Kuruman Bulletin 31 Jan 2013

Page 1

31 JANUARIE 2013

VERSPREIDINGSGEBIED: KATHU, KURUMAN,DANIËLSKUIL,OLIFANTSHOEK,POSTMASBURG,UPINGTON, KEIMOES,KAKAMAS EN GROBLERSHOOP

GRATIS

TEL. 053­712­1472

Mej. SA inspireer

Motiveer leerlinge met stories van Kilimandjaro-klimtog Annerie Louw LEERLINGE van die Hoërskole Kathu, Postmasburg en Gamagara en die Hotazel Mine School het verlede Vrydag vir Nicole Flint, Mej. Suid-Afrika 2009, ontmoet. Flint was in die toptien van die Mej. Heelal 2010-kompetisie in Las Vegas in Nevada, Amerika, en ook in die top-25 in die Mej. Wêreldkompetisie in 2010. Nie net was dit Flint se eerste besoek aan Kathu nie, maar sy is ook die eerste Mej. SA wat dit reggekry het om Kilimandjaro, die hoogste bergpiek in Afrika, suksesvol uit te klim. Sy het talle hoogtepunte in haar lewe met die leerlinge gedeel, waaronder die suksesvolle voltooiing van ’n fietsrit van Sun City na Kaapstad en die uitklim van Kilimandjaro. Flint het die leerlinge gou met haar beskrywing van die Kilimandjaro-ervaring geboei. Sy het haar praatjie met foto’s geïllustreer om aan die leerlinge te probeer verduidelik hoe moeilik dit is. Dit was ’n stryd teen bitter koue en fisieke uitputting weens die min suurstof so hoog op teen die berg. Om haarself te motiveer het sy gedink aan die liefdadigheidsorganisasie waarvoor sy dit doen. Ook kleiner motivering soos om die eerste keer sneeu te sien of die uitsien na lekker kos wat vir hulle voorberei word, het haar aan die gang gehou. Behalwe dat sy geestelik vernuwe is, en haar geloof deur die ervaring versterk is, het sy ’n paar lesse daaruit geleer: Kry eers vir jou ’n doel. (Haar doel was om Kilimandjaro te klim.) Jy moet ’n uitdaging hê. Daar is altyd mense wat jou langs die

VAN links is Elroy Phete, burgemeester van Tsantsabane, Nicole Flint, Mej. SA 2009, en Maria Diniza, burgemeester van Gamagara. pad help; daarom moet jy nie spanwerk onderskat nie. “Ek weet dit nou.” Die leerlinge het ná die

motiveringspraatjie vorms ontvang waarop hulle hul waardes, nuwe gewoontes, doelstellings en opofferings kon

neerskryf. Flint het haar vorm spontaan voor almal ingevul. Elke leerling het daarna ’n

Foto: Verskaf

boekie, Map for Life, ontvang waarin hulle kan notas maak om hulle deurentyd te motiveer. . Lees nog ’n berig op bl. 2.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Projek berei jonges voor Annerie Louw DRIE skole van die omgewing se gr. 11-leerlinge is reeds verlede jaar by ’n motiveringsprojek betrek wat deur Synntec aangebied is. Die organiseerder, Llewellyn Jenner, bestuurder van Synntec, sê die gedagte is dat gr. 11-leerlinge die geleentheid kry om hulle vir hul toekoms voor te berei. Hulle neem ’n volle jaar aan die program deel waarvoor hulle erkenning vir hul betrokkenheid by die gemeenskap sal kry. Elkeen wat aan buitemuurse bedrywighede en gemeenskapsgebeure deelneem, sal ’n sertifikaat vir hul deelname ontvang – byvoorbeeld besoeke aan hospitale, ouetehuise, dierebeskerming en Kansa-projekte. Jenner het leerlinge gemaan om elkeen ’n droom te hê en hom- of haarself af te vra wat hy of sy wil doen en waar hy of sy wil wees. Ook dat die lewe ’n mens niks skuld nie, maar as ’n mens gee, sal jy meer terugkry as wat jy gee. Verlede jaar is hulle deur die oud-Springbokvleuel Ashwin Willemse gemotiveer en vanjaar kon hulle na ’n vorige Mej. SA, Nicole Flint, luister. Op dié geleentheid verlede Vrydagoggend in die Hoërskool Kathu se skoolsaal is die burgemeesters van Gamagara en Tsantsabane, Maria Diniza en Elroy Phete, genooi, sowel as verteenwoordigers van die onderwysdepartement, Andy Ramonnye, Gerhard Buys en Sediapelo Mothibedi. Die skoolhoofde wat die geleentheid bygewoon het, was Mariaan Coetzee van die

VERTEENWOORDIGERS van die skole saam met Nicole Flint is van links Denise Eilers, Dennis Beukes, Nicole Flint, Linda Burger en Mariaan Coetzee. Foto’s: Verskaf Hoërskool Postmasburg, Denise Eilers van die Hoërskool Gamagara, Dennis Beukes van die Hotazel Mine School en Linda Burger van die Hoërskool Kathu. Ds. André de Villiers het die geleentheid geopen waarna leerlinge van Gamagara ’n kort toneelstuk oor waardes opgevoer het.

KRINGBESTUURDERS saam met Nicole Flint is hier van links Sediapelo Mothibedi, Gerhard Buys, Flint en Andy Rammonye.

7 Februarie: Hoërskool Kalahari hou Sottekonsert. 15 Februarie: Hoërskool Kathu hou Valentynsbal. 16 Februarie: JTG-atletiekbyeenkoms op Kathu. 19 Februarie: Mnr. en Mej. Seodin-kroning in die skoolsaal. 1 Maart: NG Moederkerk se Barnyard-konsert om 19:00 in die Laerskool Seodin se skoolsaal. 9 Maart: Rugby-en-netbalsportdag op Seodinpark. 15 en 16 Maart: Die Kalibreer-vrouekonferensie van die NG kerk Pellissier in Bloemfontein. Bel Karin Kersop by 072-158-0225 of e-pos aan karinkersop@gmail.com 16 Maart: Sportdag van die Hoërskool Kalahari. 20 Maart: Mnr. en Mej. Hoërskool Kathu word aangewys. 27 Maart: Hoërskool Kathu bied optog met sierwaens aan. 29 tot 31 Maart: Reünie vir onderwysers en leerlinge van toeka tot 1994 word op Vanzylsrus gehou. Stuur ’n e-pos na debruinchummy@gmail. com of Francine by vzrskool@vodamail.co.za. 24 en 25 April: Hoërskool Kathu hou skouspel. 26 April: Hoërskool Kathu hou karnaval. 27 April: Interskolebyeenkoms teen Hoërskool Kalahari op Kathu.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

3

‘Ons het regtig alles self gedoen saam met ons plaaswer­ kers. Self geverf, teëls gelê, deure aangebring, mure af­ geskuur en Polifilla. Ek en my man het saam die bed in beton gegiet,’ – Elsa Burger

DIE pragtige, nuwe sitkamer en kombuis is deel van die huis wat hulle vir slegs R30 000 van plaashuis in ’n kontemporêre oopplanhuis verander het. Foto’s: Verskaf

ELSA EN SCHALK BURGER van die plaas Neusberg buite Kakamas is as die naaswenner in Tuis se Regruk met flair-kompetisie van 2012 aangewys.

Mooi getooi met min Lizette Slabber

SCHALK EN ELSA BURGER van die plaas Neusberg buite Kakamas is as die naaswenners in Tuis se Regruk met flair-kompetisie vir 2012 aangewys. Die doel van die kompetisie is om te wys huisverbeterings hoef nie ’n fortuin te kos nie en Schalk en Elsa het met hul kostebesparende huisverbeterings beslis die beoordelaars beïndruk. Hulle het hul plaashuis vir slegs R30 000 in ’n kontemporêre oopplanstylhuis omskep en so met die tweede plek in die kompetisie weggestap. Die Kalahari Bulletin het by hulle gaan hoor hoe dit voel om die naaswenners in die land se grootste huisverbeteringwedstryd te wees.

Hoe het die hele proses verloop? Ons het ons voor- en na-foto’s en ’n kosteontleding en persoonlike inligting aan Tuis gestuur. In Julie het hulle ons laat weet ons is van die finaliste. In Augustus het Anneke Blaise, redakteur van Tuis, en Francois Oberholzer, ’n fotograaf, ons en die ander finalis op Carnarvon besoek. Dit was regtig lekker om hulle hier te hê en ons kon sien hoe hulle die uitleg vir so ’n fotosessie opstel en hoe dit agter die skerms werk. Hulle het by ons oorgeslaap en die volgende dag verder geskiet en toe weer vertrek.

