Kuruman bulletin 30 oct 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

31 OKTOBER 2013

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Ploeg terug

PRES. JACOB ZUMA gereed vir ’n rit op een van die nuwe rooi trekkers wat vir die Manyeding­landbouprojek geskenk is. Die projek is deel van die regering se Fetsa Tlala­projek. Foto: Emile Hendricks

Regering reik uit na behoeftiges André Botha

SOOS groot reëndruppels wat plekplek op die Kalahari-rooisand neerplof, was pres. Jacob Zuma se woorde verlede Donderdag oor die droogte wat die Noord-Kaap reeds twee jaar teister. Maar die belofte was darem daar.

Die regering is bewus van die droogte en besef die gebied moet aandag kry en hulp is op pad. Intussen was dit eers die kleinboere van Manyeding, diep in die veld van die N14 af in Vryburg se rigting, se beurt om hulp uit die regering se hand ontvang het. Al het die hoenders, wat deel van

dié hulp is, al die meeste van hul kwota eiers vir die dag gelewer teen die tyd dat Zuma, vergesel van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, Manyeding eindelik bereik het – bykans vyf uur ná die afgesproke tyd vir die oorhandiging van die Manyeding-landbouprojek. Dit is deel van die regering se Fet-

sa Tlala-projek. Dié projek van sowat 120 ha se besproeide landbougrond van waar reeds produkte aan Pick n Pay in Kimberley en Kuruman gelewer word, is een van talle in die NoordKaap en die land waarvan die gesamentlike teiken sowat 1 miljoen ha teen 2019 is.

Benewens die landerye, is groente-beginpakke ook aan 20 huishoudings gegee, 24 nguni-beeste en 20 boerbokke aan twee huishoudings elk, en hoenders aan 10 huishoudings – die einste henne wat fluks Zuma se woorde bevestig het dat hulle tot 10 eiers per dag kan lê. Zuma het gesê spesifieke gesinne wat baie arm is, is gekies om die beginpakke en die vee te ontvang. Dit is om hulle te help om vir hulself te kan sorg. Vroeër het hy self een van die blinknuwe rooi trekkers uitgetoets deur saam te ry toe Gordon Selemogo, ’n drywer van die projek, so ’n stukkie land omgeploeg het. Patrick Tonyane, projekbestuurder, sê 159 begunstigdes van drie gemeenskappe vind by die projek baat. Altesaam 24 mense is in diens van die projek, almal plaaslik. Dit sal mettertyd tot 60 vermeerder word. Helder, silwerskoon water vir die projek kom van die Klein Oog, een van die spruite van Die Oog op Kuruman. ’n Dam met 330 000 kubieke meter water is vir die projek gebou. In die huidige boekjaar is R4,6 miljoen aan die projek bestee. Dit is ’n gesamentlike projek van die departement van landbou, die nasionale ontwikkelingsagentskap en Kumba Iron Ore. Die doelwit is dat die gemeenskap teen volgende jaar selfversorgend moet wees en die projek self met sukses bestuur. ’n Mentor van Kumba is aangestel om dit te bereik. Opleiding is ook gegee. Volgens Tonyane het die meeste inwoners tot dusver klein boerderytjies in hul agterplase gehad. Dié dor gebied was jare gelede deel van Bophuthatswana en op die terrein waar die mense van Manyeming nou met alles van grondboontjies tot kool gaan boer, is destyds, met Chinese hulp, met rys geboer. ) Lees meer op bl. 2


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Minder gaan slaap honger – Zuma André Botha PROGRAMME soos Fetsa Tlala, wat daarop gemik is om voedselsekurheid te verbeter, vervang nie transformasie van die landbousektor deur onder meer grondhervorming nie, het pres. Jacob Zuma verlede Donderdag gesê toe hy die program in die Bathlaros-stadion naby Kuruman bekend gestel het. Sowat R2 miljard is vir die projek beskikbaar gestel met die doelwit om sowat 1 miljoen ha teen 2019 vir landboudoeleindes te ontwikkel. Dit sal tussen die provinsies verdeel word. Zuma het gesê groot vordering is reeds gemaak om die aantal mense te verminder wat honger gaan slaap. Groot armoede heers egter steeds, veral in die gebiede van die voormalige tuislande.

Mense word aangemoedig om na landbou terug te keer, onder meer met groentetuine in hul agterplase. Heelwat grond lê steeds onbenut, veral in landelike gebiede. Van dié grond is deur grondhervorming bekom en kleinboere, gemeenskappe en huishoudings sal gehelp word deur meganisering, verspreiding van produksie-insette en tegniese dienste om die grond te ontwikkel. In sommige provinsies sal die fokus op vee wees eerder as groenteboerdery, byvoorbeeld in die Noord-Kaap. Die doelwitte is onder meer ’n toename in voedselproduksie en ’n toename in die beskikbaarheid van en toegang tot plaaslike voedselprodukte. Werkgeleenthede in die landbousektor moet ook geskep word.

DIE assistentbestuurder, Patrick Tonyane, maak die krane oop by die dam wat water aan die landbouprojek voorsien.

PRES. JACOB ZUMA (staande, regs) gereed om saam op die trekkers te ry.

Foto’s: Emile Hendricks


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Vroue red wees-donkievul NADAT sy ma op die pad tussen Hotazel en die Mamatwan-myn doodgery is, het ’n twee maande oue donkie vier dae stoksielalleen langs die pad by sy ma gewaak. Hy moes ook deur die voertuig gestamp gewees het, want sy een been is dik geswel en baie seer. Baie mense moes die dooie donkie en haar vulletjie langs die pad gesien het, maar niemand het gereageer nie. Totdat ’n barmhartige Samaritaan die Diersorgvereniging (DSV) van Kuruman daarvan in kennis gestel het. Ronel de Bruyn en haar dogter, Racquel, het met hul bakkie gery om die donkie langs die pad te gaan soek. Met die hulp van Louisa Pitzer en Salome du Plooy het die vier vroue die donkie agterop die bakkie getel en kon hulle hom veilig na Kurumanbring. Die donkievulletjie kuier nou alte lekker in De Bruyn se tuin en smul alte heerlik aan die

RONEL DE BRUYN van die Kuruman­ DBV saam met die twee maande oue donkie wat verlede week gered is. Foto: Verskaf

plante. Die Kuruman-DSV versoek die gemeenskap om die vereniging dadelik te bel as beseerde diere

Soek liefdevolle huis

langs die pad gesien word. Bel De Bruyn by 073-256-2059 of Engela Jeppe by 053-712-1161 of 053-712-0587.

VET FAAN benodig ’n huis. Hy is ’n reun en ongeveer 2 jaar oud. Hy is baie liefdevol en kyk hoe mooi vra hy vir ’n huis. Enigiemand wat hom wil aanneem, kontak Ronel de Bruyn by 073­256­2059 of Engela Jeppe by 053­712­1161 of besoek die DBV op Kuruman. Foto: Verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

Ilse Watson

3

RUSTIG en tevrede – die dierbare donkievulletjie wat nou rustig kan wees en gesond kan word. Foto: Ilse Watson

Een hond gered, ander nog soek Ilse Watson NADAT die Kalahari Bulletin Kuruman verlede week verslag gedoen het oor ’n man wat twee swart-en-wit hondjies by die hek van die Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman afgelaai het, kan nou verder verslag gedoen word dat die DBV-personeel dit eindelik reggekry het om die een hondjie in ’n hokkie te sit. Hy is baie oulik, maar is nog baie bang en vreemd. Gelukkig kan hy nou goed versorg word. Ongelukkig het niemand weer die ander hondjie gewaar nie.

OP 3 en 4 November bied Kumba Iron Ore ’n volle nag van musiek en vermaak aan – die aande word ten bate van Kathu Kansa se Relay for Life gehou. Dit vind op die Kathu-rugbyveld plaas en duur van 18:00 tot 07:00. Daar sal 24 stalletjies wees en van die kunstenaars wat sal optree, sluit Andriëtte Norman,

Hendrik Spangenberg en Marius Annandale in. Die toegangsgeld is R10 per persoon. Wees sonslim en dra geel vir die geleentheid.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Betyds wees dui op respek OM betyds te wees vir ’n afspraak is goeie maniere. Om nie betyds te wees nie en ook nie te laat weet ’n mens gaan laat wees nie is ’n teken van uiters swak maniere. Deesdae is almal baie bedrywig en tyd is kosbaar. Daar is net soveel uur in ’n dag beskikbaar om al jou doelwitte en mikpunte te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat goeie en doeltreffende tydsbestuur toegepas moet word. Binnekort volg tussenverkiesings in sekere dele van die Noord-Kaap. As ’n lid van die gemeenskap graag wil stem vir sy gekose persoon en party wil hy sekerlik stem vir ’n persoon wat betyds vir sy afsprake is. Maar hoe stem ’n mens vir iemand wat vyf uur laat vir ’n afspraak opdaag? Hoe regverdig is dit dat die media, plaaslike inwoners en eregaste vyf uur aan ’n lyntjie gehou word, want die gekose belangrike persoon is blykbaar op pad. So staan die media, die eregaste en lede van die gemeenskap rond in die warm Kalahari-son en -wind en wag vir iemand om op te daag. Hulle eet rooi Kalahari-sand soos die wind waai. Hulle kry warm. Hulle is moeg en dors. Maar hulle moet wag. Party mense vertrek later huis toe, want hulle is moeg gewag vir

die belangrike persoon wat blykbaar nie goeie tydsbeplanning kan doen nie. So ook het ’n hele plaaslike gemeenskap in die gemeenskapsaal van hul dorp gewag vir die president om sy opwagting te maak. Hulle het al sedert 07:00 by die saal saamgedrom. Opgewonde om die belangrike persoon te sien en om te luister na sy boodskap vir die toekoms. Later die middag het baie van die gemeenskapslede vertrek. Dit is heeltemal te verstane. ’n Mens kan ook net soveel uur vir iemand wag. Natuurlik gebeur daar soms onverwagse dinge en ’n mens se tydsbeplanning en skedule loop dalk heeltemal deurmekaar. Dan is dit nodig om die mense wat vir jou wag daarvan in kennis te stel en te laat weet jy gaan vir jou afspraak laat wees. Jou laat wees beteken verskeie mense se dag word omvergewerp en verskeie mense moet alternatiewe planne maak om die dag se take afgehandel te kry. Om laat te wees vir ’n afspraak beteken jy het nie respek vir die ander mense wat vir jou wag se tyd nie. Dit beteken ook jy ag hulle nie belangrik nie. Dit beteken ook jy het geen respek vir hulle nie.

