Kuruman bulletin 28 aug 2013

Page 1

Kuruman

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

29 AUGUSTUS 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Nuus

Skole

Sport

Wild verdwyn uit kamp

Laerskool Kuruman presteer in krieket

Man van Kuruman ’n ware kragman

bl. 2

bl. 15

bl. 24

Grafte loop steeds deur Instandhoudingswerk glo ook nie gedoen Joanie Bergh DIE omstredenheid oor die ou begraafplaas op Kuruman woed voort. Weekliks word grafte gevandaliseer en kopstukke omgegooi. Dít terwyl gerugte van satanistiese bedrywighede toeneem en die karkas van ’n hond wat lewend verbrand is, onlangs tussen die grafte gevind is. Daarbenewens lyk dit asof geen instandhoudingswerk in die begraafplaas gedoen word nie en die ingangshekke is al geruime tyd stukkend. Ooggetuies sê motorfietse jaag gereeld tussen die grafte rond. “In minder as ’n jaar moes ek die kopstuk van my sussie se graf al nege keer regmaak,” sê ’n ontstelde Hein Möller. “Dít gaan nou die tiende keer wees.” Möller se oorlede suster, Lizelle, was net vier maande oud toe sy in 1976 weens natuurlike oorsake dood is. En haar graf is een van vele grafte wat gereeld onder vandale deurloop. Ook die grafte van Möller se oorlede pa en broer wat weerskante van sy suster se graf geleë is, loop gereeld deur. “Ek glo satanisme kan wel ’n invloed hê, maar by sekere grafte is die bakkies stukkend gegooi. Dit is niksseggend. Sataniste oefen rituele tussen die grafte uit, hulle gooi nie blompotte stukkend nie,” sê Möller. Gerugte doen tdie ronde dit is skoolkinders van Kuruman se plaaslike skole wat vir die vandalisme verantwoordelik is. Die voetspore op die grond rondom talle grafte wat nie groter as ’n nommer-agtskoen is nie, bevestig dit. Möller en sy werkers het al by die 34 grafte self

munisipaliteit, skryf die toestand van die begraafplaas regstreeks aan die nuut aangestelde gemeenskapsdiensbestuurder van die munisipaliteit toe. “Sy het die mannekrag om die toestand te verbeter, maar sy slaan nie op die klagtes van die publiek ag nie,” sê hy. “Dit plaas ons in ’n baie moeilike posisie. Sy moet produksie verbeter, maar sy gee net nie om nie.” Intussen sê David Mabudi, munisipale woordvoerder, die Ga-Segonyana–munisipaliteit doen alles moontlik om die begraafplaas in stand te hou, maar dat dit nie sy verantwoordelikheid is om die vandale te beheer nie. Wat die munisipaliteit wel beoog om te doen, sê hy, is om die hekke rondom die begraafplaas binnekort te vervang. “Ons doen ’n beroep op die gemeenskap: Dit is ’n plek waar honderde mense se geliefdes ter ruste gelê is. Asseblief, stop enige vandalisme en toon respek.”

Hier ook ou grafte HEIN MÖLLER by van die grafte waarvan die kopstukke afgeskop is. reggemaak. “Ek sien nie baie mense hierheen kom nie. Die plek is verlate. Maar om die grafte so stukkend te sien lê is verskriklik. Dit is waar mense se geliefdes lê.” Volgens hom is van die grafte se marmerblaaie te swaar om net om te skop en dat dit net deur sowat sewe mense opgetel kan word.

Foto: Joanie Bergh

“Dit is groepe kinders wat hierheen kom en skoor soek.” Dít terwyl die skade duisende rande vir familielede beloop. “Is ons toekoms grafte wat met palasade-heinings omring is?” vra Möller. Floors Byleveld, DA–raadslid van die Ga–Segonyana–

DIE Kuruman–begraafplaas het grafte van mense wat destyds in die bomongeluk van 1924 op Kuruman dood is. William Brand, ’n inwoner van Kuruman sedert 1946, se oorlede vrou se graf het ook onder vandale deurgeloop. Kalahari Bulletin het onlangs daaroor berig. Gaan lees dit op ons webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Wildkamp se toekoms duister Charné Kemp DIE voortbestaan van die Billy Duvenhagewildkamp, sy wild en plantegroei lyk duister nadat inwoners ontdek het dat die noordelike heining verwyder en die wild weg is. Beskermde kameeldoringbome word ook vir brandhout afgesaag. Dit kom nadat die Ga-Segonyana-munisipaliteit, aan wie die kamp behoort, die park glo op ’n onbehoorlike wyse wou deproklameer en deur die provinsiale departement van omgewingsake aangespreek is. Die park grens aan die Bankara Bodulongwoonbuurt. Nico Erasmus, plaaslike Afriforum-voorsitter, sê die wildkamp “is in sy m**r in”. “Daar is niks oor nie. Ons kry nie diere nie. Die kameelperde is ook weg. Die metaal- en houtpale is afgesny. Die kaal stamme van die bome staan oral in die veld. Die wild is waarskynlik oor die afgelope weke deur inwoners gevat en moontlik geslag.” Daar is geen munisipale beheer oor die wildkamp nie. Angie Fotheringham, ’n omgewingskonsultant, sê in ’n brief aan die departement van omgewingsake die reservaat is 1 610 ha groot. Sy glo die gebiede langs die kamp word nie reg bestuur nie. “Die boumateriaal vir die grensdraad is in 2010 deur die munisipaliteit en die nasionale departement van omgewingsake voorsien. Nou is die alles verwyder, en die wild raak

INWONERS wat die naweek in die Billy Duvenhage-wildkamp gery het, het geen wild langs die grensdrade gesien wat afgesny is nie. Bome is ook afgekap. Foto: Verskaf weg. “Daar is nou perde, donkies en allerhande vee binne die park. Die beskermde kameeldoringbome word nou vir hout afgesaag. “Toe inwoners die naweek ondersoek ingestel het, het nóg die polisie, nóg die munisipaliteit opgetree.” Die munisipaliteit het onlangs gepoog om die park op ’n onwettige wyse te deproklameer. “Ek het voorstelle waarin ’n groot residensiële ontwikkeling vir die wildkamp en aangrensende gebiede beplan word. Die insluiting van die beskermde wildkamp in die planne wys dat die plaaslike rade dié enorme ontwikkeling steun.” Fotheringham het ’n beroep op die departement gedoen om op te tree en die wild en plantegroei in die wildkamp te beskerm.

Mandla Ndzilli, departementele woordvoerder, sê hulle gaan vandeesweek ondersoek instel. David Mabudi, die munisipale woordvoerder, het by inwoners gepleit om nie die heining te steel en diere te verwyder nie. “Ons keur dit ten sterkste af. Ons pleit dat mense hulle van die onwettige bedrywighede weerhou. “Die raad het nie geld vir wagte nie. Ek wag vir ’n verslag oor hoeveel diere en kleintjies oor is. “Die residensiële ontwikkeling wat die wildkamp glo insluit, is net bespiegeling.”