Hoe het julle gevoel toe julle as finaliste aangewys is? Sjoe, ons was baie verras. Ons het vir Anneke gevra hoeveel inskrywings daar was en sy het gesê meer as 600. Ons was baie verbaas en het baie trots gevoel.

Julle het die geselligheid bygewoon waarop die wenners aangekondig is. Hoe het julle dié ervaring beleef? Ons het die Vrydag om 14:00 by die Spier-hotel aangemeld en met aankoms ’n verwelkomingsdrankie gekry. Om 15:45 moes ons vir ’n sessie met die beoordelaars aanmeld. Elke finalispaartjie het ongeveer 45 minute gehad om met die beoordelaars te praat. Hulle het ons baie informeel uitgevra oor hoe ons aan die kriteria voldoen het en wat ons nog beplan. Die aand het al die finaliste, beoordelaars, borge en van die sprekers vir die geleentheid in die Spier Manor geëet en gesellig verkeer. Die volgende oggend moes ons om

09:00 op die geleentheid wees wat toe begin het. Ek kon nie self daar wees nie, ’n maagvirus het my platgetrek, maar my man, sussie en tannie het dit bygewoon en hulle het dit baie geniet. Die prysgeld van Timbercity was R6 000 en dan nog ’n handige koordlose boorstel van Makita. Die hele ervaring was regtig lekker en ek sal dit enige tyd weer doen.

Die doel van die kompetisie is om met soveel moontlik selfdoen en so ’n klein moontlik begroting ’n huis reg te ruk. Wat het julle gedoen om aan die kriteria te voldoen? Ons het regtig alles self saam met ons plaaswerkers gedoen. Self geverf, teëls gelê, deure ingesit, mure afgeskuur en Polifilla. Ek en my man het saam die bed in beton gegiet. Ons het twee bouers gehad wat die grootste deel van die bouwerk gedoen het. Dit is hoe ons die koste so laag moontlik gehou het. Dan het ons baie van die stene herwin wat ons uitgebreek het om die oopplan te maak. Ons het ook van die dakplate in die braaigebied herbruik. Die grootste probleem met ’n plaashuis is wanneer jy die huis verbeter, doen dit niks aan die waarde van die huis of die plaas nie. Wanneer jy ’n plaas koop, kry jy die huis by ongeag hoe dit lyk. Dit is nie soos op die dorp wat jou waarde van die huis met verbeterings verhoog nie. Daarom is dit die beste om die huis so goed moontlik teen die laagste koste te verbeter.

Watter wenke kan julle aan mense gee om hul huise ook so oorspronklik op te vrolik? Hou by die styl wat jou die beste pas. Moenie iets modern probeer doen indien ’n antieke styl jou die beste pas nie. Jy het dan gewoonlik ’n aanvoeling vir waarvan jy hou. Moenie bang wees om te eksperimenteer nie. Doen navorsing oor die nuutste produkte op die mark.

Is jul huis nou klaar of beplan julle klaar nuwe veranderings? Ons het pas ’n baba gehad so ons het lekker met die babakamer gespeel waarin ons die gedeelte van die Timbercity-prysgeld kon gebruik, asook die buitebraaigebied gemeubelleer. Ek is altyd na nuwe projekte op soek. Ek sal wel kyk en doen wat my hand vind om te doen.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Platteland bly maar lekkerste HOE lekker is dit nie om op die platteland te bly nie. Die afgelope tyd het daar verskeie gebeurtenisse plaasgevind wat ’n mens weer laat besef het die platteland is eintlik dié plek om te bly. Op 15 en 16 Maart vind ’n opwindende kriekettoernooi op Welkom reg langs die Kgalagadi-oorgrenspark plaas. Waar anders kan ’n mens lekker krieket op die asemrowendste krieketveld ter wêreld sien? Dit is dalk ’n stelling wat mense van ander wêrelddele rooi sal laat sien, maar waar op die aarde gaan ’n mens nog ’n krieketveld kry wat bestaan uit rooiduingrond, waar mense roosterkoek en afval by kosstalletjies kan koop terwyl Pa krieket kyk en Ma saam met die kinders ’n opwindende donkiekarrit onderneem? En moenie dink die platteland bied net eksentrieke vermaak nie,

want hier kry ’n mens tot wenners van groot nasionale kompetisies. Schalk en Elsa Burger van Kakamas is as naaswenners van Tuis se Regruk met flair-kompetisie aangewys en het só enige twyfel uit die weg geruim dat plattelanders ’n bietjie agter is wat mode betref. Hier in die Kalahari kweek ons druiwe wat bekroonde wyne oplewer, ons boer met boerbokke en die leer wat van dié bokke se velle gemaak word, word deur die voorste modehuise gebruik. Alles van ons dadels tot ons waatlemoene word wyd en syd besing, maar niks kom by die gasvryheid wat net op die platteland te vinde is. En al moet die Kalahari-mense elke somer die hitte trotseer en hoor hoe warm besoekers al hier gekry het, weet almal hier die lewe in die stad sal nooit vir die lewe hier in die Kalahari kan kers vashou nie.

Soos net Pa verstaan Schalk Theart MY pa was nog altyd teenwoordig wanneer ek in ’n gemeente bevestig is. Die keer was hy nie daar nie en ek het die verlange na hom in die volgende stukkie verwoord: Hier aan die voet van ’n duin sit daar ’n Namaseun met ’n groot verlang na iemand soos ’n pa wat verstaan. As die Kalahari-son oor jou sak, roep dit verlange op wat soos Kat-en-doring wil gryp na hulle wat ver en vooruit is. Hier is net ’n strepie son verby ’n kameeldoringblaar. Genoeg lig wat troos en saamsmelt in die groot verlang. In die ryp geheue van ’n pa lê altyd opgesluit die groter begrip dat gister en vandag aan mekaar bly hang – lewensaar bly van die ander se bestaan. Sonder sien of hoor weet ons die groter bestaan gryp na mekaar soos water oor ’n hang, want nooit sal ons alles verstaan. Seker en vaster groei die begrip: ’n Skepperhand wat almal vashou en lei tot rus en weet: nooit hoef ’n vreemde pad, hoe steil of afgemat, meer moeite te vra as die loop waardeur Hy ons in sy Hande dra. As ons dan

soos ’n donderbui oorspoel word met die groter verlang, kom ons by die lied: Slegs vertroue dit is al. Niks sal ophou voordat almal nie kyk in die spieël van nou verstaan. Pa, ons vat hande en klou aan die stang. Soms mag dit skaaf, maar dit sal altyd lei tot begrip vir die Groter Plan. (Ds. Schalk Theart, leraar aan die NG gemeente Daniëlskuil.) . Wyse pa’s weet hul waarde lê nie in die dinge wat hulle vir hul kinders doen nie, maar in wat hulle hul kinders leer om self te doen. – Billy Graham . Die gehalte van ’n kind se verhouding met sy pa is een van die heel belangrikste bepalende faktore vir die kind se latere reaksie teenoor die wêreld. – Jack Nicholson . Dit het ek van my pa geleer: Om die goeie dinge wat die lewe hom in oorvloed gegee het, sonder oordaad te geniet. Maar ook sonder skroom en suinigheid. Hy kon ewe goed sy weelde geniet of daarsonder klaarkom. – Christina Onassis

DIERELIEFDE op sy beste. Piet en Magda Liebenberg se hondekroos is baie spesiaal vir hulle. Die hondeen klapperberig het hulle aangemoedig om aan lesers te wys dat honde wel besonders is, elkeen met sy eie persoonlikheid. Foto: Japie Niemand

Dankie vir hulp MARONELL, Kuruman: VIER jaar het sy my onder haar vlerk geneem, my baie geleer en baie gewys. Baie dankie, Mariette Kilian, vir al jou geduld, moeite en tyd wat jy aan my afgestaan het. Dit was ’n groot voorreg om vier jaar saam met jou te werk. Baie dankie ook aan almal wat my gehelp het om my nuwe onderneming te begin. Ek waardeer dit.

Volwassenes nie ’n voorbeeld OUER, Kuruman: MY bloed kook nadat ek my kind by die skool afgelaai het. Die bestuurders van die openbare vervoer vir kinders skool toe het geen verantwoordelikheid teenoor kinders nie. Voor die hoërskool se hek staan ’n bus aan die oorkant van die straat met sy twee binnewiele op die teerpad geparkeer. Die kinders moet oor die pad, voor verbygaande verkeer, verbystap om by die

hek in te gaan. Tipies kinders vat hulle óf ’n kans, óf hulle streep soos skape agter mekaar aan. Wanneer word een gestamp? En die verkeer is soggens hewig. Toe ek by die laerskool se hek wou indraai, staan ’n taxi in die hek geparkeer om kinders af te laai. Met die terugry, in die ander rigting, het die son baie sleg van voor geskyn. Gelukkig sien ek betyds hoe die kind voor my motor instap. Dit is nie net sy skuld nie. Alle reëls word oortree en hulle word in so ’n samelewing groot. Hoe gaan hulle leer as volwassenes die reëls oortree? Gelukkig vir verdraagsamer, geduldiger mense wat ook die pad gebruik en al geleer het om bedag te wees op ander onverantwoordelike bestuurders, anders sou daar baie meer ongelukke gewees het.

