Kuruman bulletin 4 sept 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

5 SEPTEMBER 2013

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

‘n GROEP dowe fietsryers van die DeafNET Centre of Knowledge op Worcester het in die Noord-Kaap met hul fietse gery om onder meer bewusmaking vir die nie-winsgewende instansie in dié streek te skep. Hulle het ook Daniëlskuil en Kuruman aangedoen. Lees die berig op bl. 3. Foto: Joanie Bergh

Bakkie land in kollege Joanie Bergh PERSONEELLEDE van die Kuruman-VOO-kollege is woedend nadat ’n bakkie in dié akademiese instansie se gebou ingejaag en skade van meer as R200 000 aangerig het. Dit is die vyfde keer dat so ’n voorval die kollege tref. ’n Wit Hilux-bakkie het verlede week omstreeks 16:45 in Voortrek-

kerstraat deur die venster van die rekenaarlaboratorium gejaag. Die insittendes, onder wie twee jong mans en ’n vrou, het geringe beserings opgedoen. Leon Foutie, kampusbestuurder, sê hulle is net dankbaar die voorval het laatmiddag gebeur. “Daar is gewoonlik meer as 300 studente wat elke dag in daardie gange beweeg. As die bakkie tydens nor-

male klasure deur daardie venster gejaag het, kon iemand baie seergekry het.” Die skade sluit in onder meer ses rekenaars wat stukkend is, ’n kopieermasjien, twee tafels en die ruit. ’n IT-span het ná ’n skade-analise vasgestel die skade aan die toerusting is meer as R200 000. Die aand van die voorval het die kampusbestuur gereël dat sekuri-

teitspersoneel die nag deur om die gebied patrolleer. ’n Muur is die volgende dag gebou sodat lesings so spoedig moontlik in die lokaal voortgesit kon word. “Ons beplan om ’n versoek by die munisipaliteit in te dien om spoedhobbels in die besige straat aan te bring om soortgelyke voorvalle te verhoed,” sê Foutie. ) Sien foto’s van die ongeluk op bl. 2.

) Vroeër vanjaar het ’n wit Isuzu– bakkie deur die hek van die Laerskool Kuruman, ook in Voortrekkerstraat, gejaag en ’n tienjarige leerling raakgery. Die skoolhoof, Floyd Turner, het gesê weens omliggende ontwikkeling, die groter toevloei van mense en die druk verkeer in dié straat hou die ligging van die geboue ’n veiligheidsrisiko in.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Man’s body found

THE Mothibistad police have registered an inquest docket after a herdsman discovered a man’s decomposing body in the veld just a few metres behind the Public Works building on Sunday afternoon. The herdsman immediately notified the Mothibistad police about this gruesome discovery. The cause of the deceased’s death is not known. He was found half naked. He is believed to be between the ages of 25 and 30 and was wearing a red t-shirt, blue jeans and had dreadlocks. The police will conduct a post-mortem to determine the cause of his death. They appeal to the nearby communities to contact Lt. Col. Kedibone Bosman, the Mothibistad station commander, on 082-822-3213 to assist with the investigation and to identify the deceased.

’n WIT Hiluxbakkie het verlede week deur die Noord-Kaapse Plattelandse VOO-kollege se muur gejaag. Die skade beloop na raming R200 000.

DIE bakkie het in die venster van die kollege se rekenaar-laboratorium in Voortrekkerstraat tot stilstand gekom.

Foto’s: Leon Foutie

Police search for witness THE Augrabies Detective Service requires help in locating Patrick Phuduhudu who lived in the Mapoteng area, Kuruman. He is a main witness in a murder case where somone was stabbed with a knife on 23 December 2009 in Augrabies. He needs to be traced in order to finalise the case. Anyone with information regarding the whereabouts of Phuduhudu can contact the investigating officer, Sgt. September, on 082-260-0640 or 054-451-0391.

SES rekenaars is stukkend gery.

DIE kopieermasjien is ook erg beskadig.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Ryers skep bewustheid Joanie Bergh

DIE ses dowe fietsryers en organiseerders van die DeafNET Centre of Knowledge het deur Daniëlskuil en Kuruman gery. Hier is staan hulle voor die Moffat Mission waar hulle die aand tuisgegaan het. Hulle is na Worcester onderweg. Foto: Joanie Bergh

SES dowe studente wat lid is van die DeafNET Centre of Knowledge het met hul fietse deur die Noord-Kaap gery om bewusmaking vir dié niewinsgewende organisasie in die streek te skep. Hul roete het in Kimberley begin en hulle is onderweg na Kuruman, Kathu, Upington, Springbok en Gharies

om weer op Worcester te eindig. DeafNET sien om na dowes op die Afrika-kontinent, sowel as die Indiese Eilande. Dit is die eerste fietstoer in sy soort waardeur die organiseerders bewusmaking vir geestesgesondheid en doofheid wil skep en daarbenewens ook geld by die verskeie punte insamel. Suzette Willemse, hoof van DeafNET, sê hulle het

3

spesifiek op die roete in die Noord-Kaap besluit vanweë die uitgestrekte vlaktes. “Iemand wat doof is, is baie beter visueel ingesteld. En om die vlaktes met hul fietse uit te ry is baie makliker as in ’n beboste gebied met heuwels asook opdraandes.” Die ses fietsryers is almal studente van die Nasionale Instituut vir Dowes op Worcester.

David makes province proud DAVID FRANSE has done it before and now he does it again! This young married guy from Tlhakalatlou, Daniëlskuil, who is also manager of the Northern Cape’s Own 7 Opera Tenors, has made Danielskuil and the Northern Cape proud by producing a high-profile and informative radio drama for the Northern Cape Provincial Legislature at the Motsweding FM Studios. Franse started his career in the arts at a very young age while he was in primary school. He was a member of the Junior Sunday Times Club between 1990 and 1992 where he wrote short

stories, poems and drawings for the newspaper’s weekly column. His first drama, Modimo ga o je nkabo, was broadcast by Radio Setswana in 1993 and since then, David has been passionate about his writing career. He wrote several plays for the former Radio Mmabatho and Setswana Stereo which is currently known as Motsweding FM in Mafikeng while he was still in high school. He also did radio commercials for Radio Mafisa in Rustenburg where he was also managing director for the Platinum City Arts Productions in 2002.

