28 MAART 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: KATHU, KURUMAN,DANIËLSKUIL,OLIFANTSHOEK,POSTMASBURG,UPINGTON, KEIMOES,KAKAMAS EN GROBLERSHOOP
GRATIS
TEL. 0537121472
Reg vir lang skof
’n VROU, haar kano en die sprankelende Oranjerivier. Vrede. Die Olimpiese atleet Michele Eray maak gereed vir haar wegspring op die tweede en langste skof van die Groen Kalaharikanowedvaart. Sy het die eerste plek behaal. Foto: Anena Burger
DIE Groen Kalahari–kanowedvaart het onlangs op die Oranjerivier by Augrabies plaasgevind en ’n spanningsvolle stryd tot gevolg gehad. Lees die volledige berig op bl. 16.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Rioolstank walg inwoners INWONERS buite Seodin is raad-op oor die rioolstorting in dié gebied. “ ’n Mens kan dit saans nie buite Seodin waag nie,” sê Anne-Marie Leach. “Snags voel dit of jy weens die ongelooflike stank met ’n gasmasker moet gaan slaap. Waai die wind net ’n bietjie, stik jy behoorlik.” Die pomp wat die riool van Wrenchville na die Kuruman-rioolaansluiting pomp, is al vir etlike maande stukkend. Die munisipaliteit beweer die onderdele om die pomp te herstel is al bestel en hulle wag net vir die aflewering daarvan. Intussen borrel die riool by ’n mangat op die Mothibistad-pad uit en vloei dit in die droë loop van die Kuruman-rivier af. Leach glo weens Kuruman se vlak watertafel gaan die riool deursyfer en die ondergrondse water ook besoedel.
DIE stukkende pomp veroorsaak dat die gat nie gebruik kan word nie.
RIOOL borrel by ’n mangat uit – só sterk dat dit die deksel oplig.
RIOOL vloei meters ver en vorm ’n dam voor die brug in die rigting van Seodinweg tussen Leach Lodge en Kamdebo.
Vier vas ná ontvoering Lecrecia Prins VIER mans is aangekeer nadat hulle ’n werknemer van ’n onderneming op Kuruman na bewering beroof en ontvoer het. Die vier verdagtes, Zwelethini Ndlovu (41), Molato Hlongwane (31), Kenny Montshiwa (55) en Fanizane Mkhize (43), is van Gauteng. Die polisiewoordvoerder, lt. Sergio Kock, sê die werknemer was op pad
bank toe met geld in ’n sak toe twee onbekende mans hom genader het. Die mans het hom in ’n goue Volkswagen Golf 4 gedwing waarin nog twee mans vir hul gewag het. Die verdagtes het met die man weggery. Hulle het met ’n grondpad gery en stilgehou. Die werknemer het die sak met die geld gegryp en weggehardloop. Hy het na die hoofpad gehardloop waar hy ’n polisievoertuig gekry het en die polisie na
die plek waar die Golf was, geneem. Die verdagtes het weggehardloop en die Golf daar gelos. Die polisie het inligting ondersoek dat die verdagtes van buite die provinsie is en die mans is op 14 Maart deur die Springsmisdaadintelligensieeenheid in hul huise in Soweto in hegtenis geneem. Die verdagtes se borgaansoek word vandag in die landdroshof op Kuruman voortgesit.
VIR die plasing van enige nuus en foto’s in die Kalahari Bulletin kontak Joanie Bergh by joanie.bergh@volksblad.com of skakel 053-712-1472.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
3
Dans die riel op woestynfees Anena Burger
DIE Kwêdansers het ook hul tradisionele danse op die eerste Kalahariwoestynfees vertoon. Foto’s: Anena Burger
Die ding met die hare . . . Anena Burger DIT is skemer in die Kalahari en die maan skyn net so duskant oom Valie se korreltjieshare in die verre pienkpers horison. Hier word die naweek fees op Askham gehou. Die eerste Kalahari-woestynfees. Oom Valie, beter bekend as Petrus Vaalbooi, nuwe leier van die Khomani-San, beduie met sy hande. Die stories vloei uit sy krom vingers en die menigte plooie in sy gesig. Ouma Katrigwa Esau en ouma Katrina Seekoei skater van die lag terwyl oupa Tolman Vaalbooi elke detail van oom Valie se vertellings beaam. Dit is fees, ja, maar vanaand is dié ou span die celebrities, soos dit hoort. Duskant brand die braai- en kampvure hoog in die boma van die Molopo Lodge waar die oudstes eers ’n hongerte kom stil het. “Boerekos,” sê oom Valie toe sy bord voor hom neergesit word. ’n Tjop, skaapwors, aartappelslaai en ’n braaibroodjie. “Julle weet,” sê Oom Valie, en hy kyk op na die gaste en sy ou vriende. “Ek het ’n verskriklike probleem met die Afrikaanse woord ‘tradisie’.” Oom Valie is ’n ywerige skaapboer. Hy klap sy tong en verduidelik: “Die mense sê dit is nou verkjeerd om skaap oppie tradisionele grond te boer, maar ek sê die tradisie eet ook maar net so lekker aan die skaapvleis. “Tradisie, guh, ek ken net van Boesmangoed en Boesmangeid,” sê hy. Die wit tafeldoek flap so effe in die windjie wat vroegaand begin trek. Dit is nie aldag dat die groepie ou mense kans kry om so saam te kuier nie. Almal het ietsie te vertelle en die jonges om die tafel, wat nie die jare beleef het waarin oom Valie en oupa Tolman jong manne was nie, hang aan hul lippe. “Dit is nou vir jou ’n storie. Dié ding met
die brandkam,” begin oom Valie die volgende vertelling. Ouma Katrigwa frons en sê: “Die wat se ding? Dit is ’n warmkam.” “Nou ja,” sê hy en vertel verder. “Daai tyd toe kom daai ding in van relax. Dis mos nou fashion. “Hier kom ons mos nou by ’n anner ding. Hulle sê néé, néé, néé. Brandkam en warm.” Die luisteraars lag al klaar. “Nou moet jy weet, die kam word warm gemaak.” Grace Humphreys van die Suid-Afrikaanse San-instituut (Sasi) onthou en las by: “Dan word hy nou vuurwarm gemaak by die primus.” Oom Valie help reg: “Dis by die kole. Daar’s nie primus nie. “Dis nou soos hierie elektriese kamme, nou hierie is die alleminiumkam. “Nou word die alleminiumkam by die kole warm gemaak. Da word jou hare nou vol harrevet gesmeer. Dán word hy gekam. Mý suster, die vuur, die hel staan op jou kop, maar jý as jong man, jy mag nie praat nie. “Jy sit in trane. Jy mag nie skrou nie. Jy moet dit vat.” Die luisteraars vee nou al trane af met hul sakdoeke. Oom Valie lag saam. “As die hele proses nou klaar is, afgehandel is, hierie tyd namirrae,” sê hy en kyk op na die skemering. “En jy loep nou so en jy kyk jou nou so innie son da sien jy hoe waai jou hare,” en die ou hande beduie hoe die hare dan moes waai. “Die eerste water wat kom val, dan breek hulle, ghoep, af! Dan rol hulle om dat hulle weer so sit,” vertel oom Valie laggend en vou vooroor op die tafel met sy gesig in sy hande. En dan kom hy regop tussen almal se kraaie deur en kondig met sy wysvinger aan: “Dis waarom ék weet, ék is ’n Boesman!”