MEESTER: strokiesprent deur Danie Cronjé

Gemeenskapsprojek soos mallemeule-rit Annerie Louw DAAR is min mense wat tyd wil bestee en moeite doen wanneer dit kom by gemeenskapsprojekte – of dit eers ’n kans wil gee. Dit is deesdae so maklik om sommer net ’n klaar vervaardigde produksie te kry, ten duurste daarvoor te betaal en dan jou naels te kou of genoeg kaartjies daarvoor verkoop gaan word. Speel jy net gelyk, word ’n sug van verligting geslaak en dankbaar troos jy jouself daarmee dat dit vir die gemeenskap was. Met ’n plaaslike konsert met plaaslike kunstenaars kan ’n

mens niks verloor nie. Jy wen nie net met die inkomste nie, mense se talente word ontdek en ten toon gestel, verhoudings word gebou en soveel ontspanning en grappies raak deel van die hele projek. En al wat dit jou kos, is tyd, moeite en ’n bietjie waagmoed. Op die oomblik werk ek aan so ’n projek en dit voel asof ek ’n roller coaster ry. Dan is ek bo en wil skreeu van plesier, dan is ek weer onder waar niks gebeur nie en ek glad nie vooruit die gevoel van die volgende draai kan voorspel nie. Ek het reeds deur die hek van die mallemeule gestap en op die

Big Wheel geklim waar ek rustig van bo af die moontlike belanghebbendes bekyk en gekies het. Ek moet seker maak, want as ek ’n verkeerde rol toegeken het, is dit te moeilik om te verander, want dit is mense en hul gevoelens waarmee ek te doen het. Hulle is met ander woorde met die hand gesoek. My volgende ride gaan op die swaaie wees. Ek moet sien of die rolle pas en gewoonlik ervaar ek hier baie verrassings. Ek swaai

hoog wanneer iemand my van agter geskop het en beweeg gelykerig terwyl niks tussenin gebeur nie. Meestal is ek te bang om die voorste ene ook te skop, maar is darem maar lus, want ek weet hoe lekker dit is om so hoog uit te swaai. Hierna sal ek op die divebomber klim. Dit is hier waar jy net af en toe jou oë oopmaak en vir die beste hoop. Mense het rolle en hulle moet begin oefen. Jy oorweeg nie meer besluite nie, maar doen net, want tyd is beperk. Uit die hoek van jou toegeknypte oog loer jy net of hulle van jou stuk en van hul

rolle hou. Aan die einde van so ’n mallemeule-besoek is jy uitasem van al die adrenalien, jou oë blink en jou hele vel tintel van opwinding. Jy is ontslae van die stres van die vervelig roetine van elke dag. Jy het geleentheid gekry om skeppend te wees, sosiaal te verkeer en lekker te lag. Jy kon ’n slag van al die negatiewe dinge vergeet. Jy kan nie verkeerd gaan om op die mallemeule van jou gemeenskap se projekte te klim deur dit te ondersteun of self te begin nie. Dit is groot pret. ’n Plesierigheid was nog nooit ’n opoffering nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Great success for Bankhara HS Annerie Louw

THE staff of the Bankhara-Bodulong High School who taught their first gr. 12 class in 2012 are from the left, front: Mercy Mmoiemang (Life Science), the school manager, Nomathamsanqa Nofemela (Setswana Home Language) and Norman Chinji (Physical Science); back: Zaida Burrows (English First Additional Language), Suzette Fraser (Geography), Linda Kekana (Life Orientation), Shepard Potani (Mathematics), Matilo Motloutsi (Mathematical Literacy), Kagisho Moepedi (Accounting), Mpho Kgogwe (History), Ruthy Moyo (Business Studies) and Stephan Moalosi (Economics). Photo: Supplied

THE matric class of the Bankhara-Bodulong High School achieved a pass rate of 90,6% for 2012. What makes this achievement even more remarkable is that last year was the first year the school had a gr. 12 class. The Department of Education pointed out that a new high school was extremely necessary in Bankhara-Bodulong, a village just outside Kuruman on the Hotazel road. In 2010 the high school only had learners from gr. 8 to gr. 10. Therefore, in 2012, the school had gr. 12 pupils for the first time. The spokesperson of the school, Suzette Fraser, says the school is situated in an area with a very high unemployment rate. The learners face many

Road upgrades on the way KUMBA and the Gamagara Municipality recently held a public meeting informing residents and stakeholders of the proposed road upgrade project for Kathu. In 2011, Kumba Iron Ore appointed SMEC (formerly Vela VKE Consulting Engineers) for the execution of a traffic safety study, including various locations within the Kathu road network. As a result of this initiative, Hendrick van Eck Road is now to be partially upgraded. KD Civils has been appointed to upgrade the road. Construction work will commence on 18 February, with completion planned for 22 September 2013. The project mainly includes the following: ) Installation of traffic lights at the intersecti-

on of Hendrik Van Eck Road and the R380 to Hotazel, as well as at the intersection of Hendrik Van Eck Road and Ian Flemming Street. ) The existing section of Hendrik Van Eck Road between the R380 to Hotazel and Ian Flemming Street will be upgraded to a dual carriageway, with two lanes in each direction, separated by a median. The westbound carriageway will be widened on the southern (left) side of the existing roadway. One minibus taxi drop-off area/lay-by will be constructed on the southern (left) side of each of the carriageways. ) A pedestrian walkway together with a cycle lane will be constructed on the northern (left) side of the eastbound carriageway of the secti-

on of Hendrik Van Eck Road between the R380 and Frikkie Meyer Street. ) Traffic lights will also be erected at the T-junction that leads from Sishen Mine into Hendrick van Eck Road. ) A new road link from Hendrick van Eck Road will be constructed near the Gamagara Lodge leading to the Shoprite Shopping Centre. Currently no alternative routes will be made available as the road will not be closed in total; double lanes will only be reduced to single lane traffic flow. The purpose of this project is to ensure a safer traffic flow for Kathu. Kumba requests all residents to be patient during the construction period.

challenges. Many are orphans. Some are living with their grandparents and they do not see their parents often. There is also a very high rate of teenage pregnancy in the village. Despite these unfortunate socio-economic conditions, the school’s matrics achieved the following results: Eight learners can study for a Bachelors degree, 12 diplomas, nine Higher Certificate and three did not pass but qualified for the supplementary exams. “All this was made possible by the hard work of teachers, who gave classes in the afternoons and on Saturdays,” says Fraser. “The teachers believe that education can break the chain of poverty. Many of the gr. 12 learners are now studying and the teachers are confident that they will contribute to a better South Africa.”

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Ongeluk eis man, dogter Anena Burger DIE finansiële hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se ariede parke, Raymond Jansen (38), en sy tienjarige dogter, Kaitlyn, is dood in ’n botsing reg van voor teen ’n nuwe Volkswagen Golf VII. Dié model word eers later vandeesweek in Suid-Afrika bekend gestel. Jansen en sy dogter is Saterdagmiddag vroeg sowat 50 km buite Upington op die Gemsbokpark-pad dood, sê lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder. Hul motor was in ’n botsing reg van voor teen ’n Golf VII wat deur Benjamin Werkshage (28), ’n werknemer van Volkswagen, bestuur is. Albei voertuie het aan die brand geslaan. ’n Motoris wat die botsing gesien het, kon Jansen se vrou, Amanda (40), en hul twee kinders, Kaitlyn en Raymonde (1), asook Werkshage, uit die voertuie help. Jansen was egter in die wrak vasgepen en het doodgebrand. Sy dogtertjie is op die toneel aan kopbeserings dood. Amanda en Raymonde is elk met ’n gebreekte been in die Mediclinic Upington opgeneem. Werkshage, wat alleen in die Volkswagen was, het inwendige beserings en skouerbeserings opgedoen. Hy is Sondag in die Mediclinic geopereer. Die Jansen-egpaar het Saterdagoggend hul ander seun, Bradley (16), ’n koshuisleerling aan die Hoërskool Duineveld op Upington, besoek. Hulle was op pad na hul huis

Boer en sy vrou dood Anena Burger

DIE toneel van die botsing sowat 50 km buite Upington. Links is die uitgebrande wrak van die Volkswagen Golf VII en regs is die wrak van die Jansen-gesin se motor. Foto: Charlene van der Westhuizen op Tweerivieren in die Kgalagadi-oorgrenspark toe die botsing gebeur het. Matt Gennrich, kommunikasiehoof van Volkswagen Suid-Afrika, het bevestig dat die bestuurder van die Golf VII ’n werknemer van Volkswagen is.