He has been coordinator and script writer and director of the Kgatelopele Tourism Cultural Group in Daniëlskuil since 2006 where he helped form the 7 Opera Tenors. David’s memorable highlight about his career was when the 7 Opera Tenors was honoured to sing the national anthem in August 2007 on Women’s Day in front of the previous president, Thabo Mbeki, and appeared for the first time on national television. He was nominated as award winner for Community Builder of the Year 2009 for the 7 Opera Tenors in the Siyanda District

and stood as a finalist in the Northern Cape Community Builder of the Year 2009. He also succeeded to feature the 7 Opera Tenors on Imizwilili on SABC 1 and got a sponsor for them to study music at the Dynamic Music Institution at the Mayibuye Centre in Kimberley. The Northern Cape Provincial Legislature radio drama he produced is an engaging and educational play that featured artists such as Thabo Jacobs the popular “Marwick” who features in the soapie Seboloke, and the multi-lingual actor Matshidiso Mahoko of Motsweding FM, as well as other

actors from Kimberley. The play is vibrant and hot as artists portray the contents that will leave you with no words to say, but to learn. The Northern Cape Provincial Legislature radio drama is going to be translated into four different languages that is English, Afrikaans, Xhosa and Setswana for community and talk radio to be used by commercial radio stations. The Northern Cape Provincial Legislature encourages people of the Northern Cape to stay tuned to their favourite radio stations as soon as the broadcast dates have been announced and

you can start applauding the hard and good work David has done so far. Who knows, maybe one day he will receive another award from the Northern Cape Provincial Legislature too? Or,

maybe it’s time local authorities and radio stations take serious note of and realise the talent in this area. Franse is an asset with useful brains to provide the necessary information which we cannot afford to lo-

se in this province. His future aim and vision is to open a multi-purpose centre that comprises a studio to groom and produce upcoming artists that will represent their area and the Northern Cape.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Plattelandse skole is tops HOE lekker is dit nie om te hoor dat plattelandse skole presteer nie. Verlede jaar het ’n span leerlinge van die Hoërskool Kathu die Hip2b² iThink Challenge se ProNutro-afdeling gewen. In die afdeling moes hulle ’n nuwe geur pap ontwikkel en die span van Kathu was die nasionale wenner. Hul geur is nou op die winkelrakke. Vanjaar het die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) se span onder leiding van Jorrie Jordaan die iThink Challenge gewen. Daarby is die Voorbereidingskool Fanie Malan se koor landwyd onder die vyf top- junior kore in die ATKV se Applous-kompetisie. Die Hoërskool Duineveld is tiende in die land met sy leerlinge se prestasies op die wetenskap-

ekspo. Dit laat ’n mens besef dat om op die platteland te bly niks van kinders wegneem nie. Die plattelandse skole bied net soveel vir hul leerlinge as stadskole en dat die gehalte van onderrig geensins afsteek by die onderrig wat leerlinge in skole in stede ontvang nie. Die skole in dié streek presteer jaarliks op ’n verskeidenheid gebiede en op akademiese, kulturele en sportgebied staan hulle nie ’n tree terug vir hul eweknieë in die stad nie. Dit bly lekker om week na week te lees oor al die prestasies en te sien hoe talent ontwikkel word totdat alle potensiaal bereik kan word. Dit is voorwaar ’n lekker plek om kinders in groot te maak.

Net kennis nie genoeg André de Villiers DAAR is iets drasties fout met die manier waarop ons dissipels van Jesus in ons gemeentes kweek. Ons Westerlinge blyk heeltemal tevrede te wees as ons vir mekaar die “kopkennis” kan gee. Maar of daardie mens die kopkennis met ’n leefstyl kan integreer, skeel ons maar min, of altans, so lyk dit as ons na gemeentes kyk. Ons onderwysstelsel het dieselfde neiging getoon in vroeër jare. Onderrig het gegaan om die akademiese opleiding, met ander woorde hoeveel punte die student kry na gelang van hoeveel antwoorde reg of verkeerd beantwoord is. Die uitgangspunt by leraars en onderwysers is moontlik dat dit hul werk is om die inhoud van ’n boek aan die student oor te dra. Dit bring mee dat die verhouding waarin hulle staan formeler in plaas van relasioneler. Om kopkennis te hê is nie irrelevant nie. Maar die vraag sal altyd bly of net kennis tot verandering van gedrag lei? Anders gestel: Hoe pas mense toe wat hulle weet? Hoe verander kennis die mens se optrede? Van 1996 tot 2000 was my seun in ’n skool waar die volgende spreuk by elke onderwyser ingedril is: Opvoeding begin wanneer die klastyd verby is. Wat wou hulle daarmee sê? Dat dit goed en wel is om die leerling met kopkennis te verryk, maar wat doen die onderwyser om te verseker dat die leerling daardie kennis reg in die praktyk toepas? In die Joodse taal is daar minder woorde as in baie Westerse tale. Dit beteken dat een woord meer as een betekenis het. So beteken die woord “luister” hoor en doen. Anders gestel, wanneer iemand aangespreek word om te luister, veronderstel die spreker dat die hoorder gehoor sál gee aan die woorde deur daarop te reageer. Dit is soos wanneer ouers

hul kind roep om te kom eet. Wanneer ouers roep, aanvaar hulle die kind sal kom en dat ’n tweede roep nie nodig is nie. In Mat. 18:15-17 sê Jesus wanneer mense nie doen wat God vra nie, moet die gelowiges met hulle gaan praat en hulle op die regte leefstyl wys. As hulle “luister”, het jy hulle teruggewen. Die “luister” is egter nie net intellektuele instemming nie, met ander woorde: “Ek verstaan wat jy vir my sê” nie. Nee, dit beteken die mense hoor en verander hul gedrag daarvolgens. Hul veranderde gedrag getuig dat hulle gehoor het. In die Joodse tradisie is die rol van die rabbi uiters belangrik. Die mens is nie net ’n onderwyser vir die volgelinge nie. Hy is ’n rolmodel, ’n mentor. Hy leef saam met sy volgelinge en hulle sien in sy dag-tot-dag-lewe hoe hy die waarhede van die Woord in sy daaglikse lewe integreer. Jesus het Sy volgelinge gehad. Hy het nie net 12 dissipels gehad nie, maar baie meer soos Hy van dorp tot dorp gegaan het. Oral het mense na Sy woorde geluister en gesien hoe Hy dit in Sy lewe toepas. Dit het die deurslag gegee. Dit het mense gelei tot ’n nuwe lewenstyl. Dit het van die eerste kerk (Hand. 2) mense gemaak wat die wêreld rondom hulle verander het, nie deur woorde nie, maar deur hul gedrag. In hoe ’n mate slaag jy daarin om vir ander ’n mentor, ’n rolmodel, te wees? In watter mate slaag jul gemeente daarin om mentorskap te gebruik om mense se lewe radikaal te verander sodat ons nie net hoorders van die Woord sal wees nie, maar daders? Of is ons tevrede om net intellektuele navolgers van Jesus te wees sonder dat ons gedrag dit hoef te bevestig? ) Ds. André de Villiers is ’n leraar van die NG kerk Kathu.