DIE Ga Segonyana-munisipaliteit weet nie meer hoeveel wild in die Billy Duvenhage-wildkamp oor is nadat die gemeenskap die drade afgesny het nie. Foto: Charné Kemp


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Soettand se droom DIE Kuruman-skou se skoonheidsfinaliste het ’n liefdadigheids-oggendteeparty aangebied. Die Junior Skoukoningin-finaliste, die Skoukoningin-finaliste en die finaliste vir Mej. Kuruman bied elke jaar die teeparty aan en dit was vanjaar weer ’n reuse-sukses. Die tema was Candy Land en die finaliste moes die tema op hul tafels, asook uitnodigings, uitbeeld. Elke finalis moes uitnodigings maak en verkoop aan die gaste wat op die teeparty aan haar tafel gesit het. Die geld wat met die verkoop van die kaartjies ingesamel is, is aan onder meer die Mimosahof-tehuis vir bejaardes geskenk. Die tafels het pragtig gelyk en elke volwassene het weer soos ’n kind gevoel toe hulle met ’n oorvloed lekkernye bederf is. Alle kleurskemas denkbaar is gebruik om die tafels mee te verfraai en die meisies het moeite daarmee gedoen om hul gaste welkom te laat voel en seker te maak dat daar genoeg soetighede is om aan te peusel. Plaaslike musikante het musiek gemaak en het die gaste op hul voete gehad. Die sangers gaan ook deel van die gemeenskapsangoptrede op Saterdag 7 September op die Kuruman-skouterrein wees.

DIE tafels het allerlei lekker dinge vir die gaste gehad.

DIE gaskunstenaars van Kuruman wat opgetree het, is van links Quintus Thorpe, Christina Joubert en Magdeleen du Preez.

DIE wen-uitnodiging wat deur ’n finalis gemaak is.

3

DIE komiteelede is van links, voor: Lizette Hauman (skou, kroningsorganiseerder), Marietha van Zyl (kosstalletjies), Kobus Kampfer (voorsitter), Elize Kampfer (tesourie) en Anna– Marie Rabie (nywerheidstalletjies); agter: Marnus Byleveld (4x4-kompetisie-organiseerder en bemarking), Vonnie Visagie (gaskunstenaars en kindervermaak), Karen Byleveld (terreinopsigter), Floors Byleveld (terreinopsigter) en Johan Raath (skoleverteenwoordiger). Inlas: Nicolize Roodt (borge).

Skoukomitee vuur en vlam VANJAAR se skoukomitee bestaan uit lede van die Kuruman-gemeenskap en is voorwaar ’n voortreflike span. Elke komiteelid is verantwoordelik vir ’n gedeelte van die beplanning van die jaarlikse Kuruman-skou. Die komiteelede is vrywilligers en staan van hul tyd af sodat die skou elke jaar seepglad verloop. Geen komiteelid word betaal nie en tog sien hulle kans om elke jaar tyd te bestee aan beplanning, die werwing van borge, voorbereiding van die terrein en laataandvergaderings. En vir elke lid is dit wonderlik om te sien dat alles uitwerk hoe

nader dit aan die skoudatum kom. Die komitee bedank almal wat die skou elke jaar ondersteun. Hulle word genooi om vanjaar van 5 tot 7 September weer

lekker op die skouterrein saam te kuier. Die komitee sal altyd sigbaar wees op die skouterrein in T-hemde geborg deur sakeondernemings van Kuruman.

Die skou is ’n niewinsgewinde instansie en wins word tussen die instandhouding van die terrein, liefdadigheidsinstansies en mede-organiseerders verdeel.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Daar is lewe ná kanker “MOET nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Nie jou gesondheid nie en ook nie die gesondheid van jou kinders nie. Kanker kan jou lewe in ’n oogwink verander.” Dit was die woorde van Jana du Plessis (van Bloemfontein) toe sy onlangs op ’n Kansa-oggendteeparty gepraat het. As ’n mens na kanker-oorlewendes se stories luister, gebeur daar ’n paar dinge met jou. ’n Mens besef maar net weer hoe jy alles as vanselfsprekend aanvaar en jy word deur hul woorde tot in jou tone toe geruk. Jy besef ook dat jy uiters ondankbaar kan wees met tye en sommer net kla oor nonsens. Hoe maklik doen ons dit nie om net deur die lewe te gaan en te dink alles is goed en wel en niks kan skeefloop nie? Al het ’n mens dalk finansiële probleme of huweliksprobleme, niemand dink regtig daaraan dat kanker die lewe drasties gaan verander nie. Want kanker bekruip jou stilstil.

Dit tref jou wanneer jy dit die minste verwag. En elke kanker-oorlewende wat praat oor sy ervaring vertel dat hulle dit nooit sou oorleef het sonder die hulp en ondersteuning van vriende en familie nie. Maar belangrikste van alles, hulle sou dit nooit oorleef het sonder God in hul lewe nie. Daar is hoop. Daar is lewe ná kanker. Met ’n sprankel in die oog en ’n groot glimlag op hul gesig vertel hulle vir jou om nooit moed op te gee nie. Dit is sekerlik ’n boodskap wat ’n mens kan onthou in enige moeilike situasie waarmee jy sit. Positiewe denke is nog ’n aspek van hul gesprekke. Wat jy dink, is wat jy glo. Makliker gesê as gedaan, veral as jy in ’n groot krisissituasie is. Maar dit is belangrik om positief te wees en te bly. ’n Positiewe gesindheid het al menigmale moeilike situasies makliker gemaak. En onthou: Daar is altyd hoop. En die genade van Bo.

God wil oral gedien word Schalk Theart DAAR is ’n mylpaal wat bereik moet word. Die een of ander tyd gaan die lint gebreek word. Dít is wanneer die laaste wedloop voltooi is. Dan sal alles onder een naam verenig word: Christus. Die profeet Sagaria sien iets hiervan raak. In 520 v.C. lê die tempel en die stad Jerusalem in puin. Die volk Israel is in ballingskap weggevoer. Die jakkalse speel saans tussen die bouvalle. Die Persiese koning het toestemming gegee dat die stad en tempel herbou kan word. Niks is so aansienlik soos Salomo se tempel nie. Dit wat herbou word, word ook vir die Here gedoen. Op die tulband van die priester moet staan: Heilig aan die Here. Sagaria sien iets besonders raak. Hy bring ’n boodskap bloot deur Sy naam. Hoor hoe het hy al gesê: “Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees sê die Here van die

leërskare.” Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Hy sien Jesus Jerusalem binnery op ’n donkie. Hy sien die wonde aan sy Heiland se hande. Die Herder word geslaan en Sy skape verstooi. Die dag sal aanbreek dat elke duimbreedte van die hele aarde aan die Here gewy sal wees. Hy sê verder: “Selfs die potte in die huis van die Here sal soos die offerkomme by die altaar wees.” Dit is die Woord van God: Dat elke mens, elke plek, elke taak, elke dier – alles op die aarde aan God behoort. God wil oral geken, gedien, vereer en geprys word. Jesus het ’n bloedspoor oor die hele aarde kom trap. ) Ds. Schalk Theart is ’n leraar aan die NG kerk op Daniëlskuil.