Gennrich het gesê hy kan egter nie nou verdere kommentaar lewer voordat meer inligting oor die voorval bekend is nie, berig Jannie Hennop. Kock sê klagte van strafbare manslag word ondersoek ná die dood van Jansen en sy dogter.

Enigiemand met inligting oor die botsing word gevra om speurder-ao. Steven Roos by 054-337-3440 te bel. . Die Golf VII word vandeesweek amptelik in Port Elizabeth aan die motormedia bekend gestel.

MINUS WILLEMSE (66), sakeman-boer van Upington, en sy vrou, Celomé, is Vrydagoggend tragies in ’n ongeluk oorlede. Dit het op die N14 op pad na Pella gebeur toe hulle op slag dood is in ’n botsing reg van voor tussen hul bakkie en ’n sportnutsvoertuig. Die bestuurder van die sportnutsvoertuig is kritiek beseer. Hy is in ’n koma in die Gordonia-hospitaal. Lt. Sergio Kock sê die botsing het omstreeks 05:00 naby die plaas Naftali op die N14 gebeur. Die sportnutsvoertuig was van Keimoes se rigting af op pad na Upington. Willemse, ’n skaapboer en vleis-spekulant, was ook ’n verskaffer aan die Upington-slagplaas. Die Willemse-egpaar word deur drie dogters, drie seuns en tien kleinkinders oorleef. Hul begrafnis is Saterdag om 07:30 uit die Verenigende Gereformeerde kerk op Upington.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Recreation club gets revamp Annerie Louw LAST Thursday the first phase of the revamp project of the Sesheng Recreation Club (formerly known as the Beer Hall) was unveiled. Key role-players were invited to celebrate the makeover in process. “People will be amazed to see the changes. New floors, lighting, furniture

and windows give the place a total new ambience,” says Tanya Aucamp, manager: Communication. “The bathrooms have been totally re-done and a vibrant paint job adds sparkle to the formerly drab place.” In his opening address Greg Jennings, Sishen Mine manager: Sport and Recreation, said the Sesheng Recreation Club received its first liquor licence in 1978 and it was the first time since its existence that the interior had been changed. The first part of this three-phase make-over project started last year. In September a section of the club was closed and, despite the “unprotected strike” that hampered progress, the revamp started in the last quarter of 2012. Susan Bezuidenhout, Sishen Mine manager: HR, did an emotional keynote address sharing her Sesheng dream with all. She thanked Greg and his team for their commitment and drive to make this dream a reality to the benefit of all in Sesheng. “Phase 2 will consist of an upgrade of the second public-drinking area, as well as the creation of an exclusive chill lounge. The final phase, which will be completed by the middle of this year, will include a family area, a festive outside beer garden, as well as some landscaping around the building,” says Aucamp. The official unveiling of the new facility was done in the spirit of a reaction centre with Andrew Loots, general manager of the Sishen Mine, as well as the chairperson of the Kalahari Country Club, making the first break on the new pool table.

THE general manager, Sishen, Andrew Loots, took the first shot on the new table. With him are from the left Greg Jennings, Floris Kruger, Jakes Moswang, Susan Bezuidenhout and Mashilo Mokotong. Photo: Supplied

PROMOSIE

Famsa bied vele kursusse MEER as 400 kortkursusse vir amper alle sakesektore kan deur Families Suid-Afrika (Famsa) aangebied word. Famsa en Nicdam het verlede jaar kragte saamgesnoer om opleiding aan alle sakesektore se geskoolde en ongeskoolde arbeid te verskaf. Al hul kursusse is geakkrediteer en professionele mense soos medici, prokureurs, maatskaplike werkers en vele ander kan selfs hul CPD- (Continues Professional Development) punte met dié kursusse aanvul. Selfs die noodhulp-, basiese veiligheids- en brandbestrydingskursusse wat deur die departement van arbeid verwag word, kan deur Famsa aangebied word. Groot koöperasies en boere kan kursusse vir hul ongeskoolde en plaasarbeiders deur Famsa laat aanbied. Die kursusse wat praktiese vaardighede soos onder meer hoe om jou geld te bestuur en

waardes in die werkplek aanpak, is by Agri-Seta geakkrediteer en hou dus ’n voordeel vir die werkgewer ook in. Indien sake-eienaars of professionele mense ’n spesifieke kursus wil aanbied, kan Famsa die kursus laat saamstel en só ’n besonderse diens verskaf. Kursusse word in die volgende leerprogramme aangebied: kuns en kultuur, sake-, handelen bestuurstudie, kommunikasie- en taalstudie, opvoeding, opleiding en ontwikkeling, menslike en maatskaplike studie, justisie, militêre wetenskappe en sekuriteit, gesondheidswetenskappe en maatskaplike dienste, fisiese-, wiskundige-, rekenaars- en lewenswetenskappe en dienste. Famsa-kantore het ’n opleidingslokaal wat vir opleidingsdoeleindes gehuur kan word. Rig navrae oor kursusse aan Nelia van Deventer by 082-6215722 of Lizette du Plessis by 054332-3307.

Leer oor versorging FAMILIES SUID-AFRIKA (Famsa) op Upington bied van Maart af ’n geakkrediteerde kind-en-jeugdigeversorgingskursus aan. Dié kursus is die ideale sertifikaat om te verwerf as jy belang stel of reeds betrokke is by kleuterskole, dagsorgsentrums of enige ander sektor waar met kinders en jeugdiges gewerk word. Die jaar lange kursus bied die ideale agtergrond om ’n beroep te volg waarin met kinders en jeugdiges gewerk word; soos in skole, in hospitale en klinieke, in kinderhuise, korrektiewe instellings, gemeenskapsgegronde projekte en jeugsentrums en waar met straatkinders of kinders wat met die wet bots, gewerk word. Dié jaar lange heelltydse kursus word in teoretiese en praktiese weke opgedeel. Ná ’n teoretiese afdeling van ongeveer twee weke volg ’n praktiese afdeling van sowat drie weke. Dus is dié kursus ideaal vir mense wat reeds by kleuterskole of in ander sektore werk om ook die kursus te kan volg. Die teoretiese deel sal slegs sowat nege weke in geheel duur, wat beteken werknemers sal nie te veel tyd by die werk verloor nie. Die kursus vind van Maart tot November in die Famsa-kantoor in Dr. Nelson Mandelarylaan 62 (Le Rouxstraat 62, oorkant Hyundai) plaas. Dit kos R14 000 vir die jaar en voornemende studente moet ’n matriekkwalifikasie en ’n passie vir werk met kinders hê en mag nie ’n kindermishandelingsrekord hê nie. Registrasie vir die kursus vind van Maandag 4 Februarie tot Woensdag 27 Februarie plaas. Rig navrae aan Nelia van Deventer by 082-621-5722 of Lizette du Plessis by 054-332-3307.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

9

TINA NEL en GJ. Foto: Lynn-Mari Olivier

DIE Esterhuizen-drieling is van links June-Marie, Gert-Pieter en Elbert.

LOUIS ALBERTS.

Foto: Verskaf

Foto: Lynn-Mari Olivier

arms kon vashou ná jul jare lange stryd om swanger te raak? ) Tina Nel, ’n eerste-keer-mamma: “Alles was so oorweldigend en onwerklik. Wat ek kan onthou, was ’n diepe dankbaarheid dat die Hemelse Vader vir ons die voorreg gegee het en die besef dat Hy getrou aan sy beloftes is. Toe ek hom sien, was hy vir my so mooi met sy bos swart hare. Ek was baie dankbaar dat GJ gesond en volmaak is en ek wou net aan hom vat om seker te maak dat dit werklik is. Nooit het ek geweet dat ’n mens soveel liefde kan ervaar die oomblik dat jy hulle vashou nie.”

seun van die Laerskool Seodin: “Ek was verbaas en opgewonde, omdat daar ’n nuwe uitdaging vir 2013 voorlê.”

Hoe het jy gevoel . . . Lynn-Mari Olivier DIE uitdagings van 2013 blink op die horison, maar vorige jare het ook hul uitdagings gehad. Die Kalahari Bulletin het ’n paar mense genader vir kommentaar oor sekere groot gebeure in hul lewe. Hoe het jy gevoel toe:

ANNELI MEYER met haar dogtertjie, Karli.