HIERDIE pragtige sonsopkoms is by Kathu afgeneem.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Gamagara versnel Deben se verval JAN COETZER, Deben: DIE artikel “Ons bly op ’n ashoop” in die Kuruman Bulletin van 15 Augustus waarin die rioolprobleme in Deben uitgestippel is, verwys. Ek voel my in aansluiting by die berig ongelukkig genoop om die volgende gegewens via die media beskikbaar te stel vir kennisname deur die breër publiek en ter beskaming van die Gamagara-munisipaliteit vir sy direkte en alleen-aandeel aan die agteruitgang en verval van die openbare infrastrukture van die dorp Deben. Gemeet aan beskaafde norme is die dorpie tot ’n Derdewêreldse soort gemeenskap gereduseer deur gemelde munisipaliteit se minagting van die belange en behoeftes van Deben se inwoners. In Deben ontbreek daar 18 stop- en toegeetekens. Sommige se pale is darem nog nie uitgebreek nie. By minstens twee straatkruisings is daar geen padtekens nie, logies ’n hoogs gevaarlike opset en een wat in wese op strafregtelike pligsversuim van die munisipaliteit neerkom.

Altesaam 17 straatnaamborde het verdwyn. Met die koms van GPS-tegnologie word straatnaamborde nou skynbaar irrelevant. Teenstrydig met ’n munisipale wet dat geen gebou onder die vloedlyn van die Gamagara-rivier opgerig mag word nie, gee die Gamagararaad nogtans wederregtelik toestemming daartoe, met die bra bisarre voorwaarde en verontskuldiging dat eienaars dit op eie risiko doen. Die skraap van strate is ’n munisipale diens wat skynbaar met die koms van die nuwe Suid-Afrika summier in die stof gebyt het. Die suig van riooldreine is beslis nie ’n voorkeurdiens by die Gamagara-raad nie. Wagtyd vir dié diens kan tot ’n maand lank duur. Die raad se oplossing vir die pro-

bleem is dat die vol dreine maar gerus in die straat of in die buurman se erf kan oorloop. Die munisipale wet dat diere slegs op die erwe aangrensend aan die Gamagara-loop aangehou mag word, word glad nie meer deur die raad toegepas nie. Deben het dus in ’n tipe “veedorpie” ontaard. Dit is dus nie vreemd dat rondlopervee, veral donkies, skynbaar die “vryheid van die stad” het om, ongehinderd deur die wetstoepassers, dag en nag hul weirondes deur Deben se strate te doen, met soms noodlottige gevolge vir motoriste nie. Les bes: Is die reeds jare lange opgefrommelde dorps- en verwelkomingsbord by die ingang van Deben, ’n bord wat veronderstel is om ’n spieëlbeeld van ’n dorp se karakter te wees, nie ’n klaaglike manifestasie van enersyds die graad van minagting en geringskatting van die inwoners van Deben deur die Gamagara-raad en andersyds van ’n algehele gebrek van die raad aan etiek en selfrespek en respek vir die eergevoel van die inwoners van Deben nie? Seer sekerlik wel.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

’n Mens praat mos nie so ONS almal het ons geite. Ek dalk meer as jy. Veral as dit by iemand se taal kom. As jy SMS-taal gebruik, knip ek ons gesprek kort. As jy eers Afrikaans en Engels deurmekaargooi, is ek die een wat draaie loop net om jou te vermy. Dit alles kan ek nog hanteer, maar as jy eers voor my die woord “mos” in elke sin gooi, sien ek hoe my oorle’ ouma se potloodwenkbroue lig. Sy sou voor haar spieëlkas sit, haar Chanel no. 5 aanspuit en sê “mos” dui daarop dat jou Afrikaanse woordeskat tekort skiet. En g’n ander woord in die HAT laat ’n mens dommer voel as dié nuttelose drieletterwoord nie. Sy het – mos! – ’n afsku aan “mos” ontwikkel toe sy tannie Sandra een Sondag ná kerk op die trappe gesien het. Ek was aan haar sy toe sy my

arm met mening beetkry en my agter haar aansleep om die vriendin van Nylstroom te groet. Ná die soengroet en drukke (ja, die soen en wangknyp van vreemde mense bly my nou nog by), vra sy vir tant Sandra hoekom sy so skaars is. “Stefaans is mos dood,” sê sy. Mos. Ek was seker ek het op daardie oomblik ’n kriekekoor gehoor. Voete het op die sementvloer geskuifel en my ouma het haar keel skoongemaak. “O!” het sy gesê. “Hoe kon ek dit vergeet het.” En dit is hoe die woord “mos” my

ouma laat lieg het, want sy het niks geweet van die afsterwe nie. As mos maar net by ’n plant op ’n nat klip gebly het. Die woordjie – klein, kort en eenvoudig – impliseer dat jy iets reeds moet weet. As jy dit nie weet nie en jy wys dit, sal die ander prater dink jy het nooit geluister toe hy jou aanvanklik daarvan vertel het nie. Die woord “mos” word ook graag deur vreemdelinge gebruik. “Ek is mos ’n vegetariër,” sê ’n vrou vir my terwyl ons geselsies in ’n boekwinkel aanknoop. Mos. Hoe moes ek dit mos geweet het? En ek stel myself die eerste keer aan haar voor. Dalk moet ek maar net die woordjie as deel van my taal aanvaar. En soos my ouma, net my kop knik op alles en maak of ek alles mos weet. Teen dié tyd weet ek mos hoe.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

5

DIE hardlopers wat in 2012 aan die gewilde kuierfees-halfmarathon deelgeneem het. Vanjaar is die kuierfees 21 jaar oud en is dit beslis ’n groot jaar om aan die halfmarathon deel te neem. Rig navrae aan die kuierfeeskantoor by 054-332-1100. Foto: Verskaf

Draf saam op eilandpad DIE Pioneer Foods-halfmarathon vind op Vrydag 27 September om 18:00 plaas. Die inskrywings kan van 16:30 af gedoen word waarna die hardlopers om 18:00 by die ingang van die landbounavorsingstasie op die Eiland-feesterrein sal wegspring. Die roete volg die Jooste-eilandpad met bulte

as uitdaging en landerye as uitsig. Die roete sal met lanternliggies verlig word. Die 21,1 km-nagwedloop duur ongeveer drie uur om te voltooi. Deelnemers kan hulle as juniors, veterane, meesters of grootmeesters inskryf. Kry inskryfvorms op www.kalaharikuierfees.co.za.