markiestent het kunstenaars soos Boeta Gammie en die marimba-orkes van KimberDIE eerste Kalahari-woestynfees is die na- ley menige Kalahari-voet ’n riel of twee laat week op Witdraai buite Askham aangebied. trap. Die fees is oor twee dae aangebied. Feesgangers is op ’n vol program met kunste- Handwerkprodukte soos juwele is te koop naars en tradisionele dansers van so ver soos aangebied. Platfontein, Kimberley, getrakteer. Volgens Merryl Scheepers van die SuidDie feesterrein, diep in die duine buite Wit- Afrikaanse San-instituut (Sasi) het die fees draai, kon nie met enige voertuig bereik ’n plek vir kunstenaars, musikante en handword nie. Hoofsaaklik viertrekvoertuie of werkers met tradisionele produkte geskep donkiekarre is ingespan. om hul werk ten toon te stel. Heerlike geregte soos roosterkoek en Sasi en die Noord-Kaapse departement van braaivleis is te koop aangebied. In ’n groot toerisme hoop dié fees sal ’n jaarlikse instelling word wat deel van die erfenismaandviering sal vorm. Moeë feesgangers is Saterdagaand tot met donkiekarre van die feesterrein vervoer. Een feesganger het grappenderwys opgemerk: “Ek met ’n donkiekar in die donker ry? Nooit nie.” ’n Ander een het geantwoord: “Ag, toe, Oom. Die donkies kan goed in die ’n GROOT makietie is in ’n feestent aangebied op die eerste Kalahari donker sien. Hulle woestynfees waar verskillende kunstenaars feesgangers se voete laat het darem vier headskuifel het. lights.”
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Koerant bly net groei toon DIE Kalahari Bulletin op Kuruman is nou ses jaar oud, terwyl die Upington-uitgawe nou sy tweede verjaardag vier. In die afgelope twee jaar dat die koerant op Upington is, het die koerant met rasse skrede vooruitgegaan. In die eerste paar maande van sy bestaan is slegs 10 000 kopieë weekliks versprei en was die koerant feitlik elke week ’n koerant wat slegs uit 12 blaaie bestaan het. Nadat die Upington- en Kuruman-koerante saamgesmelt het, is daar elke week ’n 16-bladkoerant uitgereik met ’n dikker koerant so elke nou en dan. Die getal koerante wat weekliks versprei word, is ook twee keer meer sodat daar nou weekliks 20 000 koerante versprei word. Met Kuruman se sewende jaar wat nou begin, het hy ’n nuwe besem op Kuruman in beheer wat beslis gaan skoonvee en stof opskop. Maar dit is nie al nuwe verwik-
kelinge wat in 2013 op die Kalahari Bulletin wag nie. Die Upington-uitgawe se derde en die Kuruman-uitgawe se sewende lewensjaar beloof om propvol nuwe uitdagings en hoogtepunte te wees. Maar wanneer ’n mens op die afgelope paar jaar terugkyk, is dit nie net die koerant wat gegroei en verander het nie, dit is ook die hele Noord-Kaap wat lyk asof dit ’n nuwe baadjie aangetrek het. Upington het die afgelope twee jaar die begin van die Groen Kalahari-kanowedvaart gesien. Daar word met groot afwagting uitgesien na die nuwe winkelsentrum op Upington en Postmasburgers geniet al lank hul nuwe winkelsentrum. Nuwighede word om elke hoek en draai gesien en ou, geliefde sportklubs sluit ongelukkig, maar as een ding waar is, is dit dat die Kalahari Bulletin in die volgende jaar net gaan groei.