Die Here gee vrede en gemoedsrus

John Clarke IN vandag se lewe met al die politieke woelinge, die swakker wordende rand en met die afsterwe van geliefdes of selfs wanneer ons in die liefde teleurgestel word, voel dit soms of die lewe jou onderkry. Jy begin wonder: ) Sal ek nog brood op die tafel vir my gesin kan sit? ) Soms steel hierdie dinge ons gemoedsrus en jy het geen vrede meer nie. ) Soms het jy so seer dat jy net nie vertroosting kan vind nie. In Psalm 23:4 sê koning Dawid: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee sal ek geen onheil vrees nie. Dit is ’n baie sterk stelling. Koning Dawid kom uit ’n agtergrond van skaapwagters en omdat hy self ’n herder was, merk hy sekere ooreenkomste tussen ’n herder met sy skape en ons wandel met die Here. Drie dinge staan hier uit: 1. Die Here vertroos ons deur sy voorsiening. Hy laat my neerlê in groen weivelde . 2. Die Here gee ons gemoedsrus of hy gee ons vrede. Hy lei my na waters waar daar rus is. 3.Hy verstaan my seerkry in die lewe. Hy vertroos my siel.

Die dinge het Dawid wat ’n koning was so vertroos dat hy tot die slotsom gekom het dat al gaan ons deur ’n dal van doodskaduwee ons geen onheil hoef te vrees nie. 1. Onder ons eerste punt die Here vertroos deur sy voor siening. Visualiseer die prentjie wat dit skilder van skape wat ’n oorvloed van weiding het en dat hulle nie bang hoef te wees nie. Want sien, enigiets kan vandag gebeur. Een dag is ons sterk en gesond en die volgende dag word ons dalk met kanker of ’n ander ernstige siekte gediagnoseer. Sal ons steeds in die behoeftes van ons familie kan voorsien? As ons ons hoop op God se Skrif plaas, sal hy ons neerlê in groen weivelde. 2. God gee ons gemoedsrus. Ons worstel dalk met die doen en late van ons eggenote of voel verontrus oor ’n kind wat nie rigting in sy of haar lewe vind nie. Ons slaap dalk sleg weens te veel spanning. Plaas jou bekommernisse in God se hande en laat Hy jou gerusstel, want die Skrif sê as ons wat sleg is weet om goeie dinge vir ons kinders te doen hoeveel te meer weet ons Hemelse Vader. 3. Hy verstaan jou seerkry. Miskien is ons in liefde teleurgestel. Ons ervaar die verwerping, die vernedering en die seer. Toe Jesus daar aan die kruis hang, het Hy dieselfde gevoelens ervaar. Soveel so dat hy geroep het: “My Vader, My Vader hoekom het U my verlaat?” Hy verstaan ons seer en hy wil ons troos. Mag ons vandag sy vertroosting ervaar en ook kan sê: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. ) Clarke is ’n pastoor by die Kuruman-Christengemeente.

’n BEESWAGTER en sy honde jaag hul beeste kraal toe deur die stof en sand wat oor die vlaktes buite Upington waai. In die verte begin die Kalahari brul en stoot die eerste somerreëns nader. Foto: Anena Burger

Omgekrap oor swak diens JOAN VAN WYK, Wrenchville: EK is baie ontsteld omdat die gemeenskapsaal in Wrenchville nie meer tafels vir gesellighede beskikbaar het nie. Ek het onlangs die saal vir ’n kleuterskoolgeselligheid gehuur en met die opsigter gepraat om uit te vind of daar genoeg tafels beskikbaar sal wees. Hy het ons meegedeel dat daar slegs vier tafels beskikbaar is en dat ons verder by die munisipaliteit moet navraag doen. Ek het na die kantoor van die saal gegaan om verder uit te vind oor tafels en die vroue daar het my meegedeel dat die Ga-Segonyana-munisipaliteit nie meer tafels het nie. Ek wou by hulle weet hoe hulle ’n saal kan verhuur sonder tafels en daar is vir

17/24 S/10.0

9/25 ESE/15.0

10/28 E/10.0

le se mense daarvan beskuldig word dat die tafels in hul besit is.

my gesê ek moet self ekstra tafels huur. ’n Ander vrou in die kantoor het my meegedeel dat “Wrenchville se mense” die tafels het. Wat ek wil weet, is: Hoe seker is hulle daarvan dat die tafels wel by Wrenchville se mense is? En as dit die geval is, hoekom bel hulle nie die polisie om te gaan ondersoek instel nie? Die tafels behoort nie aan die algemene gemeenskap nie, dit is die eiendom van die gemeenskapsaal. Dit is geen diens om ’n saal uit te verhuur sonder tafels en stoele nie. Die opsigter het ook belowe hy sal nog stoele bring, maar ons wag steeds daarvoor. Ek is regtig omgekrap oor hierdie swak diens en ook omdat Wrenchvil-

6/22

7/25

S/10.0

ESE/15.0 E/5.0

8/26

Die peper is in die neus Anena Burger DIT is nou maar eenmaal so dat die liewe Heer vroue geskape het om moeders te wees en mans . . . wel, mans om Saterdae die gras te sny en rugby te kyk. Ek is ’n moderne vrou in ’n moderne wêreld met ’n tikkie aardsheid wat my so ’n bietjie anders as die res maak. Ek het nie tyd in my dag om grimering te dra nie en sommige mense sê selfs dit is afskeep, maar ek het meer in die lewe om op te konsentreer as die weelde van kamoeflering. Ja, ek werk hard, soos die meeste van ons moderne vroue vandag doen. Die week was geensins anders nie. Dit was net besonder uitputtend en ek was pootuit. Gelukkig is my beter helfte ’n moderne man en neem hy darem ongeag sy eie moegheid gewoonlik net mooi in die stadium die teuels oor. Ek is in die opsig seker geseënder as die meeste vroue en moeders, want

my jaarmodel- man het ’n bonuswerking. Hy kán kook, kán skottelgoed was, kán kinders vermaak en kán die leiding neem. Wat sy handleiding egter vergeet het om te meld is dat sy kán die leiding neem-werking onder streng toesig van die verbruiker van die jaarmodel moet geskied. En dat dié werking, sonder toesig, dalk nie gekombineer moet word met die mediese versorging van kleuters nie. So gebeur dit dan dat ek myself soos ’n ou lappieskombers oor die rusbank drapeer en insluimer. My dogtertjie het ’n nare verkoue en het ’n toe neusie. Sy lê op die ander bank en kyk televisie. Ek skrik wakker van ’n hartstogtelike gehuil en kom half bedremmeld regop. My kleinding is in trane en langs haar, op sy knieë, sit die beter-

Kleuterskool baie dankbaar STERRETJIE-KLEUTERSKOOL, Kuruman: ONS kleuterskool het in April na ’n nuwe perseel verskuif. Hopelik is dit die begin van ’n splinternuwe, voorspoedige era. Ons wil graag Kumba Iron Ore vir die omheining van die skool bedank. Barlows het ons atletiekdag geborg en Pep Stores het aan ons tien komberse geskenk. Mag die genoemde instansies van krag tot krag gaan, want om ’n kind te help, glo ek, tel baie in God se oë. Sterre-dankies.

8/26 S/10

11/28 SO/10

12/31 Kalm

halfjaarmodel verbouereerd en probeer troos. Deur die waas van slaap sien ek hoe hoe hy sagkens haar neusie afvee en ek vra moederlik wat fout is. Die antwoorde wat volg, is nie wat ek verwag het nie. Al wat Sus uitkry, is: “My neusie is seer”. Sy vryf vir al wat sy werd is. Die jaarmodel, nou self ontsteld, verduidelik: “Ek kan dit nie verstaan nie man, dit is tog net peper.” Nou, kiertsregop, dink ek stil: Kophou . . . kophou, moenie nou raas nie, sy hardeskyf mag net oppak en dan is daar groter probleme. “Hoe het jy dit in haar neusie gekry en waarom?” vra ek. “Ek het dit in my vingers gehou en gesê sy moet snuif. Ek verstaan nie . . . dit het dan so goed met my gewerk. Ek wou net hê sy moes nies sodat haar neusie kan oopgaan.” Ai, Jaarmodel, wat sê ek dan vir jou met ’n treurende kleuter op my skoot? En daar raak ek histeries aan die lag. “As jy enigeen hiervan vertel, sal ek jou nooit vergewe nie,” kom dit knorrend van sy kant af. Maar die koeël is deur die kerk, of sal ek sê die peper is reeds in die neus?