Foto: Verskaf

– jy as mede-direkteur van Jordaan & Mans Ingelyf aangestel word? ) Anneli Meyer werk al sedert begin 2011 as notaris en aktevervaardiger vir Jordaan & Mans en is toe as mede-direkteur aangestel: “Ek was dankbaar vir die geleentheid wat oor my pad gekom het, asook die vertroue wat deur my mede-direkteure in my geplaas is. Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings wat voorlê.” – jy GJ die eerste keer in jou

– jy in 2012 as onderhoofseun vir 2013 aan die Laerskool Seodin aangewys is? ) Louis Alberts, oudste en enigste seun van Hennie en Alta Alberts, was verlede jaar die onderhoof-

– jy hoor dat jou tweeling toe eintlik ’n drieling is? ) Charl en Surika Esterhuizen se drieling was aanvanklik ’n tweeling, maar ná ’n verdere sonar sê die dokter toe hulle verwag eintlik ’n drieling: “Ek was geskok en bang, om die minste te sê. Ek was bang ons kom nie reg nie en dat ons nie geldelik goed genoeg vir hulle kan sorg nie. Daar was ook die moontlikheid dat hulle ná geboorte in die NICU sal moet wees, omdat meerlinge dikwels vroeër as enkelinge gebore word. Ek was onseker oor myself. Hoe meer ek daaraan gedink het, hoe meer het ek besef ons is baie gelukkig en dat God ons geseën het.”

Voorgeboorteklasse rus ma’s toe Lynn-Mari Olivier VOORGEBOORTEKLASSE op Kuruman is nou nie meer so skaars soos hoendertande nie. Swanger vroue op die dorp het nou toegang tot dié soort luuksheid en trek nie meer so aan die kortste end nie. Lanie Lamprecht, suster in ’n plaaslike apteek op Kuruman, bied die klasse aan. Lamprecht het haar graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) behaal en haar verder in verpleegadministrasie en verpleegonderwys (B.Curr.) bekwaam. Vir 12 jaar het sy kliniekwerk op Harrismith gedoen en toe na Hotazel verhuis waar sy beroepsgesond-

heid gedoen het. Sy doen nou primêre sorg in ’n plaaslike apteek. Kalahari Bulletin het met haar oor die noodsaaklikheid van die soort klasse gesels. “Voorgeboorteklasse berei ouers op die groot, onbekende wêreld van ouerskap voor. Dit help om ouers bekend te stel aan sekere keuses wat met swanger- en ouerskap gepaardgaan. “Dit sluit in voeding, metodes van kraam, pynverligtingkeuses vir pyn tydens kraam en wat om ná die geboorte te verwag,” sê Lamprecht. Sy beklemtoon dit dat die soort klasse ook groepskohesie met ander swanger vroue aanmoedig en dat hulle onderling hul probleme en onsekerhede met mekaar

kan bespreek. “Dit is belangrik dat swanger vroue voorbereid en ingelig sal wees sou ’n krisis ontstaan,” sê Lamprecht. In een van die klasse wat prakties van aard is, wys Lamprecht die vroue hoe om die baba te bad, te voed en winde uit te vryf. Nageboorte-depressie is ook ’n belangrike aspek wat aan die beurt kom. Volgens Lamprecht is die opvolgklasse ná die baba se geboorte uiters belangrik. Die nuwe mammas moet weet hulle het ’n ondersteuningsnetwerk. Marisa Barnard, fisioterapeut, is die organiseerder van die klasse en alle belangstellendes kan haar by 053-712-0424 bel.

DIE vroue is van links, voor: Marcel Venter, Corlia Coetzee en Ilze Fotheringham; agter: Wiida de Klerk, Lanie Lamprecht, Elrinda Rost en Marisa Barnard. Foto: Lynn-Mari Olivier


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Woestynkinders blom in skool Annerie Louw ONGEVEER 150 km noord van Kuruman, op ’n afgeleë Kalahari-dorpie, word daar aktief met die jeug van die omgewing gewoeker. “Die kinders van die woestyn is gereed om te blom,” sê Francine Noëth, hoof van die Intermediêre Skool Vanzylsrus. Die ongeveer 500 leerlinge het geleenthede om hul potensiaal ten volle uit te leef al is hulle verafgeleë. Die 16 gekwalifiseerde onderwysers is toegewyd in hul pogings om kultuuraktiwiteite, sportaktiwiteite en die akademie aan die kinders bekend te maak. In die afgelope twee jaar is verskeie opvoerings en uitvoerings van die senior koor en konserte vir die gemeenskap en die ouers aangebied. Ook op sportgebied word atletiek, sokker, tennis, netbal en tafeltennis aangebied. Hierdie skool is so gelukkig om ’n tartanbaan in die woestynsand te hê waarop sokkerwedstryde en oefening kan plaasvind. Die skool het ’n voedingskema wat elke dag vir elke leerling ’n maaltyd voorsien en só na die leerlinge se gesondheid omsien. Leerlinge leer ook om hul omgewing skoon te hou en op Lentedag is ’n 5 km-pretstap as bewusmaking van die natuur gereël. Die leerlinge kry

FRANCINE NOËTH, skoolhoof, by die leerlinge van Vanzylsrus. geleentheid om sosiaal te verkeer soos met verlede jaar se lentedagsokkie en hulle word in die skool oor die gevolge van drank- en alkoholmisbruik opgevoed. ’n Rekenaarvaardigheidsprogram is deur ’n weldoener uit die gemeenskap aangelê en leerlinge kan rekenaargeletterd raak.

DIE personeel van die skool op Vanzylsrus is van links, voor: Bardene Thirion, Dinny Moagi, Francine Noëth (skoolhoof), Louis Esau en Fezile Modise; tweede ry: Mariana van Wyk, Cecile Lombard, Puleng Mafora, Emily Maseme en Fred Lewis; derde ry: Marthina Fourie, Lucretia Lepotlako, Thettera Balepile en Modise Tshite; agter: Asha Farah, Danie Boonzaier, Jerry Buckner en Ellen Buckner. Foto: Verskaf

Die skoolklere-projek behels dat gebruikte klere op pensioen-uitbetalingsdag verkoop word. Met die opbrengs word skoolklere aangekoop en gesubsideerd aan leerlinge verkoop. Leerlinge wat spesiale onderwys benodig, kan gehelp word in die twee aparte klaskamers waar daar

PHILIPPA VAN DER MERWE, die ster van Postmasburg, gaan haar atletiek- en akademiese loopbaan dié jaar aan die Universiteit van Pretoria (UP) voortsit. Op akademiese gebied het Philippa haar skoolloopbaan deur die beste in haar klas gepresteer. Sy was gevolglik verlede jaar die dux-leerling in gr. 12, soos sy ook in gr. 7 was. Haar skoolloopbaan het sy met ’n gemiddelde A-simbool, sowel as A-simbole in ses van die sewe vakke, afgesluit. Sy was een van net vier leerlinge wat ’n A-simbool in verbruikerstudie in die provinsie verwerf het. Op die atletiekbaan het Philippa reeds as o.10-atleet aan ’n nasionale byeenkoms vir laerskole deelgeneem. Haar ouers onthou nog hoe sy in gietende reën ’n goue medalje in die 80 m en ’n silwermedalje in die 100 m

PHILIPPA VAN DER MERWE met haar prysuitdelingpryse. Foto: Verskaf

op basiese geletterdheid, syfervaardigheid en praktiese vaardigheid gefokus word. Daar word ook voorskoolse klasse vir gr. O in die vooruitsig gestel sodat leerlinge in gr. 1 reeds basiese vaardighede aangeleer het. ’n Motivering vir gr. 9-leerlinge in Vanzylsrus is die studiefonds

wat beskikbaar is vir leerlinge wat meer as 70% in gr. 9 behaal. Dit behels finansiële hulp met skoolklere, boeke, skoolfonds en koshuisverblyf by ’n nabygeleë hoërskool. Leerlinge word aan die einde van die jaar op ’n prysuitdelinggeleentheid met sertifikate en geskenkpakkies beloon.

DIE tartansokkerveld lê lowergroen in die wit woestynsand van die Kalahari op Vanzylsrus.