Wag om sy happie te vang ’n EENSAME voël sit rustig op ’n rots in die Oranjerivier en wag op ’n kans om ’n happie te vang. Etlike sekondes later is hy van sy rots gejaag deur die roeiers wat aan die Groen Kalaharikanowedvaart deelge neem het. Foto: Lizette Slabber
God sal ons nie verlaat Pieter van Zyl “MY God, my God, waarom het U my verlaat?” (Psalm 22:2, Matteus 27:46) Die psalmdigters het al vir baie mense troos gebring in moeilike tye. Hulle kom met deurleefde geloofsvertellings wat jou moed inpraat. Maar soms kom hulle ook met rou klagtes waarin hulle hul nood voor God uitstort, baie op dieselfde trant van die moderne mens wat God bevraagteken en selfs sy bestaan betwyfel. Christus self haal aan die kruis die noodkreet van Psalm 22 aan, omdat Hy op daardie oomblik die nood van alle tye en alle mense op Hom voel druk. In die tuin van Getsemané het Hy gesmeek dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan. Tog word Hy gevang, beskuldig en veroordeel. Hy word gespot, gegesel en geminag. Die beskuldiging: dat Hy die Seun van God is. En dit is Hy. Die Skeppingswoord deur Wie God alles gemaak het, wat skeppingsmag oor alles het, wat Regter is oor alles, word in ’n mensehof ter dood veroordeel, oor Wie Hy werklik is. Ons staan vandag op die vooraand van die herdenking van sy kruisiging. Dit is Paastyd en tyd om weer stil te word van verbystering oor die gebeure in Jerusalem en op Golgotakoppie amper 2 000 jaar gelede. Wanneer die duister op Golgota toesak en
die aarde skud, herinner dit my aan die tye wanneer dit donker word om my, wanneer die aarde skud. Dit herinner my aan die tye wat ek gedink het God neem sy Hande onder my weg en my leefwêreld val inmekaar. Maar dan besef ek dat hierdie gebeure op Golgota direkte verband het met dit wat nou met my gebeur. Jesus het aan die kruis gesterf, sodat my sonde kan vergewe word. Hy het die volle skuld vereffen. Jesus het die dood oorwin, sodat ek uit sy opstandingskrag ook nuut kan lewe. Jesus was deur God verlaat, sodat ek en jy nooit deur God verlaat sal word nie. Ek kan Hom vertrou met dieselfde vertroue waarvan die psalmdigters ook getuig in Ps 22:31–32: “Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen.” Ook Psalm 23:1: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Ek en jy kan deel wees van die nageslag wat die Here dien en vertrou, wat niks kortkom nie, omdat ons weet Hy is in beheer. In droogtetye, tye van siekte en kommer oor baie dinge, weet ons die Here sal ons nie verlaat nie. Jesus Christus is ons waarborg. ) Ds. Pieter van Zyl is leraar van die NG kerk op Kuruman.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
Reisigers wys almal is nie eenders Annerie Louw MET die afskeidnemery van die oorbekende steeds in my kop durf ek verlede Dinsdagaand op pad na Amsterdam die agterdog van die doeanebeamptes op die OR Tambo-lughawe aan. Alles verloop seepglad, behalwe vir die alarm wat afgegaan het omdat ek my selfoon in my sak vergeet het. My hele lyf pyn van die spanning, moegheid en alleenheid toe ek baie vroegtydig gaan wag by die hek waar ek vir my vlug aan boord moet gaan. Om die tyd om te kry hou ek maar die verskillende reisigers dop. Jy kry die reisiger wat vroeg op die lughawe aankom, vroeg bagasie laat kontroleer en vroeg deur die doeane gaan. Hulle loop met mening na die hek van vertrek en sit en wag langer as ’n uur met ’n verstarde blik op die bord wat die vertrektye aanwys. Hulle soek angstig na die bestemming, maar dié is natuurlik nog nie eens op die bord nie. Dan blaai hulle sonder belangstelling of konsentrasie deur ’n tydskrif terwyl hulle eintlik op die bewegings rondom hulle konsentreer. Die tweede reisiger kom laat by die lughawe aan, staan in die drukgang van
ander laatkommers en vroetel verward deur al die sakkies aan die buitekant van sy handbagasie of rugsak op soek na sy paspoort en instapkaart. Sy kleredrag lyk nevermaaind en hy rits die baie klein sakkies aan sy rugsak oop en toe. Hy het nooit nodig om te wag nie, want hy hou hom besig met die op-die-nippertjie-dinge waarvan ander reisigers vooraf dubbeld seker maak. Dan is daar die selfversekerde, gereelde reisiger wat rustig in ’n dik storieboek sit en lees – Engels – want dit gaan die voertaal van sy bestemming wees, maak nie saak watter land nie. Die reisiger het sy paspoort en instapkaart in een spesifieke sakkie wat hy behendig en betyds op die regte bladsy vir die beampte oopflits. By die doeana rits hy ’n ander sakkie oop en verklaar sy vloeistofbotteltjies in ’n deursigtige sakkie. Sy skootrekenaar glip uit sy sak, gaan oop en sy selfoon, bril, gordel en paspoort land blitsig in die plastiekbakkie by die doeane. Geen alarm wanneer hy deur die verklikker stap nie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Dapper meisie wag op nierskenking Lynn-Mari Olivier
DANIELLE JASMINE BRINK
DANIELLE JASMINE BRINK is ’n dapper negejarige meisietjie wat dringend wag vir ’n engel om ’n nier aan haar te skenk. Danielle bly in Wrenchville, maar reis gereeld na Kimberley en Bloemfontein vir behandeling. Sy het in 2007 siek geword en is in 2010 gediagnoseer. Wanneer klein Danielle in Wrenchville by haar ouerhuis kuier, is dit haar ma, Juliette Meyer, wat die klein lyfie met die dialise help. Haar ouma, Louisa Brink, sê dat op die dae wat Danielle gesond voel, sy ’n baie vrolike meisietjie is. Danielle se gesondheid is van so aard dat skoolgaan nie ’n normale aktiwiteit kan wees nie en sy was vanjaar slegs een dag by die skool teenwoordig. Met haar ontslag uit die hospitaal is sy bekroon as koningin vir ’n dag en op dié dag is daar aan haar gevra wat sy eendag wil wees as sy groot is. Sy het geantwoord dat sy graag eendag ’n ballerina wil wees. So sê haar ouma Louisa Brink. Danielle en haar ondersteuningsnetwerk wil graag al die kerke, almal wat vir hulle bid, die Laerskool Wrenchville en die hoof van die niereenheid in Bloemfontein vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Diegene wat ondersteuning wil gee of ’n skenking wil doen, kan Louisa by 072-583-9314 of Juliette Meyer by 079-709-1507 kontak.