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

5

Nicole finalis in kompetisie NICOLE SMALL (6) is aangewys as een van 27 finaliste in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie. Nicole is die dogter van Nicky en Tanya Small van Kathu. Dié kompetisie, vir meisies van vier tot agt jaar, word jaarliks saam met die Little Miss South Africa-kompetisie,vir meisies van nege tot 12 jaar oud deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association for Talent, Modelling and Entertainment – SAATME) aangebied. Nicole is ’n gr. O-leerling aan die Laerskool Cum Laude op Grootdrink en woon by haar oupa en ouma, Neels en Magda Small. Dit is juis haar ouma wat haar inskryf en ondersteun om aan skoonheidskompetisies deel te neem en om so haar selfvertroue en lewensvaardighede op te bou. Little Miss South Africa is nie die eerste skoonheidskompetisie waaraan Nicole deelneem nie. Sy was ’n finalis in die plaaslike skoonheidskompetisies, Miss Little Me (2011) en Miss Twinkle Star (2012), wat

deur Fransolien du Plessis aangebied is. In 2011 en 2012 was sy ook ’n finalis in die Mej. Roosknoppie-kompetisie wat deur Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, aangebied word. Nicole sê sy is baie lief vir blomme en doen graag pragtige rangskikkings. Nicole sal die naweek van 8 en 9 November in Pretoria aan die finale beoordeling en kroningsgeleentheid deelneem. Die beoordelaars sal met al die finaliste onderhoude voer en hulle sal die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken. Elke finalis moet vir elke ander finalis ’n klein geskenk saambring. ’n Prys word aan die finalis toegeken wat die kreatiefste geskenkies gee. Die naweek beloof om vol pret en plesier te wees, met hope geleentheid om nuwe vriende te maak en vaardighede te ontwikkel. Die kompetisie gaan nie net oor die pryse wat gewen kan word, soos juweliersware, haarprodukte en tasstelle nie, maar oor die skep van geleenthede om te groei en oor die pragtige herinnerings wat die meisies en hul gesinne nog lank sal bybly.

DIE Mispa­kinderhuis het ’n skenking van Tops at Spar ontvang. Hier is Mark Robinson, besturende direkteur van Tops at Spar, Deon en Hes­ ter Niewoudt van die Mispa­kinderhuis en Herman Cruywagen van die Orange River Cellars. Foto: Retha-Marie Hall

Kinderhuis verbeter met geldskenking Anena Burger

NICOLE SMALL van Grootdrink gaan eers­ daags aan die Little Miss Petite South Afri­ ca­kompetisie waarin sy as ’n finalis is, deel­ neem. Foto: Verskaf

DIE jaarlikse Tops-Orange River Cellars-wynkompetisie is op 23 Oktober aangebied. Elke jaar kies Tops at Spar ’n instansie wat die onderneming geldelik ondersteun. Die Mispa-kinderhuis op Keimoes het vanjaar ’n skenking van dié groep ontvang. Die skenking van R50 000 sal die kinderhuis, wat geen staatsubsidie ontvang nie, help om verskeie verbeterings aan te bring om die lewensgehalte van die kinders te verbeter. Verskeie kinders in die Mispakinderhuis is MIV-positief en ontvang daagliks medisyne. Die kinderhuis neem ook kinders in sy sorg wat mishandel is. Van die kinders is so erg mishandel

dat hulle bedlêend is. Die jongste seuntjie wat ingeneem is, was net drie maande oud toe hy op straat gevind is. Hy is nou ’n gelukkige tweejarige kind. Deon en Hester Niewoudt, eienaars, werk onverpoos om die lewe van dié kinders te verryk. Die Nieuwoudts sê hulle wil die skenking gebruik om badkamers vir die nuwe vleuel van die kinderhuis te bou. Dié vleuel is deur die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) moontlik gemaak. Hulle beplan ook om ’n kliniek in die gemeenskap op te rig vir kinders wat MIV-positief is. Daar is nuwe regulasies in die Kinderwet waaraan die kinderhuis teen 2015 moet voldoen en hulle wil van die geld daarvoor gebruik.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Stuur jou koerantfoto’s só

DIE NG Moedergemeente Kuruman (op die hoek van Kerk- en Acaciastraat) hou op 1 en 2 November ’n Kersmark. Die tye vir 1 November is van 17:00 tot 20:00. Die tye vir 2 November is van 09:00 tot 14:00. Daar is nog stalletjies beskikbaar. Skakel 071-1263523 vir meer inligting.

DIE Kalahari Bulletin het sekere voorwaardes vir wanneer die koerant foto’s gebruik. Die koerant ondervind egter baie probleme met skole en instansies wat foto’s stuur. Hier is die riglyne: ) As daar meer as 15 mense op ’n foto verskyn, benodig ons nie die name en vanne van elkeen nie. ) As daar minder as 15 mense op die foto verskyn, benodig die koerant elkeen se naam en van (verkieslik nie net die voorletter nie). Ons gebruik nie mnr. of mev. nie – ons gebruik net titels soos adv., ds. en dr. (wanneer van toepassing). ) Wanneer die name verskaf word, moet dit vir die koerant gestuur word soos die mense op die foto van links af verskyn en die koerant benodig Piet Pompies, Jannie van der Walt en Saartjie Claassen. Mnr. Pompies is verkeerd. ) As daar meer as een ry mense is, moet die voorste ry eerste en van links aangedui word, dan die middelste ry en dan die agterste ry. ) Foto’s moet ook verkieslik 1 MB of groter wees. Stuur jou foto’s aan die verskillende kantore soos volg: Upington: Anena Burger staan in vir Lizette Slabber tot die einde van die jaar. Stuur ’n e-pos aan lizette.slabber@volksblad.com; Benneli Olivier van der Walt is in die Kathu-omgewing en haar e-pos-adres is benneli.vdw@volksblad.com en vir die Kuruman-omgewing se nuus skryf aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com.

KLEIN Lisa Lee (5) neem foto’s vir die Kalahari Bulletin. Sy gaan seker maak dat sy almal se name en vanne (korrek gespel) vir die Kalahari Bulletin kry en stuur. Sy weet ook dat almal op die foto in fokus moet wees en dat sy onnodige agtergrond­gemors moet uitskakel. Foto: Anena Burger

Naam vir aandkleur Anena Burger

Sterkte, matrieks DIE Kalahari Bulletin wens al die 2013-matrieks ’n suksesvolle eindeksamen toe. Voorspoed met dié belangrike eksamen. Lekker leer en lekker skryf.

HET jy al ooit gewonder oor ons pragtige pienk en blou kleurskema op die horison in die Kalahari wanneer die son sak? Dit het in der waarheid ’n naam. Prof. Anne Rasa van Kalahari Trails sowat 35 km van die Kgalagadi-oorgrenspark verduidelik: “Die wonderlike verskynsel kan jy die beste sien oor plat landskappe. “Kyk teen sononder na die ooste en sien die bande van kleur in die lug. Dit word Venus se gordel genoem. “Die donkerblou band aan die onderkant is die skaduwee van die aarde teen die laer atmosfeer. “Die pienk groep daar bo is die laaste strale van die on-

VENUS SE GORDEL soos waargeneem in die Kalahari deur prof. Anne Rasa van Kalahari Trails. Foto: Prof. Anne Rasa dergaande son wat teen die boonste atmosfeer reflekteer. “Bo dít is die lug in ligblou

getooi.” Hierdie verskynsel word die beste in die Kalahari en Noord-Kaap waargeneem.

Wees ons oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Die Kalahari Bulletin se nuwe webwerfontwerp bied geleenthede vir iedereen om ’n burgerjoernalis te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, nuuswenke, misdaadvoorvalle en ander nuus op die webwerf te laai. Burgerjoernaliste se oë en ore is waar verslaggewers nie altyd kan wees nie én hulle weet wat lesers se harte vinniger laat klop. Daar is net beperkte plek in die gedrukte koerant vir nuus, daarom is al die nuus nie altyd in die gedrukte koerant nie. Aan die web is egter geen einde nie. Alle gemeenskaps-

nuus kan hier gelees word, met foto’s, video’s en interaktiewe meningspeilings. Op die nuwe webwerf sal die nuutste storie eerste verskyn. Vir diegene wat eiendom wil huur of koop het die nuwe webwerf ’n eiendomsafdeling. Verder gee die Kalahari Bulletin se mobisite toegang tot die koerant op ’n selfoon. Besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of op ’n selfoon by kalaharibulletin.mobi.

BMW 3 Series 316i

www.bmw.co.za/ 316i

ACCELERATE YOUR DRIVING EXPERIENCE. Experience the true driving pleasure of the BMW 316i sooner than you think. The smooth 8-speed automatic transmission delivers all the performance of the powerful four-cylinder BMW TwinPower Turbo engine, effortlessly. Step into a world of exhilaration and efficiency today. For more information go to www.bmw.co.za/316i or contact your BMW dealership.