Kalahari se trots DIE trots van die Kalahari bly maar die pragtige eland. Die foto is by Dithaba Lodge geneem.

Foto: Vincent Ward

Opvoeding van publiek nodig MARIUS VAN DER MERWE, Kathu: EK kan nie meer saamstem met Theuns Coetzee in die Kalahari Bulletin van 15 Augustus nie. Ek bly nou twee jaar op Kathu en kan weekliks sien hoe die dorp agteruitgaan. Ek neem kennis van Coetzee se siening dat die inwoners moet betrokke raak, maar ek sien dit in ’n effens ander lig as hy. Dit is goed om ’n voorbeeld te stel deur skoonmaaksessies te reël en so aan, maar die permanente oplossing is om rommelstrooiery te stop eerder as om elke keer maar weer skoon te maak. ’n Munisipale amptenaar het voorheen in een van die koerante genoem dat die probleem by die publiek lê wat rommel strooi. Hy het egter nie gesê wat die munisipaliteit se strategie rondom die opvoeding van die publiek in hierdie verband is nie. Daar is byvoorbeeld geen advertensies in hierdie verband op die dorp te be-

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Kosbare tyd snel vinnig verby Lizette Slabber DIT was met skok dat ek besef het dit is al die 33ste koerant vir 2013 wat uitgereik word. Dit beteken slegs 17 koerante is vir die jaar oor, wat natuurlik ook beteken dit is net 17 weke tot Kersfees. Waarheen het 2013 verdwyn? Die een oomblik het ons nog met die uitslae van die 2012-matriekeksamen gestoei en die volgende oomblik is die opening van die Kalahari Mall net ’n maand weg. Ek onthou nog goed die opgewondenheid oor die sonparke en die vraag oor watter inkopiesentrum eerste klaar sou wees. Vroeër vanjaar was ons seker die Kgalagadi Mall gaan eerste oopmaak en nou ry ons

daagliks verby die Kalahari Mall en sien hoe die werkers al verf. Toe ek jonger was, het dit vir my gevoel asof elke jaar só stadig verbygaan. Ek het eens trots vertel ek is al sewe en ’n half; nou wil ek my kinders styf vashou om te keer dat hulle langer, groter en ouer word. Daagliks stel ek ’n lysie op van al die dinge wat ek die dag móét doen. Bel my suster, koop vitamiene, gaan ’n naweek weg, bederf my ma . . . en

speur nie. Die SAPD behoort ook hier ’n rol te speel, want soos ek dit het, is rommelstrooiery onwettig. Groot myngroepe soos Anglo American, ARM en BHP Billiton belê groot bedrae geld op Kathu vir werknemerbehuising en ek glo die rede waarom water- en elektrisiteitvoorsiening nog goed is, is toe te skryf aan die insette van Anglo American (Kumba). Hierdie mynhuise moet egter hul invloed gebruik om te verseker dat die Gamagara-munisipaliteit belastinggeld in belang van die dorp bestee, ook in terme van die skoonhou van die dorp. Waar is ons politieke partye en belastingbetalersvereniging? Dit is organisasies wat saam met die bekommerde inwoners die munisipaliteit op

die werklikheid is week ná week gaan verby waar ’n mens eerder werkdinge as hartsdinge doen. Die jaar het nog net 17 weke oor en die hartseer is dat daar selfs nog minder tyd gaan wees vir die lekker en belangrike dinge in die lewe. Want dié tyd van die jaar neem alles in spoed toe. Ons versnel ons pas en voordat ons ons oë uitvee, tel ons die minute na 2014 toe af. Ek smag na meer ure in ’n dag, meer tyd saam met geliefdes, minder jaag na geleenthede; veral na meer tyd vir stil wees, koffie drink op die stoep, laat slaap en om sommer net saam met die kinders op ’n bank te sit en na ’n komedie kyk.

hul tone moet hou. ’n Ander baie groot probleem op Kathu is die verkeer. Waar is Kathu se verkeersbeamptes? Ek het in my twee jaar as inwoner nog nie een keer ’n verkeersbeampte ’n boete sien uitskryf nie of selfs net gesien nie! Die verkeer is chaoties. Elke Maandag is daar minder verkeerstekens en straatligte op Kathu. As ons gelukkig is, verwyder die munisipaliteit die beskadigde artikels ná ’n baie lang tyd, maar ek het nog weinig gesien wat herstel of vervang is. Hoe bestee die munisipaliteit sy geld? Miskien is dit tyd dat die begroting en besteding in die plaaslike koerante gepubliseer word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Gemeenskap se hulp dra gesin Ilse Watson KLEIN Jean-Pierre de Villiers is met ’n gesplete verhemelte en lip gebore en is ook met Golden Har-sindroom gediagnoseer. Hy is slegs een van sewe kinders in Suid-Afrika wat met dié sindroom gediagnoseer is. Hy is ook met net een oor gebore. “Ek en twee ander vriende het besluit om in Julie 2014 Kilimandjaro te gaan uitklim om geld vir die Smile Foundation in te samel. “Daar is baie mense wat nie die nodige geld het om ’n gesplete verhemelte te herstel nie. “Ons wil met die projek R250 000 insamel en dit vir die Smile Foundation gee sodat ons ander kan help,” vertel Jean-Pierre se pa, Pierre de Villiers. Op vyf maande oud het Jean-Pierre sy eerste operasie gehad om die gesplete verhemelte en lip te herstel en twee maande later het hy nog ’n operasie ondergaan. “Ons het wel ’n siekefonds gehad, maar daar was soveel uitgawes waarby ons nie kon uitkom nie. ’n Barmhartige Samari-

taan (ons weet tot vandag toe nie wie dit was nie) het die ekstra geld betaal en iemand anders het ook vir ons ’n bykomende voertuig gegee. Jean-Pierre het só baie longinfeksies ná die operasies ontwikkel en iemand van Kuruman het ons huis se dak geïsoleer. Dit het baie gehelp,” vertel de Villiers. “Sonder die ondersteuning van familielede, vriende en sulke ongelooflike mense wat op jou pad kom, sal ’n mens nooit so iets kan oorleef nie. Ons het ook altyd geglo dat God sal voorsien wanneer dit nodig is en dat Hy ons deur die moeilike tye sal dra.” Om geld in te samel gaan ons binnekort op die Kuruman-skou ’n boereworsstalletjie hê. Ons beplan ook om lootjies te verkoop waartydens baie oulike pryse gewen kan word. “My dogtertjie, Jané, se gr. 3-klassie van die Laerskool Kathu het gehelp om plakkate te maak sodat ons ons stalletjie op die skou daarmee kan verfraai,” vervolg De Villiers. “Ons is ’n baie hegte gesin en ons het mekaar deur die moeilike tye gedra en ons sal aanhou om dit te doen. Sonder die ondersteuning van my vrou en kinders sou ek nie die Kilimandjaro-projek kon aanpak nie.” Hulle beplan ook ’n uithouwedren vir motorfietse en ander viertrekvoertuie. Hulle wil ook graag betrokke raak by die opkomende Kumba-fietsrydag wat op 21 September plaasvind. Verskeie ander mini-projekte word ook nog beplan. Enigiemand wat betrokke wil raak by die besondere projek kan De Villiers by 078-793-1684 bel of e-pos stuur aan pwb.devilliers@gmail.com of Ilse Watson by 079-831-5579 bel of e-pos aan haar stuur by ilse.watson@volksblad.com.