’n LEKKER gees heers altyd onder stappers van die Upington-Toyota-lekkerstap vir Bybels. Besoek gerus die kuierfees se Facebook-blad vir verdere inligting. Foto: Verskaf

VANJAAR vind ’n lekker hengelkompetisie weer op die Sakkie se Arkie-plaas oorkant die feesterrein plaas. ’n Prys sal toegeken word aan elke visspesie wat teen 14:00 ingeweeg word. Hengelaars kan hulle in die kategorieë vir mans, vroue en juniors inskryf. Die hengelkompetisie vind op Saterdag 28 September van 07:00 af plaas. Foto: Verskaf

Kom stap weer saam

DIE Kalahari-kuierfees vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar en die Upington-Toyota-lekkerstap vir Bybels stap al 13 jaar saam met die kuierfees. Daar sal vanjaar weer ’n 1 km- en 5 km-stap-

tog op Saterdag 28 September om 09:00 wees om geld vir Bybelverspreiding in te samel. Inskrywing is gratis, maar alle skenkings is welkom. Die lekkerstap begin by die ingang van die Eiland-feesterrein.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Ren maak terugkeer ENIGE veldrenjaer wat in die laat 1980’s deelgeneem het – en dít sluit omtrent die hele renveld uit – sal nogal tuis voel op die roete van die Vryburg 400, die sesde ronde van die 2013Donaldson-veldtydrenkampioenskappe wat die naweek van 6 en 7 September beslis word. Nasionale veldtydrenne keer dan ná ’n lang tyd terug na die Noordwes-provinsie, en die roetehoof, Adri Roets, en sy assistent, André Kock, het met ’n “tegniese” roete vorendag gekom wat tiperend van die Kalahari is. Kock, wat in die Vryburg-omgewing woon, het die Toyota-woestynren wat in 1988 daar beslis is, gewen en ken die omgewing soos die palm van sy hand. “Dit was suiwer genot om saam met André te werk en sy kennis van die omgewing was van onskatbare waarde,” het Roets gesê. “Die roete bestaan hoofsaaklik uit nuwe dele en dit gaan weens die min reënval die afgelope paar jaar in dié omgewing baie droog en stowwerig wees. “Die roete is baie tegnies, maar behels ook sanderige gedeeltes wat tipies van die Kalahari is.” Die ren begin by die Vryburg-motorklub naby die R378 na Tosca waar die deelnemers van die klubhuis af links-om in ’n noordwestelike rigting sal jaag. Die roete strek van die plaas Progress af verder wes en kruis verskeie tweederangse paaie. Die deelnemers kry ná die kruising met die R378 koers in die rigting van Bordeaux deur Waterpan en Graspan na Kaallaagte. Die roete swenk dan suid-oos en steek die R378 weer oor voordat dit na die wegspringpunt by Massouskop terugkronkel. Die kwalifiserende voorren om die wegspringplekke te bepaal sal oor ’n roete van 60 km strek, terwyl die hoofren self twee rondes van 170 km elk behels. Die deelnemers word aan die einde van die eerste ronde verplig om 15 minute te rus. “Die roete kronkel soos verwag kan word tussen bosse en bome deur, maar dit is tegnies en sal ’n interessante uitdaging wees,” het Roets gesê. “Die byeenkoms is baie toeskouergerig en die roete kronkel oral naby aan bekende paaie in die omgewing. “Die ren het groot belangstelling op Vryburg en in sy omgewing gewek en vir baie van die plaaslike inwoners sal dit weer ‘soos in die ou dae’ wees.” Die moontlikheid van ’n baie dramatiese naweek word deur die mededingende stand van sake aan die voorpunt van die kampioenskap vergroot. Die Castrol-Toyota-jaers, Anthony Taylor en Dennis Murphy, het in die afdeling vir produksievoertuie ná drie agtereenvolgende oorwinnings ’n voorsprong van tien punte teenoor die Ford Racing-jaers, Chris Visser en Japie Badenhorst. Wat die buisraammotors betref, voer die paen-seun-jaers, Hermann en Wichard Sullwald (Elegant Fuel-Stryker), die botoon met ’n voorsprong van 9,5 punte teenoor die verdedigende kampioene, Evan Hutchison en Danie Stassen, in hul Motorite-BAT Viper. Hutchison/Stassen is op hul beurt net 2,5 punte voor die KwaZulu-Natalse jaers Clint Gibson en Gary Campbell (Dirt Sport Components-Porter), wat beteken elke beskikbare punt in die stadium van die seisoen is uiters kosbaar. Die kwalifiserende voorren waarin die wegspringplekke bepaal word, begin Vrydag om 12:00, terwyl die hoofren Saterdag om 08:30 begin. Toegang tot die hoofkwartier, aangewese dienspunt en toeskouerpunte oral langs die roete is geheel en al gratis. Vir meer inligting bel Charmaine Fortune by 082-991-0011.

UWC holds reunion

THE University of the Western Cape (UWC) invites all graduates and past students in Kuruman and surrounding areas to attend the 1960s and 1970s Alumni reunion weekend from Friday, 4 October, to Sunday, 6 October, at its Bellville Campus. The aim of the event is to welcome back the founding graduates (there were 17 students in the university’s first graduation ceremony in 1953, and now more than 4 000 students graduate annually) to reconnect, share their stories and see how the institution is building on the foundation of their legacy. The weekend-long programme is open to all UWC alumni and will include a breakfast with the rector, a formal dance, a jazz evening, campus tours and an afternoon programme of fun for the family and a remembrance service. For more information visit their website at www.uwc.ac.za/alumni or contact the alumni relations office at alumni@uwc.ac.za or phone 021-959-2143.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