DRIVE A NEW BMW 316i AUTOMATIC FROM ONLY R4 999 PER MONTH WITH NO DEPOSIT. 5.8 l/100 km 100 kW

IRELAND/DAVENPORT 73946

BMW 316i Automatic Monthly payment

R4 999

No. of installments

59

Total cost to customer (Excl. all fees)

R442 515

Interest rate

5.60%

Customer deposit

R0

Balloon payment (40%)

R147 574

This offer is available through BMW Financial Services South Africa (Pty) Ltd, an authorised financial services and registered credit provider NCRCP2341. Valid until 30 November 2013, subject to availability. 59 installments and a balloon payment linked to the prime rate of 8.5% at a total cost of R442 515. Excludes initiation fee and monthly service fee. Rate may vary if price differs from example shown in the table. Terms and conditions apply. BMW 3 Series with optional Sport Line shown.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Leerlinge toon hul tennistalent DIE Laerskool Op die Voorpos se interskole-tennistoernooi het van 17 tot 19 Oktober plaasgevind. Die toernooi het baie talentvolle spelers van oor die provinsie heen gelok.

Die Laerskool Oranje-Noord, die Laerskool Kathu, die Laerskool Sentraal op Kakamas, die Laerskool De Aar en ook die Laerskool Op die Voorpos het aan die toernooi deelgeneem.

Spelers is vir hul goeie spangees en deursettingsvermoë beloon. Albert Van Niekerk het die seun van die toernooi-prys gewen vir Op die Voorpos se span en Elana Badenhorst die meisieprys. Elke span kon ’n seun en meisie aanwys wat in hul span aan die vereiste voldoen het.

HIER is Albert van Niekerk wat die seun van die toernooi­prys vir op die Voorpos gewen het, saam met Gerrit Brand.

MIEKE ENGELBRECHT van die Laerskool Sentraal op Kakamas het die mei­ sie van die toernooi­prys vir haar span verower. Gerrit Brand van BB Spares, een van die hoofborge, oorhandig hier haar prys.

DIE Laerskool De Aar het met die louere weggestap. Hier is Louis van der Walt, die spanbestuurder, met die wisseltro­ fee by Annalisa Nieuwoudt. Foto’s: Verskaf

Inwoners kan deel van video wees Ilse Watson HENDRIK SPANGENBERG, ’n plaaslike sanger van Kathu, gaan eerskomende naweek sy eerste musiekvideo vir sy album Sal jou onthou! opneem. Die snit waarvoor die musiekvideo gemaak word, is deur hom en Pierre Rossouw van Die Sanger geskryf. Die liedjie se naam is Solank jy myne bly wat reeds gewild op die radio is. Stefan Louw van Koringkriekproduksies is die vervaardiger en gaan die man agter die kamera wees. Louw het al saam met kunstenaars soos Elizma Theron, Gerhard Steyn, Oros in ’n Lang Glas en Ricus Engelbrecht gewerk.

SO lyk die nuwe CD. Foto: Verskaf Wanneer die video klaar vervaardig is, gaan dit na kykNET Musiek en JukeBox, ’n musiekvideoprogram van dié kanaal, gestuur word. Spangenberg nooi inwoners van Kathu en belangstellendes van omliggende dorpe om deel te wees van hierdie projek.

Dit gaan op Sondag 3 November om 19:00 op die Hoërskool Kathu se rugbyveld plaasvind. Belangstellendes moet reeds om 18:00 daar wees. Hulle kan ’n kombers, stoel of kussing saambring en ’n piekniekmandjie met eet- en drinkgoed. Die volgende streng reëls geld: ) Geen vergoeding word aan kykers aangebied nie. ) Almal moet asseblief self tot by die veld kom. ) Geen videokameras word toegelaat nie. ) Geen klankgrepe of foto’s mag tydens die verfilming geneem word nie. ) Persone betree die eiendom op eie risiko en is vir hul eie koste verantwoordelik.

Leerlinge onderneem hul laaste laerskooltoer Ilse Watson DIE gr. 7-leerlinge van die Laerskool Seodin het vir oulaas, voordat hulle die hoërskoollewe aanpak, lekker saamgekuier. Hulle het ’n agt dae lange toer na onder meer Oudtshoorn, Hermanus en Kaapstad gehad. Eerste op hul besoek was die Kango-grotte. Daarna het hulle na Hermanus vertrek waar hulle na walvisse gekyk het en ook op Santos-strand geswem het. Hulle het ook die ou hawe op Hermanus besoek.

DIE huis in Kokerboomstraat op Kathu waar ingebreek is.

Hulle het die pragtige Kaapstad van hoek tot kant besoek. Hoogtepunte was Tafelberg, die akwarium en die planetarium. Opgehoopte energie het verdwyn met besoeke aan plekke soos Cool Runnings en ’n inkopie-uitstappie na die Tygervallei-sentrum. Nog ’n groot hoogtepunt was die busrit op Kaapstad se topless-busse en hulle het ook rugby op Nuweland gaan kyk. Die leerlinge is dit almal eens dit was ’n onvergeetlike toer.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Diewe hou glo vrou dop, slaan toe Benneli Olivier Van der Walt ESTELLE JANSE VAN RENSBURG van Kathu het Maandag ’n nare verrassing gekry nadat sy haar kinders

by die skool afgelaai het. Omstreeks 07:00 is in haar huis in Kokerboomstraat op Kathu ingebreek. Sy het dié ontdekking gemaak nadat sy van die skool af teruggekeer het. “Ek vermoed dat die boos-

wigte my dopgehou het toe ek skool toe gery het. “Hulle het toegang tot die huis verkry deur die skuifdeur in die hoofslaapkamer oop te breek,” vertel Janse van Rensburg. ’n Skootrekenaar, twee

tablette en DVD-spelers is gesteel. Hulle het ook juweliersware, ’n videokamera en twee digitale kameras gebuit. ’n Saak van huisbraak is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Kathu geopen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

DIE Hoërskool Duineveld en die Serfontein­ tennisakademie sal op 9 en 10 November aan die Kloppers Masters Cup­toernooi in Bloem­ fontein deelneem. Hier is van links Ané Dippe­ naar, Tiaan Serfontein (afrigter) en Duncan McGregor. Foto: Verskaf

Tennis hier só ontwikkel ’n JAARLIKSE ontwikkelingstennistoernooi is verlede Vrydag by die Hoërskool Duineveld gehou. Die toernooi is deur Tiaan Serfontein van die plaaslike Serfontein-tennisakademie aangebied. Die deelnemers was Marisa van Heerden, Liamie Smith, Jane Knoesen, Michane Lombard, Janel van der Merwe, FP Smit, Juan Pretorius, Cobus van Zyl, Calvin Rheeder, Theo Visser en Gerbe Becker.

Presteer op proewe WILLERS VENTER het gesamentlik derde in die Noord­Kaapse skaakproe­ we in die o.20­afdeling geeïndig. Hy is ’n gr. 9­leerling aan die Hoërskool Duine­ veld. Foto: Verskaf

DIE Maart­bladsy van Volksblad se 2014­ka­ lender.

Pragkalender te kry ’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Perdeskou vir welsyn gehou Anena Burger GELD is vanjaar weer op die jaarlikse Upington-saalperdseksieskou vir liefdadigheid ingesamel. In die Charity fun run kan ruiters op enige perd ry en dit hoef nie noodwendig ’n saalperd te wees nie. Ruiters moet met hul perde aan ’n verskeidenheid nommers, byvoorbeeld musical chairs, deelneem. Sou ’n ruiter by ’n nommer uitval, kan hulle hul plek in die kom-

petisie terugkoop. Die toeskouers raak deel van die verrigtinge wanneer die ruiters hulle betrek deur ’n ieder en ’n elk vir ’n bydrae te vra sodat hulle terug in die kompetisie kan kom. Attie Koen van Clarens bied die afgelope paar jaar hierdie geleentheid met groot sukses aan. Dié ruiter het verlede jaar met sy entoesiasme en liefde vir perde het ’n bedrag van R5 000 ingesamel. Die bedrag is vanjaar voor die afskop van die Charity fun run aan

die Oranjehof-ACVV-ouetehuis oorhandig. Vorige jare is die geld aan die Kestell-kinderhuis geskenk, maar sedert 2012 word alle donasies aan die plaaslike instansies geskenk. Vanjaar is altesaam R9 300 ingesamel. Tydens die Upington-saalperdseksie se jaarvergadering in November sal besluit word aan watter instansie die geld geskenk gaan word. Die geld sal op die volgende skou oorhandig word.

TANNIE MAGRIET is 102 jaar oud en die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Hier is sy saam met Marica Loots, die hoofmei­ sie, en die onderhoofseun, Darryl de Wee. Agter haar is Vollie Vollgraaf. Foto: Verskaf

Op 102 oudste oudleerling TANNIE MAGRIET LUBBE, gebore op 30 September 1911, is ’n hele 102 jaar oud en is ook die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Daarom het die skool besluit om haar op haar verjaardag te verras en met so ’n groot mylpaal geluk te wens. Op 11 Oktober het die hoofmeisie, Marica Loots, en die onderhoofseun, Darryl de Wee, namens die skool en leerlinge ’n ruiker aan haar oorhandig. Verskeie van die Oranjehof-ouetehuis se inwoners, asook tannie Magriet se dogter Marietjie Ehlers, en Vollie Vollgraaff, wie se idee dit was, was met die gelukwensing teenwoordig.