PIERRE DE VILLIERS saam met sy seuntjie, Jean-Pierre.

Foto: Ilse Watson

DIE amptelike logo vir die Kilimandjaro-ekspedisie wat vir 2014 beplan word. Foto: Verskaf

’n PRAGTIGE plakkaat wat deur Jané, sussie van Jean-Pierre, en haar gr. 3-klasmaats van die Laerskool Kathu gemaak is. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

9

Oorwinnaars se lewe gevier KANSA op Upington bied vanjaar weer ’n Oorwinnaarsteeparty op die Kalahari-kuierfees aan. Die geselligheid vind vanjaar op Donderdag 26 September om 10:00 in die Meerkatgat plaas. Kansa en die kuierfees wil graag alle kankeroorwinaars nooi om op dié geselligheid oorwinnaars te vereer. Hannes van Wyk gaan as die gasspreker optree en Nadia Louw as sanger. Nooi mede-oorwinnaars saam en kom geniet die oggend saam met Kansa. Antwoord by Joey van der Merwe by Kansa by 054-332-4937. Toegang is gratis.

VANJAAR is Hannes van Wyk die gasspreker op Kansa se Oorwinnaarsteeparty wat op Donderdag 26 September op die Kalahari-kuierfees plaasvind. Foto: Verskaf

Kry kaartjies vir skatersnaakse komedie DIE enigste teaterproduksie wat vanjaar op die Kalahari-kuierfees gaan wys, is Titaniek, ’n skreeusnaakse komedie met Jodie Abrahams en Christo Davids van 7de Laan. Dit gaan oor Boetie Durrie wat moet bewys sy groot-oupagrootjie was op die RMS Titanic voordat hy sy erfporsie kan kry. Die kaartjies vir dié vertoning, Tjif en Tjaf, Sarie Kos en die ander vertonings kan van Maandag 2 September af by die feeskantoor gekoop word. Foto: Liza van Deventer

Kuierfees gaan kook HERMAN LENSING en Barbara Joubert van Sarie Kos tree twee keer op die Kalahari-kuierfees op. Foto: Verskaf

HERMAN LENSING, oudUpingtonner en kosredakteur van Sarie Kos, gaan weer vanjaar die Kalahari-kuierfees met sy kosdemonstrasies opvrolik. Hy en Barbara Joubert, redakteur van Sarie Kos, gaan op Vrydag 27 September om 14:00 en op Saterdag 28 September om 12:00 optree.

Hulle het spesiaal vir die 21ste bestaansjaar van die Kalahari-kuierfees op ’n vars benadering tot “onthou-kos” gefokus. Vanjaar tree hulle in die Meerkatgat op. Kaartjies kos R150 wat die Eiland-dagkaartjie insluit. Kaartjies sal van Maandag 2 September af by die feeskan-

toor beskikbaar wees. Rig verdere navrae aan die feeskantoor by 054-332-1100 of besoek die kuierfees se webwerf by www.kuierfees.co.za. Maak ook gerus ’n draai op die kuierfees se Facebookblad. Kaartjies sal ook by die Meerkatgat se ingang beskikbaar wees.

FREE LOCAL DELIVERY Handling fee applies to bricks and cement.

Enquire in-store for details.

QUALITY BUILDING MATERIALS, PAINT, TOOLS AND HARDWARE

PAINT

TILING

PAINT ACCESSORIES

DURAM WALL & CEILING

DURAM FLEXIWALL

Various 5 Litres

Various 5 Litres

184.95

167.95

SKU: Various FROM

Q IN ONE

SKU: Various FROM

20 Litres

20 Litres

SKU: Various FROM

SKU: Various FROM

599.95

642.95

Drip Oil • 100ml

DURAM FLEXIKOTE

FREE MEMBRANE

SKU: 301866

Q20

Q10

Multipurpose Lubricant 300g

Penetrating Fluid 150g

51.95

31.95

Various Colours 5 Litres + Free Membrane SKU: Various

SKU: 301865

133.95

MARULA MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

SKU: 301864

51.95

SKU: 301731 Price per m 2

MARULA BROWN

69.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2 SKU: 301732 Price per m 2

BATH SUITES

LADDERS

69.95 MOPANE MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

6 PIECE BATH SUITE White with Plastic Cistern SKU: Various

1 313.70

A-FRAME LADDER

COMPRISING OF:

SKU

UNIT PRICE

SKU: 302438

Bath 1,7 (With Handles)

5250

Cistern Plastic Ecolux

5328

P- Pan LL Rapido

5370

Courier Basin

5392

Pedestal Full

5344

Toilet Seat Contract Elf 82

592101

SKU: 301726 Price per m 2

6 Step • 1,8m

MOPANE PEACH

569.95 186.95 118.95

599.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

EXTENSION LADDER

188.95 208.95

3m - 6m

69.95

SKU: 301730 Price per m 2

SKU: 302432

1 429.95

39.95

SKU: 628253

TYLON GROUT 5kg • White 5kg • Dove Grey

SKU: 628560

PREPAID HOME ACCOUNT

4728

VALID ONLY IN SOUTH AFRICA

RSA • WK09 • 190x260 VALID UNTIL SUNDAY 22 SEPTEMBER 2013

PLEASE NOTE THAT SELECTED PRODUCTS MAY NOT BE AVAILABLE IN ALL STORES, OR COULD DIFFER SLIGHTLY FROM PRODUCT IMAGE SHOWN.

201

E & O E. ALL PRICES INCLUDE 14% VAT

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

TYLON TILE ADHESIVE 5kg

SKU: 628552

www.cashbuild.co.za • 0861 CASHBUILD (227 428 453)

69.95

5kg • Light Grey

26.95 20kg • WB9

SKU: 628205

39.95

SKU: 628566

47.95 59988 REDWORKS


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Toneelaand groot sukses Lizette Slabber

DIE Hoërskool Duineveld het op 23 Augustus ’n ATKV-toneelaand aangebied. Dié aand is aangebied met die samewerking van die ATKV-jeugtak van Duineveld en die ATKV-Rooiduintak op Upington. Dié toneelaand het die jaar se uitstekende prestasie op die Namakwaland-toneelfees op Springbok, die Logan-toneelfees op Fraserburg en die

ATKV-tienertoneelkompetisie in Bloemfontein ten toon gestel met die opvoering van die bekroonde toneelproduksies Pille en Die Fynproewer. Dié twee produksies het die gehoor in vervoering gehad met die gehalte van die toneelspel, beligting, dekor en verhooggrimering. Tussen die opvoering van die twee produksies het die dramagroep van Duineveld ook gewys waarom hy so goed in die kykNET-toneelkompetisie, op die Klawer-kunstefees en op

die Calvinia-eisteddfod gevaar het. Floris Thirion, Joline Human, Coerath Claassens, Lucinda Deacon, ’n mimiekgroep, en Chrisna Opperman het die gehoor met ’n groot verskeidenheid individuele nommers vermaak. Een van die hoogtepunte van die aand was beslis ’n duet van Coenrath en sy oupa, Dave Möller. Coenrath het die kitaar en sy oupa die trekklavier bespeel.