SUID-AFRIKAANSE BEENMURGREGISTER

Só werk skenking WANNEER iemand hulself laat toets as beenmurg-skenker, word hulle op die SuidAfrikaanse Beenmurg-register (SABMR) geregistreer. Dit beteken dat ander pasiënte ook sal weet indien jy ’n geskikte skenker vir hulle is. Geregistreerde skenkers sal op die register bly totdat hulle 60 jaar oud is. Hou asseblief kontakbesonderhede op datum. ) Skenkers moet tussen 18 en 45 jaar oud wees. ) ’n Skenker moet meer as 50 kg weeg. ) ’n Liggaamsmassa-indeks (BMI) van minder as 30 is ook ’n vereiste. ) Iemand wat geregistreer is, sal ook bereid moet wees om enigeen te help. ) Die organisasie word net met skenkings bedryf. ’n Molekulêre (DNS-) bloedtoets om vas te stel of ’n pasiënt en skenker pas, kos R2 000. ) Indien iemand nie die toets kan bekostig nie, sal hulle op ’n lys geplaas word tot wanneer die organisasie ’n skenking kry. Dan sal die persoon in kennis gestel word waar die naaste kliniek is waar hy hom kan laat toets. Indien ’n skenker wel betaal, maar nie R2 000

kan betaal nie, kan ’n skenker ’n skenking van R350, R750 of R1 400 doen om die koste gedeeltelik te delg. Mense tussen 46 en 60 kan ook die toets ondergaan, maar moet die volle R2 000 betaal. ) Iemand wat dink dat hulle moontlik MIV of hepatitis het, moenie skenk nie. ’n Persoon kan nie skenk indien hy seksueel betrokke by iemand was wat dalk MIV of hepatitis het nie, of van wie die seksuele agtergrond onbekend is. ) Wanneer ’n geskikte skenker geïdentifiseer is, word stamselle by die skenker geoes. Dit sal in ’n private kliniek gedoen word en koste word nie deur die skenker gedra nie. Die persoon word dan met ’n groei-hormoon ingespuit wat die produksie van stamselle versnel. Hierdie ekstra selle sal in die bloedstroom wees waar hulle deur ’n selskeidingsapparaat geoes word. ’n Skenker word dan vier tot ses uur aan die apparaat gekoppel en dit kan oor twee dae strek. Daar is dus geen bloedverlies nie. Vir verdere inligting besoek gerus SABMR se webtuiste by www.sabmr.co.za of skakel 021-404-6445.

Vertel ons jou storie VERTEL jou storie: Ken jy iemand wat ’n beenmurgoorplanting ondergaan het? Iemand wat beenmurg ontvang het, iemand

wat wag of iemand wat reeds geskenk het? Stuur jou storie na joanie.bergh@volksblad.com of skakel 082-093-7744.

Muppets visit town for day of fun THE Takalani Sesame muppets took the road for the annual national Sanlam Roadshow – and this year they came to Kuruman. Brought to audiences by Sanlam in partnership with the SABC, the beloved “muppets” visited Mothibistad for a day of fun, festivities and prize-giving. All free of charge. And as an added bonus, audiences had the chance to receive health advice and tips from representatives of the Department of Health. Grace Matshane, Kuruman branch manager for Sanlam Sky Solutions, says while kids were enjoying the muppets, parents were encouraged to make use of the opportunity to chat to the friendly financial advisors who were on standby to assist with their financial questions.

“At Sanlam we have realised that our clients can only enjoy their financial goals if they have the best health to get them there. “That is why we are delighted to bring health and financial solutions to the communities who need it most,” she said. The roadshow is a national event which has visited Welkom in the Free State and will also head towards Butterworth and Lusikisiki in the Eastern Cape, Port Shepstone and Pongola in KwaZulu-Natal and Vereeniging in Gauteng.

MATSELA MELATO is one of the lucky ones that met the muppets from Takalani Sesame.

SABMR vier 21 jaar DIE Suid-Afrikaanse Beenmurg-register (SABMR) vier binnekort sy 21ste bestaansjaar. Dit is een van net 67 van dié organisasies wêreldwyd en die enigste een in Afrika. Om hierdie mylpaal te vier reël die SABMR ’n aand waar Suid-Afrikaanse pasiënte die eerste keer die mense kan ontmoet wat deur ’n skenking hul lewe gered het. Dit gaan op 17 September plaasvind. Internasionale en nasionale media gaan die geleentheid bywoon om die ontmoeting tussen ’n Duitse skenker en Suid-Afrikaanse pasiënt te verfilm. Talle oorplantingspesialiste sal die geleentheid bywoon. Honderde Suid-Afrikaanse kinders en volwassenes met bloedsiektes soos leukemie se enigste hoop is om ’n beenmurgoorplanting te kry om hul lewe te red. Net 30% van pasiënte se familielede se beenmurg is geskik vir die pasiënt. Die SABMR probeer deur sy register vir die ander 70% van die pasiënte geskikte beenmurg te kry. Die kanse om geskikte beenmurg te vind vir ’n spesifieke pasiënt is sowat 1:100 000. Dus moet personeel by die SABMR gespesialiseerde tegnieke gebruik om geskikte beenmurg vir elke pasiënt te kry. Sedert die SABMR gestig is, het hy al meer as 1 500 soektogte begin om geskikte beenmurg vir pasiënte te kry. Altesaam 75% van skenkers is buite die

landsgrense gevind en 25% op die register in Suid-Afika. Daar is meer as 65 000 skenkers by die SABMR geregistreer. The Sunflower Fund poog om skenkers namens die SABMR te vind deur nasionale bewusmakingsprojekte. Die SABMR is ’n erkende lid van die internasionale Wêreld-beenmurgdonateursvereniging. Die SABMR het al 13 stamselskenkers vir internasionale pasiënte gevind. Hierdie organisasie is die enigste in sy soort in die land en kry daarom landwye navrae. Wanneer ’n dokter namens sy pasiënt die SABMR-personeel gekontak het, begin hulle in Suid-Afrika soek. In die meeste gevalle word daar ook internasionaal gesoek. In die 67 lande wat soortgelyke organisasies het, is daar meer as 20 miljoen vrywillige skenkers. “Dit verhoog die kanse dramaties om ’n gepaste skenker vir ons pasiënte te kry,” het prof. Ernette du Toit, die stigter van die SABMR en die huidige mediese direkteur, gesê. “Maar om ’n skenker te kry is net die begin.” Die SABMR reis dan om self die stamselle te gaan haal en dit veilig na Suid-Afrika terug te bring. Die hoofsoek-koördineerder, Terry Schlaphoff, het al so ver as Taiwan en Singapoer gereis om stamselle te gaan haal.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013 VKONFYT Om konfyt te maak word vrugte met dik suikerstroop deurdrenk deur dit daarin te kook of in te maak. Ander soorte vrugte neem miskien nie soveel dae om te konfyt as sitrusvrugte nie; Die waatlemoenstukke word gekook totdat elke stuk deur en deur gekonfyt is. Gekonfyt – Volkome vertroud met of baie bedrewe in iets: Hy is gekonfyt in sy vakgebied. VKIERANG. Ook kurang. Het gekierang: Skelm speel; kul, fop, bedrieg – veral by ’n spel.

