia-motorsleutels - waarborg goeie beloning. ID-boekie. Lisensie en enige ander artikels wat aan my behoort, sal elk 'n goeie beloning in kontant kry. Handig in by polisiestasie, Kuruman, of skakel 073 451 8384.
HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.
KURUMAN: 3 slk, 2 badk, ingeboude kaste, 2 sitkamers, eetk, kombuis. Verkieslik kontrakteurs. Skakel 078 477 7392.
Huise 3 slaapkamers 2 badkamers R12 100 – 15 000 4 slaapkamers 2 badkamers Swembad 3 motorhuise R16 500 Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123 078 513 6570
OOP RUIMTE TE HUUR: Langs haarsalon. Geskik vir skoonheid- of gekwalifiseerde naeltegnikus. Skakel Maronell 082 491 5595. STORAGE AVAILABLE 3 x 800 m² or 1 x 2 500 m². Please contact me for further details. 053 723 4659.
Veritas Eiendomme
Rita's
Eiendomme Properties
Te koop: Kuruman 4 slk, 2 badk, baie ruim klinkerhuis, dubbelgarage. R1 250 000. Kleinhoewe 1,813 m² R870 000
2 WOONSTELLE in Bechuanastraat, Kuruman. 2 slk, 1 badkamer, oopplan kombuis/sitkamer, asook 2 lugreëlaars. Onderdak- parkering. Koopkrag en ongemeubileerd. R5 500 p.m. Skakel Hans Kruger 053 712 1064/5/6. EEN-SLAAPKAMER- gemeubileerde woonstel beskikbaar vanaf 1 Julie. Eie tuin, toesluitafdak, veilige, stil kompleks, Koopkrag, water uitgesluit. R5 500 p.m. Ettian 082 882 4943. NETJIESE WOONSTELLE te huur. Groepe ook welkom. Ten volle gemeubileer, veilige sluit- parkering. Kombuise, sitkamers, DStv. Dubbel: R10 000 Enkel: R7 500 Eenman: R5 000 Skakel 084 517 0481.
GOEIE 4-SLAAPKAMERHUIS te koop. 2 badk, dubbelgarage. Duvenhagestraat 1. R1 650 000. Skakel 084 517 0481.
15
3 slk, 2 badk, baie groot oopplan, dubbelgarage. R1 340 000. 3-slk-enkelgeriewe-huis. R930 000 Te koop: Kathu 3-slk-/2-badk-meenthuis met dubbelgarage. R1 440 000. 3-slk-/3-badk-meenthuis. Huurkontrak van R170 000 kan oorgeneem word. R1 550 000.
Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za
TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 313 - 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, TV-kamer met Jaccuzi, dubbelm/h. R1 350 000. 318 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sitkam er, dubbelm/h, nuwe uitbreiding. R1 550 000. 319 - 3 slk, 2 badk, sitkamer, eetkamer, kombuis, swembad, dubbelm/h. R930 000. Grond vir ontwikkeling beskikbaar. R3 400 000. (Skakel Elize) TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 H84 - 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, enkelm/h. R11 000 p.m. H104 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sit/eetkam-er, TV-kamer. R9 900 p.m. Nog baie meer beskikbaar! Dringend op soek na erwe en huise om te verkoop. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomme .co.za
Skakel ons gerus vir enige eiendomsbehoeftes.
‘Ons help graag’.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
BENODIG INSLAAPHUISHULP. Salaris R3 000. Verwysings van vorige werk 'n vereiste. Skakel 071 361 2527.
de boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf Datum:28 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skuld te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 11de dag van Junie 2013.
KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460 8460
S.G. du Plooy
First Rand Bank/ TD Mangate/ME Mangate
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Susara Gertruida du Plooy en nagelate gade Johannes Jurie Antonie du Plooy, met wie sy binne gemeenskap van goedere getroud was, in lewe woonagtig op die plaas Kammaskroon, Kurumandistrik, Kuruman. Boedelnommer 1319/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 28 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
Volle Naam:Boedel Wyle
Cornelia Johanna Daffue. Adres: Plaas Geluk Danielskuil,8405
Boedelnommer: 1429/2013
Geboortedatum: 11/10/1950
Identiteitsnommer: 5010110001082 Volle name en van van nagelate gade:
EngelBertus Leonardus Daffue Geboortedatum: 27/06/1950
Datum oorlede: 4 Mei
2013 Skuldeisers van bogenoem-
NOTICE OF SALE IN EXECUTION IMMOVABLE PROPERY
In the High Court of South Africa, Northern Cape High Court, Kimberley Case number: 1379/2008 In the matter between: FIRST RAND BANK LIMITED (formerly known as FIRST NATIONAL BANK OF SOUTHERN AFRICA LIMITED) Plaintiff and THABELO DICKSON MANGATE 1st Defendant and MPONTHSHANG EUNICE MANGATE 2nd Defendant A sale in execution of the under-mentioned property is to be held without reserve at SHERRIF'S OFFICE, 46 SCHOOL STREET, KURUMAN on THURSDAY 8 AUGUST 2013 at 10:00. Full conditions of sale can be inspected at The Sherrif's Office, Kuruman, 46 Skool Street, Kuruman, and will also be read out by the Sheriff prior to the sale in execution. The Execution Creditor, Sheriff and/or Plaintiff's Attorneys do not give any warranties with regard to the description and/or improvements. PROPERTY: ERF 3901 (Portion of Erf 3897) Kuruman Situated in the GaSegonyana Municipality Province of the Northern Cape MEASURING: 323 square metres Known as 29B Bosman Street, Kuruman. IMPROVEMENTS: Lounge, dining-room, kitchen, 2 bedrooms, bathroom, shower, toilet, carport. HACK STUPEL & ROSS REF: GP 9269 C/O VAN DER WALL & PARTNERS Attorney for Plaintiff
Van De Wall Building Southerystreet, Kimberley REF: HONIBALL/LB/B007580 Tel. 053 830 2900.
AANDAG
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
Anri puik in 3 sportsoorte ANRI VAN ROOYEN (17) van die Hoërskool Kalahari is gekies as die Kalahari Bulletin se Supersport Let’s Play-sportster van die maand vir haar uitstekende prestasies in hokkie, tennis en atletiek. Anri is ’n uitmuntende hokkie- en tennisspeler. Sy het in 2012 vir die NoordKaapse o.16-hokkiespan gespeel en is weer vir die Noord-Kaapse o.18-hokkiespan gekies. Anri is ook in 2012 vir die Noord-Kaapse tennisspan gekies, maar kon nie die toernooie bywoon nie, omdat sy reeds vir die Noord-Kaapse hokkiespan gekies was. Sy speel ook vir Kalahari se eerste tennisspan. In 2012 en 2013 is sy in die Noord-Kaapse atletiekspan ingesluit en het sy aan die 800 m en 1 500 m deelgeneem. In 2012 is sy ook vir die Noord-Kaapse tweekampspan gekies. Voordat Anri en haar gesin Noord-Kaap toe verhuis het, was sy van 2006 tot 2011 lid van KwaZulu-Natal se atletiekspan. Anri se leuse is: Doen gewone dinge op ’n buitegewone manier. Stuur jou SuperSport Let’s Play-sportsterbenoeming vir leerlinge tussen 6 en 18 oud so gou moontlik in (benoemings wat voor die 20ste van elke maand ontvang word, sal ingesluit word in daardie maand se keuse). Benoemings kan per e-pos na supersport@zpr.co.za gestuur word, of gefaks word na 086-552-4922. Vir meer inligting kontak Lynne Landmann by Z PR, 051-430-3027.