Tannie Magriet het haar skoolloopbaan in 1931 aan die Hoërskool Upington begin en in 1932 hier gematrikuleer. Sy het verskeie interessante staaltjies vertel oor haar tyd by haar alma mater en so ook oor haar koshuisdae. S.C.J. van Niekerk was die skoolhoof toe sy in die skool was. Tannie Magriet onthou veral een van haar klasmaats, Ella Steenkamp. Sy het tydens haar skoolloopbaan aan tennis en “basketbal” (netbal) deelgeneem. Ná skool het sy haar as onderwyser bekwaam en het onder meer op Garies en Vollgraaffsig skoolgehou. Die Uppies-familie salueer tannie Magriet – ’n goeie vrug van die 1932boom.

ARMAND “Die singende cowboy”, Pet Taljaard, Michael van der Westhuizen(voorsitter van die Upington­saal­ perdseksie) en Marie Crafford (Oranjehof­ACVV­ouetehuis) Foto: Verskaf

Tennisspan eindig met silwer VYF seuns en vyf meisies van die Hoërskool Upington se eerste tennisspan het aan die WintershoekWild-Diamantveld-uitnodigingstoernooi in Kimberley deelgeneem. Die seuns (wat die verdedigende kampioene was) het hulle baie goed van hul taak gekwyt en kon daarin slaag om al hul uitspeelwedstryde te wen. Hulle het bo in hul groep geëindig. Daarna het hulle teen die Hoërskool Duineveld gespeel en met hul oorwinning ’n plek in die eindronde verseker. Die opponente, die Hoërskool Noord-Kaap, het dit egter geklop en Uppies het ’n silwermedalje vir die tweede beste span op die toernooi gewen. Die meisies het teen die Hoërskool Duineveld gewen en sodoende in die sewende plek geëindig.

Van links is, voor: Rozelle van Niekerk, Jana Becker, Christine Becker en Salomé Hanekom; middel: Piet van Rensburg, Gustav Loots, Gert Rup­ ping, Francois Joubert en Johann Joubert; agter: JB Giliomee en J­Ell Slab­ bert.

Vyf Uppies kolf vir Griekwaspanne VYF van die Hoërskool Upington se krieketspelers is vir verskillende Griekwaspanne gekies. Franco Swart is gekies vir die o.19-Griekwakrieketspan wat in Desember aan die Coke-week in Durban gaan deelneem.

Rikus Pretorius, Johan van der Ryst, Mario Zacharia en Shaquille Cloete is vir die o.15- Griekwakrieketspan gekies en sal in die Desembervakansie aan Krieket Suid Afrika se o.15-kriekettoernooi in Johannesburg deelneem.

RIKUS PRETORIUS, Shaquille Cloete, Johan Van der Ryst en Mario Zacharia.

Foto’s: Verskaf

Spel ’n derde plek los in spelfees ELANI STRYDOM (gr. 9) en Lara Barnard (gr. 8) het op Saterdag 19 Oktober aan die Woorde Open Wêrel­ de­ (WOW) spelfees se nasionale kampioen­ skappe aan die Univer­ siteit van Stellenbosch (US) deelgeneem. Leerlinge van oor die land heen van gr. 1 tot gr. 10 het spelsake uit­ gespook. Elani het eindelik die derde plek in die gr. 9­afdeling landwyd behaal.

FRANCO SWART

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Topleerlinge vereer Ilse Watson DIE Laerskool Kuruman het verlede week die derde kwartaal se tien topleerlinge in elke graad se name bekend gemaak. Omdat die skool ’n parallelmedium-skool is, word die twee taalgroepe waarin die leerlinge onderrig word, geskei wanneer die top-10 bepaal word. Die volgende groepe is ook bekend gemaak: Graad 4B en C: Katlego Pule, Rorisang Mothibatsela, Molebogeng Modirapule, Jannatul Ferdous (toppresteerder), Palesa Matsobane, Sharon Mbam, Emma-Jean Stander, Tumisang Tikane en Ntlafatso Voorman. Graad 5B en C: Nonofo Moremedi, Lebo-

11

gang Mabele, Leungo Baikai, Mungefeni Gazua (toppresteerder), Rowana Mutsharini, Moroke Sejake, Matlhogonolo Maleka, Dintle Sepalamelo, Letlotlo Mmolawa en Kutlo Borake. Graad 6B en C: Chazimula Moyo, Jamila Ali, Hope Jony, Kagontle Tsogang, Tumisang Mofontine, Zanele Martin, Amogelang Mogatle, Thami Dapula, Tsholofetso Malebogo (toppresteerder) en Bonno Jantjies. Graad 7B en C: Ofile Moepedi, Nolly Motlhabi, Kayla Klaaste, Bongi Nyosi, Denilson Dennis, Tumelo Pitse, Kiana McLoughlin (toppresteerder), Pelonomi Mokwena, Kutlwano Botsime en Tshireletso Malatsi.

DIE tien topleerlinge van gr. 4A. Van links voor, is: Anz­Lee Eilerd, Georgia Renoster, Kobus Benson, Keisha McCarthy en Andrea Brundyn (toppresteerder); agter: Razia Francis, Leané Jor­ daan, Zander van Vuuren, Elné de Klerk en Ché­lyn Gower.

DIE tien topleerlinge in gr. 6A. Van links is, voor: Charlize Casper, Ilse van der Westhuizen, Marné Visser, Petrus Venter en Samantha Majiedt; agter: Reuel Freund, Elré Strauss, Chené Lerm, Ricardo Farinha en Braam Wiid (toppresteerder).

DIE tien topleerlinge van gr. 5A. Van links is, voor: Gareth Blake, David Bezuidenhout (toppres­ teerder), Stefan Bester en Cheré Voster; agter: Maurice Martin, Mariska Human, Jové van Zyl, Chanté Roberts en Gehan Venter. Adri Judels was afwesig. Foto’s: Verskaf

GR. 7A se tien topleerlinge. Van links is, voor: Jemima van Schalkwyk, Rize Eilerd, JJ de Klerk, Eaghan Coetzee en Jo­Anne Mouton; agter: Kayla Jordaan, Zelmari Ekkerd, Edré­Leigh Valtyn, Jaco Gregory (toppresteerder) en Sharnaé du Plessis.

QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE DULUX BERGERMASTER NUKOTE PVA

DURAM WALL & CEILING PVA

PAINT

124.95

184.95

White 20 Litres

20 Litres Various Colours

SKU: 5063

SKU: Various

379.95

599.95

DURAM NS4 Black, Grey, Red 1 Litre SKU: 301910/2/4

PAINTING TIP

99.95 5 Litres

20 litres PVA will paint a 60m room on a double coat, or 160m 2 surface area on a single coat 2

SKU: 301911/3/5

408.95

PAINT CUB BRUSH SET

SKU: 5062

SKU: Various

TILING

PAINT PRODUCTS

White 5 Litres

5 Litres Various Colours

3pc

SKU: 301788

BEE PAINT BRUSH SET

40.95

ALOE RANGE FLOOR TILE Cotta

Ceramic 35 x 35 • 2m 2 Cotta, Bone, Grey

Bone

SKU: 300326/7/8 Price per m 2

Grey

3pc 25+38+50mm

SKU: 301813

62.95

CLIVIA RANGE WALL TILE

35.95

Ceramic Wall Tile 20 x 25 • 2m 2 Beige, Grey

Grey

SKU: 300228/9 Price per m 2

Beige

64.95

SHOWERS

GARDEN TOOLS

PIVOT SHOWER DOOR WHITE

TAPS

Clear Glass 900 SKU: 628552

POLY WHEELBARROW SKU: 300133

519.95

1 174.95

Excluding drip tray & side panel

ISCA LERATO LE PILLAR TAP 15mm BLUE

174.95

SKU: 302009

ISCA LERATO SINK MIXER LE Wall Type SABS SKU: 302006

LASHER DIGGING SPADE SKU: 880

119.95

LASHER ROUND NOSE SHOVEL SKU: 880

149.95

LASHER GARDEN FORK SKU: 883

199.95

TRIMATIC SHOWER DOOR

LASHER CONCRETE WHEELBARROW SKU: 914

459.95

Obscure Glass 900 NAT SKU: 101113

1000 NAT SKU: 101114

VALID UNTIL SUNDAY 24 NOVEMBER 2013 62102 WK18 • REDWORKS Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

1 334.95

552.95

ISCA LERATO BATH MIXER LE Wall Type 15mm SKU: 302005

1 549.95

203

824.95

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

FOKUS OP (053)-ENTERPRISES

Iets vir almal IN die Kalahari is dit ’n gegewe dat jou motor gedurig vol stof en vuil is. Terwyl jy dit by (053)-Enterprises laat was, kan jy onder die groot kameeldoringboom met ’n yskoue koeldrank en kos van die Mini-kafee ontspan. Daar is ook ’n glyplank vir kinders. ’n Gemaklike en gesellige atmosfeer heers en die eienaar, Hennie van Zyl, en sy personeel laat jou soos ’n ou bekende voel terwyl jy daar kuier. Die motorwassery en ander dienste is van Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 16:00 beskikbaar. Dit is ook op elke eerste en laaste Saterdag van die maand oop. Indien jy raad-op met ’n geskenkie vir jou geliefde of vriende is, kan jy ook dit by (053)-Enterprises oplos – hier is geskenkbewyse vir al sy dienste beskikbaar. Vir meer inligting bel Van Zyl by 079-128-1597.