’n Mens kan nie met hom speel nie; hy kierang te veel. Kierang, kurang: afgelei van Mal(eis) tsjoran, “bedrieg by spel”. “Hoe kan jy sê ek kierang as jy nie eers kyk

nie?” (Alba Bouwer). “Nee jong, nou kierang jy mos!” (Chris Barnard). “Jy’t my gekierang Dolie / jy’t my gefop.” (In-

Flikkergooi by fliek IN Parow het hulle ons destydse jong mense se enigste verbintenis met die buitewêreld gesloop. Die Ster 700 het op die hoek van Voortrekkerweg en die straat wat jou D.F. Malan-lughawe toe neem, gesit. Hier kon ons al die groot rolprentsterre van die wêreld van naderby op die silwerdoek leer ken. Die busvervoer van Bellville was gerieflik, vinnig en bekostigbaar. Jou meisie was baie ingenome met die uitnodiging as jy haar Ster 700 toe neem. Nie een van ons het meer as R100 ’n maand verdien nie. Met die R26 wat oor was nadat belasting, pensioen, medies, losies, klere droogskoonmaak en haarsny afgetrek is, moes daar minstens een keer ’n maand gaan fliek word. Die inrybioskoop op Kuilsrivier was buite ons voetslaners se begroting, want daarvoor moes jy ’n kar hê. Komende uit die ver platteland was ons maar onervare met ’n vryery en vir die sogenaamde maklike meisies was ons versigtig sonder dat ons geweet het wat die begrip “maklik” beteken. Jou meisie was vir jou die mooiste, gaafste en vriendelikste en daarom was jy ordentlik met haar. Ons het nooit na die flieks toe gegaan wat in die donker stegies geleë

was nie. Neels het later vir hom ’n Mini gekoop. Petrol was daardie tyd baie goedkoper as ’n retoerkaartjie. Neels se motor het die busryery uitgeskakel en jy kon makliker ’n soentjie steel waar die straatligte dood was. Die bus het ook nooit op Soentjiesheuwel gaan stop nie. Die mooi uitsig oor die stad se liggies het iets aan verliefdes gedoen. Die Ster 700 is toe afgebreek en in sy plek is daar ’n groot winkelsentrum opgerig. Al die nostalgie van ’n meisie wat al dieper onder jou arm inkruip as die skiet-skop-en-donner-flieks wys, is hierna net ’n warm gevoel in jou hart, want die skugter meisie van vroeër het jou vrou geword. Sy het jou help betaal aan die studieskuld en ook die maroen Matiebaadjie wat jy so lank al begeer. Jy mag dit nooit besit het voordat jy nie jou tweede jaar suksesvol voltooi het nie. Met die baadjie en my Stellenbosch-das in ’n mooi Hollywood–styl geknoop, bank ek toe eendag klas, want die mooiste meisie in die hele

wêreld is in Parow vir die opening van dié nuwe sentrum. Ek moes haar eenvoudig ontmoet. Ek het amper soos Saggeus in die wildevyeboom gevoel. Te midde van ’n groot skare mense het Annelien Kriel, Mej. Wêreld van 1976, voor my gestaan. En toe praat sy met my. Ek het gou my mik-en-klik uitgehaal en ’n skyfie van die wonderprinses van die wêreld geneem. Toe sê ek vir haar: “Ek is met ’n Kriel getroud en dit is die wonderlikste ding wat met my kon gebeur.” Ek wag toe nog vir die uitnodiging soos vir Saggeus: “Kom af, ek moet vandag by jou tuisgaan,” toe verdwyn dié wonderprinses in die skare. Vanjaar op Bastilledag, 14 Julie, was dit presies 40 jaar dat ek met my Kriel, ’n vriendelike, mooi en deugsame vrou uit Montagu, my lewe deel – danksy die Ster 700 in Parow. Sy was nou nie in Hollywood nie, maar sy is lief vir 7de Laan en dit het ek haar al lankal vergewe.

9

grid Jonker). Idioom: Jou kierang (kierankies, kaiings) sal braai – Oneerlikheid kom aan die lig, word ontdek.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

THE learners are from the left Aone Leboko, Jean-Pierre Betshanger, Tsholofelo Mothibi, Kabelo Baepane, Keaoleboga Booysen, Othusitse Moeti, Rutegang Tau, Baitshepi Dintwe, Renahldo Esterhuizen and Ogomoditse Nkokou.

Learners speak out against drug abuse Tsepo Kgatlhane SOME learners of Wrenchville High School took being active citizens to another level by becoming the newest representatives of the Northern Cape in the Young Citizen Action Programme (YCAP). The programme – an initiative hosted by Afrika Tikkun, an NGO empowering South Africa’s most vulnerable children to develop into well-adjusted, productive members of society – challenges gr. 10 learners to actively demonstrate what it means to be good citizens. This prompted a partnership between Afrika Tikkun, Deutsche Bank, Heartlines and The Department of Basic Education. Competing schools were required to develop a concept project to address any challenge they have identified within their school or

community – and ultimately implement it. Tsepo Kgatlhane (25), Life Orientation teacher and community radio personality, as part of the challenge to address a social issue guided the Wrenchville learners in launching the Say No to Drugs campaign which represented the John Taolo Gaetsewe region. The project addresses the rapid increase in the number of young people who abuse drugs and the availability of it in the district. The group has taken measures to bring their message across, inviting peer guest speakers to talk about the dangers of drug abuse and encouraging them to pledge to drug-free lives. They have even gone as far as speaking live on air at the local community radio station to create awareness and challenge their peers to take a stand by refusing

the abuse of substances. “We hope that through our campaign there will be no more youths who become slaves to drugs, because drug abuse is definitely a trap that one should never fall into,” said Othusitse Moeti and Tsholofelo Mothibi (both 16) during their presentation. The learners from Wrenchville High School will represent their province at the National YCAP competition set to take place in Cape Town on 29 September. ) Kabelo Baepane will represent the district alongside six other Northern Cape finalists in the National Nkosi Albert Luthuli Oral History competition in Pretoria on 23 September. The competition aims to increase the interest in history and encourage learners throughout South Africa to engage in their shared history, as well as explore their personal and community histories.