Philippa verhuis na Pta Annerie Louw

Foto: Verskaf

gewen het en as victrix ludorum aangewys is. Sy was hiermee in 2004 die beste o.10-meisie-atleet in Suid-Afrika. Daarna het sy elke jaar aan die SuidAfrikaanse atletiekkampioenskappe vir laerskole en later ook vir hoërskole deelgeneem. Sy het altesaam vier goue, ses silwer- en drie bronsmedaljes op die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskappe verwerf en op elke kampioenskap die eindronde gehaal. Net in 2010 het sy glad nie weens ’n dyspierbesering deelgeneem nie. Philippa het in 2011 met 11,82 sekondes in die 100 m die eerste keer gekwalifiseer om Suid-Afrika op die IAAF se Wêreldjeugbyeenkoms in Lille, Frankryk, in die 100 m, 200 m en die aflos te verteenwoordig. Philippa het Suid-Afrika drie keer in 2011 verteenwoordig: op die Suidelike Afrikaanse Streek se jeugkampioenskappe in Windhoek, die Wêreldjeugspele in Lille, Frankryk, en in Nice, Frankryk, op 2011 se Tien- (Deca) nasie-atletiekbyeenkoms. In haar gr. 12 jaar in 2012 het Philippa weer gekwalifiseer (met 11,65 sekondes in die 100 m) om Suid-Afrika op die Suider-Afrikaanse junior atletiekkampioenskappe in Windhoek, Namibië, die IAAF se Wêreld- junior atletiekkampioenskappe in Barcelona, Spanje, en op die Sone 6- Afrikaspele in Lusaka, Zambië, te verteenwoordig. “Philippa se kenmerkende lewensvreugde, entoesiasme en toewyding laat haar enige nuwe uitdaging aanpak,” sê haar ma, Bessie. Philippa is die dogter van dr. Boeta van der Merwe en sy vrou, Bessie. Sy het nog ’n ouer suster, Susan, en ’n jonger broer, Andries. Wyse woorde wat Philippa deel, is: “Die bitter wortels van harde werk dra soet vrugte”.

Foto: Annerie Louw

Relay for life op pad

DIE Kansa Relay For Life op Kuruman vind op 2 Maart plaas. Dié geleentheid begin om 18:00 op die Kameeldoringpark-sportterrein van die Hoërskool Kalahari. Dit is ’n deurnaggeleentheid waarop hoop en lewe saam met kanker-oorwinnaars gevier word. Verskeie plaaslike kunstenaars tree op en

Pieter Smith beloof om die skare met sy Afrikaanse liedjies te vermaak. Die Kuruman-gemeenskap word uitgedaag om te kyk wie die meeste rondtes om die baan kan loop. Vir meer inligting kontak Lizanie Wall by lwall@cansa.org.za of 082-710-4450.

VAN links is, voor: Hannelie Kitching, Lisma Botha en Lelani van Straten; middel: Andrew Brundyn, Chantal Farinha, Stella-Marié Noeth, Lizette Hauman, Lizanie Wall en Reinhardt Terblanche; agter; Karen du Plessis, Wilma Dege, Riana Poolman, Zanthea Swart en Ounooi Fourie. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

11

A NEW school hall for the Ratang Thuto Senior Secondary School in Boichoko, Postmasburg. Photo: Supplied

School now VLV-vroue vereer has new hall DIE Kunste en Handvlytgroep van Marelie Keuler (voor) is van links, agter: Janet Strydom met haar kleindogter, Seniad, Fransie Scanlen, Santa Lamptrecht, Joeks Myburgh, Janet West en Emmie Cloete.

Foto’s: Verskaf

vir harde werk TYDENS ’n onlangse prysuitdeling van die Vroue-Landbouvereniging op Kuruman is verskeie lede vir hul harde werk en toewyding beloon. Veertien lede was 100% teenwoordig en tien bestuurslede het erkenning gekry vir hul harde werk. Santa Lamprecht het die Kriek-trofee gekry vir meeste punte behaal in blommerangskikking (beginners), asook die prys vir meeste punte behaal: Uit my tuin. Joeks Myburgh het die Otto Jeppe-trofee vir blommerangskikking (ope afdeling) ontvang, met spesiale vermelding van haar eerste plek tydens die konferensie waar sy die beginnersafdeling gewen het met haar voortreflike blomgordyn. Sy wen ook die gebak-afdeling en behaal die meeste punte in Kuns en My Eie, en behaal twee tweede plekke vir onderskeidelik meeste inskrywings en hoogste punte behaal. Myburgh is 80 jaar oud en skryf nog gereeld in vir kuns- en handvlytwerksessies om haar kennis te verbreed. Fransie Scanlen het die meeste punte in kuns en handvlyt, breiwerk, masjienwerk, asook hekelwerk, wat sy deel met Santa Lamprecht, behaal. Scanlen het ook die eerste plek vir die meeste inskrywings sowel as die hoogste punte behaal. Sy en Lamprecht is die mees betrokke nie-bestuurslede en word bedank vir hul lojaliteit teenoor die VLV.

MARIAAN VORSTER en Liza Burger van die Gesondheidsgroep met hul trofee. Bessie Kriek het die trofeë vir die meeste punte behaal in fotografie, asook letterkunde, en ook die Ida Forbes die spesiale trofee vir die meeste punte behaal tydens die konferensie. Dit was 85% vir letterkunde: ’n Storie soos om die kaggelvuur vertel. Die groep met die meeste inskrywings in 2012 was Kunste en Handvlyt met Marelie Keuler as sameroeper. Hulle het ook die meeste inskrywings gehad onder My Eie, en kry die Tanya Aucamptrofee vir die mees betrokke groep. Die interessantste vergadering was die een van Gesondheid onder leiding van Marianne Vorster en het gehandel oor middelafhanklikheid met Joe Swartz as spreker. Die Openbare Sakegroep van Lelani van Straten het trofeë gekry vir die groep met die meeste lede, met 100% bywoning, asook vir die getrouste

TANNIE CHARLOTTE ENGELBRECHT, 70 jaar lid van die VLV, ontvang ’n drukkie by die voorsitter, Petro Spangenberg. Sy sê tannie Charlotte is ’n bron van kennis, ondervinding en inspirasie vir elkeen wat by haar wil leer. Sy is tans in Mimosahof-tehuis vir bejaardes. dra van hul kentekens. Charlotte Engelbrecht is spesiaal bedank vir haar jare as beoordelaar en verdien die kenteken waarop staan: 70 jaar, deur en deur. Dit is nie aldag dat iemand 70 jaar lank aan ’n organisie behoort en steeds lojaal bly nie. Die Man van die Jaar 2012-eerbewys het aan Adriaan Stander gegaan, wat ná sy bywoning van die kongres op Hartenbos ’n vurige ondersteuner van VLV-sake is. Die Kuruman- VLV het ’n suksesvolle jaar beleef en sien uit na 2013 met die tema: My droom, my inspirasie. Die Sirkelkonferensie is reeds op 12 Maart op Vryburg, waartydens Sirkel Kalahari sy 80-jarige bestaan sal vier.

FOR the learners and staff of the Ratang Thuto Senior Secondary School in Boichoko, Postmasburg, writing exams is now a completely new experience. Previously, they had to write exams in a noisy community hall with frequent interruptions from passersby disturbing their concentration. A tavern next door contributed its share of noise, and there was always the risk that an inebriated patron would stumble into the hall during an examination. Last year, Assmang’s Beeshoek Iron Ore Mine and the Department of Education each contributed R1,8 million, and the result was a large, airy hall for Ratang Thuto that can be adapted to many other functions in Boichoko. John Ncazelo, SED practitioner for the Beeshoek Mine, says when the mine was approached by the school for assistance, they willingly agreed to assist and facilitated the process to form a joint venture with the Northern Cape Department of Education. Many of the mine’s employees have been learners at the school, or have children who currently attend it, and it was keen to get

involved in the community in a way that would improve the standard of education that the school offers these learners. School principal, Christo Sehako, says: “It’s been a blessing to have the hall. Previously, assemblies had to be held outdoors, and it was not easy to share information with the learners. Now that we have a hall, we have also had an award ceremony for the first time. “Assmang has done a great job in helping us achieve our dream,” he added. Andy Ramonnye, the Department of Education’s circuit manager for the area, enthusiastically endorses Sehako’s sentiments. He said: “With the building of the hall, I have seen a new pride in the learners, who are now getting to school on time, and wearing clean uniforms. “Where schools have better facilities, there is better discipline, better teachers. The whole tone of the school improves.” It also has a positive effect on parents. Where previously a meeting of parents had been crammed into a classroom, there was now plenty of space, he says.