Bied verskeie dienste Ilse Watson

BY (053)-Enterprises, geleë in die nywerheidsgebied van Kuruman, is daar verskeie dienste vir jou motor om van te kies. Een van die nuwe dienste is om jou motor te beveilig teen inbrake. Daar is geruime tyd baie probleme op Kuruman met motorruite wat uitgeslaan word. Die bestuurders se aandag word deur booswigte afgetrek wat voorgee om te bedel of om iets aan jou verkoop. Terwyl die een met jou gesels, slaan sy makker die ruit aan die anderkant uit en jou goedere word sodoende vinnig gesteel. By (053)-Enterprises kan jou motor se ruite nou beveilig word deurdat veiligheidsmateriaal daarop aangebring word. “Die afgelope twee maande het ons baie kliënte gehad wat die beveiligingsmateriaal laat aangebring het. Mense moet voorsiening maak vir inbrake en hulself en hul gesinne teen die booswigte beskerm,” sê Hennie van Zyl, eienaar. “Ons gebruik Llumar. Dit is baie sterk en enigiemand wat ’n ruit wil stukkend slaan, gaan baie lank sukkel om suksesvol te wees.” Die personeellede van (053)-Enterprises is ten volle gekwalifiseer om dié dienste te verskaf. Llumar word vir sewe jaar gewaarborg. Die onderneming verhuur ook sleepwaentjies en een van die nuutste dienste is die versiering van jou huis se ruite. ’n Verdere diens wat verskaf word, is die skoonmaak van hoofligte waar die aanpaksel (weens baie stof en kalkwater) verwyder word. Ligte word ook met die hand gepoleer. Daar is verskeie opsies beskikbaar om jou hoofligte weer nuut te kry. Kliënte kan ook die binnebak van hul bakkies met rubber-materiaal laat uitvoer en seël. Hierdie materiaal beskerm die bakkie

BY (053) Carwash and Valet Centre kan jy nie net jou motor laat was nie, die onderneming lewer ook verskeie ander dienste aan kliënte. Kinders kan op die glyplank speel terwyl ouers ’n koppie koffie onder die kameeldoringboom geniet. Foto: Ilse Watson teen krapmerke en algemene slytasie. Daar is verskeie rubbervoerings om van te kies: 3 mm en 5 mm (053)-Enterprises se personeellid wat die rubber-seëling doen, het ses jaar ondervin-

ding hiervan. Dit is ook baie gerieflik om jou motor by (053)-Enterprises te laat was. Daar is verskeie motorwaspakkette om van te kies.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Rooi Koos ’n man van sy woord Ds. Schalk Theart ROOI KOOS van Vanrhynsdorp was ’n man wat die daad by die woord gevoeg het. Dit wat hy gesê het, sou hy doen. Nie dat sy voornemens altyd goed deurdag was nie. Hy kon soms op die ingewing van die oomblik ’n besluit neem wat hom duur te staan kon kom, maar as hy sy woord aan jou gegee het, het hy daarby gehou, buig of bars. Vroeg in die jaar 1900 het Rooi Koos sy mondigwording gevier. Ons weet nie of dit hy self was wat gepraat het en of dit die mampoer was nie, maar die aand het hy op ’n tafel gespring en luidkeels aangekondig: “Rooi Koos belowe nou vanaand vir julle daar sal nie ’n skeermes of ’n skêr op my baard of hare kom voordat al die verdomde Engelse nie uit die land geboender is nie”. Rooi Koos is ’n man van sy woord. Hy het nooit vergeet wat hy daardie aand in sy dronkenskap aan die volk belowe het nie. Niemand het dit ooit nodig geag om hom aan sy voorneme te herinner nie, want hulle het aan sy voorkoms gesien hy bedoel wat hy sê. Netheid was nou nie iets wat hoë voorkeur in die Boerekommando’s gekry het nie, hoofsaaklik omdat daar in die stryd om oorlewing nie nog tyd en energie was om daaraan aandag te gee nie. As jy nog van die soort mense was wat gepruim of gesnuif het, en jy neem jou voor om baard en snor na willekeur te laat gedy, was dit maar ’n aardige gesig. Het Rooi Koos dan nooit aan die vryersnooiens gedink nie? Wie sal nou vir so ’n woeste baard, snor en boskasie kans sien as jy nou in die maanskyn wil handjies vashou en nog

proppers vry ook? Rooi Koos was te manhaftig vir sulke vryerspraatjies. Hy was ’n man vir die manne. En tussen die manne kon hy grootpraat en kort daat wees. Die stryd teen die Kakies het voortgeduur en hy was een van die veldkornette in Gen. De la Rey se kommando. Rooi Koos was elke dag op sy pos. Die rooistofwarrelwinde van die knersvlakte saam met die snuifstof en bruin pruimsop het die boskasie na iets verskrikliks laat lyk. Saans wanneer Rooi Koos effens onder die invloed vroeg in die tent aan die slaap geraak het, het sy kamerade hom letterlik met ’n staalborsel geroskam. Soggens het Rooi Koos gekla sy baard voel so skrynerig en sy kop voel asof dit in ’n houtklamp was. So was Rooi Koos skuins voor sononder op wagdiens om die Engelse spioene uit te oorlê. Met sy grys Arabierperd, Kolbie, het hy aan die onderpunt van die Bokveldsberg geskuil. Die Boere het hoog op teen die berg met ’n goeie uitsig oor die knersvlakte kamp opgeslaan. So bang soos wat ’n Engelsman kan wees, het een fluit-fluit en al pratende met homself in een van die rivierlopies opgeloop gekom. Hy het homself probeer oortuig hoe hy die boere gaan uitoorlê. Dié Kakie se uniform was twee nommers te groot en sy staalhoed het laag in sy nek gehang. Rooi Koos het sy skimmelperd op ’n galop getrek en met sy middelvinger die Kakie so agter sy nek gehaak en die perd op ’n galop gehou tot by Generaal Koos se tent. Daar het die generaal beveel die Kakie moet verhoor word. Verslae, wit geskrik en rooi van die stof het die soldaat op ’n veldstoeltjie gaan sit. Nadat een van die kapteins die klag van hoogverraad voorgelees het, het die krygsgevangene sy hand opgesteek en gevra: “General, I know I am a prisoner of war and I know I have not any rights in this country. But, please, can I ask you one thing: What caught me?”

Keer melanoom met die wenke

Yolandi van Deventer MET die somer byna hier en die son wat weer in die warm Kalahari-streek gaan neerskroei, kruip al wat ’n mens is uit en slurp die son op. Ná die koue probeer almal hul hart en siel ontvries. Mense geniet ook die lieflike braaidae en somerson vir allerlei kaskenades. Hoewel sonlig goed is vir die liggaam en gees, moet mense teen te veel son waak. Dit sluit aan by vandag se onderwerp: melanoom, beter bekend as velkanker. Melanoom is ’n minder algemene soort velkanker, maar dit is baie gevaarliker, veral wanneer dit nie vroeg opgespoor word nie. In vroue kom melanoon algemener op hul bene voor, terwyl dit by mans eerder op die rug voorkom. Suid-Afrika het ’n hoë melanoomvoorkoms en dit hou regstreeks verband daarmee dat mense gereeld aan skadelike UVstrale blootgestel word. Dit is weens die warm klimaat. Melanoom kan behandel word deur die chirurgiese verwydering van die gewasse, chemoterapie en/of bestraling. Wat die gepaste behandeling is, hang van die omvang van die kwaadaardigheid af en

of dit reeds versprei het. Wanneer melanoom betyds opgespoor word, bestaan daar gelukkig goeie kanse om volkome te herstel. Gevaartekens sluit die volgende in: ) Die verandering in die vorm of kleur van bestaande moesies (velverkleuring). ) In later stadiums van die siekte kan moesies jeuk of bloei. Vroeë tekens van melanoom kan só uitgeken (en met dié maklike afkorting onthou) word: A vir a-simmetrie: Die een helfte van die moesie lyk nie dieselfde as die ander helfte nie. B vir border of grens: Die moesie het oneweredige kante. C vir colour of kleur: Daar is kleurverskille op die moesie. D vir diameter of omtrek: Die moesie is te groot wanneer die deursnee meer as 6 mm is. E vir evolving of verander: indien die moesie se voorkoms oor tyd verander. Gevaarliker soorte melanoom: E vir elevated: Die moesie kan uitstaan en nie gelyk met die veloppervlak wees nie. F vir firm of ferm: Die moesie kan ferm voel teenoor ander wat sag voel. G vir growing of groei: Die moesie sal groter word. Melanoom kan voorkom word deur nie in die son te lê nie en op die manier UV-bestraling te verminder. Mense moet probeer om sonbeddens te vermy, en om daagliks sonbrandroom aan te wend en son beskermende klere (soos byvoorbeeld ’n hoed en langmouklere) te dra. As algemene riglyn moet mense tussen 09:00 en 15:00 uit die son bly. Skole kan betrokke raak deur meer bome op hul speelterreine aan te plant en skadunette op te rig wat leerlinge pouses teen gevaarlike UV-strale kan beskerm. Wanneer ’n mens enige verandering aan ’n bestaande moesie sien of nuwe velletsels opmerk waarvan die oorsprong onseker is, moet hy of sy dat ’n geneesheer dit dadelik ondersoek. ) Gesondheidsnuus deur die Mediclinic Kathu.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Smul alte lekker in tuine DIT is nie vreemd nie om beeste (en ook ander diere soos donkies en skape) in jou eie tuin aan te tref nie. Die beeste het Saterdagoggend in die verslaggewer se tuin rondgeloop en aan die druiweprieel (en enige ander blare wat hulle aantreklik gevind het) gepeusel. Hulle loop in die woonbuurte rond. Hoe gebeur dit en aan wie behoort hulle? Mense met inligting kan gerus met die Kalahari Bulletin in verbinding tree. Foto: Ilse Watson

Learners awarded for hard work Ilse Watson THE gr. 12 pupils of the Wrenchville High School were recently awarded for their hard work and dedication during the year. This was a joint event held by the school and the local UCCSA. This was

to motivate and encourage the learners for the final examination of 2013. What you sow, you will reap was the theme for the day. Pupils received certificates, trophies and their examination numbers during this ceremony. The top achiever for 2013 was Zelmarie Lottering and a special award

FROM the left are Solomon Fisher, Zelmarie Lottering, Lilly Ludick en Lerato Tsogang. Zelmarie was the top achiever for 2013. Photos: Supplied

was given to Itumeleng Sedumedi. These two learners also received trophies. Teachers also adopted a gr. 12 pupil to motivate and encourage during the exam time. The staff of Wrenchville High wishes all their pupils good luck with the exams.