Sprekers inspireer op VLV-konferensie DIE jaarlikse VLV-konferensie (Vroue-Landbouvereniging) het onlangs op Vryburg plaasgevind. Dit was ’n spoggeleentheid waartydens Sirkel Kalahari se 80-jarige bestaan gevier is. Die sprekers Sheri Brynard en Susan Coetzer het die gehoor bekoor. Veral Brynard het emosie ontlok met haar pleidooi teen aborsie. As Down-sindroomkind het sy verskeie struikelblokke oorwin, ’n tersiêre kwalifikasie verwerf en hou tans as hulp-onderwyser by die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein skool. ’n Rekordgetal van 25 lede van die VLV op Kuruman het die konferensie bygewoon en 12 lede het aan die kompetisies deelgeneem. Derde plekke is behaal deur Joeks Myburgh
vir blomme (75%), Tonna Delaney vir hekelwerk (80%) en Petro Spangenberg vir letterkunde (74%), terwyl ’n tweede plek deur Tilly Terblanche vir gebak (84%) behaal is. Tydens die geleentheid is Bessie Kriek van Kuruman vereer en bedank vir 50 jaar diens in die sirkelbestuur. Kurumanlede wat tans in die sirkelbestuur dien, is Tonna Delaney, Tersia Grobler en Petro Spangenberg as sameroepers van openbare sake, opvoeding en kultuur, asook landbou en tuinbou onderskeidelik. Die Kuruman-tak het die Liesbet Saaimantrofee vir betrokkenheid en die trofee vir algehele derde plek verower. Die Vryburgtak was in die tweede plek met Reivilo in die eerste plek as algehele wenner.
DIE droomtuin van Joeks Myburgh(81) van Kuruman wat binne ’n 60 cm x 60 cmruimte ge maak moes word. Sy het daarmee ’n derde plek behaal.
OP Saterdag 9 Maart is Lola Pieterse (née Engelbrecht) en Hansie Pieterse van Kuru man op die Santoshoofstrand op Mosselbaai in die huwelik bevestig.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
FOCUS ON THE MINING INDUSTRY
PICTURED from the left are Llewellyn and Noleen Leibrandt, John Seretse and Nellie and Danny Leibrandt.
New business opens doors A BRAND-NEW laundry and dry cleaning business officially opened its doors on Friday, 1 March, in Kathu. Libra Laundry is one of Anglo American’s enterprise development arm Anglo Zimele’s projects aimed at providing financial and business assistance in creating sustainable small businesses in the community. The owner of Libra Laundry, Llewellyn Leibrandt, started with the business almost two years ago. His Anglo Zimele loan was approved at the end of 2010, but due to electricity shortages in town the business saw a lot of frustrations and unforeseen challenges. Llewellyn managed to start a laundry service in the Kathu industrial area, but only recently could set up a dry cleaning shop in the Shoprite Centre opposite Absa. With the guidance and mentorship of John Seretse, a local economic development practitioner of the Sishen Mine, the dream Llewellyn had of being a business owner became a reality. Says John: “Setting up a business is not child’s play. The business of business is a tough business. Despite
the stumbling blocks that crossed his path, Llewellyn has developed a lot personally and matured into a real businessman. He understands the art of patience to soldier on. I believe in Llewellyn and his business, just because I was there every step of the way and saw how he grew.” Libra Laundry offers laundry and dry cleaning services for mine apparel, leather products and duvet inners, to mention but a few. “My vision for this business is to be the best laundry and dry cleaning business in the region that provides friendly and efficient service. The opportunities that present itself within this region ensure that sustainable jobs will be created, we have increased from four employees, and currently we are at 20 employees,” says Llewellyn. According to John, it is the Sishen Business Hub’s mission to help Llewellyn obtain as many contracts as possible to keep the business sustainable. “Currently, Llewellyn has contracts with the Khumani Mine and the latest to be signed is with the Tshpi e’Ntle Mine which Libra Laundry started serving recently.
“We are hoping to extend it in the near future to Hotazel, Kuruman, Deben, Dingleton, Olifantshoek and Postmasburg. Our involvement does not stop when his business starts operating; we have his best interest at heart and want to see him and the business thrive.” The business was officially opened by his father, Danny Leibrandt of Butterfield Kathu, a business that was also previously funded by Anglo Zimele. Pastor Charl Isaac of the AGS Church in Kathu also blessed Libra Laundry before the cutting of the ribbon. “I want to thank Rina Botha and John Seretse of the Sishen Mine Small Business Hub for their valuable input, business acumen and encouragement, as well as my family and friends that supported me throughout the process. I am so grateful for this opportunity and believe that I will make a success,” Llewellyn concluded. Anglo Zimele and Kumba Iron Ore has once again practically demonstrated their commitment to empower entrepreneurs through loans as well as mentorship and training.