MARITÉ DU PLESSIS (links) vertolk die rol van Anja en Annemie Myburgh die rol van Martie in Pille. Foto’s: Lizette Slabber

DAWIE VAN HEERDEN speel die rol van Herman en Erina Kruger is sy sekretaresse, Vanessa.

DIE grimerig op Dawie van Heerden se gesig verander hom gemaklik in ’n middeljarige man, perfek vir die rol wat hy in Pille vertolk. Die karakters se grimering is deur Olga Malan gedoen wat verantwoordelik is vir die teks, regie en afrigting van die kinders.

JOLINE HUMAN speel die rol van Madelein en Franco Harmse die rol van Janus wat enigiets sal doen om as rugbyspeler te presteer.

BRENDAN VAN ZYL speel die rol van ’n gas in ’n restaurant wat met alles fout vind en ’n geheime agenda het. Hier bestel hy ’n bottel wyn by Nadine van Zyl wat die rol van die wynkelner vertolk.

IN Die fynproewer speel Leoné du Preez die rol van die kelner en Zandri du Plessis is die hoofdame.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

11

Rooi Koos se boskaas ’n aardige gesig DAAD by die woord. Rooi Koos van Vanrhynsdorp was so ’n man. Dit wat hy sê, sal hy doen. Nie dat sy voornemens altyd goed deurdag was nie. Hy kon soms op die ingewing van die oomblik ’n besluit neem wat hom duur te staan kan kom, maar as hy sy woord vir jou gegee het, hou hy daarby, buig of bars. Vroeg in 1900 vier Rooi Koos sy mondigwording. Nou weet ons nie of dit hyself is wat gepraat het en of dit die mampoer was nie, maar die aand spring hy op ’n tafel en kondig luidkeels aan: “Rooi Koos belowe nou vanaand vir julle daar sal nie ’n skeermes of ’n sker op my baard

of hare kom voordat al die verdomde Engelse nie uit die land geboender is nie!” Rooi Koos is ’n man van sy woord. Hy het nooit vergeet wat hy daai aand die volk in sy dronkenskap belowe het nie. Niemand het dit ooit nodig geag om hom aan sy voorneme te herinner nie, want hulle het aan sy voorkoms gesien hy bedoel wat hy sê. Netheid was nou nie iets wat hoë prioriteit in die Boerekommando’s was nie omdat daar

in die stryd om oorlewing nie nog tyd en energie was om daaraan aandag te gee nie. As jy nou nog van die pruim-en-snuif-tipe was, nou ja, en jy neem jou nog voor om baard en snor na willekeur te laat stoel, was dit maar ’n aardige gesig. Het Rooi Koos dan nooit aan die vryersnooiens gedink nie? Wie sal nou vir so ’n woeste baard, snor en boskasie kans sien as jy nou in die maanskyn wil handjies vashou en nog proppers vry ook? Rooi Koos was te manhaftig vir sulke vryerspraatjies. Hy was ’n man vir die manne. En tussen die manne kon hy grootpraat en kordaat wees. Die stryd teen die Kakies het voortgeduur en

DIÉ gemsbokke is by die Dithaba Lodge afgeneem. Stuur jou mooi foto’s vir publikasie na joanie.bergh@volksblad.com.

“eiland”. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902) in die vorm skiir-yland. Die Nederlands is gevorm na analogie van Latyn paeninsula, ’n samestelling van paene “byna” en insula “eiland”, vandaar Engels peninsula. V SKIEREILAND

V Koerant

Stuk land wat byna deur water omring is en net met ’n smal gedeelte aan ’n vasteland verbind is. Uit Nederlandse schiereiland (1852), ’n samestelling van schier “byna” en eiland

Ook soms krant (verouderend, meer Nederlands). Gedrukte publikasie bestaande uit los, i nmekaar gevoude bladsye wat daagliks of weekliks uitgereik word waarin hoofsaak-

Foto: Vincent Ward

lik nuusberigte, maar daarnaas ook kommentaar op politieke en ander gebeurtenisse, artikels, rubrieke, advertensies, kennisgewings, foto’s, briewe van lesers, ensomeer, oor aktuele sake verskyn. Die eerste koerant is courante novellen genoem, dit wil sê “hardlopende nuwighede”. Later is dit tot koerant afgekort.

hy was een van die veldkornette in genl. De La Rey se kommando. Rooi Koos was elke dag op sy pos. Die rooistofwarrelwinde van die knersvlakte saam met snuifstof en bruin pruimsop het die boskasie na iets verskrikliks laat lyk. Saans as Rooi Koos effens onder die invloed vroeg in die tent aan die slaap raak, het sy kamerade hom letterlik geroskam met ’n staalborsel. Soggens kla Rooi Koos sy baard voel so skrynerig en sy kop voel of hy in ’n houtklamp was. So was Rooi Koos skuins voor sononder op wagdiens om die Engelse spioene uit te oorlê. Met sy grys Arabierperd, Kolbie, hou hy homself skuiling aan die onderpunt van die Bokveldsberg. Die Boere het hoogop teen die berg kamp opgeslaan met ’n goeie uitsig oor die knersvlaktes. So bang soos wat ’n Engelsman kan wees, kom een fluit–fluit die een dag al pratende met homself in een van die rivierlopies op. Hy probeer homself oortuig hoe hy die Boere gaan uitoorlê. Die Kakie se uniform was twee nommers te groot en sy staalhelmet het laag in sy nek gehang. Rooi Koos het sy skimmel op ’n galop getrek en met sy middelvinger die Kakie so agter sy nek gehaak en die perd op ’n galop gehou tot by generaal Koos se tent. Daar het hy hom gelos en die generaal beveel om die Kakie te verhoor. Verslae, wit geskrik en rooi van die stof het die soldaat op ’n veldstoeltjie gaan sit. Nadat een van die kapteins die klag van hoogverraad voorgelees het, het die krygsgevangene sy hand opgesteek en gevra: “General, I know I am a prisoner of war and I know I have not any rights in this country, but please can I ask you one thing: What caught me?”