Dien in uitvoerende komitee

DIE Hoërskool Kalahari het sy nuwe uitvoerende komitee gekies. Die lede is van links, voor: Palesa Matlala, Tayla Botha, Yolandé Fourie, Alri van den Berg en Sarah-Lee van Wyk; middel: Dale Klaaste, De Villiers Goosen, Kayla Horn, Grete Ellis, Sune Human en Melissa Mhlanga; agter: Len Badenhorst, Anri van Rooyen, Eben Olivier, Fritz Odendaal, Frik van Heerden en Kariena van Zyl. Foto: Dalene Coetzee


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

6 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 2 badkamers, groot erf, R13 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 LOST SAMSUNG TABLET: R500 reward for information or recovery. Phone Meshack 072 457 6102.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. NISSAN 1400 KAPPIE te koop R2500. Skakel 083 388 0565/083 684 4009 TE KOOP: "instant lawn"R30 per vierkante meter. Hoendermis teen R30 per sak. 079 563 9103 VAKANSIEPRET/ HOLIDAY FUN! Alle laerskool leerlinge - 23 Sept tot 27 Sept 07:00 - 17:00. Stimulerende aktiwiteite! Skakel 082 829 1307/082 300 3511

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir professionele geakrediteerde installasies. Francois 072 156 4035.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

FORTUNER 3.0 D4D: 4x4, 2012. Outo, wit. 14 000 km. R390 000. Skakel Michelle (053 712 1014/0626 HILUX 1.8: 1997. R45 000. 1996 Isuzu 250: R33 500. Phone 071 967 0285. HI-LUX 2.4D, 2001. R69 500. 1999 Courier 2.5d, tralies canopy - R49 500 071 967 0285. ISUZU 2000 280 d/c, kappie - R59 500; 1996 Isuzu 250d - R32 500. 071 967 0285 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

TOYOTA PICK-UP bakkie, 1983. Phone 083 772 2316.

AUDI 2005 FULLHOUSE R59 500; 1992 Golf 1.6 R22 500. 071 967 0285 CAMRY 1996 200i R34 500; 1997 stra 160I R29 500. Call 071 967 0285 FORD ICON: 2003. Nuwe enjin. Skakel 083 772 2316.

Veritas Eiendomme

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 E-pos: lindeelize470 @gmail.com Verskeie eiendomme te koop vanaf R1 300 000 tot R3 675 000. TE HUUR SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-pos: veritaseienkuruman @gmail.com

Verskeie eiendomme vanaf R11 000 tot R12 000. Industriële erf met kantore R33 000. Dringend opsoek na huise te koop of te huur. Besoek gerus ons webtuiste www. veritaseiendomme .co.za. Vir enige eiendomsbehoeftes, skakel ons gerus.

‘Ons help graag.’

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS 071 967 0285.

KURUMAN: 3 slkp, ingeboude kaste, 2 badk, kombuis met kaste, braai area, d/motorhuis. R10 000 p.m Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835

3 SLAAPKAMERS, 2 badkamers - R9900. Skakel Elretha 083 561 6705/ 053 -712 3123 3 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 2 badk, enkel motorhuis + afdak - R12 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 3 SLKP MET ingeboude kaste, 2 badk, kombuis met kaste, braai-area, enkel motorhuis, nuut uitgeverf R11 000 p.m. Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835 4 SLKP MET ingeboude kaste, 2 sitkamers, 2 badk, kombuis met kaste, braai area, bediende kamer, dubbelmotorhuis + afdak. R15 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 5 SLKP gemeubileerde plaashuis, 2 badk, dubbel motorhuis- 10 km vanaf Hotazel. Ideaal vir kontrakteurs. R25 000p.m. Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835

MEENTHUISE - 3 SLAAPKAMER, 2 badkamers, motorhuis - R9900 - R1200. Skakel Elretha 083 561 6705/053 712 3123

6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.

3 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 1 badk, kombuis met kaste, afdak. Skakel Frikkie - R800 000. 073 273 1762/084 733 5835 HUIS TE KOOP: 2 Slkp, 2 badk, groot oopplan kombuis, eetk, sitk, spens, opwas, binnebraai sowel as buitebraai met ingeboude braai. 2 x 1 Slkp woonstelle; 3 x eenmanwoonstelle met braaigeriewe, 1 buitekamer met badk, 1 bediendekamer, 2 stoorkamers, onderdakparkering vir 8 motors. Alle woonstelle + huis - toegerus met koopkrag. Sentraal geleë, binne loopafstand van dorp. 083 737 8773

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

ELIZABETH SOEK asb uitslaapwerk - het ondervinding van gastehuise. Skakel 072 654 2846

TT TAVERN KURUMAN is looking for a barman with no bad drinking habits. Must be computer literate. To start immediately. Please phone 053-7123458

Volle Naam: Boedel wyle Dennis Mohammed DaDa Adres: Amstronglaan 16 Kuruman,8460 Geboortedatum: 19/09/1958 Identiteitsnommer: 5809165025080 Volle name en van van nagelate gade: Margaret Eva Sussie DaDa Geboortedatum: 10/10/1963 Datum oorlede: 10 Junie 2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf Datum: 6 September 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 23ste dag van Augustus 2013 KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za 1 SLKP WOONSTEL met koopkrag, onderdak veilige parkering. Dadelik beskikbaar. Skakel 072 634 6880 NETJIESE 2 SLKP woonstel, sitkamer en kombuis, koopkrag - R5000 p.m. Water ingesluit. Skakel 072 481 6586 Woonstel te huur Kathu:Een slpkamer te huur W/L ingesluit.Skakel 081 590 4835

SOEK, KOOP, VERKOOP

SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

TRAIN ASSISTANT: DISTRIBUTION, KUMBA IRON ORE, SISHEN

MINE, NORTHERN CAPE BAND 9

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company.