Honey project makes life sweeter ONE of Anglo American’s Kumba Iron Ore’s Local Economic Development (LED) projects, the Heuningpot Cooperative, has gone from strength to strength – or rather from sweet to super sweet – in its four years of existence. Last year was a good one for the project, as it was the first year that the project’s Organic Swarthaak Honey was harvested, totalling 1 000 kg of honey. Currently the project employs nine permanent staff members. At the end of 2012 the project also moved house, now closer to Kathu on the farm Marsh, next to the airport. The goal of the project is to create a sustainable business in the community where jobs can be created, said Oduetse Kolberg, LED practitioner at the Sishen Mine. “A total of 150 bees will arrive end March from Limpopo and this year’s harvest is expected to be four times more. As a result, more jobs will be created, in fact, jobs will be created for the disabled men and women from Deben to assist with the honey bottling, sealing and labelling after this huge harvest.The big picture is to see the Co-Op being listed in the Pick n Pay retailer programme and distributing organic honey to the selected Pick n Pay stores nationally.” Under the caring wing of Organimark, that markets the honey in local supermarkets and facilitates the listing and participation of the Co-Op in the national Pick n Pay retailer programme, together with Kumba Iron Ore who provides business support,
LODEWYK MELOKWE (left) and Abraham November from Heuningpot. the project has changed the lives of the employees forever. “I have received excellent information and training through this project on how to manage a business and how to manage finances. “I have learnt a lot about nature as well, and this enriched my personal life very much,” says Lodewyk Melokwe, chairperson of the Heuningpot. Driver Abraham November agrees: “Through this project Kumba has enabled me to reach heights I never thought would be possible. I am now a business owner together with eight other partners, and this enables me to provide much better for my family.” The community supports this initi-
ative wholeheartedly because they know this will yield career and training opportunities for their children. “Just like the bees have to mature, this business also has to mature. I am looking forward to the Heuningpot standing on its own feet and operating totally independent,” said Melokwe. Abraham would like to transfer the knowledge and skills that he has acquired at Heuningpot to one of his children so that they can also become involved in the project. “We have a wonderful job. As long as we follow the rules and procedures, no harm will come to us. “Thank you, Kumba, for investing in our lives and making it sweet,” Melokwe concluded.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS
Product has been styled for photography
2999
4499 Bulk Stewing Beef (Bone in) per kg
PnP no name Frozen Chicken Braaipak 2kg
TM
2099 Each
Enterprise Back Bacon 250g
While Stocks Last
Equal to
2667
per 200g
Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg
7499 Bols Brandy 750ml
2149
4000
Each
DairyBelle Choice Butter Salted 500g
Nescafé Classic Flexi Bag 150g
CASE PRICE
13699
Carling Black Label Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml
NOW ONLY
1579
BUY 2 FOR
BUYANY 2 FOR
2400 Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 litre
2899 SAVE 6.00
PnP 1 Ply White Toilet Tissue 9s
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Always there for you PRICES VALID 26 MARCH - 1 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88
(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1176547B_E
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
FOKUS OP TOERISME
Lodge bied lafenis vir iedereen Anena Burger IN die hartjie van die Kalahari, so 195 km duskant Upington en 70 km, soos die kraai vlieg, alkant na die grens en die Kgalagadi-oorgrenspark lê ’n juweel tussen die rooi duine en wink. As die langpad jou tem en die warm son jou keel droog trek, is dit hier waar ’n man moet rem trap en by die Molopo Lodge indraai. Vriendelike diens en gerieflike verblyfgeriewe lawe enige moeë siel wat die stukkie paradys besoek. Op die stoep van die lodge kan jy jou gemaklik maak en heerlik ontspan met ’n yskoue glas van jou geliefkoosde troos. Die Molopo Lodge is nie net ’n hawe vir die toeris of sakeman nie, maar bied beslis ook ’n sorgvrye uitspanning aan die gesin. Hier kan kinders nog kinders wees en sorgeloos speel en swem. Besoek die restaurant vir ’n besonderse maaltyd soos die gemsbokcordon bleu of van die sagste calamari. Elke bord kos word met sorg voorberei. ’n Sitkamer bied die rustigheid om sommer net met ’n boek te ontspan en die wêreld uit te sluit. Hier sal jy jou kuier so geniet dat jy nie weer huiswaarts sal wil keer nie. En indien wel, sal jy beslis weke daarna nog terugverlang. Die lodge bied ruim verblyfkeuses soos rondawels, chalets en tent-chalets en kampeergeriewe vir diegene wat die natuurskoon wil aandurf. Kampstaanplekke het hul eie private ablusiegeriewe. Die rondawels en chalets beskik oor lugversorging en volle DStv. Bespreek plek by 054-511-0008 of per e-pos by namrod13@lantic.net.
The t n e d n indepe e h t f o voice y t i c r e Riv
AS jy moeg is vir die lewe in die stad is die Molopo Lodge met sy pragtige tuin en koel swembad net die plek vir jou. Foto’s: Anena Burger KONINGSKOS is die gemsbokcordon bleu op die stoep van die Molopo Lodge.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
9
Fees beloof net die beste Vir oulaas kans vir jou bydrae Madelein Venter DIE huidige insameling van die Volksblad-Kersfonds sluit einde Maart – eerskomende Sondag – en diegene wat nog ’n bydrae wil lewer, moet gou spring. ’n Stewige bedrag van meer as R900 000 is al vir behoeftiges in die sentrale streek ingesamel en daarvoor is die fonds baie dank aan Volksblad se lesers, sakemense en kerke in die streek verskuldig. Die bedrag oorskry die vorige insameling met byna R50 000. Mense wat nog geld vir die Kersfonds wil skenk, kan dit stuur aan: Volksblad-Kersfonds, Posbus 267, Bloemfontein 9300. Maak tjeks aan Volksblad-Kersfonds uit. Die bankbesonderhede is: Absa-rekening, Volksblad-Kersfonds, rekeningnommer 479-070-849, takkode 632-005. Stuur ’n faks as bewys van betaling aan Marie McLaren by 051-448-3771. Bydraes kan ook by Volksblad se kantore oor die streek heen inbetaal word. Die Volksblad-Kersfonds is deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) as ’n openbare welsynsorganisasie geregistreer om skenkings te ontvang en ’n kwitansie ingevolge artikel 18 van die Inkomstebelastingwet uit te reik. Skenkers kan gevolglik hul skenkings van hul belasbare inkomste aftrek en belastingkorting kry.
VANJAAR se Vryfees is van 9 tot 14 Julie. Atie Kamper, kunstemarkorganiseerder van die Vryfees, sê die Vodacom-kunstemark is ’n ware kunsmark wat op kreatiwiteit en kunssinnigheid fokus. Meer as 100 000 mense besoek die kunstemark in die ses dae dat die fees duur. Altesaam 47% meer produksie-aansoeke as tevore is vanjaar vir die Vryfees ontvang. Die Vryfees word op die Kovsiekampus aangebied. “Die fees word al hoe meer in die breë nasionale teatergemeenskap geken en vertrou. Die uitstekende teatergehore wat die fees besoek, dien natuurlik as die grootste aansporing vir kunstenaars om hier op te tree,” sê Adri Herbert, feesorganiseerder.