FROM the left are Solomon Fisher, Itumeleng Sedumedi (who received a special award at the ceremony), Lilly Ludick and Lerato Tsogang.

Jonges leer meer oor vliegtuie Lynn-Mari Olivier ALTESAAM 75 leerlinge van die ItekelengPrimêre Skool het onlangs Kuruman se vliegveld besoek. Die leerlinge wat die uitstappie meegemaak het, is tussen 7 en 13 jaar oud. Wynand Lötter, eienaar en vluginstrukteur van die Kurumanvliegklub, en Andreas Papachristoforou het die leerlinge verwelkom. Lötter en Papachristoforou het die vliegveld vir die leerlinge gewys en die ingewikkelde styg- en landingsprosedures van die vliegtuie verduidelik. Die leerlinge kon ook sien waar al die DIE leerlinge van die Itekeleng­ Primêre Skool wat verlede week die Kuruman­vliegveld be­ vliegtuie geparkeer soek het. Foto: Lynn-Mari Olivier word, wat die doel van die windkous is en leer glimlagge terug in die bus geklim, Talle leerlinge het voor ’n oor die vliegtuie se baie kontroles. almal toegerus met baie nuwe en vliegtuig foto’s van hulle laat neem. Lötter het vir hulle verduidelik nuttige inligting. Gerhard Brand, ’n inwoner van wat ’n vooraf-inspeksie is en “Die kinders was baie goedgemaPostmasburg, het sy Cessna 206 hoekom dit belangrikheid is. nierd en ek kan net sê dit was ’n gratis vir die uitstappie beskikbaar ’n Paar van die onderwysers was groot plesier om hulle te ontvang,” gestel. dapper en het saam met Lötter in het Lötter gesê. “Die leerlinge het met breë die vliegtuig oor die dorp gevlieg.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Oorgewig: Dit ís toe in jou gene Madelein Venter TERWYL ons almal weet dat die kleur van jou oë, die vorm van jou mond en die lengte van jou bene deur jou gene bepaal word, is nie almal bewus van die rol wat jou gene in jou eetgewoontes speel nie. Onlangse studies het gevind dat jou gene ’n rol speel in watter kossoorte jy kies om te eet, hoeveel en ook hoe gereeld. ’n Nuwe studieveld genaamd voedinggenomika maak tans opslae in die wêreld van voeding. Voedinggenomika is die studie van die interaksie tussen genetika, dieet en leefstyl in die handhawing van ’n gesonde gewig. Volgens Helen Wessels, ’n dieetkundige van Bloemfontein, speel jou DNS inderdaad ’n rol in smaak en versadigingsperspektief en is die studie van DNS in voeding ’n opwindende, ontluikende veld. “DNS is soos ’n vingerafdruk: Van ver af lyk almal min of meer dieselfde, maar by nadere ondersoek is elkeen uniek,” sê Wessels. “Op dieselfde manier wat jou oogen haarkleur deur jou gene bepaal word, so ook jou individuele reaksie op kos,” sê Yael Joffe, ’n dieetkundige en spesialis in die veld van voedinggenomika. Bevestig hierdie studieveld dan as ’t ware wat mense al jare lank sê: “Ek kan nie help nie, dis in my gene”? “In ’n sekere mate is dit waar,” sê Joffe, direkteur van DNAlysis Biotechnology. Maar sy waarsku dat dit nie so eenvoudig is dat jy ’n “vet” of “maer” geen geërf het nie. Wessels maan ook dat die baba nie saam met die badwater uitgegooi moet word nie. “Genetiese profilering is ’n lekker manier om jouself beter te leer ken, aangesien ’n mens verwag om dalk beter vordering te toon indien jy jou onderliggende swak en goeie punte verstaan. Dit moet egter tesame met die groter kliniese prentjie in ’n praktiese, volhoubare en gesonde program ingesluit word.” Volgens Joffe word die genetika van gewig deur meer as 300 gene bepaal. Hierdie gene sluit dié in wat jou metaboliese tempo, vetopname en reaksie op oefening bepaal, asook nuutontdekte gene-stelle wat smaak, hongerte en versadigheid bepaal. “Ons aanvaar dat kos vir almal dieselfde smaak, maar dis bloot nie waar nie,” sê Joffe. Volgens haar kan mense in twee groepe ingedeel word, dié sogenaamde “high tasters” en “low tasters”. “ ‘High tasters’ ervaar kossmake as baie sterk, terwyl ‘low tasters’ smake as flouer ervaar. Aangesien ‘high tasters’ die volle smaak van kos ervaar, is hulle geneig om minder te eet as ‘low tasters’ voordat hulle dieselfde vlak van bevrediging ervaar. “Daarom wys navorsing dat laasgenoemde geneig is om ’n hoër liggaamsmassa te hê,” sê Joffe. Smaaksensitiwiteit word hoofsaaklik bepaal deur die digtheid van jou smaaktepeltjies, wat waarskynlik geneties bepaal word. Binne-in elke smaaksensasie is daar ook gene wat bepaal hoe dit vir iemand smaak. “Party mense het byvoorbeeld ’n verhoogde persepsie van bitter smake, terwyl ander weer makliker soet smake proe,” sê Joffe. Dit kan tot gevolg hê dat diegene wat meer sensitief vir bitter smake is, veral groente met ander meer energieryke kosse vervang wat tot ’n groter liggaams-massa kan aanleiding gee. Mense wat sensitief is vir soet smake, sal hulle weer nie sommer aan lekkergoed ooreet nie. “Jou smaak verander jou individuele smaakervaring, wat ’n gevolg op jou voedselkeuses en kalorie-inname het,” sê Joffe. Afgesien van smaak, word jou ervaring van hongerte en versadigheid ook deur jou gene bepaal. Nie almal word dus ewe honger nie en sommige mense is versadig ná kleiner porsies. Gene kan ook in ’n mate bepaal of jy geneig is om jou aan kos te vergryp en lief is vir peusel. Joffe waarsku egter dat nie alle gewigsprobleme voor die deur van gene gelê kan word nie. Maatskaplik-ekonomiese omstandighede, aangeleerde gedrag, sielkundige en omgewingsfaktore speel ’n rol wanneer ons kos inneem. “Voedinggenomika het ons toegelaat om gewig meer holisties te verstaan. ’n Dieet wat rondom iemand se leefstyl, asook sy of haar genetiese geneigdhede beplan is, het eenvoudig ’n beter kans op sukses,” sê Joffe. Wessels stem saam. “Ek beveel aan dat mense wat hierdie roete wil ondersoek, dit as aanvullend tot ’n gesonde eetplan beskou.” Vir meer inligting oor hierdie studie, besoek dnalysis.co.za of volg Wessels op Facebook by Helen Wessels Dietitians en op Twitter by @dietsavvyonline.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

PANEELKLOPPERS DRINGEND benodig. Ondervinding verpligtend. Skakel 053 712 3367. Poste Beskikbaar: Sekuriteits/ Retail industrie CCTV operateurs,voorraad beheer,wagte,supervisors. PSIRA sertifikaat hoogs voordelig.Poste in Upington,Postmasburg,Kuruman, De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag Francois.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr. 20.

OS Johannes

BACHELOR-woonstel: Gemeubileer. Veilig. Verkieslik vroue. R2 900 p.m. Skakel 084 651 3000.

KURUMAN OP SOEK NA HUISE TE HUUR OF TE KOOP. Skakel Annetjie 076 395 9422 of 053 712 0487

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman die eenrigtingverhuring-spesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.

BANTAM, 1988: R22 500. 1980 Hilux 1.6: R22 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. CORSA, 1999, canopy: R38 500. 1999 Rustler, canopy: R32 500. Phone 071 967 0285. HILUX 2.4, 1996: R39 500. 1996 Isuzu 2.5, tralies: R39 00. 071 967 0285 of 072 472 8686. MAZDA 2.2, 1999, diesel: R29 500. 1980 Datsun 720, 1-tonner: R14 500. Phone 071 967 0285.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. LAM TE KOOP: R50/kg. Opgesaag en in verseëlde verpakking volgens u keuse. Kwaliteitvleis. Afgelewer tot in Kuruman is gratis. Skakel 084 254 9763 of 082 554 8356.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

CORSA 140i, 2002: Excellent, R35 000. 2001 Tazz 1.3: Excellent, R35 000. Phone 071 967 0285. JETTA 1, 1982 in goeie toestand. Skakel 083 772 2316. SENTRA 1.6, 1996: R22 500. 1995 Uno, red, lady owner R19 500. Phone 071 967 0285.