VAN links is, voor: Elmarie Teessen en Leemé Janse van Rensburg; agter: Simoné Nickel, Heidi-Jane de Wee, Ray-Ann Snyders, Elso-Maré van Wyk, Mariandré Wiliams en Beaumieze Ndhlovu. Foto: Verskaf
Span weer beste in NK DIE o.16-netbalspan van die Hoërskool Upington is as die beste in die Noord-Kaap aangewys. Dié span het verlede Donderdag die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool NoordKaap se netbalspanne gewen om dié gesogte
ANRI VAN ROOYEN in aksie op die hokkieveld. Foto: Verskaf
titel te verower. Hulle dring nou na die nasionale kampioenskapsbyeenkoms van 2 tot 4 Augustus in Boksburg deur. Dié span was in 2012 ook die beste o.15-netbalspan in die Noord-Kaap.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
23
Monique presteer MONIQUE LUDIKE, lid van die Griekwaland-Wesse karatespan, het onlangs op die Suid-Afrikaanse karatekampioenskapsbyeenkoms in die Standard Bank-arena in Johannesburg meegeding en uitsonderlik gepresteer. Sy het ’n bronsmedalje in die kumite (vrygeveg-afdeling) verower. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat sy die prestasie behaal. Monique (14) is ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Daniëlskuil. Sy neem die afgelope vier jaar karatelesse by sensei Richard Daneel. Monique hou van aksiesport en neem ook aan hokkie deel.
Event helps entrepreneurs Lynn-Mari Olivier TRIOPLUS DEVELOPMENT recently hosted a SMME Buzz, which was funded by the Kumba Iron Ore Sishen Mine. TrioPlus holds a buzz event yearly, but each year the topic differs. This year the goal of the buzz was to link local opportunities with the communities. Existing businesses looking for local suppliers of goods and services and prospective entrepreneurs venturing into the market and who want to start their own business, were amongst the attendees of the buzz event. Ideas were sourced by business developers of TrioPlus Development by researching the specific opportunities in the area, and designing a business toolkit. This toolkit contained information on the advisory role of TrioPlus Development in assisting SMMEs and the funding procedure of the Anglo American Zimele Community fund for entrepreneurs and new business ideas and opportunities in the market, to broaden the business vision of local entrepreneurs. The buzz event was held at three venues: Joe Morolong, Gamagara and Ga-Segonyana. The feedback was positive and people were inspired to take the opportunities and start new businesses. TrioPlus Development, a training and business mentoring company, is situated in 77 Main Street, Kuruman.
’n VERSKEIDENHEID soesji-happies.
Foto: Lynn-Mari Olivier
Soesji lekker én gesond Lynn-Mari Olivier
DIE woord soesji is genoeg om baie mense die vlaktes te laat inhardloop, maar vir sommige is die eetgoed ’n heerlike lekkerny. Soesji is verder nie net heerlik nie, maar ook baie gesond. Navorsers beweer dat dié eetgoed die rede vir die Japanese se goeie gesondheid is. Dié nasie is minder geneig om aan hartkwale te ly en die eetgewoonte beskerm ook hul longe teen longkanker. Volgens www.dailymail.co.uk is soesji om verskeie redes gesond. Hier volg ’n paar interessante feite oor al die bestanddele waarvan soesji gemaak word: Die rou vis waarmee dit gemaak word, bevat baie omega 3-vette en dit beskerm die hart
teen siektes en bevorder ook sirkulasie. Die rys is ’n goeie bron van energie en voorsien die liggaam van proteïen. Wasabi is die groen pasta waarmee die soesji geëet word. Die groen pasta maak blykbaar die palet skoon en sommige navorsers beweer ’n bestanddeel van die pasta kan tandbederf help voorkom. Hulle het ook bevind dat wasabi kanker en bloedklonte kan voorkom, sou dit gereeld geeet word. Die Japanese se wasabi is soortgelyk aan ons Engelse mosterd. Die bamboesvelletjies wat deel van die soesji vorm, is ryk aan jodium, wat noodsaaklik is vir ’n gesonde tiroïdeklier. Dit bevat ook yster en magnesium. Gemmer is geen vreemde spesery nie en
speel ’n belangrike rol in die smaak van soesji. Die spesery is wyd bekend vir sy terapeutiese uitwerking. Daar word ook beweer dat dié spesery beskerming bied teen respiratoriese siektes en dat dit tandpyn kan verlig. Sojasous word gemaak van gefermenteerde sojabone en word baie deur die Japanese gebruik. Dit het ’n baie hoë soutinhoud en moet liefs deur mense met ’n hoë bloeddruk vermy word. Daar word egter beweer dat sojasous beskerming bied teen kanker, kardiovaskulêre siektes en selfs osteoporose. Heroorweeg dalk jou besluit om nooit jou lippe aan dié koue, rou gereg te sit nie. Jy mag dalk net verras word deur die smaak en gesondheidsvoordele.