“Omdat die groeiende aantal aansoeke van uitstekende gehalte is, raak dit al hoe moeiliker om slegs die beperkte getal produksies te keur wat die gehore en lokale van die Vryfees kan huisves. Daar is byvoorbeeld vanjaar 91 toneel-aansoeke ontvang, terwyl slegs 22 gekeur kan word. “Hoewel ons die uitstekende verskeidenheid aansoeke aanmoedig, raak dit ook al hoe moeiliker vir die keuringsgroep om besluite te neem,” sê Herbert. Elretha Britz, kunsredakteur van Volksblad, moederkoerant van Kalahari
Bulletin, en lid van die keuringsgroep, sê feitlik al die inskrywings vanjaar is van gevestigde topkunstenaars of opwindende jong kunstenaars. Prof. Nico Luwes, ’n toneelkeurder van die Vryfees, het gesê hoewel die Vryfees nie soveel groot borgskappe as ander feeste het nie, slaag dit by uitnemendheid daarin om jaarliks dramas, komedies, eksperimentele werk en kinderstukke van puik artistieke gehalte deur nasionaal bekende kunstenaars vir waarderende gehore aan te bied. Die program word amptelik op 25 April op ’n geselligheid in Bloemfontein bekendgestel. Volg die Vryfees op Facebook by www.facebook.com/vryfees en Twitter @Vryfees om op die hoogte van die nuutste feesgebeure te bly.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
‘São Tomé goed vir ons’
JANNIE EN CECILIA FOURIE en hul kinders, Jana (8) en De Villiers (4), woon op die eiland São Tomé. Cecilia was ’n leerling aan die Laerskool Oranje-Noord en die Hoërskool Upington en Jannie het op Rosh Pinah, Namibië, grootgeword en aan die Hoërskool P.K. de Villiers op Keetmanshoop gematrikuleer. Hulle het hul ervarings met Theonie Kok gedeel.
Hoe het julle op São Tomé beland? São Tomé en Príncipe is ’n twee-eiland-staat 200 km van die kus van Sentraal-Wes-Afrika (langs Gaboen en onder Kameroen). São Tomé is die groot eiland (waar ons nou woon) en het so 170 000 inwoners. Príncipe is so 160 km van São Tomé af. Dit het die mooiste strande en woude, soveel so dat Mark Shuttleworth se beleggingsmaatskappy, HBD, €70 miljoen hier belê het. Ek werk vir ’n Nederlandse belegger en bestuur ’n klein huurvlugmaatskappy, is senior direkteur van die maatskappy wat die nuwe lughawe op Príncipe bou en projekbestuurder van ’n nuwe plantasiehotel. Cecilia is bestuurder van ’n boetiek-hotel op São Tomé wat aan HBD behoort. Ons het die eerste vier en ’n half jaar op Príncipe gewoon waar ons die enigste oord daar, die Bom Bom Island Resort, bestuur het. Ons het tien maande in Gaboen gewerk en is toe São Tomé toe waar ons met die opknappingswerk aan die lodge gehelp het. Shuttleworth het die oord op Príncipe en die hotel op São Tomé gekoop en dit is die eerste keer in 16 jaar dat ek en Cecilia vir verskillende werkgewers werk. Waar woon julle? Ons woon in São Tomé en het ’n paar jaar gelede ons eie huis gebou. Dit het ’n uitsig oor die see aan die een kant en berge en woud aan die ander kant. Vandag is dit ons eie paradys met Afrikaanse musiek, rugby en braaivleis. Ons het ’n huis, twee kinders en twee honde met geen stamboom nie . . . Hoe ervaar julle die weer? Februarie, Maart en April is baie warm en die humiditeit is altyd 100% plus, soms draai die kwik naby 40 °C, maar dis ’n uitsondering. Junie, Julie
DIE Fourie gesin woon op die eiland São Tomé. Van links is Jannie, Jana, Cecilia en De Villiers.
en Augustus is ons “winter” dan is dit ’n heerlike 24 °C. Die reënval is erg, veral vir ’n Namibiër en iemand van Upington. São Tomé kry so 2 500 mm per jaar. Príncipe kan plek-plek tot 5 000 mm per jaar kry. As jy jou besem buite laat lê, kan dit groei . . . Het julle maklik aangepas? Die taal was ’n probleem, maar as ’n mens moet, leer jy vinnig. Die grootste vrees was altyd malaria. Ons het dit al twee ervaar en dit bly in jou agterkop, veral met die kinders. Gelukkig is daar so ’n paar jaar gelede met ’n bestrydingsprogram begin en dit is grotendeels onder beheer. Die res was heel maklik en die karakter van SuidAfrikaners, wat ons almal het, was deurslaggewend – ’n mens maak die beste van alles. Jy maak planne. Hoe leef julle jul Afrikaanse kultuur en Afrikanerskap uit? Ons huistaal is Afrikaans. Theuns, Steve en Juanita se CD’s het ’n ereplekkie in ons huis. Ons kyk saam rugby en krieket en braai gereeld. Die lekkerste is om ander nasies aan ons Suid-Afrikaanse kultuur bloot te stel – ’n braai is ’n braai en nie meer barbeque nie en stew on the fire nou ’n potjie. Dis die lekkerste lekker om nuwe vriende te maak, oor hul kultuur te leer en om van ons kultuur te vertel. Dis vir ons belangrik dat ons kinders weet hulle is Afrikaners en dat dit ons taal is. Tog is dit wonderlik, Jana is in ’n Portugese skool en sy kan dit vlot praat. Sy is ook vlot Engels en praat selfs ’n bietjie Frans. De Villiers meng
sy tale so ’n bietjie, maar sy begrip is reeds ongelooflik.