VAN links is, voor: Christine Becker, Sunell Mostert, Jana Becker en Raynardt Stasch; agter: Jan-Hendrik Boshoff, Derik Steenkamp, Michael Becker, Jandré Steenkamp en Harm Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Skuts presteer in kompetisie DIE skuts van die Hoërskool Upington het op 16 en 17 Augustus aan die skoleskietkompetisie op Upington se eindronde deelgeneem. Derik Steenkamp het ’n goue en ’n bronsmedalje in die sportergeweer-o.21-staanposisie en drieposisie verwerf en Michael Becker het ’n silwermedalje vir die drieposisie verwerf. Jana Becker het ’n silweren ’n bronsmedalje in die o.16sportergeweer in die staanposisie en drieposisie verwerf. Christine Becker het goue me-

daljes vir die staanposisie en drieposisie vir die o.16-veergeweer verwerf en Harm Janse van Rensburg het ’n silwermedalje in die staanposisie verwerf. Raynard Stasch het in die o.21-veergeweer ’n goue en silwermedalje vir die staanposisie en drieposisie verwerf en Jan-Hendrik Boshoff het ’n bronsmedalje in die drieposisie verwerf. Tien skuts is in die NoordKaap span ingesluit wat in die Septembervakansie in Johannesburg aan die Suid-Afri-

kaanse skietkompetisie gaan deelneem. Vir die sportergeweer-o.21A-span is Derik Steenkamp, Michael Becker en Jandré Steenkamp en vir die o.16A-span is Jana Becker gekies. Vir die veergeweer-o.21Aspan is Raynardt Stasch en Jan-Hendrik Boshoff en vir die o.16A-span is Christine Becker en Harm Janse van Rensburg gekies. Vir die veergeweer-o.16Bspan is Sunell Mostert en Paul van Zyl gekies.

In this role you will be responsible for shunting long train-loads, coupling and uncoupling wagons and locomotives, controlling point work, and assisting the Loco Driver with locomotive inspection duties and the refuelling of locomotives. You will also liaise with the Yard Foreman, Loco Driver and Transnet freight rail personnel, uphold safety regulations at all times and perform administrative functions. You will need a Grade 12 or equivalent, a valid driver’s licence (preferably Code 10), and you must be at least 1.6 metres in height. Computer literacy (Word and Excel) and relevant Train Assistant (Shunter) experience will serve as recommendations. Good interpersonal and communications skills and the ability to operate in a team as well as independently are also required. Applicants need to be able to distinguish between colours, must be fit, in good health and able to pass the eyesight test during the medical examination. Applicants must also be able to undergo and pass relevant training, both theory and practical. Ref. S706364 Drive your career forward at Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by forwarding your application to sishen1@angloamerican.co.za before 20 September 2013. Internal applicants can apply online via the source. Appointments will be made in line with Employment Equity targets. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 102019


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

15

Seodin behaal tennis-sukses DANIËL GERICKE is aangestel om die A-tennisspanne van die Laerskool Seodin af te rig. Seodin het die afgelope seisoen sy wed-

stryde teen die Laerskool Kuruman en Postmasburg onderskeidelik gewen. Ongelukkig kon hulle nie die pyp teen die Laerskool Kathu nie rook.

VAN links is, voor: Francois Gouws, Charl Olivier (kaptein), Nico Pieterson en Remón Rabie; agter: Rias Rabie (spanbestuurder). DIE meisietennisspelers is van links, voor: Du Preez en Chané Williams; middel: Rianette Moller, Madri Nieuwoudt, Joné Ellis, Jonelle Odendal, Mariete Strauss en Lounmari Lamp; agter: Gericke (afrigter).

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za

Jong gholfspelers wys hul slag op kampioenskappe NICO PIETERSEN van die Laerskool Seodin het onlangs aan die Ernie Els- Suid-Afrikaanse laerskole-gholfkampioenskappe in Copperleaf, Pretoria, deelgeneem. Hy het saam met drie leerlinge van die Laerskool Kathu – Remón Rabie, Francois Gouws en Charl Olivier – in ’n span gespeel. Al vier leerlinge is lede van die Sishen-

gholfklub. Altesaam 17 spanne het gekwalifiseer vir die toernooi en hul span het algeheel agtste geeïndig. Nico het ook o.13-Vrystaat/Noord-Kaapgholfkleure ontvang en gaan die span eersdaags op die Suid-Afrikaanse seunskampioenskappe by die Visrivier verteenwoordig.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

TWEE o.13-krieketspelers en vier o.11-spelers van die Laerskool Seodin is vir die Kalahari-span gekies wat eersdaags aan die provinsiale plattelandse proewe gaan deelneem. Die proewe vind op Upington plaas.

DIE spelers in die o.11-krieketspan is van links, voor: Waldo Hanekom, Frans Williams en Foster Lubbe; agter: Casper du Plessis.

Boul ’n barshou

LOUIS DU PLESSIS (links) en Nico Pietersen is in die o.13-krieketspan.

HENLO VAN NIEKERK

HENLO VAN NIEKERK, ’n leerling aan die Laerskool Seodin, is ’n briljante bouler vir die skool se o.11-krieketspan. Die span het onlangs aan die Uppiekrieketfees deelgeneem en teen OranjeNoord en Op die Voorpos meegeding. Henlo het 40 lopies afgestaan, maar sewe paaltjies geneem. Hy is hier as die beste o.11-bouler van die toernooi aangewys. Vir dié besonderse prestasie het hy ’n selfoon ontvang.

VAN links is, voor: Susanna van der Merwe en Danru Esterhuizen; middel: Ragel van der Merwe, Nolene Jonck, Yden Agenbag, Gehan Venter en Ruan Meyer; agter: Cornel Scheepers, Luanette Malan, Marika Markram en JP Nieuwoudt. Foto: Verskaf

Oes medaljes vir klub in

DIE Kuruman-klub se gevegskunslede het onlangs aan die nasionale Diamond Classicbyeenkoms vir gevegskuns en karate in Kimberley deelgeneem. Die lede van die klub het uitgeblink en met heelwat medaljes teruggekeer. Die kampioenskapsbyeenkoms, wat oor twee dae ge-

strek het, was goed georganiseer. Spanne van onder meer Sentraal-Gauteng, NoordGauteng, die Oostelike Provinsie, Wes-Kaap, Suid-Kaap, Noord- Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap het deelgeneem. Om die sport te ontwikkel het die deelnemers in verskillende afdelings deelgeneem onder die hoofafdelings van

ontwikkeling en elite. Daar is in afdelings soos tradisionele kata, kumite, point fighting, continuous fighting, weapon forms, mixed martial arts, full contact en grappling meegeding. JP Nieuwoudt het die Grand Champ-trofee (ope swart gordel) vir seuns 14 tot 17 jaar ontvang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.