Booth Kalahari se nuwe aanwins SHAWN BOOTH is aan die begin van die jaar by die Hoërskool Kalahari aangestel om tegnologie vir gr. 8 en gr. 9, asook ingenieursgrafika en ontwerp in die senior fase aan te bied. Booth het in Bloemfontein grootgeword en aan die Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer. Hy het aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein gestudeer. Foto: Dalene Coetzee


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Wrenchville kry twee leerkragte Annerie Louw MICHAEL KRUGER is dié jaar as adjunkhoof van die Hoërskool Wrenchville aangestel. Hy is reeds sedert 1992 die departementshoof van Afrikaans aan dié skool. Kruger het sy laerskoolopleiding aan die Laerskool Wrenchville voltooi en is toe Kimberley en Vryburg toe vir sy hoërskoolopleiding. In 1986 het hy die B.Ed.graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verwerf en in 1998 ’n B.A.-graad en ’n Hoër Onderwysdiploma. Kru-

ger is ’n senior nasiener vir die gr. 12-eindeksamen. Sy lewensfilosofie is: “Steun van buite is goed, maar dit kan jou ontval. Die enigste steun waarop jy werklik kan staatmaak, is die wat van binne kom.” . William Ndlovu kom van St. Boniface, Kimberley, waar hy sosiale studies, toerisme en aardrykskunde aangebied het. Hy gaan vanjaar besigheidstudies en rekenaargeletterdheid in Wrenchville. Hy het in 2007 ’n B.Ed.-graad aan die NIHE (Phatsimang College) verwerf.

Begin hul skoolloopbaan DIE gr. 1-onderwyser, Magda Kotze, saam met al die nuwe gr. 1-leerlinge aan die Hoërskool Daniëlskuil.

NUWE personeellede wat vanjaar aan die Hoërskool Daniëlskuil begin skoolhou het, is van links Morné de Lange, Nadine September en Jannie Naudé. Foto’s: Verskaf

VAN links is Michael Kruger, Solomon Fisher (skoolhoof) en William Ndlovu. Foto: John Titus


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

LITTLE MIRACLES DAYCARE/Babies from 3 months to 4 years. R650 monthly. Phone Melanie 073 342 7152.

AANDAG ALLE VRYMESSELAARS. Oasis Lodge (EC) vergader maandeliks in Kuruman. Skakel 073 938 4305.

14 000 IVORY BRICKS: R3,20 per brick. Phone 072 811 5426. SONKRAGBENODIGDHEDE: Sonpanele, omsetters ('invertors'), reguleerders, sonpompe, waterverwarmers. Alles wat jy nodig het om krag te bespaar. Skakel Jaco 082 893 3624. STRIPPING FORD SAPHIRE GLE 2L. Engine overhauled. New pressure plate. Phone 053 712 1461 Mannie Motors.

9 BRUIN-EN-WIT skilder Persie-ooie, 4 swart-en-wit skilder Persie-ooie, 5 Dorper-/Persie-kruisooie, 1 Dorper-stoetram. Dragtig. Skakel 082 929 4029.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991 GORDONS SKOONMAAKDIENSTE: Stoomskoonmaak van matte, banke en matrasse. Skakel Dot by 083 578 3977. HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991. Q 4 U: Afhaal van lisensies. Skakel Thea 084 206 4906.

KAMER BESKIKBAAR in meenthuis vir nie-rokende enkelpersoon. R3 000 p.m. Skakel Francois 072 156 4035.

1999 MAZDA 2500, R34 500. 1999 Courier 2500, R33 500. 1996 Nissan 2500, R33 500. Phone 072 472 8686. ISUZU 230, 1995, R28 500. 1995 Hardbody, R25 500. 1987 Cortina, R14 500. Phone 072 472 8686. TOYOTA 2800, 1998: R45 000. 1997 Toyota 2200: R45 000. 1996 Toyota 2400: R39 500. Phone 072 472 8686.

MERCEDES: 1992. Fullhouse. R22 000. 1997 Mazda: R27 500. 2005 Golf: R39 500. Phone 072 472 8686. OPEL, 1990: R14 500. 1988 Opel: R11 500. 1977 Beetle: R9 900. Phone 072 472 8686/071 967 0285 or 053-963 1409. UNO, 1996, R18 500. Golf GTi, 1990, R23 500. Tazz, 2000, R29 500. Phone 072 472 8686. WANT TO SELL YOUR CAR? Please whats upp 071 967 0285 or SMS info 072 472 8686.

4-SLK-HUIS TE HUUR in goeie area. R12 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

5 SLAAPKAMERS: Groot kombuis, sitk, 3 badk, groot swembad, boorgat. R25 000 p.m. Skakel Brian 072 811 5426. 1-SLK-WOONSTEL: R3 800 p.m. Skakel Brian 072 811 5425.

J.R. Cowburn ADJUNKBALJU: VEREISTES: Kennisgewing ten opsigte van betekeninge van Hofprosesstukke sal 'n aanbeveling wees. Onafhanklik kan werk Geldige rybewys. Eie vervoer gebruik. Geen kriminele rekord of siviele vonnisse. Moet bereid wees om na-ure te werk. Matriek 'n vereiste. Faks CV na 053 712 0619 of gee af by Skoolstraat 46, Kuruman. Indien u na 14 dae nog niks van ons kantoor verneem het nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.

5-BEDROOM HOUSE to let at R25 000 plus deposit (with contract), excluding water and electricity. Every room has an air-conditioner, microwave, bar fridge, bed, DStv, bathroom, own entrance. Phone Christine 082 440 7701. RUIM 5-SLAAPKAMERhuis te huur. Lugreëling, badkamer, yskas, mikrogolfoond, bed, DStv in elke kamer. Tuin, braaiplekke, baie netjies. R25 000 p.m. plus deposito (met kontrak), water en ligte uitgesluit. Skakel 082 440 7701. Onmiddellik beskikbaar. KURUMAN: 3-slk-huis te huur. R14 000 p.m. onderhandelbaar. Munisipale rekenings ingesluit, behalwe vooruitbetaalde elektrisiteit (koopkrag). Skakel 053 712 3351 of 073 938 4305.

GESOEK: 'SPRAY PAINTER'. Kuruman. Skakel 083 232 1603.

AANDAG

Perfect Water:Looking for opportunity after matricagents needed in Kuruman, Postmasburg,Kathu,Olifant shoek and outlaying areas for Perfect Water Kuruman contact Martin/Rina on 054 712 1193

Die gebruik van die letter

SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.

KURUMAN: 5-/6-slk, 2 badk, 2 kombuise, ideaal vir kontrakteurs. Beskikbaar 1 Febr. 2013. R30 000 p.m. Skakel Alta 072 761 5941.

ALLE ADVERTEERDERS

NUWE 3-SLK-HUIS te huur in veilige kompleks. R14 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

"A", leestekens soos "!"

RUIM 3-SLK-HUIS in veilige kompleks. R13 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311. TE HUUR: Moderne 4-slkhuis naby skole. R16 500 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

In die boedel van wyle Joseph Robert Cowburn, identiteitsnommer 560314 5109 084 van Barnardlaan 1, Kuruman 8460. Boedelnommer 3433/2012. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 1 Februarie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

KANTORE EN WOONEENHEID te huur in Hoofstraat, Kuruman. Beskikbaar 1 Februarie. Kontak Alta 072 761 5941.

2-SLK-MEENTHUIS te huur. R12 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

INDUSTRIËLE GEBIED, KURUMAN: 3 geboue, 42 vk meter groot, 58 vk meter en 78 vk meter. Geskik vir pakof werkplek. Skakel 083 524 4995.

KURUMAN HUISE TE KOOP – KURUMAN Sitk, eetk, groot kombuis, wask, TV-kamer, kantoor, 4 slk, badk en toilet (hoof slk), badk, toilet, stort, stoep, binnebraai, pakk, toilet en wasbak, 2 m/h. R1 480 000. Voor op stoep: 1-slkwoonstel plus bad, wasbak en toilet. 3 slk (hoof- slk: bad, wasbak, stort en toilet. Gastek: toilet, wasbak en bad), sitk, eetk, kombuis, 2 m/h, stoep agter, braai, dam vir swem, buitek en toilet. R950 000. MEENTHUIS TE HUUR KURUMAN Groot en nuut gebou. 1 slk, badk, sitk, kombuis, 2 afdakke, swembad. R7 600 p.m. Groot erf en besigheidsgebou te koop! R2,1 miljoen plus BTW

AÏda Kuruman Annatjie 076 395 9422 AÏda Kathu Gerrit 082 801 1844 Annette 083 709 0612

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Want to make a Difference in the lives of others? Looking to join the team with a Difference?

Yes and Yes! OPPORTUNITIES ACROSS SOUTH AFRICA

BRANCH MANAGERS

Market-related basic + benefits; rewarding incentive structure

E-MAIL YOUR CV to: bedifferent@africanbank.co.za

SALES CONSULTANTS Market-related basic + benefits; superb incentive structure

SMS “DIFFERENT” to 33857 Start being the Difference today with African Bank Ts&Cs apply. SMSs charged at R1.50 www.humanjobs.co.za

Human Communications 94936


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

The Scaw Metals Group (Scaw) is an international group manufacturing a diverse range of steel products, with principal operations located in South Africa, South America, Canada and Australia. The main product lines which supply the global construction, railway, power generation, mining, cement, marine, engineering and agricultural markets are: rolled steel, steel and alloy iron castings, cast alloy iron and forged steel grinding media, chain, steel wire rope, strand and wire products. Applications for the following positions at various sites are invited from appropriately qualified and experienced engineers.