Is jul lewe idillies? Gewis. Dis ’n wonderlike omgewing en ’n mens moet daarteen waak om lui te wees, anders gaan dinge by jou verby. Dis so maklik om ná werk te gaan sit en DStv kyk pleks daarvan om nuwe plekke te ontdek. Ons het al ongelooflike avonture gehad. Reuse-skilpaaie van 300 kg wat eiers op die strand voor ons huis lê. Cecilia en Jana is deur ’n buffel gejaag en deur ’n regte pigmee gered. Lewensgevaarlik, maar tog het dit kleur aan ’n mens se lewensverhaal gegee.
JANNIE EN CECILIA het die Bom Bom Island Resort ’n paar jaar be stuur.
Watter interessante tradisies en gebruike het die mense daar? Die kultuur is baie anders. Ons vind die eiland se kos maar vreemd en nie na ons smaak nie. Wees boonop versigtig, want die bredie wat jy kry, mag dalk aapvleis of vlermuis inhê. Tog, die mense is vriendelik en hier is basies geen gewelddadige, misdadige bedrywighede nie. ’n Mens voel regtig veilig. Sal julle ooit terugkom? Beslis. Al wat my pla, is die probleem met die moord en roof in SuidAfrika. Tog, dis ons land, ons plek. Anders as die meeste mense wat ons ontmoet het oor die jare en wat beweer hulle is Afrikane, maar tog met Britse of Franse paspoorte in hul agtersak loop, het ons net Suid-Afrika en kan ons nie iewers heen “vlug” nie. São Tomé is nou goed vir ons, maar ons is trotse Afrikaners en so sal ons bly. Raad vir ander? In Afrika-lande is dit maklik om jou standaarde te verlaag sou jy dit toelaat. Dis juis die hoë standaarde waaraan jy gewoond is en waarvolgens jy leef wat jou sukses laat bereik waar ander misluk. Moenie Afrika die skuld gee vir elke probleem nie. Respekteer die mense van die land. Maak nie saak hoe anders hul gewoontes is nie, jy hoef nie daarin te deel nie, maar behandel ander met respek en hulle sal jou met respek behandel. Geniet dit en doen moeite om die plek te sien.
’n OU Portugese kakaoplantasie gaan nou in ’n oord omskep word.
’n TIPIESE huisie van die plaaslike bevolking.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
PRIVATE HOME SALE: Modern. Yard 1 200 sq m. 3 bedr, 2 bathr kitchen, scullery, TV/dining-room with lounge. Swimmingpool, brand-new lapa/enter. Plus big flat with R7 500 income. Phone 053 712 0246.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
OP SOEK NA 'N betroubare huishulp wat kan kook en huishoudelike pligte kan verrig. Moet kan inslaap. Buitekamer met stort beskikbaar. Moet bankrekening in eie naam hê. Skakel 072 482 5406 na 17:00. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
LABRADOR-/GREAT DANE-KRUISING: Dierbaar, 5 maande oud. R500. Skakel 084 651 3000.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. SUKKEL JY? BEL VIR TOBIE! Noem dit en ek doen dit! 'Dry walls', plafonne, teëls, verf, muurpapier, plaveisel, ens. Skakel 072 056 6504 of 053 712 2338. junox109@gmail.com
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
VW CADDY BAKKIE: 1998 model. Very good condition. 18" mags and sound. Phone 074 222 8369 or 084 219 6605.
TOYOTA COROLLA 1.6 GLS, 2006. 120 000 km. Skakel 082 438 3960.
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.
42-VK M-stoor. Industriële gebied, Kuruman. Huur R1 600 p.m. Skakel 083 524 4995.
1-SLAAPKAMER-woonstel te huur teen R5 000 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 083 448 9125. BACHELOR FLAT (large), suitable for 2 adults. Only R4 500 p.m. Phone 079 573 6003. Upington: Middelpos. 2 slk, lugr, enkelpersoon, geen troeteldiere. R3 000 p.m. (elek. uitgesl) plus dep. 076 195 9475. WOONSTEL te huur: R4 900 p.m. krag en DStv ingesluit. Sentraal geleë en loopafstand van dorp. Skakel 084 800 7779.
SOEK, KOOP, VERKOOP
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
13
Juffrou groet DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) neem hartseer afskeid van Karlien van Schalkwyk, een van die skool se geliefde onderwysers. Juffrou Karlien het die afgelope nege jaar aan die LSK skoolgehou en het ’n passie vir wat sy doen en ’n liefde vir haar kollegas en leerlinge. Sy gaan haar nou op Upington vestig en die LSK-leerlinge is dit eens sy gaan baie gemis word.
KARLIEN VAN SCHALKWYK met die blomme en bal lonne waarmee sy voorspoed toege wens is.
DIE gr. 7leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas saam met hul geliefde juffrou, Karlien van Schalkwyk.
Foto’s: Verskaf
Klub se uitstappie bring pure plesier DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) se LSKklub hou elke kwartaal ’n heerlike leer-en-kenmekaaraktiwiteit.
In die eerste kwartaal het die leerlinge die somerson op Lake Grappa vir ’n bietjie pret en plesier aangepak. Hulle het meer oor
VAN links is Ke nielwe Kaptein, Anyah Cloete, Oteng Nouse en Michaelar Barlett tydens een van die Bybellesse.
God geleer en die belangrikheid daarvan om Hom eerste in jou lewe te stel. Daarna was dit tyd vir ure se plesier in die water.
DIE onderwysers van die LSKklub het hul eerste vuurdoop – of is dit nou skuimdoop – gehad. Chrismari Visser (links) en Nicolene Olivier het heerlik saam met die leerlinge gebaljaar. Foto’s: Verskaf
DIE LSKklub word vir al die gr. 4 tot gr. 7leerlinge aangebied en dit is elke kwartaal ’n hoogtepunt op die skool se program.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Markdag baie vermaaklik DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het se gr. 6-leerlinge het in die eerste kwartaal hul markdag gehou en allerlei interessante eetgoed verkoop.