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Finsch Diamond Mine is located in the town of Lime Acres, which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Projects Coordinator Contracts Expansion Projects
Applications are invited from suitably qualified applicants to coordinate project activities to ensure optimum establishment for the recovery of Diamond Bearing Ore according to production targets. Tasks and responsibilities: • Allocate and organise the availability of resources, including consumable and raw materials • Collaborate with the relevant stakeholder regarding technical issues to ensure effective integration with existing application of technology • Provide project status updates and analyse impact on overall portfolio (eg timelines, budget, resources and delays) • Develop and manage the implementation of the quality plan to ensure that the technical content and cost are within the scope of work • Direct, prepare and evaluate the technical aspects of procurement according to the project scope and organisational procedures • Identify deviations or non-conformance, and plan and implement corrective actions to ensure attainment of production plan • Manage construction and commissioning activities according to the project plan and/or requirements, organisational standards and procedures. Minimum requirements: • A Grade 12 • A Blasting Certificate for Scheduled Mines with 5 years’ experience as a Miner • 5 years’ experience within a trackless development environment • 5 years’ experience as a Shift Boss at an underground mine • A valid Code EB driver’s licence • Good verbal and written communication skills in English. A good understanding of project tracking at an underground mine will be an advantage, as will a Mine Overseer’s Certificate Other skills/competencies: • The ability to work in a multidisciplinary, cross-functional team environment • The ability to work with all levels of management and technical staff • A team player with a teamwork approach to performance • Good time management skills • A sound understanding of project management in relation to timeframes, dependencies and critical paths • Good analytical and problem-solving skills • Proficiency in relevant projects software and planning tools • The ability to remain focused and productive in a high-pressure environment. (Ref. FINSCH078) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward this, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442 before or on 5 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful.
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Process Controller: Sinter Mamatwan Mine
Ref. 759588 In this role, you will be expected to monitor and control the safe and efficient execution of processing activities at the Sinter and DMS plants. You will perform supervisory functions and maintain production records for plant and equipment, oversee a metallurgical plant, transfer, crush and dewater material, as well as monitor and control waste storage (among other functions). Apply today with a Grade 12, 3 years’ experience in a mining or similar environment and valid Code EB driver’s licence. An Ore Preparation Certificate and experience in the mining or smelting industry will be advantageous. Good interpersonal, problem-solving and decision-making skills are fundamental for success. You will be expected to pass a preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 5 July 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 100043
www.humanjobs.co.za
Human Communications 100053
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013
DIE twee spanne tydens ’n skrum. Foto’s: Annerie Louw
Kurumanspan wen oortuigend Annerie Louw SATERDAGMIDDAG terwyl die Springbokke Samoa se span op Loftus Versfeld ore aangesit het, het die Kuruman-dorpspan hier op Kuruman se rugbyveld dieselfde met Kimberley-Polisie gedoen deur hom met 50-5 te klop. Die spanbestuurder, Wynand Payne, sê Kuruman se span het baie mooi gespeel. Met rustyd was die Kurumanspan voor met 25-5 en daarna het Polisie se span nie weer die geleentheid gekry om punte aan te teken nie. Polisie het een drie gedruk en Kuruman agt. Divan Strauss het drie van die drieë gedruk, Frans Ludick twee, Martinius Erasmus een en Herman van Niekerk twee. Die losskakel Nico van der Westhuizen het vyf uit die agt skoppe deur die pale gesit. Die Kurumanspanne speel eerskomende Saterdag om 14:00 teen Postmasburg en op 6 Julie om 16:00 teen Upington. Albei wedstryde sal op Kuruman plaasvind. Vir meer inligting bel Wynana by 082-772-4394.
NICO VAN DER WESTHUIZEN, losskakel van die Kurumanspan, in aksie.