Sales & Technical Services Engineers Mining Rope Products Reporting to the Sales and Technical Services Manager: Mining Ropes, Haggie® Steel Wire Rope, you will service mining customers in various regions, ensuring that agreed targets, sales volumes and related pricing are achieved. You will therefore provide market-leading, above-average customer sales, after-sales and technical services in the relevant market, handle complaints of a technical nature for both the relevant areas of responsibility, and maintain sales-related information for customers. Providing product recommendations after internal consultation and advising on the suitability of our products as relating to the customer’s equipment, as well as ensuring that our product conforms to legal requirements, will also be important, and you will enjoy international exposure. Your responsibilities will include initiating lab requests, following up on commercial complaints and liaising with other internal and external departments.

The North West Development Corporation (Pty) Ltd is an organisation which promotes and facilitates economic growth through sustainable manufacturing business development and community economic empowerment amongst primarily disadvantaged communities within the framework of the Accelerated and Shared Growth Initiative of South Africa. It has the following employment opportunities:

7 Internship Positions

(12 months/as stipulated by the academic institution) Stipend: R4 300 per month

5 x Finance, 1x HR and 1x Marketing

Requirements: • Higher National Diploma in Mech Eng or Metallurgy/ N6 equivalent/related Engineering degree plus 3-5 years’ experience in mining/engineering, with rope experience being advantageous OR progress towards a qualification and 5-10 years’ proven experience in a mechanical engineering environment • Computer literate with good MS Excel, Word, SAP and Lotus Notes skills • Good verbal and written communication skills • Good interpersonal skills • Problem solving capabilities • Ability to organise own schedules • Adaptable to companies’ minimum requirements with regard to customer-specific site visits • Ability to plan and monitor activities • Enthusiastic and cooperative with initiative • Willingness to promote the company • Ability to cope with pressure.

Location: For finance positions: • Rustenburg (1) • Lehurutshe (1) • Taung (1) • Mothibistad (1) • Head Office (1) For HR and Marketing positions: Head Office – Mahikeng Requirements: Finance: BCom (in line with Accounting, Finance, Economics and/or Business Administration). Marketing and HR: Diploma/degree in Marketing and Communications and diploma/degree in Human Resources. Applicants who meet the above requirements should send their applications to: Human Resources Department, PO Box 3011, Mmabatho 2735, for attention: Ms S Msinga, or e-mail application letter and certified qualifications to: keitopetsem@nwdc.co.za or hand-deliver them to NWDC Head Office, 22 James Watt Crescent, Industrial Sites, Mahikeng.

Our company offers an attractive remuneration package as well as the stability and security of being part of an established industry leader.

Enquiries should be directed to the HR department on tel. (018) 381-3663-8 The company reserves the right not to appoint. Failure to submit certified and relevant qualifications will result in not being short-listed.

Please forward all applications to: rhone@adcorp.co.za or fax: 0866 100 300.

Candidates who have already participated in an Internship Programme in any organisation will NOT be considered.

Only short-listed candidates will be contacted.

Preference will be given to students residing in the geographic area of the office or branch to which the student will be allocated.

Closing date: 11 February 2013

Closing date for applications: 14 February 2013 94818

NB: If you do not hear from us within 3 weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful. Human Communications 94960


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

DIE spelers van die Hoërskool Upington is van links, voor: Jaco Zietsman, Shaquille Cloete en Gert Rupping; middel: Franco Swart, Rha Meintjies, Mario Zacharia en PJ Smit; agter: Johan van der Ryst, Ernest Beukes, Reinhard Hayes, Gert Nel, Lynthen Barties, William Briekwa en Johannes du Plessis. Foto’s: Verskaf

Uppies kraai koning

REINHARD HAYES van die Hoërskool Upington se dorpspan boul na sy teenstander.

DIE Hoërskool Upington se dorpspan het op Saterdag 26 Januarie die dorpspan van die Hoërskool Duineveld in die halfeindronde van die Siyanda-krieketdorpsliga gewen. Uppies het eerste gekolf en 158 lopies almal uit aangeteken. JayD van Zyl was Duineveld se beste bouler met drie paaltjies vir 37 lopies in 10 boulbeurte. Jaco Zietsman (48) en Rha Meintjies (37) het vir Uppies met die kolf uitgeblink. Duineveld teken op sy beurt 80 lopies almal uit aan. Ulrich Richter (37) was Duineveld se beste kolwer. Reinhard Hayes het vir Uppies uitgeblink met die bal en ses paaltjies vir die verlies van 24 lopies in sewe boulbeurte geneem. Duineveld is toe vir 80 lopies uitgeboul. Die Hoërskool Upington het die wedstryd met 78 lopies gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Jêmblikke, visblikke . . . KAMEELBOOMPARK en Seodinpark was die afgelope Vrydag ’n see van rooi en geel op die Hoërskool Kalahari en die Laerskool Seodin se kleure-atletiekbyeenkomste. In bloedige warm weer het die ouers hul kinders kom ondersteun en kon die atlete deur die aanmoedigende gejuig van hul spanmaats hul staal toon.

VAN links is, voor: Cecile Aucamp, Anjulie Kruger en Janneke Deetlefs; agter: Natasha Botes, Nadia le Roux en Wilanry Greeff. Foto: Dalene Coetzee

HIER is, voor: Luciano Griqua; van links, agter: Jillian du Plessis, Gwynett Beukes, Andrea Harmse en Phebel Jobs. Foto:

Dalene Coetzee

ATLETE probeer hul bes terwyl die ondersteuners van die Rooi- en Geelspan van die Laerskool Seodin hulle aanmoedig. Foto: Lynn-Mari Olivier

LEERLINGE aan die Laerskool Seodin wat op die kleure-atletiekbyeenkoms gees vang, is van links, voor: Jané Janse van Rensburg, Nicole Jordaan en Anchen Coetzee; agter: Danelle Pieterse, Wilmien Kruger, Nicolene Kruger, Joné Ellis, Junel Odendaal en Cara le Roux. Foto: Lynn-Mari Olivier

ATLETE van die Hoërskool Kalahari, Kuruman, wat gekies is om GriekwalandWes op ’n interprovinsiale byeenkoms van 31 Januarie tot 3 Februarie op Oudtshoorn te verteenwoordig is van links: AJ Fourie, Alwyn Burger, Gerdo van der Walt, Pierre van der Walt en Anzell Fourie. Foto: Dalene Coetzee

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Geelspan klop toe die rooies Annerie Louw

DIE Hoërskool Kalahari het hul eerste atletiekbyeenkoms op Kameelboompark gehou. Die kleurspanne, Rooi en Geel, het in bloedige warm weer met mekaar meegeding. Een van die atlete wat ’n rekord verbeter het, was Leoné van Rooyen (meisies o.19). Die verspringrekord, wat

sedert 1966 op 4,64 m staan, het sy Vrydagoggend na 4,7 m verbeter. Van Rooyen het ook die 100 m in ’n rekordtyd van 12,8 gehardloop. Boelie Beukes (o.15) het die 200 m in ’n tyd van 24,1 s. gehardloop. Bryan Whitehead (o.15) het ’n rekord in diskus (43,96 m) gegooi. Lezaan van Rooyen (o.15) se tyd in die 300 m-hekkies was 48,5 s. Die Rooispan het 448 punte behaal en die Geelspan het met 509 punte gewen.

Draf hekkies kaf RIAAN DE KLERK in aksie oor die 80 m-hekkies op die Laerskool Seodin se kleure-atletiekbyeenkoms. Hy het die rekord na 12,87 sekondes verbeter en die 200 m-hekkies na 30,78 sekondes. Ander atlete wat gepresteer het, is Nataly Eloff wat die gewigstootrekord vir meisies o.10 met haar poging van 5,78 m verbeter het. Bianca Britz het die spiesgooirekord vir meisies o.13 met haar gooi van 29,14 m verbeter. Quintin Kruger het die gewigstootrekord vir seuns o.10 met sy 7,01 m-probeerslag verbeter. Die Rooispan het die Geelspan met 45 punte geklop. Foto: Elsabé de Klerk

ZANRI SNYMAN (links) en Leoné van Rooyen van die Geelspan in die optog. Foto: Dalene Coetzee


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.