WAT skuil alles in Franco Engels (links) en Dawie Hayes se “Lucky Boxes”?
LARAMARI GELDENHUYS (links) en Miandele Joubert is nes goeie verkoopsdames uitgevat vir ’n oggend van dolle verkope. Foto’s: Verskaf
HIERDIE narre lyk dalk snaaks, maar vir hulle is hul verkope ’n ernstige ding. Van links is Braam Nel, Nelius de Jager en Marceau Olivier.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
15
Presteer op SA’s SES leerlinge van die Hoërskool Kalahari het op die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms wat onlangs in Oos-Londen plaasgevind het, uitsonderlik gepresteer. Die atlete wat die Noord-Kaapse span verteenwoordig het, was die enigstes wat in die John Taolo Gaetsewe–distrik gekwalifiseer het. Leone van Rooyen het ’n goue medalje in o.19-hoogspring verwerf, asook ’n silwermedalje in die o.19-aflos. Sy spring ook haar beste hoogte van 1,70 meter.
Wat die prestasie meer besonders maak, is dat die Noord-Kaapse span, wat vanjaar slegs vier byeenkomste gehad het, met skole van ander provinsies moes meeding wat vanjaar al ongeveer 18 byeenkomste agter die blad het. Die prestasie is baie spesiaal vir Kalahari, aangesien die skool die afgelope tien jaar geen goue medaljes op die byeenkoms gewen het nie. Die laaste goue medalje is in 1993 deur Dirkie Muller vir o.17-spiesgooi gewen.
DIE atlete is van links Pierre van der Walt, Anri van Rooyen, Leone van Rooyen, LerisaLee van Rooyen, Lezaan van Rooyen en Boelie Beukes.
SOME of the girls who attended the camp.
Camp lets girls glow Lynn-Mari Olivier FOR some G.L.O.W. has the special meaning of “girls leading the world”. “Some girls were meant to shine, but you were meant to G.L.O.W.,” Tsepo Kgatlahane said at the closing of the 2013 G.L.O.W. talent show. Camp G.L.O.W. is a camp organised with the sole purpose of preparing tomorrow’s leaders today. G.L.O.W. stands for girls leading our world and the words couldn’t be more true. This year’s G.L.O.W. camp took place at a small holiday resort just outside of Vryburg. It serviced four schools in the Joe Morolong district and 65 girls from gr. 5 to gr. 8 attended
the camp. The workshops held focused on HIV prevention and awareness, self-esteem, selfdefence, conflict resolution, forgiveness, and the ability to work as a team. At the conclusion of the G.L.O.W. camp the girls were asked how they were changed by the camp. Answers such as “I learned if someone tells me they want to have sex, I can say no,” “I control my body,” and “we must respect each other,” were the most common responses. Forums such as this where youth can speak freely without fear of judgment or consequence are essential to the safety and personal growth of young girls.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Wedvaart ’n naelbytstryd Anena Burger DRIE dae se uitmergelende mededinging op die Oranjerivier het Saterdag by die Augrabies in ’n spanningsvolle resies na die eindstreep van die Groen Kalahari-kanowedvaart geëindig. Andi Birkett van die Natal-kanoklub het die branderski-kampioen van die Skiereiland-kanoklub, Jasper Mocke, met ’n breukdeel van ’n sekonde by die eindstreep geklop. Mocke is die algehele wenner met sy aanslag oor die drie dae wat die kompetisie geduur het. Mocke het met ’n naelskraaptyd van 6:58:30:16 teenoor Birkett se 6:58:31:54 gewen. Ivan Kruger het vanjaar die derde plek gevul. Al drie roeiers het vanjaar die eerste keer aan die wedvaart deelgeneem en het dit van die eerste skof af oorheers. Mocke het gesê: “Daar was ’n ongelooflike vibe op die rivier. Dat dit ’n nuwe wedvaart is, maak dit baie opwindend.” Hy sê vanweë die onvoorspelbaarheid van die vaart behoort dit oor die volgende drie, vier jaar vir roeiers baie gewild te bly. “Roeiers het keuses om te verken in elke stadium van die wedvaart. Die laaste stuk van die rivier was nouer, voller en vinniger en jy moes omtrent hard roei,” het Mocke gesê. Mocke was ook geweldig beïndruk met die spangees onder al die deelnemers. “Daar is ’n algeheel wonderlike gees onder die roeiers wanneer ons saam gekampeer het. Ek het dit baie geniet.” Birkett, wat hom laat ingeskryf het en vars van sy oorwinning in The Unlimited Dusi vroeër vandeesmaand gekom het, was ’n mededingende deelnemer. “Die laaste skof was my gunsteling. Die rivier was hier nouer en het ’n aggressiewer wedvaart gebied. Dit was opwindend en uitdagend.” Die voorste bondel van sowat agt roeiers het van die begin af bymekaar gebly en net by die Marchand-stuwal en -hindernis verdeel. “Ek, Jasper en Dawid het besluit om die keerwal verby te gaan en eindelik is ons links tussen die riete deur. Ons het geen benul gehad van waar ons was nie en was verras toe ons ons weer by die res aansluit en uitvind ons lei die bondel,” het Birkett gesê. In die vroue-afdeling het Michele Eray met die algehele louere weggestap. Eray het sedert die eerste skof die wedvaart oorheers. Sy het algeheel 16de geëindig. Sy het haar mededinger, Nikki Mocke, wat tweede was, met 20 minute geklop. Kirsten Penderis van die Matieskanoklub op Stellenbosch was derde.
HEINRICH SCHLOMS, wenner van verlede jaar se Groen Kalaharikanowedvaart in die K2afdeling, hardloop hier met sy kano by die Neus kloofhindernis. Die tweede skof van die wedvaart is die langste en uitmergelendste en het daarmee saam die asemrowendste natuurtonele. Foto: Anena burger