JACK RUSSELL-hondjies te koop. 6 weke oud. R300 elk. Skakel 073 677 3941.

TOYOTA STALLION, 1991, met kappie: R44 990. 1982 Ford Cortina 2.0GL: R29 990, slegs een eienaar, versamelstuk. 2004 V/W Citi 1.4i: R45 000. 083 390 2776.

LABRADOR: Volwasse reun, 7 maande oud. Opreg. R500. Skakel 084 651 3000. POTBELLY-BEERTJIE (varkie) soek nuwe huis. Te koop vir R350. Volgroei en reg vir teling. Indien belangstel (082 428 9620.

MINIATUURDOBERMANN-hondjies te koop. Skakel Buks 072 317 6814.

CARS AND BAKKIES wanted for cash, R20 000 R40 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Owner Drivers Do you own a Bakkie or Truck and need work? Emai:gavin@transportjuc tion.co.za

In the estate late of OS Johannes, identity number 580908 5883 089 of House No. 1228, Maruping Village. Estate number: 179/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection by all persons with an interest therein for a period of 21 days from 1 November 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS P.O. Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460.

TJ Viewe

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Tony Joseph Viewe wie woonagtig was in Buitekantstraat 41, Wrenchville, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 1999/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 1 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

MISA/Top Car Panelbeaters

NOTICE OF SALE IN EXECUTION

In the Labour Court of South Africa held at Johannesburg Case number: MINT 33663 A In the case between: MISA o.b.o. RHYNO MARAIS Execution Creditor and

CHRISTO FAMILY TRUST T/A TOP CAR PANELBEATERS KURUMAN Execution Debtor PURSUANT to an award granted by the Dispute Resolution Council of the Motor Industry and duly certified by a commissioner of the CCMA in terms of Section 143 of the Labou Relations Act, Act 66 of 1995 the undermentioned goods will be sold at 15:00 on 1 November 2013 by public auction to be held at Top Car Panelbeaters, 4 Industrial Road, Kuruman 8460, by the Sheriff for the High Court, Kuruman to the highest bidder for cash, namely: Nissan 1400 - Registration No. CDP 996 NC 2 x 2 lifts Signed at Johannesburg on the 8th day of October 2013. MISA HEAD OFFICE 201 MISA Centre, 12 Fir Drive, Northcliff, Ext 2, Johannesburg 2195. Tel. 011 476 3920 Fax 011 678 4537

WARRIOR (VIAGRA): Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geldterug-waarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA): Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis: 073 522 8346.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Maats ‘kuier’ gereeld saam Anena Burger VER in die ou Kalahari speel ’n meerkatjie, Kirri, en haar muishond-maatjie Cheeky alte heerlik saam. Prof. Anne Rasa vertel albei van hulle “lag”. “Ons sien nie meer vir Cheeky so

baie soos gewoonlik nie, want sy is nou ’n volwasse muishond en het nie meer tyd vir speel of om saam met haar ou maatjies tyd deur te bring nie. “Tog as sy elke af en toe kom kuier, sit sy en Kirri en maak mekaar mooi.”

SO speel diere mos lekker saam. Kirri die meerkat en Cheeky die muishond is groot maats. Foto: Anna Green


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

23

Moker 49 lopies in enkele beurt Johann de Jager ALTESAAM 49 lopies in een boulbeurt en dit is geen Kaspaas-storie nie. ’n Skoolseun van Kimberley (maar eintlik van Kuruman) het verlede week op Queenstown, à la Herschelle Gibbs, ook ses sesse in ’n boulbeurt gemoker. Wian van Niekerk van die Hoërskool Noord-Kaap se o.15-krieketspan het verlede Saterdag in ’n T20-wedstryd teen die Queenskollege vroeg in sy kolfbeurt van 127 lopies losgetrek. Hy het aan die bybreekbouler, soos hulle in krieket sê, sy telefoonnommer (4-6666664) gegee. Die draaier het glo vier foutballe in die boulbeurt afgestuur. Van Niekerk (15) sê die eerste aflewering van die boulbeurt het ’n enkellopie opgelewer wat aan hom die slag gegee het. Volgens hom het hy van een van die foutbalvryhoue (wat toe weer ’n foutbal-aflewering was) nie ’n lopie aangeteken nie. Hy het met sy agt grenshoue 44 lopies in die boulbeurt aangeteken. Dié boulbeurt was, met die enkellopie aan die begin en die foutballe, toe altesaam 49 lopies vir sy span werd.

WIAN VAN NIEKERK (oorspronklik van Kuruman) wat onlangs 49 lopies in een boulbeurt bereik het. Foto: Verskaf

Pietie op kliniek Ilse Watson DIE leerlinge van die Laerskool Seodin op Kuruman het verlede week die voorreg gehad om ’n hokkiekliniek by te woon wat

deur die bekende nasionale hokkiespeler Pietie Coetzee aangebied is. Die leerlinge het die kliniek geniet en baie nuwe tegnieke van dié puik hokkiespeler aangeleer.

DIE leerlinge van Laerskool Seodin wat onlangs die voorreg gehad het om ’n hokkiekliniek aangebied deur Pietie Coetzee by te woon. Foto: Verskaf

Slaan vir hom ’n krieketkolf los

LOUIS DU PLESSIS van die Laerskool Seodin het onlangs 102 lopies in ’n wedstryd geslaan. Met hierdie goeie prestasie het hy vir hom ’n nuwe krieketkolf losgeslaan. Foto: Verskaf

Daar was aanvanklik twyfel uit NoordKaap-geledere of daar nege of tien aflewerings in dié boulbeurt afgestuur is. Die Queens-kollege was nie juis (op ’n manier te verstane) behulpsaam nie toe die verslaggewer die tellinghouers se statistieke met mekaar wou vergelyk om seker te maak die boulbeurt het wel soveel lopies opgelewer nie. Die verslaggewer is onder meer meegedeel ’n ander tellinghouer was betrokke. Die volle name van die draaibouler is ook verswyg. Noord-Kaap het met Van Niekerk, wat vierde gaan kolf het, 204/5 aangeteken. Northerns het met 127 lopies gewen nadat die tuisspan tot 77 beperk is. Dit is na verneem word nie die grootste speelveld nie, maar van dié sesse sou op standaardvelde ook sesse gewees het. Van die sesse het op die aangrensende veld beland waar die eerste spanne in aksie was. Die Queens-kollege se eerste span (199/5) het dié wedstryd gewen deur Noord-Kaap tot 113 te beperk. Van Niekerk het sy skool se eerste span ook vandeesweek met 63 lopies gehelp om Diamantveld naelskraap in hul derby te klop. Hy is die seun van Wouter en Liana van Niekerk van Kuruman.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Deelnemers vaar goed Gekies vir nasionale spanne Ilse Watson LEDE van die Blackrock-, Kathu- en Kuruman- Martial Arts-akademies het die Noord-Kaap verlede week op die nasionale NMA/ISKA Martial Arts-byeenkoms in Kaapstad verteenwoordig. Die byeenkoms het ook as proewe gedien

vir deelnemers om in die nasionale spanne ingesluit te word. Dié span gaan Suid-Afrika in 2014 op die Amerikaanse Ope/ISKAwêreldkampioenskappe verteenwoordig. Al die Noord-Kapenaars het baie goed in hul onderskeie afdelings gevaar. Almal is in óf die ontwikkelingspan, óf die presidentspan óf die Proteaspan ingesluit.

VAN Kuruman se Martial Arts­akademielede is van links, voor: Anz­Lee Eilerd (een silwer­ en twee bronsmedaljes) en Dunro Esterhuizen (een silwermedalje); agter: Ruan Meyer, JP Nieu­ woudt (een goue, een silwer­ en een bronsmedalje) en Gehan Venter (twee silwermedaljes). Die groep se afrigter is shihan Pieter Pretorius. Foto: Verskaf

DIE Kathu Martial Arts­akademielede is van links, voor: Jessica da Silva (een silwer­ en een bronsmedalje), Gosego Assegaai (een bronsmedalje) en Caitlin Adamson (twee bronsmedaljes); agter: Elvina Toli (twee silwermedaljes), Ziyanda Rasinous (twee goue en vier bronsmedaljes), Angelo da Silva (een goue en een bronsmedalje), Jasmin April (drie silwer­ en een bronsmedalje) en Shanice April (drie goue en een silwermedalje). Hul afrigters is shihan Pieter Pretorius en sensei Rainer Jacobs. Afwesig: Kelly­Anne Cloete (een bronsmedalje), Henry Shone (een goue en twee bronsmedaljes), Brian Shone (een silwer­ en een bronsmedalje) en Jessey Isaacs (een goue, een silwer­ en een bronsmedalje).

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kalaharibulletin.co.za

DEELNEMERS van die Blackrock­Martial Arts­akademie is van links Anne­Marie Stoltz (een sil­ wer­ en een bronsmedalje), Gerdre Noeth (een bronsmedalje), André Lombaard (een goue en twee bronsmedaljes), Morné de Klerk (twee goue medaljes) en Maxi de Klerk (vier goue en een bronsmedalje). Hul afrigter is sensei Peet Struwig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.