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Buys wil graag verskil maak FANIE BUYS, streekorganiseerder van Helpende Hand in die Noordwes, wil graag die takke in die Noord-Kaap versterk. In die Noord-Kaap is die enigste tak op Kuruman en Buys glo daar is derhalwe groot groeigeleentheid. Waar is jy gebore? Ek het aan die Wes-Rand in Gauteng grootgeword en aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp gematrikuleer. Hoe lank bly jy nou al in hierdie streek? Ek het aan die Noordwes-Universiteit gestudeer, waarna ek ’n dekade of wat op Krugersdorp skoolgehou het en as studente-adviseur aan die destydse Technikon Witwatersrand gewerk het. In 2005 het ek teruggekeer na Potchefstroom, waar ek op die Aardklop-kunstefees werksaam was en my onlangs by Solidariteit Helpende Hand aangesluit het. Is jy getroud, het jy kinders? Ek is sedert 1987 met Elbie getroud, ’n onderwyser aan die Hoër

Tegniese Skool Potchefstroom. Ons twee dogters, Elanie en Elmarie, is albei studente.

Daar is ses takke, met die sewende wat binnekort formeel gestig word. In die Noord-Kaap is slegs een tak – Kuruman – gevestig en daar is derhalwe groot groeigeleentheid.

Hoekom het jy by Helpende Hand betrokke geraak? Ek wil my bestuurs- en organisasievaardighede aanwend op ’n terrein waar ek regtig weet ek ’n betekenisvolle verskil aan mense se lewe gaan maak – al is dit hoe klein. Die ontwikkeling en bestuur van ’n streek waar Solidariteit Helpende Hand se voetspoor nog redelik yl geplant is, is ’n groot uitdaging. Wat is die beste deel van jou werk? Die geleentheid om die groot streek waarvoor ek verantwoordelik is stelselmatig te ontwikkel en deur takstigting te bemagtig om Afrikaner-armoede in daardie gemeenskappe aan te pak. Ek geniet die vryheid en kreatiwiteit waarmee die takke vorendag kan kom om ’n unieke bydrae in hul gemeenskappe te maak. Watter projek het tot dusver vir jou uitgestaan? In die kort rukkie wat ek by Helpende Hand betrokke is, staan twee projekte vir my uit. Eerstens, die suksesvolle byeenkoms waartydens heelwat ondersteuners op Leeudoringstad hulle by Solidariteit Helpende Hand aangesluit het en die ywer waarmee die jong Kuruman-tak woeker om geld in te samel met die oog op ’n opknappingsprojek in ’n ouetehuis op die dorp. Waarvan hou jy nie in jou werk nie? Ek glo om enige probleem veel

Met watter ander organisasies werk Helpende Hand saam in die streek? ’n Baie belangrike deel van die uitbreiding van my streek is om bande met bestaande organisasies te smee en samewerkingsgeleenthede te identifiseer en te benut. Watter raad kan jy gee vir iemand wat graag betrokke raak in die gemeenskap?

FANIE BUYS eerder as ’n uitdaging te beskou. Die grootste uitdaging is om ons vrywilligers so te bestuur en motiveer dat hulle hul energie en passie behou. Omdat ons betrokkenheid aksie-

gedrewe is, verg dit ’n fyn balans om die administratiewe en tydlas op die vrywilligers te minimaliseer. Hoeveel takke is onder jou?

Ek wil baie graag enige persoon uitnooi om te oorweeg om betrokke te raak by Solidariteit Helpende Hand. Jy kan dit doen deur jou by ’n tak aan te sluit as ondersteuner of om te oorweeg om ’n tak in jou gemeenskap te begin. Vrywilligers wat daarin belang stel om ’n tak te begin, moet nie terugdeins vir die administratiewe las of gebrek aan kennis nie. Dit is my werk om so ’n tak by te staan met organisasie en stigting en deurlopend van diens en raad te bedien, om sodoende ’n betekenisvolle verskil in die aanpak van Afrikanerarmoede te maak. Ek hoor graag van vrywilligers in die Noord-Kaap. ) Om deel te wees van Helpende Hand in die Noord-Kaap kontak gerus vir Buys by 082–645–0887 of stuur ’n e-pos na fanieb@helpendehand.co.za.

Geld goed aangewend DANKSY die daarstelling van ’n finansieringsplan vir takke ontvang elke Solidariteit Helpende Hand-tak R10 000 van die instansie vir elke 15 nuwe ondersteuners wat hulle by die tak aansluit en dié geld word dan in die gemeenskap aangewend. Die plan verseker ondersteuners se geld word ten volle in hul eie gemeenskappe aangewend. Die dienste wat Helpende Hand se takke aanbied, is gerig op mense

van alle ouderdomme, van kleuters tot bejaardes, en het ten doel om die beleid van opheffing deur opleiding te bevorder. Dit is danksy die betrokkenheid van vrywilligers en ondersteuners dat Helpende Hand sy werk kan onderneem. Hul bydraes in die vorm van tyd, kundigheid en geld stel Helpende Hand in staat om die stryd teen armoede voort te sit. Helpende Hand nooi men-

se om die plan van hoop te steun deur by die werksaamhede van sy takke betrokke te raak. Die land word in tien streke verdeel. ) Solidariteit en Helpende Hand is twee onafhanklike instansies binne die Solidariteit-beweging. Solidariteit – die vakbond – veg vir werknemers se regte, terwyl Helpende Hand werk om armoede uit te roei en mense op te hef.

Oorstelp oor lente se koms LENTE is hier. Met die temperature wat warmer word en die bloeisels wat aan die bome begin bot, is almal opgewonde oor die lang verwagte seisoenverandering. Op Sondag 1 September vier Suid–Afrikaners Lentedag. Ook Reuben, die agt weke oue golden retriever.


Diere soek huise

DIE Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman se hokke is oorvol. Verskeie hawelose honde en katte wat opgetel is of uit haglike omstandighede gered is, soek dringend liefdevolle huise. Indien enigeen ’n hond of kat wil aanneem, gaan maak gerus ’n draai by die DSV se terrein of bel Sonja Grobler by 082-744-9057.

BO: Raka is ’n lewendige hondjie wat goed in enige huis sal aanpas. LINKS: Die skaaphond Marley is al weke onder die DSV se sorg nadat hy deur sy vorige eienaars weggegooi is. Enige liefdevolle huisgesin wat hom wil aanneem, kan die DSV kontak.

VET FAAN het ’n lieflike persoonlikheid en is wonderlik met kinders.

Groet skoolhoof DIE personeel van die Laerskool Seodin het ’n afskeidsgeselligheid vir hul vorige skoolhoof, Jan Louw, gehou. Louw en sy vrou, Annerie, het op Mosselbaai gaan nes skop. Van links is, voor: Karen Lamprecht, Louw en Sonique Markram; agter: Diana Pieterse en Adriaan Loubscher (waarnemende hoof).

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

LEERLINGE van die Hoërskool Daniëlskuil het aan die Skynhof-kompetisie deelgeneem. Misqua Damon (links) en Kiara Drude (regs) was die respondente teen die Wes-Kaap en die aansoekers teen Mpumalanga. Die kompetisie is deur die Redhill High Schools van Gauteng gewen. Dit was werklik ’n onvergeetlike ervaring vir die leerlinge. Hul afrigter is Anne Lewis (middel). DIE Hoërskool Daniëlskuil se landloopatlete het onlangs aan die GriekwalandWesse kampioenskappe deelgeneem en het goed gevaar. Tshepiso Siranda het ’n derde plek behaal en ’n medalje verower. Die span wat aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms gaan deelneem, moet nog gekies word en sal op 14 September in Potchefstroom deelneem. Alle atlete het sertifikate ontvang. Hulle is van links, voor: Nadine Siranda, Tshepiso Siranda en Jannes du Plessis; agter: Eduard Nel, Anthony van Staden, Wendol Tshali en Ntuthang Siranda.

LEERLINGE van die Hoërskool Daniëlskuil het aan die wetenskap-olimpiade vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge deelgeneem en besonders goed gepresteer. Hulle is van links, voor: Ronell Kennedy (goud), Logan van Wyk (goud) en Ayanda Ndlela (goud); agter: Amber van Schalkwyk (silwer), Charise Roode (goud) en Danto du Toit (silwer).

Vaar goed in wiskundekompetisie LEERLINGE aan die Hoërskool Daniëlskuil het aan die wiskundekompetisie van Girls’ High, Kimberley deelgeneem. Mathleagne het die kompetisie, wat uitdagende wiskundige probleme aan die leerlinge gestel het wat dit in ’n sekere tyd moes oplos, aangebied. Vier skole het deelgeneem: die Hoërskool Daniëlskuil, Diamantveld, Girls High en die Hoërskool Hotazel. Die Hoërskool Daniëlskuil het met die louere weggestap met die meeste van die leerlinge wat onder die topvyf in hul onderskeie grade geëindig het. Hulle is van links, voor: Delia Mostert (eerste plek, gr. 8), Charis Roode (tweede plek, gr. 8), Logan van Wyk ( derde plek, gr. 8) en Amber Lottering (vyfde plek, gr. 8); tweede ry: Christo Cloete (eerste plek, gr. 9), Pabalelo Olepeng (derde plek, gr. 9), Godfrey Engelbrecht (deelname, gr. 11) en Mpho Mokhabelo (deelname, gr. 9); derde ry: Mishqua Damon (eerste plek, gr. 11), Rodger Olyn (tweede plek, gr. 11), Kiara Drude (derde plek, gr. 11) en Carel Roode (vierde plek, g. 11); agter: Agatha Oberholzer (onderwyser).

LEERLINGE en afrigters van die Hoërskool Daniëlskuil het die Siyanda-streekspan op die Sparnasionale netbalkampioenskappe in die Royal Bafokeng Sport Palace op Rustenburg verteenwoordig. Siyanda het 14de in die C-poel geëindig. Hier is van links, voor: Zandri Vermeulen (gr. 11), Nadia van Straten (hokkie-afrigter) en Benodene Julies (gr. 11); agter: Lizel Vermeulen (o.10-, o.11- en o.15-netbalafrigter) en Michelle Malan (o.13-netbalafrigter).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

15

VIER krieketspelers van die Laerskool Kuruman is in die Kalahari-streekspan ingesluit wat die naweek aan die Griekwaland-Wesse plattelandproewe op Upington gaan deelneem. Van links is Gareth Blake (o.11), Henrico Theron (o.13), Eaghan Coetzee (o.13) en Rohan Theron (o.11).

DIE Wrenchville-span is van links, voor: Eaghan Coetzee, Russel Keet, JP Minaar (kaptein) en Werner Buys; agter: Daryll Peacock, Jeffrey van Wyk, Edwin Coetzee, Neville Bridges, Ayrton Heyns, Rick Fortuin en Henry Conner.

Wrenchville trek haas uit die hoed DIE Wrenchville-krieketspan het onlangs kragte in twee vriendskaplike wedstryde met die Apex–span van Upington gemeet. Met heelwat sleutel-spelers wat beseer is en ’n ongewone kolfblad het die span van Wrenchville eers gesukkel, maar op die tweede dag van die wedstryd het hulle ’n hele paar hase uit die hoed getrek. Met ’n kolfblad wat aansienlik stadiger vertoon het, het die kaptein, JP Minnaar, besluit om die boulaanslag te begin met die draaibal-boulers. Die draaibalboulers het die lopies ingekort en sodoende die druk vierkantig op die kolfspan geplaas. Hierna het Minnaar die vinnige boulers laat boul en die paaltjies het op reëlmaat gekantel danksy uitstekende veldwerk deur die hele span. Die uitblinker-boulers was Daryll Peacock

met 4 vir 18 lopies, Ayrton Heyns en Claud Viret met 2 paaltjies elk. Jeffrey van Wyk en Edwin Coetzee het elkeen een paaltjie geneem. Apex was almal uit vir 114 lopies. Wrenchville was vroeg in sy kolfbeurt in die moeilikheid met 25 lopies vir die verlies van 2 paaltjies, maar hierna was dit nag vir die span van Apex met Edwin Coetzee en Jeffrey van Wyk voor die penne met goed berekende krieket. Hulle het onderskeidelik 30 n.u.n. en 57 n.u.n. aangeteken. Wrenchville het met agt paaltjies gewen. Jeffrey van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Wrenchville-span wil ook die Apex-span bedank vir die goeie gees waarin die wedstryde gespeel is.

Haal SA se B-span MAGDALEEN DU PREEZ, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, het die afgelope naweek ’n derde plek in die windbuksskietkompetisie op Upington behaal. Met die prestasie is sy in die Suid-Afrikaanse B-span ingesluit wat op 23 en 24 September in Johannesburg gaan deelneem.

THE senior choir of the Kuruman Primary School was invited to perform at the official opening of the nine new Early Childhood Development Centres funded by Kumba at the Lareng Primary School. The conductor is Meldine Mackriel.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

CONTRACTORS or private bakkie to cart your goods. Anywhere, anytime. Phone 072 492 4144. DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

RETIRED PRINCIPALS/ Deputies and HODs required for a project in the Kuruman (JTG) area. Project involves facilitation and montoring. Applicants must satisfy the following requirements: * Facilitation and school management experience * Valid driver's licence and own car * Computer literate (Word and Excel) * Have own laptop * Prepare to work on weekends Interested applicants to email their CVs to: igugu@telkomsa.net by 5 September 2013.

OPSAAG VAN SKAAP, bewerk van vleis. Lekkerste biltong, droëwors en chilli bites. Wors, maalvleis, troeteldiermaalvleis op bestelling. Agter- en voorkwarte teen billike pryse. Skakel Arno 082 706 8166.

AANDAG

AKRIELNAELS: R180 vir 'n vol stel. Ek kom doen jou naels by jou huis as jy nie na my toe kan kom nie. Skakel Elize 078 783 8263.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

FORTUNER 3.0 D4D: 4x4, 2012. Outo, wit. 14 000 km. R390 000. Skakel Michelle (053 712 1014/0626 HILUX 1.8: 1997. R45 000. 1996 Isuzu 250: R33 500. Phone 071 967 0285.

SMALLS NOTICE

HILUX 2.4: 2003. Tralies. R79 500. 2000 Hilux 2.4D: R69 500. Phone 071 967 0285.

C.J. Kgatlhane

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089, met nagelate eggenote Kesalamang Flora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083, in lewe van Huis A35, Tzaneen, Wyk 13, Distrik Kuruman. Boedelnommer 1714/2012. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 30 Augustus 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

2005 NISSAN CABSTAR TRUCK, 2-ton, R85 000 neg. 2001 Uno 1.1, R21 000. 1992 Corolla 1.3, R18 000. Phone 073 259 8703. HYUNDAI GETZ, 2005: R55 000. 2005 Corsa R34 500. Phone 071 967 0285. RENAULT: 1985. R9 500. 1985 Cortina: R10 000. 1990 Opel: R16 500. Phone 071 967 0285. SENTRA 1996: R24 500. 1995 Sentra: R22 500. 1995 Mazda: R22 500. Phone 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS 071 967 0285.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. DUNLOP SUV-BANDE: 4 x 255 x 70 xR16. Tans op Pajero. +- 15 000 km se loopvlak nog oor - goeie toestand. R160/band kontant. Skakel 073 293 9637.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

LOST SAMSUNG TABLET: R500 reward for information or recovery. Phone Meshack 072 457 6102.

GROOT 4 SLPK huis met 2 badk, garage, waskamer. Beskikbaar einde Augustus. Skakel Mnr Fourie 082 490 1606.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

PROKMED SENTRUM Hoofstraat, Kuruman. Kantore te Prokmed Sentrum, 1ste Vloer met veiligheidshek. Beskikbaar 1 September 2013. Een jaar huurkontrak minimum. Skakel Phillip van der Merwe 083 287 7377 / 079 548 5000.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

VEILINGS

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

BETREKKINGS Bereik die boonste sport saam met die Shoprite Groep van Maatskappye in hierdie Bestuursposte!

Die Shoprite Groep bied tans hierdie leiersposte in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes provinsies, aan toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone wat graag saam met Afrika se voorste supermark-kleinhandelaar wil groei – want by Shoprite verander ons geleenthede in langtermynberoepe!

Takbestuurders

Met Graad 12 of gelykwaardig, ’n bewese prestasierekord, verkieslik in kleinhandelbestuur, en die vermoë om mense en prosesse te bestuur, asook goeie kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans, sal u volle verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tak aanvaar.

Assistentbestuurders

(Verkope & Administrasie)

Suksesvolle kandidate moet bereid wees om saans, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk en gewillig wees om te hervestig, en in ruil vir u bydrae, bied die maatskappy markverwante vergoedingspakkette, ’n standvastige werksomgewing en die geleentheid tot deurlopende beroepsontwikkeling.

Aanstelling in hierdie poste verg Graad 12 of gelykwaardig en ervaring in ’n kleinhandel- of diensteomgewing. Verdere voorvereistes is effektiewe probleemoplossingsvaardighede, en ’n ingesteldheid op klante en personeel. U moet ’n lewendige belangstelling toon in kleinhandelbestuur en Engels en Afrikaans goed magtig wees.

Stuur asseblief u CV aan 051 410 7704 OF 051 410 7705. Sluitingsdatum: 10 September 2013 Kandidate wat nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Die Shoprite Groep onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie die poste te vul nie.

Leerlingbestuurders

Hierdie geleentheid sal deure vir jou oopmaak om as leier te groei en jou passie vir die kleinhandel uit te leef. En wat meer is, jy sal verdien terwyl jy leer! Jy moet in besit wees van ’n Senior Sertifikaat of ’n Diploma in Kleinhandelbestuur. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Besigheidsbestuur sal in aansoekers se guns tel.

113928

www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Nuwe terrein ingewy DIE Gariep-perdesportklub het vanjaar sy 50ste bestaansjaar met ’n splinternuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif gevier.

Die viering het dié klub as een van die oudstes in die Noord-Kaap laat uittroon. Die klub moes noodgedwonge vanjaar ’n nuwe terrein skep, omdat die ou terrein nie meer in die toekoms beskikbaar sal wees nie. Die eerste byeenkoms was op Saterdag 19 Augustus op die nuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif en as die bywoning van die publiek en die deelname van die perderuiters as ’n maatstaf van die voortbestaan van die klub moet dien, dan is die klub nog in sy kinderskoene. Die groot belangstelling onder veral die jong mense en kinders in die sport het opgeval en volgens lede van die bestuur was daar ’n verdubbeling van inskrywings. Daar was ongeveer 60 perde op die terrein. Die plaaslike gemeenskap het ook die geleentheid besonder goed ondersteun.

ELA ARNON neem aan een van die nommers deel.

WALDO NEL het die jong ruiters ’n ding of twee gewys. Foto’s: Wollie Burger

TAL ARNON konsentreer hard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Maai ander met rakette af

ANDRÉ HANEKOM, ’n gr. 4-leerling aan die Laerskool Seodin, is in die Griekwaland-Wesse jeugskouspan ingesluit. André skou met boerbokke (Kalahari-Reds) en het onlangs ’n oefening by die Hoër Landbouskool Noordkaapland in Jan Kempdorp bygewoon. Die GriekwalandWes-span gaan van 22 tot 26 September aan die nasionale jeugskoukampioenskappe op Kroonstad deelneem.

Húlle kan hardloop

HIER is Dintle Moseke (links) en Jaendré van Zyl. TWEE leerlinge van die Laerskool Seodin se landloopspan staan ’n goeie kans om die Griekwaland-Wesse landloopspan te haal. Jaendré van Zyl het die wedloop in 12 minute en 6 sekondes voltooi en ’n tweede plek behaal. Hy het sy maat met 70 sekondes geklop. Dintle Moseke het sy wedloop in 11 minute en 59 sekondes voltooi. Hy was ’n hele minuut en 30 sekondes voor sy maat. Om te kwalifiseer vir die Griekwaspan moes hulle die wedloop in 14 minute voltooi het.

DIE tennisspelers is van links Louis du Plessis, Nico Pietersen, Hannes Erasmus en Carel Erasmus. DIE Laerskool Seodin se eerste tennisspan het in ’n tenniswedstryd teen die Laerskool Kuruman skoonskip gemaak. Die uitslae is:

Enkelspel Louis du Plessis wen met 7-0. Carel Erasmus wen met 5-2. Hannes Erasmus wen met 7-0. Nico Pietersen wen met 6-1.

Dubbelsspel Louis du Plessis en Carel Erasmus wen met 5-2. Hannes Erasmus en Nico Pietersen wen met 7-0.

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Bult hul spiere in Bloem JOSÉ FARINHA doen ’n log press van 145 kg.

REGS: Gerrit Badenhorst (links), Suid Afrikaanse kragmankampioen, oorhandig die prys aan José Farinha.

TWEE KURUMANIETE het onlangs aan die Vrystaatse Nabba Flex & Fight-kragmankompetisie in Bloemfontein deelgeneem. José Farinha het ’n eerste plek behaal en Sarel Koortzen ’n vierde plek. Hier doen Farinha ’n tyre flip van 350 kg. Foto’s: Bernard Gerber


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.